1
Saterdag 6.11.2010 By|11 I n Xhosa sê vroue bloot le ndoda ibalekile – hierdie man het weggehardloop. In ’n tyd van MIV/vigs het dié verhaal al amper ’n sjabloon geword – ’n kulturele narratief wat in die vroue se kop ingeëts is: Sy word positief vir die MI-virus getoets; haar man blameer haar dat sy “vigs in die huis gebring het”; hy pak sy goed en loop. In die pediatriese vigseen- heid van die Groote Schuur- hospitaal in Observatory, waar ek in 2005 ’n navorsings- projek onderneem het, was nege uit die tien MIV-positie- we ma’s met wie ek ’n onder- houd gevoer het, enkellopend. Toe ek dié eenheid vanjaar weer besoek, het die vroue net soos die vorige keer vertel van MIV/vigs en verlating. Die ligpunt? Van die mans kom terug. Een van die vroue, Nombeko (skuilnaam), het in woede vir die pa van haar gestremde seuntjie (toe twee jaar oud) vertel van haar en die kind se status toe sy hom met ’n ander vrou in die bed betrap het. “Dis jy en jou baba, ek is nie positief nie,” het hy geskerm. “Bly by jou vigsba- ba,” het hy gesê en geloop. Toe die seuntjie vier jaar oud was, het die pa egter siek geword en begin geld bring. “Later het hy gevra: ‘Nombe- ko, mag ek asseblief saam met julle na die Groote Schuur- hospitaal gaan? Ek wil ook die dokter spreek.’ ” Sy rol haar oë. “Hy’t steeds volgehou hy’s negatief, maar toe hy eers hier by ons intrek, het hy sy storie verander. Hy’t ‘jammer’ gesê.” Pumla Tyulu, ’n berader in dié pediatriese vigseenheid, reken tot 80% van die ma’s wat hul kinders hiernatoe bring, is enkellopend. “Die ma’s vertel dikwels: Toe hulle hul vigsstatus onthul het, het hul man of kêrel weggehardloop en ’n affair begin of na ’n ander girlfriend gegaan,” sê Tyulu. “Ná ’n ruk kry die ma vir haar ’n ander maat, maar sy sukkel om vir hom te sê sy is MIV-positief, want sy is bang ook hý sal weghardloop. Dit word ’n bose kringloop. Die vroue sê altyd ons kinders word sonder ’n pa groot weens MIV/vigs.” In ’n studie deur die Sinomlando-sentrum vir Orale Geskiedenis en Geheue- werk is onderhoude gevoer met 33 families in KwaZulu- Natal wat deur die virus geraak word. Slegs 27% van die pa’s in dié verhale het gereelde kontak met hul kinders gehad. Sowat 34% van die pa’s het ’n vorm van materiële ondersteuning aan die kinders gegee. Die res? Hulle is bloot nooit genoem nie. Maar hoekom loop die pa’s? JJJ Om dié vraag te beantwoord, het ek sedert April ’n onder- soek gedoen na hoe mans reageer as hul lewensmaat of die ma van hul kinders erken hulle is MIV-positief. Ek het onderhoude gevoer met meer as twintig mans en vroue wat met MIV leef, sowel as met kenners, beraders en aktivis- te. Die liefde, sou ek egter agterkom, het nie reëls nie, en die waarheid is ’n grys land iewers tussen die verhale van die mans en dié van die vroue. Ek het gepraat met MIV-ne- gatiewe mans wat ten spyte van die samelewing se taboes bly by vroue en kinders wat met die virus leef, en met mans wat glo dié siekte “bestaan slegs in wit mense se kop”. Dikwels was verhoudings reeds voor die verlating van die man wankelrig en was MIV/vigs slegs die laaste hoofstuk in ’n verhouding gekenmerk deur armoede en geweld. By plaas in die aanloop tot Wêreldvigsdag op 1 Desember weekliks ’n artikel waarin die gevolge van MIV-onthulling ondersoek word – veral uit die perspektief van mans wat hierdeur geraak word. J Willemien Brümmer was vanjaar ’n ontvanger van die joernalistiekgenootskap van die projek MIV/vigs en die Media. Die program word bestuur deur die Anova-gesondheidsinstituut en die Universiteit van die Witwatersrand se departement joernalistiek en gefinansier deur USAID en John Hopkins Health and Education in Suid-Afrika. Waar is al die pa’s heen? ONGENOOIDE GAS ’n Peuter kom vir ’n ondersoek by die pediatriese vigseenheid van die Groote Schuur-hospitaal. Die meeste van dié kinders word deur enkelma’s grootgemaak. Een van die min kinders wat deur sy pa na Groote Schuur se pediatriese vigseenheid gebring is vir sy maandelikse ondersoek. Slegs sowat 1% van die ouers wat die eenheid besoek, is mans. Sarie Sineli se kinders moet honger skool toe gaan vandat haar man haar verlaat het. Nou moet sy dikwels bakhand staan vir mieliemeel en brood. <<10 is geslag en Sarie het leer water dra en hout fynmaak. Terug by hul huis in KTC het die probleme begin. Sy lig haar romp op om die merk op haar been te wys. “Hy’t my eenkeer met een van die bed se pote geslaan op my regterbeen toe hy dronk was. Ek moes hospitaal toe gaan. My suster het gesê: ‘Hierdie man sal jou nog dood- maak,’ maar ek het gesê: ‘Ek’s lief vir hierdie man.’ ” Sy sug, maar sy hou haar kop omhoog. “Die slaan is beter as die woorde. Jy’s sommer sy vloerlap.” Kort voor lank het hy haar saans begin alleen los om by an- der vroue oor te slaap. As sy vrae gestel het, het hy haar geslaan. “Ek wou weet: ‘Hoekom los jy my nie liewer as om my te mishandel nie?’ Hy’t gesê: ‘Ek mishandel jou nie. My voorva- ders het baie vroue gehad.’ Dit het seergemaak, maar ek het dit gewoond geraak.” Sy dink ’n oomblik na. “Ek was bang vir HIV. As die man so in die rondtes hol, hoe kan ek nie die ding het nie? As ons seks het, het hy nooit condoms gesoek nie. Hy wil so met die vleis gaan.” Twee jaar gelede is een van die vroue in sy lewe weens vigsver- wante oorsake oorlede. “Ek het dit by ander mense gehoor. Hy’t dit nie self kom sê nie,” onthou Sarie. “Ek het hom gesê ons moet saam vir ’n toets gaan, maar hy’t geweier. Hy’t gesê dis ék wat siek is – ek slaap rond. “Hy sien my elke oggend as ek vir hom die deur oopmaak van ons huis – ek stryk sy klere en ek maak vir hom kos. Ek slaap nie uit nie, ek kyk na die kinders.” Sedert haar eie diagnose het van sy ander meisies by die kliniek gekry. “Hulle is ook siek, ek het gesien hulle kom haal pille. Gelukkig is my siek nog nie so erg nie. Dis net die hart en die hoë bloeddruk.” JJJ En toe, uit die bloute, vertel sy haar man se broer was by haar aan huis. Hy’t kom vra: “Hoe- kom het Gerald gehardloop?” sê sy. “Die broer het gesê Gerald is by sy familie in Transkei.” Sy haal haar skouers op. “Ek het vir sy broer gesê: ‘Gaan vra vir Gerald self hoekom het hy geloop.’ ” Sy draai na my. “Ek glo nie hy’t al vir ’n toets gegaan nie. As jy mos gaan vir ’n toets, moet jy vir jou familie sê.” Dis Oktober toe ek weer op ’n Vrydag by Mama Solani aan- doen. Hierdie keer is daar nie vroue wat sing en bid by haar voordeur nie. Die reuk van vetkoek hang nie soos gewoonlik in die lug nie. “Mama Solani sê daar’s nie kos nie,” sê ’n bedrem- melde Sarie. Sy’s onvas op haar voete en sy ruik na drank. “Dis twee dae dat hier nie gekook is nie – gister en van- dag,” sê sy. “Ek kyk na my suster se kind van ’n jaar en ses maande, want my suster is by haar boyfriend. Nou moet ek vir die kind ook kosgee, dis dié dat ek so loop en vra by die mense. Vanoggend het ek mieliemeel gaan vra by ’n ander vrou, maar daar’s nou niks in die huis nie.” Sy lyk diep skuldig. “My eie kinders gaan honger skool toe. My seun sê vir my: ‘Mamma, moenie worry nie, ek sal by die skool kos kry.’ Die oudste een werk ná skool by Steers.” Sy kyk anderpad. “Ek weet die drinkery kos geld, maar dit was by ’n ander vrou se huis. Sy’t my invite na haar vir die umqomboti en die brandewyn. Die vrou het die bier gemaak vir die voormen- se wat oorlede is.” Ja, knik sy, sy soek soms werk. “Vandat my man weg is, gaan ek soms Kaap toe vir die casual jobs, maar ek het nie meer geld vir ’n taxi nie.” Sy begin huil. “As die man hier was, het ek nie gesukkel nie. Hy’t my nie goed behandel nie, maar ek het darem geëet. En hy was baie lief vir sy kinders.” Was haar man se broer weer by haar? Sy knik stadig. “Sy broer sê hy dink hy sal terugkom en ek moet hom verskoon. Moet wees hy’s siek. Ek weet nie hoe lank gaan hy nog in Transkei bly nie. Ek sal maar die Here vra hy moet terugkom. Dis al.” Sy vee met ’n verslonste mou oor haar oë. “As hy terugkom, sal ek hom aanvaar. Dit help nie hy loop by my weg en gaan smeer die siek af by iemand anders nie. Ek en hy moet saam die ding hanteer.” Haar stem is sag, skaars hoorbaar. “Ek is lief vir hom.” J Hoekom vlug sommige mans uit verhoudings waar MIV/vigs ’n bedmaat is, terwyl ander bly? Lees volgende week wat die kenners sê.

Nie 'n hond se siek nie' (Deel 2)

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Hierdie is laaste bladsy van die eerste storie ’n reeks van vier in-diepte artikels wat Willemien Brümmer in 2010 vir Die Burger se Saterdag-bylaag, By, geskryf het in aanloop tot Wêreld-vigsdag, wat op 1 Desember gevier word.

Citation preview

Page 1: Nie 'n hond se siek nie' (Deel 2)

Saterdag 6.11.2010 By|11

In Xhosa sê vroue bloot lendoda ibalekile – hierdieman het weggehardloop.

In ’n tyd van MIV/vigshet dié verhaal al amper ’nsjabloon geword – ’n kulturelenarratief wat in die vroue sekop ingeëts is: Sy wordpositief vir die MI-virusgetoets; haar man blameerhaar dat sy “vigs in die huisgebring het”; hy pak sy goeden loop.

In die pediatriese vigseen-heid van die Groote Schuur-hospitaal in Observatory,waar ek in 2005 ’n navorsings-projek onderneem het, wasnege uit die tien MIV-positie-we ma’s met wie ek ’n onder-houd gevoer het, enkellopend.Toe ek dié eenheid vanjaarweer besoek, het die vroue netsoos die vorige keer vertel vanMIV/vigs en verlating.

Die ligpunt? Van die manskom terug. Een van die vroue,Nombeko (skuilnaam), het inwoede vir die pa van haargestremde seuntjie (toe tweejaar oud) vertel van haar endie kind se status toe sy hommet ’n ander vrou in die bedbetrap het.

“Dis jy en jou baba, ek isnie positief nie,” het hygeskerm. “Bly by jou vigsba-ba,” het hy gesê en geloop.

Toe die seuntjie vier jaaroud was, het die pa egter siekgeword en begin geld bring.“Later het hy gevra: ‘Nombe-ko, mag ek asseblief saam metjulle na die Groote Schuur-hospitaal gaan? Ek wil ook diedokter spreek.’ ”

Sy rol haar oë. “Hy’t steedsvolgehou hy’s negatief, maartoe hy eers hier by ons intrek,het hy sy storie verander. Hy’t‘jammer’ gesê.”

Pumla Tyulu, ’n berader indié pediatriese vigseenheid,reken tot 80% van die ma’swat hul kinders hiernatoebring, is enkellopend.

“Die ma’s vertel dikwels:Toe hulle hul vigsstatusonthul het, het hul man ofkêrel weggehardloop en ’naffair begin of na ’n andergirlfriend gegaan,” sê Tyulu.

“Ná ’n ruk kry die ma virhaar ’n ander maat, maar sysukkel om vir hom te sê sy isMIV-positief, want sy is bangook hý sal weghardloop. Ditword ’n bose kringloop. Dievroue sê altyd ons kindersword sonder ’n pa groot weensMIV/vigs.”

In ’n studie deur dieSinomlando-sentrum virOrale Geskiedenis en Geheue-werk is onderhoude gevoermet 33 families in KwaZulu-Natal wat deur die virusgeraak word. Slegs 27% vandie pa’s in dié verhale hetgereelde kontak met hul

kinders gehad. Sowat 34% vandie pa’s het ’n vorm vanmateriële ondersteuning aandie kinders gegee. Die res?Hulle is bloot nooit genoemnie.

Maar hoekom loop die pa’s?

JJJOm dié vraag te beantwoord,het ek sedert April ’n onder-soek gedoen na hoe mansreageer as hul lewensmaat ofdie ma van hul kinders erkenhulle is MIV-positief. Ek hetonderhoude gevoer met meeras twintig mans en vroue watmet MIV leef, sowel as metkenners, beraders en aktivis-te. Die liefde, sou ek egteragterkom, het nie reëls nie, endie waarheid is ’n grys landiewers tussen die verhale vandie mans en dié van die vroue.

Ek het gepraat met MIV-ne-gatiewe mans wat ten spytevan die samelewing se taboesbly by vroue en kinders watmet die virus leef, en metmans wat glo dié siekte“bestaan slegs in wit mense sekop”.

Dikwels was verhoudingsreeds voor die verlating vandie man wankelrig en wasMIV/vigs slegs die laastehoofstuk in ’n verhoudinggekenmerk deur armoede engeweld.

By plaas in die aanloop totWêreldvigsdag op 1 Desemberweekliks ’n artikel waarin diegevolge van MIV-onthullingondersoek word – veral uit dieperspektief van mans wathierdeur geraak word.JWillemien Brümmer wasvanjaar ’n ontvanger van diejoernalistiekgenootskap van dieprojek MIV/vigs en die Media.Die program word bestuur deurdie Anova­gesondheidsinstituuten die Universiteit van dieWitwatersrand se departementjoernalistiek en gefinansier deurUSAID en John Hopkins Healthand Education in Suid­Afrika.

Waar is aldie pa’s heen?

ONGENOOIDE GAS

’n Peuter kom vir ’n ondersoek by die pediatriese vigseenheid van die GrooteSchuur­hospitaal. Die meeste van dié kinders word deur enkelma’s grootgemaak.

Een van die min kinders wat deursy pa na Groote Schuur sepediatriese vigseenheid gebring isvir sy maandelikse ondersoek.Slegs sowat 1% van die ouers watdie eenheid besoek, is mans.

Sarie Sineli se kinders moet honger skool toe gaan vandat haar man haar verlaathet. Nou moet sy dikwels bakhand staan vir mieliemeel en brood.

<<10is geslag en Sarie het leer waterdra en hout fynmaak.

Terug by hul huis in KTC hetdie probleme begin. Sy lig haarromp op om die merk op haarbeen te wys. “Hy’t my eenkeermet een van die bed se potegeslaan op my regterbeen toe hydronk was. Ek moes hospitaaltoe gaan. My suster het gesê:‘Hierdie man sal jou nog dood-maak,’ maar ek het gesê: ‘Ek’slief vir hierdie man.’”

Sy sug, maar sy hou haar kopomhoog. “Die slaan is beter asdie woorde. Jy’s sommer syvloerlap.”

Kort voor lank het hy haarsaans begin alleen los om by an-der vroue oor te slaap. As sy vraegestel het, het hy haar geslaan.

“Ek wou weet: ‘Hoekom los jymy nie liewer as om my temishandel nie?’ Hy’t gesê: ‘Ekmishandel jou nie. My voorva-ders het baie vroue gehad.’ Dithet seergemaak, maar ek het ditgewoond geraak.”

Sy dink ’n oomblik na. “Ekwas bang vir HIV. As die man soin die rondtes hol, hoe kan ek niedie ding het nie? As ons seks het,het hy nooit condoms gesoek nie.Hy wil so met die vleis gaan.”

Twee jaar gelede is een van dievroue in sy lewe weens vigsver-wante oorsake oorlede. “Ek hetdit by ander mense gehoor. Hy’tdit nie self kom sê nie,” onthouSarie. “Ek het hom gesê ons moetsaam vir ’n toets gaan, maar hy’tgeweier. Hy’t gesê dis ék wat siekis – ek slaap rond.

“Hy sien my elke oggend as ekvir hom die deur oopmaak vanons huis – ek stryk sy klere en ekmaak vir hom kos. Ek slaap nieuit nie, ek kyk na die kinders.”

Sedert haar eie diagnose hetvan sy ander meisies by diekliniek gekry. “Hulle is ook siek,ek het gesien hulle kom haalpille. Gelukkig is my siek nog nieso erg nie. Dis net die hart en diehoë bloeddruk.”

JJJEn toe, uit die bloute, vertel syhaar man se broer was by haaraan huis. Hy’t kom vra: “Hoe-kom het Gerald gehardloop?” sêsy. “Die broer het gesê Gerald isby sy familie in Transkei.”

Sy haal haar skouers op. “Ekhet vir sy broer gesê: ‘Gaan vravir Gerald self hoekom het hygeloop.’”

Sy draai na my. “Ek glo niehy’t al vir ’n toets gegaan nie. Asjy mos gaan vir ’n toets, moet jyvir jou familie sê.”

Dis Oktober toe ek weer op ’nVrydag by Mama Solani aan-doen. Hierdie keer is daar nievroue wat sing en bid by haarvoordeur nie. Die reuk vanvetkoek hang nie soos gewoonlikin die lug nie. “Mama Solani sêdaar’s nie kos nie,” sê ’n bedrem-melde Sarie. Sy’s onvas op haarvoete en sy ruik na drank.

“Dis twee dae dat hier niegekook is nie – gister en van-dag,” sê sy. “Ek kyk na mysuster se kind van ’n jaar en sesmaande, want my suster is byhaar boyfriend. Nou moet ek virdie kind ook kosgee, dis dié datek so loop en vra by die mense.Vanoggend het ek mieliemeelgaan vra by ’n ander vrou, maar

daar’s nou niks in die huis nie.”Sy lyk diep skuldig. “My eie

kinders gaan honger skool toe.My seun sê vir my: ‘Mamma,moenie worry nie, ek sal by dieskool kos kry.’ Die oudste eenwerk ná skool by Steers.”

Sy kyk anderpad. “Ek weet diedrinkery kos geld, maar dit wasby ’n ander vrou se huis. Sy’t myinvite na haar vir die umqombotien die brandewyn. Die vrou hetdie bier gemaak vir die voormen-se wat oorlede is.”

Ja, knik sy, sy soek soms werk.“Vandat my man weg is, gaan eksoms Kaap toe vir die casualjobs, maar ek het nie meer geldvir ’n taxi nie.”

Sy begin huil. “As die manhier was, het ek nie gesukkel nie.Hy’t my nie goed behandel nie,maar ek het darem geëet. En hy

was baie lief vir sy kinders.”Was haar man se broer weer

by haar?Sy knik stadig. “Sy broer sê hy

dink hy sal terugkom en ek moethom verskoon. Moet wees hy’ssiek. Ek weet nie hoe lank gaanhy nog in Transkei bly nie. Eksal maar die Here vra hy moetterugkom. Dis al.”

Sy vee met ’n verslonste mouoor haar oë. “As hy terugkom,sal ek hom aanvaar. Dit help niehy loop by my weg en gaansmeer die siek af by iemandanders nie. Ek en hy moet saamdie ding hanteer.”

Haar stem is sag, skaarshoorbaar. “Ek is lief vir hom.”J Hoekom vlug sommige mans uitverhoudings waar MIV/vigs ’nbedmaat is, terwyl ander bly? Leesvolgende week wat die kenners sê.