Upload
others
View
1
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
1 van 16
NR/NO. 234 JUNIE/JUNE 2018
INHOUDSOPGAWE – CONTENT BLADSY / PAGE
UIT DIE VOORSITTER SE PEN
2-3
GRADING RESULTS
4
KRY JOU DIESEL KORTING
4-5
SAPO – NUWE BESTURENDE TRUSTEE
6
FRUIT JUICE CONFERENCE 2018
7-8
CHINA IS CANNERS BIGGEST SUCCESS STORY
9-10
DIE NUWE WÊRELD VAN VERANDERING
11-14
IPV RAADSLEDE VIR 2018/2019
15
TEGNIESE INLIGTINGSDAG UITNODIGING
16
NUUSBRIEF uitgegee deur die NEWSLETTER issued by the INMAAKVRUGTE PRODUSENTE VERENIGING CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION Hoofstraat 258 258 Main Street Posbus 414, PAARL 7620 P O Box 414, PAARL 7620 TELEFOON: 021-8721401 TELEPHONE: 021-8721401 FAKSIMILEE: 021-8722675 FAX: 021-8722675 E-pos: [email protected] Web page: www.canningfruit.co.za REDAKTEUR / EDITOR: WIEHAHN VICTOR Reproduction of articles from this Newsletter to acknowledge DIE KRAT and author. Herdruk van artikels in hierdie Nuusbrief moet DIE KRAT en die skrywer erken.
2 van 16
UIT DIE VOORSITTER SE PEN Dit is weereens my voorreg om die verslag te doen oor die aktiwiteite van die Inmaakvrugte Produsente
Vereniging (IPV) van die afgelope 12 maande eindigend Februarie 2018. Die jaar was beslis een wat nie gou
vergeet sal word nie, ongelukkig as gevolg van uiters moeilike omstandighede. Die Inmaakbedryf was in die
“Perfect Storm” met die droogte, grootte en verspreiding van die oes, die grootte van vrugte, die wisselkoers,
pulp en puree pryse en swak bemarkingstoestande wat alles bygedra het tot ‘n afname in die
winsgewendheid van die bedryf. Die aktiwiteite van die vereniging bly egter onveranderd, of dit nou ‘n goeie
of ‘n swak jaar is. Dat ‘n swak jaar meer uitdagend is, is egter ‘n feit. Die feit dat ons as ‘n vereniging ons
sake kan bedryf, met vrywillige lidmaatskap van 100% van inmaakprodusente is uniek in die landboubedryf
en ek glo werklik tot voordeel van die bedryf in sy geheel gesien.
Die rol van die IPV, wat ‘n produsente organisasie is, en sy waarde vir produsente word na my mening soms
te gering geskat. ‘n Strategiese sessie is in Junie 2017 gehou waar die rol van die IPV, sy funksies,
opvolgbeplanning en die struktuur van die vereniging bespreek is. Vergaderings is met Hortgro gehou om
moontlike samewerking te bespreek, veral waar daar oorvleueling voorkom soos byvoorbeeld met
kernmaatskappye soos die LNR, SAPO, Culdevco en PROVAR. Die aksieplanne wat gemaak is word tans nog
verder ondersoek of reeds in werking gestel. Die behoefte aan goeie kommunikasie aan die produsent is ook
as ‘n tekort geïdentifiseer, en daadwerklike pogings is aangewend om dit te verbeter. ‘n Inligtingsdag vir
L&AF produsente is in September gehou waar die opskorting van die leweringskontrak bespreek is.
Individuele en groepe produsente het ook met die bestuurder en myself vergader, en het waardevolle
argumente of besware onder ons aandag gebring. Hierdie insette word waardeer aangesien dit ‘n ander
perspektief bring tot die bedryf. Die vraag by produsente moet altyd wees: “Wat doen die vereniging vir
my?” en “Kry ek waarde vir die heffing wat ek betaal?”. Ek glo regtig dat ons in ‘n baie swakker posisie sou
gewees het as dit nie was vir die rol wat die IPV in die bedryf speel nie. Die vereniging, met jare se
ondervinding en begrip moet beheer hou oor byvoorbeeld graderingsregulasies en MRL lyste eerder as dat
die Inmakers die rigting gee.
Die opskorting van die langtermyn leweringskontrak by L&AF het groot rimpelings in die bedryf veroorsaak
en dit is kommerwekkend dat geen finaliteit tot op hede vir die toekoms aangaande ‘n nuwe kontrak beding
is nie. Ek kan die versekering gee dat met meer as 15 vergaderings gehou oor die afgelope twee jaar met
L&AF bestuur, asook met Tiger Brands Uitvoerende bestuur dat ons baie voorstelle wat baie negatief vir ons
as produsente is van die tafel kon kry. Die situasie bly egter benard. ‘n Regsmening is verkry om die
eensydige verandering aan die “ou” kontrak te toets. Die Hoofbestuurder sal in sy verslag meer aandag
hieraan gee. Goeie verhoudings tussen alle rolspelers is belangrik in ons bedryf, en veral nou dat ons in
hierdie” Perfect Storm” is.
Finansieël is die vereniging en die IPV Navorsingstrust in ‘n gesonde toestand. Die invorderings uit die heffing
van 1% sal agv kleiner oeste en laer pryse beslis in die volgende jaar afneem. Die beleggings gemaak het
egter bevredigend presteer. My dank aan die 100% van produsente wat so getrou hulle vrywillige heffing
betaal.
3 van 16
Min oorskreidings vind plaas, maar produsente word tog gemaan om streng volgens spuitaanbevelings te
hou aangesien ons nie ‘n listeriosis situasie of ‘n pynappel Cadmium situasie kan bekostig nie. Dit help nie jy
spog by die buurman om die braaivleisvuur oor hoe jy die stelsel omseil het nie – voedselveiligheid gaan al
hoe strenger raak.
Die vereniging handhaaf steeds sy noue verbintenis met AGRI-SA en AGRI-WesKaap, met Mnr.Victor wat
gereeld vergaderings van die Algemene Raad in Pretoria bywoon. Fanie van der Merwe is die
sagtevrugtebedryf se verteenwoordiger vir Georganiseerde landbou. Die Hortforum vergaderings tesame
met ons susterbedrywe aan die vars en droog kant vind ook gereeld plaas.
Die inligtingsdag gehou tesame met DTD op Robertson is weer goed bygewoon met sprekers wat interessante
onderwerpe dek wat direk op plase toegepas kan word. In Oktober is ‘n lede inligtingsdag gehou op vier
plekke naamlik Montagu, Robertson, Ceres en Rawsonville. Die kleiner vergaderings is goed bygewoon en
produsente kon ‘n voorskou kry oor wat in die seisoen te wagte is nadat die Hoofbestuurder die Anuga
voedselskou bygewoon het. Die Krat het 5 keer verskyn en is regtig ‘n goeie bron van informasie vir
produsente met ‘n wye reeks onderwerpe wat gedek word.
Die vereniging is steeds betrokke by die boompie projek. Sekretariële dienste word aan die Koejawel
Produsente vereniging gebied.
Die gebou word goed onderhou met verfwerk wat plaasgevind het. Die leë kantore word uitverhuur.
Om Koningin Elizabeth uit 1992 aan te haal, kan ek sê:”2018 is not a year on which I shall look back with
undiluted pleasure, it has turned out to be an annus horribilis.”
Ongelukkig lyk die vooruitsigte ook nie rooskleurig nie. As ‘n Produsente Organisasie sal ons die uitdagings
saam moet aanpak om ‘n volhoubare bedryf te kan hê. In ons Hoofbestuurder het ons ‘n man wat nie sy
gelyke in die wêreld inmaakbedryf het nie. Dankie aan jou en jou personeel vir die werk wat jy namens ons
as produsente doen Wiehahn. Raadslede, dankie vir die insette wat julle namens julle streke lewer en
laastens aan die produsente, dankie vir die ondersteuning, raad en goeie wense wat dikwels aan die
vereniging gerig word.
ANTHONY DICEY
Gereelde vergaderings is op Uitvoerende- en Raadsvlak gehou, met
raadslede wat getrou vergaderings bywoon en vanuit hulle areas verslag
doen met ons omgewingsverkenning. Die droogte het beslis baie aandag
gekry. Die komitees waarop raadslede dien en waar die meeste werk
gedoen word het ook vergader. Hierdie komitees sluit in die
Oesskattingskomitee, Navorsing en Ontwikkelings komitee en die
Chemiese Spuitstof komitee. Die vereniging het sitting op die rade van
Culdevco wat vir die kommersialisering van LNR cultivars verantwoordelik
is, SAPO en SPV/ Plant SA wat plantverbetering hanteer en Fruitfly Africa
wat vir die monitering en loslaat van steriele vlieë en lugspatte
verantwoordelik is. Die hantering van spuitstofmonsters word deur die IPV
gedoen en danksy die goeie verhouding wat ons het met die laboratorium
van Hearshaw en Kinnes kan ons vinnig resultate terugkry sodat boorde
vrygestel kan word vir pluk ANTHONY DICEY
4 van 16
GRADING RESULTS The industry average grading results for the past season in comparison with the previous season are given
below:
Fruit delivered for
canning purposes
Canning Grade 1
%
Canning Grade 2
%
Under Grade
%
2016/2017 2017/2018 2016/2017 2017/2018 2016/2017 2017/2018 Apricots 98,2 94,7 1,3 3,1 0,5 2,2
Clingstone Peaches
95,6 95,0 2,1 2,6 2,3 2,4
BC Pears 96,2 95,7 1,9 1,7 1,8 2,6
KRY JOU DIESEL KORTING Diesel is ‘n belangrike insetkoste vir menige boer. Wat die landbou se totale uitgawes aan
intermediêre goedere en dienste betref, verteenwoordig brandstof ongeveer 9% (R12 Miljard)
vir die 2016/2017 finansiële jaar.
Die uitbetaling van dieselkortings is gekoppel aan ander departemente in die Suid-Afrikaanse
Inkomstediens (SAID),byvoorbeeld BTW en Debieture. Belastingbetalers moet vertroud wees
met hul netto posisies ten opsigte van dieselkortings en BTW, want dit beïnvloed die
verwerking van terugbetalings.
Source: CANNING FRUIT PRODUCERS’ ASSOCIATION
Terwyl dieselkortings as ‘n noodsaaklike
ondersteuningsmaatreël dien, is daar spesifieke
uitdagings waarmee die stelsel te kampe het.
Byvoorbeeld, die dieselkortingstelsel word
tesame met die stelsel vir belasting op
toegevoegede waarde (BTW) geadministreer, dus
moet boere geregistreer wees vir BTW ten einde
toegang tot die dieselkortingstelsel te verkry.
5 van 16
Nakoming van logboek vereistes is ook ‘n probleem. Daar
is onsekerheid oor die spesifieke logboekvereistes wat
deur ouditeure gebruik word en dit kan aanleiding gee tot
vertragings in die ouditproses en terugbetaling van
dieselkortings. Let daarop dat dieselkortings
“Voorwaardelik/voorlopig” is in die sin dat tot dat tyd en
wyl ‘n eis geouditeer is, die SAID ‘n dieselkorting wat in
die verlede toegestaan is, kan omkeer.
TEGNOLOGIE KAN HELP
Daar is ‘n verskeie tegnologie-gedrewe opsies wat kan
help om rekord te hou van diesel wat uitgereik word en
om boek te hou van die beweging van spesifieke voertuie
ten einde verslag te kan doen oor waar die voertuie
gebruik is. Dit kan ook gekoppel word aan ‘n spesifieke
operateur en ‘n spesifieke boerdery-aktiwiteit.
Sodanige tegnologieë kan van groot hulp wees om die
administratiewe las van rekordhouding vir elk van
hierdie items te verminder. Die tegnologieë moet egter
deel uitmaak van die totale administratiewe meganisme
(toolkit) wat boere gebruik om te verseker dat al die
nodige inligting versamel word en dan volledig
aangeteken en behou word in die formaat soos vereis
deur die SAID.
Indien ‘n boer vertragings ervaar, is dit belangrik om met
die SAID se kontraksentrum te praat en die verwysingsnommer vir die oproep aan te teken.
Indien daar nie aandag gegee word aan die saak nie, kan die verwysingsnommer(s) gebruik
word om die saak by ‘n hoër gesag aan te meld.
DR REQUIER WAIT, AGRI SA
Uit: MPO Dairy Mail
WENKE
Boere word aangemoedig om
duidelike en gedetaileerde rekords
by te hou, met inbegrip van
stawende dokumentasie. Intussen
kan boere die volgende wenke in
verband met dieselkortings
oorweeg:
➢ Eis die dieselkorting op grond
van verbruik en nie aankope nie.
➢ SAID-ouditeure kan ‘n logboek
versoek van produsente wat van
dieselvoertuie gebruik maak;
maak dus seker hierdie rekords
is op datum.
➢ Hou noukeurig rekord van
dieselverbruik op die plaas
(vanaf hoofverspreidingspunte):
o Datum waaop diesel
uitgereik/geresepteer is;
o Hoeveelheid diesel
uitgereik;
o Beskrywing van voertuig;
o En doel waarvoor diesel
aangewend word.
LET WEL: Ervaring met oudits het
bewys dat die SAID ‘n produsent
ook kan versoek om aan te dui waar
op die plaas die aktiwiteit plaasvind.
6 van 16
Voorts was hy ook die Hoof van PPECB se Inspeksie Afdeling, die grootste enkele
besigheidsdepartement in die organisasie met ‘n personeelkorps van meer as 300,
nasionaal gesetel. Shawn het ook voorheen gedien as Internasionale Voorsitter van
die “Organization for Economic Cooperation and Development (OECD)”se komitee
vir Vars Vrugte en Groente en het SA se belange ook verteenwoordig by die
Verenigde Nasies, spesifiek met betrekking tot Vars Produkte.
Verder het hy in 2015 sy Meestersgraad in Besigheidsbestuur en Adminstrasie (MBA)
by die Universiteit van Stellenbosch suksesvol voltooi en is passievol oor strategiese
bestuur, leierskap in die 21ste eeu en die daarstel van ‘n trots Suid-Afrikaanse
identiteit. In sy vrye tyd lees hy graag, hou van braai en spandeer grootliks tyd met
sy vrou Verushca en 2 kinders, Corin en Zion.
Shawn is baie opgewonde oor die toekoms van SAPO Trust en sien uit daarna om
met die inmaakbedryf te skakel in die nabye toekoms. As Bestuurshoof van dié
organisasie is dit sy wens dat SAPO konstant in voeling sal bly met die dinamika van
die veranderende markomgewing in die inmaakbedryf en sodoende dié bedryf
bedien met top kwaliteit plantmateriaal, ‘n uitstekende waardeproposisie en ‘n
besigheidsmodel in lyn met internasionale beste praktyke.
SHAWN COETZEE
Die Suid-Afrikaanse Plantverbeterings Organisasie (SAPO)
Trust het ‘n nuwe Besturende Trustee, Shawn Coetzee
aangestel vanaf Mei 2018.
Shawn is ‘n bekende in die landboubedryf en was tot
onlangs werksaam by die Raad van Toesig oor die Uitvoer
van Bederfbare Produkte, beter bekend as die PPECB. By
hierdie instansie het hy verskeie baanbrekerswerk verrig met
die daarstelling van ‘n reeks strategiese programme en
departmente ten doel om die mededingendheid van
verskeie Suid-Afrikaanse (SA) industrieë te bevorder.
SAPO TRUST STEL
NUWE BESTURENDE TRUSTEE AAN
7 van 16
130 delegates attend SAFJA’s first fruit juice conference in May
In May this year, SAFJA held their first fruit juice conference at SPIER, Stellenbosch in
collaboration with international partners the IFU and SGF. The conference was organized “for
the industry, by the industry” with the key theme of “sharing and learning” from one another
both nationally and internationally.
The IFU is the international fruit & vegetable juice association representing the interests of the
worldwide juice community in the fields of legislation; science & technology; methods of
analysis; and promoting the benefits of fruit juice. The SGF is an independent industrial
association focussing on all matters concerning quality, safety, authenticity and sustainability
especially in terms of self- control platforms. They brought important and current insights into
the global and emerging trends, as well as support and services that are available to the
industry.
In line with our theme of sharing and learning we had a full agenda of 14 speakers from
Germany, France, Switzerland, Austria, Italy, UK, Kenya and South Africa. Even more
encouraging was that our speakers presented to a full house of 130 delegates from 60
companies across South Africa including industry leaders, purchasing and sales managers,
technical and research specialists. Delegates were from all sectors of the fruit juice industry
FRUIT JUICE CONFERENCE
2018
8 van 16
including fruit juice processors and suppliers of fresh fruit and vegetables, packaging materials
ingredients, equipment, services and customers.
Of course an App can’t replace face to face networking and there were ample opportunities for
networking during the day and into the evening and social interaction was aided by good food
and good wine from the surrounding vineyards.
The feedback was overwhelmingly positive with 98% rating the event good to excellent.
Participants left with a deeper understanding of the fruit juice industry, new connections and
contacts and eagerly looking forward to the next event.
We would like to thank our sponsors Citrusco, Bucher Unipektin, JBT, Tetra Pak, Eurofins,
Cibustec and Anuga Foodtec for their participation and support.
RUDI RICHARDS, SAFJA
www.safja.co.za
The diversity of speakers and attendees ensured that the agenda
and discussions covered a wide range of topics of interest
including industry and market trends and issues; processing
technologies; analytical methods, instruments and controls;
value chain audits, analysis and certification; as well as
sustainability and environmental issues. Delegates were also
encouraged to pose questions and we had an interactive
questions and answers session after each presentation.
There was a genuine willingness to share knowledge and
collaborate. This is not an easy thing in South Africa when
competitors are brought together.’(Attendee feedback)
Participants were able to use the Fruit Juice Events Mobile App to
read up about the programme, see speakers and attendee’s
profiles, pose questions to the speakers and continue networking
after the event.
9 van 16
CHINA IS SA CANNERS’ BIGGEST SUCCESS STORY IN TERMS OF EXPORT MARKET GROWTH
Atwood-Palm is part of the twenty-three companies that are assisted by the Department of Trade
and Industry (the dti) to showcase local agro-processing products and services at the South African
Pavilion that is hosted at the 19th SIAL China International Trade Fair for Food that is currently
underway in Shanghai, China. the dti offers financial and non-financial support to emerging and
established exporters to access global markets, through the Export Marketing and Investment
Scheme (EMIA).
The General-Manager of the South African Fruit and
Vegetable Canners Export Council (SAFVEC), Ms Jill
Atwood-Palm says that Chinese market has
continuously been her organisation’s export success
story in terms of market growth. She reckons that the
decision to showcase their services at this year’s SIAL
China International Trade Fair for Food was a direct
response to harnessing this growth and
consolidating their presence.
SIAL China is a leading platform where
international producers and manufacturers of
food products, wines, spirits and food service
equipment compete for China’s lucrative food
and beverage market valued at an estimated one
trillion Euros.
Mpho Hlahla (Consul-General – SA Consulate Shanghai);
Jill Atwood-Palm (GM SAFVCEC)
10 van 16
“Our focus is more is centred around the Chinese hospitality sector where we supply approximately
40% of our processed fruit to the Asian market. More than 15% of that represents exports to both
China and Hong Kong. It is this demand that drives into our continuous efforts to cement a solid
base,” said Atwood-Palm.
She said that SAFVEC’s role is aligned to that of the Department of Trade and Industry (the dti)
whereby they assist the industry with market access and to grow the market.
Atwood-Palm did caution that success within the Chinese market will require creative methods
seeing that there are countless competitors that are also looking to stamp their authority within the
same market.
“From the top of my head I can single out both Chile and Greece as being in direct competition with
us. What sets us apart is that we have focussed our efforts in the confectionary industry. Our
products are renowned for their high standards and are manufactured in production facilities that
have adopted world-class manufacturing practices in full-compliance with both product quality and
food safe certifications. Coupled with this, the natural attributes of the South African raw materials,
namely colour, texture and taste, rank these our products as some of the best in the world,” she
said.
Caption: Ms Jill Atwood-Palm at the 19th SIAL China International Trade Fair for Food in Shanghai,
China.
Enquiries:
Sidwell Medupe-Departmental Spokesperson
Tel: (012) 394 1650
Mobile: 079 492 1774
E-mail: [email protected]
Issued by: The Department of Trade and Industry
Follow us on Twitter: @the_dti
11 van 16
DIE NUWE WÊRELD VAN VERANDERING
BLOCKCHAIN EN GAME OF DRONES VIR BOERE
Die nuwe ‘nou’ is anders as waaraan ons aardbewoners gewoond is. Die nuwe ‘nou’ se tema is verandering
en dit wat gebeur op ander plekke affekteer waar jy bly, net die impak is wisselend. Die tema is ook
kompleksiteit – verby is die eenvoud van die plaas en verby is die stroom wat vloei teen ‘n voorspelbare
tempo. Die spoed is by tye angswekkend en die kompleksiteit onpeilbaar.
Om deel te wees van die wêreldwye voedselstelsel is vir die vrugteboerderye nie nuut nie. Vanaf die
Molteno’s en ander baanbrekers in die bedryf nuwe weë oopgebreek het in die vroeë 1900, is Suid-Afrika op
die voorfront van tegnologie en verandering. Suid-Afrika het baanbrekers werk gedoen in die vrugtebedryf
en was aan die voorpunt van nuwe ontwikkeling. Die groot uitdaging die afgelope twintig jaar, was om nie
daardie voorsprong te verloor nie. ‘n Uitdaging wat al groter raak omdat die wêreld spreekwoordelik wat
verandering en tegnologie aanbetref, by die tweede deel van die skaakbord is, en dit wat vir ons die volgende
twintig jaar wag, eksponensieel gaan toeneem in spoed en kompleksiteit. Die vennootskap tussen die
privaatsektor, bedrywe, instansies en regerings gaan meer belangrik word of verdwyn en is die besluit tussen
relevant bly of verdwyn.
Hoe lyk die wêreld wat vir boerderye wag die volgende twintig jaar?
Die verandering wat digitalisasie en tegnologie meebring veranderlik lewens, besighede en stelsels
onherroeplik. Die nuwe boerdery is waarskynlik ‘The Game of Drones’, Smartfood wat die digitale
voedselwaarde indeks vir kossoorte, Pink Lady appel-plakkers wat met jou kommunikeer en ‘n selfoon gerig
op ̀ n vrug, verskaf die voedselketting van plaas tot supermark, digitaal en onmiddellik. Blockchain tegnologie
gaan voedselveiligheid en -bedrog verminder, die logistieke ketting van plaas tot supermark bestuur en
vertroue verseker tussen produsent en supermark.
Blockchain het die potensiaal om die logistieke ketting van die verskaffer tot die verbruiker te verkort en
algehele, visuele deursigtigheid is hierdeur ‘n gegewe. Die tegnologie het altyd ‘n kant wat die lewe beter
maak en ‘n skadukant. Blockchain kan die druk van voedselaktiviste laat toeneem, wat die volhoubare
boerdery metodes ‘n gegewe sal maak.
12 van 16
Die produsente gaan die verhouding tussen drukgroepe, soos die GMO versus die organiese bedrywe moet
bestuur, want nodeloos om te meld, is die muti-miljoen bedrywe om geld en veld, aan die baklei, met die
boer in die middel van dié stryd. Boerdery in Suid-Afrikaanse vrugtebedrywe, is reeds hoogs tegnologies
ingesteld en is die toepassing van nuwe tegnologie in lyn met die ontwikkelde lande se boerderye. Pakstore
maak reeds gebruik van ekstensiewe AI (Artificial Intelligence) en word elementêre robotte ingespan om
herhalende roetine werk te doen.
Die Cropscout, ‘n gesofistikeerde landbouwerker robot is reeds in ‘n toetsfase, en kan die masjientjie met sy
rooi pet, die beste boordmonitor derglik wees. Die uitdaging om die massa mens in die wêreld te voed is
voor landbou se deur en tegnologie kan die knoop deurhak, maar die uitdaging is om tegnologie tot voordeel
van die mens aan te wend en ‘Intelligence Assistance’ die fokus te maak deur steeds gesonde verstand en
verbeelding in te span, steeds kritiese denke en analitiese vermoëns vir oplossings te ontwikkel. ‘n
Wegbeweeg van die tropdier mentaliteit, is wat die mensdom (klem weereens op die dom) gaan red van
Androiedes, wat die kitaar kan slaan, waarop die mens gaan met dans. Dit gesê, is die skrif aan die muur
dat landou toenemend ‘n kennis industrie gaan word en waarskynlik gaan boerdery ‘n uiters opwindende en
hoogs geskoolde beroep word.
Klimaatsverandering is die tweede vlaag van veranderinge. In die Wes-Kaap is die versengende droogte vir
eers gebreek, maar die watervlakke is nie naastenby verby krisis vlakke nie. Gemiddelde temperature is
steeds ongekend hoog en koue eenhede, nie wat die bome nodig het. Die groot vraag is, is die tendense die
nuwe normaal of is die verskynsels slegs ‘n siklus. Wie sal weet? Die realiteit is dat klein klimaatsverandering,
gegooi in die pot met toenemende bevolkingsdruk, verstedeliking en minder reën voorspel moeilikheid. Met
die waterdruk groter, is die geveg tussen stede en plase opnuut in die publieke domein.
Die druk op natuurlike hulpbronne raak toenemend groter en die impak van die mens op die natuur enorm.
Die laat die verantwoordelikheid om volhoubaar te leef en te werk groter. Oorontginning van hulpbronne
kan uitloop op die onvolhoubaarheid, met katastrofiese gevolge. Soos die gat in die osoonlaag omgedraai is
(of die nou feit of fiksie was, is ‘n ander debat), kan klimaatsverandering deur die impak van GHG’s (Green
House Gas) omgedraai word. Skynbaar soos wat ‘n enorme olie vaartskip omgedraai moet word, maar
omdraai is moontlik en soos Annelies, my vriendin werksaam by die Verenigde Nasies se klimaatsverandering
vergaderings sê, nie deur korporasies of regerings nie, maar deur Jan Alleman en Boer Alleman. Die weer
13 van 16
het reeds vir die mensdom sy verkeerde kant gegee en gaan dit in alle waarskynlikheid nog meer gee en om
dit te bestuur, is nuwe boerdery denke krities. Die bestuur van hulpbronne, die gebruik van energie, die
aanwend van tegnologie en mense en die integrasie van mens en masjien, vir langtermyn volhoubaarheid en
-leef is essensieel vir oorleef. Verder is dit gereedskap om die veranderinge wat kom, te kan bestuur. Die
sirkulêre ekonomie aanpassings gaan nodig wees om ‘n plek in die uitvoer kosketting te behou, veral in die
uitvoer segment waar ons koste kilometers hoog is. Volhoubaar boer is die boerdery van die toekoms en die
voorkeurproduk vir die verbruiker.
Geopolitieke spanning en die vorming van internasionale handelsblokke, het die potensiaal om ontluikende
markte, soos Suid-Afrika te ontspoor. Die marginalisasie van lande soos Suid-Afrika in die groter stryd om
mag en ekonomiese posisie, maak dat allemansvriend kan opeindig as niemandsvriend. Die nuwe spel, is die
spel van kennis en is die wêreld nie meer in die “space race” nie, maar in die “bots race”. President Vladimir
Putin se opmerking dat die lande wat AI (Articificial Intelligence) beheer, beheer die wêreld, is nie net ‘n
ligsinnige opmerking nie. Waar grond die roete na rykdom was, is die nuwe roete Apps of Applikasies vir
tegnologie die plaasvervanger. President Trump se hantering van handelsooreenkomste en nuwe
handelsbeperkinge, kan die rentekoerse weer aan die laat negentigs herinner – ‘n nagmerrie vir die kontant-
vraatsug van vrugte boerderye. Inflasie en rentekoerse is bedmaats en daarmee saam, gaan insetkoste, baie
boerdery onvolhoubaar maak. Die oop ekonomie van Suid-Afrika gaan steier onder so ‘n dwarsklap en kan
die domino effek net dit wees wat populiste petrol gee.
Op ‘n ligter noot, kan mense met ‘n korrekte BMI (Body Mass Indeks) deur Jan Taks koolstofkrediete of
belastingstoegewings gegee word en kan dit weerhou word van die wat lei aan vetsug. Daar word gereken
dat meer as die helfte van die wêreld bevolking aan vetsug gaan lei en daarmee een kwart aan diabetes. Wat
gemaak met die koolstofkrediete is nog ‘n ope vraag – dalk BTW afslag? Suid-Afrika se vetsug statistiek oor
tien jaar is amper vyftig persent van die bevolking en daarmee is diabetes parallel, wat as ‘n groter pandemie
as HIV Vigs kan ontwikkel. Gesond eet as teenvoeter vir vetsug is gesonde eetgewoontes en is die
vrugtebedryf goed geposisioneer om as ‘n gesonde kossoort ‘n plek in die mark vol te staan. Die teendeel is
dat die eetpatrone van Millenials (waaruit die grootste deel van Suid-Afrikaners bestaan) anders lyk en dat
vrugte nie noodwendig hul voorkeur kossoort is nie. Die bemarking spanne sal vrugte as ‘n hip en cool produk
moet voorhou om die markaandeel te behou en te vergroot.
14 van 16
Die R&D (Research and Development) van die kennis industrie is noodsaaklik vir oorlewing as internasionale
kosprodusente. Die agterstand in die ontwikkeling van tegnologie, die swak bestuur van klimaatsverandering
en die swak posisionering binne geopolitieke blokke, met Suid-Afrika se eie interne “oorloë” en breindrein
daarmee saam, het ‘n negatiewe impak op die vrugtebedryf se eie navorsing en ontwikkeling van kundigheid
en tegnologie. Waar die Suid-Afrikaanse vrugtebedrywe gerespekteer op die voorpunt was van ontwikkeling
en navorsing was, raak die bedrywe toenemend minder relevant en word Sub-Sahara Afrika net so terloops
genoem as dit kom by belegging in ‘Green Bonds’, gerekende internasionale rolspeler en tegnologie
ontwikkelaar. Suid-Afrika word as divers en uitdagend gemeld. Die gaan hakke inskop kos, om die aansien
te herwin en met die nasionale uitdagings en interne korrupsie in die regering, gaan die oplossings
waarskynlik tussen korporasies en privaat instansies wees.
Hopelik sal die nuwe fokus en groei in kapasiteit en minder korrupte instansies, die weg baan om die
geleentheid te ontsluit.
Hierdie is maar sigbare veranderinge, die onderstrominge en veranderinge op die horison is nog velerlei. Die
toekoms is kompleks, opwindend en angswekkend, besluit self watter woord eerste in die gemoed val. Wat
ek wel weet ‘n boer maak ‘n plan en in die nuwe wêreld van verandering en kompleksiteit, is daar geen
plaasvervanger vir intelligensie nie...solank die regering net die omgewing en institusionele raamwerk kan
skep, om sodoende die nuwe toekoms te bou.
DEIDRE EIGELAAR, ACHTERVLEI PIKETBERG
Die laaste positiewe aspek van verandering, is
Afrika as ‘n ontwikkelde mark met ‘n snel groeiende
middelklas en verstedeliking wat toeneem, hou
geleenthede in vir die vrugtebedryf. “Africa on the
rise” is goeie nuus vir vrugte uitvoere na Afrika, al is
die proses meer ingewikkeld as uitvoer na Europa en
Amerika.
15 van 16
IPV RAADSLEDE VIR 2018/2019
Tydens die Algemene Jaarvergadering, wat gehou is op 14 Junie 2018, is die volgende Raadslede
eenparig verkies om in die onderskeie areas as verteenwoordigers op die IPV Raad te dien vir die
2018/2019 termyn.
Tydens die eerskomende Raadsvergadering van 16 Augustus 2018 sal die Voorsitter, Vise-
Voorsitters en die onderskeie komitees van die Vereniging verkies word.
VOORSITTER: A G DICEY
VISE VOORSITTERS: J J ESTERHUYSE EN F J VAN DER MERWE
ERE PRESIDENTE: A V VAN DER MERWE EN J P THERON
AREA VERTEENWOORDIGER
Citrusdal / Porterville / Piketberg D J Eigelaar
Tulbagh J H Theron
Wolseley A G Dicey
Worcester / Breërivier F R Botha
Ceres: Swaarmoed A F Smith
Ceres: Koue Bokkeveld F J van der Merwe
Ceres: Witzenberg Vallei I S Hanekom
Ceres B J van Rensburg
Prince Alfred Hamlet P du Plessis
Ladismith / Calitzdorp / Oudthsoorn W M Nel
Swellendam / Barrydale J Kriel
Ashton G Smuts
Bonnievale H L F van der Merwe
Montagu / Koo D van Deventer
Montagu / Koo J J Esterhuyse
Robertson K de Wet
Grabouw / Paarl / Caledon / Villiersdorp A G le Roux
Joubertina / Uniondale J C Strydom
16 van 16
TEGNIESE INLIGTINGSDAG
Neem asseblief kennis dat die Inmaakvrugte Produsente Vereniging
weer soos in die verlede ‘n Tegniese Inligtingsdag gaan aanbied.
WOENSDAG 29 AUGUSTUS 2018
OM 09:00
TE GRAHAM & RHONA BECK
OPLEIDINGSENTRUM,
ROBERTSON