54

Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in
Page 2: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Koejawel-yskastert

1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper1 pakkie rooi jelliepoeier1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in yskas verkoel2 pakkies Tennisbeskuitjiesgeklopte room (opsioneel)

Metode

Giet die koejawelstroop in ‘n kastrol en laat opkook. Verwyder van die stoof en voeg die jelliepoeier by. Roer goed tot opgelos en laat ‘n bietjie afkoel.Klop intussen die ingedampte melk styf. Voeg die afgekoelde koejawelstroopmengsel by en meng goed.Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak, dan ‘n laag koejawels en laastens ‘n laag melkmengsel. Herhaal die lae. Strooi beskuitjiekrummels oor of versier met geklopte room, indien verkies.

Grenadella-yskastert

Kors½ pakkie Tennisbeskuitjies, fyngemaak2ml fyn kaneel7ml suiker25ml margarien, gesmelt

Onderlaag

10ml suiker1 klein blikkie (115g) grenadellamoes10ml vlapoeierwater

Vulsel5ml gelatien12,5ml koue water1 pakkie grenadella- of suurlemoenjelliepoeier125ml kookwater350ml grenadellajoghurt125ml vars room

Page 3: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Metode

Meng die beskuitjiekrummels, kaneel en suiker. Voeg die gesmelte margarien by en meng goed. Druk op die boom en teen die kante van ‘n ronde tertbak vas. Voeg die suiker by die grenadellamoes en verhit oor matige hitte. Meng die vlapoeier met ‘n bietjie water en voeg by. Kook totdat die mengsel verdik. Smeer oor die kors en laat afkoel. Meng die gelatien met die koue water en voeg die jelliepoeier en kookwater by. Roer goed tot die jelliepoeier opgelos is. Laat effens afkoel. Voeg die jellie by die jogurt en voeg effens geklitste room by. Roer goed en skep oor die onderlaag. Verkrummel ‘n tennisbeskuitjie en strooi bo-oor(opsioneel). Laat in yskas stol.

Suurlemoen-Yskastertjie

1 blik (397g) kondensmelk500ml klapper125ml margarien by kamertemperatuur60ml suurlemoensap2 pakkies (200g elk) tennisbeskuitjies

Versiersel

625ml versiersuiker30ml suurlemoensap30ml kookwater

Metode

Voer ‘n bakplaat van 22cm x 35cm met waspapier uit. Meng die kondensmelk, klapper, margarien en suurlemoensap goed. Pak ‘n laag tennisbeskuitjies op die voorbereide bakplaat. Smeer dan die kondensmelkmengsel oor en pak weer ‘n laag tennisbeskuitjies bo-op. Meng al die bestanddele vir die versiersel en smeer dit bo-oor. Laat dit sowat 2 uur in die yskas staan en sny dit dan in sowat 30 blokkies.

Geniet vinnige en heerlike somer soet happies.

Ma se melktert

Kors

60ml suiker60g margarien

Page 4: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

1 eier, geklits1ml sout180ml koekmeelblom8ml bakpoeier60ml melkVulsel

1liter melk60g margarien250ml suiker30ml mielieblom30ml koekmeelblom2ml sout4 eiers, geskei3ml vanieljegeurselfyn kaneel

Metode

Klop die suiker en margarien tot romerig en voeg die eier by. Meng goed. Sif die droë bestanddele saam en roer om die beurt met die melk by die suikermengsel. Verdeel die deeg in twee en skep in twee gesmeerde tertborde. Smeer die deeg egalig in die tertborde met ‘n slaplemmes. Voorverhit die oond tot 180°C. Berei die vulsel. Kook die melk en margarien oor lae hitte. Meng intussen die suiker, mielieblom, meelblom en sout met ‘n bietjie water tot ‘n pasta. Voeg die eiergele en vanieljegeursel by die pasta en meng goed. Voeg ‘n bietjie van die kookmelk by die meelmengsel en roer goed. Roer die meelmengsel by die melk in die kastrol. Roer aanhoudend tot die mengsel begin kook en dik word. Verwyder van die stoof. Klits die eierwitte styf en vou dit met ‘n metaallepel in.Verdeel die vulsel in twee en skep in die tertborde. Sprinkel ‘n bietjie fyn kaneel bo-oor. Bak ongeveer 20 minute.

Appeltert met sultanas

125ml margarien125ml suiker1 eierknippie sout250ml bruismeel125ml melk1 blik tertappels, fyn gesnyhand vol sultanaskaneelsuiker

Page 5: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Sous

37,5ml gouestroop of heuning37,5ml margarien of botterMetode

Voorverhit die oond tot 190°C.

Room die margarien en suiker en klits die eier by. Voeg die sout en meel om die beurt met die melk by. Skep die helfte van die deeg in ‘n gesmeerde bakskottel.

Pak die tertappels op die deeg. Strooi die sultanas en kaneelsuiker oor en skep die res van die deeg bo-op. Bak ongeveer 30 minute tot goudbruin.

Smelt die stroop of heuning en margarien of botter goed saam en giet kokend oor die tert sodra dit uit die oond kom.

Variasie

Gebruik 1 blik fyngemaakte pynappel in plaas van die tertappels.

Appeltert Verrassing

400g bevrore skilferdeeg, ontdooi200ml melk2 eetlepels (30ml) margarien½ koppie (125ml) brandewyn1 teelepel (5ml) fyn koljander140 ml strooisuiker3 eetlepels (45ml) vlapoeier½ koppie (125ml) versiersuiker6 tertappels1 teelepel (5ml) fyn kaneel½ teelepel fyn neutmuskaat2 eiers, geklits

Voorverhit die oond tot 200 ºC

Metode

1. Plaas ‘n groot bord (25 cm deursnee) op deeg en sny rondom die bord. 2. Prik die deeg hier en daar met ‘n vurk, plaas op ‘n bakplaat en bak vir 15 minute tot goudbruin.

Page 6: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

3. Meng die vlapoeier en 50 ml van die melk om ‘n gladde pasta te vorm.4. Verhit die orige melk tot kookpunt, voeg die versiersuiker by die kokende melk en roer om dit op te los.5. Roer ‘n bietjie van die warm melk by die vlamengsel, giet terug in die kastrol en bring oor matige hitte tot kookpunt.6. Roer aanhoudend totdat die mengsel verdik.7. Roer die margarien by en laat afkoel. (Bedek die kastrol met ‘n bord om te verhoed dat ‘n vel vorm.)8. Skil, ontkern en sny die appels in blokkies.9. Sprinkel helfte van die brandewyn en al die speserye oor die appels.10. Giet die oorblywende brandewyn in ‘n braaipan, voeg die strooisuiker by.11. Sodra die mengsel begin karameliseer, kan die appels bygevoeg word.12. Laat ‘n verdere 10 minute oor hoë hitte kook, roer aanhoudend.13. Smeer die koue vla eweredig oor die gebakte deeg en plaas die warm appelmengsel bo-op.14. Sit dadelik voor met styfgeklopte, vars room.

Bessietert

1 blik kondensmelk50 ml suurlemoensap1 koppie (250 ml) ingelegde bessies (bv framboos, aarbei, kersies, moerbei of youngbessies)1 pak Tennisbeskuitjies

Metode

1. Dreineer die bessies goed. 2. Meng kondensmelk en suurlemoensap tot dikkerig.3. Skep bessies by kondensmelkmengsel en meng goed.4. Pak ‘n laag tennisbeskuitjies in ‘n gesmeerde tertbak en skep ‘n laag van die mengsel oor.5. Herhaal tot die bestanddele op is. 6. Verkoel oor nag.

Cremoratert

2 koppies (500ml) Cremora1 pakkie tennisbeskuitjies, gekrummel1 blik (397g) kondensmelk1 koppie (250ml) warm water½ koppie (125ml) botter of margarien½ koppie (125ml) suurlemoensap

Page 7: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Metode

1. Voeg cremora by warm water en klits tot opgelos. 2. Laat oornag in yskas. 3. Meng krummelbeskuitjies met botter of margarien en druk vas in ‘n tertbord van 27cm in deursnee. Plaas in yskas.4. Klits kondensmelk by Cremoramengsel. 5. Roer suurlemoensap by totdat mengsel verdik. 6. Skep vulsel eweredig op kors en plaas in yskas.

Gebakte Grenadellatert

Kors

150g botter2 groot eiers ½ koppie (125ml) fyn amandels1 koppie (250ml) versiersuiker2 koppies (500ml) koekmeel3ml fyn kaneel

Vulsel1 koppie (250ml) room5 teelepels (25ml) mielieblom½ koppie (125ml) strooisuiker110g grenadellamoes6 eiergele½ koppie (125ml) amandelsplinters

Bolaag

110g grenadellamoes2 ½ teelepels (12,5ml) mielieblom

Metode

1. Kors: Meng botter en versiersuiker in voedselverwerker. 2. Voeg eiers by en meng goed.3. Voeg meelblom, amandels en kaneel by, meng om bal te vorm. 4. Haal uit, draai in kleefplastiek toe en sit in die yskas vir 1 uur. 5. Rol uit en voer ‘n 22 cm tertbord uit. 6. Sit tertpan in die yskas vir 20 minute.

Page 8: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

7. Voorverhit die oond tot 200 ºC, bak vir 12 minute, haal uit en laat afkoel.8. Vulsel: Meng room, grenadella en mielieblom, verhit tot warm.9. Klits eiers en strooisuiker in boonste deel van dubbelkoker tot lig en skuimerig.10. Klits warm roommengsel by en roer oor hitte tot dik. Gooi uit en koel af.11. Strooi amandels in tertdop, maar hou ‘n paar eenkant vir versiering.12. Skep vlamengsel in tertdop.13. Bolaag: Verhit die grenadellamoes en mielieblom tot begin verdik en skep bo- op.14. Versier met res van die amandels. 15. Bêre in yskas tot en met opdiening.

Griekse Vlatert

Stroop

360ml suiker1 teelepel (5ml) suurlemoensap2 kaneelstokkies1 ½ koppie (375ml) water

Vulsel

1,5 liter melk1 koppie (250ml) botter200ml Tasty Wheat (semolina)180ml suikerskil van 1 lemoen, in repies gesny6 eiergele, geklits

Kors

500g filodeeg2 ½ teelepel (12,5ml) kaneelsuiker100ml botter, gesmelt

Voorverhit oond tot 180 ºC. smeer ‘n 36 x 26 cm oondbak met botter.

Metode

1. Stroop: Kook suiker, kaneelstokkies, suurlemoensap en water vir sowat 10 minute tot dik en stroperig. Laat afkoel.2. Haal kaneelstokkies uit voordat stroop oor die tert gegiet word. 3. Vulsel: Verhit melk, suiker, botter en lemoenskil oor matige hitte. 4. Voeg Tasty Wheat by net voordat die melk begin kook en roer aanhoudend totdat die vla dik en romerig is. 5. Haal van stoof af. Laat afkoel voordat die geklitste eiergele bygevoeg word.

Page 9: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

6. Haal die lemoenskil uit. 7. Kors: Sit ‘n vel filodeeg in die bak sodat die boom en kante bedek is. 8. Verf die deeg met gesmelte botter- Herhaal die proses met nog 6 velle filodeeg. 9. Skep vlavulsel op die deeg en bedek met nog 6 velle filodeeg wat elkeen met botter geverf is. 10. Sny 2 velle filodeeg in dun repies, versprei oor die filobolaag en sprinkel ‘n bietjie gesmelte botter en kaneelsuiker oor. 11. Bak vir 45-50 minute tot goudbruin.12. Giet koue suikerstroop oor warm tert.13. Sny vierkante en sit louwarm voor.

Jogurt Tert

2 koppies (500ml) jogurt (enige geur)1 pak tennisbeskuitjies1 blik kondensmelkbotter

Metode

1. Maak beskuitjies fyn vir kors en meng met gesmelte botter.2. Meng jogurt en kondensmelk goed. 3. Gooi oor kors en sit in mikrogolfoond vir 4 minute op hoog.4. Sit in yskas vir ± 1 ½ uur.

Karamel- en- Peertert

Kors

1 pakkie (200g) karamelgeur Romany Creams4 eetlepels (60ml) botter, gesmelt

VULSEL2 blikkies (820g) pere, gedreineer2 koppies (500ml) koffieverromer½ koppie (125ml) water1 koppie (250ml) room of jogurt1 teelepel (5ml) vanielje

1 blikkie (397g) karamelkondensmelk2 teelepels (10ml) gelatien2 eetlepels (30ml) water

Metode

Page 10: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

1. Kors: Kap koekies in voedselverwerker tot fyn.2. Roer botter by en druk koekies in ‘n losboomkoekpan se bodem vas. 3. Vulsel: Sny pere in skyfies en rangskik bo-op koekiekors.4. Klits koffieverromer en water met ‘n elektriese klitser tot romerig. 5. Klits room styf saam met vanielje en roer room / jogurt en kondensmelk by verromermengsel.6. Spons gelatien oor water en smelt oor ‘n bakkie warm water tot glad en sonder klonte. 7. Roer vinnig by romerige mengsel. Skep versigtig oor pere, maak gelyk en plaas in yskas.8. Sit saam met geklitste room voor, indien verkies.

Karamel Melktert

Mikrogolf resep

Kors

6 Mariebeskuitjies1 koppie (250ml) klapperknippie sout½ koppie (125ml) sagte bruinsuiker½ koppie (125ml) koekmeelblom½ koppie (125ml) botter of margarien

Vulsel

2 ekstra groot eiers, geskei½ koppie (125ml) mielieblom1 eetlepel (15ml) vlapoeier2 ½ teelepel (12,5ml) botter of margarien4 koppies (1 liter) melk60g suikerknippie sout1 teelepel (5ml) karamelgeursel

Metode

1. Rol Mariebeskuitjies fyn. 2. Voeg die bruinsuiker, klapper, koekmeelblom en sout by en meng.3. Mikrogolf die botter ongeveer 1 minuut lank oop by 100 % krag in ‘n diep, mikrogolfvaste bak met ‘n volume van 2 liter net tot gesmelt.4. Voeg beskuitjiemengsel by en meng.5. Hou 2 eetlepels (30ml) van die beskuitjiemengsel eenkant.

Page 11: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

6. Druk die res van die beskuitjiemengsel met die agterkant van ‘n metaallepel vas teen die wand en op die bodem van ‘n tertbak met ‘n volume van 2 liter. 7. Mikrogolf die kors 2 minute lank oop by 100% krag. 8. Klits die eiergele en 200ml van die melk saam in dieselfde bak waarin die botter gesmelt is.9. Voeg mielieblom, suiker, vlapoeier en sout by en klits tot gemeng.10. Voeg die res van die melk by. 11. Mikrogolf die mengsel 12 minute lank oop by 100% krag tot gaar.12. Roer dit elke 2 minute goed. 13. Roer die botter en karamelgeursel by.14. Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie. 15. Vou liggies met ‘n metaallepel by vulsel in.16. Giet die vulsel in die kors.17. Strooi die beskuitjiemengsel wat eenkant gehou is oor.

Karamel Yskastert

Kors

Halwe pakkie Nutty Crust-beskuitjies, gekrummel5 teelepels (25ml) botter, gesmelt

Vulsel

½ koppie (125ml) vars room1 blikkie (380g) karamel (Caramel Treat)1 eetlepel (15ml) gelatien, opgelos in ‘n ½ koppie (125 ml) water2 teelepels (10ml) karamelgeursel2 sakkies Orley Whip1 koppie (250ml) geroomde maaskaas½ koppie (125ml) strooisuiker

Metode

1. Kors: Meng die beskuitjiekrummels en botter en druk dit vas in ‘n gesmeerde losboompan, 24cm in deursnee.2. Vulsel: Klop elkeen van die twee rome afsonderlik styf en hou eenkant.3. Klop die karamel en maaskaas saam. 4. Roer die opgeloste gelatien, stooisuiker en geursel by die karamelmaaskaasmengsel.5. Vou die 2 styfgeklopte rome in en giet die mengsel in die kors.6. Laat stol oornag in yskas.

Page 12: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Pynappeltert

1 pakkie pynappeljelliepoeier250ml kookwater1 blik (397g) kondensmelk1 blik (440g) fyn pynappel, gedreineer1 pakkie Tennisbeskuitjies

Metode

Los die jellie in die kookwater op en laat afkoel. Voeg die kondensmelk en pynappel by en roer goed. Pak die beskuitjies op die boom en aan die kante van ‘n reghoekige tertbak en giet die mengsel daarin. Verkrummel ‘n beskuitjie en strooi oor die tert. Laat in die yskas stol.

Koffie- karameltert

4 eiers ¼ teelepel sout2 eetlepels botter 2 eetlepels Ricoffy koffiepoeier½ koppie suiker 5 eetlepels water5 eetlepels melk 1 eetlepel Vanielje2 teelepels (Hoog Vol) bakpoeier 1 en ½ koppie koekmeel

Metode

1. Klits suiker en eiers tot room, voeg sout by.2. Smelt botter, voeg melk, water en vanielje by en verhit.3. Voeg koffiepoeier by warm melkmengsel.4. Voeg nou gesifte meel en die melkmengsel om die beurt by die eiermengsel en klits goed.5. Laastens word die bakpoeier oor die mengsel gestrooi en goed ingevou.6. Bak in reghoekige bak (oondpan) vir 30min. by 180 ºC.

Koffiestroop (kook alles saam vir 5 min)

4 koppies water½ koppie suiker4 eetlepels Ricoffy koffiepoeier1 eetlepel vanielje½ koppie brandewyn

Page 13: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

7. Wanneer tert uit oond gehaal word, prik met ‘n vurk, gooi warm stroop oor en laat goed afkoel.8. Smeer 1 blikkie Karamelkondensmelk oor die koue tert.

Room Bo- Laag

1 pakkie kits Karamelpoeding2 koevertjies Orley Whip of 250ml Stork Cremendous (Dessert Cream)1 koppie Melk

9. Klits die room tot styf.10. Klits die poeding en die 1 koppie melk saam, laat staan vir 2 minute.11. Klits nou die 2 saam.12. Smeer oor die karamellaag.13. Rond af met sjokolade krummels, skilfers of vermicelli.

BAIE BELANGRIK- DIE TERT MOET IN DIE YSKAS GEHOU WORD.

Koffietert

4 eiers1 koppie suiker1¼ koppie meelblom¼ teelepel sout2 eetlepels botter4 eetlepels melk1 teelepel koffiepoeier2 eetlepels water1 eetlepel vanielje

Metode

Klits eiers en suiker tot liggeel. Voeg sout by en smelt botter. Voeg melk, water en vanielje by. Sif droë bestanddele- meel, koffiepoeier en meng met eiermengsel. Voeg bottermengsel by en meng goed. Strooi laaste die bakpoeier oor en vou in.Bak in matige oond (180°) vir 35min. Genoeg vir tertbord so groot soos oondpan. Steek gate in tert en gooi kokende stroop bo-oor. Laat afkoel.

Stroop

Page 14: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

12 eetlepels suiker1 ½ koppie water2 gelyke eetlepels koffiepoeier3 eetlepels brandewynKook vir 5min. Gooi oor warm tert.1 Blikkie karamel kondensmelk250ml room1 pakkie butterscotch of karamel kits poeding 1 koppie melk

Smeer kondensmelk oor tert wanneer afgekoel. Klits kits poeding met melk. Laat stol. Klits room styf en klits gestolde poeding by. Skep bo-oor tert. Strooi ‘n flake oor.

Kondensmelktert

1 blikkie (397 g) kondensmelk6 eetlepels (90ml) mielieblom1 teelepel (5ml) margarientennisbeskuitjies3 koppies (750ml) water2 eiers, geskei1 teelepel (5ml) vanielje

Metode

1. Verhit die kondensmelk en water. 2. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en roer dit by die melk.3. Roer die mengsel tot dit dik word en verwyder van die hitte.4. Voeg die geklitste eiergele by en laat die mengsel weer kook tot dit gaar is. 5. Voeg botter en geursel by. 6. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbord en gooi die helfte van die vulsel oor.7. Pak nog ‘n laag beskuitjies en gooi die res van die vulsel oor.8. Rol die res van die beskuitjies fyn en sprinkel oor die tert.9. Versier met kersies.

Korslose Melktert 1

Page 15: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

4 koppies (1 liter) melk1 koppie (250ml) meelblom1 koppie (250ml) suiker4 eiers, geskei3 eetlepels (45ml) botter, gesmelt2 teelepels (10ml) bakpoeier½ teelepel (2,5ml) sout½ teelepel (2,5ml) vanielje

Stel oond op 180 ºC.

Metode

1. Skei eiers en klits die wit styf. Hou eenkant.2. Klits die eiergele saam met die suiker tot lig en romerig.3. Voeg gesmelte botter by. 4. Sif meel, bakpoeier en sout saam.5. Voeg meelmengsel om die beurt met melk by eiermengsel. (Dit is ‘n dun, romerige mengsel.)6. Vou die eierwitte daarin. 7. Skep in ‘n gesmeerde reghoekige glasbak. 8. Bak 40- 60 minute. 9. Strooi kaneel oor sodra uit die oond gehaal.

NB: Die tert moenie te lank gebak word nie, dit vorm ‘n taai korsie.

Korslose melktert 2

4 koppies (1 liter) melkskil van ‘n ½ suurlemoen of lemoen1 koppie (250ml) koekmeel1 ml sout4 eiers, geskei2 teelepels (10ml) fyn kaneel½ kaneelstokkie3 eetlepels (45ml) botter1 koppie (250ml) suiker1 ½ teelepels (7,5ml) bakpoeier½ teelepel (2,5ml) amandelgeursel

Metode

1. Verhit melk, kaneel, suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20 minute trek.2. Meng meel, suiker, sout en bakpoeier. 3. Dreineer melkmengsel en voeg by die eiergele.

Page 16: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

4. Klop melkmengsel by die meelmengsel. 5. Voeg amandelgeursel by. 6. Plaas mengsel terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer met ‘n houtlepel.(Moenie bekommerd wees as ‘n paar klonte vorm nie, klits dit glad met ‘n klitser nadat die eierwitte geklop is.)7. Smeer tertbak mildelik met sagte botter. 8. Sprinkel met brood-, koekie- of beskuitkrummels. (Hawermout of muesli kan ook gebruik word.)9. Klop eierwitte met ‘n druppel asyn of suurlemoensap tot dit hul vorm behou en sagte punte vorm.10. Klits melktertmengsel om klonte te verwyder.11. Vou eierwitte in die tertmengsel en gooi in tertbak(ke).12. Sprinkel met kaneel.13. Bak 25- 35 minute by 190 ºC.14. Skakel die oond af en laat 15 minute in die warm oond afkoel.15. Sit warm of by kamertemperatuur voor.

Malva-Yskastert

½ pakkie Mariebeskuitjies20 Malvalekkers, gesnipper10 Glanskersies, gehalveer4 Piesangs, fyngemaak1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in yskas verkoel

Metode

Pak die bodem en kante van ‘n reghoekige tertbak met Mariebeskuitjies. Meng die gesnipperde malvalekkers met die kersies en piesang. Klop die ingedampte melk tot styf en meng alles saam. Skep die mengsel op die Mariebeskuitjies. Plaas in die yskas tot yskoud en gestol.

Outydse melktert

Kors

500ml koekmeelblom10ml bakpoeierKnippie sout125ml margarien

Page 17: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

45ml kookolie125ml suiker1 groot eier

Metode

Voorverhit die oond tot 180°C. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, en sout saam. Room die margarien, olie en suiker saam. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en meng tot ‘n deeg. Druk deeg in ‘n tertbak bodem met ‘n volume van 2 liter en bak tot gaar.

Melktertvulsel

750ml Melk37,5ml margarien30ml koekmeelblom15ml mielieblomKnippie sout62,5ml suiker2 eiers geskei2,5ml. vanielje

Metode

Kook die melk en plaas die margarien daarin. Neem ‘n bietjie koue melk en maak die meel en mielieblom daarmee aan. Roer die suiker, sout en die eiergele by die meelmengsel. Voeg die kokende melk geleidelik by die meel en eiermengsel, en roer goed. Plaas op lae hitte en kook vir 2 min. terwyl deurentyd geroer word. Verwyder van hitte en voeg vanielje by. Laat 5 min. afkoel en vou dan die styfgeklitste eierwitte by in. Gooi in gebakte kors en sprinkel kaneel oor.

Appeltert

Kors

500ml koekmeelblom250ml klapper60ml suikerSout

Page 18: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

250g margarien

Metode

Vryf die margarien in die droë bestanddele. Gebruik slegs die helfte van die deeg om 2 middelslag tertborde mee uit te voer.

Vulsel

1 blik tertappels1 blik kondensmelk62ml suiker3 eiers geskei

Metode

Voorverhit oond tot 180°C. Meng al die bestanddele saam, behalwe die eierwitte. Klits die eierwitte styf en vou in die mengsel in. Skep die mengsel in die kors en rasper die res van die deeg bo-oor. Bak vir 30 tot 40 min.

Brandewyn tert

250g dadels250ml kookwater15ml koeksoda62ml margarien250ml suiker1 eier375ml koekmeelblom1,25ml sout1,25ml bakpoeier250ml fyngekapte neute

Sous

450ml suiker250ml water12,5ml margarien12,5ml vanielje125ml brandewyn

Page 19: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Metode

Voorverhit oond tot 180°C. Spuit ‘n 2 liter tertbak. Kerf die dadels fyn en voeg die kookwater en koeksoda by. Laat afkoel. Room margarien en suiker en klop die eier by. Voeg die meel, sout, bakpoeier, dadels en neute by en meng goed. Skep in tertbak en bak vir 35 min.

Sous

Kook die suiker en water vir 5 min. Haal van die stoof af en voeg die margarien, vanielje en brandewyn by. Roer goed en gooi warm oor die tert. Bedien met geklopte room waarby 5ml rumgeursel gevoeg is.

Kaaskoek Tipe-tert

Kors: 1 pakkie tennisbeskuitjies2 groot lepels margarien/botter(smelt botter in mikrogolf of op plaat. Sit beskuitjies in plastieksak. Slaan/druk daarop totdat dit baie fyn is. Meng in tertbord met beskuitjies en druk vas as kors.)

Vulsel:1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appelliefie/aarbei/koejawel)1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows)1 houertjie (koppie) vars room

Metode

Smelt die malvalekkers op die plaat- haal dan af, voeg ‘n bietjie van die vrugtestroop in die blik by, gooi die res weg of drink dit (baie lekker).Sny die vrugte (as dit groot is) in klein stukkies en voeg by. Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in die yskas vir net 15 minute – en dien op.Ideaal vir onverwagte gaste!! Dit kan sommer ‘n nagereg ook word in nood… dien op met roomys.

Aarbei-maaskaastert

1 pakkie tennisbeskuitjies (fyngerol en met 100g margarien of botter gemeng)Druk vas in tertbak en mikrogolf vir 1 minuut en 30 sekondes op hoog. Laat afkoel.

1 blikkie kondensmelk60ml suurlemoensap (proe eers na 40ml of dit nie reg is nie)250ml vars room

Page 20: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

1 bakkie gewone fyn maaskaas(nie korrelrig nie)1 bakkie aarbeie (vars) (dis die klein houertjies)25ml gelatien opgelos in 1 koppie water. Sodra dit helder word mikrogolf op hoog vir 30 sekondes. Koel af.1 pakkie aarbei – OF rooi jellie aangemaak met 200ml kookwater en dan nog 200ml koue water bygevoeg.Laat afkoel.NB. Maak die jellie eerste aan sodat dit kan afkoel. Die gelatien moet ook afkoel.Sny sowat driekwart van die aarbeie in stukkies. Ek sny dit gewoonlik in so agt tot tien stukkies per aarbei. Die res sny ek in WAAIERTJIES vir versiering.

Metode

Meng die maaskaas, kondensmelk, room en afgekoelde gelatien-vloeistof.Voeg die suurlemoensap laaste by.Roer die stukkies aarbeie liggies in.Gooi die kaasmengsel nou oor die afgekoelde kors.Versier bo-op met die res van die aarbeie.Gooi nou liggies die rooi jellie bo-oorLaat set in die yskas.

Maaskaas tert 1

1 houer gladde maaskaas1 blikkie kondensmelk 1 pakkie kits poeding (vir die eintlike resep sê hulle vanilla kitspoeding, maar jy kan ander geure ook gebruik en dan gee dit ‘n heel ander en lekker smaak aan die tert)1 pakkie Mariebeskuitjiesbotterkaneel

Metode

Klits die maaskaas en kondensmelk saam tot goed gemeng.Gooi nou die kitspoeding poeier bo-oor en klits vir 1 minuut lank.Maak die Mariebeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter en gooi ‘n bietjie kaneel by.Vat ‘n tertbord, druk die koekie mengsel plat op die bodem.Gooi nou die maaskaas mengsel daarin.Vir versiering kan jy of gerasperde sjokolade bo-oor sit, of gebruik sommer ‘n flake wat fyn gemaak is.Sit dit in die yskas om te stol.

Maaskaas tert 2

Page 21: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

2 x 250g geroomde maaskaas1 blik kondensmelk1 eetlepel suurlemoensap1 blik vrugte (youngberry of arbeie)1 rolkoekvlapoeier of mielieblom

Metode

Klits kondensmelk, maaskaas, suurlemoensap saam tot dik.Pak ‘n laag rolkoek in bak.Gooi mengsel oor en maak gelyk.Smeer vrugte daaroor.Gooi vrugtesap in kastrol en kook.Verdik met vlapoeier of mielieblom.Gooi oor tert en verkoel in yskas

Aarbeitert

Beskuitjiekors:½ pakkie tennis beskuitjies en botter.

Vulsel:Verhit een koppie suiker en een koppie water.Maak twee opgehoopte eetlepels mielieblom aan met water en voeg by mengsel. Kook tot gaar en haal van stoof af.Voeg twee groot eetlepels aarbeijellie by en roer tot gesmelt.Pak 250g ryp aarbeie lekker styf in kors en gooi warm aarbeivla daar bo-oor.Versier net voor bediening met 125ml geklopte versoete room.

“Amerikaanse potting soil” tert

4 x bokse swart Oreo koekies2 x bakkies maaskaas4 x koppies melk2 x pakkies kitspoeding (vanilla)

Metode

Rasper met grof kant al die Oreo koekies.Meng kitspoeding met melk en voeg maaskaas by.Vat ‘n diep glasbak en pak ‘n laag gerasperde koekies en dan helfte van die poeding mengsel.Maak sulke lae en heel laaste, gooi van die Oreo koekies op.

Page 22: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Die hele geheim van dit, is die rasper van die koekies en dit moet swart oreo koekies wees.

Appeltert

(Daar word in koppies (250ml), eetelpels (15ml), teelepels (5ml) gemeet.

Die beslaag is genoeg vir ‘n normale ronde tertbak. Indien ‘n kleinerige vierkantige bak (± 20cm x 15xm) gebruik word, moet resep dubbel aangemaak word.

1 koppie bruismeel2 eiersknippie sout1 blik tertappels (normale grootte)1 koppie suiker2 eetlepels gesmelte botter¼ koppie melk

Metode

Meng suiker, eiers, botter, sout en melk saam.Sif meel en meng bietjie-bietjie saam in suikermengsel.Gooi mengsel in bak en skep appels oor mengsel.Bak in oond op 180ºC vir ¾ uur. (na ‘n halfuur kan die oondtemperatuur na 150ºC verlaag word om te voorkom dat die tert te donker word)Maak sous

Sous:1 klein blik ingedampte melk1 teelepel vanilla 1 koppie suiker

Gooi alles saam in pot en bring tot kookpunt.Gooi warm sous oor tert sodra tert uit die oond kom.

Cremora yskastert

500g sakkie cremora1 koppie yskaswater2 blikkies kondensmelk250ml suurlemoensap1 pakkie tennisbeskuitjies

Page 23: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Metode

Gooi cremora in mengbak. Voeg yskaswater by (dit moet yskaswater wees) en klits tot glad. Voeg kondensmelk by en hou aan met klits.Voeg nou die suurlemoensap by, nie alles op een slaag nie, anders word dit nie styf nie. Klits die heeltyd en gooi so kort-kort’n spuit suurlemoensap by. Dit moet so ongeveer 15 min. neem om die hele botteltjie in te spuit. Teen die tyd is die mengsel baie dik.Pak tennisbeskuitjies in bak uit en skep mengsel bo-oor (druk beskuitjies aan een kant vas anders skuif hulle) krummel beskuitjies bo-oor.Dit kan dadelik geëet word of dit kan in die yskas gebêre word.

Gemmer yskastert

1½ pakkie gemmerkoekies (200g elk)¾ koppie gouestroop3 eetlepels vlapoeier1½ koppie kookwater

Metode

Kook stroop en water saam. Meng die vlapoeier by stroop.Breek gemmerkoekies in stukke.Meng alles en gooi in ‘n gesmeerde vorm en laat stol. Bedien met geklopte room.

Grenadella yskastert 2

1 blik ingedampte melk½ koppie strooisuiker1 blik grenadellamoes1 pakkie lemoenjellie1 pakkie tennisbeskuitjies1 koppie kookwater

Metode

Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel. Klop verkoelde melk tot styf. Vou suiker geleidelik by. Klop goed. Vou moes en jellie by.Klop tot romerig. Pak laag beskuitjies en gooi laag vulsel. Herhaal tot klaar.Rasper beskuitjies en strooi bo-oor. Plaas in yskas.

Page 24: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Jogurt yskastert

1 liter arbeijogurt1 pakkie aarbeijellie1 koppie warm water1 blikkie kondensmelk1 pakkie tennisbeskuitjies

Los jellie in water op, laat bietjie afkoel.Gooi jogurt by en ook kondensmelk en meng goed.Gooi lae met tennisbeskuitjies tussenin en sit in yskas om te stol (beste om ‘n dag voor die tyd te maak).

Karamel yskastert

1 blik gekookte kondensmelk1 pakkie tennisbeskuitjies 750ml melk75ml vlapoeier3 piesangs1 houertjie vars room3 teelepels suikerneute vir garnering (opsioneel)

Metode

Maak vla aan van 750ml melk en 75ml vlapoeier. Geen suiker nie, anders is dit te soet.Meng die karamelkondensmelk en die vla saam.Breek tennisbeskuitjies in stukkies, maar nie te fyn nie, kan redelik grof wees.Meng tennisbeskuitjies by die vlamengsel.Skep in ‘n bak en verseël. Laat oornag in yskas.Sny die piesangs in skywe bo-oor die koue mengsel.Klits die room en suiker saam tot styf en smeer bo-oor die piesangs.Garneer met neute en plaas terug in die yskas tot benodig.Bedien net so koud as nagereg of tert.

Kersiegenot

3 eierwitte2½ koppies versiersuiker1⅓ koppie margarien2 pakkies Mariebeskuitjies1¼ koppie glanskersies2½ koppies klapper

Page 25: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

5ml vanilla

Metode

Klits eierwitte tot styf. Sif versiersuiker en klits by eierwitte.Smelt botter. Breek beskuitjies fyn.Sny glanskersies in kwarte.Meng botter, beskuitjies, glanskersies, klapper en vanilla met eierwitmengsel.Druk in pan, verkoel en sny. (5 dos)

Peperment-Tert

1 pakkie Tennisbeskuitjies1 blik “Caramel Treat”- kondensmelk, geklits1 blok peperment sjokolade, fyn gebreek250g Ultra Mel room, geklits

Metode

1. Pak al die bestanddele in lae: beskuitjies, kondensmelk, room, sjokolade.2. Laat ten minste vir een dag in yskas staan vir peperment om goed deur te trek.

Peperment yskastert

¾ pakkie Tennisbeskuitjies1 blik Karamel kondensmelk250 ml Room100g stuk gerasperde peperment sjokolade

Metode

Klits room tot styf. Voeg Karamel kondensmelk en gerasperde sjokolade in. Pak laag beskuitjies met mengsel bo- op en herhaal. Versier met gerasperde sjokolade en room.Laat stol.

Piesangtert

Kors

200g tennisbeskuitjies2ml fyn kaneel2 eetlepels (30ml) suiker

Page 26: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Vulsel

3 klein piesangs, fyn gedruk1 eetlepel (15ml) suurlemoensap50ml geroosterde klapper1 blik (397g) kondensmelk1 eiergeel

Voorverhit die oond tot 200 ºC

Metode

1. Kors: Maak ‘n krummelkors en voer ‘n 23cm losboom tertpan daarmee uit. 2. Vulsel: Meng al die bestanddele, behalwe die klapper en giet in die tertdop. 3. Bak vir 30-40 minute lank of tot stewig. 4. Sprinkel klapper oor.

Pynappel Yskastert

1 pakkie tennisbeskuitjies5 teelepels (25ml) sjerrie1 koppie (250ml) kookwater1 blik (440g) fyn pynappel½ koppie (125ml) appelkooskonfyt1 pakkie suurlemoenjellie1 blikkie (397g) kondensmlekgeklopte room vir versiering

Metode

1. Smeer tennisbeskuitjies met appelkooskonfyt en plaas 2 op mekaar.2. Plaas in 20cm vierkantige bak. 3. Sprinkel sjerrie oor die beskuitjies. 4. Los jellie op in kookwater, voeg kondensmelk en fyn pynappel by.5. Gooi oor beskuitjies en laat afkoel.6. Versier met pynappel en room of sprinkel koekiekrummels bo- oor.

Rum en Rosyne Yskastert

1 koppie (250ml) kookwater1 koppie (250ml) room3 ml vanielje1 pakkie (200g) tennisbeskuitjies420ml pitlose rosyne

Page 27: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

1 blik (397g) Caramel Treat8ml rumgeursel

Metode

1. Giet die kookwater oor die rosyne en laat dit 15 minute lank week.2. Klits die room styf. Voeg die Caramel Treat, vanielje en rumgeursel by en klits weer goed.3. Dreineer die rosyne, voeg dit by die kondensmelkmengsel en meng dit goed deur met ‘n houtlepel. 4. Rangskik ‘n laag tennisbeskuitjies op die boom van ‘n vierkantige tertbord van 22 x 22cm, wat liggies met botter gesmeer is.5. Skep ‘n laag rosynemengsel bo-op die beskuitjies. 6. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag rosyntjiemengsel.7. Verkrummel ‘n paar beskuitjies en strooi dit bo-oor. 8. Verkoel die tert 2-3 ure lank in die yskas of totdat die vulsel gestol het.

Suurlemoenvla Tert

1 pakkie Tennisbeskuitjiesmelk500ml warm, dik vla125ml suurlemoensap1 blik (397g) kondensmelk250ml room

Metode

Doop die beskuitjies een vir een in die melk en pak ‘n enkellaag op die boom van ‘n reghoekige tertbak. Giet die warm vla oor die beskuitjies. Verkrummel die res van die beskuitjies, behalwe twee, en strooi egalig oor die vla. Laat afkoel.Roer die suurlemoensap by die kondensmelk totdat die melk verdik en skep oor die vla. Klits die room tot styf en smeer oor die tert. Maak die orige twee beskuitjies fyn en strooi oor die room. Plaas in yskas tot yskoud.

Vinnige Korslose Melktert

6 koppies melk2 Teelepels bakpoeier4 eiers3 eetlepels suiker

Page 28: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

6 eetlepels mielieblom2 eetlepels bottersout

Metode

Plaas melk en botter in kastrol.Roer suiker, mielieblom, eiers en sout saam.Voeg ½ koppie van kokende melk by en roer goed.Gooi mengsel by die res van kokende melk en roer vinnig en deeglik.Kook tot gaar.Voeg dan bakpoeier by (dit sal opbruis).Dit stol feitlik dadelik.

Afrika Tert

Kors70ml botter, gesmelt1 koppie (250ml) Bacon Kips koekies, fyngemaak

Vulsel2 bosse spinasie, skoongemaak, fyngekap en gaar gestoom1 koppie (250ml) geroomde maaskaas4 ekstra groot eiers, geklitsparmesaankaas3 repies spek, grof gekap1 middelslaag ui, fyn gekap350ml suurroom125g fetakaasVoorverhit die oond tot 150 ºC

Metode

1. Smeer ‘n 20 cm losboomkoekpan met botter of bespuit met Spray & Cook. 2. Meng die botter en koekiekrummels goed en druk op die bodem en effens teen die kante van die voorbereide koekpan vas en hou eenkant.3. Dreineer die gestoomde spinasie goed en druk dan in jou vuis droog om van al die vloeistof ontslae te raak. 4. Braai spek tot half gaar, voeg die uie by en braai tot die uie sag en geurig is. 5. Klits die maaskaas, suurroom en eiers goed saam.6. Roer die spekmengsel asook die spinasie by. 7. Roer die fetakaas in en giet in die voorbereide kors. 8. Bak 1 ¼ uur lank tot ferm en goudbruin.9. Sprinkel ‘n bietjie parmesaankaas oor en laat staan vir omtrent 30 minute om stewig te raak.

Page 29: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

10. Bedien louwarm of teen kamertemperatuur.

Aspersietert

Kaaskors

1 koppie (250ml) koekmeelblom½ koppie (125ml) botter, gerasper½ koppie (125ml) kaas, gerasper

Vulsel

100g biltong, in dun repies300ml ongegeurde jogurt2 eetlepels (30ml) parmesaankaas, gerasper1 blik (340g) aspersielote, gedreineer4 eiers1 koppie (250ml) cheddarkaas, gerasper80 ml melkpaprika en 2 eetlepels (30ml) parmesaankaas vir garnering

Voorverhit die oond tot 180 ºC

Metode

1. Kaaskors: Meng al die bestanddele tot ‘n stywe deeg.2. Druk vas op bodem en kante van bak met ‘n deursnee van 22 cm.3. Vulsel: Strooi biltong op tertkors. 4. Klits eiers, jogurt, kaas, parmesaankaas en melk goed en gooi oor die biltong.5. Pak aspersies bo- op eiermengsel en strooi res van die parmesaankaas en paprika bo- oor. 6. Bak 45 minute tot gestol.

Braaivleis Mielietert

60ml Koekmeel35ml Suiker2 Blikkies Sweetcorn (410g)15ml Bakpoeier4 Eiers geklits60ml Margarien (gesmelt)

Page 30: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Metode

Meng alles saam.Giet in bak en bak vir 1 uur @ 180 °C.

Boeliebief - Souttert

3 snye witbrood, korsies verwyder1 blik (300g) boeliebief1 eetlepel (15ml) olie3 groot eiers, geklits1 ½ koppie (375ml) melk1 ui, gekap1 koppie (250ml) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 190 ºC

Metode

1. Smeer ‘n medium tertbord met botter of bespuit met Spray & Cook.2. Meng al die bestanddele en keer uit in tertbord. 3. Bak vir 30-45 minute tot goudbruin en gestol.4. Bedien met slaai.

Catherine se Maaskaastert

Kors

½ pakkie Mariebeskuitjies, fyngemaak50ml Margarien, gesmelt37,5ml Suiker

Vulsel

1 blik (385g) ingemaakte pere, gedreineer2 koevertjies Orley-Whip of 250ml vars room250g Gladde maaskaas25ml kitspoedingpoeier vanilla

Metode

Page 31: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Meng al die korsbestanddele en druk dit op die boom en teen die kante van ‘n tertbak vas.Rangskik die pere op die kors.Klop die Orley-Whip of room styf. Klop die maaskaas en kitspoedingpoeier by die room in tot goed gemeng. Skep die kaasmengsel oor die pere. Verkrummel ‘n Mariebeskuitjie en sprinkel oor die tert. Verkoel 1-2 uur lank voor opdiening.

Wenk: ‘n Smaaklike kitspoedingDreineer fyngemaakte pynappel en meng liggies met styf geklopte room. Skep dit op snye warm gemmerbrood.

Eier Souttert

4 tamaties, geskil en in dik skywe gesny25ml vars pietersielie, fyn gekap50ml droë broodkrummels6 eiers, geklits1ml varsgemaalde swartpeper100ml bier1 ui, fyn gekap6 hard gekookte eiers, afgedop en in skywe gesny2 ½ teelepels (12,5ml) botter of margarien1 teelepel (5ml) sout1 koppie (250ml) room

Voorverhit oond tot 180 ºC.

Metode

1. Rangskik die tamatieskywe op die boom van ‘n goed gesmeerde oondskottel. 2. Strooi die ui en pietersielie oor die tamatieskywe en rangskik die eierskywe bo-op. 3. Strooi die broodkrummels oor die eierskywe en smeer met botter of margerien.4. Klits die res van die bestanddele saam en gooi dit versigtig oor die inhoud van die oondskottel. 5. Bak dit 45-50 minute op die middelste oondrak totdat dit ferm is. 6. Bedien warm met ‘n mengelslaai.

Kaas en Hamtert

2 eetlepels (30ml) botter2 teelepels (10ml) gegeurde seesout1 teelepel (5ml) droë mosterd250g ham of weenseworsies, in dun repies gesny2 eetlepel (30ml) fyn gekapte pietersielie

Page 32: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

pasteideeg2 eetlepels (30ml) koekmeelknippie rooipeper1 ½ koppie (375ml) karringmelk1 koppie (250ml) cheddarkaas, grof gerasper3 eiers geklits

Metode

1. Bak die pasteideeg 10 minute sonder vulsel by 220 ºC. 2. Verhit die oond tot 180 ºC.3. Meng die botter, meel, sout, rooipeper en mosterd oor lae hitte. 4. Roer die karringmelk by en meng glad. 5. Roer en kook 2 minute, verwyder van hitte. Laat effens afkoel.6. Roer die ander bestanddele by. 7. Skep die vulsel in die vooraf gebakte pasteikors.8. Bak 45 minute tot mooi bruin en pofferig.

Korslose Ham en Kruie Souttert

1 koppie (250ml) gekapte pietersielie62ml gekapte origanum 3 eiers1 teelepel (5ml) sout2 eetlepels (30ml) botter½ koppie (125ml) gerasperde cheddarkaas½ koppie (125ml) gekapte sprietuitjies150 g gaar ham, in blokkies gekap1 koppie (250ml) melk of jogurt½ teelepel (2,5ml) vars gemaalde swartpeper1 koppie (250ml) vars broodkrummels

Metode

1. Kap die kruie baie fyn in ‘n voedselverwerker. 2. Voeg die ham by en kap grofweg. 3. Voeg die eier, melk, sout en peper by en meng net deur.4. Smeer ‘n ronde tertbord van 25cm deursnee mildelik met botter. 5. Sprinkel die helfte van die broodkrummels in die bak.6. Kantel en skud om die kante en boom goed te bedek.7. Gooi die eiermengsel in die bak.8. Smelt orige botter, voeg die res van die broodkrummels by en meng deur. 9. Voeg dan kaas by en meng deur.

Page 33: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

10. Sprinkel krummelmengsel oor die eiermengsel in die bak. 11. Bak 30 minute lank by 180 ºC tot net gestol en effens goudbruin bo- op.

Korslose Kaastert

1 eetlepel botter of margarien½ koppie (125ml) cheddarkaas, gerasper1 teelepel (5ml) sout12,5ml pietersielie, gekap6 eiers, geklits2 tamaties, geskil en grof gekap1 ml varsgemaalde swartpeper1 spekvleisrepie, swoerd verwyder en gekap

Voorverhit die oond tot 180 ºCMetode

1. Verhit botter of margarien in ‘n swaarboombraaipan. 2. Meng die res van die bestanddele en voeg dit by die gesmelte botter of margarien.3. Meng alles goed saam. 4. Gooi die mengsel in ‘n goedgesmeerde oondskottel en bak dit 35-40 minute lank op die middelste oondrak totdat dit ferm is.

Korslose Spek en Worsietert

Botter om ‘n tertbord van 22cm te smeer125g swoerdlose ontbytspek, gekap1 eetlepel (15ml) olie1 blikkie (200g) Weenseworsies in dun ringetjies gesny.1 koppie (250ml) beleë cheddarkaas, gerasper.3 ekstra groot eiers1 teelepel (5ml) bakpoeier1 teelepel (5ml) mosterdpoeier1 ½ koppie (375ml) karringmelk3- 4 eetlepels (30- 45ml) vars volgraan- broodkrummels om in bord te sprinkel1 klein uitjie, baie fyn gekap2 eetlepels (30ml) gekapte pietersielie1 teelepel (5ml) gemengde droë kruie1 ½ koppie (375ml) melk3 eetlepels (45ml) meel1 teelepel (5 l) gegeurde sout (sout en peper)

Metode

Page 34: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

1. Braai die spek in die olie tot die vet begin uitbraai.2. Voeg die uie by en braai tot dit sag en glansend is. 3. Voeg die worsies, pietersielie en kruie by. 4. Sprinkel die kaas in die voorbereide bak. 5. Skep die vleismengsel eweredig oor die kaas. 6. Klop melk, eiers, meel, bakpoeier en geurmiddels deeglik saam. 7. Giet oor die vulsel. 8. Bak ongeveer 35 minute lank in ‘n matige oond by 180 ºC tot mooi bruin en gestol.

Mossel en Sampioentert

30ml botter170g sampioene, gekap250ml gerasperde Cheddarkaas2 groot eiers5ml mosterdpoeierGeuropwekker (Aromat)1 ui, gekap85g gerookte mossels, grof gekapKnypie rooipeper125ml melk30ml koekmeelblomVarsgemaalde swartpeper

Metode

Smelt botter in ‘n pot

15ml botter of margarien125ml gerasperde Cheddarkaas5ml sout12.5ml vars gekapte pietersielie6 eiers, geklits2 tamaties, geskil en grof gekap1ml varsgemaalde swartpeper1 spekvleisrepie, swoerd verwyder & gekap

Voorverhit die oond tot 180ºC. Verhit die botter of margarien in ‘n swaarboombraaipan. Meng die res van die bestanddele en voeg dit by die gesmelte botter of margarien. Meng alles goed saam. Gooi die mengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel en bak dit 35-40 minute lank op die middelste oondrak totdat dit ferm is.

Plain Jane se Souttert

Page 35: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

3 dik snye brood, gekrummel5 teelepels (25ml) botter1 blikkie Weenseworsies, in stukkies gesny2 groot uie, fyn gekap1 teelepel (5ml) gemengde kruieknippie rooipeper1 blikkie geroomde sampioene (opsioneel)2 koppies (500ml) melk1 ½ koppie (375ml) cheddarkaas, gerasper1 pakkie spek, in stukkies gesny4 eiersknippie sout4 teelepels (20ml) mosterdpoeier

Voorverhit die oond tot 180 ºC

Metode

1. Kook die melk, brood en botter saam. 2. Braai die spek en uie tot ligbruin.3. Klits die eiers. 4. Roer al die bestanddele goed saam. 5. Bak in ‘n gesmeerde oondskottel vir ongeveer 35 minute.

Sardyntert

2 blikkies sardientjies1 teelepel (5ml) pietersielie, gekap3 eiers, liggies geklits in 37,5ml melksout en peper na smaak1 teelepel (5ml) gekapte uie113g beleë cheddarkaas, gerasper170g graanvlokkies2 ½ teelepels (12,5ml) suurlemoensapbrostertdeeg

Voorverhit die oond tot 200 ºC

Metode

1. Maak die sardientjies fyn en voeg die res van die bestanddele by. 2. Skep mengsel in ‘n uitgevoerde tertpan. 3. Bedek met uitgerolde brostertdeeg.4. Bak vir 15 minute en verminder dan hitte na 180 ºC.5. Bak vir nog 15 minute.

Page 36: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Seekos Souttert

Kors

125g botter of magarien 2 koppies (500ml) koekmeel50ml water

Vulsel

25ml olie150g sampioene, in skyfies gesny200g steurgarnale, gedreineer3 ekstra groot eiers, liggies geklits½ koppie (125ml) melk2 preie, gesny in ringe200g skelvis, gestoom, grate verwyder en gevlok1 koppie (250) cheddarkaas, geraspersout en peper

Voorverhit oond tot 200 ºC.

Metode

1. Kors: 200 ºC. Vryf botter met jou vingers in die koekmeel. Voeg net genoeg water by om ‘n sagte deeg te vorm. Knie goed, bedek met kleefplastiek en verkoel sowat ‘n halfuur in yskas.2. Rol ongeveer 3mm dik op ‘n meelbestrooide oppervlak uit en voer ‘n 20 cm tertbord daarmee uit. 3. Prik die bodem met ‘n vurk en verkoel weer sowat 15 minute lank in yskas.4. Voer tertkors met waspapier uit en vul met droë bone. 5. Bak blind vir 10 minute, verwyder waspapier en bone en bak weer 15 minute lank. 6. Vulsel: Verhit olie in ‘n pan en soteer die preie daarin tot sag.7. Voeg die sampioene by en soteer tot ligbruin. 8. Skep uit in tertkors en volg met skelvis, steurgarnale en kaas. 9. Meng die eiers, room en melk en geur na smaak met sout en peper.10. Giet oor bestanddele in tertkors. 11. Verlaag die hitte na 190 ºC. en bak sowat 35 minute of tot die eiermengsel gestol en die tert ligbruin bo is.

Snoektert

500g gerookte snoek

Page 37: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

3 eetlepels (45ml) botter of margarien6 medium aartappels, gekook, geskil en in skywe gesny1 groot tamatie, in skywe gesny1 eetlepel (15ml) Parmesaan, gerasperklien bietjie botter of margarien2 groot uie, in dun ringe gesny125g cheddarkaas, geraspersout en varsgemaalde swartpeper1 ½ koppie (375ml) room of dun witsous½ koppie (125ml) vars broodkrummels

Voorverhit die oond tot 180 ºC

Metode

1. Verwyder vel en grate en vlok die snoek. 2. Braai uie in botter of margarien tot sag. 3. Plaas ‘n laag aartappels in ‘n gesmeerde oondskottel, voeg ‘n paar uieringe by en skep ‘n bietjie snoek daar op.4. Strooi kaas bo-oor.5. Geur met sout, indien nodig, en ‘n goeie skoot gemaalde peper.6. Herhaal lae en eindig met aartappels.7. Rangskik tamatieskywe bo-op.8. Giet room of witsous oor en werk dit met ‘n kleinerige lepel deur tot op die boom van die skottel.9. Meng res van die kaas en broodkrummels, strooi bo- oor en stip met botter of margarien.10. Bak ongeveer 35 minute of tot goed warm en goudkleurig.

Spek en Tamatietert

1 koppie (250ml) koekmeel1 teelepel (5ml) bakpoeierknypie rissiepoeier 2 eiers geklits2 spekrepe, gekapMarmite1 koppie (250ml) cheddarkaas, gerasper1 teelepel (5ml) mosterdpoeier125 harde botter/ margarien, gerasper1 koppie (250ml) melk

Page 38: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

2 tamaties, sap en pitte uitgedruk

Voorverhit oond tot 180 ºC.

Metode

1. Meng meel, helfte van kaas, bakpoeier, mosterdpoeier en rissiepeper saam.2. Voeg gerasperde botter of margarien by. 3. Meng eiers en melk en voeg by meelmengsel. 4. Roer met ‘n mes (die beslaag sal sag en klonterig wees). 5. Skep in ‘n tertbord en bak vir 10 minute lank op 180 ºC.6. Verlaag temperatuur tot 160 ºC en bak vir nog 10 minute.7. Braai intussen die spek totdat die vet begin uitbraai, voeg tamatie by en roerbraai tot effens verlep.8. Smeer ‘n bietjie Marmite oor die warm tertkors en skep tamatie, spek en die res van die kaas daarop. 9. Plaas 5 minute lank terug in die oond of onder die oondrooster om kaas te smelt. 10. Sit warm voor.

Spinasietert

Kors2 koppies (500ml) koekmeel knypie sout190g botter1 eiergeel5 eetlepels (75ml) yswater1 teelepel (5ml) suurlemoensapsuikerboontjies

Vulsel

500g vars spinasie, wit gedeeltes verwyder, gekap2 teelepels (10ml) botter1 ui, gekap1 teelepel (5ml) vars knoffel, gekap½ pakkie (125g) spek, gekapsout en peper na smaak1 bakkie (250g) geroomde maaskaas½ koppie (125ml) room3 eiers, geklits

Stel oond op 180 ºC.

Page 39: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Metode

1. Kors: Sif koekmeel en sout saam. Vryf botter in meel tot mengsel soos broodkrummels lyk.2. Klits eiergeel, water en suurlemoensap saam en voeg by meel tot deeg vorm.3. Bedek deeg met kleefplastiek en verkoel 1 uur in yskas.4. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit tot ongeveer 4mm dik en voer geskikte tertbord daarmee uit.5. Bak tertkors vir 15 minute. Verwyder bakpapier en boontjies. Plaas weer in oond vir nog 5 minute.6. Vulsel: Stoom spinasie tot net gaar.7. Verhit botter en soteer ui en knoffel daarin tot net gaar. 8. Voeg spek by en soteer nog 5 minute. 9. Verwyder van hitte en voeg spinasie by. 10. Skep vulsel in gebakte tertkors en sprinkel sout en peper bo- oor. 11. Klits maaskaas, room en eiers bymekaar, giet oor vulsel en bak 40 minute of tot in die middel gestol en goudbruin bo-op.

Suikermielie en Spektert

Kors

3 koppies (750ml) koekmeel1 koppie (250ml) margarien1 koppie (250ml) room1 teelepel (5ml) sout2 eiergele, geklits8 ml (ongeveer 1 ½ teelepel) kremetart

Vulsel

5 teelepels (25ml) margarien300ml warm melkknippie rissiepeper100ml cheddarkaas, gerasper10 swoerdlose spekvleisrepe8 teelepels (40ml) koekmeelsout en peper na smaak2 ml (ongeveer ‘n halwe teelepel) mosterdpoeier1 blik (410g ) geroomde suikermielies

Voorverhit oond tot 190 ºC.

Metode

Page 40: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

1. Kors: Sif koekmeel en sout saam, vryf die margarien met jou vingerpunte in. 2. Meng eiergele en room goed en voeg by die meelmengsel.3. Maak dit aan tot ‘n stywe deeg.4. Rol die deeg dun uit en strooi die kremetart bo-oor. 5. Vou die deeg in drie en verkoel in die yskas. 6. Rol dit weer dun uit en voer ‘n tertbord met ‘n deursnee van 20cm daarmee uit. 7. Vulsel: Smelt margarien, voeg koekmeel by en roer tot glad. 8. Voeg melk, sout, peper, rissiepeper en mosterdpoeier by en roer oor lae hitte totdat sous dik is. 9. Verwyder van hitte en vou die helfte van die kaas en die hele blik suikermielies in. 10. Snippper 5 van die spekrepe en braai dit tot bros. 11. Voeg dit by die suikermieliemengsel en meng. 12. Skep die vulsel in die tertkors, maak dit gelyk bo-op en strooi die res van die kaas bo-oor. 13. Garneer die tert met die 5 heel spekrepe.14. Bak die tert 30 minute lank.15. Bedien warm.

Hierdie resep is ontvang van Melissa & Dian CloeteTuna Tert

5 snye Bruinbrood250ml Melk12,5ml Botter250ml kaas (gerasper)1 blik Tuna (gedreineer en gevlok)3 Eiers50ml Chutney5ml Aromat

Metode

Verkrummel die brood. Voeg melk en botter by en laat stadig kook totdat dit ‘n pulp vorm. Haal van stoof af. Roer ui, kaas, tuna, eiers, chutney en aromat by en meng goed. Skep in gesmeerde bak en bak 30-40 min by 180º of tot goudbruin.

Korslose groente Quiche

15ml olyfolie1 rooi en 1 geel soutrissie in kwarte gesny2-3 murgpampoentjies duk skywe gesny2 uie wiggies gesny4 eiers100ml melk of room

Page 41: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

30ml pestoSout en peper

Metode

Verhit olie in braaipan, roerbraai groente vir 3min. Skep groente in gesmeerde oondskottel. Klits eiers, melk en pesto in groot bak en geur. Gooi die eiermengsel oor die groente en bak by 200 °C vir 30 min. Bedien warm as ligte ete.

Spekvleis & sampioen tert

250g spekvleis, gekap15ml botter200g gesnyde sampioene3 eiers250ml vars melk of room15ml lemoensap3ml mosterdpoeierSout & peperKruiePermesaan

Metode

Meng 250ml koekmeelblom, 250ml gerasperde kaas & 125g botter tot gladde deeg & plaas in 24cm bak.Braai spekvleis & verwyder uit die olie.Voeg die botter by die olie & braai die sampioene.Skep lepelsvol op die basis.Klits eiers, melk of room & lemoensap saam.Voeg parmesaan & geursels.Gooi oor die sampioene.Bak ongeveer 45min by 160ºC.

Blasies

1 koppie meel1 eier½ - ¾ eetlepel melkSout & peper

Metode

Maak deeg aan & skep teelepels vol in warm olie & bak tot bruin. Sprinkel Aromat oor.

Page 42: Peterjasie - Net Afrikaans!  · Web view1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper. 1 pakkie rooi jelliepoeier. 1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in

Gekoopte blaardeeg kan in plaas van die deeg gebruik word.Sny vierkante van 2cm & bak in warm olie, sprinkel Aromat oor.