81
'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad MAGISTER PHILOSOPHIAE in PERSOONLIKE EN PROFESSIONELE LEIERSKAP in die FAKULTEIT OPVOEDKUNDE EN VERPLEEGKUNDE aan die RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT Studieleier: Prof. D.P.J. Smith Oktober 1999

n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP

deur

AMELIA HEPBURN

NAVORSINGSESSAY

voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad

MAGISTER PHILOSOPHIAE

in

PERSOONLIKE EN PROFESSIONELE LEIERSKAP

in die

FAKULTEIT OPVOEDKUNDE EN VERPLEEGKUNDE

aan die

RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT

Studieleier: Prof. D.P.J. Smith

Oktober 1999

Page 2: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

'N POSITIEWE INGESTELDHEID

AS VOORWAARDE VIR

PERSOONLIKE LEIERSKAP

AMELIA HEPBURN

Page 3: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

DANKBETUIGINGS

Hiermee wil ek graag my opregte dank uitspreek aan -

Ons Hemelse Vader, wat my die geleentheid, deursettingsvermoe en krag

gegee het om my studies to voltooi.

Professor Dawie Smith, my studieleier, vir sy bekwame leiding.

Mej Elna Coetser vir haar toewyding met die taalversorging.

Mej Magda Boraine en mev Trudie Oosthuizen vir hulle professionele tikwerk

en afronding.

Marcus Venter vir sy begrip en ondersteuning.

Page 4: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

INHOUDSOPGAWE

Bladsy

SAMEVATTI NG iv

SYNOPSIS vii

HOOFSTUK 1: NAVORSINGSONTWERP

1.1 KONTEKSSTELLING VAN DIE ONDERSOEK 1

1.2 PROBLEEMSTELLING, HIPOTESEFORMULERING EN DOEL

MET DIE ONDERSOEK 3

1.3 MOTIVERING VIR DIE ONDERSOEK 5

1.4 NAVORSINGSMETODOLOGIE VIR DIE ONDERSOEK 7

1.5 SENTRALE KONSEPTE IN DIE ONDERSOEK 8

1.6 PERSOONLIKE LEIERSKAPSPARADIGMA EN AANNAMES 10

1.7 VERDERE VERLOOP VAN DIE STUDIE 12

HOOFSTUK 2: DIE AARD VAN LEWENSHOUDING

2.1 PROBLEEMSTELLING EN DOEL MET DIE HOOFSTUK

13

2.2 WAT IS LEWENSHOUDING?

14

2.2.1 Inleiding

14

2.2.2 Kenmerke of eienskappe van lewenshouding

15

2.3 DIE BELANGRIKHEID VAN LEWENSHOUDING

21

2.3.1 Inleiding

21

2.3.2 Waarom is lewenshouding belangrik?

22

Page 5: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

2.4 DIE ONTWIKKELING VAN LEWENSHOUDING 26

2.4.1 Inleiding 26

2.4.2 Beginsels en faktore of aspekte wat 'n invloed op die

ontwikkeling van lewenshouding het 26

2.5 AFSLUITING

33

HOOFSTUK 3: VERANDERING VAN LEWENSHOUDING DEUR

PERSOONLIKE LEIERSKAP

3.1 PROBLEEMSTELLING EN DOEL MET DIE HOOFSTUK 34

3.2 DIE VERANDERING VAN LEWENSHOUDING 35

3.2.1 Inleiding 35

3.2.2 Waarom sommige mense nie hulle lewenshouding wil verander

nie 36

3.2.3 Die gevolge indien 'n persoon nie sy of haar lewenshouding

verander nie 40

3.2.4 Tegnieke om lewenshouding te verander 42

3.3 DIE BYDRAE VAN PERSOONLIKE LEIERSKAP OM

LEWENSHOUDING TE VERANDER 48

3.3.1 Inleiding 48

3.3.2 Die kenmerke van persoonlike Ieierskap 49

3.3.3 Die bydrae van persoonlike Ieierskap om 'n positiewe

lewenshouding te handhaaf 51

3.4 AFSLUITING 52

Page 6: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

HOOFSTUK 4: INTEGRASIE VAN DIE NAVORSING

4.1 INLEIDING 53

4.2 OPSOMMING 53

4.3 SAMEVATTI NG 54

4.3.1 Wat is lewenshouding? 55

4.3.2 Waarom lewenshouding so belangrik is 56

4.3.3 Hoe lewenshouding ontwikkel 56

4.3.4 Hoe lewenshouding verander 57

4.3.5 Hoe persoonlike Ieierskap 'n bydrae !ewer om lewenshouding to

verander 58

4.4 GEVOLGTREKKINGS 59

4.5 AANBEVELINGS 60

4.6 SLOT 60

BRONNELYS 61

Page 7: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

SAMEVATTING

'N POSITIEWE LEWENSINGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR

PERSOONLIKE LEIERSKAP

deur

AMELIA HEPBURN

STUDIELEIER : Prof. D.P.J. Smith

FAKULTEIT : Opvoedkunde en verpleegkunde

GRAAD M.PhiI - Persoonlike en Professionele Leierskap

1. PROBLEEMSTELLING EN DOEL MET DIE ONDERSOEK

Lewensingesteldheid oftewel lewenshouding, is die klein iets wat 'n groot

verskil kan maak (Haverlock, 1999:1). Bewerings word gemaak dat 'n

positiewe lewenshouding tot positiewe resultate Iei en positiewe resultate

Iei weer tot geluk en sukses. 'n Negatiewe lewenshouding het volgens

Jampolsky en Cirincione (1994:57,75) 'n direkte invloed op 'n persoon se

gesondheid en interpersoonlike verhoudinge. Siektes soos migraine,

diabetes, hartprobleme en selfs kanker hou dikwels verband met 'n mens

se lewenshouding (Jampolsky & Cirincione, 1994:59-60).

Die probleem wat in die navorsing ondersoek was, is waarom mense 'n

positiewe of negatiewe lewenshouding openbaar en hoe die mens uit 'n

persoonlike Ieierskapsperspektief beheer oor sy of haar lewensingesteld-

heid kan uitoefen.

Die doel van die ondersoek was om 'n beskrywende studie van die

verband tussen lewenshouding oftewel lewensingesteldheid en

persoonlike Ieierskap to doen.

iv.

Page 8: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

NAVORSINGSMETODOLOGIE

`n Hermeneutiese en beskrywende navorsingstrategie is in die studie

aangewend.

Babbie (1995:334,336) verwys na die hermeneutiese navorsingstrategie

as die interpretering van sosiale gebeure deur die standpunte,

omstandighede en emosies van ander inlewend te verstaan en te vertolk.

`n Beskrywende navorsingstrategie is 'n sistematiese, akkurate en feitlike

beskrywing van 'n saak, in die geval lewenshouding, ter wille van beter

begrip, insig en ingeligtheid (Smith, 1993:35). Literatuurstudie, wat

bestaande geskrifte oor die studieveld bestudeer, en konsepanalise, waar

die betekenis van 'n konsep omskryf word, kom as navorsingsmetodes

aan die orde.

BEVINDINGE

Uit die ondersoek blyk dit dat:

* Lewenshouding gewoontes van denke is. Dit omvat alle gedagtes,

oortuigings en opinies (Smith, 1998a:1; Spithill, 1998:1). 'n Positiewe

lewenshouding is 'n belangrike faktor wat bepaal of enige

onderneming suksesvol is of nie (Smith, 1998a:1).

`n Positiewe lewenshouding het tot gevolg dat gunstige interpersoon-

like verhoudings gestig word (Matt Yana, 1996:21) en dat 'n individu

teenoor hom- of haarself positief voel (Jamposky & Cirincione,

1994:139). Dit kan selfs 'n bydraende faktor tot genesing wees

(Weinberg, 1998:5-6). Negatiewe denke manifesteer potensieel in 'n

individu se Iiggaam en kan selfs tot siektes soos kanker, nek- en

rugprobleme lei (Jampoisky & Cirincione, 1994:142; Murphy, 1993:31-

32; Weinberg, 1998:5).

v.

Page 9: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

* Lewenshouding is aangeleer en kan verander (Fishbein & Ajzen,

1975:11; Lippa, 1994:214). Alhoewel verskeie persone 'n invloed op

die vorming van lewenshouding uitoefen, kan die individu self kies om

te verander. Frankl (in Bright, 1997:1) meld: "Everything can be taken

from man but one thing: the last of human freedoms - to choose one's

attitude in any given set of circumstances - to choose one's own way."

Indien die individu nie kies om te verander nie, sal by of sy beperkinge

op eie vermoens plaas (Andreas & Faulkner, 1997:323; Maxwell,

1993b:80; Robbins, 1992:81). Verskeie tegnieke om te verander is in

hoofstuk drie, paragraaf 3.2.4, geIdentifiseer. Die tegnieke is egter

slegs waardevol indien die individu self verantwoordelikheid neem om

te wil verander (Jampolsky & Cirincione, 1994:228). Timm (1990:92)

meld dat die kuns in die lewe is om die lewe te beheer en nie toe te

laat dat die lewe die individu beheer nie.

* Deur middel van persoonlike leierskap wat "inside out", karakter- en

beginselgesentreerd is, kan die individu leierskap oor die self uitoefen

en kies om 'n positiewe lewenshouding te openbaar (Baldoni, 1998:1-

3; Clemmer, 1999:6; Covey, 1994:43). Die individu is persoonlik

verantwoordelik om voortdurend proaktief en binne sy of haar sirkel

van invloed op te tree (Covey, 1994:83; Robbins, 1992:11; Smith,

1998b:4). Volgens Covey (1994:83) kan 'n individu kies om direkte

beheer oor sy of haar lewenshouding uit te oefen. Die keuse om 'n

positiewe lewenshouding te kies kan tot gevoig he dat die individu 'n

positiewe liggaamlike, geestelike en emosionele omgewing skep

(Turner, 1994:13). Volgens Miles (1997:9) is blywende verandering

slegs moontlik indien die individu persoonlike leierskap, wat 'n

nimmereindigende reis van selfontdekking en persoonlike groei is,

uitleef.

vi.

Page 10: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

SYNOPSIS

A POSITIVE DISPOSITION AS PREREQUISITE FOR

PERSONAL LEADERSHIP

by

AMELIA HEPBURN

TUTOR : Prof. D.P.J. Smith

FACULTY : Education and Nursing Science

DEGREE : M.Phil. — Personal and Professional Leadership

1. STATEMENT OF PROBLEM AND PURPOSE OF THE INVESTIGATION

Disposition or attitude, is the small something that can make a big

difference (Haverlock, 1999:1). It is alleged that a positive attitude to life

has positive results and positive results in turn lead to happiness and

success. According to Jampolsky and Cirincione (1994:57,75) a negative

attitude has a direct influence on a person's health and interpersonal

relationships. Diseases such as migraine, diabetes, coronary disease and

even cancer often relate to a person's attitude to life (Jampolsky &

Cirincione, 1994:59-60).

The problem investigated by this research was why people exhibit a

positive or negative attitude and how a person can exercise control over

his or her own life from a personal leadership perspective.

The objective of the investigation was to conduct a descriptive study of the

relationship between attitude or disposition and personal leadership.

vii.

Page 11: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

RESEARCH METHODOLOGY

A hermeneutic and descriptive research strategy was followed in this

study.

Babbie (1995:334, 336) refers to the hermeneutic research strategy as the

interpretation of social events by understanding and interpreting the points

of view, circumstances and emotions of others sympathetically.

A descriptive research study is a systematic, accurate and factual

description of something, in this case attitude to life, for the sake of better

understanding, insight and informativeness (Smith, 1993:35). The

prevalent research methods used are studies of existing literature

available in this field and concept analysis, where the meaning of a

concept is defined.

FINDINGS

The investigation's findings are as follows:

* Attitude to life is habit of thought. It encompasses all thoughts, beliefs

and opinions (Smith, 1998a:1; Spithill, 1998:1). A positive attitude is

an important factor that determines if any undertaking is successful or

not (Smith, 1998a:1).

A positive attitude results in the establishment of favourable

interpersonal relationships (Matt Yana, 1996:21) and causes an

individual to feel positive about himself or herself (Jampolsky &

Cirincione 1994:139). It can even be a contributing factor in the

healing process (Weinberg, 1998:5-6). Negative thoughts have the

potential to manifest in an individual's body and may even cause

diseases such as cancer, neck and back problems (Jampolsky &

Cirincione, 1994:142; Murphy, 1993:31-32; Weinberg, 1998:5).

Page 12: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

* Attitude is acquired and can change (Fishbein & Ajzen, 1975:11;

Lippa, 1994:214). Although many people may influence a person's

attitude, the individual can choose to change. Frankl (in Bright,

1997:1) says: "Everything can be taken from man but one thing: the

last of human freedoms — to choose one's attitude in any given set of

circumstances — to choose one's own way."

If the individual chooses not to change, he or she will inhibit his or her

own abilities (Andreas & Faulkner, 1997:323; Maxwell, 1993b:80;

Robbins, 1992:81). Several techniques on how to change are

identified in chapter three, paragraph 3.2.4. However, the techniques

are only valuable if the individual takes responsibility for the desire to

change (Jampolsky & Cirincione, 1994:228). Timm (1990:92) states

that the trick in life is to control life and not to allow life to control the

individual.

* The individual can exercise control over the self and choose to exhibit

a positive attitude by means of personal leadership, which is "inside

out", based on character and centred on principles (Baldoni, 1998:1-3;

Clemmer, 1999:6; Covey, 1994:3). The individual is personally

responsible for continually behaving proactively and within the circle of

his or her influence (Covey, 1994:83; Robbins, 1992:11; Smith,

1998b:4). According to Covey (1994:83) an individual can choose to

exercise direct control over his or her attitude. The choice to have a

positive attitude may result in the individual creating a positive

physical, spiritual and emotional environment (Turner, 1994:13).

According to Miles (1997:9) lasting change is only possible if the

individual expresses personal leadership, which is a never-ending

journey of self-discovery and personal growth.

ix.

Page 13: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

HOOFSTUK 1

NAVORSINGSONTWERP

1.1 KONTEKSSTELLING VAN DIE ONDERSOEK

Daar is heelwat dinge in die lewe waaroor die mens min of geen beheer

het. Die weer, ekonomie, geweld en seisoenale veranderinge is voor-

beelde van dinge waaroor die mens min of geen beheer kan uitoefen. Tog

is daar een aspek waaroor die mens wel direkte beheer kan uitoefen: sy

lewenshouding (Matt Yana, 1996:9). Houding is volgens Plug, Meyer,

Louw en Gouws (1986:146) 'n relatief stabiele, hoofsaaklik aangeleerde

ingesteldheid of gereedheid van die individu om op 'n bepaalde wyse ten

opsigte van sekere objekte te handel. Hierdie ingesteldheid om te handel

word deur Covey (1994:71) saamgevat wanneer hy meld dat die mens

"responsable" is en keuses kan uitoefen oor hoe daar op stimuli of objekte

gehandel gaan word. Die mens kan kies of hy of sy 'n ingesteldheid

openbaar om te handel of nie te handel nie. Elke oomblik van elke dag

kan die mens dus 'n keuse uitoefen oor sy of haar lewenshouding oor die

self, werk, kliente, familie, vriende, verandering en verantwoordelikheid.

Lincoln (in Bright, 1997:1) so: "A person is as happy as he makes up his

mind to be". Elkeen kan direkte beheer oor sy of haar ingesteldheid

uitoefen en kies of hy of sy gelukkig wil wees.

Daar is sekerlik faktore soos ervarings vanuit die verlede en die ervarings

van ander, wat die mens se lewenshouding kan beInvloed. Frank! (in

Bright, 1997:1) meld dat "Everything can be taken from man but one thing:

the last of human freedoms — to choose one's attitude in any given set of

circumstances — to choose one's own way". Elke mens staan in direkte

beheer van sy of haar eie lewe en kan kies wafter resultate in die lewe

bereik wil word.

Om resultate te bereik is dit noodsaaklik om beheer oor lewenshouding uit

te oefen. 'n Positiewe lewenshouding of lewensingesteldheid lei tot

positiewe resultate en positiewe resultate lei weer tot geluk en sukses.

1.

Page 14: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Maxwell (1993a:99) meld dat die Carnegie lnstituut 'n ondersoek na

10 000 mense se rekords geloods het. Tydens die ondersoek is daar

bevind dat 15% van die mense se sukses aan tegniese opleiding

toegeskryf kan word en die ander 85% aan persoonlikheidseienskappe

waarvan lewenshouding die belangrikste is. Die gemelde outeur (Maxwell,

1993a:105) meld verder dat persone in leierskapsposisies se

lewenshouding ander direk beInvloed. Leiers moet verantwoordelikheid

neem vir hulle eie lewenshouding en sukses sodat dit tot voordeel van

ander kan strek. James (in Ringer, 1990:410) meld dat die grootste

revolusie van sy generasie die ontdekking is dat die mens deur veran-

dering van innerlike aspekte van sy lewe ook die uiterlike aspekte

verander. Heider en Rosenberg (in Elms, 1976:19) is van mening dat

mense 'n positiewe lewenshouding teenoor dinge openbaar wat hulle

ondersteun om doelwitte te bereik en 'n negatiewe lewenshouding

openbaar teenoor dinge wat in die weg staan van die bereiking van

doelwitte.

Die gevolg van 'n negatiewe lewenshouding of lewensingesteldheid het tot

gevolg dat bale mense aan psigosklerose, dit is die verharding van

lewensingesteldheid, lei (Maxwell, 1993a:107). Jampolsky en Cirincione

(1994:57,75) meld dat 'n negatiewe lewenshouding 'n direkte invloed het

op 'n persoon se gesondheid en verhoudinge. Vanaf die vyftigerjare word

daar wetenskaplike ondersoeke geloods om die invloed van lewenshou-

ding op die liggaam te bepaal. Die studie van lewenshouding se invloed

op die liggaam se immuniteitsisteem staan bekend as psigoneuro-

immunologie (Weinberg, 1998:8). Studies het bevind dat ongeveer 50%

van alle pasiente wat algemene praktisyns besoek aan nie-organiese

siektes lei en nie met tradisionele medikasie behandel kan word nie. Enige

vorm van mediese ingreping sal nie 'n verskil maak nie aangesien die

siektes deur 'n negatiewe lewenshouding veroorsaak word (Jampolsky &

Cirincione, 1994:59). Die gemelde outeurs (Jampolsky & Cirincione,

1994:60) meld dan ook dat indien persone aan migraine, diabetes,

hartprobleme, dermatologiese kondisies of spysverteringsprobleme — om

maar 'n paar te noem — lei, is dit opmerklik dat hulle gesindhede dikwels

bepaal of simptome ervaar word en of hul gesond voel.

2.

Page 15: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Persoonlike verhoudings lei dikwels skipbreuk weens negatiewe lewens-

ingesteldhede. Negatiewe lewensingesteldhede is dikwels die hoofoor-

saak waarom mense afgedank word. Robert Half International, 'n

konsultantfirma in San Francisco, het 'n ondersoek na afdankings geloods

(Maxwell, 1993a:98). In hulle studie is bevind dat 30% van afdankings aan

onbevoegdheid toegeskryf kan word en 53% aan 'n negatiewe

lewenshouding. Maxwell (1993a:103) wys ook daarop dat dit nie saak

maak wat 'n persoon oor sy of haar lewenshouding dink nie, dit reflekteer

op sy of haar gesig. Mense met 'n negatiewe lewenshouding kan selfs

goed begin en sukses ervaar, 'n paar goeie dae ervaar en selfs 'n

sportwedstryd wen, maar vroeer of later sal hulle lewenshouding hul in die

steek laat (Maxwell, 1993a:102).

Persone wat persoonlike leierskap uitleef, oefen bewustelik beheer oor

hulle doelwitte, suksesse en lewenshouding uit. Meyer (1993:19) omskryf

persoonlike leierskap as die vertroue in vermoens wat deur denke

gekristalliseer word sodat duidelike rigting oor die lewe verkry word en

daar 'n verbintenis is om doelgerigte aksies te loods om doelwitte te

bereik. Die mens is egter nie vry van die onafwendbare van die lewe nie —

siektes, ongelukke, natuurrampe: tog is die mens vry om te kies watter

lewenshouding of lewensingesteldheid geopenbaar gaan word (Ringer,

1990:58). Elke persoon kan kies om persoonlike leierskap oor die self uit

te oefen en sodoende kies of sy of haar lewenshouding positief of negatief

gaan wees.

1.2 PROBLEEMSTELLING, HIPOTESEFORMULERING EN DOEL MET DIE

ONDERSOEK

Almal het dit al gesien of daarvan gehoor — die lewenshouding wat 'n

atleet in 'n kampioen verander, wat 'n gewone soldaat in 'n held verander,

'n aktrise wat 'n ster word, 'n sogenaamde mislukking wat in 'n legende

verander en mense wat lyding in oorlewing verander (Dravecky, 1997:1).

Houding! Die klein lets wat 'n groot verskil kan maak (Haverlock, 1999:1).

Daar is baie dinge in die lewe wat mense swartgallig, negatief en

moedeloos maak.

3.

Page 16: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Mediese en polisiedienste, pos- en skoolwese, die regsisteem en Iandbou,

noem maar op: oral is daar vrae en probleme (Van Wyk, 1997:1). Tog

handel mense op sekere voorwerpe of klasse voorwerpe positief of

negatief (Louw, 1986:591). Dit het tot gevoig dat sommige mense of

positief of negatief ingestel is op die vrae en probleme van die lewe. Dyer

(1993:311) meld dat die mens dit word waaroor by of sy heeldag dink:

indien dit negatiewe dinge is, sal die mens negatief word en 'n negatiewe

ingesteidheid openbaar. Clark (1998:1) verwys hierna as die spreekwoor-

delike glas half gevul met water. Beskou die mens die glas half vol of half

leeg? Volgens Clark (1998:1) is die beskouing van die glas 'n aanduiding

van 'n persoon se lewenshouding teenoor die lewe. Se mens dikwels "ek

kan nie meer nie" of "ek kan hierdeur kom", of "ek kan dit nooit doen nie"

of "ek kan probeer". Navorsing het volgens Clark (1998:1) dan ook bevind

dat mense wat pessimisties en negatief is, geneig is om makliker in die

volgende 10 jaar to sterf as die wat optimisties en positief is.

Die probleem wat in die studie ondersoek gaan word, is waarom mense 'n

positiewe of negatiewe lewenshouding openbaar en hoe die mens uit 'n

persoonlike leierskapsperspektief beheer oor sy of haar ingesteidheid kan

uitoefen. Vrae wat uit die probleemstelling afgelei en ondersoek gaan

word is:

Wat is lewenshouding?

Waarom is lewenshouding so belangrik dat Frankl (in Covey, 1994:74)

die mening uitspreek dat instellingswaardes die belangrikste van alle

waardes is?

Wat bepaal 'n persoon se lewenshouding, oftewel sy lewensinge-

steldheid, dit wil se hoe ontwikkel 'n lewenshouding?

In welke mate kan persoonlike Ieierskap bydra tot die manifestasie van

positiewe lewenshouding?

Uit die voorafgaande probleemstelling kan die volgende navorsingshipo-

tese geformuleer word wat as 'n voorlopige verwagting van die onderha-

wige studie dien (Babbie, 1995:49).

4.

Page 17: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Persoonlike leierskap en 'n positiewe lewenshouding is interafhanklik:

persoonlike leierskap kan bydra tot 'n positiewe lewenshouding,

oftewel 'n positiewe lewenshouding kan bydra tot persoonlike leier-

skap.

Die doelstelling spruit direk voort uit die genoemde probleemstelling. 'n

Algemene doelstelling is om 'n beskrywende studie van die verband

tussen lewenshouding, oftewel lewensingesteldheid, en persoonlike

leierskap te doen.

Spesifieke doelwitte wat na aanleiding van die navorsingsvrae in die

onderhawige studie manifesteer, is om te bepaal:

Wat lewenshouding is.

Waarom lewenshouding so belangrik is.

Hoe lewenshouding ontwikkel.

Hoe lewenshouding verander kan word.

Hoe persoonlike leierskap 'n bydrae !ewer om lewenshouding te

verander.

1.3 MOTIVERING VIR DIE ONDERSOEK

Elke mens vorm sy of haar lewe deur sy of haar lewenshouding. Bright

(1997:1) meld: "One's attitude makes one's destiny ... and vice versa".

Maxwell (1993a:99) is van mening dat lewenshouding bepaal wat die

mens waarneem en in hoe 'n mate emosies beheer word, en dit bepaal

sukses. Die mens se lewenshouding bepaal wat hy of sy sien en hoe hy of

sy sy of haar emosies hanteer. Die mens se sukses word grootliks deur

hierdie twee faktore bepaal.

Ons leef in 'n wereld van ongelooflike verandering en eindelose geleent-

hede. Wat suksesvolle mense onderskei van die wat ander blameer vir

hulle probleme, is hul lewenshouding (Maxwell, 1993a:99). Almal ervaar

terugslae en teleurstellings in die lewe, maar die manier waarop daar op

die terugslae gereageer word, bepaal dikwels die toekoms.

5.

Page 18: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Maxwell (1993a:101) meld dat die mens wie se gedagtes negatief

beInvloed is, se kanse op langtermynsukses soos mis voor die son

verdwyn. Indien 'n positiewe lewenshouding geopenbaar word, sal

positiewe resultate bereik word en indien 'n negatiewe lewenshouding

geopenbaar word, sal negatiewe resultate behaal word (Matt Yana,

1996:9). Mense wat 'n lewenshouding openbaar dat hulle nie sukses kan

behaal nie, sal dit gewoonlik ook nie bereik nie (Spithill, 1998:3-4). Mense

wat uitstekende werk verrig of selfs die hoogste sport van sukses in 'n

sportsoort bereik, het gewoonlik 'n positiewe lewenshouding.

James (in Maxwell, 1993a:97-98) sluit by Frankl aan wanneer by se: "The

greatest discovery of my generation is that human beings can alter their

lives by changing their attitude of mind". Frankl (in Covey, 1994:74)

identifiseer drie sentrale waardes. Die drie sentrale waardes wat

geklentifiseer word, is ondervindingswaardes - dit wat met 'n mens

gebeur, kreatiewe waardes - dit wat tot stand kom of geskep word en

lewensinstellingwaardes - dit is die vryheid van keuse om te kies hoe daar

op dinge en objekte gereageer gaan word. Frankl (in Covey, 1994:74)

meld dat lewensinstellingwaardes die belangrikste is. Roger en

McWilliams (1990:279) vra in hulle boek: "You can't afford the luxury of a

negative thought" wat die verskil is tussen om te lag oor iets of om daaroor

te huil. Genoemde outeurs (Roger & McWilliams, 1990:279) se antwoord

is kort en bondig: lewenshouding!

Swindoll (in Maxwell, 1993a:97-98) som lewenshouding soos volg op:

"The longer I live, the more I realize the impact of attitude on life.

Attitude to me, is more important than education, than money, than

circumstances, than failures, than what other people think or say or

do. It is more important than appearance, giftedness or skill. It will

make or break a company ... a church ... a home. The remarkable

thing is we have a choice every day regarding the attitude we will

embrace for that day. We cannot change our past ... we cannot

change the fact that people will react in a certain way. We cannot

change the inevitable. The only thing we can do is to play on the one

string we have, and that is attitude ... I am convinced that life is 10%

what happens and 90% how I react to it".

6.

Page 19: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Die motivering vir die onderhawige studie is om te bepaal waarom sommige mense kan lag oor gebeure terwyl ander daaroor huil, waarom is

sekere mense positief terwyl ander negatief is.

Uit 'n persoonlike leierskapsperspektief is dit noodsaaklik om die kragtige

uitwerking van lewenshouding oftewel lewensingesteldheid op die mens se lewe te ondersoek en te beskryf sodat die waarde daarvan in elke mens se lewe gedemonstreer en beklemtoon kan word; om daardeur die lewens van mense aan te raak en vir elkeen lewenskwaliteit en 'n beter

toekoms te help skep.

1.4 NAVORSINGSMETODOLOGIE VIR DIE ONDERSOEK

Om die doel met die onderhawige studie te verwesenlik word 'n hermeneutiese en beskrywende navorsingstrategie aangewend.

Die hermeneutiese navorsingstrategie verwys na die interpretering van

sosiale gebeure deur die standpunte, omstandighede en emosies van ander inlewend te verstaan en te vertolk (Babbie, 1995:334,336). In die onderhawige studie sal daar gepoog word om lewenshouding of lewensingesteldheid te omskryf deur toeligting van praktiese en sosiale

gebeure.

`n Beskrywende navorsingstrategie sal gevolg word waarin die

volgende navorsingsmetodes aan die orde sal kom:

Literatuurstudie.

Konseptuele analise.

Met 'n beskrywende navorsingstrategie word die volgende bedoel:

Om 'n sistematiese, akkurate en feitlike beskrywing van lewenshouding vanuit 'n persoonlike leierskapsperspektief te gee ter wille van beter

begrip, insig en ingeligtheid (Smith, 1993:35).

`n Literatuurstudie het die implikasie dat bestaande geskrifte oor die studieveld, naamlik lewenshouding en persoonlike Ieierskap bestudeer word. 'n Goeie literatuurstudie is 'n skerp, noukeurige en sistematiese bestudering van en korrekte geordende aantekeninge oor bestaande

literatuur aangaande die probleemterrein (Smith, 1993:47).

7.

Page 20: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

`n Literatuurstudie sal uitgevoer word deur die bestudering van primere en

sekondere bronne asook relevante boeke en tydskrifte.

Konseptuele analise kan omskryf word as die verklaring van 'n konsep,

waar 'n konsep dui op 'n idee, 'n gedagtelike voorstelling of beskouing van

`n saak (Smith, 1993:43). Deur middel van konnotatiewe (subjektiewe

beskouings) en denotatiewe (objektiewe beskouings) omskrywings, wat

konseptuele analise ondersteun, word in die onderhawige studie gepoog

om betekenisse van konsepte uit te klaar en te verhelder.

1.5 SENTRALE KONSEPTE IN DIE ONDERSOEK

In die onderhawige studie word die volgende denotatiewe en konnotatiewe

betekenisse aan sentrale konsepte geheg. Denotatiewe omskrywings is

van waarde om konsepte se amptelike aanvaarde beskrywings of die

spesifieke saak waarop die konsep dui, se betekenis uit te lig (Plug et al.,

1986:59). Konnotatiewe beskrywings kan volgens Plug et al. (1986:185)

beskryf word as al die gevoelens en assosiasies wat 'n woord of 'n ander

simbool by 'n individu of by lede van 'n groep kan wek. Konnotatiewe

beskrywings kan ook aangewend word om konsepte te omskryf.

Lewenshouding of lewensingesteldheid beteken in die onderhawige

studie:

* Die sielkundige ingesteidheid van 'n individu wat hoofsaaklik aangeleer

is. 'n Individu kan 'n bepaalde lewenshouding of lewensingesteldheid

teenoor sekere objekte, byvoorbeeld persone, groepe, fisiese

voorwerpe en abstrakte sake soos godsdienstige beskouings huldig

(Plug et al., 1986:146; Hypertext Webster Gateway). Lewenshouding

beteken dus denotatief 'n aangeleerde sielkundige lewensingesteld-

heid teenoor sekere objekte en abstrakte sake.

* Die wyse waarop mense dinge benader (Roger en McWilliams,

1990:487). Roger en McWilliams (1990:487) meld dat daar 'n verband

is tussen "attitude" en "altitude". Indien 'n persoon 'n goeie "attitude"

het sal 'n persoon ook 'n goeie "altitude" he. Indien 'n persoon dus 'n

positiewe lewenshouding openbaar is dit goed, want dit dui op 'n

8.

Page 21: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

gesonde uitkyk op die lewe (Ringer, 1990:43). Bright (1997:1) sluit

hierby aan deur te se: "Your attitude determines your altitude". Smith

(1998a:Klasaanbieding) wys daarop dat lewenshouding die somtotaal

is van al die klein, daaglikse keuses wat die mens maak of nie maak

nie oor hoe by of sy voel. Die gemelde outeur meld verder dat dit die

mens se lewenshouding is, of soos Frank! (in Covey, 1994:74) dit

noem, lewensinstellingswaardes. Lewenshouding kan konnotatief

saamgevat word deur daarna te verwys as die wyse of manier waarop

dinge benader word en keuses wat die individue daagliks uitoefen.

Persoonlike leierskap word in die onderhawige studie soos volg beskou:

* Denotatiewe omskrywings van persoonlike leierskap word verdeel in

persoonlik en leierskap. Persoonlik word deur Odendal, Schonees,

Swanepoel, Du Toit en Booysen (1994:795) omskryf as van, met,

betreffende die persoon self asook as iets wat 'n karakter het. 'n

Sinoniem is "self-" as eerste lid van samestellings: "die eie wese, eie

persoon, ego, 'n persoon se eie individualitiet of essensie (Odendal et

al., 1994:905). Allen ed. (1990:1096,1098) benut "self" as 'n prefiks

met 'n refleksiewe betekenis waar dit in 'n objekverhouding tot die

tweede element staan. Een van die voorbeelde hiervan wat verskaf

word, is "self-mastery: self-control".

Die selfstandige naamwoord "leier" beteken volgens Odendal et al.

(1994:611) 'n "persoon wat lei, voorganger of aanvoerder". Die

werkwoord "lei" het volgens Odendal et al. (1994:611) verskeie

betekenisse waarvan die volgende hier van toepassing is:

"Laat gaan in 'n bepaalde rigting; die weg aanwys; saamvoer, -

neem ...

Die voorste wees; die leiding neem ...

Bestuur ...

In 'n bepaalde toestand bring; tot gevolg he."

* Konnotatief definieer Albrecht (1996:16) leierskap as die vermoe om

menslike energie te fokus sodat gestelde doelwitte bereik kan word.

Die gemelde outeur (Albrecht, 1996:17) meld verder dat leierskap 'n

9.

Page 22: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

nuwe dimensie het, naamlik diensgeorienteerde leierskap, waar daar

in 'n gees van vasgestelde waardes gewerk word wat beklemtoon dat

betekenisvolle bydraes gelewer moet word. Volgens Covey

(1994:101) is persoonlike leierskap om die regte dinge te doen en om

te bepaal of die leer teen die regte muur leun. Om te bepaal of die leer

teen die regte muur leun is 'n nuwe, dieper vlak van denke

noodsaaklik en: "It's a principle-centered, character-based, "inside-out"

approach to personal and interpersonal effectiveness. "Inside-out"

means to start first with the self; even more fundamentally, to start with

the most inside part of the self — with your paradigms, your character,

and your motives. ... Inside-out is a process — a continuing process of

renewal based on the natural laws that govern human growth and

progress. It's an upward spiral of growth that leads to progressively

higher forms of responsible independence and effective

interdependence" (Covey, 1994:42-43). Baldoni (1998:1) sluit by

Covey (1994:42-43) aan deur te meld dat persoonlike leierskap,

oftewel "personal mastery", is om te weet waar die individu nou is,

waarheen daar gegaan wil word en om op te offer om die

eindbestemming te bereik. Die outeur (Baldoni, 1998:1) meld dat

persoonlike leierskap as voorwaarde vir leierskap vanuit 'n individu se

kernwaardes en oortuigings ontspring.

1.6 PERSOONLIKE LEIERSKAPSPARADIGMA EN AANNAMES

Odendal et al. (1994:783) verwys na paradigmas as basiese denkwyses of

teorievorming wat deur beoefenaars van 'n spesifieke wetenskaps-

beskouing of vlak in 'n bepaalde tyd aanvaar word. Paradigma het ook die

betekenis van 'n navorsingsontwerp oor 'n spesifieke onderwerp wat op

sekere aannames berus (Louw, et al., 1986:264).

Paradigmas en aannames oor persoonlike leierskap wat in die onder-

hawige studie voorkom, is die volgende:

* Persoonlike leierskap rig individue om die regte dinge te doen sodat

hulle dit word wat hulle graag wil wees. Socrates het gesa: "Know

thyself" (Smith, 1999:1). Persoonlike leierskap begin wanneer die

10.

Page 23: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

individu weet waar hy nou staan en die gaping stelselmatig oorsteek

na daar waar hy graag wil wees. Dit is egter nie 'n eindbestemming

nie, maar eerder 'n proses van voortdurende groei (Covey, 1994:43).

Robbins (1992:96) verwys hierna in die akroniem "CANI — Constant

And Never-ending Improvement". Die gemelde outeur (Robbins,

1992:97) meld verder dat dit 'n konstante verbintenis is wat deur

aksies opgevolg moet word, aangesien sekuriteit in die lewe verkry

word deur te weet dat elke dag tot selfverbetering lei.

Sukses beteken vir persoonlike leiers om 'n lewe te leef wat die meeste

plesier en die minste pyn verskaf (Robbins, 1992:173). Die individu word

dus meer en meer dit wat hy of sy graag wil wees en bereik sodoende sy

of haar doelwitte. Persoonlike Ieierskap sal die individu help om die regte

vrae te vra, die antwoorde moet egter van die self kom (Smith, 1999:3).

Persoonlike leiers of individue wat "personal mastery" beoefen openbaar

die volgende kenmerke:

'n Spesifieke doel, missie en visie word nagestreef en dit verleen 'n

gevoel van sin in die lewe (Covey, 1994:98; Horner, 1995:4; Senge,

1997:4).

Huidige paradigmas en aannames word voortdurend ondersoek

(Homer, 1995:4). Senge (1997:4) meld dat die individu 'n oorsig van

die sisteem het waarin hy of sy funksioneer en sodoende kan die

sisteem verbeter word. Die idee sluit aan by Covey (1994:186-187) se

idee dat die individu eers onafhanklik moet kan funksioneer voordat hy

of sy interafhanklik kan optree.

'n Gevoel van beheer word ervaar (Horner, 1995:4). Covey (1994:81-

88) meld dat 'n persoonlike leier uit sy of haar sirkel van invloed optree

en beheer uitoefen oor die aspekte waaroor daar direkte en/of

indirekte beheer uitgeofen kan word.

Daar word voortdurend gesoek na die waarheid (Senge, 1997:4).

Covey (1994:220) verwys hierna as die stig van wen-wen

verhoudings. Dit vereis egter dat daar vanuit 'n oorvloedsmentaliteit

opgetree word.

11.

Page 24: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Voortdurende verbetering word nagestreef (Senge, 1997:5; Covey,

1994:287-307). Senge verwys na kreatiewe spanning wat tussen die

ideale en huidige ervaar word. Sayers (1996:1) verwys hierna as 'n

reis wat voortdurend en persoonlik is. Covey (1995:44-47) meld dat

persoonlike leiers daarna streef om "To live, to love, to learn, to leave

a legacy."

Die aanname word gemaak dat indien individue die beginsels, gewoontes

of kenmerke vir persoonlike leierskap uitgeleef word, sal 'n individu 'n

positiewe lewenshouding openbaar.

1.7 VERDERE VERLOOP VAN DIE STUDIE

Na die voorafgaande inleidende konteksstelling, probleemstelling,

hipotese-formulering, beskrywing van die doelstelling, motivering en

metodologie, verduideliking van sentrale konsepte asook paradigmas en

aannames is die verdere plan van die studie sons volg:

In hoofstuk twee word 'n ondersoek geloods na wat lewenshouding is,

waarom lewenshouding so belangrik is en die ontwikkeling daarvan.

In hoofstuk drie word bepaal of lewenshouding kan verander en indien

wel, hoe dit kan verander en die bydrae wat persoonlike leierskap tot

die verandering kan maak.

In hoofstuk vier word 'n samevatting gegee van die bevindings uit die

literatuurondersoek en konsepanalise. Daar sal ook aanbevelings wat

uit die studie mag voortvloei, gemaak word.

12.

Page 25: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

HOOFSTUK 2

DIE HARD VAN LEWENSHOUDING

2.1 PROBLEEMSTELLING EN DOEL MET DIE HOOFSTUK

Chitwood (1998:2) vertel die volgende twee verhale om die krag van

lewenshouding te demonstreer. Die eerste verhaal handel oor 'n Russiese

spoorwegwerker wat homself per abuis in 'n koeltrok toesluit. Hy slaag nie

daarin om sy kollegas se aandag te trek nie en hy gee homself oor om

dood te gaan. Hy skryf sy gedagtes teen van die trok se wande neer: "Dit

is ysig koud, ek sukkel om asem te haal. Ek weet ek gaan dood ... dit sal

seker my laaste woorde wees". Dit was sy laaste woorde. Net soos hy

voorspel het, is hy dood. Daar is egter geen mediese rede waarom hy

gesterf het nie. Die koeltrok se termostaat was stukkend en die

temperatuur het nie onder 56° Fahrenheit, oftewel ongeveer 15° Celcius,

gedaal nie. Die koeltrok was boonop goed geventileer, dus het hy nie

gesterf weens asemnood nie. Die werker is die volgende oggend gevind,

gevolglik het hy ook nie gesterf weens honger of dors nie (Chitwood,

1998:2).

Die tweede verhaal is van 'n 19-jarige seun in Romenie wat mediese

geskiedenis gemaak het deurdat hy vir 11 dae sonder water of kos oorleef

het. Hy was na 'n aardbewing onder 'n 10-verdieping woonstelblok

begrawe (Chitwood, 1998:2). Nadat hy gered is het mense gevra hoe hy

dit reggekry het om te oorleef. "Ek het die meeste van die tyd geslaap,"

het hy geantwoord. "Maar wanneer ek wakker was, het ek nooit vir 'n

oomblik getwyfel dat ek gered sou word nie. Elke minuut van die 11 lang

dae was ek positief dat ek lewendig hieruit sou kom" (Chitwood, 1998:2).

Die verskil tussen die twee persone in die twee verhale is hulle

lewenshouding! Die spoorwegwerker se negatiewe lewenshouding het

negatiewe gedagtes tot gevolg gehad en hy is dood. Die seun van

Romenie het 'n positiewe lewenshouding gehad, dit het tot positiewe

gedagtes gelei wat tot sy oorlewing bygedra het. Die probleem wat uit die

verhale voortspruit is die vraag wat is lewenshouding wat kan veroorsaak

dat 'n persoon selfs kan sterf of bly leef.

13.

Page 26: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Die doel met die hoofstuk spruit direk voort uit die genoemde

probleemstelling. 'n Algemene doelstelling wat in die onderhawige

hoofstuk ondersoek gaan word, is:

Om 'n beskrywende studie oor die aard van lewenshouding te doen.

Spesifieke doelwitte wat na aanleiding van die navorsingsvrae in die

onderhawige hoofstuk manifesteer, is om te bepaal:

Wat lewenshouding is.

Waarom lewenshouding so belangrik is.

Hoe lewenshouding ontwikkel.

2.2 WAT IS LEWENSHOUDING?

2.2.1 Inleiding

Roger en McWilliams (1990:487) meld dat lewenshouding die manier is

waarop mense dinge benader. Gemelde outeurs (Roger en McWilliams,

1990:487) noem dat daar 'n verband tussen lewenshouding en hoogte is.

Indien 'n persoon 'n positiewe lewenshouding het, sal die persoon hoer

hoogtes bereik en selfs bly leef. Maxwell (1993b:3-7) sluit hierby aan

wanneer by vertel van 'n vliegrit saam met 'n vriend, Paul. Volgens Paul is

dit uiters noodsaaklik dat 'n vlieenier die hoogtemeter vootdurend moet

monitor. Die instrument dui die vliegtuig se posisie in verhouding tot die

horison aan. Indien die vliegtuig opstyg, moet die instrument 'n opwaartse

neiging van die vliegtuig se neus aandui en indien die vliegtuig daal, dui

die instrument 'n afwaartse neiging van die vliegtuig se neus aan.

Vlieeniers benut dus die instrument om die vliegtuig se hellingshoek te

bepaal en om die lugspoed by die verwagte helling aan te pas.

Noukeurige monitering is noodsaaklik om hoe werksverrigting of

prestasievlakke te verseker (Allstarnetwork, 1998:1; Maxwell, 1993b:3-4).

Die analogie van die hoogtemeter kan op die mens toegepas word.

Maxwell (1993b:4) meld dat 'n individu se werksverrigting of prestasie

direk deur sy of haar lewenshouding beInvloed word. Roger en

14.

Page 27: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

McWilliams (1990:489) meld dat indien 'n persoon oor 'n goeie of

positiewe lewenshouding beskik, sal sy of haar "hoogte" oftewel prestasie-

vlakke ook hoog wees. Matt Yana (1996:21) meld dat 'n positiewe

lewenshouding kan lei tot gunstige interpersoonlike verhoudings en 'n

negatiewe lewenshouding kan lei tot die verlies van vriendskappe. Dit kan

selfs die verskil beteken tussen wen of verloor, 'n bevordering of nie en

dood en die lewe (Maxwell, 1993b:9). 'n Persoon se "hoogte", oftewel

suksesse en prestasies, word dus primer deur sy of haar lewenshouding

bepaal. Smith (1998a:1) sluit hierby aan wanneer gemeld word dat

lewenshouding 'n primere faktor is wat sal bepaal of enige onderneming

suksesvol sal wees of sal misluk.

2.2.2 Kenmerke of eienskappe van lewenshouding

Maxwell (1993b:9) noem dat dit moeilik is om lewenshouding to omskryf

aangesien dit soms waarneembaar is en soms bloot as 'n gewaarwording

ervaar word. Die volgende eienskappe of kenmerke van lewenshouding

word geIdentifiseer:

Lewenshouding is 'n innerlike emosie wat in gedrag manifesteer.

Lewenshouding kan aansteeklik wees.

Soms kan lewenshouding uiterlike oeverblindery wees, maar dit sal

nie vir lank voortduur nie.

Lewenshouding is evaluerend van aard.

Lewenshouding is aangeleer.

Vervolgens word elke geIdentifiseerde eienskap of kenmerk van lewens-

houding bespreek.

Lewenshouding is 'n innerlike emosie wat in gedrag manifesteer

(Maxwell, 1993b:9):

Die Merriam-Webster Woordeboek beskryf houding as "a mental

position or feeling with regard to a fact or state" (Webster, 1999:1). Die

"mental position" of ingesteldheid en emosies waarna verwys word, is

15.

Page 28: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

gedagtes, oortuigings en opinies. Die objek is die lewe. Met ander

woorde, lewenshouding of lewensingesteldheid omvat alle gedagtes,

oortuigings en opinies wat mens oor die lewe het (Spithill, 1989:1).

Spithill (1989:1) wys daarop dat Buddha meer as 2 500 jaar gelede

gese het: "All that we are is the result of what we thought, it is founded

on our thoughts. If a man speaks or acts with pure thought, happiness

follows him, like a shadow that never leaves him". Clark (1998:2) som

die innerlike emosie van lewenshouding kragtig op deur to se: "The

world you see is a picture of your own state of mind, an outward picture

of an inward condition".

Lewenshouding is dus gewoontes van denke (Smith, 1998a:1). Lippa

(1994:214) meld dat navorsing getoon het dat 'n negatiewe

ingesteldheid teenoor sekere ontbytgraankosse se handelsmerke

veroorsaak dat verbruikers nie die produk koop nie, terwyl 'n positiewe

lewenshouding teenoor politieke kandidate daartoe lei dat mense vir 'n

kandidaat stem. Adolf Hitler het sy lewensingesteldheid teenoor Jode

en ander minderheidsgroepe openlik verkondig. Hitler se politieke

lewenshouding het sekerlik gelei tot die bloedigste oorlog in

wereldgeskiedenis en die gruweldade van die Nazi slagting (Lippa,

1994:211). Hitler se innerlike lewenshouding is uiterlik deur sy optrede

of gedrag gemanifesteer.

Jampolsky en Cirincione (1994:139) meld dat die lewenshouding wat 'n

persoon teenoor horn- of haarself koester in die wyse waarop by of sy

die self behandel, manifesteer. Die gemelde outeurs (Jampolsky en

Cirincione, 1994:103) vestig die leser se aandag daarop dat denke die

liggaam beheer en daardeur ook alle bewuste en onbewuste prosesse.

Murphy (1993:30-31) meld dat indien 'n persoon negatief dink, sal

negatiwiteit in die liggaam manifesteer en as 'n persoon positief dink,

kan genesing die gevolg wees. Weinberg (1998:5) sluit hierby aan en

meld dat denke 'n groot invloed op die liggaam se struktuur en

prosesse uitoefen. Twee tipes lewenshoudings wat 'n invloed op die

immuniteitsisteem uitoefen, word deur Weinberg (1998:5-6) geklentifi-

seer. Eerstens kan 'n individu wat 'n positiewe lewenshouding

handhaaf en duidelike doelwitte uitleef, potensieel 'n energiegewende

16.

Page 29: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

invloed op die liggaam uitoefen. Tweedens kan 'n negatiewe lewens-

houding potensieel 'n nadelige invloed op die liggaam he. Rugproble-

me en nekpyne is volgens Jampolsky en Cirincione (1994:142)

manifestasies van negatiwiteit. In 'n dagblad lui die opskrif: "Positiewe

denke help seun (16) in stryd teen kanker" (Van der Westhuizen,

1995:11). Die merkwaardige verhaal van Michael Rossouw se

genesing van bloedkanker word vertel. Volgens sy ouers het Michael

se positiewe denke direk bygedra tot sy genesing. Hieruit wil dit blyk

dat 'n individu se lewenshouding 'n innerlike emosie is wat uiterlik

manifesteer (Maxwell, 1993b:9).

* Lewenshouding kan aansteeklik wees (Maxwell, 1993b:11):

Chapman (1990:3) beskou lewenshouding as die manier waarop die

mens sy of haar stemming of bui aan ander kommunikeer, dit is die

manier waarop daar geestelik of verstandelik waargeneem word.

Wanneer dinge positief beskou word en suksesvolle ervaringe

geantisipeer word, word 'n positiewe lewenshouding oorgedra en

ander mense reageer dikwels dan ook positief. Wanneer die mens

pessimisties is en die ergste verwag, is sy of haar lewenshouding

dikwels negatief en ander mense neig om sulke mense te vermy.

Maxwell (1993b:11) meld dat lewenshouding deur liggaamstaal

weerspieel word. Die gemelde outeur wys daarop dat positiewe

liggaamstaal van 'n persoon 'n positiewe uitwerking op ander kan

uitoefen, byvoorbeeld 'n vriendelike glimlag kan 'n ander opbeur. In die

geval was die positiewe lewenshouding wat deur 'n glimlag

versinnebeeld is, aansteeklik. Smith (1998a:1) meld dat lewenshouding

`n innerlike gevoel is wat deur 'n persoon se optrede gereflekteer word.

Dit is die rede waarom lewenshouding waargeneem kan word al word

niks gese nie. Morley (1998:1) meld dat 'n positiewe lewenshouding

aansteeklik is wanneer dit opreg is. Individue wat in aanraking kom met

positiewe mense sal geInspireerd voel en poog om positiwiteit uit te

dra en sodoende dra dit by tot 'n suksesvolle en positiewe milieu.

Lippa (1994:211) meld dat alhoewel Hitler alreeds in 1945 gesterf het,

is sy lewenshouding deur ander aangeneem en verander, maar dit leef

17.

Page 30: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

vandag nog voort. Mark (1997:1) meld dan ook tereg op: "Attitude ... is

contagious".

* Soms kan dit 'n uiterlike oeverblindery wees, maar dit sal nie vir

lank duur nie (Maxwell, 1993b:11):

Lippa (1994:214) wys daarop dat lewenshouding relatief blywend is.

Emosies kan in enkele sekondes verander, maar lewenshouding is

relatief stabiel, dit kan volgens Lippa (1994:214) vergelyk word met

persoonlikheidseienskappe. Die voorbeeld word genoem dat indien 'n

persoon vandag sterk gekant is teen die doodstraf, is die kanse goed

dat hy of sy oor 'n week nog so sal voel. Lewenshouding is volgens

Chapman (1990:4) nooit staties nie.

Op die oog of blyk dit of Lippa (1994:214) en Chapman (1990:4)

verskillende opinies oor die veranderbaarheid van lewenshouding

handhaaf. Volgens Odendal et al. (1994:96,852) beteken die konsep

"relatief blywend", betreklik standhoudend. Louw et al. (1986:274)

omskryf die ontwikkeling van persoonlikheid as 'n geleidelike proses

wat gedurende 'n individu se lewensloop ontwikkel en dus nooit staties

kan wees nie. Lippa (1994:214) impliseer dus soos Chapman (1990:4)

dat lewenshouding ook kan verander.

Andreas en Faulkner (1997:269), Fishbein en Ajzen (1975:6-8) en

Covey (1994:71) meld dat lewenshouding 'n keuse is tussen stimulus

en respons en nie in botteltjies of as gekleurde pilletjies by die

plaaslike apteek beskikbaar is nie. Elke individu moet dus 'n keuse

uitoefen of hy of sy 'n lewenshouding wil handhaaf wat 'n verskil in

lewenskwaliteit kan maak. Frankl (in Covey, 1994:69) sluit hierby aan

wanneer hy se: 'The last of human freedoms is to choose one's

attitude in any given set of circumstances".

Maxwell (1993b:11) en Chapman (1990:4) meld dat daar 'n

voortdurende stryd is tussen lewenshouding wat innerlik ervaar word

en dit wat uiterlik sigbaar is. So het David Duke, 'n Amerikaanse Nazi,

byvoorbeeld op 18 November 1991 aan 'n koerantverslaggewer

gemeld dat hy eers in die middel van die tagtigerjare begin het om

Jode to respekteer. Tog het Duke tydens die verkiesingsveldtog as

18.

Page 31: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

kandidaat vir goewerneur in 1991 gefokus op blanke Amerikaners se

rassevrese en vooroordeel (Lippa, 1994:211). Duke het as 'n Klu Klux

Klan-lid en as verkiesingskandidaat tydens die verkiesing verskillende

opinies teenoor minderheidsgroepe gehandhaaf (Lippa, 1994:212-

214). Maxwell (1993a:103) som dit op deur te se: "No matter what you

think about your attitude, it shows on your face!".

* Lewenshouding is evaluerend van aard (Lippa, 1994:214):

Volgens Fishbein en Ajzen (1975:11) is die enkele grootste kenmerk

wat lewenshouding van ander konsepte onderskei, die evaluerende

aard daarvan. Die evaluerende aard van lewenshouding word

gekenmerk aan die uitoefening van 'n keuse wat op voor- en afkeure,

wat dikwels subjektief is, berus.

Individue wat 'n positiewe lewenshouding wil handhaaf moet

evaluerend wees om tussen verskeie doelwitte en handelswyse te kies

(Andreas & Faulkner, 1997:259-260). Om te kies beteken volgens

Odendal et al. (1994:520) om 'n keuse tussen twee of meer opsies te

maak. Positiewe mense kies dus positiwiteit bo negatiwiteit. Volgens

Andreas en Faulkner (1997:259-260) word die keuse om positief te

wees gekenmerk aan hoe standaarde. Individue met 'n positiewe

lewenshouding se ingesteldheid is dat alles wat minder is as die

gestelde doelwit en standaarde onaanvaarbaar is. Keuses word

gemaak op grond van 'n individu se evaluerende aard ten opsigte van

voor- en afkeure (Lippa, 1994:214). So het Adolf Hitler en David Duke

`n sterk afkeur teenoor Jode, vakbonde en Frankryk geopenbaar en 'n

voorkeur in 'n suiwer Ariese ras verleen.

Covey (1994:24) wys egter daarop dat elkeen neig om te kies of om te

evalueer soos wat hy of sy dinge "sien". Die mens is egter nie altyd

objektief nie. Die wereld word nie beskou soos dit is nie, maar soos die

mens is, of gekondisioneer is om waar te neem. Wanneer 'n individu

dus kies, beskryf hy of sy die self se persepsies of paradigmas. Covey

(1994:28) meld dat paradigmas die bron van lewenshouding en gedrag

is. Paradigmas moet dus ondersoek word om te bepaal hoe 'n individu

aspekte of objekte waarneem. Indien 'n individu 'n paradigmaskuif

bewerkstellig kan hy of sy in die woorde van Covey (1994:31) se:

19.

Page 32: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

"Suddenly I saw things differently, I felt differently, I behaved

differently".

* Lewenshouding is aangeleer (Fishbein en Ajzen, 1975:9-11):

Volgens Lippa (1994:214) is daar sommige psigoloe wat van mening is

dat sommige lewenshoudings aangebore is of weens genetiese faktore

aanwesig is. Fishbein en Ajzen (1975:10) meld dat die mens se

neiging om konstant op 'n bepaalde manier op te tree, eerder die

gevolg is van vorige ervaring. Louw (1986:591) meld dat lewens-

houding deur assosiasie, versterking en nabootsing aangeleer word.

Ouers en portuurgroepe speel van die belangrikste rolle tydens die

ontwikkeling van lewenshouding by kinders (Louw, 1986:591;

Matt Yana, 1996:13, Maxwell, 1993b:59-60). Aanvanklik sal die ouers

bepaal waaraan kinders blootgestel word, dit het tot gevolg dat

politieke en geloofsvoorkeure van 'n kind dikwels met die van die ouers

ooreenstem. Later word die invloed van die portuurgroepe belangriker

en sodoende is dit byvoorbeeld moontlik dat daar sekere teenstrydige

lewenshoudinge tussen die van portuurgroepe en ouers kan ontwikkel

(Louw, 1986:591).

Die meeste navorsers aanvaar egter dat lewenshoudings aangeleer is

(Lippa, 1994:214). Spithill (1989:7) ondersteun die gedagte deur te

meld dat lewenshoudings met die verloop van tyd aangeleer en

ontwikkel kan word. 'n Gebeurtenis waartydens die individu se lewe

dramaties verander, kan byvoorbeeld 'n invloed op lewenshouding

uitoefen. Badaracco (1997:41) noem die dramatiese veranderinge of

ingrepe, "wake-up calls". Die outeur (Badaracco, 1997:41) se: "Wake-

up calls, it seems, can shake people out of a naive slumber and signal

that something fundamental is at stake in a situation". Andreas en

Faulkner (1997:257-258) skets die "wake-up call" verhaal van Gary

Faris wat tydens 'n oefensessie deur 'n vragmotor raak gery en ernstig

beseer is. Dokters het aan Gary gese dat hy nooit weer normaal sou

kon loop nie, wat nog te se deelneem aan 'n sportsoort. Gary se

doelbewuste keuse en aangeleerde positiewe lewenshouding het egter

tot sy volkome herstel bygedra en vandag neem hy weer kompeterend

aan sport deel.

20.

Page 33: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Die unieke kenmerke of eienskappe wat van lewenshouding gels:len-

tifiseer is, dra by tot die belangrikheid daarvan.

2.3 DIE BELANGRIKHEID VAN LEWENSHOUDING

2.3.1 Inleiding

Clark (1998:1) benut 'n preek van Marshall om die belangrikheid van

lewenshouding te beklemtoon. Die titel van Marshall se preek is: 'The

problem of the falling rocks". Marshall (in Clark, 1998:1) meld dat 'n

motorbestuurder twee opsies kan uitoefen wanneer die betrokke padteken

waargeneem word. Eerstens kan die motorbestuurder versigtig teen 'n

slakkepas voortstu en die natuurskoon ongesiens laat verbygaan. Dit is

egter 'n pynlike proses aangesien daar heeltyd op moontlike vallende

klippe of rotse gekonsentreer word. Of tweedens kan die padteken

waargeneem en versigtig voortgestu word, maar die bestuurder besluit om

nie bekommerd te wees oor die moontlike vallende klippe en rotse nie en

om eerder die uitsig te geniet.

Die motorbestuurder se bekommernis het geen effek op moontlike

vallende klippe en rotse nie. In 'n studie wat volgens Clark (1998:1)

uitgevoer is, is bevind dat mense wat 'n negatiewe lewenshouding

openbaar en pessimisties is, met ander woorde die wat op die

spreekwoordelike vallende klippe en rotse in die lewe konsentreer, meer

geneig is om binne die volgende 10 jaar te sterf as die wat 'n positiewe

lewenshouding openbaar.

Downs (in Maxwell, 1993a:104) meld dat 'n gelukkige persoon nie slegs

gelukkig is weens bepaalde omstandighede nie, maar eerder gelukkig is

weens 'n bepaalde lewenshouding. Dikwels glo mense foutiewelik dat

hulle eie geluk en sukses afhanklik is van ander mense se goedkeuring of

gedrag of bepaalde lewensomstandighede. Frankl (in Covey, 1994:69,

Maxwell, 1993a:104) se woorde aan die Nazi aanklaers dien vandag nog

21.

Page 34: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

as inspirasie. Frankl het gesO: 'The one thing you cannot take away from

me is the way I choose to respond to what you do to me. The last of one's

freedoms is to choose one's attitude in any given circumstance".

Jampolsky en Cirincione (1994:7-8) meld dat lewensgeluk 'n keuse is,

maar dikwels word disharmonie en ongelukkigheid ervaar weens die

lewenshouding wat gekies word.

Maxwell (1993a:101) meld dat indien 'n individu se denke weens

herhaaldelike negatiewe keuses getatoeeer is, verminder sy of haar kanse

op langtermyn sukses. Individue saboteer dus hulself deur negatiewe

denke.

Elke individu kan kies of daar voortdurend op vallende rotse

gekonsentreer gaan word en of die natuurskoon bewonder gaan word.

Maxwell (1993a:103-104) meld verder dat die individu kan kies en beheer

kan uitoefen oor sy of haar lewenshouding. Elkeen kan kies, elkeen het

die vryheid om te kan kies! Vervolgens word daar gelet op die

belangrikheid om 'n positiewe lewenshouding te kies.

2.3.2 Waarom is lewenshouding belangrik?

Lewenshouding is belangrik omdat:

Die kwaliteit van interpersoonlike verhoudings deur lewenshouding

beInvloed word.

Dit die verskil tussen sukses en mislukking kan bepaal.

Die lewenshouding waarmee 'n taak aangepak word dikwels die

uitkoms bepaal.

Probleme of teespoed te bowe gekom kan word deur 'n positiewe

lewenshouding.

22.

Page 35: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Vervolgens word elke aspek oor die belangrikheid van 'n positiewe

lewenshouding toegelig.

* Lewenshouding bepaal die kwaliteit van interpersoonlike verhou-

dings (Maxwell, 1993b:19):

Die stig en handhaaf van interpersoonlike verhoudings is deel van die

mens se antropologiese grondmotiewe. 'n Grondmotief is volgens

Smith (1990:1) sinoniem met die basiese dryfvere of beweegredes vir

die menslike bestaan. Hermans (1986:77) identifiseer twee grondmo-

tiewe, naamlik die bevestiging van die self en die mens se soeke na

eenheid of verbondenheid met iets of iemand anders. Die twee

grondmotiewe moet in balans beskou en bestudeer word, want die een

kan nie sonder die ander bestaan nie. Indien die balans nie

gehandhaaf word nie, sal disharmonie voorkom. Eenheid met die mens

self, die omgewing en ander deur interpersoonlike verhoudings kan

dan nie bereik word nie.

Fromm (1970:17) meld dat liefde wat ander se integriteit en

individualiteit in ag neem, die brug van soliter na solider kan oorsteek.

Maxwell (1993b:19-20) en die boek Markus (12:28-34) van die Bybel

(Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1983) verwys na die goue reel in

die lewe of na die tweede gebod naamlik om aan ander te doen wat 'n

persoon aan horn- of haarself gedoen wil he. Die grens van soliteriteit

na solidariteit word sodoende oorbrug. Die Stanford Navorsings-

instituut het bevind dat sukses uit 12,5% kennis en 87,5% vermoe om

met ander in interaksie te tree, bestaan (Maxwell, 1993b:20). Indien 'n

individu nie 'n positiewe lewenshouding teenoor ander openbaar nie,

sal die brug tussen soliteriteit na solidariteit nie oorgesteek kan word

nie. Keller (1996:1) verwys na negatiewe mense as "toxic". Die mense

word vermy en die individu bly dus soliter. Positiewe mense word as

"nourishing" beskryf, hulle is inspirerend en 'n genot om mee saam te

wees (Keller, 1996:1). Die grens tussen soliter en solider word dus

oorgesteek.

C

23.

Page 36: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

* Dikwels is lewenshouding die enigste verskil tussen sukses en

mislukking (Maxwell, 1993b:23):

Volgens Inamori, 'n suksesvolle entrepreneur in Japan, kan gewone

mense uitstaande resultate lewer indien 'n kombinasie van vermod,

insette en lewenshouding toegepas word (Bedi, 1996:1). lnamori is van

mening dat 'n positiewe lewenshouding die belangrikste kwaliteit van

suksesvolle mense is. Volgens lnamori is 'n individu met 'n negatiewe

lewenshouding in alle aspekte van die lewe negatief en dus onsuk-

sesvol. Individue se lewe en gepaardgaande suksesse le opgesluit in

sy of haar eie hande. lnamori se: "We can make hell or heaven, it

depends on our attitude". (Bedi, 1996:2).

Keller (1997:1-2) meld dat die sleutel tot sukses 'n positiewe

lewenshouding is. Die outeur meld egter dat 'n klein bietjie positiewe

denke nie sukses verseker nie. Dit word met 'n dieet vergelyk: dit help

nie om 'n gebalanseerde ontbyt, laag in vette te eet nie, maar die res

van die dag word daar weggele aan koek en room. Individue moet

beheer oor hul denke uitoefen en positief dink, die heeldag, sodat dit 'n

gewoonte word. 'n Positiewe lewenshouding moet die dominante

gedagte wees, eers dan sal sukses verseker word. Henry Ford se

bekende woorde is hier van toepassing: "Whether you think you can or

think you can't, you're right" (Keller, 1997:2). 'n Positiewe lewenshou-

ding en nie akademiese vermoens of fisiese voorkoms nie, is die

essensiele bestanddeel vir sukses. "It's not what you think you are, but

what you think, you are" (Nicoll in Drake Beam Morin Inc, 1998:1).

* Die lewenshouding waarmee 'n taak aangepak word, bepaal dikwels

die uitkoms daarvan (Maxwell, 1993b:26):

Morley (1998:1) identifiseer vyf kenmerke van suksesvolle mense,

onder andere 'n positiewe lewenshouding. President Abraham Lincoln

het onwrikbaar bly vasklou — ongeag vele teespoed — aan 'n positiewe

lewenshouding om uiteindelik een van die suksesvolste presidente in

die Amerikaanse geskiedenis te word. Lincoln het twee maal in sy

besigheid misluk, 'n regsgeding verloor, 'n geliefde aan die dood

afgestaan, 'n senu ineenstorting gehad, vier keer in 'n Kongres-

24.

Page 37: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

verkiesing verloor, is as kandidaat vir senator veslaan, hy is nie as

vise-president verkies nie en het selfs 'n verkiesing as president

verloor (Morley, 1998:2-3).

Ten spyte van al die mislukkings en teespoed wat Lincoln ervaar het,

het hy 'n positiewe lewenshouding bly handhaaf en uiteindelik sukses

ervaar. Maxwell (1993b:27) meld dat 'n positiewe lewenshouding in die

begin van 'n taak, sukses verseker. Die spreekwoord: "'n Goeie begin

sit voordeel in" is hier van toepassing (Kritzinger & Sabbagha,

1973:33). Maxwell (1993b:15) ondersteun die genoemde spreekwoord

deur te meld: "For some, attitude presents a difficulty in every

opportunity; for others it presents an opportunity in every difficulty"

(Maxwell, 1993b:15).

* 'n Bepaalde lewenshouding kan problems in seeninge veran-

der (Maxwell, 1993b:28):

Tempelhoff (1999:11) tref 'n vergelyking tussen 'n lemoen en

negatiewe gedagtes, gevoelens en lewenshouding. Volgens die outeur

(Tempelhoff, 1999:11) kan die energie van 'n individu met 'n lemoen

van 10 skywe vergelyk word. Volgens die Templehoff (1999:11)

vermors die gemiddelde Suid-Afrikaner sewe van die skywe op

negatiwiteit. Twee van die skywe word gebruik in die uitvoering van sy

of haar dagtaak en die ander een skyf word aangewend vir die

lewering van uitmuntende werk. Resultate kan egter verrykend wees

as al 10 skrywe aan 'n positiewe lewenshouding gewy kan word!

Baxter (in Maxwell, 1993b:28-29) vra die vraag wat die onderskeid is

tussen geleenthede en struikelblokke. Die outeur meld dat dit

lewenshouding is en se: "Every opportunity has a difficulty and every

difficulty has an opportunity" (Maxwell, 1993b:29). Individue wat 'n

positiewe lewenshouding handhaaf, geniet die natuurskoon en beskou

die vallende klippe en rotse as uitdagings.

Om voordeel van 'n positiewe lewenshouding te kan smaak, is dit

noodsaaklik dat lewenshouding van kindsbeen of al positief ontwikkel.

25.

Page 38: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

2.4 DIE ONTWIKKELING VAN LEWENSHOUDING

2.4.1 Inleiding

Lewenshouding word met die verloop van tyd ontwikkel (Maxwell,

1993b:59). Ontwikkelingspsigologie, wat 'n studie is van die ontwikkeling

van individue vanaf konsepsie tot die dood, kan 'n aanduiding gee van hoe

lewenshouding ontwikkel (Louw, 1986:191). Volgens Matt Yana (1996:13)

en Mark (1998:1) is almal se lewenshouding aanvanklik positief, maar met

verloop van tyd kan 'n negatiewe lewenshouding aangeleer word. Matt

Yana (1996:13), Maxwell (1993b:59-60) en Louw (1986:195-237) meld dat

lewenshouding veral tydens 'n kind se vormingsjare ontwikkel, van

geboorte tot ongeveer sewe jarige ouderdom. Studies het bevind dat tot

op die ouderdom van ongeveer twee jaar word ongeveer 8 000 uur van

die lewe waargeneem — die goeie, die slegte en alles wat op televisie to

siene is — en dit beInvloed die ontwikkeling van lewenshouding (Matt

Yana, 1996:13). Soos die individu opgroei en ontwikkel word by of sy

dikwels vertel wat mag en wat mag nie gedoen word nie. Voortdurende

blootstelling aan positiewe en/of negatiewe aspekte of faktore versterk 'n

individu se lewenshouding (Maxwell, 1993b:55). Die vraag is wie of wat

beInvloed dan 'n individu se lewenshouding sodat dit dominant positief of

negatief is. Die probleem word vervolgens ondersoek.

2.4.2 Beginsels en faktore of aspekte wat 'n invloed op die ontwikkeling

van lewenshouding het

Verskeie beginsels en faktore of aspekte oefen 'n invloed op die

ontwikkeling en vorming van lewenshouding uit. Die volgende beginsels

oor die vorming van lewenshouding word deur verskeie outeurs geIdenti-

fiseer:

* 'n Kind se vormingsjare speel 'n belangrike rol in die grondlegging

van lewenshoudings. (Louw, 1986:591; Matt Yana,1996: 13; Maxwell,

1993b:53-54).

26.

Page 39: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Lewenshouding verander gedurig weens die individu se ervaringe en

wyse waarop gekies word om te reageer. Lewenshoudings kan

aangeleer, afgeleer en ander kan heraangeleer word (Mark, 1998:1;

Matt Yana, 1996:13; Maxwell, 1993b:54).

Hoe meer 'n bepaalde lewenshouding versterk word, hoe meer

standvastig word dit (Burleson, 1996:2; Maxwell, 1993b:55).

Verskeie mense soos byvoorbeeld ouers, pleegouers, familielede,

onderwysers, kollegas en vriende, speel 'n direkte invloed op die

vorming van lewenshouding (Matt Yana, 1996:13; Maxwell,

1993b:56).

Lewenshouding moet voortdurend aangepas en daarom is daar nie

lets soos 'n perfekte lewenshouding nie (Chapman, 1990:4;

Maxwell, 1993b:56).

Vroeere gedragsgenetiese studies kon egter nie daarin slaag om

tussen genetiese en omgewingsfaktore te onderskei nie, en die

oorerwing-omgewing-strydvraag het lank geduur (Louw, 1986:78). So

het sommige psigoloe geglo dat gedragseienskappe deur oorerwing

bepaal word, terwyl ander daarvan oortuig was dat die eienskappe die

resultaat van omgewingsfaktore is. Moderne psigoloe en genetici besef

dat beide oorerwing en omgewing 'n rol in die vorming van

gedragseienskappe soos lewenshouding speel (Louw, 1986:78).

Maxwell (1993b:50) is egter van mening dat die omgewing 'n sterk

invloed uitoefen op die vorming van lewenshouding. Aanvanklik word

`n kind aan ander se lewenshoudings blootgestel en dit kondisioneer

die kind om dikwels dieselfde lewenshouding te openbaar.

Kondisionering beteken om aan te pas, te wysig, deur voorbeeld te

vorm, hetsy deur onderwys of opleiding sodat die basiese gedrags-

patroon van die omgewing nagevolg word (Odendal, et al., 1994:562).

Rickwood (1997:2) meld ook dat lewenshouding deur die omgewing

oftewel sosiale ervaringe, soos klassieke en operante kondisionering,

modellering, waarneming en tweedehandse leer plaasvind. Soos wat

27.

Page 40: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

die kind ouer word, vergroot sy of haar opsies om to kan kies (Maxwell,

1993b:51). In 'n kind se vroeere leeftyd word keuses vir horn of haar

uitgeoefen, maar hoe ouer die persoon word, hoe meer begin by of sy

self kies.

Verskeie aspekte of faktore oefen 'n belangrike invloed uit op die

vorming van lewenshoudings. Maxwell (1993b:59-60) en Louw (1986:195-

237) identifiseer die omgewing, taalvaardigheid, ouer aanvaarding en

bevestiging, selfbeeld, blootstelling aan nuwe ervaringe, aanvaarding deur

die portuurgroep, fisiese voorkoms, huwelik, familie en werk, sukses,

aanpasbaarheid en die evaluering van die lewe as aspekte of faktore wat

`n invloed op die vorming van lewenshoudings het.

Maxwell (1993b:60) meld dat al die aspekte of faktore 'n invloed op die

vorming van lewenshouding uitoefen, maar nie volgens ouderdom

gekompakteer kan word nie. Tog is daar sekere aspekte of faktore wat 'n

besondere invloed uitoefen. Die aspekte of faktore word vervolgens

kortliks genoem en toegelig.

Die aspekte of faktore wat 'n invloed uitoefen op die vorming van

lewenshouding is:

Persoonlikheid — "Wie is ek"

Die omgewing — 'Wat om my is"

Die woordwereld — "Wat ek hoor"

Aanvaarding deur volwassenes — "Wat ek voel"

Selfbeeld — "Hoe ek myself sien"

Blootstelling aan nuwe gebeure — "Geleenthede vir groei en

ontwikkeling"

Assosiasie met portuurgroepe — "Wie my beInvloed"

Fisieke voorkoms — "Hoe ek vir ander lyk"

Huwelik, familie en werk — "My sekuriteit en status"

28.

Page 41: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Vervolgens word elkeen van die faktore wat 'n invloed op die vorming van

lewenshouding het, toegelig:

Persoonlikheid — "Wie is ek":

Elke persoonlikheid het 'n unieke stel lewenshoudings. Jung identifi-

seer agt verskillende groepe: twee persoonlikhede wat op lewenshou-

ding geskoei is — introvert en ekstrovert — en vier orienteringsfunksies —

denke, sensasie, intuIsie en emosie — wat elk in Of 'n introverte of

ekstroverte manier kan realiseer (Sharp, 1987:12). Maxwell (1993b:62)

meld dat bepaalde temperamente aan spesifieke lewenshoudings

gekoppel kan word. Volgens die vroeere Griekse medici is individue

weens die liggaam se bloed-, gal- en flegmasamestelling as Of

flegmaties, Of sanguinies, Of choleries of melancholies geklassifiseer

(Maxwell, 1993b:62; Sharp, 1987:11). Ander teoriee oor die samestel-

ling van lewenshouding en persoonlikheid is gebaseer op die

samestelling van die vier elemente naamlik: water, lug, grond en vuur

en selfs ook astrologiese of sterretekens waaronder die individu

gebore is (Sharp, 1987:11). Maxwell (1993b:62) meld dat 'n individu se

persoonlikheid opgebou word uit die verskillende temperamente en

lewenshouding kan weer uit 'n individu se temperament afgelei word.

Die omgewing — Mat om my is":

`n Individu se lewenshouding word grootliks deur die omgewing

beInvloed. Ouers, pleegouers, familielede, onderwysers, kollegas en

vriende het 'n direkte invloed op die ontwikkeling van lewenshouding

(Matt Yana, 1996:13; Maxwell, 1993b:55-56). Maxwell (1993b:54-55)

meld dat die ontwikkeling en groei van lewenshouding nooit

afgehandel is nie. Voortdurende blootstelling aan positiewe en/of

negatiewe aspekte of faktore versterk 'n individu se lewenshouding

(Maxwell, 1993b:55).

Die woordwereld — Mat ek hoor":

Woorde is kragtig, die uitdrukking: "Woorde uit die mond kan die hart

verwond" is so waar (Kritzinger & Sabbagha, 1973:462). Negatiewe

29.

Page 42: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

opmerkings en aanmerkings kan 'n negatiewe invloed op die vorming

van 'n individu se lewenshouding he. Dikwels kan 'n bynaam of

foutiewe uitspraak van 'n woord 'n individu tot soveel as 40 jaar later

nog krenk (Maxwell, 1993b:65). Woorde kan ook 'n helende uitwerking

op 'n individu he. 'Words can encourage either the stretching or

shrinking of our lives" (Maxwell, 1993b:66).

* Aanvaarding deur volwassenes — "Wat ek voel":

Fromm (1970:6-7) meld dat die mens geseen is met verstand en

bewus is van die self en ander. Hy of sy is bewus van sy of haar aparte

entiteit en moet uit sy of haar eie alleenheid ontsnap om met ander te

skakel. Vanaf kindsbeen wil babas en kinders deur hul ouers of ander

volwassenes aanvaar word. Maslow se behoeftehierargie maak onder

andere voorsiening vir sosiale behoeftes (Gerber, Nel & Van Dyk,

1995:334). Die behoefte tree na yore nadat fisiologiese en

veiligheidsbehoeftes aangespreek is. Sosiale behoeftes sluit die

behoefte na liefde, aanvaarding en kameraadskap in. Vaughn (in

Maxwell, 1993b:69) is van mening dat psigologiese probleme wat by

kinders voorkom, hoofsaaklik te wyte is aan 'n gebrek aan

aanvaarding. Maxwell (1993b:69) som die aanvaarding deur ander

sons volg op: "People don't care how much you know until they know

how much you care".

* Selfbeeld — "Hoe ek myself sien":

Volgens sielkundiges is selfbeeld die belangrikste aspek van 'n individu

se persoonlikheid (Erasmus, Bowler & Goliath, 1996:26). Selfbeeld

word deur Plug et al. (1986:318) omskryf as 'n persoon se siening of

begrip van horn- of haarself. Individue vergelyk hulself gedurig met

ander mense, wonder ook oor hoe ander horn of haar evalueer en

daarvolgens vorm die persoon 'n goeie of swak selfbeeld (Erasmus, et

al. 1996:26). "The essence of self-esteem is compassion for yourself"

(McKay & Fanning in Solo, 1999:2). Maxwell (1993b:70) meld dat 'n

individu in ooreenstemming met sy of haar selfbeeld optree. Individue

met 'n positiewe selfbeeld sal 'n positiewe lewenshouding handhaaf en

die met 'n negatiewe selfbeeld sal 'n negatiewe lewenshouding

openbaar (Mark, 1998:2).

30.

Page 43: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

* Blootstelling aan nuwe gebeure — "Geleenthede vir groei en

ontwikkeling":

Ringer (1990:40) meld dat 'n mens oor die vermoe beskik om te kan

beplan, dinge te laat gebeur en te dink. Die mens beskik dus oor die

vermoe om dinge of gebeure te verander. Maxwell (1993b:72) wys

daarop dat daar altyd verskeie opsies is waaruit gekies kan word. Dit is

egter onmoontlik vir 'n ouer om 'n kind van alle ervaringe wat moontlik

negatief kan wees, weg te hou. Positiewe en negatiewe ervaringe moet

eerder benut word om die kind voor te berei vir die lewe. Robbins

(1992:419) meld dat 'n individu horn- of haarself beperk deur die

interpretasie van ervaringe. Die gemelde outeur meld dat 'n individu se

identiteit bestaan uit die somtotaal van keuses wat uitgeoefen is. Ouers

moet hulle kinders ondersteun sodat nuwe ervarings bydra tot groei en

ontwikkeling. Maxwell (1993b:74) se formule vir groei is:

Nuwe ervaringe + leer toepassing x liefde = groei.

* Assosiasie met portuurgroepe — "Wie my beInvloed":

Op ongeveer twee tot twee-en-'n-half jarige ouderdom begin 'n kind om

buite sy of haar gesin te sosialiseer (Louw, 1986:217). Deur middel van

rollespel of dramatisering word 'n verskeidenheid van sosiale vaardig-

hede en lewenshoudings in die portuurgroep aangeleer (Louw,

1986:218). Jones (in Maxwell, 1993b:76) se: "What you will become in

five years will be determined by what you read and who your associate

with".

* Fisieke voorkoms — "Hoe ek vir ander lyk":

Jampolsky en Cirincione (1994:139) meld dat die lewenshouding wat 'n

individu openbaar, verband hou met die wyse waarop die liggaam

behandel word. Anoreksia nervosa en bulimie is dikwels die gevolg van

druk wat op meisies en seuns uitgeoefen word om slank te wees en

die belonings wat gepaard gaan met die volg van 'n verslankingsdieet

(Louw, 1986:482). Maxwell (1993b:77) meld dat in 'n onlangse studie

bevind is dat fisieke voorkoms selfs inkomste bepaal. Dit is egter ook

noodsaaklik om die liggaam in stand te hou deur middel van oefening,

dieet en stresbestuur (Covey, 1994:288; Robbins, 1992:439-450).

31.

Page 44: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Wittgenstein (in Robbins, 1992:449) se: 'The human body is the best

picture of the human soul". 'n Afleiding wat hieruit gemaak kan word is

dat indien 'n persoon 'n positiewe lewenshouding openbaar, sal by of

sy ook sy of haar liggaam versorg en onderhou. Ongesonde leefstyle

dra by tot moderne siektes soos kanker, diabetes en kardiovaskulere

siektes, maar gesonde leefstyle is noodsaaklik vir optimale gesondheid

en welsyn (Corbin & Lindsey, 1997:9).

* Huwelik, familie en werk — "My sekuriteit en status":

Maxwell (1993b:77) meld dat gedurende die twintigerjare van 'n

individu begin nuwe lewenshoudinge vorm aanneem. Dit is gewoonlik

tydens die ouderdom dat individue studeer vir 'n bepaalde beroep, die

beroep begin beoefen en dikwels dan ook in die huwelik tree.

Chapman (1990:17-23) meld dat lewenshouding 'n invloed uitoefen in

die werksomgewing en persoonlike lewe. Die handhawing van

gesonde interpersoonlike verhoudings bevorder 'n aangename werks-

omgewing asook 'n aangename atmosfeer tuis. Lewenshouding word

deur 'n individu se praat, staan, loop en gesigsuitdrukking weerspieel

(Chapman, 1990:21). lndien 'n positiewe lewenshouding geopenbaar

word, sal dit ander aantrek en goeie interpersoonlike verhoudings stig.

Die gemelde outeur wys daarop dat 90% van goeie interpersoonlike

verhoudings te wyte is aan 'n positiewe lewenshouding (Chapman,

1990:21). 'n Positiewe lewenshouding dra by tot loopbaansukses wat

dikwels tot sekuriteit en status bydra.

Lewenshouding is dinamies van aard en verander dus gedurig (Maxwell,

1993b:78). Dit is noodsaaklik dat lewenshouding voortdurend verander en

hernu word (Chapman, 1990:25). Hernuwing beteken om 'n opinie te

hersien, die wyse waarop dinge aangepak word te ondersoek en om op 'n

positiewe lewenshouding te konsentreer.

Die verandering van lewenshouding en die bydrae wat persoonlike

leierskap kan leaver om lewenshouding te verander word in die volgende

hoofstuk aangespreek.

32.

Page 45: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

2.5 AFSLUITING

In die onderhawige hoofstuk is daar ondersoek ingestel na wat lewens-

houding is, waarom lewenshouding so belangrik is en hoe lewenshouding

ontwikkel. Die volgende aspekte of faktore is aangespreek:

Kenmerke of eienskappe van lewenshouding.

Die belangrikheid van 'n positiewe lewenshouding.

Beginsels oor die vorming van lewenshouding.

Aspekte of faktore wat 'n invloed op die vorming van lewenshouding

uitoefen.

Alhoewel lewenshouding met verloop van tyd ontwikkel en aangeleer

word, moet dit voortdurend verander. Lewenshoudings kan afgeleer en

ander kan heraangeleer word (Matt Yana, 1996:13; Maxwell, 1993b:54).

Die mens leef in 'n wereld wat voortdurend verander en waar voortdu-

rende aanpassing noodsaaklik is. Lewenshoudings moet by die verande-

ring aanpas en ook verander (Matt Yana, 1996:13). Maxwell (1993b:56)

meld dat geen lewenshouding perfek is nie omdat voortdurende

verandering noodsaaklik is.

In die volgende hoofstuk word daar ondersoek ingestel na die keuses wat

`n individu kan uitoefen om 'n positiewe lewenshouding to kan handhaaf.

33.

Page 46: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

HOOFSTUK 3

VERANDERING VAN LEWENSHOUDING

DEUR PERSOONLIKE LEIERSKAP

3.1 PROBLEEMSTELLING EN DOEL MET DIE HOOFSTUK

Sommige mense glo dat dinge sommer net met hulle gebeur ... en ander

glo dat hulle 'n invloed kan uitoefen oor wat met hulle gebeur (Matt Yana,

1996:36). Indien 'n persoon glo dat dinge sommer net met hom of haar

gebeur, beveel Matt Yana (1996:36) aan dat so 'n persoon baie geluk

toegewens moet word en versekering moet uitneem. S6 'n persoon voel

soos 'n slagoffer van die lewe waaroor hy of sy min of geen beheer het.

Die persoon wat glo dat hy of sy 'n invloed kan uitoefen oor wat met horn

of haar gebeur, ag homseif as 'n speler in die Iewensspel. S6 'n persoon

neem verantwoordelikheid vir sy of haar eie lewenshouding en neem

sodoende beheer oor sy of haar gedagtes, emosies en aksies. Turner

(1994:43) sluit hierby aan deur die stelling te maak dat alles wat 'n

persoon in die lewe doen, deur sy of haar lewenshouding bepaal word.

Die enkele faktor wat goeie resultate en sukses waarborg, is volgens

Turner (1994:43) dan 'n positiewe lewenshouding. Die individu wat 'n

invloed oor sy of haar lewenshouding uitoefen, neem dus beheer oor sy of

haar lewe en suksesse! (Matt Yana, 1996:36).

Die probleem wat in die hoofstuk ondersoek word, is: waarom neem

individue nie beheer oor hulle lewenshouding en verseker sodoende

sukses nie? Die doel met die hoofstuk spruit direk voort uit die genoemde

probleemstelling. 'n Algemene doelstelling wat in die onderhawige

hoofstuk ondersoek gaan word, is:

* Om 'n beskrywende studie oor die verandering van lewenshouding

vanuit 'n persoonlike Ieierskapsperspektief te doen.

Spesifieke doelwitte wat na aanleiding van die navorsingsvrae in die

onderhawige hoofstuk manifesteer, is om te bepaal:

34.

Page 47: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

* Hoe lewenshouding kan verander.

* Hoe persoonlike leierskap 'n bydrae kan lewer om lewenshouding te

verander.

Om die algemene doelstelling en die spesifieke doelwitte te kan

beantwoord word elkeen van bogenoemde doelwitte soos wat dit in die

literatuurstudie gevind word, bespreek. In die afsluiting van die

onderhawige hoofstuk sal daar 'n kort opsomming verskaf word.

3.2 DIE VERANDERING VAN LEWENSHOUDING

3.2.1 Inleiding

Die kenmerke van lewenshouding wat in hoofstuk twee geformuleer is

verwys onder meer na die siening dat lewenshouding gewoontes van

denke is (Smith, 1998a:1); dat dit deur liggaamstaal weerspieel word

(Maxwell, 1993b:11); relatief blywend, maar nie staties is nie (Chapman,

1990:4; Lippa, 1992:214); evaluerend van aard is (Fishbein &

Ajzen,1975:11) en aangeleer is (Louw, 1986:591; Matt Yana, 1996:13;

Maxwell, 1993b:59-60). Kenmerke van lewenshouding wat geIdentifiseer

is, dui daarop dat dit wel kan verander. Gerlich (1998:2) meld dat

lewenshouding kan verander, maar dat dit stadig en oor 'n lang tydperk

plaasvind. Die gemelde outeur wys daarop dat 'n lewenshouding waaroor

die individu sterk voel, moeilik is om te verander.

Knutson (1996:2) meld dat die meeste mense een of ander tyd negatiewe

gedagtes of emosies sal ervaar, maar indien oorheersend negatiewe

gedagtes en emosies ervaar word, is dit nodig om lewenshouding te

verander. Die gemelde outeur (Knutson, 1996:2) wys daarop dat dit wel

moontlik is om lewenshouding te verander.

Vervolgens word daar gelet op redes waarom sommige mense nie hulle

lewenshouding wil verander nie, die gevolge daarvan en hoe

lewenshouding wel verander kan word. Elke aspek word bespreek,

beginnende by die redes waarom mense nie wil verander nie.

35.

Page 48: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

3.2.2 Waarom sommige mense nie hulle lewenshouding wil verander nie

Verandering word deur Odendal, et al. (1994:1161) onder andere omskryf

as om iets te wysig, anders te maak of om anders te word. Verandering is

egter nie 'n nuwe fenomeen nie en bestaan al van die begin van die

skepping of (Fossum, 1998:1). Daar is byvoorbeeld nie meer

dinosourusse of Vikings nie, behalwe in museums. Verandering vind plaas

deurdat die individu se keuse of deur ander Of deur die individu self

gemaak word. Fossum (1998:5) wys egter daarop dat 'n individu se

lewenshouding ten opsigte van verandering bepaal word deur die mate

van beheer wat die individu oor die verandering kan uitoefen en dit lei

dikwels tot weerstand teen verandering. Maxwell (1993b:123) meld dat die

mens 'n weerstand teen verandering het aihoewel verandering noodsaak-

lik vir groei is. Die gemelde outeur (Maxwell, 1993b:125) haal uitvinder

aan wat gese het: "The world hates change, yet it is the only thing that has

brought progress." Waarom wil individue dan nie verander en groei nie?

Die volgende faktore of oorsake vir weerstand teen verandering is onder

andere in die literatuur geIdentifiseer:

Versteuring van die gemaklikheidsone.

Vrees en kommer.

Foute en mislukkings van die verlede.

Negatiewe denke.

Kritiek van ander.

Vervolgens word elke oorsaak kortliks bespreek, beginnende by die

versteuring van die gemaklikheidsone.

Versteuring van die gemaklikheidsone:

Volgens Covey (1995:20) weet sommige mense dat hulle lewens nie in

balans is nie, maar die prys om te betaal om te verander is soms te

hoog, Of hulle is selfs te bang om te verander, Of dit is soms geriefliker

om met die wanbalans saam te leef. Maxwell (1993b:123) wys daarop

dat die mens 'n gewoontevormende wese is. Dit is dan juis die

36.

Page 49: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

bekende gewoontes en lewenshouding waarmee die individu gemaklik

en vertroud is, wat soms moet verander.

Matt Yana (1996:44) meld dat die grootste oorsaak vir nie-verandering

die bekendheid van die gemaklikheidsone is. Die individu se

gemaklikheidsone kan met twee oorvleulende sirkels vergelyk word.

Die binneste sirkel staan as die gemaklikheidsone bekend. Die sirkel

verteenwoordig aktiwiteite, verhoudinge en lewenshoudings waarmee

die individu gemaklik en bekend voel. Kennis en ervaringe van die

verlede gee vorm aan die gevoel van gemak wat ervaar word. Matt

Yana (1996:45) meld dat die grootte van die binneste sirkel 'n

weerspieeling is van die individu se blootstelling aan die lewe. Indien

die individu oor 'n klein sirkeltjie beskik, dui dit daarop dat hy of sy

horn- of haarself beperk het. Die buitenste sirkel om die gemaklik-

heidsone bestaan uit aktiwiteite, verhoudinge en lewenshoudings

waaroor daar kennis is, maar wat nog nie verken is nie. Die heel

buitenste area dui op al die ander aktiwiteite, verhoudinge en

lewenshoudings waarmee die individu die minste op sy of haar gemak

voel (Matt Yana, 1996:45). Onbekendheid weens 'n gebrek aan kennis

en ervaring dra daartoe by dat die individu nie wil verander nie.

* Vrees en kommer:

Volgens Turner (1994:36) is vrees op sigself goed: dit is 'n natuurlike

en konstruktiewe oorlewingsmeganisme. Louw (1986:491) meld ook

dat vrees noodsaaklik is vir die mens se voortbestaan. Indien die

individu nie vir gevaarlike voorwerpe en situasies bang sou wees nie,

sou hy of sy in baie situasies beland waarin hy of sy beseer of gedood

sou kon word. In baie gevalle word vrees aangeleer deurdat dit met

pyn geassosieer word, maar baie van die dinge wat die mens vrees het

horn of haar nog nooit seergemaak of benadeel nie.

Die tipiese reaksie op vrees is om dit te vermy of te verminder omdat

sommige mense gekondisioneer is om vrees met Iafhartigheid te

assosieer (Louw, 1986:492; Turner, 1994:36). Gekondisioneerde vrese

sal, indien die individu dit toelaat, al sy of haar tyd in beslag neem

sodat hy of sy blind is vir beter maniere van leef en presteer (Turner,

1994:37). Hierdie vooroordele of selfs oordele sonder grondige rede,

37.

Page 50: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

maak vrees wakker en verhinder die individu om die onbekende te

verken, om te verander, te vorder en self uiteindelik te groei. Die

gemaklikheidsone bly weens vrees en kommer dus beperk en klein,

met die gevolg dat mense nie van hul bekende lewenshouding afstand

wil doen nie en hulle stagneer dus.

* Foute en mislukkings van die verlede:

Maxwell (1993b:98) meld dat mislukking noodsaaklik is vir sukses.

Turner (1994:40) wys daarop dat niemand volmaak is of gebore word

met kennis van die \Nereid nie. Dit is dus natuurlik dat die individu in die

leerproses foute sal maak en mislukkings sal ervaar. Volgens die

natuur se manier van doen moet die individu probeer, aanpassings

maak en indien daar misluk word, weer probeer. Maxwell (1993b:98)

se: "Failures, repeated failures, are fingerprints on the road to

achievement."

Turner (1994:42) en Maxwell (1993b:103) wys daarop dat mislukkings

nie eintlik 'n kwessie is nie, maar eerder die individu se lewenshouding

daarteenoor. Om 'n gesonde lewenshouding jeens foute en misluk-

kings aan te kweek, moet dit eerder as geleenthede beskou word.

Maxwell (1993b:102-103) meld dat volharding die teken van 'n

positiewe lewenshouding is, want die individu wat nie waag nie, doen

niks, het niks en is niks. 'n Individu kan foute en mislukkings probeer

vermy, maar by of sy kan nie leer, groei, voel, verander, liefhe of leef

nie (Maxwell, 1993b:102). Volg die bekende liedjie na: "Don't worry, be

happy" (Timm, 1990:42).

* Negatiewe denke:

Enigeen kan onbewustelik in die gewoonte verval om negatief te dink

(Turner, 1994:35). Maxwell (1993b:127) meld dat negatiwiteit meer

skade aan lewenshouding aanrig as enigiets anders. Matt Yana

(1996:53) sluit by Maxwell aan deur te noem dat negatiwiteit 'n

verlammende effek het. `n Innerlike stemmetjie wat se: "ek moes ..." of

"ek moes nie ..." lei tot skuldgevoelens. Kravitz (1995:20) vestig die

leser se aandag daarop dat negatiewe denke bydra tot `n persoon se

38.

Page 51: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

negatiewe selfbeeld. Die gemelde outeur wys verder daarop dat

negatiewe denke en emosies dikwels lei tot negatiewe aksies.

Maxwell (1993b:128-12134) meld dat die gevolge van negatiewe

denke dikwels die volgende is:

Besluitnemingsprosesse word belemmer aangesien daar op die

negatiewe gekonsentreer word en ander opsies nie raakgesien

word nie.

Dit is aansteeklik of "rubs off", met die gevolg dat ander ook later

negatief word.

Die denke is dikwels buite proporsie aangesien daar slegs op die

negatiewe gekonsentreer word.

Die lewe word nie ten voile geniet nie, want die slegste word altyd

verwag.

'n Individu se negatiewe denke verhinder ander om positief te

reageer.

Deur middel van denke kommunikeer elkeen met horn- of haarself.

Outosuggestie of "self-talk" is die klein stemmetjie wat gedagtes, opinies,

emosies, idees en lewenshouding met die self kommunikeer (Matt Yana,

1996:37). Daar word gereken dat ongeveer 50 sekondes van elke minuut

spandeer word om na die self te luister. Matt Yana (1996:37) wys daarop

dat die rekenaaruitdrukking "garbage in, garbage out" van toepassing is op

die vorming van lewenshouding. Indien negatiewe gedagtes gedink word,

sal 'n persoon 'n negatiewe lewenshouding openbaar. Indien positiewe

gedagtes gehuldig word, sal 'n positiewe lewenshouding gestalte vind.

* Kritiek van ander:

Maxwell (1993b:118) se om kritiek van ander te ontvang is soos

wanneer mense "step on our blue suede shoes." Andreas en Faulkner

(1997:248) meld dat om deur ander gekritiseer te word, dikwels as

bedreigend of selfs gevaarlik beskou word. Kritiek word dan dikwels

eerder as 'n persoonlike aanval beskou en nie as 'n klagte waarop

gereageer moet word nie (Goleman, 1996:151). Die individu wat dit

39.

Page 52: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

ontvang, voel seergemaak, hulpeloos en woedend. Andreas en

Faulkner (1997:248) wys daarop dat die mens graag wil inpas, horn- of

haarself wil beskerm en met ander mense oor die weg wil kom — dit het

tot gevolg dat bale individue daarin verval om ook kritiek uit to deel.

Turner (1994:44-45) meld dat 'n individu se lewenshouding 'n

weerspieeling is van die mens se innerlike. Die outeur (Turner,

1994:44-45) meld dat indien die wereld verander wil word, moet die

self eers verander. Die wereld word nie deur 'n individu se

lewenshouding beInvloed nie, maar 'n individu se lewenshouding

beInvloed die wereld. Indien 'n negatiewe lewenshouding geopenbaar

word, sal negatiewe resultate die gevolg wees en as 'n positiewe

lewenshouding gehandhaaf word, sal wonderlike resultate verkry word!

Indien die individu verlam word deur vrees vir verandering, sal by of sy

nooit sy of haar voile potensiaal kan bereik nie. Vervolgens word die

gevolge bespreek indien 'n persoon nie sy of haar lewenshouding

verander nie.

3.2.3 Die gevolge indien 'n persoon nie sy of haar lewenshouding verander

nie

Turner (1994:28) en Maxwell (1993b:79) meld dat die mens se grense van

vermoens amper van die oomblik van geboorte of deur invloede van buite

gekondisioneer word. Ouers, die gesin, familie, skool, gemeenskap en

omgewing het alma! op 'n goedbedoelde manier 'n invloed op die individu.

Vergelykings word getref, ettikettering asook kondisionering vind plaas.

Volgens Maxwell (1993b:80) word individue onbewustelik aan bande gel&

Smith (1998a:2) verwys na die beperkinge wanneer genoem word dat

elkeen onbewustelik 'n platform ontwikkel wat as die grens van vermoons

beskou word. Uitdrukkings soos: "die kind het beslis sy pa se humeur",

"moenie praat voordat daar met jou gepraat word nie", "ma weet die

beste", "moenie jou probeer slim hou nie", "wie dink jy is jy?" en "moenie

iets probeer wees wat jy nie is nie", plaas beperkinge op die individu

(Turner, 1994:28-30). Die tragiese is dat negatiewe lewenshouding wat

40.

Page 53: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

deur ouers of ander persone gekommunikeer word, dikwels deur die kind

as voiwassene weer aan sy of haar kinders oorgedra gaan word.

Robbins (1992:81) meld dat mense dikwels beperkinge op hulleself plaas.

Maxwell (1993b:81) sluit hierby aan en se: "They never move further than

the boundries of self-imposed limitations." Aangesien daar nie in die

verlede sukses bereik is nie, word daar geglo dat hulle ook nie in die

toekoms sukses kan behaal nie. Sulke mense sal dikwels se: "kom ons

wees nou realisties" (Robbins, 1992:81). Die vrees vir pyn om te verander

is so intensief dat daar gestagneer word. Die verhaal van Roger Bannister

wat deur die platvorm van vermoens gebreek het, is vandag alombekend.

In 1954 het Bannister die haas onmoontlike reggekry deur 'n droommyl te

hardloop (Andreas & Faulkner, 1997:323; Maxwell, 1993b:80; Robbins,

1992:81). Bannister het die afstand van een myl, of te wel 1 609,43 meter,

in 3 minute 59.4 sekondes voltooi (McWhirter, 1984:323). Vir bale jare het

mense geglo dat dit onmoontlik is om 'n myl in minder as vier minute te

hardloop. Die jaar nadat Bannister die "onmoontlike" reggekry het, het 37

ander hardlopers dit ook reggekry en die jaar na dit het 300 ander atlete

ook daarin geslaag (Robbins, 1992:81). Gedurende 1993 het Noureddine

Morceli van Algerie 'n wereldrekord van 3 minute, 44.39 sekondes

opgestel (Niininen, 1999:1). Daniel Kameny van Kenia het in 'n twee myl

wedloop albei myle in minder as 4 minute afgele - die eerste myl in 3

minute, 59.2 sekondes en die tweede myl in 3 minute, 59.4 sekondes

(Niininen, 1999:1). Sodoende is die platvorm hoer gestel.

Indien 'n persoon nie sy of haar lewenshouding verander nie, plaas by of

sy beperkinge op hom- of haarself — fisies, sosiaal, geestelik, emosioneel

en intellektueel. Elke individu kan self kies hoe hoog of hoe laag sy of haar

platvorm van potensiaal is. Turner (1994:32) meld dat indien daar nie deur

selfopgelegde beperkinge en die beperkinge wat ander stel gebreek word

nie, kan die persoon net sowel met die volgende grafskrif begrawe word:

"dood op twintig, begrawe op sewentig". Die vraag is dus hoe 'n individu

sy of haar lewenshouding moet verander om nie op 20-jarige leeftyd al te

"sterf" nie.

41.

Page 54: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

3.2.4 Tegnieke om lewenshouding te verander

Turner (1994:43) meld dat individu se lewenshouding teenoor die lewe

ook die lewe se houding teenoor die individu bepaal. Wat ook al in die

lewe gese en gedoen word, sal `n ooreenstemmende reaksie uitlok.

Omdat die individu volgens Turner (1998:43) terugkry wat hy of sy uitgee,

bepaal die individu sodoende self die gehalte van sy of haar lewe. Dis

betekenisvol om te dink dat die individu dus die somtotaal is van

lewenshoudings wat in die lewe aangekweek is. Verskeie outeurs meld

verskeie maniere of wenke wat gevolg kan word om lewenshouding te

verander sodat dit dominant positief is. Vervolgens word `n samevatting

van verskeie outeurs se menings wat in die literatuur gevind word, verskaf:

Ondersoek die self en verkry duidelikheid oor die lewe (Turner,

1994:24).

Hou op om die self te blameer en vervang negatiewe gedagtes met

positiewes (Dyer, 1993:311).

Heg waarde aan vriendskappe en kies model om na te volg (Matt

Yana, 1996:48; Maxwell, 1993b:165; O'Callaghan, 1998:1).

Hanteer ander se negatiewe lewenshoudings (Chapman, 1990:51;

Matt Yana, 1996:75).

Kies voortdurend om positiewe lewenshouding te openbaar

(Chapman, 1990:73; Maxell, 1993b:163; Tomlin, 1998:3).

Elke manier of wenk word vervolgens kortliks bespreek, beginnende by

selfondersoek.

Ondersoek die self en verkry duidelikheid oor die lewe:

Dit is noodsaaklik dat die individu verstaan wie hy of sy regtig is.

Turner (1994:24) vra die volgende vraag aan die lesers: "gestel jou

naam gaan in `n verklarende woordeboek verskyn, hoe sal jy jouself

definieer?" Verskeie vrae is deur Turner (1994:24) geIdentifiseer wat

aan die self gevra kan word om die vraag te beantwoord:

- `Weet jy waarvoor jy staan ?"

42.

Page 55: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Meet jy wat jy uit die lewe wil he?"

'Weet jy watter koers om in te slaan?"

"Wat weerspieel jou dade van wie jy is?"

Dit is volgens Turner (1994:24) belangrik dat die individu die vrae

beantwoord aangesien ander nie verstaan kan word as die self nie

verstaan word nie. Ander kan nie gerespekteer word indien die individu

horn- of haarself nie respekteer nie. Kravitz (1995:62) se "diamant reel"

moet uitgeleef word, naamlik: "Do unto yourself before you do unto

others." Matt Yana (1996:51) verwys na die "goue reel" van die lewe:

"Treat others as you'd like to be treated."

Maxwell (1993b:151) meld dat om lewenshouding te verander moet 'n

duidelike doelwit gestel word. Die doelwitte moet so spesifiek moontlik

binne 'n tydraamwerk geskryf en onderteken word. Timm (1990:69)

wys daarop dat die doelwitte kongruent met 'n persoon se waardes

moet wees. Doelwitte moet dan op 'n opsigtelike plek aangebring word

sodat dit as versterking kan Bien. Volgens Chapman (1990:61) se

observasie is 'n individu met 'n doel in die lewe meer geneig om 'n

positiewe lewenshouding te he as 'n individu wat nie rigting het nie. 'n

Positiewe lewenshouding sal dan ook in die individu se lewe

manifesteer, want dade het nog altyd harder as woorde gespreek of

soos Emerson dit stel: "wat jy doen, skree so hard vir my dat ek jou nie

kan hoor praat nie" (Turner, 1994:24).

* Hou op om die self te blameer en vervang negatiewe gedagtes met

positiewes:

Blamering word deur Odendal et al. (1994:90) omskryf as om die

blaam of skuld op die self of ander te werp. Indien 'n individu sinne en

woorde uiter wat horn of haar in 'n negatiewe lig stel of blaam op hom-

of haarself plaas, sal by of sy dan ook so optree. Dyer (1993:246-247)

meld dat indien die individu horn- of haarself as beperkend, dom,

angstig, swak en lomp beskou, sal verandering teegewerk word. Die

gemelde outeur (Dyer, 1993:311) noem die volgende kenmerke van

denke:

43.

Page 56: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Die krag van denke is groots.

Uit gedagtes word rigting aan die lewe gegee.

Die mens reageer op denke.

Die mens word dit wat by of sy dink.

Die mens se lewe is dit wat deur gedagtes geskep word.

Timm (1990:44-45) meld dat die individu in beheer is van hoe dinge

waargeneem of oordink word. Sommige mense sien altyd die spreek-

woordelike silwer randjie om die donker wolk terwyl ander net die

donker onweerswolk sien. Die outeur (Timm, 1990:44-45) beveel aan

dat herfrassering toegepas moet word. Herfrassering is die proses om

voortdurend 'n positiewe persepsie te skets. Matt Yana (1996:57) sluit

hierby aan deur te noem dat daar elke oggend en deur die loop van die

dag positief met die self gesels moet word. Verskeie outers verwys

hierna as self-bevestigings (Andreas & Faulkner, 1997:214-216;

Covey, 1994:132-135; Dyer, 1993:223; Staniforth, 1998:1-3). Covey

(1994:133) is van mening dat self-bevestigings oor die volgende vyf

eienskappe moet beskik: dis persoonlik, dis in die teenwoordige tyd

geskryf, dis sigbaar, dis positief en dis emosioneel. Voorbeelde van

positiewe self-bevestigings is:

"Ek is positief."

"Ek is gelukkig."

"Ek is gesond."

"Ek is suksesvol."

Tomlin (1998:2) se daar moet met die wenner binne die individu

gepraat word. Die outeur beveel aan dat negatiewe woorde vermy

moet word. Positiewe self-bevestigings het tot gevolg dat probleme as

uitdagings beskou word en positiewe lewenshoudings teenoor die self

en ander ontwikkel word! (Matt Yana,1996:57).

44.

Page 57: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

* Heg waarde aan vriendskappe en kies 'n model om na te volg:

Mense het mense nodig! (Maxwell, 1993b:165). Een van die grootste

belonings in die lewe, en een van die grootste uitdagings, kom van

verhoudings wat in die lewe gevestig word. Die individu se lewens-

houding teenoor die ander persoon in die verhouding beInvloed die

individu se gedrag en dit beInvloed weer die kwaliteit van die

verhouding (Matt Yana, 1996:48). Waarde kan aan vriendskappe

geheg word indien die "goue reel" — om ander te behandel soos die

self behandel wil word — uitgeleef word. Matt Yana (1996:49-51) stel

die volgende riglyne saam om die reel uit te leef:

Respekteer ander.

Vergewe en vergeet, dit is een van die grootste geskenke aan

ander maar ook aan die self.

Kommunikeer verwagtings, wees openlik, eerlik en luister na die

ander persoon.

Lewenshouding kan met behulp van ander se ondersteuning verander.

Maxwell (1993b:166) stel egter die volgende kriteria saam as model vir

'n vriend of mentor om na te volg:

Dit moet iemand wees waarmee elke dag gepraat kan word.

Dis iemand wat die individu se belange op die hart dra en wat as

motiveerder sal dien.

Die vriend moet openlik en eerlik wees.

Dit moet iemand wees wat self probleme kan oorbrug en 'n

positiewe lewenshouding openbaar.

Die model wat nagevolg gaan word moet egter met groot omsigtigheid

gekies word, want handelinge, gedagtes en lewenshoudings word

daardeur oorgedra. O'Callaghan (1998:1) meld dat dit modelle moet

wees waarna opgesien en nagestreef word. Die outeur (O'Callaghan,

1998:1) meld dat modelle se lewenshoudings, gewoontes, gebruike en

selfs boeke wat hulle lees nagevolg moet word. Robbins (1992:25)

45.

Page 58: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

meld dat die navolg van ander tydbesparend is omdat die spreekwoor-

delike wiel nie van vooraf ontwerp word nie. Die uitdrukking: "birds of a

feather flock together" is hier van toepassing (Maxwell, 1993b:167).

* Hanteer ander se negatiewe lewenshoudings:

Orals in die lewe is daar negatiewe mense. Matt Yana (1996:75) wys

daarop dat die individu 'n keuse kan uitoefen oor hoe om negatiewe

mense te hanteer. Vier keuses word deur die outeur (Matt Yana,

1996:75-76) onderskei:

Ignoreer die persoon en verwyder die self van horn of haar.

Aanvaar die persoon en verwyder die self van die persoon.

Aanvaar die persoon en poog om sy of haar lewenshouding te

verstaan.

BeInvloed die persoon se lewenshouding en gedrag.

Matt Yana (1996:76) meld dat om die ander persoon se lewenshouding

te kan verander, moet die individu se eie optrede, kommunikasie en

lewenshouding positief wees. Chapman (1990:49-50) meld dat die

individu soms gefrustreer kan word deur ander se negatiewe

lewenshoudings en lus voel om sulke persone dan "a piece of your

mind" te gee, maar daar moet eerder gepoog word om "a piece of your

positive attitude" oor te dra. Die individu hoef egter nie te vrees dat by

of sy van sy of haar eie positiwiteit sal weggee nie, die teendeel is

eerder waar: 'n positiewe lewenshouding word behou juis deur dit weg

te gee. Chapman (1990:51) meld die volgende voorbeelde om ander

se lewenshouding te beInvloed:

Besoek vriende wat moontlik 'n negatiewe lewenshouding het.

Wees self meer positief teenoor die persone waarmee daagliks in

aanraking gekom word.

Deel jou positiewe lewenshouding deur kaartjies, blomme en

gedagtes aan ander te stuur.

46.

Page 59: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Wees 'n empatiese luisteraar sodat ander hulle positiwiteit kan

behou.

Kommunikeer 'n positiewe lewenshouding deur motiverende

gesprekke en komplemente te gee.

Stel 'n voorbeeld as 'n positiewe persoon aan ander.

"Everyone winds up a winner by sharing positive attitudes with others!"

(Chapman, 1990:50).

* Kies voortdurend om 'n positiewe lewenshouding te openbaar:

'n Positiewe lewenshouding verbeter 'n individu se loopbaan (ook

inkomstegewys), interpersoonlike verhoudinge en die individu bereik

ook sy of haar doelwitte. Dit is 'n wenkombinasie in alle opsigte

(Chapman, 1990:73). Lewenshoudings het egter ook die nadeel dat dit

stagneer en selfs in regressie kan gaan indien dit nie onderhou word

nie (Maxwell,1993b:163). Dit is dus 'n voortdurende keuse wat

uitgeoefen moet word.

Die volgende tegnieke word in die literatuur gevind wat hier van

waarde kan wees:

Konsenteer op positiewe gedagtes en kies om positief te dink

(Chapman, 1990:45; O'Callaghan,1998:2).

Doen lets vir ander en spandeer kwaliteit tyd met vriende en familie

(Chapman, 1990:45; Tomlin, 1998:3).

Doen moeite met jou voorkoms (Chapman, 1990:53-55).

Leef jou missie en doel uit, bepaal sodoende wat werklik vir jou

belangrik is (Chapman, 1990:61-62; O'Callaghan, 1998:1).

Lag uit jou maag en ontwikkel 'n sin vir humor (Chapman, 1990:45;

Matt Yana, 1996:68; Tomlin, 1998:3).

Huil om van emosionele wonde te genees (Matt Yana, 1996:69).

Stel die self bloot aan positiewe klanke, reuke, emosies, proe

sensasies en visuele artefakte (Matt Yana, 1996:70-71).

Luister na motiverende mense en lees motiverende boeke (Tomlin,

1998:2).

47.

Page 60: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Matt Yana (1996:66) meld dat die individu voortdurend op soek moet

wees na die "golden nugget" in die lewe. Kies om die positiewe in die

lewe te identifiseer, al mag dit tyd neem. Deur die mag van keuse te

beoefen, bepaal die individu self sy of haar toekoms (Turner, 1994:10).

Bernard Shaw (in Turner, 1994:10) stel dit soos volg:

"Mense gee altyd hulle omstandighede die skuld vir wat hul is. Ek glo

nie in omstandighede nie. Die mense wat in hierdie woreld voor

uitkom, is die wat opstaan en uitkyk vir die omstandighede wat hulle

wil he, en as hulle dit nie vind nie, skep hulle die omstandighede."

John Robbinson van die Harper Groep in San Francisco leef die

oortuiging uit dat die individu geen beperkinge in sy of haar gedagtes

het nie, dat denke realiteit skep en dat elkeen verantwoordelik is vir

wat ervaar word (Jampoisky & Cirincione, 1994:228). Die individu moet

egter self die verantwoordelikheid dra en kies of by of sy wil verander

en sodoende'n positiewe lewenshouding openbaar. Timm (1990:89)

meld dat teenspoed in die lewe oorbrug kan word wanneer die individu

100% verantwoordelikheid vir die beheer en rigting van sy of haar lewe

neem. Die individu kies ook sy of haar lewenshouding teenoor die lewe

en dit word 'n persoonlike lewensreis. Die kuns is egter om die lewe te

beheer en nie toe te laat dat die lewe die individu beheer nie (Timm,

1990:92). Persoonlike leierskap is van waarde om die lewe en

lewenshoudings te beheer. Vervolgens word die rol van persoonlike

leierskap ten opsigte van lewenshouding bespreek.

3.3 DIE BYDRAE VAN PERSOONLIKE LEIERSKAP OM LEWENSHOU-

DING TE VERANDER

3.3.1 Inleiding

Robbins (1992:25) se: "You see, in life, lots of people know what to do, but

few people actually do wat they know." Kennis is nie genoeg nie, die

individu moet tot aksie oorgaan! Die uitdrukking van Robbins is ook van

toepassing op die verandering van 'n negatiewe lewenshouding na 'n

positiewe lewenshouding. Die gemelde outeur (Robbins, 1992:31) se vrae

48.

Page 61: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

wat aan die leser gestel word en die van Turner (1994:24) wat in

paragraaf 3.2.4 gestel is, kan aangepas word sodat dit op 'n persoonlike

leier se lewenshouding van toepassing is:

Hoe gaan jy jou lewenshouding vir die volgende 10 jaar uitleef?

Wat is jou lewenshouding vandag om sodoende die more te skep

waartoe jy verbind is?

Wat is jou standpunt oor lewenshouding van vandag af?

Persoonlike leierskap is die middel waardeur die drie genoemde vrae

beantwoord kan word! Vervolgens word daar gelet op die kenmerke van

persoonlike leierskap en hoe die kenmerke 'n bydrae kan lewer om 'n

positiewe lewenshouding te handhaaf.

3.3.2 Die kenmerke van persoonlike leierskap

Baldoni (1998:1) wys daarop dat die term persoonlike bemeestering

("personal mastery") as sinoniem vir persoonlike leierskap benut kan word.

Persoonlike leierskap word deur Clemmer (1999:6) omskryf as leierskap

oor die self wat uitkring na ander om hul te beInvloed, te rig, te ondersteun

en om hul te lei. Sayers (1996:1) sluit hierby aan en meld dat persoonlike

leierskap 'n persoonlike en voortdurende reis is om te verbeter, daar word

dus voortdurend gestreef om te groei of te ontwikkel. 'n Persoonlike leier

sal dan voortdurend poog en voihard om 'n positiewe lewenshouding te

openbaar. Baldoni (1998:1-3), Clemmer (1999:6-13) en Covey (1994:43)

identifiseer die volgende drie kenmerke van persoonlike leierskap:

"Inside out": Dit dui op selfkennis wat die individu oor sy of haar eie

paradigmas, karakter en motiewe het. Dit impliseer dat die individu self

oor 'n positiewe lewenshouding moet beskik voordat dit van ander

verwag kan word.

Karaktergebaseer: Dit dui onder andere op die individu se integriteit,

nederigheid, temperament, waagmoed, regverdigheid, geduld en

menslikheid.

49.

Page 62: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Beginselgesentreerd: Dui op fundamentele, ononderhandelbare riglyne

vir optrede wat bewys het dat dit die toets van die tyd weerstaan het en

van permanente waarde is.

Frank) (in Covey, 1994:69-75; Miles, 1997:3) identifiseer dat die mens oor

die vryheid van keuse beskik om tussen stimulus en respons sy of haar

reaksie te kies, ongeag omstandighede, vorige ervaringe of inherente

eienskappe. 'n Persoonlike leier kies om die kenmerke van persoonlike

leierskap uit te leef. Die keuses kan uitgeoefen word omdat die

persoonlike leier volgens Covey (1994:69-74) beskik oor 'n:

Verbeelding: Die vermoe om in die gedagtes lets te skep.

Gewete: 'n Innerlike bewustheid van wat reg en verkeerd is.

Onafhanklike wil: Die vermod om op te tree.

"Mede" bewussyn: Kennis oor die self.

Turner (1994:13) meld dat die mag van keuse 'n unieke eienskap van die

mens is en dat dit 'n voorreg is. Die outeur wys verder daarop dat die

keuses wat die individu oor sy of haar lewenshouding uitoefen, die individu

in staat stel om sy of haar eie liggaamlike, geestelike en emosionele

omgewing te skep. Aangesien die individu 'n keuse kan uitoefen, kan by of

sy dus kies om proaktief op te tree. 'n Proaktiewe individu is iemand wat

"respons-able" is, hulle blameer nie eksterne omstandighede, gebeure of

kondisioneringsinvloede vir hul lewenshouding nie. Reaktiewe mense

word beInvloed deur die "sosiale klimaat", fisiese omgewing en ander se

lewenshouding (Covey, 1994:72; Miles,1997:3). Indien die individu nie

proaktief optree nie en toelaat dat die eksterne invloede horn of haar

beInvloed, sal sy of haar lewenshouding en suksesse ook daardeur

geraak word!

50.

Page 63: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

3.3.3 Die bydrae van persoonlike leierskap om 'n positiewe lewenshouding

te handhaaf

Dikwels word individue se lewenshouding wel deur eksterne gebeure

beInvloed (Smith, 1998b:4). Smith (1998b:4) wys daarop dat negatiewe

lewenshoudings soms kan ontwikkel oor die landsituasie, oor misdaad,

oor die swaar stadsverkeer, of oor ongevraagde onderbrekings by die

werk. Persoonlike leiers wat proaktiewe individue is, tree egter binne hul

sirkel van invloed op. Hulle konsentreer dus op probleme wat wel verander

kan word (Covey, 1994:83). Probleme word volgens Covey (1994:85) in

drie areas ingedeel, naamlik:

Direkte beheer: dit is probleme wat op die individu se eie gedrag en

lewenshouding fokus.

Indirekte beheer: dis probleme wat op ander se gedrag fokus.

Geen beheer: dit is probleme waaraan die individu niks aan kan doen,

behalwe om dit te aanvaar, nie.

`n Individu kan dus direkte beheer oor sy of haar lewenshouding uitoefen.

S6 'n individu beoefen persoonlike leierskap!

Lewenshouding kan van negatief na positief verander indien die individu

die tegnieke sons in paragraaf 3.2.4. geYdentifiseer, toepas. Om 'n

blywende verandering teweeg te bring, moet persoonlike leierskap

uitgeoefen word. Indien persoonlike leierskap nie uitgeoefen word nie, sal

daar nie 'n blywende verandering in lewenshouding voorkom nie, dit sal

egter dan net van korte duur wees.

Covey (1994:317) meld dat verandering — ware verandering — van die

diepste innerlike wese, "inside out" kom. Lewenshouding word nie deur

"quick fix" persoonlikheidsetiek tegnieke verander nie. Die diepste

innerlike, denke, paradigmas, karakter en motiewe, moet ondersoek word.

Positiewe gedagtes lei tot positiewe lewenshouding wat weer lei tot die

individu se karakter en lens of paradigma waardeur die lewe beskou word.

Miles (1997:9) herinner die leser dat persoonlike leierskap 'n

nimmereindigende reis van selfontdekking en voortdurende persoonlike

51.

Page 64: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

groei is. Emerson (in Covey, 1994:318) som dit soos volg op: "That which

we persist in doing becomes easier — not that the nature of the task has

changed, but our ability to do has increased."

3.4 AFSLUITING

In die onderhawige hoofstuk is daar ondersoek ingestel na die verandering

van lewenshouding. Die volgende aspekte is aangespreek:

Die verandering van lewenshouding.

Waarom sommige mense nie hulle lewenshouding wil verander nie.

Die gevolge indien 'n persoon nie sy of haar lewenshouding verander

nie.

Tegnieke hoe om lewenshouding te verander.

Die kenmerke van persoonlike leierskap.

Die waarde van persoonlike leierskap om 'n positiewe lewenshouding

te handhaaf.

Robbins (1991:11) meld dat dit elke individu se persoonlike verantwoor-

delikheid is om veranderinge aan te bring. Covey (1994:71) verwys na die

woord "respons-ability" wat dui op die keuse wat 'n individu het om 'n

respons of lewenshouding te kies. Onthou Frankl, as oorlewende van 'n

Duitse konsentrasiekamp, se woorde: "The last of human freedoms is to

choose one's atitude in any given set of circumstances to — choose one's

own way (Bright, 1997:2). 'n Individu wat proaktiewe keuses uitoefen, 'n

"inside out" benadering volg, karaktergebaseerd en beginselgesentreerd

is, beoefen persoonlike leierskap en sodoende direkte beheer oor sy of

haar lewenshouding! Timm (1990:159) som die voortdurende reis van 'n

persoonlike leier om te verbeter soos volg op:

"Persistance is the greatest of all the power sources.

By determinely applying what we know to be useful,

we can and will achieve realistic goals."

52.

Page 65: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

HOOFSTUK 4

INTEGRASIE VAN DIE NAVORSING

4.1 INLEIDING

Die doel met hierdie hoofstuk is om 'n terugblik oor die navorsing te gee.

Uit die volledige navorsingstudie vloei die opsomming, samevatting,

gevolgtrekkings en aanbevelings van die navorsingstudie logies voort.

4.2 OPSOMMING

Die navorsingsprobleem wat in hierdie studie aangespreek is, was

waarom mense 'n positiewe of negatiewe lewenshouding openbaar en

hoe die mens uit 'n persoonlike Ieierskapsperspektief beheer oor sy of

haar lewensingesteldheid kan uitoefen.

Die doel was om na aanleiding van hierdie probleem 'n beskrywende

studie van die verband tussen lewenshouding, oftewel lewensinge-

steldheid en persoonlike Ieierskap te doen. Die navorsingshipotese wat uit

die probleemstelling afgelei is, was dat persoonlike Ieierskap en positiewe

lewenshouding interafhanklik is, oftewel dat persoonlike Ieierskap bydra

tot 'n positiewe lewenshouding.

Die motivering vir die studie was om te bepaal waarom sommige mense

oor gebeure kan lag terwyl ander daaroor huil, waarom is sekere mense

positief terwyl ander negatief is. Uit 'n persoonlike leierskapsperspektief

was dit noodsaaklik om die kragtige uitwerking van lewenshouding op die

mens se lewe te ondersoek en te beskryf sodat die waarde daarvan in

elke mens se lewe gedemonstreer en beklemtoon kan word aangesien die

mens se lewenskwaliteit en toekoms deur lewenshouding geskep word.

53.

Page 66: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Om die doel, hipotese en motivering van die studie te kon verwesenlik is 'n

hermeneutiese en beskrywende navorsingstrategie gevoig. Navorsings-

metodes wat aan die orde gekom het, was in besonder 'n literatuurstudie

en konseptuele analise.

Na aanleiding van die navorsingsprobleem, doel, navorsingshipotese,

motivering, navorsingstrategie en navorsingsmetodes is daar:

In hoofstuk twee 'n ondersoek geloods na wat lewenshouding is,

waarom lewenshouding so belangrik is en hoe lewenshouding

ontwikkel.

In hoofstuk drie bepaal of lewenshouding kan verander en die bydrae

_ wat persoonlike Ieierskap tot verandering in lewenshouding kan maak.

4.3 SAMEVATTING

`n Samevatting word uit die navorsingsprobleem en algemene doelstelling

deur middel van 'n literatuurstudie en konseptuele analise getref. 'n

Samevatting van die navorsingsondersoek word vervolgens aan die hand

van die spesifieke doelwitte sons in hoofstuk een, paragraaf 1.2

geIdentifiseer, voorgehou. Spesifieke navorsingsdoelwitte wat in die

navorsingsondersoek gemanifesteer het, was:

Wat is lewenshouding?

Waarom lewenshouding so belangrik is.

Hoe lewenshouding ontwikkel.

Hoe lewenshouding verander.

Hoe persoonlike Ieierskap 'n bydrae lewer om lewenshouding te

verander.

54.

Page 67: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

Vervolgens word die samevatting van die spesifieke navorsingsdoelwitte

weergegee.

4.3.1 Wat is lewenshouding?

Lewenshouding is volgens Roger en McWilliams (1990:487) die manier

waarop dinge benader word. Lewenshouding omvat alle gedagtes,

oortuigings en opinies, dit is 'n innerlike emosie (Spithill, 1989:1). Smith

(1998a:1) wys daarop dat lewenshouding gewoontes van denke is en dat

dit die primere faktor is wat bepaal of enige onderneming suksesvol is of

nie.

`n Positiewe lewenshouding het tot gevoig dat gunstige interpersoonlike

verhoudings gevestig word (Matt Yana, 1996:21) en dat 'n individu teenoor

horn- of haarself positief voel (Jampolsky & Cirincione, 1994:139). Dit kan

selfs 'n bydraende faktor tot genesing wees (Weinberg, 1998:5-6).

Negatiewe denke manifesteer potensieel in 'n individu se liggaam en kan

selfs tot siektes soos kanker, nek- en rugprobleme lei (Jampolsky &

Cirincione, 1994:142; Murphy, 1993:31-32; Weinberg, 1998:5).

Kenmerke van lewenshouding wat geIdentifiseer is, impliseer dat:

Lewenshouding in gedrag uiting vind (Lippa, 1994:211; Maxwell,

1993b:9; Weinberg, 1998:5).

Ander mense deur `n persoon se lewenshouding beInvloed word,

oftewel dat lewenshouding aansteeklik is (Maxwell, 1993b:11; Morley,

1998:1; Smith, 1998a:1);

Lewenshouding in voortdurende stryd is tussen dit wat innerlik ervaar

word en dit wat uiterlik sigbaar is (Chapman, 1990:4; Maxwell,

1993b:11).

55.

Page 68: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

* Lewenshouding op grond van voor- en afkeure evaluerend van aard is

(Covey, 1997:24; Lippa, 1994:214).

* Lewenshouding aangeleer en daarom nooit staties is nie, lewens-

houding kan dus verander (Chapman, 1990:4; Fishbein & Ajzen,

1975:11; Lippa, 1994:214; Spithill, 1989:7).

4.3.2 Waarom lewenshouding so belangrik is

In hierdie studie is bevind dat lewenshouding die kwaliteit van

interpersoonlike verhoudinge bepaal (Maxwell, 1993b:19). Aangesien die

mens poog om twee antropologiese grondmotiewe na te kom, is 'n

positiewe lewenshouding van belang om die brug tussen soliter na solider

oor te steek (Fromm, 1970:17; Hermans, 1983:77;). 'n Positiewe lewens-

houding is dikwels ook die verskil tussen sukses en mislukking (Maxwell,

1993b:23). Volgens Inamori (in Bedi, 1996:1) is 'n positiewe lewens-

houding die belangrikste kwaliteit van suksesvolle mense en bepaal dit

dikwels die uitkoms van 'n taak (Maxwell, 1993b:26; Morley, 1998:1;

Tempelhoff, 1999:11).

Downs (in Maxwell, 1993b:104) meld dat die mens nie gelukkig is weens

omstandighede nie, maar gelukkig is weens 'n positiewe lewenshouding.

Die mens kies dus self sy of haar eie lewensgeluk (Jampolsky &

Cirincione, 1994:7 - 8).

4.3.3 Hoe lewenshouding ontwikkel

Lewenshouding ontwikkel volgens die ontwikkelingspsigologie met verloop

van tyd (Louw, 1986:191; Maxwell, 1993b:59). Verskeie persone oefen 'n

invloed op die vorming van lewenshouding uit (Matt Yana, 1996:13;

Maxwell, 1993b:55-56). Aanvanklik oefen die ouers die meeste invloed uit

en in later jare soos wat die individu sosiaal met ander omgaan, oefen

56.

Page 69: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

portuurgroepe 'n sterk invloed uit (Louw, 1986:591; Matt Yana, 1996:13).

Volgens Rickwood (1997:2) en Maxwell (1993b:50) oefen die omgewing

en kondisionering ook 'n invloed uit op die vorming van lewenshouding.

Lewenshouding verander dus gedurig en kan afgeleer en later weer

heraangeleer word (Chapman, 1990:4; Matt Yana, 1996:13; Mark,

1998:1).

Aspekte of faktore wat tydens die studie geIdentifiseer is wat 'n invloed op

lewenshouding uitoefen, is:

Die individu se persoonlikheid (Jung in Sharp, 1987:12; Maxwell,

1993b:62).

Die omgewing waarin die individu leef (Matt Yana, 1996:13; Maxwell,

1993b:55).

Dit wat die individu hoor en lees (Maxwell, 1993b:56).

Die mate van aanvaarding wat die individu van ouers en ander in die

portuurgroep ervaar (Fromm, 1970:6 - 7; Louw, 1986:218).

Die beeld wat die individu oor horn- of haarself huldig (Erasmus et al.,

1996:26; Mark, 1998:1 - 2; Plug, et al., 1986:318). lndien 'n individu 'n

positiewe selfbeeld het, sal hy of sy ook sy of haar liggaam versorg en

in stand hou (Covey, 1994:288; Robbins, 1992:439 - 450).

Die mate waartoe die individu blootstelling aan nuwe gebeure kry en

gepaardgaande keuses wat hy of sy uitoefen (Maxwell, 1993b:72;

Ringer, 1990:40;). Robbins (1992:439 - 450) merk op dat 'n individu se

selfbeeld bestaan uit die somtotaal van keuses wat gemaak word.

4.3.4 Hoe lewenshouding verander

Individue wil dikwels nie verander nie weens 'n weerstand teen

verandering (Maxwell, 1993b:125). Die weerstand kom voor as gevolg van

die bekendheid met die huidige (Matt Yana, 1995:20; Maxwell,

57.

Page 70: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

1993b:123;), vrees vir mislukking met gepaardgaande kritiek (Andreas &

Faulkner, 1997:248; Maxwell, 1993b:98; Turner, 1994:40) en negatiewe

denke (Kravitz, 1995:20; Matt Yana, 1996:53). Indien die individu nie

verander nie sal by of sy stagneer en beperkinge op die eie vermoens

plaas (Andreas & Faulkner, 1997:323; Maxwell, 1993b:80; Robbins,

1992:81).

Verskeie tegnieke om lewenshouding te verander is in hoofstuk drie,

paragraaf 3.2.4, geklentifiseer. Die tegnieke is egter slegs waardevol

indien die individu self verantwoordelikheid neem om te wil verander

(Jampolsky & Cirincione, 1994:228). Timm (1990:92) meld dat die kuns in

die lewe is om die lewe te beheer en nie toe te laat dat die lewe die

individu beheer nie.

4.3.5 Hoe persoonlike leierskap 'n bydrae lewer om lewenshouding te

verander

Deur middel van persoonlike leierskap wat "inside-out", karakter- en

beginselgesentreerd is, kan die individu leierskap oor die self uitoefen en

dit kring weer uit na ander sodat hulle ook beInvloed word (Baldoni,

1998:1-3; Clemmer, 1999:6; Covey, 1994:43). Die individu is persoonlik

verantwoordelik om voortdurend proaktief en binne sy of haar sirkel van

invloed op te tree (Covey, 1994:83; Robbins, 1991:11; Smith, 1998b:4). In

die studie is daar bevind dat die individu direkte beheer oor sy of haar eie

lewenshouding kan uitoefen (Covey, 1994:83). Die vryheid van keuse wat

die individu oor sy of haar lewenshouding uitoefen is 'n unieke kenmerk

van 'n mens, maar ook 'n voorreg (Turner, 1994:13). 'n Positiewe

lewenshouding het tot gevolg dat die individu 'n positiewe liggaamlike,

geestelike en emosionele omgewing skep (Turner, 1994:13). Blywende

verandering is slegs moontlik indien 'n individu persoonlike leierskap, wat

`n nimmereindigende reis van selfontdekking en persoonlike groei is,

uitleef (Miles, 1997:9).

58.

Page 71: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

4.4 GEVOLGTREKKINGS

Gevolgtrekkings wat uit die studie voortvloei is dat:

'n Positiewe lewenshouding krities noodsaaklik is vir sukses en geluk

in die lewe. 'n Positiewe lewenshouding Iei tot positiewe resultate en

positiewe resultate Iei weer tot sukses en geluk in die lewe.

Die handhawing van bevredigende interpersoonlike verhoudings

afhanklik is van 'n positiewe lewenshouding.

Die kanse om aan siektes soos kanker, hartprobleme, diabetes en

migraine te ly kan deur 'n positiewe lewenshouding verminder en selfs

genees word.

Lewenshouding in gedrag uiting vind en daarom moet daar

voortdurend gelet word op dit wat gedink word, want die mens is die

somtotaal van dit wat gedink word.

Lewenshouding aangeleer is en kan verander, daarom is dit moontlik

dat elke individu wel oor 'n positiewe lewenshouding kan beskik.

Elke individu verantwoordelik is vir sy of haar eie lewenshouding.

Elkeen kan kies of by of sy 'n positiewe of negatiewe lewenshouding

wil handhaaf.

'n Persoon wat persoonlike Ieierskap beoefen, proaktief binne sy of

haar sirkel van invloed optree en die mate van beheer wat oor

omstandighede en gebeure uitgeoefen word, kies.

Persoonlike leiers kies om direkte beheer oor hul lewenshouding uit te

oefen, hulle kies om 'n positiewe lewenshouding te handhaaf.

Die uitoefening van persoonlike Ieierskap van kardinale belang is om

blywende verandering te weeg te bring. Persoonlike Ieierskap wat van

die diepste innerlike wese, "inside-out" kom, bring ware verandering

mee.

59.

Page 72: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

4.5 AANBEVELINGS

Teen die agtergrond van die feite wat uit die navorsingstudie aan die lig

gekom het, word die volgende aanbevelings gemaak:

* Dat 'n vraelys wat kultuurvry en geldig is, ontwikkel word. Vraelyste is

dikwels 'n koste-effektiewe metode om groot hoeveelhede inligting in 'n

kort tydperk in te samel. Die vraelys kan van waarde wees om

individue se lewenshouding op 'n bepaalde tydstip te bepaal. Uit die

resultate van die vraelys kan moontlike ontwikkelingsplanne of

instandhoudingsplanne vir die individu opgestel word.

* Dat 'n empiriese ondersoek geloods word om te bepaal of 'n positiewe

lewenshouding en persoonlike Ieierskap in korrelasie tot positiewe

resultate staan.

4.6 SLOT

Hierdie hoofstuk is saamgestel deur 'n oorsig te gee oor die voorafgaande

hoofstukke. Uit die agtergrond en die samevatting vloei die bevindinge,

gevolgtrekkings, aanbevelings en beperkinge van die navorsing. Die

studie kan deur die aanhaling van Frankl (in Bright, 1997:1) saamgevat

word:

"Everything can be taken from man but one thing: the last of human

freedoms — to choose one's attitude in any given set of circumstances — to

choose one's own way."

60.

Page 73: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

BRONNELYS

ALBRECHT, K 1996: Creating leaders for tomorrow. Oregon: Productivity.

ALLEN, RE ed. 1990: The concise Oxford dictionary of current English. Oxford:

Clarendon.

ALLSTARNETWORK 1998: Basic instrument flying: Attitude instruments flying.

[http://www.allstar.fiu.edu/aero/aif.htm] . October 1998.

ANDREAS, S & FAULKNER, C 1997: NLP: the new technology of achievement.

London: Nicholas Brealey.

BABBIE, E 1995: The practice of social research. Belmont: Wadsworth.

BADARACCO, LJ 1997: Defining moments. Massachussetts: Harvard business

school.

BALDONI, J 1998: Leadership: take it personally.

[http://www.1c21.com/thoughts1.htm] . Desember 1998.

BEDI, H 1996: Right attitude is the key to success.

[http://web3.asia1.com.sg/timesnet/data/ab/docs/ab0854.html] . March 1996.

BRIGHT, GM 1997: Quotes, illustrations, analogies and profundities.

[http://pw1.netcom.com/-spritx/frames.html] . November 1997.

61.

Page 74: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

BURLESON, CO 1996: Your "be" attitude.

[http://home earthlink.net/-lifestream/LS_Univ/workbook/attitude.htm] .

January 1996.

BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA 1983: Die Bybel: Nuwe vertaling.

Goodwood: Nasionale Boekdrukkery.

CHAPMAN, EN 1990: Attitude. Canada: Reid.

CHITWOOD, R 1998: A confident attitude is positively essential.

Ihttp://www.maxsacks.com/articles/psbj16.html] . August 1998.

CLARK, FS 1998: It's a matter of attitude. [http://www.menieres.org/attitude.htm] .

July 1998.

CLEMMER, J 1999: Growing the distance.

[http://www.1c21.com/thougts1.htm] . February 1999.

CORBIN, CB & LINDSEY, R 1997: Fitness and wellness. Madison: Brown and

Benchmark.

COVEY, SR 1992: Principle-centered Leadership. New York: Simon & Schuster.

COVEY, SR 1994: The seven habits of highly effective people. London: Simon &

Schuster.

62.

Page 75: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

COVEY, SR 1995: First things first. New York: Simon & Schuster.

DRAKE BEAM MORIN INC. 1998: Pursuit of personal excellence.

[http://www.dbm.com/career/advancement/strategies/news.html] . 1998.

DRAVECKY, D 1997: Surviving cancer: Attitude makes a difference. The

encourager, 3(3).

[http://www.dravecky.org/summer97/pape1.htm] . 1997.

DYER, WW 1993: Real magic. New York: Harper.

ELMS, AC 1976: Attitudes. The Open University: Milton Keynes.

ERASMUS, LE; BOWLER, A & GOLIATH, D 1996: Doeltreffende kommunikasie.

Kaapstad: Nasou.

FISHBEIN, M & AJZEN, I 1975: Belief, attitude, intention and behavior.

Massachusetts: Addison-Wesley.

FOSSUM, L 1998: Understanding organizational change. Los Altos: Crisp.

FROMM, E 1970: The art of loving. New York: Bantam Books.

GERBER, PD; NEL, PS & VAN DYK, PS 1995: Menslike hulpbronbestuur.

Halfweghuis: Southern.

63.

Page 76: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

GERLICH, Dr 1998: Lecture # 16: Attitudes.

Ihttp://www.drgerlich.com/m3421ect16.html] . April 1998.

GOLEMAN, D 1996: Emotional intelligence. London: Bloomsbury.

HAVERLOCK, J 1999: Attitude.

[http://www.methow.com/-jimhaver/pg000005.htm] . January 1999.

HERMANS, HSM 1986: Het verdeelde gemoed. Den Haag: Nelissen/Baarn.

HORNER, M 1995: Creating our personal best: the power of mastering our future.

[http://www.workteams.unt.edu/reports/mhorner.htm] . October 1995.

HYPERTEXT WEBSTER GATEWAY s.j.

[http://work.ucsd.edu.5141/cgi-bin/http-webster].

JAMPOLSKY, GG & CIRINCIONE, DV 1994: Change your mind, change your life.

New York: Bantam.

KELLER, J 1996: Attitude is everything: Associate with positive people.

[http://www.salesdoctors.com/keller/ke1017.htm] . July 1996.

KELLER, J 1997: Attitude is everything: The magnetic power of your thoughts.

[http://www.salesdoctors.com/keller/keI21.htm] . August 1997.

KNUTSON, L 1996: Talk on attitude.

[http://www.nas.com/-markt/attitude.htm] . October 1996.

64.

Page 77: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

KRAVITZ, SM 1995: Managing negative people: strategies for success. Menlo

Park: Crisp.

KRITZINGER, MSB & SABBAGHA, NG 1973: Afrikaanse spreekwoorde en

uitdrukkings. Elsiesrivier: Van Schaik.

LIPPA, RA 1994: Introduction to Social psychology. California: Brooks/Cole.

LOUW, DA 1986: Inleiding tot die psigologie. Johannesburg: McGraw-Hill.

MARK, R 1997: Positive mental attitude.

[http://www.proparenting.com/attitude.html] . December 1997.

MARK, R 1998: Positive mental attitude.

[http://www.proparenting.com/positive.html] . February 1998.

MATT YANA, M 1996: Attitude: the choice is yours. West Des Moines: American

media.

MAXWELL, JC 1993(a): Developing the leader within you. Nashville: Thomas

Nelson.

MAXWELL, JC 1993(b): The winning attitude. Nashville: Thomas Nelson.

McWHIRTER, ND ed. 1984: The Guiness books of records 1985. Middlesex:

Guiness Superlatives Ltd.

65.

Page 78: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

MEYER, PJ 1993: Effective personal leadership. Waco, Texas: Distributed by

Leadership Management International, Inc.

MILES, GE 1997: The seven habits of highly effective people.

[http://danpatch.ecn.purdue.edu/-gem/class/abe485/covey.html] . February

1997.

MORLEY, C 1998: How to develop a winning attitude.

[http://clix.net/sthworld/sthnew/women/win.html] . December 1998.

MURPHY, J 1993: The power of your subconscious mind. London: Simon &

Schuster

NIINNINEN, P 1999: Men's world records.

[http://www.hkkk.fi/-niininen/wrmen.html] . February 1999.

O'CALLAGHAN, JJ 1998: Success is an attitude.

[URL:www.groupweb.com/your/ejournal/success.htm]. April 1998.

ODENDAL, FF; SCHONEES, PC; SWANEPOEL, CJ; DU TOIT, SJ & BOOYSEN

CM 1994: Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal. Midrand:

Perskor.

PLUG, C; MEYER, WF; LOUW, DA & GOUWS, LA 1986: Psigologiewoordeboek.

Johannesburg: McGraw-Hill.

66.

Page 79: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

RICKWOOD, D 1997: Lecture 13: Attitude.

[http://www.canberra.edu.au/cwis/faculty/appleid science/lectures/971/

unit4313/13notes-5may-txt]. May 1997.

RINGER, RJ 1990: Million dollar habits. New York: Fawecett Crest.

ROBBINS, A 1992: Awaken the giant within. New York: Simon & Schuster.

ROGER, J & MCWILLIAMS, SP 1990: You can't afford the luxury of a negative

thought. London: HarperCollins.

SAYERS, F 1996: Personal mastery. [http:/www.opi-inc.com/personal.htm] . April

1996.

SENGE, PM 1997: The fifth discipline: The art and practice of the learning

organization. [http://www.qpl.com/senge.html] . October 1997.

SHARP, D 1987: Personality types: Jung's model of typology. Toronto: Inner city

books.

SMITH, DPJ 1990: Grondmotiewe, selfhandhawing en selfbeeld. Johannesburg:

RAU.

SMITH, DPJ 1993: Navorsingsontwerp en metodes van navorsing. Johannesburg:

RAU.

67.

Page 80: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

SMITH, DPJ 1998(a): Klasaanbieding oor houding en persoonlike leierskap

gelewer op 19 Februarie 1998 te RAU.

SMITH, DPJ 1998(b): Klasaanbieding oor om beheer te kry oor my eie levee

gelewer op 19 Maart 1998 te RAU.

SMITH, DPJ 1999: Klasaanbieding oor die filosofie van persoonlike en

professionele leierskapsfasilitering gelewer op 15 Februarie 1999 te RAU.

SOLO, 1999: You can change your self-esteem.

[http://www.solosingles.com/esteem.htm] . February 1999.

SPITHILL, P 1989: It all begins with attitude.

[http://www.essaydepot.com/english/attitude.html] . 1989.

STANIFORTH, J 1998: Guide to affirmations.

[http://www.newage.com.au/library/affirm.html] . March 1998.

TEMPELHOFF, E 1999: Sukses bepaal hoe jy teleurstellings oorkom. Beeld:

Kalender. 27 Januarie 1999.

TIMM, PR 1990: Recharge your career and your life. Los Altos: Crisp.

TOMLIN, B 1998: Attitude influences success.

[URL:www.westward.com/library/attitude.htm]. February 1998.

TURNER, C 1994: Sukses is maklik. Kaapstad: Tafelberg.

68.

Page 81: n Positiewe ingesteldheid as voorwaarde vir persoonlike ... · 'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP deur AMELIA HEPBURN NAVORSINGSESSAY voorgele ter

VAN DER WESTUIZEN, A 1995: Positiewe denke help seun (16) in stryd teen

kanker. Beeld. 15 Februarie 1995: 11.

VAN WYK, A 1997: Ons roeping en houding in 'n tyd sons hierdie. Die Kerkblad.

9 April 1997. [http://www.gksa.org.za/kerkblad/1997/9April/tyd.html] . 9 April

1997.

WEBSTER, M 1999: Meriam Webster dictionary.

Ihttp://www-m-w.com/cgi-bin/dictionary] . 1999.

WEINBERG, 11998: Quantam leap. Johannesburg: Sygma Books.

69.