Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Nuusblad van KLK Landbou Bpk
Vol 15 • Oktober 2015
Hoe lyk El Niño se byt?
Droogte beïnvloed slaggetalle en pryse
KLKGesprek
bl2
bl6
bl3
Ons kóók – digitaal en sosiaal!KLK IS NIE net jou vennoot in landbou nie, maar ook jou vriend op verskeie sosiale netwerke. Ons het ook onlangs ons digitale platform, waaronder ons webtuiste, opgeskerp.
Dié splinternuwe webtuiste spog met ‘n vars nuwe baadjie asook ‘n interaktiewe kaart wat al die KLK-winkels, vulstasies, motorhandelaars en soveel meer aandui. Hou die webtuiste dop vir die jongste plaaslike en internasionale landbounuus, markverslae, vleis- en karkaspryse en ook om uit te vind wat is nuut op die vee- en landbouveilingkalender.
Op ons Facebook-blad kan jy die jongste landbounuus en kompetisies asook KLK-nuus en interessanthede volg. Ons is ook aktief op Twitter en Instagram.
Like ons, volg ons en sê jou sê op ons sosiale platforms!
Kompetisie! Ons wag vir jou foto’s!
Stuur vir ons jou mooiste landboufoto’s en staan ‘n kans om ‘n R1 000 geskenkbewys by enige KLK-handelstak te wen. Die foto’s moet in KLK se bedieningsgebied geneem word en relevant tot KLK se besigheid wees. Hierdie foto’s sal op verskeie platforms deur KLK gepubliseer word. Vir meer inligting en kompetisiereëls, volg die skakel met jou slimfoon:
Facebook-skakel
Webtuiste-skakel
bl3
rms!
2 KLK Gesprek
DIE ALGEMENE JAAR-VERGADERING van aandeelhouers
het op 21 Julie 2015 plaasgevind.
Die finansiële jaarstate sowel as die
direksie- en ouditeursverslae is eenparig
goedgekeur. ‘n Dividend van 49 sent
per aandeel of R8,4 miljoen is op
4 September aan aandeelhouers uitbetaal.
Mnre JAA Engelbrecht (Japie) en
JPN Stander (Pieter) is herkies vir ‘n
verdere driejaar-termyn. Mnr FJ van der
Merwe (Francois) het na ‘n termyn van
10 jaar bedank as direkteur. Die direksie
het besluit om Mnr GC Olivier (Gert) as
direkteur te koöpteer tot die volgende
algemene jaarvergadering in 2016.
Die aandeelhouers het op aanbeveling
van die direksie, die aanstelling van
Du Toit van den Heever as onafhanklike
ouditeure en die samestelling van die
Oudit- en Risikokomitee bestaande uit
mnre JPN Stander, JM Bredenkamp en
WSB du Toit, goedgekeur.
Na afloop van die algemene
jaarvergadering is die volgende
direksiekomitees saamgestel:
- Uitvoerende Komitee
- Menslikehulpbronkomitee
- Sosiale en Etiese Komitee
Die samestelling van die komitees en
dienende lede word op KLK se webblad
aangetoon.
Soos reeds voorheen bekendgemaak,
het KLK se aandele vanaf 1 Augustus 2015
verhandel by wyse van tweeparty-
onderhandeling tussen kopers en
verkopers. Kopers en verkopers
voltooi steeds die tenderdokument
soos voorheen. Die aandele te koop
gevra en aangebied word op KLK se
webtuiste geplaas en word ook aan
alle aandeelhouers deur middel van
elektroniese kommunikasie bekendgestel.
‘n Transaksievorm word voltooi indien
die koper en verkoper ‘n transaksie (prys
en aantal) sluit. Vir meer besonderhede
besoek KLK se webtuiste onder “Aandele”
of “Verhandelingsprosedure”. Die
verhandeling van KLK-aandele was baie
aktief gedurende Augustus 2015 met
27 verkopers, 12 kopers en 169 833
aandele wat teen tussen R11,20 en R12
per aandeel verhandel het.
Aan die Woord...
Uit die raadsaalraa
Stephen van HuyssteenBesturende Direkteur: KLK
k
Jan SchutteBestuurder: KLK Vleis
Droogte beïnvloed slaggetalle en pryse
DIE EERSTE AGT maande van die 2015 kalenderjaar is verby en meeste van ons staan verstom daaroor dat ons reeds in Oktobermaand is. Die grootste deel van KLK se bedieningsgebied is steeds baie droog, maar gedeeltes na die weste en suide van Upington het wel laat reën ontvang. Die meeste produsente se weiding is egter uiters skaars en hulle situasie kritiek, wat hulle verplig het om hulle bemarkingsprogramme aan te pas en diere vir verslagting aan te bied wat nog nie die ideale slagkondisie en/of slaggewig bereik het nie.
Die produsentepryse vir A2/A3 lammers is nog steeds, soos laas kwartaal, bokant die vlakke van R55/kilogram en het nie onder hierdie vlakke verhandel nie. Die meeste van die abattoirs sukkel, soos verwag, reeds ‘n geruime tyd om voldoende deurset deur hulle fasiliteite te kry wat die pryse vir die grootste gedeelte van die kwartaal op vlakke bo R55/kilogram vasgepen het. Die vooruitsigte bly steeds dat daar laer getalle beskikbaar behoort te wees in die volgende kwartaal, wat opwaartse druk op die pryse vir lam en skaap sal uitoefen, alhoewel die normale drukbemarking in die laaste maande van die jaar steeds verwag word. Die reënval, al dan nie, wat gedurende die vroeë deel van die seisoen ontvang word sal ‘n bepalende rol
Lees Matt.25: 31- 46
‘DIT VERSEKER EK julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen’ (Matt 25:40).
Baie van ons sal hierdie gelykenis uit die profetiese rede van Jesus ken. Die skeiding van die skape en die bokke – klink na ‘n boerdery, dan nie? Ek sien al die boerbokke die rante vol hardloop, op hulle agterbene in die bome die sagte blaartjies afvreet.
Maar hier word met genade geboer. Vir dié aan sy regterkant sê die Here dat hulle aan Hóm genade bewys het: Hy was siek en is versorg, honger en dors – hulle het voorsien. Hulle het Hom as vreemdeling gehuisves, klere gegee, in die tronk besoek. Hulle het omgegee – vir Hóm!
Wanneer Here? Hulle weet dit nie eers nie: hulle het dit aan die geringstes gedoen, die kleintjies, dié wat vertrap word. Weggooi-mense wat niemand ag nie.
En dit was Hý! Ja, werklik! In die hongeriges
speel in die bemarkingsbesluite van meeste produsente.
Speenkalfpryse is steeds in die omgewing van R18/kilogram tot R19/kilogram lewendige gewig en daar word ook in hierdie kwartaal nie noemenswaardige bewegings voorsien nie. Daar is ook min markklaar bees beskikbaar vir verslagting en daarom behoort pryse vir hierdie kwartaal opwaarts te beweeg.
Daar is baie diere lewendig vanaf Namibië ingevoer en óf as speenkalwers in Suid-Afrika verhandel óf by een van die abattoirs verslag. Die rampdroogte wat Namibië genoodsaak het om die uitvoerregulasies aan hulle kant te verander, het deels hiertoe bygedra. Dit het by tye veroorsaak dat abattoirs, veral in die Noord-Kaap, taamlike druk ervaar het om die lam- en skaapslaggetalle te kon hanteer. Daar is met die skrywe hiervan nog geen duidelikheid oor die instel van ‘n stel nuwe invoerregulasies, al dan nie. Die uitbreek van bek-en-klouseer in Zimbabwe, soos gerapporteer deur die RPO op 1 Sep-tember 2015, beklemtoon weereens die noodsaaklikheid van die beskerming van die dieregesondheidstatus van die RSA en dat dit in ag geneem moet word in alle besluite wat oor die invoer van lewendige diere in Suid- Afrika geneem moet word.
Marksake
goet word.
Deon van Niekerk
en dorstiges, die siekes en vreemdelinge, veroordeeldes loop Hy onder ons rond. Skrikwekkend, nè…
Die arme bokke aan die linkerkant is die teen-beeld van barmhartigheid. Hulle het anderkant toe gekyk – soos die priester en die Leviet. Hulle het geloop en die geringstes vertrap, uitgebuit en verag. Hulle is óók verbaas. Dit was dan al die tyd die Here!
En ons – hoe kyk ons na die weggooi-mensies om ons? O, mag die Here ons nooit vra nie!
Die ware godsdiens, sê Jakobus, is om die wese en die weduwees te versorg. ‘n Sagte hart te hê vir die vreemdelinge…
Die ware God het Hom aan ons kom wys in die Here Jesus. Jesus van Nasaret. Hy het ons stofpaadjies kom loop. By tollenaars en sondaars gekuier.
Dit is Wie Hy is: Barmhartig, vol goedheid en genade.
Maar sal ons hom raaksien? As Hy só onder ons kom loop?
Verslete, honger, naak, gehawend.
Immanuel…
Pitkos vir die siel...
Skape regs! Bokke links!
3Oktober 2015
Jou vennoot in landbou
Maatskappynuus
Build it skop raak vir sokkerontwikkeling DANKSY BUILD IT Kathu se ondersteuning kon menige o/13 sokkerspelers hul tegnieke verbeter en toets by ‘n sokkerkliniek op 20 Junie by die Shisheng Stadion op Kathu.
14 spanne het dié dag onder leiding van nasionale sokkerspeler, Ruben Cloete, aan wedstryde deelgeneem waarna Shisheng Primary van Kathu as wenners uit die stryd getree het.
“Ons betrokkenheid by kinders lê my persoonlik na aan die hart en ‘n geleentheid soos dié bly ‘n kind by totdat hy ‘n volwassene is. Vir iemand wat elke dag net leef om te oorleef is dit nie net ‘n dag weg van die huis nie maar ook ‘n lig van hoop in ‘n donker tonnel. Ruben se boodskap aan die jong klomp was om weg te bly van dwelms en aktiwiteite wat jou terughou in die lewe. Hy het ‘n besonderse liefde vir die gemeenskap en sy mense en sy positiewe inslag het my beïndruk,” meen Pieter van der Westhuizen, KLK Build it Streeksbestuurder.
FRANCOIS VAN DER MERWE het met die algemene jaarvergadering 2015 van KLK Landbou as direkteur uitgetree. Hy was vir tien jaar ‘n KLK-direkteur en voor die Wes-Karoo Koörporasie van Calvinia se samesmelting met KLK in 2005, ook enkele jare ‘n direkteur van WKK.
Francois bedryf die Golden Fleece Merino-stoet op Calvinia. Hy sê hy het baie geleer van landbou en landboubesighede in die Noord-Kaap tydens sy direkteurskap by KLK. Hy het groot waardering en respek vir die kwaliteit van die direksie en bestuur van KLK.
Gevra oor sy planne vorentoe, vertel Francois dat hy nou betrokke is by die Leslie Hill Sukkulente Karoo Trust wat saam met die Wêreldwye Fonds vir die Natuur (WWF) en die Universiteit van Kaapstad hom toespits op die bewaring van en praktiese navorsing oor die Sukkulente Karoobioom (SK) wat in groot dele van die Noord-Kaap en ook in die Wes-Kaap voorkom. Een van die uitdagings is juis om bewaringsmodelle saam met grondgebruikers soos veeprodusente te ontwerp wat sal help om die unieke plantverskeidenheid (die SK is die plantrykste ariede streek in die hele wêreld) te beskerm. Aardverwarming, mynbou en onoordeelkundige beweiding bedreig hierdie planteskat. Die Trust het onlangs met uitgebreide samewerkingsvennootskappe met die Noord-Kaapse en Wes-Kaapse Departemente van Natuurbewaring en privaat bewaringsorganisasies begin om hierdie doelstellings te bewerkstellig.
Nog ‘n nuwe projek wat Francois na aan die hart lê, is die onlangs-gestigte Karoo Jeugstigting wat vanaf sy basis in Calvinia graag die jongmense van die Karoo wil help om deur effektiewe onderwys en geleenthede in sport, kuns en kutuur en met die vestiging van goeie waardes, sinvolle lewensdrome te vorm en te realiseer.
Francois is ook die skrywer van KLK Gesprek se Omgewingsake-rubriek en sal voortaan steeds by dié nuusblad betrokke wees.
Ruben Cloete saam met Shisheng Primary wat as wenners uit die stryd getree het.
Welkom!Voormalige direkteur pak nou ander projekte aan
Philip Naudé is die nuwe bestuurder by Upington Abattoir.
Kathu Build it se nuwe bestuurder is Stok van Zyl.
Departemente van Natuurbewaring en privaat
.
a gteis
e r.
e
KLK-aandeelprys – wie, hoe en wat bepaal dit?
VANAF 1 TOT 30 JUNIE 2015 het ‘n totaal van 49 092 KLK-aandele verhandel op vlakke tussen R10,20 en R11,92 per aandeel, met 13 kopers en 12 verkopers.
Gedurende die maand van Julie 2015 het 70 000 aandele op vlakke tussen R11,20 en R10,50 per aandeel verhandel, met 18 kopers en 7 verkopers.
169 833 aandele het in Augustus 2015 verhandel op vlakke van tussen R11,20 en R12,00 met 12 kopers en 27 verkopers.
DIE MARKPRYS OF verhandelingsprys van enige aandeel word ondersteun deur verskeie faktore waarvan onderliggende fundamentele syfers, resultate, mark-sentiment, risiko en verwagte toekomstige verdienste slegs ‘n deel vorm.
Die industrie waarin die maatskappy sake bedryf, handelsmerke, kompeterende voordeel, besigheidsmodelle, bate-samestelling en kapitaalstruktuur is verdere faktore wat die intrinsieke waarde en netto batewaarde van ‘n aandeel bepaal.
Daar is egter veel meer as bogenoemde en verskeie modelle word gebruik om die toekomstige markprys te voorspel – dit is soos om die weer te voorspel maar ietwat veiliger en met minder risiko, omrede daar sekere finansiële aanwysers is wat die historiese resultate en prestasie van ‘n aandeel weerspieël.
Hier byvoorbeeld sal die historiese verdienste per aandeel (VPA), die prys- verdiensteverhouding (PV), die netto bate-waarde (NBW), die dividendopbrengskoers en of die aandeel ‘n genoteerde of onge-noteerde aandeel is, ‘n goeie basis wees waarvolgens die markprys van ‘n aandeel geëvalueer word as hoog, billik of laag.
Verder mag al die bogenoemde faktore en modelle vir die bepaling van die redelike waarde van ‘n aandeel oorheers en beïnvloed word deur politieke en ekonomiese omstandighede, wisselkoers, wêreldmarkte en positiewe of negatiewe gebeure of uitsprake.
Marksentiment, vrees en gretigheid dat die aandeelprys verder sal styg of daal, speel somtyds ‘n groter rol as die fundamentele
faktore hierbo, wanneer die koper en verkoper besluit om ‘n transaksie te doen.
Bogenoemde bevestig net dat daar ‘n legio faktore is wat die markprys of verhandelingsprys bepaal. Uiteindelik word al of sommige van bogenoemde faktore deur ‘n koper/verkoper oorweeg of weggelaat in die vasstelling van die markprys.
KLK se aandele het gedurende Augustus 2015 teen ‘n gemiddelde prys van R11,45 verhandel, wat ‘n groei van 21,6% verteen-woordig, vergeleke met Julie 2014.
Indien ons dus die historiese (2015) fundamentele resultate gebruik, is die volgende van toepassing op ‘n KLK-aandeel wat teen R11,45 per aandeel verhandel:
- Verdienste per aandeel = 248,5 sent
- Prysverdienste = 4,6 keer
- Netto batewaarde (Feb 15) =1 261 sent
- Dividendopbrengskoers = 4,3%
- Markprys tot netto batewaarde = 90,8%
Vanuit bogenoemde verhoudings en statistiek kan die volgende gevolgtrekkings gemaak word:
- KLK se aandeelprys styg met 21,6% in Augustus 2015 vergeleke met Augustus 2014.
- Die aandeelprys verhandel teen ‘n diskonto van ± 10% teenoor netto batewaarde. Dit is gewoonlik so vir ongenoteerde aandele en veral landboubesighede se aandele.
- Die dividendopbrengs van 4,3% is goed.
- Die prysverdiensteverhouding is laag en die KLK-aandeelprys “goedkoop” teen 4,6 keer, indien dit met die JSE-gemiddeld van ± 14 keer vergelyk word of met die PV van ander landboumaatskappye.
Of die verhandelingsprys van KLK-aandele verder gaan styg of daal sal grootliks bepaal word deur kopers/verkopers se sentiment, die verwagte verdienste per aandeel vir 2016, die dividend wat in 2016 verklaar word en die netto batewaarde per aandeel teen Februarie 2016.
Die volgehoue toename in netto batewaarde, die jaarlikse hoër dividend, ‘n gesonde balansstaat en kontantposisie, gepaardgaande met voldoende kopers en verkopers gedurende die afgelope drie jaar het daartoe aanleiding gegee dat KLK se aandeelprys amper verdubbel het (Augustus 2013 = 651 sent, Augustus 2014 = 941 sent, Augustus 2015 = 1 145 sent).
Hierdie artikel het ten doel om ‘n oppervlakkige oorsig te gee van sommige van die redes vir die styging van KLK se aandeelprys en moet nie gesien word as advies om KLK-aandele te koop, te hou of te verkoop nie.
Die toekomstige verdienste, netto batewaarde en dividend sal beslis die opwaartse of daalfase van KLK se aandeelprys ondersteun maar uiteindelik sal kopers/verkopers en markkragte die aandeelprys vasstel.
Aandele verhandel sterk bo R10-vlak
49
70
170 1 041
1 1151 145
-10
10
30
50
70
90
110
130
150
170
190
210
230
250
100150200250300350400450500550600650700750800850900950
10001050110011501200
Jun '15 Jul '15 Aug '15
Volu
me
verh
ande
l '000
Prys
per
aand
eel (
Sent
)Maand
KLK-aandeleverhandelingsgeskiedenis
Volume verhandel '000 Prys per aandeel (sent)
4 KLK GesprekMaatskappynuus
TYE HET SEKERLIK verander sedert Nissan 64 jaar gelede sy eerste Patrol, die 4W60, bekendgestel het, maar een ding het nie: Nissan Patrol-eienaars sweer by hul keuse van duursame veldryer met ‘n 6 jaar/150 000 km-waarborg en ‘n 5 jaar/90 000 km- diensplan.
In reaksie op die terugvoer van die lojale en groeiende mark van Patrol-eienaars, het Nissan ‘n verskeidenheid nuwe “ekstras” vir hul allesoorheersende Patrol-stasiewa 3,0 TD 4x4 GL bekendgestel.
Die mees sigbare verandering op die turbo-diesel Patrol SW is die opgeknapte binneruim, wat nou met leer op al vyf sitplekke spog. Die voorste sitplekke is ook elektries-verstelbaar, wat ongewoon vir hierdie tipe voertuie is. Die nuwe paneelbord word met aluminium en hout afgerond en huisves ‘n moderne infotainment-stelsel.
Aan die buitekant behou die Patrol sy geharde voorkoms waarvoor sy aanhangers so lief is, kompleet met ‘n voorste buffer met ‘n indrukwekkende 37 grade-naderhoek en agterste ewenaarslot. Onder die vel het Nissan verstandig die beproefde en betroubare 3-liter, drukbuis, direkte inspuiting turbo-dieselenjin behou.
Hierdie enjin het ‘n bewese rekord en ‘n brandstofverbruik van 8,1 liter per 100 km op die oop pad is versoenbaar met 50 ppm-diesel.
Getrou aan sy off-road-status, is die Nissan Patrol toegerus met swaar kronkelvere, teleskopiese voorste en agterste skokbrekers en soliede voorste en agterste asse. Die Patrol het ‘n massiewe 135 liter brandstoftenk en geventileerde remskywe voor en agter.
Indien meer inligting oor die Patrol verlang word, kan Oranje Nissan op Upington besoek word, of Bertie Lubbe (Handelaarshoof: Oranje Nissan) kan by 054 338 8000 geskakel word.
5Oktober 2015
Jou vennoot in landbou
Aktueel
Nissan Patrol trek ‘n nuwe baadjie aan
Direksie verwelkom nuwe lid
GERT OLIVIER IS op 21 Julie vanjaar tot KLK se direksie gekoöpteer tot die 2016 algemene jaarvergadering.
Dié 39-jarige produsent, wat op ‘n ekstensiewe beesplaas in die Kalahari grootgeword het, bedryf ‘n Bonsmarastoet en kommersiële kudde in die Severn/McCarthy’s Rest-omgewing en produseer veldgeproduseerde vleis (free range grass fed beef). Hy noem dat
hy bevoorreg is om by sy pa, Johan, te kan leer en ondervinding op te doen in ‘n wetenskaplike boerdery, Bonka Bonsmara. “Ondervinding is relatief – die moderne boerdery vandag vereis ‘n multisentrum van insette, vaardighede en kennis. Ek dink nie ‘n mens kan ooit genoeg ondervinding opdoen in so ‘n dinamiese bedryf wat geïntegreer is met die wisselvalligheid van die natuur nie. Ek leer ook graag by suksesvolle produsente,” meen Gert.
Die strategiese benutting van weiveld, wat die kern van veeboerdery in hierdie ekstensiewe Kalaharigebied is, is sy passie in die boerdery. Ek is ook passievol en opgewonde oor paartyd, want hierdie genetiese besluite bepaal die pad vorentoe. Kalftyd is spesiaal en is die begin van ‘n nuwe generasie dier op die plaas. Speentyd verteenwoordig weer vordering en toekomstige verkope in die pyplyn.
Gert het meer as 15 jaar se ondervinding in die korporatiewe wêreld, as ‘n besigheidsadviseur, asook ‘n proses- en stelselimplementeerder. Hy beskik ook oor die grade B.Com (Bemarking), B.Com Hons (Strategiese Bestuur) en ‘n M.Com (Ondernemingsbestuur). “Hierdie ondervinding is relevant in ons eie boerdery en kan ook wees in ‘n landboumaatskappy soos KLK. Verder hou ek ook daarvan om analities te kyk hoe al die elemente en hulpbronne in ‘n proses of stelsel ingepas en ingespan kan word vir maksimum produktiwiteit en effektiwiteit.”
Gert is getroud met Nataisha, ‘n geoktrooieerde rekenmeester, en hulle het nog geen kinders nie. Nataisha is ook betrokke by die boerdery en bestuur die finansiële stelsel van die boerdery.
Jou vennoot in landbou
Johan van den Berg Santam Landbou
6 KLK Gesprek
Hoe lyk El Niño se byt?DIE NUUSMEDIA IS vol van die baie sterk El Niño wat tans besig is om te ontwikkel. Sommige voorspellings dui dat dit moontlik een van die sterkste El Niño’s op rekord kan wees.
Gelukkig is ‘n sterk El Niño nie altyd gekoppel aan ‘n sterk negatiewe uitwerking op reënval nie. Dikwels veroorsaak swakker El Niño’s meer intense droogte as sterk El Niño’s. Een van die redes is dat ‘n sterk El Niño eerder ‘n verskuiwing van reënval oor tyd veroorsaak as ‘n gebrek aan reënval.
Gegrond op historiese syfers was alle El Niño’s nie verantwoordelik vir droogtes in Suid-Afrika nie. Indien die Suid-Afrikaanse mielieoes as norm gebruik word, was vyf uit ses van die swakste oeste in die laaste drie dekades egter tydens El Niño-jare. Tussen 20% en 40% van El Niño-jare het egter gemiddelde tot bogemiddelde opbrengste tot gevolg gehad.
Waar staan ons tans? Teen die middel van September 2015 het die huidige El Niño reeds baie sterk ontwikkel en was see-oppervlaktemperature in die Sentrale Stille Oseaan meer as 2°C warmer as normaal. Om dit in perspektief te stel, was die El Niño van 2014/15 tydens die warmste periode rondom Desember 2014 maar ongeveer 0,9°C warmer as normaal. Die verwagting is dat die 2015/16 El Niño nog meer intens gaan word om tussen 2,5°C en 3°C warmer as normaal te wees teen ongeveer Desember, wanneer dit ‘n draaipunt behoort te bereik.
Die groot vraag is of die huidige El Niño wel droër toestande gaan veroorsaak. El Niño het dikwels voetspore wat tipies van El Niño is en wat kan dien as aanduiding of dit wel die normale uitwerking op Suid-Afrikaanse reënval gaan hê. Een daarvan is wat met Australië se reënval gebeur in die winter- en lentemaande (Julie tot Oktober). El Niño veroorsaak gewoonlik baie swak reënval gedurende hierdie tydperk oor die oostelike koringproduserende
gebiede van Australië. Tans lyk toestande redelik goed met baie goeie reënval wat in Augustus oor hierdie gebiede voorgekom het. Dit was baie beter as wat vroeëre voorspellings aangedui het en was El Niño se effek tot op hede dus nie tipies nie.
‘n Ander indikator is dat El Niño dikwels verantwoordelik is vir bogemiddelde reënval in Augustus en September oor die somerreënvalgebied van Suid-Afrika. Alhoewel daar reën voorgekom het oor gedeeltes van die land in die eerste week van September, bly dit oor die algemeen droog, wat ook nie baie tipies El Niño is nie. Verdere aanduidings is dat die oostelike dele van die land redelike goeie reënval kan verwag gedurende Oktober, wat ook die meer tradisionele tyd is wanneer reën moet voorkom. Selfs die Wes-Kaap het nie baie reën gehad nie (met die uitsondering van een of twee swaar neerslae aan die begin van September). Gedurende El Niño-jare behoort die Wes-Kaap goeie reëns te kry vanaf April, wat dus vanjaar nie gebeur het nie.
Dus: Alhoewel El Niño baie sterk ontwikkel, is daar tans meer tekens wat aandui dat El Niño se effek dalk minder negatief op reënval gaan wees as wat normaalweg die geval is. Daar moet egter onthou word dat El Niño se effek meer prominent is oor die westelike dele van die land gedurende die somer. El Niño veroorsaak ook meer sporadiese (kol-kol) reënval.
Wees dus versigtig optimisties dat El Niño se effek dalk nie so sterk gaan wees nie maar moet nie daarop staatmaak nie. Wees konserwatief en onthou dat ons steeds in ‘n droë siklus is waar die kumulatiewe effek van droogte ook sy tol begin eis. Poog om 2015/16 te oorleef want daar is aanduidings dat die baie sterk El Niño van 2015/16 opgevolg gaan word met ‘n La Niña en natter toestande in 2016/17.
Aktueel
Hoe om gedrag te verander (Deel 3)
Cobus Booysen (Bestuurder: Menslike Hulpbronne)
Probleem 4: Die omgewing word nie verander nie
Oplossing: Skep ‘n omgewing wat goeie gewoontes kan ondersteun
* Wanneer jy gesonder wil eet moet jou omgewing vry wees van alle ongesonde kos.
* Jy kan moeilik positief bly indien jy
voortdurend omring word met negatiewe
mense.
* Dit is byna onmoontlik om op ‘n enkele
taak te fokus as jy deurlopend gepla word
deur ‘n telefoon, sms’e, eposse, mense
rondom jou wat vrae vra en alle ander
aandagafleiers wat mag voorkom.
Ons besef dit nie altyd nie maar ons gedrag
is meestal ‘n reaksie op die omgewing
waarin ons onsself bevind. Ons leefstyl en
gewoontes is grootliks ‘n resultaat van die
omgewing waarin ons funksioneer. Die
enkele grootste verandering wat gedoen
kan word om ‘n nuwe gewoonte aan te leer
is om dit in ‘n omgewing te doen wat die
verandering sal ondersteun. Indien jy besluit
om ‘n minder stresvolle lewe te lei, moet jy
jou selfoon nie langs jou bed los nie, maar
eerder in die kamer langsaan. Dit sal help
dat jy nie met die wakkerwordslag eers kyk
van wie daar epos, sms-boodskappe en
WhatsApp-boodskappe is nie. Jy kan nie
dadelik reageer nie want jou foon is nie by
jou nie. Jy kan eers rustig stort en aantrek
sonder dat jy dadelik dink aan alles wat jy dié dag moet doen.
Probleem 5: Die aanname dat klein veranderings nie ‘n verskil maak nie
Oplossing: Word een persent beter elke dag.
Ons stel altyd die minimum van doelwitte wat ons wil bereik.
“Ek wil 10 kg gewig verloor”, of “ek wil R10 000 spaar vanjaar’, of “ek wil twaalf boeke lees die jaar”. Die onderliggende aanname is dat dít wat jy wil bereik, groot moet wees. Ons oortuig onsself dat ons groot resultate moet bereik. Die werklikheid is egter dat waar ons vandag is, die resultaat is van klein besluite wat oor tyd geneem is. Dit is ‘n herhalende patroon van klein stukkies gedrag wat tot groot resultate gelei het. Indien jy ernstig is oor die aanleer van ‘n nuwe gewoonte, begin dan klein en herhaal dit totdat jy jou doelwit bereik het.
(Erkenning aan James Clear)
Cassie NienaberHerlaaikenner
7Oktober 2015
Jou vennoot in landbou
vervaardiging van koeëls se ogiefvorm en lengte, is dit wys om ‘n sprong na die lande (jump) van minstens 0,5 mm toe te laat.
7. Rekordhouding
Baie belangrik! Sonder rekords raak dinge erg deurmekaar. Maak ‘n eenvoudige tabel waarin jy die volgende aanteken: inligting omtrent die dop (die vervaardiger en aantal kere gevuur); koeëlinligting (die vervaardiger, beskrywing, gewig en batch); tipe kruit en lotnommer; die lading (kan ook powder measure-verstelling aanteken); tipe slagdop; algehele patroonlengte en die trompsnelheid van die koeël. Om foute met die hoeveelheid kruit en koeëlgewig uit te skakel, weeg ek elke gelaaide patroon op my elektroniese skaal en kyk dat daar nie ooglopende foute of afwykings is nie. Ek bereken terselfdertyd die gemiddelde massa van dié wat ek weeg en teken dit aan. Indien ek volgende keer weer volgens hierdie resep laai, is dit vinnig om te bevestig dat die nuwe patrone reg gelaai is. Ek probeer doppe in groepe van sê 50 per houer hou. So beheer ek maklik hoeveel keer doppe gevuur is. Ek teken ook elke keer aan watter voorbereiding en stappe ek aan die doppe doen.
Lees in die volgende uitgawe van KLK Gesprek verder oor die herlaaiproses.
Die stappe van die herlaaiproses (Deel 2)
OMDAT HIERDIE ‘N basiese inleiding tot herlaai is en dit algemeen van toepassing op ‘n verskeidenheid van toerusting is, kan daar nie altyd in detail verduidelik word hoe om spesifieke toerusting op te stel vir gebruik nie.
Verskaffers se handleidings verduidelik mooi hoe. Vir meer omvattende instruksies omtrent herlaaitegnieke, dopvoorbereiding en aspekte soos die neem van mates voor, tydens en ná die herlaai van ammunisie, verwys ek julle na my herlaai-DVD. Loer gerus by: http://www.mamba-reloading. co.za/
1. Skoonmaak van doppe
Borsel minstens die los koolstof uit die dop en vee die buitekant met ‘n sagte lap skoon. Doppe kan ook in ‘n tumbler skoongemaak word. Die doeltreffendste is om doppe chemies skoon te maak, met iets soos Mamba se dopseep.
2. Hervorm dop en verwyder slagdop (resize en deprime)
Tydens hervorming word die dop onder druk in die matrys (sizing die) “ingeforseer”. Dis uiters belangrik om smeermiddel aan die dop te wend, anders sal dit in die matrys vassit en slegs met groot moeite verwyder word. Die dop sal natuurlik ook nie die vassit/verwyder-episode oorleef nie. Daar is verskillende tegnieke wat gebruik kan word, maar die kruks van die saak is om die dop te smeer en te sorg dat daar smeermiddel aan die binnekant van die nek ook is.
3. Verwyder smeermiddel
Smeermiddel is nadelig vir slagdoppe en kruit en kan dit neutraliseer. Daarom moet alle olie, veral aan die binnekant van die dopnek, verwyder word. Ek verkies wateroplosbare smeermiddels, want dan kan die olie sommer met ‘n nat lappie verwyder word.
4. Plaas nuwe slagdop in dop
Monteer die slagdop met ‘n apparaat soos die Lee Auto Prime, of iets dergeliks.
5. Plaas kruit in dop
Weeg die lading tot die naaste 0,1 gr op ‘n akkurate skaal af en plaas dit met ‘n
is ‘n nuusblad wat vier keer per jaar namens KLK deur
saamgestel en uitgegee word.
NAMENS KLK LANDBOU BPKIlse van Zyl *
054 337 6202 •
* Vir navrae oor die verspreiding van , of adreswysigings, kontak vir Ilse van Zyl.
REDAKSIEElmarie Helberg
018 468 2716
Johan Smit018 468 2716
BLADUITLEG EN DRUKInfoworks
018 468 2716
your ideas can fly
Aktueel
tregter in die dop. ‘n Kruitmeter (powder measure) help baie om die lading akkuraat in volume af te meet voordat dit geweeg word. Sommige herlaaiers gebruik slegs ‘n kruitmeter om die lading af te meet. Dalk is dit veiliger om steeds elke lading te weeg. Ná al die doppe kruit ontvang het, kyk van bo binne-in die doppe en bevestig dat almal wel kruit en dieselfde hoeveelheid bevat.
6. Monteer/plaas die koeël
Die meeste koeëlplasingsmatryse (bullet seating dies) word as volg opgestel: Plaas ‘n voorbereide dop in die shell holder en druk die pershefarm af tot die dop heel bo is. Skroef die bullet seating die in tot dit net aan die dop raak en sluit dit in posisie. Sommige bullet seating dies beskik oor die vermoë om die dop om die koeël te krimp tydens montering. Hierdie matryse moet ‘n driekwartdraai losgedraai word na dit aan die dop raak en dan in posisie gesluit word indien jy nie die krimp wil toepas nie. Hierdie krimp moet slegs toegepas word op koeëls met ‘n ingeboude krimpgroef (cannelure) en slegs in daardie krimpgroef en nie op ‘n ander plek op die koeël nie. Om toe te laat vir variasie in die toleransie van
‘N GELUKKIGE LESER kan van Cassie Nienaber se aanbevole herlaaihulp-middels wen.
Om in aanmerking te kom vir hierdie prys, beantwoord net die eenvoudige vraag: Hoeveel stappe gee Cassie vir die herlaai van patrone?
Stuur jou inskrywingsvorm agter op ‘n toegeplakte koevert aan: Ilse van Zyl, KLK Landbou, Posbus 86, Upington, 8800; stuur ‘n faks na 086 5500 224; of e-pos na [email protected]. Inskrywings moet haar voor of op Maandag, 16 November 2015, bereik.
ReëlsWerknemers van die KLK-groep mag nie aan die kompetisie deelneem nie • Slegs een inskrywing per persoon • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en in die volgende KLK Gesprek bekendgemaak word • Die prys sal na die naaste KLK-handelstak gestuur word en kan daar afgehaal word • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
Leer by die meesterInskrywingsvorm
Naam en van: ..........................................
...............................................................
Adres: ......................................................
...............................................................
...............................................................
Tel: ..........................................................
Antwoord: ...............................................
...............................................................
..............................................................
Baie geluk aan mnr Jannie Booysen van Aranos (Namibië) wat ‘n informatiewe herlaai-dvd gewen het.
Vervolg van KLK Gesprek Julie 2015 (bl 7)
8 Omgewingsake
Kleinwild is ‘n bate
DAAR IS MIN Karoo- of Kalahari-prentjies wat ‘n voormalige plaasbewoner met soveel heimwee vervul as dié van ‘n steenbokrammetjie en -ooitjie saam in die veld met die rammetjie wat versigtig aan die ooitjie ruik. Of miskien ‘n klipspringer wat trots op ‘n rots staan, voetjies bymekaar, en oor die vlaktes tuur.
Ons kleinwild, en by die steenbokkie en klipspringer moet ‘n mens natuurlik ook die duiker voeg, is spesiaal en ‘n ware bate op enige plaas. Ongelukkig is veral die steenbok en duiker dikwels die slagoffers, soms selfs onbedoeld, van allerlei ondeur-dagte menslike praktyke soos jag met honde of selfs net rondlopende honde, wippe en strikke en selfs slagysters wat vir ander doeleindes gestel is. Soms raak hulle ook verstrengel in draadheinings en seker een van die hartseerste gesigte is ‘n duiker (of enige ander wildsbok) wat aan sy agterbeen aan ‘n draadheining hang nadat dit probeer oorspring het. Gelukkig kruip hierdie bokkies darem gewoonlik onder drade deur sodat dit seker nie so dikwels gebeur as met wild wat eerder spring nie.
Ook interessant van al drie hierdie bokkies is dat hulle name in Afrikaans (of dan seker oorspronklik Hollands, want al drie is al in die tyd van die Hollanders aan die Kaap die eerste keer beskryf) ook hulle internasionale name geraak het. Dit geld vir Engels en Duits en in die geval van die steenbok ook in Frans. Die duiker word wyd oor die hele Afrika suid van die Sahara aangetref, uitgesluit die woudgebiede van Wes-Sentraal-Afrika en Wes-Afrika. Die
steenbok is by uitstek ‘n Suidelike Afrika- spesie met ‘n klein geïsoleerde bevolking in Oos-Afrika (as ‘n aparte sub-spesie) terwyl die klipspringer in die bergagtige dele van westelike Suidelike Afrika en dan aan die oostekant van die Drakensberge, noordwaarts tot aan die Hoorn van Afrika, voorkom.
Steenbokke en duikers is normaalweg alleenlopers en ramme en ooie kom slegs bymekaar in die paartyd. Steenbokke van albei geslagte het loopgebiede wat hulle teen ander steenbokke
verdedig en twee volwasse steenbokke saam beteken gewoonlik dat die ooi reg is om te paar en nou deur ‘n ram uit ‘n buurgebied opgesoek word. Klipspringers daarenteen is gewoonlik in pare of selfs klein familiegroepies, wat ook ‘n jong bokkie mag insluit. Daar is al opgemerk dat duikers en steenbokke baie gebiedsvas is
‘n Klipspringer in sy tipiese habitat met die Karoo-vlaktes agter.
steenbokke
Francois van der Merwe ‘n Natuurliefhebber van Calvinia
Vir meer inligting, stuur ‘n epos na [email protected]
en gewoonlik nie ver beweeg nie, veral as daar ‘n goeie kosbron in hulle gebied is.
Klipspringerpare het ‘n sterk band en die ram en ooi is selde verder as ‘n paar meter van mekaar. Pare verdedig hulle loopgebied teen indringers en merk ook hulle gebied met kenmerkende mishope wat regdeur die gebied versprei is en elke paar dae, of soms selfs daagliks, besoek word. Hulle het ook ‘n klier onder die oog wat ‘n taai “reukstroop” afskei wat aan takkies afgesmeer word om ander klipspringers te waarsku dat hulle hul nou in ‘n gevestigde gebied bevind.
Kleinwild is ‘n aanwins vir enige plaas en moet bewaar word. Dikwels is hulle natuurlik ook die prooi van skadeveroorsakende diere soos rooikatte en jakkalse maar die natuurlike siklus wat so voltrek word, dui eerder op gesonde biodiversiteit. Hierdie bokkies is ook dikwels “indikatorspesies” in die sin dat hulle teenwoordigheid dui op gesonde en goed-opgepaste veld.
‘n Steenbokram en -ooi saam in Karoo-veld.
‘n Klipspringerpaar by hulle mishoop.