24
Die regering van die Kerk – 1Tim 2:13-14 Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees ... maar nie self mag onderrig gee nie ... staan vas ... ook vir vandag. Maart 2012

Die regering van die Kerk – 1Tim 2:13-14 2,13-14.pdf3 In vers 13-14 gee Paulus twee redes vir die reël vir vers 12 (Knight se 1Tim komm bl 142; Bouma se 1Tim komm bl 63,64; Ridderbos

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • Die regering van die Kerk – 1Tim 2:13-14Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees ...

    maar nie self mag onderrig gee nie ... staan vas ... ook vir vandag.

    Maart 2012

  • Ps-vooraf Ps 92:1,2 (sittende) Ontmoetingsdiens.Votum.“Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.” Amen

    SeëngroetGemeente van ons Here Jesus:“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”Amen.

    Lofprysing – Ps 89:1,2,3

    Geloofsbelydenis

    Verootmoediging en Versoeningsdiens.Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.Psalm na die wet – Ps 51:1,5

    1

  • Gebed om skuldbelydenis en verligting.

    Psalm na gebed – Ps 95:1,3

    2

  • Woorddiens.Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2:11-15

    Ons antwoord op die Woord van die HERE met: Ps 89:6,7

    Fokus gedeelte: vers 13-14

    Skrifverklaring.InleidingGeliefdes ... ons was verlede week by vers 11-12 ... waar Paulus sê: ... “Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. En ek laat die vrou nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.”

    Nou ... in hierdie woorde hoor ons: ... Christus se wil ... deur sy apostel ... dat vroue leerlinge moet wees ... maar self nie mag onderrig gee nie.

    By vers 13-14 ... leer ons ... dat hierdie wil van Christus ... vasstaan ... ook vir ons vandag.

    En hieroor ... gaan ons meer leer.****************

    TerugblikMaar kom ons verfris net eers ons gedagtes ... oor wat ons geleer het uit vers 11-12. In vers 11 het Paulus gesê ...

    3

  • dat ... “Die vrou (in Christus se kerk op elke plek) haar ... moet laat leer ...” Net soos die manne ...

    VerduidelikWant net soos die manne ... is ons susters deel van die kerk ... En uit Efes 2:10 en Efes 2:15 leer ons ... dat die kerk ... God se nuwe-verloste-mensdom is ... wat moet vorder op die pad van heiligmaking ... om so ... al hoe meer die beeld van God te vertoon.

    OpmerkingSo leer Efes 4:22-24 ons ...

    En uit Joh. 17:17 en Hand 20:32 leer ons ... dat ons groei in heiligmaking ... deur besig te wees met die Woord.

    Daarom dat vroue hul moet laat leer ... in die Woord.1

    ***************Maar daarby sê vers 11 ook ... hoe vroue hulself moet laat leer.In stille oplettendheid ... en in alle onderdanigheid ... aan die ouderling ... wat voorgaan in die onderrig van God se Woord ... Net soos die manne.2

    **************Maar nou’sit vers 12 ... wat sê ... waarom Paulus spesifiek vir die vroue sê ... dat hulle in stilte ... en in alle onderdanigheid ...

    1 Vgl Reymond, A new systematic theology of the Christian faith, bl 767vv

    2 Verlede week het ons geleer dat hierdie reël nie alleen vir vroue geld nie. Nee, vanuit Heb 13:17 leer ons dat ook die manne onderdanig moet wees aan die ouderling wat in die kerk voorgaan in die onderrig van God se Woord (Vgl Ryken se 1Tim komm bl 90-91).

    4

  • hulself moet laat leer.

    VerduidelikWant vers 12 verkondig Christus se wil ... wat sê: ... “Ek laat die vrou nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie (of aan die man leiding te gee nie) ...”

    En dit beteken ... dat vroue nie leiding-gewend en regerend die Woord mag bedien in die plaaslike kerk nie.

    ***************ToepassingWat dan ook inhou ... dat vroue nie ouderlinge mag wees nie. Want 1Tim 3:2 en 1Tim 5:17 leer ... dat dit juis die taak van die ouderlinge is ... om in die plaaslike kerk ... te regeer en leiding-gewend en regerend onderrig te gee.

    SaamvatSo ... geliefdes ... vanuit vers 11-12 ... het ons die baie belangrike waarheid geleer ... dat vroue ... net soos die manne ... moet toeneem in die kennis van die HERE.

    Maar self mag ons susters nie onderrig gee nie ... en mag hulle nie ouderlinge wees nie.

    *****************En net hier ... word vers 13-14 ... ontsettend belangrik.

    5

  • Hier waar Paulus sê: “Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.”

    Want dis hier ... dat Paulus leer ... dat die wil van Christus ... in vers 11-12 ... dat ... vroue leerlinge moet wees ... maar self nie mag onderrig gee nie ... vasstaan ... ook vir vandag.3

    Ja ... ook vir vandag ... En ons moet dit hoor ... geliefdes! ... Ja ... Christus se wil ... in vers 11-12 ... dat ... vroue leerlinge moet wees ... maar self nie mag ouderrig gee nie ... staan vas ... ook vir vandag.

    En nou gaan ons ... in die res van die prediking ... • eers fokus op ... die belangrikheid daarvan ...

    dat ons weet vers 11-12 staan vas ... ook vir vandag. • En daarna gaan ons leer

    waarom dit vas staan ... ook vir van dag. **************

    A. So kom ons begin by die belangrikheid daarvan ... dat ons weet ... vers 11-12 staan vas ... ook vir vandag. Dis belangrik ... geliefdes ...

    Want soos ons verlede week gehoor het ... is Christus se orde ... in vers 11-12 ... dat vroue leerlinge moet wees ... 3 In vers 13-14 gee Paulus twee redes vir die reël vir vers 12 (Knight se 1Tim komm bl 142; Bouma se 1Tim

    komm bl 63,64; Ridderbos se 1Tim komm bl 82; Calvyn se 1Tim komm bl 68).

    6

  • maar self nie mag ouderrig gee nie ... vir baie ... net ‘n reël ... wat gegeld het vir die kerk in Efese ... in die tyd ... toe Paulus en Timoteus daar was.4

    En dat dit nou nie meer geld nie.

    Voorbeeld5

    Hulle sê byvoorbeeld ... dat ons moet werk met die waarheid van Gal 3:28 ... wat sê: ... “Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.”

    En dan sê hulle dat hierdie waarheid beteken ... dat daar ... in die kerk ... nie meer onderskeid moet wees ... tussen wat manne moet doen ... en wat vroue moet doen nie.

    Opmerking• Net soos manne ... moet vroue ook onderrig kan gee. • Net soos manne ... moet vroue ook leiding-gewend

    en regerend die Woord kan bedien ...want julle is almal een in Christus Jesus.

    En kom ons dan by 1Tim 2:11-12 sê hulle ... dat die kultuur ... en die sosiale opset van Efese so was ...

    4 Vgl Ryken se 1Tim komm bl 98-99; Bybel in Praktyk bl 1881

    5 Vgl Ryken se 1Tim komm bl 98-99; Bybel in Praktyk bl 1815,1881; Boomsma, Male and Female, one in Christ, bl 35-38, 39-40, 55; Fika Janse Van Rensburg, Selfbevryders: Die kerklike verontregte vrou se eie plig en verantwoordelikheid ten opsigte van haar verontregting, bl 125 (in NTES 811 reader bl 172)

    7

  • dat vroue in daardie samelewing baie ondergeskik was aan die man.

    En sou die kerk in Efese nou ewe skielik begin ... om die vryheid van Gal 3:28 openlik uit te leef ... dan sou die kerk revolusionêr wees en aanstoot gee.En dit sou natuurlik baie sleg wees vir die uitdra van die Evangelie.

    En daarom gee Paulus dan hierdie ... beperkende ... maatreël dat vroue leerlinge moet wees ... maar self nie mag onderrig gee nie.

    Iets wat Paulus nie in ons tyd nie sou gegee het ... waar vroue en mans gelyk geag word nie.

    En juis daarom ... so word dan geleer ... kan vroue ook ouderlinge wees. ****************

    Nou ... geliefdes ... in alle nederigheid ... moet ons met hierdie verklaring van 1Tim 2:11-12 ... vanuit Gal 3:28 ... en vanuit die kultuur en sosiale situasie ... ernstig verskil.

    En daar’s twee belangrike redes waarom.

    VerduidelikDie eerste is dat Gal 3 en ook Gal 3:28 gaan ... oor ons verlossing uit genade alleen ... deur die geloof in Jesus Christus alleen.En in hierdie verlossing maak God geen onderskeid nie.6 • God maak nie onderskeid tussen volke nie.

    6 Vgl Ryken se 1Timm komm bl 99; Handelinge van die Eerste algemene sinode 2009, bl 655.

    8

  • Sy redding is dus nie net vir die Israel bedoel nie.

    • God maak ook nie onderskeid tussen klasse nie. Sy redding is nie net vir vry-mense nie ... Dis ook vir slawe.Dis nie net vir rykes nie ... Dis ook vir die armes.

    • God maak ook nie onderskeid tussen geslagte nie ... Sy redding is nie net vir manne nie ... Dis ook vir vroue.

    GevolgtrekSo ... in Gal 3:28 ... gaan’it oor redding ... uit genade alleen ... vir alle soorte mense.

    ToepassingMaar dit beteken dan ook ... dat Gal 3:28 nie in die eerste plek iets wil sê ...oor of vroue ouderlinge mag wees of nie.

    Nee! ... in Gal 3:28 gaan’it oor verlossing uit genade alleen. ******************

    Die tweede rede waarom ons verskil met die verklaring van 1Tim 2:11-12 ... vanuit Gal 3:28 ... en vanuit die kultuur en sosiale situasie in Efese ... is dat God se redding uit genade alleen ... beslis nie ... die God se onderskeid by die skepping ... tussen manne en vroue ... wegneem ... of ophef ... of vernietig nie! Sodat ons nou kan sê ... dat verloste vroue en manne ... presies die selfde dinge ... kan en mag doen.

    ***************Nee ... geliefdes ... so is dit nie.

    9

  • En presies dit leer Paulus ons in 1Tim 2:13-14.

    Want in vers 13-14 leer Paulus ... dat Christus se orde van vers 11-12 ... dat ...vroue leerlinge moet wees ... maar self nie mag onderrig gee nie ... vasstaan ... ook vir vandag.

    B. En nou kom ons by ons tweede punt ... waar dit gaan oor ... waarom ... vers 11-12 vas staan. Daar’s twee redes ... Ons kry hulle in vers 13 ... en vers 14.

    1. So ... kom ons begin by vers 13 se rede.

    Geliefdes ... Christus se wil ... dat vroue leerlinge moet wees ... en nie ouderlinge nie ... staan vas ... want in vers 13 sê Paulus: “... Adam is eerste gemaak, daarna Eva.”

    ToepassingEn wat vers 13 sê ... is dat Christus se wil vir vroue vas staan in God se goeie skeppingsorde ... waarvan ons hoor in Gen 2.7

    BewysWant dis tog in Gen 2:7 dat ons hoor: “En die HERE God het die mens geformeer (of gevorm of gemaak) 8 uit die stof van die aarde ...”

    7 Vgl Knight se 1Tim komm bl 143

    10

  • En dan ... nadat die HERE vir Adam eerste9 gemaak het ... hoor ons ... daarna ... in Gen 2:21-22 dat “die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val het; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem ... En die HERE God bou (toe) die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou ...”

    En presies hiervan vertel Paulus ons in vers 13 ... as hy sê: “... Adam is eerste gemaak, daarna Eva.”

    ****************Maar nou’sit belangrik: ... Hierdie waarheid ... dat Adam eerste ... voor Eva gemaak is ... het ook die betekenis ... dat die HERE die man die hoof van die vrou gemaak het.10

    Verduidelik11

    En ons weet dit uit Gen 2:18.Want in Gen 2:18 ... nadat die HERE vir Adam gemaak het ... sê die HERE: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas.”

    8 πλάσσω het die betekenis van om uit grond of leem iets te maak of te vorm (Baljon bl 785’ TDNT een vol bl 862). πλάσσω word spessifiek in Gen 2:7-8 gebruik – καὶ ἔπλασεν ὁ θεὸς τὸν ἄνθρωπον (comm on the NT use of the OT bl 894; Knight se 1Tim komm bl 143) – vgl ook Job 10:9; Ps 33:15; 94:9; 139:13 (TDNT een vol bl 862). Vgl ook Knight se 1Tim komm bl 143; Macarthur se 1Tim komm bl 88; Calvyn se 1Tim komm bl 68-69.

    9 In die NT gaan πρῶτος gewoonlik oor ‘eerste’ in tyd, nommer en volgorde. Die woord ‘eerste’ kan egter ook op rang, leierskap of prioriteit dui (TDNT een vol bl 966; NIDNTT vol 1 bl 664).

    10 Vgl voetnoot 9 en ook Knight se 1Tim komm bl 143 en Ridderbos se 1Tim komm bl 82-83.

    11 Vgl 1Kor 11:8-9; Robertson, The Christ of the Covenants bl 76; Pop, De Prediking van het NT – 1Kor, bl 235.

    11

  • En net hier moet raaksien dat die HERE ... die man as leier ... of as hoof ... geskep het ... en die vrou as sy hulp.

    En dit beteken nou glad nie ... dat die vrou minderwaardig is nie.

    OpmerkingNee nooit! ... Die HERE het man en vrou volmaak geskep ... Ons hoor’it in Gen 1:31.

    En Gen 1:26-27 sê ... dat die HERE ... man en vrou ... na sy beeld geskep het.

    Maar terwyl die HERE ... man en vrou ... volmaak na sy beeld geskep het ... het die HERE tog ook besluit ... om ‘n verhouding tussen manne en vroue te skep.

    En in hierdie verhouding ... is die man die liefdevolle hoof ... en die vrou is daar ... om in liefde die man se hulp te wees.

    GevolgtrekEn dit ... geliefdes ... is God se skeppingsorde ... waarvan Paulus praat ... as hy in vers 13 sê: “Adam is eerste gemaak, daarna Eva.” En oor hierdie skeppingsorde staan daar in Gen 1:31 geskryf: “en—dit was baie goed.”

    ***************

    12

  • ToepassingEn nou is ... hierdie skeppingsorde ... die rede ... waarom die man ... in die kerk van God ... ja ... in God se nuut-herskape-mensdom ...

    [want dis mos wat die kerk is] ... die leiding moet neem.

    En dis ook die rede ... waarom vroue nie ouderlinge moet wees nie ... “Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.”

    ***************En weet u: ... hierdie skeppingsorde ... staan vas ... Dit verander nie ... Dis van toepassing ook op ons vandag.

    BewysEn ons weet dit.Want Jesus leer’it in Mat 1912 ... as die Fariseërs vir Hom vra of “dit ‘n man geoorloof (is) om oor allerhande redes van sy vrou te skei?”13

    Nou ... as Jesus dan in Mat 19:4-6 antwoord ... dan antwoord Hy vanuit Gen 1:27 en Gen 2:24. Hy sê: ... “Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat

    12 Vgl Knight se 1Tim komm bl 143

    13 Mat 19:3

    13

  • en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.”

    ******************ToepassingHoor u dit ... geliefdes? ... Hoor u waarom Jesus sê ... dat ons nie mag skei nie.

    Ja ... wanneer Jesus ons verbied om te skei ... dan gebruik Hy nie een of ander wet van die fariseërs nie ... Jesus gebruik nie eers die 7de gebod ... wat sê “Jy mag nie egbreek nie.”

    Nee ... Jesus vat ons terug die skeppingsorde toe ... waaruit ons leer ... dat die HERE die man as hoof geskep het ... en die vrou as hulp geskep het ... en daarby ook die lewenslange huwelik geskep het.

    GevolgtrekEn hierdie skeppingsorde staan vas ... Daarom dat Jesus daarmee werk.

    **************En as Jesus met die skeppingsorde werk ... En as die skeppingsorde vir Jesus vasstaan ... dan staan dit verseker ook vir ons vas ... geliefdes.14

    14 Vgl Knight se 1Tim komm bl 143

    14

  • BewysWant weet u: ... Jesus se herskeppende verlossingswerk ... het nie sy eerste skeppingwerk en skeppingsorde ...kom ophef ... of verwoes nie!

    Nee! ... Jesus het sy skepping ... en sy kerk ... kom bevry uit die mag van Satan ... en die sonde ... en die dood ... sodat ons weer die in lyn met die skeppingsorde kan leef en dit kan uitleef!• In ons hele lewe• In ons huwelike ...• Maar ook in die kerk ...

    En een van die maniere waarop ons die skeppingsorde in die kerk helder sien skitter ... is wanneer die ouderlinge manne is ... en nie vroue nie.

    ***************BevindingEn dadelik ... moet hierdie waarheid ons in die hart gryp.

    Want ons leef in ‘n tyd waar kerke afvallig word ... en God se goeie skeppingsorde minag ... en dan vroue toelaat om ouderlinge te wees. En dis verskriklik ... geliefdes ... Want dis ‘n minagting ... nie net ... van God se skeppingswerk ... Maar ook van Christus se herskeppingswerk.

    ***************En een ding wat die kerk in Daspoort nou nie vanoggend moet doen nie ... is om onsself ‘n klop op die skouer te gee ... en te sê:

    15

  • Ons is darem nie so sleg nie.

    Geliefdes ... Nee! ... Nee! ... Mag God ons van so ‘n aaklige hoogmoed bewaar ... Want Paulus het eenmaal in 1Kor 10:12 gesê: “wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.”

    *****************SelfondersoekKom ons doen eerder selfondersoek ... Kom ons vra onsself af ... of ons regtig buig onder Koning Jesus se kerkorde.

    Kom ons ondersoek ons harte ... of dit regtig so is by ons ... dat ons ouderlinge manne is ... omdat ons besef ... dat God se goeie skeppingsorde weer in die kerk moet skitter.

    Of is ons ouderlinge manne ... omdat dit maar ons tradisie is ...

    Opmerking‘n Tradisie waar ons ... en ons gewoontes ... en ons gebruike in die plek van Koning Jesus staan ...

    En uiteindelik niks anders is nie ...as ‘n verskriklike aaklige minagting ... van God se skeppingsorde en Christus se herskeppingswerk!

    Ja ... in plaas van hoogmoed: ... Laat ons eerder daagliks tot bekering kom ... en bid ...

    16

  • dat die Here Christus ons sal bewaar van die sonde om sy skeppingsorde te minag.

    2. En kom ons luister dan daarmee saam ... na die waarskuwing van vers 14 ... waar ons die tweede rede kry vir Christus se orde van vers 11-12.15

    ******************Nou ... in vers 14 sê Paulus: “En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.”

    VerduidelikSo ... waar Paulus ons ... in vers 13 ... terugvat na Gen 2 toe ... en na God se skeppingsorde toe ... neem Paulus ons ... in vers 14 ... terug na Gen 3 ... en die sondeval-geskiedenis.16

    ToepassingJa ... dis asof Paulus met vers 14 wil sê: Pasop!! ... Kyk ... en leer uit na die sondeval geskiedenis ... waarom vroue nie ouderlinge moet wees nie ... en nie onderig moet gee in die kerk nie.17

    *******************

    15 και ̀᾿Αδὰμ ... καὶ verbind nog ‘n saak aan die rede van vers 13 (Greek grammer beyond basics bl 671; Knight se 1Tim komm bl 143). So beskou het ek dus nog ‘n rede waarom vroue nie moet leer, leiding neem en ouderlinge wees nie (vgl Bouma se 1Tim komm bl 64; Ridderbos se 1Tim komm bl 82).

    16 ἀπατάω het die betekenis van ‘mislei’, ‘bedrieg’ – hier dan: ‘Adam is nie mislei/bedrieg nie’ (Baljon bl 85). ἀπατάω kry ons ook in Eva se antwoord in Gen 3:13 (LXX) – καὶ εἶπεν ἡ γυνή Ὁ ὄφις ἠπάτησέν με (vgl ook NIDNTT vol 2 bl 458; Knight se 1Tim komm bl 143).

    17 Vgl Knight se 1Tim komm bl 143-144; Ryken se 1Tim komm bl 102.

    17

  • Maar nou’s die vraag: ... Wat moet ons nou uit die sondeval-geskiedenis leer? ...

    Wel ... geliefdes ... dit kom ons agter ... wanneer ons mooi na vers14 luister ... waar Paulus sê: “En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.”

    VerduidelikEn as Paulus nou sê ... dat Adam nie verlei is nie ... beteken dit nie ... dat Adam by die sondeval ... ‘n arme onskuldige slagoffer was nie. So asof alles net aaklige Eva se skuld was nie.18

    Nee! ... Allermins ... geliefdes! Want in Rom 5:12 hoor ons dat “deur een mens (Adam) het die sonde in die wêreld ingekom; en deur die sonde die dood, en so het die dood tot alle mense deurgedring.”

    GevolgtrekSo ... as Paulus in vers 14 sê: “En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom” ... dan’sit nie asof Adam onskuldig is nie.

    Nee! ... al wat vers 14 sê is dat Adam nie gesondig het

    18 Vgl Knight se 1Tim komm bl 143-144

    18

  • omdat hy deur Satan bedrieg en mislei is ... soos Eva nie.19

    ****************Maar wat dan? ... Hoe het Adam dan gesondig? ... Wat het gebeur?

    VerduidelikWel ... Adam se eerste sonde-daad was toe hy en Eva God se skeppingsorde ... verag ... en vertrap ... en verwoes het.

    En dit leer ons baie duidelik uit Gen 3:17 ... waar die HERE ... met Adam praat net na die sondeval ... en dan vir hom sê: “... jy het geluister na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie ...”

    Hoor u dit? ... Hoor u die veragting van die HERE se skeppingsorde?

    VerduidelikIn Gen 3:1-6 ... het Eva haar laat verlei deur Satan. En so het sy in oortreding gekom ... sê Paulus in vers 14.

    19 Vgl Knight se 1Tim komm bl 143-144

    19

  • Opmerking20

    Ons kan ook sê: Eva het in die toestand van die natuurlike sondaar-mens gekom ... Die mens wat hom of haar nie “onderwerp ... aan die wet van God nie, omdat (hy of sy nie meer) kan nie.” Soos Rom 8:7 sê.

    ****************En in hierdie toestand ... word Eva toe die eerste vroue-ouderling in die kerk van Eden ... wat oor haar man heers ... en hom onderrig. En haar teks was die Woord van Satan.

    En Adam ... haar man? Wel ... heel gewillig het hy gehoorsaam geluister ... soos Gen 3:17 sê.

    Ja ... saam met Eva het hy die HERE se goeie skeppingsorde verag en te vertrap ...

    Want in plaas daarvan dat Hy sy vrou onderrig het in die HERE se weë ... het sy vrou hom onderrig.

    ******************

    20 ἐν παραβάσει - ἐν + dat het hierdie betekenis van ‘in ... in’ of ‘tot in’ omdat dit hier saam met ‘n ww van beweging gebruik word (Greek grammer beyond basics bl 372). OAV: “... in oortreding gekom.”; ESV: “... became a transgressor.” Knight se 1Tim komm bl 144 wys my dat ἐν παραβάσει dui op die toestand waarin die vrou was na sy verlei is. Wanneer παράβασις absoluut gebruik word, soos hier, het dit meeste van die tyd die betekenis van ‘oortreding van die wet’/verbreking van die verbond’/’rebellie teen God’ (Baljon bl 729; NIDNTT vol 3 bl 584-585). Baie duidelik gaan dit dan hier om die oortreding van die verbondswet van Gen 2:16-17 (Ridderbos se 1Tim komm bl 83).

    20

  • En die gevolg? ... Dit was verskriklik ... Geweldig tragies verskriklik ... want “deur een mens (Adam) het die sonde in die wêreld ingekom; en deur die sonde die dood, en so het die dood tot alle mense deurgedring.”

    Ja ... die veragting van God se skeppingsorde het die sondeval gebring.21

    ***************ToepassingEn weet u ... geliefdes: Nou kom waarsku Christus ons deur sy apostel. Ja ... Christus kom waarsku sy kerk in Daspoort vanoggend.

    Met krag roep sy Woord dit kliphard uit: ... Moenie God se skeppingsorde verag nie! Want dit het eens die skrikwekkende sondeval van Adam veroorsaak.

    Dit het veroorsaak dat Jesus vernederd en verbrysels ... bloeiend en gemartel tot in die hel ... aan die kruis gehang het op Golgota ...

    Daar waar hy dit uit geroep het: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” 22

    OproepDaarom ... geliefde kerk van Daspoort ... moet tog nie ...

    21 Vgl Macarthur se 1Tim komm bl 88

    22 Mat 27:46

    21

  • dat ons Jesus se lyding aan die kruis minag nie. Laat ons tog nie die sonde van die sondeval weer doen nie. En Jesus se kruis-lyding minag nie.

    Nee!! ... Laat ons dit tog onthou ... dat Jesus aan die kruis uitgeroep het: “Dit is volbring!”23

    Sodat Paulus in Efes 2:10 kan sê: “ons is (God se) maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.”

    SlotLaat ons dan daarin wandel ... geliefdes! ... in daardie goeie werke.Kom ons hou daarom aan Christus se orde ... deur sy apostel ... vir sy kerk op elke plek.

    Die orde van 1Tim 2:1-14 ... • dat ons heel eerste en bo alles ‘n biddende kerk moet wees ...

    soos ons geleer het uit vers 1-6.

    • dat ons ‘n kerk moet wees waar die manne elke dag tot bekering kom ... * sodat ons in die eredienste die leiding kan neem ... * en kan bid met “heilige hande ophef sonder toorn en twis.” Soos ons geleer het uit vers 8.

    23 Joh 19:30

    22

  • • dat ons ‘n kerk moet wees ... waar ons susters hulle so versier ...dat hulle aan God alleen die eer gee. Soos ons geleer het uit vers 9-10.

    • en dat ons ‘n kerk moet wees sonder vroue-ouderlinge ... maar vol vroue ... en manne ... wat meer en meer leer oor die HERE ... wat ons verlos en regeer ... * terwyl ons heeltyd onthou van sy goeie skeppingsorde ... * en ons tragiese sondeval-geskiedenis.

    Amen

    Antwoorddiens

    Kom ons antwoord op die Woord van die HERE met Ps 89:6,7Gebed

    Barmhartigheidsdiens

    Psalm tydens kollekte : Ps 93:1,2,3,4 (sittende) Slotpsalm : Ps 99:1,2,3

    Wegstuurseën.

    Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.

    “Die genade van die Here Jesus Christus

    en die liefde van God

    en die gemeenskap van die Heilige Gees

    sy met julle almal!

    Amen.

    23