2
WAT GEBEUR VANDAG LANGNAWEEK XTREMEKAMP (GR8&9) 09:00 : Erediens 13:00 : Afrikatale Erediens 18:30 : Vars (Aanddiens) BID SAAM Wally Weitz wat in die hospitaal opgeneem is. Corrie McCarthy wat ‘n rugoperasie ondergaan het en tuis aansterk. Mac McCarthy wat tuis aansterk. Ivonne Malan en familie wie se ma met kanker gediagnoseer is . Joey Kotzé wat kankerbehandeling ontvang. Ronnie v Deventer wat chemoterapie ont- vang. Hennie Kaltwasser wat baie ernstig siek is. Danie McLachlan wat chemoterapie ontvang. Conrad Geel wat siek is. Johan Groenewald wat met sy gesondheid sukkel. NUUSFLITSE 20 MAART 2011 Ware waarde ... omgedop? Ons leef in ‘n samelewing wat op baie spesifieke en meesal onbewustelike maniere ons waarde bepaal. Die samelewing werk met ‘n buite na binne (“outside in”) benadering wat beteken dat ons waardevol (of waardeloos) verklaar word op grond van o.a. uiterlike voorkoms, die tipe werk wat ons doen, ons ouderdom, ons kwalifikasies, die bedrag geld wat ons verdien, ons eiendom en nog meer. Op ‘n manier buig ons hoflik voor hierdie manier van beoordeling en neem dan ook met oorgawe deel aan die “rotresies” om so veel as moontlik waarde te “verdien”. Ander van ons maak (gefrustreerd) vrede met die feit dat ons minder waarde het en sal hê en leef ons lewe oënskynlik aan die “onderpunt van die voedselketting”. Ongelukkig dra gelowiges hierdie tipe waarde oor- deel ook in ons saamwees as kerk binne. Ons dra dit selfs in ons verhouding met Christus in en leef lewens van gestrem word deur minderwaardigheid, en ook deur meerderwaardigheid. Is dit wat Jesus bedoel het met kerkwees? Dat ons maar sonder teenspraak ons samelewing en kultuur moet weerkaats? Ab- soluut nie! In die begin van die kerk was die eerste gemeentes vreemd vir die kultuur en gebruike van die dag. An- ders as die samelewing het edelmanne, werkers, slawe, rykes en armes deel van gemeentetjies ge- word. Daar is hulle waarde bepaal nie deur uiterlike dinge nie, maar of hulle ‘n verhouding met Jesus het. Hulle was “ekklesia”, uitgeroepenes. Geroep na ‘n alternatiewe gemeenskap anders as die same- lewing waarbinne hulle geleef en gewerk het. Chris- tus bepaal waarde van binne na buite (“inside out”). Dis baie belangrik vir ons as geloofsfamilie om te streef daarna om ‘n alternatiewe gemeenskap te wees, gegrond o.a. op hierdie beginsel. Waar el- keen hom/haarself kan wees, sonder om terug te hou en minder of meerderwaardig te voel. Sodat ons Jesus se volgelinge kan wees, en dat hierdie nederige benaming ons trots sal wees. Mag jy vandag ervaar dat jy nie meer of minder is as die persoon langs jou nie, maar dat julle in Christus een is. Hy roep ons om een van hart, siel en gees te wees. Kom ons word so! Psalm 139:13 – “Here, U het my tot die fynste detail gemaak. In die baarmoeder het U my gevorm” (DB) Tweede Lydens Sondag Johannes 3:1-17 Fokus vers “God het bewys hoe lief Hy die wêreld het. Hy het Sy unieke Seun na die wêreld toe gestuur sodat elkeen wat in hierdie Seun glo, nie verlore sal gaan nie, maar vir altyd saam met God sal leef”. (Johannes 3:16) NAVRAE EN INLIGTING KERKKANTOOR : 012 662-1708 Faks : 012 662-0104 [email protected] of [email protected] Webblad: www.pvr.co.za Kantoorure: Maandae: 11:00 – 16:00 Di – Do : 08:00 – 16:00 Vrydae: 08:00 – 13:00 Skoolvakansies: 08:00 - 13:00

Nuusflitse 20 Maart

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse van 20 Maart

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 20 Maart

WAT GEBEUR VANDAG

LANGNAWEEK

XTREMEKAMP (GR8&9)

09:00 : Erediens 13:00 : Afrikatale Erediens 18:30 : Vars (Aanddiens)

BID SAAM

• Wally Weitz wat in die hospitaal opgeneem is. • Corrie McCarthy wat ‘n rugoperasie ondergaan het en tuis aansterk.

• Mac McCarthy wat tuis aansterk. • Ivonne Malan en familie wie se ma met kanker

gediagnoseer is .

• Joey Kotzé wat kankerbehandeling ontvang.

• Ronnie v Deventer wat chemoterapie ont-vang.

• Hennie Kaltwasser wat baie ernstig siek is. • Danie McLachlan wat chemoterapie ontvang. • Conrad Geel wat siek is. • Johan Groenewald wat met sy gesondheid

sukkel.

NUUSFLITSE

20 MAART 2011

Ware waarde ... omgedop?

Ons leef in ‘n samelewing wat op baie spesifieke en meesal onbewustelike maniere ons waarde bepaal. Die samelewing werk met ‘n buite na binne (“outside in”) benadering wat beteken dat ons waardevol (of waardeloos) verklaar word op grond van o.a. uiterlike voorkoms, die tipe werk wat ons doen, ons ouderdom, ons kwalifikasies, die bedrag geld wat ons verdien, ons eiendom en nog meer. Op ‘n manier buig ons hoflik voor hierdie manier van beoordeling en neem dan ook met oorgawe deel

aan die “rotresies” om so veel as moontlik waarde te “verdien”. Ander van ons maak (gefrustreerd) vrede met die feit dat ons minder waarde het en sal hê en leef ons lewe oënskynlik aan die “onderpunt van die voedselketting”. Ongelukkig dra gelowiges hierdie tipe waarde oor-deel ook in ons saamwees as kerk binne. Ons dra dit selfs in ons verhouding met Christus in en leef lewens van gestrem word deur minderwaardigheid, en ook deur meerderwaardigheid. Is dit wat Jesus bedoel het met kerkwees? Dat ons maar sonder teenspraak

ons samelewing en kultuur moet weerkaats? Ab-soluut nie! In die begin van die kerk was die eerste gemeentes vreemd vir die kultuur en gebruike van die dag. An-ders as die samelewing het edelmanne, werkers, slawe, rykes en armes deel van gemeentetjies ge-word. Daar is hulle waarde bepaal nie deur uiterlike dinge nie, maar of hulle ‘n verhouding met Jesus het. Hulle was “ekklesia”, uitgeroepenes. Geroep na ‘n alternatiewe gemeenskap anders as die same-

lewing waarbinne hulle geleef en gewerk het. Chris-tus bepaal waarde van binne na buite (“inside out”). Dis baie belangrik vir ons as geloofsfamilie om te streef daarna om ‘n alternatiewe gemeenskap te wees, gegrond o.a. op hierdie beginsel. Waar el-keen hom/haarself kan wees, sonder om terug te hou en minder of meerderwaardig te voel. Sodat ons Jesus se volgelinge kan wees, en dat hierdie nederige benaming ons trots sal wees. Mag jy vandag ervaar dat jy nie meer of minder is as die persoon langs jou nie, maar dat julle in Christus

een is. Hy roep ons om een van hart, siel en gees te wees. Kom ons word so! Psalm 139:13 – “Here, U het my tot die fynste detail gemaak. In die baarmoeder het U my gevorm” (DB)

Tweede Lydens Sondag

Johannes 3:1-17 Fokus vers

“God het bewys hoe lief Hy die wêreld het. Hy het Sy unieke Seun na die wêreld toe gestuur sodat elkeen wat in hierdie Seun glo, nie verlore sal gaan nie, maar vir altyd saam met God sal leef”. (Johannes 3:16)

NAVRAE EN INLIGTING

KERKKANTOOR : 012 662-1708 Faks : 012 662-0104

[email protected] of [email protected] Webblad: www.pvr.co.za Kantoorure:

Maandae: 11:00 – 16:00 Di – Do : 08:00 – 16:00 Vrydae: 08:00 – 13:00 Skoolvakansies: 08:00 - 13:00

Page 2: Nuusflitse 20 Maart

• TUISVERSORGING: Ons wil graag ‘n databasis op-bou van persone wat met tuisversorging van bejaardes of persone wat na ‘n operasie tuis aansterk, kan help. Skakel Sampie by 082 698 1995 vir meer besonderhede.

• MANNEBEDIENING

HALFTYD: Kom geniet ‘n lekker koppie koffie, goeie kameraadskap en diep gesels saam met ons by ons weeklikse byeenkoms “Halftyd”. Dit is elke Woensdag om 05:30 by die Afdak. Ons is teen 06:15 klaar.

“KALAHARI EXPERIENCE”: Kampvure, brullende leeus, ongelooflike natuur en wonderlike samesyn. Net 'n paar van die dinge wat jy kan verwag in die Kalahari. 15-19 Junie 2011 beplan ons 'n 4x4 Kalahari avontuur. Jy hoef nie 'n 4x4 of tent te hê om saam te kom nie.

BERGFIETSOGGENDE: Ons toets graag die belang-stelling oor ‘n “outride”, elke Dinsdag en Donderdagog-gend. Ons wil 05:30 vertrek vanaf die Total Garage en om die Waterkloof Lugmagbasis ry. Dit is ongeveer so ‘n uur se ry. Mans en dames wat belangstel, is welkom. As daar genoeg belangstelling is (vir veiligheid) sal ons dit van stapel stuur. Kom ry saam! Kontak vir Deon Fourie

(083 645 9326).

• SELGROEPE : As jy en jou gesin graag wil deel wees

van ‘n selgroep, kontak vir Louise Jackson epos : [email protected] of 083 3488 304. Sy sal seker maak dat jy die nodige inligting het en julle help om ge-maklik ‘n geestelike “tuiste” te vind.

• KOSKAS: Baie dankie vir almal wat so gereeld tot die

“Koskas” bydra. Ons benodig tans dringend sjampoe, waspoeier, handy andy, toiletpapier, koffie, olie en sout. Ons benodig ook asb op ‘n deurlopende basis die volgende produkte: sout (250g), suiker (2,5kg), tee (26 sakkies), mieliemeel (2.5kg), rys (1kg), stampmielies (1kg), pasta (500g), lank lewe melk (1l), waspoeier (500g-1kg), handy andy (500ml), sunlight skottelgoedseep (400ml), sunlight koekies seep (250g). Navrae : Frieda by 0832760353 of Amanda (0829757465) by die kerkkantoor.

• GEMEENTEKAMP: Ja, ons is reg om te gaan kamp!

Die naweek is 6-8 Mei en ons kamp by Jubaweni Ruim-tekamp. Dit is so 34km vanaf die Kranskop Tolplaza en is ‘n netjiese en goed toegeruste terrein wat ‘n egte bos-veldbelewenis bied. Plekke is ongelukkig beperk, so spring vinnig om seker te maak julle mis nie uit nie. Die detail van die kampterrein, kostes ens. is te kry op ons webwerf of skakel die kerkkantoor Riana 012 662-1708. Kyk ook na www.jubaweni.co.za

• VROUEBEDIENING : “High Tea” saam met Susan Coetzer op Saterdag 28 Mei 2011 om 09h00 by Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk. Onderwerp: "All Bran vir die Siel". Kostes: R100 per persoon. Kaartjies is nou beskikbaar by Amanda, kerkkantoor.

• GEBEDSGELEENTHEID: Elke Saterdag om 07:00 in die Kapel. Almal welkom. Kom doen voorbidding vir ons geloofsfamilie en verskeie ander sake.

• SENIORAKSIE: Die volgende byeenkoms is Don-

derdag 31 Maart om 10vm. Marna Steyn kuier by ons met heerlike musiekspeletjies. Vir meer inligting kon-tak Jan Cilliers 012 6620360.

• SOLO BEDIENING: 25 Maart 18:00 kuier ons

lekker saam met Phil & Sherry Underwood onder die Afdak. Vir meer inligting—Lizette 0780779394.

• FOTOGRAFIE: Kom neem foto’s saam met Sergio.

Ons kry mekaar op 27 Maart 05:45 by die kerk. Vir meer inligting skakel Izette 0828237524.

• RAMPBESTUUR: Die Polisieforum is tans besig met

beplanning vir die opstel van ‘n program vir rampbes-tuur vir ons gemeenskap. As jy ervaring van sulke programme het of net wil kom help beplan, skakel dan so gou moontlik vir Sampie by 082 698 1995 of [email protected]

POLISIEFORUM

Ons inwoners word hartlik uitgenooi na ons toekenningsaand, Maandag, 28 Maart om 19:00 hier in die ouditorium. Kaas en Wyn onthaal daarna in die kerksaal. Toegang

gratis.

Uit die bedieningspan

Ons het die afgelope week ‘n baie goeie saamdink en beplan gesprek gehad. Ons het vir Ryno (wat terug is van die VSA) en Elmarie (wat aansluit vir die Sentrum vir Lewenskuns) in ons span ver-welkom en is opgewonde oor hulle bydrae en visie. Die twee groot dinge waarmee ons onsself gaan besig hou is her-Fokus en her-Konnek. Die her-Fokus proses is waarmee ons wil verseker dat elkeen in ons geloofsfamilie nie net God vir hom/haarself as individu verstaan en leef nie, maar ook ons as geloofsfamilie se saam-droom en uitleef daarvan. Die her-Konnek proses is gerat om weer, op een of ander wyse, met elkeen in ons geloofsfamilie kontak te maak. Ons besef al geruime tyd dat ons “konneksie” verloor het met soveel van ons mense, en ons wil daarop verbe-ter. In die tyd wat kom gaan ons minder fokus daarop om “aktiwiteite” by die kerk aan te bied waaraan jy moet “deelneem” en ons fokus ver-skuif om “intensief” jou te begelei om waarlik kerk te wees. Nie kerk ”gebou” of kerk ”byeenkoms” nie, maar kerk wees daar waar jou hande en voete raak en jou oë sien. Sterkte vir jou week. Gesels gerus met ons persoonlik of deur Amanda ([email protected])