62
PUNTE: 80 Hierdie memorandum bestaan uit 40 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFRIKAANS HUISTAAL V2 NOVEMBER 2009 MEMORANDUM NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

  • Upload
    others

  • View
    38

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

PUNTE: 80

Hierdie memorandum bestaan uit 40 bladsye.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFRIKAANS HUISTAAL V2

NOVEMBER 2009

MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

Page 2: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

INSTRUKSIES AAN NASIENERS

1. As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

2. As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het, word die eerste twee gedigte nagesien.

3. As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee opstelvrae gedoen het, word die eerste vraag nagesien en die tweede vraag word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die eerste vraag in elke afdeling nagesien, mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

4. As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer.

5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum nagesien.

6. As ʼn spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.

7. Opstelvraag: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het.

8. As die opstel te lank is, laat ʼn oorskreiding van ʼn maksimum van 50 woorde (disjunkte ortografie) toe en ignoreer die res van die opstel.

9. Kontekstuele vrae: As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag dit vereis nie, word hy/sy nie gepenaliseer nie.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2

Page 3: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: OPSTELVRAAG (LU2 AS2.3.1)

23 – Breyten Breytenbach

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE (na VRAAG 16) nagesien.

Inhoud: (om volpunte by die inhoud te verdien, behoort die kandidaat ten minste :4 ooreenkomste3 verskille3 waardeoordele /evaluering te noem)

Taal en styl:Word volgens die rubriek gelees.

Ooreenkomste en verskille :

Gedig: Titel 23Psalm 23: Psalm 23

Gedig: ‘in groen weivelde geslaap’Psalm 23: ‘Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen’

Gedig: ‘op die rand van die dal van doodskaduwee’Psalm 23: ‘al gaan ek deur ʼn dal van doodskaduwee’

Gedig: ‘en ek het die onheil gevrees’Psalm 23: ‘ek sal geen onheil vrees nie’

Gedig: ‘die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders is leeg’Psalm 23: ‘U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders’

Gedig: ‘ek het as op my hoof’Psalm 23: ‘U maak my hoof vet met olie’

Gedig: ‘my beker is leeg’Psalm 23: ‘my beker loop oor’

Gedig: ‘gee dat ek in jou brief mag woon in lengte van dae’Psalm 23: ‘ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae’

Daar is duidelike ooreenkomste en verskille tussen Psalm 23 (1933-Bybelvertaling) en die gedig 23 van Breyten Breytenbach. Die gedig is die drie en twintigste gedig in die bundel Voetskrif waarin daar intertekstuele verwysings na Psalm 23 voorkom om ervarings in die gevangenis te verwoord. Die groen weivelde waarin die psalmdigter rus vind, verwys in 23 na die spreker wat in ʼn groen tronkuniform geslaap het. Die psalmdigter vind rus in sy weiveld, maar die spreker in die gedig vind nie rus nie as gevolg van die gesing van die terdoodveroordeeldes rondom hom.

Punte word as volg aangedui:Bv. I = K5 T = K4Totaal regs onder en die totaal links bo.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3

Page 4: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

In Psalm 23 gaan die psalmdigter deur ʼn dal van doodskaduwee, maar die spreker is op die rand van die dal van doodskaduwee. Die spreker is nie in die dal van die doodskaduwee nie, maar in die omgewing van die terdoodveroordeeldes.

Die psalmdigter vrees geen onheil nie, maar die spreker in die gedig vrees onheil wat moontlik die onmenslike optrede van die tronkbewaarders kan wees of selfs die politieke situasie in Suid-Afrika gedurende die sestigerjare.

Terwyl die psalmdigter ryklik van kos voorsien word en deur God weerbaar gemaak word teen sy teëstanders, is die ek-spreker se tafel leeg. Dit kan ʼn aanduiding wees dat die kos in die tronk nie van ʼn hoë standaard was nie en dat hy dikwels honger moes gaan slaap. Voorts kan dit ook dui op sy weerloosheid teenoor die Suid-Afrikaanse regering of meer spesifiek die tronkowerhede.

In Psalm 23 maak God Dawid se hoof vet met olie; Hy seën/salf dus vir Dawid. Die ek-spreker se hoof het as op. Die as is ʼn verwysing na rou en het konnotasies met die Bybelse verhaal van Job. Die spreker kan rou oor die terdoodveroordeeldes of oor die politieke situasie in Suid-Afrika of oor die skeiding van sy geliefde.

In teenstelling met die psalmdigter wat verheug is (my beker loop oor), is die ek-spreker se beker leeg. Hy ervaar geen vreugde/blydskap in die gevangenis nie. (Hy het geen kontak met die ander gevangenes gehad nie, hy mag nie geskilder het nie, sy skryfwerk is elke aand van hom weggeneem.)

Die psalmdigter wil vir ewig in die huis van die Here bly. Die ek-spreker wil die straf vergeet deur ʼn leefwêreld te skep waar hy in sy geliefde se brief mag woon. Dit sal vir die speker die enigste troos wees/ ʼn verlossing van die werklikheid waarin hy hom in die gevangenis bevind.

Die intertekstuele vewysings van Psalm 23 wat ʼn psalm van hoop en lig is, word in die gedig 23 omvorm tot donkerte. Die ooreenkomste word juis tot verskille omskep om die spreker se belewing van sy huidige situasie te verwoord. Die kontras beklemtoon die intensiteit van die wrange teendeel.

Evaluering of eie mening: Die kandidaat bied kortliks, met gepaste motivering, ʼn waardeoordeel oor die gebruik van Psalm 23 as interteks. Dit vind binne die persoonlike konteks plaas en daar moet vir alle moontlike relevante tipe gedagtes ruimte gelaat word, bv.

Die intertekstuele gebruik van Psalm 23 plaas Breyten Breytenbach se 23 in bekende konteks, want baie lesers ken die psalm as bemoediging in erge benoudheid. Die intertekstuele verwysing dra by tot groter begrip van die spreker se gevoelens en omstandighede.

Die intertekstuele verwysing hef die kontras tussen die oorvloedige (Psalm 23) en afwesige seën (bb 23) uit. Dit is treffend en ʼn bewys van Breyten Breytenbach se vernuf.

Literêr-wetenskaplik is daar werklik waardering vir die kunstige skryf-/dinkvernuf van Breytenbach, maar vanuit my lewensoortuiging is die parallel tussen Breyten Breytenbach en sy geliefde nie vergelykbaar met die verhouding van ʼn gelowige met God nie. [10]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4

Page 5: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

VRAAG 2

By die eeuwending – Louis Esterhuizen

VRAAG ANTWOORD PUNT LU AS BARRETT2.1 Die draai/wisseling/verandering van die eeu√ /

Die oorgang van een eeu na ʼn volgende/ van 20ste na 21ste eeu/ begin van die nuwe millennium/√LW : nie “eeuwending” nie 1 2 4.2.5 1

2.2.1 Vrye vers √ 1 2 4.2.6 12.2.2 Geen vaste rymskema nie√/

Lengte van versreëls wissel√/Geen vaste strofebou√/ Herhaling van seker woorde/frase.√/Opnoem van verskillende sake .√/Min leestekens.√ (nie “geen leestekens” nie) .√ /Min hoofletters .√ (nie “geen hoofletters” nie)/Geen vaste metriese patroon nie. √(SLEGS EEN VIR 1 PUNT) 1 2 4.2.6 2

2.3 “vreemde vastelande” √ / ‘sy kruisvaart sy seereise’.√ / ‘moontlik hierdie millennium” .√ /“met sy maanlanding”. √(Die betrokke klank moet onderstreep wees/duidelik aangedui word anders verdien die kandidaat nie ʼn punt nie. Aanhalingstekens nie nodig nie). 1 2 4.2.5 1

2.4 Dit dien as bindingselement./ √Ter wille van beklemtoning van die besinning./ √Retoriese vraag beklemtoon die herbesinning/ √Verhoog musikaliteit. √/Beklemtoon die spreker se onbegrip oor “hierdie eeu”. √/Beklemtoon die spreker se onbegrip van dinge wat hy opnoem. √/Die spreker wil die leser laat nadink oor die vrae/ gedagteprikkeling/ besinnin. √/Lei die leser progressief/ intensivering tot die ontdekking dat liefde tydloos en groots is.√/Beklemtoon die spreker se verwondering oor die liefde. √/Gee aan die gedig’n hegte eenheid. √/Verhoog spanning. √(SLEGS EEN VIR 1 PUNT) 1 2 4.2.5 2

2.5.1 wêreldoorloë / internasionale oorloë √/Eerste en of Tweede wêreldoorlog.√/Oorloë tussen baie lande wêreldwyd.√ 1 2 2.2.8 1

2.5.2 Die invloed van die Christendom het afge-neem./ √Christus is uit die Christendom verwyder, (want

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5

Page 6: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

mense is sonder geloofsinhoud). √ /Afvalligheid en geloofsvervlakking (stroop Christus van die kruis.) √ Die Christelike geloof is figuurlik gestroop.√/Christus hang nie meer aan die kruis nie, dus is die mens tot wandade in staat. √(SLEGS EEN VIR 1 PUNT) 1 2 2.2.8 2

2.6 Die vorige vrae handel oor die hele wêreld √ terwyl die slotvraag oor die individu handel. √/Die vorige vrae handel hoofsaaklik oor geweld √ en die slotvraag oor liefde. √Die vorige vrae is objektief/onpersoonlik √, terwyl die slotvraag subjektief/persoonlik is. √/Die menslike prestasies √ teenoor dit wat Goddelik is. √/Die lang tydperk van die menslike aktiwiteite √ teenoor die momentele oerknal. √/(DIE KANDIDAAT KAN HIER NET 2 OF O VERDIEN) 2 2 2.2.7 3

2.7 Die kernidee van die gedig word beklemtoon./ √ Die liefde tussen twee persone word beklemtoon. √Liefde word as enigste sinvolle teenvoeter √/ enigste hoop vir al die ander aspekte gesien. √ 1 2 4.2.5 3

[10]

OF

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6

Page 7: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

VRAAG 3

Marilyn Monroe: foto in rou – Joan Hambidge

VRAAG ANTWOORD PUNT LU AS BARRETT3.1 ʼn Verduideliking volg dat dit ʼn foto/ Marilyn

Monroe is wat ter sprake is. √/Om te wys dat die gedig oor Marilyn Monroe handel. √/Dui op die detail / aankondiging/ beklem-toning wat volg. √ (Geen punt net vir verduideliking nie). 1 2 4.2.6 3

3.2 Beklemtoon die spreker se respek vir Marilyn Monroe. √ /Dit skuif die woord ‘ek’ na die eindposisie in die reël om die verband met die aan-gesprokene in reël 3 te bevestig. √/Die spreker voel nederig/tweederangs/ ingetoë/ onseker naas Marilyn Monroe. √/Hef Marilyn Monroe se ikoonstatus uit. √ /Beklemtoon “beskeie” deur voorpla-sing. √/Beklemtoon die woord “beskeie”. √(Geen punt net vir beklemtoon nie). 1 2 2.2.7 3

3.3 “waag” √ (Slegs EEN woord). 1 2 4.2.5 2

3.4 Die spreker sien die (spesifieke) foto waar Marilyn Monroe in swart geklee is. √/Die foto van Marilyn Monroe in rou. √/Bert Stern se L.A.-foto van Marilyn Mon-roe. √/Dit klink hopeloos te dramaties/ernstig/ oordadig/ gewigtig/ lomp/ onbeholpe. √/Die spreker wou nie die stereotipiese gedig (oor die seksgodin) skryf nie. √/Die spreker wou nie vir Marilyn Monroe oordeel nie. √/ 1 2 2.2.2 1

3.5 Die uitroepteken beklemtoon die feit dat hierdie foto anders is as die ander foto’s wat gewoonlik van haar geneem is. √ /Beklemtoon die onverwagte/selfs skok. √/Om haar verbasing met die ontdekking te beklemtoon. √/(Geen punt net vir beklemtoon nie). 1 2 4.2.6 2

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7

Page 8: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

3.6 Dit dui aan dat sy nie na die kamera kyk nie. √/Sy kyk weg van die fotograaf.√/Marilyn Monroe draai weg van die publiek (skaam). √/Sy stel haar moontlike dood in die vooruitsig (sterker kandidaat sal moontlik die figuurlike betekenis aanbied). √/Marilyn Monroe gaan nie meer beskikbaar wees vir enige man/kamera of rol nie. √/Marilyn Monroe se ingesteldheid kan nadenkend, ontsteld (die foto is anders as die normale verwagting) wees. √(Nie “dit is die manier waarop sy sit/po-seer” as antwoord nie). 1 2 4.2.5 2

3.7 Witter dui op reinheid/maagdelikheid √, maar Marilyn Monroe was nie rein nie √./ Sy was die glansfiguur (wit), √ maar haar lewe was hel (swart). √ /Die beeld uit die Bybel wat na vergewing van sondes en ‘n rein lewe verwys, √ verwys in die gedig na hare wat oneg en kunsmatig is. √/Verwys na die gesang waar Christus se bloed jou witter as sneeu was √, maar haar lewe was swart. √/Sy gee voor √ deur haar voorkoms (“wit hare” ) wat sy nie is nie (“swart uitskif”,r. 30). √/Marilyn se wit gebleikte hare √ was al die tyd kunsmatig/ oneg. √(Die kandidaat kan hier net 2 of 0 verdien) 2 2 2.2.7 2

3.8 Tot die dood toe. √/Sy was lewensmoeg. √/ 1 2 2.1.6 2

3.9 Die dood is onwerklik, want Marilyn Monroe bly as ʼn ikoon voortleef. √/Selfs in die dood ontsnap sy nie van haar ikoonstatus nie. √/Sy is nooit mens nie, net ikoon. √/Sy leef voort al is sy dood. √/Sy kom nie tot rus nie, want sy bly die besitting van die publiek. √ 1 2 2.1.6 3

[10]

OF

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

8

Page 9: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

VRAAG 4

27 april 1994 –Vincent Oliphant

VRAAG ANTWOORD PUNT LU AS BARRETT4.1 Die titel verwys na die eerste demokratiese

verkiesing ( in Suid- Afrika). √/Die dag toe almal/ alle rasse/ burgers kon stem. √/Die dag waarop een-man-een-stem gegeld het. √/Die begin van ‘n nuwe Suid-Afrika. / √(of ander sinvolle antwoord). √ 1 2 4.2.5 1

4.2 “nou” √ (Aanhalingstekens nie nodig nie). 1 2 4.2.5 2

4.3 Hy is besig om te stem. √ / Hy trek sy kruisie en plaas sy stembriefie in die stembus. √ / Hy neem deel aan die verkiesing. √ /Hy sluit die verlede af. √ 1 2 2.2.1 2

4.4 Alleenplasing (van vry). √/(‘n Soortgelyke antwoord wat dui op alleenplasing). 1 2 2.2.7 1

4.5 Alliterasie √ /Herhaling van die v-klank. √ /V-alliterasie √ 1 2 2.2.7 1

4.6 Dit dra by tot die vloeiendheid van die ge-dig.√ /Suggereer beweging. √ /Dit dien as bindingsmiddel. √ /Dit stel vryheid/ vreedsaamheid voor. √/Die spreker is so opgewonde oor die proses dat hy alles in een asem sê.√ /Die spreker loop letterlik van vreugde oor. √ 1 2 2.2.7 1

4.7 Dit dui op die stem (stemreg) van die kie-sers. √ Die spreker het ‘n stem en om te praat. √ / Vryheid van spraak uit te oefen. √ /Om jou stem te laat hoor. √ /Die spreker het ‘n stem om die volkslied te sing. √(Enige TWEE van bogenoemde) 2 2 2.2.7 1

4.8 “om aan hulle die hand te gee” √ /“hoe vlees en vlees ontmoet” √ /“geruislose val van skanse van die vel” √/“vou ek die verlede toe” √ /“duif van vrede” √ /“een lyn van bloed” √(Aanhalingstekens nie nodig nie. Gee ʼn frase of ‘n versreël). 1 2 4.2.5 1

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9

Page 10: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

4.9 Dui daarop dat alle mense afstammelinge van Adam en Eva is. √ /Universele menslikheid. √ /Alle mense is verbonde aan mekaar of/deel dieselfde oeroorsprong. √/Van altyd is ons mense verbonde aan mekaar. √/Van die begin (Genesis) tot nou. √/Almal se bloedlyn begin by Adam. √ / 1 2 2.2.3 3

[10]

EN

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

10

Page 11: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

VRAAG 5: OPSTELVRAAG (LU2 AS4.2.5)

Jan Tuisbly se spannetjie – Etienne van Heerden

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE (na VRAAG 16) nagesien.Gee erkenning aan die kandidaat se besondere insig met die interpretasie van die gedig.

Inhoud: (om volpunte by die inhoud te verdien, behoort die kandidaat ten minste :2 woorde en 2 woordverklarings 3 voorbeelde van alliterasie1 funksie en by die titel 2 te noem)

Taal en styl:Word volgens die rubriek gelees

(Sien vraag 1 vir nasienriglyn)

Inleiding: Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste inleiding.

Die woordgebruik in reëls 1 tot 5 en die betekenis daarvan vuurvlieë: persone wat emigreer/wat vlieg na ander lande kies koers: verlaat die land Kanada of Australië: ander bestemmings geankerdes: dié wat agterbly gekreef in singels van die steenbok: verwysing na die Kreef- en Steenbokskeerkringe suiderkruis: sterkonstellasie in die suidelike halfrond opgesaal: asof ons nie ʼn keuse het nie deesdae: in hierdie tyd/ nuwe tendens

Die alliterasie (VIER voorbeelde) en die funksie daarvan k oers na Kanada g eankerdes sal gekreef s ingels van die steenbok h uis ʼn halfrond v er van; s uiderkruis opgesaal

(ENIGE DRIE VOORBEELDE)

Funksie van die alliterasie Lê verbande Verhoog die klankskoonheid van die gedig Skep atmosfeer Verhoog die musikaliteit van die gedig

Die betekenis van die titel Jan Tuisbly se spannetjie verwys na diegene wat tuis agterbly Die titel is ʼn vervorming van die spreekwoord/uitdrukking/idioom Om met Jan Tuisbly se

karretjie te ry Dié idioom beteken om by die huis te bly Die titel suggereer die uitkoms: Dis beter om tuis te bly of om nêrens heen te gaan nie. Die gewone betekenis is negatief – ons het nie geld nie/ons bly tuis, maar hier word dit

positief gebruik. Ons kies om hier te bly.

Slot: Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste slot. [10]

OFKopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11

Page 12: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

Jan Tuisbly se spannetjie – Etienne van Heerden

VRAAG ANTWOORD PUNT LU AS BARRETT6.1 (Met) Jan Tuisbly se karretjie (ry). √ 1 2 4.1.1 26.2 A. Emigreer √

(Aanvaar A of Emigreer).1 2 4.2.5 1

6.3 “maar” √ (Aanhalingstekens nie nodig nie). 1 2 4.2.5 1

6.4 “singels steenbok” √ /s-alliterasie √(s-klank moet onderstreep/ duidelik aangedui word. Aanhalingstekens is nie nodig nie). 1 2 4.2.6 1

6.5.1 Paarrym√ (Benoeming, nie aanduiding van rymskema bv. aabbccddee nie). 1 2 4.2.6 1

6.5.2 Verbind funksionele begrippe aan mekaar. √ / Verhoog die klankskoonheid (liriese aard) van die gedig. √/Bind die kernwoorde. √(Enige een). 1 2 4.2.6 2

6.6 Noordelike halfrond 1 2 4.2.5 26.7 Die suidelikste/ verste punt. √ /

mees suidelike punt van Afrika. √ /waar die see op sy soutste is. √ /punt van Afrika. √/Kaappunt √ 1 2 4.2.5 2

6.8 ‘geankerdes’ (Aanhalingstekens nie nodig nie). 1 2 4.2.5 2

6.9 speels√ /lig √ /ontspanne √ /(Slegs een woord, dit moet een woord wees, moet ‘n stemmingswoord wees. Antwoord mag nie “positief”of “negatief” wees nie. Die kandidaat se mening word gevra). 1 2 4.1.1 1

[10]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

12

Page 13: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

AFDELING B: ROMAN

VRAAG 7: OPSTELVRAAG (LU2 AS4.2.5)

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA (na VRAAG 16) nagesien.

MEMORANDUM

LET WEL: Hierdie memorandum bevat die breë, uitgebreide raamwerk van feite waaroor die kandidaat kan skryf. Daar word nie van die kandidaat verwag om al die onderstaande feite te noem nie. Die subopskrifte in die raamwerk dien slegs as riglyne vir die nasiener; kandidate mag nie subopskrifte in hul opstel gebruik nie. (Indien kandidate opskrifte gebruik, word hulle met een kategorie by struktuur en taal gepenaliseer, maar nie laer as Kode 3 nie) Vir volpunte (Inhoud), behoort die kandidaat drie feite per sub-opskrif aan te bied.

Sien vraag 1 vir die aanduiding van punte op die kandidaat se antwoordboek.

Inleiding: Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste inleiding.

Die titel van die roman (3 feite) ʼn Kwart-voor-sewe-lelie is ʼn blom wat in Iris-hulle se tuin groei. Die bepaalde lidwoord in die titel verwys na die lelie. Dié blom blom slegs een keer per jaar. Iris vereenselwig haar met dié plant. Die blom word simbolies van Iris se lewe. Iris lewe ʼn doodgewone lewe maar sy is ook bestem om soos dié plant om te blom. Iris wag en hunker haar lewe lank vir haar ‘blomtyd’; haar oomblik van glorie. Iris leef in afwagting op haar groot blomoomblik. “Elke mens moet een keer in sy

lewe die regte ding op die regte tyd doen en só ʼn moment van volmaakte sintese beleef.”

Haar naam is nie net ʼn naam nie: dit is ook haar lewensfilosofie.

Die betekenisse van Iris se naam en die invloed wat dit op haar lewe het (3 feite) Perserig by geboorte soos dié soort Iris (flap). Deel van die oog: aanduiding van haar skerpsinnigheid en skerp sien. Griekse godin van die reënboog: in diens van die hoëre gode: Iris moet volgens

haar gesprek met Billy uitvind wie die hoëre gode is wat sy moet dien. Sy voel dat sy gedurig besig is om mense te bedien.

Embleem vir die fleur-de-lis (wapenskild). Word eeue lank in dekoratiewe kuns gebruik. Is op Frankryk se wapen.

Ander karakters se beskouings oor Iris se naam (3 feite) Johanna sê dat Iris elke dag vir hulle blom. Billy waarsku haar dat nie alle bolle tot bloei kom nie. Bettie sê dat dit net ʼn naam van ʼn blom is. Junior, Brian se seun, sê blomname is simpel en dat sommige irisse meer as een

keer per jaar blom.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

13

Page 14: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

Peter meen haar ouers moes haar nooit Iris gedoop het nie: dan sou sy nooit sulke spesiale verwagtings gekoester het nie. Die Engel wys Iris daarop dat ʼn naam nie jou hele lewe, denke of besluite moet

beïnvloed nie en dat sommige mense net soos die lelie ongesiens blom, so onverwags dat niemand dit eers opmerk nie.

Die ‘blomgeleenthede’ wat Iris ontvang (3 feite) Sy glo dat sy altyd gereed moet wees daarvoor. Sy moet nooit ʼn nuwe aanbod of ʼn potensiële geleentheid van die hand wys nie. Sy gaan werk by dr. Anders as tandartsklerk omdat sy werk wou hê wat nie haar

gedagtes besig hou nie. Sy meen dat dit dalk ʼn blomgeleentheid kan wees. In Frankryk vlug sy van die fotograaf wat haar as model wou gebruik. In New York wil Joe van haar ʼn model maak. Beide die stede is modemekkas waar haar potensiaal (as model) raakgesien is.

Die insig waartoe Iris kom oor haar naam en wat dit beteken ‘om te blom’ (3 feite) Sy kom tot die besef dat ʼn naam net ʼn naam is. Aan die einde van die verhaal wag sy geduldig op die-kwart-voor-sewe-lelie om te

blom soos wat ʼn mens ook geduldig op selfverwesenliking moet wag. Sy besef dat ʼn mens se hele lewe ʼn blomtydperk kan wees: nie net één oomblik

nie. Die realiteit van ʼn geroetineerde voorstedelike bestaan kan net so magies wees

soos die beste fantasie.

Slot: Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste slot. [25]

OF

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

14

Page 15: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

VRAAG ANTWOORD PUNT LU AS BARRETT8.1.1 Iris √ 1 2 4.1.1 18.1.2 Sy dink oor haar toekoms. √ /

Sy besin oor haar toekoms. √ 1 2 4.2.3 28.1.3 In die hospitaal. √ /

In Vermont. √ (Enige een). 1 2 4.2.3 1

8.1.4 Sy word gedwing om na te dink. √ /Sy het tyd om rustig met die Engel te praat. √ /Sy is alleen. √ /Syhet tyd om te dink. √/Daar niemand anders is om mee te praat nie. √/Dit was Kersfees en almal was by hul gesinne. √(Enige TWEE feite). 2 2 4.2.3 2

8.1.5 Sy het hom van haar ouma geërf. √ 1 2 4.1.1 18.1.6 Beskermer √ /

Raadgewer √ /Bring haar tot belangrike insigte. √ /Geselskap √ /Is deel van haar fantasiewêreld. √(ENIGE TWEE) 2 2 4.2.1 2

8.2.1 Ek-verteller √ /Eerstepersoonsverteller √ 1 2 4.2.1 1

8.2.2 Dit is geslaagd. √ /Dit maak die gebeure meer geloofwaar-

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

15

Page 16: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

dig. √ /Dis die beste soort verteller om Iris se emosies (gevoelens) te beskryf. √ /Omdat die roman so spesifiek op Iris se gevoels- en fantasiewêreld fokus. √ (Een punt vir geslaagd en een punt vir verduideliking).OFDit is nie geslaagd nie. √ /Alles wat plaasvind, word subjektief beskryf (net vanuit Iris se belewing daarvan); d.w.s. nie objektief (onbevooroordeeld) nie. √ /Die Engel word bv. beskryf soos wat Iris hom aanvaar en nie soos Peter se pa of iemand wat glad nie in engele glo, dit sal doen nie. √ /Wat Iris (as verteller) beskryf en vertel, is nie noodwendig die volle waarheid nie. √(Een punt vir nie geslaagd nie en een punt vir verduideliking). 2 2 4.2.1 2

8.3 Fantasie/droom √ en werklikheid. √ 2 2 4.2.2 38.4 Marmotte = Bettie √

Rotte = Brian se kinders (Denise en Junior). √ 2 2 4.2.2 3

8.5 Bettie meen dat Iris die modelkontrak nie van die hand moes wys nie, omdat so ʼn kans net een keer in ʼn leeftyd voorkom. √ /Iris soek voortdurend geleentheid om te blom. √ 1 2 4.2.1 2

8.6.1 Die taxibestuurder (in New York wat haar van die lughawe af hotel toe geneem het). √ 1 2 4.1.1 1

8.6.2 Ten spyte van die destydse politieke situasie wat mense op grond van velkleur wou skei, √ het Iris ʼn gemaklike verhouding met (Billy), die swart taxibestuurder. √OF Iris sien die mens raak √ en nie die velkleur nie. √ 2 2 2.2.6 3

8.6.3 Johanna√/Claude √(Slegs een karakter). 1 2 2.2.6 1

8.7 Joe het haar moontlikhede as model raakgesien. √ /Joe het haar ʼn modelkontrak aangebied. √(Nie net fotograaf nie). 1 2 4.2.1 1

8.8 Billy luister/aanvaar/ verstaan (na) haar √, terwyl Iris gevoel het niemand in haar gesin luister na haar nie. √ 2 2 4.2.1 2

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

16

Page 17: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

8.9.1 Iris se geneigdheid om te fantaseer. √ /Iris soek voortdurend geleentheid om te blom. √ /Iris maak moeilik keuses.√ (Enige een). 1 2 4.2.2 2

8.9.2 Motivering moet by die antwoord van 8.9.1 aansluit.

Iris se geneigdheid om te fantaseer: sy is in gesprek met die Engel. √ /Iris soek voortdurend geleentheid om te blom: “goue kanse, soos hy my wou gee, deur hulle (haar) vingers laat glip.” √ /Iris maak moeilik keuses: “Wat gaan ek doen?” √ 1 2 4.2.3 2

[25]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

17

Page 18: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

VRAAG 9: OPSTELVRAAG (LU2 AS4.2.5) MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA (na VRAAG 16) nagesien.

MEMORANDUM

LET WEL: Hierdie memorandum bevat die breë, uitgebreide raamwerk van feite waaroor die kandidaat kan skryf. Daar word nie van die kandidaat verwag om al die onderstaande feite te noem nie. Die subopskrifte in die raamwerk dien slegs as riglyne vir die nasiener; kandidate mag nie subopskrifte in hul opstel gebruik nie. (Indien kandidate opskrifte gebruik, word hulle met een kategorie by struktuur en taal gepenaliseer, maar nie laer as Kode 3 nie) Vir volpunte (Inhoud), behoort die kandidaat 4, 4, 4,en 3 feite per subopskrif aan te bied.

Sien vraag 1 vir die aanduiding van punte op die kandidaat se antwoordboek.

Inleiding: Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste inleiding.

JEUGJARE (maksimum 4 feite) Enigste kind. Baas verkies sy eie geselskap. Teruggetrokkenheid / verharding, veral na sy ouers se dood. Roei dae lank alleen. Jag en gaan vreesloos alleen vooruit. Lees graag. Later net honde vir geselskap. Ontgroei familie. Besoek nie skoolvriende nie. Hou nie van roetine nie. Waagmoedig Sy waardes en ideale verskil van die mense om hom (anti-sosiaal). Eie idees. Sy denkrigting is na die onbevolkte noorde in plaas van die digbevolkte suide.

LOZI'S (maksimum 4 feite) Respekteer die plaaslike gemeenskap. Wil nie betrokke raak nie. Glo nie hy is Manaka toe "gestuur" nie. Wil nie verantwoordelik wees vir almal se siekte en armoede nie. Help tog met medisyne en kos. Betrokkenheid by die khuta, hy ry vir hulle pale aan, verdedig hom nie teen hulle

nie, hy stap net uit die vergadering uit, ongeag wat hulle gebruike is. Hy het geen rasse-vooroordeel nie. Weier aanvanklik om na die khuta te gaan, hulle is vir hom ‘n sirkus. Jag vir khuta as deel van die konsessie-ooreenkoms en skiet Morena as losprys vir

Johnnie se vrou en kind. Hy staan eenkant by die ou vrou se begrafnis en besef hoe min hy van haar weet.

SENDELINGE (maksimum 4 feite)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

18

Page 19: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

Wil hulle nie op Manaka hê nie. Wil nie met hulle gesels nie. Hy is onwillig om vriendelik teenoor die sendelinge te wees/ vat nie Griesel se

hand toe hulle aan mekaar voorgestel word nie – ook nie tydens gebed nie. Gesteld op privaatheid – moet sy slaap hut met hulle deel. Mense sien hom as ‘n Christen omdat hy goed aan ander doen, hy sê hy is dit nie. Wil nie deur oom Scholtzie as ‘neef’ aangespreek word nie, want hy is nie familie

van hom nie. Wil nie persoonlike dinge met Nanna bespreek nie. Later bereid om hulle te aanvaar ten spyte van Griesel se negatiwiteit. Hy is woedend – die afdak waaronder hulle slaap, is sy honde se slaapplek. Hy sê vir Johnnie dat hy selfs nie die witmense daar wil hê nie.

OPHEFFING/HANDHAWING VAN BUITESTANDERSKAP (maksimum 3 feite) Moontlike opheffing:

o Deur oplossing van innerlike konflik oor Christenskap en identiteit.o Raak toenemend betrokke, veral by Grace, wie hy vra om op sy naam te

noem.o Vertel haar van sy droom en "belofte" aan oupagrootjieo Werk saam aan toekoms: bankies/booto As hy uitvind van die verband tussen hom en Whitey groei hulle

verhouding.o Hy besoek Whitey en vat vir hom vleis, gaan lê op sy bed, lees uit sy

Bybel.o Sitali en Baas raak hegter aan mekaar.o Miskien sal ‘n mens altyd iemand by jou wil hê vir wie jy kan sê jy voel sleg

en hy besef ‘omgee’ maak van jou ‘n Christen – buitestanderskap is opgehef.

Moontlike handhawing van buitestanderskap:o Slegs by Grace betrokke.

(Die kandidaat kry die volle voordeel indien hy ‘n standpunt inneem wat deeglik gemo-tiveerd is)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

19

Page 20: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

Baas Chipman was ʼn enigste kind. Hy bring baie tyd saam met sy pa in die woude en later by die saagmeule deur. Hy roei ook as kind dae lank (geïsoleerd) met sy selfgemaakte blikskuit op die Ebenezerdam en die Bo-Letabarivier. Hy jag van kleins af kaalvoet en was altyd voor al die ander uit op die spoor van ʼn bosvark. Hy lees ook graag.

As hy ná sy ouers se dood terugkeer Sable Ranch toe, is hy alleen met net sy hond, Brindle. Hy het dit oorweeg om sy ou skoolvriende op te soek, maar doen dit nie. Hy en Brindle slaap in ʼn plantasie by ʼn vuurtjie.

Hy verlang na gemeensaamheid ná sy ouers se dood en is voortdurend in sy drome besig met sy ma en pa. Wanneer hy egter tussen die familie is, besef hy dat ʼn mens mettertyd familie ontgroei. Hy kom tot dieselfde gevolgtrekking oor sy skoolvriende en besluit dat Fires en Ngwako nie meer dieselfde sal wees nie en daarom besoek hy hulle nie.

Baas hou nie van roetine nie. Sy denke is noordwaarts, weg van die beskawing, gerig en hy is waagmoedig. Hy koop ʼn tweedehandse motorboot en sleepwa en reis alleen met sy twee honde, Brindle en Lady, op in Afrika. Hy het ook sy eie idees oor wat toeriste in Afrika behoort te beleef.

Baas respekteer die Lozi’s, maar wil nie by hulle betrokke raak nie. Hy het sy eie drome en wil niks daarvan weet dat hy Manaka toe “gestuur” is nie - hy is “op sy eie” daar en hy sal sy eie probleme oplos.

In Barotseland betaal hy die konsessie vir Manaka vooruit en maak reg vir die Zambesi-tog. Hy help almal wat by hom kos en medisyne kom soek – tot so ʼn mate dat hy self nie meer medisyne het as hy malaria opdoen nie. Na sy siekte is hy baie kwaad hieroor: hy het niks meer om te gee nie en hy is nie verantwoordelik vir almal se skete, kwale en hongersnood nie. Die geld wat hy vir Grace gee vir nog pille, is die laaste van sy fondse. Daarom maak hy daarteen beswaar dat ouma Essie hom ʼn Christen noem. Hy jaag ook vir Grace, wat hom versorg, weg en verwilder vir meneer Johnnie wat help met die werk in die kamp. Hy weier ook om na die khuta toe te gaan as hulle hom ontbied.

Terwyl Baas in die hospitaal was, het die sendelingegpaar, Griesel en Nanna du Pisani, saam met oom Scholtzie op Manaka aangekom en hulle in sy kamp tuisgemaak. Hy is woedend hieroor. As hy aan hulle voorgestel word, vat hy nie die sendeling se hand nie – ook nie as daar by ete gebid word nie. Hy stel nie belang om met enigiemand te gesels nie en as Nanna sê dat hy en Grace ʼn oulike paartjie is, beklemtoon hy dat daar nie plek in sy lewe vir so iets is nie. Hy wil hê Griesel en Nanna moet ander blyplek gaan soek en hulle meubels van sy werf af verwyder. Hy dring ook daarop aan dat hulle hulle eie wasplek en buitetoilet moet hê. Hy wil nie deur oom Scholtzie as “neef” aangespreek word nie – hy is nie familie nie. Hy is gedurig haaks met Griesel en reageer later ook nie as Nanna bely dat sy na hom verlang het nie.

Aanvanklik is Baas se enigste betrokkenheid by sy honde. Later raak hy meer betrokke by die mense om hom, veral by Grace. Hy vertel haar van sy ouers se dood, sy toekomsplanne met die boot en van sy “belofte” aan sy oupagrootjie dat hy vir hom die skoenlapper sou kom vang. As die sendelinge weg is, begin hy en Grace bankies onder die worsboom maak. Hulle gaan ook saam om na die boot te soek en hy vra Grace om hom op sy naam te noem. Hy groei ook in sy geloofslewe en besef “omgee” maak van jou ʼn Christen.

Ons sien dus dat Baas, wat sy innerlike worsteling oor Christenskap (en die sin van die lewe betref) en sy verhouding met die (wit en swart) mense om hom in die hede en in die verlede as enkeling en buitestander optree en dat hy dit so verkies. [25]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

20

Page 21: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

VRAAG ANTWOORD PUNT LU AS BARRETT

10.1 Na homself √ en die sendelingpaar√ /Griesel √ en Nanna√ ( du Pisani) 2 2 4.2.2 1

10.2 Hulle huur ʼn deel van Manaka.√ /Hulle maak aanspraak op ‘n deel van Manaka./ √Hulle het verwagtinge oor hom as Christen, terwyl hy nie betrokke wou raak nie. √ /Trek onder sy afdak en in sy slaaphut in. √ /Dring so sy persoonlike ruimte binne. √ /Hy voel hulle is in die pad. √ /Verdeel sy aandag.√(Enige TWEE antwoorde). 2 2 4.2.3 2

10.3 Baas wil ʼn boot op die Zambesi hê waarmee hy toeriste aan Afrika kan blootstel. √ /Dit is egter nie so maklik nie. √ /Hy word siek. √ /Ander mense eis sy krag en tyd op. √ /Sy finansies raak uitgeput. √ /Hy kry moeilikheid met die khuta. √ /Hy het gedroom hy gaan in sy oupagrootjie se voetspore volg. √ /Dit was nie so maklik om in sy oupa-grootjie se voetspore te volg nie. √ /Hy het gedroom hy gaan uitgelos word deur die mense (sonder enige buite-verantwoordelikhede). √ /Baas moes toe wel aan die khuta verslag doen. √(Enige TWEE).

Die sendelinge kom met hulle hele trek, vol verwagting, op Manaka aan. √ /Hulle kry egter nie eers ʼn dak oor hulle koppe nie. √ /Alles het verval /is geplunder. √ /Die kerk /huis moet herstel word. √/Die Lozi’s is nie so opgewonde oor die sendelinge se koms soos wat hulle gedink het hulle sal wees nie. √(Enige TWEE).

(TWEE sinne oor Baas se drome en TWEE sinne oor die omstandighede van oom Scholtzie-hulle). 4 2 4.2.3 1

10.4 Baas was dodelik siek aan malaria. √ /Baas ly steeds aan die newe-effekte van die kinien. √ (Slegs EEN feit). 1 2 4.4 1

10.5 Die tema is die soeke na Christenskap. √ / Geroepenheid √ /Manaka is die plek waar Baas duidelikheid oor sy Christenskap kry. √ 2 2 4.2.2 2

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

21

Page 22: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

10.6 Alomteenwoordige verteller √ /Derdepersoonsverteller √ /Ouktoriële verteller √ 1 2 4.2.1 1

10.7 Baas aanvaar sy omstandighede. √ /Dit is ook ʼn bevestiging van sy eie identiteit/ bedrewenheid. √ / Die groot meneer (Morena) se indrukwekkende (buffel!)horings is ʼn gepaste huldeblyk aan sy oupagrootjie se gedagtenis. √ /Baas wou graag Morena skiet en dit was vir homself. √ (Enige TWEE van bogenoemde).

Manaka (plek van die horings) is so genoem omdat Dennis Chipman sy gebied met horings afgebaken het. √ /Hy was ʼn legendariese buffeljagter. √ /Baas streef sy oupagrootjie na en hervestig die horings op Manaka. √ /(Enige TWEE van bogenoemde).

(TWEE sinne gaan oor Baas se vasskap van die horings en TWEE sinne oor die oupa-grootjie). 4 2 4.2.2 2

10.8 Hy druk sy stempel op Manaka af. √ /Baas herbou sy oupa se nalatenskap. √ /Hy aanvaar dus dat sy verblyf op Manaka ʼn groter doel het. √ /(Enige EEN).

Sy eie drome het verweef geraak met ouma Essie se droom. √ /Hy wil die boot opbou en daarmee op die rivier vaar. √ /Baas wil Manaka opbou. √ /Baas besluit om te bly en deel te vorm van die opbou van die sendingstasie. √(Enige EEN). 2 2 4.2.3 2

10.9 Hulle het dieselfde oupagrootjie (kleinneefs). √

Albei is goedhartig. √ /Help ander sonder om iets terug te verwag. √(Enige EEN). 2 2 4.2.4 1

10.10 (Vroue en) kinders word gestuur. √ /Plaas jou hand op ‘n ander se kop. √ /Sê nie asseblief of dankie nie. √ /‘n Kind mag nie teëpraat nie. √(Enige sinvolle antwoord mag aangebied word) 1 2 4.8 1

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

22

Page 23: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

10.11 Hy vra Sitali of hy bereid is om gestuur te word, √ terwyl die Lozi’s aanvaar dat hulle die reg het om ʼn kind te stuur. √ (Kandidaat mag enige gepaste reaksie op sy antwoord in vraag 10.10 toon. Die kandidaat se antwoorde vir vraag 10.10 en 10.11 behoort verantwoordbaar bymekaar aan te sluit. Indien 10.11 goed gemotiveerde antwoord is, verdien kandidate TWEE punte). 2 2 4.8 2

10.12 Hy het gedroom Baas se boot sit (in die Liabwa la Twelve) vas. √ / Die boot het nie verby die waterval gedryf nie. √ /

Ja √ /Sy droom is bewaarheid. √/Sitali kon bevestig dat die boot in die kanaal vassit. √ 2 2 4.2.2 3

[25]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

23

Page 24: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

VRAAG 11: OPSTELVRAAG (LU2 AS4.2.5)

VATMAAR – AMJ Scholtz

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA (na VRAAG 16) nagesien.

MEMORANDUM

LET WEL: Hierdie memorandum bevat die breë, uitgebreide raamwerk van feite waaroor die kandidaat kan skryf. Daar word nie van die kandidaat verwag om al die onderstaande feite te noem nie. Die subopskrifte in die raamwerk dien slegs as riglyne vir die nasiener; kandidate mag nie subopskrifte in hul opstel gebruik nie. ( Indien kandidate opskrifte gebruik, word hulle met een kategorie by struktuur en taal gepenaliseer, maar nie laer as Kode 3 nie) Vir volpunte (Inhoud), behoort die kandidaat die aangetoonde feite per sub-opskrif aan te bied.

Sien vraag 1 vir die aanduiding van punte op die kandidaat se antwoordboek.

Inleiding: Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste inleiding.

Wanneer Oom Chai en Oupa Lewies mekaar se trane by Ouma Lewies se begrafnis afdroog, merk Oom Flip tereg op: ‘Die liefde ken nie grense nie.’

Hierdie tema van liefde wat oor grense strek, kom duidelik na vore in verskillende verhoudings in die roman.

Oom Chai en Korporaal Lewis (4 feite)

Verteenwoordig liefde oor die grens van taal (en ras). Oom Chai (Charles Terblanche) was ʼn Afrikaanssprekende bruinman en korporaal George Lewis was ʼn Brit.

Korporaal neem oom Chai in sy vertroue; vertel hom van sy liefde vir Ruth, ʼn swart vrou.

Die Korporaal noem Oom Chai sy enigste vriend. Hy sorg dat Oom Chai drie maande langer betaal word as wat hy gewerk het. Ná die oorlog het Oom Chai hom op sy naam George genoem en nie meer met die

titel ‘Korporaal’ aangespreek nie. George Lewis het gesorg dat Oom Chai ook werk by die dorpsraad kry. George Lewis het Oom Chai gehelp om ʼn erf vir Vatmaar se Sendingkerk te kry. Hy het net kerk toe gegaan as Oom Chai gepreek het. By Ouma Lewies se begrafnis lees Oom Chai uit Oupa Lewies se Engelse Bybel. Die vers wat hy gelees het, spreek van die aanvaarding van alle mense. 'In my Father’s house are many mansions, if it were not so I would have told you

so.' George Lewis het in Engels gesing en Oom Chai het die Afrikaanse gesang ‘Nader

my God by U’ aangehef. Uit respek vir sy vriend se taal, het Oom Chai die begrafnis ook in Engels gehou. Hy en Oupa Lewies het mekaar se trane afgedroog.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

24

Page 25: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

Anders as sy dogter, Elsa, het Oupa Lewies nie op Oom Chai of die mense van Vatmaar neergekyk omdat hulle Afrikaans gepraat het nie.

By Oupa Lewies se begrafnis het Oom Chai in Afrikaans gebid en ʼn huldeblyk aan Oupa Lewies (Korporaal Lewis) gelewer. Hy het hom ‘King George’ genoem en die Here gedank dat hy (George Lewis) meer swart as wit was.

Oupa en Ouma Lewies (3 feite)

Hulle verteenwoordig liefde wat oor rasse- en klassegrense strek. Oupa Lewies was ʼn Engelsman, Korporaal George Lewis; Ruth was ʼn sewentienjarige Tswana-meisie. Die mense van Vatmaar het die van Lewis verafrikaans en as Lewies uitgespreek.

Oupa Lewies was geletterd, maar Ouma Lewies nie. Sedert die eerste ontmoeting kon Korporaal Lewis nie vir Ruth vergeet nie. Hy was bereid om bogadie (lobola) te betaal om met haar te trou. Hy het nie Ruth se swartheid raakgesien nie. Hulle harte was een. Ná die oorlog het die Korporaal direk na Ruth toe gegaan. ʼn Tswana-ouman het gesê: ‘Hy is een van ons.’ Hy is Ra Lewies genoem.

Ma Khumalo en haar twee ‘aanneemkinders’ ( 5 feite)

Hulle verhoudings verteenwoordig liefde wat oor die grense van ras en geloof strek.

Ma Khumalo was ʼn Tswana-weduwee wat eers die Boerseun Borman van der Westhuizen en later die Moslemmeisie Mariam Mohammed in haar huis geneem het.

Borman Van der Westhuizen het sy pa in die Boere-oorlog verloor en sy ma het in ʼn konsentrasiekamp gesterf.

Sy eie mense wou hom nie hê nie. Hy moes steel om aan die lewe te bly en sy lyf was vol hale soos die mense hom

geslaan het. Tydens sy swerwery kom hy by ʼn plek aan waar ʼn driebeenpot vol pap buite staan

en kook. Hy wou dit steel. ʼn Swartvrou het hom in geradbraakte Afrikaans daaroor aangespreek. Sy het vir hom ʼn kombers en kos gegee en sy seerplekke versorg. Sy het sy naam verander na Norman Van der Westhuizen, die naam van die man

vir wie sy waswerk gedoen het. Die naamsverandering is simbolies daarvan dat hy sy verlede agtergelaat het. Hy het haar Ma genoem, want sy was al wat hy op die aarde gehad het. Sy het al haar kinders en haar man in ʼn swart konsentrasiekamp verloor. Norman het gesê: 'Ma Khumalo is swart, maar haar aanraking is wit.' Hulle het meestal met mekaar Setswana gepraat; kleur het nie vir hulle saak

gemaak nie. Terwyl hy in die oorlog was, het Norman gereeld briewe aan Ma Khumalo geskryf. Mariam Mohamed was ʼn Kaapse Maleiermeisie wat deur haar ouers verstoot is

nadat hulle ontdek het sy is swanger. Die kind se pa het haar ook misken toe sy by hom hulp gaan vra. ‘Sy het gewens die dood wil haar liewerste kom wegvat.’ Mariam se rok was geskeur en haar lyf vol slaanmerke. Ma Khumalo het haar ingenooi en versorg.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

25

Page 26: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

Nes vir Norman, het Ma Khumalo vir Mariam ook ʼn kombers gegee – dit was ʼn teken dat sy hulle as haar familie aanvaar het.

Ma Khumalo het haar naam verander na ‘Mary’. Haar baba is ‘Lucas Khumalo’ gedoop.

Kenny en Kaaitjie ( 3 feite)

Hulle verteenwoordig liefde oor klassegrense. Kenneth Kleinhans was ʼn gekwalifiseerde bruin ambagsman van Graaff-Reinet en

Kaaitjie Müller ʼn ongeletterde, armoedige bastermeisie – Tant Wonnie se dogter. Hy het dieselfde salaris as ʼn wit vakman gekry, teenoor die tien sjielings per

maand wat Kaaitjie as loon by mev. Bosman ontvang het. Kenny se pa was ʼn skoolhoof en sy ma ʼn verpleegsuster; Kaaitjie se pa is in die

oorlog dood en haar ma was ʼn wasvrou vir die bruinmense van Vatmaar. Kenny se ouers was hoogaangeskrewe mense met ʼn groot huis en ʼn motor. Kenny het matriek voltooi, terwyl Kaaitjie nie kon lees en skryf nie en nog nooit met

ʼn mes en vurk geëet het nie. Hulle ontmoet terwyl Kaaitjie by die Bosmans werk. Kaaitjie het gesê sy wil op dieselfde vlak as Kenny wees wanneer sy met hom trou. Kenny noem haar sy ‘koningin wat in armoede gebore is’.

Slot: Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste slot.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

26

Page 27: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG

VATMAAR – AMJ Scholtz

VRAAG ANTWOORD PUNT LU AS BARRETT12.1.1 Oom Norman se lyk is in die begraafplaas

gekry. √ /Sy het gehoor dat daar ʼn lyk in die begraafplaas gevind is. √ /Daar was ʼn tentpen deur sy baadjie. √ /Norman se dood √ (Enige een). 1 2 4.1.1 1

12.1.2 Sy voel skuldig/verantwoordelik vir Oom Norman se dood. √ /Hy het a.g.v. haar uitdaging daarheen gegaan. √ / Sy het gesê hy moet eers ʼn tentpen (by haar broers en susters se graf) gaan plant, voordat sy met hom sou trou. √ 2 2 4.2.1 1

12.2 Ek-verteller √/Eerstepersoonsverteller√(EEN van die twee keuses). 1 2 4.2.1 1

12.3 Maak die vertelling geloofwaardig. √ /Die leser kry ʼn ooggetuie-perspektief op die gebeure. √ /Dis die beste soort verteller om die karakters se emosies (gevoelens) te beskryf.√ /Dit is minder beperk ten opsigte van ruimte en tyd. √ (Enige TWEE). 2 2 4.2.1 2

12.4 Sy is dankbaar: √ ‘Dankie. Here’ √ /Sy is besorgd oor haar kinders: √: Sy bid: Asseblief, my Here’ √ /Sy is godsdienstig/het ʼn onwrikbare geloof in God √: ‘Dankie, Here’ en ‘Asseblief, my Here’ √ /Sy is hulpvaardig: sy help Kaaitjie, verpleeg haar en dra medisyne aan. √ /Sy is offervaardig : sy gaan nie begrafnis toe nie, sy pas Kaaitjie op. √(Karaktertrek plus gepaste motivering vir 2 punte; slegs karaktertrek = 1 punt; karaktertrek met onvanpaste motivering = 1 punt). 2 2 4.2.3 2

12.5 Afrikaans√ 1 2 4.1.1 112.6.1 Sus Bet help ook tydens die geboorte van klein

Heinrich (Kaaitjie en Kenny se baba). √ 1 2 4.1.1 112.6.2 Sus Bet ondersteun Tant Wonnie nadat Kaaitjie

flou geraak het √ alhoewel hulle nie van haar familie/ ras is nie/al het hulle nie dieselfde taal gepraat nie. √

(Een punt vir ondersteuning en een punt vir motivering). 2 2 4.1.3 2

12.6.3 Sy verteenwoordig die goedheid/ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

27

Page 28: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

mededeelsaamheid van die mense van Vatmaar. √√ Sy help met (Kaaitjie se) siekte. √√ /Voorsien khadie tydens feeste. √√. /Sy tree op as oordraer en bewaker van die Griekwa-kultuur. √√ /Maak khadie; genees met tradisionele medisyne. √√ (‘n Sinvolle antwoord verdien TWEE punte). 2 2 4.2.1 2

12.7 Hy was die skrynwerker. √ /Hy maak doodskiste. √ Hy is begrafnis-ondernemer. √ 1 2 4.1.1 1

12.8 Sy was (baie) lief vir hom. √ /Sy het hom bejammer. √ (Enige een). 1 1 4.2.2 1

12.9 Norman was haar man (Heinrich) se vriend. √ /Norman en haar man was saam in die oorlog. √ 1 2 4.1.1 1

12.10 Hy bedoel dat Oom Norman een van Reverend Cobb se gemeentelede is. √ /Hy was lid van dieselfde kerk (Congregational). √ 1 2 4.2.2 2

12.11 Mister May se voorvaders was slawe. √ 1 2 4.1.1 112.12.1 Mary/Mariam (Mohamed).√

Sy en Oom Norman is albei deur Ma Khumalo ‘aangeneem’( nadat hulle deur hul eie mense verstoot is). √ 2 2 4.2.2 2

12.12.2 Dit simboliseer dat hy sy ‘wit’ verlede afgeskud het. √ /Hy het ʼn nuwe lewe met Ma Khumalo begin. √ /Verteenwoordig die goedheid teenoor Ma Khumalo.√ /Dui op identiteitsverandering. √ (Enige EEN). 1 2 4.2.4 2

12.13.1 Hy was een van die stigters (van die nedersetting). √Hy was die nie-amptelike burgemeester. √ /Hy was ʼn leier in die dorp. √ /Hy was ‘n landmeter. √ /Hy het soms op Sondae gepreek (prediker). √ /Hy was ‘n onderhandelaar (met die stigting van die kerk). √(Enige EEN). 1 2 4.1.1 1

12.13.2 Kaaitjie het vir Oom Norman gevra om om middernag ʼn ysterpen by haar broers en susters se graf te plant indien hy met haar wou trou. √

Oom Norman het die ysterpen deur sy oorlogjas gekap. Hy kon nie loskom nie en het ʼn hartaanval gekry en gesterf. √ 2 2 4.2.2 2

[25]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

28

Page 29: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

AFDELING C: DRAMA

VRAAG 13: OPSTELVRAAG (LU2 AS4.2.8)

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA (na VRAAG 16) nagesien.

MEMORANDUM

LET WEL: Hierdie memorandum bevat die breë, uitgebreide raamwerk van feite waaroor die kandidaat kan skryf. Daar word nie van die kandidaat verwag om al die onderstaande feite te noem nie. Die subopskrifte in die raamwerk dien slegs as riglyne vir die nasiener; kandidate mag nie subopskrifte in hul opstel gebruik nie. (Indien kandidate opskrifte gebruik, word hulle met een kategorie by struktuur en taal gepenaliseer, maar nie laer as Kode 3 nie) Vir volpunte (Inhoud), behoort die kandidaat die aangetoonde feite per sub-opskrif aan te bied.

Sien vraag 1 vir die aanduiding van punte op die kandidaat se antwoordboek.

Inleiding: Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste inleiding.

Uiterlike voorkoms (1 feit) Tatoeëermerke: hy wil iewers tuishoort, soeke na identiteit. Map sê jou geskiedenis en waarvandaan jy kom, is op jou arms, lyf, nek en gesig. Pragtige lyf.

Hoe hy homself beskryf/Wat hy oor homself sê (3 feite) Hy is jammer oor alles. Hy is bekeer. Getuig dat hy bid. Hy is ʼn veranderde man alhoewel hy nog steeds Map Jacobs is. Hy het Blanchie liefgehad. Wil ʼn tweede kans hê; moet werk kry. Hy wou iets gewees het, was goed op skool, maar kon nie verder leer nie. Kon net ʼn bode word, want al die werksgeleenthede is vir wittes. Hy het deurmekaar geraak met verkeerde elemente. Was altyd die leier. Hy probeer om sy straf soos ʼn man te vat. Hy het hom goed gedra in die tronk.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

29

Page 30: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

Wat ander karakters van hom sê (3 feite) Richie: hy is ʼn vark; sê sy misdaad is ʼn lelike ding. Tommy: Map is ʼn veranderde man; saxofoon is Map se afdeling. Cavernelis: Map is ʼn misdadiger. Willy: pragtige lyf; jammer van al die ‘tattoos’. Cyril: noem Map ʼn ‘bastard’; sê Map is aggressief. Apostel George sê dis swaar vir Map om teen die prikkels te skop. Blanchie: Map was ʼn goeie man. Sy bendelede noem hom ‘chief’.

Hoe hy optree en wat hy doen (4 feite) Gee opdrag om vroue te beroof. Gee toestemming vir verkragting. Vermoor sy vriend, Ivan Philander. Gee homself aan die polisie oor. Praat eerbiedig met sy ma. Is besorgd oor sy ma en Blanchie. Bid saam met Apostel George in die tronk. Soek toenadering by Blanchie. Dink terug aan mooi tye met Blanchie Ontsteld as hy hoor wat met Blanchie gebeur het terwyl hy in die tronk was.

Hoe sy karakter ontwikkel/groei (4 feite) Terugflits na skooldae: talentvol, liefdevol en onskuldig. Bevind hom in die park in ʼn skooluniform. Daarna word hy bendeleier. Sy lewe verander negatief. In die tronk kom hy tot bekering. Bieg hartstogtelik en in ootmoed. Bely sy skuld en sonde en vra dat die Here hom verander. Verander van sondige moordenaar na gelowige persoon.

Slot: Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste slot. [25]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

30

Page 31: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

VRAAG ANTWOORD PUNT LU AS BARRETT14.1 (Map se ma besoek hom) in die tronk. √ 1 2 4.2.7 114.2 Map simboliseer sy bendelewe (bendenaam)/

bose. √ Johnnie dui op sy onskuld/goeie/ vroeëre lewe (sy gewone naam). √ 2 2 4.2.8 2

14.3.1 Dit maak Map se omstandighede en vooruitsigte aan ons bekend. √ /Dit laat ons kennis maak met Map midde-in sy omstandighede. √ /Dit gee ons die geleentheid om ononderbroke vir Map te sien optree en te hoor wat hy te sê het. √ /Beklemtoon sy eensaamheid/eensame stryd. √ /Sy ma is stom. √ /Dit is die biegtoneel/ hy stort sy hart uit. √ /Map doen belydenis. √ /Kry aanduiding van Map se innerlike gevoelens. √ /Is karakteropenbarend. √ /Karakterbeeldend. √ /Nodige inligting word verskaf. √(Enige EEN). 1 2 4.2.7 2

14.3.2 Sy het na die verkragting stom geword. √ /Sy is stom. √ /Sy kan nie praat nie. √ /As gevolg van die skokvoorval kan sy nie praat nie. √(Enige EEN). 1 2 4.1.1 1

14.4 Sy bekering (vergifnis). √ /Sy vrylating uit die tronk (parool). √ /Hy wil weet hoe dit met Blanchie gaan. √ /(Enige TWEE). 2 2 4.1.1 1

14.51 Sy vind vir hom uit van werk. √ /Sy skakel met potensiële werkgewers. √ /Sy help met die parool-aansoek. √ /Sy luister na hom (en laat hom toe om te praat). √(Enige EEN). 1 2 4.2.8 1

14.5.2 Sy wil hê hy moet bieg (oor alles wat "daardie vreeslike nag" gebeur het). √ /Sy wil hê dat hy sy verlede moet bely. √ /Sy wil hê dat hy sy skuld erken. √ /Hy moet sy verantwoordelikheid aanvaar. √(Enige EEN). 1 2 4.2.8 1

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

31

Page 32: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

14.6.1 Modelwerk √ /Prostitusie √ /Gesellinklubs√/Masseersalon-ne/geld te verdien. √ /Naam te maak in die skoonheidswêreld. √ /Sy wil geld verdien om weg van hul omstandighede (in die township) te kom. √(Enige EEN of soortgelyke antwoord). 1 2 4.2.8 1

14.6.2 Sy wil haar ouers nie teleurstel nie. √ /Sy weet haar ouers sal dit nie goedkeur as hulle sou weet dat sy kontak met Map het nie. √ /Hulle wou nie hê dat sy kontak met Map hê nie. √ /Die aand se gebeure was ‘n skande en sy wou nie daarmee assosieer word nie. √(Enige TWEE redes). 2 2 4.2.8 2

14.7.1 Desember√ 1 2 4.1.1 114.7.2 Die drama se naam/titel is Krismis van Map

Jacobs. √ /Kersfees is in Desember. √ /Die Kersorkes oefen. √(Enige EEN antwoord wat na Kersfees verwys). 1 2 4.2.9 1

14.8.1 Hy het sy bende toestemming gegee om die vroue (wat hulle voorgelê het) te verkrag. √ /Hy is jammer oor die moord wat hy gepleeg het. √(Enige EEN). 1 2 4.2.8 1

14.8.2 Persoon Invloed van oordeelsfout

Verwantskap

8 2 4.2.7 2

Kleinmeisie Jacobs

beroof/verkrag/ vermoor √ √ (Enige TWEE)

suster√

Antie Grootmeisie Jacobs

Beroof/verkrag/ stom √ √ (Enige TWEE).

ma√

Ivan Philander vermoor√ beste vriend√/ bendelid √(Enige EEN)

14.9 Ja √. Hy dra die vrugte wat by die bekering pas: hy vergewe Blanchie alles en oordeel haar nie. √ /Hy raak nie weer by bendes en misdaad betrokke nie. √ /Hy hou aan om werk te soek. √ /Hy wil ʼn nuwe blaadjie omslaan. √ (Nee, verdien geen punte. Ja = korrek, maar die motivering bepaal die punt. ʼn Kandidaat kry dus 2 of nul.) 2 2 4.2.7 3

[25]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

32

Page 33: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

VRAAG 15: OPSTELVRAAG (LU2 AS4.2.8)

MIS – Reza de Wet

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA (na VRAAG 16) nagesien.

MEMORANDUM

LET WEL: Hierdie memorandum bevat die breë, uitgebreide raamwerk van feite waaroor die kandidaat kan skryf. Daar word nie van die kandidaat verwag om al die onderstaande feite te noem nie. Die subopskrifte in die raamwerk dien slegs as riglyne vir die nasiener; kandidate mag nie subopskrifte in hul opstel gebruik nie. (Indien kandidate opskrifte gebruik, word hulle met een kategorie by struktuur en taal gepenaliseer, maar nie laer as Kode 3 nie) Vir volpunte (Inhoud), behoort die kandidaat die aangetoonde feite per sub-opskrif aan te bied.

Sien vraag 1 vir die aanduiding van punte op die kandidaat se antwoordboek.

Inleiding: Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste slot.

Miem as besweerder (3 Feite) Miem is ʼn vet, middeljarige vrou wat tydens die Groot Depressie kop bo water

moet hou nadat haar man hom na die solder onttrek het. Miem verteenwoordig die beginsel dat jy alle genietinge moet afsweer en op die

smalle weg moet bly. Miem waak oor Meisie se reinheid. Sy bewaak die grens tussen die binneruimte en die buiteruimte. Sy belet Meisie om deur die venster na die sirkusliggies te kyk. Sy manipuleer haar dogter eintlik deur te verwys na ‘die vorige keer’ toe sy siek

geraak het nadat Meisie uitgeglip het. Sy is begaan dat die deure gesluit word teen die gruwelike sirkusmusiek. Sy simboliseer die versmorende matriargale mag en die uitlewing van die

Calvinistiese gewete. Sy glo dat alles buite die kerk boos is. Sy tree op as heksebesweerder teen die bose. Die sirkus is haar fokuspunt van beswering. Sy beskryf die sirkusmusiek as ‘klinkende simbale’. Sy berispe Gertie omdat sy (Gertie) al by die sirkus was. Sy is egter ook skynheilig, want sy wil tog weet wat alles by die sirkus gebeur en

hoe dit daar lyk. Ten spyte van haar preutsheid sit sy ook met seksuele frustrasies. Sy erken

openlik aan die Konstabel dat daar ‘gevoelens’ by haar aangewakker word deur die teenwoordigheid van ʼn man in die huis.

Ironies genoeg is dit haar vrees vir die bose wat haar daarvan weerhou om die bose te herken as sy daarmee gekonfronteer word.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

33

Page 34: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

Bevryding van Gertie (4 feite) Gertie is Miem se vriendin; ʼn vaal, middeljarige oujongnooi en

liggaamsoefeningonderwyseres. Sy kan nie haar seksuele drange onderdruk nie. Ahoewel sy afkeurig teenoor die sirkus staan, is sy die een karakter wat wel

gewaag het om die sirkustent binne te gaan. Die verskyning van die Konstabel verhoog Gertie se seksuele frustrasie. Sy is jaloers op Meisie en soek ʼn geleentheid om alleen met die Konstabel te

wees. Sy vind bevryding deur die Konstabel se vertelling van sy tant Hannie. Sy word getransformeer sodat sy sélf die begeerlike tant Hannie is wat uittrek,

dans en mooi hare het. Haar bevryding is egter nie volledig nie, want Miem kom in en Gertie vlug in haar

onderklere na buite. Wanneer sy terugkom, dra sy weer haar ou klere en is sy weer vasgevang in haar

vorige bestaan. Vir ʼn paar oomblikke kon sy egter vryheid smaak.

Bevryding van Meisie (4 feite) Die sirkus hou vir haar ʼn magiese aantrekkingskrag in. Sy is ʼn simbool van die Afrikaner wat uit die eng Calvinistiese leefwyse wil

ontsnap. Meisie word ten volle bevry. Sy vertel aan die Konstabel hoe vasgevang sy voel tussen die mis en die misreuk. Sy vertel ook van die jong man wat kom kuier het, maar die vlieë het op die tertjies

geloop. Voorts vertel sy hoe sy rose onder haar venster geplant het teen die misreuk. Sy vlug kaalvoet in haar wit aannemingsrok saam met die Konstabel – ʼn teken dat

sy vry uitgaan, nie meer aan die aardse dinge gebonde is nie en nie meer deel is van haar ma se besweringe nie.

Sy word deel van die magiese wêreld van die sirkus.

Die Konstabel se rol as bevryder (4 feite) Hy word beskryf as ʼn sjarmante, maar geheimsinnige man. Hy tree op as biegvader en staan so sentraal in die bevrydingsproses. Hy gee elk van die drie vroue geleentheid om hul hartsake teenoor hom te bely. Meisie vertel hom van haar beperkende bestaan en haar besoek aan die sirkus. Miem lê haar seksuele frustrasie bloot. Gertie vind by hom ʼn uitlaatklep vir haar seksuele fantasieë. Alreeds deur hierdie vertellings ervaar elk van die vroue ʼn mate van bevryding. Die hoogtepunt van die bevrydingsproses is wanneer die Konstabel Meisie by die

agterdeur uitlei – uit die knellende ruimte na ʼn magiese ruimte van vryheid.

Slot: Die kandidaat voorsien die opstel van ʼn gepaste slot. [25]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

34

Page 35: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

VRAAG 16: KONTEKSTUELE VRAAG

MIS – Reza de Wet

VRAAG ANTWOORD PUNT LU AS BARRETT16.1.1 Gabriël √ /

Die pa. √ /Miem se man. (Enige EEN). 1 2 4.1.1 1

16.1.2 In die solder.

A.g.v. die armoede van die Groot Depressie het hy hom in die solderkamer onttrek. /Toe hy sy plaas (alles) verloor het. √ /Sy gemoedstoestand (depressie). √ 2 2 4.1.1 1

16.2 Sy is jaloers (omdat Meisie en die Konstabel so lank alleen buite is). /Sy is bang dat ‘n verhouding tussen Meisie en die Konstabel ontstaan. √ /Sy stel self in die Konstabel belang. √(Enige EEN). 1 2 4.2.7 2

16.3.1 Die aards-alledaagse of menslike ontlasting. /Uitskeiding. √ /Sy mis haar man. √(Enige EEN). 1 2 4.1.1 1

16.3.2 ‘Moet net nie daarin trap nie. √ / ‘die spatsel’ √ /‘as sy trou, sal hy afkom’ √ /‘tou aan die slopemmer vas’ √ /‘netnou gestort’ √ /‘lap en vee dit op’√(Enige aanhaling wat sal pas by vraag 16.3.1 se antwoord). 1 2 4.1.1 1

16.3.3 Bemesting /Mistigheid /Jy het dit mis. /Die Rooms-Katolieke Mis of Heilige Nagmaal. /Vermiste meisies. /Miem mis haar man /Die voorvoegsel mis- (bv. mislukking). √ /Hul leef ‘n mislike bestaan. √(Enige DRIE betekenisverklarings). 3 2 4.2.8 2

16.4.1 Sy is opgewonde. √ /Gestimuleer √ /Gelukkig√ / Verlief √ / Hou van die konstabel. (Enige EEN).

1 2 4.2.7 1

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

35

Page 36: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

16.4.2 Oë wat blink dui op absolute geluk.√ /Meisie is siende blind vir die gevaar wat die Konstabel inhou.√ /Sy sien vir die eerste keer die moontlikheid van bevryding. √√(Enige antwoord vir TWEE punte). 2 2 4.2.7 2

16.5.1 Dit beklemtoon die kontras tussen die eksotiese sirkus buite en die armoedige toestande binne./Binnenshuis /Die bevryding van die sirkus teenoor die beklemming van die huis. /Die spanning/ onheil word beklemtoon. /Dien as bindingselement. (Enige een antwoord vir TWEE punte). 2 2 4.2.7 2

16.5.2 (a)

Meisie: Die sirkus verteenwoordig die teenoorgestelde van haar ongelukkige, glanslose lewe. /Dit bied die moontlikheid van bevryding uit haar eng bestaan. (Enige EEN antwoord vir twee punte). 2 2 4.2.8 2

(b) Miem: Die sirkus is vir haar ʼn simbool van verval en die bose. /Die sirkus is dit wat potensieel die moraal van haar dogter kan ondermyn. (Enige EEN antwoord vir twee punte). 2 2 4.2.8 2

16.6 Sy is baie reguit. Wanneer Gertie liggaamsoefeninge wil doen, sê sy: ‘Ag, toe nou, Gertie … te veel oefening maak ʼn vrou taai en seningrig.’ OFSy is dominerend/ diktator: ‘Kyk daar, Meisie, jy het netnou gestort! Kry ʼn lap en vee dit op.’ OFSy is oorbeskermend ‘...soos ‘n voëltjie in sy nessie’. OFSy is selfsugtig : Meisie moet trou sodat Gabriël van die solder afkom OFSY is lojaal of bekommerd : ‘moenie weer vir twee dae wag nie’ OFSy is wantrouig : ‘... ek is onrustig ... sulke gedrogte is slinks’(Een punt vir karaktertrek en een punt vir motivering). 2 2 4.2.7 1

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

36

Page 37: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

16.7 Dit wil Gertie uitbeeld as karakter wat hunker na bevryding. /ʼn Karakter wat deur oefening ʼn verlore jeug najaag. /Gertie probeer die Konstabel wys dat sy ‘warm’ is – anders as die ‘koulike’ Meisie. /Om sodoende sy guns te wen. /Om humor uit te lig. 2 2 4.2.7 1

16.8 Dit skep/verhoog die spanning. /Dit beklemtoon die gevoel van gevaar of onheil. 1 2 4.2.7 1

16.9.1 Die gevaar skuil in die riete. 1 2 4.2.8 116.9.2 Die Konstabel se van is Van der Riet. 1 2 4.1.1 1

[25]

GROOTTOTAAL: 80

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

37

Page 38: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 38 DoE/November 2009NSS – Memorandum

RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE

RUBRIEK VIR DIE ASSESSERING VAN DIE POËSIE OPSTEL

HUISTAAL

10 PUNTE

TAA

LS

trukt

uur,

logi

ese

vloe

i en

aanb

iedi

ng.

Taa

l, to

on e

n st

yl

wat

in o

pste

l geb

ruik

wor

d.

-Baie goeie koherente struktuur.-Uitstekende inleiding en samevatting.-Argumente goed gestruktureerd en ontwikkeling is duidelik.-Taal, toon en styl volwasse, treffend en korrek.

- Opstel goed gestruktureer.

- Goeie inleiding en samevatting.

- Maklik om argumente en gedagtegang te volg.

- Taal, toon en styl korrek en toepaslik vir doel.

- Goeie aanbieding.

- Duidelike struktuur & logiese vloei van argumente.

- Inleiding, same- vatting en ander paragrawe kohe- rent georganiseer.- Kan vloei van

argumente volg.- Taal, toon en styl

grootliks korrek.

- Sommige bewyse van struktuur.

- Opstel toon gebrek aan struktuur, logika en koherensie.

- Minimale taalfoute, toon en styl meestal van toepassing. Paragrafering meestal korrek.

- Bewyse dat struktuur swak beplan is.

- Argumente nie logies gerangskik nie.

- Taalfoute is sigbaar. Toon en styl nie toepaslik vir die doel van teks nie.

- Paragrafering gebrekkig.

- Swak aanbieding en gebrek aan beplanning beïnvloed vloei van argumente.

- Taalfoute en verkeerde styl veroorsaak onsuksesvolle skryfstuk. Toon en styl nie toepaslik vir doel van teks nie.

- Paragrafering verkeerd.

- Moeilik om te bepaal of onderwerp aangespreek is.

- Geen bewyse van beplanning of logiese uiteensetting nie.

- Taal is swak. Verkeerde toon en styl.

- Paragrafering nie korrek nie, koherensie ontbreek.

INHOUDInterpretasie van onderwerp. Diepte van argumente, verant-woording en beheersing van gedig.

780 – 100%

670 – 79%

560 – 69%

450 – 59%

340 – 49%

230 – 39%

10 – 29%

- In-diepte interpretasie van onderwerp, alle aspekte ten volle verken.

- Uitstaande respons: 90%+. Uitstekende respons: 80 – 89%

- Reeks treffende en uitgebreide argumente wat uit gedig ondersteun word.

- Genre en gedig word uitstekend verstaan.

780

– 1

00%

8 – 10 7 – 7 ½ 7 – 8

- Bogemiddelde interpretasie van onderwerp, alle aspekte bevredigend verken.

- Uitgebreide respons.- Reeks sterk argumente wat

uit gedig ondersteun word.- Genre en gedig word baie

goed verstaan.

670

– 7

9%

7 ½ – 8 ½ 7 – 8 6 ½ – 7 ½ 6 – 7

- Verstaan gedig en interpretasie van onderwerp goed.

- Redelike uitgebreide respons.

- Sterk argumente word gegee, maar dit is nie altyd goed gemotiveer nie.

- Genre en gedig word verstaan.

560

– 6

9%

7 – 8 6 ½ – 7 ½ 6 – 7 5 ½ – 6 ½ 5 – 6

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 39: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 DoE/November 2009NSS – Memorandum

- Redelike interpretasie van onderwerp, nie alle aspekte in gedig verken nie.

- Etlike goeie argumente ter ondersteuning van onderwerp.

- Meeste argumente ondersteun onderwerp, maar bewyse is nie oortuigend nie.- Genre en gedig word basies

verstaan.4

50 –

59%

6 – 7 5 ½ - 6 ½ 5 – 6 4 ½ - 5 ½ 4 – 5

- Baie alledaagse, middelmatige poging om vraag te beantwoord.

- Baie min diepte in die begrip van en tydens die respons op onderwerp.

- Argumente nie oortuigend nie en baie min bewyse uit gedig.- Leerder het nie volle begrip

van genre en gedig nie.

340

– 4

9%

5 – 6 4 ½ - 5 ½ 4 – 5 3 ½ - 4 ½ 3 – 4

- Swak begrip van onderwerp.- Respons word herhaal en dit

is soms nie ter sake nie.- Geen diepte in

argumentering nie, interpretasie verkeerd, ondersteunende argumente nie verantwoordbaar uit gedig nie.

- Baie swak begrip van genre en gedig.

230

– 3

9%

4 – 5 3 ½ - 4 ½ 3 – 4 1 – 3 ½

- Respons soms in verhouding met onderwerp, moeilik om argumente te volg of dit is nie van toepassing nie.

- Swak poging om vraag te beantwoord. Paar relevante argumente wat gegee is, is nie verantwoordbaar uit gedig nie.

- Baie swak begrip van genre en gedig.

10

– 29

%

3 – 4 1 – 3 ½ 0 – 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

39

Page 40: MEMORANDUM:DIGKUNS:EIND 2009 - Mpumalanga · Web viewMANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN

Afrikaans Huistaal/V2 40 DoE/November 2009NSS – Memorandum

RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DIE DRAMA(Let op die verskil in die puntetoekenning vir inhoud versus struktuur en taal.)

KODES EN PUNTETOEKENNING

INHOUD [15]Interpretasie van die onderwerp. Grondige argumente, verantwoording en begrip van die voorgeskrewe werk.

STRUKTUUR EN TAAL [10]Struktuur, logiese vloei en aanbieding. Gebruik van taal, toon en styl in opstel.

Kode 7A

80 – 100%

Uitmuntend12 tot 15

punte

In-diepte interpretasie van onderwerp, alle aspekte van die onderwerp is ten volle nagevors.Uitstekende reaksie. (90+, uitmuntende reaksie) Reeks pakkende argumente, uitgebreid; ondersteun uit die teks.Uitstekende begrip van genre en voorgeskrewe teks.

Uitmuntend8 – 10 punte

Samehangende en gestruktureerde opstel.Uitstekende inleiding en slot.Argumente is goed gestruktureerd en duidelik ontwikkel.Taal, toon en styl is gevorderd, treffend en korrek.

Kode 6B

70 – 79%

Verdienstelik11

punte

Bogemiddelde interpretasie van onderwerp. Alle aspekte van die onderwerp is geskik nagevors.Gedetailleerde reaksie.Reeks grondige argumente is gegee, goed ondersteun uit teks.Baie goeie begrip van genre en teks.

Verdienstelik7

punte

Opstel is goed gestruktureerd.Goeie inleiding en afsluiting.Argumente en gedagtelyn is maklik om te volg.Taal, toon en styl is korrek en gepas vir die doel.Goeie aanbieding.

Kode 5C

60 – 69%

Beduidend9 of 10 punte

Toon begrip en het onderwerp goed geïnterpreteer. Taamlik gedetailleerde reaksie op die onderwerp.Sommige grondige argumente is gegee, maar nie almal is baie goed gemotiveer nie.Begrip van genre en teks duidelik.

Beduidend6

punte

Duidelike struktuur en logiese vloei van argumente. Inleiding, afsluiting en ander paragrawe is samehangend georganiseer. (koherensie)Vloei van argumente kan gevolg word. Taal, toon en styl is grootliks korrek.

Kode 4D

50 – 59%

Voldoende8

punte

Taamlike interpretasie van die onderwerp; nie alle aspekte is in detail nagevors nie.Sommige goeie punte ter ondersteuning van die onderwerp.Die meeste argumente is ondersteunend, maar bewyse is nie altyd oortuigend nie.Basiese begrip van genre en teks.

Voldoende5

punte

Geringe bewyse van struktuur. Goed gestruktureerde en logiese vloei en samehang ontbreek.Min taalfoute; toon en styl is meestal gepas.Paragrawe is meestal korrek.

Kode 3E

40 – 49%

Matig6 of 7 punte

Baie gewone en gemiddelde poging om die vraag te beantwoord.Baie min diepte en begrip in reaksie op die onderwerp.Argumente nie oortuigend nie en baie min verantwoording uit die teks. Leerder het nie houvas en volle begrip van genre en teks nie.

Matig4

punte

Beplanning van die struktuur is gebrekkig.Argumente nie logies gerangskik nie.Paragrawe is foutief.Opvallende taalfoute. Toon en styl nie gepas vir die doel nie.

Kode 2F

30 – 39%

Basies5

punte

Houvas op die onderwerp is swak.Reageer herhalend en soms van die punt af.Geen diepte in argumentering; verkeerde interpretasie/Argumente word nie verantwoord uit die teks nie.Baie swak houvas op genre en teks.

Basies3

punte

Swak aanbieding en gebrek aan beplanning beïnvloed die vloei van die argumente.Taalfoute en foutiewe styl maak opstel onsuksesvol.

Kode 1F tot H0 – 29%

Ontoereikend0 tot 5 punte

Reaksie soms in verhouding met die onderwerp, maar dis moeilik om ontoepaslike argumente te volg.Swak poging om vraag te beantwoord.Min toepaslike punte met geen verantwoording uit die teks.Baie swak houvas op genre en teks.

Ontoereikend 0 – 2 punte

Moeilik om te bepaal of die onderwerp aangespreek word.Geen bewyse van logiese beplanning nie.Geen paragrawe en koherensie nie.Swak taalgebruik. Verkeerde styl en toon.

Kopiereg voorbehou