Upload
others
View
1
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
DATE: 27 May 2023 1 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
BEN DU TOIT : ...daarvan en dat dit ook voor-wetenskaplik in ontstaan is. En dan het ons die
voorbeeld gehad van die - wat het ons nou gehad - Genesis een en twee en drie en daai soort
goed. Nou, nog rondom die belydenisskrifte, neem as voorbeeld van hierdie vertolking van die
belydenis as die uitdrukking van die Apostolicum dat Jesus opgevaar het en sit aan die
regterhand van God. Sien ons dit werklik so dat Jesus sedert tweeduisend jaar gelede regs van
God die Vader op ‘n outydse troon sit om regspraak te lewer? Sou dit letterlik so wees, wat is
die implikasies daarvan vir die drie-eenheid? Dit is selfs betekenisvol dat die Heidelbergse
Kategismus nie eers in die refleksie rondom die betekenis van hierdie belydenis dit suggereer
nie, dat dit fisies-ruimtelik so is nie. Gevolgtrekking: alhoewel die Bybel hierdie beeld gebruik
om die oorwinning van Jesus uit die dood en hel tot uitdrukking te bring, om die regspraak van
Jesus ter wille van die verlostes voor te stel, maar dit om baie redes nie sin om dit so ruimtelik-
fisies te sien nie. Veel eerder eien ons hiermee ons die heilswaarheid van die oorwinning en
regspraak toe aan die hand van hierdie antieke voorstelling. As ons dan nou konsekwent
hiermee die meer bekende twispunt in teologiese debatte, naamlik wat gebore is uit die maagd
Maria, met dieselfde benadering hanteer, hoekom wil sommige dan vandag van ons verwag om
hierdie uitdrukking vanuit moderne mediese kennis te beoordeel terwyl die konteks hiervan, net
soos aan die regterhand van God, die is van tweeduisend jaar gelede s’n. Ons behoort dit nie te
lees met die kennis van ons moderne wetenskap nie; die doen die teks oneer aan, want toe is
geglo dat konings en belangrike mense gebore word uit die bevrugting van vroue deur die gode.
Daar is talle en talle voorbeelde hiervan in die antieke verhale. So was dit van die faraos en
selfs van Keiser Augustus in die tyd van Jesus se geboorte geglo dat hulle deur middel van ‘n
maagdelike geboorte in die lewe gekom het. Ons lees van hierdie wêreld- en lewensbeskouing
elders ook baie duidelik in die Bybel, byvoorbeeld Genesis ses vers een tot vier, toe die mense
baie begin word het op die aarde en daar vir hulle dogters gebore is, het die hemelwesens
gesien die dogters van die mense is mooi en het hulle getrou met die dogters van hulle keuse.
Toe sê die Here, “My gees sal nie meer so lank in die mens bly nie, want hy is sterflik. Sy
lewensduur sal nou honderd en twintig jaar wees.” In daardie tyd was daar reuse op die aarde
en ook daarna wanneer die hemelwesens, in die ou vertaling die kinders van die gode, na die
dogters van die mense toe gekom en kinders by hulle gehad. Hulle was die sterk mense van die
ou tyd, die manne van naam. Dit is ‘n tipiese verleiding van die moderniteit sedert die verligting
om presies te wil weet en dan net so en nie sus nie. Om so met die teks van die Bybel om te
gaan, om so met die teks van ons geloofsbelydenis om te gaan, doen die geskrifte ‘n oneer
On Time Transcribers
123
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
456
DATE: 27 May 2023 2 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
aan. Terwyl daar ‘n vrome verwerping van en teenstand teen die wetenskap, modern,
postmodern, sekulêr, se kwade invloed ten gunste van ‘n Bybelse perspektief is, is dit
inderwaarheid ‘n onbybelse modernistiese, wetenskaplike inleg in die teks van die geskrifte
waarmee ons mekaar dan wil beoordeel, veroordeel en verketter as dit nie ons beskouing
reflekteer nie. Ek gaan dit weer lees, want ek dink dit is die sleutel. Dis ‘n tipiese verleiding van
die moderniteit sedert die verligting om presies te wil weet en dan net so en nie sus nie. Om so
met die teks van die Bybel om te gaan en so met die teks van ons geloofsbelydenis om te gaan,
doen die geskrifte ‘n oneer aan. Terwyl daar wel ‘n vrome verwerping en teenstand teen die
wetenskaplike of moderne, postmoderne of wat ookal se kwade invloed ten gunste van, so
meen hulle, ‘n Bybelse perspektief is, is dit inderwaarheid ‘n onbybelse modernistiese,
wetenskaplike inleg in die teks van die geskrifte waarmee ons mekaar dan wil beoordeel,
veroordeel en verketter as dit ons beskouing nie reflekteer nie. Net soos wat die
skeppingsverhale van Genesis een tot drie asook ander beskouinge oor die skepping, waarvan
daar talle in die Bybel is, nie-wetenskaplike uitsprake of siening is van hoe dat die heelal tot
stand gekom het nie, maar die bevestiging van die geloof in die skepper God, so is die
belydenis van die maagdelike geboorte nie ‘n medies-wetenskaplike uitspraak oor die
moontlikheid van maagdelike geboortes al dan nie. Dis ‘n bepaalde kontekstuele siening van ‘n
geloofsoortuiging. Jesus is gebore as die seun van God. In Hom het God Homself aan ons kom
openbaar. Dis ‘n geloofsoortuiging. Dit berus nie op enige empiriese wetenskaplike bewyse of
gronde nie, net soos wat ons geloof in God ook nie ‘n wetenskaplike bewysbare saak is nie.
Daarom is dit ‘n geloofsbelydenis. Die opstanding, ek moet bely dat ek hoegenaamd nie Louw
se beredenering rondom my siening van die opstanding verstaan nie. In "God? Geloof in 'n
Postmoderne Tyd" maak ek juis uitvoerig ‘n saak uit vir die historisiteit van die opstanding van
Jesus. Daarby staan en val die evangelie. Die vertrekpunt vir die beredenering oor die
opstanding is uiteraard anders as vir sommige van die ander artikels in ons belydenisskat. Ten
diepste gaan dit oor die geloof in God as skepper van die heelal; dis wat op die spel is. As God
uit niks die heelal geskep het op ‘n wyse wat vir ons onbegryplik is, ofskoon die verskillende
dissiplines van die wetenskap geleidelik al meer lig hierop werp, as God uit alles niks geskep
het, kan Hy nie dan weer eens iets nuuts skep nie? As God buite ruimte en tyd as wese is, is dit
dan nie moontlik vir Hom om steeds betrokke te wees by die voortgang van sy skepping nie
selfs nadat, wat vir ons dood is, aangebreek het? Vir oorweging van die geloof in die opstanding
as historiese gebeurtenis is dit eintlik eenvoudig: óf mens glo in die lewe hierna óf nie. Óf ‘n
On Time Transcribers
789
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
101112
DATE: 27 May 2023 3 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
mens glo in God, óf nie. As ‘n mens in God glo dan behoort ‘n geloof in die voortgang van die
lewe, hoewel ons dit nie kan begryp en voorstel nie, vanselfsprekend moontlik te wees. In
genoemde boek wy ek ‘n hele hoofstuk aan die historisiteit van die opstanding van Jesus en ek
gaan nie hier verder daaroor uitwy nie behalwe om die gevolgtrekking aan die einde van die
hoofstuk verbatim aan te haal. In hierdie aanhaling word ook terselfdertyd twee ander temas,
waarop ek volgens Louw sou dwaal, aangespreek, naamlik my Godbeskouing wat hy as
panenteïsme verklaar en my siening van die menswaardige status van mense in die oë van
God.
Wat die Christelike geloof onderskei van alle ander godsdienste is die beskouing dat
daar ‘n man met die naam Jesus van Nasaret, die seun van Josef, was wat daarop
aanspraak gemaak het om die openbaring van God self te wees. Wat merkwaardig van
die Christelike geloof is, is die feit dat hierdie onbeskryflike, onbekende, onvoorstelbare
God Hom só bekend maak aan die wêreld dat mense iets van God self deur hierdie
menslike bekendstelling kon verstaan. En dit wat die mense moes verstaan was die
boodskap dat God ‘n God van liefde en genade is, wat lief is vir sy skepping hierdie
skepping wil red en daarom daarvan ‘n beter plek maak. Van hierdie Jesus as histories
figuur is daar in die geskiedenis weinig buite Bybelse spore of selfs bewyse behalwe vir
die skriftelike neerslag van die vroeëre kerkleiers en die simboliek in skilderkuns,
beeldhouwerk, ikone afkomstig uit die Christelike geloofsgemeenskappe wat deur die
geslagte oorgedra is. Tot die kern van hierdie godsdiens behoort die geloof dat Jesus ‘n
offerdood gesterf het ter wille van die sonde van die mensdom. Elkeen wat dit glo en
aanvaar dat Jesus plaasvervangend vir hom of haar aan die kruis gesterf het word
vergewe en gered vir die ewige lewe. Ewe belangrik is die geloof dat hierdie Jesus na sy
dood deur baie getuies weer in lewende lywe gesien is. Hoe dit moontlik was en presies
wat daar gebeur het sal ons nooit werklik kan weet nie, ook weens die afstand wat daar
bestaan tussen ons via die teks en die gebeure self. Wat egter duidelik is, is dat die
opstanding van Jesus uit die dood verhef is tot die waarmakende gebeurtenis van die
Christelike geloof, Pannenberg. Hiermee verwerf hy vir diegene wat in Hom glo die
vermoë om ook na hierdie lewe in ‘n nuwe dimensie van lewe op te staan, om soos God,
die bron van alle energie, buite die beperkinge van die ruimte en tyd te leef.
Tussen hakies net, om God as bron van energie te beskryf, energie wat in alle materie
aanwesig is beteken tog nie dat dit al is wat Hy is nie; energie. Hy’s meer as dit; hy’s buite
On Time Transcribers
131415
65
66
67
68
69
70
71
72
73
74
75
76
77
78
79
80
81
82
83
84
85
86
87
88
89
90
91
92
93
94
95
96
161718
DATE: 27 May 2023 4 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
ruimte en tyd, onafhanklik daarvan. Maar Hy tree in verhouding tot sy skepping, veral deur
Jesus Christus, die skepping wat Hy liefhet en ter wille waarvan Hy sy seun as offer gegee het.
So is die boodskap van Jesus van Nasaret ‘n boodskap van bevryding: bevryding van sonde en
skuld sodat ons met oorgawe en dankbaarheid die wonder van die lewe mag vier. God in sy
skepping kom deur Jesus in harmonie met mekaar. God en skepping kom tot ‘n eenheid, ‘n
heelheid, ‘n gemeenskap, spirituele quietus wat diep innerlike vrede en versekering gee, ‘n
gevoel van veiligheid en geborgenheid vir elkeen wat daarin glo. Juis te midde van ‘n baie
onsekere, onstabiele tyd, die postmoderne era. Ten slotte hier net iets oor die menswaardigheid
van mense teenoor die sondige natuur van mense, Louw hanteer hierdie saak in sy aanklag
teen my nie met die nodige onderskeid nie. Nêrens in enigiets wat ek geskryf het, ontken ek die
skuldige aard van die mens nie. Om te sê dat iemand menswaardig is, maak hom/haar nie
sondeloos nie. Wanneer ‘n man sy vrou se menswaardigheid aantas deur geweld of watter
manier ookal doen dit niks aan haar sondige status al dan nie. Selfs in my verwysing na die
sondeval in Genesis drie is dit duidelik dat sonde gekom het deur die ongehoorsaamheid van
die mens aan God. Die keersy van goed is kwaad; dat die mens kon kies om te eet of nie het
die moontlikheid van die verkeerde keuse daar gestel. Eweneens as mens die geloof in ‘n
persoonlike duiwel nie erken nie beteken dit nie dat die sonde en boosheid ontken word nie; juis
nie, want ons geneigdheid tot kwaad, tot selfgelding, tot selfsug is glashelder duidelik en dit
berus nie op eksterne magte nie. Op ‘n manier is die fokus van die oorsprong van sonde op ‘n
eksterne figuur, soos die duiwel, ‘n verswakking van die siening van die bose. Dit skuif die
verantwoordelikheid weg van ons, die sondaars; dit terwyl die sonde juis inherent deel is van
ons - noem dit dan die erfsonde in die konteks van die belydenisskrifte. Dit beteken egter nie
dat ons nie sou streef daarna om die menswaardigheid van alle mense te erken en alle optrede
wat die menswaardigheid, selfs Godwaardigheid van mense bedreig, sal teenstaan nie.
Menswaardigheid staan nie teenoor sonde nie. Daarom behoort dit ook tot die wese van die
Christelike geloof dat God ons wil herskep na sy beeld om as beelddraers van God te leef.
Daarom behoort ons in protes te wees teen alle praktyke wat die menswaardigheid van mense
aantas (indistinct 00:12:19). Dit is juis sonde wat die menswaardigheid van mense aantas en dit
moet herstel word. Vandaar die bekende woorde van Martin Luther dat die mens as Christen
tegelykertyd sondaar en verloste is, simul justus et peccator, tegelykertyd geregverdig en
sondig. Terwyl hierdie regstatus in ‘n teologiese sin natuurlik nie waar is van alle mense nie, is
dit ten minste waar van alle Christengelowiges voor God. Om net die een te sê sonder om die
On Time Transcribers
192021
97
98
99
100
101
102
103
104
105
106
107
108
109
110
111
112
113
114
115
116
117
118
119
120
121
122
123
124
125
126
127
128
222324
DATE: 27 May 2023 5 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
ander ook te handhaaf is ‘n halwe evangelie. Met die menswaardigheid van alle mense as
sodanig het die sondige staat of die regstatus voor God van ‘n mens egter niks te doen nie. Die
een het te doen met menswees as sodanig, die ander het te doen met ‘n teologies-etiese saak,
die sondigheid van alle mense waarvoor daar natuurlik ‘n Goddelike oplossing is, naamlik die
herstel van die beeld van God in die mens deur die verlossingswerk van God. Twee Korinthiërs
vyf stel dit pragtig. Weer eens, die man wat die vrou mishandel, en andersom, tas haar
menswaardigheid aan of hy of sy ‘n Christen is of nie dit bly die oortreder se sonde, die man se
sonde. Nog steeds gaan dit oor die interpretasie van ons belydenisskrifte wat ontstaan het in ‘n
tyd voor die moderne wetenskap. Steeds gaan dit oor die verantwoordelike teksuitleg van die
Bybel en belydenis. In verband met die vertolking van die belydenis oor die duiwel het daar in
die aanloop van die tweeduisend en sewe Algemene Sinode studiestuk met die titel “Die
Geesteswêreld en Bevryding” verskyn. Dit het die volgende inleidingsparagraaf gehad. Dit mag
interessant wees om kennis te neem van die feit dat hierdie saak al sedert neëntien ses en
tagtig - dink ‘n bietjie terug, ses en tagtig - op die agenda van die Algemene Sinode is, maar tot
nog toe nie gehanteer kon word nie. Alhoewel die saak in tweeduisend en twee voor die Sinode
gedien het waaruit die bogaande opdrag gespruit het, was daar as gevolg van beperking op tyd
nie ‘n geleentheid om hieroor by die Sinode van tweeduisend en vier verslag te doen nie. Die
persone wat as die Algemene Sinode se taakspan vir leer- en aktuele sake verslag aan die
Sinode voorlees, die volgende: Piet Naudé, Sybrand Strauss, Andries Cilliers, James Patrick,
ek, Kobus Gerber en Willie Botha. Ek sou graag hierdie hele verslag as ‘n bylaag by hierdie
verdediging van die klag wou voeg, maar die volume daarvan weerhou my. Waar dit spesifiek
oor die hantering van die belydenisskrifte gaan, wil ek graag dele uit hierdie verslag hiervoor
aanhaal net om aan te toon hoe dat ‘n belydenis oor die bose op verskillende maniere verstaan
kan word en die verwerping van ‘n geloof in ‘n duiwelfiguur nie die boodskap van die Bybel en
belydenis aantas nie. Nou volg die aanhaling:
Twee gedeeltes uit ons belydenisskrifte wat hieroor handel is die volgende, NGB twaalf,
ons glo dat die Vader, toe Hy dit goedgedink het deur sy woord, dit wil sê, deur sy seun
die hemel en die aarde geskep het...
Dan gaan hy so aan, en dan vertel hy daar later van:
Sommige van die engele het uit die verhewenheid waarin God hulle geskep het in die
ewige verderf geval, maar die ander het deur die genade van God in hulle oorspronklike
toestand volhard en staande gebly. Die duiwels en die bose geeste het so ontaard dat
On Time Transcribers
252627
129
130
131
132
133
134
135
136
137
138
139
140
141
142
143
144
145
146
147
148
149
150
151
152
153
154
155
156
157
158
159
160
282930
DATE: 27 May 2023 6 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
hulle vyande van God sowel as van alles wat goed is geword het. Soos moordenaars
loer hulle op die kerk, ook op elke lidmaat, om dit met alle mag in die verderf te stort en
om alles deur hulle bedrieëry te verwoes. Daarom staan hulle deur hulle eie boosheid
veroordeel tot die ewige verdoemenis en verwag hulle daagliks hulle verskriklike
pyniging. Daarom verfoei ons ook die dwaling van die Sadduseërs wat ontken dat daar
geeste en engele is. Ook verwerp ons die dwalinge van die Manigeërs wat sê dat die
duiwels hulle oorsprong uit hulleself het en reeds van nature sleg is en nie sleg geword
het nie.In die Heidelbergse Kategismus wat oor Onse Vader handel, die gebed, word dit
soos volg verklaar, vraag honderd sewe en twintig: En lei ons nie in die versoeking nie,
maar verlos ons van die bose. Ons is in onsself so swak dat ons nie een oomblik
staande kan bly nie. Daarom hou ons doodsvyand, die duiwel, die wêreld en ons eie
sondige natuur nie op om ons aan te val nie. Wil U ons tog deur die krag van U Heilige
Gees staande hou en versterk sodat ons teen hulle druk sterk weerstand kan bied en in
hierdie geestelike stryd nie beswyk nie totdat ons eindelik die oorwinning ten volle
behaal.
Nou net ‘n opmerking tussenin van my. Die hantering deur die belydenisskrifte van die
geestewêreld en die beskrywing van die stryd tussen goed en kwaad moet hier in dieselfde lig
gesien word as die beredenering oor die sit aan die regterhand en maagdelike geboorte vroeër.
Dit kan nie as ‘n ontologiese bewysplaas vir die bestaan van die aard- en die geestewêreld
gesien word nie. Louw se hantering van die belydenisskrifte in hierdie verband is ‘n tipiese
modernistiese beredenering en hoe goed dit ookal bedoel is as ‘n verdediging van die
Christelike geloof, hou dit nie rekening met die aard van die belydenisskrifte en geloofstaal nie.
Ons het hier in die geloofsbelydenis met voor-wetenskaplike geloofstaal te doen en hierdie
genre moet as sodanig herken, erken en gerespekteer word. Juis dan is ons wetenskaplik
getrou. Juis dan kan ons die Christelike geloof met integriteit bely. Baie duidelik word hier dus
ook uitgegaan van ‘n aanvaarde konsep van ‘n eksterne bose mag, bose gees of duiwel wat
aanvalle op die mens maak in ‘n poging om hom onder sy heerskappy van ( indistinct 00:17:49)
invloed te kry. Hoe moet ons dit vertolk? Hierop moet ons twee belangrike aanmerkings maak.
Een, in alle gevalle waarin die bose aangedui word, word dit, soos in die Bybelse teks,
aangedui in terme van die oorwinning van die verlossingswerk van Jesus Christus wat aan die
kruis oor hierdie magte behaal is. Daarom kan Paulus triomfantlik aankondig dat niks, ook geen
bose magte, ons van die liefde van God in Christus kan skei nie. Weliswaar loop die duiwel nog
On Time Transcribers
313233
161
162
163
164
165
166
167
168
169
170
171
172
173
174
175
176
177
178
179
180
181
182
183
184
185
186
187
188
189
190
191
192
343536
DATE: 27 May 2023 7 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
rond soos ‘n brullende leeu om te kyk wie hy kan verslind, maar die oorwinning is haalbaar deur
God wat hulle oprig, bemoedig en sterk en standvastig maak. Kortom, in Christus se heilswerk
word die bose vir ewig verslaan. Die dood as die finale greep op die bose oor die mens word
deur die opstanding oorwin en is alle gelowiges se toekomstige deel. Omdat die oorwinning oor
die bose voorop staan in ons Christelike tradisie as ‘n positiewe boodskap van die hoop om
bevryding bely ons nie ons geloof aan ‘n persoonlike duiwel op die wyse waarop sommige
Christelike kerke dit verstaan en in hulle credos en belydenisskrifte doen nie - daar’s kerke wat
dit wel doen. Die bose is egter ‘n realiteit wat oral, elke dag sigbaar is en ondervind word, maar
dit is oorwin deur God. Dit is juis die goeie nuus, die evangelie van Jesus Christus. Uit genade
word ons gered en verlos van die greep van die bose as die gewaarborgde eiendom van God.
Tweede punt, die konteks van die oorsprong van belydenisskrifte is nog steeds die tydperk voor
die invloed van die inligting en kennis van die moderne wetenskap. In die tyd van die
belydenisskrifte word, net soos in die tyd van die nuwe testament, steeds gewerk met die
beskouing van die lewe wat sigself afspeel in ‘n spirituele stryd tussen God en die duiwel. In die
ou testament is die stryd hoofsaaklik tussen God en die afgode, of God en die gode van die
ander volke. Dit is eers in die nuwe testament, met sy konteks binne die Grieks-Romeinse
wêreld en die invloed van die Persiese godsdienste in die ballingskaptydperk dat die stryd
aangedui word tussen God en Satan en sy bose magte. Hierdie konsep word om heel logiese
en verstaanbare redes kritiekloos net so deur die belydenis oorgeneem. Die drie formuliere van
eenheid word geformuleer in ‘n tydperk wat die inligting van die opkomende wetenskaplike tyd
nog nie algemeen bekend was nie. Galileo was deur die pous verbied om Copernicus en sy eie
bevinding oor die heelal bekend te maak tot en met sy dood en dit. Daarom behoort ons ook ten
opsigte van die belydenisskrifte verantwoordelike hermeneutiek toe te pas, net soos met die
Bybelse geskrifte. Dit is uitermate betekenisvol dat die Algemene Sinode van tweeduisend en
twee vir ons die weg hierin aangewys het toe die volgende besluite aanvaar is. En nou is dit die
punt wat ons netnou ook gehad het. Lees ons dat ons nie kan verwag dat die opstellers destyds
al die insig moes gehad het van die brief van Hebreërs nie; die die eerste punt. Die tweede ene,
dat ons rekening moet hou met die destydse stand van teologiese kennis wat in sommige
opsigte van ons s’n kan verskil. En die derde ene, dat ons in ‘n heeltemal ander konteks leef
met betrekking tot ons verhouding tot kerk/staat; dit is daardie aangehaalde dele uit die besluite
van die Sinode. Onderaan daai blad of hieruit bokant bladsy agt en twintig, hieruit is dit dus
duidelik dat ons nie kan verwag dat die formulerings van die belydenisskrifte anders kan as om
On Time Transcribers
373839
193
194
195
196
197
198
199
200
201
202
203
204
205
206
207
208
209
210
211
212
213
214
215
216
217
218
219
220
221
222
223
224
404142
DATE: 27 May 2023 8 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
met kennis van daardie tyd en konteks oor hierdie saak te praat nie. Dieselfde argument hierbo
aangedui oor hoekom ons vandag anders behoort te dink oor die geestelike stryd in die kerk as
in die Bybelse tyd geld nou ook hier ten opsigte van die konteks van die belydenisskrifte;
boosheid hierdeur nie ontken of gering geskat nie. Dikwels word hierdie kritiek gesien as ‘n
poging om die verskynsel van boosheid as sodanig te wil ontken; dis egter nie die geval nie.
Inteendeel, wie kennis neem van die destruktiewe uitwerking van die boosheid in mense wat tot
uiting kom in jaloesie, hebsug, magsug, psigopatie, woede en haat wat weer op groot skaal kan
lei tot geweld en anargie, tot allerhande bose egosentriese vergrype soos diefstal, korrupsie en
die uitbuiting van mense, die aantasting van menswaardigheid, kan vir geen oomblik die realiteit
van die bose ontken nie. Dit is deel van die realiteit van menswees; dis die gevolg van ‘n baie
komplekse en ook dikwels gekondisioneerde netwerk van fisiese, psigiese, kulturele en
religieuse faktore. Dis ook hier waar oorloë vandaan kom. Dit is waar geweld vandaan kom. Dis
die gevolg van hebsug en magsug oor eeue heen, maar juis vandag in ons, in Suid-Afrikaanse
gemeenskap skep ‘n destruktiewe konteks en dat diewe en groepe fokus op eie belang. Dit het
‘n komplekse gevolg van ‘n samelewing wat ‘n koöperatiewe bose netwerk vorm waarin daar
duisende slagoffers is. Die feit dat daar so ‘n erge armoede in ons land is te midde van soveel
rykdom en voorspoed het ‘n negatiewe uitwerking op die selfbeeld van miljoene. Ook hierdie
sosiale konteks skep die potensiaal tot geweld en misdaad. Dit is natuurlik nie net van armoede
kulture waar nie, maar ook van alle gemeenskappe. Gedragsafwykings kom voor veral onder
tieners en jongmense as gevolg van ‘n kompleks van maatskaplike en sosiale misstande soos
kinderverwaarlosing, gebrekkige kinderopvoeding, egskeidings, gesinsgeweld en molesterings.
Dit is mensgemaakte dinge in daai sin. Satanisme as verskynsel selfs is as simptoom hiervan
deel van die afwykende gedrag van individue en groepe wat lei tot opstand teen gesag, tot
kultiese rituele en dekadente en gewelddadige aard. Ek wil net sê dat hierdie goed wat hier nou
so inmekaar geryg is, is die gevolg van navorsing op verskillende vlakke van wetenskappe wat
insette gehad het in die vorming van hierdie verslag. Dit is juis hiervan wat die evangelie van
Jesus Christus ons ook in ons dag, alhoewel dan miskien anders, wil bevry. Juis binne die
Gereformeerde leer wil ons bely dat God se heerskappy oor alle fasette van die samelewing
geproklameer behoort te word. Daarom moet ons juis in ons dag die bevrydende woord van die
evangeliei ernstig opneem. Die kerk moet versigtig wees vir die gee van dubbele boodskappe.
Ek wil net sê, as al hierdie goed so opgeneem word, onthou op een spesifieke plek waar een
van die ouens, ‘n prominente ou, ek gaan nie sy naam noem nie, opgestaan het en gesê het,
On Time Transcribers
434445
225
226
227
228
229
230
231
232
233
234
235
236
237
238
239
240
241
242
243
244
245
246
247
248
249
250
251
252
253
254
255
256
464748
DATE: 27 May 2023 9 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
“Weet julle, ek besef die geloof in ‘n duiwel is ‘n cop out. Dis oppervlakkig. Dit neem weg die
persoonlike skuld, die verantwoordelikheid van ons as gemeente. Dit is iets te doen met êrens
daar terwyl die skuld en die sonde inherent, dit is waarvoor ons verantwoording moet doen en
wat belangrik is.” Daarom moet ons juis in ons dag die bevrydende woord van die evangelie
ernstig opneem. Die kerk moet versigtig wees vir die gee van dubbele boodskappe vir vandag
se mense. Juis omdat ons nie konsekwent en deurlopend die beginsels van die hermeneutiese
proses pas soos in die verslag oor skrifgesag wat aan die tweeduisend en twee Sinode
uiteengesit is en weer by die Sinode van tweeduisend en vier duidelik uitgespel is en die een
wat ook netnou in die verslag voorgekom het. Met dubbele boodskappe word hier bedoel dat
ons, terwyl ons volhou dat die duiwel en sy magte in Christus oorwin is, ons tog nog in baie
gevalle steeds mense of Christene waarsku teen die volgehoue aanvalle van die duiwel wat op
‘n mens ‘n greep kan kry. Somtyds word die suggestie gelaat dat sondes wat nog nie bely is nie
‘n opening kan laat vir die duiwel om ‘n houvas of ‘n binding op ‘n mens te kry. Nou is dit
sekerlik so dat die oorgrote meerderheid van Christene en predikante nie hierdie soort teologie
bedryf nie, maar vir hulle is dit tog ook veiliger om in die gees en getuienis van die nuwe
testament en in die verlengstuk van die Christelike tradisie die geloof in die duiwel as ‘n teen-
Goddelike wese te handhaaf. Hier word gerekende Gereformeerde teoloë dan ook aangehaal
ter ondersteuning van hierdie keuse. Dit, die duiwel as wese, bly meestal wel ‘n vae figuur wat,
indien ‘n mens daarop sou aandring dat daar konseptuele gestalte daaraan gegee word, nie
werklik beskryf kan word nie. Trouens, enige poging om te verwys na ‘n figuur met ‘n puntstert
en horings op die kop sou in baie gevalle met weersin en afwysing begroet word. Mens sou dan
die vraag kon vra of hierdie konsep van die bose werklik verskil van die beginsel van die
geïnternaliseere boosheid in die mensdom soos hierbo beredeneer. Maar belangriker as dit is
die vraag hoe mens aan die baie lange geskiedenis van die ou testament sal verstaan waarin
daar hoegenaamd geen figuur soos die nuwe testament se duiwel aangetref word nie. Die ou
testamentiese gelowiges het sonder ‘n persoonlike duiwel klaargekom, soos reeds beredeneer
was die anti-God gedurende die meer as eenduisend jaar waarin die ou testament hom afspeel
die afgode of die gode van die volke buite Israel. Die slang van die paradysverhaal en die
aanklaer van Job vertoon kennelik nie karaktertrekke van die nuwe testamentiese Satan nie. En
die vraag bly staan of ons regtig hierdie kultiese karakter nodig het om die relevansie en diepte
van die verlossingswerk van Jesus te verstaan terwyl die voortgaande verleiding van die
boosheid in elkeen van ons, asook hoe dit korporatief in die gemeenskap na vore kom en
On Time Transcribers
495051
257
258
259
260
261
262
263
264
265
266
267
268
269
270
271
272
273
274
275
276
277
278
279
280
281
282
283
284
285
286
287
288
525354
DATE: 27 May 2023 10 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
waarteen gestry moet word, so werklik soos die lewe self is. Ons het dus grootliks vandag in die
kerk meestal onbedoeld te doen met ‘n verwarrende boodskap van bevryding, opkomende uit ‘n
onkonsekwente hermeneutiese hantering en gebruik van die Bybel. Die verwarring word
vererger deur die gebrek aan onderskeiding van die verskillende kontekste wat hierin betrokke
is. Daarmee help ons gelowiges nie werklik om in hulle leefwêreld vandag aan die een kant die
werklike bedreiging van die boosheid vir die mensheid te erken en na waarde te skat nie, maar
aan die ander kant die bevrydende krag van die evangelie van Jesus Christus te verstaan en te
beleef nie. ‘n Reuse-elemen van vrees en veral vrees vir straf word hierdeur nog steeds by die
Christene gelaat sonder dat hulle die bevrydende boodskap van die evangelie van genade en
verlossing beleef. Is dit dan nie juis hierdie element, naamlik die algenoegsame, radikale
verlossingswerk van Christus wat deel is van ons Gereformeerde tradisie wat ons teologies
onderskei van die sogenaamde charismatiese en pinkstergroepe in die Christelike kerk. Verder
het ons in ons besinning oor die bediening van bevryding nog nie werklik die mag van suggestie
behoorlik verreken as oorsaak van manipulering van menslike gedrag nie. Hier behoort gekyk te
word na die navorsing uit die psigologie, die sosiologie en die antropologie oor hierdie aspek
van menslike gedrag. Daar het al talle gesaghebbende navorsing in die psigologie hieroor
verskyn, maar dit is nog nie na behore in kerklike konteks bereken nie. In dieselfde mate as
waarin ons met meer eksakte natuurwetenskappe in al sy fasette integreer en in ons
hermeneutiek in berekening bring, moet ons ook die werk en navorsing van die sogenaamde
menswees wetenskappe en ons beoordeling van die realiteite in die skepping ernstig opneem.
Tydens navorsing van hierdie verslag het meer as een psigiater of sielkundige daarop gewys
dat dit tog vreemd is dat die kerk in die hantering van hierdie saak, spesifiek die bediening van
bevryding, nog nooit, sover ons kennis strek, die vraag gevra het oor die psigologiese profiel
van diegene wat hierdie bediening beoefen nie. Tot dusver word nog hoofsaaklik gefokus op die
mense op wie hierdie bediening van bevryding toegepas word. Dit gaan hoofsaaklik oor die
objekte van die bediening, hulle vrese, behoeftes en ervarings. Van die subjekte van die
bediening, dit wil sê diegene wat die bediening beoefen, hierdie bevrydingsbediening, word
weining gesê. Die mening is uitgespreek dat ‘n verslag oor demonologie en die bediening van
bevryding onvolledig sou wees as die psigologiese profiel van predikante, pastore en geestelike
werkers wat hierdie bediening toepas, vir wie dit belangrik is, wie dit as hulle roeping beskou om
hierop te fokus, nie ook in aanmerking geneem word nie. Mens moet besef dat die kennis van
die onbekende, van die lewe na die dood, van die sensitiwiteit vir erkenning van geeste en
On Time Transcribers
555657
289
290
291
292
293
294
295
296
297
298
299
300
301
302
303
304
305
306
307
308
309
310
311
312
313
314
315
316
317
318
319
320
585960
DATE: 27 May 2023 11 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
duiwels, van die vermoë om hulle te laat manifesteer, maar ook dan te beveel en te besweer
geweldig groot aantrekkingskrag inhou vir sommige mense, veral geestelik, spirituele leiers. En
hier speel die mag van suggestie ‘n deurslaggewende rol. Trouens, die volgende aanhaling van
‘n sielkundige wag geskool is in die psigiatrie en ook ‘n geordende predikant van die NG Kerk
is, is hier van toepassing. Die komplekse en emosionele aard van hierdie saak veroorsaak dat
predikante wat ’n bediening van bevryding bedryf, maklik bedreig voel wanneer daar na hulle
persoonlikheidsamestelling en geestesgesondheid gevra word. Hierdie vraag behoort natuurlik
aan enige ander predikant gestel te kan word. Dit is van kardinale belang dat predikante nie op
hulleself en eie diepe psigologiese behoeftes gerig behoort te wees nie. Op dieselfde wyse is dit
moeilik om die persoonlikheidsprofiele en die geestesgesondheid van die objekte vir die
bediening van bevryding te evalueer omdat moontlike psigopatologie as bydraende faktor vir
hulle gedrag en behoeftes nie in daardie konteks aanvaar word nie. Daar word van die hipotese
uitgegaan dat die gedrag nie vanuit psigopatologie sou spruit nie, maar vanuit die een of ander
binding. In terme van die bedienaars van hierdie soort bedieninge word eweneens gewoonlik
teruggeval op ‘n verskeidenheid van geestesgawe wat aan gelowiges gegee word volgens een
Korinthiërs twaalf. Dit word dus onaantasbaar beskou deur kritiese beoordeling. So lei enige
poging tot beoordeling hiervan tot ‘n posisie van skaakmat. Dit word in die psigiatrie aanbeveel
dat persone met sekere persoonlikheidsteurings of selfs net trekke van sodanige versteurings,
wat nou vergelyk is met diagnoses in DSM IV, menslike gedrag rig. Die spesifiek wyses waarop
mense reageer op stimuli word hierdeur bepaal. Sommige persone sou baie meer dramaties
reageer of enige spanning of emosionele situasies. Ander weer is baie suggereerbaar en nog
ander weer meer kontrolerend van aard. Waarom sommige predikante dus nodig vind om
soveel mag te kan uitoefen, selfs nog sogenaamde bonatuurlike verskynsels, sal interessante
studiemateriaal voorsien. Die vraag is dus of daar vanuit persoonlikheidbesorg ‘n predikant ‘n
aantrekking tot hierdie soort bediening is. Die bogenoemde dwing die kerk om uiters omsigtig
om te gaan met die probleem en nie toe te laat dat predikante sy eie behoeftes veroorsaak dat
brose mense benadeel word nie. Nou, reaksie van navorsing op hierdie verslag en hier is nou
die interessante drie posisies. Onder die lede van die genoemde navorsingsgroep Stellenbosch
- dit is nou wat deel uitgevorm het van hierdie hele navorsing vir hierdie verslag - was daar
groot verskil van mening oor die voorafgaande verslag van Atlas. Daar was ‘n groot
omsigtigheid by lede om nie geëtiketteer te word nie en nou het ons hierdie drie posisies. Die
eerste een is, hulle wys - en hierdie goed is absoluut relevant vir die klag - ‘n bediening van
On Time Transcribers
616263
321
322
323
324
325
326
327
328
329
330
331
332
333
334
335
336
337
338
339
340
341
342
343
344
345
346
347
348
349
350
351
352
646566
DATE: 27 May 2023 12 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
bevryding in die sterkste taal af.Hulle wys telkens op die gevaar wat die persoon loop wat
bevryding beoefen. Hoewel goed bedoel, mag verkeerde diagnoses gedoen word met
katastrofale gevolge vir beide die gedemoniseerde pasiënt en pastoor. Die groot gevaar van
suggestie tydens bevrydingsessies is ook ‘n bron van kommer vir hierdie lede. Diegene oordeel
dat predikante in hulle opleiding baie beter oor die aard van geestesstoornisse onderrig moet
word. Hulle stem saam net die hermeneutiese roete wat die verslag volg. Hulle steun in hulle
beoordeling van manifestasies tydens die bediening van bevryding dat dit sterk op die lig van
die mediese wetenskap en sielkunde op sodanige verskynsels werk. Hulle gee ‘n ander
verklaring diagnose vir die verskynsel van demonisering as diegene by punt nege drie hier
onder; kom nou hierna voor. Hulle ontken nie die bestaan van die boosheid nie en bevestig dat
hulle die skrif ernstig opneem. Hulle laat hoor telkens die waarskuwings dat boosheid nie
vereng moet word tot ‘n verskynsel wat hoofsaaklik tydens bevrydingsessies manifesteer nie.
Boosheid is somtyds baie subtiel, andersyds baie wyd uit in vele ander gestaltes. ‘n Tweede
posisie, hulle gaan tot ‘n groot mate met die verslag saam, veral met die klem wat gelê word op
die verlossingswerk van Christus en die interpretasies daarvan vir ‘n bediening van bevryding.
Lede van hierdie groep is van mening dat duidelike vlaggies vir die veld vir ‘n bediening van
bevryding uitgeplaas moet word, met ander woorde ‘n duidelike raamwerk, tesame met Bybelse
riglyne, spelreëls, wat sodanige bediening binne grense behoort te hou. Hierdie groep stem
saam met bogenoemde groep oor die gevare vir beide pastor en gedemoniseerde wanneer
verkeerde diagnoses gemaak word; verskil met die siening van die bose as syn deur slegs ‘n
beginsel van geïnternaliseerde boosheid. Hierdie groep oordeel dat die bose ‘n onpersoonlike
mag kan wees, maar sluit nie die moontlikheid van ‘n eksterne bose gees, duiwel of demone of
wat aanvalle op mense maak uit nie. Lede van die groep het tog ‘n besorgdheid oor die volle
gang van die interpretasie of die hermeneuse van die belydenisskrifte oor die wese van die
duiwel en bose geeste. Die derde posisie, diegene wat baie sterk van oortuiging is dat gehou
moet word by ‘n ontiese bestaan van die duiwel met sy ryk en demone wat ‘n invloed op mense
kan uitoefen. By hierdie groep het die duiwel en demone ‘n wye beweegruimte, ook in die lewe
van Christene. ‘n Bediening van bevryding is onder andere God se oorwinningsantwoord vir
almal wat gedemoniseer is. Diegene stem met ‘n baie groot deel van die verslag nie saam nie.
Trouens, is baie ontsteld oor die konklusie waartoe gekom word. Hulle oordeel dat ‘n groot
korpus van Bybelse materiaal oor die duiwel en demone se bestaan en werking as tydgebonde
wêreldbeeld afgemaak word. Die resultaat hiervan is dat die duiwel en demone wegverklaar
On Time Transcribers
676869
353
354
355
356
357
358
359
360
361
362
363
364
365
366
367
368
369
370
371
372
373
374
375
376
377
378
379
380
381
382
383
384
707172
DATE: 27 May 2023 13 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
word tot slegs ‘n beginsel van boosheid iewers in die sondige DNA van die mens. Hulle vra
waar sou sodanige verklaring vandaag kom? Hulle oordeel dat die manifestasies van demone
tydens bevryding nog nie genoegsaam ondersoek en getoets is nie. Hulle wys nie mediese en
sielkundige diagnoses af nie, maar vra die aandag vir die kategorie van mense wat nie
sielkundige of psigiatriese steurnisse het nie, diegene by wie tydens geestelike gesprekke of
bevrydingssessies manifestasies van demone voorkom sonder dat dit deur suggestie ontlok is.
Gevolgtrekking, ook hierdie verslag sal nie almal tot dieselfde mate oortuig nie. Die
konsekwente vertolking, en dit nou gesien van neëntien ses en tagtig af wat die kerk met hierdie
saak besig is, van die Bybel in sy verskillende kontekste asook die verrekening waarvan binne
ons so totaal ander konteks wat onherroeplik gestempel is deur die opkoms van die wetenskap
en spesifiek die navorsing en bevinding van die diverse wetenskaplike dissiplines, bly steeds ‘n
groot uitdaging vir die kerk. In baie gevalle word dit selfs as ‘n bedreiging gesien vir die
voortbestaan van die Christelike geloof. In terme van hierdie onderwerp word daar gemeen dat
daar te veel van die transendente dimensie van geloof prysgegee word. Baie sien dit as ‘n deel
van die gevaar van die invloed van moderniteit op die lewe van gelowiges. Dit bly steeds ‘n
dringende vraag en ‘n groot uitdaging oor hoe die kerk die waarde en sin van ‘n geloof in die
evangelie se waarheid van die Christelike boodskap relevant moet maak in ‘n versekulariseerde
konteks waarin ons lidmate hulle vandag bevind. Vir hulle kan die tyd nog nie teruggedraai word
nie. Mens kan tog nie van mense verwag om in die mag van die bose geeste en demone te glo
as so iets op geen manier binne hulle verwysingsraamwerk bestaan nie. Mens hoef tog sekerlik
nie eers daaraan te glo voordat ‘n geloof in God moontlik is nie. Die verlossingswerk van
Christus is tog sekerlik nie afhanklik van die geloof in, aan bose geeste en demone nie. Aan die
ander kant kan dit op geen manier ontken word nie dat daar ‘n groot massa mense in die wêreld
is wat binne bepaalde kontekste lewe waarin dit vir hulle absoluut ‘n realiteit is om aan hierdie
magte te glo en dit te ervaar. Dit sou onvanpas wees om te meen dat ‘n mens bloot deur middel
van rasionele oortuiging hulle kan bevry van hierdie denke en bedreigings. Ook vir diegene
moet daar op ‘n wyse wat getrou is aan die radikale verlossingswerk van Christus die bevryding
van hierdie magte deur die bediening van die kerk moontlik gemaak word. Dit is daarom
belangrik dat die aanbevelings van hierdie verslag hierdie diverse konteks waarin die kerk die
evangelie bedien sal verdiskonteer. Slotopmerkings, wie hierdie verslag verstaan in sy geheel,
dus sien as ‘n verskaling van die evangelie, asof daar nou maar min oorbly van die Bybelse
boodskap, begryp juis dalk nie die dramatiese boodskap van die evangelie van Jesus Christus
On Time Transcribers
737475
385
386
387
388
389
390
391
392
393
394
395
396
397
398
399
400
401
402
403
404
405
406
407
408
409
410
411
412
413
414
415
416
767778
DATE: 27 May 2023 14 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
as die openbaring van God in hierdie wêreld nou nie. Ons geloof in God en evangelie kan tog
nie afhang van ons geloof in/aan ‘n persoonlike duiwel of bose magte nie. Die nie-verskaalde
evangelie wil juis die bevryding van die mag van die bose radikaal stel in watter konteks dit
ookal geskied. Dit gaan hier nie net om die bevryding van ‘n eksterne mag nie, maar ook die
bevryding van die geïnternaliseerde boosheid wat in die hart van elke mens skuil. Ten spyte
van die feit dat ons aan God en Jesus behoort, ervaar ons steeds die stryd in onsself om vanuit
‘n diep selfgesentreerde ego aan die verleiding van allerhande faktore in ons leefwêreld toe te
gee en so ons fokus op God en sy genade te versteur. Die toppunt van hierdie verleiding
manifesteer sigself in liefdeloosheid, gebrek aan Goddelike liefde, juis binne die kerk. Die
grootste gevaar wat die kerk vandag bedreig, soos altyd, liefdeloosheid, gebrek aan vergifnis en
versoening. Hieruit volg al die booshede in ons gemeenskappe: morele verval, armoede,
aantasting van menswaardigheid, geweld en korrupsie. Daarom bly dit steeds ‘n stryd waarvoor
gebid en gewaak moet word tot ons eendag God van aangesig tot aangesig sal sien in die
ewige lewe waar ons lewe met Hom voortduur. Tot sover hierdie verslag. Indien ‘n mens nou in
die lig hiervan die besluit van die Algemene Sinode van Boksburg van tweeduisend en elf in
oënskou neem, die besluit wat primêr tot hierdie aanklag teen my gelei het, dan sal ‘n mens
sien dat hierdie besluit presies hierdie situasie reflekteer. Toe is onder andere besluit die
Algemene Sinode aanvaar die werklikheid dat daar ‘n wye diversiteit van interpretasies en
toepassings van die Bybelse boodskap oor die bose en demone in die NG Kerk is. Daar is
ruimte vir lidmate wat aan die werklikheid en persoonlike aard van die duiwel en demone glo en
daar is ruimte vir lidmate wat die Bybelse spreuke oor die bose en duiwels anders interpreteer.
Dit was ten gunste van hierdie formulering dat ek op die Sinode gepraat het toe ek gesê het dat
ek nie aan die duiwel glo nie, maar wel absoluut aan die bose en die verlossingswerk van Jesus
Christus. Ek, soos baie ander, vind myself tuis in hierdie besluit van die Algemene Sinode van
die NG Kerk. Ek dink daar is ruimte in die NG Kerk vir my en vir Louw en vir ander wat dalk nog
meer weer op bepaalde punte van ons sou kon verskil terwyl ons almal getrou wil bly aan ons
geloof en belydenis. Daarom dat ek die volgende verweer voorgelê het vir die oorspronklike
klag soos wat dit voor die Ring van Kuilsrivier hanteer was. Die ampsbevoegdheid, soos tot
uitdrukking gebring, uitdrukking gekom in die legitimasie-eed van predikante van die NG Kerk
berus by die Algemene Sinode van die NG Kerk. Die Algemene Sinode van die NG Kerk-
verband is as belydenis-sinode verantwoordelik vir die interpretasie van die belydenisskrifte. Die
besluite van die Algemene Sinode waaroor die klag in hierdie geval handel, is tydens die sitting
On Time Transcribers
798081
417
418
419
420
421
422
423
424
425
426
427
428
429
430
431
432
433
434
435
436
437
438
439
440
441
442
443
444
445
446
447
448
828384
DATE: 27 May 2023 15 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
van die Sinode in Oktober tweeduisend en elf geneem en lui onder meer soos volg: Die
Algemene Sinode moedig daarom alle gelowiges aan om deur die krag van die Heilige Gees en
die gees van die oorwinning van Jesus die boosheid die stryd aan te sê deur spesifiek te fokus
op die genadige verlossingswerk van Christus sodat die kerk die ware kenmerke van die
evangelie se gehoorsaamheid, liefde, genade, vergifnis, en versoening sal vertoon. Die
Algemene Sinode aanvaar die werklikheid dat daar ‘n wye diversiteit van interpretasies en
toepassings in die Bybel se boodskap oor die bose en demone binne die NG Kerk is. Daar is
ruimte vir lidmate wat aan die werklike en persoonlike aard van die duiwels en demone glo en
daar is ruimte vir lidmate wat die Bybelse spreuk oor die bose en duiwels anders interpreteer.
Volgens “Beeld” sou ek my tydens die debat, waarin ek my ten gunste van hierdie besluit
uitgespreek het, oor die saak soos volg uitgelaat het: Dr Ben du Toit van die Wes-Kaapse
Sinode het gesê hy glo nie in die bestaan van die duiwel nie. Hy aanvaar die bestaan van die
bose en die verlossingswerk van Jesus Christus absoluut. My standpunt oor hierdie saak is dus
volledig na letter en gees te vind in die besluite van die Algemene Sinode van die NG Kerk van
Suid-Afrika. Die klag van verbreking van legitimasie-eed het dus geen gronde nie. Ek volstaan
met hierdie verweer teen die sogenaamde prima faci bewys vir my dwaling teen die belydenis
van die kerk. Ten slotte dan, om te sê dat ons keuseloos binne ‘n postmoderne tyd lewe
beteken nie dat ‘n mens dan keuseloos uitgelewer is aan postmoderne filosofiese
denkkonstruksies nie. Dis na my mening een van Louw se grondfoute in sy beredenering,
naamlik dat hy van so ‘n erkenning deur iemand, ek is ‘n postmoderne mens, aflei dat so
iemand daarom vanselfsprekend God verwerp en as hy en sy God verwerp, dan ook die
Christelike geloof en Jesus en, en, en. So bou hy dan ‘n beeld van iemand waarin daardie
persoon hom of haarself glad nie kan herken nie. Eintlik is die meeste van ons almal heimlik
moderniste. Ons glo net dit wat ons seker weet. Anders gestel, ons glo nie maklik iets waarvan
ons onseker is nie. Daarom hou ons van bewyse. In die kerk praat ons selfs somtyds van
skrifbewyse om daarmee voor te gee dat sulke bewaarhede gelyk is aan absolute feite, vers en
kapittel bewyse. Ons dink dat dit geloof is terwyl ware geloof eintlik ‘n element van twyfel in het.
As geloof nie ‘n element van twyfel bevat nie is dit nie geloof nie; dan is dit soos empiriese
wetenskaplike eksperimentele bewyse of resultate, een plus een is twee; nooit, so dink ons in
elk geval, iets anders as twee nie. Geloof is egter nie so nie. Daarom kon Luter praat van geloof
as getroosde twyfel. Dis die tradisie waarin ons staan. Selfs as die kenners praat van ‘n vaste
vertroue en die kategismus van ‘n vaste en sekere geloof, is dit nog steeds geloof en nie
On Time Transcribers
858687
449
450
451
452
453
454
455
456
457
458
459
460
461
462
463
464
465
466
467
468
469
470
471
472
473
474
475
476
477
478
479
480
888990
DATE: 27 May 2023 16 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
empiriese waarhede soos wat die wetenskap deur toetsing en verifikasieprosesse aan ons
voorhou nie. Selfs in die verskillende dissiplines van die wetenskap is dit nie sonder meer altyd
so dat waarhede wat gestel word en teorieë wat geformuleer word as finaal beskou word nie.
Soos voorheen genoem is dit altyd weer onderhewig aan die valsifikasiebeginsel, Karel Klopper
se teorie. Dit is met ander woorde waar totdat die teendeel bewys kan word. Veral as ons nou
met God te doen het, sal dit voorbarig wees om te wil voorgee dat ons finaal weet dat geloof
gelykstaande is aan empiriese, onbetwisbare feite, want ons kan God nie in formules raakvat
nie. Ons kan God nie in woorde vasmaak nie. Ons mag Hom ook nie in woorde inperk nie.
Indien ons dit sou wou doen, sou ons nie meer met God te doen hê nie, maar met ons eie God.
God, net soos geloof, gaan altyd weer ons woorde te bowe. Dit is hoekom ons praat van geloof
in God. Daarvan kan ons slegs getuie lewer vanuit ‘n bepaalde sin-gewende ervaring. Dit was
ten diepste ook die betekenis van die verbod in die ou testamentiese tyd om die naam van God
ydelik te gebruik, om misbruik te maak van die naam van die Here. Daarom is God das ganz
Andere en the great nothingness, die klassieke Hebreeuse verstaan, genoem. Dit beteken nie
dat God niks is nie, maar net dat hy ophou om God te wees indien ons hom in woorde kan
beskryf. Per slot van rekening is Hy onbeskryflik, gaan Hy ons verstand te bowe. Daarom, so
het die Jode geglo, is dit selfs beter dat die woord ‘God’ nie eers geuiter word nie. Die woord vir
God in Hebreeus begin dan selfs met ‘n stille Aleph, die konsonant wat nie uitgespreek word
nie. Vir die Christene is die feit dat God Hom dan tog aan ons bekend maak deur Jesus
Christus die grootste wonder van alles. God kom in ‘n mens, Jesus, na ons toe sodat ons iets,
genoeg van Hom kan verstaan. Hierdie menswording van God, met respek gesê, is juis die
groot wonder van die evangelie. Die Hebreërbrief is daarom eintlik ‘n goeie inleiding tot die
nuwe testament, want dit begin deur om te sê dat God op baie maniere in die ou tyd ook deur
die profete met die voorvaders gepraat het; nou in hierdie laaste dae kom praat Hy met ons
deur sy seun. Dit bring ons egter ook by die insig dat daar baie dinge is wat vir Christene nie
onseker is nie. Daar is sekere fundamentele geloofsbelydenisse waarby ons staan of val. Dit is
die sake waaroor ons nie hoef te twyfel nie, wat nie beteken dat ons somtyds daarvan onseker
is nie of dit kan bevra in ‘n poging om ons geloof nog beter te formuleer nie. Dit is egter die
geloofsinhoude wat, indien ons daaraan nie meer sal kan vashou nie, ons geloof as Christene
eintlik nutteloos maak, sinloos maak. Sulke geloofsbelydenisse onder meer, na my mening, die
geloof in God as skepper, die geloof in Jesus as die openbaring van God aan die mensdom, die
geloof in Jesus as die Christus, God se seun, eerste uitgekies as ons broer wat vir ons sondes
On Time Transcribers
919293
481
482
483
484
485
486
487
488
489
490
491
492
493
494
495
496
497
498
499
500
501
502
503
504
505
506
507
508
509
510
511
512
949596
DATE: 27 May 2023 17 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
aan die kruis op Golgota sterf, wat weer opgestaan het om as deel van die drie-eenheid God
saam met die Heilige Gees ons verder voort te neem in die geskiedenis van die skepping en
daardeur vir ons die ewige lewe te verseker; sou ‘n mens dit nie glo nie, so meen ek, kan jy
jouself nie as ‘n Christen beskou nie. Hiervan vertel die Bybel as Woord van God vir ons as ‘n
betroubare getuienis. Daarin is die beloftes van God, sy woord wat Hy vir ons gee geskryf deur
mense op so manier dat dit ons vandag nog steeds blootstel aan hierdie openbaring van God.
Om dus te verstaan dat ons in moderne of selfs laat-moderne tyd lewe beteken nie dat ons nou
niks meer het waarin ons kan glo nie. Ons is nie postmoderniste nie; ons glo nie aan
postmodernisme nie. Ons lewe egter in ‘n postmoderne tyd; ‘n tyd heel anders as enige vorige
tyd. Ek wil graag afsluit met twee van die slotparagrawe van "God? Geloof in 'n Postmoderne
Tyd" en dit is waarby ek in hierdie boek gekom het, naamlik om voorlopig aan te toon dat ons
wel met behoud van ons intellektuele integriteit redes kan aangee hoekom ons in die
kernwaarhede van die Christelike boodskap kan glo, naamlik dat Jesus vir ons sondes en ons
plek aan die kruis opgeoffer is dat Hy die dood, soos ons dit ken, oorwin het en weer opgewek
is, lewe, om vir diegene wat in Hom glo die hoop van die ewige lewe te gee. Ons glo dat God
hiermee op ‘n verstaanbare, menslike manier iets van Homself aan die skepping, aan ons,
bekend gemaak het en dat ons daaraan nie hoef te twyfel nie. Hierdie iets van homself is die
feit dat hy omgee vir hierdie skepping en dat Hy ons as feilbare mense liefhet en ons genadig
wil wees. Op hierdie manier kan ‘n mens met hierdie Godheid in ‘n persoonlike verhouding leef
en word sy spiritualiteit die gees van God ook deel van die energievelde en atoomsamestelling
van ‘n mens. Dit is die kerngegewens van die Christelike boodskap hierdie. Sonder enige van
hierdie komponente bly daar van hierdie geloof niks substansiëels oor nie. Voorsitter, dankie vir
u geduld hiermee. Ek het net ‘n laaste twee bladsye en u sou gesien het soos wat ons in die
teks gevorder het, was daar hierdie paragrawe met die bullets by en ek gaan u nog vir ‘n
verdere paar oomblikke net treiter en vra dat ons dit net nou in suksessie lees en dan moet dit
gesien word teen die agtergrond van waar dit staan in die teks en nie net geïsoleerd nie, maar
dit is, wat my aanbetref, die sleutelargumente in die verweer. Die eerste is dit is een ding om te
sê of te bely dat die Bybel die Woord van God is, maar dis ‘n volgende saak om te verstaan hoe
hierdie belydenis tot uitdrukking kom wanneer na die teks self gegaan word. Mens kan nie net
teoreties hieroor praat nie met regklinkende formules nie. In terme hiervan is die heel eerste
onverhandelbare punt waaroor ons behoort saam te stem die volgende. Die Bybel, soos alle
ander geskrifte wat tot stand gekom het voor die opkoms van die moderne wetenskap, is as
On Time Transcribers
979899
513
514
515
516
517
518
519
520
521
522
523
524
525
526
527
528
529
530
531
532
533
534
535
536
537
538
539
540
541
542
543
544
100101102
DATE: 27 May 2023 18 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
sodanig ‘n voor-wetenskaplike geskrif. Mens sou dit ook pre-modern kon noem. As ons op
hierdie punt nie saamstem nie, is verdere gesprek eintlik onmoontlik, sonder enige werklike sin.
Dis dan waar die weë skei; die weë van wedersydse begrip en verdere diskoers. Om die
Bybelse geskrifte as voor-wetenskaplik te tipeer is geen waarde-oordeel nie. Met ander woorde,
dit maak die geskrifte nie minder gesagvol vir ons geloof in God of minder bruikbaar as
normatief vir ons lewens nie. Buitendien is die wetenskaplike vermoëns van die mens dan nie
ook teken van die wonderbaarlike skepping van God en van die mens se intellektuele vermoëns
nie? In die NG Kerk leef ons nie met vyandskap teen die wetenskap nie, maar maak ons juis
daarvan gebruik ook met kritiese evaluering as ‘n gawe van God om vir ons sy waarhede, soos
ons dit in die Bybel as Woord van God vind, relevant te maak. Net soos dit waar is van die
Bybel dat dit ‘n geskrif is wat dateer uit die tydperk voor die aanbieding van die moderne
wetenskaplike tyd is dit eweneens waar van die belydenisskrifte van die Gereformeerde
tradisie. Louw se kwalik bedekte beskuldiging van oneerlikheid aan my kant om nog steeds
binne die kerk te bly terwyl ek die belydenisskrifte sou verwerp is hier van toepassing. My en die
NG Kerk se hantering van die Bybel en belydenisskrifte berus op jarelange navorsing en
teologiese refleksie binne die amptelike kerklike strukture en teologiese fakulteite oor hierdie
aangeleenthede. Omdat dit nie in ooreenstemming met Louw se beskouing hier is nie beteken
dit nie oneerlikheid van ons kant nie, maar dalk eerder oningeligtheid aan sy kant. Dis ‘n tipiese
verleiding van die moderniteit, semi-verligting, om presies te wil weet en dan net so en nie sus
nie. Om so met die teks van die Bybel om te gaan, om so met die teks van die geloofsbelydenis
om te gaan, doen die geskrifte ‘n oneer aan. Terwyl daar ‘n vrome verwerping van en teenstand
teen die wetenskap as modern, postmodern, sekulêr of wat ookal, se kwade invloede ten
gunste van ‘n Bybelse perspektiewe is, is dit inderwaarheid ‘n onbybelse modernistiese,
wetenskaplike inleg in die teks van die geskrifte waarmee ons mekaar dan wil beoordeel,
veroordeel en verketter as dit nie ons eie beskouing reflekteer nie. Laastens en eweneens as ‘n
mens die geloof in ‘n persoonlike duiwel nie erken nie beteken dit nie dat ‘n mens die sonde en
boosheid ontken nie; juis nie, want ons geneigdheid tot kwaad, tot selfgelding, tot selfsug is
glashelder duidelik en dit berus nie op ‘n eksterne mag nie. Op ‘n manier is die fokus op ‘n
oorsprong van die sonde op ‘n eksterne figuur soos die duiwel ‘n verswakking van die siening
van die bose. Dit skuif die verantwoordelikheid weg van ons, die sondaars; dit terwyl die sonde
juis inherent deel is van ons - noem dit dan die erfsonde in die konteks van die belydenisskrifte.
On Time Transcribers
103104
105
545
546
547
548
549
550
551
552
553
554
555
556
557
558
559
560
561
562
563
564
565
566
567
568
569
570
571
572
573
574
575
106107108
DATE: 27 May 2023 19 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
VOORSITTER: Goed vriende, ons is nou op ‘n punt waar ons moet praat nou oor die volgende
stap; hoe maak ons nou verder. Ons het aanvanklik toe ons as ondersoekliggaam begin praat
het oor ‘n werkswyse het ons voorsien dat ons die klaer en die aangeklaagde die geleentheid
sal gee om hulle standpunte te stel en ook voorsien dat die klaer dan na aanleiding van die
respons of die reaksie van die aangeklaagde kan voel hy het tyd nodig om te reageer en ek
dink ons is op daardie punt. So ek wil Broer Wynand sê dat jy kan nou onmiddellik reageer as jy
wil of ons kan verdaag vir ‘n ander datum sodat jy vir jou kan voorberei.
WYNAND LOUW: Nee, ek is gereed.
VOORSITTER: Dan’s dit reg. As jy gereed is dan gaan ons aan. So ek gaan vir jou kans gee
om te reageer op die stuk van Ben en dan vat ons die gesprek verder van daar af.
WYNAND LOUW: Ek wil die vergadering graag verwys na ‘n artikel wat ek geskryf het na
aanleiding van Dr Du Toit se boek wat in die bundel is wat ek met die vorige geleentheid
beskikbaar gestel het. Dit is ook in elektroniese vorm beskikbaar; ek kan dit aanstuur vir
enigiemand wat dit wil hê. Ek het nie gedink al die dinge sal tersaaklik wees nie omdat ek met
die vorige tugondersoek het ek tot die gewaarwording gekom dat ‘n ou moet redelik gefokus bly
op die teks van die spesifiek klag. So Dr Du Toit sal sien dat ek baie minder gesê het hierdie
keer as vorige kere. Ek was die vorige keer ook nie so goed voorberei nie, want ek het nie
geweet wat om te verwag nie. Ons kom weer terug by die ding van hermeneutiek,
wêreldbeskouing en al die dinge. In my resensie oor Dr Du Toit se boek maak ek dit baie
duidelik dat Dr Du Toit skynbaar ‘n verwarring het oor wat is wêreldbeeld, wat is kosmologie. Ek
verkies om die definisie van wêreldbeeld van David Hesselgrave, hy is ‘n baie beroemde
misioloog (indistinct 00:56:35) wat nou al geëmeriteer het. Ek verkies om sy definisie te gebruik,
die definisie wat hy gebruik het is gebaseerop die werk van iemand anderster, ek dink sy naam
was Redwood, as ek reg onthou. Volgens hom bestaan wêreldbeeld uit drie verhoudings:
natuur, supernatuur en ek persoonlik, en daardie verhoudings met mekaar. In die Christelike
konteks sal ‘n wêreldbeeld dan wees die natuur is die skepping, ek staan in verhouding met die
skepping en dan die supernatuur is God en daar’s ‘n verhouding tussen die skepping en God,
daar’s ‘n verhouding tussen my en God en daar’s ‘n verhouding tussen my en die natuur.
Kosmologie daarteenoor sê hoe die wêreld fisies lyk; hoe die universum fisies lyk. Ons kan nou
praat van ‘n drie-laag kosmologie waar jy die waters onder die aarde het, die aarde en die
koepel van die hemel en die sluise soos Dr Du Toit dit nou in sy boek beskryf waar die hael en
die reën en al die goeters uitval en as ‘n ou nou mooi daarna kyk dan sal jy sien dat kosmologie
On Time Transcribers
109110
111
576
577
578
579
580
581
582
583
584
585
586
587
588
589
590
591
592
593
594
595
596
597
598
599
600
601
602
603
604
605
606
607
112113114
DATE: 27 May 2023 20 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
en wêreldbeeld, hoewel dit verband hou, nie afhanklik van mekaar is nie. As ek die Christelike
wêreld het, die teïstiese wêreldbeeld, met ander woorde God is die skepper wat buite Homself
uit niks geskep het; die mens staan in verhouding tot God as skepper en is nie ontologies deel
van die skepping nie; die mens staan in verhouding ontologies met die skepping, maar is ook
apart van die skepping in die sin dat die mens ‘n ewige siel het wat die res van die skepping -
kom ons praat maar van die res van die biologiese skepping - nie noodwendig het nie. Ons glo
nie honde is siele soos wat die mens ‘n siel het nie; daar’s ‘n verskil tussen die mens en die
hond. Dit is in wese die teïstiese wêreldbeskouing. Met hierdie teïstiese wêreldbeeld kan ek
enige hoeveelheid kosmologieë hê wat almal goed sal inpas daarmee. Ek kan glo dat die aarde
is soos die tafel hier, die hel onder die tafel, hierso is die aarde en dan die plafon is die hemel.
Ek kan glo in ‘n universum wat bestaan uit biljoene der biljoene en miljarde sterrestelsels en
elkeen het biljoene sterre, elkeen het sonne en planete en daar’s waarskynlik miljoene planete
en ons is ‘n stoffie aan die verre eindes van die heelal. Dit is ook nie in stryd met daai
wêreldbeeld nie. Of ek kan glo, soos daar baie mense is deesdae wat glo in die elektriese
wêreld, hulle glo nie in Big Bang nie, hulle glo dat die kosmologie of die kosmos word die beste
verklaar deur, nie gravitasie soos wat Stephen Hawking dit wil hê nie, maar deur elektriese krag
wat daarin werk. En dit is ‘n baie oortuigende wêreldbeeld wat hulle het, maar dit is nou weer ‘n
totaal ander, nie wêreldbeeld nie, kosmologie wat hulle het. So daar’s verskillende kosmologieë
moontlik in ‘n wêreldbeeld. Omdat daar die verwarring in die boek is, word daar gepraat van die
voor-wetenskaplike wêreld, die wetenskaplike wêreld en die post-wetenskaplike wêreld. Is die
wêreldbeeld van die Bybel ‘n probleem in die post-wetenskaplike of die wetenskaplike tyd? Die
wêreldbeeld van die Bybel is nie onverklaarbaar (indistinct 00:59:56) nie; die kosmologie van
die Bybel is wel. Maar ons geloof het niks te doen met ons kosmologie nie; dit het alles te doen
met ons wêreldbeeld. Die tweede ding wat baie, baie belangrik is, is die konsep van
modernisme en postmodernisme. Die Gereformeerde geloof was nog nooit modernisties nie.
Die verskil tussen die Gereformeerde geloof en die modernisme is die Gereformeerde geloof sê
epistomologie stel dat alle kennis begin by God. Die Gereformeerde geloof stel dat die
natuurlike kennis wat ons van God het is gekontamineer en ons het dit verloor in die sondeval.
Die Dordtse Leerreëls, artikel drie punt een sê dit baie duidelik dat ons met volledige kennis van
God geskape is en dat ons hierdie kennis verloor het as gevolg van die sondeval deur ons eie
toedoen, Adam nou, deur Adam se eie persoonlike wil. Dan sê die Gereformeerde
epistomologie dat ons God wel kan ken uit sy besonderse openbaring. In die ou testament in
On Time Transcribers
115116
117
608
609
610
611
612
613
614
615
616
617
618
619
620
621
622
623
624
625
626
627
628
629
630
631
632
633
634
635
636
637
638
639
118119120
DATE: 27 May 2023 21 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
die ou tyd het hy gepraat deur die profete. Vandag het hy met ons gepraat deur sy Seun en dan
deur die Bybel, die Apostoliese geloof wat ons van die apostels ontvang het wat weerspieël is in
die Bybel. Die modernisme is in direkte konflik met ons geloof. Ons geloof was nog nooit
modernisties nie. Postmodernisme is maar net ‘n onseker modernisme. Postmodernisme
ontken nog steeds God as ‘n bron van kennis. Nou moet ons praat van die hermeneutiek. Ek wil
graag ‘n aanhaling lees uit (interrupted).
KOBUS ODENDAAL: Broer Voorsitter, kan ek net op ‘n punt van orde net vra, dit is repliek op
‘n spesifieke dokument. Dr Louw het geleentheid gehad om sy hele aanklag te lê. U het hom
gevra om repliek te... of vrae te vra rondom hier. Ek meen, gaan ons weer ‘n totale uitbreiding
van sy klag hê? Ek sou verwag dat hy moet aandui waar hy in hierdie dokument na verwys
anderste kan ons in ‘n baie wye bespreking verval.
VOORSITTER: Ek hoor dit. Die punt wat ons praat oor, ‘n sistemiese benadering, vra dat ons
nou oor die sistemie praat en nie oor dele daarvan nie en dit lyk vir my asof die verskil hier juis
oor die sisteem was. So ek gaan dit toelaat, maar ek sal nie dit toelaat dat dit nou twee dae
aangaan nie.
KOBUS ODENDAAL: Nee, dis reg.
WYNAND LOUW: Gee my net tien minute maksimum. Bladsy sewe en sestig, indien ‘n mens
na die Bybel hiervan wil uitsonder, dan praat dit van tekste oor die algemeen, dit op ‘n ander
manier wil behandel of hanteer ontken jy doodeenvoudig blatant al die insigte wat gekom het
sedert die moderne tyd. ‘n Wetenskaplike tyd het ons juis geleer dat al die prosesse waardeur
geskrifte gaan in hulle ontstaangeskiedenis,(indistinct 01:03:22) van literatuursoorte wat elkeen
volgens sy eie aard verstaan moet word, van die verskillende aspekte van geskiedskrywing wat
in aanmerking geneem moet word tydens die interpretasie van die geskrifte. Waar ons nou die
vraag lees: watter redes kan ‘n mens kom aanvoer om te besluit om die Bybel uit te sonder dat
hierdie ingrypende en wydlopende insigte van sekere wetenskaplike dissiplines nie van
toepassing op die Bybel is nie, maar wel op ander geskrifte? Sommige sal sê dat dit in die
Bybel self staan dat dit deur God ingegee is en daarom ‘n ander karakter het. Vir hierdie
argument word toepaslike verse in die Bybel aangehaal. Hierdie benadering is egter futiel. Al
wat so beskouing blootlê is die feit dat die wat so ‘n standpunt handhaaf reeds met
vooropgestelde idees na die Bybel gaan met sekere vooroordele wat nie verreken kan word in
die interpretasieproses nie en wat daardeur die Bybelse geskrifte kontekstualiseer. Dit sou
beteken dat nog voordat die vraag gevra word deur sodanige ondersoek na die aard van die
On Time Transcribers
121122
123
640
641
642
643
644
645
646
647
648
649
650
651
652
653
654
655
656
657
658
659
660
661
662
663
664
665
666
667
668
669
670
671
124125126
DATE: 27 May 2023 22 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
Bybel daar reeds vooraf besluit word wat dit sal wees. So benadering is onwetenskaplik en
ontdaan van enige integriteit. As ons, volgens die belydenisskrifte, glo dat alle kennis begin by
God dan glo ons dat God is ‘n geldige bron van seker kennis. Met ander woorde God het nie
net vir my geskep nie, Hy’t ook my kognisie en my taal geskep. God het die vermoë om in my
kognisie en in my taal met my te kom kommunikeer. Ons leer dat die Heilige Gees op ‘n
spirituele vlak, omdat ek ‘n spirituele mens is, met my kan kommunikeer en ons glo dat dit is
hoe die Bybel ontstaan het. Met ander woorde die Bybel het ontstaan in respons tot ‘n bron van
kennis, naamlik God. Modernisme en postmodernisme ontken dat daar ‘n bonatuurlike bron van
kennis kan wees. Die tweede punt is, dit gaan nie net oor die ontstaan van die Bybel nie; dit
gaan oor die interpretasie van die Bybel. In die interpretasie van die Bybel erken ek dat soos
wat God deur die taal wat Hy geskep het deur my kognisie wat Hy geskep het, deur die teks
van die Bybel na my toe kom, is daar ook ‘n direkte interaksie tussen die teks en die Heilige
Gees wat in my is en wat kommunikeer met my op ‘n spirituele vlak. En hierdie konsep word
deur Dr Du Toit in sy boek totaal ontken in die paragraaf wat ek nou gelees het. Met ander
woorde wat is in konflik hier? Is dit die wêreldbeeld wat in konflik is met ons post-wetenskaplike
of ons wetenskaplike tyd? Nee, daar’s geen konflik tussen ‘n Bybelse wêreldbeeld en ons
wetenskap nie. John Lennox is op die oomblik in Suid-Afrika. Ek wil julle aanmoedig om sy
lesings op die internet te Google en te kyk videos van John Lennox. Dis ‘n man met ‘n
intelligensie wat kringe hardloop om ouens soos Richard Dawkins. Hy was in drie debatte
betrokke met Richard Dawkins en hy laat Richard Dawkins, met alle respek, soos ‘n skoolkind
klink. Daar is geen konflik tussen die Bybelse wêreldbeeld en ons wetenskap vandag nie. Daar
is wel konflik met die Bybelse kosmologie, maar kosmologie, het ons gesien, is nie belangrik
nie. Daar is konflik tussen die Bybelse wêreldbeeld en modernisme, want die Bybelse
wêreldbeeld sê dat God is ‘n bron van kennis; modernisme, postmodernisme ontken dit en dit is
die probleem wat ons het. Die tweede ding wat ons oor moet praat is die interpretasie van die
skrif. Ons het nou seker ek weet nie hoe lank geluister na die interpretasie van die skrif nie.
Waaroor gaan dit in hierdie klag? Dit gaan in hierdie klag nie oor die interpretasie van die skrif
nie; dit gaan daaroor, glo Dr Ben du Toit dat die belydenisskrifte; die drie formuliere van
eenheid en die drie ekumeniese geskrifte ooreenstem, nie met die Bybel nie, maar met die
Woord van God. Wat beteken dit as ons sê iets is die Woord van God? Dit beteken dit dra
outoriteit. Die leer van die skrif wat Dr Du Toit aangehaal het, een daarvan is dit dra... een van
die vier punte van die leer van die skrif is dit dra outoriteit. Kom ek gee vir julle ‘n byvoorbeeld;
On Time Transcribers
127128
129
672
673
674
675
676
677
678
679
680
681
682
683
684
685
686
687
688
689
690
691
692
693
694
695
696
697
698
699
700
701
702
703
130131132
DATE: 27 May 2023 23 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
ek sê vir my dogtertjie: “Katja, gaan sê vir Anja sy moet gaan bad.” Katja gaan sê vir Anja:
“Anja, Pa sê jy moet gaan bad.” My opdrag aan Katja is die Bybel. Ek sê vir Katja: “Gaan sê vir
Anja sy moet gaan bad.” Katja gaan sê vir Anja: “Anja, Pa sê jy moet gaan bad.” Die vraag wat
Anja moet vra is, stem dit wat Katja vir haar sê ooreen met die woord van my Pa? As die
antwoord ja is, dan dra dit absolute outoriteit; dan moet ek gaan bad. So dit gaan nie hier, in
hierdie vraag, die vraag wat die komitee hier moet vra, gaan dit nie oor interpretasie van die
Bybel nie; dit gaan oor interpretasie van die belydenisskrifte. En nee, ek is nie konfessionalisties
nie; dit is nie konfessionalisme nie; dit is net die aard van die ondersoek wat ons hier mee te
doen het. Die volgende is konteks. Daar’s twee kompeterende hermeneutiese groepe of
hermeneutiese skole. Julle moet my nou verskoon as ek die verkeerde woorde gebruik. Die een
is die modernistiese hermeneutiese skool, histories-kritiese metode wat God ontken as ‘n bron
van kennis en dus as ‘n bron van inspirasie. Die ander is die literêre-historiese - as ek nou die
naam reg het - wat ons die konteks bereken. Wanneer Dr Du Toit praat van ons moet die
konteks bereken en ons moet die literêre genre in berekening bring en imeand wat uit die
histories-literêre kritiek sê ons moet die konteks bereken of verreken word daar twee
verskillende goed bedoel en dit is baie belangrik dat ons dit verstaan. Wanneer Dr Du Toit sê
ons moet die konteks bereken, dan bedoel hy daardie realiteit vir hulle was waar. Ons leef in ‘n
ander realiteit; dit is basiese beginsels van postmoderne epistomologie. Ek kan dit nie nou
volledig hier uiteensit nie; dit is alles in die bundel wat ek vir u gegee het. Met ander woorde ons
het nou te doen met jou realiteit is vir jou waar, my realiteit is vir my waar, ek kan jou realiteit
vanaf my realiteit bevestig, maar ek hoef dit nie te onderskryf nie. Nou kom ons op die volgende
punt: ons gaan nou sekere dinge as metafories beskou. Sit aan die regterhand van God; dit is
nie ‘n ruimtelike term nie, dit is ‘n verhoudingsterm. Dit is nie metafories nie. As jy in die ou dae
gesê het: “Ek sit aan die regterhand van my pa” dan beteken dit ek sit in ‘n spesifieke
verhouding met my pa. Maar omdat ons dit nou nie as letterlik-ruimtelik ervaar nie, nou volg ons
dit - en ek het dit hierso onderstreep in Dr Du Toit se dokument... ek het ‘n groot kring daarom
getrek waar dit is. Nou volg ons die lyn van berekening omdat ons nou kan sê sit aan die
regterhand van God is metafories gaan ons nou opgevaar na die hemel ook as metafories
(interrupted).
BEN DU TOIT: Voorsitter, regtig. Ek gaan nie hierna verder luister nie. U moet my verskoon.
Ek het my... dit is so deurmekaar. Hy is al weer deurmekaar. Hy meng al weer begrippe. Dit is
regtigwaar nie... ek meen, ons is (interrupted).
On Time Transcribers
133134
135
704
705
706
707
708
709
710
711
712
713
714
715
716
717
718
719
720
721
722
723
724
725
726
727
728
729
730
731
732
733
734
735
136137138
DATE: 27 May 2023 24 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
VOORSITTER: Nee, jy moet ons nou maar toelaat om daarna te luister, want (interrupted).
BEN DU TOIT: Maar dan moet u maar daarna luister; ek het my (interrupted).
VOORSITTER: Ek vra vir jou om asseblief rustig te wees daaroor en respekteer ook die
ondersoekliggaam dat ons (interrupted).
BEN DU TOIT: Ek respekteer u.
VOORSITTER: Dat ons die vermoë het om te kan onderskei en dat ons daaroor ‘n beslissing
sal kan maak.
WYNAND LOUW: Artikel ses en dertig, ek wil net gou praat van artikel ses en dertig; die
sleutel van die Nederlandse Geloofsbelydenis. Die sleutel tot die interpretasie van artikel ses en
dertig is hulle te gehoorsaam in alles wat nie met die Woord van God in stryd is nie. Artikel ses
en dertig sê dat ons is almal eerstens onderdanig aan God, onderdane van God se koninkryk.
Tweedens is ons onderdane van die regering wat God oor ons gestel het. Dit geld vir ons
wanneer ons onderdane is of wanneer ons die regering self is. Die Bybel en die belydenisskrifte
vra nie hoe die magistraat aan bewind gekom het nie. Met ander woorde is dit ‘n monargie, is
dit ‘n diktatuur, is dit ‘n militêre diktatuur of is dit ‘n demokrasie. Maar wanneer jy aan bewind is
dan moet jy regeer volgens jou primêre lojaliteit wat die koninkryk van God is; dit is al wat artikel
ses en dertig sê. Dieselfde beginsel geld, omdat ons artikel ses en dertig nou nie meer so kan
verstaan soos wat dit daai tyd verstaan is nie, nou trek Dr Du Toit ‘n streep deur die hele
belydenisskrifte. Nou sê hy op grond daarvan hoef ons nie meer aan die duiwel te glo nie. Op
grond van die feit dat die mense gedink het Paulus het die Hebreërs geskryf (interrupted).
VOORSITTER: Broer Wynand, jy maak ‘n (interrupted).
BEN DU TOIT: Dis volstrek nonsens, man.
KOBUS ODENDAAL: Ek maak beswaar.
VOORSITTER: Jy maak ‘n gevolgtrekking wat Dr Du Toit probeer op ‘n baie verantwoordelike
manier aantoon en jy ignoreer eenvoudig sy argumentering daarvan. Wat jy nou sê is nie wat in
hierdie dokument staan nie en wat hy voorgehou het nie.
WYNAND LOUW: Okay, ek hoor wat u sê en ek aanvaar dit en ek vra om verskoning dat ek
hom verkeerd verstaan het. Ek sê vir u dankie dat u my reggestel het, maar op bladsy
negentien skryf hy: “Daarom, omdat die belydenisskrifte soos die Bybel voor-wetenskaplik in
oorsprong is, geld dieselfd uitgangspunte in die vertolking van hierdie geskrifte soos in die geval
van die Bybelse geskrifte.” Dieselfde uitgangspunt.
On Time Transcribers
139140
141
736
737
738
739
740
741
742
743
744
745
746
747
748
749
750
751
752
753
754
755
756
757
758
759
760
761
762
763
764
765
766
142143144
DATE: 27 May 2023 25 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
VOORSITTER: Hy’t mos nou die hermeneutiek verduidelik en jy het gesê dit gaan nie oor die
hermeneutiek nie of oor die interpretasie van die skrif nie, maar oor (interrupted).
WYNAND LOUW: Dit gaan oor... ek is nou (interrupted).
VOORSITTER: En hy het dit probeer aandui. So dit is die uitgangspunt waarvan hy praat. So
dit gaan oor julle verskil in verstaan van die hermeneutiek.
WYNAND LOUW: Kyk, die lyn wat hy getrek het is artikel ses en dertig interpreteer ons nie
meer so nie, maak nie saak hoe so is nie. Die feit dat Paulus Hebreërs geskryf het interpreteer
ons nie meer so nie. Die feit dat Moses die pentateug geskryf het interpreteer ons nie meer so
nie. Daarom die lyn, daarom die gevolgtrekking, interpreteer ons artikel twaalf ook nie meer so
nie. My vraag is waar stop jy? Nou reg, ek het miskien swak oorgekom, maar as jy dan artikel
twaalf ook nie meer so interpreteer nie, waar stop jy? Hoekom moet jy dan nog, ek glo in God,
so interpreteer. U verstaan wat ek bedoel?
VOORSITTER: Ek verstaan wat u bedoel, maar ek dink dis irrelevant. Ek dink nie hier
(interrupted).
WYNAND LOUW: Nee, ek dink nie dit is irrelevant nie, maar ons kan daaroor verskil.
VOORSITTER: Om nou die dokument te hanteer nie en daarom het ek weer kans gegee om,
as jy daarna wil gaan kyk en ordentlik wil voorberei dan... ek kan nie toelaat dat hier ‘n gesprek
gevoer word op ‘n aanvoeling nie sonder om deeglik te gaan kennis neem van wat daar staan
nie.
WYNAND LOUW: Ek sal dan graag tydens my ondervraging van Dr Du Toit, sal ek hom wil vra
waar trek ons dan die streep. As ek nie artikel twaalf so interpreteer nie, hoekom moet ek dan
die eerste lyn van die Apostolicum so interpreteer? U verstaan wat ek sê? Ek dink dit is ‘n
pertinente vraag. Ek dink dit vloei direk uit sy hantering van die belydenisskrifte.
VOORSITTER: Is daar nog goed wat u wil uitwys?
WYNAND LOUW: Ja, ek het notas hier gemaak. Dis net nog so miskien vyf minute en dan sal
ek graag wil oorgaan na ondervraging. Die maagdelike geboorte is nie deel van die klag nie
omdat dit reeds die vorige keer genoem is, maar ek dink tog dit is van belang hier, eerstens
omdat Dr Du Toit dit opgebring het en tweedens omdat dit sy hermeneutiek wys. In die boek
(interrupted).
DANIE DU TOIT: Mag ek u net vra?
WYNAND LOUW: Ja.
On Time Transcribers
145146
147
767
768
769
770
771
772
773
774
775
776
777
778
779
780
781
782
783
784
785
786
787
788
789
790
791
792
793
794
795
796
797
148149150
DATE: 27 May 2023 26 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
DANIE DU TOIT: Ekskuus, ek wil u nie onderbreek nie, maar dit is op die tafel gesit deur Dr Du
Toit, maar beswaarlik sal hierdie komitee enigsins uitspraak kan maak rondom die maagdelike
geboorte omdat daar duidelik aangedui is dat dit klaar in die vorige verhoor afgehandel is en dat
Dr Louw ook gesê het, dit nie deel is van die klag nie. So ek wil net daar bysit, ek sê nie ons
moet daarvan afstap nie, maar ons kan dit nie verreken in ‘n uitspraak nie.
WYNAND LOUW: Ek wil dit graag noem in terme van hermeneutiek. Ek het ‘n stuk daaroor
geskryf in my boek en net oor sy boek ook, die manier wat hy die teks dekonstrueer dat hy sê
dit was waar vir daardie realiteit, vir daardie sosiale sisteem, het hulle daardie realiteit gehad.
Nou glo ons nie meer in die maagdelike geboorte nie, maar ons sê nog steeds dit is waar, want
dit was waar vir hulle. Maar hulle realiteit het nie (indistinct 01:18:20) in ons tipiese
postmoderne dekonstruksie. En ek wil u graag verwys na my artikel om te wys hoe dit werk.
Miskien moet ek dit nie eers noem nie, want dit is nie van belang nie, maar ek is net geskok
deur die feit... Andries van Aarde het in sy boek “Fatherless in Galilee” ‘n verskriklike
wanvoorstelling gemaak. Hy’t gesê dat al die gode van daai tyd... maagdelike konsepsies was
algemeen in die (indistinct 01:18:49) wêreld, want al die gode van daai tyd... mense is deur
maagdelike konsepsie gebore. En ek kon nie help om te dink dat hier ‘n verband is tussen wat
Andries van Aarde in sy boek geskryf het en wat Dr Du Toit hier in die dokument geskryf het
nie. Daar’s ‘n hemelsbreë verskil tussen Zeus wat die vorm van ‘n bul aangeneem het en die
meisie Europa verkrag het en God wat Christus geskep het in die skoot van Maria. Dis miskien
al. Ek moet miskien niks meer daarvan sê nie. Ek wil u net graag verwys na sy skrifuitleg
daarso. Ek wil ook tog net sê dat hy gepraat het van die wetenskap wat nou vir ons sê jy kan
nie uit ‘n maagd gebore wees nie en dat hy ‘n streep trek deur die historisiteit van die boek
Handelinge. Ek het nou op my selfoon Bybel opgesoek vinnig waar die skrywer van die boek
Handelinge sê: “Ons het in Jerusalem geland en toe die volgende dag het ons”, ons, Jakobus...
wie was Jakobus? Jakobus was Maria se seun. Maria kon op daai stadium nie ouer as
sewentien jaar gewees het as ‘n ou nou raai sy was miskien tussen sestien en twintig toe sy
Jesus ontmoet het en jy kyk na wanneer was hulle in Jerusalem gewees. Wat is die kans dat
Maria by haar seun, Jakobus, gebly het? Wat is die kans dat die skrywer van die Handelinge
boek wat ons deur Lukas (indistinct 01:20:20)? Wat is die kans dat hy met Maria in omgang was
toe hy by haar seun aan huis was? Is dit in ons wetenskaplike tyd, het ons die reg om te sê
Maria het daai tyd nie geweet waar babas vandaan kom nie? Sy het seks gehad met ‘n
Romeinse soldaat? Wat probeer ek sê? Ek probeer sê dat hier is dekonstruksie van die teks.
On Time Transcribers
151152
153
798
799
800
801
802
803
804
805
806
807
808
809
810
811
812
813
814
815
816
817
818
819
820
821
822
823
824
825
826
827
828
829
154155156
DATE: 27 May 2023 27 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
Hy pas dekonstruksie van die teks toe op postmoderne gronde wat nie noodwendig nodig is nie.
Die volgende punt wat ek hier gemerk het... Net oor die duiwel is die belangrikste vraag wat ek
moet vra oor die duiwel, is dat daar verskriklik baie strooipop argumente oor die duiwel is. Twee
van die strooipop argumente het ek hier gesien; die derde een is miskien ook daar. Die eerste
strooipop argument is dat as ons sê dat die duiwel bestaan dat ons nie persoonlike
verantwoordelikheid vir ons sonde het nie. Dit is absoluut nonsens en ek hoor dit op so baie
plekke en ek sien dit op so baie plekke. Die gevaar is as jy sê... ek het nou die dag ‘n artikel
gelees oor die transendensie van boosheid, the transcendence of evil, en hulle sê die gevaar is
as jy glo boosheid is transendent dan ontken jy die boosheid in jouself en dan neem jy nie
verantwoordelikheid vir die bose nie. Dis ‘n absolute strooipop. Die tweede strooipop is die
duiwel met die puntstert wat op jou skouer sit. Dis ‘n absolute strooipop. Niemand glo dit nie.
Niemand in die afgelope tweeduisend jaar van die Christelike geskiedenis het dit geglo nie. Die
derde ding is dat jy sê dat daar ‘n dualisme is, dat God nou die duiwel nodig het om te bestaan.
Ek het dit nie noodwendig hier gesien nie, maar ek sien dit ook baie en en ek wil u net waak
daarteen (indistinct 01:22:27). Die Christelike godsdiens was nog nooit dualisties gewees nie.
Die duiwel is ‘n geskape wese; God het soewereine mag oor wat die duiwel toegelaat word om
te doen. Die duiwel is nie ‘n anti-God nie; die duiwel is nie ‘n teen-God nie. Hy’s net ‘n bose
wese soos wat ek ook ‘n bose wese was voordat ek tot bekering gekom het. Die enigste verskil
tussen my en die duiwel is dat die duiwel deel is van die geskape transendensie, geskape
ewigheid; ek is deel van die geskape eindigheid van hierdie fisiese heelal. Dis die enigste
verskil tussen my en die duiwel. Ons is altwee ‘n persoon. Ons is altwee boos; ek was boos;
daar is nog boosheid in my. Maar ek sal vir Dr Du Toit graag daaroor ook wil ondervra. Op
bladsy ses en twintig, baie duidelik word hier dus uitgegaan... ekskuus. Ons het hier te doen
met die geloofsbelydenis, met voor-wetenskaplike geloofstaal te doen en hierdie genre moet as
sodanig herken, erken en gerespekteer word. En dan op grond daarvan sê hy ons hoef nie
meer in die bestaan van die duiwel te glo nie. En my vraag is weer eens waar trek jy die lyn? As
jy dan sê dit is wat die geloofsbelydenis is, hoekom moet jy dan, kan jy nie maar sê, ek glo in
God? In hierdie paragraaf op bladsy ses en twintig, die tweede paragraaf van bo af is daar niks
wat sê jy moet stop by die duiwel nie, by die ontkenning van die bestaan van die duiwel nie. Die
laaste punt wat ek wil maak, is net, hier’s vreeslik baie gesê... ek het die meeste van die goed al
gesê. Ja, hier’s vreeslik baie goed gesê oor demone wat ek ook baie lank oor kan praat, maar
wat nie noodwendig nodig is nie. Die laaste ding wat ek wil sê is, hoekom glo ons in die duiwel?
On Time Transcribers
157158
159
830
831
832
833
834
835
836
837
838
839
840
841
842
843
844
845
846
847
848
849
850
851
852
853
854
855
856
857
858
859
860
861
160161162
DATE: 27 May 2023 28 By On Time Transcribers
NAME OF FILE: ONDERSOEK 26 MAART 2013 002
(indistinct 01:25:04) Hoekom glo ons dat die duiwel ‘n persoon is? Want Jesus het so gesê. Nou
kan ‘n ou sê dat deel van die kenose-proses waarin Jesus Homself ontledig het om die gestalte
van ‘n slaaf aan te neem, is dat Hy ook van sy kennis afstand gedoen het. Met ander woorde
Hy het nie noodwendig geweet nie. Hy het byvoorbeeld gesê: “Ek weet nie wanneer die dag en
die uur is wanneer die wederkoms gaan plaasvind nie; net die Vader weet dit.” So in sy
menslike natuur is daar dinge wat Christus nie geweet het nie. Die probleem is Christus het
aanspraak gemaak op kennis oor die Bybel. Hy het aanspraak gemaak op bonatuurlike kennis
oor die Bybel. Hy het nie, soos in die geval van die dag en die eeu wat die wederkoms sal
wees, gesê maar net die Vader weet dit, die menslike Christus, die menslike Seun weet dit nie.
So nou sit ons met die probleem, Jesus het gesê die duiwel bestaan, die duiwel is ‘n persoon,
die duiwel het met hom gepraat in die woestyn. Nou moet ons aanneem as die duiwel nie
bestaan nie dat Jesus het aanspraak gemaak op kennis wat Hy nie gehad het nie. Met ander
woorde Hy was óf geestelik versteurd, óf Hy het gelieg. Daar is geen manier wat ek kan sien
wat ‘n ou verby daardie gevolgtrekking kan kom dat Jesus geestelik versteurd was of dat Hy
gelieg het nie. As Hy wel die Seun van God is, as Hy wel die geïnkarneerde God is, dan sal Hy
nie aanspraak gemaak het op kennis wat Hy nie gehad het nie. As dit dan wel so is dat daar
sekere kennis is wat die Seun nie gehad het nie dan sal Hy nie aanspraak gemaak het op daai
kennis wat hy nie gehad het nie. En dit is hoekom dit so geweldig belangrik is dat ons die
persoon van die duiwel erken. Ek het reeds gepraat oor daai, ja, dit is al wat ek in repliek wil sê.
Ek hoop nie ek was langer as die tien minute wat ek gevra het nie.
VOORSITTER: Nee, dis doodreg.
WYNAND LOUW: Ek sal graag wil vrae vra aan Dr Du Toit as die vergadering my sal toelaat,
maar ek weet nie of ons dalk eers moet breek nie.
VOORSITTER: Ek wil hoor of daar van die ondersoekliggaam enige vrae is in die stadium aan
enige van die twee persone? Kan ek maar Dr Louw vra om die vrae te vra aan Ben.
ONBEKENDE MAN: Kan ons dalk net (indistinct 01:27:44)?
VOORSITTER: Nee, dis reg.
[Overtalking].
On Time Transcribers
163164
165
862
863
864
865
866
867
868
869
870
871
872
873
874
875
876
877
878
879
880
881
882
883
884
885
886
887
888
889
166167168