8
Redakteur: Ruan Bruwer Voorblad: Daniel Botha Ontwerp en uitleg: Daniel Botha, Willem Gous, Matthew Buys Nuus: Henk Neethling, Schalk Marais, Brendon van Niekerk, Christoff Loubser, Simon Brand, Ean Brink, Charl Smit Onderwyser in beheer: Hesti van der Mescht [email protected] | Instagram: @Paul_Roos_Gimnasium | Twitter: @PaulRoos_Gym | Facebook: .com/PaulRoos_Gymnasium Besoek gerus die amptelike skoolwebblad vir ander nuus by www.paulroos.co.za.

Redakteur: Ruan Bruwer Voorblad: Daniel Botha Ontwerp en ... · Charl Smit D it is dié tyd van die jaar – alles staan vir sommige einde se kant toe, en vir ander is dit die begin

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Redakteur: Ruan Bruwer Voorblad: Daniel Botha

Ontwerp en uitleg: Daniel Botha, Willem Gous, Matthew BuysNuus: Henk Neethling, Schalk Marais, Brendon van Niekerk, Christoff Loubser, Simon Brand, Ean Brink, Charl Smit

Onderwyser in beheer: Hesti van der [email protected] | Instagram: @Paul_Roos_Gimnasium | Twitter: @PaulRoos_Gym | Facebook: fb.com/PaulRoos_Gymnasium

Besoek gerus die amptelike skoolwebblad vir ander nuus by www.paulroos.co.za.

Uitgawe/issUe 268 ConCipio page 2

This coming weekend is the final weekend of our winter sports programme – and

officially the end of the hockey and rugby seasons of 2015.

But it is also the Grey-weekend – a weekend that we have all been look-ing forward to for quite a while.

Hosting this event, which means it is a home fixture during our 150 celebrations, is even more special.

However, special events bring special challenges, and will require special efforts. It is our duty and responsibility to put in those efforts, and to make the relevant sacrifices.

Elke Paul Rooser sal moet optree soos nog nooit nie.

Gedrag, hoflikheid, voorkoms en onberispelike optrede is presies wat van elkeen verwag word.

Elke Paul Rooser sal moet speel soos nog nooit nie.

Slegs elkeen se absolute beste poging sal sukses bring. Individuele pogings, spanpogings, skoolpogings – waar ook al – nou is dit tyd vir saamstaan en hande vat, maar veral ook tyd vir hand opsteek en sê : “Ek sal”.

Die uitslag van ’n enkele wedstryd bepaal nie die sukses van die naweek nie – maar wel elke individu se eie

unieke wedstryd. Wat jy ook al speel, en vir watter span jy ook al speel – speel vir jou en die skool se sukses.

Elke Paul Rooser sal moet onder-steun soos nog nooit nie. ’n Naweek soos hierdie word gewen deur gees: skoolgees, pawiljoengees, wat ook al en waar ook al.

May you all enjoy every moment. Always remember that we are privi-leged and blessed to enjoy all these things.

Onthou : Bloemfontein is die rosestad, maar Stellenbosch is die Roos se stad.

Van Agter die LessenaarFrom Behind the Desk

Deur Jannie van der Westhuizen

We made it; we’re finally here...The big moment in every

Paul Roos boy’s life: Grey Bloem is heading to our town!

This week has that effect on peo-ple that cannot be described merely through the use of a few words in an editorial. You need to actually be here to witness the absolute magnificence of it all.

It is truly an annual culmination of pride colliding in proud school boy sport!

You enter the school and see ban-

ners hanging from every possible hook point and decorations littering the hallways. You know that the Grey week is in full swing when even the teachers start to wear their maroon school wear in support of our school.

Even though Grey is the only thing on everybody’s mind these days, there is still that daunting, inevitable exam looming for the matrics.

This will be the exam that deter-mines everything for us. It may not be the end of year exam, but this will be used to prove to ourselves and our

teachers (possibly our parents too) that you are indeed capable of writing that “perfect” exam.

Regardless of the looming exam or not, there is a matric class of 2015 who for the last time want to make history against a well-respected school of Grey pupils.

Whether you are participating, cheering on the side line or convincing your parents to attend the 310 dinner, you absolutely cannot miss out on history in the making!

Go Maroon Machine Go!

Pronto!

Uitgawe/issUe 268 ConCipio page 3

Henk Neethling

Paul Roos se eerste rugbyspan het die afgelope naweek teen

’n passievolle Hoër Landbouskool Boland in die boerseuns se agterplaas vasgeval, wat die skool beslis angstig maak oor ons Grey-vooruitsigte in ons 150ste bestaansjaar. Alhoewel die uitslag nie ideaal is vir die Maroen Masjien se momentum nie, is dit dalk net wat ons ouens broodnodig gehad het om hulself verder te motiveer vir die naweek wat voorlê.

Hulle vertoning was nie noodwen-dig swak nie – inteendeel, hulle het by tye beslis gelyk soos die onstuit-bare span wat vanjaar vir Grey High en Affies elk ’n ordentlike loesing gegee het.

Dit het egter gevoel of daar iets kort: ’n hele paar sleutelspelers was buite aksie (of by die nasionale skolespan) en mnr. Kriek was weg om einste skolespan se leisels te neem. As Paul Roos se afrigter het hy, saam met

PRG se twee SA-spelers, uitstekend gevaar en hulle span gehelp om na al hulle wedstryde onoorwonne te wees.

Die PRG-eerstespan sal ’n reuse hupstoot kry met die terugkeer van Generaal ‘Gaza’ en Nico Leonard. Joshua Vermeulen het ongelukkig ’n ernstige besering opgedoen en sal eers weer volgende jaar vir die Mar-oen Masjien in aksie sal wees.

Beide eersgenoemde spelers verleen ’n ekstra dimensie aan ons agterlyn en sal vir Grey goed op hulle tone wil hou met gevaarlike samespel – met mekaar, én met hulle ewe prominente spanmaats.

Ons pak voorspelers gaan ook ’n groot sê hê in die uitslag van die tita-niese stryd wat voorlê. Daarom was dit gerusstellend om te sien hoe goed ons slotmaats, Joa Swart en Laszlo Pschorn, verlede Saterdag gespeel het. Hoe sake gaan staan na Saterdag se skouspel gaan wel nie deur individu-ele briljantheid bepaal word nie. Wat PRG nog altyd suksesvol gemaak het,

is die feit dat ons nie bloot staatmaak op ’n Johan Goosen of ’n Curwin Bosch om ons wedstryde te beklink nie. Ons speel vir mekaar: vir daardie spanmaat langs jou en die magtige Maroen Massa agter jou.

Maroen Masjien was ’n bietjie plaas toe ... en is nou éérs oorgehaal om Grey te kasty

Uitgawe/issUe 268 ConCipio page 4

Beste vir laaste en laaste van die bestesCharl Smit

Dit is dié tyd van die jaar – alles staan vir sommige einde se kant

toe, en vir ander is dit die begin van groot dinge. Paul Roos Gimnasium is geen uitsondering op die reël nie. ’n Warboel van emosies bou in elke persoon op. Ons kan dit deurtrek na die wintersporte, dit is besig om die pylvak van die seisoen in te tree. Die laaste struikelblok wat voorlê: Grey.

Niemand sal met my kan stry nie, Paul Roos Gimnasium se hokkie het die afgelope jaar gefloreer – hulle het selfs buite die landsgrense óók gewys wie is baas. Op 14 en 15 Augustus het die hokkiespanne teen York, George, gespeel,uitnemende resultate gelewer en weer eens vir opslae gesorg.

Paul Roos se eerste hokkiespan het ook pas York se eerste span, wat sélf met SA-hokkiespelers spog, ’n ding of twee van hokkie geleer en met ’n oorwinning van 5/1 weggestap.

Breda Reed, lid van PRG se eerste

hokkiespan en die beste speler in sy ouderdomsgroep landwyd, sê dat hulle reg is vir Grey, hoewel dit altyd die mees fisieke wedstryd van die jaar is. Breda is hartseer oor die feit dat dit sy laaste wedstryd vir PRG gaan wees – soos dit dan ook vir al die matrieks in die span dit die laaste keer dat hulle op die astro as ’n hokkiespeler

van PRG gaan uitdraf.Die hokkie van die komende

naweek gaan iets wees wat mens nie sal kan misloop nie – dit gaan beslis en van die opwindendste wedstryde van die naweek wees. Ons moet die eindstreep voor oë hou, nederig bly en fokus op die afronding – die res sal vanselfsprekend in plek val.

Uitgawe/issUe 268 ConCipio page 5

Statistics show that Grey will suffer from a severe case of putter fingers

when they tee off against Paul Roos on Friday.

According to Mr. Rudolph Buys, manager and chief administrator of golf at 1 Suidwal Street, Paul Roos will have the upper hand during this year’s Interschools at Devonvale Golf

Estate. Although he admits that it is always tough to play in Bloemfon-tein, Mr. Buys is certain of a landslide home victory in favour of the boys in maroon. Although Grey has rarely won in Stellenbosch during the past five years, its current first team is rumoured to be the best that Bloem-fontein has seen for a while.

The men start swinging at 07:30, a full 9 minutes after sunrise. Not to worry though, as things are sure to heat up when the Paul Roos’ five golf teams set the course on fire.

Be sure to drop by and catch some of the action live on Friday as Paul Roos sends Grey sprinting for the nineteenth hole.

PRG Golf players set to give Grey a serious clubbing

 The  Line-­‐‑up    1ST  TEAM    

   2ND  TEAM    

   3RD  TEAM    

1.  Michael  Sheriff     1.  Adriaan  de  Waal     1.  André  Kirsten    2.  Chrismar  Engelbrecht     2.  Bruno  Rhode     2.  Jurgen  Saunders    3.  Niehaus  Loots     3.  Reynard  Heath     3.  Gerhard  Cloete    4.  Gregor  Pfaff     4.  Janko  Visser     4.  Erik  van  Zyl    5.  Charl  Theron     5.  Leon  Cloete     5.  Lucus  Visser    6.  Albert  Jacobs     6.  Frans  Husfeld     6.  Francois  Roux          4TH  TEAM    

     5TH  TEAM    

     RESERVES    

1.  Liam  Farrel     1.  Jean  van  der  Walt     1.  John-­‐‑Henry  van  der  Westhuizen    2.  Antonie  Jacobs     2.  Christiaan  Neethling     2.  Nico  Claassen    3.  Hanro  Loots     3.  Gideon  van  Rensburg    4.  Douglas  Jonker     4.  PJ  Volkwyn    5.  Tian  Smit     5.  Jean  van  Niekerk    6.  Edrich  Aucamp     6.  Matthew  Gambarana    

 

Gholf teams vs Grey

Uitgawe/issUe 268 ConCipio page 6

Simon Brand

As daar na die debatspanne van Paul Roos gekyk word, is dit duidelik dat dié skool se blaf net so seer soos sy byt is.

Ons Afrikaanse debatgroep, onder leiding van me. Dalene Vermeulen en me. Karin Tomlinson, het 2015 met die WOW-debatfees afgeskop. Twee spanne het die skool by hierdie geleentheid verteenwoordig. Paul Roos se ou honde (Roux Volsoo, Renier Hattingh en Rayno Blomerus) het die semi-finaal gehaal. Die nuwe besems (Stehan Odendaal, Alex Aldrich en Mihan van Zyl) is as die wenners in hul kategorie aangewys.

Volgende op die agenda was die ATKV-debatkompetisie, waarvoor ses senior spanne en twee junior spanne ingeskryf is. Drie van die senio rspanne het hul debatte gewen – teen Boishaai, Bloemhof en Klein Neder-burg onderskeidelik.

Die juniors het selfs beter gevaar deur deur te dring tot die semi-finaal, waarna een van die spanne in die finaal beland het.

Dit is die eerste keer in vele jare dat ’n Paul Roos-span die Provinsie in die eindrondte van die ATKV verteen-woordig. Hierdie span, wat bestaan uit Thys Sutherland, Arend Brand en Jacques Botma neem op 22 Augustus deel by Goudini Spa, waar die finaal

hierdie jaar aangebied word.Eerskomende Vrydag gaan twee

senior en twee junior spanne vir Grey College die stryd aansê. Die twee senior spanne bestaan uit Charl Smit, Johan Schoeman en Van Zyl Bester; en Francois van Zyl, Simon Brand en Jean-Tiaan Cronjé. Die junior spanlede is Thys Sutherland en Arend Brand en Jacques Botma, en Alex Aldrich, Stehan Odendaal en Mihan van Zyl. In die lig van hierdie jaar se prestasies, en met spanne wat gereeld hul vaardighede slyp, kan ’n mens nie help om optimisties oor die uitslae van hierdie kragmetings te wees nie.

Paul Roos-debat saal op vir Grey-kragmeting

Christoff Loubser

Soos stout kinders op ’n reënerige dag laat die PRG-toneelgroep ook orals spore! Die span seëvier met hul nuutgeskrewe komedie uit die pen van regiseur Esther von Waltsle-ben.

Mullets en Mowhawks handel oor twee Graad 8-seuns, Chris (Thomas Winter) en Schalk (Thys Sutherland), wat skool “bunk” en die geleentheid gebruik om Schalk se pa se "man-cave" te bemeester. Wanneer dié twee boesemvriende ’n ongemerkte kasset in die video-speler druk, suig die televisie hulle in en dis met klassieke karakters soos die planmaker Mac-Gyver en die mal manne van die A-team dat dié twee weer hul weg moet vind, terug na realiteit.

Luke White, vorm al deel van Paul

Roosers se definisie vir drama en hi-erdie jaar is natuurlik geen uitsonder-ing nie. Luke is vanjaar tydens drie van die land se gesogste toneelfeeste bekroon as beste ondersteunende akteur.

Thys en Thomas het tydens die Durbanville Toneelfees opslae ge-maak met ’n toekenning vir die mees uiteenlopende prestasie. Die produk-sie is ook tydens dié toneel-fees genomineer vir beste produksie en regie. Die span het egter met die eerste dubbelgoud-toekenning (vir tegniese inkleding) by dié fees weg-gestap.

Mullets en Mowhawks se eerste tuisoptrede was op 28 Julie en sal ook weer te siene wees tydens die sport-en-kultuur-galageleentheid, wat op 27 Augustus plaasvind. Die volgende hoogtepunt op die drama-kalender

is ATKV se Wes-Kaapse Tienerto-neel-uitdunne, wat op 24 Augustus plaasvind. Hierdie uitdunne sal egter bepaal of die span sal deelneem aan die ATKV Tienertoneel se finaal, wat tydens die Clover Aardklop in die Oktober-vakansie plaasvind.

Oos Wes Drama Bes

Uitgawe/issUe 268 ConCipio page 7

Ean Brink

Op Saterdag 8 Augustus het Paul Roos se koor deelgeneem

aan die finale rondte van ATKV se “APPLOUS!” koorkompetisie in Port Elizabeth, en wel in die “meer ervare seunskoor”-afdeling.

Nie net is hulle as beste seunskoor in die land gekroon nie, maar hulle het in die proses ook Afrikaanse Hoër Seunskool oortuigend gek-lop. Dit is ’n uitsonderlike prestasie, aangesien die koor nog laasjaar vir die eerste maal in die “minder ervare seunskoor”-afdeling opgetree het (en ook gewen het).

Affies het glo die afgelope 25 jaar hi-erdie kompetisie gewen voordat hulle deur Paul Roos ore aangesit is.

Paul Roos se koor maak seker hulle hou by met 150 jaar se guts

en glory

Uitgawe/issUe 268 ConCipio page 8