12
Graad 4: Afrikaans Opsomming van tekste Laerskool Mikro Kopiereg ©

Opsomming van tekste - eportal.blob.core.windows.net

  • Upload
    others

  • View
    20

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Opsomming van tekste - eportal.blob.core.windows.net

Graad 4: Afrikaans

Opsomming

van tekste

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 2: Opsomming van tekste - eportal.blob.core.windows.net

Opsommings

Het jy al ooit ‘n goeie boek gelees of ‘n goeie film gesien en jy kon

nie wag om vir jou maat meer daarvan te vertel nie?

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Net voor die skelm

kon wegkom, het

die polisie hom

gevang!

Die man het op

Mars geland en die

marsmannetjies het

hom verwelkom!

Page 3: Opsomming van tekste - eportal.blob.core.windows.net

Opsommings

Jy kon sekerlik nie die boek of film woord vir woord onthou nie en

het die storie dus kortliks in jou eie woorde aan jou maat

oorgedra.

Dit wat jy gedoen het, was om ‘n kort opsomming van die boek

of film te maak.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 4: Opsomming van tekste - eportal.blob.core.windows.net

Opsommings

‘n Opsomming is ‘n verkorte weergawe van ‘n lang boek, film of

gedig in jou eie woorde. ‘n Opsomming bevat slegs die

belangrikste punte van die storie.

Dit help iemand wat nie die boek gelees het nie om ‘n goeie idee

te kry van waaroor die boek gaan.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Die agterkant van

‘n boek gee altyd ‘n

kort opsomming

van die storie.

Page 5: Opsomming van tekste - eportal.blob.core.windows.net

Hoe om op te som

‘n Vraaghand help ons om die belangrikste

idees en temas van inligting of stories op

te som.

• Wie is die hoofkarakter in die storie?

• Wat het gebeur?

• Waar het dit gebeur?

• Wanneer het dit gebeur? Hoe weet jy

dit?

• Waarom is dit belangrik vir die leser?

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Waar?

Hoe?

Page 6: Opsomming van tekste - eportal.blob.core.windows.net

Hoe begin ‘n mens?

1. Lees die leesstuk deur en maak seker dat jy verstaan wat in die

storie aangaan.

2. Lees weer die storie deur en onderstreep die belangrike woorde.

(Gebruik jou vraaghand om jou te help). Los ekstra inligting en

byvoeglike naamwoorde uit.

3. Begin skryf aan jou opsomming. Onthou dit moet in jou eie

woorde geskryf wees en dit moet in paragraafvorm wees. Dit wil

sê jy moet in volsinne skryf.

4. Lees weer jou opsomming deur en soek vir moontlik spelfoute of

taalfoute.

5. Skryf jou finale weergawe neer.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 7: Opsomming van tekste - eportal.blob.core.windows.net

Pappa se plan“Kinders, ek het julle hulp nodig om Mamma se verjaardag Saterdag spesiaal te

maak.” Gerda en Fanie is dadelik vuur en vlam. “Kom ons maak vir haar

plaatkoekies vir ontbyt!”

“Dit is ‘n uitstekende idee!” lag Pappa. “Soek julle solank deur haar kookboeke vir

‘n lekker resep. Onthou, dit is ‘n geheim!”

Fanie gaan haal hulle kookboek vir kinders en begin vining daardeur blaai.

“Jy sal die resep vinniger kry as jy by die inhoudsopgawe kyk, help Gerda. “Dis

gewoonlik aan die begin iewers… A, hierso,” sê sy.

Fanie lees: “Slaai en groente… Skons, pannekoek en broodjies… Hier is dit by

die Skons, pannekoek en broodjies. Bladsy 118.”

Fanie blaai tot by die regte bladsy. “Wat het ons nodig?” vra Gerda.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 8: Opsomming van tekste - eportal.blob.core.windows.net

Hoe om op te som

Gebruik nou jou vraaghand en

onderstreep al die belangrike woorde met

die onderskeie kleure.

• Wie is die hoofkarakter in die storie?

• Wat het gebeur?

• Waar het dit gebeur?

• Wanneer het dit gebeur? Hoe weet jy

dit?

• Waarom is dit belangrik vir die leser?

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Waar?

Hoe?

Page 9: Opsomming van tekste - eportal.blob.core.windows.net

Pappa se plan“Kinders, ek het julle hulp nodig om Mamma se verjaardag Saterdag spesiaal te

maak.” Gerda en Fanie is dadelik vuur en vlam. “Kom ons maak vir haar

plaatkoekies vir ontbyt!”

“Dit is ‘n uitstekende idee!” lag Pappa. “Soek julle solank deur haar kookboeke vir

‘n lekker resep. Onthou, dit is ‘n geheim!”

Fanie gaan haal hulle kookboek vir kinders en begin vining daardeur blaai.

“Jy sal die resep vinniger kry as jy by die inhoudsopgawe kyk, help Gerda. “Dis

gewoonlik aan die begin iewers… A, hierso,” sê sy.

Fanie lees: “Slaai en groente… Skons, pannekoek en broodjies… Hier is dit by

die Skons, pannekoek en broodjies. Bladsy 118.”

Fanie blaai tot by die regte bladsy. “Wat het ons nodig?” vra Gerda.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 10: Opsomming van tekste - eportal.blob.core.windows.net

Hoe om op te som

• Wie is die hoofkarakters in die storie?Pappa, Mamma, Fanie en Gerda

• Wat het gebeur?Mamma verjaar en hulle wil vir haar ‘n verrassing reël. Hulle gaan plaatkoekies

vir ontbyt maak, maar hulle moet eers die resep in die resepteboek soek.

• Waar het dit gebeur?Dit gebeur in die kombuis.

• Wanneer het dit gebeur? Hoe weet jy

dit?Hulle wil Saterdag vir Mamma ontbyt maak.

• Waarom is dit belangrik vir die leser?Kinders hou daarvan om kos te maak en hul mammas te verras.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Waar?

Hoe?

Page 11: Opsomming van tekste - eportal.blob.core.windows.net

Opsomming

Mamma verjaar Saterdag en Pappa benodig Gerda en Fanie se hulp

om die dag vir Mamma spesiaal te maak. Hulle besluit om vir haar

plaatkoekies te maak vir ontbyt. Dit is ‘n groot geheim en Fanie moet

self die resep in die kookboek soek. Gerda help hom om die resep in

die inhoudsopgawe te soek. Sy help ook vir hom om die plaatkoekies

te bak. Hopelik sal dit ‘n groot sukses wees!

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 12: Opsomming van tekste - eportal.blob.core.windows.net

Opsomming

Weet jy nou hoe om ‘n opsomming te maak? Lees weer alles deur as

jy onseker is.

Môre gaan jy jou eie opsomming maak!

Laerskool Mikro Kopiereg ©