Upload
ovk-ovk
View
398
Download
0
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Â
Citation preview
KWARTAALBLAD VAN OOS-VRYSTAAT KAAP BEDRYF BPK / QUARTERLY MAGAZINE OF OOS-VRYSTAAT KAAP OPERATIONS LTD
Junie / June 2016 • Volume 19 • Nr. / No. 2
NUUS NEWS
OVK │ JUNE 2016 1
Inhoud Contents
3 344 36
18 12
6
Uit die Woord • 2
Oor die grensdraad • 3
In perfekte harmonie • 4
Boer sonder einde • 6
Nuwe webblad lewendig • 10
Suide oorhandig toekennings • 11
Apples fill the basket • 12
Kleinveebestuur in perspektief • 16
Kan jy gesond leef? • 18
Rusplek langs die N10 • 22
Jongboer 2016 • 24
Brangus bult spiere • 26
Noordstreek Top Presteerders • 28
Hier, daar en oral • 29
Koringsaad terughouding • 32
Agriculture to save water • 36
Onkruidbeheer in die winter • 38
Loopbaan fokus • 39
Drones in agriculture • 44
Krag van water • 46
Brutal 3mountains challenge • 48
Suide in fokus • 50
Bloemskou • 52
Blik op die verlede • 54
Shutterspeed • 55
Plantdigtheid van koring • 56
Nampo in beeld • 57
Lampastei vir koue aande • 58
Nota Bene • 59
Uitgewer / PublisherOos-Vrystaat Kaap Bedryf BeperkPosbus / PO Box 96 • Ladybrand • 9745
Besturende Redakteur / Managing EditorStéfan Oberholzer
Redakteur / EditorFrancois Seymore051 923 4785 / 079 780 [email protected]
Inhoudkonsultant / Content ConsultantMalcolm Jafta
Medewerkers / ContributorsDirk Gunter, Giepie Calldo, Santa Ferrreira,Sulene Oosthuizen
Uitleg / LayoutArtSmart Design Studio • BloemfonteinRoné Viljoen 051 433 2213 / 072 447 [email protected]
Drukkers / PrintersOranje Print and PackagingManie Engelbrecht051 448 6667 / 084 442 [email protected]
OVK Hoofkantoor / Head Office19 Dan Pienaarstraat / Street • Ladybrand051 923 [email protected]
Die menings en aannames wat in hierdie publikasie uitgespreek word, is nie nood wendig die sienswyse van OVK nie en aanvaar OVK geen verantwoordelikheid vir enige aansprake wat in artikels of advertensies gemaak word nie. / The opinions expressed in this publication are not necessarily the view of the OVK and OVK does not accept any responsibility in claims made in articles or advertisements.
Kopiereg word voortbehou en inhoud mag slegs met skriftelike toestemming van die redakteur gereproduseer word./ Copyright is rereserved and contents may only be reproducced with written permission of the Editor.
46
KWARTAALBLAD VAN OOS-VRYSTAAT KAAP BEDRYF BPK / QUARTERLY MAGAZINE OF OOS-VRYSTAAT KAAP OPERATIONS LTD
Junie / June 2016 • Volume 19 • Nr. / No. 2
NUUS NEWS
OVK │ JUNE 20162
oe dink jy voel God
oor jou, oor mense?
Dink ’n bietjie daar-
oor. Een van die
mooiste beelde wat Jesus oor God,
ons Vader, aan ons skilder, kry ons
in Johannes 13. Jesus buk by die
voete van sy dissipels. Dink jouself
dit in, die Skepper van die ganse
heelal, jou Verlosser en Trooster van
die mensdom, kom kniel by mense
om hulle voete te was. Wanneer
Jesus hierdie voetewas-werk
beplan, weet Hy reeds wat met
hom gaan gebeur (Joh 13: 1,3). Hy
weet reeds van sy lyding (kruispad)
wat voorlê en dat sy naby-mense
Hom gaan verraai (Judas), verlaat
(dissipels) en gaan verloën (Petrus).
Dit maak hierdie voetewas-beeld
nog meer indrukwekkend. Jesus
was nie die voete van perfekte,
goed-genoeg-mense nie, maar
kniel by die voete van brose
sondaarmense soos ek en jy.
Van Jesus word in Joh 13: 1
verklaar dat Hy sy mense wat in
die wêreld was, liefgehad het. Hy
het hulle tot die uiterste toe liefge-
had. In Jesus kom hierdie liefde
ook na jou en my. As ons dus
wonder hoe God oor ons voel,
help hierdie gedeelte ons glo dat
hierdie knielend, bukkende Jesus
ook by jou voete kom sit. Hy is
“vír ons”, herinner Romeine 8:
31. Deur hierdie voetewas-daad
word God deur Jesus verheerlik
(Johannes 13: 31). Een van die
temas in Johannes–evangelie is
dat Jesus alles wat Hy doen in
gehoorsaamheid aan die Vader
doen. Nie ’n maklike werk as
mens “‘die mens en sy gedrag”
in gedagte hou nie. Nog erger:
voetewas was destyds van die
mees vernederendste werke.
Vernederende slawewerk! Jesus
deins egter nie terug hiervan nie.
Met inagname van jou magtelose
posisie as sondaar, vasgevang
in die kloue van selfgerigtheid,
magteloosheid, eensaamheid en
moedeloosheid, WYS Jesus hoe Hy
oor jou en ons voel.
Deur sy optrede wys Jesus nie net
sy liefde vir mense nie, maar sy
oneindige geduld met die mens.
Hoe voel God oor jou en my?
Bereid om met geduld by ons te
sit. In ons gejaagde wêreld met
sy min tyd vir enige iets sinvol en
sy knaende skuldig voel dat ‘ons
vir niks tyd het nie (wat nog te
sê van by die Here uitkom of by
Hom te gaan sit), herinner hierdie
voetewas-beeld ons dat Jesus
(reeds) by ons voete sit, geduldig
op jou wag, met liefde wat groter is
as wat jy kan dink.
Die knielende Jesus, hoewel in
die gestalte van ’n slaaf, het egter
meer mag as ’n destydse slaaf. Hy,
die Seun van God, het die vermoë
om te was, skoon te maak, heel
te maak, te reinig, te VERLOS. Hy
sit gereed en het die vermoë om
te verlos. Deur hierdie voetewas-
beeld herinner Jesus jou dat Hy
besig is om jou te verlos van jou
misverstaan van God se karakter
en gevoel oor jou. Gereed en besig
om jou te verlos van jouself - jou
van jou sonde te red. En sonde is
meer as net verkeerde dade. Sonde
is ’n magtelose stuk selfgerigtheid
waarmee ons gebore is en wat ons
vernietig.
Jesus help ons op ons voete. Hy
tel ons op uit die modder van ons
selfgerigtheid. Hy maak nuut en
stel ons aan en bemagtig ons as Sy
gestuurdes om in Sy diens te staan.
Sy opdrag: Soos Ek julle voete
gewas het, moet julle ook mekaar
se voete was (Joh 13: 7) - selfs
diegene wat jy reken dit nie verdien
nie of wat jou al verraai of verloën
het (Onthou Jesus is geduldig met
jou hiermee). Deur dit te doen, wys
Jesus in en deur jou lewe aan wie
jy behoort, wie jou voete gewas het
en wie jou aangestel en gestuur
het. Staan saam met Hom op, terug
op jou voete en volg Hom.
– Ds. Werner Redelinghuys,
NG Gemeente Ficksburg
DS. WERNER REDELINGHUYS
H
Uit die Woord
OVK │ JUNE 2016 3
ydens die onlangse
Brangus Wêreldkon-
ferensie staan ek met
’n boervrou en gesels
en die gesprek neig natuurlik
na Desember se droogte en die
onlangse genade-reën. Sy noem dat
’n vriend, na hy die droogte oorleef
het, 120 geplante hektaar in April
aan ryp verloor het. Ek maak die
kommentaar dat dit ongelooflik is
hoeveel ons boere moet trotseer en
positief bly. Met trane in haar oë kyk
sy die vêrte in en prewel “Jy sal nooit
besef nie.”
Dit het my onwillekeurig laat dink
aan die droogte wat so ’n verwoes-
tende effek op ons landbou en
ekonomie gehad het en nog nie
eens iets van die verlede is nie, of
El Niño slaan sy kloue in Kanada
in. Ten tye van druk het reeds 241
000 hektaar in die provinsie Alberta
afgebrand met die regering wat
vrees dat soveel as 300 000 hektaar
verwoes gaan word. President
Trudeau het aangekondig dat soveel
as $760m se olieproduksie verloor
is, en 3000 huise is vernietig of beskadig. Dit het my ’n berekening laat maak en die hoeveelheid hektare wat verbrand het, vermenigvuldig met die gemiddelde mielie-oes
per hektaar in die Vrystaat, en die resultaat van bykans 2 miljoen gekry. Dit is minder as die hoeveelheid tonne mielies wat ons boere nie kon produseer nie en die land tot nou al moes invoer! Blote toeval of saai El Niño bykans ewe veel verwoesting en verdriet waar hy gaan?
While the fires were causing devasta-tion to the lives of 100 000 people and economies across the Atlantic, precious rain started to fall on our farms and our towns! Dams are filling up and the planting of winter crops, and an income, in most parts are now guaranteed. Although raining in “strips” and according to some prophets of doom, way too late, the downpours will still have a positive effect on veld growth and pasture. The summer planting season will begin with some level of moisture in the soil!
As promised we filled this issue with articles from the mountainous Fouriesburg down to breathtaking Cradock and its people. We put apples and freshly baked lamb pie on the table while strolling through steam locomotives and veteran tractors, helping mountain bike cyclists to witnessing modern tech-nology of drones and water turbines.
Ons het ook gaan inloer by ’n oes-rekordhouer en die OVK bestuur-span in die suide ontmoet. Dirk verskaf inligting oor plant digtheid en terughousaad terwyl Giepie kleinveebestuur bespreek. Die Jongboer en Top Presteerders is aangewys en vir ons matrikulante
word loopbane in landbou onder
die vergrootglas geplaas. Vroue
kan lees wat hul gesin kan doen om
gesonder te leef en ons het gaan
inloer by Danél in die Karoo.
Op ’n persoonlike noot is ek
besonders dankbaar om ’n eg
ongelooflike Vrystaat ondervinding
te kon ervaar. ’n Tydjie gelede,
onderweg na Pretoria in die
donkernag, tref my voertuig ’n
houtpallet wat van ’n vragmotor
afgeval het. Net buite Ventersburg,
met ’n verwoeste voorband en motor
wat nie wil aanskakel nie was ek
skielik ernstig in die moeilikheid en
met min hoop om my rit te voltooi!
Dit was net deur die wonderlike
goedhartigheid van mense soos
Krappie, Willem Hattingh en een van
ons boere, Wian Poggenpoel, dat
ek drie ure later my motor se neus
in die rigting van my geliefdes, kon
draai. Onthou die name van hierdie
manne van Ventersburg... eendag
sal hulle ook hulp benodig.
Ek vertrou hierdie uitgawe sal saam
met u voor die kaggel kuier terwyl u
hierdie wonderlike tyd van die jaar
met u gesin geniet. In die ietwat
warmer September gaan ons kyk
na die invloed van modernisering
op meganisasie en die invloed
op die boer en produksie; kry ons
genoeg slaap, is presisie boerdery
volhoubaar in SA en is die einde van
die windpomp dalk insig?
Groetnis van my kant van die draad
tot volgende keer... warm bly!
FRANCOIS SEYMORE
T
OVK │ JUNE 20164
aar is baie geskryf en gepraat oor Sandstone Estate en ons het by Desmond Clarke,
woordvoerder, gaan uitvind hoe die
boerdery vertakking en museum op
een plaas bymekaar kom. Tydens
’n wandeling deur die netjiese
kompleks het hy verduidelik dat
dit beide ewe belangrik is. Dit het
alles in 1995 begin toe Wilfred Moll,
’n veteraan trekker versamelaar,
die plaas Hoekfontein by ’n mede
versamelaar gekoop het. Verskeie
plase het daarna in die mark gekom
en Wilfred het dié aangrensend aan
Hoekfontein ook gekoop.
Droëlande van 3100 hektaar word
met mielies, sojabone en sonneblom
geplant. Weens die droogte is
slegs 500 hektaar hierdie seisoen
beplant. Volgens Des is 155 hektaar
sojabone geplant en kon hulle net
sowat 40 hektaar oes. Gewoonlik
oes hulle gemiddeld 2 ton per
hektaar maar hierdie jaar kon hulle
slegs ’n half ton afhaal. Mielies gee
hulle tot 9 ton per hektaar maar
hierdie jaar voorsien Des nie meer
as 4 ton per hektaar nie.
Die veevertakking op Sandstone
bestaan uit ’n 100 Afrikaner stoet
en 500 Bonsmara vir vleisteling.
Die Afrikaners word uitsluitlik geteel
vir die sleep van die ossewaens
en word nou opgelei om te ploeg.
In ’n stadium was die stoet 1300
sterk, maar weens B.M. (besmette
misgeboorte) was dit feitlik totaal
uitgeslag. Die siekte het van Lesotho
gekom en versprei vinnig voor dit
opgemerk kan word. Die besmette
koei kan nie genees word nie en
aangesien sy nie weer kan kalf
nie, word hulle dan abattoir toe
gestuur. Al die beeste word nou
voorkomende ingeënt.
Oor langnaweke word die plaas
oopgestel vir die publiek, waar
hulle op die ossewaens kan ry en
demonstrasies bywoon waar met
die Afrikaners geploeg word. ’n
Private spoorlyn van 23km is gebou en die plaas het 25 werkende
In perfekte harmonie
Die toekoms ontmoet die
verlede. Dit is die enigste wyse
om Sandstone Estate net
buite Ficksburg te beskryf.
By die een stoor word aan
’n moderne trekker gewerk
en oorkant die straat word
’n antieke stoomlokomotief
gerestoureer. Op die een
stoor staan “Saadstoor” en op
die ander “Trekker Hospice”.
Is hierdie ’n boerdery of
museum?
D
Die boerdery se fokuspunt is verskeie gewasse op 3100 hektaar droë land wat op rotasie basis geplant word.
Gerestoureerde trekkers, voertuie, treine en weermag toerusting word
in nuut geboude skure vertoon.
5
stoomlokomotiewe. Wilfred se
entoesiasme vir veteraan trekkers
is beslis nie aan die afneem nie en
daar is twee store vol daarvan.
Des vertel dat hulle die Guinness
Wêreldrekord verlede jaar opgestel
het met 742 veteraan trekkers wat
op een slag in een land geploeg
het! Drywers van oor die hele
wêreld heen het gehelp om met
die veteraan trekkers op die plaas,
die rekord op te stel. Die rekord
is egter deur die Iere verbeter met
4000 trekkers. Des lag net en wys
daarop dat daar nie eers soveel
veteraan trekkers in die hele SA
is nie.
Daar staan soveel militêre
toerusting dat jy byna ’n weermag
daarmee kan toerus. Des wys
vinnig daarop dat al die lope egter
toegesweis en gesertifiseer is.
Deesdae word dié gerestoureerde
militêrevoertuie deur filmhuise
gehuur om in produksies te
gebruik. Alle gerestoureerde
trekkers, militêre voertuie en
lokomotiewe op die plaas is in
werkende toestand. ’n Film is
twee jaar gelede deur ’n Indiese
produksiemaatskappy geskiet.
Besoekers aan Sandstone kom
sovêr as Gauteng en selfs oorsee.
’n Gids neem die besoekers op
’n toer deur die skure en kry ook
die geleentheid om met die trein
te ry. Daar is oornagverblyf en
Sandstone Estate is ’n gewilde
plek vir troues en funksies.
Is Sandstone Estates ’n plaas of
museum? Des weet nie en na ons
besoek is ons ook nie seker nie.
Beide is so groot en saamgesmelt
in perfekte harmonie. Dit is amper
of ’n stukkie geskiedenis saam met
elke mielie geplant word. Besoek
Sandstone Estate gerus self maar
maak seker jy neem jou kamera en
kinders saam. Dit is verseker enig
in sy soort en ’n moet om te sien!
OVK │ JUNE 2016
Die veteraan trekkers word in skure uitgestal en om dit meer interressant vir besoekers te maak word OVK Nuus lesers versoek om enige ou veiling- of advertensieborde of baniere te skenk wat teen die mure opgesit sal word. Kyk in die stoor en stof dit af. Hier kan dit nut hê. Kontak Leigh by die Sandstone Estate kantoor op 051 933 2235 indien u ou borde of baniere wil skenk.
’n Gedeelte van die Sandstone Estate kompleks geneem uit die hommel tuig wat gebruik word om ongenooide stropers en beeste uit die lande te hou.
Die private spoorlyn is 23km lank en sny tussen die lande en kosmos deur. Dit kos bykans R16 000 om die groot ou lokomotief aan die beweeg te kry! Desmond Clarke verduidelik die proses aan Pieter Dempsey (OVK Handelstakbestuurder: Ficksburg)
OVK │ JUNE 20166
asgevang in die Groot-Visriviervallei naby Cradock, lê Zirk se plaas, Wonderkop.
Tussen die rante aan die oewer van die Tarkarivier loop die spilpunte op permanente aangeplante weidings en lusernlande. In die verte wei Merinoskape rustig op die grasgroen velde. Hier eenkant staan die stroper gereed om die mielieland aan te val en daar staan ’n link wat besig is om met gebaalde lusern gelaai te word. Dit lyk alles baie besig, soos Zirk.
Met die afsterwe van sy pa en op die jong ouderdom van 21, trek hy half teensinnig twee jaar later, in 1997 na ’n onontwikkelde Wonderkop. “Ek was nie baie gelukkig hier nie en het alles probeer om die plaas te verkoop. Dit wou egter net nie gebeur nie en ek is vandag baie dankbaar daaroor. Ek het elke land wat hier is, self ontwikkel. Die grond
is nou deel van my siel.”
Zirk het bekendheid verwerf toe hy
verlede jaar 22.5 ton per hektaar
van sy lande gehaal het. Met ’n
redelike gemiddeld van 13 ton vir
besproeiende lande in die omge-
wing, bly tot vandag nog ’n rekord.
Hy is vinnig om te noem dat dit nie
hierdie seisoen weer gaan gebeur
nie. Die droogte einde verlede jaar
het die jong plante skade berokken.
Die spilpunte kon 12mm vog lewer,
maar die onttrekking was te hoog.
Dit was onmoontlik om die mielies
teen die hitte te beskerm.
“Ek het teen 19 Oktober geplant
en alles gedoen om ’n suksesvolle
oes te kry. Grondmonsters is in
Amerika ontleed en alles is tot die
fynste detail beplan en met planttyd
gedoen. Wat ons nie kon voorsien
nie was dat die eerste reën eers
op 31 Desember sou val. ’n Volle
9mm!” Die skade was klaar gedoen.
Die negatiewe denke hou egter
nie lank nie en Zirk gesels oor die
stroper wat se tande land toe staan
en is hy nog steeds, soos ’n tipiese
boer, optimisties.
Ons gesels oor water en omgewing
en die stand wat aangeplant is.
Hopetown se oeste word bespreek
en volgens Zirk is hul opbengste die
drie laaste jaar hoër as hul mede-
boere aan die Oranjerivier. Boel
Price, OVK se Handelstakbestuurder
op Cradock, verduidelik dat die
boere aan die Groot-Visrivier se
waterkwotas aansienlik meer is as
die Noordkaap, daarom die hoër
opbrengs. Moontlike kwotabeperk-
ings vir volgende jaar wek groot
bekommernis.
Merino ‘s maak egter die grootste
deel van Zirk se boerdery aktiwiteite
uit. Hektare lande is onder per
manente aangeplante weiding
waarop tussen 30 en 50 ooie per
hektaar met hul lammers wei. Zirk
verduidelik dat die lammers nie veel
in die eerste twee maande wei nie
BOER sonder eindeOntmoet Zirk Scheepers en hy laat jou vinnig verstaan dat
hy die lekker dinge in die lewe geniet. Hy hou van braai met
vriende, jag, visvang en fietsry. Dit bekommer hom somtyds
sê hy, maar kyk na sy boerdery en jy kom vinnig agter dat hy
net so veel aandag aan die minder lekker braai van die lewe
spandeer. ’n Perfeksionis, in sy eie woorde.
Zirk Scheepers het as jong man na Wonderkop in die Cradock omgewing teensinnig getrek. Jare later sal hy mielies oes wat nou nog ongestoord in die rekordboeke geskryf staan.
OVK │ JUNE 2016 7
en veld onder hulle uitgroei, daarna word dit egter feitlik 65 skaap per hektaar.
Die weiding is in kampe opgedeel maar tog is alles onder spilpunt besproeiing. Hy het ’n unieke plan beraam om die probleem op te los, met “valhekkies”. Deur ’n hekkie in die heining te plaas, vasgemaak met twee vere, trap die spilpunt se wiel die hekkie plat en as hy verby is, spring te hekkie terug en die heining is heel! Vele boere besoek hom om hierdie plan te bestudeer en heelwaarskynlik op hul plase te installeer.
Dit neem nie lank nie of Zirk se kop staan weer na die lekker dinge van die lewe! Met die groet vertel hy al opgewonde van die mossels en vis wat hy en sy swaer tydens hul vakansie gebraai het. Met die gesels langs begin mens bietjie verstaan hoekom hy so fokus op die lekker dinge. Waaraan wil jy eerder dink.....landbou probleme of ’n lekker braai met vriende en rugby kyk .... met Angelique?
Zirk en Boel Price (OVK Handelstakbestuurder: Cradock) staan by een van die spilpunte wat skaap weiding besproei. Dit is ook in kampe
verdeel en waar die “valhekkies” gebruik word.
OVK │ JUNE 20168
Zirk verduidelik die werking van die “valhekkie” wat met twee
vere geanker is en deur die wiel van die spilpunt platgetrap word.
Die hekkie spring daarna terug en die kamp is weer “gesluit”.
Lusernlande onder spilpunte speel ’n belangrike rol in die kontantvloei beplan ning van die boerdery.
“ ’n Boer wat nie die terugslae van die
lewe kan hanteer en positief bly nie, moet liewer nie boer nie. Ek boer om kos te voorsien. Dit is my
werk.”
Angelique met die twee seuns, Neil en Kobus,
tydens ’n vakansie vroeër die jaar in Durban.
OVK │ JUNE 201610
ie eerste OVK
webwerf het sowat
10 jaar gelede die lig
gesien, maar het met
konstante tegnologiese ontwikkeling
absoluut geraak. In 2014 is besluit om
die webblad op te gradeer na ’n nuwe
platvorm, maar weens beperkinge
van die nuwe platvorm wat op daardie
stadium geselekteer was, het die
opgegradeerde webblad, alhoewel
’n verbetering teenoor die oue, nie
aan alle vereistes en verwagtinge
voldoen nie.
Volgens Rudolph Laubscher,
OVK Bestuurder: Interne Oudit
en Inligtingstegnologie, is daar
na verder oorwegings in Oktober
2015 in samewerking met Digital
Platforms, begin om ’n nuwe
webtuiste te ontwerp wat mobiel
vriendelik is en aan die vereistes
van OVK, sowel as die behoeftes
van verbruikers voldoen. Die vloei
van inligting word al hoe vinniger en
verskeie nuwe elemente is aangebring
om www.ovk.co.za ’n alles
omvattende besoekpunt vir OVK se
kliënte en belangstellendes te maak.
Opgedateerde nuus, markpryse,
weer, promosies, opkomende
veilings en video- en fotogalerye van
gebeurtenisse kan nou met gemak
op alle platforms gelees word. Die
loopbaan afdeling is uitgebrei en
aansoekers kan aanlyn aansoek vir
poste doen. Selfs OVK Nuus kan
aanlyn gelees word!
Rudolph noem dat die opgradering
van die ledeportaal gedeelte van
die webblad steeds in proses
is en daar word hard gewerk
om dié opgradering binne ses
maande afgehandel te hê. Na die
opgradering van die ledeportaal,
sal lede, bykomend tot die funksio-
naliteit wat reeds beskikbaar is,
hul persoonlike besonderhede
op OVK se stelsel kan opdateer.
Transaksies en maandstate sal
ook aanlyn gesien of gedruk word
en die verhandeling van OVK se
aandele sal ook steeds aanlyn kan
geskied, maar dit is bedoeling om
die totale voorkoms en werking van
die ledeportaal te verbeter en te
vereenvoudig.
Gelyke tyd sal die CMW webwerf
gemoderniseer word om inpas te
wees met die van OVK se blad.
Aanlyn veilings vind plaas en dit
bring ’n heel nuwe uitdaging aan die
ontwikkelaars en ontwerpers mee.
Die doel van beide webtuistes is
om die kommunikasie tussen OVK,
CMW en die verbruikers te versnel
en vergemaklik.
OVK se hoof van skakeling,
Santa Ferreira, verduidelik dat die
strategiese doelwit met betrekking
tot die nuwe verbeterde webwerf
is om aan die voorpunt te bly van
tegnologie. “Ons wil vir huidige
kliënte en voornemende kliënte ’n
maklike en verbruikersvriendelike
webwerf beskikbaar stel wat
inligting op ’n vinnige, veilige en
verstaanbare wyse verskaf.”
Fokus is geplaas op die visuele
elemente van die webwerf en
die gebruikers ervaring. Die Web-
werf het ‘n nuwe uitleg wat die
gebruikers-oppervlak versterk met
die algehele vloei en skakels op die
webwerf wat gebruikers binne die
raamwerk vergesel.
Nuwe webblad lewendig
Die webwerf is ontwikkel om
ten volle mobiel vriendelik te
wees en gebruik die nuutste
aanpasbaarheid tegnologie
wat gebruikers toelaat om
toegang tot die webwerf te
geniet, ongeag daarvan of
‘n foon, rekenaar of tablet
gebruik word.
D
OVK │ JUNE 2016 11
Die tweede van vier toppresteerder-
funksies het onlangs in Cradock
plaasgevind en was bygewoon deur
bykans 150 gaste en gewilde sanger,
Adam Tas het van die gaste in trane
gehad met sy emosionele “Jy is
Boer”. Die geleentheid is een van die
belangrike datums op die Suidstreek
se kalender om hul presteerders te
onthaal en saam te kuier.
Stéfan Oberholzer het CJ Neethling
Boerdery Trust aangekondig as
die Top Presteerder van die OVK
Suidstreek 2015/16. Van die ander
toekennings wat gemaak is sluit in:
HOOGSTE OMSET IN OESVER-SEKERING: Michael Vermaak
GROOTSTE BRANDSTOF KLIËNT: Gys Botha
HOOGSTE OMSET KORTTERMYN-VERSEKERING: AS Jordaan & Seuns
DIE TOP LEWENDEHAWE PRODUSENT: AS Jordaan & Seuns
TOP CMW WOL PRODUSENT: Koringdal Boerdery - Louis de Jager
TOP CMW SYBOKHAAR
PRODUSENT: Allemanskraal
Boerdery - Arnold de Jager
TOPPRESTEERDER
MEGANISASIE: CF Naude
TOP MIELIE PRODUSENT:
CJ Neethling Boerdery Trust
TOP KORING PRODUSENT:
CJ Neethling Boerdery Trust
TOP HANDELSPRESTEERDER:
CJ Neethling Boerdery Trust
Suide oorhandig Toekennings
CJ Neethling Boerdery Trust
het die toekenning as OVK Top
Presteerder vir die Suidstreek
ontvang. Hier is Keith Woodborne
(namens CJ Neethling Boerdery
trust) by Pieter Erasmus (OVK
Direkteur), Stéfan Oberholzer
(Besturende Direkteur: OVK Groep)
en Gilly Scheepers (Voorsitter: OVK
Groep).
Adam Tas se “Jy is Boer” het vir groot applous gesorg tydens die 2016 toekenningsfunksie
Die toekenningsaand is bygewoon deur Raymond Rudman (Voermol agent) Armandt Horne (OVK Bestuurder: Suidstreek), Elizma Horne
en Leon de Klerk (Voermol streekbestuurder)
OVK │ JUNE 201612
one Tree Farms, a family company, is one of the major apple producers in the Free State and
their apple division is managed by a fourth generation farmer, Douglas Osler. We were somewhat surprised to be met by quite a youthful man, responsible for some 130 000 trees and upwards of 4000 tonnes of apple production per annum.
On admitting our ignorance of commercial apple farming, Doug went ahead to explain in layman’s terms what it takes to produce apples for both the export and local markets. We soon realised that the operation entails far more than growing a couple of trees in your backyard.
Apple farming on Lone Tree started way back in 1992 when the then farm manager, Neil Reid established the first commercial orchards. Trees were planted under netting in rows
4.5m wide and 1.5m apart to allow 1481 trees per hectare, with semi dwarfing rootstocks (restricting the growth). The trees will always sprout new growth and are regularly pruned to a height of 3.5m to fit below the netting.
There is talk in the industry to increase trees to 2500 per hectare, with 4m rows and 1m apart, in order to generate a higher yield. This, however, has implications for the equipment which will then have to be modified. Doug mentioned that, although the planting success is normally 99%, various factors can influence that figure, such as the drought experienced in December in 2015 and for how long roots are exposed during the planting pro-cess. Up to 5% of newly planted trees may then be lost.
Production per tree is managed by either manual or chemical pruning of the flowers that will ultimately
produce the fruit. Depending on the age of the tree and the size of the apple required, a single tree can produce 200 to 300 fruit per season. The projected production life of a tree is 25 years, although there are trees in the Cape which are over 80 years old. The original orchards on Lone Tree Farms will reach the projected age next year and according to Doug they are monitoring these trees closely.
Lone Tree Farms is a family-run business. Each one has a specific responsibility. Dad Guybon is responsible for the 1500 hectares of crops. Being dry lands, wheat, maize, soya beans and recently also teff, are planted in rotation. Guybon is the founder of the company and provides all-round advice when required.
Younger brother Mike, assists on the cropping side and runs the potato division – which is focused on seed potatoes, with a small portion designated for delivery
APPLES fill the basketOn arrival at Lone Tree Farms, close to Fouriesburg, you are
met by impeccable order – tight nets, straight wires and poles
standing in rows like soldiers at attention. You recognise
straightaway a well organised operation with the packing
facility and cold storage a beehive of activity and the seductive
aroma of “Pink Ladies” filling the air.
Douglas explains the sorting and grading of the fruit to Johan Scott (OVK Trade Manager: Fouriesburg).According to Douglas it
warrants installing a similar facility once 20-25 hectares are
in full production.
OVK │ JUNE 2016 13
to the open market - on 60 to 80 hectares. Sister Gill is a qualified CA and ensures the financial well-being of Lone Tree Farms. Says other sister Jo, assistant in the apple production and now pack house manager: “As a family we get on well, also in our business, with each one taking responsibility for his own department. While Dad Guybon still guides us along, he is considering retirement and getting less involved in the day to day activities.”
On completion of Matric at Michael House, Doug studied economics at UCT, never thinking that he and his siblings would end up being involved in the farming activities. He met Megan, an educational psychologist, in Johannesburg and they got married in 2010. Having grown up on a farm in Zimbabwe, Megan quickly adapted to the farm life in Fouriesburg.
During off-times at weekends they venture to Clarens, while Doug also gets some practice on the
golf course. He also plays squash regularly in Bethlehem. Visiting or entertaining friends is also a popular pastime. The family members stay on different farms and do not see one another every day. Sunday lunches with the old folks are a regular highlight.
Doug returned to the farm in 2004 and started out as a pack house manager. While he never received specific formal training in fruit-farming as such, he attended courses and seminars in the Cape during winter-time to gain expert knowledge. He mentions that learning is an ongoing exercise as farmers continuously aim to achieve
superior fruit with higher yields at lower operational costs.
Apple trees are planted in Septem-ber and start producing in year three, with optimum production reached in year 7. Capital returns will commence in years 6 to 7. At present capital input costs come to R350 000 to R400 000 per hectare. This includes trees, netting, poles, cables and irrigation. Annual opera-tional costs run to R120 000 per hectare. If you calculate that with the present 82 hectares in production, then every additional ton yield has a major impact on the bottom line.
The Western Cape dominates South African apple production with 90%. The Eastern Cape produces 6% and the Free State merely 2%. The Western Cape also has the advantage that they do not require netting to protect their crops, thereby bringing about a major saving of nearly R200 000 per hectare on capital costs.
Having met in Johannesburg Douglas and Megan got married in 2010. Here they are with daughters Anna (4) and Leah (2).
The name of the farms and logo have been derived from a
60+ year old Blue Gum tree that stands alone at the top of a koppie
on the original farm, Sheridan.
OVK │ JUNE 201614
The proximity to Cape Town, the major export harbour, is a further boon.
Netting, guaranteed for 10 years, is a protector against natural damage, such as hail and heat-waves. It creates a microclimate with less wind, cooler temperatures and slightly higher humidity, resulting in improved assimilation and reduced water consumption. Snow can cause severe damage to the netting and for that reason the netting is rolled up during the winter. The handling of the netting also causes rips and tears, but is still more economical to protect it against snow damage.
Come September, the trees ‘come alive’ again and the netting is rolled down. September is the month when anything can happen: from snow to hail to wind and fires. This is also when pollination takes place and they use four to five beehives per hectare. The netting restricts the flight pattern of the bees, so it must be open for pollination but closed against the elements – quite a feat to achieve!
Due to the local climate Free State farmers have a two-week period during which to supply the market before the Western Cape floods the market and prices drop. “Taking advantage of that window helps somewhat to cover our additional
capital outlay for installing the
structure”. According to Doug their market comprises 30% export, 40% direct to a leading food retailer and the balance to municipal markets and direct sales into Africa. The African market is growing substan-tially and is also a great contributor to cash flow.
The stress on the fruit due to the drought has caused lower grade fruit, exerting pressure on the market-price. Due to the weaker rand, the effect is not as noticeable on the exports. The price also varies according to the different cultivars. Pink Lady is a very popular export variety and the Free State is of the first areas in the southern hemisphere able to provide this popular cultivar to the market.
Approximately 600 hectares are under apple production in the Free State and the ideal is to supply fruit all year long to increase market share. At this stage apples can be stored in regulated atmosphere (RA) for two to three months depending on the cultivar and when it was picked. ”Smart Fresh” is a gas that is used with RA and can add another two to three storage months. In the Cape controlled atmosphere (CA) is used, whereby they remove all the oxygen from the storage room and that prolongs the season to an all year round supply. The technology is expensive but Doug says they will have to look at extending their season. Closing the packing facility and switching off the cold rooms for six months of the year are not cost effective and counter productive.
The farm, with its different agriculture focuses, is run with tight financial control. Gill plays a crucial role in this respect and everything is calculated in accordance with return on investment. From 2009 to 2013 no trees were planted as the sums were not conducive to expansion.
“Due to the drought the
apples are smaller, show stress
marks and cracks. This meant
we could not take advantage
of the weak rand and increase
our exports. From the normal
average yield of 50 tonnes per
hectare, we hope to reach 37
tonnes this year,”
– Douglas Osler –
The 100 workers pack an average of 5000 cartons, or 65 tonnes per day depending on the cultivar. Employment for nearly 200 local workers has been created by the apple production.
The stress marks can clearly be seen on this apple and are a typical consequence of the drought. These markings and decrease in size resulted in a 26% drop in yield per hectare.
OVK │ JUNE 2016 15
Due to frost they did not get the yield
to justify expansion. Subsequently
prices have picked up and 2014 was
an absolute bumper year with yields
of up to 90 tonnes per hectare.
Frost is the biggest single threat to
an orchard. Various methods can
be employed to enhance protection
such as dual water systems below
and above tree. This, however,
implies bigger capital inset costs.
The family also imported a wind
machine from America for frost
protection. As the temperature
drops to critical levels, the blade
oscillates and brings warmer air
down. This tower can protect four
to seven hectares, but its efficacy
is dependent on the strength of the
inversion.
It was the severe drought, however,
that had the biggest impact on the
yield this season. Of the two dams
on the farm one ran totally dry. The
rains came in the nick of time in
January, only just preventing the
second one from also running dry.
At the height of the drought crucial
decisions needed to be taken and
the water supply to the potato crops
was cut to save the apple orchards.
All of this boils down to return on
capital investment. Fortunately one
of the dams has since recovered to
a 70% level.
“We have fortunately reached the
stage where the apples are paying
for themselves. The older orchards
are financing the new orchards
currently coming into production.
The strategy of diversifying is
now showing results. Due to the
drought, the crops are obviously
not providing a great year, but the
apples and potatoes will pull it
through. Everything comes in
cycles” explains Doug.
Only by physically walking through
the packing facility can one appre-
ciate the scale of the operation.
Behind the packing warehouse,
another 13 hectares are being
prepared for planting in September.
This raised a question: can the Free
State become a serious player in
apple production, or is the capital
investment just too high and the
returns too slow? With weather
patterns changing and the Cape
starting to experience hail, only time
will tell.
The packed cartons are stacked on pallets and stored in cold storage to be transported in cold trucks to retailers and municipal markets.
To protect the apples from bruising they are floated slowly in water through the
sorting and grading area, before getting dried for the packing process.
OVK │ JUNE 201616
Kleinveebestuur in Perspektief
ierselvorming van speen tot eerste paring is verantwoordelik vir die reproduksie tempo
en ons meet die sukses in daaglikse massatoename tot haar paargewig, wat in die omgewing van 48 tot 51 kg moet wees. Dit is belangrik in jonglambestuur om bewus te wees van ’n paar kritieke tye soos 6 maande voor paar, 6 weke voor paar; 14 dae voor paar tot 3 weke na paar; inspekteer 42 tot 60 dae na ramme uit is, middel dragtigheid, 6 weke voor lam, lamtyd tot 3 weke na, 6 tot 9 weke na lam en dan SPEENLAM tot JONGOOI.
Die lammeroes is die boer se opbrengs op sy belegging. Daarom is dit vir elke produsent van groot belang dat die ooilam met die hulp van byvoeding so goed as moontlik moet presteer vir gesonde groei en ontwikkeling.
Die sukses van enige kleinvee boer-dery hang af van die toestand van die natuurlike hulpbronne en tot welke mate die tekorte wat kan voorkom, reggestel kan word om in die dier se behoeftes te voorsien, en die genetiese potensiaal ten opsigte van reproduksie en produksie te benut.
Dieselfde sal ook geld met aange-plante weidings- en oesrestebestuur. Wat nie aldag besef word nie, is dat die versorging van lammers en dus die sukses van enige reproduksie en produksiestelsel reeds ses weke voor lam reg moet wees.
Sorg vir die lam
Waar begin die proses van “ sorg vir die lam” dan nou eintlik. “Die sukses van enige reproduksie en produksiestelsel begin ses weke voor lam, vanwaar 72% van die fetusgroei, uierweefselontwikkeling en primere wolfollikelontwikkeling plaasvind tot en met geboorte”.
Om dus die genetiese potensiaal ten opsigte van groei en wolproduksie te benut, moet in die ooi se groter voedingsbehoefte in die belangrike tyd voorsien word. Voldoende fetusgroei bepaal die geboortegewig en latere liggaamsgrootte, terwyl uierweefselontwikkeling die
potensiaal skep vir verhoogde bies en melkproduksie, wat die geboorte-gewig sowel as die sekondere wolfollikel ontwikkeling aanvul om sy genetiese potensiaal te bereik.
Gesondheidsbestuur en ’n inentings-program teen bloednier, pasteurella, bloutong, klem-in-die-kaak en ensootiese aborsie is belangrik. Spoorelementaanvullings en ontwurming (mismonsters) moenie agterwee bly nie.
Paargewig van die jongooi
Die paargewig van die jongooi bepaal haar leeftyd-reproduksie-tempo omdat eierselvorming slegs van speen tot eerste paring plaas-vind. Dit word deur ’n konstante gewigtoename bewerk stellig. Die ideale paargewig vir goeie reproduksie en produksie moet gemiddeld tussen 48 en 51kg wees. Wanneer jongooie op 12maande gepaar word, moet hul gewig 80% van hul volwasse gewig wees.
Indien hulle op 18 maande gepaar word, moet hul gewig 94% van hul volwasse gewig wees. Bogenoemde jongooi-paargewig is nodig om die produsent se plaasreproduksie- en produksiedoelwit te behaal, naamlik
E
Die sukses van Kleinveeboer-
dery word bepaal deur die
kritiese bestuurspraktyke
korrek te bestuur en daar
moet altyd in die dier se
voedings- en gesond heids-
behoeftes voorsien word. Goeie
voeding vir jong lammers is
totaal verantwoordelik vir
die reproduksie potensiaal
van die ooi oor haar leeftyd,
omdat eierselvorming in die
tyd plaasvind.
Bydrae deur Giepie Calldo, OVK se Nasionale Bestuurder: Tegniese Velddienste en kan gekontak word by [email protected]
OVK │ JUNE 2016 17
135% speen met 4,5kg wol per teelooi (as 1,35 lammers se wolpro-duksie teruggewerk word na die ooi, is dit 7,6kg per kop). Dit is belangrik om te weet dat ’n ooi wat 60kg weeg se voedingsbehoeftes om 135% te speen sowat 870kg kos is, wat die lam se kos tot speen insluit. Dit help met die bepaling van drakrag.
Uitgroei van ooilammers
Dit kos baie om ’n ooilam tot by paar te kry, maar daar is ook ’n inkomste, slegs van die wolkomponent, wat die koste moet dra. Indien op 18 maande gepaar word, is dit 751 dae van die ooilam se geboortedag totdat haar lam verkoop kan word – dus is die hoeveelheid, gehalte en prys wat die wol behaal belangrik.
Die doeltreffende uitgroei van enige vroulike dier slurp baie van die direkte wins van die boerdery op, maar ongelukkig is die optimale eierselvorming van die jongooi nie onderhandelbaar nie, aangesien die lewensreproduksie en produksie deur die korrekte bestuur bepaal word.
Die ooi kan op belangrike reproduk-sietydperke reageer, soos 6 weke voor lam (meerlinge kan ekonomies ekstra voeding ontvang) en lamdag tot 3 weke na lam – die baarmoeder hersteltydperk wat die daaropvol-gende paarseisoen se besetting en lampersentasie bepaal. Indien natuurlike toestande verswak, kan met kruipvoeding selfs so vroeg as op 60 dae gespeen word. Die ooi het dan ’n rustyd van meer as 4 maande voordat weer gepaar word. Herstel is goed, besetting is hoog en wolproduksie, wat tot 800g/kop meer kan wees, is ook hoog.
Behoefte- en koste-analise
Om in die lam se behoeftes te voorsien, moet dit is in fases inge-deel word.
A. Ses weke voor lam tot drie weke na lam (lamdag tot 3 weke is baarmoeder herstel tydperk):Die voeding moet 68% totale verteer-bare voedingstowwe (TVV) en 16% proteien wees.
Behoefte bepaling: Vierling: 95kg (@R4,50 = R427,50); Drieling: 75kg (@R4,50 = R337,50); Tweeling: 60kg (@R4,50 = R270); Eenling: 45kg (@R4,50 = R202,50)
B. Kruipvoeding: Lamdag tot 100 dae speen (sowat 26,8kg speengewig) Merinolam: 21,5kg (@R4,50 = R96,75); Vleislam: 25kg (@R4,50 = R112,50)
C. Na speen (volgende 42 dae):Kruipkos verhoog tot 250g/dag; dagtoename: 123g, 42dae toename 10,5kg (@R4,50 = R47,50), lamgewig: 142 dae = 32kg (om by 51kg paargewig uit te kom, is 19kg gewigstoename nodig).
D. Jongooilek 18 maande paar:Byvoeding (289dae) - 140g/dag; dagtoename: 63g; maandtoename: 1,95kg; totale kilogram = 42kg (@R4.50 = R189), ooigewig na 289 dae = 50,28kg. instandhoudinglek tot paar (92 dae) - 50g/dag; dagtoename - 30g; maandtoename 1,50kg, totale kilogram = 4,6kg (@R4,50 = R20,70), ooigewig na 92dae = 54,88kg.
D1. Jongooilek 12 maande paar:Byvoeding (222dae) - 188g/dag; dagtoename - 85g; maandtoemane - 2,6kg; totale byvoeding kilogram = 42kg (@R4,50 = R189), ooigewig na 222 dae = 50,9kg (ooi is nou reg vir paar, spaar 4,6kg lek en wen een lamseisoen ekstra teenoor die 18 maande stelsel).
E. Prikkelvoeding (63 dae, 14 dae voor paar tot 3 weke nadat ram uit is):250g/dag (goeie produksielek); totale kilogram = 15,75kg (15.7 @ R4,50 = R70,78).
Totale koste:
B = 21,5kg @R4,50 = R96,75;
C = 10,5kg @R4,50 = R47,50;
D = 42,0kg @R4,50 = R189;
D1 = 4,6kg @R4,50 = R20,70;
E = 15,75kg @R4,50 = R70,50
Groottotaal:
94,35kg @R4,50 = R424,57
(12maande paar is R20,70 minder)
Wolinkomste
Tydperk van 751 dae:
Hoeveelheid wol =8,4kg @
gemiddeld R101/kg = R848,40
(R1,13/dag bruto).
UITGAWES:
Byvoeding R424,57 + gesondheid
R75 = R499,57.
WINS:
R848,40 minus R499,57 = R348,83.
SWAK JAAR:
Wol 8,4 minus 2kg = 6,4kg (23,8%
@R95 = R608. Minus uitgawes
R499,57 = wins R108,43). Dit is ’n
duidelike bewys waarom uitgawes op
die jongooi altyd die moeite werd is.
Op 751 dae word die goedversorgde
ooi se 1,10 lam verkoop, dit wil se
33,1kg @R28,20 = R933,42.
Wol R348,83 + vleis (60% verkoop)
19,86kg @R28,20 = R560,05 =
R908,88.
Opsommend
Deur vir die jong diere te sorg is
die ekonomie van reproduksie
en produksie verseker. Die wolin-
komste betaal vir die oefening,
dit verg egter ’n kopskuif. Die
sogenaamde geharde skape het nie
’n reproduksie fabriek nie en dus
minder ekonomies ten opsigte van
reproduksie en produksie oor die
hele leeftyd van die dier.
OVK │ JUNE 201618
Wat bedoel hulle met gesond
leef? Beteken dit dat jy jou bord
elke dag vol bleek kos moet
skep? Is dit om saam met die
hoenders te gaan slaap en op
te staan? Moet jy elke oggend
tot by die teerpad draf terwyl
die bed nog so lekker warm is?
Gesond leef. Maak ’n tydskrif
oop of sit die TV aan en jy word
vertel hoe om gesond te leef
en wat en wanneer om wat te
doen om oud te word!
oe moeilik is dit om
gesond te leef en wat
beteken gesond leef?
Krap so bietjie rond en
soek na ’n logiese verduideliking van
“gesond leef” en jy kry die volgende
definisie: Dit is om gesonde gedrags-
patrone te volg en word verduidelik
as die fisiese, geestelike en
verstandelike vermoë om gesonde
besluite te neem. Is dit so eenvoudig
en maklik soos dit? Die skaaptjop
met sy lekker druppende vet lyk
na ’n baie gesonde keuse! Die
smeulende dik sny vars gebakte
brood met gesmelte botter en konfyt
lyk besonders gesond. Dit klink soos
goeie keuses vir gesond leef! Of
dalk nie.
Eetgewoontes
Kos is belangrik en ons moet eet
om te groei en die liggaam in stand
te hou en daarom is ’n gesonde
eetpatroon van drie maaltye per dag
baie belangrik, en waarvan aandete
nie noodwendig die grootste hoef te
wees nie. Daar is verskeie eetplanne
beskikbaar vir ’n gesonde leefstyl en
meeste bestaan uit vrugte, groente,
volgraan en lae-vet melkprodukte.
Vermy ongesonde koolhidrate soos
wit meel en fyn suiker. Sny ook maar
die vetjies van die rooivleis af en eet
bietjie meer vis en hoender.
Gedink dit eindig daar! Wetenskap-
likes is dit eens dat vleis wat “rou”
gaargemaak word (60°C in die
middel), uiters gevaarlik kan wees.
Alle vleissoorte bevat bakterie wat
kan lei tot diarree, naarheid, koors en
krampe. Daar is selfs restaurante wat
weier om vleis “rou” te bedien en sal
slegs “medium rou” gaarmaak. Dus,
los die steak maar so bietjie langer
op die kole... net om veilig te wees.
Kyk ook sommer na die eetgerei wat
die tafel so gesellig laat lyk. Is dit
regtig nodig om die grootste borde
in die kas te gebruik? Kleiner borde
beteken kleiner porsies. Ons het net
nodig om te eet tot die honger gestil
is en dan op te hou. Deur kleiner
porsies te skep en stadiger te eet is
halfpad van die wedstryd gewen!
Kan jy gesond leef?
OVK │ JUNE 2016 19
Peuselhappies. Ai tog! Biljoene rande
word per jaar hieraan spandeer en
ons leer net eenvoudig nie! Skyfies,
koekies en koeldranke. Soos verslaaf-
des kan ons nie daarsonder nie.
Wees bietjie depressief en kyk hoe
word die spens aangeval vir iets om
aan te knaag! Daar is geen raad
nie, behalwe probeer liewer vrugte
en neute. Gereelde soetgoed is
ook nie die beste versnapering vir
kinders nie, dit word ‘n lewenslange
gewoonte.
Oefening
Dit is nie vir almal beskore om ’n
fietse lyfie te hê of ’n maag soos ’n
strykplank nie. Groot gimnasiums is
beperk tot die stede en dit is moeilik
om so op jou eie te probeer oefen.
Daar is egter maklike oefeninge wat
gedoen kan word om ’n gesonde
leefwyse te handhaaf!
Gereelde oefening beperk ouderdom
verwante siektes en verbeter balans,
buigsaamheid en uithouvermoë.
Dit kan ook hartsiektes, beroertes,
suikersiekte en hoë bloeddruk voor-
kom en veroorsaak beensterkte. Nie
gepraat van die skaal en maatband
wat sal glimlag nie!
Swem bly een van die volmaakste
oefeninge wat bestaan. Dit werk
op jou rug en versterk die hele
liggaam en haal die gewig van seer
of beskadigde ligamente en spiere
af. Dit is nie nodig om honderde
rande op toerusting te spandeer nie
en ’n uur se gemaklike swem kan
tot 500 kalorieë verbrand! Swem
word aangewend vir rehabilitasie in
geval van spier, ligament en selfs
meer ernstige beserings. Dit vereis
beter asemhalingsbeheer as bv.
draf of fietsry, wat ’n groter behoefte
veroorsaak aan suurstof, wat weer
sorg dat die spiere harder werk.
Stap is besonder goeie oefening en
feitlik almal kan daaraan deelneem.
Dit bevorder nie net cholesterol
vlakke, verstrek beenstruktuur en
hou bloeddruk in beheer nie, dit laat
jou sommer beter voel net om die
vars lug te ruik en die son op jou vel
te voel. Spoed is nie belangrik nie,
solank dit gemaklik voel en stap vir
’n minimum van 30 minute. Neem
sommer die hele gesin saam en
spandeer kosbare tyd bymekaar.
Vele van ons daaglikse take kan ook
beskou word as oefening. Om vir
30 minute met die kinders te speel
of in die tuin te werk is ’n wyse van
akrobatiese oefening, solank dit
aangevul word met ’n swem- of
staproetine. Dit is veral belangrik
om kinders te leer om aktief in die
“Om die rykste man in
die begraafplaas te wees
is nie vir my belangrik nie...
om bed toe te gaan en te
dink ons het vandag iets
wonderliks gedoen...
dit is wat tel”.
– Steve Jobs 1955-2011 –
OVK │ JUNE 201620
buitelig te wees. Dit is nie nood-
wendig nodig om aan sport deel te
neem om ’n aktiewe leefstyl te volg
nie. Aan die ander kant word fisiese
onaktiwiteit vereenselwig met hart
kwale, sommige kankersoorte en kan
lei tot oorgewig.
Psigiese gesondheid
Kry genoeg slaap. Volwassenes
het 7 tot 8 ure slaap nodig. Seniors
slaap ligter en word gereeld wakker.
Hulle moet dan kort slapies deur
die dag neem om hul 8 ure op te
maak. Moenie groot maaltye eet voor
slapenstyd nie. Dit veroorsaak swak
vertering en lei tot gewig aanname.
Doen brein oefeninge, soos woor-
deskat, soduko of bou ’n legkaart.
Maak tyd om met mense oor
verskeie onderwerpe te gesels.
Die dwing jou om te konsentreer
en verbreed jou kennis. Neem tyd,
ten minste een keer per week, om
jou sport of stokperdjie te beoefen.
Kry bevrediging uit die groot en die
klein... Vergroot jou vriendekring
en lag. Lag vir jouself, lag vir jou
metgesel, lag vir jou kinders. Lag ten minste een keer per dag.
’n Gesonde lewenswyse: Eet matig, oefen en spandeer tyd om te ont-
span. Klink nie so onmoontlik nie.
Jy kan gesond leef. Dink daaroor...
dis klaar ’n stap in die regte rigting.
OVK │ JUNE 201622
Tussen Bloemfontein en Port
Elizabeth, net buite Middelburg
wag die Karooroos Padstal op
jou. Tipiese Karoo-gasvryheid
en ’n spyskaart wat jou langer
wil laat bly as wat jy wou.
ie reuk van koffie en
vars gebakte pasteie
begroet jou as jy by
die padstal instap.
Volgepak met plaaslik vervaardigde
geskenke en allerlei interressante
nonsensgoed, konfyte, droëvrugte
en wolprodukte. Die spyskaart
is egter wat die aandag trek en
daagliks word vars lam-, hoender-
en wildspasteie gebak. Vars roos-
terkoeke en Quiche word ook
daagliks voorberei. Die geregte by
Karooroos word nou al so gewild
dat die inwoners van die dorp en
omliggende boere gereeld ’n draai
maak vir ontbyt of middagete. Vir
die soettand kry Danél daagliks
koeke van ’n boervrou wat ook ’n
chef is!
Gebore op Oudtshoorn het Danél
haar by die destydse UPE as maat-
skaplike werker gekwalifiseer en ’n
pos op Middelburg aanvaar. Hier
het sy Tinus du Plessis ontmoet en
is kort daarna getroud. Tinus was ’n
melkboer en moes sy as boervrou
vinnig leer en hand bysit. Daagliks
het sy voer by OVK gaan haal of
melk afgelewer. Dan moes sy nog
tyd maak om hul drie kinders,
Trigaardt, Hanje en Petrus groot te
maak.
As tradisionele Merino stoetboere
het Tinus later die melkery
vertakking gesluit. Die kinders was
groter en is koshuis toe en tyd het
in Danél se skoot geval. Die droom
wat sy vir jare gehad, maar weens
omstandighede nooit kon uitleef nie,
het werklikheid geword. Karooroos
is gebore en op 1 Desember 2015
sy deure geopen. As boervrou is
sy egter ook nog betrokke by die
administrasie van die stoetery.
“My wens vir die padstal was
om Karoo gasvryheid en goeie
tuisge maakte kos aan te bied. ’n
Rusplek te bied vir die toeris en ’n
lekker ontbyt of middagete vir die
Rusplek langs die N10D
OVK │ JUNE 2016 23
Danél du Plessis, eienaar van
Karooroos gesels met
Wimpie Bothma
(OVK Handelstakbestuurder:
Middelburg)
plaaslike inwoners. Ek is vandag
so dankbaar dat my droom op die
regte tyd gerealiseer het.” vertel sy.
Wanneer jy volgende keer op die
N10 ry, wees op die uitkyk vir die
windpomp langs die pad naby
Middelburg. Strek uit en geniet so
bietjie warmte van die boeremense
van die Karoo. Jy sal dan verstaan
hoekom Danél altyd so ’n warm
glimlag het.
OVK │ JUNE 201624
Vrystaat Landbou het
onlangs hul Jongboer vir 2016,
tydens ’n gala-geleentheid in
Bloemfontein, aangekondig.
Bygewoon deur jongboere,
sakemanne en leiers in die
landbou is die finaliste aan die
gaste voorgestel. DJ van der
Linde van Vierfontein het met
die trofee weggestap.
ie toekenningfunksie
is vooraf gegaan
deur ’n konferensie
waartydens die
jongboere ingelig is oor tegnologiese
ontwikkelinge, sonkrag, asook die
geleenthede wat bestaan in die
wildbedryf. Een van die sprekers
was Pieter Geldenhuys wat gesels
het oor die impak van tegnologie
op die landbou. Hy is tans ’n lektor
in tegnologiese strategie aan die
Universiteit van Noordwes.
Die wêreld se populasie is besig om
te eskaleer en daar word bereken
dat daar 20 biljoen mense in 2050
op aarde gaan wees. Kosvoor-
siening styg egter slegs met 5%
per jaar, wat beteken dat daar op ’n
stadium meer mense gaan wees as
wat daar geproduseerde kos gaan
wees. Dit is die taak van tegnologie
om hierdie agterstand aan te
spreek.
Die populasie het vier keer verdub-
bel oor die laaste 150 jaar, maar
wat baie interessant is, is dat skaars
kommoditeite se pryse met 80%
gedaal het. Een van die redes is
byvoorbeeld dat ’n telefoonoproep
deesdae gemaak kan word sonder
’n koperdraad. Tegnologie veroor-
saak dus ’n verandering in die vraag
na sekere kommoditeite.
Daar word ook verwys na vernie-
tigende tegnologiese ontwik keling.
Die voertuig het die ossewa
vernietig, die robot en rekenaars het
werksverliese veroorsaak. So gaan
die volgende 20 jaar ’n tegnologiese
revolusie in die landbou meebring.
Reeds word daar nie vir evolusie
gewag om beeste te verander nie,
maar deur eksperimentering met
hul DNA word beeste gemanipuleer
om meer melk en meer vleis te
produseer.
Die gebruik van tegnologie soos
hommeltuie en die ontwikkeling van
drywerlose voertuie, is reeds vêr
gevorderd. Hierdie tegnologie gaan
veroorsaak dat ’n trekker nie meer ’n
drywer gaan benodig nie. Die trekker
gaan self na die landerye ry, sy taak
verrig en terugkeer na die skuur.
Verder gaan die trekker deur die nag
kan werk, want hy benodig nie daglig
nie (gebruik van GPS) en het nie
slaap nodig nie.
Tegnologiese ontwikkeling in die
spoed van die internet het reeds
sovêr gevorder dat dit slegs ’n
minuut en half in Suid Korea neem
om ’n volledige film af te laai. In SA
neem dit op die vinnigste sowat 50
minute. Die nuwe generasie 4G gaan
geweldige veranderinge in spoed
meebring en daar word slegs gewag
op die regering om frekwensies
beskikbaar te stel.
Tydens die kongres is die Jongboer
finaliste voorgestel. Hendrik Heyns
(30) boer op Waterford A in die
Rouxville distrik. Hy het vyf jaar
gelede begin boer na hy sy B.Sc.
Agric. graad verwerf het. Sy boerdery
bestaan uit vee en gewasse.
Volgens Hendrik is die jongboer die
JONGBOER 2016
DJ van der Linde van die
Vierfontein distrik is aangewys
as die Jongboer van 2016. Hier
ontvang hy sy trofee met sy
vrou Rianette. “Die onlangse
droogte het my ’n beter mens
en landbouer gemaak”
D
Vrystaat LandbouVrystaat Landbou het
onlangs hul Jongboer vir 2016,
tydens ’n gala-geleentheid in
Bloemfontein, aangekondig.
Bygewoon deur jongboere,
sakemanne en leiers in die
landbou is die finaliste aan die
gaste voorgestel.
OVK │ JUNE 2016 25
toekoms tige voedselsekuriteit vir Suid-
Afrika. Sonder die jongboere kan die
ekonomie nie groei nie en is daar nie ‘n
toekoms vir boerdery nie
Die tweede finalis was PJ Baden horst
(34) wat saam met sy pa Con in die
Dewetsdorp distrik boer. PJ boer al
12 jaar op die plaas Platkop met vee,
wild en gewasse onder besproeiing.
Dié boerdery is in 2011 deur ’n vloed
beskadig. In 2012 het 60% van hul
weiding en twee store afgebrand en
verlede jaar was die droogste jaar in
die geskiedenis. Ten spyte daarvan het
hulle in 2015 nog ’n plaas bygekoop
en staan sterker as ooit.
Die 20ste Vrystaat Landbou Jongboer
van die Jaar was DJ van der Linde wat
op die familieplaas in die Vierfontein
distrik boer. Toe sy vader ernstig siek
geword het, het DJ 8 jaar gelede die
onderwys vaarwel geroep en plaas
toe getrek. Hy het stelselmatig die
boerdery uitgebrei en sluit verskeie
gewasse en beeste in.
Pieter Geldenhuys demonstreer “virtual reality”
tegnologie aan die jongboere. Die tegnologie word
reeds gebruik om sokkerwedstryde lewendig uit
te saai. Die kyker kry die gevoel dat hy binne die
stadium is met behulp van meer as dertig kameras.
Finalis PJ Badenhorst met dogter Ellen in sy arms
saam met Boet Wilken (VL Jongboer Komitee
vise-voorsitter) en finalis Hendrik Heyns tydens die
Jongboer konferensie.
Die konferensie is ook
bygewoon deur Waldo
van Niekerk (VL Jongboer
Komitee: Excelsior),
Stephan Nel (Excelsior),
Frans Nel (Excelsior),
Kobus Breytenbach (VL
Vise-president: Zastron)
en Stéfan Oberholzer
(Besturende Direkteur:
OVK Groep).
OVK │ JUNE 201626
Die 8ste Brangus Wêreld-
kongres is onlangs by Black
Mountain Hotel naby Thaba
Nchu gehou. Telers het van
sovêr as Uruguay, Argentinië
en Amerika gekom. Dit was
ook die eerste keer dat Suid-
Afrika die geleentheid gehad
het om dié internasionale
kongres aan te bied.
aar is tans meer
41 000 diere in SA
geregistreer deur
die 170 lede en
volgens Sias Booysen, president
van Brangus SA, word daar met
Brangus in al die provinsies geteel
en geboer. Buurlande sluit Malawi,
Namibië en Swaziland in.
Die Brangus ras word vanaf 1941
in Amerika geteel en Raymond
Green van Ladysmith was die eerste
boer in Suid-Afrika wat in 1963 met
teling begin het. ’n Telersklub onder
leiding van Raymond was in 1976
gestig en die ras is in 1986 deur die
registrateur van Veeverbetering en
die Suid Afrikaanse Stamboek- en
Veeverbeteringsvereniging erken.
Raymond en sy swaer, Alistair
Tedder was Brangus pioniers en in
1963 was die eerste oorsponklike
Suid Afrikaanse Brangus kalwers
gebore. Hulle gene was saamgestel
deur 37.5% Brahman en 62.5%
Angus. Aangesien die Brahman
reeds oor belangrike eienskappe
soos aanpasbaarheid en sterk
drang vir oorlewing beskik en die
Angus oor hoë vrugbaarheid en
natuurlike vleis kwaliteit, was dit
belangrik om al hierdie besondere
eienskappe te behou.
Eg karaktereienskappe van die Suid
Afrikaanse Brangus is dat hulle
aanpasbaar is in ’n verskeidenheid
van omgewings, horingloos is en
’n lae geboorte gewig het. Daarby
het hulle ’n rustige temprament en
uitstekende vleiskwaliteite. Brangus
SA se teeldoelwitte is om die goeie
eienskappe waarvoor Brangus
bekend is verder uit te bou en nega-
tiewe eienskappe aan te spreek.
Die grootste sukses van Brangus
is hul aanpasbaarheid en hoë
vleisproduksie in warm streke met
baie insekte, harde gras en skiektes.
Die Brangus koei produseer heel
normaal in temperature bo 35°
Celsius en het die kapasiteit om tot
40% meer te produseer as ander
rasse. Weens die Angus gene
beskik die koei ook oor ’n hoë melk
vermoë. In kouer klimate word
D
Die kongres is voorafgegaan deur ’n
prosesse wat gely is deur afgevaar-
digdes van Suid-Amerika, gevolg
deur lede van Brangus SA, elk met
sy eie unieke vlag.bult spiereBRANGUS
OVK │ JUNE 2016 27
hulle beskerm deur hul dik pels en
bulle kan tot 900kg en koeie tot
500kg weeg. Die ras is kenmerkend
poenskop en geheel swart of rooi.
Tydens die konferensie het Mnr
Louw Steytler, voormalige president
van Graan SA, genoem dat die ver-
troue in politici oor die hele wereld
op ’n laagte punt is. Hy het verwys
na Argentinië en selfs die verkiesing
in Amerika sowel as die huidige
situasie in Suid Afrika. Na onlangse
hofsake glo hy dat die Grondwet die
nodige oplossings sal bied.
Peter Cheales, stigter van die
wêreld se grooste verbruikersweb-
werf “Hello Peter.com” het die
kongres gangers hul sye laat vashou
met staaltjies van slegte kliëntediens
en die “almagtige” bestuurders
van maatskappye wat nooit tyd vir
hul kliënte het nie en permanent in
vergaderings is. Volgens Peter het
140 miljoen mense wêreldwyd en
4.8 miljoen mense in Suid Afrika
die laaste paar jaar hul werk verloor.
Die besighede bestaan egter nog
en maak groot winste. Die rede sê
Peter, “Hulle was totaal onbevoeg!”
Personeel, vanaf die besturende
direkteur tot skoonmakers moet
onthou dat hulle slegs oorhoofse
koste vir ’n maatskappy is – die
klient is die enigste wins!
Die toekoms van die Brangus ras
lyk baie belowend en hoe groter die
druk word om die voedselmandtjie
vir die vinniggroeiende wêreldbe-
volking vol te hou, hoe beter gaan
hierdie bewyste geharde ras vaar.
Prof Norman Maiwashe van die LNR
het opgemerk dat daar genoeg kos
is, dit is egter nie bekostigbaar nie.
Wetenskaplikes en rastelers sal
moet hande vat om meer kos teen
laer kostes te produseer.
Dr. Jaco de Villiers (Brangus SA) sê 235 inter-
nasionale en plaaslike afgevaardiges het die
kongres bygewoon en 700 het na ’n lewendige
video “streaming” op die internet ingeskakel.
Regs staan Mnr. Sias Booysen (President Brangus
SA) by van die sprekers tydens die 8ste Brangus
Wêreldkongres. V.l.n.r. Louw Steytler (Graan SA),
Prof. Norman Maiwashe (L.N.R.) en Peter Cheales
(Internasionale bemarkings Guru)
Plaaslik geteelde beeste is vertoon en die belangstelling van die Argentyne
was baie groot in ons Brahman/Angus geteelde ras. Van dié boere het
kuddes van tot 30 000 groot!
“Brangus is tans die vierde grootste beesras in Suid-
Afrika. Daar bestaan ’n enorme mark in Suid-Amerika en sodra die nodige protokol gefinaliseer is, gaan uitvoere
geweldig styg.” – Sias Booysen –
OVK │ JUNE 201628
Noordstreek Top Presteerders
Tydens ’n glansgeleentheid in Ladybrand het OVK sy top presteerders – 2015/16 vir die Noordstreek aangekondig. Die aand het op ’n hoë noot afgeskop toe gaskunstenaar Elvis Blue die 280 gaste vermaak het met van sy bekendste treffers. Die afwagting was merkbaar tydens die boodkappe van Gilly Scheepers, Voorsitter: OVK Groep, en ’n kort besigheidsverslag van Stéfan Oberholzer, Besturende Direkteur: OVK Groep.
Met die gewag verby het Stéfan die wenners van die verskillende katergorieë asook die top presteerder van die noordstreek 2015/16 tot groot toejuiging van die gaste
aangekondig. Van die ander
toekennings wat gemaak is sluit in:
TOP WOL PRODUSENT:
Johan Rautenbach
HOOGSTE OMSET KORTTERMYN-
VERSEKERING: Downtouch
Investments - Johan Cronje
HOOGSTE OMSET OESVER-
SEKERING: Bloukruin Landgoed
- Gilly Scheepers
DIE GROOTSTE BRANDSTOF
KLIëNT: Bloukruin Landgoed -
Gilly Scheepers
TOP MEGANISASIE
PRESTEERDER: Zuikerkop
Boerdery (Pty) Ltd - Dr Carel Scholtz
TOP KORING PRODUSENT: Bloukruin Landgoed - Gilly Scheepers
TOP SOJABOON PRODUSENT: Jaycee Trust - Hans van Rooyen
TOP MIELIE PRODUSENT: Liberhof Landgoed - Michael en Jan Scheepers
TOP SONNEBLOM PRODUSENT: Sibylia Boerdery - Jan, Antoon en Anton van den Berg
TOP HANDELSPRETEERDER: MD Foundation (Pty)Ltd
Gaste van so vêr as Steynsrus was onder 280 gaste wat die oorhan diging bygewoon het.
Elvis Blue het die vorige aand nie minder nie as 7 Ghoema Toeken nings
ontvang en is met groot applous van die gaste verwelkom.
Die OVK Top Presteerder vir die Noordstreek 2015/16 is MD Foundation (Pty)Ltd. Hier staan direkteure Theunis Pretorius, Xavier Moll, Hannes Pretorius, Jacques Moll by Gilly Scheepers (Voorsitter: OVK Groep).
OVK │ JUNE 2016 29
HIER, DAAR EN ORAL • AROUND AND ABOUT • HIER, DAAR
OVK oorhandig voertuie
OVK is hierdie jaar by Down Touch Griffon Rugby-unie betrokke en twee OVK promosie Toyota Etios voertuie
is aan die Griffons oorhandig. Hier ontvang Eugene van Wyk
(Besturende Direkteur: Down Touch Griffons) die sleutels van Stéfan
Oberholzer (Besturende Direkteur: OVK) terwyl Verné Hamman
(Bestuurder: OVK Versekering) en Thinus Botha (Ladybrand Toyota)
toekyk.
56ste Fertasa Jaarlikse Kongres
Presisie Boerdery en hoe dit aan gewend kan word om die opbrengsplafon te lig. Dit was die tema by die Hammonia Inligtingsdag wat onder nat en mod derige omstan-dig hede aangebied is. Onder die groot groep boere wat die dag byge woon het, was v.l.n.r. Jacques Moll (OVK Direkteur), Gerrie Britz, Gerrie Snyman, Theunis Pretorius (Organiseerder), Friedl von Malitz en Ludwig Oberholzer (Hammonia Voorsitter).
Hammonia Inligtingsdag
Mnr Adam Mostert, HUB, Fertasa staan hier saam met drie van die sprekers op die kongres – prof
Martin Fey, (Buitengewone Profes-sor, Universiteit van Pretoria),
dr Augustine Langyintuo (Wêreldbank-groep) en mnr. Jan Vermaak, (Besturende Direkteur Interna sio nale Spesialiteite en
Besigheids ont wikkeling van Omnia Kunsmis).
VIRBAC Kompetisie
Hansie van Rooyen (middel) van die plaas Liebenbergsvlei naby Edenburg is die wenner van die kraalkompetisie wat
vanaf Oktober tot Februarie deur VIRBAC in die OVK Handelstakke
aangebied is. Die praktiese verskuifbare kraal is deur
(links) Sirkie Pieterse (VIRBAC Tegniese Verkoopsadviseur) en
Jacques Senekal (OVK Handels-takbestuurder: Edenburg)
oorhandig.
GOSA Simposium
Gert Nienaber (OVK Silobestuur-der: Clocolan), Kobus Scheepers
(OVK Bedryfsbestuurder), Ephraim Khopoche (OVK Silo-bestuurder: Modderpoort) en
Deon Swart (OVK Silobestuur der: Fouries burg) het die Graanhan-teringsor gani sasie (GOSA) se
2016-simposium wat onlangs by Langebaan gehou is, bygewoon.
Willem Eigenhuis (Du Pont Pioneer)
het ’n lesing aangebied oor grond-
wetenskap en die impak wat dit op
die opbrengs per hektaar het. Hier
staan hy in ’n profielgat en verdui-
delik die wortelstelsel van proewe
wat in Desember aangeplant is.
OVK │ JUNE 201630
HIER, DAAR EN ORAL • AROUND AND ABOUT • HIER, DAAR
Some128 emerging farmers attended an information day at Ladybrand presented
by MSD to train and advise on the correct handling of vaccines and clinical signs
to make the correct diagnosis. John Khoza also gave information on different
treatment for the various diseases and the full vaccination and dosages. John and Marlyn Khwababa (OVK Agri SEB/Bee Clerk) are with some of the
informal farmers that attended the MSD information day.
John Khoza (MSD), Nardus Marais
(MSD), Marlyn Khwa baba (OVK Agri
SEB/Bee Clerk), Wessel Prinsloo
(MSD) and Johan Nienaber (OVK Trade
Manager: Ladybrand) during the
refreshment break.
OVK Noordstreek Top Presteerders
Nagenoeg 125 boere het die
hooidag demonstrasies op die
plaas Patrysvlugt bygewoon.
Die program volg gewoonlik
dié van ’n proewedag, maar
weens die droogte was
die ander gesaai des baie
laat. Hier staan oom Dave
Flanegan van die plaas
Grassmere, wat sommer die
dag die Alpler 1.8 sny masjien
van Eppie Hanekom (OVK
Mega nisasie: Ladybrand)
aangekoop het.
Massey Ferguson het aan die
hooidag deelgeneem en ver-
skeie implemente en trekkers
op die teff land aan die boere
gedemon streer. Hier word die
Kverneland tolsnyer deur sy
pas geneem.
Excelsior Someroesdag
Hezelle Wille (Ficksburg), Linda Moll (Ficksburg), Martie Moll (Ficksburg), Hannah Durow (Ficksburg), Herkie Bender (Clocolan) en Mariaan van Niekerk (Ladybrand) blyk of hulle vir hul eie vermaak gesorg het!
Ig Wille (Ficksburg), Chris Bender (OVK Direkteur: Clocolan), Xavier Moll (Ficksburg), Jorrie van Niekerk (Ladybrand) en Freddie Durow (Clocolan) was onder die 280 gaste wat die funksie in Ladybrand bygewoon het.
MSD Information Day
OVK │ JUNE 2016 31
R EN ORAL • AROUND AND ABOUT • HIER, DAAR EN ORAL
Regs: Piet Louw (Link Merinos) is die
trotse eienaar van die Skaap van die Skou
2016. By hom is Frikkie Oukamp (CMW)
en Willem Mei (Hanteerder)
John Melville (CMW) staan hier
by Derick Alexander en Rudi
Upton, eienaar van die Poenskop
Ram 2016. Gekniel is Pierre Louw
Fourie (Hanteerder).
Bloemskou kroon wenners
Cradock het haar sjarmante
kleed aangetrek en Monique
Coetzee, Petro van der Merwe
en Alta le Roux, almal van
Cradock, was onder die
150 gaste wat glans aan die
geleentheid verleen het.
DIE SUIDE GEE ERKENNING
Die OVK Suidstreek Top
Presteerders is onlangs
aangewys. Hier kuier Arnold
de Jager, Stefan Lategan, Hein
Botha, Johan Bouwer en Pieter
Erasmus (OVK Direkteur)
8th Brangus Wêreld kongresAndré Wouman (Reitz) en Walter Kotze
(Aliwal-Noord) is opgemerk by die kongres (sien bladsy 26) wat by Black
Mountain Hotel plaasgevind het.
Arlington Boeredag
Meer as 180 boere het die inligtingsdag en trekkerdemonstrasies bygewoon.
Hier staan Danie Ferreira (OVK Meganisasie: Harrismith), Danie Naude (OVK Mega nisasie: Reitz), Freddie van Biljon (OVK Meganisasie: Bethlehem),
Danie Calitz en Hardie Kotze, beide van Henneman.
OVK │ JUNE 201632
Koringsaad terughoudingKoringproduksie in Suid-
Afrika het die afgelope paar
jaar skerp afgeneem, van
net onder ’n miljoen hektaar
sowat 15 jaar gelede tot ’n
skamele 500 000 ha. Hiervan
is slegs ongeveer 90 000 ha in
die Vrystaat aangeplant. Tot
onlangs nog het die Vrystaat
sowat 50% van die totale
koringoes in Suid-Afrika
gelewer. Vandag maak dit
maar ’n baie klein persentasie
van die totaal uit.
oekom daal koring-
produksie in Suid-
Afrika? Hierdie
onderwerp is al tot
vervelens toe bespreek en gesels,
en een van die grootste uitdagings
wat ter sprake kom, is dat die
winsgewendheid van koring net nie
meer genoeg is nie. Die handjievol
koringprodusente wat wel nog
bereid is om hul hand aan hierdie
risiko te waag, maak allerhande
planne om kostes te bespaar. Een
daarvan is natuurlik om saadkostes
te bespaar deur saad van die vorige
seisoen te plant, maar is dit werklik
’n besparing?
Ons het gaan kyk wat die besparing
in Rand-en-Sent-waarde is wanneer
teruggehoude saad geplant word
teenoor dieselfde produksie van
gesertifiseerde saad.
Wat is gesertifiseerde saad?
Gesertifiseerde saad is saad wat
aan streng fisiese en genetiese
vereistes moet voldoen. SANSOR
(Suid-Afrikaanse Nasionale Saad-
organisasie) is die organisasie wat
ingevolge die voorskrifte van die
Plantverbeteringswet (Wet 53 van
1976) aangewys is om die Suid-
Afrikaanse saadsertifisering skema
toe te pas en te administreer.
Gedurende hierdie proses word
verpligte landinspeksies op verskil-
lende groeistadia deur SANSOR
saadinspekteurs uitgevoer en die
lande word gemonitor vir suiwer-
heid, asook vir enige afwykings
of onkruid wat mag voorkom,
teenwoordigheid van siektes en dies
meer. Gesertifi seerde saad bevat
dus nie onkruidsaad nie, dit het ook
nie ander graan in nie en dit is nie
gemeng met ander kultivars nie.
Daar is egter ’n baie klein toelating
van tussen 0.1% en 0.3%.
Nadat die koring geoes is, word
ontkiemingstoetse volgens inter-
nasionale voorskrifte op die saad
gedoen en in die geval van koring
word ’n minimum persentasie
van 85% ontkieming gewaarborg.
Om op te som is die sertifiserings-
proses dus eintlik ’n sisteem waar
’n klomp “checks” ingebou word
om te verseker dat ’n hoë kwaliteit
saad aan die produsent verkoop
word. Produsente word deur die
Plantverbeteringswet beskerm
indien probleme met die saad
ondervind word.
Wat is teruggehoude saad?
Teruggehoude saad kan in twee
klasse verdeel word:
• saad wat nie skoongemaak is
nie en gekontamineer is met
onkruidsaad, ander graan of
klippies en dit het gewoonlik ’n
lae ontkiemingspersentasie en
groeikrag.
• saad wat deur ’n plaaslike
landboubesigheid (of deur die
produsent self) skoongemaak
is. Die kwaliteit van hierdie saad
hang af van wat die kwaliteit van
die saad was voordat dit skoon-
gemaak is, asook die effektiwiteit
van die skoonmaak proses in
terme van klein en/of ligte saad.
Teruggehoude saad bevat
gewoonlik heelwat klein saadjies.
Dit is algemeen bekend dat
kleiner sade, alhoewel dit ’n hoë
ontkiemingspersentasie mag hê,
swakker saailinge produseer wat nie
in gesonde sterk plante met ’n hoë
opbrengspotensiaal ontwikkel nie.
Produsente wat saad terughou,
word nie deur die Plantverbeterings-
wet beskerm indien probleme met
die saad ondervind word nie.
Geskryf deur Dirk Gunter (OVK Bestuurder: Landboukundige
Dienste) met Annelie Barnard (LNR-Kleingraaninstituut) as medewerker.
OVK │ JUNE 2016 33
SAADKWALITEIT – ’n kritiese
keuse
Saadkwaliteit is ’n baie belangrike
aspek van koringverbouing, want
sowat 60% van die uiteindelike
opbrengspotensiaal van daardie
oes word by die plant daarvan
bepaal. Die kwaliteit van die saad
kan egter nie met die blote oog
bepaal word nie.
Deur gesertifiseerde saad te
koop, verseker ’n produsent dat
die saad wat hy plant van die
hoogste kwaliteit is. Onthou dat
gesertifiseerde saad beide die
landinspeksies en die ontkiemings-
toetse geslaag het, met ander
woorde dit is vry van onkruidsaad,
ander sade en siektes (soos los- en
stinkbrand). Verder is hierdie saad
ook behandel met saadbehan-
delingsmiddels om saadgedraagde
siektes en luise te beheer en
die ontkiemings persen tasie is
gewoonlik heelwat hoër as 90%.
Met teruggehoude saad moet die
produsent altyd die saadkwaliteit
evalueer. Hierdie saad is waarskynlik
nie geneties suiwer nie, dit mag
onkruidsade bevat en is heel
moontlik beskadig deur insekte en/
of weersomstandighede (koueskade
of uitloopskade). Dit kon ook tydens
die oesproses meganies beskadig
geraak het of dit mag lae ontkieming
en kiemkrag hê as gevolg van
byvoorbeeld die droging van die
saad. Indien dit wel onkruidsade
bevat, kan die plant van sulke saad
tot grootskaalse verspreiding van
onkruide lei.
Navorsing het bewys dat die
teenwoordigheid van onkruid in
gewasaanplantings tot sowat
10% potensiële opbrengsverlies
kan veroorsaak, selfs al word dit
goed beheer. Daar is ook bewys
dat skoon saad wat geplant word
tot ’n hoër opbrengs lei as saad
wat onkruid bevat en waarvan die
onkruid agterna verwyder is.
Produsente wat hulle saad terughou
laat dit bitter selde toets vir
ontkieming en groeikrag voordat
hulle dit plant. Dit lei dikwels tot
swak opkoms en derhalwe ’n swak
oes. Daar is verder ook heelwat
risiko’s wat met teruggehoude saad
geassosieer word, wat later kan
veroorsaak dat die produksiekoste
baie styg.
Wat is hierdie risiko’s?
Teruggehoude saad is gewoonlik
saad wat vir ’n tydperk (enigiets
tussen 6 en 18 maande) opgeberg
is. Opberging en saadhantering is
van die belangrikste faktore by die
terughou van saad. Die opberging
van saad is ’n wetenskap op sy eie
en indien dit nie perfek uitgevoer
word nie, kan dit tot grootskaalse
verliese lei. Daar is baie min
produsente wat oor die korrekte
infrastruktuur en fasiliteite beskik.
Hoë humiditeit is die hoofoorsaak vir
die verlies aan kiemkragtigheid en
groeikragtigheid by saad.
Onvolwasse of beskadigde saad
kan nie suksesvol opgeberg word
nie. Meganiese skade tydens oestyd
maak saad baie meer vatbaar vir
degenerering. Insekbeskadiging
kan ook lei tot ’n afname in
kiemkrag. Die kiemkrag van saad
wat deur koue of reën beskadig is
(uitloopskade) neem dramaties af
met opberging.
Dit is ook bekend dat sommige
saadbehandelingsmiddels die
embrio van die saad kan beskadig,
veral wanneer daar reeds skade aan
die saad voorkom en dit kan selfs die
saad dood wanneer dit vir ’n sekere
tyd opgeberg word.
Kontaminasie met onkruidsaad kan lei tot langtermyn onkruid probleme. Baie gevalle van onkruidprobleme het juis ontstaan as gevolg van swak saadkwaliteit en het al tot so ’n mate uitgebrei dat dit bykans onmoontlik is om te beheer. Hier is voorbeelde van wildehawer en raaigras in ’n koringland.
OVK │ JUNE 201634
Dit is veral met die ontkieming van
saad waar daar geweldig vinnig
probleme tydens opberging kan
ontstaan. Die grootste vyande by
opberging is vog en temperatuur. In
die onderstaande voorstelling word
die tydperk van veilige opberging
skematies aangetoon.
Skematiese voorstelling van die tydperk wat nat en warm graan
veilig opgeberg kan word.
Indien graan (en dus ook saad) wat
pas gestroop is, ‘n voginhoud van
bv. 18% het en die temperatuur van
die graan is 32°C, is die tydperk
wat hierdie graan veilig opgeberg
kan word slegs drie dae ! Selfs al
is die temperatuur heelwat laer, sê
maar 24°C, kan die graan of saad
steeds vir net sowat twee weke veilig
opgeberg word indien die voginhoud
hoog is.
Wanneer saad met ’n hoë voginhoud
opgeberg word, kan opberging-
swamme die saad aanval en skade
veroorsaak. Hoë tempe rature
tydens opberging lei weer tot die
beskadiging van die embrio van die
saad en dit lei op sy beurt tot swak
ontkieming en swak opkoms.
Die grootste probleme wat tydens nat
opberging kan voorkom word, is:
• graan kan muf,
• graan kan hittebeskadig raak,
• graan kan insekbeskadig raak,
• graan kan begin ontkiem en
uitloop.
Dit is veral hierdie laaste twee wat die
graan, as saad, waarde loos maak.
Wetgewing maak egter voorsiening
daarvoor dat gesertifiseerde saad nie
bogenoemde probleme sal hê nie.
In ’n onlangse studie wat by LNR-
Klein graan instituut by Bethlehem
gedoen is, het dit duidelik geword
dat ontkieming en opkoms nadelig
beïnvloed word wanneer terugge-
houde saad geplant word.
In die onderstaande figuur (Figuur
1) is die verlaging in ontkiemingsper-
sentasie duidelik wanneer gesertifi-
seerde saad, gesonde teruggehoude
saad en beskadigde teruggehoude
saad met mekaar vergelyk word.
Alhoewel gesonde teruggehoude
saad se ontkieming steeds hoog
was (80%), het dit betekenisvol
verlaag wanneer saad beskadig is
deur byvoorbeeld uitloop-, insek- of
koueskade of meganiese skade. Die
effek op ontkieming was selfs nog
hoër toe die saad deur ’n saadbe han-
delings middel behandel is. In hierdie
geval was die ontkieming (%) minder
as 50%.
Die verlaging in kiemkrag van
teruggehoude saad (Figuur 2) is
egter ’n groter bron van kommer.
Alhoewel die gesonde terugge houde
saad wel ’n redelike ontkiemings-
persentasie kon bereik (80% - in
Figuur 1), het die saad nie genoeg
kiemkrag gehad om in ’n saailing te
ontwikkel nie. Uit die onderstaande
figuur (Figuur 2) kan duidelik gesien
word hoë dat gemiddeld slegs sowat
53% van teruggehoude saad wat
wel ontkiem het, in saailinge kon
ontwikkel. Wanneer beskadigde
teruggehoude saad geplant is, kon
slegs sowat 42% van die saad in
saailinge ontwikkel en wanneer die
saad met saadbehandelingsmiddels
behandel is, het net meer as 30%
saailinge ontwikkel.
Dit is algemene kennis dat ’n goeie
stand noodsaaklik is vir maksimum
opbrengs. In die geval waar opkoms
nadeling beïnvloed word deur die
plant van teruggehoude saad, skep
dit potensiële probleme wat ’n
produsent duur te staan kan kom.
’n Voorbeeld van ’n land wat met
teruggehoude saad geplant is.
FIGUUR 1: Ontkiemingspersen tasie van gesertifiseerde saad in verge ly-king met gesonde, onbehandelde teruggehoude saad, beskadigde onbehandelde terugge houde saad en teruggehoude saad wat met ’n saadbehan delings middel behandel is.
FIGUUR 2: Opkomspersentasie van gesertifiseerde saad in vergelyking met gesonde, onbehandelde teruggehoude saad, beskadigde onbehandelde teruggehoude saad en teruggehoude saad wat met ’n saadbehandelingsmiddel behandel is.
OVK │ JUNE 201636
“Better use of irrigation
technology geared towards
water use efficiency, could
save millions of cubic metres
of water in the agricultural
sector in South Africa and
contribute to water security.”
This is according to Zama
Siqalaba, Programme Mana-
ger at the Strategic Water
Partners Network South
Africa (SWPN-SA).
s the biggest user
of fresh water, the
agricultural sector
accounts for 60%
of the total annual
water demand in the country. In view
of its significant demand, agricultural
and supply chain water management
has been a key strategic work area
of the SWPN-SA, a public-private-
civil society sector partnership that
aims to improve the future security of
South Africa’s water since its incep-
tion in 2011.
Irrigated agriculture plays a major
role in food security in South Africa.
According to AgriSA, only 12% of
South Africa’s landmass is con-
sidered arable with just 3% being
truly fertile. Astonishingly, only 1,5%
of the land is under irrigation and this
produces 30% of the country’s crops!
Creativity and innovation are
essential to improve and sustain
food security without compromising
or increasing the water demand
emanating from this sector. During
periods of drought, the need for
efficient, effective irrigation systems
becomes all the more critical.
Research conducted by the Water
Research Commission (WRC) shows
that drip feed irrigation; proper
scheduling of irrigation (watering at
cooler times of the day for example)
and irrigating appropriately for the
different growth stages of crops
plays an important role in making
water usage more efficient. Professor
Andries Jordaan, Director: Disaster
Management Training and Education
Centre for Africa at the University
AGRICULTURE to save water
Zama Siqalaba, Programme
Manager at the Strategic Water
Partners Network South Africa
(SWPN-SA).A
OVK │ JUNE 2016 37
of the Free State, estimates that
savings of up to 30% could be
achieved by using more efficient
irrigation systems.
A framework developed by the WRC
points out that irrigation systems
should apply the desired amount of
water, uniformly, at the right rate to
the whole field at the correct time.
Getting the water to the root zone
(where plants can optimise use) can
also be achieved through modern
drip feed technology.
In the Northern Cape’s grape grow-
ing region, other mechanisms such
as shade nets have also proven to
be a successful and effective water
saving technique. Many drought
resistant varieties of the major
crops are already being planted to
provide farmers with ways to cope
with drought and water shortages.
Rainfall varies greatly across the
country, with wide fluctuations over
the long-term. Between July 1960
and June 2004 for example, there
were eight summer rainfall seasons
where rainfall levels were less than
80% of normal ranges.
Given climate change and the
increased demand for food and
water, implementing smart techno-
logies in the management of water
in the agricultural sector should
be prioritised. By simultaneously
implementing proper operations
and maintenance measures on
irrigation schemes, increased
water availability for poor and
disadvantaged farming communities
could also be ensured.
The seriousness of the situation
is becoming very obvious. In time
of going to print, the level of the
Gariep dam was 53.9% to the
same time last year of 82.2%.
Effective irrigation systems becomes all the more critical.
OVK │ JUNE 201638
mdat beide somer
en winter onkruide
sterk met gewasse
kompeteer, moet dit
beheer word om welige groei en saadstorting in die winter te bekamp. Onthou, oorlewende onkruide kry die geleentheid om hul lewensiklus te voltooi en saad te produseer, wat in die komende seisoen ’n probleem kan wees. As onkruid dus nie beheer word nie, kan die onkruidsaadbank in die grond elke jaar vermeerder wat die probleem net sal vererger
Dit is belangrik om nie onkruide wat in die wintermaande op die lande staan, te sien as ’n dekgewas nie. Groeiende onkruid is ’n luukse gebruiker van grondvog en voeding-stowwe. Met die afgelope seisoen se
min en wisselvallige reënvalpatrone, is vogbewaring van grond kritiek vir volhoubare gewasproduksie in die komende plantseisoen.
Onkruide in lewende of dooie vorm wat op die land gelaat word, kan plant-toksiene afskei wat die opvolgende gewas kan beskadig of besmet. Vir die beheer van conyza, moet produsente oorweeg om direk na stroop te spuit in die laat herfs wanneer die onkruid ontkiem en dit nog in die rosetstadium van ontwikkeling is. Conyza onkruid
wat nie beheer word nie, sal na die winter as volgroeide plante op die land staan wat die beheer daarvan in Augustus en September baie moeilik sal maak.
Bewerking tydens wintermaande word nie aanbeveel nie, aangesien die verlies aan grondvog te groot kan wees. Ryp kan help met die beheer van jong eenjarige onkruide, maar dit is nie raadsaam om daarop staat te maak nie.
Volgens prof Charlie Reinhardt, onkruidkenner en buitengewone professor in onkruidwetenskap aan die Universiteit van Pretoria, is dit net so belangrik om ook onkruide op wenakkers te beheer, want dit produseer nie net saad wat op die land kan beland nie, maar kan ook
as gashere vir peste (insekte) en plae (patogene) dien.
Wanneer vee aan stoppels op lande wei, wees daarop bedag dat hulle nuwe onkruid op ’n land kan inbring in hul mis. Let ook daarop dat vee die toppe van onkruidplante, meer-stammigheid by daardie onkruidplante, kan bevorder, wat tot groter saadproduksie kan lei. Van die onkruide is ook toksies, wat vee kan laat vrek of siek word.
Roundup® Turbo is effektief in die beheer van grasse en kruidagtige
onkruide en werk so goed omdat glifosaat deur die plant se blare en sagte stamme opgeneem word en regdeur die res van die plant vervoer word, selfs tot in die wortels en ondergrondse stoororgane soos knolle en bolle. Glifosaat se unieke werking binne-in plante behels inhibering van een enkele ensiem wat alleenlik in plante voorkom. Glifosaat beheer dus net plante en nie mikro-organismes of diere en insekte nie, en bowendien is dit skadeloos vir mens en dier.
Omdat glifosaat sistemies is, sal plante wat met glifosaat gespuit is, stadig oor ’n paar dae of weke doodgaan. ’n Voordeel van die middel is, dat wanneer glifosaat met grond in aanraking kom, dit baie vinnig gedeaktiveer word omdat hierdie chemiese verbinding deur grond-mikrobes afgebreek word.
Dit is ook belangrik om onkruid-doders af te wissel. Gebruik middels met verskillende meganis mes van werking. Tenkmengsels van meer as een produk wat meer as een meganisme van werking het, is ’n goeie opsie om te gebruik mits die vereistes op die etiket gevolg word. ’n Hormoon-onkruiddoder saam met Roundup kan oorweeg word vir goeie beheer van onkruid, maar ook om die opbou van weerstand van onkruide teen onkruiddoders te voorkom.
PROMOSIE ARTIKEL
Onkruidbeheer IN WINTER
Met die aanbreek van winter, is baie produsente onder die
indruk dat onkruidbeheer nie so belangrik is nie. Dit is egter
‘n kardinale oordeelsfout.
O
OVK │ JUNE 201640
René Gibson en Adele Jordaan is sprekende voorbeelde van die
wonderlike moontlikhede om met ’n loopbaan by ’n groot en progressiewe
onderneming soos OVK te begin. Beide het as skoolverlaters by handels-
takke in kassierposte begin en na ’n paar jaar is hulle bevorder na die
opleidingsvleuel van die menslike hulpbronne in Ladybrand. Beide is besig
om formele kwalifikasies in personeelbestuur te verwerf.
Van vroeg in ons lewe dink
en droom ons van die beroep
wat ons eendag gaan volg,
maar besef nie werklik
die belangrikheid van
hierdie keuse en die invloed
daarvan op ons lewens nie.
Elke jongmens smag na ’n
opwindende en gelukkige
lewe. Die realiteit is egter dat
loopbaankeuses die grootste
enkele faktor tot geluk en
tevredenheid is.
eerders word altyd
met dieselfde vraag
gekonfronteer: Wat maak
ek na skool? Die opsies
is legio maar nie almal is so seker wat
hulle belangstelling is of dit is dalk
nie moontlik om hulle drome te volg
nie. In menige gevalle is hulle ook
nie bewus van alle beroepe nie en
maak daarom verkeerde emosionele
besluite.
OVK is ’n leier in die landboubedryf
en dra die verant woordelikheid om
te verseker dat genoeg opgeleide
kundiges die toekoms van die bedryf
en die produsering van voedsel sal
verseker. Die landboubedryf bestaan
uit vele beroepe wat die produsente
(boere) ondersteun om die nasionale
voedselmandjie vol te hou. Ons het by
René Gibson en Adele Jordaan van
die menslike hulpbronne afdeling by
OVK se hoofkantoor in Lady brand ’n
draai gaan maak om meer oor loop-
bane in die landbousektor uit te vind.
In 2008 het die regering die Wet op
Nasionale Kwalifika sieraamwerk
(NQF) goedgekeur en bestaan uit
10 vlakke. Vlakke 1-4 bestaan uit
skool grade en sertifikate, vlakke
5-7 is na-skoolse diplomas en
tegniese sertifikate en vlakke 7-10 uit
universiteitsgrade. OVK is ’n geregi-
streerde opleidings-voorsiener binne
die Landbou-omgewing en bied ’n
wye reeks loopbaangeleenthede
aan jong skoolverlaters en pas
gegradueerdes.
Op die huidige stadium word 51
Handelstakke bedryf in die Oos-
Kaap, Vrystaat en Nood-Kaap.
Skoolverlaters word opgelei in
administrasie, as kassiere, tak-
assis tente, assistent-takbestuurders
en takbestuurders. Hierdie rigting
vereis belangstelling in landbou wat
verband hou met bemarking van
landbouprodukte en -dienste asook
sterk gefokus op kliëntediens.
Die Graanafdeling is van die
belangrikste bedryfsdienste, en is
ook een van mees kompeterende vir
die boer. Alle gewasse word hanteer
en beroepe bestaan in administrasie,
graanverkrygers, graanbemarkers,
instand houdingsbeamptes, silo-
operateurs, graangradeerders,
assistent-silobestuurders en silo-
bestuurders. Hierdie rigting vereis
belangstelling in die verskillende
graan variëteite, hantering,
bemarking, versending en
gradering van graan
kom moditeite.
OVK │ JUNE 2016 41
Die koringmeule in Clocolan is
van die modernste in die wêreld
en vervaardig ’n reeks meel
produkte wat ook daar verpak
word. ’n Meule is in 1974 by
Tweespruit gebou en word jaarliks
opgradeer om aan die veranderde
mark se behoeftes te voldoen.
Die Nywerhede Bedryfspunt
vervaardig produkte soos stamp-
mielies, mielierys, mieliemeel en
hondekos. Loopbane bestaan in
administrasie, leerling-meulenaars,
meulenaars, elektrisiëns en bestuurs-
posisies. OVK het bykomend
’n kunsmisaanleg van R20m by
Bethlehem gebou en vermeng
kunsmis in samewerking met
Landboukundiges om by ’n boer se
spesifieke behoeftes te pas. Hierdie
rigting vereis belangstelling in meul-
en maalproses, instandhouding van
toerusting en elektrisiteit.
Geen plaas kan sonder trekkers
en implemente funksioneer nie
en OVK bedryf Meganisasie
agentskappe vir Claas, Massey
Ferguson, Challenger, Sunflower en
Jupidex. Loopbane in administrasie
en as werktuigkundiges, onderdele-
bemarkers, heelgoedere bemarkers
(trekkers en implemente) en
takbestuurders kan gevolg word.
Hierdie rigting vereis belangstelling
in die werking van meganika asook
elektronika.
OVK bedryf Toyota-Agentskappe
in Ficksburg en Ladybrand
waar nuut en gebruikte motors
verkoop word met volledige
werkswinkels. Skoolverlaters kan
loopbane volg in administrasie,
onderdelebemarkers, finansiering
en versekering, diensadviseurs,
motorbemarkers, werktuigkundiges
en bestuursposisies. Hierdie rigting
vereis belangstelling in bemarking
en verkope van motors en motor-
onderdele, herstel en diens van
motors.
CMW, ’n afdeling van OVK, is die
grootste sybokhaar hanteerder in
die wêreld en die tweede grootste
wolmakelaar in Suid-Afrika. Die
bemarking word gerugsteun deur
tegniese-veldspanne wat die kwaliteit
van wol en sybokhaar sowel as
vleisproduksie verbeter. Loopbane
kan gevolg word soos tegniese-
veldbeamptes, lewendehawe-
bemarkers, veselbemarkers, wolbe-
markers, bokhaarbemarkers, afslaers
en bestuursposte. Hierdie rigting
vereis belangstelling in landbou,
lewendehawe, veilings, klas van vee,
wolklassering, woltipering, bemarking
en tegniese agtergrond van vesel.
Landboukundige dienste het
in 2006 sy ontstaan gehad en
gebruik tegniese adviseurs oor
die hele gebied met spesialis
Lodewyk Wiid het sy vakman-
skap in 2012 by OVK begin en
is nou ’n volwaardige trekker-
werktuigkundige. As kind
het hy nie veel in meganika
belanggestel nie, maar teen die
einde van sy skoolloopbaan aan
die trekkers op die plaas gewerk
en besluit om formeel opgelei te
word. Vandag is hy glad nie spyt
oor sy loopbaankeuse nie. “Die
vakleerlingskap het my soveel
geleer en ek is werklik dankbaar
vir die geleentheid. Ek is nou
op ’n jong ouderdom reeds
gekwalifiseer en baie van my
vriende soek nog werk.”
Landbou is innoverend en divers en bied ’n verskeiden-
heid van beroepe vir skoolverlaters tot gesoute
besigheidsmense. Om deel te vorm van ’n organisasie
in die landbousektor is prysloos aangesien Landbou
direk alle Suid-Afrikaners raak op ’n daaglikse basis.
– René Gibson –
OVK │ JUNE 201642
kennis van grondkunde, akkerbou,
weidingbestuur en geografiese
inligtingstelsels wat die boer bystaan
om die grond optimaal te benut.
Hierdie rigting vereis belangstelling in
Landbou, monsterneming, gradering
en klassifisering van grond- en
blaarmonsters asook besproeiing.
Doeltreffende Administrasie en
ondersteuningsdienste verseker
die sukses van ’n maatskappy
en loopbane kan gevolg word in
finansies, regsdienste, versekering,
aankope, inligtingstegnologie,
menslike hulpbronne, gebou-
administrasie en verskeie
ondersteuningsdienste op
hoofkantoorvlak sowel as by die
verskillende bedryfspunte in die
bedieningsgebied. Hierdie rigting
vereis belangstelling in administra-
tiewe prosesse, datavaslegging,
organiseringsvermoë en
mensekennis.
Verskeie programme is geloods om
skoolverlaters die geleentheid te bied
om ’n opwindende loopbaan te volg
en die nodige opleiding te ontvang vir
’n NQF kwalifikasie in die Landbou-
omgewing. OVK se beleid is om elke
personeellid die geleentheid te bied
om hulself te verryk en ondersteun en
bemoedig verdere studies aan.
LEERLINGSKAP PROGRAMDie program word binne die Handel,
Graan, Administratief, Wol- en
Sybokhaar bedryfspunte aangebied.
In 2014 het Jeanette Letaba haar voltydse werk bedank
en onder die leerlingskap program by OVK Handelstak in
Clocolan aangesluit. As kassier is sy tans besig met haar
NQF 4 kwalifikasie, wat sy teen die einde van die jaar
sal voltooi. “Jong mense moet ’n werk kry waar hulle kan
leer. Ek het nooit gedink ek gaan van soveel verskillende
dinge in die landbou leer nie”
In 2015 het Elliot Thulo as skoolverlater by die
leerlingskap program by die Silo bedryfspunt
aangesluit. Hy was nie bewus van geleenthede in die
landbou nie en het per toeval op ’n advertensie van
OVK gereageer. Dit hom ’n geleentheid gebied om
verdere opleiding te ontvang. “Die Silo bedryf is baie
uitdagend en ek geniet dit baie. Ek is seker dit gaan
my langtermyn loopbaan word.”
Jeanette Motuba het vier jaar gelede as deel van die
leerlingskap program by OVK aangesluit en die NQF4
kwalifikasie verwerf. “Ek wou leer van die landbou
en wat OVK vir die landbou doen. Landbou is in my
bloed daarom is lekker om met die boere te werk en
al die produkte wat ons aanhou, te leer ken.”
OVK │ JUNE 2016 43
Dit is ’n ideale geleentheid vir
skoolverlaters om spesifieke oplei-
ding te ontvang en toetreding tot
die formele arbeidsmark te bekom.
Aansoekers wat verkieslik wiskunde
en/of rekeningkunde op Graad 12
geslaag het, kwalifiseer hiervoor.
Kommunikasie in Afrikaans en Engels
is ook noodsaaklik en moet verkieslik
ook oor ’n rybewys beskik. Die
program neem jaarliks op 1 April in
aanvang en duur een jaar.
VAKLEERLINGSKAPPEVakleerlingskap in meganisasie
en motors word gebaseer op
in-die-werksplek opleiding wat
gekombineer word met klaskamer
opleiding, onder die toesig van
’n gekwalifiseerde vakman waar
vakleerlinge prakties sowel
teoretiese aspekte leer van ’n hoë
vaardigheids beroep. ’n Gestruk-
tureerde opleidingsprogram word
gevolg om eindelik as vakman
te kwalifiseer. Aansoekers moet
verkieslik wiskunde op Graad 12
vlak geslaag het. Kommunikasie in
Afrikaans en Engels is noodsaaklik
en kandidate wat hul matriek by
‘n tegniese skool voltooi het, sal
voorkeur geniet. Die vakante poste
word binne die eerste 4 maande van
’n jaar gevul en ‘n leerlingskap vir
motor-werktuigkundiges duur 4 jaar
en trekker-werktuigkundiges, 3 jaar.
INTREEVLAK POSISIESOVK bied ’n wye verskeidenheid
intreevlak poste binne die groep
vanaf tak-assistent, kassier tot
administrasie en leerling graan-
gradeerders aan. Hierdie poste
word gereeld geadverteer in
plaaslike media, interne-personeel
kommunikasie asook die OVK
webwerf www.ovk.co.za
KWEKELINGSKAPPEHier kan die kandidaat werksplek-
ondervinding opdoen binne ’n
gespesialiseerde veld. Grade of
diplomas in landbou, bemarking,
bestuur, rekeningkunde en menslike
hulpbronne verdien voorkeur en
aansoekers kan in poste oor die hele
gebied by ’n bedryfspunt geplaas
word.
Beroepskeuses moet sorgvuldig
en met oorleg gemaak word. OVK,
soos vele ander instansies, bied die
skoolverlater die geleentheid om ’n
besondere uitdagende loopbaan
te volg en formele opleiding te
ontvang wat jong mense dalk
nie as ’n loopbaanopsie beskou
het nie. OVK bied markverwante
vergoedingspakkette met mede-
dingende voordele aan asook
uitstekende bevorderings geleent-
hede met die voordeel om in die
landboubedryf betrokke te wees.
Vir verdere inligting
oor loopbane by OVK
skakel 051 923 4581
of besoek die webwerf
www.ovk.co.za vir
vakante betrekkings
of om jou CV op die
databasis te laai.
Leerlinge woon opleidings-
kursusse in Ladybrand
by, wat NQF 2 Handel
kwalifikasie insluit. Hier
is ’n groep saam met
Riaan van Zeel (CVS
College, Kemptonpark)
wat opleiding kry in
kommunikasie en
kliëntediens.
OVK │ JUNE 201644
Drones are expected to change the way crops are cultivated and have a major impact on herd and general agri-culture management.
Scientists and researchers are exploring
the use of drones on farms as the abi-
lity of drones to hover low over fields
of crops with not only cameras, but
censoring devices promises huge
benefits for farmers. Various cameras
and analysing programmes have been
developed in monitoring crops to boost
yields and cut costs.
Stress in a plant can be identified, using near-infrared,
10 days before it becomes visible to the human eye.
A plant goes into stress either due to water or fertiliser
shortage, or because it’s being attacked by a pest. A
10-day warning period can prevent large-scale crop
losses.
In South Africa, regulations came into
effect on 1 July 2015 with some
restrictions on the private use of
drones. Remotely piloted aircraft
(RPAS) means an unmanned aircraft
which is piloted from a remote pilot
station. RPAS flown purely for private
use, do not require any licence, but may
not be operated within 50m of people, 50m
of buildings, 50m of roads, or within 10km of
a registered airport or higher than 45m and must be a
Class1A with a mass smaller than 7kg.
Merrill Lynch predicts that 80% of
the commercial market for drones will eventually
be dedicated to agriculture.
The quad copter seems to be a favourite
due to easy and stable manoeuvering.
Cameras and sensors of variable quality
are available.
Agriculturein
OVK │ JUNE 2016 45
There is no need for the farmer to physically fly the drone
every day on the same route. Using navigation program-
mes a flight route can be planned and instructs the drone
where to fly, at what height and what speed. This is ideal
for daily inspections on the farm such as tracking herds,
checking water levels in reservoirs or if fences are still
upright and intact. The possible uses are endless and
managing a farm with the use of drones can enter a
whole new era.
Costs of drones in SA vary from R4 000 to up to R40 000,
depending on the quality of the drone, flying capabilities,
flying time (can be up to an hour) and quality of the
camera. When purchasing a drone, ensure that it falls
within the limitations of the Regulations and that it will suit
your needs.
This aerial photograph was taken of the Teebus tunnel
outlet by Louis Wilken jnr., 35km north west of Hofmeyr
(See next page). The quality and sharpness of the image
is surprising.
The drone can hover over crops and using near-infrared,
stress in a plant can be identified before the human eye
can detect any defects.
A typical remote control and drone.
Prices vary from R4 000 to up to R40 000.
OVK │ JUNE 201646
Vier waterturbines is van China
ingevoer en lewer 220kw krag op ’n
24 uur basis aan die plaas. Volgens
Johan is dit genoeg krag om die 3
woonhuise, plaaswerker wonings,
asook 10 spilpunte aan te dryf.
Hy verduidelik dat die aanvanklike
kapitalekoste van R3m oor ’n periode
van 8 jaar betaal sal wees. Die koste
van die opgewekte krag kos niks!
Die Teebusrivier word gevoed deur
die Oranje-Vis Tonnel wat water vanaf
die Gariepdam deur middel van
kanale en riviere versprei. Die projek
het meegebring dat duisende hektare
plantbaar geword het. Die tonnel is in
1975 voltooi, is 83km lank en 5.37m
wyd. Die inlaat is by Oviston, 19km
opstroom van die damwal en is in die
vorm van ’n vier blaar klawer met die
vier inlate op verskillende hoogtes
wat elk onafhanklik gesluit kan word
vir onderhoud aan die tonnel.
Die onderhoud duur vier tot vyf weke
in Junie en dit is dan die enigste tyd
wat Maryland se turbines nie krag
kan opwek nie. Dit is ook gelukkig nie
’n belangrike besproeiings tyd nie en
die krag behoeftes is baie laag. Dit
gee Johan ook die geleentheid om
die turbines te diens en nodige mini-
male onderhoud te doen.
Een van die grootste frustrasies is die
krag wat nie gebruik word nie, wat
verlore gaan. Oor ’n 24 uur periode
wissel die kragverbruik en behoefte,
waarvoor elemente by die kragstasie
ingebou is om die ongebruikte krag
Aan die oewer van die
Teebusrivier buite Hofmeyr
is die plaas Maryland. ’n
Gewone boerdery operasie
vir die omgewing. Gewasse
soos lusern en mielies met
weilande vir die Merino
en Bonsmara kuddes. Wat
Maryland egter besonders
maak, is dat hulle feitlik
onafhanklik van Eskom
kragvoorsiening is.
aas Vermaak en sy
twee seuns, Johan
en Jimmie, boer
sedert 1976 op
Maryland en aangesien Eskom
krag nie beskikbaar was nie was
die gedagte van alternatiewe
kragopwekking reeds in 1983 deur
Naas ondersoek. Dit is eers toe
Johan, wat in elektriese ingenieurs-
wese studeer het, in 2012 weer die
moontlikheid ondersoek het, dat
die projek werklikheid geword het.
N
Krag van water
Johan Vermaak en BG Badenhorst
(OVK Handelstakbestuurder:
Hofmeyr) staan by ’n gedeelte van
die herleide Teebusrivier wat gebruik
word om die turbines aan te dryf.
Die Oranje-Vis waterprojek word
gevoed uit die Gariepdam en
het duisende hektaar grond in
die Karoo verander na gewas-
en weidingslande. Weens die
lae vlak van die dam word
beperkings in waterkwotas
volgende jaar verwag.
OVK │ JUNE 2016 47
te “verbrand”. Johan verduidelik dat hulle op vele geleenthede met Eskom probeer onderhandel het om die krag in die Eskom netwerk te “bank”, maar sonder sukses.
Almal is dit eens dat alternatiewe kragopwekking ontgin moet word aangesien die voorsiende krag te duur en onbetroubaar word. Die Vermaaks ontgin waterkrag met groot sukses. Sonkrag word al hoe gewilder om veral spilpunte aan te dryf.
Die grootste finansiële voordeel aan alternatiewe energiestelsels is dat benewens die aanvanklike insetkoste, onderhoud en operasionele koste basies nul is. Die landbousektor was nog altyd innoverend om hul bestaan en sukses te verseker en alternatiewe energie gaan in die toekoms nog groter aandag geniet.
Die hidro uit die lug geneem deur Louis Wilken (buurman) se hommeltuig.
Dit wys duidelik hoe die water na die turbines gekanaliseer word vir optimale
gebruik.
Foto links onder: Links bo-op die foto word die water van die Teebusrivier
herlei na die vier 600mm pype wat elk ’n turbine van 55kW aan dryf. Die
turbines word binne die kraghuis gehuisves.
Foto regs onder: Die turbines is ingevoer vanaf China maar word deur
plaaslike tegnici gediens. Die onderhoud op die opwekkingstelsel is minimaal.
“Sir Alan Wood wat deel gehad het in die konstruksie
van die Oranje-Vis tonnel in 1965, sou nie kon
droom dat krag uit dié besproeiingsprojek, sou
verwek word nie.”
OVK │ JUNE 201648
Second to the Cape Epic, this
mountain bike challenge is
the most gruelling four-day
race on the biking calendar
and also serves as the training
ground for some of the
countries top mountain bikers.
rom humble beginnings
in 2014 with a mere 69
entries, the 3Mountain
Challenge has gained
fame and popularity to attract 329
entries this year. Enthusiasts from
Cape Town and as far as Nelspruit
and Gauteng travel to Clocolan to
participate in “4-stages” over four
days.
It kicked off with a 40km evening run
to determine the starting positions
for the 80km race the next day. The
cyclists do not have to qualify to
participate in the event and most of
them cycle for fun and exercise.
They quickly realize that the
challenge is very strenuous and
Rosepark Life Hospital in Bloem-
fontein had two medical assistant
vehicles on route to ensure the
physical well being of the cyclists.
That said, the psychological effort
is just as demanding and the com-
radery between the participants was
inspirational.
Five routes have been designed and
used on a rotational basis, ensuring
that technical standards are met.
The Clocolan Primary school was
transformed in a cycling hub over
the 4 days, providing camping and
washing facilities, meals, medicare
as well as the start and finishing
points. The bathrooms have recently
been upgraded to cater for the
increasing number of participants.
The 3Mountain Challenge has
a major impact on the normally
subdued Eastern Free State town
and is enthusiastically supported by
all. The next race will take place on
18 to 21 March 2017. Make sure you
are there to see some of our future
stars in action or just to admire the
courage of the human spirit.
Brutal 3Mountains Challenge
After a couple of hours in the saddle, climbing to a height of 1600m, drains the strength from every muscle and it’s only with incredible guts and determination that the top is reached.
OVK │ JUNE 2016 49
1) Couples, friends and colleges all raced for one
goal… to make it to the finishline and have the bragging
rights to have completed the second toughest race in
the country!
2) OVK provided a refreshment point at the 56km mark
for the 329 participants of which nearly a 100 were
female.
3) The 3Mountain Challenge is recognised as the
second toughest multi-stage race in the country. Taking
its toll on body and soul.
4) The routes are designed to meet all the technical
requirements as some more “professional” cyclists take
part in the 3Mountain Challenge in preparation for the
Cape Epic.
1
2
3
4
OVK │ JUNE 201650
In die eerste van ’n reeks
artikels oor die vier streke
binne die OVK bedienings-
gebied, het ons vir ’n paar dae
in die Oos-Kaap gekuier om
meer oor dié streek te leer,
sy mense te leer ken en die
kenmerkende Karoo te ervaar.
Na goeie reën lyk die veld beter
en daar is ’n positiewe gemoed
in die lug.
ie OVK Suidstreek,
bestaan uit 10 han-
delstakke asook ’n
groothandelbrandstof
versprei dingsdepot en bedien
nagenoeg 3500 kliënte. Hierdie
gebied strek van Colesberg tot Port
Elizabeth in die suide en Willow-
more tot Queenstown in die ooste.
Die OVK Streekkantoor is gesetel in
die geskiedkundige dorp, Cradock,
en is sedert September 2012 onder
die leierskap van Armandt Horne.
OVK Nuus het by Armandt gaan
kuier en was uiters verras om die
kantore in ’n gerestoureerde huis
te vind en nie in ’n tradisionele
kantoorgebou nie.
In die vier jaar het die streek uitge-
brei in hoeveelheid handels takke
en beskik nou ook oor ’n volledige
meganisasie eenheid, landbou kun-
diges, graan opbergings fasiliteite,
kliëntefinan siering en -versekering
asook ’n diesel versprei dingsdepot
op Queenstown. Die toevoeging
van ’n Massey Ferguson verkope
en dienste eenheid word later vir die
jaar beplan.
“Ons gebied bestaan hoofsaaklik
uit Merino skape, Angora bokke,
beeste (melk- en vleisbeeste) en
wild. Besproeiing groei elke jaar en
is saam met vee die fokus van die
plaaslike landbou. My doel is om
toegevoegde waarde aan ons boere
te verskaf. Ons is nie net ’n handels-
SUIDE in Fokus
D Armandt Horne, bestuurder van die OVK Suidstreek word omring deur sy
bestuurders. V.l.n.r. Gawie Kruger (Colesberg), Fanie Nel (Steynsburg),
Boel Price (Cradock), Hein Botha (Graaff Reinet), Tiaan Prinsloo
(Willowmore), Marco Campher (Cradock meganisasie), Charles Rose
(Port Elizabeth), Stefan du Plessis (Somerset-Oos), Yolandi Mentz (jnr
takinspekteur), Anthea Taylor (Queenstown Depot), Wimpie Bothma
(Middelburg), Jannie Aucamp (takinspekteur), Rodger Cloete (Mortimer)
en BG Badenhorst (Hofmeyr).
OVK │ JUNE 2016 51
Armandt Horne is sedert 2012 bestuurder
van die OVK Suidstreek wat nagenoeg 3500
kliënte uit 11 handelstakke bedien.
Die Suidstreek kantoor is gevestig in die
historiese Cradock. Benewens hul bydrae
tot die geskiedenis van die Oos-Kaap,
het Hoërskool Cradock vier Springbok
rugbyspelers al opgelewer.
tak nie. OVK se groot reeks dienste is
tot die beskikking van elke kliënt.”
“Die toekomstige beplanning sluit ’n
handelstak op Queenstown in en ’n
handelsdepot by Adelaide. Ons kan nie
wág om Massey Ferguson se reeks van
produkte aan ons kliënte beskikbaar te
stel nie. Die toegevoegde waarde word
dan net groter” verduidelik Armandt.
In Stilbaai gebore en geskool op
Oudts hoorn het Armandt bemarking by die
PE Technikon studeer waarna hy elf jaar
by die Klein-Karoo Groep werksaam was.
Hier het hy Elizma ontmoet en in 2003
getroud en in 2012 na Cradock verhuis.
As bergfiets entoesias geniet hy die
gesonde buitelewe saam met Elizma wat
tans voorberei vir haar tweede Comrades
marathon. Wanneer hy die geleentheid
kry, geniet hy om vis te vang saam met sy
seuns, Jaco (7) en Armandt jr. (4).
Volgens Armandt bied OVK sy personeel
indiensopleiding en die voordeel om
permanent op die voorpunt van nuutste
tendense en holistiese benaderings tot
nuwe boerdery praktyke te wees. Op
enige stadium hou ’n handelstak tussen
3000 en 4500 verskillende items aan. Dit
is ’n geweldige uitdaging om al hierdie
produkte se unieke eienskappe en
aanwendings te ken en die kliënt te help
om die korrekte aankope te doen.
Dit is vir Armandt baie belangrik om op
’n etiese wyse handel te dryf en bring
dit ook gereeld onder sy personeel se
aandag. Daarbenewens bestuur hy die
suidstreek tot bevordering van die kliënt
se aandele in OVK deur die toegevoegde
waarde van die gewone aankope by
takke uit te brei.
Die kuier het aan ’n einde gekom en met
die tog terug na die noorde toe, besef jy
hoekom die mense van die Onder-Karoo
en Oos-Kaap so passievol is oor hul
families, hul grond, hul godsdiens en hul
waardes. Dié stukkie aarde is op ’n goeie
dag geskep.
Die 11 handelstakke word in rooi aangewys en die Adelaide handelsdepot
in groen (Queenstown sal binnekort ’n volwaardige handelstak word.)
OVK │ JUNE 201652
Die Bloemskou was hierdie jaar weer ’n miernes van aktiwiteite, kleure en geure. Gure weer en die ekonomiese klimaat het veroorsaak dat net meer as 100 000 mense die 2016 Bloemskou bygewoon het. Dit was ’n 10% daling op die vorige jaar, maar volgens Elmarie Prinsloo, hoof uitvoerende beampte, was die skou nogtans ’n groot sukses.
Vanjaar se musiekprogram het van SA se top kunstenaars soos Karlien v Jaarsveld, Adam Tas, Matthew Mole en vele meer ingesluit. Die nasionale SA Sterkman kompetisie het ook bygedra om die besoekers teen ’n uiterste billike koste te vermaak. Marylyn van Vuuren is gekroon as Mej. Windmill Bloemskou 2016 en Jodine Lemena as Kleine Mej. Bloemskou.
In samewerking met Vrystaat Land bou en Itua mieliemeel is meer as 1 ton mieliemeel geskenk vir droog tehulp. ’n Bykomende 11 ton is ook aan Solidariteit oorhandig om te versprei waar die nood die grootste is.
“Bloemskou het hulself gevestig as ’n platform vir die uitnemendheid in Landbou en een wêreldskou, agt nasionale en 13 streeks- en provinsiale kampioen skappe van perde, beeste en kleinvee het plaas-gevind.” Die SA Saalperd nasionale kampioenskap is die grootste van sy soort ter wêreld en altesaam 152 klasse is aangebied en 850 het ingeskryf.
Die Dorper en wit Dorper se nasio-nale- en wêreldkampioenskap is ook tydens Bloemskou aangebied.
OVK │ JUNE 201654
Dit is waar dat ’n ou trekker tog ’n
sekere mistieke bekoring inhou. So
asof hy jou naderroep en stories
van vergange dae wil vertel toe hy
die koning van die lande was. Klein
staan hy nou in die skaduwee van die
nuwe groot moderne weergawe van
homself. Jy kan byna die nostalgie
aanvoel. Vir jare was hy die boer se
trots en het gesorg dat die oes van
die land af kom. Tot die een dag...
Onlangs is die Plaaskultuurfees by
Clocolan gehou en die doel is juis
om hierdie veterane lewendig te hou.
Sedert 1998 vind die uitstalling van
die Oos-Vrystaatse Veteraan Trekker-
en Enjinklub plaas. Van stoomenjins
tot klein enjins, trekkers en motors.
Mense drom saam om te kyk hoe
een trekker van gister, aangeskakel
word, net om vol bewondering na die
volgende te beweeg.
Die skouterrein is vir die eerste keer
in 1951 gebruik en in 1995 deur die
Landbougenootskap aangekoop
en word nou gebruik om jaarliks
die Kultuurfees aan te bied. Die
besoekersgetalle styg jaarliks en
lok belangstellendes van tot sovêr
as Johannesburg. Eg tradisionele
vermaak soos Volkspele, skaapskeer
vertonings, boeresport, ritte op
veteraantrekkers en ossewaens
word aangebied. Stalletjies bedien
onder andere tradisionele kos soos
skaapkoppe en skilpadjies.
Dit is verblydend om te sien dat
daar soveel moeite gedoen word
om die plaas kultuur te behou en
aan die publiek bekend te stel.
OVK was weereens die hoofborg
van die Clocolan Kultuurfees en
volgens Santa Ferreira, OVK: hoof
van skakeling, is dit ’n voorreg om
betrokke te wees en die gemeenskap
by te staan in hul bewaring van ’n
stukkie kosbare geskiedenis.
Blik op die verlede
Die skouterrein was volgepak met antieke trekkers en
moderne meganika, veteraan motors en self stoomenjins.
Frannie Pieterse (Voorsitter van die
Plaaskultuurfees Komitee) is al byna
30 jaar by die reëlings betrokke
en is hierdie jaar verheug oor die
groot hoeveelheid, veral stedelike
besoekers, wat die Plaaskultuurfees
bygewoon het.
’n Kultuurfees kan nie sonder tradisionele Volkspele
plaasvind nie en vir vele besoekers het dit teruggeneem
na jong skooldae.
OVK │ JUNE 2016 55
We call on all the enthusiastic photographers out there to submit their best work for
publication. Email only ONE photograph in jpeg format,
not smaller than 3mb to [email protected], with your name and where you
took the picture.
1) Marthie Jordaan het hierdie foto van haar kleniseun Gerrit Jordaan (3) van Aberdeen gestuur, wat lekker in die pas geskeerde wol speel.
2) Dave Henderson het hierdie besondere foto met sy selfoon een laatmiddag op sy plaas, Deelfontein in die Fauresmith distrik geneem.
3) This picture was sent by Gavin Isted, taken on the R58 between Lady Grey and Aliwal North near Vlakfontein.
4) “Stoffie” is gebore op ’n plaas in Hopetown en is baie opgewonde wanneer OVK Nuus arriveer. Die foto van hulle besondere troeteldier is deur Gawie du Toit van Pretoria gestuur.
1 2
43
OVK │ JUNE 201656
Navorsing is gedoen oor die
prestasie van koringkultivars
wanneer dit met minimum
bewerking in stelsels met
ononderbroke verbouing
(“double cropping”) in die koeler
besproeiingsarea van die
Noord-Kaap aange plant word.
ie kort planttyd tussen mielies en koring in dié gebied maak die gebruik van planters
wat direk, of met minimum bewerking vooraf kan plant, baie aantreklik.
Mieliestoppel word gewoonlik van die lande verwyder deur dit te brand, waarna koring dan direk geplant word, of die grond vooraf slegs lig bewerk word. Sogenaamde “no-till planters” het die vermoë om stoppel te hanteer en harder grond binne te dring, en het normaalweg wyer rywydtes as die planters wat tradisioneel vir die plant van besproeiingskoring gebruik word.
Indien dieselfde plantdigthede gebruik word, beteken dit dat die kompetisie tussen plante in die ry verhoog aangesien meer plante per lengte ry geplaas word. Vorige navorsing in die Wes-Kaap het aangedui dat hierdie verhoogde kompetisie die risiko tot opbrengs-verlaging vergroot, veral as watertekort gedurende kritiese groeistadiums ontstaan.
Proewe wat in 2003 by Modderrivier gedoen is, het by ’n opbrengsvlak van 7.7 ton/ha ’n betekenisvolle afname van 500 kg/ha in opbrengs getoon waar rywydte van 250 mm na 300 mm verhoog is. Dit blyk dus wenslik te wees om rywydtes onder die hoë opbrengspotensiaal van besproeiing so smal as moontlik te hou, tenminste onder 250mm.Bevredigende volledige plantbe-dekking tussen rye om met onkruide te kompeteer is belangrik.
Proewe teen verskillende saaidigt hede naby Orania teenaan die Oranjerivier is geplant. Ses plantdigtheidsteikens van 175-300 plante/m2 met 25 plante/m2 intervalle en ’n geskatte oorlewings-persentasie van 80% is gebruik.
Dit het daartoe gelei dat 219, 250, 281, 312, 334 en 375 sade/m2 deur die planter geplaas is. Data het aangedui dat die aantal are/plant begin neig na een aar/plant wanneer ’n plantestand van 250 plante/m2 oorskry word.
Aanbevelings
• Rywydtes moet steeds so nou as moontlik bly onder besproeiing, maar stoppelhantering moet in ag geneem word.
• By bepaling van plantdigtheid moet die kultivar, saadprys en duisendkorrelmassa in ag geneem word. Mikpunt van 200-250 plante/m2 behoort voldoende te wees wanneer opkoms van 80% + haalbaar is.
Bydrae deur Dirk Gunter (OVK Bestuurder: Landboukundige Dienste) met J Tolmy (LNR-Kleingraaninstituut) as bron.
GEBRUIK VAN DUISENDKORRELMASSA 35 38 40 42 44 46 48
175 77 83 88 92 96 101 105
200 88 95 100 105 110 115 120
225 98 107 113 118 124 129 135
250 109 119 125 131 138 144 150
275 120 131 138 144 151 158 165
GEBRUIK VAN DUISENDKORRELMASSA
Plantdigtheid (kg/ha) = DKM x Stand (plante/m2) 80Plantdigtheid (kg/ha) = 40 x 225 (plante/m2) 80 = 113
Plantdigtheid van koring
D
OVK │ JUNE 2016 57
Nampo Oesdag is een van die grootste landbou uitstallings in die suidelike halfrond en het vanjaar hul 50ste bestaansjaar gevier. Die eerste oesdag was op die plaas Donkerhoek naby Bloemfontein in 1967 gehou wat deur 200 boere bygewoon was! Daarna is die uitstalling jaarliks op verskeie plase aangebied, tot daar in 1974 besluit is om dit permanent na Nampo Park by Bothaville te verskuif.
Die produsent word aan ’n wye verskeidenheid dienste en produkte, uniek aan Nampo blootgestel. Graan SA poog onder groot druk, slegs uitstallings wat fokus op die landboubedryf toe te laat, en sorg dat dit nie in ’n vermaaklikheid- of vlooimarkge-leentheid ontaard nie.
Die uitstallingsterrein by Nampo Park is oor die jare verbeter en uitgebrei en kan ’n groot hoeveel-heid besoekers met gemak hanteer. Die landingstrook kan tot 265 vliegtuie en helikopters oor die vier dae akkommodeer.
Volgens alle aanduidings het die bywoningsyfers vorige jare oortref. Die reën het die oesdagterrein afgestof en is gevolg deur ideale temperature. “Die reën wat die graanproduksie gebied onlangs gekry het, het produsente se gemoedstoestand goed gedoen. Dit het nie geld of graan gereën nie, maar hoop,” het Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA, gesê.
OVK │ JUNE 201658
LampasteiBESTANDDELE: 2 kg skaapvleis 1 geelwortel1 klein ui1 lourierblaarSout en peper1 blokkie hoenderekstrak3 - 4 koppies waterMetode:Kook al die bestanddele sag en verwyder bene. Gooi aftreksel deur sif.
SousBESTANDDELE:2 eetlepels botter2 eetlepels meel1 en half koppie ekstrak1 teelepel worcestersousMeng alles en voeg by:2 eetlepels pietersielieVarsgemaalde peper2 eetlepels tamatiepuree2 eetlepels chutneyMeng alles en laat deurkook. Gebruik skilferkorsdeeg (puff pastry) vir pasteie.
BEDIENINGVOORSTEL:
Bedien die lampastei warm met ’n vars slaai (gooi so paar Rosa tamaties by) en aartappelskyfies.
Lampastei vir koue aande
Met die instap by die Karooroos hang die ruik van vars gebakte pasteie in die lug en jy kan nie anders as om te swig nie. Na vele oortuiging het Danél du Plessis (sien bld 22) ingestem om die resep vir die smullekker lampastei te deel. Wag vir ’n koue winterdag en verras die familie met hierdie ou Karoogunsteling.
Bedien 8 -10 porsies
OVK │ JUNE 2016 59
NOTA BENEBayer Offers to Buy Monsanto
German drugs and chemicals group Bayer has made an unsolicited takeover proposal to U.S. seeds company Monsanto, aiming to create the world’s biggest agricultural supplier and take advantage of converging pesticides and seeds markets. According to www.agriculture.com,
Monsanto disclosed the approach on Wednesday before Bayer confirmed its move, though neither released proposed terms. The R642 billion market capitali sation of Monsanto means that the deal would be likely to eclipse ChemChina’s planned acquisition of Swiss agrichemicals company Syngenta – a target Monsanto itself pursued last year.A Monsanto statement said that its board was reviewing the proposal, which is subject to due diligence, regulatory approvals and other conditions.
Is this the new world crop?For centuries the peasants of the Andes were more or less the only people to grow or eat the stuff. In a report by www.economist.com dieticians in the rich world have known how nutritious it is for a long time: in 1993 a study by NASA, America’s space agency, stated: “While no single food can supply all the essential life-sustaining nutrients, quinoa comes as close as any other in the plant or animal kingdom.” But it took adulation from the likes of Oprah Winfrey (who in 2008 included it in her 21-day “cleanse” diet) to give the grain global appeal. Now, wherever yuppies can be found, it can be too, usually lurking near Puy lentils or goji berries in a salad.