8
10 Mei 2015 Met die Here, vir mekaar en uit na die wêreld! Oggenderediens: Ds Reynold Fourie Preektema: Heilige Gees Reeks: Gebedsvennoot Votum en groetseën Sing: Lied 168 : 1-3 Liefdegawes: Die Here seën ons, ons seën ander Sing: Ps. 105 : 1 en 2 (p. 514) Gebed Geloofsbelydenis Verootmoediging: Wil van die Here Sing: Sb. 14-4 : 2, 3 en 4 Skriflesing: Rom. 8: 12-27 Teksverse: 15, 26, 27 Tema: Heilige Gees Reeks: Gebedsvennoot Gebed Sang: Sb. 7-2 : 1 en 2 Seën van die Here Sing: Lied 513 : 3 Aanderediens: Ds Reinder Kingma Preektema: Nou is die tyd vir Evangelieverkondiging! Sing: Lied 588:1 Votum Groetseën Lofsang: Lied 435: 1, 3, 6, 9 Gebed Skriflesing: Markus 13: 1-13 Teksverse: Markus 13:10 Tema: Nou is die tyd vir Evangelieverkondiging! Sing: Ps. 118: 4, 8 (p. 576) Dankdiens Gebed Liefdegawes Sing: Lied 207: 1, 3, 4 Seën van die Here Sing: Lied 219: 2, 3

Oggenderediens: Ds Reynold Fourie - gkbo.org.za my God by U Die vrug van die Gees – Gebed Here, as ek honger is, gee my iemand om te voed.; As ek dors is, gee my iemand wat iets

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Oggenderediens: Ds Reynold Fourie - gkbo.org.za my God by U Die vrug van die Gees – Gebed Here, as ek honger is, gee my iemand om te voed.; As ek dors is, gee my iemand wat iets

10 Mei 2015

Met die Here, vir mekaar en uit na die wêreld!

Oggenderediens: Ds Reynold Fourie

Preektema: Heilige Gees Reeks: Gebedsvennoot

Votum en groetseën

Sing: Lied 168 : 1-3

Liefdegawes: Die Here seën ons, ons seën ander

Sing: Ps. 105 : 1 en 2 (p. 514)

Gebed

Geloofsbelydenis

Verootmoediging: Wil van die Here

Sing: Sb. 14-4 : 2, 3 en 4

Skriflesing: Rom. 8: 12-27

Teksverse: 15, 26, 27

Tema: Heilige Gees Reeks: Gebedsvennoot

Gebed

Sang: Sb. 7-2 : 1 en 2

Seën van die Here

Sing: Lied 513 : 3

Aanderediens: Ds Reinder Kingma

Preektema: Nou is die tyd vir Evangelieverkondiging!

Sing: Lied 588:1

Votum

Groetseën

Lofsang: Lied 435: 1, 3, 6, 9 Gebed

Skriflesing: Markus 13: 1-13 Teksverse: Markus 13:10

Tema: Nou is die tyd vir Evangelieverkondiging!

Sing: Ps. 118: 4, 8 (p. 576)

Dankdiens Gebed

Liefdegawes

Sing: Lied 207: 1, 3, 4

Seën van die Here

Sing: Lied 219: 2, 3

Page 2: Oggenderediens: Ds Reynold Fourie - gkbo.org.za my God by U Die vrug van die Gees – Gebed Here, as ek honger is, gee my iemand om te voed.; As ek dors is, gee my iemand wat iets

Ons kyk vandag na die Tien Gebooie, met die klem op die 5de gebod.

Tema vir vandag: Eer jou vader en jou moeder Skrifgedeelte: Eksodus 20 Alle 3 tot 6 jaar maatjies is BAIE WELKOM om by ons te kom

kuier, tydens die oggenddiens, in die GROOT katkisasie lokaal skuins agter die

groot orrelpype .

Indien daar enige hoërskoolkind is wat dalk wil help by die Kleuterkerk tydens

Nagmaal (24 Mei) kontak asseblief vir Lydia Sander (Sel. 083 6767 393)

KOLLEKTES:

VANDAG: Donderdag 14 Mei: Hemelvaart Huis Boland en Ekumenisiteit Londen Bybelverspreiding

Sondag 17 Mei: Diakonale Kas en Sustentasiefonds

TEESKINK: Vandag: Son 17 Mei

EV 2 en GF 05 KU1 en Bestuur

DIENSBEURTE

Vandag: Son 17 Mei: Oudl. Kobus Theron Oudl. Louis Boshoff Diak. Albert vd Waal Diak. Andries vd Walt

MAAND: Mei

KUILSRIVIER- HOSPITAAL

Joukje & Reint Berg 021 903 3027

CAPE GATE MEDI KLINIEK

Philip & Lida Kruger 021 981 9685

(11/05 – 16/05) ANDER HOSPITALE Rina Amoraal 082 430 1847

Indien u weet van enige siektegevalle, skakel

gerus die Chrisante vir ‘n besoek!

Dagboek 10 Mei – 17 Mei

Datum: Byeenkoms: Waar: Tyd:

Di 12/05 Koningskinders Logistieke Komitee Aan huis vd Vreulinks 19:30

Wo 13/05 Breë Kerkraadsvergadering / Visitasie Gemeentesentrum 19:30

Do 14/05 HEMELVAARTSDIENS Kerkgebou 19:00

Page 3: Oggenderediens: Ds Reynold Fourie - gkbo.org.za my God by U Die vrug van die Gees – Gebed Here, as ek honger is, gee my iemand om te voed.; As ek dors is, gee my iemand wat iets

Nader my God by U

Die vrug van die Gees – Gebed

Here, as ek honger is, gee my iemand om te voed.; As ek dors is, gee my iemand wat iets nodig het om te drink; As ek koud kry, gee my iemand om warm te maak; As ek rou, gee my iemand om te troos; As my kruis te swaar word, gee my nog `n kruis om te dra; As ek arm is, leen my iemand in nood; As ek nie tyd het nie, gee my iemand wat ek n rukkie kan ondersteun; As ek verkleineer word, gee my iemand om te prys; As ek bedruk voel, gee my iemand om op te beur; As ek begrip nodig het, gee my iemand wat my begrip nodig het; As ek behoefte het daaraan om na omgesien te word, gee my iemand om voor te sorg; As ek net aan myself dink, rig my gedagtes op iemand anders; Ek bid dit in Jesus se Naam. Amen Hoe ervaar ons die vrug van die Gees elke dag in ons lewe? Kom ons vra Die Heilige Gees om ons op hierdie praktiese Gees vervulde pad te lei.

**Die Gebedsfamilie bid elke Sondag voor die diens in die lokaal net voor die Kerkkantoor

en Sondae aande na die diens in die Kerkhuis. Kontak ons by [email protected] of

082 5771 660 (Mossie) of 084 5586 444 (Ineke) Indien jy by ons wil aansluit of spesiale

gebedsversoeke het, praat gerus met ons na die dienste of e-pos na bogenoemde adres.

Meelewing

Linda Minnaar (084 929 7113) is Vrydag in Louis Leipoldt hospitaal opgeneem vir ‘n

operasie. Ons bid haar die nabyheid van die Here en ‘n spoedige herstel toe.

Cilda Opperman (021 976 0807) het ‘n draai in die hospitaal gemaak nadat sy geval het en haar kop

hard gestamp het. Ons is dankbaar dat sy ontslaan is en weer tuis kan wees.

Sussie van Freden (021 919 6246) is in Louis Leipoldt Hospitaal opgeneem nadat sy geval het en vir

‘n geruime tyd baie siek was. Met nuwe behandeling was sy teen Woensdagmiddag sommer heelwat

beter. Ons bid haar verdere beterskap toe!

Visitasie

Ons gemeente ontvang op 13 Mei visitasie deur die Klassis. Ons is dankbaar vir hierdie geleentheid

waarin kerke mekaar ondersteun. Lidmate wat die visitatore wil ontmoet kan met die skriba in verbinding

tree.

Page 4: Oggenderediens: Ds Reynold Fourie - gkbo.org.za my God by U Die vrug van die Gees – Gebed Here, as ek honger is, gee my iemand om te voed.; As ek dors is, gee my iemand wat iets

Hemelvaart Donderdag 14 Mei

Komende Donderdag (14 Mei) vier ons saam met ons mede-gelowiges oor die wêreld die Hemelvaart van ons Here Jesus Christus. Daar sal om 19:00 ‘n erediens in ons kerkgebou wees – kom vier dit saam met ons!

Belydenisaflegging

‘n Groep van tien jongmense van die gemeente is tans besig met gesprekke met die kerkraad ter

voorbereiding van aflegging van hulle geloofsbelydenis DV 17 Mei. Ons vra u voorbidding vir

hierdie jong gelowiges, sodat hulle met vrymoedigheid en in volle geloofsekerheid hulle geloof

sal kan bely.

Baie geluk

Braam en Nadine Kruger se dogtertjie, Christien, is op die 27ste April gebore, ‘n kleine fyne dametjie van 2,9kg.

Jacques en Catri Hamman het ‘n gesonde seuntjie Dian, ryker geword.

Kobus en Retha van der Walt se kleinseun, Jason, is Maandag in Swede gebore. Hoewel hy vroeg gebore is, gaan dit goed met hom en sy ma, Christelle. Ons is saam met hulle baie dankbaar teenoor die Here! Mag klein Jason vir julle baie vreugde verskaf.

Mag God hierdie verbondskindertjies en hulle ouers met liefde omhels.

Malani Gryffenberg en Johan Swart is op die 18de April in die huwelik

bevestig. Ons bid ook die Here se seën op hierdie huwelik toe.

Aandag alle nuwe intrekkers

Op 31 Mei is daar geleentheid vir alle lidmate wat hierdie jaar, of selfs laasjaar, by die

gemeente ingeskakel het om lekker saam met ander gemeentelede te kuier na die

erediens. Ons sal van die geleentheid gebruik maak om u meer van ons gemeente te

vertel en ook om vir Reynold en Reinder aan u voor te stel indien u hulle nog nie

ontmoet het nie. Elke gesin/paartjie/individu kan 'n bordjie soet of sout saambring as hulle wil

sodat ons lekker saam kan tee drink en kuier.

Vir navrae kontak Vicki - 082 084 0738

Page 5: Oggenderediens: Ds Reynold Fourie - gkbo.org.za my God by U Die vrug van die Gees – Gebed Here, as ek honger is, gee my iemand om te voed.; As ek dors is, gee my iemand wat iets

Verjaarsdae

Spesiale gelukwensing aan Susan Hanekom (88) en Daleen Kruger (86) wat beide Maandag

verjaar. Hartlik geluk aan al ons lidmate wat hierdie komende week hulle verjaarsdae vier. Mag

julle elkeen ryklik geseën word met die beste van Sy seëninge!

10/05 So THEA DE VILLIERS OA1 021 945 2054 082 702 3264

KARIEN HAYCOCK ST2 021 438 2072 083 415 5499

EMILE KRUGER ST3 083 845 2211

NICO SMAL KR2 076 598 1829 (Ma)

JACQUES STOFBERG KR2 076 392 9962

SHIRLEY VAN ZYL BR5 076 775 9028

11/05 Ma MECALA CLEOPAS KR3 078 190 2426 (Ma)

NICO COSTERUS BL1 083 457 4307

SUSAN HANEKOM BR3 084 472 3621

DALEEN KRUGER GF14 021 975 4734 082 897 5269

KEDAS ROODT BR4 082 780 7187

MARIETJIE VAN BILJON GF02 021 913 6419 082 808 2256

12/05 Di PHILLIP VAN DER WALT ST1 021 910 2070 082 371 2460 (Ma)

13/05 Wo RIA VENTER TY1 021 551 9022 082 921 5492

14/05 Do MIKO GELDERBLOM BR4 071 685 3826 (Ma)

KARINA STEENKAMP BR2 021 982 6592 072 151 1961

HEIN STREICHER EV2 021 979 2578 083 269 7449

15/05 Vr MORNÉ MEYER BR1 021 982 1653 083 270 6333

ADRI OPPERMAN KR1 021 988 7775 084 244 4045

NIC VAN DER WALT TY2 021 553 5062 082 802 1038

WILNA VAN DER WALT GF15 021 903 4660 082 880 3934

16/05 Sa DALEEN AUCAMP GF15 021 903 3573 072 276 6109

EUGENE GROBLER BL4 021 919 7639 082 499 0018

Baie welkom

Ons het reeds verlede Sondag tydens die diens vir Johannes

en Cornelia Jansen met hul drie kinders Johan, Magdaleen en

Corlia verwelkom. Ons doen dit graag vandag weer dmv

hierdie beriggie. Die Jansens sluit by ons aan van die VGK

van Bellville. Johannes is besturende direkteur van ‘n

dieregesondheidsmaatskappy en is lief vir vlieg en avontuur

motorfiets ry. Cornelia is tuisteskepper, speel graag hokkie en

doen ook naaldwerk. Die drie kinders is onderskeidelik in Graad 11, 8 en 4, en lief vir sport, die

buitelewe en die kunste. As gesin is hulle lief vir die buitelewe, kamp en watersport.

Adres: Edwardsingel 5, Melkbosstrand

Tel: 082 5600 949 (Johannes) en 082 8299 525 (Cornelia)

Wyk: TY 2

Ons sê aan julle baie welkom, en bid dat julle sommer vinnig lekker sal inskakel, en hier ‘n ware

geestelike tuiste sal vind.

Page 6: Oggenderediens: Ds Reynold Fourie - gkbo.org.za my God by U Die vrug van die Gees – Gebed Here, as ek honger is, gee my iemand om te voed.; As ek dors is, gee my iemand wat iets

ONS SPENS Ons verskaf tans kospakkies aan 12 gesinne. Elke gesin ontvang ‘n

stel kospakkies aan die einde van elke maand.

Dit beteken in totaal word 39 monde gevoed waarvan 17 kinders is! Ons benodig BAIE produkte en vra vir die gemeente se hulp en ondersteuning. Dink asseblief aan hierdie gesinne wanneer julle kruideniersware gaan koop.

Ons benodig die volgende produkte:

KOFFIE Kookolie Ontbytpap Soppakkies Langlewe Melk

Tee Tuna Mieliemeel Konfyt Blikkieskos

Pasta Two-minute noodles Rys Tamatiesous Oatspap

Sout Suiker Cup-a-Soup pakkies Tandepasta

Geldelike donasies is ook baie welkom!!

Plaas dit in ‘n gemerkte koevertjie: “Ons Spens” en gooi dit net in die kollektesakkie.

BAIE, BAIE DANKIE VIR AL DIE GETROUE BYDRAES!!

Weet verseker dit word opreg waardeer!

GEMEENTE-ETE !!!! Wees voorbereid, hou die datum oop!

Ons hou weer ’n baie gesellige en uiters smaaklike

Gemeente ete

Datum: 24 Mei (Nagmaalsondag)

Spyskaart: Tamatie frikkadelle met rys

Butternut-tert

Mengelslaai

Melktert

Koste: R40 per persoon en voorskoolse kinders gratis

U skakelpersoon (wyksuster) behoort u teen einde April in hierdie verband te kontak. As

niemand u kontak nie kontak asseblief vir Maryke by (021 913 1845 of 083 3246 298).

Vrouediensgroep

Page 7: Oggenderediens: Ds Reynold Fourie - gkbo.org.za my God by U Die vrug van die Gees – Gebed Here, as ek honger is, gee my iemand om te voed.; As ek dors is, gee my iemand wat iets

Mediateek

Tornado and the Horse Whisperer : ‘n DVD

Tornado is ‘n ware verhaal van geduld, deursettingsvermoë en passie. Dit vertel

die verhaal van twee gewonde siele: Pierre is depressief en emosioneel teen die

grond, terwyl Tornado aan selfvernietigingsdrang ly. Pierre besef Tornado se

potensiaal en neem hom na Noenieput in die Groen Kalahari, na Barrie Burger, ‘n

perdefluisteraar. Met Barrie se hulp gaan Pierre en Tornado op ‘n ontdekkingsreis na heling

en om hulself te leer ken. ‘n Reis wat hul lewens onherroeplik verander.

Tornado…tussen stiltes : ‘n Boek deur Barrie Burger

Tornado…tussen stiltes vertel die verhaal waarteen die rolprent Tornado and the Horse

Whisperer afspeel. Barrie onderneem ‘n tog van 1744 km te perd van die kruin van Tafelberg

tot by die Voortrekkermonument, hy op Queen en Pierre op Tornado.

Sy doelwit met die uitmergelende tog is om die eens stormagtige Tornado as ‘n hanteerbare

en goed geaarde perd aan die publiek voor te stel en promosiewerk te doen vir die première

van die rolprent. Lesers word intens deel van Barrie die perdefluisteraar se herinneringe aan

die tyd toe Pierre en Tornado die eerste keer na hom toe gekom het en hoe die stormagtige

Tornado se selfvernietigingsdrang saam met Pierre se woede en depressie genees is.

Ten spyte van struikelblokke verloop alles volgens plan. Maar dan word Tornado op die walle

van die Vetrivier ernstig beseer in ‘n bloedige geveg met ‘n vreemde hings. Hy word

onmiddellik aan die tog onttrek en Barrie moet vir die laaste 500 km alleen met Queen verder.

Barrie neem die lesers op ‘n perdetog wat ‘n kruistog word. ‘n Reis wat op Kersdag begin en

tydens Paasnaweek afsluit. ‘n Reis van die krip na die kruis. Dis ‘n verhaal wat lesers sal boei

en tot hul harte sal spreek en genesing vir hul eie pyn sal bring.

Pippie : ‘n Boek deur Anice Kruger saam met Colleen Naudé

Toe 80% van Pippie Kruger (2 en ‘n halwe jaar oud) se lyfie verbrand het,

het geen dokter gedink sy kan dit oorleef nie. Hoe oorleef ‘n ma die

verbysterende skok om haar pragtige kind só te sien? Anice Kruger maak

haar hart oop en vertel hoe sy met God baklei het en hoe sy ‘n kind van

die konserwatiewe Suid-Afrikaanse platteland, haar persepsies van mense

oor verskeie grense heen verander het. Erwin Kruger vertel wat die

ongeluk aan hom gedoen het, en die invloed daarvan op hulle huwelik.

Mense in meer as 70 lande het verstom gestaan oor wat ‘n span Suid-

Afrikaanse medici kon regkry. ‘n Wonderwerk wat steeds ontvou. Dit is

‘n verstommende verhaal van vasbeslotenheid en veggees. Van

onwrikbare geloof, liefde wat geen grense ken nie en hoop. Van God wat

die Bron is van ewige hoop.

Henriëtte Boot

Page 8: Oggenderediens: Ds Reynold Fourie - gkbo.org.za my God by U Die vrug van die Gees – Gebed Here, as ek honger is, gee my iemand om te voed.; As ek dors is, gee my iemand wat iets

HOËRSKOOLJEUG

Sondag 24 Mei gaan ons Eastern Food Bazaar en Seinheuwel toe! Ons vertrek 15:00 vanaf

die kerkgebou. Bring geld saam vir die lekker kos by Eastern Food Bazaar (± R40 vir kos en

R10 vir koeldrank). Daar is regtig iets vir elkeen se smaak (selfs pizza!). Die idee is om dan

by Seinheuwel te gaan eet en die sonsondergang te geniet. Alle hoërskoolgelowiges is

welkom!

Ons is op soek na mense wat kan help met vervoer na Kaapstad en terug. Kontak asseblief

vir ds. Reynold (084 707 6276) indien u kan help.

Groete

Hoërskooljeug-reëlingskomitee

Toerusting: Huweliksverryking

Alle binnekort trouendes en pasgetroudes (besluit self hoe

lank jy nog pasgetroud voel!), hier is 'n toerustingsgeleentheid vir julle!

Kom leer 'n paar vaardighede en verryk jul verhouding! Wat: Werksessie oor Huweliksverryking Wanneer: Vrydag 17 Julie (19:00 21:00) en Saterdag 18 Julie (9:00 – 16:00) Belegging: R120.00 per paar (betaalbaar by die werksessie) Gereedskap: Bring asb. Bybels, pen en 'n skryfblok, 'n oop gemoed en ‘n gewillige oor saam.

Wat kan ons verwag? Om pret te hê, my maat in 'n veilige omgewing beter of dalk weer opnuut te leer ken, hoe om beter te luister en beter te praat (kommunikasievaardighede), hoe om ons huwelik tot God se eer in te rig, asook om verskille sinvol op te los. Die werksessie is so gestruktureer dat elke paartjie met hul eie verhouding werk – dus bly persoonlike dinge net tussen julle. Fasiliteerder: Elmarié du Plessis Elmarié, 'n lidmaat van ons gemeente is 'n Kliniese Sielkundige met 'n spesifieke belangstelling in verhoudings en huweliksterapie.

Laat weet teen Maandag 13 Julie vir Jenny Gerber

([email protected] of 021 919 4303) indien julle belang stel om die werksessie by te woon.