20
Potchefstroom Dienssentrum Rondomtalie Nuusbrief

Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

Potchefstroom Dienssentrum

Rondomtalie Nuusbrief

Page 2: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

2

Vakansiedae.

Die dienssentrum sal gesluit

wees.

10 April - Goeie Vrydag.

13 April - Famieliedag.

27 April - Vryheidsdag.

1 Mei - Werkersdag.

Uit die pen van die Adjunk Direkteur.

Die eerste 2 maande van 2020 is reeds verby en het die

einde van die somer aangebreek. In die Suidelike

Halfrond vind die herfsnagewening gewoonlik op 20

Maart plaas. In die natuur sien ons hoe die

bladwisselende plante se blare verkleur en word dit

afgegooi. Dit word vroeër donker en later lig. Diere wat in

die winter hiberneer begin al meer voedsel inneem.

Voëls begin meer in groepe byeenkom en migreer in

groot swerms na warmer dele van die wêreld.

Wat gebeur met ons ouer persone…….?

Ons dink aan kossoorte met pypkaneel en kerrie. Van

ons lede beplan vir hul winter vakansie in warmer dele

van die land. Groot groepe trek saam naby of in die

Wildtuin en Natal se see.

Wat doen die dienssentrum…….?

Ons beplan uitstappies in die natuur, aktiwiteite,

vakansies en saam kuier geleenthede wat altyd iets te

ete insluit. Hierdie seisoen is baie verfrissend na ons

warm somer. Doen mee aan al ons geleenthede en

verryk ook sodoende jou lewe.

‘n Tee vir nuwe lede:

Datum: Donderdag 23 April 2020 Tyd: 10:00 Plek: Konferensielokaal van die dienssentrum (Chris Hanirylaan 89) Baie welkom aan elke nuwe lid. Ons sien daarna uit om julle te ontmoet, lekker saam te kuier en julle meer te vertel van die dienssentrum. Bevestig u teenwoordigheid telefonies by 018 293 0678.

Page 3: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

3

Maart 2020 Uitstappies &

ander Aktiwiteite

Mooirivierklubbyeenkomste

Dinsdae om 10:00

DINSDAG 3 MAART.

Kultureel: Dr. Corrie Rheeder, Dekaan van studentelewe by NWU deel met ons wat in die lewens van die studente gebeur as hulle nie leer nie.

DINSDAG 10 MAART.

Geestelik: “Die wonderwerke in my lewe!” Aangebied deur Ds Manus Visagie van NG Bult.

* Oorinstituut is beskikbaar vir die skoonmaak van oorapparaatjies.

DINSDAG 17 MAART.

Sosiaal: Temadag: Chinese kleredrag. Roerbraai vir middagete. Ons deel vandag interessante feite oor die ontstaan van roerbraai.

DINSDAG 24 MAART.

Geestelik: “God se volmaakte tydsberekening”. Aangebied deur Ds. Cobus Niemand van NG Mooirivier.

DINSDAG 31 MAART.

Verrykend: Kom ons leer oor Parkinsons se siekte aangebied deur Dr. Wessels. (Mediese Praktisyn)

DONDERDAG 5 MAART

“HOBBY EXPO” TICKETPRO DOME.

JOHANNESBURG.

Vertek om 08:00 na Johannesburg waar ons na elke liewe stokperdjie waaraan ‘n mens kan dink, gaan kyk. Middagete is vir eie rekening. Kostes sluit vervoer en toegang in. Kostes: R300 vir lede en R330 vir nie-lede.

WOENSDAG 18 MAART.

DON QUIXOTE BALLET.

Vertrek om 07:00 na die Johannesburg Teater waar ons die ballet gaan kyk. Ete is voor die vertoning vir eie rekening. Kostes: R340 vir lede en R370 vir nie-lede. Kostes sluit vervoer en toegang in.

DONDERDAG 19 MAART.

CHAMDOR & BURGER BOX.

Vertrek 08:00 na Krugersdorp en besoek Chamdor materiaalwinkel, daarna gaan ons Trans Natal Glas toe met al die mooi glasware en geniet middagete vir u eie rekening by Burger Box. Kostes: R150 vir lede en R180 vir nie- lede. Kostes sluit vervoer in.

Page 4: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

4

April 2020 Uitstappies &

ander Aktiwiteite

Mooirivierklubbyeenkomste

Dinsdae om 10:00

DINSDAG 7 APRIL.

Kultureel: Johan Zerwick deel met ons wat die verskillende tradisies rondom Paastyd is.

DINSDAG 14 APRIL.

Geestelik: Wat beteken Paasfees vir my? Word aangebied deur ds. Johan Knoesen (Emeritus).

* Oorinstituut is beskikbaar vir die skoonmaak van oorapparaatjies.

DINSDAG 21 APRIL.

Verrykend: “My laaste wil en lewende testament.” Aangebied deur Adv. Huibré Lamprecht. Anneke Liebenberg van Help Seniors stel dokumentasie in die verband beskikbaar.

DINSDAG 28 APRIL.

Sosiaal: ONS BRAAI!!!

Klubbyeenkoms vind in die lapa plaas. Paul Wessels se vrolike kuier agtergrond musiek skep die regte atmosfeer om nuwe vriendskappe te smee.

WOENSDAG 1 APRIL.

REVLON

Vertrek om 07:30 na Johannesburg waar ons Revlon, Thistle Bakery Shop, Continental China, Holstein Meats en Beyers Sjokolade gaan besoek. Kostes: R220 slegs vir lede. Prys sluit vervoer in. Middagete vir eie rekening.

DONDERDAG 16 APRIL.

PANAROTTIS ONTBYT.

Ontmoet mekaar 09:00 by Panarottis in die Mooirivier Mall waar ons ‘n heerlike ontbyt gaan nuttig. Kostes: R35 vir persone met eie vervoer en R70 vir persone wat van dienssentrum vervoer gebruik maak. Kostes sluit ontbyt en of dienssentrum vervoer in.

MAANDAG 27 APRIL.

SWAN LAKE BALLET.

Vertrek om 10:00 na Montecasino waar ons die ballet om 14:00 gaan kyk .

Middagete is vir eie rekening voor die vertoning. Kostes: R640 vir lede en R700 vir nie-lede. Kostes sluit vervoer en toegangskaartjie in.

Page 5: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

5

Mei 2020 Uitstappies &

ander Aktiwiteite

Mooirivierklubbyeenkomste

Dinsdae om 10:00

DINSDAG 5 MEI.

Geestelik: DIE LEWE IS ‘N LIED!!! Aangebied deur prof. George Lotter.

DINSDAG 12 MEI.

Verrykend: Arbeidsterapeut Liezel Short deel met ons inligting oor praktiese hulpmiddels om die lewe gemakliker te maak.

* Oorinstituut is beskikbaar vir die skoonmaak van oorapparaatjies.

DINSDAG 19 MEI.

Kultureel: Generasies sing saam! Kekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program.

DINSDAG 26 MEI.

Verrykend: Esté van Niekerk, Oudioloog van die Oorinstituut deel met ons: “’n Kwaliteit lewe met of sonder gehoor.”

Winter nuusbrief verskyn.

Verjaarsdagtee vir almal wat 1 Maart tot 31 Mei verjaar het. Bring om 09:00 ‘n bordjie eetgoed en vier jul verjaarsdae saam met mede lede.

VRYDAG 1 MEI.

FIDDLER ON THE ROOF.

Vertrek om 09:30 na Brooklyn Teater waar ons na die vertoning Fiddler on the Roof gaan kyk. Middagete is voor die vertoning vir eie rekening. Kostes: R660 vir lede en R710 vir nie-lede. Kostes sluit vervoer en kaartjies in.

WOENSDAG 13 MEI.

BESOEK KLIPDRIFT EIERPLAAS.

Vertrek om 10:00 na Klipdrift Eierplaas waar ons ‘n ligte ontbyt gaan geniet en deur die eierplaas geneem gaan word vir besigtiging. Kostes sluit vervoer, ligte ontbyt en toegang in. Kostes: R50 vir lede en R80 vir nie-lede.

WOENSDAG 20 MEI.

BESOEK DIE STERRESTASIE.

Vertrek om 17:30 na die sterrestasie in die koepel. Prof. Johan vd Walt gaan ons meer inlig oor die wonder van die sterrestelsel. Ons geniet ligte aandete en koffie na die tyd. Kostes: R120 vir lede en R150 vir nie-lede. Kostes sluit vervoer, toegang, ligte aandete en koffie in.

DONDERDAG 21 MEI.

HEMELVAART.

Dienssentrum se Hemelvaart erediens word vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk Suid Gemeente om 09:00 aangebied. Ontbyt na afloop van die erediens @ R60.00 by die dienssentrum. Bespreek by 018 293-0678.

Page 6: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

6

Herfs Projekte.

6 MAART

VRYDAG 6 MAART

Datum: Saterdag 4 April 2020

Tyd: 08:30 vir 09:00

Waar: Madiba Banketsaal

Kostes: R200 per persoon

Dienssentrum Gholfdag.

Vrydag 22 Mei 2020

Kontak Cilia vir meer inligting by

018 293 0678.

Sprankeltee.

“FLASHMOB”

Saterdag 7 Maart om 11:00 in

die Mooirivier Mall by Mug &

Bean.

Geniet die oggend saam met

die dienssentrum lede!

Page 7: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

7

Vakansies vir 2020. Stof die tasse vir 2020 se vakansies saam met die dienssentrum af.

Kies solank jou kamermaat en begin beplan vir die avonture!! Onthou

dat alle vakansie programme onderhewig is aan verandering.

Die volgende vakansies is in beplanning vir 2020.

Kaapsche Hoop - 24 - 29 Mei

Noord Natal vakansie – 13 – 19 Julie

Weskus vakansie – 23 Augustus – 1 September

Oos Vrystaat vakansie – 16 - 20 November

Indien u graag met van die vakansies wil gaan, plaas asb. u naam op die

belangstellingslyste in die inligtingskantoor.

Page 8: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

8

LIDMAATSKAP.

Lidmaatskap is vanaf 1 April 2020 hernubaar @ R300 per

persoon.

Die voordele om lid van die dienssentrum te wees:

• Hulle betaal minder vir dienste.

• 4 waardevolle nuusbriewe per jaar.

• Gratis aktiwiteite gerig op ouer persone.

• Gratis gesondheidsiftings.

• Gratis Maatskaplike dienste.

• Gratis tuis evaluasies.

• Bekostigbare dienste.

• Bekostigbare vakansies en uitstappies.

• Sosiale klub byeenkomste elke Dinsdag.

Page 9: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

9

Uit die gesondheidsdepartement se kantoor:

Parkinsons. Parkinsons se siekte is ‘n progressiewe neurologiese toestand. Dit word

gekenmerk deur probleme met liggaamsbewegings. Bewegings word deur

senuselle in die brein beheer. Om beweging aan die gang te sit, stuur die selle

die boodskap na die liggaam deur neurotransmitters. In gesonde mense word

hierdie boodskap glad en vinnig oorgedra, maar in mense met parkinsons se

siekte word die boodskap versteur.

Simptome:

Bewing

Stadige bewegings

Swak balans

Verbeter jou lewenskwaliteit. ‘n Groot voordeel is om ‘n positiewe houding te

hê!!!!

☺ Wees betrokke

☺ Moedig mekaar aan

☺ Prys ander

☺ Dink positief

☺ Wees vol selfvertroue

Raak betrokke by die Parkinsons ondersteuningsgroep.

Elke eerste Woensdag van die maand.

NOODNOMMER - 082 300 2450

Hierdie nommer is slegs die noodnommer vir ’n gesondheidsprobleem.

Geen dienste besprekings!

Skuifel stappie met klein treetjies

Vries

Praat baie sag

☺ Wees bewus van ander se behoeftes

☺ Lag

☺ Pak jou probleme aan

☺ Maak planne

Ons verpleegspan:

Sr. Ananda Beukman & Sr. Tarina Duvenage

Page 10: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

10

Page 11: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

11

Uit die Maatskaplike werker Karen Viljoen se kantoor.

Woorde het krag. Woorde is belangrik. Woorde kan mense ophef, maar dit is egter so

dat woorde baie skade kan aanrig. Afbrekende woorde kan

langtermyn skade aan enige mens se lewe aanrig. Daarom is dit so

belangrik dat ons moet dink voordat ons praat. Dis belangrik om elke

woord wat jy sê, te weeg en goed te oordink. Salomo vergelyk ‘n

opbouende woord met mooi musiek. Hy vergelyk ‘n mooi woord met ‘n

beker koue water op ‘n warm somersdag.

Ja, dit is die effek van positiewe, mooi woorde. Ons moet elke dag

bewus daarvan wees, dat ons woorde ‘n invloed op iemand anders se

lewe het - positief of negatief. Kom ons bou mekaar op met mooi

woorde. Kom ons bemoedig mekaar in moeilike tye, wens mekaar

opreg geluk in goeie oomblikke in die lewe. Kom ons voeg die daad

by die woord en help mekaar in uitdagende tye.

Laat ons woorde soos musiek vir iemand anders wees!

Spreuke 25: 11; 13: Soos die allermooiste musiek, so is ‘n woord wat op die

regte tyd gesê word. Soos ‘n beker koue water op ‘n warm somersdag, so is die

woorde van iemand wat jy werklik vertrou. Dit gee jou sommer nuwe moed

vir die lewe. Bron: Johan Smith: Doelgerig vir die lewe. 2009

HAARSALON

Kontak gerus Hair Perfection haarsalon

vir alle haarbehoeftes. Onthou u kan die

dienssentrum bussie bespreek om u te

vervoer vanaf u huis na die salon en

terug.

Page 12: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

12

Page 13: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

13

Diensteverskaffer van DeLand sorg:

Potchefstroom Dienssentrum is die diensverskaffer van DeLand Sorg.

Baie wonder oor watter dienste daar gelewer word deur die dienssentrum.

Hier volg die dienste soos uiteengesit in die kontrak.

DE LAND SORG (40 eenhede)

Maandelikse diensteheffing van R2 800-00 per persoon of R5 000 vir ’n egpaar wat die

volgende insluit tot 31 Maart 2020:

Skoonmaak van wooneenheid vir 2 ure per week;

Voetsorg elke 6 weke;

Weeklikse besoek van verpleegpersoneel en bloeddrukkontrole op versoek;

Konsultasie deur die verpleegkundige en maatskaplike werker tydens kantoorure.

Professionele konsultasies 1 uur per week per afspraak;

Vyftien middagetes per kalendermaand;

Vervoer een maal per week na sakesentrum of dienssentrum;

Gesondheid ongesteldheid: verpleegpersoneel na ure beskikbaar

Wassery dienste – Was en stryk van wasgoed. (Klerasie, linne en handdoeke). 5kg per week;

Daaglikse vullis verwydering

DE HOEK, UITSPAN & WELTEVREDE.

Inwoners van De Hoek, Uitspan en Weltevrede kan alle dienste soos in die Als ontwikkeling teen

‘n heffing van R2 800-00 ontvang. Of Inwoners kan slegs dienste soos benodig inkoop.

Vir enige navrae ten opsigte van dienste, kan daar gerus met Wendri of Sanet geskakel

word by 082 788 5921 of 082 855 4506.

AKTIWITEITE WAT REEDS PLAASVIND:

Maandae: Breiklub wat 1m stroke brei vir Girls High se projek. Die koffie saam drink maak dit ‘n heerlike kuier geleentheid.

Woensdae: Saartjie De Wet bied Sit-Sit so dansklasse aan. Dit sluit van Tango tot Afrika danse in.

Elke 2de Woensdag: Storie tyd met Susan Meyer en Corné van der Vyfer.

Donderdae: Geestelike oggend gelei deur ‘n predikant.

Elke 1ste Donderdag: Mielieblaarklubbyeenkoms.

Vrydae: Kaart speel.

Om deel te word of meer inligting te bekom ivm die aktiwiteite by De Land kontak Mawica by 060 955 4035.

Page 14: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

14

AKTIWITEITE KONTAKPERSOON KONTAK NR

Ballet vir Seniors Saartjie De Wet 082 874 2739

Boekklub Ina Potgieter 082 925 4306

Bokmakierie Voëlkykers Alet Steyn 064 900 0104

Brug Lori Wolmarans 082 411 1074

CX Fitness Kotie Enslin 082 850 6961

Kunsklasse Antoinette Joseph 072 170 1295

Lyndans Stephanie Cowley 073 930 9792

Mooirivier Sanggroep Jordi Terblanche 082 788 5907

Rummykub Friede Wessels 073 556 6938

Senior’robics Elizabeth vd Merwe 084 504 5383

Skaak Elize Steenkamp 076 443 0090

DIENSSENTRUM AKTIWITEITE

Potchefstroom Dienssentrum se aktiwiteite is gerig op ouer persone. Dit is

aktiwiteite wat die dienssentrum gratis aanbied vir lede.

Raak betrokke en bly aktief.

Van der Hoffpark Pick ‘n Pay Kontantstrokies/ Donasies. Onthou om u aankoopstrokies van Pick ‘n Pay in die winkel in die dienssentrum bussie te gooi. U aankope beteken ‘n donasie aan die dienssentrum. Baie dankie aan Conrad Potgieter wat dit moontlik maak. Ons het groot waardering vir die persentasie van verkope wat reeds geskenk was. R6800.00

WEES IN ALLE OMSTANDIGHEDE

1 TESSALONISENSE 5:18

Page 15: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

15

Page 16: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

16

FINANCE REPORT: WRITTEN BY BOBBY LEACH, CHAIRMAN OF THE FINANCIAL COMMITTEE.

The Dienssentrum’s financial team consists of personnel and the Financial Committee, who strives to focus on the efficient use of the limited funds to fulfil the mission of the Dienssentrum which is to provide affordable services to it’s members by implementing financial management practices that build stability and flexibility for both today and in the future. We, therefore, focus on the 12 golden rules of finance: 1. Budgeting Using all financial information to support our planning through realistic budgets, using sound assumptions and clear accountability to achieve those assumptions. 2. Departmental and Projects Costs Sound financial decisions rely on good information regarding the real costs of a department, revenue sources and fundraising events. 3. Diverse Funding Sources Management of diverse funding sources is challenging. Different types of income require different systems, structures, relationships, and communications such as our building project. 4. Functional/Infrastructure Expenses Infrastructure projects are undertaken to ensure and to extent quality sustainable services to it’s members. 5. Cash Flow The biggest challenge is to manage our day to day, cash in the bank to pay the bills and salaries at the end of the month. The monthly flow of income of the provision of services are constant but the cash flow of fundraising and socializing events are spread over the year. 6. Financial Information We make use of Pastel Accounting for the financial reporting. Our trained respected staff and Financial Committee make use of these reports to make informed decisions. These are also used by our auditors for our financial year-end audits. 7. Financial Responsibility Management is responsible for making financial decisions and carrying out financial activities which are shared with all, frequently communicated, supported with good information and delegate the appropriate authority. 8. Operating Reserves We need to have some cash in reserve in order to respond to an unexpected down-turn in the economy or to respond to any opportunity such as our new project at Villa de Kamp. Funding new projects is not always possible for a non-profit organization which is not supported by the government.

Volg op bladsy 17.

Page 17: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

17

Naam en van Kontakbesonder-

hede Tipe diens

Antunes Hettie 084 678 8021 Office/Excel (Elementêr)

Gauché Saartjie 072 113 1734 Herstel van klere.

De Beer Gert 073 603 8035 Maak van messe & slyp van messe.

Maree Ina 082 944 2870 Herstel van klere

Nell Willem 082 739 8442 Riempies van banke/stoele herstel

Roland Hennie 084 583 4797 Houtwerk

Roland Kleintjie 074 778 0566 Herstel van klere

Venter Henna 083 655 2102 Musiek optredes.

Venter Henna 083 655 2102 Musiek oefening.

HULPBRONNE BLAD Lede deel hul vaardighede met ander en vul hulle inkomste aan.

Kontak vir Cindy by 018 2930678 of stuur ‘n e-pos na

[email protected]

9. Accountability and Transparency We strive to be transparent to all our donors, members and sponsors to ensure transparency of how their funds were applied. Accountability forms part of our values. 10. Financial Integrity All personnel and management are held to a high standard of integrity which is built on the foundation of our mission, values, and leadership. 11. Responding to Financial Problems It’s the responsibility of the financial team if things go wrong such as a contract that is lost, a fundraising plan that flounder, and expenses which are not met. It’s therefore our duty to show strong leadership, communicate with all, ensure creative planning, and take decisive action. 12. Interdependence The financial team endeavors to comply with the prescribe governance of a non-profit organization. We, therefore, establish requirements, do planning sessions, and evaluate all required capital projects. None of the above is possible if it was not for the holistic involvement of our members, donors, sponsors and community, your dedication and involvement in every aspect of the Dienssentrum “Making a difference” and we thank you sincerely for this.

Page 18: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

18

Bemagtigingsprogram vir vrywilligers.

Ons volgende bemagtigingsprogram vir vrywilligers begin Donderdag 9 April

2020 om 09:30. Indien u sou belangstel om die program te deurloop, gee

gerus u naam deur vir Karen.

Die program word aangebied deur dr. Sanet Jv Rensburg wat die suksesvolle

program ontwikkel het.

Die temas van die program:

Die doelstelling, grondwet, bestuur en personeelstruktuur van die

dienssentrum.

Personeel se verwagtinge van die afgetrede vrywilliger.

Die verskeidenheid van dienste en aktiwiteite waarby vrywilligers betrokke

kan raak.

Beleid ten opsigte van vrywilligewerk.

Vrywilligers

Mooirivierklubbestuur 2020 - 2022

Baie geluk aan ons nuwe Mooirivierklubbestuur.

Page 19: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

19

TER HERINNERING AAN: Ons gebede gaan uit na elkeen wat ‘n geliefde aan die dood afgestaan

het. Ons gedenk die afsterwe van ons volgende lede:

November 2019

17 Suzie Overbeeck

29 Ria du Preez

Desember 2019

9 Betzie Roestorf

9 Gep Floor

18 Ems Kuhn

Januarie 2020

3 Mona Pretorius

7 Petro Taljaard

Februarie 2020

8 Nellie Groenewald

Nuusbrief saamgestel deur die Mooirivierklub bestuur en Afdelingshoof Sosialisering Cindy Lombard.

Kyk uit vir ons maandelikse elektroniese nuusblad!

Indien u graag een wil ontvang of een na familie of kinders wil

stuur, gee asb die e-pos adresse deur aan Cindy.

Ons lewe op aarde is ‘n reis met

opdraendes en afdraendes, padsoektye

en rustye, stilhoutye, vinnigry-tye en

tye wanneer ons moet stop om die

tenk weer vol te maak. Maar dis ‘n reis

met ‘n eind-bestemming!!

Onthou die padkos:

VREDE HOOP

LIEFDE GELOOF

BANKBESONDERHEDE: Potchefstroom Dienssentrum vir Bejaardes

Tjek rekening: ABSA Potchefstroom Rekeningnommer: 680 641 528 Takkode: 632 005 U kan gerus aanlyn donasies op die dienssentrum se webwerf of op Facebook maak.

Vir enige donasies of finansiële ondersteuning skakel vir Wendri Eloff by 082 788 5921.

Page 20: Potchefstroom DienssentrumKekkel en Kraai kleuterskool, Tammy Aslett en haar studente, Mooirivier Sanggroep en ons lede by vandag se klubbyeenkoms geniet ’n saamsing program. DINSDAG

20

HERINNERINGE 2019/2020

Emerald Casino

Donderdag 9 Januarie

Basaar

11 Februarie

Jack and the Beanstalk

Woensdag 4 Desember.

Drakensberg vakansie

26 - 31 Januarie

Tel: (018) 293 0678/9

Faks: (018) 294 4951

Huis Eikelaan Kombuis:

(018) 293 3083

Na-ure noodnommer:

082 300 2450

Haarsalon:

074 698 6852

Facebook: Potch Dienssentrum

DIENSSENTRUM KONTAKBESONDERHEDE

Webadres:

http://dienssentrum.co.za

E-pos:

[email protected]

Fisiese adres:

Chris Hanirylaan 90

GPS Koördinate: S.26.72736

E.027.08657