13
Kopiereg voorbehou PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye. AFRIKAANS HUISTAAL V3 MEMORANDUM/NASIENRIGLYNE SEPTEMBER 2014 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

PUNTE: 100 TYD: 2½ uur

Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.

AFRIKAANS HUISTAAL V3 MEMORANDUM/NASIENRIGLYNE

SEPTEMBER 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

VOORBEREIDENDE EKSAMEN

GRAAD 12

Page 2: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

Afrikaans Huistaal/Memorandum 3 2 September 2014 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

NASIENRIGLYNE: Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = 21 Taal, styl en redigering: T = 8 Stuktuur: S = 3 Skryf dan die totaal van die opstel in die regterkant (onder die opstel) 32 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees).

DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekend gestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.

Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.

Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit.

AFDELING A Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Die leerder bied enige tipe opstel aan:

1. Ons het stilgehou om te luister Hierdie onderwerp leen hom veral tot ’n beskrywende of verhalende opstel.

2. Jy voel soms so verlore en dan is daar mense soos liggies in die woud wat jou bring waar jy moet uitkom. Die aard van die onderwerp kan die leerling veral as ’n beskrywende, verhalende of selfs ’n bespiegelende opstel interpreteer. Die leerling word egter nie in die interpretasie van die onderwerp gebind nie.

3. Dit laat my vuur spoeg! Skryfstukke wat beskrywend, argumenterend en beredenerend aangebied word, behoort die algemene interpretasie van die onderwerp te wees.

4. Geluk is … Hierdie onderwerp leen hom tot beskrywende ,bespiegelende of selfs verhalende interpretasies.

5. Is jy ’n orgaanskenker? Beredeneerde en bespiegelende skryfstukke behoort uit hierdie vraag voort te spruit.

6. Prikkel:Tieners op straat wat drink en op selfoon is. Die kandidate kan op enige deel van die prikkel, byvoorbeeld drankmisbruik fokus.

7. Prikkel:.Tas : Hier kan die kandidate verwys na reis of avontuur of bagasie, selfs vakansie.

8. Prikkel: Seuns wat sokker teen mekaar speel. Weer kan die leerling op enige deel van die prikkel

Page 3: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

Afrikaans Huistaal/Memorandum 3 3 September 2014 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

fokus. Die kandidaat kan op sokker of sport as sodanig of selfs vriendskap fokus.

TIPES OPSTELLE:

VERHALENDE OPSTEL Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis (-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

Hou die volgende in gedagte:

Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).

ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.

Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.

Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud samehangend.

Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.

Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.

ʼn Treffende inleiding wat die leser boei.

ʼn Verrassende slot.

Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet.

BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

Hou die volgende in gedagte:

Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.

Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag. (Dus meer as net die opnoem van waarnemings).

Tekste kan varieer van meer realisties na ʼn verdieping in die aanbieding.

Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.

Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.

Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.

Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.

Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet.

BEREDENERENDE OPSTEL Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

Hou die volgende in gedagte:

Die opstel handel oor ʼn onderwerp waaroor standpunt ingeneem word, alreeds tydens die inleiding.

Page 4: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

Afrikaans Huistaal/Memorandum 3 4 September 2014 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.

Die inhoud moet oortuig en ontwikkel logies en helder.

ʼn Gevolgtrekking word bereik in die slotparagraaf wat aansluit by die inleiding.

Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.

Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.

Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet.

BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg, deurdink ʼn idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Bespiegel oor ʼn droom of wense.

Hou die volgende in gedagte:

Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.

Die onderwerp word bepeins, oordink.

Verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.

ʼn Eie mening word gevorm (logies en sistematies).

Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet.

ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL Die skrywer het ʼn spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Dit is ʼn subjektiewe opstel.

Hou die volgende in gedagte:

Kan subjektief wees en definitiewe opinies moet gestel word.

Gee eie mening op oorspronklike wyse.

Gee reeks argumente om perspektief te motiveer.

Konsentreer op argumente vir/teen standpunt.

Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke.

Sterk gevoelstaal – emosioneel – nie kru nie.

Duidelike en oortuigende slot.

Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

TOTAAL AFDELING A: 50

Page 5: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

Afrikaans Huistaal/Memorandum 3 5 September 2014 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Twee tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.

NASIENRIGLYNE: Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = 11 Taal, styl en redigering: T = 8 19 Skryf dan die totaal van die opstel in die regterkant (onder die teks) Dra die getal uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees).

9. KLAGTEBRIEF

Plot 345 Mandela View Sannieshof 2760 Datum Die Dorpsbestuurder Sannieshof Munisipaliteit Posbus 6 Sannieshof 2760 Meneer/Geagte mnr./mnr Bekker SWAK TOESTAND VAN WATER Vanoggend vroeg, toe ek weer die krane in die badkamer oopdraai en daar, nes die afgelope drie dae, net vuil water by die krane uitloop, het ek besluit dis die laaste strooi. • In die brief word oor iets gekla. • Verduidelik die probleem. • Gee alle inligting wat die ontvanger sal help om die probleem op te los. • Omskryf die ongerief wat veroorsaak is / probleem wat ervaar word. • Probeer die ontvanger aanspoor om die probleem so gou moontlik op te los. • Dring aan op onmiddellike aandag. • Spreek waardering uit vir aandag wat verleen sal word. • Die taal, styl (HT, EAT, TAT), toon en register (HT, EAT) is formeel. Wees hoflik, al is jy kwaad. Moenie die leser van die brief dreig nie. • Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie. Ons hoop om so spoedig moontlik u antwoord te ontvang.

Page 6: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

Afrikaans Huistaal/Memorandum 3 6 September 2014 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Die uwe MTheron OF Martin Theron M. Theron Wenke: • Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van sender, datum, adres van ontvanger, aanhef, opskrif / doel, paragrawe, afsluiting. • Die adres van die sender kom regs boaan in blokvorm. • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. • Die datum word voluit geskryf: 13 April 2010 • Die adres van die ontvanger van die brief word links in blokvorm geskryf. • Geen leestekens word in die adresse gebruik nie. • ’n Reël word tussen die adres van die sender en die ontvanger oopgelaat. • ’n Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die brief oopgelaat. • Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief saamvat. • Geen leestekens word na “Die uwe “gebruik nie. • Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken. Klaers kan ook hul noemname en vanne gee. • Die klaer se voorletters en van kan onder die handtekening uitgeskryf word, indien dit onleesbaar is.

10. DEKBRIEF BEGELEIDENDE BRIEF Mooihoek woonstelle Derde Laan 10 Berea Durban 4001 Datum Die Personeelbestuurder SASOL Posbus 5 Sasolburg 1947 Meneer/Geagte mnr./mnr Bothma AANSOEK OM BETREKKING: SIVIELE INGENIEUR Ek doen graag aansoek om bogenoemde betrekking soos in die Rapport van Sondag 9 Augustus 2009 geadverteer. • Die brief vergesel ’n aansoek om ’n betrekking. • Die taal, styl (HT, EAT, TAT), toon en register (HT, EAT) is formeel. • Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie. • Jy reageer op ’n advertensie wat in die pers verskyn het. Die briefinhoud moet dus pas by wat in die advertensie verlang word. • ’n CV word gewoonlik ingesluit. • Die volgende inligting moet in die brief gegee word, indien ’n CV nié gevra word nie: naam, adres, telefoonnommer, geboortedatum, huwelikstatus, kwalifikasies, werkservaring, huidige betrekking en werkgewer, huidige werkadres, persoonlike belangstellings en referente. Inligting oor tweetaligheid, sport- en kultuurprestasies en leierskapposisies kan ook vermeld word.

30

Page 7: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

Afrikaans Huistaal/Memorandum 3 7 September 2014 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Maak ook melding van ander dokumente, getuigskrifte en sertifikate wat ingesluit word. Wees verseker van my lojaliteit en harde werk indien my aansoek suksesvol is. Ek hoop om gou van u te hoor. Die uwe MvanJaarsveld OF Marie van Jaarsveld M. van Jaarsveld Wenke: • Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van sender, datum, adres van ontvanger, aanhef, opskrif / doel, paragrawe, afsluiting. • Die adres van die sender kom regs boaan in blokvorm. • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. • Die adres van die ontvanger van die brief word links in blokvorm geskryf. (Dis ook die adres wat op die koevert gebruik gaan word.) • Geen leestekens word in die adresse gebruik nie. • ’n Reël word tussen die adres van die sender en die ontvanger oopgelaat. • ’n Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die brief oopgelaat. • Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters geskryf en dan onderstreep word. • As die naam van ’n tydskrif of ’n koerant gebruik word, word dit onderstreep. As so ‘n naam getik word, is dit in skuinsdruk. • Afsluiting: Geen leestekens word na “Die uwe “gebruik nie. • Die brief word deur die aansoeker onderteken. Aansoekers kan ook hul noemname en vanne gee. • Die aansoeker se voorletters en van kan onder die handtekening uitgeskryf word, indien dit onleesbaar is. (Mnr. / mnr / mej. / mej / me / me. / mev / mev. is onnodig.)

11. DIALOOG

Thandi: Wat gaan ons môre doen? Vuyo: Ek moet my ma in die huis help. Ek sal eers vanmiddag iets kan doen. Thandi: Dit maak nie saak nie. Ek is baie lus om ... Vuyo: ... • Twee of meer mense voer ’n gesprek met mekaar. • Die taal en styl moet by die onderwerp pas. • Gebruik leestekens om emosie aan te dui.

Wenke • Die sprekers se name staan teen die kantlyn. Daar is ’n dubbelpunt na die naam. • Daar word geen aanhalingstekens gebruik nie. • ’n Reël word na elke spreker (spreekbeurt) oopgelaat. • Ekstra inligting word tussen hakies geskryf.

Page 8: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

Afrikaans Huistaal/Memorandum 3 8 September 2014 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

12. VRIENDSKAPLIKE BRIEF Posbus 198 Harrismith 9880 Datum Liewe Ma en Pa Dit is ’n nare, mistroostige dag hier by die koshuis. Ek verlang sommer huis toe. • ’n Vriendskaplike brief is persoonlik, openhartig, vriendelik en word gewoonlik in ‘n meer informele styl as ’n opstel geskryf. • Die doel hiervan is om met familie of ‘n vriend te kommunikeer. • Die vriendskaplike brief bevat gewoonlik nuus en verstewig verhoudings. • Dit moet lewendig en interessant wees. • Spreek die ontvanger direk aan. • Vermy slordige taal en slengwoorde. ( Indien ‘n Engelse woord onvermydelik is, moet dit onderstreep word; in gedrukte vorm sal dit skuinsgedruk wees.) • Die toon en register moet pas by die verhouding tussen die briefskrywer en die ontvanger van die brief. • Die kort inleidingsparagraaf moet ’n skakel wees tussen jou en die ontvanger van die brief. • Die slotparagraaf moet die brief saamvat en dalk ook ’n rede gee hoekom die persoon vir jou moet terugskryf. Dit was nou so lekker om sommer met julle te gesels. Liefdegroete. OF Mooi wense. OF Sterkte. Julle verlangende dogter Cecile Wenke: • Die formaat van die brief moet korrek wees: adres, datum, aanhef, paragrawe, afsluiting. • Die adres van die skrywer word regs, boaan in blokvorm geskryf. • Geen leestekens word in die adres gebruik nie. • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. • Die datum word voluit geskryf: 10 Maart 2010 • Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word. • Aanhef: NIE “Liewe Ouers” nie; “Beste” of “Liewe” word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn geskryf. • ‘n Reél word tussen elke paragraaf oopgelaat. • Groete of Liefdegroete of Liefde, ens. is die laaste paragraaf van die brief en daarom is daar ’n punt aan die einde. • Daar word nie ’n reël in die afsluiting van die brief oopgelaat nie. • Die omskrywing “Julle verlangende dogter” of “Jou vriend” is opsioneel.

13. INFORMELE VERSLAG

Skryf ’n bondige, interessante inleiding wat die doel van die verslag weergee. Gee aan die verslag ‘n intersessante opskrif (kop) • Verskaf kortliks inligting oor die vrae : Wie?, Wat?, Waar? en Wanneer? Die vrae kan subopskrifte wees. • Brei nou uit op die vrae. • Skryf ’n treffende slot wat alles saamvat. • Taal en styl moet by die informele verslag pas. • Visuele materiaal kan ingesluit word om die verslag interessant te maak.

Page 9: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

Afrikaans Huistaal/Memorandum 3 9 September 2014 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Wenke: • ’n Informele verslag handel oor byvoorbeeld ’n sporttoer of klasuitstappie of matriekafskeid. • Die inligting moet korrek wees. • Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees. • Dit is kort en bondig. • Adjektiewe kan gebruik word om die verslag interessant te maak en om te beskryf.

14. AGENDA EN NOTULE

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.

Agenda van ‘n vergadering van die Sportkomitee wat op Maandag 23 April 2012 om 10:00 in die Raadsaal gehou sal word.

A G E N D A Opening en verwelkoming Presensie en verskonings Goedkeuring van die vorige notule Sake voortspruitend uit die notule 4.1 Finansiële verslag 4.2 Verslag van hokkiekomitee Nuwe sake 5.1 Verslag oor tennissokkie 5.2 Rugbydag 5.3 Netbaltoernooi Algemeen 6.1 6.2 6.3 Datum van volgende vergadering Afsluiting

1. 2.

SPORTKOMITEE: FOURWAYS HIGH SCHOOL

N O T U L E

Notule van ‘n vergadering van die Sportkomitee wat op Maandag 23 April 2012 om 10:00 in die Raadsaal gehou is. OPENING EN VERWELKOMING Die Voorsitter verklaar die vergadering geopen en heet die lede welkom. PRESENSIE EN VERSKONINGS Die volgende lede is teenwoordig: mnre. S. Bezuidenhout, G. Coetzee, L. Kruger en

Page 10: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

Afrikaans Huistaal/Memorandum 3 10 September 2014 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3. 4. 5. 6. 7. 8.

mevv. P. Malan en R. Swanepoel. Verskoning word aangeteken vir mnr. D. Erasmus. GOEDKEURING VAN DIE VORIGE NOTULE Die vorige notule word goedgekeur en onderteken op voorstel van mnr. Bezuidenhout en gesekondeer deur mev. Swanepoel. SAKE VOORTSPRUITEND UIT DIE NOTULE 4.1 FINANSIëLE VERSLAG Die finansiële verslag word goedgekeur. 4.2 VERSLAG VAN HOKKIEKOMITEE Al die lede het die verslag gelees en spreek hulle dank teenoor die hokkie- komitee uit. NUWE SAKE 5.1 VERSLAG OOR TENNISSOKKIE Mev. Malan rapporteer dat alles vlot verloop het tydens die tennissokkie. Genoeg geld is ingesamel om een leerling te borg vir die tennistoernooi. 5.2 RUGBYDAG Die reëlings vir die rugbydag op 8 Mei 2012 verloop glad. Mnr. Bezuiden- hout is in beheer en sal hulp vra indien nodig. 5.3 NETBALTOERNOOI Die netbaltoernooi vind plaas op 30 April 2012. Mev. Swanepoel rapporteer dat alle reëlings getref is en dat al die genooide skole bevestig het. ALGEMEEN Geen. DATUM VAN VOLGENDE VERGADERING Die volgende vergadering sal plaasvind op 21 Mei 2012 om 14:30 in die Raadsaal. AFSLUITING Die vergadering verdaag om 12:30. _________________________ _______________________ VOORSITTER SEKRETARIS

Page 11: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

Afrikaans Huistaal/Memorandum 3 11 September 2014 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 12: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

Kopiereg voorbehou

AANHANGSEL D: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR HUISTAAL [50 PUNTE]

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende

INHOUD & BEPLANNING (Respons op en idees in teks) Organisering van idees Bewus van doel, gehoor en konteks van teks)

30 PUNTE

Hoë

sub

kate

gorie

27-30 22-23 15-17 9-11 3-5

- Uitstaande en treffende respons; bo verwagting - Intelligent, stem leser tot nadenke, volwasse idees - Organisasie (inleiding, liggaam en samevatting/slot) is uitsonderlik en samehangend.

- Goed saamgestelde respons - Idees oortuigend, interessant, toon bewyse van volwassenheid. - Organisasie (inleiding, liggaam en samevatting/slot) is baie goed en samehangend.

- Bevredigende respons - Idees is oortuigend en redelik samehangend. - Organisasie (inleiding, liggaam en samevatting/slot) is redelik en samehangend.

- Idees is onoorspronklik en onduidelik. - Samehang is inkonsekwent. - Geringe bewys van organisasie (inleiding, liggaam en samevatting/slot) en samehang.

- Idees is deurmekaar en ongefokus. - Ontoepaslike respons - Vaag en herhalend - Ongeorganiseerd en onsamehangend

Lae

sub

kate

gorie

24-26 18-21 12-14 6-8 0-2

- Uitmuntende respons, maar uitstaande en treffende eienskappe ontbreek. - Volwasse en intelligente idees - Organisasie (inleiding, liggaam en samevatting/slot) is knap en samehangend.

- Goed saamgestelde respons - Toepaslike en interessante idees - Organisasie (inleiding, liggaam en samevatting/slot) is goed en samehangend.

- Bevredigende respons, maar soms is daar mistastings. - Idees is redelik samehangend en oortuigend. - In ’n mate bewus van organisaie (inleiding, liggaam en samevatting/slot) en samehang.

- Grootliks ontoepaslike respons - Idees is onsamehangend en verwarrend. - Weinig bewyse van organisasie ( inleiding, liggaam en samevatting/slot) en samehang

- Idees is ontoepaslik en nie geskik nie. - Geen respons op teks. - Ongefokus en verwarrend

TAAL, STYL & REDIGERING Toon, register, styl en woordeskat is geskik vir doel/effek en konteks Woordkeuse, taalgebruik en konvensies, punktuasie, grammatika en spelling

15 PUNTE

Hoë

sub

kate

gorie

14-15 10-11 6-7 2-3 0

- Toon, register, styl, woordeskat hoogs gepas vir doel, gehoor en konteks - Taalgebruik is uitsonderlik, treffend en met selfvertroue. - Toon pakkend; retories effektief - Grammatika en spelling feitlik foutvry. - Samestelling is baie knap.

- Toon, register, styl, woordeskat baie gepas vir doel, gehoor en konteks. - Taalgebruik is effektief; toon gepas, konstant; retories effektief. - Grammatika en spelling is feitlik foutvry. - Samestelling is knap.

- Toon, register, styl, woordeskat is gepas vir doel, gehoor en konteks. - Taalgebruik is gepas; dra betekenis oor; toon is gepas; retoriese middels versterk betekenis. - Foute in grammatika; spelling - Samestelling is redelik na goed

- Toon, register, styl, woordeskat is nie gepas vir doel, gehoor en konteks nie. Taalgebruik is basies. - Toon en taalgebruik is ontoepaslik. - Woordeskat is beperk.

- Taal is onverstaanbaar - Toon, register, styl en woordeskat is nie gepas vir doel, gehoor en konteks nie. - Woordeskat is so beperk dat dit moeilik is om opstel te verstaan.

Lae

sub

kate

gorie

13-12 9-8 5-4 1-0

- Toon, register, styl en woordeskat is uitstekend en retories effektief. - Taalgebruik is treffend en met selfvertroue. Toon pakkend; retories effektief - Grammatika en spelling is feitlik foutvry. - Samestelling is baie knap.

- Toon, register, styl, woordeskat baie gepas vir doel, gehoor en konteks. - Taalgebruik is effektief; toon gepas; retories effektief - Grammatika en spelling is feitlik foutvry. - Samestelling is knap.

- Toon, register, styl, woordeskat is gepas vir doel, gehoor en konteks. - Taalgebruik is gepas; soms inkonsekwent - Toon is gepas; beperkte gebruik van retoriese middels.

- Toon, register, styl, woordeskat is nie gepas vir doel, gehoor en konteks nie. - Taalgebruik is basies - Weinig of geen sinsverskeidenheid. - Woordeskat is beperk.

STRUKTUUR Kenmerke van teks Paragraafontwikkeling en sinskonstruksie

5 PUNTE

5 4 3 2 1

- Uitstaande ontwikkeling van onderwerp. - Uitsonderlike besonderhede - Samestelling van sinne en paragrawe uitstaande

- Logiese ontwikkeling van besonderhede - Samehangend - Sinne, paragrawe logies en verskillend

- Toepaslike idees ontwikkel. - Sinne, paragrawe ontwikkel - Opstel verstaanbaar

- Sommige geldige idees. - Sinne en paragrawe het foute - Opstel maak tog sin t.s.v. baie foute .

- Nodige idees ontbreek. - Sinne en paragrawe wemel van foute. - Opstel maak nie sin nie.

VERSPREIDING VAN PUNTE 40-50 30-39 20-29 10-19 0-9

Page 13: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT VOORBEREIDENDE EKSAMEN · 2018. 9. 6. · • Die datum word voluit geskryf: 17 Mei 2010 • Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum

Afrikaans Huistaal/Memorandum 3 13 September 2014 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AANHANGSEL D: ASSESSERINGSRUBRIEK TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL [25PUNTE]

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende

INHOUD, BEPLANNING & FORMAAT -(Respons op en idees in teks) Organisering van idees Bewus van doel, gehoor en konteks van teks)

15 PUNTE

12-15 9-11 6-8 4-5 0-3

- Uitstaande en treffende respons; bo verwagting - Intelligente en volwasse idees - Grondige kennis van kenmerke van teks - Skryfstuk behou fokus. - Inhoud en idees samehangend - Idees uitgebreid en behou fokus - Gepaste en akkurate formaat

- Baie goeie respons; toon ’n goeie kennis van kenmerke van teks. - Behou fokus – geen afwyking - Inhoud en idees samehangend, uitgebreid en details ondersteun onderwerp. - Gepaste formaat; geringe afwykings

- Respons voldoende; toon kennis van kenmerke van teks. - Toon tekens dat fokus behou word; enkele afwykings - Inhoud en idees redelik samehangend - Sommige details ondersteun die onderwerp. - Formaat oorwegend gepas, maar afwykings kom voor.

- Respons basies; toon geringe kennis van kenmerke van teks. - Behou nie fokus nie; wyk af - Inhoud en idees nie altyd samehangend nie. - Baie min details ondersteun die onderwerp. - Onseker van formaat van teks; enkele, kritiese, nalatige foute.

- Respons toon geen kennis van kenmerke van teks nie. - Betekenis is onduidelik. - Geen samehang in idees en inhoud nie. - Geen details ondersteun die onderwerp. - Formaat van teks nie toegepas nie.

TAAL, STYL & REDIGERING Toon, register, styl en woordeskat is geskik vir doel/effek en konteks Woordkeuse, taalgebruik en konvensies, punktuasie, grammatika en spelling 10 PUNTE

8-10 6-7 4-5 2-3 0-1

- Toon, register, styl, woordeskat, hoogs geskik vir doel, gehoor en konteks. -Grammatika akkuraat; struktuur baie goed. - Feitlik foutloos .

- Toon, register, styl, woordeskat, baie geskik vir doel, gehoor en konteks. - Grammatika in die algemeen korrek; struktuur goed. - Feitlik foutloos

- Toon, register, styl, woordeskat, geskik vir doel, gehoor en konteks. - Enkele grammatikafoute - Foute belemmer nie betekenis nie.

- Toon, register, styl, woordeskat, pas nie altyd by doel, gehoor en konteks nie. - Grammatika onakkuraat met baie foute - Betekenis onduidelik

- Toon, register, styl, woordeskat, nie geskik vir doel, gehoor en konteks. - Besaai met foute - Betekenis onduidelik

VERSPREIDING VAN PUNTE

20-25 15-19 10-14 5-9 0-4