27
Ovies Hier is waar jy wil wees! Ouergids Skoolhoof: Eddie Labuschagne Adjunk: Hanneke Strydom [email protected] T: 028 212 3083 | F: 028 212 1774 Hoërskool Overberg, Venterweg, Posbus 183,Caledon, 7230 DIE SKOOL WAAR LEERDERS PRESTEERDERS WORD

Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

Ovies

Hier iswaar jywil wees!

Ouergids

Skoolhoof: Eddie Labuschagne • Adjunk: Hanneke Strydom

[email protected]: 028 212 3083 | F: 028 212 1774

Hoërskool Overberg, Venterweg, Posbus 183,Caledon, 7230

DIE SKOOL WAAR LEERDERS PRESTEERDERS WORD

Page 2: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

Inhoudsopgawe

Boodskap van die skoolhoof

Voorwoord

Missie en waardes

Geskiedenis van die skool

Skoollied

Aansoeke en toelatingsbeleid

Finansiële aspekte

02

03

05

06

07

08

11

As ouers, onderwysers & leerders, streef ons daarna om effektiewe, gebalanseerde & toekomsgerigte onderrig te lewer.

Hoërskool Overberg bemagtig leerders om ‘n sinvolle bestaan in ’n moderne samelewing te voer.

Koshuise

Skooldrag

Sportdrag

Buitemuurse aktiwiteite

Vakkeuses

Gedragskode en huishoudelike reëls

Algemene inligting

12

13

19

20

21

22

25

Page 3: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

2

Welkom by die Ovies!

Hoërskool Overberg het 'n trotse geskiedenis en streef na uitnemendheid op akademiese-, kultuur- en sportgebied. Hier is elke kind vir ons belangrik en word as individu hanteer. Deur 'n ervare personeel word elke kind binne 'n rustige plattelandse omgewing gelei om sy volle potensiaal te ontwikkel. Koshuisverblyf vorm ook 'n belangrike onderdeel in die ontwikkeling van Ovies.

Met hierdie webblad probeer ons 'n kykie gee in die lewe van 'n Ovie. Kom beleef saam met ons die lewe van 'n Ovie en sien hoe ons ons leuse uitleef: Ad Altiora! Altyd Hoër!

Page 4: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

VOORWOORD

Hoërskool Overberg kan met reg sê dat matrikulante van hierdie skool enige van die volgende studievelde suksesvol kan betree:

By Hoërskool Overberg glo ons dat elke kind sy potensiaal kan bereik indien die akademiese-, kulturele- en sportgeleenthede wat gebied word, ten volle benut word.

Ÿ Natuurwetenskap

Ÿ Geesteswetenskap

Ÿ Ekonomiese Wetenskap

Ÿ Rekenaarwetenskap

Ÿ Gasvryheidstudie

Ÿ Ingenieurswetenskap

Ÿ Landbouwetenskap

Ÿ Tegnologiewetenskap

3

Page 5: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

VOORWOORD

Hierdie ouergids is saamgestel om u as ouer of voog van genoegsame inligting rakende die skool te voorsien en sodoende u besluit van die beste geskikte skool vir u kind te vergemaklik.“ BY HOËRSKOOL OVERBERG STREWE

ONS DAARNA OM:

Ÿ die leerders in totaliteit te begelei na liggaamlike, geestelike, intellektuele en sosiale volwassenheid.

Ÿ leerders se volle potensiaal op akademiese, fisieke en kulturele gebied te verwesenlik.

Ÿ Positiewe norme en waardes by leerders te vestig.

Ÿ die leerders te lei om gesag te aanvaar, lojaliteit teenoor die skool en die gemeenskap te kweek, selfdissipline te ontwikkel en ’n gesonde groepsgees te kweek.

Ÿ die individualiteit van elke leerder te erken en om elkeen te leer ken.

Ÿ altyd onberispelik te wees in gedrag en voorkoms.

Ÿ as personeel in die gemeenskap betrokke te wees om so ook die beeld van die skool uit te dra.

Ÿ kollegialiteit en lojaliteit te bevorder.

Ÿ te alle tye as personeel ’n professionele en navolgenswaardige voorbeeld uit te dra.

Ÿ ouerbetrokkenheid en welwillendheid aan te moedig.

Ÿ die behoeftes en wense van die gemeenskap te eerbiedig en te erken.

Ÿ skooltrots en ’n ryke tradisie uit te bou.

Ÿ ‘n akademiese atmosfeer in die skool te skep sodat opvoeding en onderwys vir leerder en leerkrag, ’n sinvolle en aangename ervaring mag wees.

4

Page 6: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

RESPEK

RESPEK

Beleefdheid

Beleefdheid

LojaliteitLojaliteitYwerYwer

Integriteit

Integriteit

Trots

Trots

ONS MISSIE

5

Page 7: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

GESKIEDENIS VAN ONS SKOOL

Kliek hier vir meer interessante feiteKliek hier vir meer interessante feite

In 1895 the Caledon Jongenskool and the girl’s school merged and the Caledon Public School was established with Mr JC Gericke as headmaster.

In 1900 the Caledon Public School moved into the beautiful buildings which now house the Overberg District Office.

In 1923 the plans for the present school buildings were sent to Mr Theo Pienaar and in 1925 the new building, with only 4 classrooms, was inaugurated.

In 1934 two wings were added to give the school a U-shaped appearance and in 1935 it became the official High School.

In 1951 the first boarders moved into Huis Van den Berg and in 1960 the girl’s hostel, Nerina, was inaugurated.

6

Page 8: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

Teen Swartberg se hang in die suideBo lande met geelryp graan, staan berge soos bakens ons aanwysHoe die pad van ons plig sal gaan.Klink die lied van ’n jeug se streweUit ons skool ’n honderdmaal:Hoër en altyd nog hoërKlink die lied van ons ideaal.

In werk en in spel en in wandelBly ons aan ons leuse getrouMet gawes van bowe gegeweSal ons saam aan ons naam by bouStreef met hart en verstand en handeOm die toppunt te behaalAd Altiora ons leuseEn die hoogste ons ideaalAd Altiora ons leuseEn die hoogste ons ideaal

SKOOLLIED

7

Page 9: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

Kliek hier vir aansoekvorm

INSKRYWING VAN LEERLINGE

Aansoek om toelating van ’n leerling tot die skool en / of koshuis moet aan die skoolhoof gerig word.

Elke ouer / voog moet die toelatingsvorm (verkrygbaar by skool) voltooi.

By ondertekening van die aansoekvorm onderneem u en u kind om alle reëls soos vervat in die skool se gedragskode te gehoorsaam en om u verpligtinge na te kom.

DIE VOLGENDE DOKUMENTE MOET DIE AANSOEKVORM VERGESEL:

Ÿ Oorplasingsvorm (SOBIS) (indien beskikbaar)

Ÿ Afskrif van jongste rapport Ÿ Afskrif van leerling se

identiteitsdokument of geboortesertifikaat

Ÿ 2 Paspoortfoto’s van die leerling Ÿ Afskrifte van beide ouers se ID’s

AANSOEK & TOELATINGSBELEID

8

Page 10: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

Opgestel deur die Beheerliggaam in terme van Afdeiing 5(5) van die Suid-Afrikaanse Skolewet no. 84 van 1996.

INLEIDING

Behoud van die skool se etos en die optimale verwesenliking van sy potensiaal. 'n Leerling mag tot die skool toegelaat word indien by voldoen aan die vereistes en riglyne hieronder beskryf en neergelê en as sy/haar ouer(s)/ voog(de) die ingeslote beleid goedkeur, bereid is om hom daarby neer te lê en bereid is om sy verpligtinge/verantwoordelikhede dienooreenkomstig na te kom.

LEERLINGTAL

Die jaarlikse groei moet verband hou met die kapasiteit van die skool ten einde optimum opvoedkundige standaarde te handhaaf. 'n Leerder-onderwyser van 1:35 sal nie oorskry word nie.

TOELATINGSKRITERIA

Voorkeur word gegee aan:

Ÿ Ouers/wettige voogde wat eienaars of wettige huurders is van eiendom binne die bestaande bedieningsgebied van die skool. Die skool bedien tradisioneel die volgende gebied: Caledon, Greyton, Botrivier, Kleinmond, Gansbaai en Stanford.

Ÿ Leerders wat broers / susters het wat reeds ingeskrewe lede by die skool is;

Ÿ Leerders wat: - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon.

Indien die kapasiteit van die skool dit toelaat, sal leerders van buite die bedieningsgebied aanvaar word op grond van bogenoemde kriteria.

Aansoekers moet oor bewese taalvermoë beskik om deur medium van Afrikaans en/of Engels onderrig te word.

Ÿ Die aansoeker moet 'n geboortesertifikaat en/of identiteitsdokument by aansoek voorlê.

Ÿ Die ouderdom van die aansoeker moet onder normale omstandighede binne 'n tweejaargrens van die gemiddelde klasouderdom val.

By toelating moet leerders nie ouer wees as:

Graad 8: 15 jaar Graad 9: 16 jaar Graad 10: 17 jaarGraad 11: 18 jaar Graad 12: 19 jaar

OUDERDOM

Die ouers van Ieerders kan appél aanteken soos voorgeskryf in Afdeling 5(a) van die Skolewet.

APPÈL

AANSOEK & TOELATINGSBELEID

9

Page 11: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

Ouers moet die aansoekvorm soos deur die skool voorsien invul en dit moet deur beide biologiese ouers geteken word.

Die aansoekvorm asook alle addisionele vorms soos aangedui in onderstaande lys moet by die skool ingehandig word teen die datum soos geadverteer deur die Beheerliggaam.

Kopieë van die volgende dokumentasie moet aangeheg word:

Ÿ Geboortesertifikaat / ID / Paspoort van leerder

Ÿ Afskrifte van BEIDE ouers se ID’s OF onverkorte geboortesertifikaat

Ÿ Laaste rapport ontvang by vorige skool Ÿ Inligtingsvorm volledig voltooi deur vorige

skool (Vorm G)Ÿ Bewys van residensiële adres (Munisipale

rekening)Ÿ Twee paspoortfoto'sŸ Enige ander vorm soos deur skool

voorgeskryf

DOKUMENTASIE VIR TOELATING

Die leerder moet die kultuur, tradisies, gebruike, konvensies, simbole en etiese waardes van die skool eerbiedig:

Ÿ Leerders moet die nasionale en skool-simbole eerbiedig.

Ÿ Die voorgeskrewe skooldrag is verpligtend.Ÿ Inligting met betrekking tot leerder se

gedragsrekord moet op versoek voorgelê word.

Die skool mag in geen opsig by politieke optrede van watter aard ook al betrek word nie. Leerlinge wat na die oordeel van die skoolhoof en Beheerliggaam aan enige georganiseerde wegbly-aksie ten opsigte van skoolbedrywig-hede deelneem, verbeur daarmee hulle toelatingsvoorreg en kan deur die skoolhoof verdere bywoning van die skool geweier word.

Onderriggeld soos deur die Beheerliggaam bepaal, is betaalbaar op die datum soos voorgeskryf. Enige aansoeke om kwytskelding/ gedeeltelike kwytskelding van skoolgelde word hanteer soos beskryf in die finansiële besluit van die skool. Die Beheerliggaam het finale besluitnemingsbevoegdheid oor die aansoek.

ALGEMEEN

'n Onderneming moet by toelating deur die ouer / voog onderteken word dat hulle bogemelde toelatingsvereistes van die Hoërskool Overberg verstaan en hulle daarby neerlê.

ONDERNEMING BY TOELATING

Teken beleid hier

AANSOEK & TOELATINGSBELEID

10

Page 12: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

FINANSIËLE ASPEKTE

Die bevoegdhede wat kragtens die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996, aan die Beheerliggaam toegesê word, sluit in die bevoegdheid om onderriggeld te hef en die betaling af te dwing en te administreer.

Die onderriggeld sal jaarliks vasgestel word en daar kan gereël word om dit maandeliks, kwartaalliks of jaarliks te betaal. Debietorderfasiliteite is by die skool beskikbaar en ouers word sterk aangemoedig om hiervan gebruik te maak.

Hou asseblief in gedagte dat onderriggeld VOORUITBETAALBAAR is. Ouers wat verkies om skoolgeld jaarliks voor 20 Desember ten volle te vereffen, is geregtig op 10% korting en voor / op 31 Januarie ten volle te vereffen, is geregtig op ’n 5% korting.

BANKBESONDERHEDE SKOOL

11

Hoërskool OverbergABSA Bank632005Cheque Account4068633405

Page 13: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

Ÿ Die leerlinge staan onder streng, dog regverdige dissipline en daar word deurgaans gepoog om goeie skakeling met die ouerhuis te behou.

Ÿ Deur blootgestel te word aan koshuisinwoning, word ’n groot mate van selfstandigheid by die kosganger ontwikkel wat later ’n betekenisvolle bydrae kan lewer tot sy/haar volwassewording.

Ÿ Saam met hul ouers moet koshuisgangers as toelatingsvereiste ’n skriftelike onderneming aangaan dat die gedragskode van die betrokke koshuis eerbiedig en ondersteun sal word.

Ÿ Die skool beskik oor twee koshuise, Huis van den Berg vir seuns en Nerina vir dogters. Huisvesting kan aan ± 100 seuns en ± 100 dogters verskaf word. Die koshuise beskik oor ’n personeel wat goed kan voorsien in al die behoeftes van die kosgangers. Daar word gepoog om ’n huislike atmosfeer te skep sodat die koshuis ’n plaasvervanger vir die ouerhuis kan wees.

Ÿ Die geriewe van die kosgangers is van ’n hoë gehalte en alles wat nodig is, soos groot speeloppervlaktes, televisie, speletjies en studiesale vir gereelde studie is beskikbaar.

Ÿ Gebalanseerde maaltye word deur opgeleide personeel verskaf en word voorberei in die koshuis se eie kombuise.

Teken gedragskode hier

Van den BergNerina

KOSHUISE

12

Page 14: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

SOMER WINTER

SKOOLDRAG

13

SEUNS

Wit Kortmouhemp

Grys kort / langbroek

Grys skoolsokkies

Swart leerskoene

Blou oortrui (Gr 8 – 11 sonder skoolbaadjie)

Blou langmoutrui (Gr 8 – 11 met skoolbaadjie)

Langmoutrui (Gr 12 Matriektrui met skoolbaadjie)

Wit langmouhemp

Skooldas

Skoolbaadjie

Langmoutrui slegs met baadjie

Oortrui met of sonder baadjie

Goedgekeurde skoolserp

Grys skoolsokkies

Swart leerskoene

Page 15: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

PERSONAL APPEARANCE AND DRESS CODE

Ÿ Clothing, shoes, hair and nails should be neat and clean at all times.

Ÿ School uniforms (or sportswear) are compulsory for attendance of any school activity unless prior arrangements are made for specific circumstances.

Ÿ Skin adornments such as sketches, writing or tattoo marks are not allowed on visible body parts when dressed in school uniforms or sportswear.

Ÿ Learners who appear in public in school clothes must be in full school uniform. No casual clothing may be seen under the school uniform.

Ÿ School badges:

Only school lapel badges are allowed on the blazer.

Ÿ Rain jacket (sports jacket):

On rainy days the jacket is allowed until the start of the school day if a school blazer is also worn.

Ÿ Summer uniform:

- Grey trousers worn with a black belt, white short-sleeved shirt with the school badge on the pocket, grey socks and black leather shoes or boots which can be polished.

- Depending on the weather, the blazer may be worn alone or with the long-sleeved or school pull-over. The pull-over may also be worn without the blazer. Pull-over grade 8 – 11: Royal blue, grade 12: Black with “Matriek” embroided on. Long sleeve jersey grade 8-12: Royal blue. Gr. 12 - Special long sleeve jersey.

Ÿ Winter uniform:

- White shirt with or without the badge, school tie and blazer.

- The long-sleeved school jersey may also be worn under the blazer but not without the blazer.

- The pull-over may be worn without a blazer.

- Only the scarves supplied by the school are allowed with the blazer.

14

SCHOOL UNIFORM BOYS

Page 16: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

15

JUWELIERSWARE, HARE EN NAELS

Ÿ Die volgende geld ten opsigte van juweliersware:

- Slegs die erkende aanduidings vir allergieë word toegelaat.

- Juweliersware aan enige liggaamsdeel is ontoelaatbaar saam met skool- of sportdrag of tydens sportoefeninge.

- Sigbare ketting vir sleutels om die nek is ontoelaatbaar.

- Ontoelaatbare juweliersware word geskut tot aan die einde van die betrokke kwartaal.

Ÿ Hare moet goed versorg, skoon en volgens die volgende vereistes gedra word:

- Die haarlyn moet agter die kop geleidelik in die nek vloei en mag nie oor die kraag hang nie.

- ‘n Reghoekige snit vir die nek is toelaatbaar, maar hare mag nie agter die nek ‘n rif vorm nie.

- Bakkebaarde mag nie laer as die middel van die oor wees nie.

- Snorre of baarde is ontoelaatbaar en seuns met velprobleme moet ‘n mediese sertifikaat voorlê.

- Enige snaakse haarstyle is ontoelaatbaar.

- Matige gel, haarsproei of opknappers is aanvaarbaar, maar mag nie sigbaar wees nie.

- Klam hare soggens met aankoms by die skool is toelaatbaar.

- Gekleurde hare mag slegs in ‘n natuurlike kleur wees. Indien die reël oortree word, moet die hare kort geskeer word.

- Hare van matrieks moet na afloop van die afskeid weer volgens skoolreëls wees. Geen toegewings word gemaak nie.

Ÿ Naels moet netjies geknip en nie langer as die vingerpunte wees nie.

SKOOLDRAG SEUNS

15

Page 17: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

SKOOLDRAG

16

SOMER WINTER

Wit kortmouhemp

Skoolrok (10 -15cm bo die knie wanneer kniel)

Wit sokkies (sonder patrone / gaatjies)

Swart leerskoene (toeryg / bandjie oor voet)

Blou oortrui (Gr 8 – 11)

Swart Oortrui (Gr 12 met “Matriek”)

Blou langmoutrui (Gr 8 – 11 met baadjie)

Langmoutrui (Gr 12 Matriektrui met baadjie behalwe op Vrydae)

Skoolbaadjie opsioneel

Wit skoolhemp

Skooldas

Skoolrok

Swart skoolkouse

Swart leerskoene

Langmoutrui (slegs met baadjie behalwe Vrydae - Gr.12)

Oortrui (met of sonder baadjie)

Goedgekeurde skoolserp

Grys langbroek met grys skoolsokkies

DOGTERS

Page 18: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

PERSONAL APPEARANCE AND DRESS CODE

Ÿ Clothing, shoes, hair and nails should be neat and clean at all times.

Ÿ School uniforms (or sportswear) are compulsory for attendance of any school activity unless prior arrangements are made for specific circumstances.

Ÿ Skin adornments such as sketches, writing or tattoo marks are not allowed on visible body parts when dressed in school or sportswear.

Ÿ Learners who appear in public in school clothes must be in full school uniform. No casual clothing may be seen under the school uniform.

Ÿ School badges:

Only school lapel badges are allowed on the blazer.

Ÿ Rain jacket (sports jacket):

On rainy days the jacket is allowed until the start of the school day if a school blazer is also worn.

Ÿ Shoes and socks:

- Black leather shoes with black stitching are allowed. Shoes with black laces will be acceptable.

- Heels may not be higher than 2,5 cm.

- Shoes to be polished regularly.

- Learners whose footwear does not conform because of repairs should obtain written permission from the vice principal to wear alternative shoes.

- Grey socks to be worn with trousers.

- Black school stockings may be worn in winter.

SCHOOL UNIFORM GIRLS

17

Page 19: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

SKOOLDRAG DOGTERS

18

JUWELIERSWARE, HARE EN NAELS

Ÿ Die volgende geld ten opsigte van juweliersware:

- Die erkende aanduidings vir allergieë word toegelaat.

- Sigbare ketting vir sleutels om die nek is ontoelaatbaar.

- Standaard-oorringetjies of -knoppies (goud of silwer) met ‘n deursnee van 1½ cm is aanvaarbaar.

- Slegs een oorringetjie of knoppie word in die onderste gaatjie van elke oor gedra.

- Ronde diamant-tipe steentjies met ‘n deursnee van 5 mm is toelaatbaar.

- Juweliersware aan enige ander liggaamsdeel is ontoelaatbaar saam met skool- of sportdrag of tydens sportoefeninge.

- Ontoelaatbare juweliersware word geskut tot aan die einde van die kwartaal.

Ÿ The following rules with regard to hair must be conformed to:

- Hair should be well-groomed and neatly styled.

- Long hair must be neatly tied against the head with hairclips or elastic bands in the school colours. (white, black or dark blue ribbons or elastics)

- Brown, black, silver and gold clips and Alice bands of the prescribed size and shape will also be allowed, but no fashion items are allowed.

- Supervising teachers will decide whether hair hanging over the collar should rather be fastened.

- Long fringes and loose hair have to be pinned back out of the face.

- Coloured hair must be in a natural shade.

- Hair of matrics must be according to school rules directly after the matric farewell. No exceptions will be allowed.

Ÿ The following rules with regard to nails must be conformed to:

- Only colourless nail varnish is allowed.

- Nails may not extend beyond the fingertips.

- Matric pupils may start growing their nails two weeks before the farewell.

- Painted toenails are not allowed in the sport classes or on the sports fields.

Ÿ No make-up to be worn at the school or at any school event.

Page 20: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

SPORTDRAG

PT CLOTHES:

Blue and black golf shirt. Black/blue ‘Ovies’ shorts (not ski pants). Only school tracksuit, no other.Proper sport shoes (tekkies) with white socks.

ATLETIEK:

Dogters: Atletiekhempie of Ovie-hempie met kraag met skoolkortbroek, skoolsweetpak, swartbroekie/wedloop-broekies (“poly shorts”). Geen ander sweetpakbroeke nie.Seuns: Atletiekhempie of Ovie-hempie met kraag met skoolkortbroek, swart broek,skoolsweetpak. Geen ‘ski pants’ word toegelaat. Geen ander sweetpakbroeke nie.

KRIEKET:

0/15A en 0/19A: Wit hemp (deur skool voorsien) en wit langbroek. 0/15B en 0/19B: Blou en swart sporthemp en reën- of sportbroek.

TENNIS:

Blou en swart sporthemp en tennisskoene.Dogters: Blou en swart sporthemp, swart sportbroek of rompie en tennisskoene.Seuns: Blou en swart sporthemp, swart sportbroek en tennisskoene.

NETBAL:

Swart romp, blou en swart sporthemp, wit sokkies en sportskoene. Eerste spanne reël self.

Die voorafgaande is in breë die gedragskode en huishoudelike reëls waaraan ’n leerling hom/haar sal moet onderwerp na inskrywing en aanvaarding by Hoërskool Overberg. Vir meer besonderhede kan bogenoemde dokument in detail bestudeer word.

Die beheerliggaam kan na oorleg met opvoeders, ouers en leerders, bogenoemde reëls wysig en/of uitbrei op enige gegewe tydstip.

HOKKIE:

Dogters: Swart romp, blou en swart sporthemp, swart hokkieskoene, hokkiesokkies,skoolsweetpak. Eerste spanne reël self.Seuns: Swart broekie, blou en swart sporthemp, swart hokkieskoene, hokkiesokkies,skoolsweetpak. Eerste spanne reël self.skoolsweetpak. Geen ‘ski pants’ word toegelaat. Geen ander sweetpakbroeke nie.

GHOLF:

Privaat netjiese gholfdrag.

RUGBY:

Swart broek, trui, kouse, skoene, skoolsweetpak. Eerste spanne reël self.

‘OVIES’ BEANIE”

Deel van wintersportdag. Dit mag net in die oggende vanaf die huis tot by die skool gedra word. As die klok lui, moet die beanie afgehaal word.

19

Page 21: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

BUITEMUURSE AKTIWITEITE

SPORT

SOMER:

Ÿ Atletiek

Ÿ Tennis

Ÿ Krieket (seuns en dogters)

Ÿ Gholf

WINTER:

Ÿ Rugby

Ÿ Hokkie (seuns & meisies)

Ÿ Netbal

Ÿ Landloop

VERENIGINGS EN ANDER BUITEMUURSE BEDRYWIGHEDE

Ÿ Debat

Ÿ Toneel en drama

Ÿ ACSV

Ÿ Skaak

Ÿ Skoolkoor

Ÿ Kunstefees

Ÿ Olimpiades

Ÿ Vasvrakompetisies

Ÿ Sokkies

Ÿ Musiek- en kooruitvoerings

Ÿ Uitstappies

20

Page 22: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

VAKKEUSES

GRAAD 8 & 9

Ÿ Taal, Geletterdheid & Kommunikasie

- Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal

- Engels Huistaal of Eerste Addisionele Taal

Ÿ Wiskunde

Ÿ Sosiale Wetenskap

Ÿ Natuurwetenskap

Ÿ Ekonomiese- en Bestuurswetenskap

Ÿ Tegnologie

Ÿ Kreatiewe Kuns

Ÿ Lewensoriëntering

GRAAD 10 - 12

Verpligte vakke: (4)

Ÿ Taal, Geletterdheid & Kommunikasie

- Afrikaans Huistaal of Eerste Addisionele Taal

- Engels Huistaal of Eerste Addisionele Taal

Ÿ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

Ekstra vakke: (opsioneel) ná skoolure

Ÿ Gevorderde Program Wiskunde

21

Keuses: (3) Kies een vak uit elke groep

GROEP 1

Lewenswetenskap

Fisiese Wetenskap

Rekeningkunde

Rekenaartoepassingstegnologie

Toerisme

GROEP 2

Gasvryheidstudie

Landbouwetenskap

Fisiese Wetenskap

Rekenaartoepassingstegnologie

Geografie

GROEP 3

Besigheidstudies

Rekeningkunde

Ingenieursgrafika en Ontwerp

Lewenswetenskap

Landboutegnologie

Graad 10

GROEP 1

Lewenswetenskap

Fisiese Wetenskap

Rekeningkunde

Rekenaartoepassingstegnologie

Toerisme

GROEP 2

Gasvryheidstudie

Landbouwetenskap

Fisiese Wetenskap

Rekenaartoepassingstegnologie

GROEP 3

Besigheidstudies

Rekeningkunde

Ingenieursgrafika en Ontwerp

Lewenswetenskap

Geografie

Landboutegnologie

Graad 11 Graad 12

GROEP 1

Lewenswetenskap

Fisiese Wetenskap

Rekeningkunde

Rekenaartoepassingstegnologie

Toerisme

GROEP 2

Gasvryheidstudie

Landbouwetenskap

Fisiese Wetenskap

Rekenaartoepassingstegnologie

GROEP 3

Besigheidstudies

Rekeningkunde

Ingenieursgrafika en Ontwerp

Lewenswetenskap

Geografie

Page 23: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

GEDRAGSKODE EN HUISHOUDELIKE REËLS

ORDEREËLINGSAlgemene ordereëlings:

Ÿ Alle nasionale simbole soos die landsvlag en – wapen sowel as dié van die skool moet, eerbiedig word.

Ÿ Leerders moet die gesagstruktuur van die skool erken en eerbiedig en mag op geen manier die skool in diskrediet bring nie.

Ÿ Skoolgeboue en skooleiendom mag onder geen omstandighede beskadig of eindom gesteel word nie.

Ÿ Leerders moet te alle tye die gemeenskap se welvoeglikheidsreëls ten opsigte van seun-dogter verhoudings handhaaf. Geen openbare liefkosery word op die skoolterrein, tydens skoolure of skoolfunksies, of op enige ander plek terwyl in skooldrag geklee, toegelaat nie.

Ÿ Geen wapens of gevaarlike voorwerpe word op die skoolterrein toegelaat nie en geen leerder mag ’n ander se fisiese veiligheid bedreig nie.

Ÿ Die besit, hantering of gebruik van tabak, alkohol, dwelmmiddels, aanstootlike leesstof of ander materiaal op die terrein of op enige ander plek terwyl die leerder in skooldrag is, of betrokke by ’n skoolaktiwiteit is, is verbode.

Ÿ Ryloop, vanaf of na die skool of koshuis wanneer skooldrag gedra word, is verbode.

Ÿ Selfone is totaal verbode gedurende skoolure en in eksamenlokale.

Ÿ Enige versoeke van ‘n klas of groep leerders aan die skoolhoof, moet deur die leerderraad hanteer word.

Die volgende uitgangspunte geld:

Ÿ Kwaliteitopvoeding is elke leerder se reg en dit mag nie deur die gedrag van ‘n ander leerder benadeel word nie.

Ÿ Aanvaarbare gedrag moet versterk word terwyl ongewenste en negatiewe gedrag afgekeur of gestraf moet word.

Ÿ Leerders moet hulle te alle tye aan die gedragskode onderwerp.

Ÿ Leerders saam met hul ouers of voogde onderneem, as deel van die toelatingsvereistes, dat die gedragkode eerbiedig sal word.

Ÿ Slegs deur spanwerk tussen die ouers, leerders en die skool kan positiewe dissipline geskep word.

Ÿ Ouers of voogde moet deurlopend betrek word by die dissipline en verantwoordelikheid aanvaar vir die gedrag van hulle kind(ers).

In Hoërskool Overberg word dissipline toegepas aan die hand van norme wat behoorlike gedrag tot gevolg kan hê.“

22

Page 24: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

GEDRAGSKODE EN HUISHOUDELIKE REËLS

Every learner is expected to attend school regularly and faithfully according to the set school times:

Ÿ No learner may leave the school grounds or be absent from a class without prior permission from the principal or vice-principal.

Ÿ An acceptable reason for absenteeism must be provided telephonically or in writing by the parent or guardian.

Ÿ A letter of permission to leave the school must be collected at the office, signed by all teachers, headmaster or deputy and then be handed back at the office, only after first break.

Ÿ An injured or ill pupil may only be fetched from school by either the parent or guardian or by someone with specific permission from the parent or guardian.

Ÿ Requests for absenteeism can only be granted if it does not clash with any assessment tasks.

Ÿ Only a medical certificate will be accepted as an excuse for absenteeism from assessment tasks. In the case of a funeral, for example, arrangements must be made with the principal. In the case of no medical certificate being submitted, no marks can be awarded for that task.

Ÿ Should a learner be injured or becoming ill at school, it is to be reported to the office immediately

The parent or guardian must advise the principal of a learner’s absence. This can be done telephonically during the absence or by submitting a letter / fax / email or a sms reply on the school’s notice from the parent or guardian at the latest on the day of returning to school.

Every learner who is late for school is to report to the secretary before attending any classes.

No learner is allowed to leave school before the end of the year in which he / she either turns 15 or completes grade nine, whichever one occurs first.

Vir die ordelike verloop van die skooldag moet op die volgende gelet word:

Ÿ Leerders moet vyf minute voor die klok lui op die plekke in die vierkant, of by die betrokke lokale vergader.

Ÿ Wisseling tussen periodes geskied ordelik en in rye. Seuns wag vir dogters en laer klasse vir hoër klasse. Leerders wag totdat die onderwyser opdrag gee om die klas binne te gaan. Indien die onderwyser nie teenwoordig is nie, moet die skoolhoof dadelik in kennis gestel word.

Ÿ Geen leerder mag sonder toestemming van ‘n onderwyser in ‘n klaskamer wees nie.

Ÿ Aan die begin van pouses en aan die einde van die dag bly leerders doodstil sit terwyl die afkondigings gedoen word. (afkondigings altyd deur ‘n onderwyser onderteken)

Ÿ Geen leerder mag gedurende ‘n lesuur of tydens klaswisseling sonder die onderwyser se verlof na die kleedkamer of enige ander plek gaan nie.

Ÿ Wanneer ‘n leerder vir dissiplinêre redes uitgesluit word, moet hy/sy ‘n duidelike opdrag ontvang om of voor die deur te staan of die sekretaresse word in kennis gestel dat die leerder na die kantoor toe gestuur word.

Ÿ Geen leerders word toegelaat om tydens skooltyd die terrein te verlaat om enige boeke of werk by die koshuise of by ‘n huis te gaan haal nie.

Ÿ Balspele met sokker- en rugbyballe is slegs op die rugbyveld toelaatbaar.

23

Page 25: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

Kliek hier vir volledige gedragskode

GEDRAGSKODE EN HUISHOUDELIKE REËLS

In the classroom:

Ÿ All rules are aimed at maintaining and encouraging a positive teaching and learning culture.

Ÿ All assignments given by teachers should be carried out meticulously.

Ÿ Homework should be recorded in a diary and completed diligently.

Ÿ Under no circumstances may any furniture be defaced with graffiti or damaged.

Ÿ No eating or drinking in classrooms or passages. (including chewing gum)

Ÿ No water bottles in classes.

Buite die klaskamer:

Ÿ Kleedkamers en toilette moet baie netjies gehou word en daar mag nie in die kleedkamers geraas of onnodig gedraai word nie.

Ÿ Enige verlore artikels moet dadelik by die kantoor ingehandig word.

Ÿ Slegs personeel en leerderraadslede met toestemming mag kennisgewings op kennisgewingsborde aanbring.

Motors, motorfietse en fietse:

Ÿ Voertuigbestuurders moet altyd baie versigtig bestuur.

Ÿ Leerders wat motors of motorfietse op die terrein bestuur, moet ‘n geldige rybewys hê.

Ÿ Alle voertuie word op die teerblad naaste aan die laerskool parkeer.

Ÿ Daar mag nie met motorfietse of motors op die terrein gery word nie, behalwe vir die uitsluitlike doel om op die netbalbaan te parkeer.

Ÿ Alle voertuie is verbode terrein gedurende die skooldag.

14

Page 26: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

ALGEMENE INLIGTING

Oueraande

Ÿ Oueraande word aan die begin van die tweede kwartaal vir Graad 8 en begin van die derde kwartaal vir Graad 8 - 12 gehou. Afsprake tussen ouer en onderwyser word dan by die skool gereël. Ouers word egter aangemoedig om enige tyd afsprake met onderwysers te reël indien die behoefte daartoe bestaan. Neem asseblief ook die vrymoedigheid om met die skoolhoof te skakel.

Ouer- onderwyservereniging

Ÿ Die OOV-bestuur bestaan uit 6 ouers, die skoolhoof en een lid van die Beheerliggaam. Hierdie komitee stel hulself ten doel om ’n gesonde gees en nouer skakeling tussen die skool en die ouers te bevorder. Die OOV lewer uitstaande werk om fondse te in en funksies te reël.

Eksamen

Ÿ Eerste kwartaal: Graad 8 tot 12

Gedurende die eerste kwartaal skryf graad 8 tot 12 toetse. Alle leerlinge word deurlopend geassesseer. ’n Verkorte rapport met die gemiddelde toetspunt van die kwartaal en die klasgemiddeld sal aan ouers gestuur word.

Ÿ Derde kwartaal

’n Volledige eksamen word deur die graad 12-leerlinge afgelê, terwyl graad 8 tot 11-leerlinge toetsreekse skryf wat net soos die Junie-eksamen deel van die deurlopende evalueringspunt uitmaak.

Ÿ Tweede en vierde kwartaal

Volledige eksamens word deur alle graad 8 – 12-leerlinge afgelê en rapporte word aan ouers gestuur. Deurlopende assessering is deel van die rapport se punte.

Bly op hoogte deur van die volgende fasiliteite gebruik te maak:

Besoek Webtuiste Besoek Facebook

25

Page 27: Ovies Ouergids Hier is waar jy wil wees! · - 'n Hoë akademiese standaard handhaaf; - Betrokkenheid by sport en kulturele aktiwiteite toon; - 'n Goeie dissiplinêre rekord toon

www.ovies.co.za

Verskaffers van Skooldrag: De Jagers

Skoolhoof: Eddie Labuschagne • Adjunk: Hanneke Strydom

[email protected]: 028 212 3083 | F: 028 212 1774

Hoërskool Overberg, Venterweg, Posbus 183,Caledon, 7230

DIE SKOOL WAAR LEERDERS PRESTEERDERS WORD