JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewOuers moet asseblief kennis neem dat die klein hekkie by die Kleuterskool slegs oop sal wees op die tye wat kleuters op- en afgelaai word

Embed Size (px)

Citation preview

JACOBSDAL PRIMRE SKOOL

JACOBSDAL PRIMRE SKOOLNUUSBRIEF: 19 13 - 20 Junie 2014

OUERS:

BEGIN- EN UITKOMTYE:

Die skool begin vanaf Dinsdag, 17 Junie om 8:00 en verdaag

elke dag as volg:

Graad 1 & 2: 12:00

Graad 3: 12:30

Gr 4 7: 13:00

Maandag, 16 Junie is n vakansiedag.

Leerders trek in die eksamen op n Woensdag sportklere aan.

ONVERSKILLIGE BESTUURDERS:

Ouers moet asseblief uiters versigtig en stadig in die pad voor die skool/koshuis ry. Leerders en kleuters kyk nie altyd na motors wat aankom nie. Moet asseblief nie op die Zebrastrepe met u motor parkeer nie, aangesien dit die voetgangers versper.

Volwassenes en kinders moet asseblief slegs by die Zebrastrepe oor die pad beweeg. Meld asseblief onverskillige bestuurders by die Skoolhoof aan.

HEKKIE BY KAMMALAND:

Ouers moet asseblief kennis neem dat die klein hekkie by die Kleuterskool slegs oop sal wees op die tye wat kleuters op- en afgelaai word. Vanaf 14:00 sal die hekkie toegesluit word t.w.v. die veiligheid van ons kinders. Ouers kan dan gebruik maak van die hekkie by die swembadmuur.

MIND MOVES-WERKSWINKEL: [AFSKEURSTROKIE]

Ouers, onderwysers en belangstellendes word uitgenooi om Igna du Plessis van die Mind Moves Instutisie se werkswinkel vanaf 1 tot 3 Julie by ons skool by te woon. Sertifikate en uitdeelstukke gratis. Kostes:

R150 per sessie of R750 vir al vyf sessies. Dit is werklik ongelooflik leersaam en kan baie sterk aanbeveel word. Bemagtig uself om u kind/ers te help. Volledige inligting en kontaknommers is by die nuusbrief ingesluit. Vul asb. die afskeurstrokie in en stuur op Dinsdag, 17 Junie terug na die klasonderwysers. Sluitingsdatum vir registrasie: Vrydag, 20 Junie

HUISWERKBOEKE KWARTAAL 3: [AFSKEURSTROKIE]

Ouers kan met die afskeurstrokie n huiswerkboek vir graad 4 6 leerders vir die derde kwartaal @ R25 bestel. Kontant met bestelling asseblief. Strokie en geld word by die klasonderwysers ingehandig.

FOTO-CD: [AFSKEURSTROKIE]

Ouers kan met die afskeurstrokie n foto-CD van die eerste en tweede kwartaal @ R50 bestel. Kontant met bestelling asseblief. Strokie en geld word by die klasonderwysers ingehandig.

MUSIEK:

Alle musieklesse staak as gevolg van die eksamen, behalwe die Kunsfees- en Unisaleerders. Leerders sal geroep word vir hulle lesse. Kunsfees leerders moet onthou om Di en Do hulle musiekboeke te bring! Kunsfees is van 11 15 Augustus (klavier).

Tannie Hannelie Viljoen

KLEREWINKEL:

Leerders wat serpe en handskoene bestel en betaal het, het dit ontvang.

LEERDERDEELNAME:

RUGBY:

Geluk aan Gustav van Zyl wat uitgenooi is na die Bokkie Rugbyweek wat die vakansie te Naboomspruit plaasvind.

REDENAARS:

GR 4: GR 5:

1ste

Chrisna Roelofse

CJ Marx

2de

Elana le Roux

Anri Meades

3de

---

Michela Steenkamp

GR 6: GR 7:

1ste

An Joubert

Kyla Cloete

2de

Kobus van Eck

Andrew McLachlan

3de

Janie Cronj

Armand Carstens

(GEBEDSLYS:Julie van GraanFelicity Vorster (by die huis)Bartus van der Merwe (herstel van operasie)ONS LEERDERS WAT MET EKSAMEN BEGIN)

.

PW Tait

SKOOLHOOF

(AFSKEURSTROKIE: MIND MOVES-WERKSWINKELOUER: _______________________________________ STEL BELANG OM DIE MIND MOVES-WERKSWINKEL VAN 1 3 JULIE BY TE WOON.EK WIL VIR DIE VOLGENDE SESSIES INSKRYF @ R150 ELK:__________________________________________________________ __________________________________________________________ EK WIL DIE VOLLE KURSUS BYWOON @ R750: SELFOONNOMMER: ___________________________EPOSADRES: _____________________________________________ (Relings vir betaling sal na u gestuur word))Candy Cave verkoop in die eksamen

Hot chocolate @ R8 n glasie.

(AFSKEURSTROKIE: FOTO-CD (R50)OUER: _______________________________________ LEERDER: ___________________________________ WIL GRAAG N FOTO-CD VAN KWARTAAL 1 EN 2 BESTEL@ R50 PER CD.AANTAL CDS: ______ BEDRAG INGESLUIT: __________HANDTEKENING: ___________________________DATUM: ___________________)

(AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK KW 3 (GR 4 6) (R25)OUER: _______________________________________ LEERDER: ___________________________________ WIL GRAAG N HUISWERKBOEK VIR KWARTAAL 3 BESTELBEDRAG INGESLUIT: __________HANDTEKENING: ___________________________DATUM: ___________________ )

(GELUKKIGE VADERSDAG AAN AL ONS PAS EN OUPAS OP 15 JUNIE!!)

BIOLINK

Konsentrasie is die sleutel tot prestasie

Biolink is UITEINDELIK in Jacobsdal! Die eerste lesse begin op 23 Junie. Vir koshuisleerders sal lesse in aanvang neem sodra die skool in Julie heropen. Lesse sal gedurende die kwartaal by die skool aangebied word.

Indien u wil h u kind moet hierdie uitsonderlike kursus volg om sy/haar konsentrasie en fokus sowel as akademiese prestasie te verbeter, skakel gerus Miranda van der Walt by 083 7090 688 / 053591 0757 vir enige verdere navrae of stuur n e-pos na [email protected]

Wat is BioLink?

BioLink is n alternatiewe metode tot medikasie om konsentrasie en fokus te verbeter, maar nog s veel te meer, om kinders te help om selfvertroue te verkry deur bioterugvoering aktiwiteite en oefeninge. Dit verbeter geheue, help hulle vinniger werk en harder konsentreer.

Hoe werk dit?

BioLink is gekondisioneerde oefeninge wat help om suurstof in die bloed te vervoer na die areas van die brein wat dit benodig. Die hooffokus van hierdie oefeninge is om konsentrasie te verbeter. BioLink maak gebruik van konsentrasie-toerusting en is die enigste verskaffer van PlayAttention toerusting op die Afrika-kontinent.

Hoe word die vordering gemeet?

Verskeie toetse om aandag en konsentrasie te meet, word na afloop van n sekere hoeveelheid sessies gedoen. Dit is n rekenaartoets wat reaksietyd, konstantheid, die gebrek aan konsentrasie en impulsiwiteit meet. Dit word die TOVA-toets genoem. n Verslag word aan die ouers gegee sodat hulle hul kind se vordering kan volg.

Konsentrasie kan gemeet word

Beter konsentrasie en fokus = beter punte

BioLink is uniek

Dit lewer gelukkige kinders met hope selfvertroue

Vordering word wetenskaplik gemeet

BioLink lewer toppresteerders

Kinders voltooi hul huiswerk nou in die helfte van die oorspronklike tyd

BioLink is vir enigiemand