Upload
others
View
1
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
1
MOSIES
Me Lise-Marie Schwartz verjaar Vrydag, 2 November. Baie geluk!
Mnr Chris Steinmann se moeder het ‘n skouervervanging gehad en is nog in
die hospitaal. Baie sterkte!
Mnr
Die volgende 3 leerders is gekies as Gauteng-Noord jukskeispelers.
- Ruben De Swardt Gr 9J - Lourens Potgieter Gr 9 T - Lemar Janse van Rensburg Gr 9 T
Die leerders is ook genooi om aan die Junior SA-Kampioenskappe deel te
neem 8-14 Desember en om aan die Gauteng-Noord Jukskei Kampioenskappe
deel te neem.
BUITESPORT
• JP Kruger 9T verwerf NGS Ligblou Skild stoei kleure en behaal die
volgende prestasies:
Goud by die Noord-Gauteng Vrystyl Jeug Kampioenskappe.
Brons by die Noord-Gauteng Grieks-Romeinse Jeug Kampioenskappe.
• Rynhardt Groenewald 11/3 verwerf NGS Wit Skild stoei kleure en behaal
die volgende prestasies:
Goud by die Noord-Gauteng Grieks-Romeinse Presidente Kampioenskappe.
Brons by die SA-Grieks-Romeinse Presidente Kampioenskappe.
• Rohan Oberholster 8T verwerf SA-kleure in Ringbal seuns o/15.
Baie geluk!
Genuine JV-ondersteunershemde beskikbaar @ R100 elk by die klerebank
Maandae tot Donderdae vanaf 7:00 – 14:15. Ondersteun ons asseblief en
koop jou hemp!
JUKSKEI
JV-ONDERSTEUNERSHEMP
JV-NUUS
Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2
Rietfontein
Webblad: www.htsjv.co.za
No 35/2018
/2017
2
Hier is die finale eksamenrooster vir die November eksamen.
Datum Graad 8 Graad 9 Graad 10 Graad 11
5 Nov
Maandag
1 WISK V1 (2) WISK V1 (2) ENG FAL P2 (2) ENG FAL P2 (2)
2 IT V1 (3)
6 Nov
Dinsdag
1 AFR V2 (2)
BEGRIP; TAAL; LETK
ENG P4(1½)
LIT
AFR V1 (2)
TAAL IGO V1 (3)
2
7 Nov
Woensdag
1 EBW (2) AFR V2 (2)
BEGRIP; TAAL IGO V1 (2) TEG (3)
2
8 Nov
Donderdag
1 ENG P2(2)
COMP; LANG; LIT TEG (2) LOR (2)D
2 ENG FAL P1(2)D ENG FAL P1(2)D
9 Nov
Vrydag
1 SK (2) WISK V1 (2) P
TEG WISK V1 (2) D
FW V1 (3) P
TEG WET (3)
2
12 Nov
Maandag
1 IGO (2) ENG FAL P1(2)
COMP & LANG
WISK V2 (2) P
TEG WISK V2 (2) D FW V2 (3) P
2
13 Nov
Dinsdag
1 SW (1½) AFR V2 (2)
LETK
AFR V2 (2½)
LETK
2
14 Nov
Woensdag
1 SK (2) NW (2) IGO V2 (2) IT V1 (3)
2
15 Nov
Donderdag
1 NW (1½) LOR (1) TEG (3) LOR (2)D
2
16 Nov
Vrydag
1 LOR (1) EBW (2) FW V1 (2) P
TEG WET (3)
WISK V1 (3) P
TEG WISK V1 (3) D
2
19 Nov
Maandag
1 WISK V2 (2) WISK (2) FW V2 (2) P WISK V2 (3) P
TEG WISK V2 (3) D
2
20 Nov
Dinsdag
1 SW (1½) IGO (2) AFR V1 (2)
TAAL
2
21 Nov
Woensdag 1
LEWENSWETENSKAP
V2 (2½) D IGO V2 (3)
23 Nov
Vrydag 1 TEG (2)
AFR V4(1½)
LETK IT V2 (3) IT V2 (3)
FINALE EKSAMENROOSTER NOVEMBER
3
SIEKTE EKSAMEN / TOETSREËLINGS
1. ‘n Leerder wat met ‘n wettige rede afwesig was dien die stawende
dokumente bv ‘n doktersbrief/begrafnisbrief by die spesifieke
vakonderwyser in. Die vak-onderwyser sal dan vir die leerder ‘n punt
bereken met in ag neming van die leerder se punte wat hy/sy reeds
behaal het in vorige opdragte asook die gemiddelde persentasie wat die
graadgroep vir die bepaalde opdrag (waartydens die leerder afwesig was)
behaal het.
NB: Dit staan egter die bepaalde vakonderwyser vry om ENIGE
eksamen/toets wat die leerder gemis het, met genoeg kennisgewing te
laat oorskryf, indien die vakonderwyser die leerder se kennis in terme van
bepaalde werk wil toets.
2. Indien die leerder nie binne ‘n week na die afwesigheid die dokumente
indien nie sal die leerder nul vir die bepaalde opdrag kry.
3. Bogenoemde rëelings vrywaar nie die leerder om ook by sy/haar betrokke
klasvoog die bewyse/motivering vir afwesighede in te dien nie.
4. Indien enige leerder misbruik maak van die geleentheid om die formule-
punt vir ‘n bepaalde opdrag te kry sal die leerder summier nul vir die
opdrag kry en ook aan dissiplinêre aksies onderwerp word.
Ons vertrou dat bogenoemde rëelings vir u duidelik is en dat u daarby sal hou.
Indien daar egter nog enige verdere onsekerhede in die verband is, is u meer
as welkom om me Dowd enige tyd by die skool te skakel.
POSTE BESKIKBAAR VIR 2019
1. Meganiese Tegnologie Gr 10 – 12 Stuur CV na [email protected] of
[email protected] voor 2 November 2018.
2. Elektriese Tegnologie Gr 10 – 12 Stuur CV na [email protected] of
[email protected] voor 2 November 2018.
3. Fisiese en Tegniese Wetenskappe Gr 10 – 12 Stuur CV na [email protected]
voor 2 November 2018.
4. IGO Gr 10 – 12 Stuur CV na [email protected] of [email protected] voor
2 November 2018.
JV-MAN-UP
Hendré Marais gr 8H het tydens die krieketreeks diens gedoen by die telbord en
was later so goed dat hy vir Wonderboom se tellinghouers op hul foute gewys
het! Hy het ook elke aand getrou die stasie opgeruim en netjies weggepak.
4
KRIEKET PRO 20-AANDREEKS
Die jaarlikse krieketaandreeks was weereens een van die hoogtepunte op ons skool
se sportkalender. Behalwe die uitstekende krieket wat gespeel is, was die onder-
steuning en gees van die JV-toeskouers opmerklik. Die JV’s het die bronsmedalje
verwerf met n baie goeie oorwinning met 4 paaltjies teen Wonderboom. Die JV–
uitblinkers in hierdie wedstryd was Jerry Mashaba met 43 lopies en Juandre Marais
met 34 lopies asook die boulers Robbie Robberts en Paul Barnard. Die goue medalje
is deur Montana verower toe hulle Oos-Moot in n baie spannende wedstryd met die
laaste bal met 1 paaltjie geklop het.
Daar was n enkele negatiewe insident wat plaasgevind het waarin enkele leerders
van besoekende skole betrokke was. HTS John Vorster tree altyd voorkomend op om
negatiewe insidente te voorkom. HTS John Vorster het altyd voorkomende toesig-
reëlings in plek tydens hierdie geleenthede. Gebruik van alkohol is ook verbode tydens
hierdie sportbyeenkoms. Maatreëls soos kennisgewingsborde en gereelde
afkondigings maak besoekers attent daarop dat alkohol nie toelaatbaar is tydens
hierdie aktiwiteite nie.
Dankie weereens aan al die JV’s en ondersteuners wat elke jaar vir die Moot se
krieketspelers hierdie unieke aandreeks n besondere geleentheid maak.
Ons het die volgend skrywe ontvang:
Ek is n ouer van die Wonderboom skool en was by die Pro 20 krieketreeks gewees. Ek wil net die
volgende onder julle aandag bring.
Ek wil net die skool van harte bedank vir die manier waarop julle die Pro20 elke jaar organiseer en
aanbied. Dis regtig n plesier om julle skool te besoek. Uit my eie ondervinding kan ek met eerlikheid
se dat John Vorster se seuns regtig kinders is met baie goeie maniere en hulle is baie behulpsaam en
toon die nodige respek teenoor hulle medemens. Iets wat maar skaars is vandag. Julle krieket seuns se
sportmans gees op die veld en langs die veld is n riem onder die hart en julle is n goeie voobeeld vir die
ander skole se spanne. Ek dink julle kan trots wees op julle skool en julle leerlinge. Ek hoop John
Vorster sal nog vir jare die toernooi aanbied. Baie dankie aan elke kind, ouer en personeel julle skool
wat my en ons skool (Wonderboom) so tuis laat voel het met julle vriendelikheid, gasvryheid en
behulpsaamheid. Dis mense soos julle wat die lewe die moeite werd maak. Nogmaals baie dankie.
5
SKOOLGELD
Baie dankie aan ons ouers wat gereeld hul skoolgeld betaal, daarsonder kan ons nie
die skool effektief bedryf nie. Dit is egter vir ons ’n groot bekommernis dat daar soveel
ouers is wat nie betaal of wat agterstallig is met hul skoolgeld.
Ons besef dat dit die huidige ekonomiese omstandighede vir baie mense
moeilik is, maar dit is ook vir ons ’n groot probleem indien ons nie die skoolgeld
inkry nie. Ons poog elke jaar om die skoolgeld so laag as moontlik te hou terwyl
ons nog steeds al die toerusting en boeke gratis voorsien. Dit raak egter ’n
uitdaging indien ons nie die begrote skoolgeld ontvang nie.
Ons doen ’n ernstige beroep op u om regtig ernstig na u skoolgeld situasie te kyk
en u skoolgeld op datum te kry voor die einde van die jaar. Baie dankie dat ons op u
samewerking kan staatmaak!
KRIEKET
6
SWEM
7
VERVOER
• Saamrygeleentheid gesoek in die middag na Pretoria-Noord. Kontak
Martie by 084 580 8574.
• Enige persoon wat kan help met ‘n saamrygeleentheid in die middag na
Moreletta park, kontak asb vir Natalie by 072 965 9689 of
• Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid in die middag van die
skool na Nico Smit en 26ste laan, kontak Annemarie by 061 279 4082.
• Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid vanaf Die Wilgers,
kontak asb vir Letitia by 082 755 9626 of [email protected].
• Cecile Scholtz (SkolierXpress) kan help met vervoer van en na die skool vanaf die
Sinoville-omgewing. Kontak haar gerus by 0609626380.
• Dream Shuttle het ‘n saamrygeleentheid beskikbaar in die oggend vanaf
East Lynne. Kontak vir Maryna Nigrini by 072 280 5333.
• Kobus Horn kan help met vervoer in die Mootarea. Kontak hom gerus
by 063 979 7910.
FONDSINSAMELING
Total
Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total
Hertzog-straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster.
Die skool kry ‘n gedeelte terug.
Blits Elektries
Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle dit kan aanteken; die skool ontvang krediet. My School
Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n
persentasie en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan
na www.myschool.co.za of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n
aansoekvorm by die algemene kantoor kom afhaal.
Makro
Daar is twee opsies:
1. Indien u nie ‘n makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te
kry.
U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en
die skool ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in
die vorm van ‘n rabat.
2. Indien u wel ‘n makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en
versoek dat die kaart aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat
die skool vir alle aankope wat u by Makro maak, die rabat ontvang.
GRAPJAS
Die onnie wys vir Jannie sy stukkende rottang. “Weet jy iets hiervan?” vra hy
vir Jannie. “Dis ontwapening in die skool, Meneer.” antwoord Jannie.
8
GRATIS ADVERTENSIE GELEENTHEID
JV’s bied ‘n gratis advertensiegeleentheid in 2019 aan besighede wat sou
belangstel om vir die eerste keer langs die rugbyveld te adverteer. U betaal
slegs vir die bord wat opgerig word. Kontak Angelo by 012 330 0440 / 082 494
5180 om te reël vir ‘n bord.
STRESONTLAAIER
STRESONTLAAIER
9
ADVERTENSIES