41
W I N T E R

nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

W

I

N

T

E

R

Page 2: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

2

2

I nhoudsopgawe

Bladsy

1. Vanuit d ie redaks ie 2

2. Boodskap van uit d ie woord 3

3. Belangr ike kennisgewing 4

4. Toerkennisgewing 5

5. Gebed vir bes ige mense 6

6. Voors itter se s tor ie 7

7. Verjaardae 10

8. Is land Lake saamtrek 11

9. Bergoord - Alweer 13

10. Lief en Leed 15

11. Die krokodil le hoe maak hul le 17

12. R20-00 se minar 18

13. Saa mtrek foto‘s 19-22

14. Te koop 24

15. Kampresep 25

16. Groendakkies 27

17. Kan nie mee…. 28

18. Afr ikaans uit d ie boonste geskiedenis 29

19. Shir ley Goodnes t en Marcy 33

20. Oorlaa i 34

21. Ie ts van die ou weermagdae 38

Page 3: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

3

3

V anaf die Redaksie…,

Die jaar hardloop vinnig aan en staan ons al amper weer by

ons AJV. Ons het ‗n geslaagde Gebiedsaamtrek gehad waar

ons besoekers van dagbestuur, Andre en Juliana Knoetze gehad het

sowel as Fred en Corrie Schiemdeskamp van Gebied Goeie Hoop om

te gesels oor die kongres van 2012 wat gesamentlik tussen die twee

gebiede aangebied sal word by die ATKV Hartenbos.

Staanplekke en rondawels is alreeds bespreek vir die geleentheid en is

die betrokke besture van beide gebiede hard aan die werk agter die

skerms om te bepaal wat elke streek kan doen om die geleentheid ‗n

glans geleentheid te kan maak.

Onderhandelings met spyseniers en personeel van die ATKV is ook

druk aan die gang.

Klein Karoo het ‗n paar jaar gelede ‗n suksesvolle Kongres aangebied

en daar is niks wat ons gaan keer om weer ‗n keer ‗n suksesvolle aan-

deel hieraan te hê nie.

Julle het ook reeds almal ‗n nominasievorm ontvang en doen ons ‗n

beroep op elkeen van julle om asseblief vir ons met wonderlike oorde

vorendag te kom waar ons volgende jaar heerlik kan ontspan.

‗n Week na ons AJV sal ‗n bevoorregte klompie van ons op ‗n toer

vertrek na Kimberley en Bloemfontein. Ons sien uit om by die Slag-

velde by Kimberley besoek te gaan aflê asook die Vroue museum in

Bloemfontein.

Ons sal in die volgende Fynbos breedvoerig terugvoer oor die toer le-

wer.

Groete tot ons volgende Fynbos,

Sonette Niemand

Page 4: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

4

4

B oodskap van uit Die Woord

Markus 6:24 Sy het toe uitgegaan en vir haar ma gesê: “Wat

moet ek vra? Die het gesê: “Die kop van Johannes die Doper”

Hirodias het ‗n vernietigende uitwerking op haar man en haar dogter ge-

had. Sy was ‗n sedelose vrou en haar dogter moes in ‗n ongelukkige huis

grootword.

Herodias trou met haar pa se halfbroer Filippus, maar skei van hom toe hy

na Rome verban word. Hierna oorreed sy sy broer Herodes om van sy

vrou te skei en met haar te trou. Sy laat haar dogter toe om uitlokkend

vor ‗n klomp besope mans te dans, en wanneer hulle dit so geniet dat

Herodes haar die helfte van sy koninkryk belowe, laat sy haar dogter vra

vir die kop van Johannes die Doper - met wie sy ‗n persoonlike vete het.

Herodias se lewe word oorheers deur haar haat vir Johannes die Doper,

omdat hy die enigste persoon was wat dit gewaag het om haar oor die

kole te haal oor haar sedelose optrede.

Ons kan ‗n paar kosbare lesse by Herodias leer. Egskeiding het ‗n

vernietigende invloed op alle kinders. Werk aan jou huwelik sodat jou

kinders nie in ‗n ongelukkige huis grootword nie. Sorg dat jy te alle tye

vir jou kinders ‗n goeie voorbeeld stel. Waak ook daarteen om ‗n nega-

tiewe invloed op jou man uit te oefen deur jou wil op ‗n slinkse manier op

hom af te dwing.

Hemelse Vader, ek stel so dikwels die verkeerde voorbeeld vir my kinders.

Help my asseblief om my geloof met my lewe te bewys.

Uit Asemskep oomblikke met God deur Nina Smit.

Page 5: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

5

5

B ELANGRIKE KENNISGEWING

HIERMEE WORD KENNIS GEGEE VAN DIE

24 STE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN

SAWA KLEIN KAROO WAT GEHOU SAL WORD

OP SATERDAG 26 AUGUSTUS 2011 OM 10h00

IN DIE DOLFYN SAAL TE ATKV HARTENBOS.

LEDE WORD VRIENDELIK VERSOEK OM

HIERDIE GELEENTHEID BY TE WOON.

MANS: SAWA-Drag

DAMES: Dienooreenkomstig.

Page 6: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

6

6

T oerkennisgewing:

Neem asseblief kennis - alle toerlede.

Die presidente saamtrek wat gedurende die naweek 9 -

11 September 2011 sou plaasvind is gekanselleer .

Ons toerplanne gaan egter nog steeds voort. Coen van

der Merwe - Gebiedsvoorsitter van Gebied Oranje-

Goud is besig om ‗n saamtrek met hulle streke vir ons

te reel.

Sodra ons weet by watter oord ons bymekaar gaan

kom, sal ons julle in kennis stel.

Groete, Toerleier.

Page 7: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

7

7

' n Mooi gebed vir besige mense:

Here, ons het 'n moeë generasie geword!

Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme, moeg vir mense.

Ons het veral moeg geword om alles altyd reg te doen.

Om aanvaarbaar te wees, voel ons ons móét ten alle tye:

Suksesvol, begaafd en finansieel sterk wees met duidelike

doelwitte.

Verder moet ons goeie ouers, lojale vriende, toegewyde

familiemense

En betrokke gemeenskapwerkers wees.

Sjoe, dis 'n oorvol mondvol!

Vandag wil ek sommer net by U kom rus

En vra dat U my die regte prioriteite sal wys.

Sal U my help onderskei tussen die dinge wat regtig saak maak

En die dinge wat die wêreld ons probeer voorskryf?

Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is…

Maak asseblief huis skoon met my, Here.

Verwyder die selfopgelegde eise in my oorvol lewe

En leer my om sommer net U kind te wees.

In U naam vra ek dit.

Amen

Page 8: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

8

8

V oorsitter se storie..,

Die winter van 2011 het vinnige aangebreek en ons is met ons

Glentana saamtrek reg in die middle van die winter.

Die afgelope week het dit baie gereёn en is die wêreld lekker

nat, in sommige areas is die droogte gebreek en is mense baie

dankbaar…, in ander dele van die land is dit weer te nat en

word daar weer gekla oor die oeste wat op die lande staan wat

nie geoes kan word nie.., Ons liewe ―VADER‖ het darem ‗n

moeilike taak om almal tevrede te stel..!!!

Ek wil ‗n beroep op ons streek se lede doen om altyd dankbaar

te wees, maak nie saak wat gebeur nie, want ons leef uit die

genade van ons ―Hemelse Vader‖ en ons as mensdom kan niks

daaraan doen nie. Al wat ons kan doen is om die regte keuse te

maak.

Dit is ook alweer haas tyd vir ons AJV en voorbereidings is in

alle erns aan die gang en is daar alreeds nominasie vorms uit-

gegee.

Ons wil graag hierdie jaar probeer om soveel as moontlik

vorms terug te kry, want dit help ons en maak die besluit-

neming soveel makliker oor volgende jaar se saamtrekke.

Ook wil ek ‗n beroep doen op lede om moontlike nuwe lede vir

ons streek se bestuur te nomineer, dit verseker dat vernuwing

plaasvind en ons nie stagneer nie.

Page 9: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

9

9

V ervolg;

Vanuit die Gebied Bestuur Vergadering;

100 plus saamtrek word deur streek Strelizia aangebied

oor die naweek : 2-4 Maart 2012,

Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-

ter vir 2012,

Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek);

kan plaasvind oor die naweek van 27 April tot 1 Mei

2012, maar streke, veral die oostelike streke moet besluit

of die saamtrek moet voortgaan a.g.v. die Nasionale Kon-

gres wat later die jaar te Hartenbos aangebied gaan word.

Lede sal ingelig word sodra uitsluitsel verkry is.

Die mini-Gebied vind oor die naweek van 21-23 Oktober

te Van Stadens mond plaas — Koste R 100 per nag.

Beplanning rakende die Nasionale Kongres van 2012 wat

te Hartenbos gesamentlik deur Kaap Middellande en Goeie

Hoop aangebied gaan word is ook bespreek.

Tydens ons laaste Klein Karoo bestuurs vergadering is die

moontlike pligte van ons streek t.o.v. die Kongres bespreek.

Sodra die pligte van ons streek gefinaliseer is sal daar in alle

erns met die beplanning en reёlings vir die Kongres begin

word.

Alle lede van ons streek sal betrek word met die beplanning en

Page 10: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

10

10

reёlings vir die Kongres.

Dit is iets groots om na uit te sien, die voorige Kongres in ons

streek was in 1992 gewees toe Thinus van Rensburg die voor-

sitter was.

Verder is na versoeke van van ons lede ‗n klein klank stesel

aan gekoop wat tydens boekevat gebruik kan word. Hierdie

stelsel help om die boodskap duideliker oor te kan dra, veral

met groot groepe. Die stesel sal saam met die ander items van

die een saamtrek na die ander deur kamp kommandante

oorgedra word. Dit is baie handig en is baie suksevol tydens

die gebiedsaamtrek getoets.

Ook het Etta DeVilliers vir ons al die Sawa Liedboek se lied-

jies op ‗n ―CD‖ saamgestel en kan ons dit tydens ons samesang

met boekvat en Sondag dienste gebruik.

Ons sê vir Etta baie dankie vir die wonderlike en groot werk.

Ek wil ook langs die weg vir elke lid van Klein Karoo baie

dankie sê vir julle ondersteuning en goeie samewerking, die

maak alle soveel makliker en ‗n plesier.

Lekker kamp deur die winter.., een van die dae is die lente en

somer weer hier.

Beste Groete

Karl-Heinz

Page 11: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

11

11

V erjaardae tot die volgende Fynbos

Hennie Nel 3 Julie

Bertha Conradie 6 Julie

Sybil Jacobs

Petro Marie Fourie 8 Julie

Gerrit Schoeman 9 Julie

Willem Nel 4 Julie

Vollie Volbrecht 20 Julie

Pieter van Wyk 21 Julie

Martiens Koekemoer 25 Julie

Chris Geldenhuys 5 Augustus

Elmien Nel 9 Augustus

Christie Willers 14 Augustus

Roelf le Roux 18 Augustus

Johan Geyser 26 Augustus

Pam Moore 27 Augustus

Joey Endemann 1 September

Nelie van der Linde 2 September

Johann Coetzee 4 September

Klasie Koekemoer 5 September

Charmaine van Niekerk 8 September

Hennie le Roux 9 September

Magda van Wyk 16 September

Antoinette Lourens 17 September

Johan Grobler 19 September

Karl-Heinz Niemand 20 September

Anne Stander 30 September

Page 12: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

12

12

I sland Lake saamtrek 18 - 22 Maart 2011

Na al die hardewerk by Jongensfontein kamp het ons besluit om hierdie

kamp `n ruskamp te maak sodat almal vir die langnaweek net lekker kon

rus en ontspan. Dit was dan ook so `n rustige kamp waar almal die lieflike

weer en pragtige natuurskoon kon geniet.

Island Lake is `n baie netjiese en goed versorgde oord waar mens

agterkom dat die bestuurderspaar, die Coopers, met hulle streng reëls die

plek goed bestuur. Dit bly `n baie lekker kampplek langs die water waar

die kragbote met hulle mense wat ski agteraan, heen en weer verby snel.

Wat is dan nou lekkerder as om so rustig langs die water te sit en kyk hoe

die mense hulle bote te water laat of na `n paar ouens wat hulle lyne

natmaak en hoop dat die grote tog maar sal opdaag. Lekker né!

Oudergewoonte het ons weer voor die tyd op die Woensdag al daar

opgedaag maar ons was nie die eerste nie. Die bestuurder was aanvanklik

`n bietjie ontsteld oor die vroeë koms want hy het toe nog nie al die gras

klaar gesny gehad nie. Die res van die naweek het egter goed verloop met

die vriendelike samewerking van die bestuurder.

Donderdag en Vrydag het rustig verloop waarin ons lekker saam gekuier,

vleis gebraai en elkeen sy eie ding gedoen het. Teen Vrydagaand was

omtrent almal wat wou kamp reeds daar en het Jan Louwrens vir ons die

boekevat waargeneem.

Ons het die boeremark wat gereeld Saterdae by Sedgefield gehou word,

nie vergeet nie en `n hele paar van ons het dit besoek. Dit was weer `n

lekker uitstappie waar elkeen iets lekkers kon koop en sommer net kon

kyk na al die stalletjies waar die intreponeers hulle produkte te koop

aangebied het.

Page 13: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

13

13

Sommige kampeerders het weer op uitstappies gegaan om die mooi

omgewing te verken.

Saterdag middag het `n klompie van ons mans en dames met die blink

balle ―rolbal‖ gespeel. Dit het later uitgeloop op `n kompetisie tussen die

mans en dames en ek moet sê die dames het baie goed gevaar.

Die boekevat is vroeër as gewoonlik gehou deur die kampkommadant self

sodat almal kon kyk na die rugby wat op twee TV`s aangebied is.Die

kykers was dan ook verdeel in twee kampe sodat elkeen vir sy span kon

skree.

Sondag oggend is die diens in die groot tent gelei deur Ds. Hannes

Pretorious van Bergsig gemeente in George. Ongelukkig moes ons

Sondag middag al oppak en huistoe gaan aangesien ons later sou vertrek

Pretoria toe.

Dirk en Santie Duits het die leisels by ons oorgeneem vir die res van die

langnaweek.Ek glo die meeste ouens het gebly tot Maandag

Dankie vir almal se hulp en ondersteuning.

Groete, Pieter & Joey Endemann, Kampkommandante.

Page 14: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

14

14

B ergoord - Alweer!

Dis alweer sulke tyd - BERGOORD –. Almal is mos bang vir die

kamp. Die pragtige oord met die Swartberge, somtyds met sneeu

bedek, wat hoog bokant die kamp uittroon aan die noordekant, ‗n damwal

net bokant die kemp en ‗n bergtop aan die suidoostekant waar die mid-

dagson die hange verhit, word nie raakgesien nie. Net die gedagte aan die

somtyds ysige windjie wat so lasting kan raak en die moontlike koue nat

reëntjie wat kan val, oorheers die denkwyse van menige. Soveel so dat

hulle maar liewers tuisbly om later te verneem van die lieflike naweek

wat ondervind is.

Wat ‗n aangename naweek was dit nie! Donderdag het drie lede reeds

hulle staan gekry en is die aand vuur aangesteek, gebraai en gekuier. As

gevolg van die koppe rondom die kamp, bereik die oggend sonstrale maar

laterig die kamp en kan daar bietjie later gelê word. Vrydagoggend be-

loof om ‗n wonderlike sonskyndag te wees. Tamaties, uie, ham eiers en

sjampanje word tevoorskyn gebring en ‗n heerlike gesamentlike ontbyt

word voorberei. Na die ontbyt het almal rustig gewag dat die ander lede

opdaag en kamp opslaan,

Soos die woonwaens opdaag en verwag is dat nie baie lede die kamp sal

bywon nie is daar gepoog om ‗n laer te vorm met die gevolg dat daar

uiteindelik ‗n kring van elf woonwaens gevorm is en waar na boekevat

die Vrydagaand in die middel van die laer groot vure aangesteek, gebraai

en gekuier is.

Saterdag beloof net so ‘n aangename sonskyndag soos die vorige dag te

wees en na die inbetaling by Retha het sommiges koers gekry om te gaan

bel aangesien daar nie ontvangs in die kamp is nie. Vir die aand is sop,

potbrood met konfyt en sjerrie in die saal beplan maar aangesien daar so

min lede is, is die besluit om dit sommer in die laer te hou.

Windskerms is in ‘n halfmaan opgeslaan om die koel luggie uit te hou,

vure is aangesteek en almal kon weglê aan die groente-, bone-, pampoen–

Page 15: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

15

15

…..Bergoord

of erte sop saam met die potbrood met verskeie konfyte asook ‗n glasie

soetwyn of sjerrie. Opregte dank aan die dames vir die maak en bedien-

ing van die verskeie soorte sop, die konfyte en potbrode en wyne asook

elkeen wat deelgeneem het om ‗n aangename en genotvolle aand te

Bewerkstellig. Terwyl sommiges nog om die vure gekuier het, het andere

die rugby wedstryd tussen die Bulle en die Cheetas gaan kyk en waar die

Bulondersteuners met breë glimlagte terug gekeer het kamp toe, nadat hul

span gewen het.

Sondagoggend word in die saal byeengekom en nadat die voorsitter sy sê

gesê het, kom ―Sweettalk‖ aan die beurt om weer ‗n paar skuldiges voor

stok te kry . Vervolgens lei Dr. Petrie Uys die erediens en na ‗n treffende

boodskap verdaag ons om na ‗n genotvolle en nie so ‗n koue naweek op

te pak om huiswaarts te keer en uit te sien na die volgende saamtrek.

S.A.W.A. Groete,

Pieter en Lenie

Kampkommandante

Kango Bergoord.

Page 16: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

16

16

L ief en Leed

Pieter Vermaak het ‗n knievervanging ondergaan - maar

was gesond genoeg om by Kango Bergoord te kom kamp!

Oom Danie en tannie Erika het kom kuier vir die dag by Ber-

goord en oom Danie het sy 82ste verjaardag saam met ons kom

vier. Baie dankie vir die heerlike bederf met koek en Boplaas

wit muskadel oom Danie - dit was besonders gewees.

Antoinette Louwrens het aan haar pols laat werk en sodra sy op

die been is gaan Jan vir ‗n heupvervanging.

Miemie van der Merwe het ‗n oogoperasie ondergaan - ons

dink dit is sodat sy Nico beter kan sien.

Oom Martiens het middeloor ontsteking gehad - ons vertrou dit

gaan nou beter oom Martiens.

Kobus en Elsa Engelbrecht het vroeg van die Gebiedsaamtrek

vertrek - ons verneem daar het ‘n tweeling aangekom - baie ge-

luk Oupa en Ouma, ons hoop om ‘n foto van die kleintjies te

kan plaas in die volgende Fynbos.

Thinus sou gaan jag, maar het onverwags ‘n aanbod gekry om

Namibiëvir twee weke te gaan toer. Met tipiese Thiensie or-

ganisasie is die jagreëlings verander -

Thiensie - geniet Namibië ons is jaloers

op jou.

Page 17: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

17

17

Jenny-Elize van Zijl kleindogter

van Brian en Elize van Zijl

Gebore 22 November 2010 op 7

maande-weeg 860 gram by ge-

boorte.

Jenny-Elize op 5 maande en weeg nou

4,5kg.. Pa Jacques en ma Franziska van

Zijl woon in Vienna in Oostenryk - naby die

Weense woude. „n Huisie in die berge!

Oupe en Ouma van Zijl beplan om aan die

einde van die jaar te gaan loer hoe die Oos-

tenrykers dinge doen.

Hennie en Bonnie Le

Roux se seun, Gideon is

op Saterdag 14 Mei met

Mandy Swart op Nuy, by

Worcester getroud.

Baie geluk aan julle!.

Page 18: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

18

18

D ie krokodille hoe maak hulle?

Page 19: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

19

19

R 20.00 Seminar

A well-known speaker started off his seminar by holding up a R20.00

note. In the room of 200, he asked, "Who would like this R20 note?"

Hands started going up. He said, "I am going to give this R20 to one of

you but first, let me do this.

He proceeded to crumple up the R20 note.

He then asked, "Who still wants it?"

Still the hands were up in the air.

Well, he replied, "What if I do this?"

And he dropped it on the ground and started to grind it into the floor with

his shoe.

He picked it up, now crumpled and dirty.

Still the hands went into the air.

My friends, we have all learned a very valuable lesson.

No matter what I did to the money, you still wanted it because it did not

decrease in value.

It was still worth R20.

Many times in our lives, we are dropped, crumpled, and ground into the

dirt by the decisions we

make and the circumstances that come our way. We feel as though we are

worthless.

But no matter what has happened or what will happen, you will never lose

your value.

Dirty or clean, crumpled or finely creased, you are still priceless to those

who DO LOVE you.

The worth of our lives comes not in what we do or who we know, but by

WHO WE ARE.

You are special- Don't EVER forget it."

If you do not pass this on, you may never know the lives it touches, the

hurting hearts it speaks to, or the hope that it can bring. Count your bless-

ings, not your problems.

Ingestuur deur Charl Labuschagne

Page 20: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

20

20

I sland Lake…,

Die manne aan die

balle speel..,

Ander aan die ontspan..,

Sommige het met die ―horinkie‖

kennis gemaak..,

Na al die jare en 160

saamtrekke, nog steeds

gelukkig..,

Page 21: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

21

21

Groep jong besoekers…,

G ebied Saamtrek 2011..,

Die groot troue

word bespreek…,

Man, ek dink die

suster is mooier..!!

Page 22: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

22

22

Aan pannekoek bak..,

en die voorskkoot..,

Jafels is ook gebak...,

Reg maak vir Kerk..,

Susssie is ook..,

Lekker by die see...,

Page 23: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

23

23

K ango Berg Oord..,

Oom Danie het kom

kuier om sy ver-

jaardag te vier..,

Pelle voor.., maar wat van

na die eind fluitjie..,

Wat van ‗n tjoppie..,

140 streek !!

Page 24: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

24

24

Page 25: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

25

25

T e koop!

Veronica Welgemoed, een van ons oud-Sawanante het

die volgende artikels te koop. Haar kontaknommers is soos

volg:

Selfoon: 082 369 6798 Landlyn: 044 693 1268

10 liter hout wynvaatjie

Karavaan water geyser

Karavaan spieëls

Battery lig vir woonwa

Toilet tent

Ander los items sluit ‗n Health Walker, Oefen fiets en

luidsprekers in.

Dankie

LADS HOUTWERKE

GEHALTE WERK GEWAARBORG , ALLE HOUTWERKE

AANBOUINGS VAN HOUT; HOUT-DEKKE;

HOUTTRAPPE; REELINGS; AFDAKKE; SKADUNETTE

AFDAKKE; KASTE

LEON STANDER

TEL/FAKS: 044 698 1059 CELL: 082 372 9145

E-POS: [email protected]

Page 26: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

26

26

K amp resep

Sonette se ertjiesop

± 750-1 kg gedroogte ertjies - week oornag in water

Een gerookte Eisbeen (varkpootjie) in skywe

Een pakkie ontbyt spek gesnipper en bros gebraai

2 rape geskil en grof gerasper

3 groot wortels geskil en grof gerasper

3 groot aartappels geskil en grof gerasper

1 groot ui grof gerasper

2 tamaties grof gerasper

½ bos seldery stingels gesny

½ bos grasuie gesnipper

Sout en peper na smaak.

Kook die gerookte varkpootjie skywe tot hulle los

kom van die been. Hou die water waarin die varkpoot-

jie gekook is eenkant.

Spoel die ertjies af. Gooi die ertjies in dieselfde kas-

trol waarin die varkpootjie gekook het - gebruik die

water waarin die pootjie gekook het. Voeg die groente

by en pluis die vleis van die varkpootjie en

Page 27: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

27

27

voeg by die sopmengsel. Voeg die spek by. Laat stowe

oor stadige hitte tot die ertjies sag en die sop gaar is. ±

2 - 3 ure.

Jy kan ook ‗n drukkoker gebruik om die sop vinniger

gaar te kook - pasop net vir aanbrand.

Hierdie bestandele is genoeg om ‗n 5liter kastrol sop te

lewer. Jy kan die bestandele verdubbel indien jy meer

mense met sop wil bedien.

‗n Halfuur voor bediening - snipper seldery blare en

pietersielie fyn en voeg by die sop - gee ‗n ekstra geur

aan die sop.

Geur met sout en vars gemaalde swartpeper na smaak.

Bedien met croutons.

Page 28: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

28

28

G roendakkies

Op 'n besoek aan 'n hospitaal vir verstandelik gestremdes

vra 'n besoeker een van die dokters:. "Wat presies is die

kriteria wat bepaal of 'n pasiënt opgeneem word of nie?"

Hy merk ook op: "Die mense wat ons tot dusver hier

gesien het, lyk vir my so normaal soos ek en jy."

"Wel," antwoord die geneesheer, "ons maak 'n bad vol

water. Dan kry ons pasiënt 'n teelepel, 'n teekoppie en 'n

emmer. Ons sê vir hom dit is 'n baie belangrike toets. Die

spoed waarmee hy dit gaan afhandel, sal deurslaggewend

wees. Ons wys hom die stophorlosie wat gebruik word om

die tyd noukeurig te bepaal en vestig ook weer sy aandag

op die teelepel, die koppie en die emmer. Hy word gevra om

die bad so vinnig as moontlik leeg te maak."

"Mmmmmm . . . Ek verstaan," sê die besoeker. " 'n

Normale persoon sal die emmer gebruik, want dit is groter

as die teelepel en die koppie."

Nee," sê die dokter. "Enige normale persoon sal die prop

uittrek.

Wil Jy 'n bed naby die venster hé? "

ONTHOU NOU OM EERLIK MET JOUSELF TE WEES.

HET JY DIE TOETS GESLAAG, OF SOEK JY DIE BED LANGS

MYNE ??

Ingestuur deur Carl Labuschagne

Page 29: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

29

29

MOSSEL BAY BRAKE AND CLUTCH

Siouxstraat Voorbaai, Mosselbaai (agter Ougat Oudhede)

Vir herstelwerk aan remme, Koppelaars,

asook alle herstelwerk aan alle voertuie

Eienaar: Hendrik Strampe

Tel/faks: (044) 695 0420

Na Ure: (044) 693 1410

Sel: 082 577 2533

K an nie meer nie..!!!

I'm finished!!!

EK KANNIE MEE NIE MAN!

My lippe is teen die klippe!

Ek't rus dringend nodig!

Page 30: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

30

30

A FRIKAANS UIT DIE BOONSTE GESKIEDENIS

Uittreksels van graad 5 kinders se geskiedenis vraestel se antwoorde

Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd bye-vye gehad.

Nie almal van hulle het gesteek nie, maar hy was gelukkig baie slim

en het 'n plan uitgewerk.

Nog 'n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Dit het verhoed

dat jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak.

Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle

hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys. Hulle het in die

Sarah-woestyn gewoon en het waterbeurte gehad van die min reën..

Die klimaat was so erg dat al die inwoners op ander plekke gebly het,

en net naweke huistoe gekom het om sandkastele te bou. Die boes-

mans het in hulle tuine gewerk.

Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle

ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestand-

dele gemaak is en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het die

berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.

Die Egiptenare was 'n hoogs gekulde volk en sonder hulle sou ons

nie 'n geskiedenis gehad het nie. Hulle het omtrent al die kafees in

Egipte gehad. My ma sê hulle het baie mites gehad wat seker in die

kombuis gewerk het.

Demokrates was 'n beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en

mense raad gegee het..... Hy is dood omdat hy verskriklik oordosis of

so iets. Na sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

In die ou Olimpiese Spele het die Grieke kaal paal gespring, zol

geswaai, en disnis gegooi. Hulle was ook lief vir budgie-jump, omdat

daar niks anders was om te jump nie.

Page 31: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

31

31

Johanna van Arkel het van 'n stapel brandwonde gesterf. Hulle het

haar met 'n blaasbalk aan die brand gepomp, tot haar hare afro

geraak het van skrik.

Koningin Elizabeth was die "Maagdekoningin". As 'n koningin was

sy 'n sukses, maar nie as 'n maagd nie. Sy het haar volk se problem

aangetrek. En was altyd mooi geklee.

Dit was 'n tydperk van groot uitvindsels en ontdekkings. Gutenberg

het die wynpers uitgevind. Hy het die slaweklokke gelui deur dit in

die wynpers vas te draai dat die wyn spat.

Die grootste skrywer van die Renaissance was William Shakespeare.

Hy is in die jaar 1564 gebore en die geskiedkundige mense dink dit

was op sy verjaardag. Hy het nooit geld gemaak nie, en is net

beroemd oor die toneelstukke wat hy geskryf het. Hy het tragedies,

komedies en historektomie geskryf. Romeo and Juliet is een voor-

beeld.

Abraham Lincoln het Amerika se grootste presedent geword.

Lincoln se ma is dood toe sy nog 'n maagd was en hy is gebore in 'n

houthut wat hy met sy eie hande gebou het in die franse evolusie.

Johann Sebastiaan Bach het baie komposisies geken en het so ook

baie kinders gehad. Hy is dood sedert 1750 tot vandag toe. Bach was

die beroemdste komponis in die wêreld, amper soos HÃndel.

HÃndel was half-Duits, half-Italiaans en half-Engels wat Hollangs

gepraat het.

Beethoven het musiek geskryf al was hy doof. Hy was so doof dat hy

harde musiek geskryf het. Hy het ver in die woude gaan loop selfs al

het almal na hom geroep. Beethoven het in 1827 opgehou bestaan en

dis hoekom hy later dood is. Hy het rooi hare by geboorte gehad toe

noem sy ma hom Beethoven. Sy hare het egter na sy eerste

bad heelwat verander.

Page 32: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

32

32

Die negentiende eeu was 'n tyd van baie uitvindsels. Mense het

opgehou om met die hand te reproduseer en met toestelle begin

reproduseer.

Die uitvinding van die stoomboot het 'n netwerk van riviere laat ont-

staan, waarna die mense gevlug het as die water te warm raak van

die stoom wat afgeblaas word.

Die Toekoek is 'n voël wat nie haar eie eiers kan lê nie.

Parallelle lyne ontmoet mekaar nooit nie, tensy jy een of altwee van

hulle buig.

'n Sirkel is 'n lyn wat sy ander end ontmoet sonder om te end.

Daarom is dit moeilik om sy end te kry, voordat jy dronk word.

Die maan is 'n planeet net soos die aarde. Daar bly net een man wat

baie gelukkig is. Een keer 'n jaar raak sy koeie mal en spring oor die

maan.

Vegatiewe voortplanting is 'n proses waarin een individu per

ongeluk 'n ander individu vervaardig waarop net die ouma trots is.

Koolstofmonoksied is 'n reuklose gas wat verskriklik stink.

Peter Stuyfgestaan is 'n geskiedkundige figuur, want hy het

sigarette uitgevind en begin rook. Hy het so baie gerook dat die

niekoetien-kolle in sy onderbroek duidelik sigbaar was.

Page 33: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

33

33

Page 34: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

34

34

S hirley Goodnest and Marcy!

A mom was concerned about her kindergarten son walking to school. He didn‘t want his mother to walk with him. She wanted to give him the feeling that he had some independence but yet know that he was safe. So she had an idea of how to handle it.

She asked a neighbor is she would please follow him to school in the mornings, staying at a distance, so he probably wouldn‘t notice her.

She said that since she was up early with her toddler anyway, it would be a good way for them to get some exercise as well, so she agreed.

The next school day the neighbor and her little girl set out fol-lowing behind Timmy as he walked to school with another nei-bor girl he knew. She did this for the whole week.

As the two walked and chatted, kicking stones and twigs, Timmy‘s little friend noticed the same lady following them as she seemed to do every day all week. Finally she said to Timmy, ―Have you noticed that lady following us to school all week? Do you know her?‖

Timmy nonchalantly replied, ―Yeah, I know who she is.‖ The little girl said, ―Well, who is she?‖

―That‘s just Shirley Goodnest and her daughter Marcy‖, replied Timmy.

―Shirley Goodnest? Who is she and why is she following us?‖

―Well, Timmy, explained, every night my mom makes me say the 23rd Psalm with my prayers, ‗cuz she worries so much. And in the Psalm it says, Shirley Goodnest and Marcy shall follow me all the days of my life, so I guess I‘ll just have to get used to it!‖

Sonette Niemand

Page 35: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

35

35

O orlaai…,

Daar is deesdae heelwat artikels in 4x4 tydskrifte oor die oor-

laai van bakkies en sleepwaens wat by weegbruê afgetrek en

geweeg word.

Hoe raak dit ons…????

Die volgende is ‗n internet uittreksel van ―4x4 community fo-

rum‖…, Karl-Heinz

I loaned a mate of mine my big car trailer the other day to lug some stuff around... ,

he got pulled off at the N2 weighbridge... this is how they checked him:

first up he was driving a Colt 2.8tdi twin cab, GVM 2965kg the trailer is a double axle and rated for 3200kg GVM... he had: front axle - manufacturer rating - 1200kg max - actual 1060 kg rear axle - manu. rating - 1750kg max - actual 2180kg overloaded by 430kg to point out here - this is measured with the trailer on... trailer, double single axles, manu. rating - 3200kg, actual 2320kg on the axles, so, he got a fine for the 430kg overload on the back axle

PLUS: the vehicle exceeded it total mass load with the trailer hitched (sum of 2 axle loads) permissible mass 2950kg, actual 3240kg, so he got fined for the vehicle being overweight by 290kg…

Vervolg op bl 36..,

Page 36: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

36

36

PLUS: Exceeding permissible combination mass, so even though the trailer was legally loaded the ACTUAL weight was used for the total, - rating for the Colt - 4465kg, actual 5560kg - overloaded by 1060 kg, so that's ANOTHER fine....

fines: overloaded rear axle by 430kg, R1500 overloaded vehicle by 290kg - R900 exceeded Gross Combination mass by 1090kg - R2500

TOTAL FINE - R4900

PLUS: he had to get someone to come and offload the excess stuff until it was legal before being allowed to proceed!!! so be warned - even if your car is legally loaded (they do allow a 5% margin, BUT if you exceed the 5% you are fined for the full amount) it is measured with the trailer on. hitch weight of 150kg is normal, so a normal twin cab with a 650kg capacity goes down to to half a ton INCLUDING PASSENGERS AND FUEL!!!!

even if your trailer is legally loaded, if it exceeds the towing capacity of your vehicle you will be fined for it!!! when I look at this, and see something like a Toyota twin cab with an off-road unbraked trailer with a max mass of 750kg fully loaded for holiday it is so far over the limit it's ridiculous, and you will be KLAPPED!!! please also note - there is no BS with the fine either, with a police of-ficer deciding the amounts - the cars registration number is entered, the info on it's model and registered permissible weights is pulled off the database and the fine is generated automatically and handed to you on the spot. not even a chance of a back hander here!!!

Page 37: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

37

37

Page 38: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

38

38

HARTENBOS CARAVANS & OUTDOOR

ULTIMATE CAMPING EXPERIENCE

TEL: 044 6920 510

KOOP EN VERKOOP VAN WOONWAENS

ONS KOOP EN VERKOOP OOK WOONWAENS

NAMENS U

DIENS EN HERSTELWERK AAN ALLE FABRIKAAT

WOONWAENS EN TENTE

KAMPPEERTOERUSTING OOK TE KOOP

24 UUR BYSTANDDIENS

Fanie: 044 6920 510

Hein: 079 4935 999

Page 39: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

39

39

I ets van uit ons ou Weermag dae..,

Liewe Ma en Pa,

Dit gaan goed met my, en met julle? Sê vir boetie Wouter en boetie Koos dat om in die Army te wees baie lekkerder is as om vir Oom Piet te werk. Hulle moet sommer gou kom aansluit voordat al die plekke gevul word! Ek was eers baie ongemaklik omdat mens in die bed moet bly tot amper 06:00, maar nou geniet ek dit om so laat te kan slaap. Sê vir Wouter en Koos al wat mens voor ontbyt moet doen, is om jou bed netjies en glad te maak en goed blink te vryf. Nikse gevarke voer, koeie melk, mampoer meng of braaihout kappery nie. Jy doen amper niks! Manne moet nog skeer, maar dis nie so erg nie, want daars warm water. Brekfis is sterk op vrugtesap, pap, eiers en spek, maar minder sterk op steaks, boerewors, tjops, aartappels en goed soos vetkoek. Maar sê vir boetie-hulle mens kan altyd tussen twee dorpsjapies wat net van koffie leef, gaan sit. Hulle kos, plus jou eie hou mens darem vol tot twaalfuur toe, wanneer jy weer gevoer word. Hierdie dorpsjapies kan nie juis ver stap nie. Ons gaan op roetemarse, wat ons sal taai maak, sê die Sersant. As hy so dink, is dit mos nie my plek om hom reg te help nie. 'n Roetemars is omtrent so ver soos tot by ons posbus by die huis. Dan kry die dorpsjapies seer voete en ons almal ry dan terug in lorries. Die veld is mooi, maar baie plat. Julle gaan julle morsdood lag as julle hiervan hoor. Ek bly medaljes kry vir skiet. Ek weet nie hoekom nie. Die bulls-eye is net so groot soos 'n dassie se kop en beweeg dan nie eers nie. En dit skiet nie eers terug soos daai bliks%#se Venters van die buurplaas nie. Al wat jy moet doen is om

Page 40: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

40

40

doodstil te lê en dit raak te skiet. Jy hoef nie eers jou eie ammunisie te maak nie, dit kom in bokse. Als verniet en baie daarvan. Dan is daar wat hulle noem "hand-to-hand combat training". Jy stoei met die dorpsjapies van die stad af. Ek moet versigtig wees, want hulle kry maklik seer. Dis nie soos om met ons ou bul, Swart Duiwel, by die huis te stoei nie. Nee, hulle is maar lig innie broek saam. Ek is omtrent die beste wat hulle in hierdie peloton het, behalwe vir Groot Jan Jordaan van die Bosveld. Hy het saam met my aangesluit. Maar ek is omtrent 5 voet 6 en weeg 65kg en hy is 6 voet 8 en weeg maklik 150kg, droë gewig. Groot seun. Met hom sal ek nou nie staan & neuk nie. Sê tog my boeties moet gou maak en aansluit voordat ander ouens uit-vind van die ongelooflike setup en aangestorm kom en al die plekke vat!

Ek skrywe weer gou,want ons moet. Verbeel jou,as jy nie vir jou mense skrywe nie, word jy gestraf!! Lekker plek hierie....

Al my se liefde aan almal,

Julle dogter en julle se Ousus,

Dina.

Page 41: nhoudsopgawe...oor die naweek : 2-4 Maart 2012, Daan Schoeman is weer genomineer as Gebied‘s Voorsit-ter vir 2012, Kaap Middellande Presidente 2012 (Gebied Saamtrek); kan plaasvind

41

41