Upload
others
View
4
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
1
“Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My…”
Mark. 9;37
Telefoon 051-451 1334
Faksnommer: 0865709785
E-pos: [email protected]
Webtuiste: www.cvodankbaar.co.za
CVO Dankbaar
Posbus 17662
BAINSVLEI
9338
Lees binne Bl.
Reünie
2
Hoofberig 4
Op U almag vas
vertrouend 5
Briewebus 6
Van oral oor 7
Klub Dinamika
7
Bybelete 8
Matriekafskeid
9
Prysuitdeling 11
Opstelkompetisie
12
Reünie Sewentiende Jaargang, Volume 3
Ons jaarlikse reünie, wat plaasgevind het op 22 Oktober, was ‗n reuse
sukses. Die revue, ete en veiling die aand was die hoogtepunt. Die leerlinge
het dit gate uit geniet soos duidelik gesien kan word op die volgende foto‘s.
November 2011
BO: Die
grondslagfase
dogtertjies maak reg
vir hulle item.
REGS: Elisma is
baie opgewonde
voor die revue.
Die reünie
het afgeskop
met sport die
middag en is
afgesluit met
die aand se
spoggeleent-
heid.
Meer berigte
en foto’s op
bladsy 2.
2
Die oefeninge vir die revue was
net so lekker soos die revue self,
inteendeel sommiges het dit selfs
meer geniet. Afgesien van die
kinders se geluk om akademiese
periodes te mis, het hulle (veral
die kleintjies) dit gate uit geniet
om die ander liedjies te dans..
―Mamma dis my kêrel‖ het die
meeste aandag getrek. Die
bewegings is nageboots en daar is
ritmies op die musiek gedans……
natuurlik altyd ‗n paar sekondes
na die tyd!
BO: Blommie en Joey het pret
tydens die item ―Mamma, dis my
kêrel.‖
LINKS ONDER: Die kleintjies
boots ―Mamma dis my kêrel‖ na.
REGS ONDER: Hoërskool
meiseis maak gereed vir die
revue.
Reünie (vanaf bl. 1)
3
NUWE SKOOLHOOF
Die lewe bestaan uit uiterstes en die
goue middeweg is ‗n toestand wat
nie in die praktyk aangetref word
nie. Volgens die een ouer is
meneer X die wonderlikste
onderwyser wat wondere vir sy kind
verrig en volgens ‗n ander ouer is
meneer X die swakste onderwyser
denkbaar wat die alleenoorsaak is
van sy agteruitgang of onvermoë in
‗n sekere vak. Tussen hierdie twee
uiterstes is die posisie van die
skoolhoof wat hom vir of teen
meneer X en die aanbieding van sy
vak moet uitspreek. Dit was maar
een van die talle moeilike situasies
waarin ek my gedurende my termyn
as skoolhoof by Dankbaar bevind
het.
Daar was darem ook komiese en
lagwekkende situasies - en hulle was
gelukkig in die meerderheid –
waarin ek myself as skoolhoof
bevind het. Die een van die kind
wat nie by die skool sal wees nie,
want hy moet sy vark op die
vendusie gaan verkoop, is een van
hulle. Die aangenaamste tye wat ek
by die skool gehad het, was saam
met kinders op ‗n rugbytoer, atlete
by ‗n SA atletiekbyeenkoms,
matrieks tydens die Kringe-toer en
kampvure tydens pa en seun
naweke.
Die grootse genoegdoening tydens
my termyn as skoolhoof was die
belonings wat kinders op harde
werk ontvang het en die effek wat
dit op hulle lewens gehad het.
Beginselvaste standpunte, gesonde
selfvertroue, oordeelsvermoë en
karaktereienskappe wat deur
onderwysers in kinders se lewens
bewerkstellig is, span die kroon op
onderwysers se harde werk. Ek
sien baie daarna uit om volgende
jaar as gewone onderwyser hierdie
kwaliteite in ons kinders te help
bewerkstellig.
Baie dankie vir al die
ondersteuning wat ek deur die jare
geniet het. Baie sterkte aan
mevrou Gerty van Aswegen wat
aangestel is as die nuwe skoolhoof
met ingang 1 Januarie 2012.
Maak asseblief haar hande ligter
en help haar om as skoolhoof net
die beste in ons en julle kinders na
vore te bring.
Mnr. Pieta
4
Die Pendoring-redaksie wil Juffrou Hanneke
hartlik bedank vir haar toegewyde diens aan
die Pendoring.
Baie dankie vir al haar moeite om so gereeld te
sorg dat daar ‗n uitstekende Pendoring
verskyn.
Ons gaan juffrou baie mis, maar ons sal beslis
aanklop vir hulp om van juffrou se ervaring
gebruik te maak.
Baie dankie Juffrou Hanneke
Pendoring redaksie
BAIE DANKIE AAN JUF. HANNEKE
REDAKSIE Beskermheer
Mnr Pieta Oosthuizen
Redakteur
Juf Nienke Nieuwenhuizen
Sport
Reynard de Villiers (bygestaan
deur Lienkie, Lynelle en
Tarien)
Advertensies, uitleg
Juf. Nienke Nieuwenhuizen
Kultureel
Cobus Venter (bygestaan deur
Meri Cornelissen)
Sosiaal, briewe
Joey van Schalkwyk
ADVERTENSIES
A5-Bladsy, kleur : R200
Halfbladsy, kleur : R 100
Klein advertensies : R 50
Kontak ons by
DIE PENDORING is
elektronies beskikbaar op ons
webtuiste. Indien u dit egter
per pos wil ontvang, kan u
inteken teen R15 per
eksemplaar of R30 per jaar.
Ons kan dit ook per e-pos vir
u stuur. Stuur u e-posadres
aan ons by [email protected]
Die Pendoring-redaksie wil net hartlik dankie
sê aan Mariechen Martins wat drie kwartale
lank as die Pendoring se redaktrise opgetree
het.
Sy was van groot hulp vir Juffrou Hanneke en
Juffrou Nienke en natuurlik die Pendoring.
Ons gaan haar baie mis as redakteur, veral haar
vrolikheid, entoesiasme en kreatiwiteit.
Baie dankie Mariechen.
Pendoring redaksie
BAIE DANKIE AAN MARIECHEN
5
Opgewonde en met ogies vol
verwagting, het die St. 2 klas vertrek
op hulle opvoedkundige uitstappie.
Die eerste stop was by die Dam van
Trane en Bron van Herinnering.
Geloof, hoop, vaderlandsliefde,
volharding en vernuf — vyf woorde
geskryf rondom die Bron van
Herinnering. Ons het stil gestaan en
kon in ons verbeelding sien en hoor
hoe die Afrikaner vrouens en kinders
gely het in die konsentrasiekamp.
Ons het ‗n draai gemaak in die
Presidents-akker. Hier kon die
kinders kennis maak met oom
Blackie Swart. Die Republiek van
Suid-Afrika se eerste President!
Die ou Fort was ons volgende stop
— aanvanklik gebou as skuiling vir
die Blankes in die gevegte teen die
Basoeto‘s. Daarna was dit ‗n
hospitaal tydens die Anglo-Boere
Oorlog, toe ‗n tronk! Die tronk was
ook ‗n hospitaal vir
geestesversteurde persone. Die sel
waarin
Op U almag vas vertrouend...
Tsafendas aangehou was, vir
die moord in 1966, op H.F.
Verwoerd is ook besoek.
‗n Skool in die oggend,
regeringskantoor in die middag
en Sondae ‗n kerk. Ja, die Ou
Raadsaal. Wat ‗n historiese
gebou met sy misvloer en stalle
waarin replikas van ossewaens
en poskoetse bewaar word.
Buite op die grasperk is die
innerlike versterk.
Dankie aan oom Chris wat so
veilig bestuur en al die foto‘s
geneem het!
Juffrou Alet
6
BRIEWEBUS
‗n Uittreksel uit Elize Parker se
Blog
―So vier jaar gelede, toe my hart
verniel is deur die lewe, het sy vir
my van haar ruie ranke rivierwal-
kappertjies ‗n gerf oranje vreugde
gegee. Vir vele dae was die
kleurvolle bossie, omgee
medisyne vir my vaal gemoed.
Min het ek geweet tussen die
blomme en blare, hang nog ‗n
verlore saadjie of twee. Met die
uitgooi van die verlepte blomme,
sommerso in die tuin as bolaag
vir ander groeigoed, het die
kappertjie-saadjies gerol na ‗n
tuiste teen ‗n oggendmuur
oorkant my kombuis se
opwasbak. Mettertyd het die
weelderige groenigheid teen die
muur en heining opgerank totdat
dit elke jaar die hoekie inkleur
van lente tot Kersfees.
Net so het my gemoed ook weer
kleur gekry. Die skerp oranje van
‗n onblusbare lewenslus en die
ligter, sagter oranjes het my hart
vermurwe. Ek gee nou vir jou ‗n
ruiker kappertjies vir Kersfees en
my wens is dat jy ligvoets sal stap
om die Vader se grootste gawe te
ontvang, die seën van liefde en
vreugde. ‗n Innige Somerkersfees
vir julle.‖
Juffrou Gerty het met die goeie
idee gekom om kappertjies te plant
by die skool vir ons lentedag-
vieringe… daar is maar slegs
enkele blommetjies oop, maar die
vooruitsig na ‗n heerlike fees van
kleur is daar, en ons sien uit daarna
Kappertjies vir
Kersfees
7
om dit te beleef voor die
kersvakansie!
Ek het ‗n heerlike Kappertjie
Sop resep ontdek, en deel dit
graag met julle:
60ml botter
1 groot ui
60ml koekmeelblom
1 liter groente aftreksel
125ml witwyn
20 groot kappertjieblare sonder
stingels
125 ml melk
Sout en vars gemaalde
swartpeper na smaak
Kappertjieblomme vir garnering
Smelt die botter en soteer die ui
daarna tot sag. Roer die
koekmeelblom by en roerbraai
dit een minuut lank. Voeg die
aftreksel en wyn daarby, roer
aanhoudend om klonte te
voorkom. Laat prut dit drie
minute lank. Rol die
kappertjieblare op en kerf dit fyn
en voeg dit saam met die melk
by die aftreksel. Laat prut die
mengsel net twee minute lank
sodat die blare hulle kleur behou.
Van oral oor
Magda van Tonder, oud-
leerling, is verkies op die
Huiskomitee van die Noordwes-
Universiteit se
Potchefstroomkampus. Baie geluk,
Magda!
Mnr. Francois het op 12
November ‗n tweede plek en
silwermedalje behaal in die
Vrystaat driekamp
kampioenskappe, te Maselspoort
in die ouderdomsgroep 35-39
jaar. Baie geluk, Meneer!
Geur die sop met sout en peper.
Garneer met die
kappertjieblomme.
Ek en Albert wens die SOR, ons
skoolhoof, al die personeel en
leerlinge ‗n heerlike en welver-
diende vakansie toe. Wees veilig
en mag Gods rykste seën julle
deel wees in die nuwe jaar.
Sonja en Albert Fincham
8
Bybelete Die Bybelete het vanjaar op 31
Oktober, Hervormingsdag,
plaasgevind. Dit is op hierdie
datum in 1517 wat die
Kerkhervormer, Martin Luther, sy
95 stellinge teen die Wittenbergse
kerkdeur in Duitsland
vasgespyker het. Die tema van
hierdie jaar se Bybelete was ―Die
tien plae‖. Elke St. 8-ma en haar
kind het ‗n tafel gekry om te dek
en ‗n plaag gekry om voor te stel.
Die kos was koninklik uit ―Farao
se kombuis‖ en ons het heerlike
herderspastei, koringslaai en
brood gekry. Vir nagereg was
daar heerlike romys met
sjokolade sous.
Die beste opvoering in die
laerskool was die van die Sub B-
en St. 1-klas. In die hoërskool het
die opvoering van die St. 7 en 9
klasse die wenprys behaal. Baie
dankie aan al die ondersteuning
van die ouers en kinders om ons
aand so ‗n groot sukses te maak.
Cobus Venter
Bo: Juffrou Barbara en haar vriendin
dans ‗n Joodse dans tydens die
Bybelete.
Middel: Die plaag, water verander in
bloed, word voorgestel.
Onder: Die plaag, drie dae duisternis,
word voorgestel.
9
Jou Matriekafskeid is die grootste
dag naas jou troudag (vir 'n
meisie natuurlik) en van kleins af
kan jy nie wag dat die dag moet
aanbreek nie.
Wanneer die dag dan uiteindelik
aanbreek en jy na maande se
beplanning en honderde stresvolle
ure voor die spieël staan en die
eindproduk bewonder, skrik jy vir
die prentjie wat jou stoutse
verwagtinge oortref en kan jy nie
meer wag om jouself aan die
wêreld te wys nie.
Vir ons was daar dus nie 'n
mooier of beter plek as die
pragtige woudprentjie, wat die St.
9‘s en Juffrou Gerty vir ons
geskep het in Reyneke Park se
saal, om ons harde werk aan die
wêreld te wys nie.
Terwyl jy die saal inloop met
almal se oë op jou en jou
metgesel kan jy nie anders as om
spesiaal te voel om deel te wees
van so 'n spoggeleentheid nie. En
Matriekafskeid as jy jou mede klasmaats en hul
metgeselle sit en bewonder, spoel
daar 'n golf van emosies oor jou.
Blydskap omdat jy aan die einde
van jou skoolloopbaan staan en die
wêreld nou oop voor jou lê en
hartseer oor die sonskyn en reën -
dae wat agter jou lê en gevul is met
onvergeetlike herinneringe. En ook
Dankbaarheid vir almal wat die 12
jaar (of al langer) saam met jou
gedeel het, die wat agter en voor
jou gestaan het en iewers 'n deel
van jou lewe geword het en ook 'n
10
rol daarin gespeel het, maak nie
saak hoe groot of klein nie.
Dankbaarheid dat ons Hemelse
Vader ons tot hier gebring het en
gesorg het dat ons elkeen deel
kon wees van so klein spesiale en
unieke skool.
Ek bid dat daar in die toekoms
nog baie herinneringe geskep sal
word, dat dit goed sal gaan met
die skool en almal betrokke.
Ek bid dat dit voorspoedig sal
gaan met my mede klasmaats en
dat God ons elkeen voorspoedig
op ons lewenspaaie sal lei.
Vir almal wat agterbly wil ek
baie sterkte toewens en ek hoop
dat elkeen van julle so gelukkig
en tevrede soos ek kan wees op
die aand van jou Matriekafskeid.
''Leef voluit, staan verras, gee lof
en waardering - dan sal jy die
volheid van die lewe ontdek'' -
David Steindl-Rast
Mariechen Martins
11
12
PRYSUITDELING (21 OKT 2011)
Daar is nie ‗n beter geleentheid
as die prysuitdeling om te sien of
‗n jaar ‗n sukses is of nie - en
vanjaar was geen uitsondering
nie. Ons bedank Ds Torlage wat
altyd bereid is om vir ons die
geleentheid op gepaste wyse te
open. Mnr. Pieta se goeie
jaarverslag van ―sien is glo‖ het
almal op die punte van hulle
stoele gehad.
Dan het die akademiese
toekennings wat uitgedeel is
almal be-ïndruk. Daar is nie ‗n
kind in die skool wat nie ‗n
diploma ontvang het nie en van
die toppresteerders was Marita
Oosthuizen, Dean Strampe, Suné
Griessel, David du Plessis,
Tarien Venter, Nadia Venter,
Tiaan Venter, Roelf Martins,
Cobus Venter, Joey van
Schalkwyk en Mariechen
Martins.
Die nuwe leerlingraad is ook
voorgestel en ‗n paar St. 8 seuns
moes inspring om te help. Dit is
Wayne Bischoff (hoofseun),
Gerrit van Biljon, Cobus Venter
en Louis Pieterse. Michelle van
Deventer (hoofmeisie) en Joey
van Schalkwyk (onderhoof-
meisie). Ons wens hulle alle
voorspoed toe vir 2012 en die
groot taak wat voorlê.
Ons bedank die onderwysers en
die gasvroue vir die heerlike aand
en elke ouer wat pas gedurende
die jaar ondersteun en
aangemoedig het om ons beste te
lewer. Ons dank die Heer vir die
talente wat ons ontvang het en eer
Hom met elke diploma of trofee
wat uitgedeel is.
Lynelle Venter
Leerlingraad 2012
Agter van links: Wayne Bishoff,
Louis Pieterse, Cobus Venter en
Gerrit van Biljon.
Voor van links: Michelle van
Deventer en Joey van Schlakwyk
13
Kategorie 1 (Sub A, Sub B en St. 1)
1ste prys: Dean Strampe (St. 1)
Ek stap deur die winkel en sien ‘n …
Ek en my pa moet gou winkel toe gaan. Ons moet eiers koop vir my
meerkat. Julle sal nie glo wat ons daar sien nie: ‗n Likkewaan! Ons los
hom net uit, maar toe ons by die eiers kom, is dit op! Die likkewaan het
alles opgeëet. Ag. Nee! Ek moes dit gebruik het vir ontbyt en vir my
meerkat. Ek gaan daardie likkewaan vermoor! Moet ek nou vir my meerkat
katkos voer? Toe ek die likkewaan skop, byt hy my voet en dit bloei
vreeslik. Ek en my pa ry gou dokter toe. Ek hoor ‗n geraas agter in die
motor. Ek kyk agter toe en toe skrik ek baie groot. Daar is die likkewaan
agter in die motor. Ek gryp hom en gooi hom by die motor se venster uit.
Nadat ons by die dokter was, het Pappa by ‗n ander winkel eiers gaan
koop. Gelukkig was daar nie ‗n likkewaan nie. Ek wonder steeds hoe hy in
die winkel gekom het?
Opstelkompetisie
Die opstelkompetisie is skaars be-
kendgestel of die Pendoring is
oorval met opstelle.
Die leerlinge is volgens ouderdom
in ouderdomskategorieë geplaas en
die opstelle is beoordeel op die
storielyn en glad nie op taal- of
spelfoute nie.
Die Pendoring het 50 opstelle ont
vang en daar is met sorg ‗n
wenner in elke kategorie
gekies. In kategorie 1 was daar
baie goeie opstelle en daar is
dus ‗n eerste en tweede plek in
hierdie kategorie toegeken.
Baie dankie aan al die leerlinge
wat so getrou deelgeneem en
opstelle ingege het.
14
Die lig in die grot
Ons toergroep gaan kyk waar die lig in die grot vandaan kom. Ons gaan na
die grot, ek stap voor. Ons loop en loop. Die vlêrmuise zoem om ons
koppe. Dis pikdonker in die grot. Boem! Stamp ek my kop teen ‗n klip. Ek
kom agter dat ek nou op my maag moet seil. Ek sien ‗n liggie ver voor ons,
dit is groen. Ek haal uit om by die lig te kom. Skielik word ek nat. Ek kom
agter dat hier ‗n ondergrondse riviertjie loop. Ek is papnat! Ek en my maats
ploeter deur die water. Dis baie donker… die liggie kom nader – baie
nader. Ons sien nou baie vreemde gesigte. Die grot raak smaller.
Uiteindelik! Hier is die lig!
Wat ‗n ontnugtering! Dis vuurvliegies!
Kategorie 2 (St. 2-4)
1ste prys: Pietman Oosthuizen (St. 2)
Kategorie 1 (Sub A, Sub B en St. 1)
2de prys: Johan Janse van Rensburg (Sub B)
Die dag toe die olifant nie voor die kar wou padgee nie…
Ons was oppad na die wildtuin, toe kom daar ‗n olifant uit die wildtuin uit
en hy wil nie voor die kar padgee nie. Ons druk die toeter, maar niks wil
help nie. Ons skiet selfs ‗n skoot in die lug af en ‗n skoot teen sy kop, maar
hy skud net sy kop en die patroon val van sy kop af. Hy storm die kar. Ons
ry darem vinnig voor die olifant weg. Die olifant hardloop in ‗n boom vas.
Hy word kwaad. Hy storm weer die kar. Hy tref die kar met sy kop. Ons
kar is stukkend en die olifant is dronk in die kop. Ons maak vining die kar
reg en ry weg. Vyf kilometer verder kry ons nog ‗n olifant. Ons het so
groot geskrik vir die vorige olifant, ons ry ‗n ver pad om die olifant. Pasop
vir ‗n olifant, hulle is baie gevaarlik.
15
Die dag toe ons in die hysbak vasgesit het
My eerste vakansie by die see was ‗n ramp! Als as gevolg van ‗n kat, ‗n
hond en ‗n hysbak!!
Ons huisgesin was vir ons eerste, of my eerste vakansie by die see. Ons het
in woonstelle in die heel boonste verdieping gebly. Die mense wat
gewoonlik na ons hond en kat kyk as ons weggaan, kon nie weer na hulle
kyk nie, so hulle moes saamkom. Hulle was vyande. Terwyl ons die kar
aflaai, en als regkry, het die kat en hond net verdwyn. Ek het afgegaan
strand toe om hulle te gaan soek. Ek kry hulle toe ook op die strand waar
hulle in die water speel. Ek roep hulle en ons is in die hysbak. In die
hysbak begin hulle mekaar jaag. Die kat spring by die knoppies op om uit
die hysbak te kom, weg van die hond af. Hy druk te veel knoppies op ‗n
slag en daar gaan staan ons met kat en hond en al. ‗n Mens sien net hond
oor kat oor die hele hysbak. Ek druk die knoppie vir hulp, maar daar is
geen antwoord nie. Die mense het ons eers laat daardie aand kom uithaal.
Dit was glad nie lekker nie. Ek dink nie ek sal weer in ‗n hysbak klim nie!
Die voordeel was egter dat die hond en kat nou baie goeie vriende is. En ek
sal definitief nie my eerste seevakansie vergeet nie!
Kategorie 3 (St. 5-7)
1ste prys: Carien van Biljon (St. 5)
Die wysheid van die jonkheid
Wat is die teenoorgestelde van somtyds? Wintertyds (Sub B)
Hoe toets jy of die oplossing water is? Jy proe dit. (St. 6)
“Ouma Lusi (Umalusi) was nou die dag by die skool.” (Sub A)
So koel soos … - „n bees (St. 2)
16
As ek kon besluit oor hoe skool moes wees
As ek kon besluit oor hoe skool moes wees, sal dit heeltemal anders wees
as wat dit is. Al die grootmense sal wens hulle was nog in die skool of
wens hulle was in my skool. Al die kinders wat uit my skool is, sal
terugverlang. Die kinders sal sommer druip om nog in my skool te bly.
As ek kon besluit oor hoe skool moes wees, sou ek baie dinge verander het.
Skool sou die lekkerste plek op aarde gewees het. Dink net: ‗n skool
sonder reëls, ‗n skool wat jou betaal om daar te wees, heeldag pouse te hê
en nooit eers huiswerk hoef te hê nie. Skoolbanke! Ai! Ai! Watter
skoolbanke? Ek praat van luimensstoele wat as jy die knoppie druk, die
stoel oopspring en dan kan jy gemaklik lê. Veral wanneer rekeningkunde
so verveling raak.
Eksperimente een keer ‗n maand of dalk ‗n kwartaal? Wat jy waar kry?
Hier doen jy dit elke dag. Dis elke seun se droom om heeldag Kalium,
Natrium en Litium in die water te gooi. Hier lei die skoolkinders nooit
honger nie: hamburgers en ‗chips‘ elke pouse en ‗n groot stuk
sjokoladekoek om dit mee af te rond, is mos net genoeg vir ons. Dors raak
in klastyd is mos geen moles, die mooi kelnerin sal iets vir jou bring om
jou dors mee te les. As jy moeg raak, is dit geen problem, daar is baie
lekker beddens in ons slaapvertrek. As daar iets is wat jy soek, skryf dit in
die aankoopboek. Buite op die grasperk kan jy jouself geniet saam met jou
meisie en ‗n lekker piekniek.
Skooldrag nooit gesien nie, hier gaan jy skool in enige drag. Buite die klas
kan jy jou geniet, daar is so baie wat die skool jou bied: verfbal speel of
rugby, sokker of tennis. Moenie bekommer een van die dae is jy ‗n wenner.
Kategorie 4 (St. 8 en 9)
1ste prys: Wayne Bisschoff (St. 9)
17
Rekenaarspeletjies in RTT-klas om elke dag die kinders mee te verras. Hoe
kom jou kind hier deur? Dit weet ek nie, maar dié is die skool vir jou
seuntjie. Ouers, asseblief, kalmeer, hier is jou kind die meneer. Watter
skool is dit die? Gelukkig net my droomskool, so op ‗n manier.
Cobus Venter (St. 8) is deel van die Pendoring-redaksie en
daarom mag hy nie wen nie, maar sy opstel was eenvoudig so
goed dat ons besluit het om dit ook te plaas.
Die reuk van pannekoek laat my…
Die reuk van pannekoek laat my… sidder. Net die blote gedate daaraan laat
my weer ‗n naarkol op my maag kry… Wag, laat ek julle vertel.
Dit was so twee jaar terug. My ma was in beheer van die pannekoektafel by
die kerkbasaar. O, ek onthou dit nog soos gister! Ons moes al ‗n week voor
die tyd al die toebehore toets en dit is toe dat dié misverstand plaasvind.
My ma se bedoelling was dat die bediende slegs die helfte van resep
nommer twee moet aanmaak, maar die bediende het verstaan dat die resep
dubbeld aangemaak moes word. Dit was nou vir jou ‗n konsternasie! Ek,
my pa en my arme broertjie het vir ‗n week lank pannekoek geëet, want my
ma glo dat mens nie kos mors nie.
Pannekoek met spek en eiers vir ontbyt, gevulde pannekoeke smiddae en
pannekoek met kaneelsuiker saans. Dit klink lekker, maar glo my, na twee
dae word jy naar vir iets wat lyk soos ‗n pannekoek.
Met die misverstand opgeëet het ons die Saterdag basaar toe gegaan. Met
my geluk word ek toe gekies as ‗n pannekoekbakker in Tant Lettie se plek.
Sonder teëpraat het ek maar gaan uithelp. Ek het elke pannekoek met die
nodige agressie omgegooi en gehoop dit klou aan die dak vas soos in
Vetkoekpaleis, maar ai… die kerksaal se dak is te hoog!
18
Ek kon die pannekoeke verdra, maar die vet was in die vuur toe mevrou
Dominee my ‗n pannekoek aanbied. Julle ken definitief nog nie vir mevrou
Dominee nie! As sy iets aanbied durf jy nie nee sê nie. Ek het die
pannekoek gevat en gedink om dit by die ―flops‖ te gooi, maar Mevrou het
my net aangekyk en ek het geen ander keuse gehad nie…
Van die eerste hap af het ek dit geproe – elke pannekoek wat ek die
afgelope week geëet het. Ek kon dit nie meer hou nie! My maag het
vlinders gemaak en ek het groen geword en nie van jaloesie nie…
Met die halwe pannekoek in Mevrou se hand kyk sy my verbaas agterna
terwyl ek in die gang afhardloop.
Terug by die tafel het ek my voorskoot afgehaal en my bedanking as
pannekoekbakker ingedien. Vir mevrou Dominee het ek natuurlik om
versko-ning gaan vra en tot vandag toe het sy nog nooit weer iets op my
afgedwing nie. Ek het ook nooit weer aan ‗n pannekoek gedink sonder om
‗n naar kol op my maag te kry nie…
TREE AAN
Op die 15de Oktober het die
skoolbus se neus weer Pretoria se
kant toe gestaan. Ons het die
musiekblyspel ―Tree Aan‖ van
Deon Opperman gaan kyk.
Hierdie musiekblyspel handel oor
die tydperk van die grensoorlog
wat aan die grens van Angola en
Suidwes-Afrika gewoed het. Jong
seuns moes net nadat hulle skool
verlaat het by die weermag
aanmeld vir hulle diensplig
termyn.
Sodra hulle basiese opleiding
begin het, is hulle Rowers
genome. Hierdie jong seuns het al
hulle
19
dae gehad om hulle Korporaal
gelukkig te hou en het dan
uiteindelik van die grens af
teruggekom as manne!
Die hoofrolle is vertolk deur
Vough Gardner en Nadia Beukes.
Hulle rolle as Rautenbach en
Christine was ‗n tipiese
uitbeelding van hoe dit daardie
tyd was: twee jong verliefdes wat
uitsien na die lewe en wie se
toekomsplanne op die spel
geplaas word as gevolg van die
Bosoorlog.
Tussendeur die drama van oorlog
en swoeg en sweet, was daar ook
‘n geskaterlag oor die sêgoed van
die Mamma se seuntjie, ‗n bietjie
oorgewig Joodjie, Lipshitz, wat
met sy eerste ontmoeting met die
Korporaal, die bynaam Stinklip
gekry het.
Na die basiese opleiding moes
die troepe hulle haas na die grens
om vir hul land te gaan veg. Daar
het die troepe ewe geesdriftig ―‗n
Proppie vir ‗n dag‖ gesing
tydens die daaglikse proppie tel
seremonie om die dae af te tel.
As jy op jou wagbeurt aan die
slaap geraak het was jy in die
grootste moeilikheid denkbaar.
‗n Kameraad wat aan die slaap
geraak het, het die dramatiese
dood van die hoofkarakter,
Rautenbach veroorsaak.
Aan die einde van die vertoning
het die trane gevloei toe dié wat
Foto‘s by die Staatsteater in
Pretoria
20
in die oorlog gesterf het se name teen
‗n skerm flits terwyl die troepe in die
agtergrond die dode mars doen.
Na die wonderlike vertoning het ons in
Fochville oorgeslaap en die volgende
dag die lang pad huis toe aangedurf.
Baie dankie aan almal wat die
uitstappie mee gemaak het. Dit was
baie lekker!
Cobus Venter
Bo: Die lang pad Pretoria toe het ‗n bietjie te lank geword vir Tarien
Venter.
Onder: Dit is nie aldag dat jy soos óns op die marmerblad voor die
voordeur van die Staatsteater kan stop nie.