22
WELGEVONDEN BULLETIN OKTOBER 2016

OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

WELGEVONDEN BULLETINOKTOBER 2016

Page 2: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal) Dit is weer somer en tyd vir nuwe herinneringe tydens die lui dae en lang aande van die somerseisoen. Kry nuwe energie in die son of koel af tydens ʼn verfrissende uitstappie strand toe. Versterk vriendskappe rondom die braaivleisvuur of breek weg vir ʼn stil tydjie in Stellenbosch se somerskone natuur. In hierdie someruitgawe van die Welgevonden Bulletin fokus ons opnuut op sake wat belangrik is vir Welgevonden Landgoed, sy

eienaars en sy inwoners. Ons gee terugvoer oor die pas afgelope AJV, stel ‘n handige selfoonapp bekend en verskaf wenke oor brandveiligheid tuis. Ons leer ken die span wat verantwoordelik is vir Welgevonden se tuine en stel nog twee Stone Square-besighede bekend (een van hulle het onlangs nogal ʼn besonderse nasionale toekenning ontvang . . .). Lees hieroor en meer. Maar, aangesien dit somer is, maak seker dat jy jou plakkies aan het wanneer jy dit doen!

Johan du Preez

2

Van die redakteur

Page 3: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

Vrywaring: Hierdie e-Tydskrif word saamgestel om nuus en nuttige informasie aan die eienaars van eiendom in Welgevonden en aan landgoedinwoners te verskaf. Dit word deur GLOVent Media & That Touch Media, namens die Welgevonden Landgoed Huiseienaarsvereniging (WHEV) gepubliseer. Hoewel alle moontlike stappe gedoen word om die korrektheid van die inhoud te verseker, kan die WHEV, die redakteur en/of die uitgewer nie aanspreeklik gehou word vir enige onakkurate inligting nie. Die WHEV, die redakteur en/of die uitgewer stem nie noodwendig saam met alle menings wat in die publikasie uitgespreek word nie.

OM TE ADVERTEER:Kontak ons verkoopspan:

Tel: 0861 017 424E-pos: [email protected]

Volgende uitgawe: Feb 2016

InhoudTerugvoer: AJV

Die GLOVent-app

Brandveiligheid tuis

Profiel

Landgoedgrondwet en -reëls

Stone Square Vet Shop

Madeleen Health & Beauty Studio

05

07

08

11

13

15

17

‘n Afdeling van GLOVent Solutions www.glovent.co.za | [email protected]

Hierdie e-Tydskrif is in vennootskap ontwerp en gepubliseer deur:

‘n Afdeling van That Touch Consultants

Foto: Jacques Dreyer

Foto’s: Johan du Preez, tensy anders vermeld.

Page 5: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

Terugvoer: September 2016-AJV

Afgesien van besprekings betreffende die standaardpunte op ‘n AJV-sakelys, het die vergadering ook ten gunste gestem van ‘n mosie om uPVC venster- en deurprodukte by die WHEV-argitektoniese riglyne in te sluit. Op ‘n vraag betreffende toegangsbeheer vir besoekers, is gesê dat ‘n stelsel wat vooraf-magtiging aan besoekers verskaf, geïmplementeer gaan word. Dit behoort binne die volgende paar maande te geskied.

5

Tydens die AJV wat gehou is op 26 September 2016, is die volgende lede tot die uitvoerende komitee (UK) verkies:

• Santie de Bruyn• Pierre Malan• Leon Rossouw• Ancia van der Mescht

• Pieter van der Spuy• Caroline van Heerden• Rory Verburgt• Ivan Overton

Page 6: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

‘n Kort oorsig is gegee rakende Patrysenvallei, die beplande residensiële ontwikkeling aangrensend tot Welgevonden Landgoed langs die R44. Die Patrysenvallei-ontwikkelaars het die WHEV genader met betrekking tot ‘n aantal voorstelle wat potensieel onderlinge voordele inhou, maar terselfdertyd ook aansienlike kommer wek. Die UK is tans in gesprek met die ontwikkelaars om meer duidelikheid te kry. Breedvoerige inligting in hierdie verband sal binnekort aan die WHEV-lede beskikbaar gestel word. ‘n Spesiale algemene vergadering sal ook belê word vir verdere beraadslaging en om een of meer resolusies ten opsigte van die pad vorentoe te verkry. Die vergadering is ook ingelig dat die Community Schemes Ombud Services Act and Regulations (CSOS), tesame met die Sectional Titles Schemes Management Act and Regulations (STSMA), deur die Parlement goedgekeur is deurdat die Minister van Menslike Nedersettings die regulasies onderteken het en die President die proklamasiekennisgewing vir beide wette onderteken het. Dit is die finale

goedkeuring vir die publikasie en implementering van die regulasies en die wette. Daar word voorsien dat publikasie in die Staatskoerant teen Oktober 2016 sal wees, en dat die regulasies effektief sal wees op die datum van publikasie. Een van die belangrike oorgangsbepalings wat effektief sal wees na die datum van publikasie van die Wet en Regulasies in die Staatskoerant – te wete Regulasie 11 – is ‘n huiseienaarsvereniging se verpligting om ‘n kwartaallikse heffing te betaal. Dit lees soos volg (tans nie in Afrikaans gepubliseer nie): 11(1) Every community scheme must pay the levy referred to in the Community Schemes Ombud Service Regulation: Levies and Fees on quarterly basis … 11(3) The levy is calculated subject to any applicable maximum amount, discount or waiver referred to in sub-regulation (2), according to the following formula: The lesser of R40 or 2% of the amount by which the monthly levy charged by the scheme exceeds R500.

Met Welgevonden se maandelikse heffing wat tans R1200 beloop, behoort die heffing wat maandeliks per eienaar in bostaande verband verhaal sal word, R14 te wees. Dié bedrag sal as ‘n aparte lynitem op eienaars se heffingstate verskyn aangesien dit nie deel vorm van die WHEV se begroting nie en dit slegs deur die bestuursagent ingesamel word vir kwartaallikse oorbetaling aan CSOS. Insameling van hierdie bykomstige heffing sal ‘n aanvang neem binne 90 dae vanaf die publikasie van die Wet en Regulasies soos hierbo uiteengesit. Verdere navorsing ten opsigte van die implikasies van hierdie nuwe wette moet nog gedoen word en eienaars sal ingelig word oor aspekte wat hulle moontlik nadelig mag raak. Dit is belangrik om weer te beklemtoon dat bostaande heffing ‘n verpligte statutêre heffing of belasting is wat van toepassing is op alle huiseienaarsverenigings landwyd. Dit is nie ‘n eksklusiewe Welgevonden Landgoed-aangeleentheid nie.

6

Page 7: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

• Diejongstegemeenskapsnuus.• Flits-enanderberigtevanbelangviaʼnnuusflitsfunksie.• BesigtigWelgevondenHuiseienaarsvereniging-dokumente.• MaklikeopdateringvanpersoonlikeWHEV-besonderhede.• Opdatumblydeurmiddelvanʼnaktiwiteitskalender.• Hulptoonbank-enrapporteringfunksieswaardeurdirekmet

landgoedbestuuroorsakevanbelanggekommunikeerkanword.

• ʼnMaklikbeskikbarelysvannood-enbelangriketelefoonnommers.

• ʼn24-uurnavraagdienswaardiebesonderhedevanloodgieters-,elektriese-enanderhuisinstandhoudingsdienstegevindkanword.(Hierdieisʼnonafhanklikediens.DitwordniedeurdieWelgevonden-bestuuraangebiednie.)

• Besigtigingofplasingvangeklassifiseerdeadvertensies.

Klik hier om die APP op jou mobieletoestel af te laai.

Welgevonden-eienaarsen-inwonerskannouʼnhandigeenmaklik-om-te-gebruikmobieleappaflaaiominkontakmetWelgevonden-saketebly.

GLOPortal,ontwikkelenondersteundeurGLOVentSolutions–diemaatskappywatverantwoordelikisvirWelgevondenseledeportaalopdieinternet–bieddievolgendeeienskappeenvoordele:

NEttOEjyGEDiNkHEtDatDiELEWEOPDiELaNDGOEDNiENòGBEtErkaNWOrDNiE.....dinK weer!

HOu kONtak MEt DiE LaNDGOEDGEMEENSkaP VaNuit DiEPaLMVaNjOuHaND.

7

Page 8: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

Dankie aan Welgevonden-inwoner Jan Esterhuizen van Stellfire in Plankenburg wat hierdie brandveiligheidswenke aan ons verskaf het. Betrek die gesinMaak seker dat jy ontsnaproetes uit jou huis het vir alle situasies en dat alle gesinslede weet wat om te doen indien daar ʼn brand uitbreek. Teken ʼn vloerplan van jou huis met ten minste twee maniere waarop ʼn mens uit elke vertrek kan ontsnap. Kies ʼn veilige vergaderplek buite die huis. Oefen om ander gesinslede in te lig oor die krisissituasie. Hou ʼn klokkie, fluitjie of flits wat gebruik kan word om alarm te maak in geval van ʼn brand in elke kamer. Oefen om die huis geblinddoek te verlaat, aangesien

die rook wat tydens ʼn brand ontstaan sig kan bemoeilik.

Oefen om laag op die grond te beweeg wanneer julle ontsnap aangesien daar minder rook is – een asemteug rook of gasse kan genoeg wees om jou dood te veroorsaak. Voel aan deure voordat jy hulle oopmaak. Indien die deur warm is, ontruim deur ʼn ander roete. Leer hoe om te stop, plat te val en te rol indien jou klere vlam gevat het.

Hou slaapkamerdeure toe wanneer jy gaan slaap. Dit sal dodelike hitte en rook uit die slaapkamers hou, wat jou meer tyd sal gee om te ontsnap. Tydens ʼn brand is tyd van kritieke belang. Moenie tyd verspeel deur te probeer aantrek nie, en moenie

8

Brandveiligheid tuis

Page 9: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

na troeteldiere en waardevolle items soek nie. Verlaat die huis dadelik! VoorsorgPlaas noodnommers naby telefone en op jou selfoon. (Dit is veiliger om die brandweer van buite die huis te bel as van binne.) Plaas die korrekte klassifikasie brandblussers op strategiese plekke en maak seker dat gesinslede weet hoe om dit te gebruik. Laat die brandblussers op die voorgeskrewe tye diens. Installeer rooksensors en toets hulle gereeld. Indien ʼn elektriese apparaat ʼn vreemde reuk afgee, ontkoppel dit dadelik en laat dit herstel. Moenie verlengkabels oorlaai of onder matte plaas nie.

Veiligheid eersteHou kinders weg van verwarmers en hou draagbare verwarmers weg van enige iets wat kan brand. Skakel verwarmers af voordat jy gaan slaap. Moenie in die bed rook nie, en ook nie wanneer

jy vaak is nie. Hou kookoppervlaktes vry van ontvlambare materiaal en dra styfpassende moue wanneer jy kook. Indien kookolie vlam vat, skuif ʼn deksel versigtig oor die pan en smoor die vlamme – moet nooit water op warm olie gooi nie! Vloeibare petroleumgasIndien jy gas ruik, maak seker dat jy nooit die lekplek met ʼn oop vlam soek nie. Maak die klep toe en, indien moontlik, verskuif die silinder na buite. Ventileer die kamer. Laat die gassilinder deur ʼn gesertifiseerde handelaar nagaan. Laat gereeld die seëls, kleppe en gaspype op apparate nagaan en vervang dit indien dit verweer is. Wanneer jy ‘n gasapparaat wil gebruik, is dit noodsaaklik dat jy eers die vuurhoutjie of aansteker aan die brand kry voordat jy die gas oopdraai. Moet nooit – ja nooit – ʼn gassilinder op ʼn elektriese kookvlak plaas wanneer jy met gas kook nie. Verhitte stoofplate onder die silinder sal

veroorsaak dat dit ontplof. (Hierdie scenario is spesifiek van toepassing waar stoofplate wat voor ʼn kragonderbreking aan was, nie afgeskakel is nie. Wanneer die krag weer aangeskakel word, verhit die stoofplate dadelik.)

Indien daar ʼn brand uitbreek, poog om die klep op die gassilinder toe te draai nadat jy ʼn klam lap om jou hand gedraai het om dit te beskerm. Gebruik dieselfde klam lap om die vlamme te blus. Indien jy nie die silinder kan bereik nie, skuif alles wat kan vlam vat weg. Bel die brandweer en sê vir hulle dat gas die oorsaak van die brand is. Ontruim die gebou so gou as moontlik.

9

Page 10: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

Preventative dentistry including scaling, polishing and fluoride treatment, etc.

Specialised dentistry including crowns, bridges and implants.

Cosmetic dentistry including teeth whitening, veneers, implants, crowns, bridges and full mouth rehabilitation.

Regular dentistry including fillings and root canal treatments.

T: 021 880 2264 / 021 880 1480

Off the R44, Techno lane 10, Technopark, Stellenbosch.E: [email protected]

Does Your Smile Reflect Your Age?

Dental treatments provided by Dr Louis van Niekerk:

At Winelands Dental we use the latest technology in dentistry, Dr Louis van Niekerk offers a comprehensive dental and aesthetic experience that is sure to satisfy even the most squeamish of visitors.

Page 11: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

Somer is hier en ons tuine is in volle blom. Dit is daarom gepas om Crown Landscaping – Welgevonden se tuinuitleg-diensverskaffer bekend te stel. Ons gesels met Christian Sutherland. “Om suksesvol te wees, vereis die uitlê van tuine en om met plante te werk ʼn langtermyn-benadering,” sê Christian. “En dit is waarom ons dit geniet om in Welgevonden te werk. Ons ontvang insette en riglyne van die Welgevonden-bestuur, maar ons het ook die vryheid om ons

ProfielCrown Landscaping

11

Page 12: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

diskresie te gebruik en ons kennis toe te pas om dit wat die bestuur wil bereik, oor die langer termyn daar te stel.” Hulle benaderingCrown Landscaping is al vir die afgelope drie jaar verantwoordelik vir Welgevonden Landgoed se tuinuitleg. Hulle benadering is om plante te gebruik wat geskik is vir die klimaat van die streek. Die resultaat is dat ongeveer 80% van die plante wat op die landgoed voorkom, inheems is, terwyl die res dieselfde eienskappe het. Met verwysing na die karaktereienskappe van plante, sê Christian dat die plante wat hulle vir die landgoed kies min water moet benodig en maklik versorg moet kan word. “Dit is moontlik met inheemse plante. Sulke plante vereis ook min bemesting, selfs nog minder onkruiddoders en, baie belangrik, hulle lok bye wat ʼn onmisbare skakel is om ons ekosisteem te bestuif.”

Crown lewer ook ʼn waardetoegevoegde diens wat geld bespaar – hulle koop nie net nuwe plante aan nie, hulle kweek ook self saailinge wat hulle op die landgoed plant. (Kan dit ook wees omdat dit maar net natuurlik vir tuinboukundiges is om hul plesier daaruit te put om in die grond te vroetel? – Red.) Crown se rol is om die landgoed se bestaande tuine te verbeter en in stand te hou. Die Welgevonden-bestuur, daarteenoor, is verantwoordelik om nuwe areas te identifiseer en te begroot vir die ontwikkeling en besproeiing daarvan, en om opdragte in die verband aan Crown te gee. Nes ʼn gesoute diplomaat systap Christian die versoek om advies aan Welgevonden-tuiniers te gee. “Ons is almal in dieselfde bootjie en leer van mekaar,” glimlag hy. Tog verwys hy na ʼn gewilde tuinmaak-gesegde wat, volgens oorlewering, sy oorsprong in antieke China het – Die beste bemesting is die tuinier se skaduwee – waarmee hy

die belangrikheid van die tuinier se belangstelling, teenwoordigheid en gewilligheid om die werk in sy tuin te doen, beklemtoon. Hierdie benadering is een waartoe Christian en die Crown Landscaping-span hulle definitief in Welgevonden verbind.

12

Page 13: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

In hierdie gereelde gedeelte waarin ons klousules uit Welgevonden Landgoed se grondwet en reëls uitlig, fokus ons op klousule 66 van die grondwet – die prosedure wanneer ʼn erf (eiendom) verkoop word.(Nota: Die inhoud hieronder is ʼn vrye vertaling van die amptelike dokument in Engels.) 66. Toestemming om ʼn erf te verkoop66.1 Geen lid mag sy of haar erf oordra voordat die UK ʼn uitklaarsertifikaat, wat toestemming daartoe verleen, uitgereik het nie. So ʼn sertifikaat mag nie geweier word nie, tensy – 66.1.1 sodanige lid alle heffings en ander gelde wat die WHEV ingevolge die WHEV-grondwet en -reëls van die verkoper(s) mag vorder of eis, betaal het teen die datum waarvoor uitklaring gevra word, of dat reëlings vir die betaling daarvan getref is wat vir die WHEV se UK aanvaarbaar is;

Fokus op die landgoed se grondwet en reëls

13

Page 14: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

66.1.2 die oordragnemer nie daartoe ingestem het om ʼn lid van die WHEV te word nie;66.1.3 die verkoper ʼn oortreding van die WHEV-grondwet, die reëls of beheermaatreëls begaan het wat na skriftelike kennisgewing teen die datum waarvoor uitklaring gevra word nog nie reggestel is nie, of dat reëlings wat vir die WHEV se UK aanvaarbaar is vir die regstelling daarvan, nie getref is nie.66.2 UK mag ʼn billike fooi vra om die sertifikaat uit te reik, en die fooi mag van tyd tot tyd deur die UK bepaal word.

Fokus op die landgoed se grondwet en reëls (vervolg . . .)

14

Page 15: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

Stone Square Vet Shop

15

Stone Square Vet Shop bied aan oordeelkundige, sorgsame troeteldiereienaars produkte van goeie gehalte en professionele advies om aan hulle dieresorgbehoeftes te voldoen. Toni Younghusband van die Vet Shop het die inligting wat volg verskaf. Moenie dat ʼn geblaf jou bure stapelgek maak nie!Indien jou hond die rus verstoor terwyl jy by die werk is, kan dit wees omdat dit verveeld is. Hoewel dit normaal is vir ʼn hond om te blaf, kan ʼn buitensporige geblaf ‘n aanduiding wees dat jou hond stimulasie of ʼn uitdaging nodig het, veral indien die hond heeldag by die huis gelos word. Daar is metodes wat jou kan help om hierdie optrede te beheer. SOFIA FROM THE STONE SQUARE VET SHOP

Page 16: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

Oefening

• Stap ten minste 30 minute per dag met jou hond.• Wees ten volle daar vir jou hond. Staptyd is nie die tyd vir

teksboodskappe en selfoongesprekke nie.• Indien jy onseker is om jou hond in kontak met ander honde te

bring wanneer julle stap, hou dan die ander honde-eienaars oor ʼn afstand dop. Indien hulle hond aan die leiband rem en angstig voorkom, is dit moontlik dat hulle hond hom kan wangedra indien jou hond dié dier teëkom. Dit is beter om sodanige ontmoetings te vermy. Stap eerder in ʼn ander rigting.

• Maak seker dat jou hond ʼn stewige en gemaklike leiband en halsband het wat behoorlik pas en die korrekte sterkte is vir sy grootte en ras. Verseker dat ʼn naamplaatjie met sy naam, asook jou kontakbesonderhede, altyd aan sy halsband vasgeheg is. Die verkooppersoneel by Stone Square Vet Shop is opgelei om jou te help om die regte grootte leiband en halsband te kies. Hulle kan ook ʼn naamplaatjie maak terwyl jy wag.

Stone Square Vet Shop (vervolg . . .)

Speelgoed en bederfies

ʼn Onlangse ondersoek wat in die Animal Cognition-joernaal gepubliseer is, het getoon dat speelgoed vir honde dieselfde rol speel as prooi vir wolwe. Dit is dus nie verbasend dat hulle speelgoed en bederfies verkies wat soos kos smaak (kougoed), uit mekaar geskeur kan word, en/of ʼn geraas maak nie. Maar, nes mensbabas, is honde geïnteresseerd in nuwe goed en verloor hulle gou belangstelling in iets waaraan hulle gewoond geraak het. ʼn Konstante voorraad nuwe speelgoed en bederfies sal hulle besig hou. Indien die geblaf aanhou, klop vir hulp aan by ʼn professionele honde-opleier of jou dierearts.

16

Page 17: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

Vir sommige individue met sensitiewe velle kan oormatige blootstelling aan dié skerms skermdermatitis veroorsaak. Dit beteken dat die selle in die vel benadeel word deur voortdurende blootstelling aan lig en elektromagnetiese velde. Boonop straal buisligte ook ultraviolet-strale (UV-strale) uit wat die vel verder blootstel aan potensiële skade en vroeë veroudering. Die enigste advies, buiten die gebruik van ʼn teen-uitstralingskerm om die skade van UV-strale te verlaag, is om te verseker dat jy ʼn produk gebruik wat antioksidante, sowel as ʼn goeie sonbeskermingsfaktor (SBF), bevat terwyl jy rekenaarwerk doen. Wat is goeie SBF?UV-lig kom in drie vorme voor: UVA, UVB en UVC. UVA- en UVB-skade kom gewoonlik by buitelugmense voor en UVC by mense wat meer binnenshuis verkeer. Aangesien skade aan die vel velkanker kan veroorsaak, moet jy jou vel beskerm om dit te verhoed! Tot soveel as tagtig persent van voortydige veroudering van die vel kan in die eerste 20 jaar van jou lewe voorkom. Die vel is ons grootste orgaan en bou ʼn geheue op. Dit is waarom gesonde veroudering ʼn beter benadering as teen-veroudering is.

Madeleen Health & Beauty Studio – geleë in die Stone Square-sakekompleks – is onlangs deur Professional Beauty South Africa aangewys as die Beste Salon in Suid-Afrika 2016 (3 kamers of minder) tydens die Professional Beauty Awards gala-geleentheid in Johannesburg. Madeleen deel waardevolle velsorgadvies vir vroue en mans. Hoe affekteer my rekenaar my gesig?Dit is nie slegs die son wat skade aan jou gesig veroorsaak nie. Volgens sekere navorsing veroorsaak rekenaarskerms ʼn elektrostatiese veld wat stof uit die lug aantrek. Dit kan dan op jou vel saampak en droogheid en irritasie veroorsaak, wat jou vel vinniger laat verouder. Dit is selfs erger in swak geventileerde omgewings.

Madeleen Health & Beauty Studio

17

Page 18: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

Die meeste mense is geneig om hulle vel as gevolg van droogheid in die winter goed te versorg. Nietemin het die vel ook in die somer, as gevolg van blootstelling aan die son, bykomende versorging nodig. Om daardie warm sonstrale te kan geniet, moet ons aan ʼn paar aspekte herinner word: • Is ʼn sonskerm met ʼn SBF van 100 sterker as

een met ʼn SBF van 40? Nee, dit beskerm jou net langer voordat jy weer van die produk moet aanwend. Dit werk só: Indien jy ʼn sonskerm met ʼn SBF van 30 gebruik, en dit gewoonlik 10 minute neem voordat jy sonbrand opdoen sonder enige SBF, vermenigvuldig die twee getalle om uit te vind hoe lank jou sonskerm jou sal beskerm voordat jy sal begin brand. In hierdie geval sal dit 30 x 10 = 300 minute of 5 uur wees.

• Wat is die minimum SBF wat ek behoort te gebruik? ʼn Minimum SBF van 30 op jou gesig en lyf.

• Hoe lank voordat ek in die son uitgaan behoort ek sonskerm aan te wend? Wend sonskerm tussen 30 minute en ʼn uur voordat jy uitgaan, aan.

• Ek het gehoor van ʼn produk wat sonskerm in die wasmasjien op klere kan aanwend, veral vir die klere van kleuters. Wat word dit genoem? Dit word Sunguard genoem.

• Watter twee bestanddele in sonskerms is die veiligste vir babas? Sinkoksied en Titaandioksied is die veiligste vir ʼn baba se sensitiewe vel. Beide is fisieke blokkeerders wat beteken dat hulle in werklikheid die son se strale terugkaats vanaf die baba se vel.

• Watter produk wat algemeen in apteke beskikbaar is, werk die beste vir sonbrand? FASTUM.

Belangrik, moenie nadat jy hierdie artikel gelees het, verlede jaar se sonskerm wat reeds buite die

vervaldatum is gebruik nie, dit sal heel waarskynlik nie meer werk nie. Koop ʼn nuwe produk vir ʼn nuwe benadering tot die versorging van jou vel. En vir die manne . . . onthou asseblief dat julle ook ‘n vel het! Om die waarde van ʼn goeie sonskerm te sien, kyk na dié YouTube-snit op die Madeleen Health & Beauty Studio-webwerf – “Do you know how the sun sees you?”. (https://www.youtube.com/user/MadeleenBeauty)

Alecia, Madeleen en MariFoto: Lizelle Lotter Photography

18

Page 19: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

HOME MAINTENANCE LINEA VALUE ADDED SERVICE TO ALL RESIDENTS

CLICK HERE TO REQUEST A PRO TODAY!

.

Page 20: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

U bydrae is belangrik!

Stuur asseblief u voorstelle en bydraes vir die volgende Welgevonden Bulletin na [email protected]

20

Page 22: OKTOBER 2016 - Amazon S3s3.amazonaws.com/gloportalemag/welgevonden/20161102/...“Van ons mooiste herinneringe kom uit tye toe ons plakkies gedra het.” – Kellie Elmore (vry vertaal)

ADVERTEER JOU BESIGHEIDIN ONS VOLGENDE UITGAWE

TEL: 0861 017 424

E-POS: [email protected]