4
Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: Marietta Kotzé, na die afsterwe van haar ma, Joey Kotzé. Susan van Tonder wat ‘n operasie onder- gaan het. Seeff Delport wat aansterk na operasie. Maureen Marais wat aansterk. Alwyn Kruger se pa wat aansterk na ‘n operasie. Daleen Wessels se pa, Dolf Nel, wat ernstig siek is met kanker. Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid is. Danie McLachlan se kanker is in remissie en hy sterk tuis aan. Tienie van Niekerk en Ronnie van Deventer wat met kanker worstel. Christa Victor wat ‘n rugoperasie gehad het. NUUSFLITSE Amper die heel eerste woorde wat Jesus uitgespreek het aan die begin van sy openbare bediening was, “Volg my” (Matt. 4:18-22). Die heel laaste woorde van Jesus aan sy dissipels was, “Gaan oral na almal toe en daag hulle uit om My sonder enige voorwaardes of verskonings te volg.” (Matt. 28:19 DB). Volgelingskap is die basiese vertrekpunt van Christenwees. Eintlik is die woord “Christen” eers ’n latere verskynsel in die geskie- denis. Die mense van Jesus was bekend as “people of the Way”, volgelinge van Jesus. Dit is ook wat die woord dissipel beteken. Ongelukkig het hierdie basiese gedagte deur die eeue in die Kerk vervaag. Ons het begin om “kerke” te organiseer en gehoop dat dit “volgelinge” sou produseer. Helaas nie. Die wonderlike is egter, as ons dissipels/volgelinge is en maak, word daar altyd kerk gevestig. ’n Sigbare gemeenskap van mense wat Jesus volg. Ons wil ’n geloofsfamilie wees waarin ons mekaar aanmoedig om eerder volgelinge te wees, as “toeskouers”. Jesus roep ons uit die pawiljoen, na die veld. Dit beteken nie dat ons meer “kerkdinge” doen nie, inteendeel. Dit beteken dat ons Jesus meer en meer LEEF, in ons daaglikse lewe. WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Stephan Joubert) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) GEEN TEE WORD BEDIEN 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Stephan Joubert) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) TEE DRINK ONDER DIE AFDAK 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Erediens (Jan Venter) KERKKANTOOR OP SONDAE 09:00—10:00 CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling As jy vir ander bid, word aan jouself ook voorsien. (Anoniem) Volgeling ....

Nuusflitse 12 Februarie 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 12 Februarie 2012

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • Marietta Kotzé, na die afsterwe van haar

ma, Joey Kotzé. • Susan van Tonder wat ‘n operasie onder-

gaan het. • Seeff Delport wat aansterk na operasie. • Maureen Marais wat aansterk. • Alwyn Kruger se pa wat aansterk na ‘n

operasie. • Daleen Wessels se pa, Dolf Nel, wat ernstig

siek is met kanker.

• Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid

is. • Danie McLachlan se kanker is in remissie en

hy sterk tuis aan. • Tienie van Niekerk en Ronnie van Deventer

wat met kanker worstel. • Christa Victor wat ‘n rugoperasie gehad het.

NUUSFLITSE

Amper die heel eerste woorde wat Jesus uitgespreek het aan die begin van sy openbare bediening was, “Volg my” (Matt. 4:18-22).

Die heel laaste woorde van Jesus aan sy dissipels was, “Gaan oral na almal toe en daag hulle uit om My sonder enige voorwaardes of verskonings te volg.” (Matt. 28:19 DB).

Volgelingskap is die basiese vertrekpunt van Christenwees. Eintlik is die woord “Christen” eers ’n latere verskynsel in die geskie-denis. Die mense van Jesus was bekend as “people of the Way”, volgelinge van Jesus. Dit is ook wat die woord dissipel beteken.

Ongelukkig het hierdie basiese gedagte deur die eeue in die Kerk vervaag. Ons het begin om “kerke” te organiseer en gehoop dat dit “volgelinge” sou produseer. Helaas nie. Die wonderlike is egter, as ons dissipels/volgelinge is en maak, word daar altyd kerk gevestig. ’n Sigbare gemeenskap van mense wat Jesus volg.

Ons wil ’n geloofsfamilie wees waarin ons mekaar aanmoedig om eerder volgelinge te wees, as “toeskouers”. Jesus roep ons uit die pawiljoen, na die veld. Dit beteken nie dat ons meer “kerkdinge” doen nie, inteendeel. Dit beteken dat ons Jesus meer en meer LEEF, in ons daaglikse lewe.

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens (Stephan Joubert)

08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

GEEN TEE WORD BEDIEN

09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7)

10:00 : Erediens (Stephan Joubert)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

TEE DRINK ONDER DIE AFDAK

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11)

18:30 : Erediens (Jan Venter)

KERKKANTOOR OP SONDAE

09:00—10:00

CD VERKOPE

Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die

eredienste.

Kontant by bestelling

As jy vir ander bid, word aan jouself ook voorsien.

(Anoniem)

Volgeling ....

Page 2: Nuusflitse 12 Februarie 2012

Die JEUG het verlede naweek ons 3de kamp vir die jaar gehad.

Die gr 4-6 kinders het die dieper waarde van volgelingskap, ver-

wondering en verhoudings beleef. Hulle het dit baie geniet. Lees

meer en kyk foto’s op die webwerf.

Die Juniors kyk in hulle groepe na die skeppingsverhaal en hierdie

Sondag gesels hulle oor die skepping van die mens.

Die seniors se graad 10 &11 ouers, onthou van die ouergesprek

5 uur vandag. Daar gaan belangrike inligting rondom die Bely en

Leef proses deurgegee word.

‘n OGGEND met Nataniël

Plek: PvR Gemeenskapskerk Tyd: 09h30 vir 10h00 Koste: R120 (verversings ing.)

KAALKOP DEUR DIE LEWE!

Geen onder 15-jariges? Nataniël se voorwaarde : Hy gebruik geen vuil taal of grappies - kinders is vir hom steurend. Manne/Vroue welkom

Nataniël items te koop. Kaartjies by die kerkkantoor beskikbaar.

Dit is eerskomende naweek ons eerste “AWAKEN EN ACTIVATE” er-varing van die jaar.

“Ek kan getuig dat die Here my ’n totale nuwe perspektief op my lewe gegee het. Ek is herinner daaraan dat Hy met my lewe ’n spesi-fieke doel en missie het en dat ek dit kan UITLEEF!” Dit is net een van die getuienisse oor die wyse waarop hierdie ervaring jou lewe kan impak.

Ons tye is 17/18 Februarie vir “AWAKEN” (Vrydag:18:00 - 21:00 en Saterdag: 08:00 - 15:00) ASOOK 10 Maart vir ACTIVATE” (Saterdag: 08:00 - 15:00).

Die koste is R190 per persoon. vRegistreer vandag!

Die Gemeenteraad wil jou hartlik uitnooi na die ontvangs, ordening en bevestiging (met handeoplegging) van Prop. Ryno Meyer. Dit vind plaas tydens die TWEEDE OGGENDDIENS (10:00) vanoggend. Jy is is welkom om na die diens gesellig te kuier saam met Ryno en Mari onder die dak.

Die VROUEBEDIENING se volgende byeenkoms is op 20 Feb om 19h00 in die Ouditorium.

Die humoristiese, ernstige en selfs ‘n tikkie sentimentele produksie “Woorde”, word aangebied deur die liedjieskrywer Marika en sangeres Mariëtte.

Alle vroue welkom! Vrywillige donasie word gevra. CD’s te koop.

ONTVANGS EN BEVESTIGING: PROP RYNO MEYER BELEEF GOD OP ’N BERGFIETS?

Maak nie saak of jy ’n ekspert of beginner is nie. Ons ry elke Dins/Don om 05:30 vir ’n uur ’n roete met iets vir elke smaak. Veilig, gesond en vol aksie! Deon Fourie: 083 645 9326

Page 3: Nuusflitse 12 Februarie 2012

Ons gaan KAMP. Die naweek van 2-4 Maart 2012 by Jubaweni - Ruimtekamp (www.jubaweni.co.za). Moet dit nie misloop nie, be-spreek nou jou plek. Dit gaan ‘n heerlike kuier en ontspan naweek wees. Daar is 16 Kampplekke(R450), 1 ten volle toegeruste 4 bed (R800)huis en 1 ten volle toegeruste 6 bed (R1200) huis. 5 driebed “Chalets” met ensuite badkamers (R600) en 6 vierbed “Chalets” met ensuite badkamers (R800). Alle beddegoed word voorsien. Die chalets gebruik ‘n gemeenskaplike kombuis. Vir meer inligting en om te bespreek skakel die kerkkantoor : Riana 012 662-1708

.

In November verlede jaar het ons Gemeenteraad ’n versoek gerig dat ons

Geloofsfamilie sy hand dieper in die sak steek om ons dankoffer aan te vul.

Ons dank die Here vir die wonderlike reaksie. Alhoewel

ons steeds baie verant-woordelik met ons dankoffer

moet werk, voorsien ons Vader in ons onmiddellike

behoeftes.

SINODESITTING – 18 TOT 20 MAART 2012

Dit is vir ons ‘n voorreg om die Oostelike Sinode in die Gemeentesentrum te akkommodeer vanaf 18 tot 20 Maart 2012. Ons benodig, soos die gebruik reeds gevestig is, die hulp en ondersteuning van Gemeentelede met die inrig van die lokaal en dienslewering tydens die Sitting.

Die volgende hulp word verlang:

Na afloop van die erediens 18 Maart (±11:15)

Manne wat na afloop van die tweede oggenddiens (±11:15) kan kom help met die inrig van die lokaal in konferensiestyl. Hoe meer manne opdaag, hoe vinniger kan ons hierdie taak afhandel – ons behoort teen ongeveer 12:45 klaar te wees.

Vroue wat met die voorbereiding van die eetsaal en dek van tafels kan help.

Tydens die verloop van die Sinode (2½ dag)

Vroue wat tydens die verloop van die Sinodesitting (2½ dae) vir Riana met die volgende kan bystaan:

Opdien van voedsel; Afdek en opruiming; en Bediening van verversings (teetye).

Dankie dat ons op die Geloofsfamilie kan staatmaak vir hulp. Dit sal waardeer word as die vroue wat beskikbaar is so spoedig moontlik vir Riana sal laat weet by (012) 662 1708 of [email protected].

Daar is beslis hierdie jaar weer DORPSFEES. Die naweek van 26 en 27 Oktober. Almal wat wil deel wees en bydraes wil lewer om van hierdie fees ‘n sukses te maak, word uitgenooi om op 15 Februarie

om 18:30 ‘n beplannings vergadering by te woon. KOM WORD DEEL !

Ons nooi jou graag uit na ons WEEKLIKSE BYBELSTUDIE

Dinsdagoggende van 09:00–10:00 onder leiding van Sampie Niemand.

Ons kyk saam na die tema van geestelike groei. Kom word deel van hierdie ervaring.

Page 4: Nuusflitse 12 Februarie 2012

In Duitsland loop ek die oorspronklike 4711 eau-de-cologne parfuumwinkel raak. My gedagtes gaan vêr terug na ouma se kantsakdoekie wat met cologne besprinkel was. Dit het vir alles gewerk, van floutes tot enige okasie wat ‘n lafenis nodig gehad het.

So ontmoet ek ‘n tydjie gelede weer vir 4711. Hierdie keer ,vreemd genoeg, in terapie te doen. Die dosent vertel ons van die vreemde verskynsel van die getal 4, 7 en 11 in substans afhanklikheid. Die ritme in dae, maande en jare is te sien waneer afhanklikes ‘terugval’. Hoe waar of wetenskaplik dit is, weet ek nie. Wat ek weet, is dat ek dit ook vind in verhoudings.

Dink maar aan huwelike. Die uitdagings lê min of meer rondom hierdie jare, 4, 7 en 11. Waneer dinge afdraend gaan in verhoudings, vra jouself: Is hierdie so ‘n krisis as wat ons dit maak, of is dit die ritme van die lewe. Niemand se verhoudings is net rooskleurig nie. Dit verg harde werk, ‘n bewustheid van totale verbintenis. Dit dra ons deur die swaar tye met ’n soet geur van hoop.

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Lyttelton

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 335 045

Stuur betalingsbewys na:

(012) 662 0104

[email protected]

JEUGBEDIENING

Ons voorskoolse groepie Mosterdsaadjies groei vreeslik, en ons benodig dringend aanbieders vir een keer ‘n maand, asook helpers (graad 7’s - volwassenes). As jy wil betrokke raak, kom gesels met ons in die jeugkantoor.

19 Feb: Gr 2-7 Ouergesprek 09:00 (Kerk)

19 Feb: Gr 8/9 Ouergesprek 17:00

SELGROEPE is waar ons

mekaar ondersteun en saam

groei.

As jy/julle graag meer wil uit-

vind, of wil deel word van ‘n

selgroep, stuur asb kontakbe-

sonderhede na

[email protected] of skakel

Louise by 0833488304 .

Wil jy in jou geloof groei? Het jy ‘n klomp vrae wat jy graag wil vra, maar nog nie kans gehad om dit te doen nie? Dan is die ALPHA-KURSUS vir jou! Ons kyk saam na be-langrike lewensvrae en reis saam op die geloofspad.

Ons het reeds begin, maar as jy nog wil aansluit, is jy welkom. Sondae 17:00 in die Kapel. Reis saam vir 8 weke.

MANNE - "IETS ANDERS" 2012

Jagter of nie-jagter. Jy word genooi om deel te word van die jag! Jag self of stap net saam en deel in die ervaring.

27 April tot 1 Mei. Kom "skouer-skuur" saam en word deel van die stories.

Kontak Dewald (0833259307) of Deon (0836459326) vir info.

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11)

18:30 - Aanddiens

Kerkkantoor:

Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00

Tel: 012 662-1708 [email protected]

BANKBESONDERHEDE

www.pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/PvRGeloofsfam

Op 23 Februarie om 10:00 kuier ons SENIOR BURGERS

weer lekker saam. Tydens die

geleentheid kom gesels

Dr Danie Langner met ons

oor armoede en hoe ons

kan help om dit te verlig.

Na die tyd drink ons lekker

tee. Almal welkom.