Pretblad 0410 Sondagom uit te
Pretblad1 uit 6
442 Twee kanse om R500 te wen Versteek in die sirkels, afwaarts
gespel, is die naam vir mense wat in sekere lande van Europa woon.
SMS die woord BLOK gevolg deur jou antwoord na 34581. Die lyn sluit
op 9 Oktober om 12:00 en elke SMS kos R1,50. Gratis sms’e geld nie
en foutiewe sms’e sal verreken word. Die wenner word op 10 Oktober
aangekondig.
4 Oktober 2020
Blokmakierie In die geel blokkies is ’n koddige sin versteek wat op
die rooster sal verskyn nadat jy die Blokmakierie korrek voltooi
het (jy lees die sin van bo af ondertoe).
Pretblad2 uit 6 4 Oktober 2020
Dwars 1. Ou ontdekking wat om die as gaan 4. G’n lewende siel nie
10. Laat ophou slaap 11. Familielid êrens in die Geneefse
Konvensie! 12. Kuier by 13. Welke 14. Woorddeel waarop aar-, bloei-
opdrif- en raaiuitgaan 16. Die ou se goed, niemand anders s’n 19.
Waarskynlikheid dat die dood nie sal intree nie 23. Slangetjie
tussen al die lettertjies? 24. Verplig gewees om die vrugte fyn te
kook? 25. . . . toggie, nee, dit kan jy darem nie doen nie! 26.
Baccalaureus Artium . . . Scientiae is ’n eerste graad in die
lettere en wetenskap 27. Omgekrapte lier vir die opskop! 28.
Trapsuutjiese doen dit van kleur 32. Teenwoordige tyd van 24 Dwars
34. Dele van die koring waarmee die besware eindig! 35. Iemand wat
gedurig . . . die slaap is, kan mos nie brandwag staan nie 36.
Opborrel, soos fonteinwater 37. Toevoeging van ’n soort krag tot ’n
stuk metaal 39. Werksaamheid van ’n munisipaliteit tot voordeel van
’n plek se inwoners 40. Platjie wat streke uithaal, glo soos Tijl
Uilenspiegel in die Nederduitse folklore 44. Hulle het minstens een
kind 45. Straalvormige 47. Binokels
Af 1. Wêreldwye netwerk in die kuberruimte 2. Gekonsentreerde
geursel, bv. van vanielje 3. Gekruis met ’n hamer vorm dit ’n
kommunistiese simbool 5. Voorneme of opset 6. Geofagie is die drang
om grond te . . . 7. Heuningbier 8. Teenoor aanraai 9. Meer as net
deurskynend, soos ’n uitkykvenster se ruite 10. Die Ivoorkus lê in
hierdie rigting vir iemand by die Voltameer 15. Bekende vrugte wat
moontlik kruisings is, hoeka tussen die pomelo en die mandaryn 16.
Cook, Columbus en Dias, byvoorbeeld 17. Die Britse premier Margaret
Thatcher is ’n vrou van só ’n metaal genoem 18. Uitroep van vele
wat hul maermerrie stamp 20. Woensdag (afk.) 21. “Dis vir my ’n . .
. en ’n voorreg om tot die fonds by te dra” 22. Nie meer so
onrustig nie 29. Só ’n invloed kan ontwikkeling vertraag 30. Iemand
se kinders, kindskinders, agterkleinkinders, ens. 31. Op dié tyd
wat nog moet kom 33. Die siekeriges 36. Stekende insekte wat in die
reserwespeler skuil! 38. Net ’n kort tyd 12 Dwars aflê by iemand
41. Standaarduitspraak (afk.)
Juniorblokraai Kompetisie Het jy die junior blokraai geniet? Stuur
vir ons ’n selfoonfoto van jou met jou voltooide blokraai (sowel as
jou naam en jou ouderdom) na
[email protected] en jy
kan ’n kontantprys van R250 wen. Die antwoorde van jou blokraai
hoef nie alles sigbaar te wees nie.
Pretblad3 uit 6 4 Oktober 2020
Vrasvra
Pretblad4 uit 6 4 Oktober 2020
1. Watter vier van hierdie Europese hoofstede lê aan die
Donaurivier? (a) Wene (Oostenryk); (b) Berlyn (Duitsland); (c)
Amsterdam (Nederland) (d); Bratislawa (Slowakye); (e) Belgrado
(Serwië); (f) Boedapest (Hongarye); (g) Rome (Italië); (h) Praag
(Tsjeggiese Republiek). 2. Watter rolprentster is die jongste
aktrise wat vir vier Oscar-toekennings benoem is? (a) Charlize
Theron; (b) Meryl Streep; (c) Saoirse Ronan; (d) Jennifer Lawrence.
3. ’n Hele paar wêreldstede het dieselfde name as stede in ander
lande. Kies vir elkeen van hierdie vier stede die land met ’n stad
wat dié naam deel. (1) Tripoli; (2) St. Petersburg; (3) Buenos
Aires; (4) Lagos. (a) Libanon; (b) Argentinië; (c) Portugal; (d)
Libië; (e) Nigerië; (f) Rusland; (g) VSA; (h) Mexiko. 4. Watter
twee diere word gekruis om die plaasdier te teel wat ’n beefalo
genoem word? (a) Bees; (b) Eland; (c) Bison; (d) Buel. 5. Watter
twee van hierdie diere het drie harte? (a) Seekatte; (b) Krappe;
(c) Paddas; (d) Inkvisse. 6. Hoeveel tone het ’n kat altesaam aan
sy vier pote? (a) 16; (b) 18; (c) 20; (d) 22. 7. Watter soogdier
uit Afrika het president Calvin Coolidge van die VSA by die Withuis
aangehou? (a) Luiperd; (b) Kameelperd; (c) Dwergseekoei; (d) Leeu.
8. Watter van die volgende soogdiere het nie dieselfde aantal
nekwerwels as die mens nie? (a) Miervreter; (b) Armadil; (c)
Luidier; (d) Manatee. 9. In watter land is die eerste openbare
akwarium in 1853 geopen? (a) Engeland; (b) Frankryk; (c) Nederland;
(d) Italië. 10. In watter jaar het die eerste kommersiële lugdiens
begin met vlugte vir betalende passasiers? (a) 1904; (b) 1910; (c)
1914; (d) 1922.
Wat beteken die woord
boekweit? (a) soort ritmiese dans (b) afgevaardigde persoon (c)
soort plant
Jongspan
GETALLE PAS DIE GETAL BY DIE WOORD.
elf
vyftien
negentien
veertien
sewentien
twaalf
sestien
dertien
agtien
twintig
16
14
19
12
20
13
11
18
15
17
Oplossings
Sudoku
Woordslim
Vasvra
MoeilikMaklik
Juniorblokraai
Pretblad6 uit 6 4 Oktober 2020
Blokmakierie Versteekte sin: Wie iemand soek wat sy lewe kan
verander, moet net in die spieël kyk. Dwars: 1. Wiel, 4. Niemand,
10. Wek, 11. Neef, 12. Besoek, 13. Watter, 14. Sel, 16. Syne, 19.
Lewenskans, 23. Essie, 24. Moes, 25. Ai, 26. Et, 27. Riel, 28.
Verander, 32. Moet, 34. Are, 35. Aan, 36. Wel, 37. Magnetisering,
39. Diens, 40. Uilspieël, 44. Ouers, 45. Radiale, 47. Verkykers.
Af: 1. Web, 2. Essens, 3. Sekel, 5. Intensie, 6. Eet, 7. Mee, 8.
Afraai, 9. Deursigtig, 10. Wes, 15. Lemoene, 16. Seevaarders, 17.
Yster, 18. Eina, 20. Wo., 21. Eer, 22. Kalmer, 29. Remmende, 30.
Nageslag, 31. Dan, 33. Olikes, 36. Wespe, 38. Inloer, 41. SU.
(c) soort plant Die woord boekweit verwys na ’n eenjarige plant met
neutvruggies waarvan ’n goeie soort meel verkry word en wat baie as
veevoer gebruik word. (WAT)
1. (a) Wene (Oostenryk); (d) Bratislawa (Slowakye); (e) Belgrado
(Serwië); (f) Boedapest (Hongarye). Berlyn lê aan die Spree. Die
Amstel vloei deur Amsterdam. Praag lê aan die oewers van die Vltava
of Moldau, en die Tiber loop deur Rome. 2. (d) Jennifer Lawrence
was 25 jaar oud toe sy vir ’n vierde Oscar benoem is. Sy het ’n
Oscar vir die beste aktrise gewen met Silver Linings Playbook
(2013) en is ook in dié kategorie benoem vir Winter’s Bone (2011)
en Joy (2016). Sy is as beste byspeelster benoem vir American
Hustle (2014). Saoirse Ronan was net vier maande ouer as Lawrence
met haar vierde Oscarbenoeming vanjaar. 3. (1 – a en d) Tripoli is
die stede in Libanon en Libië. (2 – f en g) St. Petersburg kan in
Rusland of die VSA wees. (3 – b en h) Buenos Aires is die naam van
stede in Argentinië en Mexiko. Daar is meer as 20 ander stede en
dorpe met dié naam. (4 – c en e) Lagos is ’n stad in Portugal én in
Nigerië. 4. (a en c) Bees en bison. Dié plaasdiere, waarvan die
vleis in meer as 20 Amerikaanse deelstate verkoop word, is ’n
vrugbare kruising tussen ’n beesbul (5/8) en ’n bisonkoei (3/8).
Dié kruisings, wat meer na beeste as na bison lyk, word in beheerde
teelprogramme gedoen om die beste eienskappe van albei diere te
benut. 5. (a) Seekatte en (d) inkvisse het drie harte. Een hart
pomp bloed deur die hele liggaam, en twee harte pomp bloed net na
die kieue. Paddaharte het net drie kamers (twee atria en een
ventrikel). Kokkerotte het een hart met 13 kamers. 6. (b) 18. Katte
het vyf tone aan hul voorpote en vier tone aan die agterpote.
Wetenskaplikes vermoed die vier tone aan die agterpote help katte
om vinniger te hardloop. Party katte is polidaktilies (baie tone)
met meer as 20 tone. Die wêreldrekord van 28 tone word gehou deur
Jake van die VSA en die Kanadese kat Paws. 7. (c) Dwergseekoei.
President Calvin Coolidge (1923-1927) het katte, honde en voëls
aangehou, saam met ’n bobbejaan, die donkie Ebenezere, twee
wasbere, leeuwelpies, ’n wallaby en ’n dwergseekoei met die naam
Billy. Harvey Firestone, die stigter van die bandemaaatskappy
Firestone, het Billy in Liberië gevang. Coolidge se voorganger
Theodore Roosevelt se troeteldiere het ’n eenbeen-haan, ’n ratel,
’n ponie, ’n hiëna en ’n klein beer ingesluit. 8. (c) Luidier
(Engels: sloth) en (d) Manatee. Die meeste soogdiere, van die
kameelperd tot die muis – en die mens – het sewe nekwer- wels. Die
tweetoon-luidier het 5 tot 7 nekwerwels, en die drietoon-luidier
het 8 of 9 nekwerwels. Die manatee, ’n seesoogdier, het 6
nekwerwels. 9. (a) Engeland. Die Latynse aquarius beteken “van
water”. Philip Henry Gosse van Engeland het die term aquarium
geskep van die Latynse woord aqua en die agtervoegsel -arium, wat
na ’n plek verwys. Gosse het die belangstelling in akwariums in
Engeland laat toeneem deur in 1853 die eerste openbare akwarium in
Londen se Dieretuin in te rig, en hy het ’n handboek vir die
instandhouding van akwariums geskryf. (Die oorspronklike Latynse
woord aquarium verwys na ’n waterdrinkplek vir beeste.) 10. (c)
1914 was die jaar van die eerste kommersiële passasiersvlug, wat
net 23 minute geduur het. Abraham Pheil het $400 betaal om die
passasier te wees op ’n vlug van St. Petersburg na Tampa in
Florida, wat 21 kilometer van mekaar is. (Vandag sal dit omtrent $8
500 wees.) Pheil, vroeër burgemeester van St. Petersburg, en die
vlieënier, Tony Jannus, was die enigste mense in die
vliegtuig.
Blokraai [438 6 September]