23
Namibia 2012 Trip Report Deur Anton Heiberg Beplanning vir die trip het al in Desember 2011 begin. Al die besienswaardighede is min of meer gelys. ‘n Route is op Mapsource getrek om alles soortvan in n volgorde te kry en toe is daar begin om plekke te bespreek aangesien dit in Namibiese skoolvakansie sou val. Wel van die hoog seisoen het ons egter bitter min beleef. Die helfte van die reis plan was bespreek en die ander helfte was maar kom en sien wat daar is. Dit raak al moeiliker vir my om te bespreek want mens kry baie nice plekke maklik en bekostigbaar. Dag 1 : Vrydag, 23 November 2012 Van : Middelburg Na : Klerksdorp Afstand : 342km Reis tyd : 4:12 Temperatuur : 30°C Die skole sluit gewoonlik ‘n week voor die amptelike datum op die kalenders en ons beplanning was ook dat dit weer so sou wees. Ons was met ‘n dag uit en die kinders skip die laaste dag van skool. Dis beter om omverskoning as toestemming te vra en ons is nog nie lank op die pad toe ZR se juffrou ‘n SMS stuur om te hoor waar hulle is want hulle skryf nog toets. ZR is de moer in daaroor. Die pad is stil maar daar is n chirri-chirri geluid iewers aand die Landy wat my al lank pla maar ek kan nie die oorsprong daarvan bepaal nie. Ek bly bekommerd dat dit dalk weer n Universal joint is wat pla. Ons is vroeg in Klerksdorp en skoonma maak beeststert op die kinders se bestelling. Dag 2 : Saterdag, 24 November 2012 Van : Klerksdorp Na : Upington Afstand : 612km Reis tyd : 6:42 Temperatuur : 25°C maar voel baie kouer Na ontbyt vertrek ons na Upington. Dit is heeldag bewolk en koelrig net die regte weer om in n Defender ver te ry.. Nie een keer hoor ek die chirri-chirri geluid nie en mens weet nie of jy moet bly raak of meer bekommerd. Die bewolkte weer hou tot 30km voor Upington, waar die kinders moeg gesit raak en ons spot dat hulle moet draf tot in Upington. Hulle hou aan en ons laai hulle af om so 800m te draf voor ons verder ry. Ons slaap oor by n klasmaat van my wat ek vir die eerste keer in 21 jaar sien. Dis yskoud as ons saam Herman hulle braai. Kalahari skaap tjops, hoendernekkies , wors aartaapel gereg en slaai. (Nota aan self: Dankie tog ons het 2 kinders, 1 kind se nukke en grille sal ek nie kan hanteer) Die wind is koud al se die temperatuur dis 25°C en mens wil net baadjies aantrek

Namibia Report NovDec2012 - Overland

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Namibia Report NovDec2012 - Overland

Namibia 2012 Trip Report Deur Anton Heiberg

Beplanning vir die trip het al in Desember 2011 begin. Al die besienswaardighede is min of meer gelys. ‘n Route is op Mapsource getrek om alles soortvan in n volgorde te kry en toe is daar begin om plekke te bespreek aangesien dit in Namibiese skoolvakansie sou val. Wel van die hoog seisoen het ons egter bitter min beleef. Die helfte van die reis plan was bespreek en die ander helfte was maar kom en sien wat daar is. Dit raak al moeiliker vir my om te bespreek want mens kry baie nice plekke maklik en bekostigbaar. Dag 1 : Vrydag, 23 November 2012 Van : Middelburg Na : Klerksdorp Afstand : 342km Reis tyd : 4:12 Temperatuur : 30°C Die skole sluit gewoonlik ‘n week voor die amptelike datum op die kalenders en ons beplanning was ook dat dit weer so sou wees. Ons was met ‘n dag uit en die kinders skip die laaste dag van skool. Dis beter om omverskoning as toestemming te vra en ons is nog nie lank op die pad toe ZR se juffrou ‘n SMS stuur om te hoor waar hulle is want hulle skryf nog toets. ZR is de moer in daaroor. Die pad is stil maar daar is n chirri-chirri geluid iewers aand die Landy wat my al lank pla maar ek kan nie die oorsprong daarvan bepaal nie. Ek bly bekommerd dat dit dalk weer n Universal joint is wat pla. Ons is vroeg in Klerksdorp en skoonma maak beeststert op die kinders se bestelling. Dag 2 : Saterdag, 24 November 2012 Van : Klerksdorp Na : Upington Afstand : 612km Reis tyd : 6:42 Temperatuur : 25°C maar voel baie kouer Na ontbyt vertrek ons na Upington. Dit is heeldag bewolk en koelrig net die regte weer om in n Defender ver te ry.. Nie een keer hoor ek die chirri-chirri geluid nie en mens weet nie of jy moet bly raak of meer bekommerd. Die bewolkte weer hou tot 30km voor Upington, waar die kinders moeg gesit raak en ons spot dat hulle moet draf tot in Upington. Hulle hou aan en ons laai hulle af om so 800m te draf voor ons verder ry. Ons slaap oor by n klasmaat van my wat ek vir die eerste keer in 21 jaar sien. Dis yskoud as ons saam Herman hulle braai. Kalahari skaap tjops, hoendernekkies , wors aartaapel gereg en slaai. (Nota aan self: Dankie tog ons het 2 kinders, 1 kind se nukke en grille sal ek nie kan hanteer) Die wind is koud al se die temperatuur dis 25°C en mens wil net baadjies aantrek

Page 2: Namibia Report NovDec2012 - Overland

Dag 3 : Sondag, 25 November 2012 Van : Upington Na : Keetmanshoop Afstand : 523km Reis tyd : 6:14 Ons neem Herman hulle uit na Wimpy om darem dankie te sê vir die free lodging. Eet Brekvis by Wimpy. Enkel kind ruk die hoender met sy bestelling en eet nie alles op. Ons trek ‘n laaste keer geld en bel net die family voor ons oor die grens gaan. Ons ry seker 9 uur. Grenspos vat lank met al die verklarings by SARS en om vorms te laat druk en teken. Die Cross Border pass waarvoor ons R220 moes betaal moes ons ‘n hele paar keer by padblokkades wys gedurende die vakansie. Daar word niks gekyk in ons kar nie en ook geen vrae oor vleis gevra. Die res van die pad stil en ons maak broodjies langs die pad by een van die piekniek plekke langs die pad (Mens sien nie meer sulke goed in SA nie). In Keetmansoop gaan ons weer na die Kokerboom woud en kyk hoe die jagluiperde gevoer word. Ons kyk na ‘n paar plekke om oor te slaap maar besluit toe om weer by Birds Nest waar ons ‘n vorige keer was oor te slaap. So paar weke voor die trip het ek met die motorfiets geval en 2 ribbes gebreek . Die dat ons besluit het ons gewone kombuis kas met stoof etc sal te swaar wees om te dra en ons gebruik eerder kleiner kratte met alles in. Dis net hier waar Setilda my al gevloek en belet het om weer voor ‘n trip met die bike te gaan val. Sy mis haar kombuis kas vreeslik. Ons “kamp” so in die gaste huis want al wat eetplek is, is toe op Sondag en die pegro steaks wat so terloops saam gevat is word gaar gemaak. Dis die laaste trip dat ek nie al my vleis saam ry nie.

Page 3: Namibia Report NovDec2012 - Overland

Dag 4 : Maandag, 26 November 2012 Van : Keetmanshoop Na : Hammerstein (via Keetmanshoop) Afstand : 450km Reis tyd : 4:56 Temperatuur : 36°C Ontbyt by Birds Nest was weer uit die boek. Ons probeer vleis en ‘n paar ander goedjies by Spar kry maar dis Maandag oggend en hulle het nie eens maalvleis nie. Dis die LAASTE keer dat ek nie al my vleis saam neem nie. Ek sal dit smokkel maar my idee van vakansie is nie om in klein dorpies rond te hang en proviant aan te koop. Ek kry n MTC prepaid kaart en die vrou by die counter help mooi nadat ek skoon vereet het hoe my vorige Nokia aansit. Ons kom in Mariental by River View Charlet aan en dit lyk heel gaaf en pryse billik. Ons vra die vrou : “Watse besiens waaardigehede hier is om te sien?” “Nee Meneer, hier is nie eintlik sulke goed” “Nou moet ek maar eerder verby hou” “Ja mnr..” so gesê so gemaak Die Spar hier is beter as die een in Keetmanshoop en ons koop maar nog buns en koue vleis en skuif maar daarna aan in Sesriem se ringting . Sien hier ook die eerste van ‘n hele klomp mense wat met fietse toer. Weet nie of dit vir my is in daai hitte nie! By Maltahohe soek ons die tourist info en kry net die “No Free Pee, R10 per person” waar Setilda aanwysings kry na Hammerstein Lodge. Ons boek later daar in by een van 2 kamp staan plekke. Die swembad is lekker koel en die mak springbokke loop daar rond.. Badkamers is skoon en baie netjies. Daar sien ek ook iemand wat n band op die bakkie verwoes het en n persoon wat bande opsit en die kompressor saamry agter ins sy Fortuner. Die Fortuner sou ons later by Soliatre se bande plek weer sien.Ver om te ry en ek glo die prys vir die diens is ook seker n stywe ene.

Page 4: Namibia Report NovDec2012 - Overland
Page 5: Namibia Report NovDec2012 - Overland

Dag 5 : Dinsdag, 27 November 2012 Van : Hammerstein Na : Betesda Lodge Afstand : 287km Reis tyd : 5:42 Temperatuur : 46°C Die wind het die nag verwoes gewaai. Die rooftop tent raas in die wind en ek het maar min geslaap. Na pap ontbyt skuif ons aan na Betesda Lodge. Koste R654 vir 2 nagte. Ons is vroeg daar en besluit om maar solank die Sesriem canyon te gaan soek. Daar gekom en jy moet vir Canyon en Sossousvlei saam beaal. Koste R130. Met al die ry en dubbel betaal besluit ons om maar alles in een dag te doen. By Sesriem Canyon stamp Zerko sy kop teen die eerste “grot”en dis nie n groot sny nie, maar hy bloei soos ‘n vark wat geslag is. Dis nog te vroeg in die middag vir Dooie vlei om mooi fotos te kan neem en ons hang maar rond dink ‘n bier. Later besluit ek ons kan sommer by een van die kamp plekke stop die vrieskas, wat maar swaar trek in die 46°C hitte inprop, en middag ete onder die boom maak. Setilda reken nee ons moet uit die moeilikheid bly en eers toestemming vra. Ja sure R150 as jy jou eie lunch wil maak!! Ons skuif aan en kry die Elim afdraai waar ons toasted ham & cheese toebroodjies maak. Vat so julle inhalige #$%^&*. Die kids word deur doringboom peule en versamelvoels vermaak. Hordes kom drink vinnig as jy n paar druppels water in ‘n koeldrak proppie vir hulle neersit. Later skuif ons aan en kry die bord by Dooie vlei wat sê volg die merkers. Ons kry geen merkers en met kinders is ek nie lus om 1.1km in enige rigting in die woestyn in te neuk. Ek kry later die plek maar kan nie help om te voel ten spyte van baie moooi fotos dat die plek highly overrated is nie. Op pad terug kry ons Oosterlinge wat met hul Toyota bakkie vas geval het in die sand en help hulle uit met die hulp van nog n Land Rover man. Een paartjie van Austria wat eerste daar was om te probeer help sou ons later op ‘n paar ander plekke weer sien en gesels.

Page 6: Namibia Report NovDec2012 - Overland

Ons kom laat die aand weer by Betesda en voel dat ons alles hier rond gedoen het wat ons wou en Setilda wangel ons uit die volgende nag se bespreking deur dit te ruil vir ‘n ontbyt aan gesien hulle nie terugbetalings doen. Die nag is warm en ek gaan vir n vinnige night swim voor ek aan die slaap kan raak. Dag 6 : Woensdag, 28 November 2012 Van : Betesda Lodge Na : Solitaire Afstand : 103km Reis tyd : 1:20 Temperatuur : 36°C Met ontbyt was dit al klaar warm en my kinders maak die water en lemoensap seer. Ons skuif net na ontbyt by Betesda op pad na Solitaire. Ons daag redelik vroeg daar op en drink ‘n koeldrank en probeer die famous gebak van Moose se bakkery . Die lodge lyk gaaf en die pryse billik en dis net waar ons besluit om ons “free” night op die reisplan hier te spandeer. (Koste R80pp en kinders onder 16 gratis). Ons kuier heeldag rondom die swembad. Die temperatuur is vandag darem 36°C en koeler as gister. Middag ete was spaghetti bolognaise. Die wolke in Namibie is iets besonders en ons neem so paar fotos by die ou karre net voor son ondergang. Die aand probeer ons braai maar die wind maak dit onplesierig en ons moet die vuur skerm met ‘n stuk hardboard. Aande ete vark tjops , slaai en foil aatappels. Die paartjie van Austria is ook daar en ons gesels weer.

Page 7: Namibia Report NovDec2012 - Overland

Dag 7 : Donderdag, 29 November 2012 Van : Solitaire Na : Swakopmund Afstand : 303km Reis tyd : 4:52 Temperatuur : Ons ry tot in Walvis baai en kyk so bietjie rond. Langs die pad tussen Walvis en Swakopmund begin ons rond vra oor pryse vir die vermaak. Kry pryse vir quads maar boot vermaak is te duur. Ons besluit om maar die quad in die dune te doen by Langstrand aangesien hulle jou toelaat om kinders te lift en R300/uur. Ons is weer vroeg by Alte Brucke en slaan tent op voor ons die Pick & Pay opsoek vir aanvullings aan die kos kas. Koste by Alte Brucke was R1520 vir vier nagte. Die aand gaan eet ons uit by die by die Brauhouse op aanbeveling. Die plek het n lekker atmosfeer en ek wonder of dit is omdat daar geen TV’s of musiek speel? Dag 8 : Vrydag, 30 November 2012 Van : Swakopmund Na : Swakopmund Afstand : 21km Reis tyd : 1:16 Temperatuur : 23°C Laat opgestaan en brekvis gemaak. Die son kom eers ±07:00 op so dis laat vir ons. Het die krystal gallery besoek, koste was so ±R60 vir ons vier. Deur die strate gewandel en sommer net Swakop probeer verken. Die res van die dag gemors om simpel shopping te doen vir goed wat jy by die huis kry en nie kry in Namibia. Pita brood, soft buns en onder andere beacon is ook baie anders as waaraan ons gewoond is. Nie dat jy nie sal oorleef nie maar moeilik as die kinders vol nonsense is. Gaan stap langs strand. Aande ete se poging tot Subs (soos wat Debonairs maak) was ‘n kontinentale gemors. Kom daarvan as mens jou eie reëls breek om iets op kamp te probeer wat nog nie by die huis getoets is nie. Ons ontmoet weer die paartjie van Austria. Daar is ‘n paar reuke in die dorp wat jou nogal naar kan maak. Ons het later uitgevind dat dit die slegste ruik as iemand tuin

Page 8: Namibia Report NovDec2012 - Overland

of gras nat spuit en maar aan geneem dat daar riool water op die manier recycle word?

Dag 9 : Saterdag, 1 Desember 2012 Van : Swakopmund Na : Swakopmund Afstand : 170km Reis tyd : 3:43 Temperatuur : 22°C Setilda het Hennie se fotos gesien van Pelican point se light house en dit lyk mooi sy wil gaan kyk. Ek is rustig en kyk nie regtig wat en waar dit is nie. Sit dit in die GPS en daar gaat ons. Toe ons by die Walvisbaai sout werke verby ry begin dit liggies te drup. Ons volg maar die grondpaadjie en toe kom ons by die stuk dik sand uit. Eers is ek nie lus vir bande afblaas en of moontlik vas sit nie want daar is niemand in sig nie en ek het geen idée waar om hulp te soek as so iets sou gebeur. Dis nog 16km tot by die lighuis. Toe kom daar ‘n paar Defenders verby,,, jy kan sien hulle wiele is afgeblaas en hulle gee GAS. Ek blaas maar wiele af en probeer dieselfde doen. Die sand is sag en kompakteer nie. Wat egter jou spoed breek is die klomp diep spore waaroor jy heeltyd moet ry. Die Landy trek swaar en dalk is my bande nog nie pap genoeg. Ek kan voel hy raak warm maar nog niks wat kook. Ons stop by ‘n skeepswrak en ek blaas nog verder bande af en maak die enjin kap oop om die enjin te laat afkoel. Hopelik is daar bier by die lighuis wat sal opmaak vir die gesukkel. Kom by die lighuis aan en sien waar die klomp Landy’s vergader. Ek dag eers dis die 4x4 klub se afsluting maar kom gou agter dat dit die backup voertuie is van een of ander boot trip. By die lighuis waar ek hoop om iets kouds te kan drink word ons begroet met ‘n “No Entry Lodge guests only bord” Toe ons wil terug ry sit ek voor die lighuis se “hek” vas. Na ‘n rukkie se spook en sand weg grawe is ons uit maar dit ruik asof iets by die koppelaar dalk gebrand het? Hierna sou die clutch release bearing ook meer as gewoonlik en teen enige temperatuur begin raas as jy die

Page 9: Namibia Report NovDec2012 - Overland

koppelaar in trap. Ons trek net voor 14:00 in by die Langstrand Quads nl Dare Devils. Ons is net vier motorfietse in die groepie wat ry en dit sluit die gids in. Dis heel prettig en die woestyn duine is mooi en die lug koel. Ek besef ook gou dat as jy die plek nie ken nie jy jouself gou kan laat verdwaal of verongeluk in ‘n 4x4. Setilda se hoogtevrees laat haar by die eerste slipface vashaak en ons moes haar eers af help. Daarna is baie raad gegee en dit gaan beter, maar sy bly nog steeds skrikerig. Die kinders wil eerder saam met my ry want : “Mamma ry te stadig”.

Dag 10 : Sondag, 2 Desember 2012 Van : Swakopmund Na : Cape Cross en terug Swakopmund Afstand : 309km Reis tyd : 4:22 Temperatuur : 24°C Ons lys van dinge om te sien en doen sluit vandag Kaap Kruis (Cape Cross) se robbe en die dooie see in. Ons ry in Henties se rigting en die grondpad is so mooi dit het my ‘n hele paar kilometres se ry gekos om agter te kom ek ry eintlik op grondpad en nie ‘n teerpad. By Cape cross moet ons weer opdok vir die voorreg op die Robbe te kan sien N$30 per volwasse en N$10 vir die kar. Dit is die laaste paar dae van die rob broei seisoen wat an einde Nov tot omtrent 10 Desember strek en daar is klein rob welpies net waar jy kyk. Ongelooflik hoeveel dit nie maak nie en net daar vrek en hoeveel nog bloederig is so vars is hulle gebore. Sommige is ook maar dom en ons sien hoe ‘n ma seker vir 10min sukkel om die kleintjie te kry om te drink maar hy probeer haar vermy en skreeu net, dan pluk sy hom weer hardhanding terug.

Page 10: Namibia Report NovDec2012 - Overland

Oppad terug draai ons in om by die dooie see te gaan swem. Met die aankom lyk die swemgat maar effens leeg maar nog heel goed vir ‘n swem. Met die ingaan slag wil dit amper voel asof dit nie veel anders as enige ander water gat is nie, tot jy so driekwart lyf in is dan kan jy voel hoe jy soos n lee 2l coke bottle elke keer horisontaal gegooi word as jy probeer regop bly. Die kinders geniet dit, maar hulle luister nie mooi om nie te spat en daai sout/mineral water in hul oê te kry nie. Na die swem slaan die sout sommer so wit op jou vel uit en ons stort eers alles af langs die Land Rover met vars water.

Dis net voor 15:00 toe ons by Henties in ry om n plek te soek waar ons kos kan koop. Die enigste oop plek (Misty Bay Cafe) het toe n bord gekookte kos met poeding teen ‘n billike prys. Dit is toe ook net so voor toe maak tyd en ons kry darem nog die laaste sous uit die pot gekrap. Ons plan vir die afgelope 3 dae was om calamari by Tiger Reef beach bar in Swakop te gaan eet, maar hulle het een aand n privaat funksie gehad etc etc…toe ons wel daar uit kom is daar nie krag in die kombuis nie en die plan val toe ook deur die mat. Die krag was vir groot gedeelte van die dag af in Swakop en dit wil wil net begin inmeng met my selfoon en kamera battery herlaai schedule. Ten minste kon ons iets kouds kry om te drink en die Tiger Reef lyk of dit ‘n lekker kuier plek kan wees. Die kinders het darem ook maatjies gemaak gehad met mense van Windhoek wat ook by Alte Brucke kamp. Hulle kry die daar en speel weer lekker.

Page 11: Namibia Report NovDec2012 - Overland

Dag 11 : Maandag , 3 Desember 2012 Van : Swakopmund Na : Uis Afstand : 266km Reis tyd : 4:14 Temperatuur : 34°C Ons gaan weer by die Food Lovers Market verby wat omtrent die beste verkeidenheid vleis en groente het om weer die kos kas aan te vul. Na die inkopies skuif ons aan na Spitskoppe. Dis is ‘n baie mooi plek maar belaglik teen R400 /nag vir geen geriewe behalwe ‘n long drop. Die pryse het in die laaste jaar verdubbel nadat nuwe mense die bestuur van die community camp oor geneem het. Daar is storte by die hek maar jy moet regtig hardop wees om so ver te ry om dit te gebruik. My vrou kan dit nie oor haar hart kry nie en ons betaal toe R90 dagbesoekers fooi. Ons neem ‘n paar fotos en maak “wraps” vir middag ete voor ons aanskuif na Brandberg White Lady se rigting.

Page 12: Namibia Report NovDec2012 - Overland

By Uis kry ons twee kamp plekke en dis ‘n maklike besluit om een te kies teen R160/nag. (The White Lady B&B and Camping). Die vrou is vriendelik en buide dat ons die “dam” wat in ‘n

Page 13: Namibia Report NovDec2012 - Overland

uitgewerkte myn is waar hulle ook nou ‘n vis boerdery bedryf moet gaan kyk. Ons kamp reg langs die ablusie blok wat baie netjies is. Die kinders geniet ook die swembad en ons kry ‘n kans om te braai, die slag sonder n lastige wind.

Dag 12 : Dinsdag , 4 Desember 2012 Van : Uis Na : Brandberg Afstand : 42km Reis tyd : 0:54 Temperatuur : : 36°C Dis my Pa se verjaarsdag en ek probeer hom bel of SMS met die prepaid selfoon kaart maar die N$150 airtime wat ek die 26ste gekoop het is blykbaar klaar. Dit nadat ek geen oproepe gemaak het en minimale facebook updates. Dis ook net daar waar die prepaid selfoon idée om goedkoper oproepe te kan maak sy gat sien. Ons ry na die ander Brandberg white Lady waar dit weer R165/nag is, maar hulle sê die woestyn olifante is 22km ver en ons sal dit heel moontlik nie kan sien.. Ons drink ‘n Windhoek Draught by die bar en swem en wees sleg. Setilda wat gewoonlik nie bier drink nie het die toer nogal lekker bier saam met my gedrink. Teen middag ete sien ons die woestyn olifante so 400m van ons kamp staanplek waar hulle kom water drink by ‘n dammetjie wat vir hulle gebou is. Dis die eerste keer dat ons so naby olifante is sonder drade tussen ons en die klomp locals is ook maar nuuskierig dog versigting om saam te kyk. Een Duitse tannie was maar bang en wou eers weet of ons ook gaan oorslaap daar want sy wil nie alleen in die wild kamp ☺ Die aand se vermaak is donkies wat by ons kraan kom suip en mekaar skop om eerste te wees. Die donkies (warm water) was nog nie aangesteek nie en ek maak gou so 10 liter water in die jerry kan op cooking gel warm. Binne 10 min is dit warm genoeg vir stort en ons stort almal gou. Ek was verbaas hoe vinnig en maklik en relatief goedkoop die cooking gel gewerk het.

Page 14: Namibia Report NovDec2012 - Overland

Dag 13 : Woensdag , 5 Desember 2012 Van : Brandberg Na : Xhorixas Afstand : 266km Reis tyd : 3:57 Ons ry na Khorixas en probeer die Orrelpype, Verbrande Berg, Versteende woud en Twyfelfontyn langs die roete sien. By die orrelpype word ons welkom geheet deur ‘n man in uniform en ek wil net begin wonder hoeveel die gaan kos, toe hy beduie dat jy het daar is om telling van die besoekers te hou. Hou die spasie dop want ek glo die tolhek sal vinnig daarna volg. By Verbrande Berg is daar vir my nie regtig veel om te sien nie maar jy mag ook nie op die verbrande berg gaan nie. Ons ry Twyfelfontein se rigting en die hoofkwartier daar is netjies. Die boesman tekeninge of begeleide toer daarna is maar duur om te doen vir wat dit is en nie regtig in ons belangstellingsveld nie so toe gee ons dit maar ‘n skip. Dieselfe gebeur by die versteende woud waar hulle ook N$20 wil he as jy jou kar onder hul grasdak parkeer. Xhorixas is maar ‘n God verlate plekkie en die kamp buite die dorp seker die beste plek daar. As ons nie ‘n voorafbetaalde bespreking gehad het vir R300/nag nie sou ek verby gehou het. Ons gooi diesel doen so bietjie inkopies by die klein supermarkie en weereens, as jy vleis koop om aan die lewete bly geen problem maar as jy lekker wil eet op vakansie en jouself bederf…voer die vleis in. By Khorixas kamp was ons weer ‘n paar wasgoedjies terwyl die kinders onder die boom ‘n slag tyd kry om ‘n movie op die portable DVD player te kyk. Verder is dit net swem en wees sleg. Ons is die enigste kampers daar. Aandete is pannekoeke wat maar weer so bietjie sukkel om te bak in die wind. Ek begin n nuwe Murphy’s Law wat sê dat die kans dat wind gaan waai sodra jy ‘n gas stoof uithaal met 100% styg.

Page 15: Namibia Report NovDec2012 - Overland
Page 16: Namibia Report NovDec2012 - Overland

Dag 14 : Donderdag , 6 Desember 2012 Van : Xhorixas Na : Etosha Safari Lodge (Camp) Afstand : 270km Reis tyd : 3:13 Temperatuur : : 33°C Ry na Vingerklip en betaal R5 per persoon om in te gaan. Dit is n baie meer positiewe experience vir besienswaardheid sonder om ‘n mens te wil roof.. Ek kan nie help om te wonder hoeveel reen die vinger klipp sal deurstaan voor hy ook omval nie. Maar dan weer dit reen seker nie so baie daar. Ry na Etosha Safari Camp. By ontvangs deel Emily ons mee dat ons upgrade is na die Lodge agv personeel funksie wat hulle by die kamp terrein gaan hou en dat ons daarmee saam komplimentere aand ete sal kry. Sal dit reg wees so met ons? Ons aanvaar dadelik. So tussen ons, ek het R450/nag vir kamp plek betaal en die Lodge kos R950 pppn. Sy wys ons die shebeen tema kroeg en eetplek wat ons nie op hul website raak gesien het nie. Die is nou by die Etosha Safari Camp wat soortvan apart van die Etosha Safari Lodge bedryf word. Ons is baie beindruk aangesien die shebeen tipe décor etc lyk of dit n lekker vibe kan he, veral met die personeel wat daar rond is en in n festive mood is. By die lodge slaap ons op wit lakens en hemel beddens…baie nice maar ietwat van ‘n issue as jy met klein kinders wat gewoond is om te kamp daar moet bly. Nie lank nie of ons is langs een van 3 swembaddens met ‘n yskoue Windhoek draught. Die sundowner deck kyk uit oor die “bos” en jy kan tot by Etosha se hek sien.

Aandete is van 19:00-21:00 uur en almal kom eers voor die tyd op die deck ‘n sundowner cocktail geniet. ‘n Lieflike son ondergang met Mojito’s. Aandete is ‘n 3 gang maal met ‘n wildsvleis gereg en poeding etc. Die lodge gaste is maar n ietwat stywe klomp en ons besluit ons sal die volgende aand eerder by die Shebeen gaan eet. Daar is sommer weer n mini familie geveg oor my kinders wat hulle neuse vir dit en dat optrek en te veel van ander goed skep en nie eet nie en of net ondankbaar is…seker maar tipies.

Page 17: Namibia Report NovDec2012 - Overland

Dag 15 : Vrydag, 7 Desember 2012 Van : Etosha Safari Lodge Na : Etosha Safari Lodge Afstand : 221km Reis tyd : 5:42 Temperatuur : 36°C Ons staan vir die eerste keer vroeg op voor 6 uur, vir ons dagbesoek aan Etosha. Etosha Safari Lodge is net 9km van die Anderson hek af en ons wil net na sonopkoms daar wees. Betaal die toegangs fooi van N$60 per persoon en N$10 per voertuig kinders onder 16 jr gratis. Ons koop ‘n park padkaart in Okaukuejo kamp, maar sukkel hier en daar om ons bearings by mekaar te kry want die pad aanwysings bakens is geverf en baie onduidelik as die verf afdop etc. Ons kry baie tarentale en op ‘n stadium dink ek dis al wat daar is. Later stop ons vir ontbyt by die piekniek plek en nie dat daar groot fout is nie maar Kruger Park sin lyk soos ‘n 5 ster hotel in vergelyking. Ons sien onder andere: kameelperd, blou wilde beeste, kudu, springbok, gemsbok, rooi jakkals, volstruise, korhaan, kraaie, grond eekhoring, tarrentale, bont kiewiet, sekretaris voel Die wolke is asemrowend mooi en menige foto is net wolke en so klein bietjie landskap met n verdwaalde boom. Die watergate by die kamp lyk na iets besonders en ek wonder of mens nie maar die ietwat duurder park kamp fooie moes betaal om die nag by die watergat te kan spandeer. Vir middagete braai ons langs Okaukuejo se swembad, maar jy kan sien hierdie ouens cater nie regtig daarvoor nie en wil jou forseer om by die restaurant te eet. Op ‘n stadium is daar ‘n groep by die restaurant en hul keuses was beperk tot hamburgers of ham en kaas broodjies

Laat middag ry ons terug Etosha Safari Camp toe. Ons drink iets by die bar (500ml Windhoek draught R20, billik, 330ml Fanta R18, eina). Ons moet darem net gaan kyk hoe die kamp plek lyk. Daar gekom kry ek ‘n Duitser wat ‘n Land Rover gehuur het en besig is om die tent op te slaan. Ek kan op ‘n myl sien hy het nie n clue hoe nie. Voor hy homself beseer moes ek maar help aangesien

Page 18: Namibia Report NovDec2012 - Overland

hy dieselfde RTT op die dak het as ek, en sy vrou het gaan stort en sy dogter is nie van plan om te help. Aandete is weer n driegang maal maar die slag is die mense darem meer relaxed. Daar is twee kunstenaars wat in die agtergrond shebeen musiek verskaf met n keyboard en kitaar. Baie aangenaam. Ons bly dors en het seker 4 bierbekers met water uitgedrink, die klomp moes seker gedink het ons is baie suining of gesondheids bewus ☺.

Dag 16 : Saterdag, 8 Desember 2012 Van : Etosha Safari Lodge Na : Halali Camp, Etosha Afstand : 184 km Reis tyd : 4:45 Temperatuur : 34°C Die slag is ons nie weer so vroeg op nie en ry weer rustig na Etosha. Die meeste plekke naby Okaukuejo kamp het ons nou al gesien en probeer maar so vinnig moontlik by Halai uit kom sodat ons die roetes daar rondom kan verken. By Halai ingeboek mis ek die aansteek borde van SA parke wat sê waar mens wat gesien het, doen navraag en daar in die hoek lê n boek maar die inskrywings is maar yl…seker oor dit nie algemeen bekend is nie. Die kinders swem weer en op n stadium sien hulle ‘n oom en hulle kom sweer hulle het die mannetjie uit “The Lorax” gesien. Dis jammer ek het nie n kamera naby gehad nie want as ek nie beter geweet het nie kon ek sweer dis presies daai man wat hulle in die movie geteken het. Die middag was ek gou weer n paar klere en vroulief hang dit op en dring aan dat n foto geneem moet word…wil seker claim sy het gewerk op vakansie. Die middag gaan ry ons ‘n paar draaie na van die watergate. Sommige watergate is kurkdroog en

Page 19: Namibia Report NovDec2012 - Overland

daar is meer water langs die pad van ‘n vorige nag se paar reen druppels. Die gewone springbokke en gemsbokke sien mens maar ons kry nog nie olifante nie. Dan besluit ons om “net een laaste plek te gaan kyk” voor ons ons terug draai kamp toe (ok dit gebeur nogal gereeld as jy min goed sien) en daar kry ons die olifante. Spier wit van al die stof lyk hulle soos spook olifante. Hulle is alreeds oor die pad en mens kry net ver fotos van hul agterkante. Ons ry tot by die pan uitkyk punt waar mens kan uitklim. Die pad tot op die pan is met ander grond bedek en party manne het al daarvan probeer af ry . Dis nie te ver van die pad se rand dat die spore baie vinnig baie diep raak nie. Terug in die kamp is dit my Duitse vriend (wat gesukkel het met die RTT) wat kom kamp maak langs ons. Dis nie lank nie of hy kom en nooi my vir n bier en ons staan lank en gesels. Terwyl ons so gesels is daar ‘n ratel wat in die kamp rondloop en stukkies vleis optel. Die lig is al te swak en ek kry nie n goeie foto nie maar ‘n skare versamel gou om die dier terwyl hy in die gras lê en eet. Die aand is ons net na 20:00 by die watergat en daar is n renoster, so 15 olifante en 5 leeus wat by die watergat is. Almal wat dink leeu is koning van die bos…dink weer. Die olifante veral so jong klein bulletjie het die renoster gejaag en die leeus op hul tone gehad. Die leeus het op die ou einde in n waterplas langs die dam gedrink soos die olifante hulle daar weg hou. Ons sit amper ‘n uur en n half en kyk hoe die wisselwerking tussen diere werk en die kinders geniet dit vreeslik. Hulle wys kort kort vir die dame langs hulle wat aangaan…asof sy nie self kan sien.

Dag 17 : Sondag, 9 Desember 2012 Van : Halali Camp, Etosha Na : Waterberg Plateu Afstand : 354km Reis tyd : 4:43 Temperatuur : 30°C Net so 2km buite Halai se hek kry ons die olifante van die vorige nag wat oor die pad loop. Hulle is nie haastig nie en hou n konstuksie watertrok op. Ons kry ‘n hele klomp mooi fotos van die lomp

Page 20: Namibia Report NovDec2012 - Overland

kleintjie wat aan sy ma wil drink. Dis ook die eerste keer dat ek regtig n olifant se spene sien en is verbaas hoe baie dit na ‘n vrou se borste lyk. Dan is dit maar soortvan reguit hek toe om na die volgende plek te gaan. Ons doen weer inkopies in Outjo en later langs die pad kry ons n reuse luislang wat dood gery is. By Waterberg Plateu kom ons agter dat dit nie juis veel van n park is soos ons daarvan hou nie en jy kan nie op wild ritte gaan nie etc. Daar is met ons aankom n klomp dagbesoekers met radios wat blêr. Die kampeering saam met park fooi werk R550/nag uit. Ons probeer een nag se bespreeking kanseleer maar ons gaan ons geld verloor en besluit om maar net rustig te wees en maar die stap roetes te doen voor ons weer ‘n lang stuk pad aandruf. Daar is ‘n overland toer groep ook en soos met meeste ander overland groepe wat gedurende die toer gesien het is hulle stil en rustig en pla glad nie. Die staff kwartiere is egter raserig en musiek speel en kinders huil tot laat in die nag

Dag 18 : Maandag, 10 Desember 2012 Van : Waterberg Plateu Na : Waterberg Plateu Afstand : 0 km Reis tyd : 0 hrs Ons staan rustig en laat op, maak plaatkoekies vir ontbyt. Daar is nogal heelwat voël lewe in die kamp. Ons sien die erste keer bloupenspapagaaie en groottroupante. Daar is ook ‘n groot groep dwerg muishonde by die kamp verby. Later gaan stap ons die roete tot teen die platau rand uit en dan weer met die plaveisel pad terug kamp toe. Laat middag vat ons die kinders weer swembad toe (wat 1.1km van die kamp plek is) Daar is ‘n paar local mense en ons kom agter dat heelwat van die volwassenes nie kan swem nie en kort kort my kinders wil help as hulle in die diep kant induik? Die aand probeer ons sonsondergang fotos van die kanse neem maar mens kry nie afstand sonder om bome in die voorgrond te kry.

Page 21: Namibia Report NovDec2012 - Overland

Dag 19 : Dinsdag, 11 Desember 2012 Van : Waterberg Plateu Na : Zelda’s Guest farm Afstand : 296km Reis tyd : hrs Temperatuur : 32°C Die plan was om tot in Windhoek te ry en dan daar te kamp of gaste huis te soek. Ons was vroeg daar en het by die toeriste info gaan kyk wat daar is. Die vroutjie daar was baie behulpsaam en vriendelik. Daarna het ons weer inkopies gaan doen by Checkers. Die lekkerste ding wat ons gedoen het in Windhoek was om Checkers se pasteitjies op die Hilton Hotel se grasperk te gaan eet ☺ Gelukkig was ons klaar voor sekuriteit kom droom om ons af te jaag. Ons gaan by beide kamp plekke wat daar rond is verby maar nie een is nou ons idée van vakansie kamp nie…nie onder n skadunet langs die hoofweg in elk geval. Ons besluit om aan te hou en te kyk wat ons langs die pad kan kry. Op die ou einde stop ons eers by Zelda’s wat ons beplan het om ‘n nag later by te oornag. Lekker as daar niks bespreek is nie dan is alles baie flexible. Koste by Zeldas is R280/nag Zeldas is n baie lekker kamp plek…met klein dingertjies wat vir my punte getel het soos die groot sement werk oppervlaktes, die kraan wat naby is en die braaier skoon en netjies met ‘n kole krap yster! Ontmoet en gesels met nog Land Rover einaars wat oppad is Torra baai toe. Ons kyk hoe die jagluiperd en luiperd gevoer word (geen koste) Die local mak meerkatte kom maak ook later ‘n draai en kom soek kos. Hulle was te vrede met oorskiet tamatie.

Die nag 23:00 word ek wakker en dit klink asof dit hard reen…maar niks val op die tent nie. Na ‘n paar minute staan ek op en kom agter die waterpyp na die ablusie blok wat vroeër die dag gelek het het nou heeltemal uit sy fitting getrek en spuit ‘n boog. Ek gaan maar na die opstal en probeer die mense wakker klop om te kom regmaak voor die hele dam leeg gespuit is

Page 22: Namibia Report NovDec2012 - Overland

Dag 20 : Dinsdag, 12 Desember 2012 Van : Zelda’s Guest farm Na : Kang Afstand : 414km Reis tyd : 4:12 Temperatuur : Die boer van die plaas kom kyk net weer na die tydelike herstel van die water pyp en sê dankie dat ek hulle kom roep het. Na ‘n kort geselsie vra hy of ons tyd het want hy wil ons gou die boskamp gaan wys. Ons spring gou almal in sy 4 wiel motorfiets karretjie. Die plekkie lyk heel gaaf en hulle het ‘n watergat met “birdhide” naby. Onder die een grasdak daar ingeloop toe ‘n perdeby besluit om my op die neus te piets..eina! By die grens gaan dit redelik vinnig tot ons in die ry kom om die road tax te betaal en toe wag ons…een van ons langste border crossings nog van een en ‘n half uur (ja ek weet ids niks om oor te kla nie) Die permit kos P120. Weereens word die nie in ons kar gekyk en of enige vrae oor vleis gevra nie. Die Trans Kalahari highway is lang maar darem nie heeltemal so vervelig soos wat ek verwag het nie. Ons het tot ‘n klomp aasvoels gesien wat op ‘n gevrekte bees langs die pad toe gesak het. Ongelukkig het hulle weg gevlieg toe ons omdraai om te probeer fotos neem. Middag ete is ‘n piekniek lanks die pad met wraps. Daar kom heelwat karre verby in die tyd en dit voel skoon aardig om soveel verkeer te sien nadat Namibia se paai so stil was.

By Kang probeer ons slaap plek kry en omtrent al wat nog plek het is Nkisi Guest house. Die kamer kos R550/nag en ons is happy campers. Aand ete is by die reataurant langs die garage. Oppad terug kry ons ‘n kat en die kinders vryf hom. Daar besluit die kat sommer ons is ‘n olraait klomp en volg ons na die gaste huis. Hy maak homself tuis en die kids geniet dit vreeslik. Voor ons gaan slaap sit ons die kat buite maar teen 4 uur die oggend het hy weer ‘n oop venster gekry en kom

Page 23: Namibia Report NovDec2012 - Overland

kuier verder. Setilda was tempted om die ding in te laat en huistoe te bring Dag 21 : Dinsdag, 12 Desember 2012 Van : Kang Na : Middelburg Afstand : 825km Reis tyd : 8:37 Temperatuur : Dis renerig en weer lekker weer vir ver travel in ‘n Defender. Kry net alles mooi gelaai voor dit harder begin reen. Ons maak vol diesel by die garage en hulle aanvaar kaarte maar jy moet met kontant Rande of Pula betaal as jou kaart nie deurgaan en hulle wisselkoers is nie baie gunstig. Ons ervaar geen probleme nie. Die grenspos is vinnig en dis weer lekker om terug te wees op tuis grond. Ons wou kamp naby Zeerust maar met die weer wat dreig om te reen is ons nie lus om onder ‘n tent in die reen rond te sit nie. Ons besluit om huis se kant toe te ry en as die weer verbeter sal ons kyk of ons nog lus is vir kamp anders skuif ons reguit huistoe. Naby Brits lyk dit ok maar almal is moeg gery en wil eerder huistoe. Ons kom 17:45 by die huis aan. Moeg gery maar dit was n lekker vakansie en bly om te sien alles staan nog by die huis nadat daar n vlaag inbrake was die paar weke voor ons gery het. Die totale reis afstand was 6 538 km