39
PERSONE REG PVL 101 STUDIE-EENHEID 1 Inleiding tot module: bevat geen selftoets vrae – sien studiegids vir algemene begrippe en tegniese terme. STUDIE-EENHEID 2 INLEIDING TOT PERSONE REG P 14 SELFTOETSVRAE 1. Gee ‘n definisie van die persone reg. Personereg is daardie deel van privaatreg wat bepaal watter wesens/ eniteite regsubjekte is hoe ‘n regsubjek ontstaan en tot ‘n einde kom tussen watter klasse regsubjekte onderskei word wat die juridiese status van die onderskeie regsubjekte is 2. Wat verstaan u onder die begrip “natuurlike persoon” ? Alle mense ongeag ouderdom, geslag, geestestoestand, intellektuele vermoë word as regsubjekte erken. Dit beteken dat elke mens regte, verpligting en bevoegdhede het alhoewel dit kan verkil afhangende van die persoon se geestlike toestand en ouderdom. Om hul van ander regsubjekte te onderskei word van mense as natuurlike persone gepraat . 3. Wat verstaan u onder die begrip “regspersoon” Die regsorde vereis dat regspersoonlikheid ook aan seker entiteite of verenigings van natuurlike persone gegee word. Die objektiewe reg erken dat onder bepaalde omstandighede ‘n vereninging van persone as ‘n regsubjek erken word met regte, verpligtinge en bevoegdhede. Bo en behalwe die mense wat so `n vereniging vorm en elkeen `n regsubjek is, kom die vereniging self as regsubjek tot stand. Sodanige vereniging waaraan regsubjektiwiteit verleen word, staan bekend as ‘n regspersoon. 4. Noem die eniteite wat in ons reg as regspersoon erken word. Verenigings of instansies wat ingevolge ‘n algemeen magtigende wet geïnkorporeer is bv. Banke, maatskappye en koöperasies Verenigings of instansies wat spesifiek in afsonderlike wetgewing as regspersoon geskep is en erken word, bv.universiteite en semi-staatsinstansies

PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

  • Upload
    lenhi

  • View
    246

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

PERSONE REG PVL 101

STUDIE-EENHEID 1 Inleiding tot module: bevat geen selftoets vrae – sien studiegids vir algemene begrippe en tegniese terme.

STUDIE-EENHEID 2 INLEIDING TOT PERSONE REG P 14 SELFTOETSVRAE 1. Gee ‘n definisie van die persone reg.

Personereg is daardie deel van privaatreg wat bepaal • watter wesens/ eniteite regsubjekte is • hoe ‘n regsubjek ontstaan en tot ‘n einde kom • tussen watter klasse regsubjekte onderskei word • wat die juridiese status van die onderskeie regsubjekte is

2. Wat verstaan u onder die begrip “natuurlike persoon” ? Alle mense ongeag ouderdom, geslag, geestestoestand, intellektuele vermoë word as regsubjekte erken. Dit beteken dat elke mens regte, verpligting en bevoegdhede het alhoewel dit kan verkil afhangende van die persoon se geestlike toestand en ouderdom. Om hul van ander regsubjekte te onderskei word van mense as natuurlike persone gepraat.

3. Wat verstaan u onder die begrip “regspersoon”

Die regsorde vereis dat regspersoonlikheid ook aan seker entiteite of verenigings van natuurlike persone gegee word. Die objektiewe reg erken dat onder bepaalde omstandighede ‘n vereninging van persone as ‘n regsubjek erken word met regte, verpligtinge en bevoegdhede. Bo en behalwe die mense wat so n vereniging vorm en elkeen n regsubjek is, kom die vereniging self as regsubjek tot stand. Sodanige vereniging waaraan regsubjektiwiteit verleen word, staan bekend as ‘n regspersoon.

4. Noem die eniteite wat in ons reg as regspersoon erken word.

• Verenigings of instansies wat ingevolge ‘n algemeen magtigende wet geïnkorporeer is bv. Banke, maatskappye en koöperasies

• Verenigings of instansies wat spesifiek in afsonderlike wetgewing as regspersoon geskep is en erken word, bv.universiteite en semi-staatsinstansies

Page 2: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

• Vereningings wat voldoen aan die vereistes van die gemenereg nl. (i) dit moet voortdurende bestaan hê al wissel die lede, (ii) dit moet eiendom besit of kan besit en (iii) dit moet nie wins beoog nie.

LW: n Vennootskap is nie n regspersoon nie, wel n kerk, n politieke party en n vakunie.

STUDIE-EENHEID 4

1. Op watter moment begin n mens se regsubjektiwiteit? By geboorte (Voor geboorte is fetus nie regsubjektiwiteit maar deel van ma)

2. Bespreek die juridiese vereistes vir die ontstaan van regsubjektiwiteit. • Die geboorte moet heeltemal voltooi wees, d.w.s. algehele skeiding tussen fetus en

moeder. Dit vereis nie dat die naelstring gesny moet wees nie. • Kind moet na die skeiding leef, al is dit vir ‘n kort rukkie. Alhoewel nog nooit

gesaghebbend in ons reg gespreek is oor hoe lewe gedefiniëer word nie, word algemeen aanvaar dat die kind moes asemhaal. Die asemhalingstoets is nie al toets wat aanvaar word nie, indien mediese getuienis kan bewys dat die kind geleef het behoort dit vir die hof aanneemlik te wees.

• Sommige meen kind moet lewensvatbaar wees. Egter moeilik om te bepaal. Die siening geld egter nie in ons reg nie.

3. Bespreek die bepalings van die Wet op Registrasie van Geboortes en Sterftes 51 van

1992 wat handel oor die registrasie van geboortes.

Registrasie van geboortes

Registrasie : wanneer? Binne 30 dae na geboorte van lewendig gebore kind by DG Registrasie : deur wie? * Enigeen van ouers * As ouers nie kan, een in wie se sorg kind is * Persoon deur ouers daartoe benoem

Page 3: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

Buite-egtelik Binne-egtelik Van Vaderskap Van-verandering As ouers trou

Aangifte van geboorte onder pa of ma se van, of onder pa en ma se van as dubbeldoorvan.

Onder ma se van

Pa moet in teenwoordigheid van bevoegde beampte vaderskap skriftelik erken en eie besonderhede verskaf.

Verandering vanaf vader se van net wanneer vader skriftelik toestem, behalwe as hof vrystelling verleen

Aansoek kan gedoen word by DG dat registrasie van geboorte gewysig word na binne-egtelik as ouers na registrasie met mekaar trou.

Onder pa se van op gesamentlike versoek van pa en ma

Na registrasie van geboorte mag vaderskap erken word met toestemming van moeder. As ma nie toestem, kan hoë hof genader word.

Uitsondering: Vader se toestemming nie nodig as moeder uitsluitlike voogdy van kind het nie

Aansoek kan gedoen word deur enige ouer of deur kind self as hy/ sy meerderjarig is.

STUDIE-EENHEID 5 P 24 SELFTOETSVRAE (p32) Vraag 1 Inleiding: Uit die scenario ontstaan die vraag of X wat op 10 Oktober 1994, na die dood van A gebore is kan erf, terwyl die testament bepaal dat “kinders wat by datum van my dood in die lewe is” erf. A is op 10 September 1994 oorlede. X was dus tydens sy oupa se dood ongebore. Die vraag is nou of ‘n nasciturus (ongebore kind ) erfreg het. Om die vraag te beantwoord moet eers gekyk word na die begin van regsubjektiwiteit. Bespreking: Volgens Cronje en Heaton p 9 begin ‘n mens se regsubjektiwiteit by geboorte. Die juridiese vereistes vir die ontstaan van die mens se regsubjektiwiteit is dat die geboorte voltooi moet wees en dat die kind na die skeiding leef, al is dit vir ‘n kort tydjie. Volgens hierdie vereistes kwalifiseer ‘n nasciturus (fetus) nie om te erf nie. Cronje en Heaton p 12 noem dat die Romeinse Reg egter sedert die vroegste tye in ag neem dat as sake normal verloop die nasciturus ‘n regsubjek sal word en dat

Page 4: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

omstandighede mag onstaan voor sy geboort wat tot sy voordeel sou wees, sou hy reeds gebore wees. Sou so ‘n situasie ontstaan, beskerm die reg sy potensiële belange deur gebruik te maak van die fiksie dat die ongebore vrug by verwekking gebore was wanneer sy belange op die spel kom. Hierdie toedrag staan bekend as die nasciturus-fiksie. In die gegewe scenario is X nog nie gebore op datum van afsterwe van A nie en dus nie ‘n regsubjek nie wat geregtig is op voordele, verpligtinge en verantwoordelikhede nie. Die feit dat X nog nie ‘n regsubjek is nie, sluit hom egter nie uit van die testate erfreg sou daar gekyk word na die beslissing van De Villiers R (956) in die saak EX PARTE BOEDEL STEENKAMP 1962 3 SA 956 (O) nie. In hierdie saak het die testateur sy boedel in gelyke dele aan sy dogter en kinders van die eerste geslag wat by datum van sy dood in lewe was bemaak. Die testaeur se dogter was egter swanger met ‘n derde kind en die eksekuteur het ‘n aansoek voor die hof gebring om te bepaal of net die kinders wat reeds gebore is erf en of die ongebore kind ook mag erf. Die hof het beslis dat die ongebore kind mag erf op grond van die nasciturus-fiksie. Regter De Villiers het beslis dat die woorde “wat by datum van dood in die lewe is” kinders wat na die testateur se dood verwek en gebore is uitsluit, maar nie kinders wat voor sy dood verwek maar na sy dood gebore is uitsluit nie. Hierdie uitspraak dui aan dat die hof onwillig is om tot die nadeel van die nasciturus op te tree. In hierdie saak het die hof uitvoering gegee aan wat hy glo die bedoeling van die testateur in sy testament was. Dit is egter belangrik dat uitvoering gegee word aan wat die bedoeling van die testateur was. Hierin speel die bewoording van die testament ‘n belangrike rol. Sou A bepaal dat sy boedel moet verdeel tussen B en Y sou X nie geerf het nie. Die testament bepaal egter dat B en haar kinders – dit spesifiseer nie gebore of ongebore – moet erf. Die kinders word nie gepesifiseer nie maar as deel van ‘n klas (B se kinders) aangedui. In hierdie situasie word gepraat van testate erfreg waar die testateur ‘n geldige testament nagelaat het. Sou die testateur intestaat sterf (sonder dat ‘n geldige testament bestaan) sou X nie erf nie. Volgens die reels van die intestate erfreg kan ‘n persoon net erf by die oopval van ‘n boedel (delatio) wanneer hy leef. Delatio vind oor die algemeen plaas op die oomblik van afsterwe van die erflater. Die nasciturus-fiksie word egter ook hier gebruik om die belang van die ongebore kind te beskerm. In hierdie geval kan die verdeling van die boedel uitgestel word tot na die geboorte van die nsciturus. Word die nasciturus lewendig gebore sal hy erf. Sou hy nie lewe nie verval sy erfreg en verkry hy geen regte nie. Gevolgtrekking: Uit bogenoemde is dit duidelik dat die reg voorsiening maak vir die beskerming van die belange van die nasciturus en sal X in die feitestel kwalifiseer om te erf. In die feitestel wat gegee is, is die omstandighede dieselfde as in die saak soos hierbo bespreek en word geglo dat X ingesluit is by die bedoeling van die testateur dat sy dogter se kinders moet erf. Vraag 2

Page 5: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

Inleiding: Die vraag wat ter sprake kom is of ‘n ongebore kind ‘n aksie vir onderhoud kan instel nadat sy vader se dood onregmatig en met skuld veroorsaak is. Daar is n reël in ons reg dat die nasciturus van n vader wat gedood is asgv n ander se onregmatige daad, na sy/ haar geboorte n eis om skadevergoeding weens verlies aan onderhoud kan instel teen die persoon wat die vader se dood veroorsaak het. Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909 TH 297. Die hof het beslis dat hy wel ‘n onafhanklike grond het vir ‘n aksie om skadevergoeding. Die basis waarop vergoeding bereken word, is om die kind wat onderhoud betref, in die posisie te plaas waarin die kind sou wees indie die vader nie gedood is nie. Dieselfde geld, sou die moeder van die nasciturus gedood word, mits die kind lewend gebore word. Die gesin sal dus in a ‘n aksie om skadevergoeding vir die fetus kan insluit. Vraag 3 Die vraag wat gestel word is of dit moontlik is om die liggaamlike integriteit van ‘n nasciturus beskerm kan word, dus of die belange van ‘n ongebore kind beskerm moet word. Liggaamlike integriteit verwys na die fisiese en psigiese welstand van ‘n persoon en en word dus geag persoonlikheidsreg te wees. Bogenoemde persoonlikheidsreg impliseer dat ‘n persoon ‘n regsubjek moet wees. Die vraag is egter nou of ‘n fetus ‘n regsubjek is en kan aanspraak maak op dieselfde persoonlikheidsreg. Cronje en Heaton (12) noem dat ‘n fetus nie ‘n regsubjek is nie aangesien regsubjektiwiteit eers by geboorte ontstaan. Genoemde skryewrs gaan egter verder deur te verwys na die Romeinse Reg wat van die vroegste tyd in ag geneem het dat indien sake normal verloop die die fetus ‘n regsubjek sal word en dat daar reeds voor geboorte situasies sal onstaan wat tot voordeel van die ongebore kind sal wees. Indien so ‘n situasie ontstaan bekerm die reg die die potensiële belange deur gebruik te maak van die fiksie dat die fetus reeds by verwekking gebore was wanneer sy belange op die spel kom. Hierdie belange sluit in die reg op liggaamlike integriteit . Vir die nasciturus funksie om in werking te kom moet die vrug reeds verwek wees op die stadium wat hy die voordeel sou kry en moet die kind lewend gebore word. In die voorafgaande paragraaf is verwys na die reg op liggaamlike integriteit wat geag word ‘n persoonlikheidsreg te wees waarop die nasciturus ook aanspraak maak. Gestel die die nasciturus word voor geboorte beseer as gevolg van die skuldige optrede van ‘n derde party en die kind word later met liggaamsgebreke gebore sal die besering aanleiding gee tot aksie vir ‘n eis om skadevergoeding en genoegdoening. In die saak in Pinchin v Santam Insurance Co Ltd het die vraag ter sprake gekom of ‘n persoon ‘n aksie het vir beserings wat hom aangedoen was as fetus terwyl hy in sy moeder se liggaam was. In hierdie saak het die eiser ‘na aksie vir skadevergoeding

Page 6: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

ingestel nadat hy in ‘n motorongeluk betrokke was voor geboorte. Nalatigheid is deur die derde party wat die motor bestuur het wat in sy moeder sin vasgery het erken. In sy uitspraak het Hiemstra J beslis dat ‘n kind wel ‘n aksie vir voorgeboortelilke beserings het. In die betrokke saak kon egter nie bewys word dat die beserings deur die ongeluk veroorsaak is nie. In sy beslissing het die hof gebruik gemaak van die nasciturus-fiksie wat bepaal dat die belange van die nasciturus beskerm word wanneer dit tot sy voordeel sal wees. Alhoewel die nasciturus-fiksie in die Roemeinse Reg beperk was tot erfreg bevind Hiemstra J dat daar geen rede is waarom dit slegs beperk hoef te wees tot erfreg nie maar is van mening dat dit ook toegepas behoort te word waar persoonlikheisregte van die nasciturus ter sprake is. Sommige skrywers is van mening dat dit onnodig is om in hierdie omstandighede van die nasciturus –fiksie gebruik te maak. Die nasciturus-fiksieis hier toegepas op ‘n geval waarvoor dit nooit in die gemenereg gebruik of bedoel is nie. Boberg aan die ander kant redeneer oortuigend dat die nasciturus-fiksie wel toegepas kan word vir voorgeboortelike beserings. Hy wys daarop dat die kind nie eers by geboorte skade gely het nie, maar reeds tydens swangerskap en toe nog nie ‘n persoon was nie en daarom moet die nasciturus fiksie gebruik word om ‘n aksie vir voorgeboortelike beserings te verleen. Vraag 4 Twee aspekte kom ter sprake wanneer die vrou se omstandighede oorweeg word vir aborsie. Dit is naamlik die tydperk van swangerskap waarin sy is en haar ekonomiese omstandighede. Volgens die Wet op Keuse oor die Beëindeging van Swangerskap 92 van 1996 kan ‘n vrou haar swangerskap beëindig gedurende die eerste 12 weke van swangerskap. Die aborsie kan deur ‘n geneesheer of ‘n vroedvrou gedoen word. In die Feitestel kan die vrou op grond van haar ekonomiese omstandighede die swangerskap ook beëindig gedurende die typerk 13 tot 20 weke van swangerskap. Slegs die oorwoë toestemming van die vrou is nodig. Indien die vrou minderjarig is moet die geneesheer haar adviseer om haar ouers of voogde te raakpleeg maar indien sy weier om hulle te raadpleeg mag mag die aborsie nie geweier word nie.

STUDIE-EENHEID 6 P 36 SELFTOETSVRAE Vraag 1 Enige belanghebbende persoon - bv ‘n skuldeiser van die verdwene persoon, erfgename van die verdwene persoon mag by die hoë hof aansoek doen om ‘n vermoede van dood uit te spreek ten opsigte van die verdwene persoon. Die applikant moet alle relevante feite en gebeure onder die hof se aandag bring by aansoek.

Page 7: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

Nadat hof die aansoek van die applikant aangehoor het, bepaal die hof ‘n keerdatum waarop die finale bevel gemaak word. Die applikant word dan beveel om die bevel in die tussentyd op sekere balanghebbendes soos deur die hof bepaal, te bestel. Die bevel moet ook in die staatskoerant en die plaaslike media waar die verdwene persoon woonagtig was, gepubliseer word Hierdie prosedure stel balanghebbendes in staat om beswaar te maak teen die verlenging van die bevel of om ander feite wat die vermoede van dood sal weerlê onder die hof se aandag te bring. Addisionele inligting: faktore wat hof in ag neem by uitreiking van bevel. Faktore wat deur die hof in ag geneem word by uitreiking van ‘n vermoede van dood bevel by die gemeenregtelike procedure is die volgende: # tydperk van afwesigheid - geen spesifieke tydperk word voorgeskryf deur ons reg # beroep van die persoon en mate van gevaar daaraan verbonde # ouderdom # gesondheid # neigings tot selfmoord Vraag 2 (a) Verander Indien die hof mnr X nie na n geregtelike doodsondersoek as dood verklaar het nie, kan mev X die hof versoek om n gemeenregtelike vermoede van dood uit te spreek. Om dit te bewerkstellig sal sy alle toepaslike inligting aan hof moet voorhou, aangesien die tydsverloop van verdwying op sigself nie genoeg gronde is vir die uitspreek van sodanige vermoede nie. Alternatiewelik kan die hof gevra word vir n bevel vir die afhandeling van die boedel met sekuriteitstelling, of om n curator bonis aan te stel wat die boedel sal administreer. Vraag 2 (b) verander Artikel 2 van die Wet op Ontbinding van Huwelikke by Vermoede van Dood 23 van 1992 reël die aangeleentheid. Waar die hof n gemeenregtelike vermoede van dood uitspreek, word die huwelik nie outomaties beëindig nie, en moet die eggenote weer aansoek doen. Die hof kan tesame met die aansoek om uitspraak van vermoede van dood, versoek word om n bevel uit te reik wat die huwelik ontbind word, of ter enige tyd na uitspraak van vermoede van dood. Hof kan nie uit eie beweging so bevel uitreik, maar slegs op aansoek van die gade. Hof is ook nie verplig om so bevel uit te vaardig nie. Ingeval van n gemeenregtelike uitspraak van vermoede van dood, sou Mev X dus weer aansoek moes doen om ontbinding van die huwelik, indien sy dit nie versoek het met die versoek om uitspraak van vermoede van dood nie. Waar die streekslandros of landros se bevinding ingevolge artikel 18 van die Wet op Geregtelike Doodsondersoeke 58 van 1959 deur die hoër hof bekragtig word, word die huwelik geag outomaties ontbind te wees vanaf die datum wat in die hof se bevinding aangedui word as die sterfdatum van die betrokke persoon. In hierdie geval sou Mev X

Page 8: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

nie spesiaal aansoek hoef te gedoen het vir die ontbinding van die huwelik nie en sal sy weer kan trou. Vraag 3. verander Die kwessie ten opsigte van die huwelik van ‘n verdwene persoon word gereël deur die Wet op Ontbinding van Huwelike by Vermoede van Dood 23 van 1979. Artikel 1 van die Wet bepaal dat die plaaslike afdeling van die Hooggeregshof wat ‘n bevel uitvaardig dat die dood van ‘n getroude persoon vermoed word, ook by die uitvaardiging van daardie bevel op aansoek van die gade, ‘n bevel uitvaardig dat die betrokke huwelik van daardie persoon geag ontbind te wees deur die dood vanaf ‘n datum wat deur die hof bepaal. Dit impliseer dat die hof by ‘n gemeenregtelike uitspraak van vermoede van dood nie uit eie beweging die huwelik van die verdwene persoon ontbind nie, maar slegs op aansoek van die gade. Hierdie aansoek kan tesame met die vermoede van dood uitspraak hanteer word of op enige tydstip daarna. Die gevolg van die bevel is dat die huwelik vir alle doeleindes geag word deur die dood ontbind te wees, met ander woorde die persoonlike en materiële gevolge van die ontbinding van die huwelik is dieselfde as waar een van die gades sterf. Vraag 4. Indien die hof nie bereid is om ‘n vermoede van dood bevel uit te reik nie kan die hof nogtans beveel dat die vermiste persoon se boedel beredder kan word, maar dat die ergename verplig is om sekuriteit te stel vir die teruggawe van voordeel sou die vermiste persoon terugkeer. Indien die hof nie ‘n vermoede van dood wil uitspreek nie, kan die hof ook ‘n curator bonis aanstel om die belange van die vermiste persoon te behartig. Vraag 5. Artikel 5 (2) van die Wet op Geregtelike Doodsondersoeke 58 van 1959 bepaal dat indien ‘n landdros van mening is dat ‘n persoon aan onnatuurlike oorsake oorlede is, die landdros die nodige stappe sal doen om te verseker dat ‘n geregtlike doodsondersoek na die omstandighede en oorsake waaronder die persoon oorlede is, ingestel word. Indien die lyk van die persoon nie gevind kan word nie of vernietig is, en die getuienis bo redelike twyfel bewys dat die persoon oorlede is, moet die regterlike beampte sy bevindinge aanteken ten opsigte van

• die identiteit van die oorledene • die oorsaak of waarskynlike oorsaak van dood • die datum van die sterfgeval • of die dood veroorsaak is deur die handeling of versuim wat prima facie ‘n

misdryf aan die kant van iemand insluit

Page 9: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

��As die regterlike beampte nie in staat is om bg bevindinge aan te teken

nie, moet hy die feit boekstaaf. Waar identiteit van oorledene en datum van dood wel aangeteken kan word, moet dit deur streekslandros of landros aan hoër hof voorgelê word, en indien deur die regter bekragtig, het dit dieselfde uitwerking as vermoede van dood wat deur hoër hof uitgespreek is.

Twee belangrike aspekte van die wet verdien uitgelig te word.

• Eerstens dat die staat inisiatief neem omdat ‘n onnatuurlike dood vermoed word en dat ‘n privaat persoon nie hoef aansoek te doen om ‘n vermoede van dood bevel nie. Dit verhoed egter nie ‘n privaat persoon om aansoek te doen om ‘n bevel nie

• Tweedens moet die regterlike beampte bo redelike twyfel seker wees dat die betrokke persoon wel oorlede is voordat hy kan aanteken dat die persoon vermoedelik dood is. (Verskil v gemeenregtelike uitspraak van vermoede van dood daarin dat lg uitgespreek word op grond van oorwig van waarskynlikhede = tov bewyslas)

Die Lugvaartwet 74 van 1962 is tweede alternatiewe prosedure tot die van die gemene reg. Artikel 12 bepaal dat indien ‘n vliegtuigongeluk in of bo die Republiek of die Suid-Afrikaanse territoriale waters plaasvind of ‘n Suid-Afrikaanse vliegtuig op enige plek in die wêreld betrokke is, die minister van vervoer ‘n ongelukondersoekraad kan instel. Indien daar lewensverlies was en die ongeluk ondersoek word deur ‘n regterlike beampte of ‘n span waarvan ‘n regterlike beampte lid is, kan die ondersoek gekombineer word met ‘n ondersoek ingevolge Die Wet op Geregtelike Doodsonderoeke 58 van 1959. Dieselfde procedure soos bo beskryf sal dan gevolg word. Ook hierdie wet skakel nie gemeenregtelike prosedure uit nie en belanghebbendes kan steeds aansoek doen om ‘n vermoede van dood uitspraak Vraag 6 (Het jou antw hier verander) Uitspraak van vermoede van dood beteken nie dat persoon dood is, maar net dat daar weerlegbare vermoede is. Gevolglik kan hof wat vermoede uitgespreek het, die bevel tersyde stel as die vermoede weerlê word. Enige belanghebbende persoon of vermiste persoon mag hofnader om so bevel. Nadat ‘n vermoede van dood uitgespreek word, kan met die nalatenskap van die verdwene persoon gehandel word asof hy dood is. Boedel moet dus beredder en onder erfgename verdeel word. Dikwels word sekuriteitstelling van begunstigdes vereis. Persoon se gade kan aansoek doen om die ontbinding van die huwelik ingevolge die Wet op Ontbinding van Huwelike by Vermoede van Dood 23 van 1979. Kan terselfdertyd gedoen word met uitspraak van vermoede van dood of enige tyd daarna. Die huwelik

Page 10: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

word dan geag ontbind te wees – persoonlike en materiële gevolge van die ontbinding is dieselfde as waar een van die gades sou sterf. Vraag 7 Wanneer vermoede van dood ingevolge Artikel 18 van Die Wet op Geregtelike Doodsondersoeke 58 van 1959 gedoen word, word die persoon se huwelik outomaties geag ontbind te wees vanaf die datum waarop die hof aandui die persoon oorlede is. Die gade hoef dan nie spesiaal aansoek te doen vir ontbinding van die huwelik nie. Vraag 8 Die Wet op Registrasie van Geboortes en Sterftes 51 van 1992

STUDIE-EENHEID 8 STATUSBEPALENDE FAKTORE - BEGRIPSOMSKRYWING P 46

SELFTOETSVRAE 1. Wat verstaan u onderdie begrip “status” Die woord “status” is afgelei van die Latynse woord “stare” wat staan beteken. Dit gaan hier oor waar ‘n persoon in die reg “staan” en hierdie ‘staanplek” word bepaal deur ‘n sekere hoedanighede wat ‘n persoon hetof die toestand waarin shy verkeer waaraan die reg gevolge heg. D. H. van Wyk omskryf status soos volg “ ‘n duursame factor (toestand) wat ‘n bepaalde uitwerking op die regs-, handelings, en verskyningsbevoegdheid van die natuurlike persoon het”. 2. Wat verstaan u onder die begrip “ regsbevoegdheid” ?

Regsbevoegdheid is die bevoegdheid om regte, verpligtinge, en bevoegdhede te kan hê. Alle mense het hierdie bevoegdheid afgesien van hulle persoolike hoedanighede. Dit sluit in kinders, ‘n kranksinnige, insolvente persoon ens. Dit is wel nodig om te onderskei tussen die bevoegdheid om regte en verpligtinge te kan hê en die bepaalde regte en verpligting wat ‘n persoon op ‘n gegewe tydstip het. So is daar geen verskil in die status van ‘n persoon met ‘n groot boedel en persoon met ‘n klein boedel nie. Die verskil in status sal eers ontstaan wanneer die een sekere regte nie mag hê wat die ander wel mag hê. Bv. ‘n persoon wat onder administrasie is moet eers gerehabiliteer word wat beteken dat hy vir ‘n sekere tydperk nie krediet mag aangaan nie.

Page 11: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

3. Wat verstaan u onder die begrip “handelingsbevoegdheid”? Dit is die bevoegdheid van ‘n persoon om self aan regsverkeer te kan deelneem, m.a.w om self regshandelinge te kan verrig. ‘n Regshandeling is menslike handeling waaraan die reg ten minste sommige van die gevolge heg wat die handelende partye of partye gewil het. Die aangaan van regshandelinge kan baie implikasies vir die betrokke partye inhou daarom moet ‘n persoon ‘n sekere vlak van geestesontwikkeling en geestesvermoëns voordat hy handelingsbevoegd kan wees. So kan ‘n sewe jarige kind of kranksinnige nie handelingsbevoegd wees nie. 4. Verduidelik wat u onder die begrip “verskyningsbevoegdheid” verstaan

Dit is die bevoegdheid om as ‘n party in ‘ hofsaak op te tree. ‘n Nou verband bestaan gewoonlik tussen ‘n persoon se verskyningsbevoegdheid en handelingsbevoegdheid. 5. Wat word bedoel met die begrip “bevoegdheid om aanspreeklikheid vir misdade

en delikte op te doen”? Hierdie bevoegdheid word in n groot mate beïnvloed deur n persoon se ouderdom en geestestoestand omdat skuld in die vorm van opset of nalatigheid, in die algemeen gesproke, n vereiste is vir strafregtelike en deliktuele aanspreeklikheid. As persone nie skuld kan opdoen nie (omdat hulle bv te jonk of kranksinnig is) kan hulle nie aanspreeklikheid opdoen nie.

STUDIE-EENHEID 9 DOMISILIE P 48

1. Verduidelik wat domisilie beteken Domisilie is die plek waar ‘n persoon met betrekking tot die uitoefening van sy regte en nakoming van sy verpligtinge, regtens geag permanent aanwesig te wees, selfs by feitlike afwesigheid. Dit behels dat dit die vaste woonplek van ‘n persoon moet wees en dat die persoon die bedoeling moet hê om hom vir ‘n onbepaalde tyd daar te vestig In teenstelling met die regstelsels van die meeste vastelande waar ‘n persoon se status bepaal word deur die reg van die land waarvan die persoon ‘n burger is word ‘n persoon se status in die RSA reg bepaal deur die reg van die plek (land) waar ‘n persoon gedomisilieer is.

2. Wat is die belang van domisilie? Domisilie speel veral op die gebied van die privaateg ‘n groot rol. Hier volg verskeie terreine waar dit voorkom.

Page 12: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

• Die vraag of ‘n kind binne-/buitegtelik is word bepaal volgens die lex loci domicilii van die vader tydens die geboorte van die kind.

• Die vraag of ‘n buite-egtelike kind gewettig word deur die daaropvolgende huwelik van haar ouers wod bepaal volgens die lex loci domicilii va haar vader tydens die huweliksluting.

• Die lex loci domicilii bepaal of ‘n persoon bevoeg is om ‘n kontrak te sluit. • Die lex loci domicilii is van belang op die erfreg. So bepaal die intestate erfreg

van die land waar die erflater domisilieer hoe haar roerende goed moet vererf ingeval sy intestaat sterf. Dit is ook die lex loci domicilii van ‘n testateur wat bepaal of hy handelingsbeboeg is om testamentêr oor haar roerende goed te beskik.

• Domisilie is ook van belang by die vraag na volgens watter regstelsel ‘n testament uitgelê word. Indien ‘n testateur nie aandui volgens watter regstelsel sy testament uitgele moet word nie geld die regstelsel van die land waar hy domisilieer tydens verlyding van die testament.

• Die lex loci oimicilii van ‘ man tydens huweliksluiting bepaal die vermoënsregtelike gevolge van die huwelik.

Domisilie speel ook op die terrein van die formele reg ‘n rol:

• Dit bepaal die jurisdiksie van ‘n provinsiale of plaaslike afdeling van die hof. • Dit is ook van belang by die bepaling van die internasionale jurisdiksie van ‘n

buitlandse hof ten einde ‘n uitspraak van so ‘n hof te erken en af te dwing. • Statusaangeleenthede kan slegs behandel word deur die hof wat jurisdiksie het in

die gebied waarin die ‘n persoon ter sprake is domisilieer. 3. Soorte Domisilie en betekenis van elk Domisilie van oorprong (domicilium originis) Dit is die domisilie wat die reg aan elke persoon toeken by geboorte. Hierdie domisilie het in die verlede veral ‘n rol gespeel sy domisilie van keuse prysgegee het en nog nie ‘n nuwe domisilie van keuse verkry het nie, dan het sy domisilie van oorsprong herleef. Hierdie toedrag van sake is verander deur die Wet op Domisilie 3 van 1992 wat bepaal dat geen persoon sy domisilie sal verloor voordat hy deur keuse of deur regswerking ‘n ander domisilie verkry het nie. Domisilie van keuse Dit is die domisilie wat ‘n handelsbevoegde persoon deur sy optrede en wilsbesluit vir himself kies. Artikel 1(1) van die Wet op Domisilie bepaal dat elke persoon wat18 jaar of ouer is asook elke persoon onder die ouderdom van 18 jaar wat regtens status van ‘n meerderjarige het ‘n domisilie van keuse kan verkry. Twee Vereistes word gestel vir ‘n domisilie van keue:

Page 13: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

• Die persoon moet hom daadwerklik op die plek vestig (factum-vereiste) • Die persoon moet die bedoeling hê oh homself permanent op daardie plek te

vestig (animus-vereiste) Domisilie deur regswerking In beginsel is alle handelingsbevoegde persone bevoeg om ‘n domisilie van keuse te vestig. Kinders onder die ouderdom van 18 jaar en geestesongesteldes is egter onbevoeg om ’n domisilie van keuse te vestig.

• Domisilie van ‘n kind: Elke kind kry by geboorte ‘n domisilie deur regswerking. Hierdie domsilie word bepaal deur artikel 2 (1) van die Wet op domisilie. Dit bepaal dat ‘n persoon wat nie ingevolge artikel 1 van die Wet ‘n domisilie van keuse kan verkry nie, se domisilie die plek is waaraan hy die nouste verbonde is. Artikel 2(2) bepaal dan dat as kinders hulle tuiste by hulle ouers of een van hulle ouers het, daar vermoed word dat die betrokke ouerhuis die kind se domisilie sa wees.

• Domisilie van ‘n geestesongestelde: Die howe het vroeër die mening gehuldig dat geestesongesteldes die domisilie behou wt hulle gehad het voordat hulle geestesongesteld geraak het. Dit word huidiglik bepaal soos in die voorafgaande paragraaf.

4. Verduidelik watter domisilie persone verkry wat nie vry is om te kies waar hulle

wil woon nie.

• Domisilie van soldate en staatsamptenare: Vroeër was die mening gehuldig dat soldate, matrose en staatsamptenare ni ‘n domisilie kon vestig waar hulle gestasioneer was nie. Aangesien hulle nie ‘n keuse kon uitoefen oor waar hulle gestasioneer was nie en het hulle nie aan die animus vereiste vodoen nie. In 1945 verklaar appélregter Schreiner in Baker v Baker dat sodanige persoon wel ‘n domisilie van keuse kan verstig indien hy ‘n “ final and deliberate intention” gehad het omsy vorige domisilie prys prys te gee. In Naville v Naville beslis die Kaaapse hof dat diplomate van vreemde moondhede ‘n domisilie van keuse in ons land kan vestig indien hy die vaste bedoeling he tom sy vorige domisilie prys te gee en hom permanent hier te vestig

• Domisilie van ‘n gevangene: Dit word oor die algemeen aanvaar dat ‘n

gevangene nie ‘n domisilie van keuse in die gevangenes vestig nie aangesien h onder dwang daar verkeer en vir ‘n bepaalde tyd daar sal wees. In Nefler v Nefler is beslis dat ‘n gevangene wat tot leweslange gevangenisstrag gevonnis is van regsweë ‘n domisilie in die gevangenes verkry

5. Domisilie van ‘n verbode immigrant Die verblyf waarop gesteun word om ‘n domisilie van keuse te vestig moet regmatig wees. Aangesien ‘n verbode immigrant se verblyf nie regmatig is nie kan hy nie ‘n

Page 14: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

domisilie van keuse vestig nie al het hy die bedoeling om homself permanent in SA te vestig. Indien verbode immigrante oogluikend deur die owerheid toegelaat word om in ‘n land te woon, mag hulle ‘n domisilie hier verkry.

6. Verduidelik of die Wet op Domisilie terugwerkend is Die wet is nie terugwerkend nie en dit raak nie enige reg, bevoegdheid, verpligting, of aanspreeklikheid wat verkry is uit hoofde van die domisilie wat ‘’n persoon voor die inwerkingtreding van die wet gehad het nie.

STUDIE-EENHEID 10

a) Wat is ‘n buite-egtelike kind ?

n Binne-egtelike kind is gebore uit ouers wat geldig met mekaar getroud was ten tyde

van die kind se verwekking of geboorte of op enige stadium tussen die verwekking en geboorte van die kind. n Buite-egtelike kind is gebore uit ouers wat nie geldig met mekaar getroud was ten

tyde van die kind se verwekking of geboorte of op enige stadium tussen die verwekking en geboorte van die kind nie. b) Verduidelik welke vermoedens van vaderskap daar bestaan ten aansien van

beide getroude en ongetroude persone.

Getroude persone In ons reg geld die weerlegbare vermoede dat elke kind gebore uit ‘n huwelik die eggenoot se kind is, m.a.w. daar word vermoed dat dit ‘n binne-egtelike kind is en dat die man met wie die vrou getroud is die kind se pa is. (pater est quem nuptiae demonstrant –vader is hy wat deur huwelik uitgewys word)

Ongetroude persone Voorheen was posisie: As vrou n seker man aanwys en hy erken of daar is bewys dat hy ter eniger tyd geslagsgemeenskap met haar gehad het, is vermoed dat hy die vader van die kind was. Nou: Indien ‘n vrou ‘n sekere man as die vader van die kind aanwys en hy het erken of daar is bewys dat hy geslagsverkeer met die moeder van die kind gehad op ‘n tydstip toe die kind verwek kon gewees het , daar vermoed word dat hy die vader van die kind is, tensy die teendeel bewys kan word (artikel 1 van Wet op Status van Kinders 82 van 1987)

c) Verduidelik of die moeder se getuienis vir sover dit bewys van geslags-

verkeer aangaan nog steeds gestaaf moet word.

Page 15: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

Sover dit bewys van geslagsverkeer aangaan het die howe vroeër nie die moeder se getuienis aanvaar sonder dat dit gestaaf is nie. Hierdie reel is deur die appèlafdeling in Mayer v Williams verwerp. Die hof was egter van mening dat die getuienis van die moeder in vaderskapsake met groot versigtigeheid hanteer moes word. Die regter wys daarop dat die versigtigheidsreël wat in strafregpraktyk geld ook in siviele gedinge kan geld. In S v J het die hoogste hof van appèl die versigtigheidsreël in seksuele strafgedinge verwerp op grond daarvan dat die reel op ‘n irrasionele en verouderde opvatting berus dat die getuienis van klaagsters in sulke omstandighede onbetroubaar is. In die toekoms sal die versigtigheidsreël waarskynlik ook nie in vaderskapgedinge aanvaar word nie. Versigtigheidsreël = (1) hof moet bewus wees van inherente gevaar in aanvaarding van getuienis (2) beveiligende faktor moet bestaan wat risiko van verkeerde bevinding verminder (= stawing van getuienis). d) Op watter maniere kan ‘n persoon bewys dat hy nie vader van ‘n bepaalde kind

is nie? (Weerlegging van vermoedens van vaderskap)

• Afwesigheid van seksuele omgang – indien ‘n man kan bewys dat hy nie gedurende die tydperk wat die kind verwek kon gees het geslagsgemeenskap met die moeder gehad het nie, dat hy bv. In die buiteland was, sal die bewering weerlê word.

• Steriliteit – indien die man kan bewys dat hy steriel is, sal die vermoede weerlê word.

• Die exeptio plurium concubentium (= uitsondering van veelvuldige gemeenskap) – die man erken dat hy gedurende die tydperk wat konsepsie plaasgevind het geslagsverkeer met die vrou gehad het, maar hy beweer en bewys dat gedurende dieselfde tydperk ‘n ander man of mans ook met die vrou geslagverkeer gehad het. Tensy bloedtoetse die nodige bewys kan lewer is dit onseker wie die vader van die kind is. Daar word vandag met sekerheid aanvaar dat exceptio plurium concubentium nie meer deel van ons reg vorm nie. Dit sal man dus niks baat om aan te toon dat ander mans ook met die vrou gemeenskap gehad het nie. Kan dus nie as bewys gebruik word nie.

• Fisiese voorkoms – die feit dat die fisiese voorkoms van die kind ooreenstem met die van die beweerde vader dra nie veel gewig om vaderskap te bewys nie.

• Voorbehoedmiddels – vermoede van vaderskap sal nie weerlê word indien die beweerde vader bewys dat hy voorbehoedmiddels gebruik het ten tye van seksuele verkeer met die moeder nie.

• Bloedtoetse – waar partye hulle vrywillig onderwerp aan bloedtoetse is die uitslae daarvan in vaderskapsake aanvaar.

Verskillende gesag tov bloedtoetse: Howe se beslissings of kinders en volwassenes verplig mag word tot bloedtoetse:

Kind Volwassene Saak

Mag Mag nie Nie beslis Mag Mag nie Nie beslis

Page 16: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

O v O Ja Nee

Seetal v Pravitha Ja N/b

M v R Ja Ja

S v L Nee Nee

Nell v Nell N/b Nee

• Swangerskapsduur – howe beslis van geval tot geval met behulp van mediese getuienis wanneer verwekking waarskynlik plaasgevind het. Omdat howe nie geneë is om te beslis dat kinders buite-egtelik is nie is swangerskapsuur van 320 dae al aanvaar (nomale tydperk 270) maar is beslis dat net 206 dae onmoontlik is.

STUDIE-EENHEID 11 1. Soorte buite-egtelike kinders

• Speelkinders (natuurlike kinders, spurii): Dit is kinders wie se ouers tydens konsepsie of geboorte of op enige tydstip tussen die gebeurtenisse nie met mekaar getroud was nie maar wel bevoeg was om dit te doen.

• Owerspelige kinders ( adulterine) : Een of albei ouers was tydens die verwekking van die kind met ‘n ander persoon getroud.

• Bloedskendige kinders: kinders wie se ouers ten tyde van hulle verwekking onbevoeg was om met mekaar te trou op grond van ‘n te noue verwantskap.

• Posisie van kinders verwek deur kunsmatige insiminasie: ‘n Kind wat deur

kunsmatige bevrugting verwek is deur gebruikmaking van die semen van die man van die moeder van die kind word geag binne-egtelik te wees (KIE -kunsmatige insiminasie deur die eggenoot. Voorheen is die kind geag buite-egtelik te wees sou die semen van ‘n derde party gebruik word (KIS – kunsmatige insiminasie deur ‘n skenker). Hierdie aangeleentheid word nou deur die Wet op Status van Kinders 82 van 1987 gereël. Artikel 5 (2) bepaal dat wanneer ‘n getroude vrou en haar man toestem dat die gemeet / gamete van ‘n derde persoon gebruik word vir kunsmatige inseminasie die kind geag sal word binne-egtelik te wees.

2. Verduidelik hoe buite-egtelikheid die status van die buite-egtelike kind beïnvloed

met verwysing na 2.1 ouerlike gesag 2.1.1 moeder: ‘n buite-egtelike kind val onder die voogdyskap en bewaring van sy moeder. Sou die moeder ongetroud en minderjarig wees kan sy nie die kind se voog wees nie en sal die

Page 17: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

voogdy berus by die voog van die moeder, die bewaring van die kind sal steeds by die moeder van die buite-egtelike kind val. Sou die moeder van die kind onder die ouderdom van 21 jaar wees, maar die status van ‘n meerderjarige verkry berus die voogdy en bewaring van die kind by haar tensy ‘n hof anders bepaal. ‘n Buite egtelike kind word onder die van van die moeder geregistreer, maar die vader kan toestem dat die kind sy van verkry. Die domisilie van die kind word bepaal deur die Wet op Domisilie 3 van 1992 wat bepaal dat die kind gedomisilieer sal wees op die plek waaraan hy/sy die nouste verbonde is. 2.1.2Vader:

• Voogdy en bewaring: indien voogdy of bewaring van ‘n buite-egtelike kind van ‘n moeder weggeneem word of as sy sterf kan voogdy en bewaring aan die vader gegee word. In teenstelling met gebruik in die verlede is die vader se aanpraak op voogdy en bewaring nou sterker as die aanspraak wat ‘n derde party kan maak. Die genetiese en biologiese bande word nou geag sy aanspraak te versterk maar die beste belang van die kind is steeds die primêre factor wat oorweeg moet word. In Bethell vs Bland is die bewaring van ‘n buite-egtelike kind van die moeder weggeneem en aan die vader gegee omdat hy, met die steun van sy ouers in ‘n beter posisie was om die kind te versorg. In W v S het die hof bepaal dat die blote begeerte van ‘n vader om ‘n meer betekenis volle rol in sy kind se lewe te speel nie voldoende is om voogdy en bewaring aan die vader te gee of selfs gesametlike bewaring aan die vader toe te staan nie, die kind se beste belang moet steeds in ag geneem word. Die Wet op Natuurlike Vaders van Buite-egtelike kinders 86 van 1997 verleen dan ook bevoegdheid aan die hof om voogdy en /of bewaring aan

die vader van ‘n buite-egtelike kind toe te ken.

• Toegang: Die Wet op Natuurlike Vaders van Buite-egtelike Kinders 86 van 1997 reël die reg t.o.v toegang deur vaders na buite-egtelike kinders. Dit behels o.a. dat die natuurlike vader van ‘n buite-egtelike kind steeds nie ‘n inherente toegang tot die kind het nie, maar dat hy die hoë hof mag nader met ‘n aansoek wat aan hom toegangregte tot en / of bewaring en/of voogdy oor die kind kan gee. Die hof moet die volgende in ag neem by oorweging van so aansoek :

• Die verhouding tussen die applikant en die kind se ma en of ‘n geskiedenis van mishandeling voorgekom het

• Die verhouding van die kind met die applikant en die moeder of met voornemende aannemende ouers, of enige ander persoon

• Die uitwerking wat skeiding van die kind van die applicant, of die moeder, of voornemende aannemende ouers, of enige ander persoon waarskynlik op die kind sal hê.

• Die houding wat die kind m.b.t. tot die toestaan van die aansoek. • Die graad van verbondenheid wat die applikant teenoor die kind

getoon het deur sy lewe vanaf geboorte, ook koste by geboorte. • Of die kind gebore is uit ‘n gebruiklike verbintenis of huwelik

aangegaan ingevolge ‘n stelsel van godsdiensreg.

Page 18: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

• Enige ander feit wat in aanmerking geneem behoort te word. Toegang kan net verleen word, as dit in beste belang van die kind is. Sake van toepassing hier, is V Erk v Holmer, asook B v S

• Aanneming: In die verlede het artikel 18 (4)(d) van die Wet op Kindersorg 74 van 1983 bepaal dat slegs die moeder van ‘n buite-egtelike kind toestemming moet verleen vir die aanneming van die kind. In Fraser v Childrens Court, Pretoria North het die Konstitusionele hof Beslis dat bg. Artikel ongrondwetlik is omdat onbillik diskrimineer teen vaders in seker huweliksverhoudingsen ook inbreuk maak op die reg op gelykheid. Verder diskrimineer die artikel op grond van geslagtelikheid aangesien die toestemming van die moeder altyd vereis is maar nooit die van die vader nie. Verder diskrimineer die artikel ook op grond van huwelikstatus omdat dit getroude en ongetroude vaders verskillend behandel. Hierdie gebreke is deur Artikel 4 van di Wysigingswet op Aannemingsaangeleentheid 56 vab 1998 gedoen. Hierdie wysigingswet bepaal dat die toestemming van albei ouers van ‘n buite-egtelike kind vir aanneming vereis word mits die vader skriftelik vaderskap erken het en sy besonderhede bekend gemaak het soos belpaal in Artikel 19 van die Wet op Kindersorg. ( sien Cronje en Heaton p 75 vir vereistes van artikel 19)

2.2 Onderhoud Albei ouers is verplig om hulle buite-egtelike kinders te onderhou op voorwaarde dat hulle finansieel daartoe instaat is en die kind sodanige onderhoud benodig. Die plig om onderhoud te betaal vord tussen die ouers verdeel ooreenkomstig hulle vermoëns. Indien die ouers sou doodgaan is die ouers se boedel vir die kind se onderhoud verantwoordelik. As die boedel nie die buite-egtelike kind kan onderhou nie, rus die verpligting op die grootouers aan moederskant en nie op die grootouers aan vaderskant nie.

2.3 Erfreg Wat die buite-egtelike kind se bevoegdheid om te erf betref, moet onderskei word tussen intestate erfopvolging ne testate ergopvolging

a) Intestate erfopvolging: Buite-egtelike kinders se bevoegdheid om intestaat van hulle ouers te erf word gereël deur die Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987. Artikel 1(2) bepaal dat ondanks die bepalings van die gemenereg of enige wet, maar onderworpe aand die bepalings van artikel 5(2) van die Wet op Status van Kinders 82 van 1987 , buite-egtelikheid nie die bevoegdheid van een bloedverwant raak om van ‘n intestate boedel te erf van ‘n ander bloedverwant nie.

b) Testate erfopvolging: Geen beletsel bestaan t.ov. testate erfopvolging nie en ouers kan self hulle buite-egtelike kinders bevoordeel selfs met uitsluiting van

Page 19: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

hulle binne-egtelike kinders. Aangesien bloedskande ‘n misdaad in SA is is die posisie van bloedskendige kinders onseker.

2.4 Die invloed van die Grondwet van RSA 108 van 1996 Die vraag of die regsverhouding tussen buite-egtelike kinders en hulle ouers grondwetlik is kom ter sprake by hierdie gedeelte. Die diskriminasie teen die vader van buite-egtelike kinders is in B v S deur die appèlafdeling ( hoogste hof appél) bygelê en daar is tot die konklusie gekom dat “practical reality (is) that the father of an illilgitimite child is not unfairly discriminated against”. Die hof het geredeneer dat die moeder van ‘n binne-egtelike kind die vader toegang weier, die vader - soos in die geval van ‘n vader van ‘n buite-egtelike kind wat toegang verlang – die hof sal moet nader. In beide gevalle sal die beste belang van die kind oorweeg word en uitsluitsel gegee word. Volgens Cronje en Heaton 80 behoort die huwelikstatus van die kind se ouers irrelevant te wees indien sy beste belang gedien word. Die onderskeid wat tussen die kind se ouers getref word kom neer op diskriminasie teen die buite-egtelike kin op grond van die sosiale oorsprong en geboorte ( wat deur artikels 9(3) en (4) van die Grondwet verbied word) omdat die reg in werklikheid , vooraf besluit dat die kind nie op ‘n regsverhouding met albei van sy ouers geregtig is nie. Vanuit die oogpunt van die ouers kom die huidige regsposisie neer op ongelykheid voor die reg en onbillike diskriminasie op grond van huwelikstatus en geslag. So moet die vader van ‘n buite-egtelike kind die hof nader indien hy toegang verlang terwyl die vader van ‘n binne-egtelike kind ‘n inherente reg tot toegang het. Dit kom dus neer op diskriminasie op grond van huwelikstatus. Ook word daar op grond van huwelikstatus van getroude moeders gediskrimineer omrede hulle net gedeeltelike ouerlike gesag oor hulle kinders het terwyl ‘n ongetroude moeder volle ouerlike gesag oor haar kinders het. Ook op grond van geslag diskrimineer die reg tussen geslagte aangesien dit die moeder van die buite-egtelike kind bevoordeel bo die vader van die buite-egtelike kind.

3. Die wettiging van buite-egtelike kinders. Wettigging van buite-egtelike kinders kan op 3 maniere geskied.

• Deur die opvolgende huwelik van die ouers van die kind met mekaar (legitimatio per subsaquens matrimonium: artikel 4 van die Wet op Status van Kinders 82 van 1987 bepaal dat “‘n kind gebore uit ouers wat te eniger tyd na sy geboorte met mekaar in die huwelik tree, al kon sy ouers ten tyde van sy verwekking of

Page 20: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

geboorte nie wettig met mekaar trou nie , vanaf datum van die huwelik in alle opsigte die wettige kind van sy ouers.”

• Deur voorskrif van owerheid ( legitimatio per rescription principus): in die gemenereg kon die hof ‘n bevel gee waarvolgens ‘n buite-egtelike kind binne-egtelik verklaar kan word. In Potgieter v Bellingan is beslis dat hierdie metode van wettiging nie meer in ons reg bestaan nie aangesien dit in onbruik verval het. Dit moet egter in gedagte gehou word dat die hof nie ‘n algemene bevoegdheid he tom buite-egtelike kinders binne-egtelik te verklaar nie. Dit kan net gedoen word in ‘ngeval van ‘n putatiewe huwelik en is dan net verklarend omdat kinders wat in ‘n putatiewe huwelik gebore is in elk geval binne-egtelik is.

• Wettiging deur aanneming: ‘n Kind kan ook deur aanneming gewettig word.

STUDIE-EENHEID 12 1. Verduidelik watter vlak van verstandelike ontwikkeling vereis word voordat ‘n persoon handelingsbevoegdheid kan hê. Die reg se standpunt is dat persone se regshandelinge van hulle wilsuitinge afhanklik is. Dit is daarom wenslik dat persone net handelingsbevoeg behoort te wees as hulle oor ‘n redelike begrip en oordeel beskik. Die persoon moet instaat wees om die aard, strekking en gevolge van hulle optrede te besef voordat die reg aan hulle die bevoegdheid verleen om regshandelinge aan te gaan. 2. Verduidelik hoekom ‘n jeugdige persoon se handelingsbevoegdheid beperk word. Ouderdom het ‘n groot invloed op ‘n persoon se oordeelsvermoe en daarom stel die reg die ouderdom van 21 jaar vas vir die verkryging van meerderjarigheid. Die reg huldig die standpunt dat minderjariges voor die bereiking van die ouderdom nie die verstandelike ontwikkeling of ervaring het om aan regsverkeer deel te neem nie en dus nie handelingsbevoegd is nie. 3. Verduidelik hoe die grondwet van die RSA 108 van 1996 die regte van kinders beskerm. Alhoewel kinders kan aanspraak maak op die regte wat ingvolge die grondwet aan elke persoon toekom, maak artikel 28 van die Grondwet van RSA 108 van 1996 spesiaal voorsiening vir die beskerming van kinders.

• op ‘n naam en nasionaliteit vanaf geboorte • op gesins en ouerlike sorg, of gepaste alternatiewe sorg wanneer die kind uit

die gesinsomgewing weggeneem word • op basiese voiding, skuiling, gesondheidsorgdienste en maatskaplike dienste

Page 21: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

• om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik, en vernedering beskerm te word

• om teen uitbuitende arbeidspraktyke beskerm te word • om nie verplig of toegelaat te word om werk te verrig of dienste te lewer ne

wat – onvanpas is vir ‘n persoon van daardie kind se ouderdom, of ‘n risiko vir die kind se welsyn, opvoeding, liggaamlike of geestelike gesondheid of geestelike, morele of sosiale ontwikkeling inhou

• om nie aangehou te word nie, behalwe as laaste uitweg. Indien hy wel aangehou word – afsonderlik van ander gevangenes bo die ouderdom van 18 jaar aangehou te word en op ‘n wyse behandel word en in omstandighede aangehou te word wat met die kind se ouderdom rekening hou

• om op staatskoste in siviele verrigtinge deur die staat van ‘n regspraktisyn voorsien te word indien dit andersins tot wesenlike onreg sou lei

• om nie regstreeks in gewapende stryd gebruik te word nie en tydens gewapende stryd beskerm te word.

Artikel 28(2) vereis dat ‘n kind se beste belang deurslaggewend moet wees in elke aangeleentheid wat die kind raak. Artikel 9 van die grondwet verbied diskriminasie op grond van ouderdom, maar aangesien die oogmerk van die beperkings wat op minderjariges se bevoegdheid geplaas word, is om hulle te beskerm kom daardie beperkings nie neer op onbillike diskriminasie nie.

4. Begripsomskrywing Sien studiegids p 70

STUDIE-EENHEID 13 1. Omskryf die begrippe infans en minderjarige

• Infans - dit is ‘n persoon jonger as sewe jaar. • Minderjarige - dit is ‘n persoon onder die ouderdom van 21 jaar . In ons reg is 21

jaar die meerderjarigheidsouderdom. 2. Verduidelik die volgende regsbeginsels wat handel oor die infans se

• Handelingsbevoegdheid - ‘n infans is volkome handelingsonbevoeg en kan geen regshandeling en selfs ‘n ooreenkoms waaruit sy net regte en geen verplilgtinge opdoen aangaan nie. ‘n Infans kan selfs nie met die bystand van haar ouer / voog ‘n regshandeling aangaan nie maar haar ouers of voog moet namens haar optree. Die reg heg geen regsgevogen aan die wilsuitinge van ‘n infans nie.

• Deliktuele en strafregtelike aanspreeklikheid - ‘n Infans is geheel en al ontoerekeningsvatbaar en kan nie deliktuele of strafregtelike aanspreeklikheid opdoen wat op skuld gebaseer is nie. Sy kan wel deliktuele aanspreeklikheid opdoen waar skuld nie ‘n vereiste nie bv. Waar sy die eienaar van ‘n huisdier is wat skade aanrig. Sy ka nook middelike aanspreeklikheid opdoen waar haar dienaar in die uitvoering van haar plilgte ‘n delik pleeg. Die infans kan

Page 22: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

aanspreeklik wees vir op grond van onregverdige verryking en negotiorum gestio omdat hierdie vorm van aanspreeklikheid ex lege ontstaan en handelingsbevoegdheid nie ‘n vereiste is nie.

• Verskyningsbevoegdheid. – ‘n infans het geen verskyningsbevoegdheid nie en haar ouer / voog moet namens haar aan gedingvoering deelneem.

STUDIE-EENHEID 14 1. Verduidelik die algemene beginsels wat handel oor die kontrakteer bevoegdheid van die minderjarige.

• In die algemeen gestel kan ‘n minderjarige nie kontraktuele aanspreeklikheid opdoen as hy nie die bystand van sy ouer of voog tydens die sluit van die kontrak gehad het nie.

• Hy kan egter sonder die bystand van sy ouer of voog ‘n kontrak aangaan waardeur hy sy posisie verbeter soalank hy nie verpligtinge op hom neem nie. Voog se toestemming is dus nie nodig waar die minderjarige ‘n kontrak aangaan waarvolgens net die ander party verpligtinge op doen en hy net regte verkry nie.

• Waar die minderjarige sonder die bystand van sy voog ‘n kontrak aangaan waarvolgens hy verpligtinge opdoen is hy nie op grond van die kontrak aanspreeklik nie- dit gee aanleiding tot ‘n natuurlike verbintenis (naturalis obligation) – d.w.s ‘n onafdwinbare verbintenis. Die verbintenis waarvolgens die meerderjarige verplig is om te presteer is ‘n burgerlike verbintenis (civilis obligation) – d.w.s afdwinbare verbintenis. Die minderjarige is nie ex contractu verplig om te presteer nie maar die ander party wel.

• Waar die minderjarige sonder bystand van sy voog ‘n kontrak sluit, moet die voo besluit of die minderjarige die kontrak moet repudieer of uitvoer. Die ander partyhet geen keuse nie en moet volgens die voog se besluit optree.

• Die natuurlike verbintenis van die minderjarige is verder voldoende om as voorwerp van borgkantrak te dien.

• ‘n Minderjarige wat presteer het ingevolge ‘n kontrak wat hy sonder die bystand van sy voog aangegaan het, kan dit wat hy presteer het, terugvorder. In die geval van ander sake as geld kan hy dit met rei vindicatio terugvorder en in dei geval van geld met condictio.

• Die kontrak wat die minderjarige aangaan sonder die nodige bystand is nie teen hom afdwingbaar nie en daarom is dit nie nodig vir hom om restitio in integrum aan te vrae nie.

2. Noem die drie statutêre uitsonderings op die reel dat die minderjarige nie sonder die bystand van sy of haar voog kontraktuele aanspreeklikheid kan opdoen nie,

• ‘n Minderjarige wat die ouderdom van 18 jaar bereik het kan sonder bystand van sy voog ‘n lewenspolis sluit,wysig en daarmee handelen die premies betaal wat kragtens die polis betaalbaar is. Enige gelde wat kragtens die polis betaalbaar

Page 23: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

word moet aan die minderjarige self betaal word en hy daarmee handel na goeddunke.

• ‘n Minderjarige bo die ouderdom van 16 jaar kan ‘n deposant by ‘n onderlinge bank wees tensy die artikels van die bank anders bepaal. Hy het al die voorregte en verpligtinge van ‘n lid of deposant behalwe hy kan nie ‘namp in die bank mag beklee nie.

• Deposito’s op die naam van ‘n minderjarige in die posspaarbank of nasionale spaarsertifikate ten gunste van hom uitgereik, mag in alla opsigte asof hy meerderjarig was aan die minderjarige utibetaal word nadat hy die ouderdom van 7 jaar bereik het.

STUDIE-EENHEID 15 1. Verduidelik wat exeptio non adimpleti contractus is Dit is ‘n regsmiddel wat ‘n party by ‘n wederkerige kontrak kan gebruik as remedie as hy /sy deur die ander party tot prestasie aangespreek word sonder dat lg self presteer het of prestasie aanbied, mits die partye ooreengekom het om gelykertyd te presteer of die party wat prestasie eis voor die ander party moes presteer. Indien partye nie ooreengekom het oor wanneer hulle moet presteer nie, moet hulle gelyktydig presteer. 2. Verduidelik hoe die remedie exeptio non adimpleti contractus werk by kontrakte tussen minderjariges wat sonder bystand opgetree het en meerderjariges Hierdie remedie kan in sekere gevalle ook deur ‘n meerderjarige gebruik word wat met ‘n minderjarige sonder bystand gekontrakteer het. Indien die minderjarige prestasie eis van die meerderjarige sonder om self te presteer of prestasie aan te bied, kan die meerderjarige weier om te presteer, mits die minderjarige ingevolge die kontrak voor of op dieselfde tyd as die meerderjarige moes presteer. (Vb p 80 studiegids). As kontraktueel nie oor die tudstip van prestasie ooreengekom is nie, moet die partye gelyktydig presteer.

3. Verduidelik wat die posisie is by kontrakte waar ‘n minderjarige valslik

voorgegee het dat hy /sy bevoeg is om die kontrak te sluit, terwyl hy dit inderdaad nie is nie, en die ander persoon op grond van die wanvoorstelling met hom / haar gekontrakteer het ( moet kan aantoon dat die minderjarige nie kontraktueel aanspreeklik kan wees nie, maar dat hy deliktueel aanspreeklik behoort te wees.

Die algemeen-geldende standpunt is dat n minderjarige wat n wanvoorstelling t.o.v. sy meerderjarigheid gemaak het, aanspreeklik gehou kan word. Daar is nie eenstemmigheid oor die gronde vir sy aanspreeklikheid nie. Twee standpunte – aanspreeklik op grond van

Page 24: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

��die kontrak wat hy gesluit het (kontraktueel) ��die onregmatige daad van sy wanvoorstelling (deliktueel)

Mening dat die bedrieglike minderjarige kontraktueel aanspreeklik is (motivering en kritiek) Voorstanders motiveer as volg:

��Romeins-Hollandse skrywers weier om restitutio in integrum toe te staan aan minderjariges wat wanvoorstelling gemaak het. Aangesien restitutio in integrum n geldige kontrak veronderstel, redeneer die voorstanders van die standpung dat

die kontrak wat die minderjarige aangegaan het, geldig is en dat minderjarige daaraan gebind moet word. [KRITIEK: n Kontrak van n minderjarige bind hom nie. Minderjarige het dus nie restitium in integrum nodig nie. Hy kan teruggawe eis dmv rei vindicatio (waar goedere ter sprake is) of condictio (waar geld ter sprake is]

��Ander voorstanders steun op die beginsel van estoppel. Hiervolgens word die minderjarige gebonde gehou aan die wanvoorstelling wat gemaak is. [KRITIEK: (a) Sodanige aanspreeklikheid sou die doel (beskerming) van die beperking van minderjarige se handelingsbevoegdheid verydel. (b) Aanspreeklikheid sou verder beteken dat minderjarig ineffek sy status kan verander deur wanvoorstelling en so volle handelingsbevoegdheid kan verkry.

Mening dat minderjarige deliktueel aanspreeklik is Cronje en Heaton meen aanspreeklikheid op deliktuele gronde is meer aanvaarbaar – minste kritiek kan hierteen ingebring word. Deliktuele aanspreeklikheid hou nie verband met aanspreeklikheid op grond van die kontrak nie, maar is aanspreeklikheid op grond van die delik/ onregmatige daad wat gepleeg is. Hiervolgens sal die minderjarige slegs aanspreeklik wees indien:

��die minderjarige n bedrieglike wanvoorstelling oor sy meerderjarigheid gemak het

��die ander party deur die wanvoorstelling oorreed is om die kontrak aan te gaan ��die ander party skade gely het agv die wanvoorstelling ��die ander party kan aantoon dat enige redelike persoon ook sou geglo het dat die

minderjarige kontrakteerbevoegdheid het

STUDIE-EENHEID 16

1. Verduidelik wat ongeregverdige verryking is Persoon (A) word onregverdig verryk ten koste van ‘n ander (B) as hy of sy (A) ‘n vermoënsregtelike voordeel behaal (d.w.s. as die waarde van sy of haar boedel vergroot word) ten koste van ‘n ander persoon (B) sonder dat daar ‘n erkende regsgrond bestaan wat die oordrag van die voordeel regverdig.

Page 25: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

2. Verduidelik hoe die remedie (ongeregverdigde verryking) werk by kontrakte tussen minderjariges wat sonder bystand opgetree het en meerderjariges. In geval van ongeregverdigde verryking verplig die reg die ontvanger om die bedrag waarmee sy boedel vergroot is, aan die benadeelde terug te gee. Dit word ook toegepas waar n minderjarige sonder toestemming met n meerderjarige kontrakteer. Indien die meerderjarige reeds ingevolge die kontrak gepresteer het en die minderjarige weier om sy prestasie nat ekom, is die minderjarige ten koste van die meerderjarige verryk. Dan kan die minderjarige op grond van ongeregverdigde verryking aangespreek word vir die terugbetaling van die bedrag waarmee hy verryk is. 3. Hoe word die bedrag bereken waarmee die minderjarige se boedel verryk is waar die minderjarige sonder toestemming n kontrak aangegaan het, en die ander party reeds presteer het? Die volgende 5 beginsels geld:

a) Tydstip waarop die berekening gebaseer word, is oomblik wanneer die ander party sy eis instel, dws litis contestatio.

b) Die bedrag waarmee die minderjarige se boedel vergroot is word bereken.

Kontrakprys word geignoreer en werklike waarde word bereken. c) Bedrag waarmee ander party se boedel verklein is word bereken. Kontrakprys

word geignoreer en werklike waarde word bereken. d) Die minderjarige is aanspreeklik vir die kleinste van bg twee bedrae. e) In geval waar minderjarige die prestasie verloor het, dit in waarde verminder het,

of die saak verkoop is, geld die volgende: i. Verloor of gesteel >> ander party is op niks geregtig nie

ii. As prestasie se waarde verminder het >> net aanspreeklik vir verminderde waarde

iii. As verkoop het voor litis contestatio >> aanspreeklik vir koopprys afhangend hoe dit aangewend is

o koopsom op datum van litis contestatio nog in besit >> aanspreeklik vir soveel van koopsom as wat oor is

o Opbrengs gebruik vir noodsaaklike behoeftes, nl kos, klere en verblyf >> aanspreeklik vir koopprys van noodsaaklike items al het niks daarvan oorgebly.

o Opbrengs gebruik vir koop van luukse artikels >> net aanspreeklik vir waarde van artikels sover hulle behoue gebly het.

4. Toepassing op feitestel – kyk na bl 91

Page 26: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

5. Verduidelik hoe minderjarige se ouers moontlik op grond van negotiorum gestio aanspreeklik kan wees teenoor n party wat met die minderjarige gekontrakteer het. Dit is ouers se plig om vir kinders te sorg. As kinders in afwesigheid van die ouers onkoste vir noodsaaklikhede aangaan, kan ouers op grond van negotiorum gestion teenoor die ander party aanspreeklik gehou word. 6. Wat is die benefit-teorie? In Nel v Divine Hall & Co (1890) het die hof beslis dat sodra n kontrak in die geheel gesien tot n minderjarige se voordeel is, die minderjarige kontraktueel aanspreeklik is. Die siening is redelik konsekwent deur ons howe gevolg. Die korrekte standpunt is dat die minderjarige nie kontraktueel aanspreeklik is nie, ongeag of die kontrak vir hom voordelig is of nie. Die minderjarige kan wel ex lege (deur regswerking) aanspreeklik wees vir die bedrag waarmee hy verryk is.

STUDIE-EENHEID 17 1. Verduidelik op watter maniere die minderjarige se voog hom kan bystaan by kontraksluiting. Bystand deur die voog kan op twee wyses geskied

• Die voog kan ‘n kontrak namens die minderjarige sluit wat beteken dat die minderjarige net soos ‘n meerderjarige ex contractu aanspreeklik is. Twee uitsonderings bestaan hier naamlik dat die voog nie ‘n kontrak van baie persoonlike aard bv. ‘n huweliksvoorwaardekontrak kan sluit nie en ook nie ‘n kontrak wat in werking sal tree nadat die minderjarige meerderjarig word nie.

• Tweedens kan die minderjarige ‘n kontrak self sluit met die toestemming van sy voog of die voog kan die ooreenkoms na sluiting ratifiseer. Die voog se toestemming kan uitdruklik of stilswyend gegee word. Indien die voog weet van ‘n ooreekoms wat die minderjarige gesluit het en geen beswaar uiter nie kan aanvaar word dat hy dit stilswyend goedkeur. Die voog hoef ook nie kennis te dra van elke afsonderlike beding van die kontrak nie maar moet kennis dra van die aard van die kontrak asook die wesenlike bedinge daarvan.

2. Wat is die effek van kontrakte wat die minderjarige met sy voog se bystand aangaan ? Die minderjarige sal net soos ‘n meerderjarige ex contractu aanspreeklik wees. 3. Verduidelik hoe ‘n minderjarige moontlik ‘n kontrak wat hy of sy sonder bystand gesluit het, kan ratifiseer en wat die effek van ratifikasie is. ‘n Minderjarige kan na mondigwording ‘n kontrak wat sonder bystand van ‘n voog gesluit is ratifiseer, wat tot gevolg het dat die kontrak terugwerkend volkome geldig is.

Page 27: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

Ratifikasie kan uitdruklik of stilswyend geskied. ‘n Voog kan ook ‘n kontrak wat aanvanlik sonder bystand deur die minderjarige aangegaan is ratifiseer met die gevolg dat die kontrak terugwerkend geldig is. ‘n Uitsondering hierop is ‘n huweliksvoorwaardekontrak wat nie na mondigwording deur die minderjarige of die voog geratifiseer kan word nie, maar wat nietig bly.

4.Verduidelik in watter omstandighede die minderjarige se voog persoonlik (kontraktueel) aanspreeklik sal wees teenoor die party met wie die minderjarige sonder bystand gekontrakteer het. As die voog as voog optree doen hy normaalweg geen persoonlike aanspreeklikheid op nie. Die voog kan op twee wyses aanspreeklikheid opdoen

• Indien die minderjarige as verteenwoordiger van die voog sou optree of as hy ‘n kontrak wat deur die minderjarige as sy verteenwoordiger gesluit sou ratifiseer.

• Indien die voog die minderjarige se optrede gewaarborg het of as hy daarvoor borg gestaan het.

• Op grond van negotiorum gestio kan n voog/ ouer aanspreeklik wees as n ander

party noodsaaklike lewensbehoeftes aan die minderjarige voorsien het . Dit is egter nie kontraktuele aanspreeklikheid nie, maar kwasi-kontraktuele aanspreeklikheid.

STUDIE-EENHEID 18 1.Verduidelik wat restitutio in integrum is. Restitution in integrum is ‘n buitengewone regsmiddel waardeur ‘ n minderjarige wat met bystand van die voog gekontrakteer het van die verpligtinge / aanspreeklikheid van die kontrak kan ontkom indien die kontrak by sluiting daarvan tot sy nadeel was. Restitutio beteken dat elke party dit wat hy ingevolge die kontrak van die ander party ontvang het moet teruggee. Restitutio in integrum = herstel in vorige toestand. Restitutio kan ook aangevrae word in gevalle waar die minderjarige sonder bystand gehandel het en die voog die kontrak later geratifiseer het. 2. Noem die 2 vereistes vir restitutio in integrum

o Die minderjarige moes die kontrak met bystand gesluit het, of die voog moes dit namens hom gesluit het

o Kontrak moes tydens sluiting daarvan tot nadeel van die minderjarige wees (nadeligheid op latere stadium is irrelevant.)

3. In watter gevalle kan restitutio in integrum nie deur minderjargie aangevra word nie?

o As minderjarige hom op bedrieglike wyse as meerderjarige voordoen o Om verpligtinge van huwelik te ontduik

Page 28: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

o As hy meerderjarig verklaar is ingevolge Wet op Meerderjarigheidsouderdom van 1972

o As hy kontrak na mondigwording uitdruklik of stilswyend geratifiseer het 4. Kan n geemansipeerde minderjarige restitutio in integrum verkry? Dit is onseker, maar daar skyn geen rede te wees hoekom nie. 5. Wie kan restitusie aanvra?

o Voor mondigwording kan die minderjarige self met bystand van die voog restitusie aanvra, of die voog kan dit namens hom doen.

o As die voog dit nie doen nie, kan n curator ad litem aangestel word om die minderjarige by die geding by te staan.

o Na mondigwording kan die minderjarige self die aksie instel met inagneming van die verjaring van sy eis.

6. Wanneer verjaar hierdie remedie? Op die meeste drie jaar, op die minste een jaar na minderjarige meerderjarig geword het. 7. Wat kan by hierdie remedie teruggevorder word? Die doel is om die partye in posisie te plaas waarin hulle voor die kontraksluiting sou wees. Elkeen geen dus terug wat hy ingevolge die kontrak ontvang het, plus die opbrengs of n deel daarvan. Ander party word ook vergoed vir verliese gely agv die sluiting van die kontrak. 8. Verduidelik hoe restitution in integrum werk by die minderjarige se kontrak Om van hierdie remedie gebruik gemaak moet daar aan twee vereistes voldoen word nl

• die kontrak moes met die bystand van die voog gesluit gewees het of die voog moes dit namens die minderjarige gesluit het;

• tydens sluiting van die kontrak moes dit tot nadeel van die minderjarige gewees het.

Die doel van die restitusie is om die status quo ante te herstel met die gevolg dat die partye dit wat hulle presteer het, met opbrengs, moet terughandig aan die ander party. Minderjarige kan self met bystand van die voog restitusie aanvra voordat hy mondig is of die voog kan dit namens hom doen. Die minderjarige kan ook wag tot hy meerderjarig is en dan self restitusie aanvrae maar moet dan rekening hou met verjaring van die eis. Dit kan op die langste na 3 jaar en op die kortste na 1 jaar plaasvind nadat hy meerderjarig geword het.

STUDIE-EENHEID 19

Page 29: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

1. Hoe beïnvloed ouderdom ‘n minderjarige se bevoegdheid om ander ooreenkomste as kontrakte aan te gaan

• Die beginsel dat ‘n minderjarige sonder sy voog se toestemming sy posisie kan verbeter, maar nie verswak nie geld ook vir ander ooreenkomste.

• Minderjarige kan ‘n geldige ooreenkoms met ‘n ander persoon aangaan waarvolgens die minderjarige se skuld gedelg word, maar die minderjarige kan nie sonder bystand ‘n ooreenkoms aangaan wat die ander persoon se skuld teenoor die minderjarige uitwis nie.

• Minderjarige kan nie sonder bystand van sy voog aan sy skuld voldoen nie, indien hy wel presteer het, kan hy dit wat hy presteer het terugvorder.

• Waar minderjarige by aangaan van n kontrak die bystand van sy voog gehad het, en dan sonder bystand aan die kontrak voldoen, kan hy nie prestasie terugeis nie (voog het ook stilswyend toegestem tot voldoening)

• ‘n Party wat met ‘n minderjarige kontrakteer kan nie geldig teenoor die minderjarige voldoen as lg nie deur sy voog bygestaan is nie. (Minderjarige mag op grond van ongeregverdigde verryking aanspreeklik wees.)

• ‘n Saaklike ooreenkoms waardeur ‘n reg aan ‘n minderjarige oorgedra word is geldig, maar ‘n saaklike ooreenkoms waardeur ‘n minderjarige aan ‘n ander persoon n reg oordra, is nie geldig sonder die bystand van sy voog nie.

• ‘n Huweliksvoorwaardekontrak wat ‘n minderjarige sonder bystand van sy voog aangaan is nie geldig nie.

2. Hoe beïnvloed ouderdom ‘n persoon se bevoegdheid om ‘n testament op te stel. Enige persoon wat 16 jaar en ouer is kan ‘n testament opstel en daarin oor sy goed beskik. ‘n Getuie tot ‘n testament moet ten minste 14 jaar oud wees. 3. Watter invloed het ‘n persoon se ouderdom op sy bevoegdheid om in die huwelik te tree?

• Minderjariges het gewoonlik albei ouers se toestemming nodig om in die huwelik te tree (indien albei nog leef), tensy die hof anders gelas of voogdyskap aan slegs een toegeken is. Weeskind moet voog se toestemming verkry.

• Minister van Binnelandse sake: sy toestemming is nodig vir o seun onder 18 o dogter onder 15 o Algemene mening is dat kinders onder puberteitsouderdom nie kan trou…

Hy kan net toestemming gee tov seuns 14-18 en dogters 12-15. • Kommissaris van Kindersorg: sy toestemming is nodig waar

o een of albei ouers v minderjarige afwesig is o een of albei geestesongesteld is o nie handelingsbevoeg is om toestemming te verleen nie

Page 30: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

Kommissaris stel ook vas of huweliksvoorwaardekontrak in belang van minderjarige sal wees – verleen bystand by aangaan van kontrak.

• Hoë hof: Word genader wanneer: o die Kommissaris toestemming weier o indien ouer of voog toestemming weier (hof kan toestemming verleen as

hy meen ouer weier sonder rede of weiering is nie in belang van minderjarige.) Hof kan ook besonder huweliksgoedere bedeling beveel.

• Minderjarige wat voorheen getroud was, benodig geen toestemming nie.

4. Watter gevolge het die nie-verkryging van toestemming tot n huwelik? • Minister van Binnelandse sake: indien sy toestemming nodig was en nie verkry is

> huwelik nietig. (In sekere omstandighede kan minister huwelik ex post facto geldig verklaar.)

• Kommissaris van Kindersorg/ ouers/ voogde se toestemming: die huwelik is nie nietig nie maar kan nietig verklaar word deur hof op aansoek van die volgende:

o ouers of voog van minderjarige voor bereiking van meerderjarigheid of binne ses weke vandat ouers/ voog van huwelik bewus geword het

o minderjarige self voor bereiking van meerderjarigheid of binne 3 maande • Waar huwelik agv gebrek aan toestemming ontbind word, het hof bevoegdheid

om mbt verdeling van huweliksgoed enige bevel te gee wat dit billik ag. • Waar huwelik sonder toestemming nie ontbind word, is vermoënsregtelike

gevolge dieselfde as wanneer minderjarige meerderjarig sou wees, en enige huweliksvoorwaardekontrak waarby aanwasbedeling ingesluit is, word geldig geag.

5. Watter beperkings bestaan op ampte wat ‘n minderjarige mag beklee?

• Direkteur van ‘n maatskappy / onderlinge bank - NEE • Kurator van’n insolvente boedel wees - NEE • Voog van n ander persoon – NEE, behalwe getroude minderjarige wat wat

natuurlike voog van haar binne-egtelike kinders is • Eksekuteur van n bestorwe boedel – NEE • Verteenwoordiger van n ander persoon – JA, verteenwoordig nie homself, maar

sy prinsipaal • Geëmansipeerder minderjarige – NEE, emansipasie hef nie minderjarigheid op

nie. • Minderjarigheid beïndig deur die Wet op Meerderjarigheidsouderdom 57 van

1972 - JA, kan bg. ampte beklee.

6. Is minderjariges aanspreeklik vir misdade en delikte deur hulle gepleeg ?

Page 31: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

• Die grondslag van en belangrikste vereiste vir skuld is toerekeningsvatbaarheid (= bevoegdheid om skuld te hê.) Onderskei van handelingsbevoegdheid (die bevoegdheid om geldige regshandelinge aan te gaan) en verskyningsbevoegdheid.

• Skuld kan net aan minderjariges bo die ouderdom van 7 jaar toegereken word. • Persoon kan net toerekeningsvatbaar wees as hy

o tussen reg en verkeerd kan onderskei en o sy optrede ooreenkomstig daardie insigte kan inrig.

• 7-14 jariges: weerlegbare vermoede van ontoerekeningsvatbaarheid • 14-21 jaar: weerlegbare vermoede van toerekeningsvat baarheid.

Let Wel: vir sowel delikte (onregmatige daad) as misdaad word dit as vereiste gestel dat die pleger skuld moet hê. Minderjariges kan net aanspreeklik wees in soverre hulle dus skuld kan hê (toerekeningsvatbaar kan wees) tov delikte en misdade.

7. Wat is die regsposisie mbt tot die verskyningsbevoegdheid van ‘n minderjarige ?

• In die algemeen word aanvaar ‘n minderjarige het geen locus standi in iudicio nie. Dis nie heeltemal waar nie, aangesien n minderjarige wel beperkte verskyningsbevoegdheid het in siviele sake.

o (Locus standi in iudicio = bevoegdheid om gedingparty in siviele saak te wees.)

o Minderjarige kan dus self dagvaar of gedagvaar word met voog se bystand of voog kan saak namens hom hanteer.

o Indien hy geen vog het, stel hof curator ad litem aan. • Uitsondering waar minderjarige volkome verskyningsbevoeg is:

o wanneer die hof aan minderjarige venia agendi (= verlof om n geding te voer) verleen. Word slegs verleen aan minderjariges met gevorderde graad van verstandelike ontwikkeling.

Bg is van toepassing op siviele sake. Minderjarige kan strafregtelik aangekla word sonder bystand van voog. Voog moet egter by hofverrigtinge teenwoordig wees as kind jonger as 18 is.

STUDIE-EENHEID 20 1. Beskryf die begrip “mondig” en “onmondig”

• Mondig – dit dui ‘n persoon aan wat reeds volle handelingsbevoegdheid verkry het, hetsy deur bereiking van voorgeskrewe ouderdom of een van die die ander wyses bv. Meerderjarigheidsverklaring of huweliksluiting.

• Onmondig – is ‘n persoon onder die ouderdom van 21 jaar wat nog nie volle handelingsbevoegdheid verkry het nie. (Onmondige persoon is dus altyd minderjarig, terwyl n mondige persoon nie noodwendig meerderjarig is nie.)

Page 32: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

2. Verduidelik hoe onmondigheid deur bereiking van die voorgeskrewe ouderdom beëindig word.

o Die verkryging van meerderjarigheid is deur wetgewing vir albei geslagte op 21 jaar gestel.

o Meerderjarigeheid neem ‘n aanvang aan die begin van die dag wat ‘n persoon 21 jaar oud word. Indien dit tot die minderjarige se voordeel is kan dit uitgestel word tot op die moment in die dag wat ooreenstem met die presiese tydstip van geboorte. Dit word betwyfel of hierdie reël enige aanwending in die praktyk het.

3. Verduidelik hoe onmondigheid deur huweliksluiting beëindig word.

o ‘n Persoon wat voor hy 21 jaar oud is ‘n geldige huwelik sluit, word as gevolg daarvan vir alle doeleindes mondig. Sou die huwelik om enige rede, egskeiding / dood beëindig word, herleef onmondigheid nie weer nie.

o ‘n Nietige huwelik beëindig nie die minderjarigheid van ‘n persoon nie en

nietigverklaring van ‘n vernietigbare huwelik herstel die beperkte handelingsbevoegdheid van die partye met terugwerkende krag.

4. Die begrippe venia aetatis en “ontslag uit voogdy” te omskryf, tussen die twee regsfigure te onderskei en te verduidelik of hierdie regsfigure nog deel vorm van ons reg.

• Venia aetatis – volgens die gemenereg kon die staatshoof aan ‘n minderjarige die vergunning verleen om as meerderjarige op te tree asof hy regtens mondig was met die uitsondering dat hy nie sy onroerende goed kon vervreem of met ‘n verband beswaar nie. Hierdie regsfiguur is slegs in die Vrystaatse Republiek toegepas in 1902 maar is intussen herroep. Daar is nog nooit beslis of hierdie vergunning deur die staatshoof in die moderne reg in onbruik geraak het nie.

• “ontslag uit voogdy” - aangesien ‘n behoefte ontstaan het dat

handelingsbevoegdheid aan ‘n onmondige verleen word, het die Kaapse howe bevele uitgereik waarvolgens sogenaamde ontslag uit voogdy toegeken is – die effek hiervan was min of meer dieselfde as venia aetatis

5. Dui aan of die wet op Meerderjarigheidsouderdom 57 van 1972 hierdie twee regsfigure vervang het. Alhoewel die Wet op Meerderjarigheidsouderdom 57 van 1972 venia aetatis en “ontslag uit voogdy” nie uitdruklik afskaf nie, word aan die hand gedoen dat verklaring van minderjarige tot meerderjarige nie meer volgens hierdie praktykte gedoen word nie maar dat dit vervang is deur toepassing van die Wet op Meerderjarigheidsouderdom se bepalings.

Page 33: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

6. Bespreek meerderjarigverklaring ingevolge Wet 57 van 1972 volledig met verwysing na gesag Enige persoon wat die ouderdom van 18 jaar bereik het kan by die hoë hof aansoek doen om meerderjarig verklaar te word. Aansoek moet in vorm van kennisgewing van mosie wees en vergesel van ‘n beëdigde verklaring waarin volgende vermeld word:

• volle name, gewone verblyfplek, geboortedatum; • besonderhede rakende gedrag, verstandelike ontwikkeling, en sakevernuf van

applikant; • of aansoeker by sy ouers woon en of hy van voornemens is om daar te bly woon; • of die aansoek deur die ouers / voog gesteun word; • besonderhede van enige onroerende goed waarvan die aansoeker die eienaar is of

sal word; • volle besonderhede van roerende of onroerende goed waarvan die aansoeker

ieienaar is en wat onderworpe is aan ‘n fideikommis , vruggebruik of soortgelyke reg, of wat ten tyde van die aansoek onder die beheer van die meester, ‘n voog, curator, oof ‘n administrateur is;

• enige ander tersaaklike inligting wat die hof instaat sal stel om te oordeel of dit in belang van die aansoeker is om die aansoek toe te staan.

Die effek van die meerderjarigheidsverklaring is dat die persoon vir alle doeleindes geag die meerderjarigheidsouderdom bereik het. Hof kan dus nie n voorwaardelike bevel uitreik nie – word of toegestaan of geweier. Dit wet bevat nie kriteria wat die hof moet aanwend in die uitoefening van sy diskresie nie, maar dit word algemeen aanvaar dat die belange van minderjarige die basis moet vorm van gronde waarop hof beslis. Slegs 2 aansoeke is sedert die inwerkingtreding van die wet gerapporteer. Albei is van die hand gewys. In Ex parte Botes meld Flemming R dat iets meer as om te bewys dat die minderjarige verantwoordelik is en instaat is om sy eie sake te hanteer benodig word om ‘n meerderjarigheidsverklaring te maak. Dit is bedoel om in gevalle waar die handhawing van die normale maatstawwe van meerderjarigheid onreg en benadeling vir die bepaalde persoon sou veroorsaak boorkomende verligting te verleen. Ook in Ex parte Smith is die aansoek van die hand gewys omrede daar geen omstandighede bestaan wat tot die aansoeker se nadeel sou wees sou die aansoek nie goedgekeur word nie.

STUDIE-EENHEID 21 1.Wat is emansipasie ? Emansipasie is wanneer ‘n minderjarige bevoegdheid van sy voog ontvang om onafhanklik te kontrakteer. Dit vind plaas as die minderjarige as ‘n ekonomiese selfstandige persoon aan die handelsverkeer deelneem. In geval van emansipasie stem n

Page 34: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

voog toe tot die minderjarige se deelname aan n bepaalde klas regshandelinge. Die minderjarige verkry dan aanspreeklikheid nes n meerderjarige. 2. Wat is die verskil tussen uitdruklike en stilswyende emansipasie ?

• Uitdruklike emansipasie verwys na die verklaring wat die ouer/ voog in die verlede voor die hof afgelê het dat die kind van ouerlike gesag bevry word. Dit is later deur venia aetatis vervang.

• Stilswyende emansipasie vind plaas wanneer die minderjarige weg van sy ouers woon en eie onderneming bestuur het. Stilswyende emansipasie kan ook uitdruklik of stilswyend geskied.

3. Watter omstandighede word deur die hof in ag geneem om te beslis of ‘n minderjarige in ‘n gegewe geval geëmanispeer is ?

Volgende omstandighede sal in ag geneem word deur die hof.

• Of die minderjarige op sy eie woon en onderneming bestuur; • Ouderdom; • Verhouding tussen die minderjarige en die voog; • Aard van die beroep; • Hoe lank hy al die beroep beoefen.

6. Wie moet tot die emansipasie van die minderjarige toestem ?

a. Vader volgens die gemenereg; b. Die moeder van ‘n minderjarige buite-egtelike kind; c. Moeder, waar sy uitsluitlike voogdyskap het of na dood van vader d. Waar die moeder bewaring van die kind toegeken is maar die vader het

voogdyskap moet die vader toestem; e. Die Wet op Voogdy 192 van 1993 bepaal nie uitdruklik dat ‘n moeder die

bevoegdheid he tom haar binne-egtelike kind te emansipeer nie, maar artikel 1(1) van die wet bepaal dat ‘n vrou die voog is van haar binne-egtelike kind en dat sodanige voogdy gelykwaardig is aan die wat ‘n vader kragtens die gemenereg het ten aansien van sy minderjarige kinders. Dit wil dus voorkom of die moeder ook emansipasie aan haar kinders kan verleen. Of een ouer alleen emansipasie kan verleen, is nog nie duidelik nie.

f. Wettige voog as minderjarige geen ouers het nie 5. Die effek van emansipasie op die minderjarige se handelingsbevoegdheid Emansipasie kan n tweërlei effek hê. Die minderjarige kan geëmansipeer wees

o wat alle kontrakte aangaan > as die ouer/ voog hom “complete freedom of action” gegee het

o slegs tov kontrakte wat met die beroep of besigheid verband hou

Page 35: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

Die mate van onafhanklikheid wat die minderjarige verkry hang in ieder geval af van al die omstandighede van die geval.

6. Beëindig emansipasie onmondigheid heeltemal? In die gemenereg was emansipasie n wyse van beëindiging van onmondigheid. Vandag is dit nie die geval nie. Die enigste gevolg van emansipasie is dat die minderjarige onafhanklik kan kontrakteer.Sy is bv. nie bvoeg om sonder toestemming te trou of om onroerende goed te vervreem of te beswaar nie. 7. Kan ‘n geëmasipeerde minderjarige op restitution integrum aanspraak maak? Geen eenstemmigheid heers nie oor hierdie vraag nie. Aangesien restitution verleen word aan ‘n minderjarige wat sonder sy voog gekontrakteer het, skyn daar nie rede te wees hoekom dit nie aan die geëmansipeerde minderjarige verleen kan word nie.

5. Het ‘n geëmansipeerde verskyningsbevoegdheid ? Aangesien emansipasie nie onmondigheid beëindig nie, het die geëmansipeerde minderjarige nie verskyningsbevoegdeheid nie - kan dus nie sonder bystand litigeer nie. Dit word nietemin aanvaar dat n stilswyend geëmansipeerde minderjarige wel verskyningsbevoegdheid het.

6. Kan ‘n voog emansipasie herroep ? Sekerheid bestaan nie oor hierdie vraag nie. In Cohen v Sytner en Landman v Mienie word steun gebied vir die siening dat dit onherroeplik is maar die meer aanvaarbare standpunt is dat dit wel herroeplik is.

7. Het die wet op Meerderjarigheidouderdom 57 van 1972 stilswyende emansipasie afgeskaf ?

Hierdie vraag is onbeantwoord gelaat in Grand prix motors WP (pty)ltd v Swart maar aangesien emansipasie nie aan die minderjarige die status van ‘n meerderjarige verleen nie word aan die hand gedoen dat emansipasie nie deur die wet herroep is nie.

8. Op wie rus die bewyslas by stilswyende emansipasie ? Die onus om stilswyende emansipasie te bewys, rus op die persoon wat dit beweer.

STUDIE-EENHEID 22 1. Verduidelik hoe geestesongesteldheid n persoon se status beïnvloed.

Page 36: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

o n Geestesongestelde is volkome handelings- en verskyningsonbevoeg. o Verklaring van n persoon as geestesongestelde raak nie op sigself sy

handelingsbevoegdheid en aanspreeklikheid nie – dit hang af van sy geestestoestand op die gegewe tydstip. (Sertifisering is slegs belangrik sover dit bewyslas aangaan. Indien gesertifiseer word weerlegbaar vermoed dat hy geestesongesteld is. Indien nie gesertifiseer word weerlegbaar vermoed dat hy by sy volle verstand was toe regshandeling aangegaan is.)

o Huwelikke word nie outomaties beëindig deur geestesongesteldheid nie o n Ouer se geestesongesteldheid beëindig ook nie sondermeer sy ouerlike

gesag nie. o Hof kan n curator bonis aanstel om na goed van geestesongestelde

persoon om te sien en pasiënt se gebrek aan kontrakteer bevoegdheid aan te vul.

2. Hoe word “pasiënt” in Wet op Geestesongesteldheid 18 van 1973 omskryf?

n Pasiënt is iemand wat in so n mate geestesongesteld is dat dit noodsaaklik is dat hy aangehou, onder toesig gehou, beheer en behandel word, en ook iemand wat na vermoede of bewering in so n mate geestesongesteld is.

3. Hoe het die Hoogste Hof van Appel geestesongesteldheid beskryf? Gee gesag vir

jou antwoord. Volgens die HHA (Lange v Lange) is n persoon vir die doeleindes van privaatreg geestesongesteld as

��hy nie verstaan wat hy doen nie en nie die regsgevolge van sy dade besef nie ��as hy wel die aard en gevolge van sy handelinge besef, maar sy optrede

gemotiveer word deur delusies veroorsaak deur n geestesiekte.

4. Wat is die effek van n regshandeling wat n geestesongestelde tydens lucidum intervallum aangegaan het? Die regshandeling wat n geestesongestelde in n helder oomblik aangaan, is geldig en afdwingbaar.

5. Beskryf die prosedure wat gevolg word by verklaring van geestesongesteldheid

ingevolge Wet op Geestesgesondheid 18 van 1973 kortliks. Vrywillige pasiente:

o As superintendent van inrigting oortuig is dat pasiënt betekenis en omvang van onderwerping vir behandeling verstaan > beskou as vrywillige pasiënt – geen verdere aansoek nodig.

o As superintendent van inrigting oortuig is dat pasiënt NIE betekenis en omvang van onderwerping vir behandeling verstaan nie > voog, eggenoot, familielid, mediese praktisyn, kliniese sielkundige, maatskaplike werker, verpleegster, kan aansoek rig.

Page 37: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

Nie-vrywillige pasiënte o Enige persoon bo 18 wat glo dat die pasiënt in so mate geestesongesteld is dat

hy na inrigting verwys behoort te word, kan aansoek rig o Aansoek word gerig aan landdros of superintendent van n inrigting. o Superintendent kan pasiënt vir hoogstens 10 dae in inrigting opneem

waarbinnne hy aansoek na landdros moet verwys. o As Landdros aansoek ontvang:

��stel 2 mediese praktisyns aan om ondersoek in te stel ��mag verdere ondersoek gelas mbt pasiënt se geestesongesteldheid ��Indien bevind dat pasiënt opgeneem moet word, moet opnemingsbevel

uitreik wat hoogstens 42 dae geldig is. ��Superintendent van inrigting moet pasiënt ondersoek en binne 7 dae

verslag lewer aan prokureur-genl van provinsie wat nog n verdere verslag kan aanvra. (Prok-genl = amptelike curator ad litem van sulke pasiënte)

��Prok-genl stuur verslae aan regter van betrokke hoë hof ��Regter kan verdere aanhouding of ontslag van pasiënt gelas, of

aangeleentheid vir verhoor verwys, of curator bonis aanstel.

Aanmelding deur geneesheer/ polisiebeampte o Indien geneesheer oordeel iemand is so geestesongesond dat hy vir ander n

gevaar is, moet hy onverwyld skriftelik rapporteer an betrokke landros of n polisiebeampte.

��Polisiebeampte moet onverwyld by hof aansoek doen om opnamebevel ��Ook geldig wanneer beëdigde verklaring by landdros afgelê word tov

iemand wat in distrik ronddool en nie in staat is om vir homself te sorg nie, of gevaarlik is en geestesongesteld vermoed te wees.

6. Verduidelik hoe onvermoë om eie sake te behartig n persoon se handelings-bevoegdheid beïnvloed. Persone wat in onvermoë is om eie sake te behartig, is onder andere persone wat doofstom, blind, seniel, verlam of ernstig siek is. Ook persone wat verdwyn het maar ten opsigte van wie daar nog nie n vermoede van dood uitgespreek is nie. Die aanstel van n curator bonis bring nie mee dat die persoon sy handelingsbevoegdheid heeltemal kwyt is nie. Dit moet telkens aan hand van die omstandighede bepaal word of die persoon by die aangaan van die regshandeling werklik in staat was om sy eie sake te behartig. Indien die persoon op die gegewe oomblik fisies en geestelik daartoe in staat is, kan hy of sy n geldige regshandeling aangaan. Die kurator moet so n persoon slegs bystaan vir sover hy bystand benodig.

Page 38: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

7. Verduidelik hoe dronkenskap n persoon se handelingsbevoegdheid kan beïnvloed. Dronkenskap (nie net van alkohol nie, maar van enige verdowingsmiddel) kan tot tydelike verlies van n persoon se handelingsbevoegdheid lei. Graad van dronkenskap moet sodanig wees dat die betrokke persoon geen begrip gehad het van wat hy doen nie – moes nie bewus wees daarvan dat hy n regshandeling aangaan nie. n Regshandeling wat in hierdie omstandighede aangegaan word, is ab initio (van die begin) nietig en nie net vernietigbaar nie – kan ook nie later geratifiseer word nie. Bewyslas rus op die persoon wat dronkenskap beweer. n Peroon se handelingsbevoegdheid word net ge-affekteer so lank as wat hy dronk is. Hy mag aanspreeklik wees op grond van ongeregverdigde verryking, hoewel hy nie op grond van die transaksie gebonde sal wees nie.

8. Wat is n verkwister? n Verkwister is n persoon wat oor normale verstandelike vermoëns beskik, maar

onbevoeg is om sy eie sake te bestuur omdat hy agv n gebrek aan oordeelsvermoë of karakter sy bates op n onverantwoordelike en roekelose wyse verkwis.

9. Watter prosedure word gevolg om persone tot verkwisters te verklaar? ��Daar word aansoek gedoen by wyse van kennisgewing van n mosie en stawende

eedsverklarings wat op die respondent bestel word. ��Hy kry geleentheid om die aansoek op n keerdag te bestry. ��Die applikant kan in die versoekskrif vra dat die bevel nisi gepaard gaan met n

interim interdik wat die respondent verbied om oor sy bates te beskik. �� n Curator ad litem sal net aangestel word as blyk dat hy nie die aard en gevolge

van die verrigtinge begryp nie. ��Die hofbevel sal in die Staatskoerant en in n plaaslike koerant gepubliseer word.

10. Hoe raak verklaring van n persoon tot verkwister sy handelingsbevoegdheid? ��Wat handelingsbevoegdheid betref is hy in n posisie analoog aan die van n

minderjarige. ��Hy het beperkte handelingsbevoegdheid en mag nie selfstandig regshandelinge

aangaan waardeur hy verpligtinge op hom neem nie. Kan wel sonder bystand handelinge aangaan waardeur hy sy posisie verbeter sonder om self verpligtinge op te doen.

��Kan enige regshandeling met bystand van sy kurator aangaan, of kurator kan namens hom optree.

��Onthou, die verkwister se handelingsbevoegdheid word deur n hofbevel beperk en nie deur n geestesongesteldheid nie – daarom kan n handeling wat sonder bystand van die kurator aangegaan word, later gerepudieer of geratifiseer word.

��Die verkwister kan siviele en strafregtelike aanspreeklikheid opdoen

Page 39: PERSONE REG PVL 101 - Unisa Study Notesgimmenotes.co.za/wp-content/uploads/2016/12/PVL1501...Die beginsel is vasgelê in die saak tussen Chisholm v East Rand Proprierty Mines LTD 1909

��Hy kan sonder bystand n egskeidingsaksie instel, om n bevel aansoek doen om sy kurator te ontslaan of om die kuratele ter syde te stel.

��Hy behou voogdy oor sy kinders, kan tot hulle huweliksluiting toestem, en behou beheer oor hulle eiendom

��Verkwister kan nie direkteur van n maatskappy of die kurator van n insolvente boedel wees nie