20
Tuiswerk COVID-19 Inperking Graad 3 Datum: 8-12 Junie 2020 Liewe ouers en leerders Met buitengewone krag en kreatiwiteit is onderwysers al ‘n geruime tyd besig om krisis in kuns te verander, sodat elke kind sy potensiaal kan bereik. Baie dankie aan elke ouer en kind wat ons help om dit suksesvol te kan doen. Liefde Graad 3 personeel Filippense 1:6 “Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.” Algemene inligting Net ‘n kort opsomming van ons vergadering 1. DBO kwartaal 3 sal uitgedeel word as die skool begin. 2. Informele assessering sal in die week van 15-19 Junie plaasvind. 3. Formele assessering sal in die week van 22 - 26 Junie plaasvind. 4. Die week van 29 Junie - 3 Julie gaan ons rus. 5. U sal op hoogte gehou word van hoe die assesserings aangepak gaan word. Dankie vir u begrip en samewerking in hierdie verband 6. Werkkaarte vir die week kan self uitgedruk word, óf dit sal vanaf Donderdag 4 Junie 13:00 by Pick & Pay Village Mall beskikbaar wees vir afhaal. 1. Wiskunde

Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Tuiswerk COVID-19 Inperking

Graad 3

Datum: 8-12 Junie 2020

Liewe ouers en leerders

Met buitengewone krag en kreatiwiteit is onderwysers al ‘n geruime tyd besig

om krisis in kuns te verander, sodat elke kind sy potensiaal kan bereik.

Baie dankie aan elke ouer en kind wat ons help om dit suksesvol te kan doen.

Liefde

Graad 3 personeel

Filippense 1:6

“Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin

het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer

Jesus Christus terugkom.”

Algemene inligting

Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

1. DBO kwartaal 3 sal uitgedeel word as die skool begin.

2. Informele assessering sal in die week van 15-19 Junie plaasvind.

3. Formele assessering sal in die week van 22 - 26 Junie plaasvind.

4. Die week van 29 Junie - 3 Julie gaan ons rus.

5. U sal op hoogte gehou word van hoe die assesserings aangepak

gaan word. Dankie vir u begrip en samewerking in hierdie verband

6. Werkkaarte vir die week kan self uitgedruk word, óf dit sal vanaf

Donderdag 4 Junie 13:00 by Pick & Pay Village Mall beskikbaar

wees vir afhaal.

1. Wiskunde

Page 2: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Konsepte vir week 8

• Telaktiwiteite – Tel vorentoe en agtertoe in getalle. Breuke en geld.

• Meting: Massa en lengte

• Datahantering

Hoofrekene vir Maandag tot Donderdag. Elke dag het ook `n telaktiwiteit

wat mondelings gedoen kan word.

2. Afrikaans

• Klinkergroep 1 : die dubbel klanke en diftonge ( Die siek soldate) –y,

ie, ei, oe, ou, ui, eu, ooi, aai, oei, eeu

• Klinkergroep 2 : Die lang klanke ( Lang bang soldate) – oo, aa, ee,

uu

• Klinkergroep 3 : Vokale : a, e, i, o, u ( Kort vet Soldate)

https://youtu.be/4grnVWfa1_E

Page 3: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

3. English

This week is for revising and recapping the work that has been completed

the past few weeks.

These concepts are important as you will continue to use them in Grade 4.

Dag Leerarea Aktiwiteit:

Maandag Wiskunde • Hoofrekene: Dag 1

• Telaktiwiteit: Vermenigvuldig met 2,3,4,5 en 10 tot

by 50.

• Massa: Gebruik verskillende items in die kombuis.

Wys vir u kind hoe om die massa / gewig op die

verpakking te lees. Ons doen gram (g) en

kilogram (kg).

Sit verskillende items op die kas. Laat u kind dit

van die ligste na die swaarte rangskik en van die

swaarste na die ligste.

Doen ‘n paar sulke aktiwiteite.

• Werkkaart: Werkstuk 1 – Massa

• https://youtu.be/nP-vcdr594Y

Afrikaans • Werkstuk 1

Klinkergroepe 1 : https://youtu.be/9lfzXH-16yY

• Voltooi Skrifkaart 1

Engels • https://www.loom.com/share/6addf39725e44108917

64e213ca7332c

• Please watch the video.

At the bottom of your homework you will find the fun

activity you can complete in your workbook.

Dinsdag Wiskunde • Hoofrekene: Dag 2

• Telaktiwiteit: Tel in halwes en skryf dit op `n

witbordjie of papier.

• Werkkaart: Werkstuk 2 – Lengte

• https://youtu.be/r5-PtZc4O_M

Afrikaans • Werkstuk 2

Sinsoorte : https://youtu.be/BetmTnQ5wAM

Page 4: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

• Hersien : Skryf die lettergrepe vir die volgende

woorde:

middag = kombuis = mamma = vandag = roosterbrood =

• Voltooi Skrifkaart 2

Engels • https://www.loom.com/share/5336f4ccda984f1685cbf

12986e640f8

• Please watch the video.

At the bottom of your homework you will find a table

and you can draw it in your workbook and use colour

to fill in all the different types of tenses.

Woensdag Wiskunde • Hoofrekene: Dag 3

• Telaktiwiteit: Teken breuke op witbordjie of enige

stukkie papier. Halwes, kwarte, derdes, vyfdes,

sesdes, negendes, tiendes.

• Werkkaart: Werkstuk 3 - Massa

Afrikaans • Voltooi Werkstuk 3 :

• Lees die leesstuk en beantwoord die vrae in jou

huiswerkboek.

• https://www.youtube.com/watch?v=wF7qTWx5Mkg

Engels • https://www.loom.com/share/1d86a55e21b2436ab2b

ddd151179698f

• Please watch the video.

This is just revision and there is no specific

worksheet allocated to this work, but you can

practice a few examples of it in your house.

Donderdag Wiskunde • Hoofrekene: Dag 4

• Telaktiwiteit: Tel in 50c, R2, R200. Hoeveel sente is

in R?

Page 5: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

• Werkkaart: Werkstuk 4 – Datahantering

• https://youtu.be/q09SGINmbIo

Afrikaans • Voltooi Werkstuk 4

• Hersien Selfstandige naamwoorde en Byvoeglike

naamwoorde

Engels • https://www.loom.com/share/7de691b627894151b59

77df091d31655

• Please watch the video.

At the bottom of your homework you will find a

worksheet about the past tense. Read the sentences

and write the correct words in your workbook.

Vrydag Wiskunde • Hoofrekene: Geen

• Telaktiwiteit:

In veelvoude van 2’s en 20’s tot 500. Begin by enige

getal.

• Voltooi onafgehandelde werk.

Afrikaans • Voltooi Werkstuk 5

• Meervoude: Hersien Klinkergroep 1

Engels • https://www.loom.com/share/afe01c0dd3f849fb9d21

ed358b76928a

• Please watch the video.

At the bottom of your homework you will find a

format of the letter. Make sure you use all the correct

steps and write a very simple letter to someone you

miss very much in this time of Covid 19.

Page 6: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Wiskunde

Hoofrekene: Week 8

Dag 1 Dag 2 Dag 3 Dag 4

4 + 2 = 6 – 3 = 2 x 2 = 8 ÷ 2 =

5 x 2 = 3 ÷ 1 = 3 + 5 = 5 – 4 =

8 – 7 = 3 x 3 = 10 ÷ 2 = 5 + 5 =

5 + 0 = 6 + 2 = 7 – 2 = 3 x 0 =

2 + 7 = 6 – 4 = 2 x 3 = 6 ÷ 3 =

3 x 1 = 4 ÷ 4 = 4 + 5 = 7 – 6 =

9 – 4 = 6 x 1 = 10 ÷ 5 = 7 + 4 =

5 ÷ 5 = 6 + 6 = 3 – 3 = 7 x 2 =

5 + 2 = 10 – 9 = 8 x 0 = 15 ÷ 5 =

3 x 2 = 14 ÷ 2 = 5 + 7 = 8 – 6 =

9 – 2 = 4 x 3 = 12 ÷ 3 = 8 + 0 =

8 ÷ 8 = 9 + 1 = 7 – 5 = 5 x 1 =

3 + 2 = 10 – 4 = 3 x 6 = 3 ÷ 3 =

4 x 5 = 22 ÷ 2 = 5 + 8 = 5 – 2 =

10 – 7 = 2 x 10 = 16 ÷ 8 = 4 + 9 =

12 ÷ 4 = 5 + 11 = 7 – 4 = 3 x 10 =

3 + 4 = 4 – 3 = 2 x 7 = 25 ÷ 5 =

5 x 10 = 15 ÷ 3 = 4 + 6 = 12 – 4 =

6 + 9 = 9 – 6 = 11 x 1 = 10 ÷ 2 =

4 x 10 = 30 ÷ 3 = 7 + 10 = 5 – 3 =

3 + 7 = 10 – 6 = 5 x 6 = 16 ÷ 2 =

12 x 0 = 20 ÷ 4 = 7 + 7 = 11 – 4 =

6 + 10 = 12 – 2 = 2 x 8 = 12 ÷ 1 =

3 + 8 = 12 – 10 = 12 x 1 = 20 ÷ 5 =

11 x 0 = 50 ÷ 5 = 5 + 10 = 9 – 8 =

Page 7: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Werkstuk 1: Massa

Page 8: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Werkstuk 2: Lengte

Page 9: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Werkstuk 3: Massa

Beantwoord nou die vragies oor die prent.

1. Die hoeveelste dogter weeg die meeste?

_________________________________________________

2. Hoeveel weeg die derde dogter van links af?

_________________________________________________

3. Hoeveel weeg die ligste dogter?

_________________________________________________

4. Rangskik die gewigte van die ligste na die swaarste.

_________________________________________________

5. Hoeveel weeg die eerste en die tweede dogter saam?

_________________________________________________

Page 10: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Werkstuk 4: Datahantering

Page 11: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Afrikaans:

Skrifkaart 1

Skrifkaart 2

Jy moet die volgende op jou heel mooiste oorskryf in lopende skrif.

Die Ruimteskip – Transkripsie

Die ruimteskip styg nou-nou op. O gats! My maag trek nou op ʼn knop! Toe

hulle vra wie saam gaan, het ek voor in die ry gestaan. Maar ek is nou

behoorlik bang. En wat daarvan as ek verlang?

Page 12: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Werkstuk 1

Page 14: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Een middag na skool kom Sibongile by die huis. Haar ma is in die bed met griep.

Haar ma se neus loop en sy voel baie siek. “Mamma sorg altyd vir my wanneer ek

siek is,” sê Sibongile. “Vandag is dit my beurt om vir Mamma te sorg. Kom ek maak

vir Mamma ‘n paar snye lekker warm roosterbrood.”

Sibongile gaan kombuis toe om die roosterbrood te maak, maar dan dink sy aan

iets wat sy haar ma wil vra. Haar boetie Sipho is in die kombuis, daarom vra sy hom

om solank ‘n sny brood in die rooster te sit. Sy loer gou weer by haar ma in. “Waar

word ons ou sokkies gehou, Mamma?” vra sy haar ma.

Waar is my ou, rooi sokkies wat vol gate is? Dit is in die onderste laai in die kas.

Die brood wip op in die rooster, maar Sipho is nie meer in die kombuis nie en die

roosterbrood word koud. Sibongile kom terug in die kombuis en sien die koue

roosterbrood. Sy sit ‘n nuwe sny brood in die rooster. Dan gaan soek Sibongile die

sokkies. Sy deursoek ‘n hoop ou sokkies en kry haar lang, rooi sokkies wat vol gate

is. Dan onthou sy weer van die roosterbrood. “Warm roosterbrood op pad,

Mamma,” sê Sibongile.

Die brood wip weer op in die rooster, maar nie Sibongile of Sipho is daar nie en die

roosterbrood word weer koud. Sibongile maak weer ‘n draai in die kombuis. Sy sit

nog ‘n sny brood in die rooster.

Sibongile neem een van die rooi sokkies en steek haar vingers deur die gate in die

sokkie. “Dit is waar die arms sal inpas,” sê sy. Weer onthou sy van die

roosterbrood. “Warm roosterbrood op pad!” Die

roosterbrood wip op in die rooster, maar niemand is in die kombuis nie en die

roosterbrood word weer koud.

Sibongile is nog besig met haar ou, rooi sokkie. Sy teken ‘n groot, swart kol op die

sokkie met haar viltpen. “Dit is die neus,” sê sy. Dan verf sy twee wit kolle. “Dit is

die oë, sodat jy kan sien,” sê sy. Sy draf opgewonde na haar ma se kamer toe.

“Hou Mamma van monsters?” vra sy haar haar ma. “Ja,” sê haar ma. “Ek hoop net

nie jou monster maak my bang nie,” voeg sy by. “My monster gaan Mamma nie

bangmaak nie,” sê Sibongile opgewonde. “Dit gaan Mamma bly maak!”

“Ek gaan vir Mamma ‘n poppespel opvoer,” sê Sibongile. “Ek weet dit gaan

Mamma laat glimlag. Daar is ‘n rooi monster in my toneelstuk.” Sibongile se

monster praat, lag, spring en dans. Aan die einde van die poppespel sê die

monster: “Die einde”.

Sibongile se ma lag en klap haar hande. “Jou poppespel was wonderlik!” sê sy. “Dit

het my baie bly gemaak. Ek het net een vraag: wat het van my roosterbrood

Page 15: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

geword?” “Ag nee, Mamma, ek het skoon vergeet!” sê Sibongile. “Ek gaan haal

dadelik die roosterbrood!”

Sy kom by die rooster en sien dat die roosterbrood weer koud geword het. Daar is

ook nie meer brood nie. “Ek hoop Mamma hou van koue roosterbrood,” sê sy vir

haarself.

Sibogile neem ‘n groot bord koue roosterbrood na haar ma toe. Daar is genoeg vir

haar ma, vir haar, vir Sipho en selfs vir ‘n honger monster! Wys vir jou ouers dat jy

vir hulle lief is.

Beantwoord die volgende vrae: (op hierdie blad)

1. Wat was fout met Sibongile se ma?

----------------------------------------------------------------------------------------------------------

2. Wat gaan Sibongile vir haar ma doen?

---------------------------------------------------------------------------------------------------------

3. Waarom het die roosterbrood koud geword?

---------------------------------------------------------------------------------------------------------

4. Waarvoor wil sy die rooi sokkies gebruik?

--------------------------------------------------------------------------------------------------------

5. Wat het Sibongile se monster alles gemaak gedurende die toneelspel?

--------------------------------------------------------------------------------------------------------

6. Wie kon almal roosterbrood kry?

--------------------------------------------------------------------------------------------------------

7. Wat sal jou laat beter voel as jy siek is?

________________________________________________________________

Page 16: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Werkstuk 4

1. Onderstreep die Selfstandige Naamwoord:

a) Haar ma is in die bed met griep.

b) Dan gaan soek Sibongile die sokkies.

c) “Hou mamma van Monsters?”

d) Ek gaan haal dadelik die roosterbrood.

2. Vul die Byvoeglike Naamwoorde in: groot swart rooi nuwe onderste

a) Waar is my _________ sokkies wat vol gate is?

b) Dit is in die ________________ laai in die kas.

c) Sy sit ‘n _____________ sny brood in die rooster.

d) “Warm roosterbrood op pad, Mamma.”

e) Sy teken ‘n __________, ___________ kol op die sokkie met haar viltpen.

Werkstuk 5: Hersien Klinkergroep 1

Woorde met ʼn vokaal kombinasie in die middel kry net ʼn –e aan die einde van die

woord by.

Woord

1.boek 2. mou

3. tier 4. pou

5. huis 6. reus

7. trein 8. voet

Meervoude

1__________2__________

3__________4__________

5__________6__________

7__________8_________

Page 17: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Engels

Monday

Page 18: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Tuesday

Verb Past progressive Present

continuous Future

progressive

Walk Was walking Is walking Will be walking

Talk

Finish

Think

Circle

Eat

Play

Run

Page 19: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Thursday

Page 20: Net ‘n kort opsomming van ons vergadering

Friday