43
1 WELKOM BY MURRAY-HUIS Die volgende inligting mag baie van u vrae en bekommernisse opklaar. U moet dit asseblief deeglik bestudeer en met u seun bespreek. Neem asb. kennis dat veranderinge mag plaasvind. Ander nodige inligting kan op die Skool se webblad gevind word. Belangrike inligting sal ook aan u gegee word op MAANDAG, 25 JANUARIE 2021. Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se betalingsisteem en inligting rondom sosiale media.

WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

1

WELKOM BY MURRAY-HUIS

Die volgende inligting mag baie van u vrae en bekommernisse opklaar. U moet dit

asseblief deeglik bestudeer en met u seun bespreek. Neem asb. kennis dat veranderinge

mag plaasvind. Ander nodige inligting kan op die Skool se webblad gevind word.

Belangrike inligting sal ook aan u gegee word op MAANDAG, 25 JANUARIE 2021.

Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30.

BAIE BELANGRIK:

Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se betalingsisteem en

inligting rondom sosiale media.

Page 2: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

2

INHOUDSOPGAWE WELKOM BY MURRAY-HUIS .................................................................................................... 1

ONDERWYSERS AAN DIENS................................................................................................. 4

MATRONES & VOOG-ONDERWYSERS ............................................................................... 4

KOSHUISREËLINGS .............................................................................................................. 5

VEILIGHEID: ....................................................................................................................... 5

NA-URE BY KOSHUIS AANKOM ........................................................................................... 6

EKSTRA KLASSE: ................................................................................................................. 7

PRIVAATVERBLYF ................................................................................................................ 8

BELANGRIK: .......................................................................................................................... 8

FINANSIES ................................................................................................................................ 9

SKOOLBOEKE ........................................................................................................................ 10

BAIE BELANGRIK: ............................................................................................................... 11

SKOOLKLERE ......................................................................................................................... 11

KLERE-RIGLYNE: ................................................................................................................ 12

BEDDEGOED ....................................................................................................................... 13

MERK VAN SPORTSAKKE: ................................................................................................. 14

SKRYFBEHOEFTES ................................................................................................................ 15

DIVERSE UITGAWES: ......................................................................................................... 16

VERBLYF ................................................................................................................................. 17

KAMER-INDELINGS: ............................................................................................................ 17

EETPLEKKE: ........................................................................................................................ 18

VERLOF ................................................................................................................................... 18

NAWEEK; DAG; STADSVERLOF ....................................................................................... 18

VOORBEELD VAN VERLOFAANSOEK: .............................................................................. 22

MEDIES: .................................................................................................................................. 23

MEDIESE BESONDERHEDE: .............................................................................................. 23

MEDIESE BEHANDELING: .................................................................................................. 24

APTEEK: .............................................................................................................................. 26

SELF-MEDIKASIE: ............................................................................................................... 27

Page 3: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

3

VERVOERBELEID ................................................................................................................... 28

TYE .......................................................................................................................................... 29

WASGOED .............................................................................................................................. 32

WASSERYE: ................................................................................................................... 33/36

BRIEF VAN DIE MATRONE AF ............................................................................................... 37

AANKOMS 25 JANUARIE 2021 ............................................................................................... 38

VERRIGTINGE: 25 JANUARIE 2021 08H00 ........................................................................ 38

VERWELKOMINGSFUNKSIE: 25 JANUARIE 2021 ............................................................. 38

PRAKTIESE REËLINGS .......................................................................................................... 39

ONTHOU.................................................................................................................................. 42

TEN SLOTTE ........................................................................................................................... 43

Page 4: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

4

ONDERWYSERS AAN DIENS, MATRONES &

VOOG-ONDERWYSERS Elke koshuis het daagliks ’n Onderwyser aan Diens wat vir daardie betrokke dag

verantwoordelikheid neem. Die onderwyser se naam verskyn op die diensrooster asook

teen die kennisgewingbord in die Koshuis en teen die Koshuisvader se deur.

Verder word elke kamer by ’n Voog-onderwyser ingedeel. Ouers word versoek om die

voog-onderwysers te skakel rakende enige navrae, probleme, voorstelle, versoeke of

klagtes. Die voog-onderwysers dien as mentors vir ons seuns. Hulle sal sake met die

Huisvader bespreek en versoeke/klagtes aanteken aan die Huisvader/Matrone deurgee.

Die Huisvader en Matrone is ook beskikbaar vir elke seun/ouer. Indien ’n Voog-

onderwyser ’n situasie nie bevredigend kan oplos nie, sal die Huisvader ten alle tye

aandag aan die saak skenk. Die Huisvader sal, indien nodig, die Skoolhoof raadpleeg en

terugvoering aan u gee. U word versoek hierdie roete te volg ter wille van effektiewe

hantering van alle sake. Telefoonnommers van personeel sal aan u verskaf word.

Gedurende naweke roteer die drie Matrones tussen die koshuise. Die Matrone aan

naweekdiens sal aandag skenk aan alle klagtes, siektes en ander mediese probleme,

ongeag die koshuis waarin u seun woon. Die Matrone aan diens se naam en

kontaknommer sal op die kennisgewingbord verskyn, asook op die Skool se webtuiste.

MATRONE NAWEEKDIENS-TYE:

VRYDAG : 14:00 tot 17:15

SATERDAG : 08:00 tot 17:15

SONDAG : Matrones is Sondae nie aan diens nie.

Page 5: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

5

KOSHUISREËLINGS

VEILIGHEID

U seun se persoonlike veiligheid sowel as die beskerming van sy persoonlike besittings

is vir ons uiters belangrik en daarom is baie van die reëls daarop gemik. U sal ook merk

dat geleenthede waartydens seuns die terrein mag verlaat, voorgeskryf en gereguleer

word.

Alle koshuise is toegerus met CCTV-kameras wat 24 uur per dag aangeskakel is.

Opnames van alle bewegings in die gange word in die Huisvader se kantoor opgeneem.

Bo en behalwe die feit dat dit die personeel in staat stel om te sien wat fisies in die gange

gebeur, is dit ’n belangrike hulpmiddel om, in die geval van ’n voorval, die opnames na

die betrokke dag/tyd terug te draai ten einde moontlike verdagtes vas te trek.

Persoonlike besittings en veral waardevolle artikels soos selfone moet, wanneer dit nie

in gebruik is nie, in elke seun se persoonlike klerekas toegesluit word. Dit is handig om

’n ekstra slot met sleutels saam te bring.

MAAK ASSEBLIEF SEKER DAT ALLES WAT AAN U

SEUN BEHOORT DEEGLIK GEMERK IS... ALLES!!!

Dit sluit in beddegoed, klere, boeke, skryfbehoeftes, selfoon-laaiers, ens. Daar is

normaalweg ongeveer 128 seuns in Murray-Huis en in totaal, meer as ’n duisend seuns

in Grey Kollege. U seun vorm deel van ’n groot kampus en klere word gereeld verlê tydens

sportbyeenkomste, kampe, toere, galas, ens. Verskeie wasserye hanteer die wasgoed

van al drie die koshuise en dit beteken dat honderde kledingstukke per week hanteer

word.

1. Estie Oosthuizen: Tel. 0824921434. Druk o.a. aanstryk- en waterdigte

plakkers, asook klein plakkers waarop seun se naam en telefoonnommer

verskyn.

2. JUST LABELS: Tel. 031 266 1738; [email protected];

www.justlabels.co.za. Druk ENIGE plakker – groot of klein; groot en klein

etikette wat op plastiek gedruk word; klereplakkers en harde-item plakkers.

Nadat ouers/voogde hul seuns op 25 JANUARIE 2021 by Murray-Huis ingeskryf het, mag

hulle hul seun help om sy intrek in die kamer te neem. Vanaf 25 Januarie 2021 geld die

Page 6: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

6

algemene reël dat OUERS/VOOGDE slegs weer aan die begin van die eerste kwartaal

seuns se kamers besoek. Weens veiligheidsredes is seuns se kamers ten alle tye privaat.

Ouers/Voogde mag gebruik maak van die besoekers-toilet op die grondvloer onder die

Murray-Huis trap. Ouers mag egter GEEN van die kamers besoek wanneer hul van die

geriewe (toilet/sitkamer) gebruik maak NIE. Daar is ook toiletgeriewe by die Hamilton-

eetsaal beskikbaar. U is altyd welkom om u seun na skool te besoek. Gedurende skoolure

kan enige artikels of pakkies ook by die Matrone afgegee word en sy sal sorg dat dit ná

skool aan u seun oorhandig word.

Studente van die Universiteit asook Grey-kosgangers op pad na en van Brandwag,

Mimosa Mall, die Loch Logan Waterfront en ander winkelsentrums, is dikwels die teiken

van boosdoeners wat hulle selfone en geld wil steel. Derhalwe moet seuns in groepe van

ten minste drie per groep beweeg. Geen gesprekke mag met vreemdelinge aangeknoop

word nie, veral nie wanneer seuns te voet buite Grey Kollege beweeg nie. Praat asseblief

met u seun oor veiligheid.

Grey Kollege en al sy Koshuise handhaaf ’n “ZERO tolerance”-beleid ten opsigte van

alkohol, rook, dwelms en pornografiese materiaal. Die gebruik van sigarette, ‘vape’

(enige vorm van dwelm wat gerook kan word), alkohol (drank) en enige vorm van dwelms

of steroïdes, sowel as pornografie, is streng verbode. Seuns moet daarvan kennis neem

dat hulle nie toegelaat word om enige van hierdie middels (bv. alkohol) in die

teenwoordigheid van ’n volwassene, of selfs met die toestemming van volwassenes, by

die skool, in die openbaar of by private partytjies te neem nie. Indien skuldig bevind, sal

dit lei tot skorsing uit die koshuis/skool.

Raadpleeg asb. die gedragskode op die skool se webwerf. Die oortreding van enige

gedragskode sal tot ’n dissiplinêre verhoor lei. Vereenselwig uself gerus met die

Dwelmbeleid: http://www.gc.co.za/Enrolment/Discipline

MURRAY-HUIS SE DEURE SLUIT SAANS OM 21:00.

NA-URE BY KOSHUIS AANKOM

(NA 21:00 OPDAAG BY MURRAY-HUIS)

Indien u seun op ’n Sondag of enige ander aand ná 21:00 by Murray-Huis opdaag –

weens ’n vlug, trein, bus of taxi wat eers ná 21:00 in Bloemfontein arriveer – moet hy

asseblief die Onderwyser aan Diens kontak om die koshuis oop te sluit. Dit sal baie help

Page 7: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

7

indien u reeds vooraf met die Onderwyser aan diens in verbinding kan te tree. Die

diensrooster en kontaknommers is beskikbaar op die Grey-webblad asook in die Koshuis.

EKSTRA KLASSE

Soms gebeur dit dat die seuns se punte teen die einde van die tweede kwartaal

kommerwekkend daal en dat hul punte nie meer so hoog is soos in graad 7 nie. Gelukkig

tel die seuns se punte baie vinnig weer op sodra hulle ’n balans tussen buitemuurse

aktiwiteite en akademie gevind het, aangepas het, geleer het om selfstandig te studeer,

huiswerk af te skryf, te beplan, te hersien, ens. Daar is heelwat faktore wat ’n rol speel

en, hoewel nie al die seuns se punte daal nie, spandeer ons soms baie tyd gedurende

die tweede kwartaal met bekommerde ouers. Wees gerus dat Grey Kollege se

onderwysers ’n verskeidenheid van ekstra klasse per week aanbied. Talle onderwysers

bied ekstra middagklasse (Wiskunde, Wetenskappe, ens.) GRATIS aan. U sal mettertyd

’n brief van die skool ontvang met die spesifieke klastye op.

Dit mag egter gebeur dat u seun nie op daardie dae of tydens daardie tye beskikbaar is

nie en dat onderwysers alternatiewe en/of bykomende ekstra tye (soms saans by die

skool) moet reël. Hierdie klasse mag in sommige gevalle nie gratis wees nie; tog bepaal

die skool baie redelike kostes en u sal vooraf daarvan inlig word. Die skool stel

kommunikasie tussen ouers/voogde, seuns en onderwysers hoog op prys. U is meer as

welkom om enige griewe/klagtes met ons te deel ten einde a oplossing te vind wat in die

beste belang van ons seuns is. Raadpleeg u seun se huiswerkboek en/of die Skool se

webwerf vir personeel se epos-adresse. U kan ook “What’s on at Grey” dophou wat betref

reëlings vir ekstra klasse.

Indien u dit noodsaaklik vind om vir u seun ekstra klasse te reël wat met ons koshuis se

etenstye bots en/of ná aandete plaasvind, moet u as ouer/voog die oggend van die klas

op “Boardwell” aansoek doen vir toestemming. Hierdie aansoek gaan nie altyd op ons

sisteem goedgekeur word nie, maar ons gebruik dit om rekord te hou van waar die seuns

hulself bevind.

Indien u seun weens ekstra klasse ’n ete mis, kan hy ‘n kamermaat vra om vir hom kos

uit te skep. U seun moet egter sy eie kosblik voorsien en kan nie van die kamermaat

verwag om kos uit te skep sonder om hom van ’n kosblik te voorsien nie.

Page 8: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

8

PRIVAATVERBLYF VIR OUERS

Daar is baie gastehuise beskikbaar indien u in Bloemfontein moet oornag. Hierdie sluit

in: Dias Gastehuis 051 436 6225, Dante Deo 083 290 4664, College Lodge 051 444 3837,

Bains Game Lodge 051 451 1761 en The Urban Hotel (baie naby aan Grey) 051 444

3142, om maar net ’n paar te noem.

BRANDE

Daar is twee brandblussers op elke vloer aangebring wat vir geringe brande gebruik kan

word. Die koshuis het ’n nood-ontruimingsplan – in Afrikaans en Engels – op strategiese

plekke in die gebou aangebring. Die voorgeskrewe rooi houers met noodsleutels agter

glas wat gebreek moet word, word ook by die twee nooduitgange aangetref. In geval van

nood moet die glas gebreek word, die sleutel uitgehaal en die slotte oopgesluit word. Alle

seuns moet kennis neem van die ontruimings-prosedures. Hierdie prosedures sal ook

deur die loop van die jaar ingeoefen word.

BELANGRIK

Selfone

Ten einde die misbruik van data, bv. vir pornografie, internet-kletskamers of laatnag-

geselsies te beperk, stel ons voor dat u die volgende voorsorgmaatreëls oorweeg:

(SIEN GREY WEBBLAD OOR HOE OM INHOUD TE BLOK)

o U seun se selfoon kan slegs eenvoudige of noodsaaklike funksies verrig;

o U maak seker dat u seun se selfoon/skootrekenaar/tablet, nie toegang tot

pornografiese materiaal toelaat nie, en dergelike “blok”;

o U kontroleer deurlopend wanneer u seun “WhatsApp” gebruik of aanlyn is,

veral wat snags betref;

o U maak, indien moontlik, gebruik van die toep wat ’n selfoon kan “opspoor”.

Ons vra dat u asseblief met u seun ’n gesprek sal voer oor die etiese gebruik van ‘n

selfoon, soos gepaste tye om dit te gebruik, en dat u as ouer/voog asseblief u seun

se gebruik van sy selfoon noukeurig sal dophou.

Dwelms

Weens die toename in die gebruik van dwelms onder kinders in die algemeen en veral

dagga-gebruik in skole, is dit noodsaaklik dat u gereelde gesprekke met u seun voer.

Page 9: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

9

Bestudeer asb. ook Grey Kollege se Dwelmbeleid. Apteke verkoop elementêre

toestelle van die rak af om deur middel van ’n urine-toets vir die meeste dwelms te

toets. Moet asb. nie huiwer om dit gebruik nie. Seuns word veral blootgestel wanneer

hulle winkelsentrums besoek of na partytjies toe gaan. Dit sluit in die uitruil van

medikasie, en verslawing aan self-medikasie, voorgeskrewe medikasie en die

misbruik van alkohol. Wees asb. altyd waaksaam vir tekens van verslawing.

FINANSIES

Grey Kollege het verskeie sub-rekeninge en u moet asb. seker maak dat u geld in die

korrekte rekening deponeer, en ook die korrekte verwysing gebruik.

Koshuisfooie is vooruitbetaalbaar en u moet asseblief op 25 JANUARIE 2021 bewys van

betaling vir die eerste kwartaal aan die Huisvader gee.

Indien u enige finansiële navrae het, kan u gerus ME CHANTELLE GORDON by die

finansiële kantoor kontak.

Die Grey Kollege Finansiële Kantoor het ’n “swipe”-masjien waar seuns hul

bankkaarte kan gebruik om vir bv. vir toere en sommige sportklere (soos fietsrybroeke

en waterpolo-swembroeke) te betaal.

NB!!! Die skool verkies dat ouers die KARRI TOEP (“app”) sal installeer en

gebruik om betalings maak. Lees asseblief die dokument (KARRI & SOSIALE

MEDIA) vir aanwysings oor hoe om die toep te installeer en te gebruik.

NB!!! Verwys ook na “KARRI & SOSIALE MEDIA” vir aanwysings oor hoe om

die GREY TOEP (“APP”) te installeer en te gebruik. Hier kry u al die nodige inligting

van wat by die skool aangaan.

Die seuns kan ook op hierdie toep “paper cut”-kaartjies” koop @ R20 per kaartjie

om van die skool se rekenaars gebruik te kan maak – soos om navorsing en take te

doen, en die take te druk.

Page 10: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

10

SKOOLBOEKE

Die skool voorsien u van ’n volledige lys van handboeke/boeke wat benodig word. Die lys is reeds op die Grey Kollege-webblad beskikbaar: www.gc.co.za / Akademie / Vorms. Daar is ook ’n volledige lys op die webblad van BOOKS4SCHOOLS.CO.ZA beskikbaar. Ouers/voogde en leerders kry die geleentheid om handboeke vooraf met plastiek, en skryfboeke met die Grey Kollege plastiek-omhulsels oor te trek. Plakkers vir skryfboeke word hoofsaaklik opgeplak sodra onderwysers meer inligting verskaf. Die Wiskunde-personeel het bv. hulle eie vereistes vir die plakkers, en sommige verkies ’n ring-lêer van sowat 35 mm vir die projekte. ALLE HANDBOEKE MOET DUIDELIK GEMERK WEES.

BOEKBESTELLINGS VIR 2021 28 September 2020: Webtuiste is oop met 2020 se bestelvorms. Ouers kan dus vanaf

hierdie datum boekbestellings plaas. Webadres: [email protected] 31 Oktober 2020: Finale datum vir bestellings wat op 15 Desember 2020 afgehaal kan

word (die dag waarop die skool sluit en akademiese rapporte afgehaal kan word). 30 November 2020: Finale datum vir bestellings wat tussen 25-29 Januarie 2021

afgehaal kan word. Enige veranderings aan die program sal per e-pos gekommunikeer word, direk vanaf

Books4Schools aan alle ouers wat reeds bestel het. Vir enige verdere inligting, kyk gerus op Books4Schools se webblad

Bring assseblief u bewys van betaling aan BOOKS4SCHOOLS saam.

Die boeke en blou Grey Kollege plastiek-omhulsels word deur Books4Schools voorsien.

Neem asseblief kennis dat alle boeke wat u benodig op die lys van boeke verskyn.

Die handboeke word voorsien deur:

Johan van Jaarsveld Sel: 082 419 1107 Faks: 086 566 9520 E-pos: [email protected]

Let asseblief daarop dat die gelde vir boekbestellings NIE in die Grey Kollege-rekening inbetaal word NIE, aangesien Books4Schools ‘n privaatmaatskappy is wat aan die skool diens lewer. Dit staan u vry om u seun se boeke vooraf via Protea Boekwinkel by die Brandwag-sentrum of enige ander verskaffer aan te koop.

Books4Schools lewer egter nie net puik diens teen mededingende pryse nie, maar bied ook uit die aard

van die saak, aan veral vir nuwe leerders, ’n sorgvrye wyse om boeke aan te koop.

Die seuns ervaar baie minder spanning wanneer al hul boeke eenmalig aan hulle verskaf word. Neem ook kennis dat daar in sekere vakke nuwe boeke op die lys verskyn, wat voorheen nie deel van die sillabus was nie. Die skool het ook tweedehandse handboeke beskikbaar.

Page 11: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

11

BAIE BELANGRIK: SAKREKENAAR DEUR DIE SKOOL AANGEVRA.

SAKREKENAAR: U seun benodig EEN van die onderstaande sakrekenaars

vir die skool. Dit verskyn ook op die boekbestellings-vorms, en kan sommer

saam met seuns se boeke bestel word.

CASIO fx – 82ZA Plus (Natural display) óf CASIO fx – 82ES Plus (Natural

display)

Die kode kan dalk verskil, maar “Casio fx – 82 Natural display” is belangrik.

Die goedkoper een van ongeveer R300 is voldoende; dis nie nodig om die

duurder een van R500 te koop nie.

TEGNOLOGIE:. Slegs die tekeninstrumente word vooraf aangekoop. ‘n “Oxford”

stel is meer as voldoende vir Gr. 8

SKOOLKLERE

Skoolklere is by verskeie winkels beskikbaar, en dit kan by die winkel van u keuse gekoop word. Kloppers by die Loch Logan Waterfront in Bloemfontein hou ’n groot verskeidenheid skoolklere aan, en sal u van die “Grey handelsmerk” kan voorsien, bv. Grey sweetpakke, Grey kleurbaadjie, “klok-hemde”, ens.

Die Grey Armour-winkel (geleë op die skoolterrein) verkoop ook verskeie items soos serpe, pette, ens.

Wat betref tweedehandse skoolklere, verwys ons u graag na:

GREY TWEEDEHANDS / GREY SECOND HAND Sir George Grey-straat 3, Bloemfontein

Tel: 076 156 3441 Elizabeth Adendorff: [email protected]

Verkoop / Ruil / Herstel van skoolklere, sportklere, handboeke. KOOP EN RUIL VAN SKOOLBAADJIES. Ons ontvang ook donasies van enige skoolklere of sportklere.

Page 12: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

12

KLERE-RIGLYNE

2 x skooldasse – beskikbaar by Kloppers. Maak seker dat, wanneer u seun sy das vou, die punt in die middel van óf net bokant die belt se gespe hang. Daar is by Kloppers junior en ekstra-lengte dasse beskikbaar.

1 x Grey kleurbaadjie (Kloppers) 3 x grys langbroeke

5 x grys langmou hemde 3 x wit langmou hemde

1 x swart belt

5 x pare wit sokkies vir sport 7 x pare grys sokkies

1 x wit Grey skooltrui (Kloppers) 1 x grys Grey skooltrui (Kloppers)

(Die aankoop van truie kan uitgestel word en eers in die winter aangekoop word.)

2 x “navy” PT-broeke 2 x Grey sweetpakbroeke (Kloppers)

1 x Grey sweetpak-top (Kloppers) 4 x “klok”-hemde

1 x Grey “speedo” (slegs as u seun vir die skool swem of waterpolo speel)

1 x Grey sportsak (Kloppers) 1 x skooltas (bv. Totem-reeks)

SPORTSAKKE, SKOOLTASSE, BOEKSAKKIES EN PENNESAKKIES OOK BY GREY TWEEDEHANDSE BESKIKBAAR

Swart skoolskoene – beskikbaar by verskeie winkels in Bloemfontein, Grashopper-skoene is beskikbaar by Awerbachs, Langenhovenpark langs Pretty Gardens.

Sporttoerusting en sportklere (soos voorgeskryf), gewone klere (die seuns loop heelwat in Grey-sweetpakke), swemklere (gewone), swemhanddoek, genoeg onderklere, 2 x slaapklere, skoene, tekkies, plakkies, gewone sokkies.

Badkamersakkie (haarborsel, sjampoe, “shower gel”, deodorant, aanrol-deodorant, tandeborsel, tandepasta, skeermes en -laaier, naelknipper, room en sonroom).

Bybel, klerehangers, 2 x wasgoedsakke (navrae – wassery), slaapsak vir kamp, 3 tot 4 kombinasie-slotte (lang “medium” sluit-“beentjies”).

‘n “Tuckbox” is nie verpligtend nie, maar indien u dit nodig vind om een te koop, vra ons dat dit asseblief sal voldoen aan die volgende spesifikasies – 660 x 340 x 260 (Kloppers). GROOTTE IS VERPLIGTEND: Plak asseblief ’n stukkie ou mat of iets soortgelyks aan die onderkant van die “tuckbox”.

Page 13: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

13

Flits met batterye, reënjas, sambreel. EIE toiletpapier (sluit toe in kas/trommel). Onthou selfoon-laaier en dubbelpunt muurprop (duidelik gemerk).

Houer vir self-medikasie (bv. ’n deurskynende plastiekhouer). Klein hoeveelhede eetgoed bv. koffie / tee / Milo / beskuit / suiker / Energade / “long-life” melk.

Onthou ook die “flip file” of lêer vir u seun se administrasie wat in sy kas gebêre word.

Kloppers en Pick ’n Pay verkoop ’n eenvoudige naaldwerk-pakket. Onthou ekstra grys garing, grys knope en ekstra silwer knope vir die Grey Kollege skoolbaadjie – sommige ouers werk vooraf die skoolhemde en baadjie se knope stewiger vas. Kriekethemde is beskikbaar by Kloppers, waarna die Grey-wapen deur die Grey Armour-winkel op die kriekethemp borduur word. Inligting rondom kriekethemde soos van Kloppers ontvang. Kloppers verkoop ook ’n rugsakkie met die Grey-embleem, en sporttoerusting is beskikbaar by hul sport-afdeling. Die Grey Reünie-winkel verkoop ook verskeie aandenkings.

BEDDEGOED

1. 1 of 2 kussings (na voorkeur)

2. 1 x matrasbeskermer (Verpligtend) - enkelbed

3. 2 x paslakens - enkelbed

4. 4 x kussingslope

5. 2 x “duvet” oortreksels ¾ bed (Ons beveel ’n “comforter” aan aangesien dit in die somer nie so warm is nie, en dit ook vir seuns makliker maak om hul beddens te maak.)

6. 1 x “duvet inner” selfde grootte as duvet oortreksel

7. 2 x handdoeke

8. 1 x swemhandoek

9. Kombers vir wanneer dit koud is. In die winter werk “fleece”-komberse baie goed as winterlakens.

10. BAIE BELANGRIK!!! Beddegoed MOET GEREELD GEWAS WORD!

Page 14: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

14

MERK VAN SPORTSAKKE

Sommige ouers verkies om hul seuns se sportsakke, toersakke en skooltasse op die

volgende wyse te merk (voorbeeld hieronder). Dit word gelamineer, kry ’n gaatjie in die

hoek (gaatjie-ponser) en word aan die tas/sak gebind met ’n “cable tie” (o.a. te koop by

hardeware-winkels). U seun kan dit ook in sy skoolbaadjie se sak dra vir identifikasie,

veral wanneer hy gaan toer of selfs “stadsverlof” neem.

NAAM en VAN

ID-Nommer:

Grey Kollege Sekondêre Skool

Murray-Huis

HUISADRES

Sel. (Kind):

Sel. (Ouer):

Mediese Fonds:

Mediese Fonds Lidmaatskapnr.:

Noodgeval ER24 Tel. Nr.: 084124

ALLE ITEMS MOET GEMERK WORD!!!

SKOOLKLERE; SKOENE; BEDDEGOED; SKRYFBEHOEFTES; SKOOLTAS;

HANDBOEKE (skryf u kind se naam aan die binnekant van die boek);

ENS.

Page 15: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

15

SKRYFBEHOEFTES

Die volledige lys is beskikbaar op Books4Schools se webblad – hierdie is die skool se

voorgestelde lys. Maak asb. seker dat u nie dubbeld aankoop nie. Lees die lys deur

aangesien dit behoeftes vir die koshuis insluit.

Skryfbehoeftes is by talle winkels beskikbaar soos bv. Kloppers, CNA, Waltons Preller

Walk, Pick ’n Pay, etc.

Ons stel die volgende riglyne voor: (slegs indien u nie van Books4Schools bestel nie) (Verskoon asb. die algemene spreektaal vir van die items in ons riglyne.)

“Flip file” vir persoonlike dokumente wat in u seun se kas gebêre word, bv. mediese

besonderhede en ID foto’s.

Estie Oosthuizen: Tel. 0824921434 ([email protected]). Druk o.a. aanstryk-

en waterdigte plakkers, asook klein plakkers waarop u seun se naam/tel. nommer

verskyn, wat op enige item geplak kan word (potlode, Tippex, ens.).

www.stickers4ewe.co.za

JUST LABELS: Tel. 031 266 1738; [email protected]; www.justlabels.co.za.

Druk ENIGE plakker – groot of klein; groot en klein etikette wat op plastiek gedruk

word; klere-plakkers en harde-item plakkers.

Plastiek vir handboeke – u kan gewone plastiek gebruik, maar die rol dik PVC-plastiek

hou baie langer (beskikbaar by Kloppers, Waltons Preller Walk of Bloempapier

Prellerplein).

Eksamenblok (x 4)

Plakkers om op boeke te plak (Kloppers / CNA)

Stukkie wol of tou (soms hang seuns ’n plakkaat om hul nek tydens “Ken-mekaar”-

geleenthede)

2 x Pritt, 4 x kleeflint, Tippex, “highlighters”, groot skêr, krammasjien en krammetjies,

gaatjie-ponser, uitveër, inkleurpotlode, skerpmaker, 2H potlood vir Tegnologie, ‘n

LANG lineaal, pennesakkie/“space case”.

A4 vak-afskortings (“dividers”) x 5 stelle. Die plastiek-afskortings werk beter; moet 5

afdelings hê. Vir Wiskunde moet die afskortings 10 afdelings hê.

Permanente merkpen bv. swart Artline 700 om eiendom/klere te merk. U sal sien dat,

veral by die grys skoolhemde, mens skaars die grootte van die hemp kan sien. Merk

gerus die grys en wit hemde in die kraag. Skryf u seun se VAN, die HEMPGROOTTE

Page 16: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

16

en die JAAR in die binnekant van die kraag neer, bv. Botha, 36, 2020. Dit kom veral

handig te pas wanneer nuwe klere aangeskaf moet word.

Klein “vlaggies” (een pakkie klein “flip tabs” vir Wiskunde-lêer)

1 x vertoonlêer (“display file”) vir take en plastieksakkies (“plastic pockets”) vir lêers.

2 x smal ringbinders (lêers) vir toetse en notas wat onderwysers uitdeel.

Projekpapier (A4 gekleurde kartonne) vir take. Daar is verskillende soorte beskikbaar,

ook A5-kartonne wat gebind is. Seuns gebruik dit egter nie baie nie.

Blou/swart penne, potlode, swart “fine liner”. Die Parker-penne (CNA / Pick ’n Pay)

hou bietjie langer en kan hervul word.

Wiskunde-sakrekenaar en meetkundestel (met gradeboog en passer); Tegnologie-

tekenstel

Boek-sakkies (bv. Croxley). Hierdie sakkies word van dik plastiek gemaak met ’n

materiaal-raam. Elke vak se boeke kan dus in ’n eie aparte sakkie inpas. Maak seker

van die grootte voordat u dit aankoop.

Onderwysers sal ook verdere inligting rondom spesiale behoeftes vir hul vakke

verskaf.

Huiswerk-dagboek: Grey Kollege voorsien u seun van ’n gratis dagboek. Dit bevat

allerlei interessante feite, die skool se Gedragskode en kontakbesonderhede.

DIVERSE UITGAWES

Toere: Betalings moet VOOR elke toer gedoen word. Doen asb. navraag by die

Finansiële Kantoor (Me Chantelle Gordon) wat die kostes van die betrokke toer

behels. Die skool stuur ook SMS’e en e-posse rondom die bedrae wat voor ’n toer

betaalbaar is. Vra gerus die afrigter indien daar enige onduidelikhede is of indien u

hulp benodig.

Tegnologie: SLEGS SODRA U SEUN ‘N TEKENBORD BEGIN GEBRUIK:

Tekenborde mag by die onderwyser aangekoop word teen baie bekostigbare pryse.

Tekenborde met sakke wat volgens bestelling gemaak word, is beskikbaar by

Kloppers, Waltons en Signo (Tweede Laan, Tel. 051 447 6059).

Internet: Seuns moet asb. gebruik maak van die “Moodle”-program op Grey se

webblad, asook van die Grey-webblad self. Elke seun ontvang van sy vakonderwyser

’n kode om Moodle te aktiveer. Nadat u seun met sy unieke kode geregistreer het,

kan hy onder “Hulpbronne”, “E-leer” ingaan om seker te maak van taak-onderwerpe,

toetswerk, eksamenwerk, ou vraestelle met memoranda, klasroosters, toetsdatums,

eksamendatums, ens. Dit is veral van baie groot waarde vir die graad 10 tot graad

12 leerders.

Page 17: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

17

ALLE ITEMS MOET GEMERK WORD!!!

SKOOLKLERE; SKOENE; BEDDEGOED; SKRYFBEHOEFTES; SKOOLTAS; HANDBOEKE (skryf u kind se naam aan die binnekant van die boek); ENS

VERBLYF

KAMER-INDELINGS

Die plasing van nuwelinge in Murray-Huis word deur die Huisvader hanteer en geskied volgens sy oordeel. Verskuiwings mag slegs met die Huisvader se toestemming plaasvind en sal eers vanaf die tweede kwartaal toegelaat word. Indien daar ’n wesenlike probleem in ’n kamer ontstaan, kan die Huisvader, na sy goeddunke, gedurende die eerste kwartaal skuiwe maak. Ons vra asseblief ouers/voogde se samewerking in hierdie verband – moedig u seun aan om nuwe maats te maak, ’n positiewe ingesteldheid te hê en daarvoor ontvanklik te wees om nuwe seuns te leer ken.

KAMERS / “DORMS”

Die koshuis voorsien geen beddegoed, handdoeke of toiletpapier nie; dit moet deur ouers voorsien word. Toiletpapier kan in die klerekaste bewaar word. (Die apteek het in die verlede al heelwat artikels afgelewer wat nie net medikasie insluit nie.)

Kosgangers is daarvoor verantwoordelik om hul eie beddens op te maak, die kamer uit te vee en te sorg vir die algemene netheid daarvan.

Saam met die stelle beddegoed wat u verskaf, is dit verpligtend om ook ’n matrasoortreksel EN paslakens vir ’n standaard enkelbed-matras sal voorsien. Kosgangers mag nie onder ‘n kombers op ‘n “kaal” matras slaap nie.

Klerekaste moet netjies gepak wees en moet in eie belang altyd gesluit gehou word.

Kamer-inspeksie word daagliks gedoen.

Kas-inspeksie vind twee keer per week plaas.

Seuns kan hul eie matrasse saambring indien dit verkies word (1.9m x 75cm). Matrasse

beskikbaar by King Mattress in Mimosa Mall of skakel Marius 072 397 1687

Geen kamervensters mag met koerantpapier of karton toegeplak word nie.

Page 18: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

18

EETPLEKKE

Bo en behalwe die heerlike maaltye wat in Hamilton Hall genuttig word, is daar ook vir

die seuns ’n yskas, mikrogolfoond en ketel (“urn”) in Murray-Huis se klein kombuisie

beskikbaar. Grey Kollege spog ook met ’n “TUCK SHOP” wat oorkant die koshuis geleë

is, asook die Grey Together-restaurant op die Grey-kampus.

VERLOF

NAWEEK-, DAG- EN STADSVERLOF

Verlof is ’n voorreg en goeie gedrag sal verseker dat dit benut kan word.

Enige verlof word alleenlik deur die Huisvader, of in die geval van sy afwesigheid, deur

die waarnemende personeellid, toegestaan. Die Matrone mag geen verlof goedkeur nie.

Vervolgens, ’n paar reëlings ten opsigte van die toepassing van die reëls:

Met die uitsondering van omstandighede soos later bespreek, moet seuns óf ouers ELKE

KEER wanneer hulle die skoolgronde verlaat, op Boardwell aansoek doen vir

toestemming. Dit sluit in stadsverlof, verlof vir ekstra klasse wat nie op die skoolterrein

aangebied word nie en/of naweekverlof.

Alle aansoeke om verlof moet die Huisvader voor of op WOENSDAG om 19:00 bereik.

Tydens die eerste maande van die jaar kan aansoeke per e-pos gedoen word, maar

daarna slegs op Boardwell. Die rede hiervoor is om u kans te gee om Boardwell op u foon

af te laai en eers daarmee vertroud te raak. Ons stel voor dat u vir uself ’n “reminder” op

u foon stel – sommer reeds die Dinsdag – om op Boardwell om verlof aansoek te doen,

aangesien geen laat aansoek om verlof toegestaan sal word nie. Geen mondelinge /

telefoniese aansoeke of aansoeke per SMS/WhatsApp sal aanvaar word nie.

Ons verkies dit as u (tydens die eerste twee maande) die aansoek om verlof in die e-pos

TEKS vervat, in plaas daarvan om dit per aanhangsel te stuur ([email protected]).

Ons doen ’n beroep op u om asseblief so gou moontlik van die Boardwell-sisteem gebruik

sal maak.

Afhangend van omstandighede soos skoolverpligtinge en gedrag, sal graad 8’s vir die

EERSTE keer toegelaat word om tydens die naweek van 12 Februarie 2021 verlof te

Page 19: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

19

neem in die vorm van ’n “uit-naweek”, “Saterdag dag-uit” of “Sondag dag-uit”. Maak asb.

seker dat, indien u seun om verlof kwalifiseer, skriftelike versoeke vir enige van hierdie

drie opsies by die Huisvader ingedien is nie later nie as Woensdag 10 Februarie 2021

om 19:00.

Nadat verlof teen ’n Woensdagaand toegestaan is, word geen uitsondering gemaak nie.

Geen verlof wat toegestaan is mag na ’n ander soort verlof vir die betrokke naweek

verander word nie. Indien seuns sonder verlof vir die naweek huis toe gaan, verbeur hulle

enige tipe verlof vir die daaropvolgende twee naweke!

1) ’n Naweek begin direk na skool op ’n Vrydag en duur tot net vóór skool op die

daaropvolgende Maandag en/of skooldag (in die geval van openbare

vakansiedae). Die skool stel ± een naweek per kwartaal as ’n verpligte in-naweek

vas. In die geval van die musiekfees gedurende die derde kwartaal, mag seuns na

afloop van die musiekfees se laaste vertoning die res van die naweek verlof neem.

Daar is ook verpligte uit-naweke is; hierdie uit-naweke is gewoonlik kalender

langnaweke. Datums sal aan u deurgegee word.

2) Kriteria wat sal behels dat u vir u seun op Boardwell om naweekverlof aansoek

moet doen:

Naweekverlof – wanneer u seun die naweek huis toe gaan.

Sportaangeleenthede – wanneer u seun tydens die betrokke naweek op enige

plek weg van die skool se gronde aan sport gaan deelneem.

Sport-naweek – wanneer seun na afloop van sy sport die betrokke naweek

saam met u huis toe gaan.

Saterdag dagverlof – duur vanaf 08:15 Saterdagoggend tot 17:15

Saterdagmiddag – indien u die dag saam met u seun wil spandeer, of indien

hy vir die dag by ’n stad-seun wil gaan kuier.

Sondag dagverlof – van na afloop van die oggend-kerkdiens tot 17:15 die

middag; selfde redes as Saterdag dagverlof.

Sondag “langdag” – van na afloop van die oggend-kerkdiens tot 21:00 die

aand; selfde redes as Saterdag dagverlof.

Alle verlofaansoeke moet voor Woensdag 19:00 op Boardwell ingedien wees. Seuns sal

in die koshuis ingelig word of verlof toegestaan is, al dan nie. Indien ’n seun gedurende

’n naweek of op enige ander stadium by ’n vriend wil gaan kuier, moet sodanige

verlofaansoek op Boardwell gekommunikeer word. Die Huisvader moet ook voor

Page 20: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

20

Woensdag 19:00 ’n e-pos vanaf die seun se ouer/voog ontvang met inligting rakende die

persoon(e) by wie die seun gaan vertoef.

Die volgende inligting MOET in ’n uitnodigingsbrief verskyn: Leerder se naam en

van; gasheer se naam en van; gasheer se adres en telefoonnommer asook die datum/

tydperk van die verlof. Hierdie uitnodigings moet in alle gevalle deur die gasheer

onderteken wees. ’n Toestemmingsbrief (e-pos of faks) vanaf die ouers/voogde en/of

besonderhede op die Boardwell-aansoek moet ook die uitnodigingsbrief vergesel

(voorbeeld volg).

(Gedurende die eerste twee maande word alle verlofaansoeke per e-pos aan

[email protected] gekommunikeer, of tot en met Boardwell in werking getree.)

Murray-Huis sluit elke aand om 21:00.

OUERS HOEF NIE VERLOF TE VRA VIR SEUNS OM TYDENS NAWEKE IN

DIE KOSHUIS TE BLY NIE. INDIEN ’N SEUN NIE TEEN WOENSDAGAAND

OM VERLOF AANSOEK GEDOEN HET NIE, WORD HY OUTOMATIES AS

“NAWEEK-IN” AANGETEKEN.

3) Seuns mag onder geen omstandighede die skoolgronde verlaat indien hulle nie op

Boardwell om verlof aansoek gedoen het nie. Hierdie verlof gaan nie elke keer

goedgekeur word nie, maar is noodsaaklik vir ons rekord om te weet waar die seuns

hulself bevind.

4) Wanneer seuns tydens naweke saans spesiale funksies bywoon, moet die skool of

instituut deur wie hulle genooi word ’n formele uitnodiging aan die Skoolhoof rig. Die

Skoolhoof sal dan die nodige toestemming gee, al dan nie. Wanneer seuns, met die

nodige toestemming, op ’n naweek-aand vanaf hierdie funksies terugkeer, moet hulle

by die Onderwyser aan Diens rapporteer. Dit geld ook vir seuns wat met spesiale

toestemming op sekere weeksaande die koshuis verlaat, bv. vir ekstra klasse.

SEUNS MOET ALTYD OP BOARDWELL AANSOEK DOEN WANNEER HULLE

DIE SKOOLGRONDE WIL VERLAAT.

5) Geen verlof word toegestaan tydens skoolfunksies of skoolaangeleenthede nie.

6) Saterdagoggende en -middae mag seuns die skoolterrein sonder enige spesiale

verlof verlaat, maar moet sorg dat hulle terug is vir elke appèl-byeenkoms en alle

etes. SEUNS MOET ALTYD OP BOARDWELL AANSOEK DOEN WANNEER

HULLE DIE SKOOLGRONDE WIL VERLAAT.

Page 21: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

21

7) Seuns mag ook op Sondagmiddae, net ná middagete, die skoolterrein sonder

spesiale toestemming verlaat, maar moet betyds terug wees vir appèl om 17:15.

SEUNS MOET ALTYD OP BOARDWELL AANSOEK DOEN WANNEER HULLE

DIE SKOOLGRONDE WIL VERLAAT. (Sondagoggende woon seuns die kerk van

hul keuse by. Hierdie kerkbywoning is verpligtend wanneer seuns naweke inbly.)

8) Verlof om die skoolterrein gedurende die week te verlaat word alleenlik toegestaan

in uiterste gevalle. Seuns mag ook slegs een middag in ’n week op Boardwell

aansoek doen vir stadsverlof. SEUNS MOET ALTYD OP BOARDWELL AANSOEK

DOEN WANNEER HULLE DIE SKOOLGRONDE WIL VERLAAT.

NB!

Seuns moet ten alle tye hul persoonlike veiligheid en die veiligheid van ander in ag neem.

Moenie die skoolgronde verlaat sonder om OP BOARDWELL AANSOEK TE DOEN, en maak seker jy is deel van ’n groep van minstens drie ander seuns, veral in geval van nommers 6, 7 en 8 hierbo.

Hou by die bekende, bly in groepe en wees altyd waaksaam (selfs wanneer jy die toilet besoek of die pad oorsteek).

Indien seuns (met die toestemming van hul ouers/voogde), ’n passasier in ’n voertuig is, moet hulle seker maak dat die bestuurder ’n lisensie het.

Hulle moet ook seker maak dat die bestuurder nie onder die invloed van alkohol of ander middels is nie.

Seuns moet ten alle tye vasgegordel kan wees. Talle noodlottige ongelukke vind plaas wanneer kinders agterop ’n bakkie ry. Waarsku asb. u seun om nie sonder u toestemming agterop ’n bakkie te ry nie, veral nie in die stad nie.

Die dra van valhelms word vereis wanneer seuns fietsry of motorfiets ry. Seuns word ernstig daarvan afgeraai om sonder hul ouers/voogde se toestemming agterop motorfietse te ry.

Ter wille van ons seuns se veiligheid, u eie gemoedsrus en die verligting van moontlike

aanpassings-angstigheid, maak ons op u as ouers en voogde staat om asb. hierdie BAIE

BELANGRIKE dokument met u seuns deur te gaan.

Page 22: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

22

VOORBEELD VAN VERLOFAANSOEK

Die volgende voorbeeld kan gebruik word wanneer u ’n e-pos stuur om VERLOF te reël. Hou asseblief in gedagte dat die e-pos sisteem slegs geldig sal wees gedurende die eerste twee maande van die jaar en dat u asseblief so gou moontlik op die Boardwell-toep moet registreer.

Ons versoek dat u asb. die aansoek in die vorm van ’n teks in die e-posboodskap en nie as ʼn aangehegte dokument sal stuur nie.

U huis-/posadres, bv.: Plaas Bosrandfontein Bothaville 9660 10 Februarie 2021 (Datum waarop u e-pos stuur) Liewe Jannie / Hi Jannie Naweekverlof: Henru de Villiers (u kind se naam en van) / Graad 8 (u kind se graad) / Dorm 37 (u kind se kamernommer in Murray-Huis)

Hiermee doen ek aansoek om naweekverlof vir my seun, Henru de Villiers (u kind se naam en van), vanaf Vrydag 12 Februarie 2021 tot en met Sondag 14 Februarie 2021 (datums/ tydperk wanneer u seun uit die koshuis sal wees).

Hy sal die naweek by Mnr en Mev Badenhorst (besonderhede van die persoon/e in wie se sorg u kind gaan wees) in Bloemfontein deurbring.

Genl. Brinkstraat 12 Dan Pienaar Bloemfontein Tel. 082 441 1489 (Mev. Lizé Badenhorst) (ADRES EN KONTAKNOMMER WAAR U SEUN DIE NAWEEK GAAN WEES.)

Ek vertrou u vind dit in orde.

Vriendelike Groete

Janine de Villiers (Ouer/voog se naam en van) Moeder (u verhouding tot die seun) Sel: 083 462 1639 (u selfoonnommer of ander kontaknommer) Landlyn: 056 436 2299 (u landlyn, indien van toepassing) ____________________________________________________________________________

Page 23: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

23

MEDIES

Ons wil u ten sterkste aanraai om u seun ‘n “Booster” enting te laat kry teen Waterpokkies en Kinkhoessindroom.

Griep-inspuitings word ook aanbeveel voor die wintermaande. Maak asseblief ook seker dat u seun se

immunisasies op datum is.

MEDIESE BESONDERHEDE Sonder uitsondering vereis hospitale, dokters, tandartse en ander mediese diensverskaffers die volgende besonderhede van ’n pasiënt tydens die eerste besoek:

Inligting soortgelyk aan dit wat in die Koshuis Mediese-vorm benodig word. Gewaarmerkte afskrif van hooflid van die Mediese Fonds se identiteitsdokument (of ID van die persoon

verantwoordelik vir die rekening). Oorspronklike lidmaatskap-kaart of gewaarmerkte afskrif van die Mediese Fonds-kaart.

NB!!! DIE VOLGENDE DOKUMENTE MOET ASSEBLIEF OP 25 JANUARIE 2020 AAN DIE KOSHUISVADER OORHANDIG WORD

Dit word gebruik wanneer ons u seun na ‘n dokter neem of tydens ‘n noodgeval

INHANDIG 25/01/2021 = HUISVADER

“FLIP FILE” = SEUN SE KAS

KOSHUIS MEDIESE FORM met ID foto van

seun op die voorste bladsy

Afskrif van Koshuis Mediese-vorm

Ekstra ID foto’s van seun vir sport

3 x gewaarmerkte afskrifte van MEDIESE

FONDSKAART (voor en agter)

Oorspronklike Mediese Fonds-kaart

Gewaarmerkte afskrif van Mediese Fonds-kaart

(voor en agter)

3 x gewaarmerkte afskrif van seun se

GEBOORTESERTIFIKAAT

4 x gewaarmerkte afskrifte van seun se

geboortesertifikaat

3 x gewaarmerkte afskrif van ID van Mediese

Fonds HOOFLID OF

3 x gewaarmerkte afskrif van ID van

PERSOON VERANTWOORDELIK vir privaat

BETALING van Dokters ens.

2 x gewaarmerkte afskrifte van ID van Mediese

Fonds Hooflid / ouer

Ondertekende TOESTEMMING EN

VRYWARINGSVORM vir Vervoer van Skolier

Lys van seun se kroniese medikasie met

presiese aanduidings van hoe hy dit gebruik

NB!!! NIE MEDIESE DOKUMENT

BEWYS van BETALING van KOSHUISFOOIE

BEURSBRIEF

Lys van seun se self-medikasie – inhoud en dui

aan presies hoe hy dit gebruik

Page 24: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

24

MEDIESE BEHANDELING:

Geen seun sal na ‘n Dokter geneem word sonder die ouers se toestemming

SOGGENS VROEG (06:00 – 06:30): Indien u seun nie lekker voel nie, is hierdie die tyd

wanneer hy na die Koshuismoeder toe moet gaan. Die Matrone sal die insident sowel as

die behandeling daarvan dokumenteer. Geringe klagtes en beserings sal deur die

Matrone behandel word, deur gebruik te maak van u seun se mediese voorrade. Indien

u seun verdere mediese behandeling vereis, sal die Matrone ’n afspraak reël by een van

die voorgestelde dokters, of by ’n dokter van u keuse. Indien nodig, sal sy u seun na

Ongevalle toe neem. Dit sal egter slegs gebeur wanneer u, die ouer/voog, toestemming

daartoe verleen het. (Sien asb. Koshuisvervoer-beleid. Bl 29)

GEDURENDE DIE DAG, NAG of NAWEKE: Indien ’n seun ’n besering opdoen of siek

is, moet hy onmiddellik (enige tyd van die dag of nag) na die Matrone of die Onderwyser

aan Diens gaan. Daar is te alle tye ’n Diensrooster beskikbaar – teen die Koshuisvader

se deur, op die kennisgewingbord in die Studiesaal en op die Grey-webblad.

ALLE NOODGEVALLE word na die naaste hospitaal, naamlik die Ongevalle Afdeling by

die Medi-Clinic Hospitaal, geneem. Die ouers/voogde sal dadelik in kennis gestel word.

Indien u Mediese Fonds nie behandeling by Medi-Clinic goedkeur nie, dui dit asseblief

duidelik op die Koshuis Mediese-vorm aan, en stel ’n alternatief voor. Lig asseblief ook u

seun daarvan in. Indien u geen mediese fonds het nie, moet u dit ook asseblief op die

Koshuis Mediese-vorm aandui.

BY DIE SKOOL: Indien ’n seun by die skool siek word, moet hy na Me. Elsie Geeringh

se kantoor gaan. Indien nodig, sal sy vir die seun ’n toestemmingsbrief gee wat dan deur

die Huisvader geteken moet word om óf koshuis toe te gaan óf die terrein te verlaat om

na ’n dokter te gaan. Indien die seun koshuis toe gaan, moet hy direk na die

Koshuismoeder gaan. Sy sal vasstel hoe die seun behandel moet word en of hy dokter

toe moet gaan.

U mag van enige dokter van u keuse vir u seun gebruik maak. Die Koshuis maak

merendeels gebruik van die medici die naaste aan die skool. Hierdie sluit in Mimosa

Mediese Sentrum (051-444 5820) Ons maak meestal van hierdie dokters gebruik;

dokters by Medi-Clinic Hospitaal; College Crossing (010 601 0919 – 3 dokters,

8 tandartse en ’n mondhigiënis), (Raadpleeg asseblief die Koshuisvervoerbeleid.)

Page 25: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

25

Om so min moontlik inbreuk op u seun se skool- en sportprogramme te maak, beveel ons

aan dat roetine-ondersoeke soos tandsorg gedurende skoolvakansies gedoen word.

VIR AFSPRAKE: Afsprake by tandartse en fisioterapeute moet deur ouers of kosgangers

self gemaak word. Indien nodig, sal die Matrone behulpsaam wees.

Datums en tye van afsprake moet so spoedig moontlik aan die Matrone deurgegee word.

Nie-dringende of roetine-opvolgafsprake moet verkieslik ’n week voor die tyd aan die

Matrone gerapporteer word om vervoer te reël. Aangesien die Matrone en Personeel van

Murray-Huis u seun na en van verskillende afsprake neem (dokters, tandartse,

fisioterapeute, ens.), sal ons dit egter waardeer indien die afsprake in die nabye

omgewing van die Skool gemaak sal word.

Raadpleeg asb. die KOSHUISVERVOER-BELEID (bl. 28).

Reëlings vir die vereffening van alle mediese en apteekrekeninge moet persoonlik deur

ouers/voogde met die diensverskaffers getref word. Personeel van Murray-Huis sal

ongelukkig geen vervoer kan verskaf indien ons nie die Toestemming en

Vrywaringsvorm op 25 JANUARIE 2021 ontvang het nie. Hierdie vorm word saam met

die Murray-Huis Mediese-vorm ingehandig.

Ouers/Voogde/Familielede mag privaatvervoer verskaf, solank die Matrone vooraf

daarvan ingelig is.

Grey Kollege bied die dienste van ’n voltydse opvoedkundige sielkundige. U kan die skool

se sekretaresse skakel om meer omtrent hierdie dienste uit te vind.

BAIE BELANGRIK: Koshuisseuns moet ’n mediese sertifikaat (“sieke brief”) van ’n

mediese praktisyn verkry indien hy gedurende skoolure in die koshuis moet wees. Dit

moet asseblief aan die Matrone gegee word. Indien u as ouer/voog verkies dat u seun in

die koshuis bly, moet u asb. reëlings tref met die Skool.

Aanbevole dokters – geleë naby Grey:

NB!!! Sien asb. Koshuisvervoer-beleid (bl. 28)

Page 26: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

26

APTEEK

Ons beveel ten sterkste aan dat u ’n rekening by ’n apteek sal oopmaak ten einde

addisionele onkostes op sodanige rekening te plaas. Dit sluit in bybetalings op voorskrifte

en self-medikasie.

Ons versoek dat u ook die nommer van die apteekrekening op die Koshuis Mediese-vorm

sal aandui. Hoewel dit u voorreg bly om ’n apteek van u keuse voor te stel, is dit

noodsaaklik dat sodanige apteek bereid sal wees om spoedige aflewerings te doen.

Derhalwe beveel ons die goeie diens en spoedige aflewerings van MEDI-BLOEM apteek

ten sterkste aan. Die apteek is by Medi-Clinic geleë, wat baie naby aan die koshuis is.

Indien u nie ’n rekening by ’n apteek in Bloemfontein het wat aflewerings doen nie, sal u

as ouer/voog daarvoor verantwoordelik wees om reëlings te tref vir die betaling en

aflewering van elke voorskrif gedurende die jaar.

MEDI-BLOEM APTEEK (by Medi-Clinic Hospitaal, naby Grey Kollege):

Apteker: André du Toit

Tel: 051 444 2311 / 083 406 6255 / Faks: 051 444 2361

E-pos: [email protected]

SELFMEDIKASIE

Enige koshuisstaflid mag volgens wet geen medikasie aan seuns verskaf nie. Jou seun

gaan ’n basiese noodhulpsakkie benodig wat hy in sy kas toesluit en wat hy ook tydens

toere kan saamneem. Seuns mag nie mekaar se medikasie te gebruik nie en moet leer

om vervaldatums te raadpleeg en dosisse noukeurig na te gaan. Medikasie moet duidelik

gemerk in oorspronklike houers wees. Die Matrone moet altyd in kennis gestel word

wanneer ’n seun medikasie (nie-kronies) neem, sodat dit deeglik gemonitor kan word en

’n duidelike rekord daarvan beskikbaar sal wees. Seuns moet nooit dink dat hulle hulself

mag behandel nie, en altyd met hul ma of die Matrone kontak maak alvorens hulle enige

medikasie neem. Indien ’n seun bv. hoofpyn het of nie die korrekte medisyne in sy kas

het nie, sal die Matrone medikasie via die apteek bestel. GEEN groot hoeveelhede

medikasie mag in die noodhulpsakkie wees nie. Vul asseblief u seun se medikasie

maandeliks aan.

Page 27: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

27

VOORGESTELDE MEDIKASIE

Wat betref die noodhulptassie, stel ons voor dat u u eie diskressie gebruik. Afgesien

van u seun se kroniese medikasie, beveel ons aan dat u ook die volgende

voorkomende medikasie (of soortgelyk) inpak:

1. Immuniteit-aanvulling : Vita-Thion en Berocca

2. Pyn en koors : Mypaid Forte / Panado’s

3. Allergieë : Celestamine / Allercet (of enige nie-lomerige

medikasie)

4. Sinus : Sinumax / Advil

: ACC 200 / Mucospect

: Iliadin Neussproei

5. Naarheid : Valoid of Motilium ens

6. Diarree : Smecta / Tasectan / Geen Immodiums asseblief

7. Buik-spasmas : Scopex / Buscopan

8. Seer keel : Strepcils / Andolex C

9. Jel vir seer spiere : Voltaren Gel / Transact

10. Antibiotiese salf : Bactroban / Germolene

11. Skoonmaak van wonde : Saline / Wond-ontsmettingsmiddel

12. Mercurochrome

13. 1 x 10 x 10 cm gaas

14. 1 x verbande – Coban

15. NB!! PLEISTERS : 2 x boksies van verskillende groottes

16. BELANGRIK : 5 x sakkies Rehydrate

17. BELANGRIK : Sonbrandroom vir daaglikse gebruik

Page 28: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

28

VERVOERBELEID

Elke matrone het daagliks ongeveer 120 seuns onder haar toesig. Bo en behalwe haar daaglikse pligte is sy ook verantwoordelik vir die vervoer van koshuisseuns na en van verskeie mediese afsprake. Gegewe die toenemende eise wat weens laasgenoemde aan Matrones gestel word, bring ons graag die volgende onder u aandag:

MATRONES VERSKAF VERVOER NA DIE VOLGENDE MEDIESE PRAKTYKE:

1. DOKTERS: Mimosa Mediese Sentrum; Medi-Clinic; College Crossing, of dokters binne ’n radius van 2km.

Matrones vervoer wel seuns wat na spesialiste verwys word, bv. Rosepark Hospitaal.

2. APTEKE: Medi-Bloem Apteek of College Crossing Apteek.

3. FISIOTERAPEUTE: Jaco Colyn is ná skool in die gimnasium op die skoolterrein beskikbaar. Anna Swanepoel Fisioterapeute, of dié wat binne ’n radius van 2km val.

4. SPORTSBESERINGS-DOKTER: Dr. Gerhard Jansen by die UVS

5. TANDARTSE: College Crossing, of enige tandarts binne 2km-radius.

6. ORTODONTIS: Dr Damstra; Dr Mussman of enige ander binne 2km-radius.

7. SIELKUNDIGES: Grey Kollege maak gebruik van die dienste van ’n sielkundige op die skoolterrein. Matrones vervoer seuns slegs wanneer hulle deur die skool se sielkundige verwys word.

8. MEDIESE AFSPRAKE DEUR OUERS GEMAAK moet 24 uur voor die tyd deur seuns of ouers aan die matrones gekommunikeer word. Indien nie, is dit die ouers se verantwoordelikheid om vervoer te reël of te verskaf.

9. Vervoer na DAAGLIKSE MEDIESE AFSPRAKE sal nog steeds deur Matrones gedoen word (met ouers se toestemming).

10. Geen matrone en/of koshuispersoneel verskaf vervoer na of vanaf winkels, busse, lughawens ens. nie.

Dit staan u vry om van enige ander mediese fasiliteite of dokter gebruik te maak,

maar die nodige reëlings en vervoer is u verantwoordelikheid.

Page 29: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

29

TYE

ETENSTYE

Ontbyt: 06:45

Middagete: 13:50

Aandete: 17:45 (Op Maandae is aandete om 17:30 a.g.v. kategese)

(Etenstye mag aangepas word tydens toetse/eksamens/toere, ens.)

STUDIETYE

Maandae tot Donderdae: Sessie vanaf 18:30 tot 19:30

Sessie vanaf 19:45 tot 20:30

Appèl 21:00 tot 21:15

Gedurende die eksamen is daar ekstra studie-sessies in die oggende en in die middae.

Gedurende studietye mag geen oproepe gemaak of ontvang word nie.

KLOKKE

Die opstaan-klok (elektroniese klok) word om 06:00 deur die Onderwyser aan Diens

gelui. Almal moet dan uit die bed wees.

Die Huiskomitee (Prefekte) is verantwoordelik vir die lui van die volgende klokke, wat

stiptelik gelui sal word:

1. STILTE om 06:30.

2. Alle beddens moet opgemaak en die kamers moet uitgevee en gereed wees vir

inspeksie om 06:30.

3. Die laaste ontbytklok (eetsaal) lui om 06:40. Almal moet dan gereed en in hul rye

wees om in die eetsaal te gaan vir ontbyt. Geen verskoning vir laatkommers of

wegblyers nie.

4. Klokke vir middagete lui om 13:45 (einde van die akademiese skooldag) en weer

om 13:50.

Page 30: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

30

5. Ná middagete is dit stilte vanaf 14:30 tot 15:15. Tydens toetse en eksamens word

hierdie tyd met “studie” vervang.

6. Die “afgaan”-klok lui om 15:30. Dan moet almal uit hul kamers en uit die koshuis

wees.

Slegs in uitsonderlike gevalle en met die nodige toestemming van ’n

Onderwyser of Prefek, mag iemand gedurende hierdie tyd teruggaan kamer

toe om iets te gaan haal.

Rondlopery in die koshuis is verbode.

7. Om 16:45 lui die “opgaan”-klok: Kosgangers mag die koshuis dan weer binnegaan

om te stort en gereed te maak vir aandete en studie later.

Die “stortklok” (“showers”) lui: Maandae om 17:00

Res van die week om 17:15

8. Gedurende die week is aandete om 17:45 – met die uitsondering van Maandae,

wanneer aandete om 17:30 is.

Kleredrag vir aandete is die skool se sweetpak. In die somer mag leerders die

baadjie uittrek en hulle “klokhemp” (Grey gholf-hemp) aanhê. Dit moet netjies

ingesteek wees, en geen plakkies mag in die eetsaal gedra word nie.

Daar word van die seuns verwag om na afloop van aandete, tot en met studietyd,

buite die koshuis te speel en nie in hul kamers in te gaan nie.

9. Vir diegene wat nog nie kon stort nie, is daar ná studie weer ’n geleentheid om te

stort.

Om 20:55 lui die klok wat aandui dat seuns uit die storte moet klim sodat hulle

betyds kan wees vir appèl, wat om 21:00 plaasvind.

Om 21:20 lui die klok vir stilte, en om 21:30 moet alle ligte af wees. Hierdie tye

word deur die Onderwyser aan Diens aangepas, afhangend van hoe lank appèl

duur.

10. Seuns wat laat-studie benodig, moet die nodige toestemming by die diensdoende

onderwyser verkry. Om 22:30 is dit “ligte-uit” vir laat-studie.

Page 31: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

31

11. Ná ligte-uit moet daar absolute stilte in die koshuis wees en geen rondlopery word

toegelaat nie. Enige seun wat 15 minute ná ligte-uit van sy foon gebruik maak,

verbeur sy foon vir 7 dae.

12. NAWEKE

Saterdag: Opstaan: 07:30

Ontbyt: 08:00

Appèl: 12:15

Middagete: 12:30

Appèl: 17:15

Aandete: 17:30

Appèl: 21:00

Soos die dag verloop, word die tye van ander klokke bepaal.

Sondag: Opstaan: 07:15

Ontbyt: 08:00

Appèl: 11:45

Middagete: 12:00

Stilte: 14:00

Stilte-uit: 16:00

Appèl: 17:15

Aandete: 17:30

Appèl: 21:00

KOSHUISDEURE SLUIT ELKE AAND OM

21:00.

Page 32: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

32

WASGOED

*WORD PRIVAAT HANTEER – MURRAY-HUIS HANTEER GEEN NAVRAE NIE*

Daar is ongelukkig geen fasiliteite binne die koshuis vir seuns om self wasgoed te was en te stryk nie. Die koshuis tref ook geen reëlings ten opsigte van wasgoed nie. Kosgangers is verantwoordelik vir hul eie wasgoed wat gewoonlik deur privaat wasserye in die stad gedoen word. Vir hierdie doel moet elke kosganger ’n wasgoedsak hê om die wasgoed in te plaas. Ons versoek dat u hierdie wasgoedsak asseblief met die volgende inligting sal merk: Seun se naam en van, telefoonnommer, asook dié van die koshuis waarin hy is. Skakel eers met ’n wassery voordat u ’n wasgoedsak aanskaf aangesien sommige wasserye hul eie sakke verskaf.

Wasserye kom haal die wasgoedsakke op sekere dae en bring dit dan weer op sekere dae terug. Wasgoedsakke met vuil wasgoed word op die bepaalde oggend op die stoep geplaas, waar wasserye dit dan oplaai. Skoon wasgoed word afgelewer en dan in die Studiesaal geplaas. Seuns moet hul skoon wasgoed vóór 19:00 op die betrokke dag afhaal. Geen wasgoedsakke mag oor naweke in die Studiesaal gelaat word nie.

Wasserye en Murray-Huis aanvaar geen verantwoordelikheid vir wasgoed wat ná aflewering deur kosgangers in die Studiesaal vergeet word nie.

Dit word weereens beklemtoon dat elke item wat na die wassery gestuur word, gemerk moet wees. Kaarte, beursies, notas, geld en sleutels word dikwels tussen die wasgoed gevind! Die wasserye is gewoonlik bereid om tydens ’n noodgeval, soos voor ’n toer of indien u seun ’n naweek vroeg vertrek, met wasgoed te help. Ouers/Voogde of seuns moet direk met die wassery skakel.

Dit staan u vry om van enige wassery van u keuse gebruik te maak. Ons stel voor dat u verskillende kwotasies van wasserye bekom en dan reëlings tref vir die betaling daarvan.

U seun moet weet wat die naam en kontakbesonderhede van die wassery is. “Pin” dit asb. in op sy selfoon.

U moet asb. self met die wasserye skakel rakende kwotasie, betalings, versoeke en/of probleme.

Die besonderhede van wasserye wat reeds dienste aan kosgangers lewer, word vir u gerief hieronder genoem. Die koshuis kan ongelukkig geen navrae rondom wasgoed beantwoord nie. Seuns neem verantwoordelikheid om wasgoed self te hanteer en moet dus vooraf ingelig wees rondom die reëlings wat u getref het.

Page 33: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

33

WASSERYE

CLEAN QUEEN LAUNDRY\WASSERY

CLEAN QUEEN WASSERY BIED DIE VOLGENDE

DIENSTE:

ONS IS TROTS DAAROP DAT CLEAN QUEEN

WASSERY SEDERT 2012 ‘N WASDIENS AAN DIE

LEERDERS VAN GREY KOLLEGE ASOOK ORANJE

MEISIESKOOL, EUNICE, SENTRAAL, UFS EN VERSKEIE

INSTANSIES IN BLOEMFONTEIN LEWER!

ONS DIENSTE BESTAAN UIT DIE VOLGENDE:

- DIE OP- EN AFLAAI VAN WASGOED

- VUIL WASGOED WORD VANAF MAANDAG TOT DONDERDAG OPGELAAI EN WEER DIE

VOLGENDE DAG AFGELAAI

- INDIEN WASGOED BV. MAANDAG OPGELAAI WORD, WORD DIT WEER DINSDAG

TERUGGEBRING

- DIENS BESTAAN UIT EEN OF TWEE KEER PER WEEK SE WAS

- INDIEN U ‘N EKSTRA WAS BENODIG, IS U WELKOM OM MY TE KONTAK

- WASSAKKE WAT DUIDELIK GEMERK IS, WORD VOORSIEN

ONS IS TROTS OP ONS OPGELEIDE EN BEKWAME PERSONEEL EN SIEN UIT OM U

VAN DIENS TE WEES TEEN BAIE BILIKKE PRYSE!

SANET EN JOHAN VAN ES

082 832 5832

[email protected]

Page 34: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

34

LAUNDRY BASKET

Dit is vir ons ‘n groot vooreg om Laundry Basket se dienste aan julle bekend te stel:

Dienste sluit die volgende in:

1. Oplaai en aflaai van wasgoed

2. Wasgoed word teen die volgende dag weer afgelaai

3. Dienste is ELKE DAG MAANDAG TOT SATERDAG

4. Geen beperking op klere en linne items

5. SPESIALE PRYSE VIR SKOOLKINDERS

Voorwaardes

1. Alle klere moet duidelik gemerk word

2. Inligtingsvorms van leerders moet volledig voltooi wees

3. Rekeninge sal ge-epos word die 26ste van elke maand, na die epos adres op die

inligtingsvorm. Betaling moet dan teen die einde van die maand geskied.

4. Die maand sal loop van die 26ste tot die 25ste van die volgende maand om betaling te

vergemaklik.

NAVRAE:

Pieter Booyens – 083 390 2012

Epos - [email protected]

BANK BESONDERHEDE:

PJ Booyens

Nedbank : Spaar Rekening

Rekening nr : 2171072075

Tak code : 198765

Verwysing : Naam / Invoice details

Page 35: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

35

CARMA WASSERY – bied die volgende diens BESONDERHEDE VAN DIENS

1. Die afhaal en terugbesorging van leerling se wasgoed binne 2 dae.

2. Geen beperking op klere-items.

3. Wasgoed sluit in: skoolklere, sportklere, ontspanningsdrag, handdoeke en linne.

4. Was, tuimeldroog, vou en stryk van klere.

5. Vervang van knope.

VOORWAARDES

1. Leerling se klere moet ten alle tye duidelik gemerk wees (Naam+ Van).

Ongelukkig word geen aanspreeklikheid aanvaar indien klere nie gemerk is nie.

2. Lys van wasgoed moet elke week korrek voltooi word – sal elke week aan leerling verskaf word.

3. Wasgoed moet stiptelik voorsien word soos ooreengekom.

4. Wasgoedsak moet gemerk wees met leerling se naam, van en naam van skool.

5. Geen aanspreeklikheid word aanvaar vir items wat in sakke van kledingstukke gelos word nie.

6. Indien die diens gekanselleer word, moet 30 dae skriftelike kennis gegee word.

KOSTES R1650.00 per kwartaal

REKENING MOET VEREFFEN WORD OP DIE 1STE SKOOLDAG VAN ELKE KWARTAAL.

BANKBESONDERHEDE:

REKENINGNAAM: CARMA TRUST

REKNR: 9180 770 100

TAK: ABSA BRANDWAG

ADRES-BESONDERHEDE:

OSBORNESTRAAT NR 8

UNIVERSITAS

BLOEMFONTEIN

KONTAKBESONDERHEDE:

SEL: 083 357 3521

Page 36: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

36

THE LAUNDRY STUDIO

The Laundry Studio offers you the following:

Laundry: We do any type of laundry… so you can do life. We will collect on arranged days from

Grey’s Hostel premises and deliver within 36-48 hours. Laundry will be treated with spot remover

if needed. We will also keep the individuals informed of delivery times. Special arrangements can

be made with prior communication, as we cater for different needs.

(We will give detailed invoice every month-end and we will also supply laundry bags.)

Dry Cleaning: We use ultra-modern dry cleaners with a 24-hour turnaround time.

Alterations: We will offer you one of the best repair qualities in Bloemfontein, and if needed,

same-day repair can be arranged… Our services include: Shortening, waist adjustments,

narrowing, seam repair, and shirt & jacket repair … anything you can think of, so put us to the

test...

We will strive to keep all your laundry needs at ease…

Regards

The Laundry Studio

082 517 3373

[email protected]

www.laundrystudio.co.za

Page 37: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

37

BRIEF VAN DIE MATRONE AF

Dear Parents & Guardians,

What a privilege to be able to be your child’s “mother” here at Murray House. As a mother of two

old Grey boys myself, I understand exactly how you are feeling as parents.

I remember the excitement of our eldest son when he was accepted into the hostel, the buying of

everything needed, the marking of all the clothes through the tears (my tears), packing and finally

coming to Bloemfontein. It was very traumatic, it was so hard saying goodbye to my son; it felt as

if I was never going to see him again. Then when your sons differ 14 months you get to go through

all of that again a year later…

The feeling of total helplessness when your son is ill, the frustration of not being able to get into

your car and just quickly take him to the doctor, or seeing to those pants or shirt that had torn.

Helping him with a project, being able to hug him when he misses home. They speak to you on

the phone and there are tears because he hears the voices of his parents, then he says goodbye

and he who was crying is now smiling and guess what, you are now crying, still thinking that he

is very upset. The other thing to remember is that sometimes he looks fine but sounds much

worse on the phone.

Then the gratefulness to the other boy’s Mom who takes him under her wing, but also the guilt of

not being there to do what you as a Mother instinctively need to do.

BUT you watch your sons grow up to be the most awesome men of whom you are so very very

proud! You are so extremely grateful for the opportunity to have had them attend such an

incredible school.

Then I am blessed beyond measure!!!; the opportunity to share in YOUR son’s growing

experience. I get the opportunity to pay back what other Moms had done for my two sons and

later, my daughter, who also attended boarding school.

Remember I am here as YOUR assistant, I am here because you can’t be…. I understand your

tears when you leave them behind, I understand your tears when they hurt themselves and you

can’t be here. I want you to know that I think your son and every other boy here is a precious gift

from God. I want you to know that I love being the hostel mom of Murray House at Grey College,

where boys are boys and where your young boys turn into young Grey gentlemen. This is not a

job… this is a privilege.

You are welcome to contact me, at any time.

Kim Steyn 060 551 4078 [email protected]

Page 38: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

38

AANKOMS 2021

VERRIGTINGE: 25 JANUARIE 2021

Ouers/Voogde bring hul seuns vanaf 08:00 na die hoofingang van Murray-Huis waar

hulle deur die Huisvader, Prefekte en ander Personeel ontvang sal word.

Die voorgeskrewe dokumente, waaronder die Koshuis Mediese-vorm (al behoort u

nie aan ’n fonds nie) en bewys van KOSHUIS-betaling word by tafels in ontvangs

geneem. (Maak asseblief seker dat alle vorms VOLLEDIG voltooi is om tyd te

bespaar).

Nadat alle administratiewe reëlings afgehandel is, kan ouers die seuns na hul kamers

vergesel om hulle te help intrek. Kamer-indelings word vooraf deur die Huisvader

gedoen. Geen beddens word vir enigiemand gereserveer nie en soos wat die seuns

inkom, kan elkeen vir hom ’n bed in sy aangewese kamer uitkies.

Onthou asb. dat skoolhandboeke in die Biblioteek afgehaal kan word.

VERWELKOMINGSFUNKSIE: 25 JANUARIE 2021

Die graad 8-seuns kom om 15:30 in die Reϋniesaal bymekaar. Verrigtinge begin

om 16:00.

Die funksie in die Reϋniesaal begin om 18:00 vir ouers/voogde en seuns, waarna

die ouers en seuns saam braai by die Sirkel voor Murray-Huis. Seuns mag

“civvies” dra. (Vir die bring-en-braai versoek ons dat u asb. u eie kos en drankies,

asook eetgerei en braaigereedskap sal saambring. Die skool sal roosters en

houtskool verskaf).

Alle graad 8-seuns moet reeds op 25 Januarie om 21:00 in Murray-Huis se

Studiesaal aanmeld vir appèl, waarna hulle in die koshuis begin slaap.

Geen seuns sal vóór 25 Januarie 2021 toegelaat word om in die koshuis te slaap nie.

Grey Kollege Sekondêre Skool begin op 27 JANUARIE 2021 om 07:30.

Graad 8-leerders dra ’n grys langbroek, grys skool hemp, swart belt, maar geen das

nie.

Page 39: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

39

Geen graad 8-seun word tydens die eerste twee weke toegelaat om ’n

skoolbaadjie of skooldas te dra nie.

NB!!! Die selfone van alle graad 8-seuns moet asb. op die eerste aand by die

Huisvader ingehandig word. Dit sal vir die eerste twee weke in veilige bewaring

gehou word, waarna seuns dit na afloop van die tradisionele “newie”–konsert

weer sal terugkry. U word versoek om asseblief ’n stewige koevert te voorsien

waarin die selfoon bewaar sal word. Merk die koevert asb. duidelik met u seun se

naam en selfoonnommer. Ons doen ’n ernstige beroep op ouers om asb. NIE vir

u seun ’n addisionele (wegsteek) selfoon te gee NIE. Seuns wat kul (“cheat”),

verloor gewoonlik die respek van hul maats. Moet asb. nie u seun in hierdie posisie

plaas nie en respekteer asb. ons reëls.

Wanneer al die seuns sonder ’n selfoon is, leer hulle vinnig om as spanlid van ’n

uitgebreide Murray-Huis-familie, hul mede-kosgangers te ken, te ondersteun en te

vertrou. Die seuns leer deur hierdie kameraadskap om vriende te maak. Gun asb.

u seun hierdie geleentheid deur nie aan hom ’n ekstra selfoon te gee nie.

U seun gaan gedurende hierdie week geen direkte telefoniese kontak met u hê

nie, maar wees gerus dat die Huisvader of die Matrone u onmiddellik sal skakel

indien u seun siek voel of enige ander probleme ondervind. Moedig hom aan om

onmiddellik by ons aan te meld indien hy siek word, seerkry, olik voel,

verlang, huilerig raak, onseker is oor skoolwerk, of enige ander probleme

ondervind.

In die verlede is Murray-Huis se telefoon so oorlaai met oproepe van ouers en

voogde wat net “gou wil hoor” hoe dit met hul seun gaan, of die seun wil herinner

om sy medikasie te neem, dat die Huisvader en Matrone niks anders gedoen kry

nie. U word dus versoek om gedurende hierdie week slegs in uiters dringende

gevalle met die Koshuis in verbinding te tree.

Ons ervaar ook jaarliks dat seuns wat gedurende die eerste twee weke gereeld

met hulle ouers kontak het, dit die moeilikste vind om by die koshuis en nuwe

omgewing aan te pas. Seuns sal veel eerder ’n “agterdeur” aangryp as om te

probeer aanpas. Ons vra asseblief dat u ons sal vertrou en glo dat ons werklik u

seun se beste belange op die hart dra. Ons wil baie graag hê dat elke seun, so

gou as moontlik, die aanpassing in sy nuwe omgewing moet maak.

Page 40: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

40

PRAKTIESE REËLINGS

Vanaf 25 JANUARIE 2021 kan sporttoerusting, gholfstokke, fietse (helmet, ketting en

slot) ens. na die Koshuis gebring word.

Daar is ’n yskas, mikrogolfoond en ketel vir die seuns se gebruik beskikbaar. Seuns

kan dus ’n klein voorraad koffie/tee, suiker, melkpoeier, Milo, “Two-Minute Noodles”,

ens. saambring.

Tydens die eerste week is daar ’n oriënteringsproses wat net ’n lekker geleentheid

is om mekaar te leer ken en die skool se tradisies aan te leer. Seuns hoef nie hieroor

gespanne te wees nie. Enige onreëlmatighede sal onmiddellik aangespreek word.

Graad 8’s moet gereeld gedurende hierdie oriënteringstydperk iets saamdra om

hulself as nuwelinge uit te wys, soos ’n plakkaat (A4) om die nek (’n stukkie tou of wol

is voldoende) en ’n baksteen in papier toegedraai.

“Pin” asb. alle belangrike telefoonnommers (bv. die wassery/taxi-diens/Personeel/

Matrones) vooraf in u seun se selfoon in. Ook die naam van sy Mediese Fonds, sy

lidmaatskapnommer en die Mediese Fonds se telefoonnommer.

Plaas u eie naam en telefoonnommer onder ICE 1 (“In Case of Emergency”) op sy

selfoon, asook ER24 se nommer: 084124. Ambulans: Tel. 10177. U kan dus bv. meer

as een ICE skep, bv. ICE 1 (ouers/voogde), ICE 2 (ER24 se nommer), ICE 3

(ambulans se telefoonnommer), ICE 4 (Mediese Fonds-besonderhede), ens. Indien u

seun vir iets allergies is, moet u ook daarvan ’n nota op sy selfoon maak, bv. onder

ICE 5. Wys en verduidelik aan u seun watter nommers alles op sy foon is. Ons

versoek u vriendelik om ook hierdie betrokke nommers op u eie selfoon te “pin”. Ons

is daarvan bewus dat nie alle seuns ’n selfoon het nie. Maak asb. ’n lys van die

belangrike nommers om in sy kas op te sit. Die Matrone en Personeel sal hierdie

seuns altyd help.

Maak seker die Koshuis se e-posadres ([email protected]) en telefoonnommer

(060 551 4078) is op al u selfone beskikbaar.

Bloem Taxi’s Tel. 051 433 3776 of Happy Cabbies 071 711 7771 /

[email protected]

Berei u seun daarop voor dat hy moontlik onseker, fisies en emosioneel moeg of

gespanne kan raak tydens die nuwe omstandighede. Onder sulke omstandighede, of

indien hy enige probleme ondervind, moet hy asseblief nie huiwer om aan ons deur

te klop nie. Ons, die voog-onderwysers en prefekte, is daar om sy

ondersteuningsbronne uit te brei en om hom met sy aanpassing te help. Hy moet asb.

met ons kom praat!

Page 41: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

41

Seuns word nie toegelaat om ooit ander seuns te boelie of te slaan, hul outoriteit te

misbruik, of enige ander aktiwiteite toe te pas wat teen die wet of Skoolreëls is nie.

Rapporteer boelie-gedrag dadelik aan die Huisvader. GEEN boelies word geduld nie

en ’n “grap” of opmerking wat iemand ongemaklik of seer maak, word nie as ’n grap

beskou nie. Alhoewel ons nie mekaar verklik (“split”) nie, staan ware Grey-manne op

vir wat reg is, en ons beskou die verskil tussen dié twee aspekte in ’n baie ernstige

lig. (Raadpleeg asb. die Gedragskode op die Skool se webblad.)

Seuns word aangemoedig om hulself te beskerm deur op te let na die “digitale

voetspore” wat hulle laat. Hulle moet hulself beskerm deur geen inkriminerende

opmerkings op Facebook, WhatsApp, Twitter, ens. te maak nie. Seuns moet hulself

daarvan weerhou om ander met hul kommentaar op sosiale media te boelie.

Seuns moet hul kamermaats, klasmaats, seniors, onderwysers en die hoof ten alle

tye respekteer. Swak dissipline in die klaskamer en disrespek, spesifiek teenoor

vroulike onderwysers, sal nie geduld word nie.

Ons hoofdoel is om elke seun tot ’n selfstandige jong man te ontwikkel wat homself

volhoubaar sal kan handhaaf in die lewe ná skool. Dit is daarom belangrik dat die

seuns van Murray-Huis sal uitstaan as pligsgetroue seuns wat, veral teenoor

damespersoneel, die nodige respek toon.

Die skool se Finansiële Afdeling hanteer Koshuisfooie en Skoolfooie afsonderlik so

maak asb. seker dat betalings in die korrekte rekening gemaak word. Indien u oor iets

twyfel, kan u die skool se finansiële kantoor (Me. Chantelle Gordon) kontak. Handig

asb. ’n uitdruk van die bewys van betaling op 25 JANUARIE 2021 saam met die

Koshuis Mediese-vorm in. Wanneer u die koshuisfooie betaal, moet u asseblief seker

maak dat die volgende VERWYSING daarop verskyn:

1. Koshuisfooie – Murray-Huis

2. U seun se voorletters en van

Let asb. daarop dat u seun sy plek in die koshuis sal verbeur indien

betalings nie voor of op die voorgeskrewe datums gemaak is nie.

Faksnr.: 051 444 5848

E-pos: [email protected] / [email protected]

“cc” asb. Murray-Huis met u bewys van betaling: [email protected]

Page 42: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

42

Sportafrigters verlang gewoonlik die volgende addisionele dokumente, en vir

gerieflikheidshalwe kan u dit vooraf aan u seun voorsien. Dit word in sy persoonlike

administrasie-“flip file” in sy kas gebêre.

1. Vier tot vyf ID foto’s van u seun. Skryf sy naam en ID nommer agterop elke

foto. (Onthou die ekstra ID foto wat op die voorblad van die Murray-Huis

Mediese-vorm geplak word.)

2. Vier gewaarmerkte afskrifte van u seun se geboortesertifikaat. (Onthou asb. ’n

ekstra afskrif wat saam met die Murray-Huis Mediese-vorm ingehandig word.)

SONBRAND: Tydens die vele sportbyeenkomste – soos rugby, krieket, atletiek en

swem – word seuns deurentyd aan skadelike sonstrale blootgestel. Moedig asseblief

u seun aan om ’n goeie sonskerm en hoofbedekking (hoed/pet) te dra. Na afloop van

die “newie”-konsert mag graad 8’s Grey-pette dra – beskikbaar by die Grey Armour-

winkel op die skoolterrein.

ONTHOU

1) Maak apteekrekening oop by ’n apteek wat afleweringsdienste bied. Ons beveel

Medi-Bloem Apteek ten sterkste aan.

2) KOSHUIS MEDIESE-VORM: Voltooi volledig (ongeag of u aan ’n fonds behoort).

3) Neem 6 kleur ID foto’s van seun:

NB! Plak EEN ID foto op KOSHUIS MEDIESE-VORM, bladsy 1.

Hou 4 tot 5 ID foto’s in seun se persoonlike “flipfile” vir sport- en

skoolaangeleenthede.

4) Bestel/Koop boeke en Grey-boekoortreksels via Books4Schools op die Grey-

webblad (sien Boekvorm) of koop boeke by Protea Boekwinkel Brandwag, ens.

GEEN geld vir boeke word in Grey Kollege se rekening inbetaal nie. Bestel

naamplakkers (indien verkies).

5) MERK ALLE ITEMS EN TOERUSTING DEEGLIK.

6) 1 x stewige koevert met seun se naam en selnommer op (sien dokument).

7) “Pin” kontaknommers in u persoonlike/u seun se selfoon: Murray-Huis tel. 060 551

4078/ Personeel / taxi / ER24 Tel. 084124 / tandarts / fisio / familie / wassery, ens.

Page 43: WELKOM BY MURRAY-HUIS...Die eerste akademiese skooldag begin op WOENSDAG, 27 JANUARIE 2021 @ 07:30. BAIE BELANGRIK: Sien asb. ook die aangehegte dokument wat betref die Skool se …

43

TEN SLOTTE...

Sterkte met die beplanning, die inpak asook die trane. Ek kan u

verseker dat u seun in uiters bekwame hande gelaat word. Dit is vir

ons as Murray-Huisspan ’n enorme voorreg om deel te word van u

seun se lewe. U seun se groei en sukses lê egter grotendeels in sy eie

hande. Dit mag dalk soms voel asof die vreemdheid nie die moeite

werd is nie. Seuns glo in dit wat tuis gespreek word, so motiveer

asseblief u seun om gedurende moeiliker tye deur te druk aangesien

die vrugte wat hy gaan pluk vir seker die moeite werd sal wees.

Groete

Murray-Huisspan