33
PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 33 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief ONTWERP V1 TEORIE FEBRUARIE/MAART 2009 MEMORANDUM NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

PUNTE: 150

Hierdie memorandum bestaan uit 33 bladsye.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

ONTWERP V1

TEORIE

FEBRUARIE/MAART 2009

MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

Page 2: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG 1 [20 punte]

AS1: Demonstreer ‘n basiese begrip van ontwerp soos in die definisie uiteengesit.

AS2: Demonstreer basiese kennis van die teorie wat ontwerp ondersteun en die terminologie wat dit beskrywe.

1.1 [10 punte] 1.1.1 (Ken 6 punte toe.) Die volgende mag in die analise ingesluit word:

o Die vloeiende lyne (element) skep sirkels en blomme op die baadjie. o Die tasbare teksture (element) van die materiaal, naamlik die ferm materiaal

van die baadjie en die sagte binnebaadjie/ -tunika dra by tot die interessante teksture.

o Tonale waardes (element) – skakerings of tonale waardes word in die

baadjie gebruik met ligte sirkels teen ‘n donker agtergrond

o Vorm (element) – herhaling van tweedimensionele vorme, naamlik die sirkels, skep pragtige materiaalstof.

o Kontras (beginsel) – die rigiede, vaste vierkantige vorm van die baadjie

kontrasteer met die vloeiende, organiese vorm van die wit binnekleed.

o Die lineêre (blomagtige) herhaling van patrone op die broek skep ritme (beginsel). OF ritme (beginsel) word verkry deur die herhalende motiewe (naamlik sirkel-motiewe) van die baadjie. (slegs 2 punte)

o Patroon (beginsel) – sirkulêre patroon-motiewe op die baadjie word gebruik

saam met kurvilineêre, organiese patrone op die broek om die materiaal te skep. Die patroon skep eenheid en ritme. (beide beginsels)

o Asimmetriese balans (beginsel) word verkry deur die verskillende lengtes

van die kledingstuk en dit dra by tot die algehele aantreklikheid van ‘n eenvormige ontwerp. Bv. kort baadjie, lang romp en broek.

o Skaal/ Proporsie (beginsel) – die klere is in proporsie met die menslike

liggaam.

o Fokus-area (beginsel) – die protea-seël op die agterkant van die baadjie trek al die aandag.

(Ken enige 6 punte toe.) Leerders mag verwys na enige ontwerpelement (spikkel/ lyn, kleur, tonale waarde, vorm/vlak, tekstuur) of ontwerpbeginsel (balans, ritme, proporsie/ skaal, fokuspunt, eenheid/ kontras). LET WEL: Elkeen moet gemotiveer en verduidelik word soos vanuit die voorbeeld.

Page 3: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 3 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Die noem van elemente en beginsels van ontwerp kan slegs ‘n maksimum van DRIE punte verdien. Die balans (3 punte) word opgemaak deur die bespreking van MIDDEL (toepassing van elemente en beginsels van ontwerp) & HOËR (kritiese analise van elemente en beginsels van ontwerp). (6)

1.1.2 (Ken 4 punte toe.) Leerders sal hierdie vraag vanuit verskillende oogpunte benader.

Opinies moet op gepaste ontwerptaal gebaseer word. Motivering vir ‘ware’ Suid-Afrikaans

o Die keuse van material toon ‘n kombinasie van kulture wat die diversiteit van die land weerspieël. Shweshwe-materiaal (inheemse Afrika-kultuur) het uniek Suid-Afrikaans geword, en dit is gekombineer met sagte wit katoen in die binnebaadjie/- tunika.

o Shweshwe-materiaal was oorspronklik ‘n belangrike en kosbare handelsitem tussen die Europese handelaars en die inheemse Afrika-bevolking. Dit was spesifiek ontwerp en gemaak in Europa vir die 18de-/19de-eeuse handelsmark. Dit word nou plaaslik gemaak.

o Patrone op die broek (blomagtig) en die baadjie (sirkels) kan gesien word as afkomstig vanaf Afrikaans / Islamities / Indies, bv. arabesk.

o Die Suid-Afrikaanse posseël skep ‘n unieke Suid-Afrikaanse styl. Die proteas is tipies Suid-Afrikaans. Dit is ons nasionale blom.

o Die posseël lees ook as ‘n metafoor vir uitvoer – die stuur van ontwerpe vanaf Suid-Afrika na ander lande. Ons ontwerpe is so uniek aan Afrika dat ons dit kan uitvoer.

o Die kledingstuk se patroon/ styl weerspieël ons tradisionele Europese pak klere, naamlik ‘n baadjie en broek, op ‘n spitsvondige manier.

o Die lang, wit katoenhemp is heel moontlik van ons eie Suid-Afrikaans-vervaardigde katoen gemaak.

o Dit is waarlik Suid-Afrikaans, want dit is gemaak deur ‘n mode-ontwerper wat haar Suid-Afrikaanse oorsprong vier. Sy bly in Suid-Afrika en gebruik inheemse invloede.

o Die gebruik van patrone op hemde / baadjies is gewild gemaak deur Mandela, selfs

as formele drag – tipiese Suid-Afrikaanse tendens (sonder ‘n das).

Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord. (4)

V1.1 VLAK

KOGNITIEWE VAARDIGHEDE

GEWIG %

VRAE PUNTE 10

Lae orde

Waarneming Visuele begrip

30%

1.1.1

3

Middel-orde Toepassing van elemente

40%

1.1.1 + 1.1.2

3 + 1

Hoë orde

Analise Sintese Evaluering

30%

1.1.2

3

Page 4: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 4 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.2 1.2.1 (Ken 4 punte toe.) Die stoele kan Postmodern wees. o Daar is visuele teenstrydighede - soliditeit (jy kan daarop sit) teenoor

deursigtigheid (materiaal is deurskynend). o Teenstrydighede wys ‘n sin vir ironiese humor, ‘n visuele woordspeling. Kan ‘n

mens op ‘n deurskynende glasagtige stoel sit? o Deurskynende plastiek (kristalhelder) wat hout verteenwoordig. Moderne

materiale gebruik vir die herskepping of vernuwing van ‘n historiese styl. o Pas die verbruiker se leefstyl, omdat hierdie stoele maklik massavervaardig kan

word deur middel van nuwe tegnologie (enkele gietvorm). o Materiale: Perspex/ plastiek. Verwys na die ‘goedkoop’ weggooi-materialisme

van Postmodernisme. o Wys die eklektiese ‘leen’ en meng van historiese style. In hierdie geval ou

tradisionele stoelstyl met moderne eenvoudig, tipies postmodernisme. o Die woorde “Louis Ghost-/Spookstoel” is ook ‘n woordspeling. OF

o Die stoele kan Art Deco wees. o Ovale stoelrug kontrasteer met die reglynige pote, tipiese gebruik van

geometriese vorms. o Die visuele gewigloosheid (deurskynendheid) kan aan die visuele gewigloosheid

van dansers in Diaghilev se Ballets Russes herinner – ‘n kontekstuele vergelyking.

o Blink, weerkaatsende oppervlakke was tipies van Art Deco. o Die gebruik van plastiek het gedurende hierdie tyd begin. Hier sien ons

deursigtige, deurskynende plastiek (Perspex-agtig). Art Deco maak nie net van hout gebruik nie, maar ook van nuwe “moderne” materiale, bv. staal, glas en in hierdie geval plastiek.

o Stoelontwerpe vertoon weelderig – kan tot ‘n luukse mark spreek.

1.2.2 (Ken 6 punte toe.) Sien voorgeskrewe/aanbevole LOOM's is in die LPR.

Sommige moontlike universele beginsels van ontwerp & hulle impak op die toeskouer: (Kies slegs 3.) o ‘Vorm volg funksie’. Skoonheid in ontwerp volg uit suiwerheid van vorm – dit lyk

soos ‘n stoel. Die leerder kan redeneer dat die klaarblyklike gemak dit maklik sal maak om op te sit (ergonomies sterk) – het ‘n rugleuning, sitplek en pote en lyk pragtig in deursigtige plastiese Perspex. OF ‘n Suksesvolle ontwerp sal mense se basiese behoeftes aanspreek: gemaklike sitplek/ stoel. Mense het gemak nodig wanneer hulle sit – hierdie stoel is ergonomies die antwoord op mense se behoefte vir funksionaliteit gekombineer met spitsvondige/ hip ontwerp. (Slegs 2 punte)

(4)

(4)

Page 5: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 5 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AK WE

DE %

AE TE

10

o ‘Hiërargie van behoeftes’. Starck kon aan die onderpunt van die hiërargie werk

wat die mense se basiese behoefte om op ‘n stoel te sit aanspreek OF Starck kon bo-aan die hiërargie, in die kreatiewe area, werk met ‘n verkwikkende nuwe oplossing. Die stoel kom funksioneel of betroubaar voor – die plastiek is in der waarheid baie sterk, maar kan ook onbetroubaar voorkom as gevolg van die gebruik van deursigtige plastiek. Weereens is dit ‘n uitdagende teenstelling. (Slegs 2 punte)

o Simmetrie. Die stoel is bilateraal simmetries. Daar is visuele eweredigheid

onder die elemente in die vorm. Dit beteken daar is ‘n vertikale as deur die stoel en die een kant is identies aan die ander kant. Dit word tradisioneel met skoonheid geassosieer. (Slegs 2 punte)

o Esteties-bruikbaarheidseffek. Estetiese (pragtige) ontwerpe word beskou as

makliker bruikbaar in vergelyking met minder estetiese ontwerpe. Hierdie stoel lyk esteties en funksioneel. Leerders wil dalk hê dat skoonheid en funksie ewe belangrik moet wees. Leerders mag redeneer dat hierdie stoele nie funksioneel lyk nie omdat hulle van perspex/ plastiek is, maar steeds esteties goed lyk. (Slegs 2 punte)

o Koste-voordeel. Die kliënt sal kyk of die voordele van die produk (hierdie stoele)

gelyk is aan of groter is as die koste/ moeite om hulle te maak. In hierdie geval is die stoele stylvol en sal dit ‘n luukse restaurant tot voordeel strek. Alhoewel hulle van plastiek gemaak is, is hulle baie duur, duurder as ‘n hout- of gestoffeerde stoel. (Slegs 2 punte)

Enige ander moontlikhede mag gekrediteer word. Kies enige drie universele beginsels en motiveer vanuit die gegewe ontwerpvoorbeeld

V1.2 VL

KOGNITIEVAARDIGHE

GEWIG VR PUN

rde

oep ing

grip

.2.1

3 Lae o

HerrWaarnemBe

30% 1

Middel-orde ing 2.1 .2.2

3 1

Toepass 40% 1.1

rde

lise tese

ring

.2.2

3 Hoë o

AnaSinEvalue

30% 1

(6)

Page 6: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 6 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2 [10 punte]

AS3: Bespreek, verduidelik en demonstreer die konteks en doel van die produkte, beelde, tekens en simbole wat in ontwerp gebruik word om openlike en versteekte boodskappe, wat stereotipering, vooroordele en partydigheid in die verlede en hede te versterk of uit te daag.

AS2: Demonstreer basiese kennis van die teorie wat ontwerp ondersteun en die terminologie wat dit beskrywe.

2.1 2.2

(Ken 3 punte toe.) Die reusekop is die fokuspunt. Die kop dek omtrent die hele bladsy. Pienaar maak gebruik van uitstralende lyne wat die oog na die kop lei en dit beklemtoon. Die detail van die gelukbringers aan die ketting om die nek beklemtoon ook die kop as fokuspunt deur dit te omkring. . Die gebruik van positiewe (swart) en negatiewe (wit) vorms wat uitstraal na die kop toe, plaas verder klem daarop. Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord. (Ken 5 punte toe.) Leerders sal die vraag vanuit verskillende oogpunte sien. Opinies moet op gepaste ontwerptaal gebaseer wees. Leerders behoort die bestaan van stereotipes te identifiseer en te kan bespreek hoe hierdie ontwerpe inherente stereotipering uitdaag of versterk. Standpunt 1: Onvanpas. Leerders mag die gebruik van slegs ‘n swart persoon rassisties vind omdat persone van ander rassegroepe ook die konferensie sal bywoon. Die gebruik van Bling (juweliersware) word gewoonlik geassosieer met ‘n stereotipe (materialistiese kultuur) wat in ons huidige samelewing bestaan. Hierdie beeld kan gesien word as ‘n ‘hippie’ met verwysing na ‘vrye liefde” (‘free love’). Dit mag ‘n verkeerde assosiasie vir sommige leerders wees. Sommige leerders mag dalk nie geassosieer wil word met die 'slang'/ dialek nie, bv. ‘eKapa’ = Kaapstad. Leerders mag moontlik nie wil assosieer met dobbelary nie, bv. die dobbelsteentjie as deel van die juweliersware. Krediet moet ook gegee word aan enige ander redelike waarnemings. Standpunt 2: Geskik. Vanuit ‘n ander perspektief kan sommige leerders redeneer dat die ontwerp verfrissend is deur ‘n vars, ‘cool’ trekkrag wat die aandag aflei van die meer ernstige situasies in Suid-Afrika. Leerders mag redeneer dat die ontwerp geskik is in die skepping van ‘n unieke 'beeld' wat aantrek en modern is. Die vele en afwisselende gelukbringertjies om die nek kan die vele fasette van die stad verteenwoordig – gelukbringertjies wat as herinneringe aan ‘n stad versamel is. Dit kan diversiteit verteenwoordig. Die ontwerp is beslis treffend en vang die oog. Dit mag dalk die opdrag wees wat aan die kunstenaar/ ontwerper gegee is. Dit sou duidelik wees wanneer vinnig gesien word – bv. aan lamppale. Krediet moet ook gegee word aan enige ander redelike waarnemings.

(3)

(5)

Page 7: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 7 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.3

(Ken 2 punte toe.) ‘n Moontlike polities-korrekte ontwerp impliseer dat dit op soveel Suid-Afrikaners as moontlik gemik is. Dit sal nie sekere groepe aanstoot gee nie. Alhoewel ‘n ontwerper nie almal tevrede kan stel nie, moet hy/ sy sensitief wees teenoor stellings/ beelde wat moontlik kan seermaak, bv. oor tradisies, die manier waarop klere gedra word, ens. Die behoefte om ‘n ‘PK’ (polities korrekte) ontwerp te skep, sal altyd ‘n kenmerk van die ontwerpwêreld wees. In ‘n land wat nog besig is met die helingsproses na ‘n diepgewortelde pynlike verlede, behoort ontwerpers in die ‘nuwe’ Suid-Afrika sensitief teenoor die behoeftes van ewig-veranderende tendense te wees, bv. laaggesnyde jeans wat die naeltjie ontbloot kan deur Moslems as aanstootlik gesien word, so ook vroulike gesigte of T-hemde sonder skouerbandjies wat die arms en skouers ontbloot. Die behoefte om ‘trendy’ of modieus met sensitiwiteit teenoor alle mense te balanseer, bly steeds ‘n groot uitdaging vir Suid-Afrikaanse ontwerpers. Stereotipes (geslag, rasse en klas) in die wêreld van ontwerp moet baie meer sensitief benader word, bv. die Fair Lady-tydskrif wat die “Fair Gentleman” uitlaat; die Drum-tydskrif wat eksklusief vir die swart mark is; Mens Health wat slegs vir mans is en ‘tiener’-tydskrifte wat mense as gevolg van hul ouderdom uitsluit, ten spyte van ras of geslag. (2)

[10]

V2

VLAK KOGNITIEWE

VAARDIGHEDE GEWIG %

VRAE PUNTE

10 Lae orde

Waarneming Herroeping Begrip

30%

2.1.1+2.1.2

3

Middel-orde Toepassing 40% 2.1.2 4 Hoë orde

Analise Sintese Evaluering Selektering

30%

2.1.2+2.1.3

3

Page 8: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 8 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3 [20 punte]

AS4: Ondersoek, oordink en interpreteer inligting uit ‘n verskeidenheid bronne wat die globale invloede toon wat tot die vorming van ontwerp bygedra het.

3.1

FIGUUR A: Kunsterapie-sentrum in Soweto - Kate Otten Argitekte ‘n Blik op die terapie-kamer (buite en binne). FIGUUR B: 'Bird’s Nest', die Chinese Nasionale Stadion in Beijing. Gebruik gedurende die 2008 Olympiese Spele. Gemaak van gewapende beton. Vergelyk die twee geboue ten opsigte van: (verwys na verskille en ooreenkomste) Invloede (2 punte: een punt vir FIGUUR A en een punt vir FIGUUR B)

o Invloed van Afrika-argitektuur soos gesien in FIGUUR A is gerealiseer deur te verwys na die dekoratiewe baksteenpatrone van die koepel en die Noord-Afrika modderkoepel.

o In FIGUUR A is die gebruik van sinkplate of die ‘plaas’-watertenk en die ronde vorm van die rondawel en hut tipiese voorbeelde van Suid-Afrikaanse plattelandse argitektuur.

o In FIGUUR A herinner die geweefde stok-interieur aan tipiese Suid-Afrikaanse plattelandse handgeweefde grasmatte en rietdakke.

o In FIGUUR B kan die invloed van die natuur gesien word in die verwysings na die ‘Bird’s nest’ in die stadion. Daar is geweefde, oneweredige gebruik van balke soos ‘n nessie, asof ‘n reusevoël bo-op kan nes maak.

o FIGUUR B is beïnvloed deur die Internasionale Styl deur die gebruik van beton en staalbalke.

Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord. Materiale (2 punte: een punt vir FIGUUR A en een punt vir FIGUUR B)

o In FIGUUR A word gewone (klei) bakstene gebruik , so ook sinkplate in die tenk. Hierdie is vrylik beskikbaar in Suid-Afrika.

o Die gebruik van 'high tech'-materiale in FIGUUR B is duidelik sigbaar. Die gebruik van gewapende beton , soos in die ‘Bird’s nest’ is ‘n treffende kenmerk van die ontwerp.

Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord. Tegnologie (2 punte: een punt vir FIGUUR A en een punt vir FIGUUR B)

o In FIGUUR A kon plaaslike bouers gebruik word om bakstene te pak.

o In vergelyking met die Kunsterapie-sentrum gebruik die Nasionale Stadion in B die mees gevorderde tegnologie, bv. hyskrane, hidrouliese hysbakke. Hierdie tegnologie is nodig om die uiterste veiligheidsregulasies, wat nodig is vir ‘n moderne stadion se gewapende beton en nie net sement nie, na te kom .

Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.

(2)

(2)

Page 9: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 9 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Funksie (2 punte: een punt vir FIGUUR A en een punt vir FIGUUR B)

o Die funksie van die kunsterapie is om klein groepies te fasiliteer in besprekings en kunsskepping.

o Die stadion word hoofsaaklik gebruik om massas mense te vermaak of om toeskouers te akkommodeer wat kompeterende sport ens. kyk.

Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord. Motiveer sukses (2 punte: een punt vir FIGUUR A en een punt vir FIGUUR B) Leerders sal die vraag verskillend beantwoord. Opinies moet op geskikte ontwerptaal gebaseer wees. FIGUUR A: Kunsterapie-sentrum

o Hierdie ontwerp kon meer suksesvol wees aangesien dit aangewese is op plaaslike materiale en plaaslike arbeid wat nie gevorderde tegnologie nodig het nie, bv. handgemaakte bakstene.

o Arbeid en handgemaakte materiale soos bakstene is koste-effektief en dus geskik vir ‘n gemeenskapsentrum.

o Indien ‘vorm volg funksie’ ‘n maatstaf is, is albei suksesvol. FIGUUR B: Stadion

o Sommige leerders mag argumenteer dat die stadion by verre meer suksesvol is as gevolg van die grootte van die projek. Die skaal en doel (funksie) van die stadion kan geëvalueer word as meer suksesvol aangesien dit massas mense kan akkommodeer.

o Sommige leerders mag ook argumenteer dat die stadion veel meer beplanning en bevondsing as die kunsterapie-sentrum verg as gevolg van sy skaal en funksie. Hierdie projek sal die argitek en siviele ingenieur sonder wie die stadion nie opgerig kon word nie, se vermoëns ten toon stel.

Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.

(2)

(2)

(2)

V3.1

VLAK KOGNITIEWE

VAARDIGHEDE PERSENTASIE VRAE PUNTE

10

Lae orde Waarneming Herroeping Begrip

30%

3

Middel-orde Toepassing op voorbeelde

40% 4

Hoë orde Vergelyking 30% 3

Page 10: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 10 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.2 ‘n Leerder mag enige voorbeeld vanuit die voorgeskrewe/aanbevole LOOM's in die LOOM's LPR gebruik, of na die voorgeskrewe Gr.12 Ontwerphandboek verwys. Punte word vir enige 10 relevante punte toegeken. VOORBEELD: 3.2.1 (Ken 4 punte in totaal toe.) Ken punte soos volg toe:

• Naam van die ontwerper / ateljee / agentskap (1) • Naam van die ontwerp / produk (1) • Beskrywing van die ontwerp / produk (2)

Naam van die ontwerper / agentskap: (1 punt) The Jupiter Drawing Room (TJDR) – Johannesburg Ontwerp / produk (1 punt) Projek: Jiffy Veldtog. Beskrywing van die ontwerp / produk (2 punte) Hulle kommunikeer die nuwe idee van “varsheid” soos met die plakkaat van slegs ‘n stuk biltong binne ‘n Jiffy-sakkie . Slegs die woord “biltong” word in hierdie plakkaat gebruik . Die idee dat selfs gedroogde kos weer vars gemaak kan word deur dit in ‘n Jiffy-sakkie te plaas, word gewys. Die slagspreuk “It’s not fresh till it’s Jiffy fresh” is vir hierdie veldtog geskep . Hierdie nuwe plasing van die produk ten opsigte van “varsheid” word gekoppel aan al die ander bemarkingsitems, bv. logo, verpakking, ens. (4) 3.2.2 (Ken in totaal 6 punte toe.) Ken punte soos volg toe:

• Invloede op en bedoelings van die ontwerper / groep: (2 punte) • Karakteristieke styl van die ontwerp/(e): (2 punte) • Werksmetodes: (2 punte)

Invloede op en bedoelings van die ontwerper / groep: (2 punte) Gebruik van plaaslike produkte en omgewing met die klem op omgewingsvriendelike produkte of veldtogte. Hulle bedoeling is om die advertensiewese te vereenvoudig, hulle glo dat as ‘n advertensie deur verskillende media gekommunikeer word, dit ‘n beter kans staan om as handelsmerk gesien en onthou te word, asook ‘n reaksie uit te lok. Kenmerkende styl van die ontwerp(e): (2 punte) Hulle vervaardig werk in al die hoofkategorieë, bv. televisie, film, advertensieborde, digitale media en gedrukte advertensies. ‘n Tradisionele advertensie-agentskap – alle hoofmedia plus nuwe media. Eienaarskap is 100% plaaslik en onafhanklik – en 57% BEE Stigter: Graham Warsop – steeds uitvoerende kreatiewe direkteur

Page 11: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 11 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

HUB – Silverstone; Mkhari & Ralebitso – nuwe vennote; dit simboliseer wat deur samewerking in Suid-Afrika bereik kan word. Gekies as ‘Best Agency’ in die land deur AdFocus Grootste kliënt – Edcon (Edgars & Jet) Nuwe rekeninge – MTN, Absa, Sasol en SA Lugdiens (R1bn werd) Kliënte (bv. Edgars) hou vol dat dit ‘n baie kreatiewe agentskap is. Sosiale verantwoordelikheidsbegroting staan op R450 000. Werksmetodes: (2 punte) Gelys deur Deloittes as een van die top 20-maatskappye om voor te werk, gebaseer op: werksbevrediging ; goeie bestuurstyl ; gesonde verhoudings en vertroue tussen werknemers en werkgewers ; ruimte vir diversiteit en belonings vir goeie werk ; erkenning vir goeie werk en prestasiebonusse van die bestuur . Dus ‘n ‘goeie’ maatskappy om voor te werk. Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord. (6) OF ‘N ANDER VOORBEELD 3.2.1 (Ken 4 punte in totaal toe.) Ken punte soos volg toe:

• Naam van die ontwerper / ateljee / agentskap (1) • Naam van die ontwerp / produk (1) • Beskrywing van die ontwerp / produk (2)

Naam van die ontwerper / ateljee/agentskap: (1 punt) Mielie Design (ontwerp deur Adri Schutz) Ontwerp / produk: (1 punt) Voorbeeld 1: Mielie-handsak Beskrywing van die ontwerp / produk (2 punte) Die handsak is gemaak van repe herwinde materiaal Helderkleurig, bv. rooi, geel, ens. Geknoopte katoen OF Naam van die ontwerp / produk (1 punt) Voorbeeld 2: Kubisvormige opgestopte kussings – ‘blokstoel’ Beskrywing van die ontwerp / produk (2 punte) Die ottoman gemaak van repe materiaal wat geknoop is Gemaak van helderkleurige (bv. rooi en groen, ens.) Geknoopte katoen Beeld haar plaaslike omgewing uit. (4) 3.2.2 ( Ken 6 punte in totaal toe.) Ken punte soos volg toe:

• Invloede op en bedoelings van die ontwerper/groep (2 punte) • Kenmerkende style van die ontwerp(e) (2 punte) • Werksmetodes (2 punte)

Page 12: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 12 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Invloede op en intensies van die ontwerper / groep: (2 punte) Beïnvloed deur mense om haar (hulle gestileerde gesigte op stoelpanele). Om unieke (Suid-Afrikaanse) mode-/ meubelprodukte te skep deur gebruik te maak van tradisionele knoopmetodes, asook herwinde materiale. Om soveel moontlike handewerk te skep om die sosiale omgewing deur middel van werkskepping te help. Om herwinde produkte te gebruik, bv. Ou klere verander in handsakke – wanneer moontlik.

Kenmerkende styl van die ontwerp(e) (2 punte) Kenmerkende gebruik van helder kleure en materiale –, ongewone kombinasies van bv. lemmetjiegroen en pers. Hierdie materiaalrepe word geknoop om tekstiele of produkte te skep. Werksmetode (2 punte) Repies helderkleurige materiaal gehaak deur goiingsak met ‘n lussie en ‘n knoop aan die agterkant. Handsak se handvatsels word elders gemaak en skep sodoende ander werksgeleenthede of besigheidsondernemings. Gee krediet aan enige geldige en redelike antwoord. (6) OF NOG ‘N VOORBEELD 3.2.1 (Ken 4 punte in totaal toe.) Ken punte soos volg toe:

• Naam van die ontwerper / ateljee / agentskap (1 punt) • Naam van die ontwerp / produk (1 punt) • Beskrywing van die ontwerp / produk (2 punte)

Naam van die ontwerper / ateljee / agentskap / groep (1) Die Mapula-projek ontwerpers onbekend Naam van die ontwerp / produk (1) Domestic Violence Must Stop Now (Mapula-projek – onbekende borduurder) Beskrywing van die ontwerp / produk (2) Dit is ‘n geborduurde muurbehangsel gemaak in ‘n helder, ekspressiewe gare op swart katoen. Dit stel ‘n toneel voor waarin ‘n vrou deur ‘n man met ‘n sambok gejaag word. Dit reflekteer ‘n ontstellende tema wat redelik algemeen in Suid-Afrika is. Invloede op en intensies van die ontwerper/ groep: die ekonomiese bemagtigingsprojek is genoem ‘Mapula’ – ‘moeder van die reën’ – dit het ‘n goeie oes, asook vroulike mag beteken. (4) 3.2.2 (Ken 6 punte in totaal toe.) Ken punte soos volg toe:

• Invloede op en bedoelings van die ontwerper/groep (2 punte) • Kenmerkende styl van die ontwerp(e) (2 punte) • Werkmetodes (2 punte)

Page 13: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 13 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Invloede op en bedoelings van die ontwerper / groep: (2 punte) Die vestiging van Sisters of Mercy en die Soroptimists – gelei deur prof. Skawran. Intensies: om die status van vroue te verbeter deur hulle te bemagtig (onderrig van vaardighede)

Maak gebruik van ekonomiese en sosiale ontwikkeling deur seker te maak dat hierdie projekte kan aangaan –‘volhoubaarheid’, bv. die verkoop van produkte en die gebruik van die winste om nog rou materiale aan te koop vir die maak van meer produkte. Kenmerkende styl van die ontwerp/e : (2 punte) Gewoonlik swart katoen (omgewingsvriendelik) en helderkleurige borduurgare. Beelde word verkry vanuit die daaglikse lewe en gebeure om hulle (genre). Baie vereenvoudig en omlyn met gekleurde gare. Werksmetode: (2 punte) Met die hand genaai deur gebruik te maak van die kettingsteek. Vroue neem werk huis toe om daar te voltooi, sodat hulle steeds na die kinders kan kyk. Soms is hierdie vroue enkelmoeders en die enigste broodwinnners. Hulle kom gereeld bymekaar om werk in te handig en nuwe moontlikhede te bespreek. Gee krediet aan enige geldige en redelike antwoord. (6) Ken 10 punte in totaal toe. [20]

V3.2 VLAK

KOGNITIEWE VAARDIGHEDE

PERSENTASIE VRAE PUNTE 10

Lae orde

Herroep Naam

30% 3.2.1 3

Middel-orde Toepassing 40% 3.2.1 + 3.2.2 4 Hoë orde Analise

Sintese Evaluering Eliminering

30% 3.2.2

3

Page 14: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 14 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4 [30 punte]

AS4: Ondersoek, oordink en interpreteer inligting uit ‘n verskeidenheid bronne

wat die globale invloede toon wat tot die vorming van ontwerp bygedra het.

AS5: Analiseer, interpreteer en reflekteer krities op voorbeelde en toon hulle verband met hul kulturele, historiese en kontemporêre kontekste.

Sien voorgeskrewe/aanbevole LOOM's in die LPR vir ‘n lys van 20ste eeuse style wat gedek behoort te word of verwys na die Gr 12 Ontwerphandboek. Viz.:- Kuns-en-kunsvlytbeweging; Art Nouveau; Bauhaus; Art Deco; Modernisme; Pop / New Age; Postmodernisme. 4.1 (Ken 20 punte in totaal toe.) VOORBEELD: OPSIE: Kuns-en-Kunsvlytbeweging – ‘geskik vir doel’ (‘fitness for purpose’) (ken 10 punte per styl / beweging toe) Noem ‘n ontwerper en ‘n ontwerp. (2 punte) William Morris, bv. ‘Muurpapier’, geïnspireer deur regte voëltjies wat aarbeie tussen die blomme en blare eet of 'State furniture' of enige ander vanuit die LPR. Invloede. (2 punte) • Beïnvloed deur Gotiese argitektuur – gebruik boë, viervoudige en drievoudige

floretvorms – hierdie is indrukwekkend en transendentaal. • Beïnvloed deur die Middeleeuse gees (dikwels mitiese temas, bv. drake) –

eenvoudige handgemaakte, landelike plattelandse argitektuur en vlytkuns, bv. landelike handgemaakte stoele met gekerfde hout en geweefde sitplekke.

• Beïnvloed deur alledaagse tonele (genre) en vanuit die natuur, bv. diere en blommotiewe.

Bespreek die kenmerke. (Ken 5 punte toe.) • Temas vanuit die landelike omgewing, bv. die melk van koeie, plattelandse blomme.

Hierdie kan in Morris se gedrukte materiale gesien word. • Menslike figure vanuit Middeleeuse bronne, bv. soos gesien in gebrandskilderde glas

en meubelpanele. • Reaksie op die 19de-eeuse industrialisasie, bv. geen massa-produksie van artikels. • Die vakman was erken as kunstenaar – sy ‘regte plek’ • Wou die bewusmaking van kuns en kunsvlyt as verbetering van lewenskwaliteit

bevorder – ‘n edel beroep. • Het gebruik gemaak van handtegnieke soos deur families (generasie tot generasie)

gebruik. Die vader sou skrynwerk doen terwyl die moeder 'n kussing weef. • Vakmanne het dikwels in ‘n gilde gewerk (samewerking) gelykstaande aan die

Middeleeuse Gilde-sisteem.

Page 15: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 15 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Konstruksie-besonderhede was dikwels sigbaar gemaak, bv. die omklinkspykers in metaalwerk en die klinkboute in meubels met ‘n dekoratiewe funksie.

• Natuurlike materiale “onaangeraak” deur die industrie is gebruik, bv. inheemse (Engelse) houtsoorte soos eike- en beukehout.

Belangrikheid vir die leerder. (slegs 1 punt) • Moontlik – belangrikheid van handwerk in ontwerp (bv. illustrasies gedoen met die

hand) • Moontlik - temas van menslikheid (genre) mag deur leerders in hulle eie werk verken

word. EN

Postmodernistiese beweging – ‘minder is vervelig’ (‘less is a bore’) (ken 10 punte toe per styl/ beweging) Noem ‘n ontwerper en ‘n ontwerp. (2 punte)

• Ettore Sottsass • Bv. ‘Casablanca’ 1981 OF ‘Carlton’ buffet OF ‘Tamatie’-stoel

Invloede. (2 punte) • ‘n Reaksie op die somtydse vermorsing as gevolg van massa-verbruiking in die

sestigerjare. Klem is geplaas op die vermindering van afval. • Die beweging verwys terug na ouer style op ‘n eklektiese en ironiese (spottende)

manier. Bauhaus het menslike kwaliteite gekry, bv. Graves se Bauhaus-agtige, driehoekige ketel met ‘n voëlfluitjie.

Bespreek die kenmerke. (5 punte)

• ‘n Sin vir humor en teenstrydigheid is algemeen – Sottsass gebruik ‘n gekantelde rak om ‘n sin vir humor en teenstrydigheid te verskaf – hier blyk dit die doel van ‘n rak as ‘n horisontale oppervlak te weerspreek.

• Funksionele voorwerpe het ‘n speelse, grappige (absurde) gebruik van kleur, bv. rooi,

geel en wit – herinner aan speelgoed-alfabetblokkies en kindergarten-speelgoed.

• Kombinasie van geometriese vorms om ‘n rak te skep, wat herinner aan ‘n persoon (Sottsass).

• Patrone het dikwels die spot gedryf met natuurlike pels (bv. luiperdpels) en industriële

brandmerke (bv. gegote nie-gly-plate).

• Metafoor dikwels gebruik, bv. Sottsass se buffet in die vorm van ‘n mitiese (‘magiese’, geheimsinnige) simbool. Dit lyk soos ‘n man of monsterfiguur.

• Eklektisisme (ontleen) is algemeen. Motiewe, bv. Doriese reghoekige vorms is

‘ontleen’ aan antieke bronne soos Griekse, Romeinse en Renaissance argitektuur.

Page 16: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 16 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Belangrikheid vir vir die leerder. (slegs 1 punt)

• Moontlik – om altyd ‘n element van pret in ‘n ernstige ontwerp in te bring, bv. Michael Graves se ketel met die voëltjiefluit op die tuit.

• Moontlik – die ontsnappings-, fantasie-kenmerk van die styl, bv. leerders wil dalk fantasie menslike figure vir animasiedoeleindes ontwerp.

V4.1

VLAK KOGNITIEWE

VAARDIGHEDE PERSENTASIE VRAE PUNTE

10 Lae orde Feite herroep 30% 3 Middel-orde Toepassing 40% 4 Hoë orde Kritiek 30% 3

4.2 Plakkate (Ken 10 punte in totaal toe.) FIGUUR A: (5 punte) FIGUUR B: (5 punte) Art Nouveau (‘die lustelose lyn’)

Bauhaus (de Stijl)

Die lyne van hare is vry-vloeiend en kromlynig.

Lyne is reguit – reglynig – reflekterend van die eeu van die masjien.

Skep ‘n dekoratiewe naturalistiese raamwerk vir die soen.

Die wit, oop ruimte om die ontwerp is belangrik as ‘n raam om dit te beklemtoon.

Die hare is gestileerd – verander na natuurlike vorms, bv. alles beïnvloed deur die natuur.

Die swart positiewe ruimtes is gestileerd (abstrak). Die lineêre strepie-vorms bo-aan is skaars leesbaar as skrif – DE STYL (de Stijl)

Baie vroulike atmosfeer (gebruik van twee vroue) - sensueel (“The Kiss”).

Baie manlike atmosfeer – verwys na meetkunde en masjiene en nie die menslike liggaaam nie. Dus nie-figuratief – die gebruik van basiese vorm.

Organiese patrone oraloor – verwys altyd na die figuratiewe/ natuurlike verhouding.

Patrone is in die middel en is in swart en wit (positief en negatief) geometriese vorms.

Die stringe hare is nie simmetries gerangskik nie – daar is afwisseling van watter lyne oorgaan en ondergaan.

Die vorms in die sentrale area is asimmetries gerangskik, alhoewel daar ‘n visuele balans is.

Dit skep ‘n ritmiese bewegende komposisie.

Dit skep ‘n soliede, statiese komposisie.

Gee krediet aan enige ander kenmerke wat op die voorbeelde van toepassing is. (10) [30]

Page 17: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 17 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

V4.2

VLAK KOGNITIEWE

VAARDIGHEDE PERSENTASIE VRAE PUNTE

10 Lae orde Waarneming

Visuele begrip 30% 3

Middel-orde Toepassing 40% 4 Hoë orde Analise 30% 3

TOTAAL AFDELING A: 80 AFDELING B: ONTWERP IN 'N SOSIALE/OMGEWINGSKONTEKS VRAAG 5: Sosiale klem [20 punte]

AS7: Demonstreer begrip vir die maniere hoe ontwerp gebruik kan word om sosiale, kulturele, omgewings- en etiese vraagstukke te versterk of uit te daag.

5.1 Sigaret-advertensies 5.1.1 (Ken 6 punte in totaal toe.)

FIGUUR A (enige 3 punte) FIGUUR B (enige 3 punte) Blyk joviaal en modieus te wees. ‘n Suksesvolle man in ‘n uniform, wat met die kyker wil deel.

Somber en neerdrukkende atmosfeer van ‘n begrafnis.

Het aantreklike kwaliteite van ‘n goedversorgde hand; ryk versierde embleme; die woord/ slagspreuk ‘greatest’. Dit was voor die wetgewing teen tabakadvertensies ingebring is.

In sterk kontras met A, wys dit die nadelige en gevaarlike gevolge van rook, bv. die graf en die doodskis.

Die sigarette word aan die kyker gebied deur ‘n anonieme persoon, maar die kapteinstrepe op die mou suggereer dat dit ‘n persoon is wat outoriteit het en rang of mag het.

Die doodskis in die graf word letterlik deur die sigarethouer vervang, met ‘n waarskuwingsboodskap – ‘cigarettes can seriously damage your health’.

Dit kan ook gesien word as ‘n sosiale, uitnodigende gebaar. Dit lyk asof die hand uitgesteek word om te groet of ‘n geskenk aan te bied.

Anti-sosiaal. Geen teken van menslike teenwoordigheid, slegs begrafnisblomme in ‘n bos.

Inhoud van die woorde reflekteer ‘great’ ‘king’ – ‘n positiewe konnotasie en straal mag uit.

Inhoud van die woorde reflekteer ‘damage’ ‘warning’ ens. Negatiwiteit.

Enige ander aanvaarbare redenasie.

Ken 6 punte toe. (6)

Page 18: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 18 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5.1.2 (Ken 4 punte toe.)

FIGUUR A (2 punte) FIGUUR B (2 punte) Die gekurfde, ronde tipografie stel klas of selfs koninklikheid voor. (“King Size”), volledig met wapen.

Die tipografie gebruik is veel meer formeel, hoekig en basies, gestroop van alle tierlantyntjies.

Maak gebruik van verskillende lettertipes/-style, bv. “Rothman’s” is kromlynig geskryf.

Die “Waarskuwing” is hoofsaaklik in hoofletters geskryf.

Die “R” in “Rothman’s” is Gotiese lettertipe en lyk soos die skrif in manuskrifte of kalligrafie.

Die lettertipe in FIGUUR B is 'Sans Serif'.

Anige ander redelike redenasie.

Ken 2 punte toe.

V5.1

VLAK KOGNITIEWE

VAARDIGHEDE PERSENTASIE VRAE PUNTE

10 Lae orde Waarneming/Geheue

Begrip 30% 5.1.1+ 5.1.2 3

Middel-orde Toepassing 40% 5.1.1 + 5.1.2 4 Hoë orde Analise

Sintese Evaluering

30%

5.1.1 + 5.1.2

3

5.2 Sosiale kwessie (plaaslik) Leerders sou ‘n sosiale kwessie ondersoek het soos voorgeskryf/aanbeveel deur die LPR of verwys na die Gr 12 Ontwerphandboek. Verwys na die voorgeskrewe/aanbevole LOOM's in die LPR. Voorbeeld 1: EEN MOONTLIKE VOORBEELD: Advertensies: Kontemporêre dilemmas in Suid-Afrika (Ken 10 punte toe.)

o Advertensiewese kan as ‘n ‘instrument van manipulasie’ gesien word – skep begeertes.

o Advertensies word gedefinieer as ‘betaalde boodskappe wat sal poog om simbole op kommoditeite oor te plaas om sodoende die moontlikheid te skep dat hulle aantrekliker sal wees en gekoop sal word.’ Bemarking is dikwels nie gemoeid met sosiale kwessies nie, maar eerder met die kleinhandel-inkomste. Verskyn in die 1920’s as ‘n hoofrolspeler in die verhandeling van massa-vervaardigde produkte.

o Aan die ander kant – die media/ advertensies berei ons beter voor om selektief ‘n opsie vir onsself te kies. Mense is komplekse en veelkantige deelnemers in hulle sosiale wêrelde, nie mak, inskiklike voorwerpe nie. ‘Verskillende behoeftes vir verskillende mense’.

o Advertensie vir Mercedes-Benz C-Klas 2003. Hierdie advertensie plaas die motor stewig in ‘n klasse-sisteem. Dit skep ‘n begeerte om te wees soos daardie ‘tipe’ persoon (ryk) met sekere waardes (suksesvol, hardwerkend) – die doel van die advertensie is om ‘n begeerte vir ‘n hierdie leefstyl te skep.

Page 19: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 19 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

o Die Mercedes word eers van voor gesien, en skep die indruk van selfversekerdheid – dit kyk jou reguit in die oë (hoofligte lyk soos oë) soos ‘n persoon van inbors en integriteit – skep ‘n begeerte by die kyker om deel van hierdie groep te wees.

o Dit is ‘n beduidende kulturele voorwerp soos ‘n kunswerk – staan as ‘n uitstalling binne ‘n vertoonkamer en word bewonder vir sy skoonheid. Dit reflekteer ‘n ergonomies funksionele ontwerp, is ook esteties aansienlik.

o Hierdie waardes van selfversekerdheid, integriteit, inbors is positiewe waardes waarmee mense kan identifiseer.

o Die Two Oceans advertensie is ferm binne die klasse-sisteem geplaas – diegene wat ontspanningstyd het, drink Two Oceans in ‘n pragtige omgewing.

o Advertensies mag egter onrealistiese verwagtinge skep. Reklame kan gesien word as die gebruik van simbole om begeerte te skep, bv. ‘n vermeende beter leefstyl.

o Aan die ander kant, alle hoop en verwagtinge geskep deur die adverteerders is veronderstel om mens se ervaring te verryk.

o Die Dulux advertensie (toon ‘n verwagtende magie met beide swart en wit hande gekruis daaroor) demonstreer hoe ‘kleur’ en die kwessie van rasse-integrasie op ‘n verantwoordelike manier deur die ontwerper aangepak is.

Krediet moet aan enige geldige of redelike antwoord gegee word. (10)

OF Voorbeeld 2: NOG 'N MOONTLIKE VOORBEELD: ‘n Inkopiesentrum as Visuele Kultuur (Ken 10 punte toe.)

o Die geskiedenis van die inkopiesentrum – hoe dit die plek van openbare ruimtes in die verlede oorgeneem het. Die VSA het die leiding in die 20ste eeu geneem, maar daar is voorgangers in Parys. Die kultus van die elegante Paryse ‘wandelaar’ tussen openbare ruimtes en inkopie-areas het reeds in die 19de eeu bestaan.

o Selfs verder terug in die geskiedenis het die Grieke en Romeine die Forum as openbare ontmoetings- en handelsruimte gebruik.

o Die funksie van die openbare ruimte (bv. die meent, sentrale boom in ‘n dorpie, die straatkafee) in die verlede was daar om sosiale byeenkomste aan te moedig.

o Baie openbare ruimtes in SA was ook beperk – rasse was nie toegelaat om te meng en sosiaal te verkeer nie (pre-1994). Nou is daar geen rasse- of sosiale skeidings meer nie.

o Die inkopiesentrum is nou ‘n ruimte wat privaat besit is (deur ‘n eienaar of sindikaat) maar vir publieke gebruik.

o Daar is ‘n inherente beperking op toegang – ‘reg tot toegang voorbehou’ kennisgewings.

o Hierdie private ‘openbare ruimte’ is egter nou baie gekontroleerd. Daar is gereelde sekuriteitspatrollies, geslotebaantelevisie en elektroniese diefstaltoestelle. Die publiek voel hier baie veiliger as in soganaamde ‘openbare ruimtes, bv. parke.

o Die reuse-ontwikkeling van verdere sentrums is gebaseer op die vrese vir veiligheid by die publiek.

o Inkopiesentrums het dikwels ‘temas’. Die leerder kan hier ‘n voorbeeld van sy/haar eie ondervinding gee. (Bv. die Westville Pavilion in Durban KZN)

o ‘n Kort verduideliking van die gegewe voorbeeld. Voorbeeld: Dit lyk na ‘n Engelse pawiljoen langs die see – soos die bekende een in Brighton, Engeland.

o Dit is vreemd disoriënterend om hierdie Engelse ervaring in ‘n Afrika-konteks te ondervind. (Leerder kan eie reaksie op gekose voorbeeld gee.)

Page 20: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 20 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

o Vorige sentrums was afgeslote van die buitekant – afhanklik van kunsmatige

beligting. o Die Suid-Afrikaanse publiek begeer die buite-lewe (goeie klimaat) en dit in ag

geneem – het nou oop terrasse en pleine. o Sentrums het nou “die ontmoetingsplek vir die Suid-Afrikaanse middelklas” geword.

o Inkopiesentrums vervaag die onderskeidings tussen handel en ontspanning. o Die inkopiesentrum verteenwoordig die idees en waardes van sy tydperk (klem op die

materialistiese kultuur en die skepping van sosiale klasse-onderskeidings). o Hierdie sentrums het plekke geword vir ontspanning, ontvlugting, vermaak en

toerisme. o Meer onlangs het sentrums die plekke geword waar jaarlikse vakansies en skooldae

deurgebring word. o Die uitleg van ‘n inkopiesentrum bepaal hoe sosialisering binne hierdie omgewing

plaasvind, bv. voedselafdeling, bankvlak/-afdeling, ens. Krediet moet aan enige geldige of redelike antwoord gegee word. (10)

V=5.2

VLAK KOGNITIEWE

VAARDIGHEDE PERSENTASIE VRAE PUNTE

10

Lae orde Herroeping van navorsing 30% 3

Middel-orde Toepassing op gekose voorbeeld

40% 4

Hoë orde Kritiek 30% 3

VRAAG 6 6.1 (Ken 10 punte in totaal toe.) Voorbeelde kan in die voorgeskrewe/aanbevole LOOM's in die LPR of die Gr 12 Ontwerphandboek gevind word. VOORBEELD Riglyne: Naam van die ontwerper/ groep/ ateljee/agentskap (1 punt)

o Reuben Ndwandwe

Naam van die ontwerpproduk en twee invloede (3 punte) o Ndwandwe kyk na die tradisionele mandjies van sy Zoeloe erfenis – tradisioneel deur

vroue gemaak. o Hy het die tegniek van mandjieweef aangeleer as deel van ‘n arbeidsterapie-program

by ‘n TB-hospitaal. o Hy gebruik tradisionele patrone van geometriese zig-zag vorms in sy mandjies,

beïnvloed deur sy Zoeloe erfenis.

Page 21: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 21 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Kenmerke, materiale en tegnieke (4 punte)

o Ndwandwe gebruik ‘n kern van gedroogde gras. Daarna draai hy gedroogde ilala palmblare as stroke om hierdie kern en werk hierdie by die vorige ry in. Sy werk word gekenmerk deur sy styfgeweefde aard, oorvleuende dubbelsteekwerk en die feit dat hy altyd die los ente inweef (ongewoon).

o Die ilala is gekleur met natuurlike pigmente, gemaak van bessies, blare en wortels. o Hy gebruik driehoekige en ruitvormige motiewe gebaseer op die Zoeloe skild –

beïnvloed deur sy Zoeloe erfenis. o Hy maak gebruik van kleurkontraste – bv. geeloker en natuurlike ilala teen swart en

donkerbruin. o Van bo-af gesien is die stralende simmetrie veral duidelik.

Bydrae tot Omgewingsvriendelike – ‘groen’ omgewing. (2 punte)

o Hy werk met volhoubare materiale en skep werksgeleenthede. o Die ilala palmblare is ‘n volhoubare hulpbron aangesien slegs ‘n paar groot blare

van die plant afgesny word. Die palm groei dan nuwe blare vir die volgende seisoen.

o Dit is egter gevaarlik vir die boom indien te veel blare terselfdertyd afgesny word, omdat die boom dan kan doodgaan. Dit moet bestuur word.

o Die grasse moet gesny en nie uitgetrek word nie. Dit moedig groei aan. Weereens moet dit goed bestuur word.

o Hierdie tipe gras word nie deur vee gevreet nie, en is dus slegs handig vir funksionele voorwerpe.

o Die kleursels is ook natuurlike bessies, wortels, ens – ook volhoubaar. Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord. (10)

EN

6.2 (Ken 10 punte in totaal toe.) 6.2.1 (Ken 5 punte toe.) DRIE moontlike probleme (3 punte)

• Om in ‘n vraghouer te bly, het ‘n sosiale stigma van armoede daaraan gekoppel. • Die interieurs kan bedompig en beperk wees – baie klein en vol. • Verhitting/afkoeling kan uiterstes wees en moeilik om te beheer as daar geen

verhitting- of verkoelingsisteme is nie.

Page 22: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 22 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

TWEE wyses waarop dit oorkom kan word. (2 punte)

• ‘n Slim buitekant (tuin en ontwerper-geverfde mure en binnekant/dekor (ontwerp)) kan hierdie tuiste ‘n voorwerp van begeerte maak, en ‘n positiewe model – veral vir jong ongetroude mense.

• Insulasie van die mure, vloer en dak kan gedoen word deur vals panele van warmgeleidingsmateriale te installeer of sentrale verhitting of lugverkoeling aan te bring.

• Goed-ontwerpte interieurs en meubels kan ‘n funksionele ‘minder is meer’ leef-/ werkruimte skep.

Krediet moet aan enige geldige of redelike antwoord gegee word. (5) 6.2.2 (Ken 5 punte toe.) Voorbeelde soos gesien in die voorgeskrewe/aanbevole LOOM's in die LPR of verwys na die Gr. 12 Ontwerphandboek. Bv. Julie Bargman; Roy McMakin; Ron Arad, ens. Voorbeeld van ‘n Internasionale ontwerper (5 punte)

Ontwerper: Walter Hood Voorbeeld van sy werk: A boulevard in Macon, Georgia, VSA.

Sosiale / omgewingsvernuwings o Werke oor stedelike vernuwing om die menslike behoeftes en aspirasies van

verskillende mense te bevorder. Hierdie is hoofsaaklik 'n arm gemeenskap wat uit Afro-Amerikaners bestaan.

o Neem die menslike ‘rituele’ waar, asook die alledaagse aktiwiteite van die normale lewe om dit deel te maak van die boulevard, bv. die gebruik van foto’s van kinders en mense wat werk.

o Skoei die boulevard op die huislike ‘agterplaas’ idee – hy gebruik intieme en gewone foto’s van mense wat besig is met huiswerkies, bv. vee en tuinmaak.

o Hood hou onderhoude met mense in die gemeenskap – vra vrae. Vind uit waaraan die gemeenskap waarde heg en gebruik hierdie idees in sy werk.

o Ontdek dat hierdie area markte, brandweerstasies, opgaartenke en spoorlyne gehuisves het en gebruik historiese beelde van hierdie mense vanuit die argief, bv. die “music wall of fame”.

o Ou elemente soos opgaartenke (reservoirs) word opgegrawe en gebruik, neem dit terug na die gemeenskap se ontstaan om hulle daaraan te herinner.

o Hood inkorporeer spore van die fisiese (foto’s van geboue uit die verlede), kulturele (musiekerfenis) en sosiale geskiedenis (foto’s van mense wat daar gebly het) van die gemeenskap.

o Die resultaat is ‘n ‘multi-ritmiese’ komposisie – vele diverse elemente saamgevoeg op ‘n verskeidenheid maniere, bv. verskillende foto’s gekombineer met die natuur.

o Dit is ‘n postmoderne aanslag teenoor die diversiteit in alle menslike gemeenskappe. Hy skep sy “hibrieder stedelike landskap” deur by die oue te leen om die nuwe te skep. Hy gebruik “ou” wortels van die gemeenskap as deel van hulle moderne ontwerp-landskap.

o Jazz beïnvloed hom – hy glo in persoonlike interpretasie, komplekse harmonieë, dus ontwerp hy vir alle soorte mense.

Krediet moet aan enige geldige of redelike antwoord gegee word. (5)

Page 23: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 23 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

V6.2 VLAK

KOGNITIEWE VAARDIGHEDE

PERSENTASIE VRAE PUNTE 10

Lae orde Waarneming/Geheue Begrip

30% 6.2.1 + 6.2.2 3

Middel-orde Toepassing 40% 6.2.1 + 6.2.2 4 Hoë orde Analise

Sintese Evaluering

30%

6.2.1 + 6.2.2

3

[20] OF

6.3

6.3.1 6.3.2

(Ken 2 punte toe.) Die gebruik van gevonde en herwinbare materiale soos die bottels

en die net (moontlike voedselverpakking of visnetkouse of ogiesdraad). Hierdie effektiewe gebruik van materiaal (herwinbare bottels) sal minder impak op ons hulpbronne hê aangesien dit vergaanbaar is, gemaak van natuurlike bronne wat maklik herwinbaar is wanneer dit gebreek word. Produksie-metodes is effektief – kan handgemaak word deur glasblasers wat nie masjiene/ tegnologie gebruik nie, slegs hitte en vlamme. Instandhouding is eenvoudig – kan skoongemaak word met ‘n klam lappie. Die gebruik van energiebesparende gloeilampies kan ook bydra tot ‘n volhoubare omgewing deur langer te hou en gevolglik die gebruik van die omgewingsproblematiese gloeilamp te beperk. Krediet moet aan enige geldige of redelike antwoord gegee word. (Ken 8 punte toe.) Voorbeeld van ‘n Suid-Afrikaanse ontwerper: Haldane Martin Ontwerp: Zulu Mama Stoel

o Gebruik tradisionele Zoeloe Kunsvlyttegnieke soos mandjieweef.

o Gee die weefwerk aan andere om te doen en skep sodoende werksgeleenthede. Hy glo in samewerking, wat ook goed is vir werkskepping.

o Gebruik herwinde plastiekmelkbottels, wat vullisstorting verminder.

o Anders as Martin sal die meeste hoofstroom-vervaardigers nie met herwinde plastiek werk nie, aangesien dit nie as “nuwe” plastiek (suiwer plastiek) gesien word nie. Hy het ‘n afvalherwinner en ‘n plastiekuitdrywer gekry om saam te werk.

o Die Zulu Mama stoel is gesofistikeerd, kontemporêr en baie gemaklik. Hy skep versamelaarsitems wat mense se behoeftes vir estetika en funksionaliteit bevredig.

o Die spirale weeftegniek, wat uniek aan Suider-Afrika is, is ‘n baie duursame weefpatroon en het pragtige en organiese vorms geskep. Dit het groot uitvoer-potensiaal, waarby die ekonomie kan baat vind.

Krediet moet aan enige geldige of redelike antwoord gegee word.

(2)

(8)

Page 24: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 24 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

V6.3

VLAK KOGNITIEWE

VAARDIGHEDE PERSENTASIE VRAE PUNTE

10 Lae orde Geheue/Kennis

Begrip 30 6.3.1; 6.3.3 3

Middel-orde Toepassing 40 6.3.2; 6.3.3 4 Hoë orde Analise

Sintese Evaluering

30 6.3.1.; 6.3.2;

6.3.3. 3

EN 6.4 6.4.1 6.4.2

(Ken 4 punte toe.) Die ontwerper(s) maak gebruik van natuurlike materiale soos vere en balsa-hout in die ontwerpe. Hulle het gebruik gemaak van diere (nood van die diere/omgewing is belangrik) en het getrou gebly aan die diere se natuurlike eienskappe, alhoewel gestileerd. Die kostuumstukke met maskers, soos gedra gedurende dansrituele, is aangepas om hooftooisels te word, getrou aan die Afrika-tradisie. Menslike figure is gebruik. Geen tegnologies-ontwikkelde karakters, soos bv. robotte, was gebruik nie, 'eko'-vriendelik/'groen'-beklemtoning (Ken 6 punte toe.) Leerders sou ‘n Internasionale ontwerper, soos voorgestel deur die LOOM's in die LPR, ondersoek het. Verwys na die voorgeskrewe/aanbevole LOOM's in die LPR, of verwys na die Gr. 12 Ontwerphandboek. Moontlike voorbeelde is Karim Rashid, Tokujin Yoshioka, Art Chantry, Roy McMakin. Voorbeeld: Dante Ferretti - Filmstel ontwerpe vir Titus (Die Senaat se buitekant en die Senaat se interieur). Ferretti maak gebruik van verwysings uit die sosiale omgewing, bv. die teenwoordigheid van bendes, om die donkerste fasette van die menslike natuur voor te stel. Sodoende maak hy dit relevant vir vandag se gewelddadige wêreld, bv. stedelike agteruitgang. Ferretti het uiteenlopende geskiedenisse en kulture bymekaar gebring in sy stelle van Rome deur dit ‘n gefragmenteerde collage van Rome, Renaissance en moderne struktuur te maak. (Bv. Mussolini se Fascistiese Rome). Weergegee in somber kleure het Ferretti ‘n Rome op die rand van verval uitgebeeld – dit weergalm die verval van die Antieke Romeinse Ryk. Ferretti se ontwerp word dus deels klassieke grootsheid en deels harde kontemporêre chic en maak sodoende Shakespeare relevant vir moderne gehore. Krediet moet aan enige geldige of redelike antwoord gegee word.

(4)

Page 25: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 25 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

OF ‘N ANDER VOORBEELD Voorbeeld: Tokujin Yoshioka - die Honey-Pop Stoel. Die stoel is gemaak van herwinbare sneespapier. Hierdie papier is vergaanbaar. Meubels en interieurs beïnvloed deur beide tradisionele en kontemporêre materiale, bv. hout en papier vir ‘n stoel. Hy oortref die alledaagse – die banale – deur lae betekenis in sy werk in te bou (bv. hierdie stoel dien ook as ‘n stuk beeldhouwerk). Die vorm is organies en die natuurlike vorm suggereer ‘n byekorf. Gemaak van riffelpapier en in byekorf-vormpies gevou – verkenning van die grense van papiertegnologie – beide breekbaar en sterk. Dit verken ook die tradisionele Japannese manier van papiervou – origami, bv. sosiaal: tradisionele kuns/kunsvlyt/ ontwerp herlewe. Krediet moet aan enige geldige of redelike antwoord gegee word.

(6) [20]

V6.4

VLAK KOGNITIEWE

VAARDIGHEDE PERSENTASIE VRAE PUNTE

10 Lae orde

Waarneem/Geheue Begrip

30%

6.4.1 + 6.4.2

3

Middel-orde Toepassing 40% 6.4.1 + 6.4.2 4 Hoë orde Analise

Sintese Evaluering

30%

6.4.1 + 6.4.2

3

TOTAAL AFDELING B: 40

AFDELING C: ONTWERP IN 'N BESIGHEIDSKONTEKS VRAAG 7 [30 punte]

AS 9: Demonstreer ‘n basiese begrip van die bemarking van ontwerpprodukte met betrekking tot ‘n teikenmark, verpakking en advertensiewese.

AS10: Demonstreer ‘n begrip vir verantwoordelike ontwerp met inagneming

van menseregte en omgewingsvraagstukke dwarsdeur die proses. AS11: Ondersoek loopbaan-moontlikhede binne die ontwerp-dissipline.

Beantwoord VRAAG 7.1 OF VRAAG 7.2. NOTA: Verwys na die voorgeskrewe/aanbevole LOOM's in die LPR, of verwys na die Gr.12 ontwerphandboek.

Page 26: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 26 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.1 7.1.1

Voorbeeld van studie- en loopbaangeleenthede. (Die studie-moontlikhede wat bestudeer is, behoort hier bespreek te word.)

Studie-en loopbaangeleenthede in ontwerp: (Ken 10 punte toe.) Voorbeeld: Advertensie- /Inligtingsontwerp (of enige ander voorbeeld mag gekies word)

o Ek beplan om Inligtingsontwerp by die AAA School of Advertising te bestudeer, waar hulle ‘n 3-jaar diplomakursus in Advertensie-ontwerp aanbied.

o Ek kan ook besluit om vir ‘n graad in Inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria/ Johannesburg te gaan studeer. Dit is ‘n vier-jaar-kursus.

o Basiese opleiding by hierdie inrigtings sluit die volgende in: tekenvaardighede, rekenaargrafika, illustrasiewerk, tipografie, kopieskryf, visuele kommunikasie, bemarking ens.

o Om meer kennis oor die finansies om 'n agentskap te bedryf, te verkry, sal ek ‘n Pastel rekenaarkursus doen.

o Ek kan kies om vir enige van die volgende te gaan werk: advertensie-maatskappy, uitgewers, drukkers en verpakkingsmaatskappy of ek kan ‘n vryskut ontwerper word.

o Die omvang van beroepsgeleenthede vir jongmense in hierdie veld is uitstekend. Ek kan besluit om by 'n groot advertensiemaatskappy aan te sluit. Advertensie-agentskappe kombineer gewoonlik ‘bo-die-lyn’ en ‘onder-die-lyn’ advertering. 'Bo-die-lyn' beteken TV, radio, gedruk en advertensieborde. Dit is die manier van praat met ‘n wye, publieke gehoor en is duur. Dit is gewoonlik langtermynveldtogte.

o Of ek mag verkies om vir ‘n kleiner agentskap te werk, wat spesialiseer in ‘onder-die-lyn’ advertering, dit beteken promosies, verpakking, webontwerp, kompetisies en spesiale korttermynveldtogte om verkope vir ‘n kliënt op te jaag.

o Ek kan enige van die groot kategorieë in die advertensiewese kies, bv.

rekeningbestuur (wat die finansiële sy van die bedryf is.) o Of die beplanningsdepartement, wat navorsing doen oor tendense en die rigting

van die handelsmerk beplan. o Media / bemarkingsdepartement kies die media van advertensie en doen die

bemarking van ‘n produk of veldtog. Die media / bemarkingsdepartement besluit hoe die veldtog geloods word en aan wie die boodskap oorgedra moet word. Dit word in samewerking met die res van die personeel gedoen (bv. fotograwe, kopieskrywers, ens.)

o Kreatiewe department: In die advertensie-wêreld is daar die kreatiewes (ook bekend as die ‘vaardigheidsgroep’) en die ‘pakke’ of uitvoerende bestuurders. Die kreatiewes is die mense wat verantwoordelik is vir die generering van kunswerke, woorde, die beeld en gevoel van die veldtog.

o Die ontwerper of ontwerpateljee neem ‘n konsep en hou ‘n denkskrum om ‘n tema of kreatiewe beeld te vind, en bespreek dit vervolgens met die kliënt hoe beplan word om die boodskap van die opdrag oor te dra. Dit is ‘n loopbaan van probleemoplossing om sodoende ‘n handelsmerk se boodskap op ‘n kreatiewe manier oor te dra.

Page 27: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 27 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.1.2 7.1.3

o Die kreatiewe direkteur/redigeerder lei die ganse kreatiewe proses van begin tot

einde en trek altyd die toutjies om aan die kliënt se begeertes te voldoen. o Die kopieskrywers skryf die woorde vir die advertensies. o Die kunsdirekteure/redigeerders kyk na die hele visuele omvang van die

advertensie. o Ontwerpers produseer werk soos logo’s, briefhoofde, inligtingstekens,

verpakking, produkontwerp, brosjures asook plakkate en jaarblaaie. o Die media-department besluit hoe om die veldtog te loods en aan wie die

boodskap oorgedra behoort te word. Dit is ‘n samewerkende proses met die res van die personeel. (Bv. fotograwe, kopieskrywers, ens.).

Krediet moet aan enige geldige of redelike antwoord gegee word. (10) Moontlike bydraes tot die gemeenskap en die omgewing, binne jou gekose veld. (Ken 4 punte toe.) Voorbeeld: o Dit gee aan my geleentheid om op verantwoordelike wyses geld te verdien/ ‘n

inkomste te genereer. ‘n Ontwerper sal byvoorbeeld slegs herwinde papier advertensie-/bemarkings-/promosiemateriale gebruik.

o Dit bied ‘n geleentheid vir my om ander mense in nuwe vaardighede op te lei en dus werksgeleenthede te skep. Bv. die Mapula-projek.

o Dit verskaf ‘n geleentheid vir my om mense te beïnvloed en houdings te verander. Bv. Deur uitstekende kopieskryfvaardighede kan mense begin dink oor die negatiewe gevolge van rook

o Ek kan bydra tot die bewusmaking van herwinbaarheid en hergebruik, bv. soos Heath Nash sal ek probeer om herwinde materiaal op innoverende maniere in my ontwerpe te inkorporeer.

Neem kennis: Krediet moet aan enige geldige of redelike antwoord gegee word. Kandidate mag meer as een ontwerpveld kies, ondersteun deur bewyse. (4)

Krediet moet aan enige geldige of redelike antwoord gegee word. Persoonlike planne vir die toekoms, insluitende ‘n moontlike besigheidsplan: (Ken 10 punte toe.) Enige voorbeelde: Omskryf die besonderhede van jou besigheid. Leerders moet verwys na die Wat?, Wanneer?, Waarom?, Hoe? van hulle besigheid. Voorbeeld: Voorgestelde naam vir ‘n besigheid: AD Designs (in die Inligtingsontwerpindustrie) o Ek sal ‘n Visie en Missie opstel. Dit sal my belofte insluit om ontwerpe van goeie

gehalte te lewer, asook omgewingsvriendelik te wees, ens. o Ek sal as ‘n alleeneienaar handel dryf. Ek verstaan dat dit sal beteken dat ek vir

alle sake-risiko’s verantwoordelik sal wees, maar ook al die profyt sal neem. o Ander keuses kan wees: ‘n geslote korporasie met minder as 10 mense of ko-

operatief, wat sal bestaan uit enige aantal mede-eienaars en op ‘n demokratiese manier bedryf sal word, ens.

o Ek sal by ‘n bank aansoek doen om ‘n lening om die nodige toerusting te koop, bv. Apple Mac, drukker, faks- en kopieermasjien, ens.

Page 28: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 28 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.1.4

o Ek sal van die huis af werk omdat ek ‘n woonstel met twee beskikbare kamers het en sodoende op die huur kan spaar.

o Ek sal ‘n teikenmark identifiseer: ek sal fokus op die omgewingsvriendelike produkte en sal met ‘Greenpeace’ kontak maak vir moontlike opdragte, soos bv. plakkate, pamflette, ens.

o Ek sal slegs vir maatskappye werk doen wat omgewingsvriendelik is om ‘n nis in die advertensie-mark te bekom.

o Ek sal twee ateljee-assistente in diens neem. Hulle rolle sal wees om te help met die denkskrumme, asook om konsepte te ontwikkel.

o Ek sal gebind wees om ‘n minimum salaris te betaal, soos bepaal deur die Department van Arbeid en hulle te registreer by die Werkloosheidsversekeringsfonds.

o Materiale sal by ‘n plaaslike maatskappy gekoop word – dieselfde een wat my voorsien het toe ek ‘n student was. Hulle ken my en ek sal afslag vir my onderneming kan beding. Ek sal ander verskaffers nader oor afslag en 'n lys van verskaffers saamstel.

o Ek sal al my nuwe ontwerpe finaliseer en aan hulle voorlê, maar my assistente oplei in enige vaardighede wat hulle mag nodig kry. Op hierdie manier sal my besigheid behulpsaam wees in die opleiding van vaardighede en die skepping van werksgeleenthede.

o Ek sal self boekhou, en daarvoor het ek reeds ‘n 3-maande-kursus in Pastel Accounting gedurende my studies voltooi.

o Ek sal finansieel beplan met ‘n ‘bevondsingsvoorstel’ vir fondse vir die aankoop van papier, instandhouding van toerusting, huur, salarisse, ens. Ek sal ‘n begroting ten opsigte van produksie en bemarking opstel om sodoende ‘n ‘besigheidsvoorspelling’ op te stel. Ek sal om lopende koste beplan: veranderlike of produksiekoste ( bv. die koste van rou materiale en salarisse) en vaste koste (bv. huur, elektrisiteit en water, ens.) (10)

Krediet moet aan enige geldige en redelike antwoord gegee word. ‘n Besigheidsplan is sonder beperkings, maar behoort te bewys dat die leerder gedurende die verloop van sy/haar studies die basiese praktiese sy van besigheidsorganisasie soos toegepas op hulle dissipline, ondersoek het.

Jou bemarkingstrategie: (Ken 6 punte toe.)

o Ek sal ‘n ‘SWOT’-analise maak: kyk na die sterk en swak punte, geleenthede,

bedreigings ten opsigte van my maatskappy. Analiseer my maatskappy se sterk en swak punte, soek vir die areas van geleentheid en bedreiging.

o Ek sal ‘n ‘PESTLE’ analise maak deur te kyk na die ekonomiese, sosiale, tegnologiese, wettige en omgewingskwessies. Ek sal doelstellings en doelwitte opstel, bv. produseer slegs goeie kwaliteit voorwerpe wat omgewingsvriendelik is.

o Ek sal ‘n hulpbron-plan bymekaarsit: visie-, missie- en waardestelling (klante-opinie; of my produk kreatief, betroubaar en van goeie kwaliteit is.)

o Ek sal ‘n sterk handelsmerk-naam / -logo skep waarmee mense sal identifiseer en maklik sal herken.

o Beprysing: ek sal marknavorsing oor die ontwerpproduk-koste by ander agentskappe doen, ens.

Page 29: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 29 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

o Ek sal aanvanklik adverteer deur middel van klein, gekleurde strooibiljette, wat

my kontakinligting sal bevat. o Ek het reeds een korporatiewe kliënt (Steers byvoorbeeld) en sal die

verskeidenheid en hoeveelheid advertensie-ontwerpe verskaf aan hulle, kan vermeerder.

o Ek het my eie portefeulje gemaak, wat ek sal gebruik wanneer ek ‘n aanbieding aan ‘n kliënt doen. Dit was baie effektief omdat items nie deurmekaar geraak en weggesteek was nie.

o Ek sal ‘n klein katalogus uitstuur om werk, vir ander kliënte gedoen, te wys aan voornemende kliënte wat daaraan werk om hulle beeld te verander of wat hulself dalk deur bemarkingsveldtogte wil bevorder.

o Ek sal my eie Internet webtuiste opstel met ‘n verskeidenheid van advertensie-werke wat werk gedoen vir ander kliënte vertoon.

o Ek sal inskryf vir vooraanstaande ontwerpkompetisies om sodoende my blootstelling te bevorder. Bv. die Loerie-toekennings.

o Ek sal artikels oor myself en my besigheid aan besigheidstydskrifte stuur om sodoende my blootstelling te vergroot. Bv. Design Indaba tydskrif.

o Ek sal verseker dat ek goeie naverkoopdiens lewer, en sal in kontak met my klante bly.

Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord of relevante punte.

(6)[30]

V7.1

VLAK KOGNITIEWE

VAARDIGHEDE PERSENTASIE VRAE PUNTE

10 Lae orde Geheue/Kennis 30% 7.1.1 9 Middel-orde Toepassing 40% 7.1.1 + 7.1.3 + 7.1.4 12 Hoë orde Analise

Sintese Evaluering

30% 7.1.2 + 7.1.3 9

OF 7.2 Ontwerp in ‘n besigheidskonteks 7.2.1

Kortvraag (Ken 5 punte toe.) Leerders moet ‘n goedberedeneerde, relevante argument voorlê in reaksie op die vraag. Dit behoort bewys te lewer dat hulle die vraag toegepas het op hulle eie ontwerpdissipline. Voorbeeld: My ontwerpmaatskappy sal kontemporêre kleedstof maak deur van tradisionele drukvaardighede gebruik te maak.

o Ek sal tradisionele ontwerp-kunsvlytmense gebruik, maar sal hulle nie swak betaal nie, soos so dikwels in hierdie soort van ontwerp-inisiatiewe gebeur, nie. Die behoefte om uitbuitende praktyke te voorkom, bly ‘n ewige bekommernis in die Suid-Afrikaanse werksomgewing.

Page 30: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 30 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.2.2 7.2.3

o Ek sal al die gesamentlike pogings van al die werknemers erken

deur ‘n aansporingsbonus in te stel. o Ek sal seker maak dat ek aan die werknemers ‘n werkvriendelike

omgewing verskaf, wat hulle menswaardigheid respekteer en terselfdertyd hoë vlakke van professionalisme verseker. Dit sal aanvaarbare ablusie-fasiliteite, ventilasie en ‘n tipe ontspanningsfasiliteit beteken.

o Ek sal ‘n dialoogproses met die werkers in die werksplek instel. Dit kan die vorm van ‘n aangewese woordvoerder aanneem.

o Ek sal vaardigheidsbou bevorder deur moontlik eenmaal ‘n maand ‘n opleidingswerkswinkel vir nuwe idees te hou.

o Ek sal verseker dat die werkers ‘n mediese fonds, ‘n pensioenskema het en ‘n bydrae tot die WVF (Werkloosheids- versekeringsfonds) lewer.

Gee krediet vir enige ander inligting wat op menseregtekwessies konsentreer. Die bespreking behoort duidelik en gefokus te wees op die vereistes. Die leerder moet loopbaangeleenthede beskikbaar aan hulle identifiseer en bespreek. Die bespreking moet duidelik en gefokus wees op die vereistes soos toegepas op die denkbeeldige maatskappy. (Bv. tekstielontwerp) (Ken 5 punte toe.)

o ‘n Tersiêre inrigting sal geïdentifiseer word, bv. Die Durban Universiteit vir Tegnologie of Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie of Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie. (enige ander moontlikhede)

o ‘n 3-jaar-diploma- of 4-jaar-graadkursus word aanbeveel. (BTech) o ‘n Eenjarige kursus in besigheidsadministrasie sal ook ‘n voordeel

wees. (Bv. Pastel Accounting; Microsoft Office, ens.) o Uitruiling met ‘n oorsese ontwerper kan gereël word, bv. na Swede. o ‘n Belangrike aspek van die werknemer se CV sal wees dat hy/sy

ondervinding in die werksomgewing van die maatskappy het, sodoende ken jy reeds sy vermoëns en vaardighede.

Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord of relevante punte. Die dokument behoort die volgende hoofareas uit te lig: Verduidelik hoe jy ‘n teikenmark gaan vestig (Ken 5 punte toe.)

Voorbeeld: Tekstielmaatskappy wat organiese katoen met oorspronklike Suid-Afrikaanse patrone of versiering verskaf. Ek sal ‘n aantal kleinhandelaars besoek en die fabriekspatrone/ -style, wat beskikbaar is, opteken. Ek sal voorbeelde aan kleinhandelaars verskaf om te besluit of die produk vatbaar is en profyt sal toon.

(5) (5)

Page 31: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 31 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

o Ek sal ‘n ‘SWOT’-analise maak: kyk na die sterk en swak punte, geleenthede, bedreigings ten opsigte van my maatskappy. Analiseer my maatskappy se sterk en swak punte, soek vir die areas van geleentheid en bedreiging, bv. of daar ‘n behoefte vir tipiese Suid-Afrikaans-geproduseerde organiese tekstiele met oorspronklike patrone of versiering is, maar op hierdie stadium is dit veel goedkoper om tekstiele in te voer.

o Ek sal ‘n ‘PESTLE’ analise maak deur te kyk na die ekonomiese, sosiale, tegnologiese, wettige en omgewingskwessies. Ek sal doelstellings en doelwitte opstel, bv. of daar ‘n behoefte is vir die produsering van hoë kwaliteit organiese tekstiele wat omgewingsvriendelik is, ek sal met die regering ontmoet om

moontlikhede daar te stel en vir befondsing soek. o Ek sal ‘n hulpbron-plan bymekaarsit: visie-, missie- en waardestelling

(klante-opinie; of my produk kreatief, betroubaar en van goeie kwaliteit is.) In hierdie geval is daar ‘n behoefte vir organies-geproduseerde tekstiele en ek sal kan voorsien.

o Ek sal onderhoude hê en voorbeelde aan die publiek wys, asook aan boetiek-eienaars, om die behoeftes en smake van die teikenmark, naamlik die Suid-Afrikaanse publiek van alle ouderdomme, te bepaal – dit is belangrik om die klante se psigologie te ken.

o Dit is essensieel om op hoogte te bly met wat die opposisie doen en om ‘n prysoorlog te voorkom.

o Ek sal ‘n sterk handelsmerk-naam / -logo skep waarmee mense (die Suid-Afrikaanse publiek van enige ouderdom) sal identifiseer en maklik sal herken.

o Beprysing: ek sal marknavorsing doen oor die pryse van tekstiele by ander kleinhandelare of winkels, ens. en sal my handelsnaam ‘n gesogte produk maak. Ek sal na die insette en uitsette kyk om te sien wie my belangrikste klante sal wees.

Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord of relevante punte. Verduidelik hoe jy jou besigheid en / of produk(te) sal bemark of adverteer (Ken 5 punte toe.)

o Ek sal aanvanklik adverteer deur van ‘onder-die-lyn’ bemarking gebruik te maak, bv. klein gekleurde strooibiljette wat my kontakinligting dra.

o Ek sal ‘n internet/ webtuiste begin om my tekstiele te adverteer en bestellings te ontvang.

o Skoue en markte; afval-tekstiele sal beskikbaar wees vir vroue of mans wat verkies om hulle eie klere te maak.

o Borgskappe; ek sal gratis tekstiele verskaf aan 'n jong en opkomende ontwerper om publisiteit uit hulle vertonings te kry.

o Promosie-items; ek sal sakke van my tekstiele skep om saam met modetydskrifte uit te gee.

o Klante-verwysings – baie meer werd as ‘n advertensie en kos boonop niks nie.

(5) (5)

Page 32: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 32 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

o Advertensie; ek sal strategieë gebruik wat in direkte verband met die

produk staan. Oorweging moet gegee word aan die advertensie-styl ten opsigte van die produk, bv. my logo sal fokus op en wys dat ek organiese rou materiaal gebruik.

Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord of relevante punte. Verduidelik die eienskappe wat jy sal toepas om ‘n suksesvolle logo of produkmerk vir jou produk te skep. (Ken 5 punte toe.)

o Ek sal seker maak dat dit maklik herkenbaar of uitkenbaar is, bv. Ek sal slegs twee kleure gebruik, naamlik rooi en wit.

o Ek sal seker maak dat die beeld en lettertipe vir die logo verband hou met die feit dat ek slegs organiese rou materiaal gebruik, bv. Ek sal ‘n vereenvoudigde beeld gebruik van drie katoenpluisies om mans, vrouens en kinders te verteenwoordig.

o Ek sal ‘n vereenvoudigde beeld gebruik wat goed op ‘n verskeidenheid van groottes sal oordra, groot (op plakkate en advertensieborde) en klein (besigheidskaartjies).

o Ek sal ‘n baie kreatiewe logo ontwerp wat mense sal onthou.; nuwe en oorspronklike konsep, bv. die naam sal ‘Crazy Cotton’ wees wat beteken dat mense mal sal gaan om die tekstiel te kan besit.

o Ek sal seker maak dat die lettertipes leesbaar is sodat mense my naam sal herken.

o Die logo sal gepas wees vir my en my omgewingsvriendelike benadering weerspieël.

o Ek sal seker maak my logo is anders as ander soortgelyke maatskappye of produkte-logo’s.

o Ek sal seker maak dat my logo blywende trekkrag het, bv. Ek sal ‘n klassieke logo vir my maatskappy ontwerp.

o Die druk en reproduksie van my logo sal binne my begroting beplan word.

o Die simbolisme gebruik in die logo sal maklik geïnterpreteer kan word deur enige persoon, bv. drie katoenblomme wat die verskillende mense verteenwoordig wat hierdie tekstiele/ materiaal dra.

Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord of relevante punte. Dui die hoofopskrifte/-kategorieë aan wat jy veronderstel is om in jou CV in te sluit. (Ken 5 punte toe.) Ek sal die volgende insluit:

o Persoonlike inligting, bv. naam, van, adres, ens. o Opvoedkundige inligting, bv. begin met jou mees onlangse

kwalifikasies of prestasies, ens. o Werkervaring, bv. mees onlangse werk, ens. o Rekenaarvaardighede, bv. ‘n lys van die programme wat jy kan

gebruik, bv. Excell, Word, ens.

(5) (5)

Page 33: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · GRAAD 12. Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID VRAAG

Ontwerp/V1 33 DoE/Febr. Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

o Kursusse bygewoon, bv. noem die kursustitel, inrigting, ens. o Aktiwiteite en belangstellings, bv. indien nie relevant vir die posisie nie,

los uit, ens. o Verwysings en getuigskrifte, bv. van die vorige werkgewer, ens.

Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord of relevante punte.

(5) [30]

TOTAAL AFDELING C: 30

V7.2 VLAK

KOGNITIEWE VAARDIGHEDE

PERSENTASIE VRAE PUNTE 10

Lae orde

Waarneming/GeheueBegrip

30%

7.2.1 + 7.2.2+7.2.3

9

Middel-orde Toepassing

40%

7.2.1 + 7.2.3 + 7.2.3

12

Hoë orde Analise Sintese Evaluering

30%

7.2.1 + 7.2.2 +

7.2.3

9

GROOTTOTAAL: 150