Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Sadie-Saamtrek, 9-06-2018 (deur Johan Malherbe)
06:29, 12 Junie 2018, sopas opgestyg uit Kaapstad. Oppad na Maputo, via ORT
Die nuwe Novare Matola Mall doen al besigheid sedert November 2017, maar die nuwe
verkeerssein-interseksie op die (dubbelgemaakte) EN4 is nog steeds in aanbou. Christo Reeder
(elektriese ingenieur) gaan saam op hierdie trip.
Afgelope Saterdagoggend ry ek saam met my (tans) jongste skoonseun, JP de Klerk deur na
Malmesbury. Saam met ons, is Japie Sadie, die gewese stoetbulteler. Hy vertel vir ons van sy
ongeveer jaarlikse trip na Frankryk, Nederland, Duitsland ens. Om skoue by te woon, ten einde die
beste saad te kan aankoop, vir telery in SA. Hy vertel nog baie ander interessante stories. Hy is
opgewonde - ek ook. Ons is immers op pad na ‘n Sadie-byeenkoms, die eerste ooit - en ons (ek en
Japie), is immers saam met oom James Sadie, die samestellers van die Sadie-Stamboom in SA. Ek
het inderdaad 5 stelle van 2 x volumes (2 verskillende formate) van die Sadie-databasis,
saamgebring wat vandag ge launch kan word.
Die genealogie-gogga het die uwe jare gelede gebyt. Aanvanklik begin met die hulp van ‘n DOS-
pakket. Deesdae gebruik beide ek en oom James die Legacy-sagteware. Japie werk met die hand.
Besoek al wat argief, genealogie instituut, kerke (vir doopinligting), begraafplase ens. is. En hy bel
elke Sadie in SA! En gee dan die inligting deur om ingevoer te word. Dis vir ons ‘n stokperdjie. Dis
tydsaam. Dit gee my “sanity” midde die gejaagde lewe. Nie baie mense het begrip/noemens-
waardige waardering vir die werk. Sondagoggend nog het my vriend, ds. Willem Venter, tydens ‘n
spesiale besoek, aangedui dat HY ook die hobbie asook die sagteware het. Ek kon dus maklik met
hom deel oor die einste afgelope Sadie-dag. En hy kon dit waardeer!
Dit reën nog by die koshuis waar die dubbel-agteras-InterKaap bus, via Johanneman se pêl, Os, ons
inwag. Maar eers registreer binne, en onbekendes ontmoet. Mense kom van ver ook, soos Pieter
van Sandton, Fanie van Durban, en sy kinders vanaf Ellisras! Johann en Almia (vanaf Frankryk!),
bring die plakkers met elk se naam daarop, om sake effe te vergemaklik. Daar is baie Johanne. Ek
verander myne na Blokkies. Nadia bestel vir almal wegneemkoffies by hul vrinne Louis en Elmarie
wat onlangs ‘n koffiewikkel in die hoofstraat oopgemaak het. Ons vertrek na Saldanha.
Groot was die teleurstelling toe die bus nie ‘n PA sisteem het. Dit sou net meer sinvol gewees het,
om Japie se geboorteplaas, Rondevlei, op linkerhand, aan almal uit te wys. Sig na buite nog moeilik
met die reën op die groot ruite. Maar Japie kom staan voor in die bus en verduidelik met trots van
sy grootwordblyplek en ander Sadies wat daar in die omtrek geboer het.
Ek het voor die tyd beplan om by almal gedurende die busrit/tte uit te kom. Dit realiseer glad nie.
Uitvoering van my voorneme was onprakties. Spandeer omtrent die hele pad na Saldanha, oorkant
die gang by Pieter die Sandton-SimKaart-entrepreneur. Interessante man. Probeer mense ophef
d.m.v. kommunikasie. Hy snap dat God uiteindelik die StamVader van alle stambome is! Ons ruil
lewenswyshede uit.
Japie, 1944 en Pieter, 1967
In Saldanha, stop die bus by Oorlogsvlei waar Johann Sadie (Malmesbury), se oupa Johnnie destyds
geboer het.
Johan, Wilhelm, James, Johann
James, Johann
Johann (jnr), Wilhelm, David, Johann, Wilhelm
Juanita, Awie, Japie, James, Chris
Pieter bid later, saam met Japie, almal in handevashouketting-kring by die grafte in klein
begraafplasie, binne die Militêre Akedemie se sekuriteitsarea - spesiale moment! Daar waar oom
James, vertel van sy grootwordjare, en swem in die see, en sy pa wat die padmakers destyds gestop
het toe hul agterkom die straat gaan deur die begraafplaas gebou word. Vanwaar ons neffens die
begraafplaas met die grote bus gestop het, is dit so duidelik, hoe die padroete toe inderdaad die
begraafplasie gerespekteer het. Straat stop aan die een kant, en gaan weer voort aan die ander kant
van die grafte! Frederik Albertus (stamvader Johan Michiel se kleinseun) en sy vrou de Milander
rus ook hier – James, Awie, Johann & Wilhelm se oupa-grootjie. Dankie, Nadia (Malherbe) Sadie wat
tussen die huistrekkery, nog die individuele sekuriteitsvorms sorgvuldig (laat) invul, sodat ons
pynloos die sekuriteitsarea kon betree.
Ruk die pilot my nou wakker uit ‘n diep slaap. Net om te vertel dat die daalproses, na ORT gaan
begin! Jip, lekker slapie inge sneak! Dis nodig op die kere wat jou wekker om 04:10 afgaan, om
betyds by die lughawe te wees.
Die David-en-Nadia span het nog die afgelope Vrydag hul jongste wyne bekendgestel. Dit moes by
die halfklaar Bill & Co-venue wees! Blykbaar 80 mense d.m.v. 3 x langtafels ingepas by pas
(half)omskepte geboue te Hillstraat, Malmesbury.
Dis tans nog 3 erwe wat oupa Bill destyds aangeskaf het, maar wat die afgelope seker 10 jaar,
dormant staan. Dit, kon 2 van die Malmesbury Sadiebroers nie duld. Hul neul al geruime tyd by hul
pa, Johann die CA dat die plek tog nou moet herontwikkel. Senior is konserwatief en soek
ordentlike besigheidsplan, voordat hy instem. (Moet aanvaar dat hy intussen sy blessing gegee het).
Die Hillstraat-aansig sal steeds die 6 x skakelhuisies met verandahs wys, maar agter dit is daar geen
meer teken van residensiële besetting. Nee, eerder restaurant-sitplek, wynproetoonbank,
ordentlike kombuis, speelplek vir kinders binne en buite, 16 grade instapkoelkas vir wyne, kaas,
vleis ens., verkoopsplek vir varsprodukte soos free range hoenders, eiers, spesiaalverboude
groente, die groentetuin self, en op met die 1:12 rolstoelvriendelike helling tot bo by die parkeer-
area met toegang op Pleinstraat.
Saterdagaand kuier die Sadies weer in die halfklaar fasiliteit. Eers laken-grootskerm rugby (met
sowaar ‘n wen teen Engeland)! Daarna ‘n paar “toesprake”, oorhandigings, bedankings, selfs ‘n paar
live songs, jeerlike David en Nadia wyne, en natuurlik die kos.
Vanaf Saldanha, neem die bus die 38 volwassennes na !Khwa ttu, aan die Kaapse kant van die
Darling-kruising met die Weskuspad, sowat 2km binnelands. Pragtige uitsig, op Tafelberg, asook
die see na Yzerfontein/Langebaan se kant. Michael verduidelik die werk wat hul daar doen, die
opvoeding tov Khoi-geskiedenis, die museum met historiese implimente asook die R10 miljoen se
opleiding-sentrum met die “duine”dak en die asemrowende uitsig.
Die drinkgoed, butternut sop en brownie was aangenaam, voordat die vierwielsleepwa agter die
John Deere ons 1,5km vandaar neem na die windpomp neffens die geploegde land waar Johan
Michiel Sadie-stamvader homself destyds gevestig het. Grootwater.
Vandag is daar net stukkies porselein wat deur die muise na die oppervlakte gebring word.
By hierdie geskiedkundige Sadie-baken word daar ‘n boom geplant en neem die uwe die spanfoto
hieronder.
Agter:
Pops (Gezina Johanna) eggenote van Johan Michiel (Paarl); Awie se dogter, Laurika met Awie se vrou, Anita skuins voor haar; Ronel, suster van Johan & Albrecht – mooi toespraak oor Albrecht se common
wealth kampioen-seun; Wilhelm argitek, (Worcester) agter; Hester (Bosman) Sadie – Johan van Eversdal se eggenote; Die mooie Almia (Wentzel) agter haar rugbyspelerman (gasheer) Johann; Johan Marais agter; Juanita (Sadie) Malherbe; Jolanda, 1985; Janine, 1991 (Fanie se 2 x skoondogters); Chris, 1982 (van Fanie); Awie; Fanie, 1954; James (83 jarige indoena); Christiaan Paul, 1964 (James se seun) verskuil agter; Stephan, 1984 (Fanie se seun); Albrecht, Paarl (wynkenner, pa van common wealth kampioen); Johann & Carlene (Oupa Bill se seun, Malmesbury); Johan (Albrecht se broer); Pieter Jacobus, 1967 (entrepreneur van Sandton) en voor hom; Leana (Sadie) Fourie, landmeter se dogter, langs haar; Antoine Fourie haar eggenoot; Johan van Eversdal (landmeter se broer); Lettie (Bosman) Sadie, Wilhelm argitek se vrou
Voor:
Die heer, Japie van De la Haye; weer Johanneman (rugbyspeler); Johan Michiel (Paarl) wyl hy vertel wie die beste rugbyspeler (langs hom), en wie die swakste rugbyspeler (hyself), in die groep is!!; Klein Klara, 2016 van Wilhelm (pienk boots, deur die blare); Klein Luka, 2013 van Wilhelm (CA); Klein Wilhelm, 2013 van David en Nadia; Klein Malan, 2015 van David en Nadia; Nadia (Malherbe – mooi né) Sadie en; David, 1984 (wynmaker); Wilhelm, 1983 (CA)
Albrecht se seun, Christian. Voorbeeld vir ons almal!
Ek spot al lank dat MY “Sadie Stamboomdinge” Bundel, ‘n outomaties doktoraal tot gevolg kan hê!
Ha-Ha. Baie dankies langs die pad, hou mens aan die gang. Het my vroutjie belowe dat ek vir die
volgende 6 maande ‘n stamboom sabatical sal hê.......
Hiermee, dan my dank aan die Sadies, dat ek en familie, kon deel hê aan die afgelope naweek se
gebeurtenis. Watter voorreg! Mag jul van krag tot krag gaan! En mag Bill & Co ‘n sukses wees ter
nagedagtenis aan oupa Bill, en mag die David-en-Nadia wyne voortgaan met die nasionale asook
internasionale sukses tot nou, en mag jul, Pieter Sadie se verwysing na die Groot StamVader, altyd
voor oë hou!!!
Miskien moet ons weer kennis neem van die volgende aanhaling (deur onbekende) wyl ons met
stamboomdinge besig is:
“Ons leer wat ons weet, maar ons herproduseer wat ons is.” Jou kinders kan dalk
soms dit wat jy sê betwyfel, maar hulle glo altyd dit wat jy doen. “Jou voorbeeld het
(altyd) ‘n groter impak as al jou vermanings.”
Andries Vermeulen (grapjas) wat BAIE moeilike grootwordjare binne en buite die kinderhuis
trotseer het,en vandag nie skaam is om sy geloof te bely, het die volgende te sê:
“Dis maklik om jou verlede te blameer, maar moet nooit vergeet dat JY die argitek is
van jou toekoms.”
From: Johan Malherbe [mailto:[email protected]]
Sent: Thursday, 05 July 2018 9:55 PM
To: 'James Sadie'
Subject: RE: Sadie-saamtrek
James, dankie. Plaas met graagte op jou web site. Wag net eers vir volgende version. Een spelfout en
een datumfout reeds opgetel. Wil darem eers aanpas. Iets wat jy dalk wil korrigeer, of byvoeg? ‘n
Byvoeging sal veral kleur verleen! Groetnis, Blokkies
From: James Sadie [mailto:[email protected]]
Sent: Thursday, 05 July 2018 3:33 PM
To: 'Johan Malherbe'
Subject: RE: Sadie-saamtrek
Baie dankie vir hierdie pragtige stukkie werk.. Ek het reeds gewonder of ek nie iets hieroor moet skryf
op my webwerf nie. Nou kom hierdie pragtige beskrywing van die saamtrek uit jou pen. Kan ek dit maar
op my webwerf plaas? Daar mag dalk mense wees wat nie op jy adreslys is nie wat dit daar kan lees.
Geniet jou ruskansie. Ek gaan miskien volgende week Bay West sentrum besoek, dan stuur ek ’n paar
foto’s. Groete. James
From: Albrecht Sadie [mailto:[email protected]]
Sent: Thursday, 05 July 2018 1:48 PM
To: Johan Malherbe
Subject: Re: Sadie-saamtrek
nogmaals baie dankie Johan - dis puik!!! Sadies love jou! jy het darem my lewe baie verryk vandat ek jou
ontmoet het - en toe is jy nog ‘n akteur en sanger van formaat ook - man van talle talente.
From: Johan Marais [mailto:[email protected]]
Sent: Thursday, 05 July 2018 12:32 PM
To: 'Johan Malherbe'
Subject: RE: Sadie-saamtrek
Baie dankie Johan weereens vir al jou insette. Het jou terugvoering baie geniet. Johan Marais
From: Pieter Sadie [mailto:[email protected]]
Sent: Thursday, 05 July 2018 9:21 AM
To: Johan Malherbe
Subject: Re: Sadie-saamtrek
Dankie Johan!! Mooi dag daar en hoop om spoedig weer te sien! Groete, Pieter J Sadie
From: Johann Sadie [mailto:[email protected]]
Sent: Wednesday, 04 July 2018 11:12 PM
To: blokkies malherbe
Subject: Re: Sadie-saamtrek
Naand swaer en het ek nie genoeg woorde om dankie te sê nogmaals vir jou insette en passie met die
Sadie stamboom nie!! Groete, Johann
From: Johan Sadie [mailto:[email protected]] Sent: Friday, 22 June 2018 9:25 AM
To: Johan Malherbe
Subject: RE: Sadie-saamtrek
Importance: High
More Blokkies. Dankie vir ‘n woes lekker naweek en jou insette. Johan Sadie