7
UIT UIT UIT DIE HOOF DIE HOOF DIE HOOF SE PEN SE PEN SE PEN BEHEERLIGGAAMVERKIESING 14 MAART 2012 OM 18:30 Ons wil ons wenner-ouers aanmoedig om in massas op te daag vir die verkiesing. Dit is van uiterste belang om ‘n kworum te hê ten einde te verseker dat ‘n verkiesing wel plaasvind. Indien ons nie ‘n kworum is nie, moet die verkiesing uitgestel word en mors dit kosbare tyd. Alhoewel daar nie per portefeulje gestem word nie, is die samestelling van kundigheid van kardinale belang. Hier word veral gedink aan persone met regskennis, mense wat in menslike hulpbronne werk en finansiële kundiges. Dit is belangrik om daarop te let dat die professionele bestuur van die skool gesetel is in die skoolhoof en skoolbestuur. Finansiële bestuur, ondersteuning van die onderwyspersoneel en beleide val op die terrein van die Beheerliggaam. Lochnerhof het 175 stemgeregtigde ouers nodig vir ‘n kworum. Die beheerliggaam bestaan uit 5 ouerlede, 2 onderwyspersoneel, 1 administrasie verteenwoordiger en die skoolhoof (ex-officio) Program: 18:30 - 19:10 Registrasie van kiesers Optrede van kore en juf. Jean-Marie du Plessis 19:20 - 19:45 Verkiesing Ons weet ons kan op ons Lochieland-ouers staatmaak! LAERSKOOL LOCHNERHOF Sarel Cilliersstraat, Strand / Posbus 124, Strand Tel: 021-854 7316 / Faks: 021-853 4711 E-pos: [email protected] Webtuiste: www.lochnerhof.co.za SMS: LH (gevolg deur boodskap) na 34050 NUUSBRIEF 9 VAN 2012 NUUSBRIEF 9 VAN 2012 NUUSBRIEF 9 VAN 2012 MAANDAG, 12 MAART REDENAARSAAND GR.1-3 (19:00 IN DIE SKOOLSAAL) WOENSDAG, 14 MAART BEHEERLIGGAAMVERKIESING MUSIEKAAND

NUUSBRIEF 9 VAN 2012 - ShowMeBybel. Daar is Natuurrekords, Rekords rondom ons, Liggaamsrekord en Geestelike rekords. Hier is 'n proeseltjie uit die program: Watter wêreldrekord is

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NUUSBRIEF 9 VAN 2012 - ShowMeBybel. Daar is Natuurrekords, Rekords rondom ons, Liggaamsrekord en Geestelike rekords. Hier is 'n proeseltjie uit die program: Watter wêreldrekord is

UIT UIT UIT DIE HOOFDIE HOOFDIE HOOF SE PEN SE PEN SE PEN

BEHEERLIGGAAMVERKIESING 14 MAART 2012 OM 18:30

Ons wil ons wenner-ouers aanmoedig om in massas op te daag vir die

verkiesing. Dit is van uiterste belang om ‘n kworum te hê ten einde te

verseker dat ‘n verkiesing wel plaasvind. Indien ons nie ‘n kworum is

nie, moet die verkiesing uitgestel word en mors dit kosbare tyd.

Alhoewel daar nie per portefeulje gestem word nie, is die samestelling

van kundigheid van kardinale belang. Hier word veral gedink aan persone

met regskennis, mense wat in menslike hulpbronne werk en finansiële

kundiges.

Dit is belangrik om daarop te let dat die professionele bestuur van die

skool gesetel is in die skoolhoof en skoolbestuur. Finansiële bestuur,

ondersteuning van die onderwyspersoneel en beleide val op die terrein

van die Beheerliggaam.

Lochnerhof het 175 stemgeregtigde ouers nodig vir ‘n kworum.

Die beheerliggaam bestaan uit 5 ouerlede, 2 onderwyspersoneel,

1 administrasie verteenwoordiger en die skoolhoof (ex-officio)

Program:

18:30 - 19:10 Registrasie van kiesers

Optrede van kore en juf. Jean-Marie du Plessis

19:20 - 19:45 Verkiesing

Ons weet ons kan op ons Lochieland-ouers staatmaak!

LAERSKOOL LOCHNERHOF

Sarel Cilliersstraat, Strand / Posbus 124, Strand

Tel: 021-854 7316 / Faks: 021-853 4711

E-pos: [email protected]

Webtuiste: www.lochnerhof.co.za

SMS: LH (gevolg deur boodskap) na 34050

NUUSBRIEF 9 VAN 2012NUUSBRIEF 9 VAN 2012NUUSBRIEF 9 VAN 2012

MAANDAG, 12 MAART REDENAARSAAND GR.1-3 (19:00 IN DIE SKOOLSAAL)

WOENSDAG, 14 MAART BEHEERLIGGAAMVERKIESING

MUSIEKAAND

Page 2: NUUSBRIEF 9 VAN 2012 - ShowMeBybel. Daar is Natuurrekords, Rekords rondom ons, Liggaamsrekord en Geestelike rekords. Hier is 'n proeseltjie uit die program: Watter wêreldrekord is

GRONDSLAGFASEGRONDSLAGFASE

Sjoe! Wat ‘n ongelooflike Wiskundeweek. Ons kon nie soggens wag om te sien

hoe kreatief ons kinders en ouers was nie. Ouers, aan elke een wat die moeite

gedoen het om te help – baie, baie dankie. Ons is so bly ons het sulke

positiewe en kreatiewe ouers.

Dankie ook aan elke maat wat aan die Olimpiese Spele deelgeneem het. Die

glimlagte en blink oë maak die oggend oor en oor die moeite werd.

Ons eerste inloerdag is afgehandel. Dankie ouers vir die positiewe bywoning.

Nou lê die FEES voor! Ouers, bring asseblief alle familie en vriende na ons

Ankerfees toe. Dit gaan fantasties wees. Dankie aan elke ouer wat vir ons by

die Fees help.

Ware woorde: Om bo uit te kom moet jy nie op ander trap nie, maar juis afbuk

en ander help. - John C. Maxwell -

Etiket: Moenie in ander mense se goed krap nie.

SENIOR EN INTERMEDIêRE FASE SENIOR EN INTERMEDIêRE FASE

Die assesserings van die eerste kwartaal is byna afgehandel. Na ‘n vol en

bedrywige assesseringsprogram kan elke Lochie (en ouer) wat hard gewerk het

hierdie kwartaal, nou uitsien na ‘n lekker Ankerfees en van al die akademiese

spanning ontslae raak! Die rapporte word Donderdagaand 22 Maart aan ouers

uitgedeel.

Gedagte vir die week: Genius is 1% inspiration and 99% perspiration.

Accordingly a genius is often merely a talented person who has done all of his

or her homework. (Thomas Edison)

SHOWME HELDERBERG. Dit bevat inligting oor leefstyl, nuus, gebeure,

besigheid en tegnologie, toerisme, wat om te doen, ens. in die Helderberg-

area. Lochies ondersteun hierdie gemeenskapsdiens. Besoek gerus hul

webtuiste by http://showme.co.za/helderberg/

MUSIEKAAND MUSIEKAAND MUSIEKAAND --- 14 MAART14 MAART14 MAART

Ons kore tree op saam met die verkiesing van die nuwe Beheerliggaam om

18:30. Alle ouers word uitgenooi na hierdie geleentheid van koorsang, musiek,

blokfluit en natuurlik tree ons eie juf. Jean-Marie du Plessis ook die aand op.

Page 3: NUUSBRIEF 9 VAN 2012 - ShowMeBybel. Daar is Natuurrekords, Rekords rondom ons, Liggaamsrekord en Geestelike rekords. Hier is 'n proeseltjie uit die program: Watter wêreldrekord is

TOELATING 2013TOELATING 2013

U kan nou reeds begin aansoek doen om toelating vir gr.RR, gr.R en gr.1-leerders

vir 2013. Vorms is by die skool beskikbaar of op ons webtuiste. Slegs aansoeke met

die vereiste dokumentasie sal ingeneem word. Die sluitingsdatum vir gr.1-

aansoeke is Vrydag, 23 Maart 2012 - onthou om boeties en sussies ook in te skryf

wat nog nie in Lochie-land is nie. Kontak mev. Natasha Van Nelson vir enige

navrae by 021-8547316 of [email protected].

GR.1 ROSA LOUW

GR.2 SIMONé STEYN

GR.3 MARLé KOTZE

GR.4 JOANé BRAND

GR.5 CORNEL FOURIE

GR.6 HANCO STRYDOM

GR.7 ANGELIQUE DU TOIT

PERSONALIAPERSONALIA

Baie geluk aan juf. Gerda Swanepoel (biblioteek) en juf. Janie Brink

(leerderondersteuning) wat verlede week hul verjaarsdag gevier het.

SKOOLBEHEERLIGGAAMVERKIESING 2012

Die driejaarlikse verkiesing van die beheerliggaam vind op

14 Maart 2012 om 18:30 in die skoolsaal plaas.

Stemgeregtigdes kan nominasievorms 7 dae en nie minder nie as 24 uur voor

die aanvang van die nominasievergadering voltooi en inhandig. Die nominasie-

vorms is beskikbaar tot Dinsdag, 13 Maart by die skoolhoof.

PREPRIMêR GHOLFDAGPREPRIMêR GHOLFDAG

Preprimêr het hulle jaarlikse Gholfdag op Vrydag, 23 Maart te

Strand Gholfbaan. Kontak gerus vir Maritha Human by 021-854 8592

of [email protected] vir meer inligting of indien u belang-

stel om te speel of ‘n skenking te maak. Kom ons ondersteun

Klein-Lochieland!

Page 4: NUUSBRIEF 9 VAN 2012 - ShowMeBybel. Daar is Natuurrekords, Rekords rondom ons, Liggaamsrekord en Geestelike rekords. Hier is 'n proeseltjie uit die program: Watter wêreldrekord is

SPORTSPORT

Alle somersport oefeninge staak Donderdag 15 Maart 2012.

Vanaf Maandag sal afrigters van wintersporte proewe vir onderskeie spanne

reël om sodoende spanne te kies en hulle reg te kry vir ons Wintersportdag

die 21 ste April.

Die swemgala word geskuif na Dinsdag 20 Maart. Die gala sal vanaf 11:00 –

15:00 by die Strand Pawiljoen-swembad plaasvind - kinders word aan-

gemoedig om in te skryf hiervoor. By die gala gaan ons, nes die atletiek,

in Kleurgroepe deelneem. Ons hoop regtig dat almal sal inskryf sodat ons die

swemspan vir die vierde kwartaal kan kies.

Die afgelope naweek het ons ook die eerste Aandtoernooi aangebied wat ‘n

groot sukses was. Baie dankie aan al die personeel, ouers en SOKKE-lede vir al

die harde werk.

DINSDAG, 13 MAART KRIEKET O/11C VS RAITHBY (WEG)

WOENSDAG, 14 MAART KRIEKET O/11A VS BEAUMONT (TUIS)

KRIEKET O/13A VS BEAUMONT (WEG)

BAIE GELUK AAN ONS WENNERS BAIE GELUK AAN ONS WENNERS -- ONS DROOM GROOT MET AKSIE!ONS DROOM GROOT MET AKSIE!

Baie geluk aan die volgende leerders wat hul WP Provinsiale Kleure verdien het by

die onlangse WP/Boland Junior Toutrek Provinsiale kampioenskappe:

Jamé Philips en Michael Philips (280kg en 320kg) asook Juan Loots (280kg) en

Zack Loots (320kg)

ATLETIEKUITSLAE: SATERDAG 3 Maart 2012

SO/10 V/S Quinn Visser 2de plek

70mH Quinn Visser kwalifiseer

DO/11 G/S Karla Prins 1ste plek

DO/13 V/S Bianka Prins 4de plek

DO/13 200mH Kayla Chatburn 2de plek

DO/13 S/G Cherise Louw 2de plek

Al die atlete het hul WP-kleure verwerf. Hulle neem deel aan die Wes-Kaap

Kampioenskappe te Oudtshoorn.

Page 5: NUUSBRIEF 9 VAN 2012 - ShowMeBybel. Daar is Natuurrekords, Rekords rondom ons, Liggaamsrekord en Geestelike rekords. Hier is 'n proeseltjie uit die program: Watter wêreldrekord is

In terme van afdeling 38 van SA-Skolewet is ouers

aanspreeklik om verpligte skoolgelde te betaal. Geregtelike stappe sal

geneem word indien u versuim om u verpligtinge na te kom.

Daar is reeds 95 ouers oorhandig waarvan 13 ouers se vonnis reeds voltrek

is vanaf tydperk 2011 tot op datum.

TELEFOONONKOSTESTELEFOONONKOSTESTELEFOONONKOSTES

Ons het in Junie 2011 oorgeskakel na die VOIP-telefoonstelsel (selfoonoproepe

gaan deur ‘n “router”). Daar is tans ‘n besparing van ongeveer 40% per maand

op ons telefoononkostes.

SKOOLTYESKOOLTYE

Ons herinner ons ouers aan die nuwe skooltye wat in werking tree

vanaf volgende kwartaal. 62% van ons 624 huisgesinne het hul

menings/terugvoering gegee waarvan 86% ten gunste was vir die nuwe

skooltye.

Graad 1 Graad 2 Graad 3 Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Maandag 07:30 – 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 12:40 07:30 – 13:00 07:30 – 13:00 07:30 – 13:00 07:30 – 13:00

Dinsdag 07:30 – 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30

Woensdag 07:30 – 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30

Donderdag 07:30 – 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30

Vrydag 07:30 – 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 12:40 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30 07:30 - 13:30

HOëRSKOOL STRAND HOU KARNAVALHOëRSKOOL STRAND HOU KARNAVAL

Die Hoërskool Strand bied op Saterdag 14 April die HS Strand Karnaval

aan. Dit beloof heerlike musiek met bekende kunstenaars soos

Andriette Norman en Wynand Windpomp, wat jou voete sal laat jeuk,

asook verskeie vermaaklikhede vir oud en jonk. Heerlike eet- en drink-

goed beloof ook om die smaakkliere verder te kielie. ‘n Spesiale

pendeldiens en gewillige kinderopassers maak dit vir almal moontlik

om saam te kuier. Toegang is R30 vir volwassenes en R20 vir skoliere.

VEILIGHEID VAN KINDERSVEILIGHEID VAN KINDERSVEILIGHEID VAN KINDERS

Maak asb. seker dat u kind/ers BINNE die skoolgrense vir u wag en nie buite in

die straat nie. Die veiligheid van ons kinders is belangrik.

Page 6: NUUSBRIEF 9 VAN 2012 - ShowMeBybel. Daar is Natuurrekords, Rekords rondom ons, Liggaamsrekord en Geestelike rekords. Hier is 'n proeseltjie uit die program: Watter wêreldrekord is

OORSIG: LAB4J Program

LAB4J bestaan uit 'n groep van 33 “Bybelmammas” en

“Bybelpappas” wat weekliks verskillende Bybelprogramme

gedurende Bybelperiode kom aanbied. Dit is moontlik

gemaak deur HEY! wat die program fasiliteer en huidiglik

finansier.

Verskillende programme word in die verskillende grade

aangebied. Elke program is gefokus op die spesifieke

geestelike ontwikkelingsvlak van die spesifieke graad.

Graad 1

Die graad 1's volg die “Groei Gogga” program wat handel oor geestelike groei. Die

evangelie word deur middel van verskillende kleure met die leerders bekend gestel.

Vra gerus jou kind wat stel die kleur GOUD voor.

Graad 2

Die graad 2's volg weekliks die Jollie Jakker Tjorrie op reis deur die Bybel. Jollie Jakker

Tjorrie bring aan die leerders waardes soos nederigheid (en nie hoogmoed), tevrede

(en nie jaloers) dink aan ander (en nie net aan jouself). Jesus se gelykenisse word veral

bekemtoon en die vraag is altyd: WSJD?(Vra jou kind waarvoor die letters staan)

Graad 3

Die wonder van God se Woord word ontdek aan die hand van al die WOW! Dinge in die

Bybel. Daar is Natuurrekords, Rekords rondom ons, Liggaamsrekord en Geestelike

rekords. Hier is 'n proeseltjie uit die program: Watter wêreldrekord is in 2 Samuel

21:20 opgeteken?

Graad 4 en 5

Die Goeie Nuus word met die leerders gedeel aan die hand van die “Hoop vir Kinders”

progam. Hulle word ook toegerus om die evangelie te verstaan en dit entoesiasties

met ander te kan deel. Die program is suiwer op die Woord van God gebaseer en

kinders leer elke week 'n Bybelvers aan die hand van beweging. Vra jou kind om die

volgende te voltooi: “Vertrou volkome op …....... (Spr 3:5-6)

Graad 6

Graad 6 leerders is ons leiers van volgende jaar, daarom fokus ons op leierskap volgens

die Bybel. Die “Sout van die Aarde” program word gebruik waar leiers aangemoedig

word om LIG en SOUT te wees. Temas uit die reeks: Jy kan 'n leier wees. As jy

volgelinge het, is jy 'n leier. Jesus as omgee leier. Vra jou kind om vir jou die storie van

Trevor Ferell te vertel.

Graad 7

Die program “Kids Games” met die tema “Champions Change Their World” word

gebruik by die graad 7's. Dit is belangrik dat leerders die laerskool verlaat met een

ding: 'n sterk karakter. Die program fokus op verskillende mense uit die Bybel wat

sterk waardes oordra, bv.: Ek behoort, Waagmoed, Doel, Korrekte Keuses, Spanwerk.

Vra gerus u kind wat kan ons uit die lewe van Matteus leer.

Page 7: NUUSBRIEF 9 VAN 2012 - ShowMeBybel. Daar is Natuurrekords, Rekords rondom ons, Liggaamsrekord en Geestelike rekords. Hier is 'n proeseltjie uit die program: Watter wêreldrekord is

Kom kuier en geniet die dag saam met Waldo Lotz en ander kunstenaars en

kuier lekker om die pot. Daar is ook geskenkpakke vir elke deelnemer en groot

pryse, vir die beste pot, beste stalletjie, beste gees en ondersteunerspot. Vir

enige navrae, kontak Koos Eksteen by die skool of by [email protected]

Inskrywingsvorms is by die skool se ontvangs beskikbaar.

Indien u belangstel om u produkte/stalletjie te bemark tydens ons Ankerfees,

kan u die skool kontak by 021-8547316 of [email protected]. Die koste is

R200 per stalletjie. Dit is vir 17 Maart van 09:00 tot 18:00.

FEESPROGRAM

Donderdag, 15 Maart

17:30 Pretloop

18:00 - 22:00 Sokkie gr.4-7 in die skoolsaal

Vrydag, 16 Maart

08:30 - 14:00 Speletjiesdag

Kosverkope

18:00 Biertent

19:30 - 23:00 Nic Stevens en 3D-Band

Saterdag, 17 Maart

08:00 - 18:00 Vlooimark

08:00 - 21:00 Kosverkope

09:00 Pikkiebraai en “cup cake” versiering

10:00 - 17:00 Speletjies

10:00 Vermaak Le-Lue , 3D-Band en Bianca Lombard

10:00 Potjiekoskompetisie - Aanbieder: Waldo Lotz

10:00 - 21:00 Biertent

10:00 Rugby op die “big screen”

21:00 FEES EINDIG

Sondag, 18 Maart

09:00 Kerkdiens op A-veld