16
Roodeparkskool – COVID-19 Werkkaarte - DCAPS Natuurwetenskap Week 3,4 &5 Termyn 3: Jaar 3 Welkom by COVID – 19 Tuisonderrig Hoop almal is gesond en veilig. Is julle reg om HARD te werk?? Liewe Leerders die werkkaart bevat die volgende leerinhoud. 1. Selle en batterye. 4. Hoofstroom-elektrisiteit. 2. Elektriese stelsel. 5. Veiligheid met elektrisiteit – reëls. 3. Vrae 6. Vrae. INSTRUKSIES: Voltooi al die aktiwiteite op die werksvel. Skryf jou naam en die datum waar aangedui . Jou ouers/ voog mag jou help wanneer jy sukkel, maar jy moet die werk self voltooi. Bring asseblief alle voltooide werkkaarte saam wanneer die skool weer heropen. 1

Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

Roodeparkskool – COVID-19 Werkkaarte - DCAPSNatuurwetenskap Week 3,4 &5 Termyn 3: Jaar 3

Welkom by COVID – 19 Tuisonderrig Hoop almal is gesond en veilig. Is julle reg om HARD te werk??

Liewe Leerders die werkkaart bevat die volgende leerinhoud.

1. Selle en batterye. 4. Hoofstroom-elektrisiteit.2. Elektriese stelsel. 5. Veiligheid met elektrisiteit – reëls.3. Vrae 6. Vrae.

INSTRUKSIES:

Voltooi al die aktiwiteite op die werksvel. Skryf jou naam en die datum waar aangedui . Jou ouers/ voog mag jou help wanneer jy sukkel, maar jy moet die werk self

voltooi. Bring asseblief alle voltooide werkkaarte saam wanneer die skool weer

heropen. STERKTE en geniet dit !!!

Groete

Mev M Cornelius

1

Page 2: Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

Naam:__________________________________________________

Datum: ___________________________

Energie en elektrisiteitSelle en batterye.Om energie in selle en batterye te stoor:‘n Mens kan die energie van die Son neem en dit in ‘n sel of battery stoor. Die

energie kan dan gebruik word wanneer dit benodig word, soos in ‘n flitslig,

draradio,ens.

Wat is selle en batterye?Selle en batterye is voorwerpe wat energie in die vorm van elektrisiteit stoor. ‘n

Battery bestaan uit baie selle wat bymekaar gesit word. ‘n Sel is die kleinste

geheeldeel van ‘n battery.

Battery

Selle

Dele van ‘n battery.‘n Sel het twee punte. Hierdie twee punte word terminale genoem. Een punt word

positief ( + ) genoem en die ander punt negatief ( - ) .

2

+

--

Page 3: Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

Elektriese energie beweeg van die negatiewe terminaal na die positiewe terminaal.Die chemikalieë in ‘n sel gee elektriese energie af. Hierdie elektriese energie

beweeg(vloei) van die negatiewe terminaal na die positiewe terminaal Dit beweeg

baie vinnig.

Kyk na die tekening van die flitslig hieronder. Die elektrisiteit (energie) beweeg van

die negatiewe na die positiewe terminaal, deur die gloeilamp en terug na die eerste

sel.

Die flitslig.

Wanneer die skakelaar in die “aan “- posisie is, raak die metaaldrade aan mekaar. Die stroombaan is dan voltooi.

Indien ‘n sel nie aan iets gekoppel is nie, sal dit nie sy energie verloor nie. Slegs

wanneer jy die selle aan iets koppel, sal die energie oorgedra word na waar dit

benodig word.

Wanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou

werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is.

3

Page 4: Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

Party soorte selle kan weer gebruik word as dit herlaai word. ‘n Selfoon se sel word

herlaai wanneer dit aan ‘n selfoonlaaier, geprop in ‘n elektriese prop, gekoppel word.

Die energie van die elektrisiteit word oorgedra deur die selfoonlaaier en in die

chemikaië van die sel geberg. Selle wat weer gelaai kan word, word herlaaibare selle genoem.

Gooi ou selle op veilige maniere weg.

Skadelike chemikalieë kan uit selle lek. Dit kan die grond en water besoedel en ook

mense se gesondheid benadeel. Moet nooit selle in ‘n vuur gooi nie, want dit kan

ontplof.

Party winkels en gemeenskapvullissentrums maak ou selle bymekaar. Die selle word

dan geneem om herwin te word, of dit gaan na ‘n spesiale vullisverwerkingsaanleg

wat gevaarlike vullis berg.

Wat is ‘n elektriese stelsel?

‘n Elektriese stelsel word ‘n stroombaan genoem. ‘n Voorbeeld van ‘n eenvoudige

stroombaan bestaan uit die volgende komponente:

‘n kragbron (sel) elektriese draad ‘n gloeilamp ‘n flitsgloeilamphouer

Wanneer jy hierdie dele koppel, kan jy ‘n elektriese stroombaan maak. Hierdie

stroombaan sal die gloeilamp laat skyn wanneer al die dele gekoppel is. Die

elektriese energie beweeg baie vining na waar dit nodig is. Elektrisiteit beweeg soos

volg:

4

Oop stroombaan

Geslote stroombaan

Oop stroombaan

Page 5: Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

Elektrisiteit vloei vanaf die sel se negatiewe terminaal na die sel se positiewe

terminaal.

Dit vloei vanaf die sel se positiewe terminaal deur die draad.

Dit vloei vanaf die draad deur die gloeilamp. Terwyl dit deur die gloeilamp

beweeg, begin die gloeilamp brand.

Die energie vloei vanaf die gloeilamp deur die draad in die rigting van die

negatiewe terminaal. Dan begin die siklus weer van voor af.

Die gloeilamp sal ophou gloei wanneer die energie opgebruik is of jy die stroombaan

breek. Wanneer ‘n stroombaan gekoppel is en werk, sê ons dit is geslote. Wanneer

daar ‘n onderbreking in die stroombaan is, sê ons dit is oop.

Vraag 1

Watter tipe toestelle gebruik jy tuis wat met selle werk?

_________________________________________

_________________________________________

_________________________________________

Vraag 2

Voltooi die volgende sinne:

a) ________________ en ________________ is voorwerpe wat energie in die

vorm van elektrisiteit stoor.

b) ‘n Battery bestaan uit baie _______________ wat bymekaar gesit word.

c) ‘n Sel het twee punte. Dit word __________________ genoem.

d) Een punt word __________________ en die ander punt

___________________ genoem.

Vraag 3

a) Wanneer sê ons dat die sel of battery “pap” of “dood” is?

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

b) Wat noem ons selle wat herlaai kan word?

_____________________________________________________________

5

Page 6: Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

c) Wat kan uit ou selle lek?

_____________________________________________________________

d) Hoekom moet ons nie selle in ‘n vuur gooi nie?

_____________________________________________________________

e) Wat moet ons met ons ou selle doen?

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

_____________________________________________________________

Vraag 4

Wat is:

‘n Geslote stroombaan:

______________________________________________________________

______________________________________________________________

‘n Oop stroombaan:

______________________________________________________________

______________________________________________________________

Hoofstroom-elektrisiteit

Die vloei van elektrisiteit vanaf die kragstasie na ons huise.

Kragstasie Elektrisiteit word by kragstasies

opgewek. Die meeste van ons

kragstasies gebruik steenkool as hulle

energiebron. Die rede daarvoor is dat

S.A baie steenkool het.

Verhogingstransformators Die elektrisiteit wat in die kragstasie

opgewek word, word na transformators

6

Page 7: Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

gestuur. Die transformators verhoog of

verlaag die krag van elektrisiteit. Dit

help om die elektrisiteit oor lang

afstande te stuur.

Kragmaste Transmissielyne en –torings word

kragmaste genoem. Die elektrisiteit

beweeg vanaf die transformator deur

die hele land met die kragmaste langs.

Hierdie kragmaste vorm ‘n hele netwerk

drade wat ons land deurkruis. Dit word

die Nasionale Elektrisiteitsnetwerk

genoem.

Verlagingsubstasies Wanneer elektrisiteit ‘n substasie

bereik, word die krag van die

elektrisiteit verlaag of verminder. Die

elektrisiteit word dan met kleiner

kraglyne na ons huise gestuur. As dit

nie verlaag word nie, sal die krag te

sterk wees en sal dit ons toestelle

beskadig.

Elektrisiteitsbokse Die elektrisiteit beweeg vanaf die

substasie na ‘n elektrisiteitsboks by ons

huis. Die elektrisiteitsboks meet

hoeveel elektrisiteit ons gebruik. Die

boks is vol elektriese drade en

skakelaars. Hierdie skakelaars beheer

die vloei van elektrisiteit in die huis.

Muursokke,proppe en toestelle Vanaf die elektrisiteitsboks vloei die

elektrisiteit deur drade na die

muursokke in die muur. Ons prop ons

7

Page 8: Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

toestelle in die muursok sodat hulle die

elektrisiteit kan gebruik om werk te

doen.

Nadat die toestel elektrisiteit gebruik het, vloei dit terug na die kragstasie in

omgekeerde volgorde. Dan begin die siklus weer van voor af.

Suid- Afrika gebruik ook die volgende energiebronne om elektrisiteit op te wek:

water: hidro-elektriese krag wind; windturbines kernkrag: kernkragaanlegte gas: gasturbines son: solarpanele

Nasionale elektrisiteits netwerk.

Veiligheid met elektrisiteit

Veiligheidsreëls vir elektrisiteit:

1. Gaan jou toestelle gereeld na.

As jy enige van die volgende probleme opmerk, moet jy dit dadelik oplos:

Die kontroles werk nie reg nie(foutief) .

8

Kragstasie

kragmastesubstasieelektrisiteitsboks

winkel

Page 9: Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

Enige deel van die toestel is stukkend of dele daarvan is weg.

Dele daarvan is los.

2. Veilig ingeprop.

Dit is belangrik om proppe veilig te gebruik. Hier is ‘n paar wenke:

Gebruik slegs SABS-goedgekeurde proppe.

Moenie ‘n muursok oorlaai nie.

Moenie die prop aan die koord uit die muursok trek nie.

Skakel die muursok af voordat jy die muurprop uittrek.

Moenie jou vingers, kaal drade of enigiets anders in die muursok druk

nie.

Bedek muursokke wat nie gebruik word nie met veiligheidsproppe.

3. Die veilige gebruik van elektriese koorde.

Moenie koorde gebruik wat verslete en uitgerafel is nie.

Moenie koorde naby hitte sit nie.

Moenie koorde onder matte sit nie.

Moenie koorde sit waar mense loop nie.

4. Ander veiligheidswenke.

Water is ‘n goeie geleier van elektrisiteit. Hou elektrisiteit altyd so ver

moontlik van water af weg.

Moenie elektriese toestelle gebruik as jou hande nat is nie.

Moenie op of naby kragmaste en substasies speel nie.

Moenie aan die transmissiedrade raak nie.

Vraag 1

9

Page 10: Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

Watter elektrisiteitsgevare sien jy in die prente? Skryf dit in die blok langs die prente.

Vraag 2

Maak ‘n regmerkie in die blok onder Reg of Verkeerd.

10

Page 11: Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

REG VERKEERD1. Elektrisiteit word by kragbokse opgewek.

2. Die krag van elektrisiteit word verlaag by die

kragstasie.

3. Meeste van ons kragstasies gebruik steenkool as hulle

energiebron.

4. Elektrisiteit beweeg vanaf die transformator deur die

hele land met kragmaste langs.

5.Die verlagingsubstasie verhoog die krag van

elektrisiteit.

6. Die elektrisiteitsbokse meet hoeveel elektrisiteit ons

gebruik.

Vraag 3

Watter ander energiebronne gebruik Suid-Afrika om elektrisiteit op te wek:

__________________________________________

__________________________________________

__________________________________________

__________________________________________

__________________________________________

Vraag 4

Noem 5 veilige gebruike van muurproppe.

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

11

Page 12: Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

12

Page 13: Roodepark School  · Web viewWanneer al die energie wat in ‘n sel geberg is, opgebruik word sal die apparat ophou werk. Ons sê dat die sel “pap” of “dood” is. Party soorte

13