68
DIE Uitgawe 28 Des ’14|Jan ’15 Pad Saam Tristar die tuiste van die soete aarbei Hans Groenewald Byeboer, byeliefhebber Wie is regtig honger? Mag ek skiet, of nie?

Die Pad Saam Des_Jan.indb

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die Pad Saam Des_Jan.indb

DIE

Uitgawe 28 Des ’14|Jan ’15Pad Saam

Tristar die tuiste van die

soete aarbei

Hans GroenewaldByeboer, byeliefhebber

Wie is regtig honger?

Mag ek skiet,of nie?

Page 2: Die Pad Saam Des_Jan.indb

BEESVET 33+:• Produseer die meeste vleis met die laagste

koste per kilogram• ’n Spesifiek-geformuleerde proteïen- konsentraat vir ekonomiese vleisbees- afronding• Bevat ’n groeibevorderaar wat voeromset

en groei bevorder• Werk voedingsteurnisse en koksidiose teë

vir maksimum wins

Met Beesvet 33+ síén jy nie net die verskil nie, jy vóél dit ook aan jou sak!

OOS-

STRE

EK

VERKOOPSBESTUURDERWillem Volschenk082 414 1886Middelburg MP, KwaZulu-Natal

Mpumalanga, LaeveldChris van der MerweKantoor: Lydenburg082 826 1058Mashishing, Badplaas, Carolina

MpumalangaEnlin NevelingKantoor: Ermelo082 820 5858Ermelo, Piet Retief, Bethal, Amersfoort

KwaZulu-Natal, VrystaatGawie BesterKantoor: Newcastle079 492 2244Newcastle, Volksrust, Memel

KwaZulu-Natal, Swaziland Espee OlivierKantoor: Vryheid082 771 4035Dundee, Vryheid, Paulpietersburg, Swaziland

KwaZulu-Natal, Griekwaland-Oos Danie HugoKantoor: Port Shepston082 779 3197KwaZulu-Natalse Middeland, Griekwaland-Oos

MpumalangaPieter SmitKantoor: Middelburg082 467 5549Middelburg, Delmas, Bronkhorstspruit

Mpumalanga, Gauteng CP de VosKantoor: Standerton082 415 8239Standerton, Heidelberg, Leandra

KwaZulu-Natal, VrystaatNeale WhiteKantoor: Bergville071 302 0706Bergville, Winterton, Mooirivier, Harrismith, Eram, Ladysmith

WES

-STR

EEK

Botswana, Noord-WesNardus van WykKantoor: Lichtenburg082 775 9437Lichtenburg, Zeerust, Delareyville, Sannieshof

Noord-WesKoos van RensburgKantoor: Klerksdorp082 781 3825Potchefstroom, Vereeniging, Ottosdal Hartbeesfontein

Limpopo Jan MullerKantoor: Potgietersrus082 771 4032Potgietersrus, Pietersburg, Naboomspruit

Noord-Wes, GautengWillie RaathKantoor: Ventersdorp082 823 8201Ventersdorp, Pretoria, Rustenburg

Noord-WesKudu van AswegenKantoor: Vryburg082 376 9864Stella, Tosca, Vryburg

NamibiëPaul van der MerweKantoor: Windhoek081 129 4418Namibië

Noord-Wes, VaalhartskemaJanneman AucampKantoor: Schweizer-Reneke 082 315 0916Schweizer-Reneke, Wolmaransstad, Reivilo, Hartswater

Noord Botswana, Limpopo Pierre MaraisKantoor: Ellisras082 413 4166Ellisras, Thabazimbi, Warmbad

VERKOOPSBESTUURDERHenk van der Westhuizen082 771 4031Bloemhof, Botswana,Namibië & Limpopo

SENT

RAAL

-STR

EEK

VERKOOPSBESTUURDERDev Olivier082 850 2700Kroonstad

Noord-VrystaatLeon RiekertKantoor: Parys082 771 4044Kroonstad, Heilbron, Koppies, Parys

Noord KaapGerrit NaudéKantoor: Upington082 781 3827Kimberley, Upington,Kuruman

Noord-Oos VrystaatGavie GertenbachKantoor: Vrede082 773 8402Vrede, Villiers, Frankfort

Oos-Vrystaat, Noord-VrystaatFrikkie NelKantoor: Senekal082 771 4033Arlington, Marquard, Ventersburg

Noord-Vrystaat, Wes-VrystaatNeels MullerKantoor: Hoopstad082 467 5573Hoopstad, Bultfontein, Wesselsbron, Bothaville

Sentraal-Vrystaat, Suid-VrystaatArno FerreiraKantoor: Dewetsdorp082 829 3887Petrusburg, Bloemfontein,Colesberg, Ladybrand

Oos-VrystaatDanie FourieKantoor: Reitz082 451 7573Reitz, Petrus Steyn, Warden, Bethlehem

SUID

-STR

EEK

VERKOOPSBESTUURDERGerhard van As082 771 4037George

OverbergGeorge TrautKantoor: Bredasdorp082 776 4890Overberg, Caledon, Bredasdorp

Suid-KaapKobus GerberKantoor: Riversdale082 452 4031Riversdal, Swellendam, Heidelberg

Oos-KaapHennie SlabbertKantoor: Jeffreysbaai082 336 6442Port Elizabeth, Humansdorp, Cookhouse, Alexandria, Grahamstown, Adelaide

Swartland, KarooDW GiliomeeKantoor: Moorreesburg 082 774 2579Swartland, Boland, Calvinia, Loeriesfontein

Noord-Oos KaapPeter WebsterKantoor: Oos-London083 232 1249Queenstown, Dordrecht, Oos-London

Noord-Oos Kaap, Suid Vrystaat Louwtjie de BeerKantoor: Aliwal-Noord082 337 3634Cradock, Barkley-Oos, Zastron, Bethulie, Aliwal-Noord

KarooCharl VorsterKantoor: De Aar 084 812 7378De Aar, Hanover, Victoria-Wes, Carnarvon, Aberdeen, Middelburg

BEST

UURD

ERNU

WE

BESI

GHEI

D

Upp

e M

arke

ting

A11

028

Zet Wapi071 609 5043

BEESVET 33+ NUWE TEGNOLOGIE ... BETER PRESTASIE!

MOLATEK VERKOOPSMANNE

Skakel ons vir Kundige Diens!Tel: +27 (0)13 791-1036 • Faks: +27 (0)13 790-0095 • E-pos: [email protected] • www.molatek.co.za

Beesvet 33+ Reg. Nr. V17357 (Wet 36 van 1947)

Page 3: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Uitgewer:VKB en NTK

Redakteur:Hannelie Cronjé

Posbus 100 Reitz 9810

Tel. 058 863 [email protected]

Eindredakteur:Koos Janse van Rensburg

Ontwerp en Uitleg:Ryno Steyn (VKB)

Taalversorging:Lize Mulder

Druk:Oranje Drukkers, Senekal

Advertensies: Hannelie Cronjé (VKB)[email protected]

Liezl Britz (NTK)[email protected]

Alle regte van Die Pad Saam word voorbehou

ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg.

Die eienaar en uitgewer aanvaar nie

aanspreeklikheid vir enige uitlatings deur skrywers of

medewerkers nie.

Vkb beskik oor ‘n kliëntedienssentrum wat bestuur word deur die

groep se skakelbeampte, me. Anelie Swemmer.Kontak haar gerus by 058 863 8277 of per

e-pos by [email protected]

INHOUD

4 Voorwoord5 Kersboodskap van Koos Janse van Rensburg6 VKB se fi nansiële resultate: April tot September 20148-9 Die boerdery as ’n besigheidsvorm10 Die impak van konsekwentheid op die volhoubaarheid van familieondernemings12-13 Wat sê die reg? Wanneer ek in gevaar verkeer, mag ek skiet, of nie?14-15 Wie is regtig honger?16-17 Metodes om tarief vir huurgrond vas te stel18-20 Berging- en hanteringsveiligheid van landbouchemiese middels op die plaas22-24 Dieregesondheid: Entingsprogramme en genoegsame kos kan lamsiekte voorkom26-27 Die CASE IH SPX Patriot-spuit help om opbrengs te optimaliseer28-29 Lay PVC Pressure Pipes the right way30-31 Voedingsbesproeiing voeg waarde toe indien dit korrek gedoen word34-35 Capestone Seed: Geelmieliebaster-proef36-37 Pannar se voervloeigapingvullers: Watter een gaan jy benodig?38-39 Onkruiddoder: Wissel af om weerstand te wen40 Glifosaat is minder giftig as sout42-43 Hans Groenewald: Byeboer, byeliefhebber44-46 Sy: die koningin van vesels47-49 Tristar – die tuiste van die soete aarbei50 Sakata se nuwe saadverpakking maak voorsiening vir die kleinboer53-54 Tuin55-58 Gesondheid: Tuberkulose is ’n dodelike monster wat getem kan word59-61 NTK Nuus62-63 VKB Nuus

Sy: die koningin van vesels

4012-13

Mag ek skiet of nie?

55 -58

Tuberkulose is ’n dodelike monster wat getem kan

word

Die boerdery as ’n besigheidsvorm

8-9

44-46

Glifosaat is minder giftig as

sout

Page 4: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 4Die Pad Saam | 4

VoorwoordSluit die jaar met ’n positiewe balans af

Dit voel soos net nou die dag dat ek skielik besef het dis nog net ’n paar dae voor Kersfees en ek moet nog Kersgeskenke gaan koop en reëlings tref vir die familie wat oor die Kerstyd kom kuier en inpak vir die vakansie, en ons gejaag het om die Desember/Januarie-uitgawe van Die Pad Saam persklaar te maak, en hier is dit sowaar al weer sulke tyd!Desembermaande is vir my altyd ’n dubbele dosis terugkykmaand, want vroeg in die maand is dit my verjaardag, wanneer ek gewoonlik op my eie in die motor op pad tussen punt A en punt B (ek ry gereeld langpad uit die aard van my werk) sit en terugkyk op die lewensjaar wat verby is. Aan die einde van die jaar dink ’n mens ook mos onvermydelik aan die dinge wat die afgelope jaar met jou gebeur het, en dan wonder ek dikwels of ek in die afgelope jaar genoeg gedoen het om ’n positiewe verskil te maak.In een van Casper de Vries se vroeëre liedjies sing hy dat ’n mens gemiddeld 26 000 dae op aarde is. Dit gee jou sowat 71 lewensjare. Dit is nou as jy gelukkig is, want baie mense word nie soveel tyd saam met hul geliefdes gegun nie. Ander leef weer heelwat langer en moet van tyd tot tyd by die graf van geliefde familie en vriende staan.

Ek word vanjaar 50, wat ’n gróót verjaardag is, so die gedagtes loop hierdie jaar selfs dieper as gewoonlik. As ek die som rofweg op Casper se berekeninge maak, het ek dan nou al so ietwat meer as 18 000 oggende my oë oopgemaak. Dis al ’n hele klomp sand wat deur die uurglas geloop het, en ek besef opnuut die waarheid in die een reël in sy liedjie: “Ons kan lag en ons kan kla, maar elke dag is jy vir ewig kwyt”, want tyd kan nooit teruggedraai of teruggeroep word nie – as dit verby is, is dit verby. Daarom móét jy die meeste van elke dag maak! In almal van ons se lewe is daar goeie tye, soms fantastiese tye, maar ook moeilike tye en hartseer tye. Maar al daardie verskillende “tye” in ons lewe vorm en slyp ons voortdurend.

Dit gaan van ons eie ingesteldheid afhang of ons daardeur gaan groei en beter mense aan die ander kant uitkom – soos diamante en goud – en of ons gaan boedel oorgee en die moeilike tye daarvoor gaan blameer dat ons onsself aan die slegtigheid oorgee. Dit hang van ons af of ons ’n positiewe bydrae tot die samelewing gaan lewer en of ons onsself as die slagoffers van ons omstandighede gaan beskou, of ander mense se lewe gaan versuur.Ons kan nie kies wat alles met ons gaan gebeur nie, maar ons kan kies hoe ons dít wat met ons gebeur, gaan hanteer. Gaan ons dit as klippe sien waarmee ons gestenig word, of gaan ons dit sien as boublokke waarmee ons ons lewe weer moet opbou nadat alles in duie gestort het.

En dit is waar geloof inkom. Ek verkies om te glo dat God reeds my paadjie uitgelê het; ek moet hom net stap. Soms maak ’n mens op daardie paadjie die verkeerde keuses en raak ons soms verdwaal, maar as jy jou oë op God rig, en Hom toelaat om jou te lei, en luister wanneer Hy met jou praat, gaan Hy jou altyd weer teruglei na die pad waarop Hy jou wil hê.Mag hierdie feestyd en oordenkingstyd vir jou ’n goeie tyd wees. Mag jy terugkyk op die jaar wat verby is met die wete dat jy jou deel teenoor jou familie, jou vriende en jou gemeenskap gedoen het – dat jy ’n positiewe bydrae gelewer het tot die mense om jou se lewe.

’n Geseënde Kerstyd vir elkeen van u. Mag ons in die nuwe jaar weer vele stof tot dankbaarheid hê.

Kerstydgroete

Hannelie

Page 5: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 5

Voorwoord Kersboodskap 2014

Die Pad Saam | 5

Elke jaar snel verby teen groter spoed as die voriges en as ons weer sien is dit Desember. Vir meeste van ons dwing die Kersgety ons tot ’n bietjie stadiger pas omdat ons land bykans tot stilstand kom oor dié tyd. Dit gee ons geleentheid om ’n bietjie uit te rus sodat ons die nuwe jaar met hernude ywer kan aanpak. Mag ons fokus gedurende die Feesgety nie slegs wees op ’n lekker vakansie nie, maar mag elkeen van ons ook hierdie rustigheid gebruik om opnuut boeke te vat oor ons persoonlike lewe en ons verhouding met ons Skepper en die onbaatsugtige offer wat Sy Seun moes bring om dit vir elkeen van ons as nietige mense moontlik te maak om eendag die voorreg te kan hê om Sy Koninkryk te kan binnegaan.

Vir VKB was die afgelope jaar weereens ’n uitsonderlike jaar met rekordresultate. Ons gebied is oor die algemeen geseën met goeie reën en ons het die grootste oes ooit ingesamel. Ons het vroeg in die somer goeie reën gehad wat geleentheid bied vir tydige aanplantings van die nuwe somergraan. Ons het soveel om voor dankbaar te wees.

Ons harte gaan ook uit na diegene met wie dit nie so goed gegaan het die afgelope jaar nie. Ook aan dié wat ’n geliefde afgestaan het gedurende die afgelope jaar. Daar is van ons lede wat gedurende die Feesgety die hartseer van ’n familielid moet verwerk. Ons dra julle in ons gebede op aan ons Skepper. Slegs Hy kan vrede bring daar waar Hy hartseer veroorsaak het.

Ons wens vir elkeen van u ’n geseënde Kersfees toe en tonne voorspoed vir die nuwe jaar.

Koos

Jy sê jy wil boer my seun

Jy sê jy wil boer, my seun.Dan moet jy die insig hê van ’n profeet

om van probleme wat gaan kom, te weet;voorgevoel soos ’n reënwolk wat met sy kreet

vertel van die reën voor jou FM dit weet ...Slim moet jy wees soos ’n genie,weet wie om te glo en wie nie.

Reg te besluit en uit te voer,dit, my seun, maak ’n goeie boer.

Jy sê jy wil boer, my seun.Dan moet jy ’n goeie werker goed kan hou,

hy vir jou en jy vir hom vertrou.Hy moet gelukkig wees om hard te werk,sy maag moet vol wees, sy spiere sterk.

En al hoort hy ook aan ’n ander ras,moet jy weet hy sal jou goed oppas.

Jou mense moet op jou steunas jy wil boer, my seun.

Jy moet alles doen en alles kan,mielies plant en drade span,

vroegdag al met ’n kennersoordie foute in jou trekker hoor.

Jou ploeë in kan stelen skape foutloos tel.

Kan stap oor berg en daalen beeste uit die modder haal.

Jy moet kan begryp en leer,van stel en kalibreer.

My seun, ’n boer moet alles kan en wil,moet handig wees en slim.

Jy sê jy wil boer, my seun.Dan moet jy soos ’n wonderwerk,

foutloos met geld kan werk,om te geniet en ook te konsolideer,goeddeurdag te beplan vir meer

sodat jy nie more agterblyomdat jy onder ’n skuldlas ly.

Jy moet kan bid en hoop,kan belê en koop,

met jou hoed in die handjou goed gaan verpand . . .

as jy moet.En al voel jy is lus om te skree

na ’n misoes of twee,moet jy hoopvol bly,nog ’n oes in kan kry

en weet om te eet en te leefasof armoede nie kleef.

Jy moet bedrywe se winste kan meeten alles van alles af weet -

wanneer en wat om te koop en te verkoop,wanneer om te spaar, al is dit hoe swaar.

Jy moet alles van geld af weet, as jy wil boer, my seun.Jy moet ’n multikundige wees,

plantkundige, deskundige, grondkundige en meer.Jy moet weet van insekte en insektedoders,

van gewasse en planttye,van nou of wye rye,

van siektes in diere en plante,van tekorte in al jou lande.

Jy moet baie leer as jy wil boer, my seun.Jy sê jy wil boer, my seun.

Dan moet jy lief wees vir die natuur,na duiwe kan luister in die oggenduur.

Jy moet lief wees vir die reuk van die grond,vir die gebulk van ’n bees,

vir windgolwe oor koringlande,vir tarentale op die mielielande.

Jy moet lief wees vir die Skepper en Sy Skepping,jy moet kan lag as die aarde juig,

en kan huil as alles om redding hyg.Jy moet een wees met alles om jou as jy wil boer, my seun.

Jy sê jy wil boer, my seun.Dan moet jy kan bid, my seun,

as die hael oor jou lande dreun,as jou hoop op redding verdwyn,

as die veglus in jou kwyn.Dan moet jy vol moed op kan kyk,berustend, vol vertroue en verryk.

As jy dit kan doen my seun . . .is jy ’n boer in murg en been.

Deur: Dietz Mering, boer van Bethlehem

Page 6: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Daar is reeds begin met die someraanplantings in die Oos-Vrystaat en die landboutoestande is nie so gunstig soos verlede jaar dieselfde tyd nie. Die resultate vir die ses maande geëindig 30 September 2014 vertoon uitstekend.

VKB op sy eie, asook tesame met die fi liale, oorskry die vorige jaar se ses-maande-resultate en is so effens swakker as die begroting. Wat die fi liale betref, is dit slegs Grain Field Chickens en Free State Oil wat nog nie vir die jaar tot datum winsgewend is nie. Vir die ses maande behaal VKB ’n omset van R3 980 miljoen wat R1 049 miljoen beter is as die vorige jaar se ooreenstemmende tydperk en ook heelwat beter as die begroting.

Hierdie styging is hoofsaaklik veroorsaak deur Graanbemarking weens die bemarking van heelwat meer tonne graan danksy die groot mielieoes. Die kommersiële afdelings het ook uitstekend presteer en dit kan in hul omsette en winssyfers waargeneem word. Die nuwe bedrywe wat divisies binne VKB is, naamlik die veevoerfabriek op Vrede en die Plaasdienste-departement het ook al wesenlik tot die omsette bygedra.

Die vooruitskatting van die netto wins van die VKB-groep vir die res van die jaar dui daarop dat VKB weereens die vorige jaar se rekordwins gaan oortref. Die afgelope rekordsomeroes het bygedra tot die goeie resultate van die Graandienste- en Graanbemarkingsafdelings. Die Kommersiële Dienste-afdelings het almal ook uitstekend presteer in die ses maande tot September 2014 en die netto wins is hoër as die vorige jaar.Die VKB-groep se netto wins voor belasting vir die ses maande geëindig 30 September 2014 is R147,9 miljoen teenoor die vorige jaar se R110,4 miljoen en die begroting van R161,7 miljoen. VKB se winsdelingsmodel bly sy kompeterende voordeel en is een van die grootste redes vir die uitsonderlike resultate.Wat VKB se ander beleggings betref, dra al die gevestigde besighede by tot die goeie resultate. Dit sluit in die NTK-groep, die Nu-Pro-groep en AE Solutions wie se resultate in lyn en selfs beter is as die vorige jaar. NTK presteer uitstekend en daar is

nog baie potensiaal om te ontgin. Wat die nuwe nywerhede betref, het Grain Field Chickens vir die maande van Julie en Augustus winste van meer as R1 miljoen gerealiseer wat verblydend is. Met die verandering van Free State Oil se sakemodel, van ’n tolpers na selfpers, sal dit nog ’n wyle wees voordat die besigheid winsgewend is, maar die vooruitsigte is baie positief.

VKB se totale kapitaal is hoër as die vorige jaar asook die begroting soos in onderstaande grafi ek waargeneem kan word. Die investerings in die nywerhede en ’n groter debiteureboek is grootliks vir die styging verantwoordelik. Weens die groeistrategie wat VKB volg, is daar gevolglik ’n behoefte aan addisionele bedryfskapitaal. Die totale kapitaal aan die einde van September beloop R2 706 miljoen waarvan 32% rentedraende skuld is. Omdat die toename in kapitaal meer is as die toename in wins, is die opbrengs op die kapitaal effens laer as die vorige jaar.

Die resultate vertoon uitstekend en daar word met verwagting uitgesien na die res van die jaar se resultate. Soos reeds gesê is die meeste van die nuwe nywerhede reeds winsgewend en is die verwagtinge vir die hoenderbedryf ook baie meer gunstig as ’n jaar gelede. VKB geniet ongekende ondersteuning en lojaliteit van sy aandeelhouers, wat die hoofrede is vir die goeie resultate.

Vorige jaar Huidige jaar

Opbrengs op totale kapitaal 9,3% 8,6%

Opbrengs op eie kapitaal (Ekwiteit) 18,0% 16,5%

FINANSIëLE RESULTATEAPRIL 2014 TOT SEPTEMBER 2014

Plaasdienste-departement het ook al wesenlik tot die nywerhede en ’n groter debiteureboek is grootliks vir die styging verantwoordelik. Weens die groeistrategie wat VKB volg, is daar gevolglik ’n behoefte aan addisionele bedryfskapitaal. Die totale kapitaal aan die einde van September beloop R2 706 miljoen waarvan 32% rentedraende

deur Markus Mittermeier

Page 7: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Kom ons praat Agribesigheid. Ons Agribesigheidspan is nie alleen bankiers nie, maar inderdaad

kenners van hierdie dinamiese sektor. Ons bied toegang tot

bedryfskapitaal, asook die buigsaamheid wat jy nodig het om jou

besigheid te bestuur. Dit is hoekom meer besighede Standard

Bank as enige ander bank in Suid-Afrika kies. Vir meer inligting,

besoek www.standardbank.co.za/business

Gemagtigde finansiëledienste� en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15).Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Regnr. 1962/000738/06).

Voluit Vorentoe is ‘n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk.

SBSA 172406. 01/14

plaas tot die meule

oplossings van die Kontantvloei

TMVoluit Vorentoe

Page 8: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 8

Die boerdery as ’n besigheidsvorm

boerderybesigheidsvorm

deur dr. Philip Theunissen

’n Boerdery kan in een van vier besigheidsvorme gestruktureer word. Hierdie besigheidsvorme is ’n eenmansaak, vennootskap, beslote korporasie/maatskappy en ’n trust. Elkeen van hierdie besigheidsvorme het spesifi eke eienskappe en daarom is nie een enkele besigheidsvorm die antwoord op alle boerderye se unieke omstandighede nie.

Die boer moet gevolglik daardie besigheidsvorm kies wat die beste by sy eie omstandighede pas. Die keuse van ’n besigheidsvorm moet ook weldeurdag wees want dit kos geld en veroorsaak heelwat administratiewe ongerief om van besigheidsvorm te verander. Die volgende faktore speel ’n rol by die keuse van ’n besigheidsvorm:

• Die aard van die produk of diens wat aangebied word;

• Die graad van aanspreeklikheid waarvoor die eienaars verantwoordelikheid wil aanvaar;

• Die kontinuïteit wat daar moet wees indien die besigheid verkoop of vererf gaan word;

• Die mate waarin die eienaars aan die bestuursproses moet deelneem;

• Die hoeveelheid kapitaal wat benodig word om die besigheid op te rig;

• Die mate waarin die eienaars in die wins moet deel;

• Toegewings ten opsigte van belastings; en• Statutêre verpligtinge waaraan die besigheid

moet voldoen.

Eenmansaak

Die eenmansaak bestaan waar die boer alleen in die besigheid is. Dit bied absolute onafhanklikheid ten opsigte van besluitneming en kan veral geskik wees waar die wins nie so hoog is nie. In sulke gevalle is daar ook heelwat belastingvoordele hoewel die marginale inkomstebelastingskaal van 40% tog nadelig kan wees as die belasbare inkomste meer as R673 100 per jaar beloop.

Vennootskap’n Vennootskap tussen twee of meer persone is die eenvoudigste manier om kapitaal, risiko, wins en bestuursverantwoordelikhede te deel. Dit is maklik en vinnig om op te rig en word gewoonlik baie tussen pa en seun gebruik. Die belastingvoordele is soortgelyk aan dié van eenmansake omdat die vennote in hulle persoonlike hoedanigheid en nie die vennootskap nie, inkomstebelasting betaal. Hoewel ’n vennootskap gewoonlik met ’n vennootskapsooreenkoms tot stand kom, kan dit in die oë van die wet ook daarsonder bestaan.

Beslote korporasie/Maatskappy’n Beslote korporasie (BK) of ’n maatskappy is ’n regsentiteit op sy eie. Die vernaamste verskil tussen die twee is dat ’n beslote korporasie slegs natuurlike persone (tot ’n maksimum van tien) as eienaars (lede) mag hê terwyl ’n maatskappy ook nie-natuurlike

Page 9: Die Pad Saam Des_Jan.indb

persone (dus ook ander maatskappye of trusts) as eienaars kan hê. In spesiale gevalle kan ’n trust ook ’n lid van ’n beslote korporasie wees. Die lede en aandeelhouers staan los van die besigheid en is beperk aanspreeklik ten opsigte van laste sowel as bates, van die beslote korporasie of maatskappy tensy hulle deur middel van borgstelling daartoe verbind word. Die belastingvoordele van beslote korporasies of maatskappye, veral dié wat as klein- en medium sakeondernemings kwalifiseer, is tans die voordeligste van die vier besigheidsvorme.

Trust

Baie handboeke maak geen melding van trusts as besigheidsvorm nie en tog word verskeie boerderye ten volle of gedeeltelik in trusts bedryf. ’n Trust gaan in wese oor die beheer van bates namens begunstigdes en is veral gewild in die geval van minderjarige erfgename. Hoewel dit verskeie voordele by erfopvolging inhou, is dit uit ’n inkomstebelastingoogpunt die mees benadeelde besigheidsvorm.

VergelykingDie tabel som die vernaamste eienskappe van die verskillende besigheidsvorme op.

Die vier besigheidsvorme voorsien verskillende maniere waarvolgens wins, eienaarskap, risiko en bestuur hanteer kan word. Dit kan daartoe lei dat die boer meer as een vorm in ’n kombinasie moet gebruik om aan sy eie doelwitte te voldoen. Tradisioneel is eenmansake by verre as besigheidsvorm vir boerderye gebruik (bykans 60%). Dit skep nie probleme solank die boer nog voluit en op sy eie boer nie. Die probleme kom wanneer die boer sy seun by die boerdery wil betrek of wanneer hy ontydig te sterwe kom.

Die tradisionele struktuur bemoeilik eerstens erfopvolging by afsterwe of uittrede van die boer. Dit bemoeilik tweedens ook die bestuur van die verskillende produksiefaktore. Derdens onderskei dit nie die boer se private lewe van sy besigheidslewe nie. Daar is ongelukkig nie een enkele besigheidsvorm wat aan al die vereistes van ’n ideale boerderystruktuur voldoen nie. Die oplossing lê dus daarin om ’n kombinasie van besigheidsvorme vir ’n boerdery te gebruik wat die meeste voordele in terme van belasting, bestuur en erfopvolging kan bied.

Eenmansaak Vennootskap Beslote korporasie/ Maatskappy Trust

Aard van entiteit Enkel individu Samekoms van 2 – 20 persone

Regspersoon los van sy eienaars

Regspersoon los van begunstigdes en trustees

Oprigtingskoste Minimaal Minimaal R150 tot R2 500 R2 000 tot R3 000

Lewensduur Eindig by dood

Eindig by bedanking of afsterwe van ’n vennoot

Onbeperk

Eindig op ’n gespesifiseerde datum of na ’n sekere termyn

Aanspreeklikheid Persoonlik Gesamentlik en afsonderlik deur elke vennoot

Slegs beperk tot aandelekapitaal mits daar nie ’n waarborg van lede/aandeelhouers is nie

Geen aanspreeklikheid tensy daar ’n waarborg van trustees vereis is

Bronne van kapitaal

Persoonlike investering

Vennote se bydrae

Lede/aandeelhouers se bydrae

Skenking deur oprigter

Besluitneming Eienaar alleen Ooreenkoms deur vennote

Aandeelhouers kies direksie wat bestuur aanstel

Trustees

Beperkings op besigheid

Eienaar se diskresie

Vennootskaps-ooreenkoms

Statute en Akte van oprigting Trustakte

Oordrag van belang

Eenmansaak word beëindig

Vennootskap ontbind. Nuwe een kan opgerig word

Voortbestaan word nie by oordrag van belang beëindig

Geen eienaarskap as sulks. Begunstigdes se belang kan staak of die diskresie hê om trust voort te sit

Effek by dood Eindig

Ontbind of kan as nuwe vennootskap deur oorblywende vennote voortgesit word

Bly voortbestaan. Belang vorm deel van boedel en kan vererf of verkoop word

Dood van trustees of begunstigdes het normaalweg geen invloed maar daar kan uitsonderings wees

Inkomste-belastingkoers

18 % vanaf R70 700 tot 40% by R673 100

Geen. Wins word volgens persoonlike skale in vennote se hande belas

28%. In geval van klein/medium sakeonderneming 0% tot R70 700, 7% tot R365 000, 21% tot R550 000 en 29% bo R550 000

40% vir trusts anders as spesiale trusts

Page 10: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 10

Die kernwaardes van die oudste familie-ondernemings in die wêreld is vervat in my boek Leierskapswaardes: Wysheid uit die Planteryk, en in die volgende 10 uitgawes

sal ons in hierdie rubriek die 10 kernwaardes bespreek waarin die meeste van die oudste familieondernemings in die wêreld glo. Die unieke essensiële olies van verskillende plante sal verbind word met elke leierskapswaarde.

Die eerste waarde wat bespreek word, is konsekwentheid wat met die laventelplant verbind word. Laventel is die bekendste essensiële olie in die wêreld en word meer as enige ander essensiële olie gebruik. Die uitstaande kenmerk van laventel is dat dit konsekwentheid handhaaf deur balans te skep tussen die emosionele en senuweesisteem en om jou verstand te fokus as dit van die een na die ander gedagte rondspring.

Waardes kan in enige volgorde aangehaal word en sal beïnvloed word deur elke mens se persoonlike waardeoortuigings. Waardes is egter net werklik van waarde as dit konsekwent toegepas word. Konsekwentheid is daarom die grondslag van alle ander waardes en daarom die eerste waarde wat in hierdie boek bespreek word. Net soos die dag slegs kan aanbreek as die son opkom en die nag net as die son plek maak vir die maan en sterre, net so sal elke waarde slegs gestalte vind as dit konsekwent toegepas word.

Die toepassing en uitleef van waardes begin by ons denke. Louis Malherbe het uitgewys dat ons nie is wie ons dink ons is nie, maar dít wat ons dink, dit ís ons. Malherbe het daardeur gesê dat die binnekring van ons denke, die gedagtes wat ons vertroetel, die hart van ons karakter vorm. Ons denke beïnvloed verder ons dade en gewoontes wat dan vir mense defi nieer wie ons is. Ons moet dus waak oor ons gedagtes!Mense se mening oor ons is nie net gebaseer op ons

denke en woorde nie, maar word uiteindelik gevorm deur dit wat hulle waarneem. Mense beoordeel ons gedrag, nie net ons woorde nie.

Konsekwentheid verg streng dissipline en kan baie maklik sneuwel as ons nie nougeset daaroor waak nie. Ek het my hieraan skuldig gemaak deur vir mense te predik dat hulle ’n gesonde balans tussen hulle werk en familie moet handhaaf, maar dit self nie doen nie.

Waardes begin eers werklik gestalte kry as ons onwrikbaar daarin glo en nie daarvan afwyk nie, met ander woorde, dit raak ’n beginselsaak en is ononderhandelbaar. Kies dus waardes volgens dit waarin jy glo, en volg dit slaafs na. Ek is ’n Christen en moet daarom seker maak dat my waardes strook met wat die Bybel voorskryf.

Die waardes wat jy aanhang, kan sommige of al die waardes in hierdie boek insluit. Dit kan ook waardes wees wat nie in die boek vervat is nie. Maak egter seker dat die waardes wat jy aanhang, waardes is wat jouself EN die gemeenskap rondom jou verryk. Dit moet eties, of moreel, korrek en aanvaarbaar wees. Wat goed is vir jou, moet ook goed vir die gemeenskap rondom jou wees.

Ongelukkig is daar mense wat konsekwent die verkeerde, immorele waardes toepas. Byvoorbeeld, korrupsie mag jou persoonlik fi nansieel bevoordeel, maar beslis nie die gemeenskap rondom jou nie. Dit laat jou miskien fi nansieel ryker, maar geestelik en moreel armer. Dit verarm ook die gemeenskap en is daarom nie ’n aanvaarbare waarde nie. As ons in ’n samelewing woon waar korrupsie, moord en diefstal aan die orde van die dag is, dan hoef ons nie gelyk te word aan die gemeenskap as ons getrou bly aan ons eie waardes nie.

Konsekwentheid kweek selfagting omdat jy getrou bly aan jou beginsels en fundamentele natuur. Ander sal jou respekteer as hulle sien dat jy ’n sterk karakter openbaar deur op te staan vir jouself en dit waarin jy glo en waaraan jy waarde heg. Dit laat jou ook toe om jou eie unieke individualiteit te laat skyn in ’n donker wêreld.

Die impak van konsekwentheid op die volhoubaarheid van familieondernemingsdeur André W DiederichsEienaar van André Diederichs & Associates @ Business Jungle

“Waardes is egter net werklik van waarde as dit konsekwent toegepas word.”

Dsal ons in hierdie rubriek die 10 kernwaardes

Page 11: Die Pad Saam Des_Jan.indb

PASJET/24 Met Drukbeheer60 L/min

PASSS/24 Met Drukbeheer70 L/min

PASQB/24 Met Drukbeheer45 L/min

PASJETSK Met Vloeibeheer60 L/min

PASSSSK Met Vloeibeheer70 L/min

PASQBSK Met Vloeibeheer45 L/min

Die ideale reeks bekostigbare, hoë kwaliteit waterpompe, ontwerp vir huishoudelike gebruik.

WATERPOMPE

Beskikbaar by deelnemende NTK / VKB takke.

Eksklusief versprei deur

www.agrinet.co.za

Eksklusief versprei deur

www.agrinet.co.za

Water is lewe.

Italiaanse pompvervaardiger, Speroni, is sedert 1955 aan die voorpunt van tegnologie en navorsing. Vandag word Speroni gereken as een van die wêreldleiers in die vervaardiging van waterpompe. Hierdie hoë kwaliteit reeks, met ‘n toonaangewende rol en posisie in Suider-Afrika, word sedert 1996 versprei deur Agrinet.

DRUKPOMP309CAM60/25

Outomatiese drukpomp eenheid.Horisontale 25ℓ tenk

Stabiliseer of verhoog huishoudelike waterdruk

Italiaanse pompvervaardiger, Speroni, is sedert 1955 aan die voorpunt van tegnologie en navorsing. Vandag word Speroni gereken as een van die wêreldleiers in die vervaardiging van waterpompe. Hierdie hoë kwaliteit reeks, met ‘n toonaangewende rol en posisie in Suider-Afrika, word sedert 1996 versprei deur Agrinet.

TOPVERKOPER

DRUKPOMP309CAM100/60

Outomatiese drukpomp eenheidHorisontale 60ℓ tenkStabiliseer of verhoog huishoudelike waterdruk

MADE IN ITALY

Beskikbaar by deelnemende NTK / VKB takke.

Page 12: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 12

•••Wat sê die wet?

Wanneer ek in gevaar verkeer, mag ek skiet, of nie?

In die lig van onlangse hoëprofi el-hofsake, kommissies van ondersoek en die groot hoeveelhede misdaad- en polisiereekse op televisie, kan die publiek vergewe word vir hul algemene oortuiging dat “selfverdediging” ’n aanvaarbare meganisme is om jou veiligheid te verseker. In ons samelewing, waar misdaadstatistieke vir gewelddadige misdade onrusbarend hoog is, is dit belangrik dat ’n mens die beginsels agter die regsterm “private beskerming” verstaan – wat meer toepaslik is, aangesien dit nie net beperk is tot slegs die beskerming van jou eie persoon nie – en wanneer ’n mens mag skiet en wanneer nie.Wanneer aggressiewe krag of geweld teenoor ’n ander persoon ingespan is, sal ’n hof besluit of ’n misdaad gepleeg is deur die volgende elemente van die misdaad in aanmerking te neem:

• Optrede – die teenwoordigheid of afwesigheid van spesifi eke menslike optrede;

• Toevallige verband – of die optrede met die beskuldigde verbind kan word;

• Onregmatigheid – of die optrede geregverdig kan word of nie; en

• Strafbaarheid – of die optrede met opset of die gevolg van nalatigheid was, en of die beskuldigde op daardie tydstip die vermoë gehad het om tussen reg en verkeerd te onderskei.

Private beskerming is inderdaad een van die vorms van beskerming en verdediging wat voorgelê kan word om optrede wat andersins onwettig sou wees, te regverdig. Hierdie beskerming is egter nie ’n “one size fi ts all”-beskerming nie, en daar moet gevra word

of die vlak van geweld billik of onbillik was onder die omstandighede.

Stel jou die volgende twee basiese scenarios voor:

1. Mnr. A loop op ’n besige sypaadjie wanneer hy deur Mnr. B genader word wat sy beursie eis. Dit lyk nie of Mnr. B ’n wapen het nie, maar hy is ’n intimiderende karakter. Mnr. A ruk ’n vuurwapen uit en skiet Mnr. B in die bors, en Mnr. B sterf.

2. Mnr. A word wakker in sy slaapkamer met Mnr. B wat oor hom staan en op aggressiewe wyse ’n vuurwapen op Mnr. A en sy vrou rig, met sy vinger op die sneller. Mnr. A haal ’n vuurwapen onder sy kussing uit, skiet Mnr. B in die borskas, en Mnr. B sterf.

Tydens Mnr. A se verhoor (in beide die scenarios) pleit hy private beskerming op gronde wat hy beskou as die wettige moord op Mnr. B. Voordat dit as sulks aanvaar kan word, sal ’n hof die omstandighede rondom Mnr. A se optrede in aanmerking neem en die “verstandige persoon-toets” uitvoer deur te vra “wat sou ’n verstandige mens wat in dieselfde situasie geplaas was, gedoen het?” Die faktore wat die hof dan sal ondersoek, is die volgende:

• Of ’n onwettige aanval plaasgevind het, of op die punt was om plaas te vind;

• Teen wie was die aanval gerig, en of dit ’n mens was of eiendom wat dit werd was om beskerm te word;

Page 13: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 13

• Of geweld nodig was om die persoon of eiendom wat bedreig was te beskerm, en of daar alternatiewe opsies was om die bedreiging af te weer;

• Of die geweld teen die aanvaller gemik was; en• Of die geweld proporsioneel was tot die

bedreiging.

Met al hierdie faktore in ag genome, sal die hof heel waarskynlik bevind dat ’n mens in die eerste scenario kan insien dat Mnr. A en sy eiendom onwettig aangeval is, en dat sy lewe en sy eiendom werd was om te beskerm. Die hof sal egter waarskynlik bevind dat ’n verstandige persoon in dieselfde situasie as Mnr. A dit onredelik sou vind om Mnr. B dood te maak aangesien alternatiewe opsies en/of minder geweld gebruik kon word om homself en sy eiendom te beskerm. So kon hy byvoorbeeld, aangesien die aanval op ’n besige sypaadjie plaasgevind het, om hulp geskree het, weggehardloop het, of as laaste uitweg, sy vuurwapen uitgehaal het en die persoon wat as aanvaller waargeneem is, gewaarsku het om te gee pad. Daarbenewens sou ’n verstandige persoon waarskynlik ook bewus gewees het daarvan dat ’n skoot in die borskas ’n groter waarskynlikheid het om iemand se dood te veroorsaak as ’n waarskuwingskoot of ’n skoot in die voet byvoorbeeld. In hierdie scenario dui die waarskynlikheid daarop dat die geweld wat deur Mnr. A gebruik is, nie proporsioneel was tot die onwettige aanval deur Mnr. B nie, en dat Mnr. A se optrede nie geregverdig kan word nie.

In die tweede scenario sal dit ook as ’n onwettige aanval op Mnr. A en sy vrou se lewe beskou word, en dat dit geregverdig was om geweld teenoor die aanvaller te gebruik om hulle te beskerm. Die hof moet in alle waarskynlikheid ook bevind dat ’n verstandige persoon in dieselfde situasie sou bepaal dat daar beperkte geleenthede vir ontsnapping was, dat dit hoogs onwaarskynlik was dat hy Mnr. B sou kon oorrompel of sy wapen sou kon afneem sonder om hulle veiligheid in gedrang te bring, en dat indien hy nie onmiddellik sou optree nie, hy en sy vrou hulle in ’n potensieel fatale posisie sou bevind. Dus, as ’n laaste uitweg, het Mnr. A die enigste krag wat in so ’n situasie doeltreffend sou wees, aangewend, naamlik om die aanvaller te skiet met die idee om die gevaar af te wend en die aanvaller buite aksie te stel. In hierdie omstandighede sou ’n hof waarskynlik beslis dat die mag wat op Mnr. B gerig was, proporsioneel en geregverdig was onder die omstandighede.Dit is uiters belangrik om te onthou dat alle optredes gevolge het en dat die gebruik van geweld nooit ligtelik beskou moet word nie. Waar daar geen ander redelike opsie is nie, kan geweld teenoor ’n aanvaller gebruik word. Die omstandighede agter elke geval is egter altyd uniek, en ’n mens kan nie een besluit om geweld te gebruik met ’n ander stel omstandighede vergelyk nie. Net so sal wat regverdigbare beskerming is, en wat nie, altyd met omsigtigheid benader moet word. Woede of vrees alleen mag nooit gebruik word om die uitoefening van krag te regverdig nie, en die vraag “om te skiet of nie” kan net met “het ek enige ander opsie?” beantwoord word.

Breytenbach Mavuso ingelyf

Page 14: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 14

Wie is reGtig honger?

Die grondhervormingsplan van die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, waarmee hy 50% van kommersiële boerderye aan plaaswerkers wil gee, het van meet af aan trompop in ’n sterk stormwind gevaar. Dié plan sal na alle waarskynlikheid niks meer as ’n plan bly nie maar enkele aspekte

pla tog daar rondom: eerstens is dit kommerwekkend dat iemand midde-in die departement so ’n plan op papier kan sit en dat die minister dit goed dink om so ’n verslag te publiseer en tweedens, maar waarskynlik die meer kommerwekkende een, is die feit dat die minister bereid is om met voedselsekuriteit te dobbel omdat daar na bewering mense is wat honger vir grond is.

deur dr. Philip Theunissen Computus Bestuursburo

WerksmagTabel 1 toon die belangrikste arbeidsaanduiders vir die afgelope tien jaar aan. In 2004 het die totale bevolking van Suid-Afrika uit 46,6 miljoen mense bestaan. Hiervan was 29,1 miljoen óf oud genoeg óf nog jonk genoeg om te kan werk, waarvan 15,9 miljoen nie gestudeer het of nie fi sies geskik was om te kan werk nie. Slegs 12,3 miljoen van die beskikbare arbeidsmag het wel werk gehad terwyl 3,7 miljoen werkloos was.

In 2013 het die totale bevolking tot 53 miljoen aangegroei, waarvan 14 miljoen in diens geneem was en 4,6 miljoen sonder werk gesit het. Die beskikbare werksmag het in 2013 54% van die totale bevolking beloop terwyl dit 55% in 2004 was. Die werkloses beloop tans 25% van dié wat kan werk terwyl dit 23% in 2004 beloop het.

Verstedeliking

Volgens ’n onlangse opname van die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasseaangeleenthede (SAIRR) woon ongeveer twee derdes van Suid-Afrika se bevolking nou in stede. Dit het van 52% in 1990 tot 62% in 2011 toegeneem wat beteken dat die bevolking van die platteland van 48% tot 38% oor dieselfde tydperk afgeneem het. Die SAIRR skryf hierdie tendens toe aan die feit dat dit in die post-apartheid era vir

mense makliker is om van die platteland na stede te verskuif en dat die hoër ekonomiese groei in stedelike gebiede meer werk skep wat mense daarheen lok.Die SAIRR voer ook aan dat kleiner stede, soos Polokwane, Rustenburg, Vanderbijlpark, Nelspruit en Ekurhuleni vinniger groei as die groot stede soos Pretoria, Johannesburg, Durban en Kaapstad. Die totale verstedeliking vind teen ’n tempo van ongeveer 1,4% per jaar plaas.

BoerderyeTerwyl die bevolking groei en al meer mense na die stede trek, vind die teendeel op plaasvlak plaas. Landbougrond word net minder en nie meer nie en die rede is tweevoudig: eerstens moet plase rondom die groterwordende stede vir huisvesting ingeboet word, maar tweedens moet al meer plase opgeoffer word om aan Suid-Afrika se groeiende energie- en hulpbronvereistes te voldoen.

Die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BVLB) voer aan dat Suid-Afrika 1,5% hoëpotensiaal-landbougrond het waarvan 46,4% in Mpumalanga geleë is. Tans is 12% daarvan reeds deur steenkoolmyne opgeneem en ’n verdere 14% onder prospektering. Dit is 26%, oftewel 225 217 ha, wat vir landbou verlore raak. As daar vir die argument aanvaar word dat mielies daarop verbou word, kan soveel as 1 miljoen ton mielies per jaar hierdeur verloor word. Dr. Ferdi Meyer, direkteur van BVLB, is van mening dat

Page 15: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 15

in Noordwes, Mpumalanga en Limpopo die landbou die meeste deur mynbou bedreig word en sê dat hektare onder gewasse aanhoudend sal afneem namate mynbouaktiwiteite hier toeneem.

Selfs in die Noord-Kaap word beweer dat die area rondom Kuruman, Kathu en Postmasburg binnekort soos die Vaaldriehoek kan lyk soos wat mynbou daar toeneem. Hoewel die proporsionele grond wat hier verlore gaan dalk nie so ’n groot impak het nie, kan die kompetisie om water dieselfde impak op landbouproduksie hê as in die ander gemelde provinsies. Die impak van skaliegasontginning in die Karoo kan vir eers uit die debat gehou word maar die gevolge van mynbou, tesame met verstedeliking, lei noodwendig tot ’n verlies aan landbouproduksie.Volgens die National Agricultural Statistics Service het mielieopbrengste in die VSA van 72,4 skepels (bushels) per akker tot 154,3 skepels per akker vanaf 1970 tot 2010 toegeneem. Dit is ’n saamgestelde groei van 1,9% per jaar wat beteken dat landbougrond in die algemeen ongeveer 2% per jaar meer produktief geword het. Daar kan met ’n redelike mate van sekerheid aanvaar word dat dieselfde tendens in Suid-Afrika ook weerspieël sal word want die tegnologiese vooruitgang wat in die VSA ontwikkel word, spoel redelik vinnig na die res van die wêreld oor. Wat egter wel kommerwekkend vir die huidige regering moet wees, is dat Suid-Afrika vinniger produktiewe landbougrond verloor as wat met die tegnologiese vooruitgang opgemaak kan word.Volgens die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, was daar 86,2 miljoen hektaar in 1991 vir kommersiële landbou gebruik. Dit het in 1996 (laaste beskikbare syfer) tot 82,2 miljoen hektaar (met ongeveer 4 miljoen) afgeneem. Die aantal boerderyeenhede het sedert 1993 van 57 980 tot 39 966 in 2007 afgeneem. Inligting vir 2014 is nog nie beskikbaar nie, maar teen hierdie tempo kan die aantal boerderyeenhede tans op 35 000 te staan kom.

Die toekomsSuid-Afrika se bevolking neem oor die bestek van 10 jaar met ongeveer 15% toe. Teen hierdie tempo sal die bevolking tien jaar van nou af ongeveer 60 miljoen beloop terwyl dit oor 20 jaar, in 2033, ’n kommerwekkende 70 miljoen sal beloop. Die gevolge hiervan behoort vir die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming van veel groter belang te wees as om van 700 000 plaaswerkers kommunale boere op ongeveer 40 miljoen hektaar se produktiewe landbougrond te wil maak. Tabel 2 bevat projeksies oor wat die gevolge van die toename in die bevolking van Suid-Afrika in 2033 kan inhou.

Teen die huidige tempo van verstedeliking sal 52,6 miljoen Suid-Afrikaners in 2033 in stede bly. Teen dieselfde toename sal 25 miljoen van die bevolking ’n werk hê, mits ons 4,7 miljoen werksgeleenthede teen ongeveer 240 000 nuwe poste per jaar kan skep. Tans word gemiddeld slegs 170 000 bykomende werksgeleenthede per jaar geskep maar selfs al kan

ons die onmoontlike regkry, sal daar steeds 6,2 miljoen werklose mense in 2033 wees terwyl 20,9 miljoen mense dan van regeringstoelaes afhanklik sal wees.Daar is tans ongeveer 82,2 miljoen hektaar se kommersiële landbougrond beskikbaar wat beteken dat daar vir elke lid van die bevolking 1,6 hektaar beskikbaar is vir voedsel- of veselproduksie. Indien die bevolking in 2033 tot 70,1 miljoen toeneem en daar is ’n verdere afname van 5 miljoen hektaar landbougrond oor hierdie tydperk, is daar slegs 1,1 hektaar kommersiële landbougrond per lid van die bevolking beskikbaar om aan sy voedsel- en veselbehoeftes te kan voldoen.

Suid-Afrika voer ongeveer die helfte van die bevolking se voedsel- en veselbehoeftes in. Vir die ander helfte sorg die ongeveer 35 000 boere elkeen vir 1 520 lede van die bevolking terwyl dit tot 2 010 lede per boer in die jaar 2033 kan verhoog. Sou die aantal boere egter teen die huidige tempo tot ’n geprojekteerde 20 182 in 2033 afneem, sal elke boer dan vir 3 742 lede van die bevolking moet sorg.

Die skrif aan die muur is baie duidelik: die regering gaan sy hande vol hê om te sorg dat die groeiende bevolking werk kry terwyl sy gedurige ideologiese getorring aan grondhervorming die verskaffi ng van voedsel aan ’n bevolking van 70 miljoen, waarvan 52,6 miljoen oor 20 jaar in die stede gaan bly, ernstig in die gedrang kan bring. Kommunale boere produseer nie genoeg surplus om hulleself en hierdie groot aantal mense in die stede te voed nie en die land het nie genoeg geld om voedsel en vesel in te voer om aan die bevolking se totale behoeftes te voldoen nie. Die regering kan dit vir homself baie makliker maak deur kommersiële boere die geleentheid te gun om produktief op ’n kleinerwordende area te bly boer, ongeag hulle velkleur. Staak dus die sinnelose emosionele spekulasies met ideologieë wat baie meer mense honger vir voedsel gaan laat as dié wat honger vir grond is!

2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013Miljoen Miljoen Miljoen Miljoen Miljoen Miljoen Miljoen Miljoen Miljoen Miljoen

Bevolking 46.6 46.9 47.4 47.9 48.7 49.3 50.0 50.6 51.8 53.0Werkbare ouderdom 29.1 29.6 30.0 30.4 31.8 32.4 33.0 33.6 34.2 34.8Werksmag 15.9 17.0 17.5 17.2 18.0 17.4 17.4 17.8 18.3 18.6In diens 12.3 13.0 13.6 13.6 13.8 13.1 13.0 13.3 13.6 14.0Werkloos 3.7 4.0 3.9 3.6 4.2 4.2 4.4 4.4 4.7 4.6Werkbaar/Bevolking 62% 63% 63% 64% 65% 66% 66% 66% 66% 66%Werksmag/Werkbaar 55% 58% 58% 57% 57% 54% 53% 53% 54% 54%In diens/Werkbaar 42% 44% 45% 45% 43% 41% 39% 40% 40% 40%Werkloos/Werksmag 23% 23% 22% 21% 23% 24% 25% 25% 25% 25%Bron: Statistiek SA

TABEL 1: BELANGRIKSTE ARBEIDSAANDUIDERS

EenheidAantal % Aantal %

Bevolking Miljoen 53.0 100% 70.1 100%Verstedelik Miljoen 33 62% 52.6 75%Werkbare ouderdom Miljoen 34.8 66% 46.7 67%Werskmag Miljoen 18.6 35% 25.0 36%In diens Miljoen 14.0 26% 18.8 27%Werkloos Miljoen 4.6 25% 6.2 25%Afhanklik van toelaes Miljoen 15.8 30% 20.9 30%Aantal boerdery-eenhede - 34861 0.07% 20182 0.03%Bevolking/huidige boerdery-eenheid - 1520 - 2010 -Bevolking/geprojekteerde boerdery-eenheid - - - 3472 -Totale landbou hektare Miljoen 100.7 - 95.7 - - Kommersieel Miljoen 82.2 - 77.2 - - Opkomend Miljoen 14.5 - 14.5 -Kommersiële hektare/bevolking - 1.6 - 1.1 -

2013 2033

TABEL 2: BEVOLINGS- EN LANDBOUPROJEKSIES

Page 16: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 16

Metodes om tarief vir HUURGROND vas te stel

deur Francois Human

Vir die groeiende huurmark in grond gaan die vastelling van huur al hoe belangriker word. Hier is metodes om dit te bereken.

In Suid-Afrika weet beide die huurder en verhuurder relatief min van alternatiewe metodes om die huur van landbougrond vas te stel.

Drie verskillende metodes om huurgrond vas te stel, word hier verduidelik:

Markwaardemetode:Hierdie metode is waarskynlik die mees algemene riglyn om die huurprys van grond te bepaal. Deur van hierdie metode gebruik te maak, is dit van die uiterste belang dat die markwaarde van die grond korrek moet wees.

Die huur word gewoonlik uitgedruk as die minimumhuur. Die verhuurder sal kyk hoeveel rente hy kan verdien indien hy sou verkies om die plaas te verkoop. Indien die rente 5% is by ’n bank, sal die grondeienaar dus meer as 5% van die markwaarde vir die huur wil verdien, anders sou dit vir hom beter gewees het om net die plaas te verkoop en die geld in die bank te gaan belê. Dus vanuit die grondeienaar se oogpunt kan die 5% gesien word as die minimumhuur wat hy kan vra.

Verder speel vraag en aanbod ook ’n groot rol en kan die huur bepaal word tot 7% tot 10% van die markwaarde.

As gevolg van die feit dat landbougrond so duur geword het, is huur wat bereken word op 7% tot 10% van die markwaarde, nie meer enigsins fi nansieel volhoubaar vir die huurder nie. Grondeienaars moet besef dat hulle nie net inkomste verdien uit die huur nie, maar dat hul belegging in grond, wat gesien word as ’n baie goeie belegging, elke jaar met byna

10% bokant infl asie verhoog.Dus kan die huur van lande met 3% tot 5% van die markwaarde bepaal word en die huur van weiding 2% tot 3% van die markwaarde. Afhangend van die huurkontrak kan die huur ook aangepas word.

Buigsame huurmetodes:’n Huurkontrak kan ’n huurmetode insluit wat die huur outomaties verander gedurende hoë en lae presterende jare. Hierdie aanpassing kan gemaak word deur van ’n meer buigsame huurmetode gebruik te maak.

’n Buigsame huur is om die huur van landbougrond volgens die bruto inkomste van die produk wat geproduseer word, te bepaal. In Amerika is die gebruik van ’n meer buigsame huurmetode ook besig om toe te neem.

Die volgende twee is buigbare huurmetodes:

Minimumbasishuur plus ’n persentasie styging in verhoogde gewaswaarde. Binne hierdie metode is ’n minimumbasishuur vasgestel. Dit kan die beginnerboer help, want in moeilike fi nansiële jare sal die boer net die basishuur hoef te betaal. Die basishuur is gebaseer op normale oesopbrengste en baie lae kommoditeitspryse. Die gewaswaarde is basies net die prys (R/ton) vermenigvuldig met die oesopbrengs (ton/ha). Dit is baie belangrik dat beide partye moet saamstem oor watter persentasie van die verhoogde waarde bo die gewaswaarde gevoeg moet word by die basishuur.

Die volgende metode mag dalk meer ingewikkeld klink, maar dit is relatief eenvoudig en kan as volg verduidelik word:

Veronderstel beide partye besluit op ’n basishuur van R500/ha vir ’n plaas buite Bloemfontein.

Page 17: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 17

deur Francois Human Die oesopbrengs is 2,2 ton/ha (langtermyngemiddeld).Prys van geelmielies is R1 800/ton.Beide partye kom ooreen dat die huur met 30% sal toeneem vir enige styging in die gewaswaarde bo R3 960 (R1 800/ton x 2,2 ton/ha).Indien die prys van geelmielies toeneem tot R2 100/ton, en die oesopbrengs verhoog tot 2,5 ton/ha, kan die aangepaste huur dan as volg bereken word:R2 100/ton x 2,5 ton/ha = R5 250R5 250 – R3 960 = R1 290R500 + (30% x R1 290) = R887/ton.

Die vastelling van die kommoditeitsprys soos dié van mielies in die bogenoemde voorbeeld is belangrik en beide partye sal moet ooreenkom oor watter prys hulle gedurende die jaar sal gebruik. Gewoonlik sal die huurder en verhuurder die prys vasstel wanneer die gewas geoes word. Met goeie kommunikasie tussen die huurder en verhuurder sal die metode baie suksesvol bedryf kan word om die huur vas te stel.

Bruto marge-metodeHierdie metode is veral gewild in dele van die Karoo. ’n Bruto marge van ’n vertakking is die bruto produksiewaarde vir daardie spesifieke vertakking, minus die direk allokeerbare veranderlike koste.Wanneer ’n korrekte bruto marge bereken word, sal dit dan deur drie verdeel word. Een derde van die bruto marge sal ál die koste dek wat van toepassing is vir die spesifieke veevertakking. Die ander derde sal dan die huurbedrag bepaal wat die huurder verskuldig is aan die verhuurder. Die laaste derde van die bruto marge is die wins wat deur die spesifieke vertakking gegenereer is.

Hierdie metode is ook ’n riglyn vir die minimumhuur wat betaal kan word. Die rede daarvoor is omdat die finansiële posisie van huurders verskil. Dus sal een huurder gewillig wees om meer as net ’n derde van die bruto marge te betaal, want hy kan dit bekostig en is in ’n sterk finansiële posisie of die plaas kan aangrensend aan die huurder wees en hy is gewillig om meer te betaal as net die een derde.

Indien dit vir die verhuurders en huurders moeilik is om ’n bruto marge te bereken of te verkry, kan ’n derde van die langtermynverkoopsprys van byvoorbeeld lammers of speenkalwers net so goed werk. ’n Derde van die langtermynverkoopprys is ook ’n suksesvolle en volhoubare manier om die huur te bepaal.

Vir die groeiende huurmark in Suid-Afrika sal die vastelling van huur al hoe belangriker word en die bogenoemde metodes kan as riglyne dien om ’n volhoubare huur vas te stel.

Francois Human is verbonde aan die departement landbou-ekonomie, Vrystaatse Universiteit, Bloemfontein. Vir enige verdere navrae kan u ’n e-pos stuur na [email protected].

Raak ontslae van alle ongewenste grasse en onkruide!

Selektiewe onkruiddoders:Pure Lawn / Super Lawnweeder / Versus• Beheer breëblaaronkruide op grasperk • Maak nie grasperk dood nie

Servian• Beheer uintjies en breëblaaronkruide op grasperk • Verpak in ’n gerieflike wateroplosbare sakkie, geen hantering van produk• 1 g behandel 200 m²

Handige wenk:– Buffer water met Protek AllBuff– Voeg plaagmiddel by spuitwater– Voeg Protek Sprayfilm 10 by (verspreider, plakker en UV-beskerming)– Behandel

Nie-selektiewe onkruiddoders:Clear All / Clear Pave• Beheer alle ongewenste eenjarige- en meerjarige grasse, breëblaaronkruide, riete en indringerstruike• Geen grondaktiwiteit, beheer slegs behandelde plante

Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947Clear Pave: glifosaat 360 g/l a.e, L7219, VERSIGTIG Clear All: glifosaat 360 g/l a.e, L7221, VERSIGTIG Pure Lawn: MCPA 400 g/l, L7220, VERSIGTIG Versus: dicamba 120 g/l, 2.4-D 180 g/l a.e., MCPA 157.5 g/l, L8879, SKADELIK, AllBuff: organiese buffersisteem en gealkileerde fenotetileenoksiedkondensaat, 484,7 g/l, L6154, VERSIGTIG Sprayfilm 10: terpeen polimeer, 902,4 g/l, L7120, VERSIGTIGRegistrasiehouer: Arysta LifeScience Suid-Afrika (Edms) Bpk, reg no: 2009/019713/07 Super Lawnweeder: dicamba 120 g/l, 2.4-D 180 g/l a.e., MCPA 157.5 g/l, L4370, SKADELIKRegistrasiehouer: Enviro Weed Control Systems, reg no 1999/06136/07Servian: halosulfuron (sulfonylurea) 750 g/kg, L5617Registrasiehouer: Syngenta South Africa (Edms) Bpk, reg no 1998/013761/07Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE-BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438, tel no (011) 812-9800 of 0861 PROTEK (0861 77 68 35), www.proteksa.co.za

Om meer uit te vind oor ons volledige reeks produkte, kontak ons by 0861 PROTEK (0861 77 68 35)

www.proteksa.co.za

Swamdoders Kunsmis Algdoders

Insekdoders Knaagdierdoders Onkruiddoders

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

K

Protek Clear All Ad AFRIKAANS 02.pdf 1 2014/08/27 2:11 PM

Page 18: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 18

Berging- en hanteringsveiligheid van landbouchemiese middels op die plaas deur Nic Greyling, AVCASA

Landbouchemiese middels word ontwikkel om produsente te help om gewasse te beskerm. Byna alle landbouchemiese middels sal dus op ’n plaas of op landbougrond eindig. Hoe dan

gemaak om die landbouchemiese middels op die plaas te hanteer, te stoor en aan te wend?

Daar is baie spesifi eke reëls wat gevolg moet word, wat ook vir produsente geld. Hierdie reëls is in die vorm van spesifi eke wette en standaarde. Eerstens reguleer die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels, 1947 (Wet 36 van 1947), of soos daar deesdae daarna verwys word, “The Fertilisers, Farm Feeds, Agricultural Remedies and Stock Remedies Act, 1947 (Act No. 36 of 1947)”, die registrasie, hantering, stoor, verkoop en gebruik van alle landbouchemiese middels. Dié wet gee voorskrifte vir die gebruiker, of dan die produsent, oor hoe die middels geberg, hanteer en toegedien moet word.

Hierdie voorskrifte word op die etiket uitgespel. Die etiket is ’n regsdokument wat streng gevolg moet word (Regulasie No. R1 716 van 26 Julie 1991 en Regulasie No. R181 van 7 Februarie 2003). Enige afwyking daarvan is onwettig en is volgens die wet strafbaar.

Tweedens vervat die regulasies van die wet ook ’n verwysing na die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde wat vereistes stel oor die hantering, stoor en wegdoening van landbouchemikalieë. Produsente moet deeglik kennis neem dat hulle net so aanspreeklik is onder die wet. In die konteks van die Suid-Afrikaanse reg is onkunde oor die wet geen verskoning nie.

Hoe om landbouchemikalieë te stoorDie spesifi eke standaard waarna die wet verwys oor hoe landbouchemiese middels gestoor moet word, selfs op plaasvlak, is getitel SANS 10206:2010 (Edition 2.2): The handling, storage and disposal of pesticides. Produsente moet die voorskrifte van dié standaard volg en stoorfasiliteite inrig om landbouchemiese middels op die korrekte manier te stoor. Behalwe vir omgewingsveiligheid is dit immers ook noodsaaklik om diefstal van dié produkte te verhoed.

’n Gekwalifi seerde stoorman moet beheer oor die stoor uitoefen. Rekords moet gehou word van alle Groep 1A- en 1B-produkte in die stoor. Die stoor moet goed georganiseer wees, behoorlik

gesluit word en slegs persone aan wie die verantwoordelikheid toegeken is, moet toegang hê. Alle werkers op die plaas moet bewus gemaak word van die gevare van landbouchemiese middels.

’n Gekwalifi seerde stoorman moet beheer oor die stoor uitoefen.

stoor en wegdoening van landbouchemikalieë. Produsente moet deeglik kennis neem dat hulle net so aanspreeklik is onder die wet. In die konteks van die Suid-Afrikaanse reg is onkunde oor die wet geen verskoning nie.

Page 19: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 19

deur Nic Greyling, AVCASA

Riglyne wanneer daar met landbouchemiese middels gewerk word

Landbouchemiese middels is potensieel gevaarlik vir die gesondheid van mense, diere en vir die omgewing as dit verkeerd hanteer word. Die etiket van die produk sal instruksies bevat oor hoe die produk hanteer moet word. Daar sal ook piktogramme op die etiket verskyn wat aantoon hoe gevaarlik die produk is. Voorbeelde hiervan is in Figuur 1 en Figuur 2 te sien. Operateurs en hanteerders moet opgelei wees ten opsigte van hoe om die produkte te hanteer en moet die instruksies van die etiket kan volg, insluitend die betekenis van die piktogramme.

Voorts moet die personeel ook oor die nodige veiligheidstoerusting beskik, soos op die etiket aangedui word (sien Figuur 3). In die voorbeeld word die volgende aangetoon:

• Lang handskoene moet gebruik word.• Gebruik ’n gesigskerm of veiligheidsbril vir

oogbeskerming.• Was hande nadat daar met die produk gewerk

is.• Gebruik ’n voorskoot.• Dra rubberstewels.• Dra ’n stofmasker of ’n respirator.• Dra ’n oorpak met lang moue en broekspype en

’n kopbedekking moet gebruik word. Die oorpak moet oor die stewels en handskoene gedra word om te verhoed dat chemikalieë in die stewels of handskoene inloop.

Wanneer binne die stoor of ’n gebou met landbouchemiese middels gewerk word, moet die gebou goed geventileer wees voor daar met enige werk begin word. Vermy ook enige werk in baie winderige toestande, selfs binnenshuis. Moet glad nie rook, eet of drink terwyl daar met landbouchemiese middels gewerk word nie. Vermy alle direkte kontak met enige plaagdoder.

Na afl oop van werk met landbouchemiese middels, verwyder die persoonlike beskermingstoerusting in dié volgorde: Haal die hoed af, verwyder die neus- en mondskerms, trek die stewels en die oorpak uit, haal die handskoene af, was hande en gesig met koue water en seep en neem ’n louwarm stort.Rubberhandskoene en stewels kan met ’n reinigingsmiddel en koue water gewas word terwyl die oorpak, hoed en neus- en mondskerm elkeen apart met ’n reinigingsmiddel en koue water gewas word.

CropLife het ’n publikasie in ses tale beskikbaar oor die veilige hantering van landbouchemiese middels op die plaas: Verantwoordelike plaagdodergebruik – ’n gids vir operateurs.

Leë houers

Die aanspreeklikheid van die produsent eindig nie wanneer die middels klaar aangewend of toegedien is nie. Die leë houers moet ook verantwoordelik hanteer word. Eerstens moet dit drie keer uitgespoel word voordat dit as veilig beskou kan word. Dit moet tydens die spuitaksies gedoen word sodat die spoelvloeistof ook in die spuittenk gegiet kan word. Leë plaagdoderhouers word gesien as plaagdoderhouers wat geen produk meer bevat nie en wat goed uitgespoel is.

Houers wat nie drie keer uitgespoel is nie of wat nog vloeistof bevat, word as gevaarlike afval beskou. In sulke gevalle sal die produsent ’n gevaarlike-afval-bestuursmaatskappy moet nader om van die gevaarlike afval ontslae te raak. Dit gaan gewoonlik gepaard met groot koste.

veiligheidstoerusting beskik, soos op die etiket aangedui word (sien Figuur 3). In die voorbeeld

Gebruik ’n gesigskerm of veiligheidsbril vir

word.

CropLife het ’n publikasie in ses tale beskikbaar oor die veilige hantering van landbouchemiese middels op die plaas: – ’n gids vir operateurs.

Moet glad nie rook, eet of drink terwyl daar met landbouchemiese middels gewerk word nie.

Page 20: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 20

In die verlede is dit toegelaat om die leë houers op die plaas te verbrand, maar streng omgewingswetgewing laat dit nie meer toe nie. Leë houers moet vernietig word volgens die voorskrifte van SANS 10206, of vir hergebruik van die plastiek beskikbaar gestel word en mag nie vir enige ander doel gebruik word nie. Deesdae word verskillende produkte van die plastiek van leë houers gemaak, soos byvoorbeeld plastiekplanke en -waterpype.

Vervoer van landbouchemiese middels

Landbouchemiese middels is potensieel gevaarlike stowwe en moet te alle tye veilig en volgens voorskrif hanteer word, selfs by die vervoer daarvan. Die reëls vir die vervoer van landbouchemikalieë word in die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaard, SANS 10231:2010 (Ed. 3.1 Transport of dangerous goods: Operational requirements for road vehicles), uitgelê.

Landbouchemiese middels wat deur ’n kontrakteur na ’n produsent se plaas vervoer word, moet aan die voorskrifte voldoen. Produsente word slegs uitgesluit uit die vereistes van dié standaard wanneer hulle chemikalieë vir eie gebruik vervoer wat minder is as die gespesifi seerde hoeveelheid. Hierdie spesifi eke uitsluiting geld wanneer landbouchemiese middels vervoer word deur ’n bona fi de-boer of sy werknemer en die produkte vir sy boerderybedryf gebruik gaan word en nie weer verkoop gaan word nie. Die rit is beperk tot 250 km, waarvan nie meer as 50 km op ’n nasionale pad (pad gemerk met ’n N) is nie.

Die hoeveelheid produk mag nie meer as 1 000 kg of liter onderskeidelik vir droë produk of vloeistof wees nie of nie meer as 1 000 kg in totaal as beide droë en vloeistowwe vervoer word nie. As ’n produsent meer as 1 000 kg of liter vervoer, sal die vereistes van die standaard wel geld.

Bestuurders van voertuie wat gevaarlike produkte vervoer, moet op ’n jaarlikse basis bestuurderopleiding ontvang. Die bestuurders van swaar voertuie (3 500 kg en meer BVM) moet ook in die besit wees van ‘n professionele rybewys. Die bestuurderopleiding moet by ‘n goedgekeurde diensverskaffer ondergaan word.

Besin oor lugbespuiting

Die ekonomiese verbouing van gewasse noodsaak produsente om landbouchemiese middels te gebruik om hul oeste te beskerm. Soos almal weet, skryf die etiket van elke produk onder meer voor hoe dit aangewend moet word. Dit sluit in die hoeveelheid wat toegedien moet word, hoe dit gemeng moet word en hoe dit gespuit moet word.Landbouchemiese middels word in die meeste gevalle met trekker- of rugsakspuite toegedien. Dit gebeur egter soms dat landbouchemiese middels per vliegtuig toegedien moet word weens

toestande buite die produsent se beheer.Ongelukkig het lugbespuiting in die verlede ’n paar keer al tot onmin gelei. Dit is die produsent se reg om sy oes te beskerm en dit mag wel wanneer nodig deur middel van lugtoediening gedoen word. Ekstra voorsorg is egter in dié gevalle noodsaaklik.Elke produk se etiket sal duidelik aandui of die betrokke produk per lugtoediening aangewend mag word. Dit is baie belangrik om te besef dat as die etiket nie lugtoediening aandui nie of dit spesifi ek verbied, is dit onwettig om só ’n produk met hierdie metode toe te dien.

Bepaalde reëls is neergelê wanneer landbouchemiese middels per lugtoediening aangewend kan word. Dit word op die etiket en deur ’n Suid-Afrikaanse Nasionale Standaard voorgeskryf. Die standaard, wat by die SABS beskikbaar is, is getitel SANS 10118:2011 (Edition 3.1): The aerial application of pesticides. CropLife moedig produsente en lugtoedieningoperateurs aan om by die voorskrifte van dié wetlike dokumente te hou.Landbouchemiese middels is potensieel gevaarlik en duidelike voorskrifte in die standaard verseker dat die omgewing nie besoedel word of dat nie-teikengebiede nie in die proses gespuit word nie. Onmin ontstaan wanneer sensitiewe nie-teikengebiede getref word en goeie buurskap kan so in die slag bly.

Kundigheid

Produsente word aangeraai om met gekwalifi seerde verspreiders en agente sake te doen. CropLife doen baie moeite om lede te laat kwalifi seer en stel inligting beskikbaar om lede se produkkennis op ’n hoë vlak te hou. Die gekwalifi seerde CropLife-agent kan aan sy lidmaatskapkaart uitgeken word. Vra gerus daarvoor, hulle is trots op hulle lidmaatskap.

produkte van die plastiek van leë houers gemaak, soos byvoorbeeld plastiekplanke en -waterpype.

Landbouchemiese middels is potensieel gevaarlike

Page 21: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Tel.: 018 297 1995 | Faks: 018 297 8772 | [email protected] [email protected]

Elsenbrookstraat 6Potchefstroom

Noordwes

• Beskermende klere• Reëndrag• Oogbeskerming

• Gehoorbeskerming• 3 M-respirators

• Handskoene• Veiligheidstoerusting• Reinigingsmateriaal

• Lappe• Veiligheidstewels/-skoene

• Chemikalieë• T-hemde

Persoonlike beskermingstoerusting

Page 22: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Entingsprogramme en genoegsame kos kan lamsiekte voorkom

deur dr. Wilhelm Schack

Inleiding

Lamsiekte is ’n hoogs fatale siekte van vee en wild en kom wydverspreid in die wêreld voor. Dit word gekenmerk deur ’n progressiewe verlamming van die dier en tas veral die senuwees en spiere van beweging, kou en sluk aan. Dit word veroorsaak deur die inname van gif wat deur die bakterium Clostridium botulinum geproduseer word, welke organisme voorkom in verrottende organiese materiaal soos karkasse en bene van diere, verrotte voere, kuilvoer en besmette waterbronne.Lamsiekte is dus inderwaarheid ’n vergiftiging, en wel met een van die mees potente toksiene bekend aan die mensdom. Die dier word nie geïnfekteer met bakterieë wat dan (soos met baie ander siektes) in die dier se liggaam vermeerder nie, maar neem slegs die gifstof in wat buite in die omgewing in karkasse en bene vervaardig is.In mense is daar ook ’n ou en lang geskiedenis in hierdie verband, want mense doen ’n tipe voedselvergiftiging op (botulisme) deur die inname van swak gepreserveerde kossoorte soos onder andere vleis, vis, bone en ertjies. Daar word ten minste agt tipes neurotoksiene (senuweegiwwe) deur ’n reeks subtipes van die bakterium, naamlik tipes A, B, C en D geproduseer.

Wêreldwyd kom Clostridium botulinum tipes A en B meestal in die noordelike halfrond voor, en tipes C en D meestal in die suidelike halfrond. Clostridium botulinum word mikrobiologies geklassifi seer as ’n gram positiewe, anaërobiese spoorvormende bakterium wat baie weerstandbiedend is teen sonlig (ultravioletbestraling) en chemikalieë, maar vernietig word deur verhitting en radiologiese bestraling. Dit is in Suid-Afrika die eerste maal in 1780 beskryf en kom tot op hede op dieselfde patroon en onder dieselfde omstandighede steeds onder vee en wild voor.Faktore wat aanleiding tot die siekte gee is die volgende:

1. Fosfaattekorte in gronde en dus ook in plante wat op hierdie grondtipes groei.

2. Wanvoeding van diere wat op fosfaatarm weidings loop, lei tot die gedragspatroon

genaamd osteofagie (vreet van bene) of pika (vreet van allerhande voorwerpe soos klippe, bene, grond, yster, plastieksakke, ens.)

3. Karkasse en/of ou bene wat in die veld rondlê en wat besmet mag wees met die gifproduserende bakterieë.

4. Die voer van hoendermis vanaf hoenderplase waarin daar karkasse van dooie hoenders, rotte en muise mag voorkom. (Hoewel hoendermis ’n bron van stikstof is waarmee herkouers proteïene kan vervaardig, is dit nie aan te beveel dat dit aan wild gegee word nie.)

Dr. Arnold Theiler was die persoon wat omstreeks in die jaar 1910 die siekte ontrafel het in die Noord-Kaap by Vryburg waar hy (en later ander navorsers) sy navorsing op die plaas Armoedsvlakte gedoen het. Sedertdien is die voorkomende maatreëls om die siekte te bekamp, goed bekend in die veebedryf, maar nie soseer in die wildbedryf nie. Toetreders tot die wildbedryf (boere, konsultante en veeartse) herken nog nie die probleem geredelik nie omdat wildboerdery ’n relatief jong boerderyvertakking is, en alle bedreigings vir die bedryf nog nie so bekend nie. Dit is belangrik om juis op hierdie tydstip oor lamsiekte te gesels aangesien ons tans ’n droogte beleef en moontlik aan die begin van ’n droë siklus staan (verwysende na die 11 jaar sonvleksiklus) wat groot voedingstekorte onder wildtroppe mag veroorsaak. Veral fosfaat- en proteïentekorte mag aanleiding gee tot pika en osteofagie met ’n verhoogde moontlikheid van uitbrake van lamsiekte onder wild en vee.

Vatbare spesies

Lamsiekte kom wydverspreid in die diereryk voor en is veral onder die volgende diere reeds goed bekend; beeste, skape, bokke, perde, muile, donkies, mak en wilde voëls, eende, volstruise en sekere vissoorte. Mense doen ’n ernstige vorm van voedselvergiftiging op vanaf onder andere vleis en vis. Varke en roofdiere is meer weerstandbiedend, heel waarskynlik as gevolg van die feit dat hulle tot ’n groot mate aasvreters is en oor die millennia aangepas het by onder andere ’n aasdieet van karkasse en bene in die veld. Vlakvarke en

voorkom

genaamd osteofagie (vreet van bene) of pika

Page 23: Die Pad Saam Des_Jan.indb

deur dr. Wilhelm Schack

bosvarke is bekend daarvoor dat hulle aan karkasse vreet. Die perdefamilie is hoogs vatbaar vir lamsiekte. Onder wilde diere is gevalle onder blouwildebeeste en kameelperde reeds bekend.

Voorkoms en uitbrake

Gedurende die lente en vroeë tot midsomer is daar in Suid-Afrika se jong, groeiende weidings oor die algemeen genoeg fosfate en proteïene om te voldoen aan diere se voedingsvereistes.Hoe ouer weigrasse egter word, hoe meer neem die gehalte af, sodat daar, veral in sekere streke van die land, in die herfs en winter ernstige voedingstekorte ontstaan. Veral jong groeiende diere, lakterende diere (d.w.s. vroulike diere in melk) en dragtige diere het groot behoefte aan veral fosfate om vir beenvorming of melkvorming voorsiening te maak, en sal noodgedwonge aan karkasse en bene in die veld knaag as daar nie mineraallekblokke vir hulle uitgeplaas word nie. Veral die karkasse van kleiner diere soos hase, voëls, muishonde, skilpaaie en volstruise is die groot sondebokke.

Besmet met Clostridium botulinum kan sulke karkasse vir tot ’n jaar lank in die veld giftig bly vir diere. ’n Hoë reënval kan die toksiene wat in ’n karkas teenwoordig mag wees, uitloog, maar oor die algemeen is warm, vogtige weer gunstig vir toksienproduksie in ou bene, en is koue en droë weer nadelig vir gifproduksie.

Weidingskaarste en oorbeweiding as gevolg van ’n oorbelading van ’n plaas met diere, is faktore wat

in die winter en selfs in somermaande diere daartoe sal dryf om bene te soek in die veld. Dit moet in elk geval aanvaar word dat daar in Suid-Afrika vir vyf tot nege maande van die jaar voedingstekorte in die veld voorkom.

Simptome

Toksiene word mondelings deur diere ingeneem en versprei dan via die bloedsomloopstelsel vanaf die maag en derms na senuwee-eindpunte in skeletspiere waar die verlammingsproses dan begin. Die sentrale senuweestelsel (brein) word deur die bloed-brein-skans beskerm en dit verklaar die feit dat diere tot op ’n gevorderde stadium van die siekte helder wakker is met goeie breinfunksies, soos waaksaamheid, goeie eetlus en die wil om hulleself te verdedig.

Die verlammingsproses het ’n progressiewe aard, beginnende by die agterlyf en word in die vroeë stadium gekenmerk deur ’n wankelrige gang, knakkende agterbene en ’n progressief slapper wordende stert. Later versprei die verlamming na die voorkwart en die dier sal bly lê met die nek geboë en die kop langs die sy .

Aanvanklik sal die dier nog probeer opkom indien aangepor, maar uiteindelik sal dit stil lê en dan sal die kou- en slukspiere ook verlam raak. Een van die beste simptome in hierdie stadium en wat help om die diagnose te bevestig, is die feit dat die tong ook verlam raak en uiteindelik nie meer teruggetrek of baie stadig teruggetrek word, indien dit met

Page 24: Die Pad Saam Des_Jan.indb

die hande ver uit die dier se bek uitgetrek word. Baie speeksel mag dan ook by die bek uitloop. ’n Herkouer se maag sal later bly staan (rumenstase) en die dier mag tekens van dermverstopping (konstipasie) of diarree ontwikkel. Die dood mag intree binne twee tot ses dae of na so lank as 17 dae na inname van die vergiftigde voedselbron.

Diagnose

Oor die algemeen is dit redelik moeilik om die diagnose van lamsiekte te bevestig. Daar moet staatgemaak word op die geskiedenis van die geval (geen inentings, seisoen, veldtoestand, weidingsskaarste, voedingstekorte, gedrag van die diere (osteofagie), voorkoms van siekte in die omgewing, ens.).Die nadoodse ondersoek lewer geen spesifi eke letsels of tekens nie, behalwe dat daar moontlik weens die gedrag van pika of osteofagie vreemde voorwerpe in die maag (grootpens en netpens) gevind mag word. Dit sluit in klippe, bene, stukkies yster, draad, plastiek, ens. Die dier mag vermaer en hardlywig wees met ’n droë maaginhoud.Die diagnose kan slegs bevestig word deur ’n laboratorium wat die toksiene in verskeie tipes monsters kan opspoor, naamlik:

1. Serumbloedmonsters uit een of meer lewendige diere (5 – 20 ml van elke dier).

2. Maag- en derminhoud (ten minste 20 ml).3. Vloeistowwe in buik- en borsholtes van dooie

diere.4. Monsters van die bron van besmetting, naamlik

karkasse, bene, water en voer.

Alle monsters moet diep bevries word tydens opberging, of dan ten minste goed verkoel word voordat dit na ’n laboratorium gevat word.

Behandeling

Die siekte kan alleenlik gedurende die vroeë stadium, en dan ook net met wisselende sukses, behandel word. Die Onderstepoort Veterinêre Instituut (OVI) produseer ’n goeie hiperimmuunserum teen die tipes C- en D-toksiene. Dit is ’n duur behandeling wat gewoonlik net aan waardevolle diere gegee word deur middel van binneaarse inspuitings wat met 24-uur-tussenposes herhaal word vir ’n aantal dae.Die effek van die behandeling varieer volgens die stadium van die siekteverloop waarin die dier verkeer, en die graad van vergiftiging, en mag binne ure, maar ook eers na dae, of glad nie, bespeur word. Dit is belangrik om die dier goed te verpleeg tydens die behandeling en die herstelfase. Sagte beddegoed in die vorm van ’n dik laag strooi of hooi moet gegee word, die dier moet regop lê en moet in winternagte teen koue beskerm word (binnenshuis, stal of dik komberse). Diere raak gou ontwater weens die onvermoë om te drink en te sluk en sal moontlik binneaarse voeding moet kry.

Voorkomende maatreëls

Die beste benadering in die hantering van lamsiekte is om die toestand te voorkom, aangesien behandeling selde suksesvol is. Plaasdiere kan maklik deur ’n entingsprogram gesit word, maar met wild is dit ’n geheel en al ander storie. Prakties gesproke kan hulle slegs tydens ’n vangoperasie geënt word, wat beteken dat die voorgeskrewe entingskedule nie nagekom word nie. (Entings op dag 1, dag 30 en daarna jaarliks.) Entings met uitvalpyle uit helikopters is ’n opsie, maar ’n duur onderneming. Die enigste praktiese voorkomende maatreëls by wild is dus om te sorg dat diere nie aan voedingsgebreke, en by name veral ’n fosfaattekort, lei nie. Dit word gedoen deur die uitplaas van fosfaatlekke in die veld. My aanbeveling is dat die diere heeljaar toegang moet hê tot die lekke. Weliswaar word daar in die somer minder gevreet aan die lekke, maar die individue met behoeftes (jonges, dragtiges, ens.) moet kan vreet as hulle wil. Die hoeveelheid lek moet vermeerder word soos die vreettempo toeneem, en dit is goed om ’n verskeidenheid tipes lekke uit te plaas omdat diere almal verskillende behoeftes het en leksoorte verskillend inneem.In die handel is fosfaatblokke, proteïenblokke, P6- en 12-poeier/meellekke en klipsout beskikbaar. ’n Kombinasie van bogenoemde apart uitgesit gee diere keuses om dit uit te soek wat hulle werklik nodig het.

Slotsom

Lamsiekte kan suksesvol beheer word. Voorkomende maatreëls moet altyd in plek wees, maar tydens moeilike periodes van droogtes, weidinagteruitgang, kosskaarste, vinnige bevolkingsaanwas en oorbevolking moet wildboere baie bedag wees op die gevaar van die siekte. Plaas lekke vroeg in die seisoen al uit en bestudeer deurlopend die gedrag en voorkeure van diere by lekplekke. Maak fi nansieel daarvoor voorsiening om in die komende droë siklus meer aan lekke te spandeer as in goeie jare.

Page 25: Die Pad Saam Des_Jan.indb
Page 26: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 26

Die CASE IH SPX Patriot-spuit help om opbrengs te optimaliseer

Arno du Plessis • Nasionale Verkoopsbestuurder, Northmec

GEWASBESKERMINGGraanprodusente kan hul opbrengs optimaliseer deur die agt agronomiese behoeftes aan te spreek, naamlik tydsberekening, bewaringsbewerking, grondbewerking, saadbedkondisies, saadplasingakkuraatheid, plantvoedselbeskikbaarheid, gewasbeskerming en oesgehalte.

As die saad eers in die grond is met die nodige voedingstowwe, moet die boer dit beskerm teen onkruide, peste en ander faktore wat opbrengs beïnvloed.

Beskerming van opbrengspotensiaal benodig die regte hoeveelheid produktoediening op die regte tyd, ten spyte van die weersomstandighede. Applikasie-tegnologie op toerusting moet so ontwerp wees om vroeër in die lande te kom en kwaliteit-applikasie te lewer op die regte tyd, elke keer. Opbrengsverlies kan ook opduik met die verkeerde toediening van insekdoders, onkruiddoders, kunsmis en alkaliese middels. Operateursvaardigheid, druppelgrootte en masjinerie-ontwerp beïnvloed die gehalte van applikasie en tydloosheid.

SES APPLIKASIE-KWALITEIT-DRYWERSWeer, veldtoestande en peste, en onkruid is die groot veranderlikes jaarliks, en dit is ook konstante uitdagings wat applikasietoerusting moet oorkom om gehaltewerk te verrig. ’n Applikasiemasjien, soos ’n spuit, se primėre doel is om in die land te wees op die regte agronomiese tyd om kompetisie tussen onkruid en peste te minimaliseer. Groeiers en operateurs kan al die uitdagings aanspreek deur die volgende goed te bestuur:

1. Akkurate toediening vir die applikasie2. Korrekte druppelgrootte vir die gewas3. Konstante gewasbedekking4. Vermindering van oorvleueling en misrye5. Tydsberekening6. Wind- en sproeibeheer

Dit verg professionele operateurs en masjinerie wat tegnologiese lyers is, om die perfekte landerye voor te berei.

1. AKKURATE TOEDIENINGKwaliteitapplikasie begin by die begrip en gebruik van die regte hoeveelheid en druppelgroottes vir die produk wat toegedien word. Oortoediening kan skade aan die gewas veroorsaak.

2. KORREKTE DRUPPELGROOTTESOm die regte druppelgrootte te kies, en om seker te maak dat dit korrek en konstant toegedien word, is van kardinale belang vir die applikasiekwaliteit. “Pulse Width Modulation” (PWM) of konstante polswydte verseker konstante druk en konstante toediening, selfs al verander die grondspoed van die spuit. Deur die versekering van konstante applikasievolume, terwyl die druk verander, kan die operateur die druppelgrootte manipuleer om aan te pas by produk- en omgewing-veranderlikes.

3. KONSTANTE GEWASBEDEKKINGNie alleenlik moet selfaangedrewe spuite die korrekte toediening en druppelgrootte handhaaf nie, maar terselfdertyd moet dit oor die hele balk en die land gedoen word. Rowwe terreine kan skokke veroorsaak op die balk en variasie tot gevolg hê met die toediening.

Konstante bedekking begin by ’n stabiele spuitplatform, robuust genoeg om deur die hele spoedreeks van die applikasie te kan toedien en produktiwiteit te maksimaliseer en sproei te minimaliseer.

4. VERMINDERING VAN OORVLEUELING EN MISRYEOorvleueling en misrye kan moeilik wees om te oorkom, veral in sirkels. Onbedekte areas kan lei tot vermeerdering van peste en verliese aan opbrengs. Oorvleueling daarenteen, kan weer oordosisse veroorsaak, wat ook moontlik kan lei tot gewasverliese.

Page 27: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 27

5. TYDSBEREKENINGOm die produkte op die regte tyd te spuit, kan uitdagend wees. Dit is een van die belangrikste operasies in die ontwikkeling en groei van die plant. Wanneer lande nat is, is tyd minder, en spuite met die korrekte gewigsverplasing het ’n groter voordeel: dit los ’n ligter voetspoor in die land met minder kompaksie sonder die verlies aan krag en produktiwiteit.

6. WIND EN SPROEIKONTROLEOm die teiken te mis, kan die gevolg van baie faktore wees. Selfs al word die korrekte druppelgrootte teen die regte druk geplaas, kan weersomstandighede binne sekondes verander, wat die risiko verhoog vir onkonstante dekking en sproei wat verlore gaan. Tipiese voorbeelde om dit te minimaliseer is om die druppelgrootte te verhoog, die vloei te vermeerder, laer druk toe te pas en op die laagste moontlike hoogte van die gewas af te spuit.

Met nuwe tegnologie soos die PWM (AIM) op die CASE IH PATRIOT, kan die teiken meer gereeld en langer geraak word. Die tegnologie laat die operateur toe om vooraf geprogrammeerde spuitdruk te kies wanneer wind en weer dit ernstig beïnvloed.

WAARVOOR KYK MENS AS JY ’n SPUIT KIESElkeen van die ses applikasiekwaliteitdrywers soos hierbo genoem moet in ag geneem word.Hier is ’n paar agronomiese ontwerpersoorwegings wanneer u ’n spuit kies:

KONSTANTE DEKKINGDie CASEIH SPX PATRIOT is toegerus met presisie-boerderytoerusting van die hoogste gehalte asook die AIM Command-stelsel (dieselfde as die PWM) wat konstante druppelgroottes verseker deur ’n hele spektrum van grondspoedvariasies.

BALKONTWERPBalke moet ontwerp wees om in enige terrien konstant te beweeg om toediening en dekking te maksimaliseer. Die PATRIOT is toegerus met balksensors wat die grondvryhoogte konstant beheer.

AF- EN AANSIT VAN DIE BALKBalke moet outomaties diskonnekteer wanneer daar in areas ingegaan word waar daar reeds gespuit is, of aan die einde van die land. Die PATRIOT is toegerus met die funksie as standaard op alle modelle.

WIND- EN SPROEIBEHEEROperateurs moet kan kies tussen vooraf gestelde druk in die land wanneer toestande verander. Die AIM maak dit alles moontlik met verskeie drukopsies op die CASE IH PATRIOT.

VKB in die Oos-Vrystaat het Meganisasie-takke op Reitz, Petrus Steyn, Warden, Vrede, Villiers en Frankfort. Meganisasie-takke is ten volle toegerus met onderdele-

afdelings, werkswinkels en ’n Bemarkingsafdeling. Professionele onderdelepersoneel met die nuutste

rekenaarstelsels is daar om aan u behoeftes te voldoen, bekwame bemarkingspersoneel om u

meganisasiebehoeftes te bepaal en meganisasie-oplossings vir u boerdery te bedryf. VKB het puik

produktereekse met vele fi nansieringsopsies soos CNH Capital. Daar is ’n toegewyde CNH Capital-bemarker, Craig Roberts (selnommer 083 560 5061), wat slegs vir

VKB-lede beskikbaar is.

Kontak enige van die bemarkers om meer uit te vind oor al die meganisasiegeleenthede in VKB:

Reitz en Petrus Steyn - Coenrad Bruwer (083 255 6223)Warden - Johann van der Nest (082 878 2736)

Vrede - Theo Roux (082 818 9705)Frankfort en Villiers - Nico van der Walt (082 494 8907)

Hoekom CNH Bedryfskapitaal, ’n afdeling van WesBank kies?

Want dit is:

Jou eenstop- fi nansiële vennoot;Waar jy ’n volledige reeks fi nansiële dienste kry;

Waar jy mededingende en buigsame fi nansieringskemas kry;

Die voorgestelde pasgemaakte fi nansieringsoplossing.

AIM-SPUIT PATROON

Page 28: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 28

In this article Mike de Villiers gives readers step by step instructions to the correct procedures of laying PVC pressure pipes

Lay PVC Pressure Pipe the right way

PVC pressure pipe is an extremely user-friendly pipe system that has basically remained

unaltered since its introduction to the RSA market in the 1970s. That is what one may assume. However, pipe manufacturing technology has evolved over the years, leading to improved pipe quality and the introduction of the light weight PVCM (impact modifi ed) pipe system. Many poor installation practices are used leading to incorrectly laid pipe, especially with the improved pipe technology that is currently available. This editorial will lay out the correct procedures to follow.PVCM piping has become the industry standard in the irrigation sector due to its hydraulic and economic benefi ts to its users. Seal technology has also evolved with the introduction of low insertion force seals and steel reinforced seals, where the pipe socket is formed around the seal. These technologies have numerous benefi ts to both pipeline installers and users.However, the simplicity of these systems has also led to poor installation practices over the years, which results in the need for pipeline repairs. The markings on the pipe are displayed according to the SANS 966 specifi cation, which covers PVC pressure pipe. These markings are important as they identify:

• the pipe manufacturer;• the size and pressure class of the pipe; • the type of pipe (PVCU or PVCM) and SANS

specifi cation; and• a batch number which identifi es the date and

time of manufacture. This is most important in the event of any quality investigation in terms of the ISO 9001 quality system.

This editorial will identify some of the installation variances and the recommended procedures to follow in order to achieve a successful result.

PIPE COMPONENTS:A PVC pressure pipe has the spigot (plain end) at one end and the integral socket at the other end. The integral socket is belled to accept the spigot end and also the seal housing.The spigot end is chamfered at 15 degrees to half the wall thickness in order to ease the insertion into

the socket during jointing. Just behind the chamfer is a line marked on the pipe.This is the depth of entry mark, also known as a witness mark, as it is an indication of how far the spigot is inserted into the socket. The depth of insertion, as indicated by the mark, allows for an expansion gap between the pipe end and the back end of the socket. Over-insertion of the pipe into the socket is a common practice, but it may lead to joint failure over time due to the restricted movement of the pipe during use.

JOINTING PROCEDURE:The pipe is jointed using a gel lubricant supplied by the pipe manufacturer. Do not use lubrication grease or any petroleum based grease as they will degrade the EPDM seals leading to pipe failure. Liquid soap is also not recommended as it fl ows behind the seal and may lead to the seal being pushed out of its housing during insertion. The recommended direction of laying is insertion of the spigot into the socket.

This assists alignment of the joint prior to insertion and any mechanical assistance used to insert the pipe is applied to the socket lip as opposed to the much thinner chamfered spigot end, which is easily damaged. However, many fi ttings are double socketed, which is proof that from a hydraulic point of view, the direction of fl ow through the joint is not critical.

Use manpower whenever possible to insert the pipe into the socket up to the depth of entry mark. This gives the laying team an indication as to whether there is undue interference to the insertion, which may lead to the seal being pushed out of its housing. A batten and pry bar or a length of steel pipe may be used for larger diameters. The use of a sledge hammer and wooden block is not recommended as the sudden impact may crack the pipe, especially in cold weather.

The use of a cable lever action “come along” is recommended for the extra-large diameters, now up to DN 630 mm. The use of a front end loader to assist the insertion is standard practice for ductile

the right way the right way

Page 29: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 29

iron and other large bore pipe systems, but is not recommended for PVC as the machine is too powerful and there is no indication as to the amount of resistance to insertion, which may indicate that the seal has been dislodged.

Also the pipes will be telescoped into each other which negate the expansion gap built into the depth of entry mark.The laying sequence is as follows, once the trench has been prepared and the selected fi ll material has been obtained. For further information regarding trench preparation, bedding and backfi lling refer to the manufacturer’s technical guidelines available in print form or from the company’s website.

Step 1 - Inspection• Ensure that the correct diameter and pressure

class have been delivered to site and there is no damage to the pipe or spigot end. Clean off any burrs or “nicks” with the fi le. Is the seal inserted correctly? Note that some seal designs are removable, others not.

• Is the depth of entry mark on the pipe behind the chamfered spigot end? Standard practice is to use a permanent marker to draw a ring around the diameter at the correct dimension to allow an expansion gap in the socket after jointing.

Step 2: Preparation• Materials: Hand broom, gel lubricant, fi ne

toothed hacksaw or angle grinder, fi le, marker pen, wooden batten, pry bar

• Cleanliness: Use the hand broom to clean off all sand or grit from the seal and seal housing

• Cutting to length:• Use the marking pen to mark a square cut line

around the entire diameter of the pipe;• Use the hacksaw or angle grinder to cut the

pipe to length;• Use the grinder or fi le to restore the chamfer

to the required 15 degrees and to remove any burrs left by the saw;

• Use the marker to restore the depth of entry line at the required position.

• • • • • •

Step 3: Lubricate the spigot end and seal:• Use gel lubricant as supplied by the pipe

manufacturer.• Lightly lubricate the seal around its entire

diameter.• Lubricate the chamfered spigot as well as a

short length of the pipe behind the chamfer.• Liquid lubrication is not recommended.

Step 4: Alignment:• Put a temporary batten under the socket to

assist with the alignment of the joint.• Align the pipe accurately before pushing it into

the socket.

Step 5: Insertion:• Lay the pipe by inserting the spigot into the

socket.• Ensure that no sand or grit gets into contact with

the seal or the pipe end after lubrication. In the event of contamination, clean off thoroughly with water and re-lubricate.

• Use manpower, where possible, to push the spigot into the socket. Alternatively use the pry bar and wooden block, or a “come along” cable puller.

• Only insert up to the depth of entry mark.• Remove the wooden batten from under the

socket.• Backfi ll with selected fi ll material according to

standard procedures.

Source: http://www.sabi.co.za

Page 30: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Voedingsbesproeiing voeg waarde toe indien dit korrek gedoen word

SABI het onlangs ’n gevorderde besproeiingsontwerpkursus aangebied oor watergehalte en -behandeling. As deel van die kursus is daar ook gekyk na kunsmis-inspuitstelsels, aangesien die gehalte van die water ook daarby ’n groot rol speel. In die volgende drie artikels sal daar gekyk word na sekere van die hoofpunte wat tydens die kursus uitgelig is.

Inleiding

Voedingsbesproeiing behels die toediening van wateroplosbare kunsmis wat dien as voeding vir gewasse deur ’n besproeiingstelsel.

Die totale of gedeeltelike behoefte na spesifi eke elemente kan in paaiemente verdeel en deur die besproeiingstelsel toegedien word.

Enkelvoudige produkte of kombinasies van produkte en vloeibare of wateroplosbare vorm kan gebruik word, afhangende van die sisteem wat gebruik word. Voedingsbesproeiing is noodsaaklik by drupbesproeiingstelsels, aangesien die wortelstelsels van die gewasse beperk is tot die grondvolume wat benat word.

Die hoofdoel van voedingsbesproeiing is die maksimumproduksie van goeie gehalte vrugte, groente of blomme deur die optimale benutting van water en kunsmis asook die positiewe manipulasie van die plantfi siologiese prosesse om optimale vegetatiewe groei te verseker. Die voedingsprogram word beïnvloed deur die produksie-oogmerke (opbrengs en gehalte), die mark waarvoor geproduseer word asook die keuse van plant.

Voedingsprogramme

Met inagneming van die voedingstofbydrae van die besproeiingswater en die grond tot die voedingsbalans, word ’n voedingsbesproeiingsprogram saamgestel. Die samestelling van, asook chemiese en fi siese interaksies tussen die grond of medium, besproeiingswater en kunsmisprodukte, kan egter die vermoë van die grond of medium om as buffer op te tree, ernstig benadeel. In gevalle van sand, gruis of klipperige grond met ’n lae voedingstof-vashouvermoë asook chemies

swak gebalanseerde gronde-en-besproeiingswater- kombinasies, is voedingsbesproeiing meer belangrik. Afhangende van die plantvoedingsprogram, kan die gebruik van ’n gelokaliseerde besproeiingstelsel, bv. drupbesproeiing, tot gevolg hê dat daar minder staat gemaak word op die grond se voedingstatus. Die samestelling van ’n voedingsbesproeiingsprogram sal meestal die resultaat wees van die produksie-oogmerke van die produsente, die fi siologiese stadium van die gewas, die chemiese samestelling van die besproeiingswater en die grond, asook die besproeiingstelsel wat gebruik word.

Kunsmisprodukte is beskikbaar in ’n wateroplosbare korrel- en poeiervorm asook in ’n vloeibare vorm. Die keuse tussen die verskillende tipes sal afhang van die stoorruimte beskikbaar, die beskikbare doseertoerusting, produkstabiliteit, gerief van hantering, doseermetode, koste en die versuringsmoontlikheid van die kunsmis wat toegedien word.

Sommige kunsmisprodukte wat in die landbou gebruik word, is onoplosbaar in water of baie min oplosbaar. Indien die chemiese elemente saam gemeng word, kan onoplosbare stowwe vorm wat fi lters en spuitstukke verstop. ’n Glasfl es kan gebruik word om die oplosbaarheid van ’n middel of middels te bepaal. Gooi die middel of middels volgens diemengvoorskrif by die water in die fl es. Meng dit goed en laat staan vir ’n paar uur vir waarneming. Indien daar ’n uitsaksel gevorm word, kan probleme verwag word. Mengsels met ’n hoë oplosbaarheid is ook makliker opneembaar vir die plante indien dit naby die wortels geplaas word.

Page 31: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Voedingsbesproeiing Wateroplosbare kunsmis

Om droë kunsmis in korrel- of poeiervorm deur ’n besproeiingstelsel toe te dien, moet dit wateroplosbaar wees. Die hoeveelheid kunsmis wat oplos in ’n spesifi eke volume water, word die oplosbaarheid van die produk genoem. Dit is raadsaam om altyd ’n deskundige op die gebied te nader oor die oplosbaarheid en mengbaarheid van ’n spesifi eke kunsmisproduk. Doen ook die fl estoets.

TegniesVloeibare kunsmis

Kunsmisprodukte in ’n vloeibare vorm kan breedweg in drie groepe verdeel word:

(a) Breie (‘slurries”)Hierdie groep word selde, indien ooit, geproduseer. Dit kan vergelyk word met slap pap of dik “kalkoplossing” waarmee mure afgewit word. In so ’n oplossing kom daar redelike groot vaste deeltjies voor, wat binne ure kan uitsak.

(b) SuspensiesDié groep kan vergelyk word met die kalkwater nadat die groot klonte reeds uitgesak het. Uitsakking kan wel nog voorkom, maar kan oor weke of maande plaasvind. Daar is tans twee hoofgroepe suspensies:

• NitrofosfaatsuspensiesDit word vervaardig deur die behandeling van rotsfosfaat met salpetersuur. Die aanvanklikeproduk kan dan verder behandel word om verskeie eindprodukte te lewer. Die verhouding van N:P in die produkte is ’n 3:2 of 4:1. Nitrofosfate het ’n hoë digtheid en word beskou as swaar suspensies.

• AmmoniumfosfaatsuspensieDit word vervaardig deur die reaksie van fosforsuur met ammoniak onder gekontroleerde toestande. Die duur van die reaksie en die uiteindelike pH sal die eindproduk bepaal. Dit kan ’n MAP, DAP of beide bevat, en die N:P-verhouding is tussen 2:3 of 3:4.

(c) OplossingsIn hierdie groep is al die komponente totaal opgelos. Die meeste mengsels wat in die droë vorm beskikbaar is, sowel as ureumammoniumnitraat (UAN), is ook in vloeibare vorm beskikbaar. As gevolg van praktiese oorwegings verskil die konsentrasies van vloeibare en ooreenstemmende droë produkte.

SuurSuur word tydens voedingsbesproeiing gebruik om die karbonate en bikarbonate te neutraliseer.Suur moet gebruik word as:- Die bikarbonaat- (HCO3-) konsentrasie meer is as ± 122 mg/ℓ (of > ± 1.5 – 2.0 me/ℓ)- Daar enige karbonate (CO32-) is (pH > 8) Die suur het dus ’n effek op die alkaliniteit van die water, wat op sy beurt weer die water se sensitiwiteit vir die byvoeg van suur om die pH te verander, verhoog (sien fi guur 1).

Figuur 1 Interafhanklikheid van pH en alkaliniteitTydens die reaksie reageer die waterstof-ione van die suur met die karbonate of bikarbonate om dit te neutraliseer en ’n ongebufferde oplossing te vorm (Figuur 2). Wanneer ander verbindings nou by die oplossing gevoeg word, sal dit die pH van die water stabiliseer.

Figuur 2 Die chemiese reaksie wat plaasvind as suur gebruik word om bikarbonate te neutraliseerDit is baie belangrik om te onthou dat koolstofdioksied (CO2) tydens die byvoeg van die suur gevorm word, en dat die reaksie onder geventileerde omstandighede moet plaasvind anders sal dit net weer omkeer sodat die CO2 opgeneem word en die bikarbonate weer vry kom (Figuur 3).

Figuur 3 Die chemiese reaksie wat plaasvind as suur gebruik word om bikarbonate te neutraliseerVerder is dit ook belangrik dat nie al die bikarbonate geneutraliseer moet word nie, aangesien ’n konsentrasie van ongeveer 1 me/ℓ nodig is om die oplossing te buffer en stabiliteit in oplossing te verseker.In die volgende artikel gaan daar gekyk word na die toedieningsmetodes wat vir voedingsbesproeiing gebruik word.

Webblad: http://www.sabi.co.za/sabiVerwysing:Grobler, L. 2014. Agri-Alchemi BK. Persoonlike kommunikasie.Horn, L. 2014. Netafi m Suid-Afrika. Persoonlike kommunikasie.LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese. 2003.Besproeiingsontwerphandleiding. Hoofstuk 18: Chemiesproei

Page 32: Die Pad Saam Des_Jan.indb

% m/mTotale Fosfor( P) 8-102% Sitroensuur& oplosbare Fosfor

(P)3 -5

Kalsium( Ca) 20.1Swael (S)0 .145Magnesium( Mg)1 .30Yster( Fe)0 .73

mg/kgMangaan (Mn) 9Koper (Cu) 3Sink (Zn) 13Molibdeen (Mo) <10Boor (B)0 .8

083 461 8979 | E-pos: [email protected]: www.geckofert.co.za

Langfos was intensief gemyn vanaf 1923 tot 1994 en boere wie langfos gebruik het kan steeds die positiewe effekte waarneem wat dit in hul lande gehad het.

Langfos bevat:Fosfor, kalsium, mikro-elemente(met uitsondering van kobalt (Co) wat vir diere noodsaaklik is, verskaf Langfos essensiële mikro-elemente vir plantegroei soos yster (Fe), swael (S) magnesium (Mg), molibdeen (Mo) en sink (Zn) wat almal help om grondreserwes aan te vul waar Langfos gereeld in bemestingsprogramme toegedien word)fosfaatreserwes, fosfaatkonsentratestollingsgesteentes en sedimentêre gesteentes.

Produk Inligting en OntledingsLangfos los gedeeltelik op in swak sure soos sitroensuur en wanneer dit fyn gemaal word, word dit gebruik as ‘n fosfaatbemestingstof, veral in hoë en lae Ph gronde.Organiese Registrasie Nr. B4038 Misstof Groep 2 – Akte 36 van 1947. Beskikbaar in losmaat, 50kg sakke, 500kg sakke en 1 ton sakke.

VoordeleLangfos is ‘n stadig-vrystellende produk wat die fosfaat oor ‘n lang periode vrystel aan die plante en die boer in staat stel om gesonde lande op te bou. Dit verryk die grond met spoorelemente en stimuleer wortelgroei en help metdie fotosintese in alle plante.

Langfos

3

Page 33: Die Pad Saam Des_Jan.indb
Page 34: Die Pad Saam Des_Jan.indb

CAP122-60GEELMIELIEBASTER-PROEF

• Reageer goed op bemesting, besproeiing en hoër plantdigtheid

• Uitstekende weerstand teen Helminthosporium-roes• Uitstekende weerstand teen stronkvrot• 1 000 saadgewig – 200-200 g• 64-66 dae tot 50% blom• 110-115 dae tot volwassenheid

KENMERKE:

Planthoogte - 240-260 cmBlare - Donkergroen, semi-regopKopplasing - Onderste helfte van plantAantal koppe/plant - Twee; soms drie tot vierKoplengte - 24-26 cmDeursnit van kop - 7-8 cmFatsoen van kop - Lank, silindries, spitsvormige puntSaad per ry/kop - 48-50Skagte - Nou, silindries, ligpienk- kleurigSaad - Semi-geduik, geelkleurig

Plantdigtheid per hektaar onder besproeiing – optimale toestande – 80 000-90 000

Capstone Seeds se relatief nuwe geelmieliebaster, CAP122-60, is ’n kortseisoenbaster (120-125 dae tot volwassenheid) wat dié baster baie gewild maak. Uitstekende staan-vermoë, goeie droogte-verdraagsaamheid, hoë opbrengspotensiaal, groei goed met droëland sowel as met besproeiing en baie sterk meerkoppigheid is alles eienskappe wat hierdie mielie baie gewild maak in alle gebiede: George, Modderrivier, Bloemfon-tein, Ermelo, Potchefstroom, Kokstad, Estcourt en aanbeveel vir menige ander streke! Siekteweerstand is heel aanvaarbaar, maar goeie bestuur is altyd belangrik.

Voorwaar ’n wenner!

NS.: 80 000 pitte/sak

Page 35: Die Pad Saam Des_Jan.indb

CAP122-60Resultate

HOOFKANTOOR: 0861 113167 [email protected]ËVELD-STREEKBESTUURDER: 082 326 6797 [email protected] KWAZULU- NATAL: 082 654 2162 [email protected]: 082 657 6941 [email protected] LIMPOPO, MPUMALANGA & NOORDWESSTREEK: 082 602 4414 [email protected] en WES-KAAP: 082 871 0050 [email protected] OOS-KAAP: 082 603 8174 [email protected] SWAZILAND: +268 782 78412 [email protected]

Vir alle tegniese navrae kontak HEINZ SCHUTTE by 082 871 0049 of per e-pos by [email protected]

Page 36: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Watter een gaan jy benodig?

se voervloeigapingvullers:

Dis nou die tyd om 2014 se potensiële gapings in jou voervloei te identifi seer. Of dit nou einde herfs, regdeur die winter of in die vroeë lente is, daar is ’n PANNAR-kultivar beskikbaar vir enige gaping in enige voervloei. Wat dit verder aanloklik maak, is dat hierdie gewasse onder besproeiing, aanvullende besproeiing of selfs onder droëlandtoestande verbou kan word. Dit sal egter voordelig wees om vogbewaring toe te pas waar moontlik. Japannese Radys en al die kleingraangroenvoere (stoelrog, korog en swart- en withawer) is die gewasse hier ter sprake.

Groenvoere

PANNAR beskik oor drie withawerkultivars, drie korogkultivars, twee stoelrogkultivars en ook SAIA- swarthawer. Uit die drie soorte gewasse, hawer, korog en stoelrog, is hawer die smaaklikste vir vee. Hawer is egter ook die meeste kouegevoelig, en indien wintertemperature gereeld laer as -5°C daal, behoort korog of stoelrog meer suksesvol te wees. Uit die gewasse is stoelrog die meeste koueverdraagsaam, en kan dit temperature onder -15°C steeds goed verdra.

Groenvoere word verder onderverdeel in winter-, lente- en intermediêre tipes. Wintertipes het ’n kouebehoefte (“vernalisasie”) voordat dit oor sal gaan na saadvorming. Lentetipes daarenteen het geen kouebehoefte om in saad te kom nie. Intermediêre tipes lê tussen winter- en lentetipes wat hul kouebehoefte vir saadvorming betref. Hulle kom nooit so gou in die saad soos lentetipes nie, maar het ook nie ’n kouebehoefte nie.

Wintertipes

PAN 299-korog en SAIA-swarthawer is egte wintertipe groenvoere. Hulle gaan dus eers ná die winter ophou vegetatief groei en saad vorm, ongeag wanneer

hulle geplant word. Hulle produksietydperke is langer en produseer baie van hul opbrengs teen die einde van die winter tot in die vroeë lente; ideaal in kombinasie met oesreste, om die vroeë lentetekorte aan te vul. SAIA produseer nie so lank soos PAN 299 nie, maar dit het die bykomende voordeel van ’n onderdrukkende effek op onkruid en aalwurms. Dit kan ook as ’n groenbemesting aangewend word, het uitstekende roesweerstand en is baie smaaklik.

Lentetipes

SOROM-stoelrog is ’n lentetipe en het nie ’n kouebehoefte om in saad te kom nie. Dit produseer ’n groot hoeveelheid kos in ’n kort tydperk, ongeag wanneer dit geplant word, staak dan vegetatiewe groei en vorm saad op ’n sekere fi siologiese ouderdom. SOROM kan in die laat herfs en selfs vroeë winter geplant word en kan feitlik enige tyd deur die herfs, winter en lente produksie lewer deur die plantdatum te manipuleer. In rypgebiede, onder besproeiing, in die koudste tye, is daar geen ander gewas wat SOROM kan klop met produksie nie. MAJORIS is PANNAR se nuutste withawerkultivar en is geselekteer vir vinnige produksie, sinoniem met dié van lentetipes. MAJORIS beskik ook oor uitstekende roesweerstand en produksiepotensiaal.

Page 37: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Intermediêre tipes

Al die ander PANNAR-kultivars is intermediêre tipes, hoewel sommiges daarna neig om meer lente- of meer wintertipes te wees. Hulle moet egter bestuur word as intermediêre tipes. Maak ’n kultivarkeuse op grond van elkeen se eienskappe en kenmerke wat hulle onderskei en ideaal maak vir verskillende klimaatstoestande en stelsels.

LE TUCANA en DRAKENSBERG is withawerkultivars in die PANNAR-pakket. LE TUCANA is ons topweihawer, met uitstekende herfs- en winterproduksie. Dit is meer koueverdraagsaam as DRAKENSBERG, wat weer die perfekte dubbeldoelhawer is; vanweë sy regop groeiwyse word dit maklik gesny. DRAKENSBERG is ook ’n beproefde staatmaker hawer vir weiding in die herfs en vroeë wintermaande.

Daar is nog twee ander korogkultivars beskikbaar. Hulle is:

PAN 248 - ’n Vinnige kultivar wat ideaal geskik is vir groenvoerproduksie op vlak, marginale gronde. Geskik om weiding in die laatherfs- en wintermaande te voorsien. Ook geskik vir kuilvoer in die winterreënvalgebiede. SNEL - ’n Splinternuwe, blitsvinnige kultivar met uitstekende opbrengspotensiaal en roesweerstand. Snel is uiters geskik vir kuilvoerproduksie in die Suid-Kaap en winterreënvalgebiede.Die stoelrogkultivar, PAN 263, is deur die LNR geteel en is veral geskik vir sanderige leemgrond in die koeler, oostelike Hoëveldstreke. Dit het goeie midwinterproduksie en is bedoel vir benutting in die vroeë tot laat winter. Soos in die geval van die lentetipe, SOROM, kan dit in die laat herfs en selfs vroeë winter geplant word om die potensiële produksieperiode na wense te manipuleer.

Japannese Radys Japannese Radys is waarskynlik die mees onderskatte voergewas in Suid-Afrika onder dié wat dit nog nooit geplant het nie. ’n PANNAR-mening is dat geen ander gewas water en kunsmis so doeltreffend omskakel in voer soos Japannese Radys nie. Dit is ’n sappige voerbron vir vee in die droë wintermaande. Dit is veral nuttig waar min of geen weiding onder besproeiing beskikbaar is nie. Dit is goed aangepas vir die koeler oostelike dele en word in die herfs en winter tot in die vroeë lente benut. Dit is nie rypgevoelig nie en benodig ongeveer 350 mm reën oor die vier maande groeitydperk. Die droëmateriaal is hoogs verteerbaar en is goeie voer vir skape en beeste. Vir beeste is dit beter om die radyse uit te trek of uit te ploeg en heel te voer, maar skape bewei dit baie effektief. PANNAR het die Japannese Radys-kultivar NOOITGEDACHT beskikbaar.

Die tyd is al ryp om die 2015-seisoen se voervloeiverwante keuses te maak. Maak die regte keuses!

Page 38: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 38Die Pad Saam | 38

Onkruiddoders: Wissel af om weerstand te wen

Die hoofrede vir onkruidweerstand teen glifosaatonkruiddoder, soos Roundup®, is die aanhoudende, herhalende gebruik van die produk jaar na jaar sonder afwisseling

met ander onkruiddoders insluitende nie-chemiese onkruidbeheerpraktyke. Wissel onkruiddoders af om weerstand hok te slaan, sê prof. Chris Preston van Australië.

Hy is ’n professor in onkruidbestuur aan die Universiteit van Adelaide en was die geleentheidspreker by ’n werkswinkel oor onkruidweerstand by die Villa Akademie in Kemptonpark.

“Daar is ’n ernstige behoefte om onkruiddoders en nie-onkruiddoderpraktyke te kombineer in ’n integrale onkruidbeheerprogram om weerstand te beheer. Boere gebruik glifosaat by herhaling sonder om ander onkruiddoderpraktyke in aanmerking te neem om saadvorming by onkruide te verhoed. Dis ’n deurslaggewende aspek van onkruidbestuur,” het hy beklemtoon.

Die vinnige toename wêreldwyd in onkruiddoderweerstand en die gebrek aan nuwe middels, het hy gesê, vereis dat ander praktyke as onkruiddoders ’n betekenisvolle komponent van enige boerdery se strategiese onkruidbestuurprogram moet uitmaak. Een voorbeeld is om saadvorming by onkruide te bekamp deur lande diep om te ploeg voor plant

sodat onkruidsade diep onder die grond begrawe word waar dit nie kan ontkiem nie. Dié praktyk kan elke 10 tot 15 jaar herhaal word. Die afwisseling van onkruiddoders is ’n ander praktyk wat weerstand doeltreffend beheer. In Australië, volgens prof. Preston, is die “dubbele uitklophou”- (Double Knock) prosedure uiters suksesvol. Dit behels die opvolgende aanwending van verskillende onkruiddoders wat volg op glifosaat. Na die eerste aanwending van glifosaat volg ’n tweede of derde uitklophou met ’n ander middel om onkruide, wat nie met die eerste toediening gesneuwel het nie, uit te knikker. “Met dié metode behaal ons tot 95% sukses in Australië. Dit is kostedoeltreffend en baie suksesvol,” sê Preston.

Volgens Preston is glifosaat die waardevolste onkruiddoder in die Australiese landbou. Die eerste weerstand is in 1996 bespeur. Van die 30 onkruidspesies wêreldwyd wat weerstand teen glifosaat ontwikkel het, is ses in Australië, en drie daarvan in Suid-Afrika.

Prof. Charlie Reinhardt, projekleier van die South African Herbicide Resistance Initiative (SAHRI) aan die Universiteit van Pretoria en ook dekaan van die Villa Akademie en buitengewone professor in onkruidwetenskap aan die Universiteit van Pretoria, het by dieselfde geleentheid gesê onkruidweerstand hoef nie as ’n bedreiging vir die voortgesette gebruik van onkruiddoders beskou te word nie.

Hy stem saam met prof. Preston dat die oormatige, herhalende gebruik van alleenlik glifosaat ’n kommer tot weerstand is. “Onkruiddoders se chemiese uitwerking op plante veroorsaak nie genetiese afwykings wat vir weerstand verantwoordelik is nie. Onkruidpopulasies sluit indiwidue in wat van nature oor die een of ander meganisme beskik wat maak dat dit nie sensitief teenoor ’n bepaalde

deur Hans Lombard, skakelkonsultante

Page 39: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 39

onkruiddoder is nie. Wissel onkruiddoders af. Nie bloot die soort produk nie, maar wel die meganisme van werking. Dit vereis die gebruik van onkruiddoders wat tot verskillende chemiese groeperings behoort wat verskillende meganismes van werking verteenwoordig,” het hy gesê.

Prof. Reinhardt het ook daarop gewys dat ’n enkele onkruidplant wat die werking van ’n onkruiddoder

in ’n bepaalde groeiseisoen ontsnap het, tot 1 000 weerstandbiedende plante in die daaropvolgende seisoen kan aanwas. In die derde groeiseisoen kan tot 10 000 weerstandbiedende onkruidplante/ha voorkom.

Globaal beskou, het hy bygevoeg, is daar tans 400 onkruidsoorte wat weerstandbiedend is teenoor ’n groot verskeidenheid onkruiddoders wat tot die nege mees belangrike chemiese groeperings behoort. Onkruidweerstand teen die wêreld se onkruiddodermarkleier, glifosaat, is by 30 onkruidspesies bewys. Drie is in Suid-Afrika, naamlik vaalskraalhans (Conyza bonariensis), raaigras (Lolium-kompleks) en smalweëblaar (Plantago lanceolata). Geen weerstand is nog in die somersaaigebied bewys nie, maar daar word al hoe meer berig ontvang van onkruidsoorte wat moeiliker as voorheen beheer word.

Reinhardt het vyf goue reëls beklemtoon vir effektiewe weerstandbestuur.

• Verminder onkruidgetalle op die landDit verminder die kans dat “een in ’n miljoen” plante oor natuurlike weerstand kan beskik en oor tyd kan vermeerder. Volg aanbevelings nougeset wat op produketikette verskyn.

• Voorkom onkruidsaadvorming“One year’s seeding is seven years’ weeding.” Baie van die belangrike onkruidsoorte se sade kan vir dekades lewenskragtig in grond se sogenaamde “saadbank” oorleef. Daarom is die onkruidsaailing wat vandag bo die grond verskyn het, dalk ouer as die boer indien die ouderdom van saad in ag geneem word.

• Verhoog die kompetisievermoë van die gewas teenoor dié van onkruid• Vestig die gewas in die gleuf van die

groeiseisoen waartydens toestande ongunstig is vir die ontkieming van onkruid.

• Plant gewasse in smal rye wat minder lig na die grondoppervlak deurlaat.

• Verhoog gewasplantgetalle/ha. Kies ’n kultivar wat vinnig ontwikkel en vinnig ’n digte blaredak vorm.

• Dekgewasse kan ingespan word om onkruid te onderdruk.

• Wissel onkruiddoder met verskillende werkings af, soos bo beskryf

Behalwe vir afwisseling van meganismes van werking deur opeenvolgende toediening van verskillende produkte, kan tenkmengsels van produkte met verskillende meganismes van werking ook ingespan word.

• OnkruidweerstandMaak seker of dit ware weerstand is en of daar nie dalk ’n probleem met toediening was nie. Die verskil tussen “ware” en “oënskynlike” weerstand kan alleenlik onder gekontroleerde toestande op wetenskaplike wyse bepaal word.

deur Hans Lombard, skakelkonsultante

Page 40: Die Pad Saam Des_Jan.indb

is minder giftig as soutGlifosaat

deur dr. Gerhard H. Verdoorn, Gifi nligtingsentrum

Die wêreld se grootste onkruiddoder, glifosaat, sal seker die prys as nuusmaker van die jaar kry. Dis aantygings, gerugte, vrese, Frankensteinstories en louter onsin wat oor en

weer deur die internet en al sy kleinboeties die wêreld vol vlieg.

Soos een mediese praktisyn van Mpumalanga onlangs aan ’n skool gesê het: Dit is ’n uiters giftige plaagdoder wat boonop kankerwekkend is.

Nie eens Frankenstein self sou sulke onsin kon kwytraak nie, maar die publiek trek hulle truie oor hulle koppe en kruip in kombuiskaste weg omdat die vrees van die duiwel oor hulle kom as die woord glifosaat net genoem word.

Die landbouchemiese bedryf sal die term “omgewingsvriendelik” nooit aan enige plaagdoder toedig nie, want alle plaagdoders maak dood, en daarom is sulke terme in elk geval nie eers in die debat oor glifosaat nie.

Wat egter wel ’n feit is, is dat glifosaat in geen van sy vorme enigsins kankerwekkend is nie en die giftigheid daarvan so laag is dat kommer vir die gesondheid van mense en meeste ander organismes heeltemal onnodig is. Glifosaat is ’n nie-selektiewe, sistemiese kontakonkruiddoder.

Dit beteken dat dit op alle plantsoorte ’n mindere of meerdere impak sal hê, deur plante in hulle sisteme opgeneem word en slegs deur kontak met die bogrondse dele opgeneem sal word.

Daar is enkele aanduidings dat baie broos plante soos soetrissies miskien glifosaat deur die wortelstelsels kan opneem as daar uitsonderlike hoë vlakke van glifosaat in die grond voorkom. Die reël is egter dat glifosaat nie deur plante se wortelstelsels opgeneem word nie. Die spuitmengsel moet die blare, stamme en stingels benat voordat die produk opgeneem word.

Glifosaatbevattende onkruiddoders word baie algemeen in die landbou, tuinbou en omgewingsbestuur aangewend.Dit is byvoorbeeld die produk wat gebruik word om indringerriete in waterliggame mee te beheer en is die onkruiddoder wat in geneties gemodifi seerde oesgewasse soos mielies vir onkruidbeheer gebruik word.

Daar bestaan verskeie soutvorme en suurvorme van glifosaat soos die vrye suur glifosaat, kalium en natriumsoute asook triisopropielamiensoute. Geen van hierdie vorme is enigsins beduidend giftig vir mense nie en selfs ook nie irriterend nie. Ongelukkig het die klomp onwaarhede op die internet mense nou vreesbevange oor glifosaat en in só ’n mate dat mense selfs glo hulleself en hul troeteldiere kan vergiftig raak as hulle aan plante raak wat met glifosaat behandel is.

Die feit is dat ’n mens liewers maar moet kommer opgaar oor die soutpotjie wat so mildelik oor al die borde kos hardloop.

onnodig is. Glifosaat is ’n nie-selektiewe, sistemiese kontakonkruiddoder.

opgaar oor die soutpotjie wat so mildelik oor al die borde kos hardloop.

“Die publiek trek hulle truie oor hulle koppe en kruip in kombuiskaste weg omdat die vrees van die duiwel oor hulle kom as die woord glifosaat net genoem word.”

Page 41: Die Pad Saam Des_Jan.indb
Page 42: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 42

Hans GroenewaldByeboer, byeliefhebberdeur Deléne Snyman

Vir Hans Groenewald, byeboer van Modimolle (Nylstroom), gaan dit eerstens oor die by. Die insek wat so volmaak geskep is om nie net die wondervoedsel van heuning te produseer nie, maar ook om plante, bome, gewasse te bestuif vir die voortbestaan van plantegroei. En dán is hy ’n boer, ’n byeboer wat sy ‘diere’ met respek hanteer.

Hans is opgelei in Biologie en het vir baie jaar dié vak op skoolvlak aangebied. Hy het al vir ’n paar jaar met bye as stokperdjie geboer toe hy in 1990 ’n pakket van die onderwysdepartement aanvaar en voltyds met bye begin boer het. Na 24 jaar kan hy sê dit was ’n goeie besluit en dat byeboerdery gewis ’n bevredigende bedryf is.

Hoewel byeboerdery ’n winsgewende bedryf is, het Hans sy boerdery klein en persoonlik gehou. Net hy en sy werker, William, is betrokke, met vroulief Martie wat ook so nou en dan handjie bysit. Sy was ook ’n Biologie-onderwyseres en sedert sy afgetree het, is sy al meer betrokke by die bye. Saam is hulle ’n goeie span.

Omdat Hans in Biologie onderlê is, verstaan hy die werking van die heuningmakery al te goed. Dit is dan ook om hierdie rede dat hy sy eie koninginne teel. Nadat hy ’n goeie teelmateriaal geïdentifiseer het, word omstandighede geskep om die beste koninginne te teel. Elke koningin word ook met ’n spesiale pen gemerk sodat Hans presies kan weet van watter jaar sy as koningin werk (sy behoort nie langer as ’n jaar die koningin te wees nie) en vir watter korf sy verantwoordelik is. So bring hy sy kennis vir die wetenskap en sy passie vir bye bymekaar. Sy koninginne is dus niks anders as ’n beesboer se stoetbul nie!

Om ’n goeie bestaan te maak in hierdie bedryf is goeie bye (groot swerm) en goeie heuningvloei nodig. Met 300 kaste kan ’n boer substansieel boer maar dan is meer arbeid nodig en is die uitgawes ook aansienlik hoër. Dus is die 150 kaste wat hy hanteer, net genoeg vir Hans.

’n Klein swerm sal uit 20 000 bye bestaan terwyl 50 000 plus ’n sterk swerm is. Hoe meer getalle in ’n kolonie, hoe meer heuning, hoewel dit nie ’n grafiek is wat lynreg saam beweeg nie aangesien baie faktore ’n invloed op getalle en produksie het.

Een van die grootste gevare vir bye skuil in die natuur self. Dit is natuurlik voëls en ander diere soos ratels wat bye eet. Hans maak vier kaste aan mekaar vas om dit vir die ratel moeiliker te maak om by die bye uit te kom. Gif wat op landerye gespuit word, hou ook ’n gevaar vir bye in, maar boere boer deesdae baie meer verantwoordelik as jare gelede en besef die waarde van dié wonderlike insek in die landbou.Hans se bye was gedurende die vroeë lente by wildebome, van daar word hulle na sonneblomlande of ander gewasse en bome verskuif. Die gebied bepaal die smaak in die heuning en dit word dan ook so bemark. Hoewel aalwyne ’n gewilde voorkeur vir die verbruiker is, is Hans versigtig om sy bye by aalwyne en vetplante te los aangesien die gevaarlike swartby dikwels hier voorkom, en ’n vermenging van die swartby en heuningby is ’n resep vir bankrotskap!

“Sy koninginne is dus niks anders as ’n bees-boer se stoetbul nie!”

Martie en Hans by sy mobiele laboratorium

Page 43: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 43

Hans Groenewald

Buiten die toerusting wat benodig word om heuning uit te haal, is die groot uitgawe natuurlik vervoer. Hoe nader die kaste dus aan die huis kan wees, hoe meer lonend. Wasvelle, verpakkingsmateriaal en instandhouding vreet ook aan die winste, daarom is goeie bestuur baie belangrik.

Hans het ’n krapper ontwikkel en gepatenteer wat die waslaag van die koek afkrap. Dit werk goed en spaar tyd en moeite. Die uitswaaier wat die heuning uit die koek kry, het hy ook self gemaak. ’n “Mobiele laboratorium/kantoor” wat Hans uit ’n watertenk gemaak het, word sommer agterop die bakkie gelaai en dus kan hy in die veld na sy koninginne omsien.

Vra ’n mens Hans of hy al baie gesteek is, lag hy net. Dit is deel van die werk! Bysteke is in elk geval goed vir ’n mens (behalwe natuurlik as jy allergies is) en daar is al bewys dat dit kanker teenwerk.

Heuning word deesdae van oral oor die wêreld ingevoer maar die kwaliteit kan beslis nie met Suid-Afrikaanse heuning vergelyk nie. Hoewel gewasse seisoengebonde is, kan bye geskuif word sodat die hele jaar geproduseer word. Dus is Suid-Afrikaanse heuning altyd beskikbaar en behoort dit elkeen se voorkeurproduk te wees. Hans verkoop slegs rou heuning. Hy verkoop uit die hand uit maar ook aan verspreiders in Gauteng en enkele ander padstalletjies.

Kyk dus uit vir die handelsnaam “Waterberg Nektar”. Dit is uitstekende gehalte, higiënies versamel en onverwerk, maar bowenal is dit gedoen met ’n liefde vir die natuur en respek vir die Skepper se skepping. As Hans die heuning uithaal, los hy altyd bietjie vir die bye self – hulle is dan sy “diertjies”.

Die webblad Uncover Discover gee 10 redes waarom heuning ’n “superkos” is.

Dis antibakteries en antiseptiesHeuning kan wonde en brandplekke help genees, want dit bevat baie antibakteriese en antiseptiese komponente, asook sommige “goeie” bakterieë. Daarom is dit dikwels ’n bestanddeel in salf wat wonde behandel.

Dit beveg lugweginfeksieMense gee al vir jare die raad dat jy ’n teelepel heuning eet of in tee of suurlemoensap drink om jou seer keel en hoes te behandel. Nuwe navorsing het bevind dat heuning infeksie in jou boonste lugweë behandel omdat dit anti-inflammatories is.

Energie, energie, energieHeuning is ’n goeie plaasvervanger vir koolhidrate. Dit gee jou ekstra energie voordat jy begin oefen, en as jy ’n klein hoeveelheid daarvan by jou drinkwater gooi, sal dit ook jou spiere gesond hou. As jou bloedsuiker ná jou oefensessie effens laag is, sal heuning ook dié probleem oplos.

’n Sterker immuunstelselOmdat heuning teenliggaampies soos witbloedselle versterk, kan dit ook infeksie en virusse en bakterieë wat jou liggaam aanval, doodmaak. Sodoende versterk dit jou immuunstelsel.

Dit bevogHeuning het selfs velsorgvoordele! Aangesien dit ryk aan vitamien E sowel as ander vitamiene en minerale is, bevat lipsalf, gesigroom en lyfroom dikwels heuning. Nie net sal dit jou vel bevog en gladder laat vertoon nie; danksy dié produk se anti-inflammatoriese eienskappe help dit ook aknee verlig.

Dit hou jou tande sterk’n Bietjie heuning, opgelos in jou drinkwater of tee, kan die bakterieë in jou mond wat jou tande vrot maak, doodmaak. Dis danksy die antibakteriese agense in heuning.

Ryk in antioksidanteHeuning is ryk in antioksidante, wat beteken dat dit voordelig is vir jou bloedvate en jou hart. Volgens nuwe navorsing kan dit selfs die effek van dikdermontsteking verminder.

Meer slaap, minder spanningHeuning in jou tee of in warm melk het ’n kalmerende effek op jou. Daarom laat dit jou nie net lekker slaap nie, maar dit help ook om jou spanning te verminder.

Dit kan jou hoofpyn verligHoofpyn het verskillende oorsake. As jou kop egter seer word as gevolg van ’n magnesiumtekort, te min voedingswaarde in jou koolhidrate of te min proteïene in jou dieet, sal heuning kan help om jou pyn te verlig.

(Al die gebruike van heuning is nog nie deur wetenskaplike navorsing bewys nie.)

Bo: Hans Groenewald by die heuninguitswaierLinks: Martie in haar volle mondering

Regs: Hans en William by die krapper wat hy gepatenteer het

Page 44: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 44

die koningin van veselsSyTydens ’n onlangse besoek aan ’n plaas naby Hazyview het Hannelie Cronjé opnuut besef watter groot rol sywurms in die tekstielbedryf speel deurdat hulle verantwoordelik is vir een van die luuksste weefstowwe op aarde.

die koningin van veselsSySyKyk, daar is min van ons wat nog nie gal gebraak het oor die duisende Chinese winkels wat oral in ons land letterlik soos paddastoele opskiet nie.

In die eerste plek knou daardie einste winkels ons land se ekonomie, want miljoene produkte word van China af ingevoer teen ’n fraksie van die prys waarteen ons dit kan vervaardig, met die gevolg dat talle plaaslike fabrieke al hul deure moes sluit en duisende mense hul werk verloor het. Tweedens is dit net kinders en tieners wat gelukkig genoeg is om klere in die Chinese winkels te vind wat pas, want ons Suid-Afrikaanse vroue met ordentlike arms en ordentlike heupe sal nie sommer in daai kleertjies inkom nie.Maar, net so is daar baie dinge waarvoor ons vir die Chinese krediet moet gee. Een daarvan is die vervaardiging van sy – daardie tekstielstof wat al die koningin van vesels genoem is.

Op die webblad http://wol.jw.org lees ons dat sy nie altyd so geredelik beskikbaar was nie, want die vervaardiging daarvan was tot China beperk en niemand anders het geweet hoe om dit te maak nie. “Enigiemand in China wat die geheim van die sywurm verklap het, kon as ’n verraaier tereggestel word. Dit is geen wonder dat hierdie monopolie op die vervaardiging van sy dit so duur gemaak het nie. Sy was byvoorbeeld regoor die Romeinse Ryk sy gewig in goud werd.

“Mettertyd het Persië al die sy beheer wat uit China gekom het. Die prys was egter nog steeds hoog, en pogings om die Persiese koopmanne uit te skakel, was tevergeefs. Toe het die Bisantynse keiser Justinianus ’n plan beraam. In ongeveer 550 G.J. het hy twee monnike op ’n geheime sending na China gestuur. Hulle het twee jaar later teruggekeer. Versteek in hulle

uitgeholde bamboeskieries, was die lang verwagte skat – sywurmeiers. Die geheim was uit. Die symonopolie het tot ’n einde gekom.”

Die nederige sywurm se rolAs kinders het meeste van ons skoenbokse vol sywurms gehad – einste die wurms wat verantwoordelik is vir die “vervaardiging” van hierdie duur materiaal. Volgens die bron is daar honderde verskillende soorte sywurms, “maar die wetenskaplike naam van die een wat die beste gehalte sy lewer, is Bombyx mori”.

“Heelwat sywurms is nodig om symateriaal te maak, en dit het aanleiding gegee tot kommersiële sywurmteelt vir die vervaardiging van sy.

“Die wyfi esywurmmot lê tot 500 eiers, waarvan elkeen so groot soos ’n speldekop is . Ná ongeveer 20 dae broei die eiers uit. Die sywurmpies het ’n

Page 45: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 45

onversadigbare eetlus. Dag en nag eet hulle moerbeiblare – en net moerbeiblare. Ná net 18 dae sal die sywurms tot 70 keer hulle oorspronklike grootte gegroei het en vier keer vervel het.“Die geluid wat hulle maak wanneer hulle eet, is soortgelyk aan dié van swaar reën wat op blare val. Teen die tyd dat ’n sywurm volgroeid is, is hy 10 000 keer swaarder as aan die begin! Dan is hy gereed om ’n kokon te spin.”

Dan is dit tyd om te spin“Wanneer die sywurm volgroeid is, word sy liggaam deursigtig, wat aandui dat dit tyd is om te begin spin. Wanneer die sywurms onrustig raak en ’n plekkie begin soek om hulle kokon te spin, is hulle gereed om op ’n laai met baie vierkantige openinge geplaas te word. Daar skei hulle dan hulle fyn, wit draadjie af en spin hulle hulself toe in ’n omhulsel van sy.

“Intussen vind daar ’n merkwaardige verandering binne die sywurm plaas. Verteerde moerbeiblare het in fi broïen verander, ’n soort proteïen wat geberg word in twee kliere wat langs die hele lengte van die ruspe se liggaam loop. Wanneer die fi broïen deur hierdie kliere gepers word, word dit met ’n gomagtige stof bedek wat serisien genoem word. Voordat dit uit die spinklier kom, wat by die wurm se mond geleë is, word twee fi broïenvesels deur die serisien aanmekaargeplak. Wanneer dit met die lug in aanraking kom, word hierdie vloeibare sy ’n vaste stof en vorm dit ’n enkele sydraadjie.

“Wanneer die sywurm begin om sy te vervaardig, kan niks hom keer nie. Die sywurm spin teen ’n spoed van tussen 30 en 40 sentimeter per minuut, terwyl hy sy kop aanhoudend swaai. Volgens ’n skatting in een bron het die sywurm, teen die tyd dat die kokon voltooi is, sy kop sowat 150 000 keer geswaai. Nadat die sywurm

Kenmerke van sy• Sterk: Sy is so sterk soos staaldraad van dieself-

de dikte.• Glansryk: Sy se glans is soos dié van pêrels. Dit is

afkomstig van die prisma-agtige struktuur van fi broïen, met sy baie lae, wat lig versprei.

• Sag op die vel: Die aminosure waaruit sy bestaan, is sag op die vel. Daar word gesê dat sy beskerming bied teen verskeie velverwante kwale. Sekere skoonheidsmiddels word van sypoeier gemaak.

• Vogabsorberend: Die aminosure en die klein lugruimtes in die syvesel absorbeer en laat ’n aansienlike hoeveelheid sweet deur, wat jou in die warm seisoen droog en koel hou.

• Hittebestand: Sy brand nie maklik nie en gee nie giftige gas af wanneer dit brand nie.

• Beskermend: Sy absorbeer ultravioletstrale en beskerm sodoende die vel.

• Bou nie maklik statiese elektrisiteit op nie: Aan-gesien sy positiewe sowel as negatiewe ione bevat en vog absorbeer, vorm dit nie maklik statiese elektrisiteit, soos die geval is met ander materiale nie.

Net enkele van die motte word gehou om te paar sodat hulle

weer eiers kan lê.

Die kokonne word in water geplaas om die serisien op te los

Die kokonne word oopgemaak en gelos om droog te word.

Hieruit word bondels sy gevorm.

Page 46: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 46Die Pad Saam | 46

twee dae en twee nagte lank gespin het, het hy ’n enkele aaneenlopende draadjie van tot 1 500 meter voortgebring.”

Daar word bereken dat tussen 4 400 en 6 600 kokonne nodig is om een kilogram sy te kry.

Vervaardiging van symateriaalMaar hoe word die sykokonne tot ’n stuk materiaal verwerk wat dan weer ’n serp, ’n das of ’n hemp word?

Volgens die bron verander die sywurm in die tyd nadat hy homself toegespin het, in ’n papie waarna hy weer in ’n mot verander. Maar, vir die mot om uit die kokon te kom, moet hy ’n gat in die kokon vreet, wat beteken dat die sydraad beskadig word. Dus moet die kokonne “verwerk” word voordat die papie in ’n mot verander. Dit beteken egter dat die papie doodgemaak moet word.

Net enkele van die papies word toegelaat om motte te word wat dan weer moet eiers lê vir die volgende generasie wurms. Die ander kokonne word in warm water of stoom gesit om die serisien wat die draadjie heg om ’n kokon te vorm, op te los.

“Daarna word die punt van die sydraad met draaiende borseltjies opgevang. Afhangende van die dikte wat verlang word, kan sydraadjies van twee of meer kokonne gekombineer word om ’n enkele draad te vorm. Die draad word droog gemaak terwyl dit op die tol gedraai word. Die rou sy word weer opgedraai, op ’n groter tol, om ’n string van die verlangde lengte en gewig te kry.”

Sy se belangrikste kenmerk is die sagte tekstuur daarvan. As die serisien nie van die sydraad verwyder word nie, voel dit grof en sal dit nie maklik gekleur kan word nie.

“Die kleurproses is ook belangrik. Dit is maklik om sy te kleur. Die struktuur van fi broïen stel kleurstowwe in staat om diep in die vesel in te dring, wat baie goeie kleurvastheid tot gevolg het. Daarbenewens het sy, anders as sintetiese vesels, positiewe sowel as negatiewe ione, wat beteken dat byna enige kleurstof goeie resultate sal oplewer. Sy kan as ’n draad gekleur word voordat dit op ’n weefraam geweef word of as ’n stuk materiaal na die tyd.“Hoewel die meeste sy tans in lande soos China en Indië vervaardig word, neem die haute couture van Frankryk en die modeontwerpers van Italië nog steeds wêreldwyd die voortou in syontwerpe. Vandag is daar natuurlik talle goedkoop kunsvesels, soos rayon en nylon, aan die kleremark beskikbaar. Maar sy het nog steeds geen gelyke nie. Selfs met vandag se wetenskaplike vooruitgang, kan sy nie gesintetiseer word nie. Ons weet alles daaromtrent, van sy molekulêre formule tot sy struktuur. Maar ons kan dit nie namaak nie.”

Juis vanweë hierdie unieke eienskap bly sy ’n wonder van sy eie en juis as gevolg daarvan sal ’n mens dus volgende keer wanneer jy dit oorweeg om ’n

kledingstuk van egte sy te koop, nie so groot skrik as jy die prysetiket sien nie, of as jy ’n egte syserp as geskenk ontvang, selfs soveel meer respek daarvoor hê!

Bron: http://wol.jw.org

Versorging van sy• Was: Dit is gewoonlik die beste om sykled-

ingstukke te laat droogskoonmaak. As jy dit by die huis was, gebruik ’n neutrale wasmiddel in warm water (teen ongeveer 30 grade Celsius). Werk saggies, en moenie die materiaal knie of uitwring nie. Laat dit lugdroog word.

• Stryk: Sit ’n lap tussen die sy en die strykyster. Probeer om in die rigting van die grein te stryk, by ’n temperatuur van ongeveer 130 grade Celsius. Gebruik slegs ’n bietjie stoom, indien enige.

• Vlekverwydering: As ’n noodmaatreël, sit die symateriaal met die regte kant na onder op ’n droë stuk lap. Tik dit van agter met ’n klam lap; moet dit nie vryf nie. Laat die kledingstuk dan droogskoonmaak.

• Berging: Vermy vogtigheid; wees versigtig vir motte en vermy blootstelling aan lig. Gebruik hangers wat met spons bedek is of bêre dit plat met so min voue as moontlik.

So lyk ‘n spinwiel. Die kokon se draaitjie word om die wiel geplaas en met die draai van die tol word

die sy van die kokon afgerol.

motte en vermy blootstelling aan lig. Gebruik hangers wat met spons bedek is of bêre dit plat

Page 47: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Tristar die tuiste van die

soete aarbei

deur Deléne Snyman

SOETE-BOERDERY

Die aarbei. ’n Vrug wat dadelik jou mond laat water; ’n vrug wat jou herinner aan sjampanje en lekker tye; die ster van alle vrugte. Daarom is dit gepas dat Armand de la Porte sy

aarbeiboerdery Agristar noem. Maar moenie dink dat hierdie landbougewas nie sonder sy eie dorings is nie!Armand de la Porte het in 1989 met aarbeie begin boer. Hy het die agtergrond vir boerdery gehad wat hy aan die Settlers Landbouskool en Potchefstroom Landboukollege verwerf het, maar hy het ook oor

die ervaring beskik wat hy op verskeie blomplase opgedoen het. Toe hy in 1994 die stuk grond betrek waarop hy vandag steeds boer, het dit aan iemand anders behoort en was daar geen infrastruktuur nie. Hy het verbeteringe aangebring, opgraderings gemaak, store opgerig en landerye gevestig. Eers tien jaar later kon hy die grond koop en sy belegging beveilig. Vanuit die staanspoor was aarbeie die hoofgewas wat hy aangeplant het, met kuilvoer, spinasie en ander gewasse wat die kontantvloei aangehelp het.

Volgens Armand is die grootste probleem van ’n aarbeiboer die feit dat dit ’n luukse produk is. As ’n huisvrou ’n begroting moet laat klop, sal sy verby die aarbeie stap. Behalwe vir die plaaslike Fruit&Veg op Bela Bela en Jan Publiek wat sommer op die perseel kom koop, lewer hy uitsluitlik op die Johannesburgse Mark. Sy produkte is gewoonlik uitverkoop want Agristar is bekend vir die kwaliteit vrug wat geproduseer word. Aarbeie word egter ook vanuit Zimbabwe ingevoer teen ’n baie laer prys as wat Suid-Afrikaanse boere dit kan lewer wat ook ’n negatiewe uitwerking op veral die kleiner boer, soos Armand, het.Omdat aarbeie ’n arbeidsintensiewe produk is, gaan kleiner boere gebuk onder geweldige fi nansiële druk. Aarbeie word met die hand geplant, met die hand versorg, gepluk, verwerk en verpak. Omdat dit maklik bederf en sensitief van aard is, moet dit met “sagte hande” hanteer word. Daarom het Armand tussen 25 en 60 hoofsaaklik vroue in diens. Hy het ’n aansporingskema vir die werkers ontwikkel wat produktiwiteit verhoog sodat hy loonstygings kan absorbeer.

Daarbeiboerdery Agristar noem. Maar moenie dink dat hierdie landbougewas nie sonder sy eie dorings is nie!

Armand de la Porte in die aarbeiland

Page 48: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 48

Agristar beskik ook oor ’n kwekery van aarbeiplantjies wat hy dan self gebruik of verkoop. Kweking word by ’n laboratorium in Pretoria gedoen waar proefbuisvermeerdering gedoen word. Armand doen dan verdere vermeerderings uit hierdie plantjies. ’n Aarbeiplant is meerjarig maar Armand plant jaarliks nuwe plante aan aangesien dit ’n beter oes verseker.Planttyd geskied binne ses weke vanaf begin Maart. Twee maande en twintig dae later kan begin word om die vrugte te pluk. Tafelaarbeie word dan gepluk tot middel Oktober. Vrugte wat daarna nog gepluk word, word verwerk en gevries vir hoofsaaklik die maak van jogurt en tertvulsels.

Die vries van die aarbeie geskied binne 62 minute op ’n meganisasiestelsel wat Armand geïnstalleer het. Geen preserveermiddels word bygevoeg nie en geen gasse word gebruik nie sodat die vrug in sy natuurlike kleur en vorm behoue bly en individuele gevriesde vrugte gebruik kan word. ’n Maatskappy in Gauteng koop meeste van die verwerkte produk maar dit word ook aan ander kopers voorsien.Tamatieboere sal kan identifiseer met die probleme van ’n aarbeiboer. Veldmuise en voëls doen die meeste skade aan die vrug maar rooispinnekop, blaarvlek en ander swamme en peste kom ook voor. Daarom is dit maar raadsaam om altyd vars produkte te was voordat dit geëet word.

A & J Delights – ’n soete uitvloeiselOmdat dit belangrik is om alles wat geproduseer word te benut, het Armand besluit om die boerdery verder te neem. Aanvanklik wou hy konfyt kook en bemark, maar toe die resepte nie uitwerk nie, het hy ’n lekkergoedaanleg gekoop en begin om self lekkergoed van die aarbeie te maak. Maar hy maak veel meer as net aarbeirolle. Ander vrugtelekkers van ander vrugtevesel word ook op die perseel vervaardig. Vrugtelekkers word in blokkies, wieletjies en rolletjies gemaak en verkoop. Sy produk is van Keimoes tot Port Elizabeth, van NTK Polokwane tot oral in Gauteng te koop.

Van die masjiene wat daarvoor gebruik word, is doelgemaak vir sy behoeftes. Alles word in uiters higiëniese toestande vervaardig, geberg en verpak sodat hierdie produkte ook van die hoogste gehalte is.

Sy toerusting en vervaardigingsaanleg is deur die Departement van Gesondheid goedgekeur ten opsigte van ‘Food Proccessing Premises’-vereistes en is ook Halaal geakkrediteer.

Die lekkergoed is ’n lekker besigheid! Daar is min veranderlikes of onsekerhede by die vervaardiging hiervan. Die resepte is beproef, die bestellings bestendig en die produk is ’n lekker lekkerte! Armand beplan uitbreidings in hierdie been van sy besigheid.

Die soet en suur van landbouTristar Boerdery benut gewis die aarbei. Of dit nou as tafelvrug, verwerkte produk of lekkergoed is. Daar is dames wat kom aankoop om konfyt te kook en selfs ’n oom wat van die tweedegraadse produk kom koop om mampoer mee te stook. “Jy kan dit dus eet, op jou brood smeer of daarmee dronk word!” sê Armand tong in die kies! Aarbeie is ’n soete gewas!

Aarbeie kan met groot sukses op ’n relatief klein stukkie grond geproduseer word. Elke meter op Armand se grond word optimaal benut. Die sukses van die boerdery lê natuurlik opgesluit in die kwaliteit van die produk wat gelewer word.

Vir Amand de la Porte is dissipline die hoeksteen van sy boerdery. Hy het vir baie jare karate gedoen en skouers geskuur met die beste in die wêreld in hierdie

Vrouens pluk die vrugte

Vrugte word in enkellaag gepak

Lekkergoed in wording

’n Verskeidenheid produkte

Page 49: Die Pad Saam Des_Jan.indb

sportsoort. Daar (en natuurlik in die weermag) het hy die waarde van dissipline geleer en pas hy dit in sy boerdery toe. Almal moet gehoor gee aan die higiënevoorwaardes van die boerdery – besoeker of werker. Almal moet deelneem aan gehalte-inspeksies, aan produktiwiteitsmeting, aan basiese standaarde, reëls en regulasies as jy by Agristar betrokke is. Boerdery is ’n besigheid en hoe meer intensief jy boer, hoe hoër is die dissiplinefaktor.Armand sê as jy ’n boer is, moet jy weet jou titel is nie “meneer” nie; jy is ’n werktuigkundige, ’n dokter, ’n vrederegter, ’n inspekteur, ’n sielkundige en vele meer. Ongeag met watter gewas jy boer, landbou is nie ’n maklike bedryf nie. As jy met aarbeie boer, is die resultaat net soveel soeter!

Vars aarbeie – vir meer as net jou nagereg(Bron: RSG GROEN KOMBUIS – HELEEN MEYER)

Aarbeie is ’n wonderlike seisoenvrug wat in die lente en vroegsomer volop beskikbaar is in Suid-Afrika. Baie mense assosieer dit met nagereg, vrugteslaai of garnering, maar die moontlikhede met hierdie rooi vruggies strek veel verder. Ja, dis heerlik vir ontbyt, in gebak, as deel van ’n kaasbord of in ’n smoothie, maar dis ewe lekker in ’n slaai of as deel van ’n ligte maaltyd, want dit is ewe lekker by soet en sout smake. Terwyl dit maklik bekombaar en meer bekostigbaar is, moet ons soveel moontlik daarmee doen. Hierdie tyd van die jaar is dit een van die ‘groener’ keuses om te maak, want dis ’n seisoenvrug en van plaaslike boere beskikbaar. Die kosmyle wat die aarbeie afgelê het, is dus heelwat laer as ingevoerde opsies gedurende ander tye van die jaar. Aarbeie is ook lekker gesond, met hoë vlakke vitamien C en ander vitamiene en antioksidante.

Aarbeie is baie delikaat in geur en tekstuur en moet daarom nie met ander bestanddele gekombineer word wat te oorheersend is nie. Moet dit ook nie net met nagereg en soet smake voorsit nie, want dan is ’n mens geneig om dit te soet of te ryk te maak, wat eintlik onnodig is. Die vruggies moet verkieslik nie afgewas word nie, omdat dit die water absorbeer en dan vinnig bederf en ook nogal hul geur verloor – jy was dit letterlik uit. As dit regtig sanderig is, kan jy dit afwas net voor jy dit gaan eet. Bêre aarbeie op kombuispapier in ’n lugdigte houer en verkieslik nie in plastiek nie, want dit sweet en bederf dan maklik.

Vruggies met hul stingels aan bly ook langer vars. Moenie in die versoeking kom om die stingels af te sny as dit nie regtig nodig is nie, want dan verloor ’n mens onnodig baie vleis. Sit dit so met stingel en al voor of trek die stingels net af.

Hier is ’n paar lekker idees om daarmee te maak:• Sit dit voor met amper enige suiwelproduk van jou

keuse, vir ontbyt of nagereg, afhangend van jou keuse van produk.

• Dis heerlik in ’n smoothie met ander bessies, sap en ys of ’n kombinasie van ander vrugte.

• Gebruik heel aarbeie as ’n vars element op ’n bord vol peuselhappies.

• Dis perfek in ’n eenvoudige groen slaai met komkommer, ertjies, aspersies, avokado en boontjies en pas perfek by ander vrugte soos druiwe of perskes wat ook in die slaai gebruik kan word.

• Pak vars aarbeie in lae met sjokoladekoek en ongegeurde jogurt, sprinkel gemaalde kaneel liggies tussen die lae en voeg neute by, as jy daarvan hou.

• Aarbeie pas heerlik by salm, koue ham of gerookte pepermakriel – gebruik dit saam op ’n toebroodjie, soutkoekie of op stokkies geryg vir ’n skemerkelkhappie.

• Verpulp ryp aarbeie en vries in ysblokkies om later in sap of ystee te gebruik.

• Oorryp-aarbeie is ideaal om ’n sous of puree mee te kook vir latere gebruik. Vries dit vir ’n nagereg wanneer aarbeie nie meer in seisoen is nie.

• Aarbeie en koue vleis of spek op ’n plaatkoekie of Franse roosterbrood is ’n heerlike ontbyt.

Voedingswaarde van vars aarbeie 1 koppie 144 gram Kalorieë: 46 GI: laag

Voedingswaarde Hoeveelheid DRI/DV

(%) Digtheid van

voedingswaarde Gradering volgens wêreld

se gesonde voedsel

Vitamien C 84,67 mg 112,9 44,1 Uitstekend

manganese 0,56 mg 28,0 10,9 Uitstekend

Vesel 2,88 g 11,5 4,5 Baie goed

Jodium 12,96 mcg 8,6 3,4 Baie goed

folate 34,56 mcg 8,6 3,4 Baie goed

Koper 0,07 mg 7,8 3,0 Goed

potassium 220,32 mg 6,3 2,5 Goed

Biotien 1,58 mcg 5,3 2,1 Goed

Fosfor 34,56 mg 4,9 1,9 Goed

Magnesium 18,72 mg 4,7 1,8 Goed

Vitamien B6 0,07 mg 4,1 1,6 Goed

Omega-3 olies 0,09 g 3,8 1,5 Goed

GEBAKTE KAASKOEK MET AARBEIE

Lewer een middelslagkaaskoek

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Verkoeltyd: 2-3 uur

KORS

1 pakkie (200 g) Tennisbeskuitjies, fyn gemaak

30-45 ml (2-3 e) gesmelte botter of margarien

VULSEL

1 bakkie (250 g) gladde maaskaas

1 blikkie (385 g) kondensmelk

125 ml (½ k) suurlemoensap of na smaak

250 g aarbeie, gehalveer vir versiersel

Voorverhit die oond tot 180 °C.

KORS: Meng die Tennisbeskuitjies en botter en druk vas

in ’n losboompan van 20 cm.

VULSEL: Meng al die vulselbestanddele goed saam en giet

in die voorbereide kors.

Bak 15 minute. Laat afkoel en verkoel tot gestol.

Versier met aarbeie.

WENK

Gebruik enige bessies vir versiering, selfs bevrore. Maak

’n compote deur dit saam met ’n bietjie suiker tot

stroperig te kook en skep op die koek.

maaltyd, want dit is ewe lekker by soet en sout smake.

GEBAKTE KAASKOEK MET AARBEIE

Lewer een middelslagkaaskoek

Gaarmaaktyd: 15 minute

1 pakkie (200 g) Tennisbeskuitjies, fyn gemaak

30-45 ml (2-3 e) gesmelte botter of margarien

Page 50: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 50

Die behoefte bestaan dikwels by boere vir kleiner hoeveelhede van bekende groentevariëteite wat normaalweg deur kommersiële groenteprodusente aangeplant

word. Tans is kleiner verpakkings groentesaad wel beskikbaar, maar dit is hoofsaaklik gerig op die huistuinier en bestaan grootliks uit variëteite wat uitsluitlik geskik is vir huisverbruik. Sakata het hierdie leemte in die mark geïdentifi seer en stel nou ’n reeks beskikbaar vir boere wat ’n goeie beproefde variëteit op ’n kleiner skaal wil aanplant.

Die reeks staan bekend as die “Molemi Tin” – wat in Afrikaans beteken “Boere Blik” – en die saad is in ’n klein verseëlde blikkie verpak met ’n foto van die variëteit in die blikkie. Hierdie reeks bestaan uit variëteite wat werklik daagliks in aanvraag is en sluit onder andere die volgende bekende wenner-variëteite in:

Tuinbeet - Globe Dark Red: Hierdie staatmaker is bekend vir sy aanpasbaarheid en is veral geskik vir produksie in die somermaande en in matige gebiede. Die bolle is rond terwyl die vleis ’n diep, donkerrooi kleur het sonder draderige wit ringe.

Kopkool - Drumhead: bekend vir sy besonderse aanpasbaarheid en algemene siekteverdraagsaamheid. Ideaal geskik vir warmweerproduksie en kan hoë hittetoestande baie goed hanteer.

Tamatie - Floradade: Hierdie sterk plante word ongeveer 90 cm hoog en dra aantreklike, eenvormige vrugte van ongeveer 180 g groot. Floradade beskik oor goeie algemene siekteweerstand.

Botterskorsie - Waltham: Slegs ingevoerde Waltham-saad word gebruik wat siektevry is. Hierdie saad word vanaf die oorspronklike maatskappy wat Waltham geselekteer het verkry, wat uitstekende kwaliteit eenvormige vrugte dra.

Lemoenpampoentjie - Smarag: Hierdie variëteit is self deur Sakata geselekteer en verkleur nie maklik nie. Die belangrikste eienskap is dat dit nie soos die algemeen bekende variëteite maklik geel verkleur nie. Verder word hierdie variëteit gekenmerk deur sy uitstekende smaak en die skil wat nie so maklik hard word nie.

Pampoen - Flat White Boer Ford: Die vrugte is besonders smaaklik en aantreklik.

’n Volledige beskrywing van die variëteite kan vanaf Sakata se hulplyn verkry word sodat die kleinboer kan seker maak dat hy die variëteit plant wat geskik is vir sy teikenmark. Bel ook die hulplyn vir verdere inligting. Die Molemi-reeks bestaan uit:

Beet - Globe Dark Red, Crimson GlobeBlaarslaai - Great Lakes 659Bone - Wintergreen, ContenderBotterskorsie - WalthamKool - DrumheadKoolraap - Giant EnglishLemoenpampoentjie - SmaragMosterd - Florida BroadleafMurgpampoentjie - CasertaOkra - Clemson SpinelessPampoen - Flat White Boer FordRaap - Early Purple Top GlobeSjinese Kool - ChihilliSnybeet - Fordhook GiantSoetrissies - California Wonder 300TMPSpanspek - AdoreTamaties - Roma VF, Rodade, FloradadeUie - Australian Brown, Red Creole, Texas Grano 502PRRWaatlemoen - All SweetWeikool - Chou MoellierWortels - Cape Market, Chantenay Karoo, Kuroda

AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die fi siologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat te wyte aan enige oorsaak ook al mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.

Sakata se nuwe saadverpakking maak voorsiening vir die kleinboer

Noem een van Sakata se nuwe produkte vir die kleinboer vir ‘n kans om geskenkpak ter waarde van R100 te wen.SMS jou lidnommer gevolg deur die antwoord na: 082 670 6502

Page 51: Die Pad Saam Des_Jan.indb
Page 52: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 52

Page 53: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 53

Page 54: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 54

Desember, sand, see, sonskyn en tuinmaak!Vir diegene wat gelukkig genoeg is om vir die vakansie weg te gaan, sluit ons in hierdie uitgawe ’n paar nuttige wenke in en vir die tuisblyers raad oor hoe om jou tuin feestelik om te tower.

Peste en plae

Ongelukkig gaan peste nie op vakansie nie; hulle vier wel fees op jou pragtige plante. Drie probleme wat wel kan kop uitsteek is grasperkruspes, wurms op die Clivias en varkore wat vrek. Laasgenoemde is veral nou erg. Volgroeide varkore se blare verdof en punte rol op waarna die plant vrek en begin verrot. Die tekens van swamme en larwes in die bolle is sekondêr. Die primêre oorsprong is ’n bakteriese infeksie in die wortelarea. Behandel plante deur Virikop van Efekto (’n benatbare poeier-swamdoder met bakteriedodende eienskappe) met water in ’n emmer te meng en die grond om plante met die oplossing te deurdrenk. Grasperke moet nou met Wonder 4:1:1 met Karba (’n kunsmisstof met doder vir wurms ingesluit) bemes word. Spuit Clivias met Efekto Garden Ripcord vir amarillawurms.

Wenke vir dié wat weggaan

Huisplante in groot potte behoort vir ’n maand lank te hou, mits hulle goed natgegooi is voor vertrek en die grondmengsel waterabsorberende kristalle bevat (Terrawet-kristalle). Kleiner potte kan bloot in ’n wasbak of bad met 3 cm water daarin geplaas word. Reël met iemand om die gras te sny vir sekuriteitsredes. Sprinkel Sluggem- of Snailban-korrels tussen plante en plaas snywurmlokaas tussen jong plantjies voor vertrek. Maak seker dat ’n vriend die elektroniese besproeiingstelsel gereeld nagaan vir skade deur weerlig om onnodige watervermorsing te vermy. Ornamentele fonteintjies wat gereeld opgevul word, moet liefs afgeskakel word as jy vir ’n lang tyd weg gaan wees. Stut standaardboompies (“lollipops”) en dun jong boompies stewig met staalpenne teen stormskade. Sny gesnoeide heinings, standaard en enige ander

topiarie-plante sterk terug. Voer alle houerplante met stadigvrystellende Sprinkle Grow Plus voor vertrek. Maak seker dat alle stormwaterpype en afvoerkanale skoon en sonder blokkasie is. Spuit rose voor vertrek met Rosecare vir swartvlek, skimmel en plantluise.

Vir die tuisblyers

Niks is vinniger en beter vir feestelike kleur as impatiëns nie. Hitte en reën is hulle kos. As jy dus laat geslaap het, plant nou impatiëns. Binne drie weke sal jy ’n massa wit en rooi impatiëns hê om mee te spog. Sonnige areas kan weer petunias of begonias in rooi en wit of rooi salies en hanekamme kry. Plant groot plate van die nuwe rooi Flower Carpet-roos of gee dit as ’n geskenk in sy netjiese pot met beskrywing. Potte met eksotiese New Guinea Impatiens, Fiesta- dubbel-impatiëns of die nuwe elegante Fire Fly- mini-impatiëns by die voordeur, op die stoep of onder die lapa skep ’n wonderlike vakansieatmosfeer. Rooi poinsettias is natuurlik die algehele gusteling in die huis en op die Kerstafel. Poinsettias hou hul kleur lank maar moet nie te veel water kry nie. Hulle is beskikbaar in klein potjies vir tafelrangskikkings of geplant in breë plat houers vir effek.

Egte kersbome is natuurlik altyd die beste en verskillende groottes is beskikbaar. ’n Gewilde alternatief is die gebruik van ’n minikersboom op die tafel. Die Gold Crest-konifeer met sy digte, fyn loof en pragtige goudgeel voorkoms is altyd ’n wenner. Gebruik die konifeer saam met rooi poinsettias vir ’n ongeloofl ike effek.

Bron: http://www.easterntimes.co.za/jou-tuin-in-desember/

Jacques van Niekerk van die Safari Tuinsentrum in Pretoria

JOU TUIN IN DESEMBER

Page 55: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 55Die Pad Saam | 55

Tuberkulose, tering of TB is een van daardie siektes wat vir eeue reeds sy tol aan menselewens eis. Die goeie nuus is dat danksy die ontwikkeling in die mediese veld, hierdie siekte vandag met welslae behandel kan word indien dit gou genoeg gediagnoseer word, en pasiënte die voorgeskrewe behandeling nougeset volg. Hannelie Cronjé het meer oor TB gaan nalees.

Op die webblad www.mieliestronk.com lees ons dat ene Robert Koch in 1882 in Duitsland die teringkiem onder die mikroskoop uitgeken het. Dit is nou reeds

132 jaar later en die stryd teen hierdie gevreesde siekte duur steeds voort.

“Maar nou is daar ’n doelgerigte internasionale inisiatief om hierdie groot mensemoordenaar behoorlik vas te vat ... die dodelike, piepklein bakterie wat slegs drie duisendstes van ’n millimeter lank is...,” lees ons daar.

Dit is skokkend om te verneem dat daar gemiddeld elke 15 sekondes iemand iewers in die wêreld die stryd teen hierdie siekte verloor. “Omdat dele van hul longe in die meeste gevalle vernietig is, kwyn die lyers tragies weg. Hulle hoes bloed en worstel koorsig om asem te haal. Ná soveel lyding is die dood dikwels eintlik ’n welkome uitkoms.

“Waar die siektekieme die brein binnedring, volg weer ’n verskriklike stryd weens harsingkoors. Of as die kieme ’n slagoffer se beendere of ander liggaamsdele infekteer, kan ’n ewe ontstellende einde op die lyer wag. Maar die groot hartseer by die ellende is dat dit alles gebeur weens ’n siekte wat voorkombaar is. In verreweg die meeste gevalle is hierdie potensieel dodelike beproewing ook heeltemal geneeslik.

“Die naam tuberkulose is afgelei van kenmerkende knoppies, genaamd tuberkels, waarin die basille (staafvormige bakterieë) vasgevang word.” Die rede hoekom tuberkulose (TB) ook tering genoem word, is omdat dit die liggaam letterlik laat uitteer.“TB word deur die bakterie Mycobacterium

tuberculosis veroorsaak, en elke jaar sterf ’n paar miljoen mense as gevolg daarvan. Dit is ook een van die grootste doodsoorsake van mense wat MIV-positief is. Boonop is TB ’n veel groter mensemoordenaar as malaria.

“Nege miljoen nuwe gevalle kom jaarliks voor, en wat dit des te skrikwekkender maak, is dat die persentasie tuberkulose-infeksies in Suid-Afrika onder die hoogste ter wêreld is. Daarvan is ons gesondheidsowerhede deeglik bewus en baie word ter voorkoming van die siekte gedoen en om lyers te help nadat volwaardige TB gediagnoseer is.”

Hoe versprei TB?

TB is eerstens ’n siekte van die asemhalingstelsel. Daarom word dit gewoonlik deur hoese en niese versprei, maar ook wanneer lyers skreeu of sing! Hierdie miniatuur bakterieë sweef in die lug saam met die vogdruppels wat vrygestel word wanneer lyers hoes, nies, skreeu of sing en word dan deur ander mense rondom hulle ingeasem.

“Mense wat naby ’n lyer is, kan die TB-kieme inasem, miskien selfs kieme wat in stof aanwesig is nadat ’n lyer op die grond gespoeg en die speeksel droog geword het. Die grootste gevaar is egter om ’n bed of woonruimte met ’n teringlyer te deel.

“Verspreiding kan ook deur die spysverteringskanaal opgedoen word, met ander woorde deur kos of drank in te neem wat deur ’n lyer besmet is.

“ ’n Infl ammasie ontstaan in die long of derm, van waar die limfkliere, wat die gebied dreineer, ook betrek word. Besmetting van die dermkanaal was

Page 56: Die Pad Saam Des_Jan.indb

vroeër meer algemeen as vandag, deurdat die melk van beeste met tering gedrink is. Die mens word tans egter meestal hierdie bron van besmetting gespaar aangesien tering by beeste grotendeels uitgeroei is.

“Ontstellend genoeg kan TB-kieme selfs in jou liggaam lewe sonder dat jy daarvan siek word. Dit word TB-infeksie genoem. Jou immuunstelsel hou die TB-kieme in toom met spesiale kiemvegters. Hulle keer dat die TB-kieme die oorhand oor jou gestel kry. Hoewel ’n derde van die wêreld se mense sulke kieme in hul liggame het, kom die siekte by ’n betreklik klein persentasie mense voor.

“Dis eers wanneer die geïnfekteerde mens se immuunstelsel om die een of ander rede verswak raak, dat TB-infeksie tot aktiewe TB kan ontwikkel.”

Dit is uiters noodsaaklik dat mense wat deur die kiem geïnfekteer is, mediese behandeling ontvang, anders is die dood onvermydelik.

Daar is darem ’n stukkie goeie nuus ook: “Hoewel TB deur die lug versprei soos hierbo beskryf, moet ’n mens darem gewoonlik lank die besmette lug inasem voordat jy tuberkulose sal kry.

“Daarteenoor is al bereken dat elke TB-lyer wat nié behandeling ontvang nie, waarskynlik elke jaar tien tot vyftien ander mense sal besmet.”

Simptome

Volgens hierdie webblad, is die simptome wat op tuberkulose kan dui, die volgende:“Wanneer jy:• swak voel;• jou eetlus verloor;• gewig verloor;• ’n koors het of• snags baie sweet.

“Hierdie tekens kan etlike weke lank voortduur. As jy nie behandeling ontvang nie, word hulle gewoonlik erger.

“Indien die TB in jou longe is, kan jy:• baie hoes;• baie slym uithoes;• bloed hoes of• pyn in jou bors hê wanneer jy hoes.

“As jy TB in ’n ander deel van jou liggaam het, sal die simptome vanselfsprekend anders wees. Slegs ’n dokter of opgeleide gesondheidswerker kan vasstel of jy inderdaad tuberkulose het.”

Hoe word TB-infeksie of volwaardige TB vasgestel?Dokters kan TB diagnoseer deur:

• Sputum te ondersoek (die slym wat opgehoes word);

• ’n PKR-bloedtoets te doen;• X-strale van die longe te neem; en• Soms word die diagnose gemaak op ’n

weefselbiopsie, wanneer die siekte op ’n ongewone plek voorkom.

Dit gebeur dikwels dat lyers onder kwarantyn geplaas word om die moontlikheid van die verspreiding van kieme te voorkom of dan te beperk. Volgens hierdie bron is die kwarantyntydperk nie baie lank nie, want sodra medikasie gebruik word, sal die lyer nie meer ander mense aansteek nie.”

TB kán genees word

“Danksy spesiale middels wat die bakterie Mycobacterium tuberculosis doodmaak, is TB vandag ’n geneeslike siekte. Tog is die TB-kieme baie sterk. Dit duur minstens ses tot nege maande voordat die medikasie al die bakterieë uitgewis het. Dit is baie noodsaaklik dat pasiënte nie sal ophou om hul medisyne te gebruik nie. Indien die medikasie te gou gestaak word, is daar ’n groot probleem. Die TB-kieme wat steeds aktief is, raak selfs sterker. ’n Mens het dan sterker middels nodig om hierdie ‘super’-kieme dood te maak, iets wat nie nodig sou gewees het as die oorspronklike medisyne getrou gesluk is nie.”

Wat is die stand van sake in Suid-Afrika?

TB kom na berekening by 1 000 per 100 000 van die Suid-Afrikaanse bevolking voor – die hoogste voorkoms ter wêreld. Daar word gepoog om alle babas net na geboorte daarteen in te ent met die BCG-entstof wat ’n redelike mate van beskerming bied.

“Eintlik kan niemand seker wees dat hy of sy nooit TB sal opdoen nie. Mense van alle ouderdomme, nasionaliteite en sosio-ekonomiese groepe kan op die een of ander manier geïnfekteer raak.”

Page 57: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 57

Volgens die bron is toestande wat bevorderlik is vir die verspreiding van tuberkulose die volgende:

• Ondervoeding;• Swak sosio-ekonomiese omstandighede waar

’n groot aantal mense in klein woonplekke saamwoon;

• Swak ventilasie in woonplekke;• Aanhoudende nat, klam weer met min sonlig;• Mense wat nie eenvoudige maatreëls volg nie. Dit

sluit in: * Hou jou hand voor jou mond as jy hoes, of hoes

verkieslik met die mond teen die skouer;* Moet nooit in iemand se gesig hoes nie; en* Was gereeld hande.

Wanneer ’n persoon met TB gediagnoseer is en behandeling voorgeskryf word, word dit benadruk dat die behandeling presies volgens voorskrif moet geskied. Vir mense wat dit nie kan bekostig nie, word die medisyne gratis by klinieke gegee, dus is daar geen verskoning om nie behandeling te ontvang nie. Pasiënte wat nie die voorgeskrewe medisyne reg gebruik nie, loop die ernstige gevaar dat die kieme wat bly lewe ’n weerstand teen die siekte opbou. Dit maak dit dan nog moeiliker om hulle weer gesond te kry.

Hou die mense om jou ingelig oor die voorkoms van die siekte, die simptome daarvan en ook die beskikbaarheid van behandeling. Daar word wêreldwyd baie gedoen om hierdie gevreesde siekte hok te slaan, maar dit is nodig dat ons in ons klein kringetjie ook oplet na die mense om ons indien hulle van die gevaartekens toon.

Wanneer moet ek ’n dokter gaan sien?’n Hoofpyn, dubbelvisie, onverklaarbare knoppe, ’n aanhoudende hoes... Wanneer is dit dringend genoeg dat jy dadelik by ’n dokter moet uitkom?Die meeste van ons gaan nie graag dokter toe nie. Miskien voel ons môre beter. Ons wil nie ’n ophef maak nie. Ons wil nie hê daar moet aanmerkings oor ons rokery of ons gewig gemaak word nie.

Om die waarheid te sê, is om dokter toe te gaan een van die dinge waarteen die meeste mense die meeste opsien – dit lê êrens tussen om die garage te verf en jou kop hard teen die lae deurkosyn van die stoorkamer te stamp.

Maar daardie doktersbesoek kan jou lewe red. Vroeë ingryping in die geval van siektes soos kanker kan ’n enorme verskil maak. Dit is eenvoudig beter om jou oë toe te knyp en daardie afspraak te maak, as om maande lank wakker te lê en niks daaraan te doen nie.

Maar wat is die simptome wat enigiemand behoort te laat wakker skrik? En, nog belangriker, watter simptome is van so ’n aard dat jy sommer dieselfde dag ’n draai by jou huisdokter moet gaan maak?

1. ’n Konstante gehoes. As jy onlangs griep gehad het, sal jy vir ’n paar dae of selfs vir ’n paar weke aanhou hoes. Maar as jy ’n hoes het wat permanent sy intrek geneem het, is dit tyd om dokter toe te gaan. Dit kan een van verskeie dinge wees, van tuberkulose tot ’n borsinfeksie tot longkanker, om maar net ’n paar moontlikhede op te noem.

2. Rektale bloeding. As jou stoelgang donkerkleurig is en jy daarvan bewus raak dat daar gereeld bloeding uit jou anus is, maak daardie afspraak. Dit kan een van ’n hele aantal dinge wees, van nie-kwaadardig (bloeiende aambeie) tot baie ernstig (kolon kanker), maar moenie enige kanse waag nie.

Page 58: Die Pad Saam Des_Jan.indb

3. Verblindende hoofpyne. Almal van ons kry elke nou en dan hoofpyne, maar as jy gereeld van die werk af wegbly en vuistevol pynpille sluk, het die tyd vir aksie aangebreek. Dit kan iets heel eenvoudig wees, soos dat jy ’n nuwe bril nodig het of jou dieet of lewenstyl moet verander, of dit kan iets ernstiger wees. Vind liewer so gou as moontlik uit presies wat skort.

4. Visuele probleme. Almal se sig gaan met die ouderdom effens agteruit, maar as jou visie oornag wasig raak of enige ander radikale verandering ondergaan, gaan sien ’n oogspesialis of ’n neuroloog. Dit mag ’n kleinigheid wees, maar wie weet, miskien nie.

5. Koors. As jou liggaamstemperatuur sonder enige ooglopende rede kwaai fluktueer, vind dadelik uit wat verkeerd is. En as jy vir meer as drie dae koorsig is, gaan sien jou dokter.

6. Aanhoudende diarree. Of dit nou deur voedselvergiftiging of ’n virus veroorsaak word, diarree is gevaarlik. En hoe langer dit voortduur, hoe gevaarliker word dit omdat dit jou dehidreer. As jy gereeld diarree kry, of as dit vir meer as twee of drie dae aanhou, gaan dokter toe. As jou baba diarree het, moenie wag nie, gaan sien dadelik ’n dokter of verpleegster. Moenie versuim nie.

7. Borspyn. Dit is miskien iets onskuldig soos sooibrand, maar dit kan ook beteken dat jy hartprobleme het. As jy bo en behalwe benoudheid op die bors, ‘n pyn in jou linkerarm het, vergeet van jou huisdokter – gaan direk na die naaste noodeenheid toe. Dit is moontlik ’n hartaanval.

8. Nagsweet. Nagsweet is nie normaal nie – dit is dikwels ’n simptoom van tuberkulose, vigs of Hodgkin se siekte wat ’n soort limfkanker is. Doen dadelik iets daaraan.

9. Sere op geslagsdele. Dit is gewoonlik ’n simptoom van ’n seksueel-oordraagbare siekte. Dit moet nie geïgnoreer word nie, aangesien dit, buiten wat dit aan jou kan doen, ook oordraagbaar is.

10. Nuwe moesies. Die meeste mense het moesies êrens op hulle liggame. Indien die moesie van kleur, vorm of grootte verander, kan dit kwaadaardig word. Wees op die uitkyk vir nuwe moesies. Hulle sal nie van self weggaan nie en kan op die lange duur gevaarlik word.

11. Skielike spierswakheid. As jy ewe skielik sukkel om te staan, loop of balanseer, of as spiere wat die dag vantevore piekfyn was, skielik swak is, gaan sien ’n dokter. Dit kan byvoorbeeld Parkinson se siekte wees of miskien ’n ligte beroerte. En, ja, jong mense kan ook beroertes kry.

12. Asemhalingsprobleme. Skielike asemhalingsprobleme kan baie dinge beteken – van asma tot ’n allergiese reaksie, om maar net twee te noem. Asemhalingsprobleme kan vinnig lewensbedreigend word. Moet dit nie ignoreer nie.

13. Konstante urinering. Almal urineer ’n paar keer per dag, maar as jy twee of drie keer per nag begin opstaan om toilet toe te gaan, is daar fout. Dit kan prostaatprobleme wees of die begin van tipe 2 diabetes, of selfs net ’n blaasinfeksie. Maak liewer seker.

14. Knoppe en klonte. Of dit nou opgeswelde kliere of knoppe onder die vel is, hierdie soort ding moet nooit geïgnoreer word nie. Liewer bang Jan as dooie Jan. Dit kan net ’n ligte infeksie of ’n puisie of pitsweer wees, maar miskien is dit iets erger. Laat dit ondersoek.

15. Kroniese uitputting. Met ’n heeldagse gewerkery en die stres van ’n familie aan die gang hou, is dit verstaanbaar dat die meeste mense moeg is. Maar as jy skielik voel dat om soggens op te staan bomenslike inspanning verg, is dit dalk ’n teken dat daar fout is. Dit kan depressie wees, maar die uitputting kan ook ’n simptoom van iets anders wees.

16. Verlies aan belangstelling in die lewe. As jy of lede van jou familie vermoed dat jy depressief is, hoekom onnodig ly? Ons leef nie meer in die veertiende eeu nie en depressie kan behandel word. Die meeste mense wat selfmoord pleeg, ly aan depressie. Gee jou serotonienvlakke ’n hupstoot voor jy daardie vlak van desperaatheid bereik.

Bron: www.health24.com (Dr. Francois Retief)

Page 59: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 59

Personeel ontmoet Francois Froneman

Die doel van die roadshow wat onlangs na strategiese punte oor die hele NTK-gebied geneem is, was dat NTK se personeel die nuwe besturende direkteur, Francois Froneman, kon ontmoet en hy vir hulle. Maar dit was ook om NTK se personeel meer oor VKB/NTK te vertel. So kon personeel eerstehands sinvolle inligting bekom en vrae direk aan die belangrike rolspelers stel. Dit was ’n sinvolle roadshow vir bestuur en personeel.Daar is gekyk na die uniekheid van Limpopo ten opsigte van die omgewing, besigheid en ligging; na positiewe en negatiewe faktore in die landbou. Francois het personeel aangemoedig om te kapitaliseer op die positiewe en nie moedeloos te raak oor die negatiewe nie.

Potties hou Kierieklapperfees

Dis nou al ’n jaarlikse instelling op Potgietersrus: gedurende die laat winter, vroeë somer hou hulle Kierieklapperfees. En natuurlik was NTK daar! Nie net het NTK ’n stalletjie by die fees gehad nie; Manie Wessels, takbestuurder van NTK Potties, het gereël dat NTK se borde oral te sien was rondom die verhoog en biertuin. Jy kon beslis nie NTK miskyk nie.Vier van die tak se personeellede het die stalletjie beman. Dit was Ragel, Betsie, Jacqueline en René. Hulle het beslis die regte produkte fees toe gebring en veral die speelgoed en windbukse het groot byval onder die kinders gevind. As gevolg van die goeie ligging van die stalletjie (by die verhoog en by die biertuin) het NTK maksimum blootstelling gekry.Twee verskaffers het saam met die NTKners uitgestal. Dit was Fanie van ProTek en Christo van Prodist. Dit is hartseer om te berig dat Christo kort na die fees oorlede is. Innige simpatie aan sy familie en kollegas. Christo was altyd by die skoue en boeredae te sien en hy sal beslis gemis word in NTK-geledere.

Spanbou om potjiekoskompetisie

Meeste van die personeel van Nylstroom-handelstak het gaan help potjie maak by die plaaslike hoërskool ten tye van die Kwagga-fees. Die fees was ’n hoogtepunt op die skool se kalender en ’n potjiekoskompetisie is aangebied om fondse vir die skool in te samel.Die takbestuurder, Michael van der Merwe, het besluit dat die tak aan die kompetisie sal deelneem maar eintlik met die doel om bietjie spangees te bou. Hy het nie lank gelede nie die leisels van die tak oorgeneem en dit was ’n gulde geleentheid om saam te kuier, en dit vir ’n goeie doel.Met ’n cowboy-tema vir die hele geleentheid was NTK in die kol. Die NTKners het regtig moeite gedoen om die tema uit te beeld. Die potjie was baie lekker maar die samesyn nog lekkerder. Dit was nodig!

Woelig op Warmbad - Sterk manne

Hoërskool Warmbad se Graad 11-groep het onlangs ’n fondsinsamelingsprojek gehad ten bate van die matriekafskeid. Die projek was ’n sterkman-kompetisie en NTK se handelstak was een van die borge.Die kompetisie het groot byval by die gemeenskap gevind en NTK het beslis baie blootstelling gekry. En dit was groot pret! Oud en jonk se oë het gerek vir die

Nuus

Gerhard Erasmus, Abrie Wessels, Marcia Froneman, Andries Ferreira, Wynand Benadie, Riaan Gerritsen en

Francois Froneman

Die drie dames van NTK: Jacqueline, Betsie en RagelDie drie dames van NTK: Jacqueline, Betsie en Ragel

Chandreè, Michael en sy seunskindChandreè, Michael en sy seunskind

Woelig op Warmbad - Sterk manne

Hoërskool Warmbad se Graad 11-groep het onlangs

Chandreè, Michael en sy seunskindChandreè, Michael en sy seunskind

Page 60: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 60

dinge van die sterkmanne. Die projek het ook ’n potjiekoskompetisie ingesluit en NTK het die derde plek geborg. Met al die erkenning wat aan NTK gegee is, was NTK beslis die wenner van die dag!

Nuwe borde

Takke wat voorheen onder die LandMark-handelsnaam besigheid bedryf het, se naamborde is verander na NTK met die nou reeds bekende skakerings van groen logo. Dit lyk baie mooi en takke is bly om nou weer net NTK te wees.Warmbad was een van die eerste takke om te spog met die nuwe naamborde. En lyk dit nie pragtig nie!

NTK betrokke en sigbaar op Tzaneen

Letaba-skou

Die jaarlikse Letaba-skou was weereens ’n groot sukses en het mense van oral na die skougronde gelok. NTK was daar met pragtige New Holland-trekkers. Oudergewoonte was Jaco daar om die bemarking te doen.

NTK het ook watertenks en krippe geleen vir die skou en is hartlik bedank vir die positiewe gesindheid teenoor die skou in besonder en landbou in geheel.Die vee-afdeling het ook groot byval gevind en Merensky Landbouskool se Hugenote-bul het met die louere weggestap.

Hoërskool Merensky

NTK-koors loop hoog by Hoërskool Merensky! Aangesien dit ’n landbouskou is, is dit belangrik

dat NTK goeie betrekkinge met die boere van die toekoms handhaaf.NTK se trekkers was op uitstalling tydens een van hul groot geleenthede by die skool. Die jongmense was gaande oor die trekkers asook hul ouers en ander gaste van die dag. NTK is betrokke en sigbaar op Tzaneen!

Plaaslike kleuterskool

NTK Tzaneen het ’n JoJo-tenk geskenk vir die plaaslike kleuterskool. Dit was ’n welkome geskenk aangesien hulle drie maande sonder water was. Toe die stadsraad hoor dat NTK die tenk gegee het, het hulle binne twee ure water vir die kleingoed gehad. Behalwe takbestuurder Frikkie van Vuuren, was Elfas Modika en Simon Seale van NTK ook teenwoordig tydens die oorhandiging. Twee onderwysers en al die kinders het die tenk in ontvangs kom neem.Die skenking het beslis die kinders se lot drasties verbeter. NTK help graag!

NTK en VKB hou ekspo

Die jaarlikse VKB/NTK-ekspo was vanjaar weer by Weesgerus in Modimolle gehou. Verskaffers het ’n wye verskeidenheid nuwe produkte ten toon gestel. Takbestuurders, takpersoneel en personeel van Verkryging het die geleentheid gekry om produkte eerstehands te besigtig. Van hierdie nuwe items sal eersdaags in handeltakke beskikbaar wees. Besoek u naaste NTK- of VKB-tak sodat u eerste is om die nuwe produkte te koop. Daar is letterlik iets van alles by die handelstakke en VKB/NTK behoort u eerste keuse te wees vir Kersgeskenke.

Quintin, Freddy, Garth en Fanie

Nuwe naamborde by NTK se handelstak in Bela Bela

Takke wat voorheen onder die LandMark-handelsnaam besigheid bedryf het, se naamborde

NTK Tzaneen het ’n JoJo-tenk geskenk vir die plaaslike kleuterskool. Dit was ’n welkome geskenk aangesien hulle drie maande sonder water was. Toe die stadsraad hoor dat NTK die tenk gegee het, het hulle binne twee ure water vir die kleingoed gehad. Behalwe takbestuurder Frikkie van Vuuren, was Elfas Modika en Simon Seale van NTK ook teenwoordig tydens die oorhandiging. Twee onderwysers en al die kinders het die tenk in ontvangs kom neem.Die skenking het beslis die kinders se lot drasties verbeter. NTK help graag!

Quintin, Freddy, Garth en Fanie

Die jaarlikse VKB/NTK-ekspo was vanjaar weer by

Page 61: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 61

Ontmoet Jandré Potgieter

Jandré Potgieter is NTK se graanbemarker wat onlangs oorgeplaas is van Reitz na Modimolle. Na skool studeer hy by Pukke BCom Internasionale Handel en Bemarking en doen ook sy honneursgraad in dié studierigting.

Einde 2009 begin Jandré vir VKB werk en wel by die handelstak. Maar hy het nog altyd belanggestel in die werkinge van Safex en toe die geleentheid hom voordoen in VKB, het hy dit met altwee hande aangegryp. Intussen het hy die JSE-kursus gedoen en Safex-handelaarseksamen geslaag.

Die pos wat Jandré beklee, dra groot verantwoordelikheid en hy benader dit met erns. Herman Smit is sy senior en hy leer nog by hom. Hoewel alles op die ou einde nog die boer se besluit is, is Jandré daar in ’n raadgewende hoedanigheid. Hy moet risiko’s en geleenthede uitwys sodat die boer ’n ingeligte besluit kan neem.

Marken onder nuwe bestuur

Baie dinge het oor die laaste paar maande op Marken gebeur. Die winkel is opgradeer en ’n nuwe bestuurder is aangestel. Dinge gebeur op Marken!

Freddie RoosFreddie is verlede jaar aangestel en het die pos van assistentbestuurder op Warmbad beklee. Nou het Freddie die geleentheid gekry om sy eie tak te bestuur en hy gryp dit met albei hande aan. Freddie is meer as reg vir hierdie uitdaging en wil Marken tot nuwe hoogtes neem.Met ’n span wat lekker saamwerk en gretig is om van die winkel ’n sukses te maak, kan positiewe resultate nie uitbly nie. Marken gaan net van krag tot krag gaan!

Boeredag op Lehau is blou

Die New Holland-trekkers het op ’n streep in die land gestaan. Van klein na groot en almal reg vir aksie om die boere te beïndruk. En het hulle nie die boere beïndruk nie! Of dit nou net die trekker as sulks was, of die implement wat dit getrek het, New Holland is die trekker vir enige suksesvolle boer.

Kobus Oosthuizen het ’n boeredag op die plaas van Willem van der Walt op Lehau aangebied. Uitnodigings is betyds gestuur en boere wat die dag bygewoon het, kon meer van New Holland te hore kom sowel as van ander verskaffers wat die dag meegemaak het. Dit was NTK Meganisasie se kans om direkte bemarking onder die regte boere te doen.Wynand Benadie, bedryfsbestuurder van NTK, het met gebed geopen en daarna almal welkom geheet. Hy het ook vir Francois Froneman aan die boere wat hom nie ken nie, voorgestel. Wynand het Kobus Oosthuizen bedank vir die organisering van die dag. Hy het verskaffers bedank vir deelname en in besonder Willem van der Walt bedank wat sy grond beskikbaar gestel het. Daarna het die aksie begin en het die trekkers laat waai!

NTK en New Holland is ’n wen-kombinasie op enige plaas.

Vivo hou Boerebemarkingsdag

Dit is die hoogtepunt op Vivo se kalender: die Vivo Boere-bemarkingsdag ten bate van die plaaslike skool. NTK tree as hoofborg van die dag op.Die hele gemeenskap ruk op dié dag op om die skool te ondersteun. NTK is nou al sinoniem met die dag. Mariëtte is baie opgewonde oor die besoekers van hoofkantoor wat dit meegemaak het.Bedankings het ingestroom na afl oop van die fondsinsamelingsprojek want sonder NTK se ruim borgskap sou die sukses veel kleiner gewees het. Mariëtte doen dit graag want die boere en gemeenskap is vir haar belangrik en hul ondersteuning van kardinale belang.Maar dan aan die anderkant: NTK IS VIVO en VIVO IS NTK!

Links. Kobus Oosthuizen en Henk MichauRegs. Wynand Benadie en Maphuti Meso Links. Kobus Oosthuizen en Henk MichauLinks. Kobus Oosthuizen en Henk MichauLinks. Kobus Oosthuizen en Henk Michau

Links. Jandré Potgieter Regs. Freddie Roos

Links. Jandré Potgieter Links. Jandré Potgieter Links. Jandré Potgieter

Francois Froneman en takbestuurder Mariëtte Muller Francois Froneman en takbestuurder Mariëtte Muller

Page 62: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 62

VKB-week se gekombineerde rugbyspan maak Suid-Afrika trotsdeur Hannes Nienaber

Die rugbyspan wat ná afl oop van die VKB-week in Reitz gekies is, het in die onlangse skoolvakansie twee goeie seges op sy toer deur Engeland behaal. In die span se eerste kragmeting teen die Bishops Stortford van Oxford was die Suid-Afrikaners oortuigend met 66-14 baas. Die span se losskakel, Henco “Rambo” de Wet van Brandfort, het drie keer agter Stortford se doellyn gaan kuier en ook die enigste twee stelskoppe wat hy op die toer skeef gekorrel het, in dié wedstryd mis geskop. Hy het agt van die span se tien drieë in die kragmeting verdoel vir ’n persoonlike bydrae van 31 punte.

De Wet was een van die Suid-Afrikaners se uitstaande spelers op die toer. Hy en die skrumskakel van Zastron, Ruan Goosen, was saam met Suid-Natal se kantman, Brendon Rademeyer, die beste spelers op die toer. Teen Bishops Stortford het Rademeyer, Vlam Groenewald, Danie Muller, Lee-hane Ontong, JP Fourie, CJ van Heerden en WJ Crous die Suid-Afrikaners se ander drieë gedruk. In die tweede wedstryd in Cambridge teen Chinnor-rugbyklub se o.18-span het die toerspan met 38-5 as oorwinnaar van die veld gestap. Met die omdraaislag was die telling 17-5 in die Suid-Afrikaanse plattelandse span se guns.

Die skrumskakel, Goosen, het egter twee keer ná rustyd gaan druk om die wedstryd buite bereik van die tuisspan te plaas. De Wet het met al vyf doelskoppe en ’n strafdoel geslaag.

Dié span se ander drieë is deur Rayn van der Westhuizen, Danie Muller en CJ van Heerden gedruk. In die laaste kragmeting van die toer het dié Suid-Afrikaners egter teen Hampton Grammar se eerste span met 26-7 die knie gebuig.

Dié skoolspan word glo vanjaar as die vyfde beste span in Engeland gereken. Zastron se Stefan Nel het sy span se drie gedruk wat deur De Wet se getroue skopskoen verdoel is.

Qwa-Qwa was another wise decision

VKB’s decision to expand their retail operations into Qwa-Qwa has proven to be a huge success for the Group. The VKB branch in Qwa-Qwa has established itself not only as a supplier of agricultural products to farmers and smallholders in the region, but also caters for the needs of general retail consumers through a large selection of products.

The growth achieved in recent years has resulted in a request to expand the range of products, which required additional space and led to the relocation of the business to a more suitable site. The new site lends itself to the installation of fridges for the selling of Grain Field Chickens as part of the range.

VKB gee … aan CTK Kinderhuis Bethlehem

VKB, in samewerking met Deon van Rensburg van Nashua in Bethlehem, het Vrydag 17 Oktober die installering van ’n grootskermtelevisie en DSTV-dekodeerder amptelik bekend gemaak. Die gedagte van die televisie en dekodeerder het ten doel om kinders die geleentheid te gee om sekere programme en wedstryde saam met die huisouers te kyk en sodoende ’n meer interaktiewe atmosfeer te skep. André Odendaal van VKB se graanafdeling en Moses Maine, VKB se transformasiedirekteur, het 10 ton graan vir omruilmaal en R20 000 vir die aankoop van Grain Field Chickens-hoender by die plaaslike VKB-handelstak geskenk, om die spens by die CTK aan te vul.

Bogenoemde sou egter nie naastenby die betekenis gehad het as dit nie vir klein Jarno was, wat ’n krapperigheid in die oog gehad het nie. Die dankiesê-drukkie vir die omgee, nadat die stowwerigheid uit die oog gevee is en die skaam houding terwyl hy die geleentheid gekry het om saam met Cathy Symington en die borge op ’n foto te verskyn, het tesame met die opgewonde wuif toe ons vertrek het, die borgskap een van die mees spesiale geleenthede gemaak.

Qwa-Qwa

Hannes Olwage (Nashua), Moses Maine (transformasiedirekteur: VKB), Cathy Symington (CTK),

Deon van Rensburg (Nashua), Jan van der Walt (bemarkingsbestuurder: VKB) met klein Jarno

gemaak.

Hannes Olwage (Nashua), Moses Maine

Nuus

VKB gee … aan CTK Kinderhuis Bethlehem

VKB, in samewerking met Deon van Rensburg van Nashua in Bethlehem, het Vrydag 17 Oktober die

Page 63: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Die Pad Saam | 63

VKB win Diamond at PMR.africa Awards – Agriculture grain handling – adding value to agriculture produce

The purpose of the PMR.africa Awards is to create a global and unique marketing tool for the company, department and/or institution; to enhance excellence in industry; to set a benchmark in industry and to acknowledge personnel and staff – from the cleaner to the highest position in the organisation. Background The awards are indicators of a company, department or institution’s competencies.PMR.africa wants the companies to utilise the award, not as a marketing tool only, but also to thank the personnel and staff for creating the perception and reality out there that this company, department or institution is an undisputed leader in the respective industry.

After all, there is a successful team behind each successful and highly rated company, department or institution.

The awards are the culmination of a research process whereby companies and institutions are rated based on respondents’ perceptions with a strong focus on evaluating and measuring customer service and customer satisfaction.

Jack Radford (Manager: Grain Procurement) receives the award on behalf of VKB

Page 64: Die Pad Saam Des_Jan.indb

THE SUMMER

Basecamp Kiddies Chair

R14850

Basecamp DirectorsChair

R51900

Basecamp Kiddies

THE SUMMERValid from 21 November to 20 December 2014

Power Master Genrator 6.5KVA Petrol

Valid from 21 November to 20 December 2014

R6 35000

R2 62900

Defy Fridge/Freezer

R2 629

Pineware DesktopFan 40cm

R24400

Pineware PedistalFan 40cm

Brisan Booster PumpBS100/50 From R19790

VW Beatle, Open Land Cruiser, D/C ToyotaJeep Wrangler Toy Cars

R3 35900

Mirage F1 Briggs & Stratton

LawnmowerPetrol

R67900

Trimmer Wolf550W

R2 10900

Mirage F1 Electric Lawnmower 1800 Watt

R23800

R1 99900

Page 65: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Black & Decker Jump Starter & Compressor 200W

R1 65900

500W Black & DeckerHammer Drill with case

R45800

Black & Decker Screwdriver

R29400

Black & Decker Drill / Driver12V + 100pc Accessories

R72900

Black & Decker USBElectronic Charger

R14900

Black & Decker 900w115mm Angle Grinder

R29900

POWER TOOLS

Black & Decker 900w115mm Angle Grinder

with 3 discs

R48500

19pc Turbo MetalDrill Set

R43900

15pc Screwdriver set with interchangeable

blades

R10790

15pc Screwdriver set with interchangeable Stanley 8pc

Toolset

R29400

RubberHammer

R4590

Toolbox 32cm

R3400

Toolbox 48cm

R10500

25LStorage Box

R2850

60LStorage Box

R8200

25L

Denim ShortsSizes 32-48

R24900

Khaki Shorts SableSizes S -4XL

From R19900

Freestyle Karoo Mens Boots Sized 6-13

R49900

Kids T-Shirts

R13700

Adult T-ShirtsSizes S-XL

R14900

R105

HorseFly Mask

R7900

Economy Nylon Halter& Lead

R7750

2 Piece OverallSizes 32-50

R11100

Kids Overall

R17500

Long Black GumbootsSizes 6-12

R6290

Kids CamoGumboots

R13900

POWER TOOLS

500w Black & DeckerHammer Drill 9pc Accessories kit

R49900

Page 66: Die Pad Saam Des_Jan.indb

No Insect Indoors 375mlAnts, Cockroach, Flea & Bed-

bugs, Flying Insects

R3300

Alphatrin50ml

R5550

Knox Worm50ml

R4500

AquaFumigator 10g

R6200

Redtop FlycatcherRefi ll

R1450

Electro Bizz Insect Killer

R56400

Redtop 8LFlycatcher

R5690

Watex Hose Pipe12mmx20m

R10900

Bugger Off Lamps3 Pack

R19900

Roundup 1L

Roundup 5LR6790

R32600

Hose ReelCupboard

R7600

Watex Hose Pipe

20mm BrassGarden Tap

R9500

Eurolux InsectKiller Lantern

R16400

R5640000

Orbit Voyager GearDrive Pop-up Sprinkler

R9990

Energizer LED HitechTorch Combo Pack

R17800

LEDHeadlight

R8690

Energizer RechargeableSpotlight

R54900

Energizer batteryValue Pack Rechargeable

R157000000

JoJo Water Tank 2500L

R2 49900

Brisan Booster PumpBS700/24

R99900

Brisan Borehole Pump Kit SU08-300 0.37KW

Brisan Borehole Pump Kit SU08-600 0.56KW

Brisan Borehole Pump Kit SU10-600 0.75KW

Brisan Borehole Pump Kit SU12-150 0 0.37KW

Brisan Borehole Pump Kit SU12-300 0.56KW

R3 69900

R3 89900

R4 19900

R3 49900

R3 99900

BOREHOLE PUMPS

Brisan Borehole Pump Kit SU08-300 0.37KW

Brisan Borehole Pump Kit SU08-600 0.56KW

Brisan Borehole Pump Kit

Brisan Borehole Pump Kit SU12-150 0 0.37KW

Brisan Borehole Pump Kit

R3 699

R3 89900 R3 499

Brisan 50mm Petrol Pump Unit

R1 79900

DAB Booster PumpE.Sybox

R6 50000

Page 67: Die Pad Saam Des_Jan.indb

Afrox Handicooker Cylinder 6kg Empty

R56900

Basecamp Dual Zone25L Cooler Bag

R11100

Valid from 21 November to 20 December 2014

Basecamp 5L CoolerAdjustable Strap & Flap

R6490

Basecamp 5L CoolerAdjustable Strap

R5750

Basecamp Deluxe Camp Chair

R55800

All prices include VAT, except where indicated. VKB/NTK reserves the right to control quantities of any item offered for sale. All prices and illustrations were correct at time of going to print, however, VKB/NTK cannot be held responsible for any changes or

print errors that may occur.Products may differ from pictures

VKB Area: Ascent, Bethlehem, Cornelia, Daniëlsrus, Frankfort, Harrismith, Heilbron, Kestell, Lindley,Memel, Morgenzon, Oranjeville, Petrus Steyn, Qwa Qwa, Reitz, Senekal, Tweeling, Verkykerskop, Villiers, Vrede, Warden, Woudzicht.

VKB Tel: 087 358 8111 | Website: www.vkb.co.za |NTK tel: 014 719 9211 | Website: www.ntk.co.za

VKB Agriculture (Pty) Ltd is an Authorised Financial Service Providers, Licence no 4813

Coleman CoolerBox Como

R85600

Samba PlasticChair

R8500

Colonial PlastcChair

R12400

Victornix PocketKnife Matt

R8190

All prices include VAT, except where indicated. VKB/NTK reserves the right to control quantities of any item offered for sale. All prices and illustrations were correct at time of going to print, however, VKB/NTK cannot be held responsible for any changes or

Victornix PocketKnife 84cm

R12300

Basecamp DeluxeBasecamp SoftBackpack Cooler

R9700

Basecamp OrangeEnemelled Cast

Iron Pot180mmx100mm

255mmx122mm

280mmx125mm

R21100

R38900

R43700

Basecamp OrangeEnemelled Cast

180mmx100mm

255mmx122mm

R3 16900Defy Dishmaid

Afrox Handicooker Cylinder 6kg Empty

R569Defy Dishmaid

R2 36000

NTK Area: Alldays, Baltimore, Bela Bela, Dendron, Lephalale, Letsitele, Louise Trichardt, Marken, Messina, Naboomspruit, Modimolle, Mokopane, Polokwane, Roedtan, Settlers, Thabazimbi, Tolwe, Tomburke, Trichardtsdal, Tzaneen, Vaalwater, Venda,

Vivo

Defy Chest Freezer 210L

Lift dustbin 12LR2990

25LR5190

50L

R10190

Basecamp DirectorsChair and table

R57300

R437 R3 169

Coleman DomeShelter 36mx3.6m

R1 69900

All prices include VAT, except where indicated. VKB/NTK reserves the right to control quantities of any item offered for sale. All prices and illustrations were correct at time of going to print, however, VKB/NTK cannot be held responsible for any changes or

Knife 84cmKnife 84cm00

Salton CupcakeMaker

R24900

Montagu Colour Peanuts 250g

Caramel Popcorn 100g

Flaki Fruit 250g

Prunes 250g

Sugar Cubes 250g

Tropical Mix 250g

R1590

R950

R2790

R3200

R1950

R3950

Assorted Magalies Juice 2LOrange & Mango

Breafast Punch, Fruit Punch,Peach

R4900

Page 68: Die Pad Saam Des_Jan.indb

TOT 5% ONDER PRIMAKOERS*

OP DIE CASE IH REEKS TREKKERS,** STROPERS

EN SPuITE** Die aanbod sluit die JX en JXT Reeks trekkers uit

*Terwyl voorraad hou. Bepalings en voorwaardes geld. Finansiering onderhewing aangoedkeuring.

Tindr

um 1

4/15

0

-

-

Die staal in jou strategie.Tel 011 9222 300 · Faks 011 9222 358

www.northmec.co.za · www.caseih.com

Bepalings en Voorwaardes geld. Finansiering onderhewig aan goedkeuring.