9
RIGLYNE OM ‘n GOEIE KWALITEIT VRAESTEL VIR GRAAD 7 – 9 OP TE STEL 1. INLEIDING: Hierdie dokument het ten doel om riglyne te verskaf vir die opstel van ‘n goeie kwaliteit vraestel. Die opstel van ‘n vraestel van ‘n hoë kwaliteit verseker die integriteit van die assesseringsproses vir al die belanghebbendes. 2. BELEIDSRAAMWERK: Vraestelle moet opgestel word in oorleg met die volgende beleidsraamwerke: Nasionale Beleidsverklarings (NKV) Leerprogram Riglyne 3. DIE OPSTEL VAN VRAESTELLE: 3.1. STAPPE Stap 1 Stel vas die gewig van die Leeruitkomste wat op die vraestel van toepassing is. Stap 2 Stel die assesseringstandaarde vas wat u wil dek in die vraestel en hoe elkeen geïntegreer kan word binne die leerarea in elke vraag. Stap 3 Kies toepaslike punte-toewysings vir elke vraag. Stap 4 Wat is die aard of tipe van elke vraag en / of onderafdeling bv. Feitelik, data-respons, kritiese evaluering, probleemoplossing, verbal, numeries, visueel, geslote of oop vrae.

Riglyne Vir Die Opstel Van Gehalte Vraestel Vir Die Senior Fase

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Gids

Citation preview

Page 1: Riglyne Vir Die Opstel Van Gehalte Vraestel Vir Die Senior Fase

RIGLYNE OM ‘n GOEIE KWALITEIT VRAESTEL VIR GRAAD 7 – 9 OP TE STEL

1. INLEIDING:

Hierdie dokument het ten doel om riglyne te verskaf vir die opstel van ‘n goeie kwaliteit vraestel.

Die opstel van ‘n vraestel van ‘n hoë kwaliteit verseker die integriteit van die assesseringsproses vir al die belanghebbendes.

2. BELEIDSRAAMWERK:

Vraestelle moet opgestel word in oorleg met die volgende beleidsraamwerke:

Nasionale Beleidsverklarings (NKV)

Leerprogram Riglyne

3. DIE OPSTEL VAN VRAESTELLE:

3.1. STAPPE

Stap 1 Stel vas die gewig van die Leeruitkomste wat op die vraestel van toepassing is.

Stap 2 Stel die assesseringstandaarde vas wat u wil dek in die vraestel en hoe elkeen geïntegreer kan word binne die leerarea in elke vraag.

Stap 3 Kies toepaslike punte-toewysings vir elke vraag.

Stap 4Wat is die aard of tipe van elke vraag en / of onderafdeling bv. Feitelik, data-respons, kritiese evaluering, probleemoplossing, verbal, numeries, visueel, geslote of oop vrae.

Stap 5 Oorweeg die kognitiewe vlakke wat aangespreek word in elke vraag.

Stap 6 Besluit oor hoe elke vraag gestruktureer sal word bv. ‘scaffolding’.

Stap 7 Stel die vraestel en die memorandum gelyktydig op.

Stap 8 Oorweeg die voorgestelde tydtoewysing vir elke vraag.

Stap 9 Ontwikkel ‘n voorblad, wat die voorgestelde tydtoewysing insluit.

Stap 10 Verseker dat die vraestel gemodereer word en dat all gehaltebeheer maatreëls in plek is.

3.2 HERSIENE BLOOM SE TAKSONOMIE

Page 2: Riglyne Vir Die Opstel Van Gehalte Vraestel Vir Die Senior Fase

2

A.g.v. sy ses (6) vlakke van denke, kan Bloom se taksonomie ‘n raamwerk, wat lae- tot hoëvlak dinkaktiwiteite inkorporeer, verskaf.

EVALUERINGSINTESE

SKEPPING / SINTESE(Voeg elemente / idees bymekaar om ‘n oorspronklike idee te ontwikkel of kreatiewe denke)

konstrueer, skep, ontwerp, ontwikkel, formuleer, skryf. genereer, beplan, produseer

EVALUERING(beoordeel die waarde van idees, bronne and metodes deur standaarde and criteria te ontwikkel en toe te pas)

bevraagteken, verdedig, fel ‘n oordeel, kies, ondersteun, evalueer, regverdig, beveel aan

ANALISE TOEPASSING

ANALISEER(breek informasie af in sy komponente of elemente)

vergelyk, kontrateer, lewer kritiek, differensieer, onderskei, ondersoek, bevraagteken, toets, organiseer

TOEPASSING(gebruik strategieë, konsepte, beginsels en teorieë in ‘n nuwe situasie)

kies, demonstreer, dramatiseer, illustreer, vertolk, skets, los op, gebruik, skryf, implementeer

BEGRIP BEGRIP(verstaan van gegewe inligting)

klassifiseer, beskryf, bespreek, verduidelik, identifiseer, plaas, doen verslag, kies, parafraseer, vertolk, voorsien voorbeelde, som op, vergelyk

HERROEPONTHOU(herroep en herkenning van spesifieke inligting)

definieer, dupliseer, lys, memoriseer, herroep, herhaal

Vir verdure inligting, raadpleeg:http://www.odu.edu/educ/roverbau/Bloom/blooms_taxonomy.htm http://www.kurwongbss.eq.edu.au/thinking/Bloom/Bloom's%20planning%20sheet.dochttp://www.kurwongbss.eq.edu.au/thinking/Bloom/blooms.htm

EKSAMEN RAAMWERK

Page 3: Riglyne Vir Die Opstel Van Gehalte Vraestel Vir Die Senior Fase

3

1. FORMAAT, STRUKTUUR EN PUNTETOEWYSING VAN VRAESTELLE1.1 VOORBLAD (op alle grade van toepassing)

Die voorblad moet die volgende bevat: Naam van skool / instelling Leerarea, Graad en Titel bv. Graad 8 eksamen Huidige maand en jaartal bv. November 2010. Tydtoewysing Puntetoewysing Aantal bladsye Instruksies t.o.v. die vraestel

1.2 INSTRUKSIES:

Voorbeeld 1: Lees al die instruksies versigtig Beantwoord ALLE vrae. Begin elke afdeling op ‘n nuwe bladsy. Die nommers van die antwoorde moet dieselfde wees as die nommers van die vrae. Laat ‘n reel oop naq elke antwoord. Skryf netjies en leesbaar.

Voorbeeld 2:

Die vraestel moet binne 1 uur beantwoord word. Jy behoort 30 (dertig) minute te gebruik om Afdeling A en 30 minute om Afdeling B te beantwoord.

‘n Antwoordblad vir Vraag 1 (veelvuldige-keuse vrae) word voorsien op bladsy 3 van die vraestel. Groepwerk word nie toegelaat nie. Beantwoord al die vrae op jou eie.

Voorbeeld 3:

Pas die instruksies van vorige GTAs aan.

Page 4: Riglyne Vir Die Opstel Van Gehalte Vraestel Vir Die Senior Fase

4

2.1 FORMAAT VAN VRAESTELLE

Vraestel Punt

AFDELING AEen woord antwoordeWaar / vals itemsVeelvuldige keuse-vrae

AFDELING B:Langer vrae

Totaal

2.2 GEWIGTE AAN LEERUITKOMSTE EN KOGNITIEWE VLAKKE TOEGEKEN

Vraestel GewigLU 1LU 2LU 4

Kognitiewe vlakke GewigHerroep (kennis) Begrip Ontleding, toepassing Evaluering, sintese

2.3 RIGLYNE VIR DIE OPSTEL VAN ‘n MEMORANDUM:

2.3.1 Die memorandum moet ooreenstem met die vrae in die vraestel opgestel.

2.3.2 ‘n Memorandum maak voorsiening vir alternatiewe antwoorde (response).

2.3.3 Die memorandum moet volledig wees met puntetoewysing ingesluit.

2.3.4 Die memorandum moet goed uiteengesit en netjies getik wees.

Page 5: Riglyne Vir Die Opstel Van Gehalte Vraestel Vir Die Senior Fase

5

VOORBEELD VAN ‘n MODERERINGSVERSLAG Gekontroleerde toetse en eksamens

Graad 7 - 9ALLE VLAKKE VAN MODERERING

(Maak ‘n regmerkie in die toepaslike blokkie)

VLAK VAN MODERERING: SKOOL KLUSTER DISTRIK PROVINSIAAL

GEKONTROLEERDE TOETS EKSAMEN ?

GEKONTROLEERDE TOETS TITEL: ………….…………………………………

1. TEGNIESE VEREISTESMinimum Standaard J N

1.1 Die vraestel is volledig met ontledingsmatriks, memorandum, relevante antwoordblad ens. .

1.3 Die voorblad bevat al die relevante besonderhede soos tydtoewysing, naam van die leerarea en instruksies aan kandidate.

1.4 Die instruksies aan die candidate is duidelik en ondubbelsinnig.

1.5 Die uitleg van die vraestel is leerder-vriendelik.

1.6 Die vraestel bevat die korrekte numering.

1.7 Toepaslike lettertipes en – groottes word regdeur die vraestel gebruik.

1.8 Puntetoewysings word duidelik aangedui.

1.9 Die vraestel kan binne die die tyd toegewys voltooi word.

1.10 Die puntetoewysing op ie vraestel is dieselfde as op die memorandum.

1.11 Die gehalte van die illustrasies, grafieke, tabelle ens. is gepas.

1.12 Die vraestel voldoen aan die formaatvereistes in die Leerarea Assesseringsriglyne.

2. INHOUDMinimum Standaard J N

2.1 Die vraestel dek die LUs en die ASe, soos voorgeskryf in die beleids- en riglyndokumente.

2.2 Die vraestel dek verskeie tipe vrae (veelvuldige keuse-vrae, langer vrae ens.)

2.3 Die gewig en inhud van die LUs en ASe is toepaslik versprei.

2.4 Die voorbeelde en illustrasies is toepaslik, gepas, relevant en akademies korrek.

2.5 Daar is ‘n korrelasie tussen die puntetoewysing, moeilikheidsgraad en tydtoewysing.

3. KOGNITIEWE VAARDIGHEDE:Minimum Standaard J N

1 2 3

Page 6: Riglyne Vir Die Opstel Van Gehalte Vraestel Vir Die Senior Fase

6

3.1 Die vraestel verskaf geleenthede om die volgende te assesseer:

- redeneringsvermoë

- vermoë om te kommunikeer

- vermoë om verbale na simbolies te vertolk

- vermoë om te vergelyk en te kontrasteer

- vermoë om oorsaak en gevolg te sien

- vermoë om ‘n seining duidelik uit te druk

4. MEMORANDUM Minimum Standaard J N

4.1 Die memorandum is akkuraat.

4.2 Dit stem ooreen met die vrae op die vraestel.

4.3 Die memorandum maak voorsiening vir alternatiewe antwoorde.

4.4 Die memorandum se uitleg is duidelik en netjies getik.

4.5 Die memorandum is volledig met puntetoewysing en puntverspreiding in die vraestel.

4.6 Die memorandum dui die LUs en ASe geassesseer duidelik aan.

5. ALGEHELE INDRUKMinimum Standaard J N

5.1 Die vraestel is regverdig, geldig en betroubaar.

5.2 Die vraestel in geheel assesseer die uitkomste in die Kurrikulumverklarings.

5.3 Die vraestel is van ‘n toepaslike standard.

5.6 Die vraestel is in lyn met die relevante huidige beleids- / riglyndokumente.

HANDTEKENINGE

Moderator Verifieerder Skool-

vlakKluster

vlakDistrik

vlak Provinsiale

vlakMerk af met ‘n regmerkie (√)

in die regte kleur pen

Naam: Naam:

Handtekening: Handtekening:

Datum: Datum: