21
 1. Kempton Park Streek StaƟsƟek 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys 3.3 Jy mag treintjie ry, maar ….. 3.4 Verjaarsdae vir Augustus—Oktober 3.5 Nuwe Bestuur vir 2016_2017 3.6 Ken jou SAWA mede lede 3.7 Kamp fotos 4. Iets vir ons jeug 5. Resep   Redakteur  Johan Chatwind 

SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

  

1.  Kempton Park Streek Sta s ek 

2.  2016 Kampe & Bank besonderhede 

3.  Nuusbrokkies 

3.1  Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 

3.2  Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys 

3.3  Jy mag treintjie ry, maar ….. 

3.4  Verjaarsdae vir Augustus—Oktober 

3.5  Nuwe Bestuur vir 2016_2017 

3.6  Ken jou SAWA mede lede 

3.7  Kamp fotos 

4.  Iets vir ons jeug 

5.  Resep    

Redakteur — Johan Chatwind 

Page 2: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

 

Ons as Bestuur is baie bekommerd dat lede nie meer bywoon nie, ons sal graag van ons lede wil 

hoor wat die problem is? Gee ons asb terugvoering sodat Bestuur daaraan kan werk. 

 

Kampe wat 

val op die 

einde van 

die maand 

Kampe 

te duur 

Kampe 

te vêr 

Nie genoeg 

ontstpanning 

vir jeug/

kinders nie 

Dieselfde 

kampe te 

gereeld 

Finansies  Nie meer 

Woonwa nie 

Verskaf rede 

indien nie dit 

gemeld is nie 

Ja/Nee  Ja/Nee  Ja/Nee  Ja/Nee  Ja/Nee  Ja/Nee  Ja/Nee    

Page 3: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

Maand  Datum  Hoo antoor  Kempton Park 

Kamp 

Ligging  Kamp komman‐

dante 

Tarief 

Oktober  14‐16  Kongres ‐ 

Buffelspoort 

Geen  Buffelspoort  Hoo antoor    

Oktober  28‐30     Malonjeni  Heidelberg  Danica & Shane 

Smith 

R520  

(5 mense & 2 

voertuie) 

November  25‐27     Klipdraai  Meyerton  Bestuur  R620 

SAWA Hoofkantoor

Jaarlikse ledegeld word in die rekening inbetaal (as jy nie ‘n debietorder het nie). (Onthou om asb jul lidnommer as verwysing op te sit)

Ledegeld word jaarliks hernu—R330. ‘n Bestuursllid sal jou daaraan herinner.

SAWA Hoofkantoor ABSA Boksburg Rek no: 230-155-771 Tak kode: 334-342

SAWA Kempton Park Streek

In hierdie rekening word alle kampgelde inbetaal. (Onthou om asb jul lidnommer as verwysing op te sit)

ABSA Kempton Park Rek no: 650-150-333 Tak kode: 334-642

Die beplande 2017 kampe sal in die Somer uitgawe bekend gemaak word.

Page 4: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

Klein irritasies kan tot groot ongelukkigheid in ’n kampterrein lei. ’n Bietjie bedagsaamheid sal help om die vrede te bewaar.   1. En hoor jy die mag ge dreuning?  Die meeste kampeerplekke het reëls oor harde musiek en geraas, maar dis moeilik om te meet. Laat jou lei deur die soort kampeerplek: By ’n groot gesinsoord sal mense meer verdraagsaam wees as Jannie vroegoggend op sy plas ekmotorfi‐etsie oor die pad grrrr‐grrrr, maar in ’n wildtuin waar die kampeerders bosgeluide wil hoor, is dit ’n ander saak. Die goue reël is: Wees bedagsaam. As s lte vir jou belangrik is, hoor vooraf by die oordbestuur wat hulle reëls oor geraas is en veral wat hulle omtrent kam‐peerders se klagtes doen. 

 

 

 

2. Radio Kontrei  Wat het Beethoven, Thys die Bosveldklong, Mozart, Blackie Swart en Bach in ge‐meen? As jy hulle musiek – ongeag die gehalte daar‐van – op die verkeerde tyd te hard speel, gee dit an‐der mense aanstoot. Onthou, jou musiek is joune. Die res van die kamp wil dit nié met jou deel nie, al begin jy ná twee drankies glo jy weet presies waar‐van hulle hou. Beperk jou geluide tot jou staanplek. As iemand se musiek jou steur, meld dit aan by die oord se bestuur. Dis nie die moeite werd om in ’n woordewisseling betrokke te raak oor Tom‐my Dell of Barry Manilow nie. 

Page 5: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

3. Vetoplosser duisend  Nadat jy sko elgoed gewas  het by die gemeenskaplike opwasbakke, spoel die wasbak uit en vee dit met kombuispapier of ’n nat lap uit as jy klaar is sodat daar nie ’n vuil, ve erige lagie op die volgende een wag nie. Krap ook alle afvalkos voor die tyd in ’n drom uit sodat dit nie die afvoerpyp verstop nie. As jy jou woonwa se wasbak gebruik, sit ’n emmer onder die uitlooppyp en maak dit gereeld in die naaste drein leeg.  

 

 

 

 

 

4. Waar was jy?  Toegegee, party storthokkies maak dit onmoontlik om nie die hele badkamer se vloer papnat te mors nie, maar laat die ablusiegeriewe skoon en netjies vir die mense wat dit ná jou gebruik (en boonop dalk in koue water sal moet stort). Moenie in die badkamer rook of jou sigaretstompies in die toilet gooi nie – maar dit het jy op laerskool al geleer. 

 

Page 6: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

5. Grensoorlog  As jy sonde met die bure wil vermy, stap liefs rondom jou buurman se kampplek as daa‐roor. Onthou, sy staanplek is sy erf en sy sytent sy sitkamer en stoep. Hoe sal jy daarvan hou as ’n vreemdeling deur jou voortuin kortpad kies kafee toe? Respekteer jou mede‐kampeerders se reg op privaatheid. Bly dus op die voetpaadjies en uit hulle kamperwe.       

6. Stadig nou…  Dalk het jy effens voet in die hoek gesit om voor donker by die kampeerplek aan te kom, maar nou kan jy maar ontspan. Daar is geen rede om jou lyf in die kampeerterrein Sarel van der Mer‐we te kom hou nie. Stadig oor die klippe dus. Onthou, daar is kinders in die kampterrein. Ry dus stadig en kyk laag. Wees veral versig g wan‐neer jy agteruitry.  

 

7. Kinderspeletjies  Kinders is ’n onlosmaaklike deel van kampeer. Met ’n bietjie respek en bedagsaamheid hoef niemand ’n (bi er) kalmeerpil te sluk nie. Laat jou kinders toe om lekker te speel, maar maak hulle bewus van ander mense se privaatheid. Wys vir kinders waar hulle mag speel en nie mag speel nie en sorg sodoende dat hulle nie die hele oord op horings neem nie. Weg, WegSleep, Wegry —30 Augustus 2016

Page 7: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

Jou vriend Frik meen jy kan jou Sprite Splash met jou ou kode 10‐swaarvoertuigrybewys sleep. Die ou by die bestuurskool sê as jy ’n hedendaagse C1‐rybewys het, is jou kop deur. In die supermark loop jy vir Harry van die verkeerskantoor raak, en net om doodseker te maak vra jy vir hom ook, want as geregsdienaar behoort hy mos te weet. Harry sê dit is in die haak om jou Splash met jou C1‐rybewys aan te haak, want hy het gehoor iewers in die toekoms gaan jy wel daarmee kan sleep. Dit is nie heeltemal wat jy wil hoor nie, en nou twyfel jy weer. Maar jy kies om vir Frik, die bestuurskooleienaar en vir Harry te luister, want jy kan mos groot goed bestuur en wil nie van voor af ’n leerlin‐grybewys kry en die sleeptoets doen nie.  Die slegte nuus is: Jy is verkeerd ingelig en gaan in die sop beland.  Een of ander tyd gaan jy langs die pad jou rieme styf loop met ’n wetstoepasser in ’n verkeersuniform, want jy mag nié jou Splash met jou kode C1‐rybewys sleep nie. Die sleepregulasies in die Padverkeerswet (Wet nr. 93 van 1996) s ppel dit duidelik uit, al vertel mense jou ’n ander storie.  Dis ook nie net die boete waaroor jy hoef te bekommer nie. Jou versekering gaan nié uitbetaal as jy op pad ’n ongeluk maak en jy het nie die regte sleeprybewys nie. 

1. Die antwoord lê in die E Op die agterkant van jou rybewyskaart is ’n basiese uiteense ng van die verskillende rybewyskodes.  Die lank en die kort van woonwasleep lê in die onderste drie kodes wat almal ’n E voor‐aan het: EB (ligte voertuig), EC1 (swaar voertuig)  en EC (ekstraswaar voertuig). Hierdie rybewyskodes – met die E vooraan – is die enigstes waarmee jy ’n sleep‐ of woonwa met ’n bruto voertuigmassa (BVM) van meer as 750 kg mag sleep. 

 

 

 

 

 

 

Page 8: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

Onder die boonste groep rybewyse agterop jou rybewyskaart kry jy die gewone motor‐rybewys (kode B) waarmee jy ook mag sleep, maar niks met ’n BVM van meer as 750 kg nie. Jy kan dus ’n Venter of klein tweemanwoonwa sleep mits daar op die wa‐plaatjie staan dat hy ’n BVM van 750 kg het.    Onder die boonste groep is ook twee swaarvoertuigrybewyse: daardie C1 (of ou kode 10) wat sommige mense verkeerdelik as ’n algemene sleeprybewys beskou, en die C‐rybewys vir ekstra‐swaarvoertuie. Met hierdie twee swaarvoertuigrybewyse mag jy, net soos met die kode B vir motorvoertuie, slegs ’n wa met ’n BVM van 750 kg of ligter sleep en niks swaarder nie 

 

2. Terug skool toe Waarom mag jy dan nie jou Sprite met die B‐, C1‐ of C‐rybewys sleep nie, maar net met die onderste EB, EC1 en EC?  Die boonste rybewyse is vir niegelede of vastebakvoertuie wat nie uit ’n perd en aparte wa bestaan nie. Al doen jy nie ’n sleeptoets vir niegelede swaarvoertuie (ar culated motor vehichles) nie, word jy wel toegelaat om ’n wa met ’n BVM van 750 kg of minder te sleep. Die onderste EB‐, EC1‐ en EC‐rybewys is spesifiek vir gelede voertuie en groter sleepkombinasies en vereis ’n sleeptoets. As jy enige wa of woonwa met ’n BVM van meer as 750 kg wil sleep, dan moet jy die sleeptoets doen.  Dit beteken dis weer jy en die K53‐toets. Jy gaan die leerlingrybewystoets weer skryf en daarna die sleeptoets vir jou sleeprybewys moet aflê.  As jy jou ou kode 8‐rybewys voor Maart 1998 gekry het, het jy wel ’n sleeplisensie (EB), al het jy nooit ’n sleeptoets gedoen nie. 

 3. Vergeet van kode 8 Die padvervoerkonsultant Alta Swanepoel van Alta Swanepoel & Associates in Pretoria sê die voortdurende deba e, onsekerheid en verwarring is onnodig. Jy hoef maar net die sleepregulasies in die Wet na te kom. Dit is nie te moeilik om te verstaan nie.  Sy skryf die probleme en verwarring toe aan moedswilligheid en hardkoppigheid, en sê mense moet die ou rybewyskodes van jare gelede uit hulle kop kry en dit heeltemal ver‐geet.   

Page 9: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

“Die wetgewing is eintlik heel duidelik. Mense is soms moedswillig. Hulle praat steeds van ’n kode 8 en kode 10, wat al 16 jaar nie meer bestaan nie. Dit dra by tot die ver‐warring.”  Alta sê daar is ook mense wat nie die sleeptoets wil doen nie en dit probeer wegpraat.  

4. Die reëls vir ryhuise en bakkies Die owerheid gebruik drie gewigmaatstawwe vir rybewyse en voertuiglisensies:  Die 

gewig van die leë voertuig (tarra); die bruto voertuigmassa (BVM); of die bruto kom‐

binasiemassa (BKM). 

 

Met ryhuise het hulle skiet gegee. Al word hy op die onderstel van ’n paneelwa of 

goedere‐ of vragvoertuig omgebou, word hy as ’n gewone voertuig beskou en is die 

voorskrif vir jou rybewys en voertuiglisensie sy leë gewig (tarra). Daarom het jy net ’n 

gewone motorrybewys (B) nodig om hom te bestuur. As jy jou Jimny of enigiets ander 

met ’n BVM van meer as 750 kg met hom gaan sleep, is die B‐rybewys nie meer goed 

genoeg nie en jy moet ’n sleeprybewys kry. 

 

Met bakkies word nie skietgegee nie. Al is jou bakkie jou enigste ry‐ en sleepding, word 

dit steeds as ’n vragvoertuig beskou en nie as ’n gewone motorvoertuig nie. Die gewig‐

maatstaf vir ’n bakkie is, net soos in die geval van ’n bus of vragmotor, die BVM. As jy 

bevoorbeeld ’n Ford F250 met sy BVM van meer as 3,5 ton aanskaf, het jy ’n C1‐

rybewys nodig om hom te bestuur en ’n EC1 om jou woonwa met hom te sleep. Maar 

dis nie al nie: Jy moet ook ’n professionele bestuurspermit hê omdat hy ’n BVM van 

meer as 3,5 ton het. 

 

 

Page 10: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

10 

Page 11: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

11 

Augustus 

01—Nita van der Merwe 

03—Anyl Harris 

07—Rossouw Toerien 

12—Lizanne Colle  

16—Johan Van der Merwe 

20—Vernice Erasmus 

31—Maryke van Staden 

 

   September 

05—Hendrika van Staden 

09— Cathy van Eck 

11—Bossie Bosman 

14—Gerhard Jacobs 

18—Mar e Colle  

29—Elmarie Fouche 

Oktober 

02—Danie Peyper 

04—Linel Brink 

08—Gerhard van Staden 

09—William Harris 

14—Elize Janse van Rensburg 

16—Chloe Smith 

21—Anne Erasmus 

21—Lourens Botha 

22—Nisjinka Colle  

26—Frans Steyn 

28—Izulda Colle  

30—Joey Bloem 

Page 12: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

12 

Kom en ontmoet die nuwe Bestuur wat Kempton Park Streek gaan TROTS maak.  

Baie geluk aan die nuwe Bestuur wat verkies is by die AJV van 20 Augustus 2016. 

Marie e Jacobs (Penningmeester),   Johan Jacobs (Voorsi er),   Francois Nel (Onder– Voorsi er), 

Yvonne Vorster (Assistent Penningmeester),   Hermien Chatwind (Sekretaresse),                           

Johan Chatwind (Redaksie),  Andre Olivier (Batehouer) en  

Danica Smith (Jeug koördineerder (was afwesig). 

Page 13: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

13 

   

Bestuurslid—Hermien Chatwind kyk na die lede 

Stella Coleske

Joey Bloem 

Desmond & Jacqueline & Sebastiaan Matthee

Page 14: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

14 

   

Bestuurslid—Johan Chatwind kyk na die lede 

Chris & Anne Erasmus

Elmarie & Paul Fouche

Johan Bosman

Page 15: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

15 

Page 16: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

16 

Page 17: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

17 

Page 18: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

18 

 

Page 19: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

19 

Tips for Camping with Kids Get the kids excited with some camping pretend play before you go.

Pack clothes with easy dressing in mind. (The tent would stay so

much neater!)

Pack the lovies and blankets that help your little one feel comfortable

and sleep well.

Put together a good first aid kit.

Think about a safe campsite layout.

Make a hand washing station that is easy for kids (and adults) to use.

Get two of these collapsible bins. One for laundry and one for trash. At

the end of the trip tie up the bag, toss the laundry bag in the car

and the trash in the dumpster.

Keep meals and sleep schedules as normal as possible. Sticking to

these routines will help kids adjust to the flexibility of the rest of the

day.

Make a light up bug for the kids to carry around and use after dark.

Include rest times (even for older kids), with a break from playing

hard. Bring along puzzles, books and quiet building toys for loung-

ing in the tent once in a while.

Page 20: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

20 

Page 21: SAWA Lente uitgawe 2016 · 2. 2016 Kampe & Bank besonderhede 3. Nuusbrokkies 3.1 Sewe Dinge wat van jou 'n goeie kampbuurman maak 3.2 Vier Dinge wat jy moet weet oor jou sleep rybewys

21 

Min dinge laat jou binneste so glimlag soos die gedagte aan ’n warm vetkoek. Wat nog te sê een met biltong! Dié outjies is effe kleiner, soos soutpoffers, wat dit lekker langpadkos maak.   

 Jy benodig (Vir 10‐15 vetkoeke)  • 1 eetlepel suiker • 1 eetlepel sout • 2 eetlepels droë melkpoeier • 1 pakkie (10 g) kitsgis • 1¼ koppie lou water • 4 koppies koekmeel • 1 koppie droë biltong, fyngekap • 4 eetlepels bo er, gesmelt • 750ml kookolie vir braai  

 Só maak jy  1. Roer die suiker, sout, melkpoeier, gis en water saam. Meng dit dan saam met die meel en bil‐tong totdat dit ’n deeg vorm. Knie dit vir minstens 10 minute. Vorm die deeg in ’n bol. 2. Smeer die bo er buite‐om die deegbol, sit dit in ’n bak wat heelwat groter is as die deegbol, en bedek die bak losweg met kleefplas ek. Laat dit vir ’n uur of twee op ’n louwarm plek staan om tot dubbel die hoeveelheid te rys. 3. Knie die deeg weer vir sowat 3 minute en verdeel dit dan in 2. Rol elke deel in ’n dik wors en sny dit in 6 stukke. Sit dit op ’n meelbestrooide snyplank, sit weer kleefplas ek oor en laat dit vir nog 30 minute rys. 4. Gooi genoeg kookolie in ’n pan sodat dit 1‐2cm diep is. Verhit die olie totdat ’n klein stukkie deeg dadelik begin dryf en braai. Braai 3 vetkoeke op ’n slag. Draai dit om sodra dit goudbruin is aan die een kant, draai die hi e laer en braai dan die ander kant. 5. Sit dit warm voor met korrelkonfyt en sterk cheddarkaas.   

 

 

 

Weg, WegSleep, Wegry —30 Augustus 2016