9
1 Magnificat! ‘n Ontdekking van die God van Maria se lofsang? Nadia Marais Dissiplinegroep Sistematiese Teologie en Ekklesiologie Fakulteite Teologie Universiteit Stellenbosch

Magnificat! ‘n Ontdekking van die God van Maria se lofsang?menswaardigheid.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Preek-vir-menswaardigheid_Nadia...dit nou saam uit Lukas 1:46 – 56

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Magnificat! ‘n Ontdekking van die God van Maria se lofsang?menswaardigheid.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Preek-vir-menswaardigheid_Nadia...dit nou saam uit Lukas 1:46 – 56

1

Magnificat! ‘n Ontdekking van die God van Maria se lofsang?

Nadia Marais

Dissiplinegroep Sistematiese Teologie en Ekklesiologie

Fakulteite Teologie

Universiteit Stellenbosch

Page 2: Magnificat! ‘n Ontdekking van die God van Maria se lofsang?menswaardigheid.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Preek-vir-menswaardigheid_Nadia...dit nou saam uit Lukas 1:46 – 56

2

Aanvangswoord

Lukas 4:17 – 19

17 En die boek van die profeet Jesaja is aan [Jesus] oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is:

18 Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;

19 om aan die gevangenes vrylating te verkondig en aan die blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

In hierdie selfde Gees en in die naam van hierdie Jesus is ons vandag hier bymekaar om met God ‘n ontmoeting te hê en om iets van die God van Maria se lofsang te ontdek.

Seëngroet

Voorganger: Gemeente, genade en vrede vir julle van God die Vader...

Gemeente: Aan God se liefde en regverdigheid is daar geen einde nie.

Voorganger: ...en van God die Seun...

Gemeente: God het mens geword en na die wêreld gekom om ons met God en mekaar te versoen.

Voorganger: ...en van God die Heilige Gees.

Gemeente: God is by ons, God maak ons nuut.

Inleidend tot preek

Gemeente, ons is tans in Koninkrykstyd in die kerklike jaar, wat strek vanaf Pinkster tot net voor Advent. Die betekenis van hierdie tyd dui op die werk van die kerk in die wêreld, in die kragveld van die Gees. Die kleur in hierdie tyd is groen en die simbool in hierdie tyd is van ‘n skip op stormwater.

Lukas 1:46 – 56 is ‘n teks wat iets wil sê juis hieroor, oor die aard van God se koninkryk, hoewel dit deur die leesrooster voorgeskryf word as ‘n Adventsteks, as ‘n teks wat in Kerstyd gelees word. In Lukas 1 kom ons die tienermeisie Maria teë, wat deur die engel Gabriël besoek word om, in ʼn scenario soortgelyk aan die roepingsverhale van profete, geroep te word om God se Seun te baar, waarop sy haarself bereidwillig verklaar. Die engel vertel ook van die swangerskap van haar niggie Elisabet, en Maria reis na Elisabet om drie maande by haar deur te bring. Ons teks vandag volg op die ontmoeting tussen die twee vroue, waarin Elisabet vir Maria vereer en die ongebore baba Johannes op die teenwoordigheid van die ongebore baba Jesus reageer. Een kommentator beskryf die uniekheid van hierdie oomblik as “the intertwining of the destinies of the two heroes of Luke’s infancy gospel”. Die wonder van so ‘n ontmoeting, ‘n oomblik waarin die hoop en seëning van God se roeping die twee moeders oorweldig, is die vonk waarmee Maria se lofprysing vlamvat. Die “Magnificat” van Maria, ‘n lofprysingslied wat op hierdie unieke ontmoeting volg, is ‘n baie bekende teks in die kerk se tradisies en geskiedenis. Ons lees

Page 3: Magnificat! ‘n Ontdekking van die God van Maria se lofsang?menswaardigheid.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Preek-vir-menswaardigheid_Nadia...dit nou saam uit Lukas 1:46 – 56

3

dit nou saam uit Lukas 1:46 – 56. Ek lees vir ons vanuit die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling wat tans nog in die proses van vertaling is.

Skriflesing

Lukas 1:46 – 56

Die loflied van Maria

46 Maria het toe gesê:

My siel loof die Here,

47 My gees jubel oor God my Verlosser,

48 want Hy het die nederigheid van sy diensmeisie raakgesien.

Kyk, van nou af sal alle geslagte my geseënd noem,

49 want die Almagtige het groot dinge vir my gedoen --

ja, heilig is sy Naam.

50 Hy bewys ontferming van geslag tot geslag

aan hulle wat ontsag aan Hom betoon.

51 Kragtige dade het Hy met sy arm verrig.

Hy het die denke verwar

van diegene wat te veel van hulleself dink,

52 magtiges het Hy van hulle trone afgeruk,

en geringes het Hy verhoog.

53 Hongeres het Hy met goeie gawes versadig

en rykes het Hy met leë hande weggestuur.

54 Sy dienaar Israel het Hy bygestaan

deur sy ontferming in gedagte te hou

55 soos Hy dit aan ons voorvaders belowe het,

aan Abraham en sy nageslag, vir ewig.

56 Maria het omtrent drie maande by Elisabet gebly en daarna teruggegaan huis toe.

Preek (sittend)

Vandag lees ons van Maria, die moeder van Jesus, wat as jong meisie swanger raak en uiteindelik geboorte skenk aan die een wat, ons bely, volledig God én volledig mens sou wees. Maria is ‘n baie belangrike figuur in die kerklike tradisies en gebruike van veral 1:48 1 Sam 1:11 1:49 heilig is sy Naam: Ps 111:9 1:50 Ps 103:13,17 1:51 2 Sam 22:28; Ps 89:10 1:52 Job 12:19 1:52 Job 5:11 1:53 Ps 107:9 1:54 Jes 41:8

Page 4: Magnificat! ‘n Ontdekking van die God van Maria se lofsang?menswaardigheid.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Preek-vir-menswaardigheid_Nadia...dit nou saam uit Lukas 1:46 – 56

4

die Rooms Katolieke Kerk en die Ortodokse Kerk. Dáár word sy geassosieer met haar maagdelikheid en haar vlekkeloosheid, haar voorbeeld en die troos wat haar teenwoordigheid bring. Sy is die theotokos, die een wat aan God geboorte gee, die moeder van God, die immermaagd. Daar is, deur die eeue heen, so ‘n groot klomp liedere en gebruike aan haar figuur gekoppel en gebruik om haar te vereer, na die voorbeeld van Elisabet se verering van Maria, dat Maria-verering en Mariologie ‘n hele eie stroom in hierdie kerke geword het. ʼn Mens hoef alleen na enkele kunswerke te kyk om iets hiervan te siene te kry (wys verskillende kunswerke). Maria sou selfs haar weg in ʼn verskeidenheid van flieks vind – en nêrens word haar lofsang sterker ge-eggo as deur die gypsy heldin Esmeralda in die Disney fliek “The Hunchback of Notre Dame”, wat ek vir ons aan die einde van die preek sal speel, nie.

Op ons ekumeniese toer as klas het ons deur die Suid-Kaap getoer en verskillende kerke en kerklike projekte te besoek, en op hierdie toer het die figuur van Maria my veral aangegryp toe ons tyd in ʼn kapel in Heroldsbaai deurgebring het. Die Rooms-Katolieke kapel daar word die Stella Maris genoem, die stêr van die see, wat ʼn erkende titel vir Maria in hierdie kerklike tradisie is. In die kapel hang daar ʼn skildery, wat julle op die skerm sal sien, deur ʼn onbekende kunstenaar, waarin Maria as die wegwyser, die gids deur rowwe en moeilike tye, uitgebeeld word. As julle mooi kyk sal julle ʼn skip in die agtergrond sien wat deur die woeste golwe op die rotse van versoeking gedryf is. In hierdie prent is dit Maria, die stêr van die see, wat mense deur die moeilike stormwater van die lewe begelei. En interessant genoeg is dit is juis hierdie beeld, van ‘n skip op stormwater, wat ook as ʼn simbool dien vir die tyd in die kerklike jaar waarin ons nou is: Koninkrykstyd.

In die Gereformeerde kerke word Maria nie vereer nie, maar nagevolg; word sy nie verstaan as mede-verlosser saam met Jesus of as moeder van God nie, maar as dissipel van Jesus. Tog maak ons dikwels ook weer te min van haar, en sou ons dalk selfs die rol wat sy as wegwyser na God kan speel in ons teks vandag onderskat. Maria is waarskynlik Jesus se eerste dissipel, en ook die enigste dissipel wat by beide sy geboorte én sy dood is. Lukas skryf nie net van haar in sy Evangelie nie, maar ook in die boek Handelinge, waar ons die laaste keer van haar lees in die Nuwe Testament. Maria is ‘n belangrike figuur vir die skrywer van Lukas en Handelinge, en daarom vind ons ook ‘n lofsang, ons fokusteks vir vandag, wat aan haar gewy is aan die begin van die Evangelie.

Maria se lofsang, wat dikwels die Magnificat genoem word omdat die Latynse vertaling van die teks begin met die woorde “Magnificat anima mea Dominum”, is die tweede van vier liedere wat ons in Lukas vind. Die vier liedere aan die begin van die evangelie bepaal die toonaard van die hele verlossingsverhaal, soos wat dit deur Lukas vertel word. So lees ons eerste van Maria se loflied aan God, wat die Magnificat genoem word; die loflied van die engelekoor, oftewel die Gloria in Excelsis (2:13 – 14); die danklied van Sagaria, ook bekend as die Benedictus (1:67 – 79); en die lofsang van Simeon, wat die benaming Nunc Dimittis (2:28 – 32) verkry het. Die Magnificat, die eerste van hierdie vier liedere, se oorsprong is waarskynlik onder die Palestyns Joodse mense, onder die minder gegoede groeperinge wat min mag of geld gehad het. Die Magnificat is diep ingebed in die Joodse tradisie en atmosfeer, en byna elke vers is gebaseer op Ou Testamentiese parallelle. Sommige beskryf Maria se lofsang as ‘n tipiese lofpsalmDie Magnificat eggo motiewe vanuit Israelietiese konteks en geskiedenis, en beroep dit veral op die kragtige herinnering van God se bevryding van Israel. Die Magnificat is ‘n rewolusionêre lied, waarin intense konflik en oorwinning aan die orde van die dag is.

Page 5: Magnificat! ‘n Ontdekking van die God van Maria se lofsang?menswaardigheid.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Preek-vir-menswaardigheid_Nadia...dit nou saam uit Lukas 1:46 – 56

5

Die Magnificat is egter veral die groot Nuwe Testamentiese bevrydingslied, waarin persoonlike en sosiale, politieke en ekonomiese bevryding verkondig word.

In Maria se gevaarlike lied, en déúr die omstrede figuur van Maria, kom ons vyf gevaarlike gedagtes oor God teë. In die Magnificat word ons gekonfronteer met (1) ‘n God wat mense raaksien, (2) ‘n God wat mense nie alleen in hul nood laat nie, (3) ‘n God wat getrou bly aan Homself, en daarom (4) bevryding bring vir almal wat in afhanklikheid van God en in gebrek leef, en (5) ‘n God wat durf ingryp in publieke, politieke kwessies.

Lukas, soos die ander Evangeliste, vertel vir ons die verhaal van Jesus se verlossingswerk: van Jesus se lewe, dood en opstanding. Die Evangelie volgens Lukas is egter ook anders as die ander drie Evangelies, omdat dit hierdie selfde verhaal dikwels op ander, verrassende maniere vertel. Een manier waarop Lukas se vertelling verrassend is, is deur die belangrike plek wat aan vrouens in die storie gegee word – Lukas word soms selfs die evangelie van vroue genoem! Vrouestemme word nie dikwels gehoor in die Bybel nie, en nog minder word daar in die Bybelboeke aan vrouens se belydenis van wie God is gehoor gegee. Maria is dan ook die enigste vrou in Lukas waaraan ‘n volle verkondigingstoespraak toegestaan word. So vind ons reeds aan die begin van Lukas se storie ‘n lied, ‘n lofsang, van Maria, waarin ons ‘n belydenis van wie God is vind. Ons lees daar van God as die een wat haar werklik sien, met al haar gebreke en moeilikhede en beperkings. In die fliek Avatar verduidelik een karakter aan ‘n ander dat om te ‘sien’ – “I see you” – in die inheemse taal van die planeet waarop hul hul bevind beteken “I see into you”, “I understand you.” So is dit ook wanneer God ons raaksien. Maria se lofsang bely, eerstens, dat God ‘n God is wat mense raaksien.

Tweedens lees ons in hierdie lofsang van ‘n God wat mense nie alleen laat in hul nood nie. Die meisie wat die Magnificat sing is onbelangrik, arm, en as ‘n swanger maar ongetroude jong vrou is sy ‘n randfiguur in haar samelewing. Hier teenoor staan nie alleen God se ‘heiligheid’ en ‘almag’ nie, maar God se verlossingswerk, God se ingryping in die lewens van mense in nood. Maria se lofsang bely, teen haar omstandighede in, dat God ‘verlosser’ is, ‘saligmaker’; dat die God wat heilig en magtig is terselftertyd besorgd is oor mense en hul nood. God los mense nie alleen nie – nie vir Maria in háár eie moeilike omstandighede nie, en ook nie vir Israel wanneer húl God die nodigste sou hê nie. Bowenal is Maria se loflied ‘n geloofsbelydenis, ‘n belydenis wat getuig van God se betrokkenheid in die wêreld en in strukture en in mense se lewens. In Maria se loflied vind ons die troos van ‘n jong, arm vrou, ‘n nobody, wat bely dat God Homself by die weerloses skaar. Die troos van Maria se geloofsbelydenis lê daarin dat God juis met óns identifiseer, by ons staan, ons bemagtig en ons bemoedig, wanneer ons niks het om te bied nie en wanneer ons verdruk en verneder en verraai word. Wanneer ons ons vertroue in mense verloor; wanneer ons politieke leiers ons faal en ons gemeenskappe nie meer gasvry is vir diegene wat die swaarste kry nie. God kies ons wanneer ons die minste is.

Derdens, lees ons van ‘n God wat getrou bly aan Homself, wat niks minder doen as wat Hy reeds in die geskiedenis van Israel gedoen het nie. So skryf een persoon dat God “[a]ltyd, deur die eeue, in elke geslag, vir elke nuwe mens, onder elke nuwe omstandigheid...” daar is as “die Barmhartige, wat mense in hul nood aansien, Hom oor hulle ontferm, sy hand uitsteek en magtige dade aan hulle doen.” Die herinnering aan Israel se bevryding vanuit Egipte, en die teruggrepe na elke oomblik daarop waarin God Israel uit nood sou verlos, word in Maria se loflied telkens veronderstel. God staan Israel

Page 6: Magnificat! ‘n Ontdekking van die God van Maria se lofsang?menswaardigheid.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Preek-vir-menswaardigheid_Nadia...dit nou saam uit Lukas 1:46 – 56

6

by en dink aan Sy ontferming oor hulle, lees ons in vers 54, wat God ook belowe het aan die aartsvaders – Abraham, Isak, Jakob – lees ons in vers 55. God is getrou omdat God Homself onthou, omdat God Sy beloftes aan die aartsvaders en Sy uitverkiesing van Israel as verbondsvolk nie vergeet nie. Omdat God onthou kan Maria haar op God se getrouheid, op God se onvermoë om Homself te vergeet, beroep. Omdat God aan die kant van die verdrukte volk Israel was, die mense in nood, diegene sonder beskerming of hoop om bevryding uit verdrukking, én omdat God nie vergeet nie, kan Maria haar op God se ingryping, beide in haar eie persoonlike lewe (verse 46 tot 49) en in die geskiedenis van Israel (verse 50 tot 55), beroep.

Vierdens lees ons van God wat aan die kant van armes en verdruktes is. Lukas word nie net die evangelie van vroue genoem nie, maar word ook die evangelie van die armes genoem. Maria se lofsang is ‘n bevrydingslied wat bestaan uit ʼn klomp temas en idees wat uit ‘n verskeidenheid van Ou Testamentiese tekste verkry is. Lukas plaas Maria in die tradisie van Hebreeuse profete en sangers, wat merkwaardig is, aangesien die beeld van vroue in die Ou Testament wissel. Die sentrale beeld is waarskynlik dié van vrou en moeder. Vrouens het dan ook hul waarde en waardigheid van hul mans verkry, en veral in die rol as moeder van seuns. ‘n Vrou se sekuriteit en status was onlosmaaklik deel van die huwelik en van die geboorte van kinders (en veral in die geboorte van seuns). Die grootste skande en tragedie vir ‘n vrou was gevolglik hul onvermoë om kinders in die lewe te bring. Hierdie word veral duidelik wanneer die groot Ou Testamentiese parallel met Maria se lofsang, naamlik Hanna se lofsang in 1 Samuel 2, in ag geneem word. Hanna se lofsang, waarin ons van ‘n selfs meer radikale belydenis van God se reddingsdade lees, is gesetel in die verhaal van ‘n vrou wat nie kinders in die lewe kon bring nie. Hanna se penarie is egter ‘n bekende een vir die Ou Testament, en sy bevind haar in die geselskap van elkeen van die aartsmoeders van Israel – Sara, Rebekka, Ragel – en selfs ook enkele ander, soos Simson se ma, wat slegs deur God se ingryping seuns in die wêreld kon bring. Maria bevind haarself, soos hierdie vroue, in ‘n situasie waarin sy blootgestel is aan die magte en kragte van die dag. Ánders as Hanna is Maria se probleem nie haar onvermoë om ‘n kind in die lewe te bring nie. Maar sóós Hanna is Maria in ‘n verleentheid, in ‘n ongemaklik posisie, omdat haar omstandighede nie strook met die sosiale konvensies van die dag nie. Tog bely beide vrouens dat God ‘n God is van mense wat verstoot en verwerp word. Elisabet vereer wel vir Maria, maar Maria vereer God, en in Maria se lofsang, déúr Maria, kry ons ‘n God te siene wat Hom skaar by dié wat ly, die ‘have nots’, die ‘underdogs.’ God, lees ons hier, soos wat ons telkens in die Ou Testament ook lees, ontferm Hom oor diegene wat arm en eenvoudig en verdruk is.

Vyfdens en laastens lees ons in Maria se lofsang van ʼn God wat durf ingryp in publieke kwessies. In die politiek. In die ekonomie. Dat God se werk nie beperk word tot dit wat die kerk (kan) doen nie. Juis daarom is ons teks vandag ‘n gevaarlike teks. Dit is gevaarlik omdat dit ‘n baie publieke opinie opper oor publieke kwessies wat vandag nog ons samelewings raak, oor die verdeling tussen ryk en arm, magtiges en weerloses, belangrikes en onbelangrikes. Dit is gevaarlik omdat dit onverskonend partydig is, en aan die kant van nederiges, hongeres, en armes staan. Dit is gevaarlik omdat dit weier om stil te bly, en ook binne die Evangelie van Lukas nie gesnoer kan word met interpretasies wat die uitdaging aan diegene wat hul mag en geld misbruik versag of wegsteek nie. Die oorhoofse tema van Maria se lofsang is dié van sosiale omkeer en bevryding van sistemiese ongeregtigheid: van onderdrukking deur politieke leiers en deur dié wat arrogant en ryk is. Tog gaan dit hier om meer as ‘n blote klassestryd, skryf

Page 7: Magnificat! ‘n Ontdekking van die God van Maria se lofsang?menswaardigheid.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Preek-vir-menswaardigheid_Nadia...dit nou saam uit Lukas 1:46 – 56

7

een persoon: “Die diepe geheimenis van Gods neerbuigende liefde vir die armes van hierdie wêreld val nie saam met die eenvoudige skematiseringe van ‘n klassestryd nie.” Liewer gaan dit daaroor dat Jesus die vriend is van onbelangrike, vertrapte mense; dat God Hom ontferm oor diegene waaroor niemand anders hul ontferm nie; en dat die kerk God en Jesus hierin behoort na te volg.

In Maria se verhaal kom ons ‘n verhaal teë wat ons goed ken in ons gemeenskap: die drama van ‘n jong meisie, ‘n tiener, wat swanger word. Maar juis in hierdie bekende verhaal lê daar vir ons ‘n onthulling van God opgesluit; ‘n belydenis van ‘n God wat die jong meisie Maria raaksien en haar in haar nood, in haar weerloosheid, nie los nie. In Maria se belydenis van wie God is kry ons ‘n God te siene wat Hom skaar by die weerloses en die gemarginaliseerdes. Maria se loflied bied daarom beide troos én uitdaging; beide God se ja én God se nee vir ons vandag. Die troos van God se nabyheid in nood is die troos van God wat mens sou word en by ons sou kom wees. Die gevaar van God se nabyheid in nood is die waarskuwing van die radikale aard van God se regverdigheid, van sosiale omkeer en bevryding wat God bring.

God sê ja. God Self, die God van Abraham, Isak en Jakob, die God van Israel ontferm hom in Sy volle Drie-eenheid oor ons. Saam met Maria kan ons daarom sing van God se grootheid, en Hom ophef. Te midde ons seerkry en weerloos-wees kan ook óns sê ‘megalein’! Ons maak groot! ‘Magnificat’! Ons hef op! ‘Halleluja’! Laat God se naam verhef word! Maar daarmee saam besef ons dat God Hom skaar by diegene wat nie vir hulself kan skerm nie; besef ons saam met Maria wie Hy vir die ganse wêreld is, in sy groot getrouheid en liefde, in Sy eie ophef van die armes en hul deelmaak van Sy koninkryk, in Sy ontferming teenoor die hongeres, die siekes en die swakkes, en in Sy fokus op die geskied van reg en regverdigheid in elke sosio-politieke en ekonomiese omstandigheid. God se ja is die ja op ʼn waardige lewe vir alle mense binne ʼn wêreld waarna daar omgesien word na diegene wat die weerloosste is, en waarin politieke leiers nie alleen deur eie gewin gedryf word nie, maar deur hul verantwoordelikheid om ons samelewings en gemeenskappe en land ʼn plek te maak waarin ʼn lewe sonder geweld of verdrukking moontlik is.

Maar God sê ook nee. Maria se loflied is polities onkorrek, ‘offensive’ selfs, en teologies bevooroordeeld. Die loflied dring lesers daarvan, óns vandag, om kante te kies. Dit laat ons nie toe om daarvan weg te stap sonder om die uitdaging van die absurde eensydigheid daarvan te verreken nie. Dit laat ons nie toe om in ons gemaksones te bly leef nie, want dit skets ‘n beeld van God wat vandag, veral in die NG Kerk en des te meer in gesprekke oor kerkeenheid, nie maklik gesluk word nie. Dis ‘n lied wat weier om neutraal te bly, en wat die leser daarvan ook nie toelaat om neutraal – onaangeraak, onaangetas, onveranderd – uit die ontmoeting daarmee te beweeg nie. Dit behoort ‘n ongemaklike lied vir ons te wees, veral vir diegene in posisies van mag en status, vir diegene met rykdom en besittings, want dit konfronteer ons álmal met ons verantwoordelikheid teenoor hulle wat weerloos en arm is. Maria se loflied is ‘n bevrydingslied, ‘n lied wat vryheid en regverdigheid en herstel, restorasie en reparasie, aankondig vir diegene wat verdruk en blootgestel en in nood is. Maria se loflied verkondig die goeie nuus van ʼn God wat diep besorgd is oor mense én hul nood. Maria se loflied is ‘n soort geloofsbelydenis, ‘n belydenis van wie God is, maar dit is ook ‘n belydenis van hoe die koninkryk van God lyk. God se nee is die nee op onregverdige strukture en leiers wat dié wat arm en blootgestel is uitbuit en uitsluit uit besluite wat hul raak; of hul van geleenthede ontneem om ʼn meer menswaardige lewe te kan leef; of

Page 8: Magnificat! ‘n Ontdekking van die God van Maria se lofsang?menswaardigheid.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Preek-vir-menswaardigheid_Nadia...dit nou saam uit Lukas 1:46 – 56

8

bloot nie hul verpligtinge en verantwoordelikhede nakom teenoor dié sonder mag of aansien nie.

Maria se Magnificat wys ons heen na wie God is en wat God doen in die lewe van mense, veral weerlose mense, magtelose mense, mense in nood. In Maria se belydenis van wie God is, in háár geloofsbelydenis, vind ons daarom nie nét die troos van God se nabyheid nie, maar ook die uitdaging van God se regverdigheid; nie nét die radikale eis wat op ons lewens geplaas word om te staan waar God staan nie, maar ook die bemoediging dat Gód die Een is wat deur die eeue heen Homself sou ontferm oor die armes, noodlyendes, nederiges. Swakkes. Weerloses. Diegene sonder mag, of geld, of status. Diegene sonder waarde in ons gemeenskappe. Wanneer Jesus, jare later, sý eerste preek lewer, verkondig hy presies dieselfde boodskap as wat Maria se loflied vroeër sou verkondig. Vir Jesus gaan verlossing dan oor presies dit: troos vir die armes, genesing vir dié met seer, vrylating vir die gevangenes, sig vir die blindes, vryheid vir almal wat gebroke is. In Lukas 4 gaan Jesus se eerste preek oor niks minder nie as die goeie nuus van God se ontferming oor die eenvoudiges, die siekes, die armes, die verdruktes.

Die Disney fliek “The Hunchback of Notre Dame” (1996) vertel die verhaal van ʼn misvormde luier van klokke in die Katedraal van Notre Dame in 15e eeuse Parys. Maar as ʼn mens fyn kyk, vertel die fliek grotendeels ‘n verhaal oor die konstante worsteling van die gypsies in Frankryk – diegene wat aan die rand van die samelewing was; wat as arm, laeklas en selfs krimineel beskou is en hanteer is. Ter afsluiting speel ek vir ons slegs een lied uit hierdie aangrypende fliek, waar die gypsy heldin Esmeralda háár loflied aan Maria en Jesus, in die gees van Maria se loflied aan God, in die Katedraal van Notre Dame sing.

(kyk op YouTube by https://www.youtube.com/watch?v=0pLCDnbBEk0)

Geloofsbelydenis (sittend)

Laat ons dan nou, as gemeente, aan Maria se loflied deelneem en saam met haar vandag bely:

Voorganger: Ons glo in die drie-enige Vader, Seun en Heilige Gees, wat deur sy Woord en Gees sy Kerk versamel, beskerm en versorg van die begin van die wêreld af tot die einde toe.

Gemeente: Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring;

Voorganger: dat Hy in ‘n wêreld vol onreg en vyandskap op ‘n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg;

dat die kerk as eiendom van God moet staan waar Hy staan, naamlik teen die ongeregtigheid en by die veronregtes;

dat die kerk as volgelinge van Christus moet getuig teenoor alle magtiges en bevoorregtes wat uit selfsug hulle eie belang soek en oor andere beskik en hulle benadeel.

Gemeente: Jesus is die Heer.

Page 9: Magnificat! ‘n Ontdekking van die God van Maria se lofsang?menswaardigheid.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Preek-vir-menswaardigheid_Nadia...dit nou saam uit Lukas 1:46 – 56

9

Voorganger: Aan dié enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, kom toe die eer en heerlikheid in ewigheid.

Amen.

Seën

Amen