6
Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop 29 APRIL 2018 VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER - KAN ’N MENS WERKLIK VERANDER? ROM 8:1-17 Kan mense regtig verander? Wat het sedert ons kinderdae in ons lewens verander? Dink ons vandag anders oor ras, geloof, geld, menswaardigheid, die huwelik, lewensideale en die toekoms as 30 jaar gelede? Ervaar die mense wat saam met jou leef dat daar ‘n verskil in jou optrede en gesindheid gekom het? Wat laat mense verander? Kán mense werklik verander? Ons onbewuste verwagting is dat die kerk hiermee kan help. Ons stel ons doelbewus bloot aan godsdienstige dinge sodat ons “beter mense” kan word. Ouers doen baie moeite om hulle kinders van jongs af by die kerk te kry. Hulle hoop dat dit hulle kinders ten goede sal verander. Is daar ‘n merkbare verskil tussen die mense wat op ‘n Sondag bietjie laat lê en die wat vroeg al moeite doen om by die kerk te kom? Hoe lank duur die invloed van ‘n “mooi” preek op ons gedrag en denke? As dit darem nie vir Rom. 8 was nie… TEKS VIR 6 MEI DS MICHIEL DE KOCK Die Heilige Gees dring my om grense oor te steek Hand.1:8 en Gal. 5:16 – 26 Lees asb beide gedeeltes en dink na oor die uitdagings wat dit aan jou persoonlik stel. Vra die Heilige Gees wat Hand. 1:8 vir jou per- soonlik en vir ons as gemeente beteken. Moet ons hierdie teks leerlik verstaan dat die boodskap by ons begin en uitkring tot by die uithoeke van die wêreld, of kan dit verskillende betekenisse hê soos die Heilige Gees elke mens lei en stuur? Wat is die beginsel waaroor dit hier gaan? Waer grense of uitdagings dring die Galasiërs-teks ons om oor te steek hier in ons gemeenskap vandag? God seën u. Michiel HARTLIK WELKOM! Jy hoor byna daagliks hoe mense vra na wonderwerke. In die Ou Testament lees ons van sulke wonderwerke. Dink maar aan God se versorging van Sy volk in die woestyn: vars water, manna, kwartels en die klere aan hul lywe verslyt nie (Deut. 8v2-4). Dink aan die Here Jesus se wonders: water in wyn, genesings, die vermeerdering van die brode en visse. En dan is daar nog manne soos Petrus en Johannes wat ‘n verlamde man kon laat loop het. Paulus het ‘n Eutigus uit die dood opgewek. In die vroeë gemeente het die apostels “baie wonders en tekens gedoen” (Hand. 2v43). Nou vra die mense: Waarom is wonderwerke gestaak? Het wonderwerke opgehou ...? Nee, beslis nie. Onthou: God het die mens geskape na Sy beeld. As God werk sal die mens as Sy vennoot ook werk. En dit beteken: God sal nie vir jou doen wat jy self kan doen nie. God gee die grond, die saad en die klimaat, maar jy moet self ploeg, saai en oes. Dit is soos ‘n ou Engelse geneesheer gesê het: “I bandage the wounds; but God heals them ”. Jou lewe is een groot wonderwerk. Psalm 139v13 sê jy is ‘n wonder-like kunswerk, ‘n Loflied. Die aarde waarop jy leef, is een groot wonderwerk (Ps. 8). Die wonder-like son is ons bron van energie. Die atmosfeer is ‘n beskermende omhulsel. Die oseaan is ‘n temperatuur-stabiliseerder. Die maan bring die oseaan in beweging en gee die getye. Die draaiing van die aarde gee ons die seisoene. En die wonderwerke van die wonder-like vroeë kerk (Hand 2v41-47)? Hierdie wonders het nog lank nie opgehou nie. Kom kyk as Onrusrivier ‘n wonder-like Gemeentebasaar aanbied Kyk na die energie, die samewerking, die hemelse seëninge en hoor hoe hulle hul wonder-like God prys ...! Glo u nou aan daaglikse wonders ...? Kom kyk watter wonder-like dinge die Here vandag nog doen! Wees LIG! GEEN AANDDIENS AGV LANGNAWEEK

oral, altyd en in alles Hartklop Wees LIG!€¦ · kerk te kry. Hulle hoop dat dit hulle kinders ten goede sal verander. Is daar ‘n merkbare verskil tussen die mense wat op ‘n

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: oral, altyd en in alles Hartklop Wees LIG!€¦ · kerk te kry. Hulle hoop dat dit hulle kinders ten goede sal verander. Is daar ‘n merkbare verskil tussen die mense wat op ‘n

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

Hartklop 29 APRIL 2018

VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER - KAN ’N MENS WERKLIK VERANDER?

ROM 8:1-17

Kan mense regtig verander? Wat het sedert ons kinderdae in ons lewens verander? Dink ons vandag anders oor ras, geloof, geld, menswaardigheid, die huwelik, lewensideale en die toekoms as 30 jaar gelede? Ervaar die mense wat saam met jou leef dat daar ‘n verskil in jou optrede en gesindheid gekom het?

Wat laat mense verander? Kán mense werklik verander?

Ons onbewuste verwagting is dat die kerk hiermee kan help. Ons stel ons doelbewus bloot aan godsdienstige dinge sodat ons “beter mense” kan word. Ouers doen baie moeite om hulle kinders van jongs af by die kerk te kry. Hulle hoop dat dit hulle kinders ten goede sal verander. Is daar ‘n merkbare verskil tussen die mense wat op ‘n Sondag bietjie laat lê en die wat vroeg al moeite doen om by die kerk te kom? Hoe lank duur die invloed van ‘n “mooi” preek op ons gedrag en denke?

As dit darem nie vir Rom. 8 was nie…

TEKS VIR 6 MEI

DS MICHIEL DE KOCK Die Heilige Gees dring my om grense oor te steek

Hand.1:8 en Gal. 5:16 – 26

Lees asb beide gedeeltes en dink na

oor die uitdagings wat dit aan jou

persoonlik stel. Vra die Heilige

Gees wat Hand. 1:8 vir jou per-

soonlik en vir ons as gemeente

beteken.

Moet ons hierdie teks letterlik

verstaan dat die boodskap by ons

begin en uitkring tot by die

uithoeke van die wêreld, of kan dit

verskillende betekenisse hê soos

die Heilige Gees elke mens lei en

stuur?

Wat is die beginsel waaroor dit hier

gaan? Watter grense of uitdagings

dring die Galasiërs-teks ons om oor

te steek hier in ons gemeenskap

vandag?

God seën u. Michiel

HARTLIK WELKOM!

Jy hoor byna daagliks hoe mense vra na wonderwerke. In die Ou Testament lees ons van sulke wonderwerke. Dink maar aan God se versorging van Sy volk in die woestyn: vars water, manna, kwartels en die klere aan hul lywe verslyt nie (Deut. 8v2-4). Dink aan die Here Jesus se wonders: water in wyn, genesings, die vermeerdering van die brode en visse. En dan is daar nog manne soos Petrus en Johannes wat ‘n verlamde man kon laat loop het. Paulus het ‘n Eutigus uit die dood opgewek. In die vroeë gemeente het die apostels “baie wonders en tekens gedoen” (Hand. 2v43). Nou vra die mense: Waarom is wonderwerke gestaak?

Het wonderwerke opgehou ...? Nee, beslis nie.

Onthou: God het die mens geskape na Sy beeld. As God werk sal die mens as Sy vennoot ook werk. En dit beteken: God sal nie vir jou doen wat jy self kan doen nie. God gee die grond, die saad en die klimaat, maar jy moet self ploeg, saai en oes. Dit is soos ‘n ou Engelse geneesheer gesê het: “I bandage the wounds; but God heals them ”.

Jou lewe is een groot wonderwerk. Psalm 139v13 sê jy is ‘n wonder-like kunswerk, ‘n Loflied.

Die aarde waarop jy leef, is een groot wonderwerk (Ps. 8). Die wonder-like son is ons bron van energie. Die atmosfeer is ‘n beskermende omhulsel. Die oseaan is ‘n temperatuur-stabiliseerder. Die maan bring die oseaan in beweging en gee die getye. Die draaiing van die aarde gee ons die seisoene.

En die wonderwerke van die wonder-like vroeë kerk (Hand 2v41-47)? Hierdie wonders het nog lank nie opgehou nie. Kom kyk as Onrusrivier ‘n wonder-like Gemeentebasaar aanbied Kyk na die energie, die samewerking, die hemelse seëninge en hoor hoe hulle hul wonder-like God prys ...!

Glo u nou aan daaglikse wonders ...? Kom kyk watter wonder-like dinge die Here vandag nog doen!

Wees LIG!

GEEN AANDDIENS

AGV LANGNAWEEK

Page 2: oral, altyd en in alles Hartklop Wees LIG!€¦ · kerk te kry. Hulle hoop dat dit hulle kinders ten goede sal verander. Is daar ‘n merkbare verskil tussen die mense wat op ‘n

MAANDAG 30 APRIL 10:00 - 12:00 MINI-BASAAR Indien daar nog iets oorbly van die Basaar, is u almal baie welkom om die laaste “bargains” te kom koop.

DINSDAG 1 MEI WERKERSDAG

WOENSDAG 2 MEI 11:00 - 13:00 KLEREKAS

18:00 BYBELSKOOL BY NG HERMANUS. Elkeen van ons se name

staan by ‘n psalm aangeteken. Ons lees Psalm 73 (die ICU se

psalm), Ps. 83 (die bedreigde Israel se psalm) en Ps. 90 (die

bejaarde se psalm). En ons sluit vir Pinkster en heropen DV

30 en 31 Mei. Navrae: Clifford by 028 316 4895 of 082 37 55 410

DONDERDAG 3 MEI 09:00 BYBELSKOOL BY NG ONRUSRIVIER

SONDAG 6 MEI 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 6)

09:00 EREDIENS: Ds Michiel de Kock gaan voor. Welkom!

18:00 AANDDIENS: Ds Anton Duvenhage nooi graag alle tieners, ouers en jonk van gees. Kom sing, gesels en kuier saam.

KLEINGROEPE Indien u belangstel om

deel van ‘n kleingroep te wees, kontak gerus vir Deon Terblanche op

083 400 9010

UITREIK NA DIE TRANSKEI (KOKSTAD)

29 SEP - 6 OKT 2018

• Fokus: Herstelwerk (verf en vensters) aan kleuterskool in Aloekop, groentetuin maak en kinderbediening. • Vervoer: enige hulp vanuit die gemeente (bakkie / kombi) sal uiters waardeer word. • Maaltye: indien daar iemand saam gaan wat bereid is om in beheer te wees van die “kombuisaktiwiteite” kan hulle my gerus kontak. Ons sal sukkel om te bedien met leë magies. • Verblyf: Hoërskool Koshuis in Kokstad.

Indien u belangstel om op die uitreik te gaan of enige navrae het, kontak gerus vir ds. Michiel de Kock. Ons wil

graag die uitreik laat realiseer, maar kort genoeg uitreikers vanuit die gemeente. Welkom!

GESOEK: EIENAARS VAN GOEDERE

Klavier in die OnsTeater – Weet iemand dalk wie s’n dit is? Ons benodig die spasie en dit moet asb. teen einde

Mei 2018 verwyder word.

Weet iemand aan wie behoort die wit kinder-kombuiskassie, wasbak en stofie wat in die Gebedskamer staan? Is dit

geskenk of vir ‘n spesifieke doel daar geplaas.

Kontak asb. vir Hanna by die Kerkkantoor.

Daar is ook heelwat leesbrille, sonbrille en persoonlike items

wat agterbly na dienste of vergaderings. Indien u enigiets vermis, kom loer gerus by die Kerkkantoor.

VAKATURE: HOOF VAN ADMINISTRATIEWE DIENSTE BY DIE NG GEMEENTE ONRUSRIVIER

Die gemeente se Kerkkantoor funksioneer op 'n unieke wyse wat dit onderskei van die meeste soortgelyke funksies in kommersiële omgewings. Werknemers verrig hul take binne die raamwerk van die gemeente se waardestelsel en daar word van hulle verwag om 'n bepaalde werksetiek te handhaaf waar buitengewone waarde geheg word aan aspekte soos verdraagsaamheid, verantwoordbaarheid, span-werk, harmonie, onderlinge ondersteuning en stiptelikheid. Binne hierdie raamwerk benodig ons 'n persoon wat aan die hoof van administratiewe dienste in die Kerkkantoor kan staan. Die volgende vaardighede en kwalifikasies word vereis:

U moet oor bewese bestuursvaardighede beskik in die doeltreffende bestuur van 'n kantoor van soortgelyke grootte en kompleksiteit, insluitend die toegewese personeel.

U moet oor die vaardigheid beskik om die funksies en take van alle toegewese personeel doeltreffend te prioritiseer en die uitvoering daarvan te monitor.

U moet goeie kommunikasievaardighede hê om doeltreffend te kom-munikeer na die kantoorpersoneel, besoekers en lidmate.

U moet oor goed ontwikkelde skryfvaardighede beskik om as skriba by Kerkraad- en Bestuurspanvergaderings te dien.

U moet oor sodanige rekenaarvaardighede beskik dat u gemaklik met kantoorsagteware, soos MS Excel, MS Word en e-pos kan werk, asook met die nodige opleiding die WinKerk bestuursprogram kan hanteer.

U moet onafhanklik kan funksioneer en periodiek hoë werksdruk kan hanteer.

U moet die verantwoordelikheid kan opneem om die gemeente se kontant te hanteer, insluitend die bankgereedheid daarvan.

U moet die vertroulikheid van alle informasie wat op die personeel en die kantoor van toepassing is met verantwoordelikheid en toewyding beskerm.

U moet deurgaans vriendelik en behulpsaam optree en gesonde span-werk bevorder onder die personeel wat aan u toevertrou is.

Dit sal in u guns tel as u gemaklik sal kan inskakel by die gereformeerde spiritualiteit soos wat dit in die gemeente neerslag vind.

Aansoeke: Stuur asseblief u aansoek en CV Zelda Erasmus by

[email protected], of bring dit na die Kerkkantoor gedurende kantoorure (Maandag tot Vrydag 08h00 tot 13h00).

Sluitingsdatum vir aansoeke is 7 Mei 2018 om 12h00.

Indien u binne 2 weke nadat u aansoek gedoen het niks van ons gehoor het nie, moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Page 3: oral, altyd en in alles Hartklop Wees LIG!€¦ · kerk te kry. Hulle hoop dat dit hulle kinders ten goede sal verander. Is daar ‘n merkbare verskil tussen die mense wat op ‘n

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING

Johan Spies, Marie Mostert, Linda du Preez, Krappies Carstens, Lynette Crafford, Ernie Stephan, Etienne Louw, Jannie Smit (Onrus)

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS

Francois van der Merwe, Frans Snyders, Leonie Koekemoer, Frans Bothma, Andries van Niekerk

SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING Hanlie Chambers – wag op lewer- en nieroorplanting (Ina & Rassie Erasmus se dogter), Alida Cilliers, Philip Louw, Flick du Toit, Deon Terblanche, Quentin van Eeden, Corné Smith, Baba PW Prinsloo, Cas van Rensburg, Flick du Toit. Ons bid ook vir alle verswaktes in ‘n sorgeenheid asook al die versorgers wat hulle met soveel liefde versorg.

MEEGEVOEL MET vriende en familie met die heengaan van Tienie Schickerling.

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Niemand hoef hieraan te twyfel nie! Al die lof

behoort aan God. Hy is die belangrikste van almal.

Hy weet alles. Vir Hom moet ons vir alles dankie sê. Wat ons sê of wat ons

doen, moet wees om Hom groot te maak. Hy het al die krag. Niemand is so

sterk soos Hy nie. Ja, ons praat van ons God. Dit was van altyd af waar en sal

altyd van Hom waar bly! Daarvan hoef niemand te twyfel nie!

WEEK 30 APR - 6 MEI

MAANDAG 30 APR

Halleluja, prys God! Daar is niks wat die Here, ons

God, nie kan doen nie. Hy heers oor almal. Laat

ons vrolik feesvier. Laat ons uitbundig van vreugde oorloop. Laat ons vir almal

vertel hoe groot God is. Ons het goeie rede. Laat lof vir ons God oor julle

lippe rol! Laat elkeen wat Hom dien, dit doen!

DINSDAG 1 MEI

In gebed het ek die Here gevra om my te help;

en Hy het dit gedoen. Hy het my gered van al

die dinge wat my lewe bedreig. Mense wat swak is en hulp nodig het, sien dit

raak. Hulle gesig straal van blydskap. Wanneer hulle die Here se hand styf

vashou, sal Hy hulle nooit teleurstel nie. Op baie maniere beskerm die Here

elkeen wat Hom dien.

WOENSDAG 2 MEI

Eer God, eer Hom, elkeen wat bo in die hemel

is. Kyk net hoe belangrik is Hy; kyk na sy krag

en maak Hom groot. ʼn Mens ervaar die teenwoordigheid van die grote God

bo die geruis van die magtige see. Sy stem is soos die donder wat daar slaan.

As Hy praat, gebeur dit net so. In sy oorweldigende teenwoordigheid kan ʼn

mens net uitroep: ‘Alle eer behoort aan God alleen!’

DONDERDAG 3 MEI

GEBED

HOE SÊ ONS DANKIE? Vader, ons is op ons knieë voor U met harte wat oorloop van

dankbaarheid. Ons eer U vir wie U is. Ons aanbid u met oorgawe en sing lofliedere tot eer van U naam. U is ons Koning, ons Heer-

ser, ons alles! Dankie Here!

Elke mens is slegs soos ʼn

grashalmpie. Dit is met

mense nie anders as met ʼn blom in die veld nie. Die

grashalmpie verdroog maklik en die blom se blaartjies

val na ʼn rukkie nutteloos op die grond. Dit is so

tydelik. Maar die woord van die Here sal altyd waar

bly. Hierdie “woord” is die goeie boodskap oor Jesus

Christus wat julle ook gehoor het.

VRYDAG 4 MEI

Page 4: oral, altyd en in alles Hartklop Wees LIG!€¦ · kerk te kry. Hulle hoop dat dit hulle kinders ten goede sal verander. Is daar ‘n merkbare verskil tussen die mense wat op ‘n

VAKANSIEDAG

VOETE- EN HANDEVERSORGING: Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Daar is verskillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is ook vir mans. Marilyn sien baie mans wat

spesiaal kom vir hulp met hulle voete. Tydens die wintermaande begin Marilyn eers 08:30. Sitkamer om 10h00: Maak jy graag self geskenke soos inkopiesakke, speldeboekies, potpourrisakkies en nog baie meer? Wil jy 'n ekstra inkomste verdien? Kom kyk en doen saam met Mattie Swart (076 522 5669). Dit is 'n heerlike, gratis, leergeleentheid!

TRIMGIM: Mathilda Roos (bio-kinetikus) sien u op Woensdae om 15h00 in die OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgimfooie is R45 pm vir lede van die Dienssentrum en R60 pm vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085.

SITKAMER OM 10H00: Kom speel Rummikub of ander kaartspeletjies? Daar is te kies en te keur. Kom speel saam met 'n groep mense wat daarvan hou om hierdie speletjies te speel.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die genade van God

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745

KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

DINSDAG 1 MEI

WOENSDAG 2 MEI

DONDERDAG 3 MEI

KOLWYNTJIE TEETUIN

VRYDAG 4 MEI (09:00 - 11:30)

Nooi gerus u verjaarsdaggroepe/selgroepe/Bybelstudiegroepe en kom kuier saam. Kontak asb vir Siska Conradie by 082 762 2732 om te bespreek vir groot groepe.

Sien julle weer Vrydag by die lekkerste Teetuin in die dorp!

Die Dienssentrum is vir oud en jonk. Kom maak gerus 'n draai by ons en sien hoe lekker dit

is om in die dienssentrum net agteroor te sit en te ontspan saam met ander mense.

Kom geniet hierdie prettige film saam met ons

DONDERDAG 3 MEI @ 14:30

IN DIE KONSISTORIE

Slegs donasie.

“Wim and Kevin work at a laundromat. By day, things are boring, but when the sun sets they party in their clients’

clothes. During a party, they discover a chopped-off finger in a client’s suit’s jacket. The underhanded owner of the finger,

his sons and a ruthless traitor is hot on Wim and Kevin’s heels and have no regard for their safety.”

WAAROM MOET EK AANSLUIT BY DIE DIENSSEN-TRUM - 'N SPESIALE DIENS VIR SLEGS ONS LEDE: U kan nou meer inligting kry oor u siektetoestand by ons Dienssentrum. As u vrae het oor u siekte, die implikasies daavan op u leefwyse en u verlang meer inligting, skakel gerus Sr Ronel Calitz( tel. 073 152 5623) en maak `n afspraak vir 'n Dinsdagoggend (10h00 - 12h00) sodat sy die nodige agtergronds-inligting kan kry. `n Groep afgetrede geneeshere sal elke derde Donderdag van die maand beskikbaar wees om vrae te beant-woord, nuutste inligting te verskaf en berading te voorsien. Let asseblief daarop dat geen diagnose of behandeling verskaf sal word nie. VERSOEK: Ons het baie probleme met bosslapers wat by die Dienssentrum oornag en dit ongelukkig nie skoon hou nie. Ons wil baie graag 'n Trellideur of 'n ysterhek by die "gangetjie" voor die dienssentrum aanbring. Die wydte is 1.73 meter en die hoog-te is standaard. Indien u dalk so iets by u huis het en nie weet wat om daarmee te doen nie, sal u dit nie asseblief oorweeg om dit vir die Dienssentrum te skenk nie? Dit sal hoog op prys gestel word. Kontak vir Erika by 028 316 3115.

Page 5: oral, altyd en in alles Hartklop Wees LIG!€¦ · kerk te kry. Hulle hoop dat dit hulle kinders ten goede sal verander. Is daar ‘n merkbare verskil tussen die mense wat op ‘n

LEDEGELD: Ledegeld is vanaf 1 Maart betaalbaar by Hannie/Joan teen R400 per individu en R600 per egpaar.

GESKENKBEWYSE OF GESKENKE: Dit is nie altyd so maklik om geskenke uit te soek nie. Onthou dat u altyd 'n geskenkbewys by Marilyn Prinsloo (082 532 6931) kan kry vir 'n voete- en/of handeversorging. Onthou ook dat ons by die Kolwyntjie Teetuin (028 316 1745 vra vir Joan/Hannie) geskenkbewyse het. U kan u vriendin/vriend van 'n geskenkbewys voorsien om heerlik by die teetuin te kom ontspan. U kan selfs 'n maand of meer se Trimgim by Mathilda (082 339 1085) borg vir u vriend/vriend. Wat van 'n haarversorging by Ester (081 453 8130). Ons vrouens wil tog altyd mooi lyk! Bettie (076 129 3788) bak koeksisters, op bestelling, op die laaste Maandag van elke maand. Wat van 'n pakkie heerlike koeksisters as 'n geskenk vir 'n vriend/vriendin? Die Dienssentrum kan u help met die besluit vir 'n geskenk!

PLAASBOTTER: Die Dienssentrum verkoop plaasbotter teen R50 per 500gram. Kom koop by Hannie/Joan.

KOMBERSE: Ons het al ons komberse wat ons versamel het vir wanneer hier weer 'n brand uitbreek en die kerk word gebruik vir die versorging van Onrus Manor se bejaardes, uitgedeel aan die mense wat in die Sandbaaisaal geslaap het tydens die onlangse probleme in ons gemeenskap. Ons sal enige skenkings baie waardeer sodat ons weer die voorraad kan aanvul.

LASAGNE: Na baie versoeke het ons besluit Bettie sal weer vir ons haar heerlike lasagne maak op Woensdag, 9 Mei. Die koste is R50. Bestel asseblief voor Vrydag, 4 Mei, by Joan of Hannie (028 316 1745).

Onrusgemeente het ‘n SnapScan fasiliteit begin. Dit is ‘n maklike manier om te be-taal vir goedere of ook Dankoffers te gee met die gebruik van u “smartphone”. Gaan laai gerus die APP af op Google Play. Die nodige stafiekode is beskikbaar op

die agterkant van die Hartklop vir onder andere Dankoffers. Vir enige navrae, kontak gerus vir Hanna by die kerkkantoor. Baie dankie!

ENGELTJIEPROJEK Ons is baie opgewonde oor die Engeltjieprojek. Dit is waar ons “Engeltjies” nooi (enige persoon) wat ons 80-plussers bietjie besoek, omgee en Jesus-liefde uitdra. Heelwat van hulle is nie in ‘n Aftree-oord nie, en hulle vereensaam by hul huise. Ons het ‘n lys van by die 250 mense wat wag vir ‘n Engeltjie!!

WAT BEHELS DIT? U ontvang ‘n naam van ons koördineerders, Kontak die persoon en reël ‘n afspraak. U besoek daardie vrou/man en luister ook watter behoeftes hulle het. Dalk net ‘n koffie/tee besoek nou en dan, of ‘n bederf met hul verjaarsdag, of ‘n lekker saamkuier in die dorp. (ONTHOU, hierdie is net ‘n omgee-projek, nie versorging nie.)

HOE KAN EK AANMELD? Daar is ‘n naamlys beskikbaar by die kerk-kantoor en by die Dienssentrum, of kontak Marietjie of Brenda.

KOM WAAG DIT - KOM MAAK ‘N VERSKIL IN ‘N BEJAARDE SE LEWE!

NAVRAE: MARIETJIE LE ROUX (083 455 1455) BRENDA STRAUSS (083 3900 838)

ONDERSTEUNINGSGROEP 8 MEI 2018 U word vriendelik uitgenooi na ons ondersteu-ningsgroep vir almal wat aan Spierdistrofie, MNS, MS, Parkinsons, Alzheimer en Demensie ly. Ons volgende byeenkoms van die jaar is op Dinsdag, 8 Mei, om 10h00 - 11h00 (let wel die veranderde tyd) in die sitkamer van die Dienssentrum. By hierdie geleentheid gaan ons weer lekker gesels

oor ons bekom-mernisse en raad/advies/ondersteuning bymekaar kry.

Hartlik welkom!

BASAAR 2018 Here God, dankie vir die Basaar. Ons dank u vir die liefde, gasvryheid en LIG wat ons kon uitstraal en ontvang. Ons weet U is die bron daar-van. Ons dank u vir elke persoon wat gekom het, vir al die saamroepers en werkers. Dankie dat ons die hele Basaar as ‘n lofoffer aan u kon gee.

Amen

Page 6: oral, altyd en in alles Hartklop Wees LIG!€¦ · kerk te kry. Hulle hoop dat dit hulle kinders ten goede sal verander. Is daar ‘n merkbare verskil tussen die mense wat op ‘n

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

Vir navrae en kommentaar op die Hartklop

[email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Indien u graag ‘n Dankoffer-betaling wil doen dmv Snap-Scan en u “Smartphone”, ge-bruik gerus die kode hier links.

VOEDSELPRODUKTE IN DIE BYBEL

Met die heerlike Basaar van hierdie naweek, het ons dit heel gepas gedink om ‘n lekker Woordsoek van 20 verskillende voedselprodukte in die Bybel te plaas. Lees die Bybelvers saam met ‘n leidraad om die naam van die voedselproduk in die woordsoek te vind. Geniet dit!! 1. Abraham het Hagar en Ismael met kos en ‘n velsak met ................ weg gestuur

(Gen 21:14). 2. Esau het sy reg as eersgeborene verkoop vir ‘n .............. en ..............(Gen 25:33-34). 3. Isak vra vir Esau om vir hom ‘n stukkie .......... te skiet en dit dan lekker gaar te maak.

(Gen 27:3-4). 4. Jakob verneem dat graan, naamlik..........., in Egipte beskikbaar is. (Gen 42:2). 5. In ruil vir die graan, het Jakob die volgende voedselprodukte as geskenke gestuur:

(Gen 43:11). Bepaal die produknaam in oreenstemming met die aantal letters 7, 4, 3 en 5: 5.1 Produk 1 ( 7 letters)...................

5.2 Produk 2 (3 letters)................... 5.3 Produk 3 (4 letters)................... 5.4 Produk 4 (5 Letters. Gebruik eerste 4 letters) ..................................

6. Met hulle tog deur die woestyn het die Here manna en ...........................as voedsel aan die Israelliete voorsien (Eksodus 16:13).

7. Die manne wat Kanaan verken het, het die volgende produkte terug gebring: (Numerie 13:23)

7.1 Produk 1.................................. 7.2 Produk 2.................................. 7.3 Produk 3..................................

8. Jael het .................. aan Sisera gegee toe hy vir water gevra het. (Rigters 4:19). 9. Behalwe vir die brode, rosyntjies en voorvye, het koning Dawid ook ‘n

kruik ..............ontvang. (2 Samuel 16:1). 10. Ons lees van die Olyfbome. Kan aanvaar dat ............ geëet is.(Jes 17:6) 11. ........... is saam met brood aan die mense bedien. (Markus 8:7). 12. Jerigo word die Palmstad genoem. Kan aanvaar dat ............. geëet is. (Deut 34:3). 13. ............. moet op die offervleis gegooi word.(Esegiel 43:24). 14. Johannes het van heuning en ......................... gelewe. (Matt 3:4).