6
Die grand-finale skou van die Noord-Gauteng Skouprogram en seker ook die SA Saalperd Skoukalender het weereens alle verwagtinge oortref! Vanaf 8 tot 10 Desem- ber 2011 het die room van SA se Saalperde by Afridome, Parys kom meeding om die finale rosette van 2011 te verower. En wat `n skouspel was Parys Xmas Festival nie! Vanjaar is `n nuwe benadering gevolg deur ook van kwaliteit kunstenaars gebruik te maak om die skouprogram nog meer aantreklik te maak. Jannie Moolman en Floris Bonafede het Saterdagaand voor en tydens die Kampioenskappe die toeskouers ver- maak met musiek van gehalte en beslis glans verleen aan die geleentheid. Die jong boeremusiek groep, die Penkoppe, het Saterdagmiddag gees geskep deur met tra- disionele musiek die ouer garde se harte warm te laat klop. Dusty Dixon, wat ook die klank vir die skou en vertonings verskaf het, het op Donderdag en Vrydag die vertoners en toeskouers aan sy lippe gehad met musiek vir elkeen se smaak! Volgens die mening van menige toeskouer en deelnemer, was hierdie tipe vermaak `n aanwins vir die skou, en sal dit in die toekoms weer ingespan word! Baie dankie aan elke kunstenaar vir hul bydrae tot die sukses van die skou. MAAR die perde was sekerlik die hoofsaak van die skou en die sterk kampioen- skappe beslis die hoogtepunt! Daar was 374 perde wat aan die skou deel- geneem het, waarvan 29 puik Hackney Ponies was. Hierdie klein bondeltjies styl en vuur was vanjaar beslis iets om te aanskou, en ponie klasse was goed verteenwoordig met vertoners wat sovêr as die Kaap gekom het. ―Big Shot Ro- meo‖, die Hackney Ponie van Said Davids van die Kaap, het al 8 agtereenvol- gende SA Kampioenskappe agter sy naam! Hy het asems weggeslaan met sy wêreldklas vertoning en gevolglik welverdiende, eenparige wen van die Hack- ney Grootkampioenskap. Baie geluk aan Said Davids! Die Saalperde wat aan Parys Xmas Festival deel- geneem het, was beslis die beste van die bestes! Vele SA Kampioenperde het mekaar aangedurf vir die eer om Saterdagaand die draer van die prag- tige Kampioenskap Sash te word en die pronk- rondte te lei. Hierdie besondere en unieke sashes word deur Welma van den Berg gemaak, en word vinnig baie gesoggeen kampioen se trofee uitstal- ling is kompleet sonder so `n Parys Xmas Festival sash nie! BAIE GELUK aan elkeen wat `n plasing behaal het dit was sowaar nie `n maklike taak nie en elke wenner kan met reg trots wees! Die beoordelaars in die arena was Hugo Visser, Tommy van Staden, Aretha van Rooyen en Willie Buys. PARYS XMAS FESTIVAL 2012 In die Uitgawe: Parys Xmas Festival 1 Parys Uitslae 2 3 SA vs USA 4 Ledegeld 5 Skoudatums 2012 5 Reëls 6 Uit die Kantoor 6 . Baie welkom aan elkeen van die volgende nuwe NGSU lede. Mag jul heerlik saam met ons skou! Ferdie Reyneke Kobus Bester(jnr) Noord-Gauteng Saalperd Unie Noord-Gauteng Saalperd Unie Nuusbrief / Newsletter Desember 2011 NUWE LEDE

Noord-Gauteng Saalperd Unie Nuusbrief / · PDF fileBaie dankie aan elke kunstenaar vir hul bydrae tot die sukses van die skou. ... Wim en Marinda Bester en hul familie met die afsterwe

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Noord-Gauteng Saalperd Unie Nuusbrief / · PDF fileBaie dankie aan elke kunstenaar vir hul bydrae tot die sukses van die skou. ... Wim en Marinda Bester en hul familie met die afsterwe

Die grand-finale skou van die Noord-Gauteng Skouprogram — en seker ook die SA

Saalperd Skoukalender — het weereens alle verwagtinge oortref! Vanaf 8 tot 10 Desem-

ber 2011 het die room van SA se Saalperde by Afridome, Parys kom meeding om die

finale rosette van 2011 te verower. En wat `n skouspel was Parys Xmas Festival nie!

Vanjaar is `n nuwe benadering gevolg deur ook van kwaliteit kunstenaars gebruik te

maak om die skouprogram nog meer aantreklik te maak. Jannie Moolman en Floris

Bonafede het Saterdagaand voor en tydens die Kampioenskappe die toeskouers ver-

maak met musiek van gehalte en beslis glans verleen aan die geleentheid. Die jong

boeremusiek groep, die Penkoppe, het Saterdagmiddag gees geskep deur met tra-

disionele musiek die ouer garde se harte warm te laat klop. Dusty Dixon, wat ook die

klank vir die skou en vertonings verskaf het, het op Donderdag en Vrydag die vertoners

en toeskouers aan sy lippe gehad met musiek vir elkeen se smaak! Volgens die mening

van menige toeskouer en deelnemer, was hierdie tipe vermaak `n aanwins vir die skou,

en sal dit in die toekoms weer ingespan word! Baie dankie aan elke kunstenaar vir hul

bydrae tot die sukses van die skou.

MAAR die perde was sekerlik die hoofsaak van die skou en die sterk kampioen-

skappe beslis die hoogtepunt! Daar was 374 perde wat aan die skou deel-

geneem het, waarvan 29 puik Hackney Ponies was. Hierdie klein bondeltjies

styl en vuur was vanjaar beslis iets om te aanskou, en ponie klasse was goed

verteenwoordig met vertoners wat sovêr as die Kaap gekom het. ―Big Shot Ro-

meo‖, die Hackney Ponie van Said Davids van die Kaap, het al 8 agtereenvol-

gende SA Kampioenskappe agter sy naam! Hy het asems weggeslaan met sy

wêreldklas vertoning en gevolglik welverdiende, eenparige wen van die Hack-

ney Grootkampioenskap. Baie geluk aan

Said Davids!

Die Saalperde wat aan Parys Xmas Festival deel-

geneem het, was beslis die beste van die bestes!

Vele SA Kampioenperde het mekaar aangedurf vir

die eer om Saterdagaand die draer van die prag-

tige Kampioenskap Sash te word en die pronk-

rondte te lei. Hierdie besondere en unieke sashes

word deur Welma van den Berg gemaak, en word

vinnig baie gesog—geen kampioen se trofee uitstal-

ling is kompleet sonder so `n Parys Xmas Festival sash nie! BAIE GELUK aan elkeen wat

`n plasing behaal het — dit was sowaar nie `n maklike taak nie — en elke wenner kan

met reg trots wees! Die beoordelaars in die arena was Hugo Visser, Tommy van Staden,

Aretha van Rooyen en Willie Buys.

PARYS XMAS FESTIVAL 2012

In die Uitgawe:

Parys Xmas Festival 1

Parys Uitslae 2

3

SA vs USA 4

Ledegeld 5

Skoudatums 2012 5

Reëls 6

Uit die Kantoor 6

. Baie welkom aan elkeen van die volgende nuwe NGSU lede.

Mag jul heerlik saam met ons skou!

Ferdie Reyneke Kobus Bester(jnr)

Noord -Gauteng Saalp erd Unie

Noord-Gauteng Saalperd Unie

Nuusbrief / Newsletter

Desember 2011

NUWE

LEDE

Page 2: Noord-Gauteng Saalperd Unie Nuusbrief / · PDF fileBaie dankie aan elke kunstenaar vir hul bydrae tot die sukses van die skou. ... Wim en Marinda Bester en hul familie met die afsterwe

Page 2

Noord-Gauteng Saalperd Unie

Parys Xmas Festival 2011 ~ Uitslae

GROOTKAMPIOEN 3G PARK HORSE Eienaar Vertoner

1 Dark Storm Luci Nouwens Eliska Jordaan

2 Striking Jack Gert Koch Madre v Heerden

3 French Legionnaire Luci Nouwens Luci Nouwens

4 Jo-Jo Bad Girl Juhantha Stalle Tharine Smith

5 Dearest Sensation Andrew Vermaak Anesta Vermaak

6 Sir Attitude Melanie Human Delandie Human

GROOTKAMPIOEN 3G KINDERRYPERD Eienaar Vertoner

1 Night Star Chrisdal Trust Christien Strydom

2 Wild Treasure Show Me Stalle Stephne Krugell

3 Prince’s CD Edd-Mari Faber Edd-Mari Faber

4 One More Time WJ v Bergen Delandie Human

5 Wind Dancer JJ Kemp PJKrugell

6 Quality Counts Moleine v Staden Morne v Staden

GROOTKAMPIOEN 5G KINDERRYPERD Eienaar Vertoner

1 Shok Me C Bredenkamp Christiaan Geyer

2 Sultry Nite JSW Venter Johane Venter

3 The One & Only Alfresco Stalle Stephne Krugell

4 Omar Khayam Netherby Stud Henry Meintjies

5 Cocktail’s Winters Girl Alfresco Stalle PJ Krugell

6 Super C JA Human Keagan Moller

GROOTKAMPIOEN SIERTUIG Eienaar Vertoner

1 Shawshank Redemption Danstell Beleggings Lizanne Jonker

2 Zucchero Show Me Stalle Paul Tau

3 Coko Jumbo Jaco Venter Jaco Venter

4 Coronato’s Choice Francois Dercksen Francois Dercksen

5 Beunos Aires Spadone Stalle Ted Groenewald

6 Tango’s Daylight Koos Fourie Dirk Claassens

GROOTKAMPIOEN DRIEGANG Eienaar Vertoner

1 Explosive Lauren Williams Junior Hugo

2 Chaka Khan Tina de Jager Harold Poil

3 Olympic Heir Tina de Jager Dirk Claassens

4 Sir Roy Tina de Jager Willem de Jager

5 Valley’s Sound of Music Piet Olivier Dejane Poil

6 Con-Brio JS Lampbrechts Alfie Cockrell

GROOTKAMPIOEN ENKELTUIG Eienaar Vertoner

1 Nite of Roses Spadone Stalle Ted Groenewald

2 Bold One Jaco Venter Jaco Venter

3 Fleets Boss in Motion C&F Stalle Junior Hugo

4 Mysterious Newsmaker Geodine Stoet Danie Jacobs

5 Air Force One Theuns van der Merwe Alfie Cockrell

FINALE

KAMPIOENE

VAN

2011

GEKROON !

SHAWSHANK REDEMPTION

pragtig tot Grootkampioen

Siertuig vertoon deur die fyne

Lizanne Jonker

Junior Hugo wen die 3G Grootkam-

pioenskap met EXPLOSIVE

NITE OF ROSES, waardige Enkel-

tuig Kampioen met eienaar en

vertoner Ted Groenewald.

Page 3: Noord-Gauteng Saalperd Unie Nuusbrief / · PDF fileBaie dankie aan elke kunstenaar vir hul bydrae tot die sukses van die skou. ... Wim en Marinda Bester en hul familie met die afsterwe

GROOTKAMPIOEN VYFGANGPERD Eienaar Vertoner

1 Brave Heart Warrior Juhantha Stalle Hanlo Smith

2 Cigar Lauren Williams Junior Hugo

3 What-a-Horse Pieter Jacobs Niel Valentine

4 The General’s Pride Tina de Jager Harold Poil

5 Romantic Nite Dejane Poil Dejane Poil

6 Touch Me Twice Jay-Dee Stalle CJ du Plessis

Page 3

Desember 2011

Parys Xmas Festival 2011 ~ Uitslae

LIEF EN LEED:

Van ons lede het geliefdes aan die dood afgestaan die afgelope tyd. Ons meegevoel aan elkeen van

julle en jul families - mag God in Sy liefde en genade jul hartseer en gemis draagliker maak:

Piet Olivier met die verlies van sy seun.

Wim en Marinda Bester en hul familie met die afsterwe van Oom Willem Bester.

Die Neven familie met die verlies van baie van ons se groot vriend, Arrie.

BAIE GELUK aan:

Stefan en Gwennie Loock met hul troue (en die kleinding wat op pad is! Sterkte!)

Oupa en Ouma Andrew Vermaak met die geboorte van hul eerste kleinkind!

Marjorie (Fourie) en Andries verwag ook hul eersteling - baie geluk en sterkte!

BRAVEHEART WARRIOR op sy laaste Groot-

kampioen Vyfgang pronkrondte, vertoon deur

Hanlo Smith. ”We salute you, Braveheart!”

Grand champion

Page 4: Noord-Gauteng Saalperd Unie Nuusbrief / · PDF fileBaie dankie aan elke kunstenaar vir hul bydrae tot die sukses van die skou. ... Wim en Marinda Bester en hul familie met die afsterwe

During the Parys Christmas Festival which ran from 8 to 10 December 2011, the In-

ternational Equitation Competition between the SA Junior Protea Team and the

USA Junior Team was held.

Manager of Junior Protea Team SA, Ohna Venter, did a remarkable job in orga-

nizing the teams, the sponsors, the itinerary, accommodation and entertainment

for the teams. She was assisted by trainer Dalene de Beer.

Team USA, managed by Brent and Jane Jacobs, with 3G trainer, Brooke Jacobs

and 5G trainer , Bob Brison, came with a mission: to reclaim the 3G and 5G titles,

both of which they had to watch go to Team SA in 2010.

Two days of hard fought competition followed, during which teams swopped horses

and put in their best attempt to be awarded highest points for close to perfectly rid-

den tests. This year USA tests patterns were used in the competition - challenging

for both horse and rider, but a welcome and interesting change.

At the end of day 1, team USA had a clear lead on team SA, a lead which the SA

riders, although they improved markably on day 2, could not overtake. Team USA

came out victorious in both the 3G and 5G !

Congratulations to Team USA on a well deserved win!

International Equitation

Competition : SA vs USA

Page 4

TEAM SA

3 GAITED TEAM:

JO-ANNE NAUDE(C)

DANE VAN NIEKERK

DELISE BOTHA

ELRIETA CROUS

NICOLE HELLINGER

SADIE-LEE HANSEN

5 GAITED TEAM:

JO-ANNE NAUDE(C)

CALIZE BOSMAN

DELISE BOTHA

LOUISE DEACON

SADIE-LEE HANSEN

WILMA-RE HUMAN

TEAM USA

3 GAITED TEAM:

ABBY MUTRUX

ALEXANDRA LAWSON(C)

ALYSSA WICK

CAITLIN DONOHUE

EMILY CHAPMAN

KRISTEN SMITH

5 GAITED TEAM:

ALEXIS PEARSON

DREW TAYLOR HEWITT MEGAN McCLURE

MORGAN BRISON

MURPHY McSEMEK(C)

RACHEL RAFOLSKI

Page 5: Noord-Gauteng Saalperd Unie Nuusbrief / · PDF fileBaie dankie aan elke kunstenaar vir hul bydrae tot die sukses van die skou. ... Wim en Marinda Bester en hul familie met die afsterwe

Noord-Gauteng Saalperd Unie: Uiteensetting van Ledegelde 2012 Page 5

(LEDEGELD FAKTURE sal in Januarie per e-pos aan lede gestuur word)

Ledegelde betaalbaar per jaar: Senior Lid R500

(Teen 28 Feb of vroeër) Junior Lid (O/18) R250

Ruiterkunsruiters R500 (addisioneel)

Ledegeld sluit in: ESSASA fooi van R100 vir alle lede

SAASU fooi van R200 vir nie prof lede

of Prof Afrigters fooi van R100 (Die gelde word direk deur NGSU namens lede oorbetaal.)

BAIE BELANGRIK

Opbetaalde lidmaatskap aan `n Unie is verpligtend om aan enige streekskou en Nasionale Kampioenskappe in Bloemfontein te mag deelneem

Ledegelde gaan gekontroleer word en daar sal NIE aan skoue deelgeneem kan word indien NGSU ledegeld nie reeds betaal is nie

`n Lys van opbetaalde lede moet en sal aan die Saalperdkantoor verskaf word, en geeneen sal op Bloemfontein kan deelneem indien NGSU ledegeld nie betaal is nie

Die onus berus op elke vertoner om seker te maak dat sy ledegeld wel op datum is (skakel asb Tersia 082 4628 547 indien enige navraag)

Betaal asseblief dadelik u ledegelde en faks die strokie aan Tersia by 016 932 2447 – dui duidelik aan vir watter lede die betaling is asseblief

BANKBESONDERHEDE: ABSA Vanderbijlpark Takkode 632 005

Naam van Rekening: Noord-Gauteng Saalperd Unie

Tjekrekening nommer: 407 109 6696

NGSU Streekskoudatums vir 2012

FRANKFORT STREEKSKOU

9 en 10 MAART 2012

* * * * * * * * *

BLOEMFONTEIN NASIONALE

KAMPIOENSKAPPE 24 TOT

28 APRIL 2012 (ESSASA

proewe sal vroeër begin)

* * * * * * * * *

PRETORIA STREEKSKOU :

Begin September 2012 -

(Ook ander datums word

nog oorweeg)

STANDERTON STREEKSKOU :

14 en 15 September 2012

MAGOGONG STREEKSKOU :

19 en 20 Oktober 2012

PARYS XMAS FESTIVAL

6 tot 8 DESEMBER 2012

(indien die langer program dit

vra, sal 4 dae oorweeg word)

NB Datums is onderhewig

aan verandering—daar moet

nog met sommige van die

skou komitees bevestig

word.

Onthou dat alle streekskoue

vanaf Augustus 2011 tot

voor Bloem 2012 as kwali-

fiserend tel vir 2012 se

Bloemfontein inskrywings —

1e tot 5e plasing.

Baie dankie aan TOPPY HUNT

vir die vergunning om al die

foto’s in hierdie Nuusbrief te

gebruik.

Alle foto’s is beskikbaar op

www.toppyhunt.co.za

[email protected]

Sel 082 413 6445

Page 6: Noord-Gauteng Saalperd Unie Nuusbrief / · PDF fileBaie dankie aan elke kunstenaar vir hul bydrae tot die sukses van die skou. ... Wim en Marinda Bester en hul familie met die afsterwe

Neem asb weer kennis van die volgende belangrike reëls/feite:

By die AJV is die vlg nuwe klasse goedgekeur: 3g en 5g “LIMIT” klas (perd 5jr , nog nie 6) , 3g 3jaar en on-der (3g 2jaar verval en word hierin opgeneem). Die enigste 2jaar oud klas sal die Siertuig wees.

As daar Park Horse klasse op die skou is, mag geen perde met lang maanhare in enige Ope 3g klas skou

nie. Slegs 3g Park-, Onder 3jaar-, 3g Beginners-, 3g Plesier-, en 3g Nat Maan&Stert perde mag maanhare

hê.

3g Nat Maan&Stert perde mag in Park Horse Kampioenskap skou , maar moet toptail dra - mag nie 3g

Grootkamp skou nie

Park Horse kan in Nat Maan&Stert skou as stert nie gesny is nie

Park Horse mag ook in Siertuig klasse skou

Plesierperd mag in Ope Ruiterkuns klasse gebruik word, maar moet ingaan soos `n plesierperd

Kwalifisering vir Bloemfontein Nasionale Kampioenskappe: Alle perde, behalwe junior perde (dws perde 4

jaar en onder) MOET kwalifiseer op `n Streekskou deur `n plasing 1-5 te behaal. Novice perde moet in `n

Novice klas op `n streekskou kwalifiseer om in die Novice klas op Bloem te kan skou. Kinder perde moet

ook kwalifiseer.

Novice perde: `n perd is NOVICE van na Bloem tot op Bloem. As `n perd op Bloem Novice geskou het, is sy

novice tydperk verby. Die perd kwalifiseer dus gedurende die seisoen, wat Aug begin, as novice en maak

klaar as novice op Bloem.

Daar is `n gerug wat die rondte doen dat die sg “grense” van unies gaan verander en dat sommige lede sal

moet oorgaan na ander unies. DIT IS NIE SO NIE! Daar is geen saak hieroor aan die raad voorgelê nie en

geen besluit hieroor geneem nie. Unies en lede bly soos dit is. (Ruiterkuns ruiters mag wel by SAASU en ES-

SASA per jaar skriftelik aansoek doen om vir `n ander provinsie te ry om by afrigters in te pas.

Ek wil ook graag dankie sê vir baie

van julle se positiewe gesindheid

en same- werking gedurende die

jaar. Julle maak die bestuur se taak

sommer maklik en maak ons `n

Unie waarvan almal deel wil wees!

Die Desember Nuusbrief is kort

omdat ek werklik geen bydraes van

lede kry nie. Stuur groot asseblief

Hallo aan alle NGSU lede

Ons staan alweer aan die einde

van die jaar—`n baie suksesvolle

skoujaar in NGSU, waar ons ten

spyte van ekonomiese druk nog-

steeds daarin kon slaag om goeie

kompeterende skoue aan te bied.

Dankie aan elkeen wat deel-

geneem het!

vir my nuus en foto’s vir die volgende

nuusbrief! Ek sal self die storie skryf

(of jy kan self) - gee net die info en

foto’s asseblief!

VOORSPOEDIGE 2012 WENS EK VIR

ELKEEN VAN JULLE!

Groete tot

later

Groete uit die kantoor [email protected]

NGSU ~ die Unie waarvan almal deel wil wees !

Noord-Gauteng Saalperd Unie

Sekr: Tersia Malan

Sel: 082 462 8547

Faks: 016 932 2447

[email protected]

Voorsitter: Harold Poil

Sel: 082 686 1059

O/Voors : Cobus Oosthuizen

Sel: 083 309 6684

Page 6