16
Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 – 7 Jerry se uitreike 8 Freddie in Botswana 11 Padveiligheid - Highway mission centre 14 Dissipel

Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Oktober -

November

2012

MC & Lezelle Coetzee 3 - 5

World Outreach 6 – 7

Jerry se uitreike 8

Freddie in Botswana 11

Padveiligheid - Highway mission centre

14

Dissipel

Page 2: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Bladsy 2

Sending OpdragSending OpdragSending OpdragSending Opdrag

1 Korinthiers 9:13-14: Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie? So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.

Die sendingopdrag is ‘n bomenslike taak wat glad nie in eie krag uitgevoer kan word nie.

Dit is nie binne die vermoë van enige mens om die ryk van satan aan te durf en te oorwin nie. Jy kan nie jouself red nie, en ook nie ander verlorenes wat in die mag van satan vas-gevang is nie.

Die Here Jesus gee egter ‘n vaste versekering aan Sy dissipels: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.”

Hy het gekom om te soek en red wat verlore was (Luk. 19:10), en ons taak is om verlore siele na Hom toe te lei.

Sy verlossingskrag is deur die Heilige Gees op aarde werksaam om aan verloregaandes redding te skenk en bande van sonde te verbreek.

Gebed: Here, U stort U seëninge soos milde reën oor alle sendelinge uit. Bewaar en beskerm hulle in die veld en waar hulle ookal werksaam is.

AMEN

Page 3: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

PersoonlikheidsprofielPersoonlikheidsprofielPersoonlikheidsprofielPersoonlikheidsprofiel Bladsy 3

Op 14 Maart 1968 in die Queen Victoria hospitaal in Johannesburg het MC Coetzee sy eerste

skree gegee, die eerste van vele! Hy is die oudste van drie kinders. MC het groot geword op ‘n

plot in Muldersdrif, tussen Pretoria en Krugersdorp en sy lekkerste lekker was om met die

‘scrambler’ op die plot rond te jaag en net kind te wees in die veld, sy droom was om eendag ‘n

wildbewaarder te word.

MC was in HTS Nic Diedericks in Krugersdorp en is daarna lugmag toe waar hy sy N6 as

vliegtuigmonteerder verwerf het. Daarna het hy studeer by die AGS Teologiese Kollege en die

destydse Randse Afrikaanse Universiteit en sy BA TEOL (Hons) graad verwerf. MC het van

net na skool al ‘n passie ontwikkel vir sending, en het besef dat sending nie op ‘n beroepstelsel

werk nie, dis ‘n keuse.

Sendingbestuur

MC & Lezelle Coetzee

Page 4: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Bladsy 4

Lezelle is in 1972 in Krugersdorp gebore as laatlammetjie, enigste dogter tussen drie seuns en

rou engels.

Hoe die boertjie en engelse dame by trou uitgekom het is inderdaad ‘n raaisel. MC beweer hy is

besig om Lezelle meer mens (afrikaans) te maak, wie vir wie transformeer is ‘n ope vraag, maar

saam is hulle in wenkombinasie. In 1993 is hulle getroud en uit hulle huwelik is hulle pragtige

kinders Chané (1999) en Michael (2000) gebore. Die gesin se gunsteling tydverdryf is om saam

fiets te ry en te kamp in die natuur. Lezelle beskryf MC as rustig en wys, hy is nie bang om

goed aan te pak nie en sal ook nie iets doen as hy nie die sin daarin kan sien nie.

MC en Lezelle se betrokkenheid by sending kan nie anders as om die kinders te raak nie.

Vakansietye is uitreiktyd en dan gaan hulle saam. Hulle is al van kleins af in omstandighede ge-

plaas waar hulle privaatheid en persoonlike ruimte oorweldig word. Met enige sendingwerk is

die finansies maar altyd ‘n kwessie en hulle moet ook leer om tevrede te wees met wat hulle het.

MC is ook baie van die huis af weg en dan moet Lezelle alleen die leisels vat. Ten spyte van die

opofferings geniet hulle dit, want hulle weet wat is die REDE...

Wat MC absoluut rooi laat sien is mense wat ander te na kom of lieg. Al wat dan sy gemoed

kalmeer en hom bietjie opbeur is om ‘n lekker beker koffie te maak en na Theuns en Juanita se

DVD te kyk.

MC het vir drie jaar as jeugpastoor by die AGS in Parys bedien en het in 2000 voltyds aanges-

luit by World Outreach International (WOI). Hy was vir ‘n jaar by WOI werksaam en het

daarna weer terug getrek na Parys, waar hy ‘n sateliettak vir WOI geopen het.

In hierdie tyd is ‘n voedingsprojek op die been gebring waar hulle in Parys en Tumahole en

later ook Potchefstroom, gesinne en kinders op ‘n weeklikse basis kos gee. Vrywilligers is by

hierdie projek betrek. MAP (Missions Adventure Program) is ook vir die PUK studente aange-

bied. Dit behels ‘n week lange Bybelkursus oor God se hart, sowel as ‘n uitreik na Lesotho of

Swaziland en word afgesluit deur ‘absailing’ en ‘river rafting’.

Na ses jaar is hulle beroep na Potchefstroom en het verskeie deure ten opsigte van sending vir

hulle oopgegaan. Een hiervan is dat hulle verskeie gemeentes se gr 11 belydeninsklasse op

uitreike neem, waar basiese Bybelse sendingbeginsels ook met hulle gedeel word. ‘n Ander pro-

jek wat MC na aan die hart lê is die Bybelskool wat in Januarie 2012 in Lesotho, waar hy al be-

trokke is van 2003, se berge begin is.

Daar is tans 10 studente wat maandeliks vir twee dae (oor ‘n naweek) klasse bywoon. Hulle is

ook sedert 2001 betrokke by projekte in Swaziland en beplan om in 2013 ook daar met opleid-

ing te begin. Min dinge maak MC op sy senuwees, maar om in Lesotho se berge te ry wanneer

dit reën en jou voertuig gly nes hy wil sal enige man benoud maak. Hy het homself maar

geleer om in sulke situasies diep asem te haal en baie stadig te ry...

Hulle behartig tans al die WOI – SA sendelinge se finansies en administrasie wat in Afrika

werksaam is vir WOI. MC is aangestel as die WOI-SA country office direkteur in 2009.

Page 5: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Bladsy 5

Die afgelope twaalf jaar wat hy al betrokke is by sending beskryf hy as volg: “ Dis ‘n avontuur

om totaal van God afhanklik te wees! Ek beleef God op ‘n totaal ander vlak as voorheen!” Dit

bly vir hom wonderlik om te sien hoe die Lig in mense se gesigte aankom wanneer hulle snap

wat Jesus vir hulle aan die Kruis bewerkstellig het.

God is getrou! “Toe ons die sekuriteit van ‘n beroep in ‘n gemeente gelos het, het Vader in

Matteus 6 beloof om altyd aan ons menslike behoeftes te voorsien en waarlik, ons kan net

getuig van Sy getrouheid hieraan.”

MC en Lezelle het ‘n visie wat die Here die afgelope paar maande in hulle harte laat brand het,

om ‘n opleidingsprogram en Woordskool vir gewone gemeentelede en sendingbelangstellendes

te begin. Hulle roeping berus op Efesiërs 6 “equipping the saints for the edification of the

Body of Christ....”

Hulle wil graag sien dat die kinders van die Here sal besef wat hulle gekry het die dag toe hulle

hulle lewe vir die Here gegee het. Sy Gees – die totale volheid van Sy outoriteit, genade en

oorwinning. Dit sal maak dat ander mense nie meer nodig sal hê om te preek oor uitreik na jou

naaste nie, dit sal spontaan gebeur.

Page 6: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Bladsy 6

`AVA fç uxw|xÇ|Çz ‹ “Terwyl ons Mei 1999 met ‘n drie-maande oue baba dogtertjie op ‘n plaas in

Namibië by my swaertjie hulle gekuier het, het ek een oggend gaan stap. Dis daar wat ek tot dit besef

gekom het dat sending nie op ‘n beroepstelsel werk soos in die kerk wêreld nie—dis ‘n keuse….

Ek en Lezelle het afsonderlik van voordat ons ontmoet het ‘n passie vir die sendingakker beleef. Dit

is na drie jaar in ‘n gemeente waar ons as jeugpastoorspaar bedien het wat ek besef het, ons gaan

moet kies.

Dit is nou 12 jaar later en Vader se belofte uit Matteus 6 waar hy gesê ons moet na die blomme in die

veld kyk, hoe Hy hulle versorg en dat ons nie moet bekommer oor wat sal ons eet of wat sal ons

aantrek nie … vervul Hy elke dag!

Ek was in die lugmag toe ek die Here se roeping ervaar om voltyds in die

bediening te staan. Ek het deur die AGS Teologiese Kollege en die destydse Randse Afrikaanse

Univeriteit my BA Teol (Hons) toe voltooi. Ons is aan die einde van my eerste jaar in

1993 getroud. Toe my studies voltooi is het ek en Lezelle vir drie jaar as jeugpas-

toorspaar die jeug in Parys bedien. Dit is toe dat ons die keuse gemaak het om

voltyds aan te sluit by World Outreach International—’n internasionale sending or-

ganisasie wat hierdie jaar sy 80ste verjaarsdag herdenk het en in meer as 60 lande

wêreldwyd betrokke is. Ons roeping is op Ef 6 … “equipping the saints for the edi-

fication of the Body of Christ ...” gebaseer.”

Uxw|xÇ|ÇzáÑÜÉ}x~àxM ‘n Voedingsprojek wat in Parys en Potchefstroom aan behoeftige gesinne (binne en buite die dorp) op

‘n weeklikse basis kos voorsien. (Sedert 2001)

‘n Bybeskool in Lesotho naby die Katse dam waar mense wat in “villages” in die berge opgelei word

om die Woord te deel in moeilike omgewings.

Sedert 2002 is daar projekte wat in Swaziland 10km vd Mosambiek grens en in Lesotho hardloop.

Dit is ook hier waarna studente en werkendes geneem word om jaarliks kruiskulturële blootstelling te

kry.

So gesels MC oor hulle bediening. As kind het hy op ‘n kleinhoewe tussen Pretoria en Krugersdorp groot geword en kan

mens verstaan hoekom in die veld wees vir hom kosbaar is.

Tá ÅxÇá ‹A Van sy lekkerste herinneringe as kind is juis die rondjaag met ‘n “scrambler”,

die keer toe hy met ‘n rooi “vaal japie” gras moes sny onder die perskebome en ‘n perdeby hom op

sy bo-been geklits het … die pomp se aan en af sit laat in die aand en ouma en oupa se lekker kag-

gel wat heerlik gebrand het terwyl ooms en tannies gekuier het en hy as seuntjie tussen die gelag na

‘n dag se gespeel tevrede aan dit slaap geraak het agter die bank.

En so ken ons MC, iemand wat lief is vir mense, lief is vir kuier oor ’n varsgemaalde koffietjie en sto-

ries vertel. Wanneer hy in die omtrek is kan jy weet, hy sal een of ander kommentaar lewer wat al-

mal sal laat lag!

Page 7: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Bladsy 7

Lesotho Uitreik

WORLD OUTREACH

DESEMBER 2012

Dit is die 4de jaar wat ‘n groep van om en by 50 mense vir 4 dae ‘n village

so 10km van die Katse Dam bedien. Oud en jonk, gee dit wat hul kan om vir

die mense Jesus se Liefde te wys.

Daar is ‘n plek vir jou om in te skakel—kontak asb. vir MC op 083 462 2224

of epos [email protected] indien u belangstel om saam te gaan.

Verblyf is gratis, etes is R150 per volwassene

en almal las vir brandstof.

Bedieningspanne:

Medies

Kosspan

Kinderbediening

Craft werkswinkel

Evangelisasie

Jesus Film

Kom ervaar die

wonder van on-

voorwaardelike

liefde in aksie!

BESPREKINGS:

BESPREKINGS:

BESPREKINGS:

BESPREKINGS:

[email protected]

[email protected]

[email protected]

[email protected]

Page 8: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Bladsy 8

BOTSWANA VERSLAG OKTOBER 2012

12 September 2012

Vroeg oggend kry ek ‘n sms van Willie in Seronga Botswana dat Joseph( Pastoor saam wie ek werk op

Seconomboro) se 3 huisie total afgebrand het met alles wat hulle besit.

13 September 2012.

Ek kuier by ‘n vriend in Vereniging, wat my ondersteun in die

Sending, Frans. Terwyl ons praat vertel ek hom van Joseph se huis.

Dis 12 uur oggend.

Frans stel voor ons ry die volgende oggend Botswana toe om te

gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad oop

na die erf toe waarvoor ons nou aansoek gedoen het. Maar Toni

ons vriend in George moet saam. Ons bel Toni, dis gereel, 10 uur

die aand bel Frans my Toni is op OR Tambo Lughawe hy tel hom

op.

14 September 2012

Vroeg oggend ry ons Botswana toe. Ons slaap oor By Hendrik op D’Kar buite Ganzi. Volgende oggend ry

ons tot by Joseph. Wat ‘n somber toneel begroet ons nie. Sy

familie wat daar by die puin sit en alles verloor het. Willie hulle

het gehelp waar hulle kon. Ons slaan sommer kamp op daar op

die erf langs die kerk en afgebrande huisies. Koue stort en

warm tente in die son.

Nodeloos om te sê maar ons het geen privaatheid nie. Dit voel of

die hele Village elke 15 min. kom kuier en gesels. Hulle waar-

deer ons besorgdheid baie.

16 September 2012.

Joseph vra my om die woord te bring in Seconomboro (Waar ons

gaan bly). Dis vir my ‘n groot voorreg en ek preek kort, so 2 ure lank. Dis gewone Afrika kerkdiens tyd.

Die middag gaan ons kerk toe op Ngerange waar Joseph se kerk is. Joseph hou diens.

Dae wat volg.

Ons vat Joseph en sy vrou, Esther, Shakawe toe waar

hulle al die nodigste koop om kos te maak (Potte, panne,

borde ,messe, vurke en nog baie meer ook battery ens

om krag van die son panele op te wek. Koop klomp

nuwe sinkplate en kos. Dankie vir Frans wat help met

die finansies! Ons gaan kuier ook by Willie op Seronga

en klaar ‘n paar onduidelikhede op.

Ons besoek die erf op Seconomboro en die ou van die

Landbord. Hy gaan saam erf toe en wys ‘n pad tot op die

erf teen die Delta. Hy sal vir ons die pad oopmaak vir

die uitreik wat kom. Wat ‘n “blessing”. Gaan sien die

Gosi en maak goeie vriende. Hulle verwelkom ons daar

en vir die uitreik wat kom.

JERRY

Page 9: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Bladsy 9

Frans en Toni is jaloers omdat ons nie op die erf gaan bly het nie want dit is prentjie mooi daar.

Hulle wil somme weer saam die uitreik kom.

Donderdag is ons terug by die huis na ‘n baie geslaagde en geseënde besoek.

UITREIK 28 SEPTEMBER

TOT 6 OKTOBER.

Uitreik span: Ds Okkie Cilliers, sy broer Jaco,

Wouter Smith, Francois Haarhoff, Louwtjie vd

Walt, myself Jerry, Oom Ben Geldenhuys en Theo en

Mariet Wallis.

29 September 2012.

Ons vertrek vroeg oggend vanaf my huis na Botswana. Kom op die aakligste kop aan kop

botsing af op pad. Dankie Here vir ons vir ‘n veilige reis en al jul gebede.

Groet ons vriende Johan Markowietz op Kang. Slaap oor op Ganzi binne in die NG Kerk voor

die kansel( Stel voor aan Ds Okkie dat ons dit gereeld kan doen in Miederpark, hy antwoord

nie!) by Ds. Hennie en Engela Basson. Kyk die Springbokke by die bure. Ds kry ‘n matras by

hulle en ons kan hulle met klere en Bybels seën.

30 September 2012

Vroeg oggend ry ons tot by Lake Ngami om vir die groep te

gaan wys die mooi natuur. Ons sit vas in die sand vir so

halfuur en kry ons self daaruit met moeite. Ons

arriveer op Seconomboro so half 5 die middag na +- 1600

+ km agter die rug. Ons slaan kamp op, die mooiste plek

teen die Okavango Delta, ons bewonder God se skepping.

Ek gaan ontmoet die Gosi en die man van die Landbord

by die Gotla (Plek van samekoms), waar die hele Village “Independence Day” vier. Hulle

ontvang ons met ope arms. Daar is baie mense.

Die dae wat volg

Ons gaan gee vir pastoor Loyd sy Laptop en Kamera wat Frans belowe en saam gestuur het

asook vir Joseph sakke klere. Ons ry Shakawe toe en

verken die area. Ons wys die Jesus Film daardie aand

in Seconomboro. +- 200 Mense daag op, wat ‘n seën,

alle eer aan die Here. Die span kry net soveel seën

daaruit.

Die volgende dag gaan besoek ons Joseph en sy mense

op Ngerange so 6 km weg by die Volgende Village.

Die middag loop ons na ‘n Olifant karkas wat die

vorige dag geskiet is, so ent van ons kamp af.

Page 10: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Bladsy 10

Olifante is baie bedrywig in die omgewing, die mis lê tot in

ons kamp. Die mense het al die vleis afgesny net die

beendere is oor, 2 Villages se mense word gevoed met

vleis.

Ons bad in die Delta die middag shampoo en al.

Daardie aand gaan wys ons die Jesus Film in Ngerange by

Joseph se kerk. +- 100 mense kom. Eer aan die Here.

Daardie aand sit die groep om die kampvuur . Terwyl ons

daar sit breek iemand in by Theo en Mariet se tent en steel +- R40000 se goed.

Die volgende dag rapporteer ons dit by die plaaslike polisie. Daarna kry ons ‘n saaknommer in Shakawe.

Dit vat ‘n halwe dag. Ons slaap oor op Katima Mollilo.

Ons vertrek terug huis toe via Kasane waar die ouens “getreat” word op ‘n boot wilds besigtiging.

Die polisie laat weet ons die diewe is gevang en opgesluit. Alles is terug gevind volgens die lys wat ons

ingegee het. Behalwe Mariet se ring.Hulle glo hulle sal dit ook kry. Wat ‘n getuienis, ons het soveel ge-

bid dat alles terug gevind sal word. Die Here is getrou, altyd. Willie kom die 16e SA toe dan sal hy die

goedere saam bring.

5 Oktober 2012

Ons ry tot op Mahalapye waar ons oorslaap op die Sendingstasie by Richard en Elize Monke. Almal is bly

om nie kamp op te slaan nie. Hulle is pragtige gasvrye mense. Ons slaap in kamers. Die volgende dag ry

ons en besoek my vriend Len v Onselen op Lobatsie, wie se sekeretaresse besig is om my te help met

my permitte.

Ons arriveer half 4 by die Kerk Miederpark in Potchefstroom.

Wat “n geseënde uitreik en pragtige mense wat saam was. Dankie vir hulle liefde en vriendskap wat vir

altyd sal bly staan! Ek weet dit was ‘n kort uitreik maar ek glo die Here het baie vermag deur ons. En

die vriendskaps bande wat gesmee is. Vir my en die Woord is daar baie deure oopgemaak in Seconom-

boro en Ngerange.

GebedGebedGebedGebed

∗ Dank die Here vir al hierdie geleenthede om van nut te kon wees in Sy Koningkryk.

∗ Nog steed vir ons permitte en blyplek.

∗ Dat die Here almal wat saam was en betrokke was, ook hier, verder sal gebruik om betrokke te

wees met die uitdra van Sy Woord en dat dit nie oorons gaan nie maar oor Hom en sy genade vir

almal.

∗ Die heel belangrikste is vir onderlinge verhoudings en siele vir Christus.

∗ Eer die Here vir veilige reis in gevaarlike situasies en onveilige bestuurders.

∗ Dankie vir vriende soos die wat saam was.

∗ Dat die Here in die groep se harte sal werk om ‘n liefde vir Sy opdrag en saak te kry. En dat ons by

menses al verby kyk en die liefde en genade van Jesus vir alle menses al raak sien!

Page 11: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Bladsy 11

Liewe Vriende

Hierdie is net ‘n kort nuusbrief om julle weer op hoogte te bring van al die vordering op die huis.

Ons het einde Junie ‘n baie geseende tyd by Lofdal konferensie gehad en ook die tyd saam met vriende daar geniet. My pa was weer in ICU en kon ons afgaan om bietjie tyd saam met hom te spandeer, voordat ons vertrek Botswana toe.

Die beplanning was om begin Augustus terug te ry Botswana toe, maar ek het erg griep en larangitis gehad en het ons toe uitgestel tot die 9de Augustus. Maar die griep het sy houvas gehad en is die datum weer aangeskuif,

4 uur op die oggend van die 10de is my pa na ‘n baie lang siekbed oorlede. Ons het met dankbaarheid besef hoekom die Here ons teruggehou het. Na die begrafnis het

ons besluit om my ma saam met ons terug te bring so-dat sy bietjie kon wegkom van die leë huis. Baie dankie aan elkeen wat saam met ons gebid het, ons wil glo dat dit vrugtig was.

Vriende van Pretoria en Ottosdal het reeds al die 15de opgery Seronga toe om te begin met die bedrading van die huis. Ds Wimpie en ‘n groep manne van

Rustenburg het saam met ons opgery en ons het uiteindelik Saterdag aand die 19de in Seronga geariveer. Ben en George het goed gevorder en was die bedrading al feitlik klaar gedoen en kon die ander toe begin om die watertenk op te kry die waterpype te lê en die donkie op te kry.

Daar was nog redelik werk om aan die huis te doen soos die vloere wat gegooi moes word, binne mure moes gepleister word, pype vir die water en riool moes

gelê word en die rioolput moes gepleister word.

Vroeg Saterdag oggend die 25st is Ben saam met sy span “elektrisiens” terug Pretoria toe en Sondag oggend 26st is Ds Wimpie en sy span “loodgieters” terug Rus-tenburg toe. Baie is gedoen maar daar sit ons weer alleen al ons nuwe vriende is weg en dit lyk soos ‘n berg wat nog voorle, (dis eienaardig hoe alles met die men-slike oog soos ‘n berg lyk, totdat jy dit aanpak). Die Here was vir ons goed gewees Hy het die krag en

wysheid vir elke taak voorsien.

Freddie & Lesley

Page 12: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Bladsy 12

Die week nadat al ons vriende hier weg is breek die

landcruiser, en daar het ons nie ‘n ryding om sand en hout te laai nie. Gelukkig ken Freddie sy baba en kom hy toe gou agter wat die probleem is, die wiel ‘bearings’ het heeltemal gedisintegreer en een van die ‘difflock’ se ‘springs’ het ge-breek. Die Here onderneem weer en kon die Jesus Film span vir ons die parte saambring van Pretoria.( Dankie aan almal wat rondgery het om parte te soek en vir u wat die fondse voorsien het.) Die landcruiser is weer soos nuut.

Die Jesus span van ds Lendus is die week hier waar hulle by die klein omliggende villages die Film wys. Freddie is weer terug in die tuig en neem weer die dien-ste in die village waar en Saterdae vang ons vis.

Vandag is al die binne mure reeds klaar gepleister die sement bad is gebou en ons is tans besig om die vloere te kompakteer, dan moet die vloere nog gegooi word, die toilette en wasbakke moet ook nog in. Ons wil net die huis leefbaar kry sodat ons kan intrek, dan kan ons later die afronding doen soos plafonne, verf en kaste. As die Here wil sal ons graag Desember wil intrek. Dan sal ons ook begin om die werkswinkel te bou.

Daar was ook ellende toe ds Joseph se huis op Ngarange een oggend afgebrand het. ‘n Parafien lamp is per ongeluk omgestamp en die riethuis het binne oomblikke tot op die grond afgebrand. Maar weereens het ons

gesien hoe ons Vader se kinders, se harte oopgaan en binne ‘n dag is die geld en hande daar om die huis weer te herstel. Dankie Here.

Ons sien ook uit na ‘n groepie vriende van Thabazimbi wat

die laaste week in September opkom om met die vloere en plumbing te help. Baie dankie aan ou en nuwe vriende vir julle hande, julle kennis, julle finansiele ondersteuning en julle oop harte. Ons waardeer julle gewilligheid om te kom help sodat ons weer met die geestelike werk kan

begin.

Page 13: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Bladsy 13

Ek wil net dankie sê vir elkeen wat gehelp het en dit moontlik

gemaak het vir Pierre om my die laaste 2 weke Te kon besoek en

bystaan. Dit was vir my 'n groot seën gewees, na 'n baie moeilike

tyd hier op die sendingveld Net om iemand by my te kon hê wat my

weer kon help om weer krag te kon kry om te kon aangaan en Om net

daar te wees.

Baie dankie.

Dankie uit Malawi

Page 14: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Bladsy 14

Met die oog op die Desember vakansieseisoen beplan Highway Mission Centre weer 'n nasionale dag van ge-bed om vir Padveiligheid by die Here in te tree. Ons glo u is almal, net soos ons, baie bewus van die talle ongelukke tans op ons land se paaie waar mense hulle lewens verloor. Dit word beskryf as 'n voortdurende slagting wat nie 'n einde het nie en dit laat 'n mens sidder as jy daaraan dink dat Desember net om die draai is. Die skole sluit op die 7de en meeste fabrieke sal seker op die 14de sluit wat beteken dat daar weer derduisende voertuie in alle rigtings op ons paaie sal wees. As die Here ons nie genadig is nie sal die ongeluksyfer weer die hoogte inskiet, daarom is dit uiters noodsaaklik dat ons hande vat en saam by die Here intree om te pleit dat Hy ons genadig sal wees en die gety hierdie keer sal draai. Ons verkies Sondag die 2de Desember 2012 as Nasionale dag van Gebed vir Padveiligheid aangesien dit die laaste Sondag voor die vakansieseisoen is. Daarna kan gebedsaksies wat gereeld op strategiese, maar veilige, plekke langs die hoofroetes saamkom om vir Padveiligheid by die Here in te tree, daarmee aangaan. Moenie toelaat dat die Nasionale dag van gebed enige verdere gebedsuitreike kelder nie, gaan asseblief daarmee aan.

Hierby aangeheg vind u gebedsriglyne wat gebruik kan word wanneer daar vir Padveiligheid by die Here ingetree word. U vriendelike samewerking sal hoog op prys gestel word.

Page 15: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Gebruik genoeg tyd om te bid vir die beskerming van padgebruikers gedurende die komende vakansieseisoen. Ons fokus hierdie keer op die gesindhede van bestuurders, maar voel vrymoedig om enigiets anders te bid soos wat die Heilige Gees jou lei en by te voeg by hierdie riglyne.

Bid dat daar geen ongelukke gedurende die vakansieseisoen sal wees wat nog meer mense se lewens sal eis nie. (Daar word meer as 1000 lewens per maand in padongelukke geëis).

Bid dat bestuurders verantwoordelik sal wees in die volgende areas:

∗ voertuig moet padwaardig wees

∗ maak al die passasiers (insluitende bestuurder self) se sitplekgordels vas

∗ handhaaf spoedgrense en rustye

∗ bestuurder moet nie moeg, vaak of onder die invloed v. drank of dwelms wees nie

Bid vir die Verkeersbeamptes se veiligheid, dat hulle sigbaar en beskikbaar sal wees, dat hulle instaat sal wees om hulle werk eerlik en goed te doen.

Bid vir die Paramedici wat dikwels erg verminkte- en dooieliggame uit voertuigwrakke moet haal en dank die Here vir hulle flink optredes waar hulle dienste benodig word.

Bid dat God ook die “Arrive Alive” veldtogte sal seën.

Bid vir beskerming van voetgangers.

Bid vir God se bonatuurlike beskerming teen fratsongelukke:

∗ diere wat oor die pad hardloop

∗ mense, veral kinders, wat oor die pad hardloop

∗ slegte paaie

∗ onvoorsiene probleme met voertuie bv. bande wat bars, ens.

Bid dat sataniste wat bymekaarkom gedurende hierdie tyd en vloeke uitspreek, geen sukses sal hê in hulle skadelike planne nie, en dat hulle in stede daarvan ‘n ware ontmoeting sal hê met die lewende God. (Geen wapen wat teen ons gesmee word, sal suksesvol wees nie – (Jes 54:17).

Bid dat bestuurders waaksaam, geduldig en verdraagsaam teenoor ander padgebruikers wees.

Bid dat God self die roekelose, nalatige en aggressiewe bestuurders se gesindhede sal verander, dit is iets wat net Hy alleen kan doen.

Bid vir beskerming van die uitreikspanne tydens die uitreike.

Bid dat die boodskap van elke CD-pakket wat deur die Hoofweg Evangelisasie Bediening uitgedeel word, deur God se belofte dat die Woord nie leeg sal terugkeer nie, bekragtig sal word.

Posbus 613

WORCESTER

6849

Tel: (023) 342 3189

Faks: 086 273 4108

Selfoon: 083 557 6592

E-pos: [email protected]

Jes 55:6 “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy naby is.”

Page 16: Oktober - November 2012 Dissipel · 2012-11-02 · Oktober - November 2012 MC & Lezelle Coetzee 3 - 5 World Outreach 6 ... gaan kyk waarmee ons kan help dan kap ons sommer die pad

Indien u enige bydrae het vir die Dissipel kan u die kantoor skakel in die oggend, of ‘n e-pos aan die

Sendingkantoor stuur, ons kontakbesonderhede is as volg:

Tel nr : 018 - 2946900

E-pos : [email protected]

Indien u ‘n bydrae wil maak om Sending te ondersteun kan u dit by die

kantoor betaal of u kan ‘n elektroniese oorplasing maak aan:

Miederpark Sending

Absa Bank

Takkode 632005

Rek nr 405 041 9146

Bladsy 16