8
Geagte Sussex Teler, Lid en Kliënte Daar word baie geskryf oor mense se passie, wat blykbaar die resep vir sukses is, maar ek dink die meeste van ons het gedurende 2016 gedink daar nooit weer sukses sal wees nie. Elke dag was ’n nog groter uitdaging, met die wolklose lug en geskroeide aarde. Elkeen wonder wanneer kom die uitkoms, want die eerste maand van die nuwe jaar vorder vinnig en die lande bly kaal. Boere skraap moed bymekaar, of dalk eerder durf en plant tot einde Januarie met oë na Bo, steeds vir reën en later met benoudheid vir die ryp. Weereens versaak die Here ons nie en die ryp kom laat, net onverdiende genade. Gedurende hierdie moeilike tyd bewys telers dat hulle passie steeds vir die diere vasstaan en reik hulle uit om mekaar te help en stuur voer vanuit die Kaap, die res van die land in. Tenspyte van die byna ondraaglike toestande behaal die Sussex diere rekord pryse op veilings en die ras bewys weereens dat diere onder uiterste omstandighede kan Met hartseer en leedwese moes rolspelers in die Sussex-bedryf op 26 Augustus 2016 afskeid neem van Anthony Rhys Evans en vrede maak met sy heengaan op 19 Augustus 2016, in Johannes- burg, nadat hy die stryd teen kanker verloor het. Anthony was een van die bekendste leier figure in die Sussex-bedryf en het hom vir etlike jare beywer vir die bevordering van die ras. Anthony was ’n boorling van Durban en het sy skoolloopbaan by die bekende Michaelhouse in KwaZulu- Natal voltooi. Hy het aan Rhodes Universiteit studeer en hom in 1968 by sy pa aangesluit as Assistent Hoof Uitvoerende Bestuurder van die Rhys Evans Groep te Viljoenskroon. Sy vader, Rhys, was die stigter van die bekende Huntersvlei Sussex Stoet waarmee Anthony later geassosieer sou word. Die stoet is reeds in 1945 deur Rhys begin en is die oudste Sussex Stoet in Suid-Afrika. Anthony was slegs 29 jaar toe sy vader in 1972 oorlede is. Hy het die leisels dadelik oorgeneem en die besigheid na nuwe hoogtes geneem, na waar die Huntersvlei Sussex Stoet wêreldwyd bekendheid verwerf het. Hy het met Jane getrou en drie dogters en ’n seun is uit die huwelik gebore. ’n Genootskapsvriend soos min Sy liefde vir die ras sal deur mede-telers en genootskapslede onthou word. Hierdie liefde is duidelik weerspieël in sy betrokkenheid by die genootskap en hy het met die jare ’n reputasie as ’n ware spanspeler gekry. In 1971 word hy op die Sussex-raad verkies, waar hy dien tot in 2004. Gedurende hierdie tydperk word hy vir twee termyne as President en een termyn as Vise-President van die Sussex Genootskap verkies en in 2005 ontvang hy Lewenslange Ere- Presidentskap. Anthony het die Sussex Raad ononderbroke vir ’n verstommende 34 jaar gedien, totdat hy in 2004 besluit het om sy betrokkenheid af te skaal. Meer as net ’n Sussex Raadslid Sy liefde vir vee en die veebedryf was ’n liefde wat hy van sy vader en grootvader geërf het, en hy het met sy onbaatsugtige diens letterlik ’n familietradisie voortgesit. Sy Oom, Bruce Evans, het van 1948 tot 1951 as President van SA Stamboek gedien. Dieselfde eer het sy pa, Rhys, te beurt geval toe hy van 1967 tot 1969 as President van SA Stamboek gedien het. Anthony het dieselfde rol van 1980 tot 1985 vervul en was ook ’n Ere-lid van die Britse Sussex Genootskap en Ere-President van SA Stamboek. Buitengewone diere Selfs nadat hy besluit het om nie meer so aktief by die genootskap en sy werksaamhede betrokke te wees nie, het hy steeds sy liefde vir die Sussex in die boerdery uitgeleef. Slegs ’n dag voor sy dood het sy Sussex bul ’n nuwe Suid- Afrikaanse rekordprys van R200 000 op die Nasionale Sussex Veiling behaal. Hoewel hy nie daar was om dit te sien nie, was hy bewus van hierdie ongelooflike prestasie. Hy het ’n paar legendariese Sussex bulle op sy kerfstok, waarvan die bekendste waarskynlik die bul, Titan, is wat die Goue Beker by al drie skoue, die Vryburg-, Royal- en Randse Skou, in een jaar gewen het. Die diere wat sy boerdery opgelewer het, het van hom ’n gerespekteerde beesteler gemaak, selfs al het hy eintlik ’n gediversifiseerde boerderybesigheid bestuur. Hy was bekend vir sy goeie oog en oordeel. Sy stem is stil en hy sal gemis word, maar sy nalatenskap sal voortleef. Soos die familiegeskiedenis van ’n formidabele familie dit wil hê, het sy seun, David, op 29-jarige ouderdom, net soos sy pa, dadelik die leisels oorgeneem en gaan die daaglikse doen en late op Huntersvlei voort, net soos toe Anthony daar was. Hy sal gemis word deur sy familie, vriende, mede-telers, genootskapskennisse en die totale veebedryf. Stil het hy geleef, stil het hy gesterf, maar sy stem sal dawerend voortleef in die erfenis wat hy nalaat. aanpas en oorleef. Die Sussex Genootskap het min diere verloor weens hierdie natuurtoestande in verge- lyking met ander rasse. Daar is steeds baie uitdagings vir ons as telers en raadslede, maar met volharding in geloof kan ons suksesvol wees. Ek glo dat elke raadslid sy eie belange of keuses moet neerlê en kies wat die beste vir die Sussex Genootskap is. Die ras is die belangrikste, dis diere wat tel en nie mense nie. Ek bid dat ons sal uitreik na mekaar en die ras sal uitbrei tot die hoogste standaard denkbaar. Mag u elke dag genade en seën uit die Vaderhand ontvang om u passie uit te leef met sukses. Mag Kersfees nuwe innerlike lewe in elkeen van ons te wee bring, sodat ons met blymoedigheid kan voort boer. Ek vertrou dat 2017 vir u ’n Sussex sukses jaar sal wees met oneindige passie, trots en toewyding. Dat die vennootskappe tussen teler, lid en kliënt van die beste sal wees.

Met hartseer en leedwese moes - Sussex Societysussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2016-12.pdf · TKP 375 dae; Sertifikaat asook Wisselt rofee 2de - Anthony Evans : Rhys Evans Group

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Met hartseer en leedwese moes - Sussex Societysussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2016-12.pdf · TKP 375 dae; Sertifikaat asook Wisselt rofee 2de - Anthony Evans : Rhys Evans Group

Geagte Sussex Teler, Lid en KliënteDaar word baie geskryf oor mense se passie, wat blykbaar die resep vir sukses is, maarek dink die meeste van ons het gedurende 2016 gedink daar nooit weer sukses sal weesnie. Elke dag was ’n nog groter uitdaging, met die wolklose lug en geskroeide aarde.Elkeen wonder wanneer kom die uitkoms, want die eerste maand van die nuwe jaar vordervinnig en die lande bly kaal.Boere skraap moed bymekaar, of dalk eerder durf en plant tot einde Januarie metoë na Bo, steeds vir reën en later met benoudheid vir die ryp. Weereens versaak dieHere ons nie en die ryp kom laat, net onverdiende genade. Gedurende hierdiemoeilike tyd bewys telers dat hulle passie steeds vir die diere vasstaan en reik hulleuit om mekaar te help en stuur voer vanuit die Kaap, die res van die land in. Tenspyte van die byna ondraaglike toestande behaal die Sussex diere rekord pryseop veilings en die ras bewys weereens dat diere onder uiterste omstandighede kan

Met hartseer en leedwese moesrolspelers in die Sussex-bedryf op26 Augustus 2016 afskeid neemvan Anthony Rhys Evans en vredemaak met sy heengaan op19 Augustus 2016, in Johannes -burg, nadat hy die stryd teen kankerverloor het. Anthony was een vandie bekendste leier figure in dieSussex-bedryf en het hom vir etlikejare beywer vir die bevordering vandie ras.Anthony was ’n boorling van Durbanen het sy skoolloopbaan by diebekende Michaelhouse in KwaZulu-

Natal voltooi. Hy het aan Rhodes Universiteit studeer en hom in 1968 by sy pa aangesluitas Assistent Hoof Uitvoerende Bestuurder van die Rhys Evans Groep te Viljoenskroon. Syvader, Rhys, was die stigter van die bekende Huntersvlei Sussex Stoet waarmee Anthonylater geassosieer sou word. Die stoet is reeds in 1945 deur Rhys begin en is die oudsteSussex Stoet in Suid-Afrika.Anthony was slegs 29 jaar toe sy vader in 1972 oorlede is. Hy het die leisels dadelikoorgeneem en die besigheid na nuwe hoogtes geneem, na waar die HuntersvleiSussex Stoet wêreldwyd bekendheid verwerf het. Hy het met Jane getrou en driedogters en ’n seun is uit die huwelik gebore.’n Genootskapsvriend soos minSy liefde vir die ras sal deur mede-telers en genootskapslede onthou word. Hierdieliefde is duidelik weerspieël in sy betrokkenheid by die genootskap en hy het met diejare ’n reputasie as ’n ware spanspeler gekry.In 1971 word hy op die Sussex-raad verkies, waar hy dien tot in 2004. Gedurendehierdie tydperk word hy vir twee termyne as President en een termyn as Vise-Presidentvan die Sussex Genootskap verkies en in 2005 ontvang hy Lewenslange Ere-Presidentskap.

Anthony het die Sussex Raad ononderbroke vir ’n verstommende 34 jaar gedien, totdathy in 2004 besluit het om sy betrokkenheid af te skaal.Meer as net ’n Sussex RaadslidSy liefde vir vee en die veebedryf was ’n liefde wat hy van sy vader en grootvadergeërf het, en hy het met sy onbaatsugtige diens letterlik ’n familietradisie voortgesit.Sy Oom, Bruce Evans, het van 1948 tot 1951 as President van SA Stamboek gedien.Dieselfde eer het sy pa, Rhys, te beurt geval toe hy van 1967 tot 1969 as Presidentvan SA Stamboek gedien het. Anthony het dieselfde rol van 1980 tot 1985 vervul enwas ook ’n Ere-lid van die Britse Sussex Genootskap en Ere-President van SAStamboek.Buitengewone diereSelfs nadat hy besluit het om nie meer so aktief by die genootskap en sywerksaamhede betrokke te wees nie, het hy steeds sy liefde vir die Sussex in dieboerdery uitgeleef. Slegs ’n dag voor sy dood het sy Sussex bul ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekordprys van R200 000 op die Nasionale Sussex Veiling behaal. Hoewelhy nie daar was om dit te sien nie, was hy bewus van hierdie ongelooflike prestasie.Hy het ’n paar legendariese Sussex bulle op sy kerfstok, waarvan die bekendstewaarskynlik die bul, Titan, is wat die Goue Beker by al drie skoue, die Vryburg-, Royal-en Randse Skou, in een jaar gewen het. Die diere wat sy boerdery opgelewer het, hetvan hom ’n gerespekteerde beesteler gemaak, selfs al het hy eintlik ’ngediversifiseerde boerderybesigheid bestuur. Hy was bekend vir sy goeie oog enoordeel.Sy stem is stil en hy sal gemis word, maar sy nalatenskap sal voortleef. Soos diefamiliegeskiedenis van ’n formidabele familie dit wil hê, het sy seun, David, op29-jarige ouderdom, net soos sy pa, dadelik die leisels oorgeneem en gaan diedaaglikse doen en late op Huntersvlei voort, net soos toe Anthony daar was.Hy sal gemis word deur sy familie, vriende, mede-telers, genootskapskennisse en dietotale veebedryf. Stil het hy geleef, stil het hy gesterf, maar sy stem sal dawerendvoortleef in die erfenis wat hy nalaat.

aanpas en oorleef. Die Sussex Genootskap het mindiere verloor weens hierdie natuurtoestande in verge-lyking met ander rasse.Daar is steeds baie uitdagings vir ons as telers en raadslede, maar met volharding in geloofkan ons suksesvol wees. Ek glo dat elke raadslid sy eie belange of keuses moet neerlê enkies wat die beste vir die Sussex Genootskap is. Die ras is die belangrikste, dis diere wattel en nie mense nie. Ek bid dat ons sal uitreik na mekaar en die ras sal uitbrei tot die hoogste standaarddenkbaar. Mag u elke dag genade en seën uit die Vaderhand ontvang om u passieuit te leef met sukses. Mag Kersfees nuwe innerlike lewe in elkeen van ons te weebring, sodat ons met blymoedigheid kan voort boer.Ek vertrou dat 2017 vir u ’n Sussex sukses jaar sal wees met oneindige passie, trotsen toewyding.Dat die vennootskappe tussen teler, lid en kliënt van die beste sal wees.

Page 2: Met hartseer en leedwese moes - Sussex Societysussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2016-12.pdf · TKP 375 dae; Sertifikaat asook Wisselt rofee 2de - Anthony Evans : Rhys Evans Group

Sussex BeoordeelaarskursusPERSOON KURSUS TELEFOON E-POS PRESTASIE

Beg Jnr Snr Nr Adres 70Lamprecht, De Villiers 1* 0827773782 [email protected] SlaagStoffberg, Pieter 1 0823639100 [email protected] SlaagCillié-du Preez, Erina 1 0837426656 [email protected] SlaagLe Roux, Derick 1 0796025376 SlaagNel, Ben 1 0724843138 [email protected] SlaagNel, Ferdinand 1 0827868905 [email protected] SlaagVan Niekerk, Annalea 1 0722616667 [email protected] SlaagBruwer, Clara 1 0829440754 [email protected] SlaagCronje, Enrico 1 0840378772 [email protected] SlaagRandell, Henry 1 0788009917 [email protected] SlaagDe Jager, Ockert 1 0735008016 [email protected] SlaagLabuschagne, Bennie 1 0836429861 [email protected] Slaag

*Teoretiese eksamen geslaag moet nog prakties slaag

Chris Nel, Eversar Sussex Stoet

Kudde van die Jaar toekenning

Junior Keyser, Blema Ba KanStoet

Werner & Renate Bader,Dancel Sussex Stoet

Teler van die Jaar toekenning

Kudde 1-49 vroulike diere met 2kalwings en meer1ste - Corne Rust : Koringplaas : TKP378 dae 2de - Annalea van Niekerk : Soñadar :TKP 381 dae3de - Albert Kotze : Almaija : TKP 387dae

Kudde 50-99 vroulike dieremet 2 kalwings en meer1ste - Nico Bouwer : Witkwas :TKP 392 dae 2de - Rohan Meintjes : Sterk -fontein : TKP 397 dae3de - Dawie Albertyn : NachtWatch : TKP 405 dae

Kudde 100 en meer vroulikediere met 2 kalwings en meer1ste - Theo van Zyl : FaurzylTKP 375 dae; Sertifikaat asookWisselt rofee2de - Anthony Evans : RhysEvans Group : TKP 394 dae3de - Trevor Stötter : Stötter -heim: TKP 486 dae

Kingsdown Toekennings - Sertifikate Gelukwense aan die volgende telers:Buitengewone bydrae tot die Sussex ras

Tydens die jaarlikse Sandringham Livestock Expo inStellenbosch het Nollie Stofberg die Sussex rasverteenwoordig in die Interras. Dit is die grootste InterrasKampioenskappe in die Wes-Kaap en was verteenwoordigdeur 13 rasse van top gehalte diere. Platdrif Sussex het dieReserwe Senior Interras Vroulike dier verower.

Wes-Kaap - Interras Vroulike Dier

Vleissentraal, Molatek, André Pretorius Fotografie, Du Toitskloof WyneBAIE DANKIE AAN ONS NASIONALE VEILINGSBORGE

Page 3: Met hartseer en leedwese moes - Sussex Societysussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2016-12.pdf · TKP 375 dae; Sertifikaat asook Wisselt rofee 2de - Anthony Evans : Rhys Evans Group

PRESIDENT: Daleen Potgieter – 0828165969 – [email protected]• Koördineer alle Rasaangeleenthede• Nasionale Skou Kampioenskappe 2018• Nampo & Klubs & Kursusse

VISIE-PRESIDENT: Gert Fourie – 0827703392 – [email protected]• Nasionale Veiling & Ander Veilings• Skoue en Expo's & Karkas Kompetisies

Links voor: Daleen Potgieter (President), Gert Fourie (Vise-President)Links agter: Dallas Phillips, Geoff Orpen, De Villiers LamprechtInlas: James Stephen

FINANSIES: Geoff Orpen – 0824909647 – [email protected] Bosch – 0875501073 – [email protected]• Opstel en bestuur van begroting• Finansiële state, Ouditeure & Uitstaande Debiteure

BEMARKING: James Stephen – 0824940015 – [email protected]• Artikels en Advertensies• Opstel Bemarkingsplan per jaar

Sosiale Media: Liezel Grobler – 0829224616 – [email protected], nuusbrief, joernaal, facebook, twitter, bylaag &borge

Bemarkings Toerusting:Erina Cillie-du Preez – 0837426656 – [email protected], webblad, pamflet, starter pack en telers profiele

RASSTANDAARDE: Dallas Phillips – 0845889955 – [email protected]• Inspeksies & keuring van alle veilings en skou katalogusse

volgens rasstandaarde• Nuwe lede besoeke

STAMBOEK / JONG TELERS: De Villiers Lamprecht – 0827773782 – [email protected]• Navorsingsprojekte • SA Stamboek verteenwoordiger & KI• Skakel met Jong Telers

Sussex Raad – Portefeuljes: Augustus 2016/17

DNS van Stoetbulle / Teelbulle is verpligtendPunt 5 van die Grondwet: die volgende laboratoriums kan gebruik word: Clinomics,die DNS-laboratorium Irene, die DNS-laboratorium Onderstepoort of UnistelLaboratorium. Indien die DNS van ’n betrokke teelbul nie gedoen word nie, sal dienageslag "pending" bly.

NOTIFICATION OF BIRTHS ANDAPPLI CATIONS FOR REGISTRATION

No birth notification of an animal shall be accepted unless the sire and dam at thetime of service were more than eight months old. From 1 August 2013 no calf willbe registered unless the sire of the calf has a valid DNA profile reference number.

OUERSKAPVERIFIKASIETOETSE Ouerskapverifikasietoetse word wêreldwyd deur Stamboek organi sasiesgebruik, nie omdat telers nie vertrou word nie, maar om te bewys datdie teler se rekords akkuraat is. Ouerskapverifikasie is egter ook ’nvereiste wat die Diereverbeteringswet aan Registrerende Owerhedestel. Indien u kudde genomineer is moet u die monsters stuur na dieverskillende laboratoriums soos aangedui op die skrywe wat u ontvanghet. Dit is baie belangrik dat die toetse in 4 maande afgehandel moetword. Die kostes vir hierdie ouerskapverifikasietoetse word deur dieGenootskap betaal. Indien enige diere negatief toets sal daar weerdiere genomineer word deur SA Stamboek en sal die kostes deur dieteler betaal moet word. Dit is baie belangrik dat u hierdie toetse moetdoen, aangesien SA Stamboek u dienste kan opskort indien dit nieafgehandel is nie.

Page 4: Met hartseer en leedwese moes - Sussex Societysussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2016-12.pdf · TKP 375 dae; Sertifikaat asook Wisselt rofee 2de - Anthony Evans : Rhys Evans Group
Page 5: Met hartseer en leedwese moes - Sussex Societysussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2016-12.pdf · TKP 375 dae; Sertifikaat asook Wisselt rofee 2de - Anthony Evans : Rhys Evans Group

KALWERS* KALF IS GEBORE

• Weeg kalf : binne 7 dae Geboorte gewig (al is kalf dood) VERPLIGTEND• Weeg koei : binne 14 dae Opsioneel (word HOOGS AANBEVEEL)• Teken geboortedata in jou eie register of kalfboek aan, nl:▪ datum gebore 01/01/2016▪ kalf nr ABC 16 0001▪ kalf gewig Kg▪ kalf geslag b / v▪ kalf status lewendig / dood▪ koei nr ABC 10 0111▪ koei gewig kg Opsioneel (word HOOGS AANBEVEEL)

• Plaatjie in kalf se regter oor : (registreer met volgende nommer al is kalf dood)▪ Identifikasie van dier ABC 16 0001▪ kudde voorvoegsel ABC▪ jaar van geboorte 16 (2016)▪ kalf nommer 0001

• Stuur volledige geboorte data na "Stamboek" per :▪ pos aan Stamboek, Posbus 270, Bloemfontein, 9300 OF▪ epos aan [email protected] OF▪ BenguFarm direk vanaf program

* KALF : 1 - 2 WEKE OUD • Wees waaksaam vir maagwerkings

* KALF : 3 - 9 WEKE OUD • Tatoeëer in linker oor▪ Identifikasie van dier ABC 16 0001▪ kudde voorvoegsel ABC▪ jaar van geboorte en kalf nr 16 0001

• Onthoring indien nodig• Ontwurm Lintwurm

* KALF : 3 - 4 MAANDE• Ent teen siektes in gebied, bv :▪ Anaplasmose▪ Knopvel▪ Pasteurella▪ Sponsiekte

• Ontwurm

* VERS KALF : 4 - 7 MAANDE• Ent VERSE teen Brucellose Strain 19 - nie ouer as 9 maande nie anders toets positief vir BM

* KALF : 5 - 6 MAANDE• Ent teen siektes in gebied, bv :▪ Rooiwater▪ Milt & Lamsiekte

HOE KAN ONS HELP??Nuwe telers word GRATIS van 'n "starter-pack" voorsien. Bevat Praktiese Handleiding ivmKalf, Vers, Bul, Inspeksie Prosedure, Veiling Prosedure, Katalogus Prosedure asookKatalogus Prys Samestelling (onder voorbeeld Kalwers) Bemarkings Wenke, Grondwet,Inspeksie Standaarde, Telerslys, Pen, Skryfblok, Lisensieskyf & Bakkie Plakker Starter-pack - R350 of Opsioneel : Handleiding vir Stoettelers : ekstra R120 - R470

PRAKTIESE HANDLEIDING : NET RIGLYNE!! Van GEBOORTE tot SPEEN is alles dieselfde vir VERSE & BULLE !!

* KALF : 6,5 MAANDE OF 2 WEKE VOOR SPEEN• Ent teen siektes in gebied, bv :▪ BVD / IBR▪ Pasteurella▪ Sponsiekte

• Ontwurm

* KALF SPEEN : 7 MAANDE Speen gewig VERPLIGTEND• Weeg koei : dieselfde dag as kalf Opsioneel (word HOOGS AANBEVEEL)• Weeg kalf : ouderdom grense tussen 151 - 250 dae VERPLIGTEND• Teken volledige speen data in jou eie register of kalfboek aan▪ datum geweeg van speen 01/01/2016▪ kalf nr ABC 16 0001▪ kalf gewig Kg▪ koei nr ABC 10 0111▪ koei gewig kg Opsioneel (word HOOGS AANBEVEEL)

• Stuur volledige speen data na "Stamboek" per :▪ pos aan Stamboek, Posbus 270, Bloemfontein, 9300 OF▪ epos aan [email protected] OF▪ BenguFarm direk vanaf program

• Stamboek sal die 205 dae indeks bereken of jyself op BenguFarm• Kalwers met gemiddelde indeks onder 90 word geprul▪ slag of na voerkraal

• Stuur volledige speen kansellasie data na "Stamboek" (diere wat geprul is)▪ pos aan Stamboek, Posbus 270, Bloemfontein, 9300 OF▪ epos aan [email protected] OF▪ BenguFarm direk vanaf program

• Ent teen siektes in gebied, bv :▪ 1ste Caryne Bacterium▪ BM Net Verse Indien Strain 19 gebruik nie ouer as 9mnde -dan toets positief vir BM

Hou kalwers in of naby kraal om aan te pas sonder koei vir 2 weke

* KALF : 2 WEKE NA SPEEN• Ent teen siektes in gebied, bv :▪ Milt & Lamsiekte▪ Knopvel▪ 2de Caryne Bacterium

* VERDELING VAN SPEEN KALWERS• Verse▪ gaan veld toe

• Bulle▪ gaan veld toe OF▪ Fase C Toets (toets sentrum) OF▪ Fase D Toets (op plaas)

Page 6: Met hartseer en leedwese moes - Sussex Societysussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2016-12.pdf · TKP 375 dae; Sertifikaat asook Wisselt rofee 2de - Anthony Evans : Rhys Evans Group

Sosiale Media

Trevor Stötter het tydens dieAlge mene Jaarvergaderingaan ge bied om lede van hulpte wees met voer as gevolgvan die droogte. Advo cateSussex Stoet buite Bloem -fontein is gehelp.

The Sussex Office closesThe Sussex Office closes on 15 December 2016 at

lunchtime and re-open on 10 January 2017.

Find published Sussex articles on Linked in(Sussex Cattle Breeders' Society of SA)

The Sussex Calendar 2017 will be posted to 500 buyers andall members.

Contact the Sussex Office if you did not receive yours bybeginning of January 2017.

FACEBOOKStuur asb inligting/foto's vir die plasing op Facebook en andersosiale media na [email protected] – sonder u hulp kanons nie die sosiale media aktief hou nie.

WEBSITENews and articles are available which are easily accessed onthe home page: click on http://sussex.co.za If you have notyet seen the new website then this is well worth browsing, doneby Donovan Heunis.

Also on the website you can download the updated Sussexbreed pamphlet, as well as the annual supplement whichappeared in the Landbou Weekblad in July. The latter featured5 commercial breeders who discuss their practical experiencewith Sussex. They are mostly large commercial farmersranging from the NW Province / Kalahari, Eastern Free Stateand Molteno. Enjoy the read!

TELERSPROFIELIndien u nie ’n telersprofiel het nie versoek ons u om spoedig'n foto met inligting aan die kantoor te verskaf, dis gratis totDesember 2016. Vanaf Januarie 2017 is u verplig om R350,00te betaal (AJV 2016 besluit) vir ’n telersprofiel en indien u nieeen het nie, sal die kantoor NET u inligting verskaf. Elke teleris tog trots op sy stoet, wees behulpsaam en laat Sussexuitstaan.

Sussex teler ook ywerigeperde ruiter

Kiewiet en Joanné het vir die 2de agter eenvolgendejaar Vrystaat kleure verwerf in Gymkhana. Beide hierdieruiters verteenwoordig die provinsie in Desember bySuid-Afrikaanse kampioenskap in Newcastle. Baiegeluk en voorspoed.

Nuwe lidBaie welkom aan Pietman Uys, Sand -fontein Sussex Stoet van Heidelberg,Wes-Kaap

Page 7: Met hartseer en leedwese moes - Sussex Societysussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2016-12.pdf · TKP 375 dae; Sertifikaat asook Wisselt rofee 2de - Anthony Evans : Rhys Evans Group

Klub Voorsitters is verantwoordelik dat alle klublede seinspeksies betyds plaasvind

• Die teler reël self met ’n Senior Inspekteur vir inspeksie(datum, tyd & plek)Is makliker as daar 2 Senior Inspekteurs is

• Die teler kontak die Sussex sekretaresse :▪ vra 18 maande (verse en bulle) of veiling inspeksie

aan▪ gee name van 2 Senior Inspekteurs wat hom sal

besoek▪ gee dier ID indien dit spesifieke diere is

• Die Sussex sekretaresse sal dan :▪ Inspeksielys trek vanaf Stamboek▪ Inspeksielys van Stamboek epos aan Rasstandaard

Raadslid, Teler, Klub Voorsitter en Senior Inspek-teurs

▪ Inspeksielys van Sussex epos aan Teler en SeniorInspekteurs

• Die teler is verantwoordelik dat die Inspeksielys volledigis voor inspeksie gedoen word, bv.▪ al die diere vir inspeksie moet op die Inspeksielys

verskyn (geen los blaadjies nie)▪ alle prestasiedata moet volledig en korrek wees, bv.

- geboorte gewig- speen gewig- 12 maande gewig OF- 18 maande gewig OF

- 12 en 18 maande gewig

• Indien ’n dier se inligting nie korrek of volledig op dieInspeksielys is nie sal die dier nie gekeur word nie

• Die teler is verantwoordelik vir betaling van reiskostes virSenior Inspekteur indien hy eis

• Indien diere weer geinspekteer moet word vir keuring, saldie teler weer die betrokke Senior Inspekteur moet betaal

• Die Senior Inspekteur doen inspeksie volgens dieSussex Rasstandaarde, geen toegewings

• Die Senior Inspekteur :▪ maak seker dat regte afkeur kodes aangeteken is

indien nodig▪ maak seker dat sy eie Senior Inspekteur Kode korrek

en aangeteken is▪ maak seker dat Senior Inspekteur en teler die

Inspeksielys geteken het▪ stuur die voltooide, getekende Inspeksielys na

Sussex sekretaresse

• Sussex sekretaresse stuur die Inspeksielys na Stamboekvir verwerking

• Die teler moet "per kapitalys" trek en dan kontroleer enverseker dat Inspeksielys se data korrek en volledigoorgedra is

• Wanneer verskafde data aan Stamboek afgehandel is sal"REG" onder STATUS op die PER KAPITALYS verskyn

PROSEDURE VIR KEURING 18 - 24 MNDE : VERPLIGTEND

De Villiers Lamprechten Chantelle is op8 Oktober te Wolseleygetroud.Chantelle is ’n Siel kun -dige Berader en diepaartjie vestig hulle inKuruman.Baie geluk!

Sussex Raadsvergaderings 2017:22 Feb Senior Keurderskonferensie Bloemfontein

23 Feb Raadsvergadering Bloemfontein

16 Mei Raadsvergadering Bothaville / Viljoenskroon

15 Aug Raadsvergadering Bloemfontein

16 Aug AJV en Dinee Bloemfontein

17 Aug Nasionale Veiling Bloemfontein

20 Okt Portefeulje Vergadering Bloemfontein

Gelukwensing:

Page 8: Met hartseer en leedwese moes - Sussex Societysussex.co.za/uploads/Sussex-Newsletter-2016-12.pdf · TKP 375 dae; Sertifikaat asook Wisselt rofee 2de - Anthony Evans : Rhys Evans Group

Veilingsuitslae 2016

Nasionale VeilingHoogste - Bul : R200 000,00Gemiddeld - Bul : R48 300,00Hoogste - Vroulike dier : R85 000,00 (koei & kalf)Vroulike dier - Koei & kalf : R12 000,00Vroulike dier - Koei 3-in-1 : R17 000,00Vroulike dier - Dragtige koei : Gemiddeld : R11 750,00 (x6)Vroulike dier - Dragtige koei : Hoogste : R22 500,00 Vroulike dier - Oop vers : R17 000,00Vroulike dier - Kommersiële dragtige koei : R6 800,00 (x4)Avoca & Mountain ShadowsHoogste - Bul : R50 000,00Gemiddeld - Bul : R28 600,00Hoogste - Vroulike dier : R15 000,00

Eversar SussexHoogste - Bul : R45 000,00 (x2)Gemiddeld - Bul : R30 820,00 Hoogste - Vroulike dier : R23 000,00Gemiddeld - Vroulike dier : R17 285,00Faurzyl Sussex StoetHoogste - Bul : R70 000,00Gemiddeld - Bul : R30 108,00Hoogste - Vroulike dier : R16 000,00Gemiddeld - Vroulike dier : R13 600,00Huntersvlei en PothouHoogste - Bul : R40 000,00Gemiddeld - Bul : R26 351,00Hoogste - Vroulike dier : R16 000,00Gemiddeld - Vroulike dier : R15 833,00StötterheimHoogste - Bul : R52 000,00Gemiddeld - Bul : R27 933,00

Swartland Veeboere Veiling Hoogste - Bul : R28 000,00Gemiddeld - Bul : R28 000,00Hoogste - Vroulike dier : R14 500,00Gemiddeld - Vroulike dier : R13 900,00

KWAZULU-NATALFor many of us, 2016 has been a year to remember – mainlyfor climatic reasons! For KZN this past winter was the hardestfor decades, with barely enough grass in most higher-lyingareas and dams that were half full at best. Even so, mostproducers have made it through the dry season with the hopeof a normal season ahead. As of last week large parts of the Pongola and the Mkuzedistricts had virtually no grass at all. Large numbers of gamesuccumbed in the last few months. By contrast planting hasstarted in earnest in Underberg. However, Cedarville /Swartberg are still short of rain as is Kokstad. The Midlandsare looking fair but the Winterton & Bergville areas are still verydry. Many farmers have remarked that they have never seendry conditions like this before. The price of weaners has remained fairly static at aroundR20,50 / kg.

OOS-VRYSTAATDie klub was sonder ’n Voorsitter, maar Theo van Zyl het noudie leisels oorgeneem.

SENTRAAL73 Potchefstroom studente het Skietlaagte van die RhysEvans Groep besoek om meer te leer ivm die ras enweidingsbestuur.Viljoenskroon Landbou Skool het ’n fondsinsamelings dagdeur die Graad 11’s aangebied waartydens Sussex dierevertoon en informasie verskaf is.

Duurste bul verkoop vir R200 000 aan Nollie Stofberg van Rhys Evans Group

Duurste koei verkoop vir R85 000 deur Chris Nel aan Junior Keyser

Duurste Bul (Lot 12) &Duurste Vroulike dier (Lot 19)

KLUB UITTREKSELSDie klub het die voorreg gehad om 4 jong telers te ondersteundeur ’n toer te onderneem na Senior Sussex Telers.Huntersvlei was die vertrekpunt waar meer geleer is oor dierversorging, voeding, byvoeding, inenting en weidingsbestuur.Net toe hulle dink dat hulle volleerd is neem die 2 Chrisse vanEversar die leiding oor en die breinselle skuif behoorlik rondtussen boer en veearts. Gelukkig is hulle die aand gelaaf metheerlike voedsel, lag en waarlik nog meer informasie.

Tydens Nampo se beoordeling het die Sussex weer die raslaat uitblink. Daar was ook meer besoekers by die stalletjie.Die kruisdiere bly ook ’n groot trekpleister. Hierdie jaar wasdit Afrikaner / Sussex kruisings waar die 7maand oue kalwersamper so hoog soos hul ma’s gestaan het. Afrikaner telerswas baie beïndruk met die diere.

OOS-KAAPDie Oos-Kaap beleef sy grootste droogte nog.Grey-Maclean verteenwoordig Sussex op die Oos-LondenSkou en ’n suksesvolle boeredag word te Bonnie Braeaangebied met praktiese en teoretiese opleiding.

WES-KAAPDie vordering van die ras is steeds sigbaar met toevoegingvan nuwe kliënte.Daar is 5 aktiewe telers met ’n nuwe teler, Jacques Cronje vanGeorge. Pieter van der Byl Smuts het bedank.Elsenburg se Grootvee Studente het ’n praktiese kursus teOtterkuil bygewoon, wat nou ’n jaarlikse instelling sal wees.Die klub se finansies is gesond.