66
Behandel skutdiere met respek Wat is jou VKB-aandeel werd? Ekonomiese volhoubaarheid van skaapboerdery Beheer onkruid vroegtydig vir beter oeste

Wat is jou VKB-aandeel werd?

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Behandel skutdiere met respek

Wat is jou VKB-aandeel

werd? Ekonomiese volhoubaarheid van skaapboerdery

Beheer onkruid vroegtydig vir beter oeste

Page 2: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Okt/Nov 2012

in hierdie

Uit die Woord & Hannelie

Koos Janse van Rensburg

Nuus

Finansies

Wat sê die Wet

Dan Kriek (Nuwe voorsitter...)

Onkruidbeheer

Miskruiers

Dieregesondheid

Veevoere

Skaapboerdery

Gewasse

Pierre Jacobs (direkteur)

Plaasmoorde

Boervrou: Stinnie du Plessis

Tuin

Gesondheid

Algemeen

NTK- en VKB-Nuus

2

3

4-7

8-17

18-19

20-21

23-25

26-27

28-35

36-40

41-43

44-45

46-47

48-49

50-51

52-55

56-57

58-59

60-63

• Eindredakteur | Koos Janse van Rensburg • Redakteur | Hannelie Cronjé | Posbus 100, Reitz 9810 |Tel.: 058 863 8223 | www.vkb.co.za | [email protected] • Uitgewers | VKB en NTK • Ontwerp en uitleg |

Upside down Graphics 072 228 7917 • Druk | Oranje Drukkery • Advertensies | Hannelie Cronjé | Tel.: 058 863 8223 | [email protected]

Alle regte van DIE PAD SAAM word voorbehou ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg.

Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings deur skrywers of medewerkers nie.

VKB beskik oor ‘n kliëntedienssentrum wat bestuur word deur die groep se skakelbeampte,

me Anelie Swemmer; kontak haar gerus by 058 863 8277 of per e-pos by [email protected].

Page 3: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Okt/Nov 2012

in hierdie

Uit die Woord & Hannelie

Koos Janse van Rensburg

Nuus

Finansies

Wat sê die Wet

Dan Kriek (Nuwe voorsitter...)

Onkruidbeheer

Miskruiers

Dieregesondheid

Veevoere

Skaapboerdery

Gewasse

Pierre Jacobs (direkteur)

Plaasmoorde

Boervrou: Stinnie du Plessis

Tuin

Gesondheid

Algemeen

NTK- en VKB-Nuus

2

3

4-7

8-17

18-19

20-21

23-25

26-27

28-35

36-40

41-43

44-45

46-47

48-49

50-51

52-55

56-57

58-59

60-63

• Eindredakteur | Koos Janse van Rensburg • Redakteur | Hannelie Cronjé | Posbus 100, Reitz 9810 |Tel.: 058 863 8223 | www.vkb.co.za | [email protected] • Uitgewers | VKB en NTK • Ontwerp en uitleg |

Upside down Graphics 072 228 7917 • Druk | Oranje Drukkery • Advertensies | Hannelie Cronjé | Tel.: 058 863 8223 | [email protected]

Alle regte van DIE PAD SAAM word voorbehou ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg.

Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings deur skrywers of medewerkers nie.

VKB beskik oor ‘n kliëntedienssentrum wat bestuur word deur die groep se skakelbeampte,

me Anelie Swemmer; kontak haar gerus by 058 863 8277 of per e-pos by [email protected].

41-43 Top 100 bl 4

48-49

Page 4: Wat is jou VKB-aandeel werd?

“Ons herken nie meer die wonderwerke wat elke dag ín ons en mét ons gebeur nie”

Ek het die volgende lewenswaarheid eendag by ’n vrien-din gekry. Ongelukkig het ek geen idee wie die skrywer daarvan is nie, maar ek wil dit graag met julle deel.“Is dit nie wonderlik om te weet nie? Jy is ‘n wonderwerk van God. En as jy dit rêrig besef, sal dit ook ‘n wonderwerk wees; een wat jy self sal veroorsaak. In jou is daar net soveel wonder as in die werking van die son. Kom ons beskou bietjie hierdie wonderwerk, wat God gedoen het en in stand hou, vandat Hy jou gemaak het.

“Al wat jy moet doen om die ernstigste feite van hierdie wonderwerk te leer, is om in ’n ensiklopedie te soek na paragrawe met opskrifte soos: Het jy geweet? En, as jy van getalle hou, hier is ‘nbietjie poeding, net vir jou. “Binne-in jou is 263 bene – toegevou met meer as 500 spiere (40% van jou liggaam), met twee vierkante meter vel daar-oor, wat ‘n massa van 3 kg het. Die vel is ons grootste or-gaan en in die vel is daar meer as 600 000 tasliggaampies en 3 000 000 sweetgaatjies. Die vel skei omtrent 1 ℓ sweet per dag af. Jy wissel 20 kg vel per leeftyd. In elke vierkante cm vel is daar 690 mm bloedvaatjies, 200 hare, 230 senu-weepunte, 100 sweetgaatjies, 4 m senuwee en 15 oliekliere. Ons kan selfs effens deur ons velle asemhaal.

“Die hart is 15 cm lank met ‘n deursnee van 10 cm en dit klop 72 slae per minuut. Dit is 4 300 per uur, 103 680 per dag ; 37 868 000 per jaar of 2 575 440 000 per gemiddelde leef-tyd van 65 jaar. Net om te vergelyk: ‘n Olifant het ‘n pols-slag van 25 slae per minuut en ‘n muis s’n is ongeveer 600 per minuut. Die hart pomp 350 mℓ bloed per slag. Dit is on-geveer 24,5 ℓ per minuut; 1 470 ℓ per uur of 35 280 ℓ per dag. Die bloed kan die siklus deur die liggaam in 30 sekondes voltooi en ‘n bloedsel kan sy retoer tussen die hart en die groottoon in 16 sekondes aflê. Al die are het saam ‘n lengte wat gelyk as aan ‘n afstand van 2 keer om die aarde. In hierdie are is daar 6 ℓ bloed met 5,5 biljoen rooi bloedselle per kubieke mm. Hierdie bloedselle leef elk maar net 120 dae en word in die beenmurg hernu teen ‘n tempo van 2,5 biljoen per sekonde. As die hart as ‘n kragbron gebruik kon word, sou dit ‘n massa van 1 kg tot ‘n hoogte van 60 cm kon oplig met elke polsslag.

“In ons longe is daar tussen 300 en 450 miljoen lugsakkies wat aan die longe ‘n binne-oppervlakte van 70 vierkante meter gee. Ons haal 20 000 asemteue in en uit per dag. As ons hoes, kan die lug wat uitkom ‘n snelheid van 160 km/h bereik.

“Kom ons gaan bietjie na ons sintuie toe. In elke oog is daar 120 miljoen ligsensitiewe selle. Party mense kan tus-sen meer as 10 000 reuke, geure en smake onderskei. Ons voetspore bevat 250 biljoen reukpartikels, wat ‘n reukpa-troon veroorsaak wat deur ons huisdiere vir die res van hulle lewens onthou word. “Al vyf ons sintuie sou nie veel werd gewees het sonder die harde werk van die brein nie. In hier-die beheersentrum is daar 14 miljoen senuselle; saam lank genoeg om die maan te bereik. Ons breine gebruik een vyfde van ons liggaamsenergie en ook een vyfde van die suurstof wat ons opneem. Hierdie energie en suurstof word deur 2 000 liter bloed per dag na die brein aangedra.

“Kan jy verstaan hoekom ons slaap nodig het? As ons slaap, kan ons ou grysstof bietjie rus. Daarom slaap ons omtrent een derde van ons lewens om. En dan besluit ons breine dat dit bietjie te veel van ‘n goeie ding is en ons gaan byna elke nag aan die droom. Omtrent ‘n kwart van ons slaap-tyd word onwillekeurig aan drome spandeer. Sien jy? Ons breine kies self wanneer hulle weer wil begin werk.

“Soek jy ook, soos ek, soms nog na ‘n wonderwerk of twee? Miskien wil ons soms hê dat God ons met ‘n wonderwerk moet antwoord. Waarvoor soek ons nog? Die hele wêreld is vol van God se 6 000 miljoen wonderwerke. Dis soos om vir hooi in ‘n hooimied te soek - ons sien nie die hooi nie, omdat die mied te groot is.”

Geniet die wonderwerke in jóú lewe.Lekker lees aan hierdie uitgawe...

Hannelie

Wyk Satan! Die drukkersduiwel het verlede maand sy lang vingers in die drukproses gehad! Dit het daartoe gelei dat daar foute in

ons vorige uitgawe ingesluip het. Ons bied hiermee ons opregte verskoning daarvoor

aan.

002

Page 5: Wat is jou VKB-aandeel werd?

VKBStrategiese Vordering

projekte moontlik maak en ons by die groot dag gebring het waar elke persoon se bydrae bymekaar kom om ’n nuwe besigheid te laat begin blom. As ons vandag by Grainfield Chickens instap, lyk dit soos ’n besigheid wat reeds jare bestaan ten spyte van die feit dat die besigheid twee jaar gelede nog net ’n gedagte was wat deur die direksie ondersoek is. Vergelyk ons dit met VKB wat reeds drie en negentig jaar bestaan, is dit ’n skitterende getuig-skrif vir almal wat daar werksaam is. Hierdie projekte het ten doel om waarde toe te voeg tot die primêre landbouprodukte wat in ons omgewing ge-produseer word. Kombineer ons die projekte se verbruik met die bestaande meulens in die groep, sal VKB reeds gedurende die volgende jaar ’n beduidende hoeveelheid van ons produsente se graan verder verwerk. Ons streek produseer jaarliks ongeveer 400 000 ton mielies waarvan die meerderheid geelmielies is, en 100 000 ton sojabone. Ons groep van maatskappye se vervaardigingsaanlegte kan jaarliks 100 000 ton geelmielies verbruik, 150 000 ton wit-mielies en 150 000 ton sojabone. Die gebruik van graan as insette in die verwerkingsaanlegte behoort in die onmid-dellike toekoms ’n waarneembare effek te hê op die prys wat produsente vir hulle produkte realiseer. Die projekte het ook ’n indirekte voordeel vir ons omgewings wat nie altyd na waarde geskat word nie. Die abattoir het reeds 350 nuwe werksgeleenthede geskep in Reitz. Dit sal eersdaags uitgebrei word na ongeveer 500 werksge-leenthede. Die oliepers skep 40 nuwe werksgeleenthede op Villiers en die veevoeraanleg skep 40 nuwe werksgeleent-hede op Vrede. Die groep van maatskappye binne die VKB-groep sal eersdaags werk verskaf aan 2 500 werkne-mers. Die projekte het dus ’n geweldige impak op die eko-nomie in ons bedieningsgebiede sowel as op die sosio-eko-nomiese omstandighede in die streek waar duisende mense van maatskaplike bydrae van die regering afhank-lik is. Dit is met groot dank dat ons aan ons aandeelhouers kan meedeel dat dit baie goed gaan met u maatskappy. Die bestaande bedrywe presteer voortreflik danksy ons klante se lojale ondersteuning. Die nuwe projekte het ons opge-wonde en ons is oortuig dat hulle in die toekoms ’n groot bydrae sal lewer tot die groep se resultate.

VKB het so pas sy algemene jaarvergadering afgehandel vir die jaar geëindig 31 Maart 2012. Die jaarvergadering word voorafgegaan deur ’n reeks inligtingsvergaderings wat deur ons gebied gehou word. Die doel van hierdie vergaderings en ook ’n tweede reeks inligtingsvergade-rings wat halfjaarliks gehou word, is om elke lid van VKB die geleentheid te gee om eerstehands ingelig te word oor VKB se doen en late en ons finansiële resultate. Tydens hierdie vergaderings het elke lid die geleentheid om hom of haar te vergewis van enige aangeleentheid oor VKB en die groep se werking. Dit neem baie tyd in beslag om vir hierdie vergaderings voor te berei en hulle te hou. Hoewel die vergaderings nie altyd of oral ewe goed bygewoon word nie, is dit belangrik dat daar ’n groepie van ons lede volledig en korrek ingelig is oor ons werksaamhede. Hierdie groepie kan dan die korrekte boodskap verder deur sy ge-meenskap versprei. Hierdie publikasie dien verder as versterking van ons be-sigheid se kommunikasie met sy lede aangesien ons gereeld ondervind dat, ten spyte van die inligtingsvergaderings, daar soms steeds wanpersepsies oor ons werksaamhede bestaan. Vergewe ons dus maar as u soms ’n oordosis van dieselfde inligting kry, maar dit is vir ons belangrik dat elke lid die boodskap kry. Die afgelope jaar was weereens ’n baie suksesvolle jaar. Die huidige jaar se resultate lyk ook belowend. Die goeie resultate is behaal ten spyte van die feit dat ons nuwe projekte tans nog nie bydra tot die re-sultate nie en selfs ondersteun moet word deur die ander bedrywe.Die nuwe projekte beklemtoon net weereens hoe moeilik dit is om projekte van die grond af te bring. Maak nie saak hoe omvattend die beplanning is nie, daar is altyd faktore buite mens se beheer wat die aanvang en operasionele doeltreffendheid beïnvloed. Faktore soos die goedkeur-ing van omgewingsimpakstudies, weersomstandighede, menslike swakhede en vele ander het ook veroorsaak dat ons projekte later in produksie kom as wat verwag is. Die groot dag het gelukkig aangebreek dat al die kompo-nente van ons geïntegreerde waardetoevoegingsprojek met produksie begin het. Die abattoir het reeds gedurende Julie met produksie begin en die oliepers en die veevoer- fabriek gedurende September. Dit is net wonderlik om die resultaat te aanskou van kragtige spanwerk wat hierdie

deur Koos Janse van Rensburg

003

Page 6: Wat is jou VKB-aandeel werd?

TOP 100VKB onthaal weer sy top 100 klante op luisterryke funksie

VKB se 100 grootste klante het onlangs weer op ge-sellige wyse saam verkeer toe hulle op luisterryke wyse onthaal is om hulle vir hul ondersteuning te be-dank.Volgens mnr. Koos Janse van Rensburg, wat die ver-welkoming gedoen het, het VKB ‘n besonder goeie finansiële jaar beleef – selfs die tweede beste resul-tate van sy bestaan gelewer. En dit terwyl daar talle nuwe projekte in die loop van die afgelope finan-siële jaar van stapel gestuur is. In sy toespraak het Koos VKB met die Titanic vergelyk en die ooreenkoms as volg getref: “VKB is ’n prag-stuk; nie ’n prag skip nie. Ons besigheid is, soos die Titanic, bykans 100 jaar oud, maar gelukkig vaar ons tans in kalm waters en ons is ook nie bewus van ys-berge op ons roete nie.”VKB se uitstekende resultate is die gevolg van sy lo-jale klante se ondersteuning, het Koos gesê. Hierdiegeselligheid word jaarliks aangebied om vir die 100 klante wat hul hande die diepste in hul sakke gesteek het, op tasbare wyse vir hul ondersteuning te bedank. Koos het ook spesiaal melding gemaak van die eggenotes wat die aand bygewoon het. “Dit is ook vir ons baie lekker om die eggenotes te betrek omdat hulle ’n groot rol speel in die boerde-rye en gevolglik op VKB se besigheid. Baie keer word die rol van die eggenotes in ’n boerdery-ondernemi-ng nie na waarde geskat nie. Julle teenwoordigheid dra baie daartoe by dat die funksie een van die hoogtepunte op VKB se kalender geword het.“Ongelukkig is dit nie prakties moontlik om ál VKB se klante na ’n funksie te nooi nie. Na aanleiding van die kapasiteit van die fasiliteite moes daar slegs ’n groep geselekteer word. Dit impliseer ongelukkig dat daar ‘n baie groot groep lojale klante van VKB is vir wie ons nie kon uitnooi nie. Ter wille daarvan om ’n verdedigbare kriterium te hê as seleksiemaatstaf het ons suiwer die 100 boerdery-eenhede genooi na vanaand se funksie, gegrond op die meeste be-sigheid gedoen met VKB gedurende die afgelope finansiële jaar. Ons rekenaarstelsel het vir ons die gaste geselekteer en geen persoon het enige rol daarin gespeel nie.” Diegene wat nié daar was nie, was darem ook nie vergete nie. “Aan dié van u wat nie genooi is nie, ons het onge-looflike waardering vir u besigheid. Ons glo dat u be-grip het vir ons dilemma van beperkte kapasiteit en die feit dat ons nie almal kon nooi nie. Ons hoop ons besigheid met u groei sodanig dat ons u volgende jaar by die geleentheid sien.” Die geleentheid is vanjaar by Siësta B&B (tussen Frankfort en Tweeling) aangebied.

Koos Janse van Rensburg, Michael de Klerk, Johan Claasen en CT SteynVKB en al die gaste bedank

vir Anelie Swemmer (bo) wat die aand moontlik

gemaak het en toegesien het dat alles uit die boonste

rakke was.

004

Page 7: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Belangrike kennisgewing: NTK lederegister geopen

NTK nooi graag bona fide boere om lidmaatskap in NTK op te neem. Na ʼn onlangse ledevergadering is die besluit ge-neem om die lederegister weer oop te stel nadat dit vir ʼn tydperk gesluit verklaar was.Daar is verskeie voordele verbonde aan lidmaatskap in NTK wat onder andere finansiële voordele kan inhou in die vorm van omsetkorting asook stemreg op ledevergaderings wat dus sal beteken dat ʼn bona fide boer ʼn direkte betrokkenheid by die wel en wee van NTK sal verkry. Aansoekvorms is beskikbaar by Johan Wessels by NTK se hoofkantoor in Modimolle (Nylstroom). Slegs volledige aansoeke sal oorweeg word. Aandelegeld beloop R5 000.

Koring Vervoerdifferensiaal vir die nuwe seisoen:deur Phillip van Vuuren – VKB graanverhandelingDie JSE het op 20 Augustus 2012 die vervoerdifferensiale bekend gemaak vir die komende koringseisoen. Die formule wat gebruik is om die differensiaal te bereken was dieselfde as die berekening van die mieliedifferensiaal wat vanaf hierdie seisoen verander het. Die landswye gemiddeld van graan wat per pad en spoor vervoer word is as volg: 19.8% Spoorvervoer79.2% PadvervoerVanaf 1 Oktober 2012 sal die 2012/2013-vervoerdiffersiaal soos hieronder gelys van toepassing wees.VKB Finale Koring Vervoer Differensiaal (R/ton)

Koring Vervoerdifferensiaal vir die nuwe seisoen:

Phillip van Vuuren – VKB graanverhandeling

Die JSE het op 20 Augustus 2012 die vervoerdifferensiale bekend gemaak vir die komende koring seisoen. Die formule wat gebruik is om die differensiaal te bereken wasdieselfde as die berekening van die mielie differensiaal wat vanaf hierdie seisoen verander het. Die landswye gemiddeld van graan wat per pad en spoor vervoer word is as volg:

19.8% Spoorvervoer79.2% Padvervoer

Vanaf 1 Oktober 2012 sal die 2012/2013 vervoerdiffersiaal soos hieronder gelys van toepassing wees.

VKB Finale Koring Vervoer Differensiaal (R/ton)

Vervoer Differensiaal Vervoer Differensiaal VeranderingSiLO 2011/2012 2012/2013 %Ascent 193 201 4.15%Danielsrus 194 202 4.12%Frankfort 157 168 7.01%Petrus Steyn 159 170 6.92%Reitz 179 192 7.26%Tweeling 174 188 8.05%Villiers 137 145 5.84%Vrede 201 197 -1.99%Warden 229 213 -6.99%Jim Fouche 159 160 0.63%

Vervoerdifferensiaal Warden silo

Die aanvanklike voorgestelde vervoerdifferensiaal vir Warden was R259 (+13.10%) vir die nuwe seisoen. Die rede vir die groot verhoging is a.g.v die spoorvervoer wat duurder is as die padvervoer. Die spoorlyn vanaf Warden na Randfontein, gaan terug na Harrismith via Bethlehem na Randfontein, wat die spoor vervoer baie duur maak.

VKB het ’n skrywe gerig aan die JSE om die spoorvervoer komponent weg te laat met die berekening van Warden se vervoerdifferensiaal ten einde die differensiaal so na as moonlik aan die werklike vervoerkoste na Randfontein te kry. Die JSE het saamgestem dat Warden se vervoerdifferensiaal uit verhouding hoog is soos gemeet teen die ander silo’s. Die differensiaal word nou slegs bereken volgens die goedkoper padvervoer wat beteken dat dit na R213 (-6.99%) verlaag is vanaf die vorige seisoen se R229. Dieselfde benadering sal ook in die toekoms deur die JSE vir die somergewasse toegepas word.

Vervoerdifferensiaal Warden silo Die aanvanklike voorgestelde vervoerdif-ferensiaal vir Warden was R259 (+13.10%) vir die nuwe seisoen. Die rede vir die groot verhoging is weens spoorvervoer wat duurder is as die padvervoer. Die spoorlyn vanaf Warden na Randfontein, gaan terug na Harrismith via Bethlehem na Randfontein, wat die spoorvervoer baie duur maak. VKB het ’n skrywe gerig aan die JSE om die spoorvervoerkompo-nent weg te laat met die berekening van

Warden se vervoerdifferensiaal ten einde die differensiaal so na as moonlik aan die werklike vervoerkoste na Randfontein te kry. Die JSE het saamgestem dat Warden se vervoerdifferensiaal uit verhouding hoog is, soos gemeet teen die ander silo’s. Die differensiaal word nou slegs bereken volgens die goedkoper padvervoer wat beteken dat dit na R213 (-6.99%) verlaag is vanaf die vorige seisoen se R229. Dieselfde benadering sal ook in die toekoms deur die JSE vir die somerge-wasse toegepas word.

Droëbone-projek werp vrugte af

In 2011 het 20 boere in Kwakwa 800 ha skilderboontjies aangeplant. Departe-ment van Landbou Vrystaat het die boere met toelaes, soos diesel, saad, chemikalieë, bemesting, oesverseker-ing en mentorskappe gehelp in die persone van Jan Ballot, Bertus Cordier en Seobi Michael Pulumo. VKB het tot die projek bygedra deur bestuur en insette te verskaf asook finansiering, bemarkingsondersteuning en mentor-skap in die persone van Jan, Bertus en Pulumo. Die gemiddelde opbrengs was 1 ton per hektaar (die opbrengs het gewissel van 400 kg tot 1,5 ton per

hektaar). Die hoë produsenteprys van R8 500 tot R12 000 per ton, tesame met die insetondersteuning, het tot baie goeie winste gelei. Die gemiddelde bruto inkomstemarge was na raming R300 000 per boer. Vir die 20 boere was die bruto marge na raming R6,2 miljoen. S.P. Chabalala is as algehele wenner aangewys.

Mentors: Seobi Michael Pulumo, Jan Ballot en Bertus Cordier

Wenner: S.P. Chabalala

005

Page 8: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Transformasie: AgriBEE-sektorkode word wetlik bindendAan die begin van Maart 2012 het die departement van handel en nywer-heid die konsep-Landbousektorkode (AgriBEE) in die Staatskoerant gepu bliseer vir openbare kommentaar en insette. Die publiek het 60 dae vanaf die datum van publikasie gehad om hulle insette en kommentaar in te stuur voordat dit gefinaliseer kon word en as ’n wetlik bindende sektorkode ge-proklameer kan word.Die doel van die AgriBEE Sektorkode sluit enige onderneming in wat die grootste gedeelte van sy omset verkry uit:• Die primêre produksie van landbou- produkte;• Die voorsiening van insette en dienste aan ondernemings wat be-trokke is by die * produksie van landbou produkte * die verwerking van landboupro- dukte hetsy in ’n primêre of semi- bewerkte vorm * en die berging, verspreiding, en/of handel en verwante aktiwiteite wat verband hou met onverwerkte landbouprodukte.

Die kategorieë van ondernemings is: Vrygestelde Mikro-ondernemings (VMO).• Omset: Minder as R5 m omset• BEE-beoordeelde erkenningsvlak: Vlak 4.• VMO-toegewing: VMO’s word aan- gemoedig om prioriteit te skenk aan Vaardigheidsontwikkeling en Sosio- ekonomiese ontwikkeling in die landbousektor.• Om status te verbeter: Kwalifiseer vir bevordering tot ’n AgriBEE-statusvlak 3-medewerker indien meer as 50%

deur swart mense of 50% deur swart vroue besit word.• Om VMO-punte te verhoog: VMO’s kan in terme van die KKO gemeet word.Kwalifiserende Klein Ondernemings (KKO).• Omset: Meer as R5 m. maar minder as R35 m.• Elemente: Moet minstens vyf ele- mente uit die sewe elemente kies in teenstelling met die Kodes waar KKO’s ENIGE vier elemente uit die sewe kan kies. Die rede: Die land- bousektor word deur KKO’s gedomi- neer en nie klein ondernemings nie.Generiese Ondernemings• Omset: Meer as R35 m.• Elemente: Al sewe elemente

Die kernhoogtepunt van die konsep- Landbousektorkode AgriBEE lê in die hantering van die maatstaf van die eienaarskap-element. Die sektorkode maak voorsiening vir die verdeling van die eienaarskap-element in twee dele, naamlik Algemene/Aandele-eienaar-skap en Grondeienaarskap. Hierdie sektorkode verskil op unieke wyse van die perspektief deurdat eienaarskap in terme van aandele gemeet kan word, maar ook ten opsigte van eie-naarskap van grond as ’n ekonomiese bate. Landbou-entiteite kan óf punte verdien op die aandele-eienaarskap-aanwyser, grond-aanwyser of beide met ’n totale telling wat beperk word tot ’n gewig van 20%. Landbou-enti-teite wat meer as 30% van hul grond oordra, kan tot ’n maksimum van vyf bonuspunte verdien in ooreenstem-ming met die totale hoeveelheid grond wat oorgedra is. Om grondher-

vorming in Suid-Afrika verder te steun, onder Ondernemingsontwikkeling en Sosio-ekonomiese Ontwikkelingsele-mente, kan entiteite erkenning kry vir langtermynverhuring van grond aan plaaswerkers en/of aan opkomende ondernemings onder swart eienaar-skap.

Die gebrek aan tegniese vaardighede en hoë vlakke van ongeletterdheid in die sektor, noodsaak die klem op vaar-digheidsontwikkeling. Die ander kern-ondernemings van die landboubedryf is om ondernemingsontwikkeling te gebruik om hoofsaaklik grondhervor-mingsprojekte te steun ten opsigte van mentorskap, uitbreidingsdienste, voorsiening van kapitaal, verskaffing van insette, toegang tot markte, en toegang tot tegnologie en infrastruk-tuur, sowel as om beleggings in lande-like gebiede aan te moedig wat op sy beurt weer sal lei tot werkskepping.Anders as die Kodes vir Goeie Praktyk, sal KKO’s in die landbousektor gemeet word aan ten minste vyf elemente van die telkaart in plaas van vier soos voorgeskryf in die Kodes vir Goeie Praktyk.

Vir meer inligting, skakel Moses Maine by tel. 058 863 8242 of stuur ’n e-pos na [email protected].

VKB Landbou Beperk oorhandig tuin- gereedskap aan vyf skole in Reitz

Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI) is ’n belangrike hoeksteen vir goeie korporatiewe burgerskap, en vorm ’n integrale deel van transformasie. Dit is

ook ’n kernkomponent van Breë-Basis Swart Eko-nomiese Bemagtiging (BBSEB) se strategie in terme van sosio-ekono-miese ontwikkeling. VKB erken sy verant-woordelikheid as ‘n korporatiewe burger teenoor die gemeenskappe waarbinne dit sake doen en glo dat dit ‘n funda-mentele rol te speel het om die lewens van sy gemeenskappe te verbeter. Ten einde hul verbintenis tot KMI uit te leef en aan te gryp, het VKB op 19 Julie vanjaar tuingereedskap geskenk aan vyf skole in Reitz, naamlik Kgotso-Uxolo Sekondêre Skool, Petsana Intermediêre

Skool, Kleinwater-plaasskool, Phindu-zame Intermediêre Skool en Reatile Inter-mediêre Skool ter ondersteuning van die Red die Kinders-projek se “Strengthening Our School” (SOS) program wat daarop gemik is om groentetuine te vestig en te onderhou om soveel as moontlik kwes-bare gesinne te voed. Hierdie projek weerspieël VKB se strategiese plan om op betekenisvolle wyse in gemeenskaps-ontwikkelingsprojekte te belê sodat ons waarde kan toevoeg tot die lewe van die voorheenbenadeelde lede van ons gemeenskap.

006

Page 9: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Uit die korporatiewe hoekRina Erasmus

ALgEMENE JAARVERgADERiNgDie tweede Algemene Jaarvergadering van VKB Landbou Beperk het op 30 Augustus 2012 plaasgevind. Die verga-dering is voorafgegaan deur ’n reeks Inligtingsvergader-ings in die VKB-bedieningsgebied. Die vergaderings is goed ondersteun en VKB se personeel het die geleentheid ge-bruik om aandeelhouers op hoogte te bring van verwik-kelinge binne die besigheid en in die VKB-groep.

DiREKSiEDie direkteure wat wyke 1 en 7 verteenwoordig, mnre Paul Carshagen, Coenraad Fick en Michael de Klerk, is onlangs herverkies as direkteure vir ̀ n verdere termyn. Voorts is mnre Paul Carshagen en Coenraad Fick ook onderskeidelik herverkies as voorsitter en ondervoorsitter van die direksie vir ’n verdere termyn. Die huidige wyksindeling sien as volg daar uit:

MAATSKAPPyVKB is gedurende 2011 omskep van ’n koöperasie na ’n publieke maatskappy. Op 1 Mei 2011 het die nuwe Maat- skappywet, 71 van 2008, in werking getree en ’n nuwe era vir maatskappye in Suid-Afrika ingelei. Hoewel VKB ingevolge die nuwe wet as ’n private maatskappy geklassifiseer word, word VKB se model steeds gemaklik geakkommodeer binne die bepalings van die nuwe wet. Aandeelhouers kan gerus wees dat die implikasies van die nuwe wet die maatskappy uit ’n korporatiewe oogpunt versterk. Tydens die afgelope jaarvergadering het die aandeelhouers ’n nuwe Akte van Oprigting vir VKB goedgekeur wat voldoen aan die bepalings van die nuwe wet en terselfdertyd die VKB-model en -beginsels inkorporeer.AANDELEDie nuwe Maatskappywet het weggedoen met aandele met pariwaarde en maak slegs voorsiening vir aandele sonder pariwaarde. VKB se aandeelhouers het derhalwe

Wyk Direkteur1 PG Carshagen, CF Fick2 PJF de Villiers3 ID Dreyer4 JG Claasen

gedurende Maart 2012 toegestem tot die omskepping van VKB se aandele in nie-pariwaarde-aandele. Hierdie om-skepping het geensins die regte en voorregte verbonde aan enige VKB-aandele geraak nie. Die maatskappy het tydens dieselfde vergadering ook sy aandelekapitaal ver-meerder ten einde NTK se lede te akkommodeer wanneer die voorgestelde reëlingskema met NTK goedgekeur word. Voorts is `n nuwe klas voorkeuraandele geskep om voor-siening te maak vir die toedeling van reserwes aan VKB se aandeelhouers. VKB se aandelekapitaal bestaan tans uitKlas 1 gewone aandele (lidmaatskapaandele), Klas 2voorkeuraandele (aansporingskortings) en Klas 3 voorkeur-aandele (reserwes). Elke aandeelhouer besit 5 000 gewone aandele. Klas 2 voorkeuraandele word jaarliks toegeken aan aandeelhouers (een aandeel vir elke R1,00 aanspo- ringskorting toegeken). Hierdie is die eertydse ledefondse. Klas 3 voorkeuraandele is eenmalig toegeken aan bes- taande aandeelhouers toe die maatskappy se opge-hoopte reserwes aan aandeelhouers toegedeel is.

KOMiTEESVKB se direksie word in die uitvoering van sy pligte en ve-rantwoordelikhede bygestaan deur die volgende komi-tees:•Oudit- en Risikokomitee•Sosiale- en Etiekkomitee••Menslike Hulpbronne-komitee•Graanbedryfskomitee••Nominasiekomitee Komitees funksioneer volgens ’n verwysingsraamwerk wat deur die direksie goedgekeur is. Benewens verteenwoordiging op die interne komitees, dien direkteure ook as lede van die direksies van VKB se filiale en verwante maatskappye Grain Field Chickens (Edms.) Bpk., Nu-Pro Commodities (Edms.) Bpk., Nu-Pro Voere (Edms.) Bpk., Free State Oil (Pty) Ltd, Texisat (Pty) Ltd, Crown Bag (Pty) Ltd en NTKLA.

7.

1. 2.

3. 4.

5. 6.

1. Louis Pieterse, Marcia Froneman en Izak Dreyer2. Thabo Bosman, Sakkie Muller, Sas Kasselman en Bosman Junior3. Japie Smit, Johan Pretoruis, Paul Cashagen, Dirk Viljoen, Hennie, Piet van Niekerk en Jaap Zietsman4. LR Klynsmith, At Fivaz, Pierre De Villers en Japie Oosthuizen5. Andrè Odendal, Ben Pieterse, Coenraad Fick, Pierre de Villiers en Koos Janse van Rensburg6. Abrie Wessels...Moeg na die week se rondry en sorg dat alles seepglad verloop.7. Cerneels Claassen, Steyn Terblanche, Johan Taljaard en Paul Carshagen – Vier voorsitters van VKB saam 113 jaar op die direksie van VKB

JARE OP DiREKSiEJohan Taljaard - 1/8/1962 – 31/7/1997 (35 jaar) Steyn Terblanche - 1/8/1971 – 28/2/2005 (33,5 jaar)Cerneels Claasen - 1/8/1985 – 31/7/2006 (21 jaar)Paul Carshagen - 1/8/1988 – huidiglik (24 jaar)VOORSiTTERSJohan Taljaard - 1/8/1973 – 31/7/1997 Steyn Terblanche - 1/8/1997 – 31/7/2004Cerneels Claasen - 1/8/2005 – 31/7/2006Gerrit Victor - 1/8/2006 – 31/7/2009Paul Carshagen - 1/8/2004 – 31/7/2005 en weer 1/8/2009 tot op datum

5 G Steyn6 DJ Kriek7 MC de Klerk8 JBS du PlessisOnafhanklik JCP BekkerGekoöpteer MA Letuka

007

Page 10: Wat is jou VKB-aandeel werd?

WAT IS ‘N VKB-AANDEEL WERDdeur dr Philip Theunissen

Computus BestuursburoIN sy biografie: “En toe fire hulle my” sê Jannie Mouton, die voorsitter van PSG: “Die landboukoöperasies van Suid-Afrika het in die eerste plek my oë oopgemaak vir die waarde van ongenoteerde aandele.” Hy motiveer: “Twee weke na ons PAG oorgeneem het, is ek na Delmas om met die OTK of Oos-Transvaalse Koöperasie se mense te gaan gesels omdat ek snuf in die neus gekry het hulle wil noteer. Ons het OTK-aandele gekoop, dit met die maatskappy se notering verkoop en ‘n wins van R3 miljoen gemaak. Dit was gróót in ons lewe daar in die beginjare van PSG.” Hy voeg dan by: “Die truuk is om te probeer koop waar daar nog beperkings is, en as die ou direksie nog sit en dus nog beheer het. Dan koop jy goedkoop – jy koop dalk selfs net die geboue teen 60% van die werklike waarde. Dit is iets wat ons by PSG baie goed verstaan. Maar jy moet geduld hê, want dié ondernemings se ratte draai stadig tot by ‘n groter ingesteldheid op die kommersiële.”

Die manier vorentoe vir landbou-maatskappye is volgens Mouton dus om meer kommersieel te raak. By “kommersiële” verwys hy na die verhandelbare aandeelwaarde van die eertydse koöperasies wat gedurende die afgelope aantal jare bykans almal in maatskappye omskep is. Hy verduidelik dan ook dat beheerstrukture en beperkings op aandeelhouding outydse meganismes is wat meebring dat aandele onder hul intrinsieke waarde verhandel. Volgens hom is dit soortgelyk aan ‘n boer wat sy plaas net aan sy buurman mag

verkoop. In so ‘n geval sal sy waarde nóóit dieselfde wees as wanneer hy dit op die vrye mark beskikbaar stel nie. Dit bring mens dan noodwendig by die vraag wat ‘n VKB-aandeel op die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) werd sou wees, sou die direksie besluit om die beperkings op die verhandeling daarvan op te skort en VKB te noteer?

Histories oorsigLandboukoöperasies het sedert 1910 ‘n groot rol in die landbousektor gespeel. Hulle was veral op vier gebiede betrokke naamlik die aankoop en verkoop van produksiemiddele en toerusting; die aankoop, opberg en verkoop van landbouprodukte; die verskaffing van vervoerdienste en dan ook die finansiering van boere se kredietbehoeftes. Die primêre doel daaragter was om hulle lede se ekonomiese aktiwiteite as kollektiewe bedinger saam te snoer sodat hulle beter toegang tot markte kon kry, voordeel uit die ekonomie van skaal kon trek en kon deel in kapitale projekte wat vir die boere as individue onbekostigbaar sou wees. Gevolglik is die inherente doelwit van ‘n koöperasie om sy lede in staat te stel om ‘n groter wins in sy eie reg te genereer sonder dat die koöperasie opsigself ‘n onderneming met ‘n winsoogmerk is.

In Suid-Afrika het die deregulering van landboumarkte en die onttrekking van regeringsbystand aan die landbousektor tot gevolg gehad dat

die speelveld vir landboukoöperasies fundamenteel verander het. Voor 1996 is koöperasies swaar deur die regering ondersteun en het elkeen ook nog as ‘n monopolie in sy eie gebied gefunksioneer. Na deregulasie is hulle gedwing om vinnig by die nuwe omgewing aan te pas of alternatiewelik onder te gaan.

Die nuwe Koöperasiewet van 2005 het ‘n verdere impak op die manier gehad hoe tradisionele landboukoöperasies gefunksioneer het. Hierdie wet beperk koöperasies se lidmaatskap tot natuurlike persone en beperk verder lede se stemreg tot een stem per lid. Landboukoöperasies het ‘n groot aantal regspersone (BK’s, maatskappye en trusts) as lede en het oor tyd ook ‘n gediffersieerde stemreg ontwikkel waar lede proporsioneel tot hule ekonomiese deelname aan die koöperasie kon stem. Die nuwe wet het dit helaas dus onhoudbaar vir tradisionele landboukoöperasies gemaak om op die ou manier te bly voortbestaan. Gevolglik het die laastes, ook VKB, hulle onder hierdie wet in landboumaatskappye omskep.

Huidige situasieVolgens die registrateur van koöperasie het ongeveer 90% van kommersiële koöperasies hulself sedert 1993 in maatskappye omskep. Die verandering van ‘n koöperasie, wat in sy natuurlike aard gebruiker, (met klem op diens) georiënteerd is, na

008

Page 11: Wat is jou VKB-aandeel werd?

‘n maatskappy, wat in sy natuurlike aard-belegger (met klem op wins) georiënteerd is, gaan gepaard met ‘n radikaal nuwe siening in die doel-witte, stuktuur en doelstellings van die onderneming; die bestuur en beheer daarvan en dan ook die prestasie en verwagtinge van die onderneming. As sulke omskepte koöperasies dan nog ‘n stap verder gaan om hulself op die JSE te noteer, kom daar ‘n totaal nuwe organisatoriese styl in terme van wins en aandeelwaarde tot stand. Die aandeel self word dan die stert wat die hond waai omdat dit die enig-ste maatstaf van maatskappysuksesse word en dit gee dan die kommersiële waarde aan die eertydse koöperasies waarna Mouton streef.

Hoewel daar van die eertydse koöpe-rasies soos Afgri, Clover en Pioneer Foods is wat hierdie pad geloop het, het verskeie omskepte koöperasies van hierdie kommersialisering probeer ontsnap deur die verhandelbaarheid van hulle aandele statutêr te beperk. Daardeur het hulle gepoog om steeds ‘n karakter van diens, eerder as een van belegging, te bly handhaaf om steeds die koöperatiewe voordele aan hulle lede, of dan aandeelhouers, te kan bied ten spyte daarvan dat hulle nou maatskappye is.

GevolgeDie baanrekord van maatskappye wat die noteringspad, met gevolglike volle kommersialisering van hulle aandele, gevolg het, lyk moontlik goed vanuit ‘n belegger se oogpunt maar het niks goeie nuus vir boere ingehou nie, behalwe die aanvanklike “waarde-ontsluiting” toe hulle hul aandele verkoop het. Clover en Afgri het eerstens besluit om hul hoofkantore vanuit die platteland na die stad te verskuif en beide het ook op grootskaal handelstakke wat na hulle oordeel nie winsgewend is nie gesluit. Pioneer Foods is in 2010 in totaal boetes van R695,7 miljoen deur die Mededingingskommissie opgelê omdat hulle by onmededingende praktyke binne die voedselbedryf betrokke was. Volgens die jongste statistiek het die aantal melkboere van 7 077 in 1997 tot 2 713 in 2010 gedaal terwyl die aantal hektare onder koringver-bouing van 1 075 000 in 1993 tot 558 000 in 2010 afgeneem het.

Die kommersialisering van tradisionele koöperasies se aandele kom dus teen ‘n prys. Baie boere het uiteraard geval vir die groot somme geld wat die aanvanklike “waarde-ontsluiting” van die omskepping na maatskappye meegebring het.Daardie maatskappye is nou grootliks uit boere-hande en dit het ‘n kommersiële produk vir beleggers geword. Die einste boere is nou vir die res van hulle ekonomiese voortbestaan ontneem van die oorspronklike doel van daardie maatskappye naamlik om ‘n groter wins in hul eie reg te genereer sonder dat die maatskappy self ‘n onderneming met ‘n winsoogmerk is.

Die kortstondige waarde-ontsluiting kan dus nooit opweeg teen die lang-durige ekonomiese bemagtiging wat ‘n landboumaatskappy se aandeel vir ‘n boer meebring nie. Die kommersiële prys van ‘n genoteerde VKB-aandeel op die JSE sal sekerlik baie potensiaal vir ‘n belegger inhou maar die ekonomiese waarde daarvan in die hande van ‘n boer is onmeetbaar. Ongelukkig het nie alle boere die selfdissipline om hulle gierigheid in dié opsig in toom te hou nie en daarom is ‘n statutêre beperking op die verhandelbaarheid van ‘n VKB-aandeel, hoewel ‘n outydse meganisme, heeltemal geregverdig.

009

Page 12: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Impak van wêreldklimaatafwykings kan plaaslike voedselsekerheid bedreig

Die afwykings in weerpatrone en ver-anderinge in klimaat sal na verwagting wêreldwyd en ook plaaslik erge uitwerkings op die prys en beskikbaarheid van mielies hê, wat op sy beurt weer ’n impak op voedselsekerheid kan hê.“Mielies is die belangrikste basiese voedselkommoditeit in Suid-Afrika,” sê Johan van den Berg, spesialis-oes-versekeringsbestuurder by Santam, Suid-Afrika se grootste korttermyn-versekeraar. “Graan is die primêre element in die voedselsekerheids-ketting en mielies is die vernaamste impetus vir pryse van ander graan- kommoditeite soos sojabone en kor-ing, en dit lei ook tot hoër pryse vir meeste graankommoditeite.”Voedselsekerheid kan gedefinieer word as die beskikbaarheid van voed-sel, en tweedens, die bekostigbaarheid daarvan. Hierdie faktore dra daartoe by dat ’n bevolking gelyke toegang tot hulpbronne het, met toegang en koste wat dikwels beperkende faktore word vir opkomende markte.Surplusproduksie van mielies het sedert 2007 meegebring dat Suid-Afrika ‘n sterk uitvoermark geword het. Die droogte wat in 2011 en 2012 in groot dele van die land ondervind is, het egter gelei tot ’n mielie-oes van minder as 11 miljoen ton. Wanneer huishoudelike gebruik in berekening gebring word, sal die surplus nie ge-noegsaam wees om uitvoerkontrakte na te kom nie. Die aanbod van mielies vir die wêreldmark is tans op ’n rekordlaag-te. Produksie en voorraad van mielies is dus wêreldwyd en plaaslik margi-naal en dit beïnvloed pryse, veral op die Suid-Afrikaanse graanmark. Erge droogtes in dele van Amerika, wat deels aan klimaatsverandering toegeskryf kan word, het gelei tot ’n oesverlies van sowat 20% vir Amerika se graanoeste. Van den Berg ver-duidelik dat daar ’n verskil is tussen klimaatsverandering en klimaatsaf-wyking.

“Klimaatsverandering is die perman-ente afwyking van die gemiddelde en dit kan grootliks aan menslike oorsake toegeskryf word. Klimaatsaf

wyking aan die ander kant, is ’n nor-male afwyking. Veranderinge moet oor ’n baie lang tydperk dopge-hou word, meer as ’n paar jaar, om toekomstige patrone te bepaal,” sê Van den Berg. “Ons vind dat produksie-risiko aan die toeneem is, ongeag of dit aan klimaatsverander-ing of klimaatsafwyking toegeskryf kan word.”Ten spyte van die onbeantwoorde vrae rondom die voorspelling van klimaatspatrone, glo Van den Berg dat elke boer beslissende besluite moet maak om potensiële skade te versag deur hul gewasse proaktief te bestuur, en hul beleggings te beskerm. “Ons stel voor dat die beste benadering tot die verbetering van langtermyn-volhoubaarheid is om soveel risiko as moontlik te versag as was moontlik is en deur die ekologiese gebied pro-aktief te bestuur,” sê Van den Berg.Santam is Suid-Afrika se voorste korttermynversekeraar. Met ’n 23% markaandeel, meer as 4 000 perso-neellede en 6 000 makelaar-vennote landwyd, en MiWay as direkte verse-keraar, dek Santam behoorlik die hele Suid-Afrika onder sy kenmerkende geel sambreel. Santam verseker die meeste van die top-100 maatskappye wat op die JSE genoteer is.

Santam bied aan sy kommersiële en persoonlike kliënte, landbou- en ge-spesialiseerde besigheidskliënte ’n groot verskeidenheid uiters gespesia- liseerde produkte wat wetenskaplik ontwerp is om hul spesifieke behoeftes te pas. Oor die 93 jaar van Santam se bestaan, het hulle nog nooit afgewyk van hul belofte aan hul kliënte nie; hulle het net voortgegaan om uitste-kende diens, goeie advies, die mees betroubare dekking en die hoogste vlak van doeltreffendheid rondom eise in die besigheidswêreld te bied.

Hulle was nog altyd verbind tot ’n tussenganger-besigheidsmodel deur hul belofte van uitnemendheid aan hul kliënte te lewer. Dit is hoekom Santam die afgelope drie jaar deur die Financial Intermediary Association as Beste Kommersiële en Korporatiewe Versekeraar aangewys is.

010

Page 13: Wat is jou VKB-aandeel werd?

KIN

GJA

MES

25378/A

Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416).

Praat met jou makelaar oor ons Oes- en Bateversekering of besoek www.santam.co.za

Daardie cumulonimbuswolk op die horison kan dalk meer as net lafenis vir jou mielies wees. Met ons wetenskaplike benadering, wat ’n toegewyde

navorsingsplaas insluit, ontleed ons al die faktore wat verwoesting kan saai in jou landerye en uiteindelik jou winste benadeel. Ons bied jou boonop innoverende

risiko-oplossings. So, al is die duiwel los in jou landerye, verseker ons dat dieselfde nie met jou eis sal gebeur nie. Santam. Regte, egte versekering.

25378/A_Maize ad 297x210.indd 1 2012/09/14 9:32 AM

Page 14: Wat is jou VKB-aandeel werd?

VKB Finansiële ResultateApril 2012 tot Augustus 2012

012

Die vroeë lentereën oor die grootste gedeelte van die tradisionele VKB gebied was baie welkom en hopelik voorspel dit nog meer opvolgreën vir die res van die somerseisoen. Die beperkte hektare koring wat wel aangeplant is vertoon op hierdie stadium uitstekend en hou almal duimvas dat hierdie weer ‘n koringjaar sal wees. Die mielie- en sojaboonoeste is gestroop en VKB is dankbaar vir die 548 400 ton mielies en 84 600 ton sojabone wat gelewer is. Die mielieoes is aansienlik beter as die vorige jaar se 412 900 ton terwyl die sojabone effens minder is as die vorige jaar se 99 700 ton. Vir die eerste vyf maande wat geëindig het op 31 Augustus 2012 behaal VKB ‘n omset van R1 780 miljoen wat heelwat beter is as die vorige jaar asook die begroting. Die groter mielie-oes asook die prys van kommoditeite wat skerp gestyg het, is vir die hoër omsette verantwoordelik. Die styging in kommoditeitspryse is uitstekende nuus vir graanprodusente.Die nuwe nywerhede (Hoenders, Veevoer en Oliepers) het almal met produksie begin, maar sal dit nog ‘n geruime tyd neem voordat hulle ‘n positiewe bydrae tot die netto wins maak. Die kommersiële afdelings (Handel, Meganisasie en Insethandel) presteer uitstekend en hulle oorskry reeds die goeie resultate van die vorige jaar vir die ooreenstemmende tydperk. Finansiering en Versekering presteer ook bo verwagting goed en hulle oorskry ook reeds die begrotings asook die vorige jaar se resultate. Hoewel die mielieoes groter is as die vorige jaar, is die wins gerealiseer deur die Graanbemarkingsdepartement heelwat laer. Die potensiaal vir positiewe posisierolle tussen maande

was min en die Safex-mark was meestal op ‘n invers.Die VKB-groep se netto wins vir die vyf maande geëindig 31 Augustus 2012 is R68,7 miljoen teenoor die vorige jaar se R61,9 miljoen en die begroting van R64,0 miljoen.

Wat VKB se ander beleggings betref dra almal by tot die goeie resultate, maar is dit veral NTK Limpopo Agric en Crown Bag wat uitsonderlik presteer.VKB se totale kapitaal is aansienlik hoër as die vorige jaar, maar in lyn met die begroting, soos in onderstaande grafiek waargeneem kan word. Die investerings in die nywerhede, hoër graanvoorrade asook ‘n groter debiteureboek is grootliks vir die styging verantwoordelik. Die skielike styging in graanpryse asook heelwat meer onverkoopte tonne het ‘n wesenlike invloed op graanvoorraadwaardes en vandaar die styging. Die totale

bates aan die einde van Augustus beloop R1 884 miljoen waarvan 37% rentedraende skuld is. Hoewel die rentedraende porsie van die bates toegeneem het teenoor die vorige jaar word die balansstaat meer doeltreffend aangewend.Die eerste vyf maande se resultate vergelyk baie goed met die vorige jaar asook met die begroting. Ten spyte van die nuwe nywerhede se aanvangsverliese is die wins van die groep hoër as die vorige jaar vir die eerste vyf maande. Om die begrote wins van R148,7 miljoen te haal, gaan ‘n redelike uitdaging wees, maar VKB is goed op dreef om baie naby daaraan te kom. VKB geniet ongekende ondersteuning en lojaliteit van sy aandeelhouers en dít is die hoofrede vir die goeie resultate.

deur Markus Mittermaier

Page 15: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Landbouproduksie blink uit in 2012Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer, PwC

Statistiek Suid-Afrika het pas die eko-nomiese groeisyfers vir die tweede kwartaal van 2012 vrygestel, met die sektor vir landbou, bosbou & visserye wat ʼn nuwe rekord-uitsetvlak van net minder as R45 miljard aangeteken het. In nominale terme beteken dié syfer ʼn toename in die waarde van land-bouproduksie van meer as 23% ge-durende die eerste helfte van die jaar, vergeleke met die eerste helfte van 2011, toe die waarde slegs R36,4 mil-jard beloop het.

Die herstel van landbouproduksie is tot ʼn groot mate te danke aan hoë produktiwiteit en stewige produkpryse. Dit volg op twee swak jare waartydens uitsetvlakke in sowel nominale as reële terme gedaal het (vir die eerste helfte van die jaar).

Suid-Afrika se BBP-groeikoers sou gedurende die eerste twee kwartale van 2012 heelwat hoër as 2,5% gewees het indien die mynbousektor se bydrae positief was. Mynbou bly onder druk weens papperige produkpryse en die toenemende mate van arbeidsonrus wat veral in die platinumbedryf ervaar word. Die geweldstaal wat kenmerkend van Cosatu-vakbondleiers se openbare kommentaar is, het ongetwyfeld ʼn rol gespeel in die tragiese gebeure by Lonmin se Marikana-aanleg. Dit bly werklikheidsvreemd dat die Suid-Afrikaanse regering in ʼn amptelike vennootskap met die land se grootste vakbondbeweging verkeer,

terwyl Cosatu deurlopend pogings teenstaan om werk te skep. Etlike jare het reeds verloop sedert die regering die beoogde inwerkingstelling van ʼn loonsubsidie vir jeugdiges aangekondig het, maar net mooi niks verder het gebeur nie, hoofsaaklik weens Cosatu se teenkanting. Die Wes-Kaapse provinsiale regering was so opgewonde oor die idee van ʼn loonsubsidie dat ʼn loodsprojek in dié provinsie van stapel gestuur is, met baie geslaagde resultate in terme van sowel werkskepping as vaardigheidsontwikkeling. Ongelukkig wil dit voorkom asof dié sukses een van die redes is waarom die nasionale regering botweg weier om die loonsubsidie landwyd toe te pas, aangesien implisiete erkenning daardeur aan die sukses van die Demokratiese Alliansie se ekonomiese beleid verleen sal word. Dit sou absurd wees vir ʼn boer of ander ondernemer om aan te dring op een of ander statutêre waarborg van ʼn wins, maar Cosatu hou aan om op hoër vlakke vir minimumlone aan te dring te midde van ʼn wêreldekonomie wat sukkel om behoorlik op dreef te kom.

Die enigste ander hoofsektor wat vanjaar negatiewe groei ervaar, is elektrisiteit en water, maar dit is hoof-saaklik te wyte aan ʼn kombinasie van energiebesparing en die geleide-like oorskakeling na energiebronne wat nie deur Eskom verskaf word nie. Die relatief groot binnelandse beste-ding aan nuwe steenkoolkragstasies

sal hoofsaaklik in die toegevoegde waarde van die konstruksiesektor neerslag vind. Nog ʼn ligpunt vir land-bou is die uitsonderlike verhoging van die produktiwiteit van kapitaal, wat aanhou om die ekonomie as geheel behoorlik uit te stof. Ongelukkig is ʼn deel van dié suksesverhaal te wyte aan ʼn strukturele afname in landbou se bydrae tot die land se totale vaste kapitaalvoorraad.

Dit bly egter ʼn uitsonderlike prestasie om aanhoudend die verhouding tus-sen uitsetvlakke en kapitaal te verhoog, veral teen die agtergrond van die ekonomie as geheel, waar die produktiwiteitsvertoning sedert 2007 begin verswak het. Intussen is Suid-Afrika besig om op groter skaal landbouprodukte in te voer. Hoewel die land se langdurige status as netto uitvoerder van voedsel hier-deur in gedrang gebring kan word, bied dit ook uitstekende geleenthede vir invoervervanging. Heelwat druk is deur die departement van handel en nywerheid op die Amerikaanse klein-handelsreus, Walmart, uitgeoefen om te verseker dat plaaslike aankope met die oorname van Massmart se winkels in stand gehou word of verhoog word.Dit sou raadsaam wees indien dié be-ginsel ook vir ander kleinhandelaars kan geld, veral wat voedselprodukte betref. Indien die regering erns het met die doelwit van voedselsekerheid, sal aansporings verskaf moet word om die landbou-waardeketting te verleng en te verdiep.

Te midde van toenemende maatskaplik-politieke spanning in Suid-Afrika beleef die landbousektor tot nou toe ʼn uitstekende jaar in terme van uitsetvlakke en produktiwiteit.

013

deur Markus Mittermaier

Page 16: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Standard Bank vat hande met VKB vir ’n blink toekoms saam

Die landboubedryf verander en transformeer op verskeie vlakke. Daar is talle primêre produsente wat die waarde van integrasie binne die waardeketting raaksien en so be-trokke raak in die waardeketting om doeltreffendheid te verbeter en om ’n groter deel van die verbruikersrand te verseker.

Dit sluit beide horisontale sowel as vertikale integrasie in. “Daar is ’n gesamentlike fokus om nuwe markte te identi-fiseer en produkte te diversifiseer, sê Willie du Plessis, hoof: landboubesigheid SA. “Dit dra by tot nuwe geleenthede wat ontgin kan word, wat meer werksgeleenthede kan skep en ook landbou ideaal kan posisioneer vir die toekoms. Standard Bank het die strategie en fokus om meer waarde saam met landboubesighede te ontsluit. “Met die stigting van Standard Bank in 1863 het die Suid- Afrikaanse ekono-mie grootliks om primêre landboubedrywe gesentreer. Skaapboere en wolhandelaars was Standard Bank se eerste kliënte.

Aangesien Port Elizabeth die vernaamste hawe vir woluit-voere was, het ons reeds in die 1860’s omvangryke besigheid gedoen deur voorskotte toe te staan vir wolboere teen wol wat bestem was vir Londen se markte. Dit het gegroei en ‘n spesialis landboubankdienste-afdeling is 32 jaar gelede gestig wat oor die afgelope paar dekades die nodige groei in die landbousektor ondersteun deur die nodige landbouvaardighede op grondvlak te vestig. “Oor die jare heen het Standard Bank deur sy breed-voerige netwerk nader aan VKB beweeg en is ons

verhouding ook ondersteun deur ons gesamentlike kliëntebasis in die Oos-Vrystaat. Beide Standard Bank en VKB is lede by die Landbou-sakekamer wat ‘n platform geskep het vir netwerkgeleenthede en om sinergieë te benut. Gesprekke rondom die vertikale integrasie in die waardeketting en Standard Bank en VKB se vermoë en kundigheid in die landbou-waardeketting het tot gevolg gehad dat hierdie twee groot rolspelers nader na mekaar toe moes beweeg.

“Standard Bank is ‘n eersteklas-bankier wat VKB se be-sigheid verstaan en VKB aan die ander kant is ‘n goedge-vestigde landbou-organisasie wat oor meer as 100 jaar uit-staan as een van die suksesvolste landbou-ondernemings in die Vrystaat,” sê Du Plessis.

Die voordele van die vennootskap het ook gespruit uit Standard Bank en VKB se uitgebreide tak-netwerke. “Dit is Standard Bank Landbou se missie om sy kliënte eerste te plaas en hul behoeftes te verstaan. Dit is dan ook die rede waarom ons so op ons mense staatmaak om hier-die verhouding met die nodige landboukundigheid te bestuur, ” verduidelik hy. VKB is ’n goeie voorbeeld van ’n geïntegreerde en suksesvolle agribesigheid. Standard Bank is ook betrokke by die finansiering van VKB se filiaalmaat-skappye Vrystaat Olie, Vrede Voere, Grainfields Chicken en NTK.Standard Bank is baie opgewonde om hierdie vennoots-kap tot nuwe hoogtes te neem en saam geleenthede in beide die Oos Vrystaat en in Limpopo te ontgin.

014

Page 17: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Gemagtigde finansiëledienste�verskaffer en geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP15)Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (Reg.no. 1962/000738/06). SBSA 103907/G/R 05/12

Voluit Vorentoe is ’n handelsmerk van Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk.

Kom ons praat

BESIGHEID.

voluitvorentoe

Voluit VorentoeTM

Die landbou-ondernemings wat by ons bank, waardeer hoe ons kundigheidswaarde toevoeg deur spesialiste wat woorde in dade omskep. Dit is hoe ons jou onderneming

voluit vorentoe neem. Vir meer inligting oor voertuig- en batefinansiering, verskering en lenings, besoek jou plaaslike tak of www.standardbank.co.za/business

Page 18: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Vyf minute voor en ná sekwestrasie

deur dr Philip TheunissenComputus-bestuursburo

Sekwestrasie, bankrotskap, likwidasie, insolvensie of boedel oorgee is in wese verskillende omskrywings vir dieselfde begrip. Afhangende van watter tipe entiteit betrokke is, naamlik individu of regspersoon, is die begrippe ‘n beskry-wing van die regsproses waardeur ‘n entiteit deur ‘n hofbevel insolvent verklaar word wat tot gevolg het dat sekere van die entiteit se bates aan ‘n kurator oorhandig moet word. Die doel van sekwestrasie is om te sorg dat die skuldeisers nie verdere skade lei nie en dit poog ook om aan die skuldeisers pro-rata bevoordeling uit die insolvent se boedel te bied.

Sekwestrasie kan op drie maniere gedoen word. In die eerste plek is daar boedeloorgawe of vrywillige sekwestrasie waar die insolvent self die hof nader. ‘n Tweede wyse is ‘n vriendskaplike sekwestrasie waar ‘n vriend of familielid ‘n aansoek om sekwestrasie bring. Die derde proses is ‘n gedwonge sekwestrasie waar een of meer van krediteure by die hof aansoek om sekwestrasie doen.

Ongeag watter proses gevolg is, word ‘n kurator deur die Meester van die Hooggeregshof aangestel. Sy plig is om volgens die Insolvensiewet be-heer van die insolvente boedel oor te neem en die bates te gelde te maak. Die opbrengs hieruit word op ‘n voorgeskrewe manier tussen die skuldeisers verdeel. In wese beteken sekwestrasie dat die insolvent sy skuld afskryf en dit is veral hierdie aspek wat baie aanloklik lyk vir mense wat onder finansiële druk verkeer.

Ontnugtering

Die meeste sekwestrasiegevalle is die gevolg van ‘n oordadige lewenstyl waar mense meer flambojant leef of boer as wat hulle inkomste hulle toe-laat. Die tekort word met skuld aan-gevul en hoe meer die skuld word, hoe

minder word die terugbetaalvermoë terwyl die hoë lewenstyl gewoonlik dieselfde bly. Die skuld hoop dan net op tot op ‘n punt waar dit meer as die bates is en dan is die persoon bankkrot of insolvent.

In hierdie stadium word die skroewe van alle kante af aangedraai. Skuld-invorderaars bel op “Private numbers” om te weet “wanneer betaal jy” en “hoeveel betaal jy”. Vreemde voer-tuie kom op die plaas aangery en mense met “clip boards” stap op die werf rond. Familie is nou kwaaivriende wat aanhoudend wil weet wanneer die privaat lenings betaal gaan word. Besighede op die dorp verkoop nie iets nie tensy dit kontant betaal word. By die kasregisters wil die kredietkaart nie deurgaan nie. Die skool hou die kinders se rapporte terug omdat die skoolfonds nie betaal is nie. Ou koeie word op die kinders se naam verkoop om Vodacom en DSTV aktief te hou. Dan kom die onafwendbare besluit uiteindelik om maar liewers boedel oor te gee sodat die druk verlig kan word.

Net voor sekwestrasie

In wese is daar twee duidelik onder-skeibare fases tydens sekwestrasie naamlik dié waar die hof oortuig moet word dat `n sekwestrasiebevel gepas sal wees en dan die proses waar die kurator sy werk gaan doen. Daar is ‘n klomp formaliteite wat nagekom moet word wat gewoonlik deur ‘n prokureur hanteer word en vanaf die datum van die besluit neem dit ongeveer sewe weke voordat die aansoek in die hof aangehoor word. Sodra die bevel toegestaan word, word die kurator aangewys en neem dit ‘n verdere ses tot agtien maande om ‘n insolvente boedel af te handel.

Die reg laat die insolvent nou toe om absoluut in sy eie belang op te tree. Gedurende die proses het hy

immuniteit wat hom teen sy skuldeisers beskerm. Hy kry verder ’n splinternuwe boedel terwyl die kurator na die ou een omsien. Hy het nou wel geen bates in dié boedel nie, maar die heel belangrikste is dat hy ook geen laste meer het nie. Die verligting is dat die insolvent nie meer slapelose nagte het nie aangesien hy nie hoef te wonder wie volgende aan sy deur gaan klop vir geld nie.

Vyf minute voor die sekwestrasie bring dus totale verligting vir die insolvent en die beskerming wat die reg hom bied is nogal gerieflik teenoor die lewe wat hy tot kort voor die bevel gehad het. Volgens diskresie behou hy sy salaris en gewone huishoudelike meubels het so ‘n lae kommersiele waarde dat die kurator nie daarop steun om skuld mee te delg nie.

016

Page 19: Wat is jou VKB-aandeel werd?

As die insolvent geen skuld op sy vak-mansgereedskap het nie, mag nie-mand dit van hom afneem nie. Die lewe is nou nogal heelwat makliker en die besluit om te sekwestreer moes dalk eerder al geneem gewees het!

Net ná sekwestrasie

Na sekwestrasie begin die insolvent weer voor. Hy moet ‘n nuwe bron van inkomste kry. Die huis waarin hy gebly het is waarskynlik verkoop en hy moet alternatiewe verblyf vind. Hy sal, sonder finansieringsbronne, dalk ‘n ander voertuig ook moet aanskaf.Na sekwestrasie kry die insolvent darem ‘n nuwe familielid by, naamlik die kurator. Hierdie persoon sal tot by rehabilitasie ‘n belangrike en deurlopende rol in die insolvent se lewe speel. Die insolvent raak beperk handelings bevoeg en moet voortdurend sy kurator se toestemming vir verskeie regshandelinge kry. Dit is nodig omdat die breë publiek teen die insolvent se onverantwoordelike manier om met geld te werk, beskerm moet word. Hy mag byvoorbeeld nie ’n direkteur van ’n maatskappy of die besturende lid van ‘n beslote korporasie wees nie. Hy sal ook toestemming van die kurator moet kry om enige finansiële transaksies te mag aangaan.

Die algemene reël is dat ‘n insolvent geregtig is om ‘n kontrak te sluit wat nie verband hou of nadeel kan in-hou vir sy insolvente boedel nie. Hy is byvoorbeeld gemagtig om ‘n selfoon-kontrak of voorhuwelikse kontrak te sluit. In terme van die Insolvensiewet word hy nie verbied om weer skuld te maak nie maar wanneer hy aansoek doen móét hy openbaar dat hy insol-vent is. Die kredietburo’s sal hom vir ‘n tydperk van 5 jaar as insolvent lys en hy sal met so ‘n rekord geen kans hê om skuld te kry nie. Banke sal die in-solvent nie toelaat om ‘n tjekrekening

of kredietkaart te open nie, maar hulle sal hom toelaat om ‘n spaarrekening te open, uiteraard sonder ‘n krediet-limiet. Daar sal geen ruimte wees om ‘n oordadige lewenstyl met skuld te finansier nie.

Hy het geen ander opsie as om sy lew-enstyl binne sy beskikbare inkomste te hou nie.

Lank daarna

Die kurator moet uiteindelik toestemming vir die insolvent se rehabilitasie gee en kan weier as hy gronde daarvoor het. Sommige kurators stel sekere vereistes waaraan die insolvent vir die duur van die sekwestrasie aan moet voldoen. Rehabilitasie kan dus eers begin as toestemming van die kurator ontvang is en ook slegs nadat die Likwidasie en Distribusie-rekening (L&D) deur die Meester van die Hooggeregshof bekragtig is. Hierdie rekening word deur die kurator opgestel om aan die Hof te wys hoe al die geld verreken is. Die hofreëls bepaal ook dat die insolvent vier jaar na datum van sekwestrasie of een jaar na die L&D bekragtig is, aansoek vir sy rehabilitasie kan doen. As die insolvent nie aan hierdie vereistes voldoen nie, word hy na tien jaar outomaties gerehabiliteer.

Sekwestrasie skep weliswaar ‘n geleentheid om weer oor te begin, maar dis ‘n proses waarin die insolvent gewoonlik van ‘n baie hoë na ‘n baie lae lewenstyl moet aanpas, waar sy finansiële besluitneming van volkome bevoegdheid tot beperkte magte gaan verminder en waar sy emosies van absoluut stresvol na gerusstelling en dan afhanklikheid van ‘n kurator gaan wipplank ry. Indien ‘n boer heeltemal seker is dat hy nie sy skuld sal kan betaal nie, is sekwestrasie ‘n uitweg. ndien hy egter oortuig is dat die

probleme van ‘n tydelike aard is en dat hy dit binne ‘n redelike kort periode te bowe sal kan kom, is dit altyd beter om nie te sekwestreer nie.

Erkenning: Danie Potgieter Prokureurshttp://daniepotgieterprokureurs.co.za/di-enste/vrywillige-sekwestrasie/

017

Page 20: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Aan watter regsaspekte moet die werk-gewer aandag gee?Aan watter regsaspekte moet die werkgewer aandag gee?

Aan watter regsaspekte moet die werkgewer aan-dag gee?

Wanneer die werkgewer werknemers in diens neem, is daar ’n paar formaliteite waarvan hy homself moet vergewis, sê Johan Strydom van die Gefedereerde Werkgewersorga nisasie van Suid-Afrika (Federate Employers Organisation of South Africa, oftewel Feosa). “Stel in die eerste plek vas of die persoon ’n geldige Suid-Afrikaanse ID-dokument het, of andersins ’n geldige werk-spermit. As ’n persoon eers in jou diens is, rus die onus op jou as werkgewer om toe te sien dat hy/sy ’n ID-dokument kry, en in die meeste gevalle is dit ’n uitgerekte en tydrowende proses.“Maak ook seker dat die werknemer ’n dienskontrak teken voordat hy begin werk. Dit kan ’n langtermynkontrak wees of ’n kontrak vir ’n spesifieke tydperk (fixed term contract) soos drie of ses maande. Laasgenoemde sal van toepas sing wees op seisoenwerkers of togwerkers. Let daarop dat die wyse van betaling (word byvoorbeeld elke dag be-taal) geen invloed op die werknemerstatus het nie. Wan-neer ’n persoon meer as 24 uur per maand in jou diens is, word daardie persoon as ’n werknemer gereken en is al die wette wat op ’n permanente werker van toepassing is, ook op die ‘deeltydse’ werker van toepassing. Die be- rekening van verlof en siekteverlof word net deur middel van ’n ander formule gedoen. Die vastetermynkontrak moet ’n begin- en einddatum hê en dit moet gekoppel wees aan ’n spesifieke projek.”Waak daarteen om werkers as onafhanklike kontrakteurs aan te stel. “’n Voorbeeld hiervan is waar ’n persoon met ’n span werkers sou kom om te help met die uithaal van aar-tappels. Jy as werkgewer onderhandel met die spanleier; jy betaal hom en hy betaal weer op sy beurt die spanlede. Onafhanklike kontrakteurs word onderwerp aan ’n toets wat genoem word die ‘dominante indruktoets’ wat uit 17 punte bestaan. Indien hy nie aan al 17 punte voldoen nie, kan die spanleier en sy mense nie as onafhanklike kontrak-teurs gereken word nie. “Werkgewers moet verkieslik wegbly van dienskontrakte wat lank en baie regstegnies van aard is. Die vraag is al baie by die CCMA gevra hoe ’n ongeletterde werknemer so ’n ingewikkelde kontrak moet verstaan. “Werknemers moet ook maar probeer wegbly van ’n stan-daard kontrak waar slegs die ontbrekende inligting ingevul

Baie boerdery-ondernemings sit soms met die hande in die hare omdat hulle nie op hoogte is van watter regte hulle as werkgewers het wanneer werknemers nie hul kant van die werksooreenkoms nakom nie. Hannelie Cronjé gesels met Johan Strydom van Feosa in die eerste van ’n reeks artikels wat inligting oor arbeidsreg aan boere sal verskaf.

moet word. Die beste opsie is om vooraf met die werk-gewer samesprekings te voer oor die spesifieke aard van sy besigheid of boerdery-aktiwiteite en dan die kontrak daar-volgens op te stel. “Werknemers moet van die eerste dag van indiensneming geregistreer word vir werkloosheidsversekering indien hulle meer as 24 uur per maand werk. Dit is ook baie belangrik om van dag een af boek te hou met betrekking tot die werknemers se ure wat gewerk word. Dit kan gedoen word by wyse van ’n klokstelsel of aan die einde van tydstate.

* In die volgende uitgawe van Die Pad Saam sal daar meer in detail ingegaan word op die inhoud van die verskillende dienskontrakte – veral vir plaaswerkers waar daar ook ge-fokus moet word op die verblyfregsaspekte.

018

Page 21: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Aan watter regsaspekte moet die werkgewer aan-dag gee?

Skut diere op verantwoordelike wyse en volg dié prosedures om verdere skade te vermy

deur Hannelie Cronjè

Nadat ek amper my motor afgeskryf het, en ook gehoor het dat een van die inwoners van Reitz byna R10 000 skade aan sy tuin en heining gely het weens vreemde diere wat besluit het om in sy tuin te kom wei, het ek om raad gaan aanklop by Johann Stadler van die Rooivleis Produsente Organ-isasie (RPO). Volgens Johann is daar drie skutor-dinansies en -wette in die Vrystaat, naamlik Skutordinansie nr. 18 van 1952, Bophuthatswana Skutwet nr. 7 van 1974 en Qwaqwa Skutwet nr. 4 van 1974. Skutordinansie nr. 18 van 1952 word algemeen in die Vrystaat ge-bruik. ’n Grondwetlike hof in ’n Natal-hofsaak het verskeie van die aspekte in die ordinansie egter weerspreek. Die uitspraak het meer te doen met die Natalse skutwet. Die Skutordinan-sie van die Vrystaat word steeds ge-bruik met inagneming van wat die hof uitspraak was, tot tyd en wyl die nuwe Skutwet in werking tree.Wat sê die ordinansie dan in kort?• Diere wat geskut word, moet na die naaste skut geneem word, soos wat die beste pad toelaat sonder om draaie te ry.• Diere wat skade gedurende die nag aanrig, mag nie voor sonopkoms geskut word nie. • Geen persoon mag diere vir langer as 24 uur op sy plaas in veilige be- waring in krale of klein kampies hou nie.• Diere mag wel vir 14 dae bewaar word indien hulle in weidingskampe loop.

• Diere wat aangehou word, moet kos en water gegee word .• Slegs die eerste 30 km van vervoer- koste na ’n skut mag van die vee- eienaar deur die skutmeester ver- haal word. (Siviel kan daar egter by die hof van kleineise probeer word om die res van die kostes te verhaal.)• Skade wat aangerig is, moet deur twee onafhanklike persone getak- seer word en aan die skutmeester oorhandig word tydens aflaai van diere.Die huidige praktyk is soos volg: Indien diere op eiendom oortree en skade aanrig waar die identiteit van die eienaar nie bekend is nie, moet daar sover moontlik gepoog word om die eienaar op te spoor. Laat weet die SAPD (skryf naam van persoon met wie gepraat word en die voorvalle- boeknommer [VB-nommer] neer) asook die Veediefstaleenheid van die diere, en gee beskrywing van die diere. Laat weet die naaste skut-meester van die diere en bespreek die skut van die diere. Indien die diere se eienaar nie opgespoor kan word nie, neem die diere na die skut en oorhan-dig die nodige eise van vervoer en skade (soos getakseer) aan die skut-meester. Hou rekord van alles wat ge-doen word en ook wanneer.Wanneer die eienaar van die diere opgespoor word, bespreek die skade aangerig en gee bewyse daarvan asook die bedrag van skade (Waar met die eienaar self gepraat word, kan die skade self bereken word en met die eienaar bespreek word. Dit

is dus in dié stadium nog nie nodig vir onafhanlike taksiteurs nie.) en sê dat die diere geskut gaan word indien skade nie vergoed gaan word nie. Probeer so ver moontlik met die eienaar ’n ooreenkoms aangaan om skadevergoeding te kry. Indien nie ooreengekom kan word nie, kry tak- siteurs en skut die vee. Indien die eie- naar van die begin af bekend is, volg die pad hierbo. Moet nooit diere skut omdat jy en die eienaar nie goeie vriende is en die diere uit wraak skut nie. Probeer altyd die pad van bilikheid loop.Buitelandse vee mag nie deur die grondeienaar geskut word nie. Kontak die Staatsveearts wat sal besluit oor die diere. Dit is buite die beheer van die grondeienaar. (Wet op Dieresiektes, artikel 12)Die volgende skutte bestaan nog in die Vrystaat:• Ladybrand (aktief, net baie duur)• Ficksburg (net as Ladybrand nie diere kan inneem nie)• Fouriesburg (net as Ladybrand nie diere kan inneem nie)• Winburg (slegs as hulle voer het)• Harrismith (aktief)• Bethlehem (aktief)• Phuthadithaba (aktief)Die skut van diere is ’n nagmerrie. Daar word gehoop die nuwe skutwet kan so gou moontlik gefinaliseer word, sodat meer skutte opgerig kan word. Die oprigting van skutte is tans die ver-antwoordelikheid van die plaaslike re-gering.

019

Page 22: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Dan Kriek is pas as voorsitter van Vrystaat Landbou aangewys. Hannelie Cronjé het met hom gesels oor sy werk, maar ook oor die mens ágter die postitel.

As nuwe besem by Vrystaat Land-bou, wat is jou visie vir hierdie organisasie vir die volgende vyf jaar?

Die visie van Vrystaat Landbou as or-ganisasie is groter as enige persoon en was nog altyd om ‘n dinamiese, mo-derne en rigtinggewende organisasie vir landbou in die Vrystaat te wees. Vrystaat Landbou beywer hom vir die bevordering van ‘n veilige en volhou-bare omgewing in belang van land-bou. Ek neem oor by Louw Steytler, wat as president oor baie jare die or-ganisasie met uitnemendheid gedien en grootliks hierdie visie tot volvoer- ing gebring het. Ek sal graag hierop wil voortbou en my daarop toespits om ‘n vertrouensverhouding, gegrond op wedersydse respek en konstruktiewe dialoog, tussen alle relevante rolspe- lers te bou. Ek sal graag wil sien dat ons vorder met funksionele- en strukturele eenheid in georganiseerde landbou. Transformasie in landbou sal bevorder moet word, met dien verstande dat ons nie volhoubare, winsgewende landbouproduksie en voedselsekuri- teit in Suid-Afrika agterweë laat nie. Hierdie ideale kan en moet binne die bestek van die letter en die gees van die Grondwet bereik word.

Wat is die probleme wat Vry- staatse boere tans in die gesig staar?

Die probleme wat produsente in die gesig staar is velerlei, maar seker die belangrikste faktor is dat die wins-gewendheid van landbouproduksieonder intense druk gebuk gaan. Vol-houbare winsgewende produksie moet verder in een van die mees vrye

landboumarkte ter wêreld behaal word, terwyl ons deeglik daarvan be-wus is dat ons plaaslik met ‘n disfunk-sionele samelewing op vele vlakke te make het. Onbestendigheid en on-sekerheid, ook politieke onsekerheid, veroorsaak dat die Vrystaatse land-bouprodusente van die beste in die wêreld moet wees om te oorleef en dit is hulle inderdaad. Wat is die oplossing(s) daarvoor?

Daar is nie klinkklare oplossings en ‘n “quick fix” vir probleme wat so omvang- ryk en kompleks van aard is nie. Om hierdie rede is die insette van en deel-name aan die georganiseerde land-bou-familie (Vrystaat Landbou, Be-dryfsorganisasies en VKB as lid van die Landboubesigheidskamer) van ons-katbare waarde om derhalwe die “be-magtigende omgewing” te help skep waaronder landbou sal floreer. Hierdie insette is ekonomies, wetenskaplik en grondwetlik gefundeerd en word op allerlei vlakke ingedra ten einde re-geringsbeleid positief tot voordeel van die landbou en landelike ontwikkeling te beïnvloed. Die belangrikheid van die landbou in die ekonomie, sowel as die potensiaal om nasionale ontwik-kelingsdoelwitte soos werkskepping en voedselsekuriteit te verwesenlik, word nog nie na behore besef nie. Hiervoor het ons ‘n vertrouensverhouding met die regering en ander rolspelers no-dig ten einde hulle van ons eerlike en opregte intensies in hierdie verband te oortuig. Die uitdagings wat ons in die landbou en as ‘n land in die gesig staar, is te groot vir ‘n enkele organi-sasie om aan te pak. Derhalwe het ons sterk vennootskappe tussen die privaatsektor en die regering nodig.

Wat gaan Vrystaat Landbou doen ten opsigte van die behoorlike opleiding en ontwikkeling van nuwe boere in die streek?

Vrystaat Landbou ondersteun die opleidings- en ontwikkelingsinisiatiewe wat deur bedryfsorganisasies soos Graan SA, MPO, RPO, NWKV en an-dere, asook deur VKB hanteer word. Die suksesvolle vestiging van nuwe produsente sal slegs deur instansies soos hierdie, wat oor die nodige kun-digheid beskik en derhalwe ‘n holis- tiese benadering volg, verwesenlik kan word. Ter ondersteuning hiervan het ons ‘n sterk vennootskap met

die regering en betrokke departe-mente nodig. Produsente is natuurlik op vele vlakke self by mentorskappe van nuwe produsente betrokke. Die opleiding van plaaswerkers word ook sterk aangemoedig. Watter raad het jy vir jongmense wat dit oorweeg om in hul pa se voetspore te volg en ook te boer, of jongmense wat besluit om boere te word?

Ek voorsien ‘n positiewe toekoms vir die landbou in Suid-Afrika en sal daar-om jong mense aanmoedig om by die landbou betrokke te raak. Die land-bou is egter ‘n uitdagende beroep en ek sal aanbeveel dat jongmense hulself deeglik toerus deur onder meer te studeer en werksondervinding op te doen. Die landbou as een van die belangrikste sektore in die eko-nomie gaan landbouwetenskaplikes, -ekonome en -tegnici deur die volle waardeketting benodig ten einde die landbousektor tot sy volle poten-siaal te ontwikkel. Suid-Afrika het ‘n mededingende landbousektor nodig ten einde ekonomiese doelwitte te behaal. Die landbou is die bedryf om in te wees vir die toekoms.

Jy is ook direkteur van VKB. Hoe lank is jy al by VKB?

Ek is sedert 2010 direkteur by VKB.

Wat behels jou pos alles?Ek is direksielid, voorsitter van die So-siale- en Etiek-komitee en lid van die SEB-komitee.

Watter vorige werksondervin- ding het jy opgedoen – waar het jy voorheen gewerk?

Ek boer sedert 1991 met South Devon-beeste, skape, mielies, besproeiing en meer onlangs sojabone in die Tweeling-omgewing.

Hoe het dit gebeur dat jy by VKB betrokke geraak het?

Ek is tot die direksie verkies vir Wyk 6 wat Frankfort en Tweeling insluit.

Hoekom geniet jy jou werk?

Ek geniet my werk omdat ‘n mens geleenthede gegun word om op

Kobus Breytenbach (nuwe Vise-President Vrystaat Landbou), Louw Steytler (uittredende President) en Dan Kriek (nuwe President Vry- staat Landbou) Foto:Johan Norval (Landbouweekblad)

020

Page 23: Wat is jou VKB-aandeel werd?

beskeie wyse ‘n verskil te probeer maak aan die landbousektor waarin ons werk, sowel as die samelewing wat ons graag wil wees. Betrokken-heid in die georganiseerde landbou-familie bring ‘n mens in kontak met uiters bekwame mense wat jy nooit andersins sou ontmoet nie. Ek ervaar my betrokkenheid by VKB as ‘n steil leerkurwe. Jy word weer ‘n student van vakrigtings waarin jy nie noodwendig genoegsaam onderleg is nie. Jy word omring deur kundige en bekwame mense en mede-direksielede van wie jy kan leer en waardevolle ervaring kan opdoen. Ek kan met eerlikheid sê dat ek nog nie een onbevredigende dag by VKB beleef het nie. Die visie en leierskap wat openbaar word, is van hoogstaande gehalte en almal werk as ‘n span saam om doelwitte te bereik. Ek voel bevoorreg om deel van VKB op hierdie vlak te kan wees.

Watter deel van jou werk hou jy nié van nie?

Die voorbereiding vir vergaderings in die aande en oor naweke neem baie tyd in beslag. Voorbereiding vir verga-derings neem selfs meer tyd in beslag as die vergaderings self. Vergaderings neem mens ook vele dae weg van die huis en boerdery.

Watter ander werk sou jy graag wou doen, indien enige?

Om te kan boer bly ‘n voorreg, maar as ek iets anders moes kies, dink ek ‘n vegvliegtuigvlieënier sou lekker ge-wees het.

Waar het jy grootgeword, skool-gegaan en gestudeer?

Ek het in Pretoria grootgeword en aan die Hoërskool Menlopark (1987) ge-matrikuleer. Ek het B.Sc. Landbou aan Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) gaan studeer en daarna kom boer. Ek het daarna deeltyds verder studeer en ‘n M.Sc. in Veekunde (Dierevoed-ing) behaal.

Vertel ons bietjie van jou gesin?

Ek is getroud met Hannelie en het tweelingseuns, Dan en Johan, wat ons baie besig hou. Hulle is nou twee jaar oud.

Waar hou julle as gesin vakansie?

Die afgelope paar jaar in Blouberg-strand.

Wat beskou jy as die ideale vakan-sie?

Waar ek net kan rus en geen selfoon-opvangs het nie. Kruger-wildtuin.

Watter stokperdjie(s) beoefen jy? Ek stoet met South Devon-beeste, en dan teel en jag ek ook met Boer Wind-honde.

Watter rugbyspan(ne) ondersteun jy?

Cheetahs en die Springbokke.

Wat is jou mooiste herinnering van tyd saam met jou gesin – as vol-wassene of as kind?

Om te sien hoe my kinders groot word en elke dag iets nuuts sê of doen.

Watter tipe flieks/boeke geniet jy die meeste?

Flieks: Wye verskeidenheid. Ek geniet veral die ou Afrikaanse films.Boeke: Oor Suid-Afrika se politieke geskiedenis en die natuur of natuur-fotografie.

gunstelinge:

Kos: “Spare Ribs” by SpurSport: Rugby, krieket, atletiek, sokker, rodeo (om te kyk), en roei (kajak) om te beoefenBoek: Boetman deur Chris Louw en Die lang generaal deur Alan D ElsdonFilm: Pulp Fiction, Scent of a woman en HerfslandSanger/sangeres:Josh Groban en Shania TwainSaterdag-tydverdryf. Kyk sport of roei op die Liebenbergsvleirivier

Hann

elie

, Joh

an, D

an e

n K

lein

Dan

021

Page 24: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Ontkenning: Hierdie kommunikasie is net vir inligtingsdoeleindes opgestel. Daar word sterk aanbeveel dat toepaslike professionele advies ingewin word voordat daar gereageer word op enige inligting wat hierin vervat is. Hoewel alle sorg met die opstel van hierdie kommunikasie aan die dag gelê is, word geen voorstelling, waarborg ofonderneming, uitdruklik of stilswyend, rakende die akkuraatheid of volledigheid van die inligting of voorstellings gegee nie. Alle inligting wat hierin vervat is, kan op enige tydstip ná publikasie sonder kennisgewing verander. Prestasie in die verlede van enige beleggingsproduk is nie ’n aanduiding van toekomstige prestasie nie.

Nedbank Beperk Reg No 1951/000009/06, BTW-reg No 4320116074, Rivoniaweg 135, Sandown, Sandton, 2196, Suid-Afrika. Ons onderskryf die Bankpraktykkode van Die Bankvereniging Suid-Afrika en, in die geval van onbeslegte geskille, steun ons beslegting deur die Ombudsman vir Bankdienste. Ons is ’n gemagtigde finansiëlediensverskaffer. Ons is ’n geregistreerde kredietverskaffer ingevolge die Nasionale Kredietwet (NKR Reg No NCRCP16).

Aangesien landbou net meer as R10 biljoen tot

Suid-Afrika se bbp bydra en bykans 10% van die land

se arbeidsmag in diens het, is dit duidelik waarom

Nedbank Besigheidsbanksake hierdie sektor ernstig

opneem.

‘By Nedbank Besigheidsbanksake glo ons dat landboubesighede ’n

finansiële vennoot nodig het wat nie net hulle omstandighede en

aspirasies verstaan nie, maar ook aan hulle tersaaklike oplossings en ’n

moeitevrye bankervaring kan verskaf sodat hulle kan fokus op dit wat

vir hulle die belangrikste is – die bestuur van hulle landboubesigheid,’

sê Herman Groenewald, Nedbank Besigheidbanksake se

Gebiedsbestuurder in die Noord-Vrystaat.

Die kern van die bank se dienste, produkte en oplossings is ’n

verhoudingsgebaseerde model met ’n toegewyde

landboubesigheidsbestuurder vir elke besigheid as die

sleuteltoegangspunt tot die bank. Elke besigheidsbestuurder is deel van

’n span – wat ’n kredietbestuurder, kredietontleder en diensbestuurder

insluit – wat as gevolg van hulle fokus op die landbousektor oor

gespesialiseerde landboukennis beskik.

‘Wanneer jy met ons sake doen, praat jy met mense wat die gebied en

die landboubedryf ken, die nuanses daarvan verstaan, en ’n ware

belang in die sukses van elke individuele besigheid het. Die

gespesialiseerde aard van die landbouspan beteken dat ons die siklusse

wat boere moet deurleef, kan verstaan. Of dit moeilike

klimaatstoestande of ’n swaai in kommoditeitspryse is, ons verstaan

dat landbou ’n sikliese besigheid is en wil graag ons kliënte deur hierdie

tye ondersteun. En, om selfs ’n beter begrip van ons kliënte se

Nedbank Besigheidsbanksake: Maak dit makliker om landboubesigheid te doen

Van links na regsJurie van Loggerenberg Kredietbestuurder: LandbouGerard de Villiers Landboubesigheidsbestuurder: Noord- en Oos-Vrystaat Herman Groenewald Gebiedsbestuurder: Noord-VrystaatKoot Klopper Streekslandboubestuurder: Noord-Kaap en Vrystaat

behoeftes te kry, besoek ons kredietbestuurders kliënte se plase en

landboubesighede om ’n duideliker insig te kry in dit wat op grondvlak

aangaan,’ verduidelik Groenewald.

Aangesien besluite op die grondvlak in die streekskantore in

Bloemfontein geneem word, kan Nedbank vinnige, ingeligte besluite vir

hulle kliënte neem. Om te verseker dat ons oplossings op jou besigheid

van toepassing is, het ons kliëntediensspanne direkte toegang tot

Nedbank se betroubare wêreldklas bankkundigheid en finansierings- en

uitleenoplossings, wat hulle in staat stel om gestruktureerde produkte

vir landbou te bied, soos produksiefinansiering of termyntransaksies

wat gestruktureer is om vir seisoenaliteit voorsiening te maak.

In ons strewe om ons kliënte se lewens selfs makliker te maak, het

Nedbank onlangs Nedbank@Work bekend gestel – ’n unieke diens aan

werknemers van maatskappye wat by Nedbank bank. ‘Die diens

fasiliteer gerieflike banksake by die werkplek deur bankiers of

konsultante op die perseel, in die tak of deur ons kontaksentrum en

internetkanale. Nedbank@Work bied ook gratis niefinansiële

ondersteuning aan jou en jou werknemers, wat finansiële

fiksheidsopleiding aan werknemers op alle vlakke deur doelgemaakte

opvoedingsprogramme insluit,’ sluit Groenewald af.

Vir meer inligting oor ons gespesialiseerde landboubesigheidsdienste,

-produkte en -oplossings skakel Herman Groenewald by

057 916 4500 of stuur aan ons ’n e-pos by [email protected].

SPON

GE 4717

4717ned_Die Pad Saam Advertorial Sept2012_4535ned_Die Pad Staam Advertorial 2012/09/05 1:41 PM Page 1

Page 25: Wat is jou VKB-aandeel werd?

ONKRUIDBEHEER – ‘n Kritiese Bestuursfaktor By Somergewasse

Die afgelope somerseisoen was ge- kenmerk deur toestande van uiterstes. Laat geplant, swak aanvanklike onkruidbeheer, geen of baie min reen na

helfte van Februarie en ook onverwagte vroee ryp. Onkruide kompeteer met gewasse vir water, voedingstowwe en lig en sal gewasopbrengs beslis negatief bëinvloed. En dan is daar nog die onge- wenste sade in grane met strooptyd wat ‘n boer en die köoperasie tot raserny dryf! So is daar die afgelope seisoen ongeveer 30% van die sojaboon-oes gesif om ongewenste on- kruidsade soos olieboom te verwyder. Dit het ook ‘n koste implikasie vir die boer!Nuwe kultivartegnologie kan vergelyk word met ‘n Datsun 1400-petrolbakkie teenoor ‘n moderne Toyota-diesel bakkie. Daar is ‘n groot verskil! Nuwe

kultivartegnologie vereis topbestuur om die hoer opbrengspotensiaal daarvan te laat realiseer. Onkruidbeheer is juis een van die kritiese bestuursinsette wat reg gedoen moet word. Ons kan onkruidbeheer, insektebeheer en siektebeheer as deel van gewasbeskerming beskou waarvan veral aanvanklike onkruidbeheer uiters krities is.

BELANgRiKHEiD VAN VOORKOMENDE ONKRUiDBEHEER

Wat is die impak van onkruidkompetisie? Dit kan teenoor insekte en siektes as volg gekwantifiseer word:• Onkruidkompetisie - 34% - grootste verlies• Insekte - 18%• Siektes - 16%Omdat onkruidkompetisie visueel nie so ‘n impak maak soos bv. ‘n siekte of insek nie, is sommige produsente geneig om onkruidbeheer somtyds tot later uit te stel met katastrofiese opbrengsverliese.

(Verwys na Figuur 1)Hierdie grafiek toon duidelik dat on-kruidbeheer teenoor bemesting ‘n belangrike opbrengsrealiseerder

Vooropkomsonkruidbeheer verseker dat mielies en ook ander somergewasse hulle opbrengspotensiaal kan bereik! die eerste drie tot vyf weke na-opkoms is dus krities en daar moenie onkruidkompetisie wees nie! gebruik geregistreerde residuele vooropkoms onkruiddoder wat gewasse ‘n voorsprong op onkruide gee.

LOUiS PiETERSE - NOVON PROTECTA - 0825785614

Figuur 1 Figuur 2

023

is. Altwee saam speel egter ‘n baie groot rol in bereiking van opbrengspotensiaal.Die belangrikste onkruide op somergewasse wat ‘n groot effek op opbrengs het is die volgende: kruisvingergras, kankerroos, kakiebos en Olieboom. Dit is ook ongewensde sade in grane en moet uitgesif word.

(Vewys na Figuur 2)Raanverliese kan nie bekostig word nie! So bv kan drie kankerroosplante per mielie ‘n opbrengsverlies van tot 49% per plant veroorsaak en drie oliebome sowat 17% graanverlies per plant. Met hoe insetkostes moet gewasse beskerm word teen onkruidkompetisie om maksimum opbrengste te bereik.

(Verwys na Figuur 3)Hierdie grafiek toon dat onkruide sowat dire keer meer stikstof as mielies onttrek. ‘n Goeie vooropkomsprogram is dus ononderhandelbaar! On- kruide moet vanaf dag 1 beheer word.

(Verwys na Figuur 4)Indien onkruide toegelaat word om nog groter te word, of met swak aanvanklike beheer, word meer as 30 kg N per ha onttrek. In terme van KAN is dit sowat 107 kg/ha of R400/ha!

Figuur 3

Figuur 4

Page 26: Wat is jou VKB-aandeel werd?

(Verwys na Figuur 5)Die grafiek toon duidelik dat vooropkoms-onkruidbeheer belangrik is, na 15 dae kan ‘n opbrengsverlies van 43% realiseer. Onkruide kan nie eers toegelaat word om te ontkiem en dan eers beheer word nie. Veral op ‘n gewas soos sojabone is vooropkomsbeheer net so belangrik.

VOORKOMENDE ONKRUiDBEHEER OOK NOODSAAKLiK iN gLiFOSAAT-VERDRAAgSAME gEWASSE!

• Selfs in glifosaat-weerstandbiedende gewasse - RR is dit uiters noodsaaklik om met ‘n goeie voorkomende residuele onkruidbeheerprogram te begin wanneer die plant se volle potensiaal nagejaag word.

•‘n Vooropkoms onkruiddoder program in RR-sojabone en mielies beskerm die gewasse teen vroeé onkruidkompetisie en kan opbrengs maksimeer.

So kan ‘n land lyk met goeie vooropkoms-onkruidbeheer! Die beginsels is ook van toepassing op ‘n gewas soos aartappels.

BELANgRiKHEiD VAN VOORKOMENDE ONKRUiDBEHEER

• Hoe groter en vinniger ‘n plant se blare ontwikkel, hoe groter en vinniger ontwikkel sy wortelstelsel. Oor die algemeen ontwikkel rygewasse se blare stadiger as dié van onkruid.

• Indien onkruidbeheer dus nie tydig plaasvind nie, sal kompetisie vir water en voeding ekponensieël toe-neem

ten gunste van die onkruid a.g.v. ‘n beter wortelstelsel en ‘n groter blaredak.

• ‘n Goeie onkruiddoderprogram sal dus altyd ‘n veilige vooropkomsonkruiddoder insluit om die gewas ‘n gaping te gee om optimaal te ontkiem, sy oespotensiaal vas te lê en ongehinderd te ontwikkel.

• Sodoende kan die gewas se genetiese potensiaal van vroeg af beskerm word wat later in die seisoen tot volle uiting kan kom.

BiOLOgiE EN EKOLOgiE VAN SOMERgEWASONKRUiDE

Die belangrikste onkruide wat in somergewasse voorkom, kan biologies in verskillende groepe ingedeel word.Hierdie groepe verskil in hulle gevoeligheid teenoor onkruiddoders en vereis dus verskillende beheerprogramme afhangende van hulle biologie en ekologie. Onderstaande diagramme gee ‘n aanduiding van grasse en breëblare wanneer hulle ontkiem asook deur die seisoen. Dit is dan ook die rede hoekom sommige onkruide soos kankerroos en olieboom nie deur die hele seisoen met vooropkoms-onkruiddoders alleen beheer word nie.Die vlakontkiemers is gewoonlik kleinsadig en die diepontkiemers grootsadig met verskillende pieke deur die seisoen.

Hierdie onkruide verg aanvanklike goeie beheer en is na-opkomsbeheer gewoonlik nie nodig nie.

(Verwys na Figuur 6 op bladsy 25)Uit die grafiek kan duidelik gesien word dat veral kankerroos en kosmos deur die seisoen kan ontkiem en aangespreek moet word. Goeie grasdoders is ook noodsaaklik om veral soetgras en kruisvingergras te beheer. Na-opkomsbeheer kan dus belangrik wees.

(Verwys na Figuur 7 op bladsy 25)Onkruide soos olieboom en karkoer ontkiem deur die seisoen en vooropkomsbeheer alleen is nie voldoende nie. ‘n Goeie na-opkomsbeheerprogram is nodig!

Figuur 5

Onkruidpieke kan as volg voorgestel word:

024

Page 27: Wat is jou VKB-aandeel werd?

OM OP TE SOM KAN DiE VOLgENDE WEER BEKLEMTOON WORD:

• Die kritiese periode vir onkruidbeheer by mielies is vanaf opkoms tot die 8 blaar stadium van mielies. Kop- en pluiminisiasie vind alreeds tussen die 1-5 blaarstadium plaas.

• Goeie vooropkoms-onkruidbeheer is krities en dit verseker goeie beheer wanneer onkruide op die mees uniforme en vatbare stadium is.

025

Figuur 6 Figuur 7

• Goeie vooropkomsbeheer verseker dat lande nie gedurig gemonitor moet word om die korrekte na-op komstoediening te verseker nie.

• Vooropkomsonkruiddoders word met plant toegedien en vergemaklik bestuur.

• Ken jou onkruide! Daar is sekere onkruide soos kankerroos en olieboom wat eers na-opkoms suksesvol beheer word.

• Na-opkomsonkruiddoders moet

met vooropkoms middels aangevul word om onkruid-weerstand te voorkom.

• ‘n Program bestaande uit residuele vooropkoms-onkruiddoder, opgevolg met ‘n residuele na-opkoms onkruiddoder sal in die meeste gevalle die hoogste opbrengste lewer.

• Stel eerder onkruidkompetisie voortydig as korrektief reg.

Page 28: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Miskruiers en meer deur Delene Strydom

Anton van Amelsfoort het reeds baie navorsing oor mis-kruiers op sy plaas, Bunde, in die Naboomspruitdistrik ge-doen. Maar met die intrapslag op Bunde (Afrika-woord vir nagapie of “lesser bush baby”) kom jy gou agter dat dit hier oor veel meer as net miskruiers gaan. Vir Anton gaan dit oor natuur, oor LEWE!

AgtergrondAnton was vir 25 jaar werksaam by ʼn toonaangewende, internasionale dieregesondheidsmaatskappy as veter-inêre tegnoloog. Hy het baie navorsing gedoen oor in-wendige sowel as uitwendige parasiete en die beheer daarvan.In hierdie tydperk was daar geweldige vooruitgang in veral die bewaring van die omgewing rondom die ge-bruik van chemiese middels in die bedryf, maar die groot probleem was steeds die onoordeelkundige gebruik deur die eindverbruiker van hierdie skadelike chemiese mid-dels. Toe hy 12 jaar gelede sy plaas gekoop het, het hy vanuit die staanspoor “chemies-vriendelik” geboer en daarom kon verskeie navorsingspanne op sy plaas toetse kom doen.

WeerstandigheidDie groot probleem van weerstandigheid in bosluise is as gevolg van die gebruik van tuismengsels om beeste te dip. Anton raak skoon opgewerk daaroor, want hy sê gebruikers van tuisdipmengsels besef nie altyd die lang-termynskade wat hulle die omgewing, maar ook hul boerdery, aanrig nie. Hy toets nog gereeld bosluise teen weerstandigheid en vind dit kommerwekkend.Nog ʼn belangrike faktor is om by gebruiksaanwysings te hou. Meer beteken nie beter nie – inteendeel! Maat-skappye spandeer miljoene rande aan navorsing om die regte verhoudings uit te werk en as ʼn boer daarby hou, is dit tot voordeel van homself, die omgewing en die dier wat hy behandel.Daar is selfs boere wat steeds arseen gebruik in parasiet-beheer. Arseen breek nooit af nie en is dus nadelig vir die omgewing tot aan die einde van tyd. “Hou by geregi-streerde produkte van erkende maatskappye,” bena-druk Anton.

Op BundeAnton het ʼn volledig toegeruste laboratorium op sy plaas. Hy het dit wel al baie kleiner gemaak toe hy onlangs meeste van sy toerusting aan ʼn plaaslike veearts verkoop het, maar hy hou homself steeds besig met navorsing.In hierdie stadium is vlermuise sy belangstelling en hy kan

Anton van Amelsfoort met die spesies miskruiers

wat op sy plaas versamel is

By die hek na Bunde

026

Page 29: Wat is jou VKB-aandeel werd?

breedvoerig uitwei oor hierdie spesie en die vele wanop-vattings wat oor hulle bestaan.Sy vennoot op die plaas is Johan Stemmet van Noot vir Noot-faam. Johan kom span gereeld hier uit. Hulle bedryf ʼn gasteplaas uitsluitlik vir natuurliefhebbers. Daar is oornag-fasiliteite vir 24 persone en 14 karavaanstaanplekke. ʼn Kapel op die plaas, groot lapa en 20 kilometer paaie om te stap of fiets te ry, maak dit die ideale plek vir ʼn naweek-wegbreek of selfs ʼn troue of ander funksie. Anton laat nie toe dat mense met hul eie voertuie op die plaas ry nie omdat hy nie ongewenste grassade van ʼn an-der omgewing in die Bosveld wil hê nie. Gedurende die wintermaande word daar onder sy toesig gejag om die bokke se getalle te beheer. Bunde Lodge het reeds toestemming om te ontwikkel. Slegs ses kopers sal kan inkoop in die ontwikkeling en na-tuurlik moet dit natuurliefhebbers wees.

MiskruiersVolgens Anton is die grootste gevaar vir die miskruier, die mens. Daarom is dit so belangrik om die mens op te voed om bewus te wees van die delikate staat waarin ons mis-kruiers verkeer. Miskruiergetalle het in die jare sestig en sewentig geweldig afgeneem, maar is weer besig om te stabiliseer, hoofsaaklik as gevolg van bewusmakingsveld-togte en die algemene verbetering van landboumetodes.Ratels en ander diere eet wel die miskruiers. Dit is juis die ratels wat die miskruiers se bolle uitgrawe sodat dit gebruik kan word vir navorsing. Hierdie is egter ʼn natuurlike situasie.Daar bestaan tussen 650 en 700 spesies miskruiers in Suid-Afrika. Op Anton se plaas is meer as 70 spesies reeds ge-ïdentifiseer. Elkeen is uniek wat betref aspekte soos voed-ing, dag- of naglewend, vlieg of nie vlieg nie, ensovoorts.Die bal wat die miskruiers so rondstoot, word gevorm uit mis en soos dit gerol word, kleef ander goed aan die bal. Die bal is of ʼn “voedbal” of ʼn “broedbal”, wat beteken die lar-wes word daardeur gevoed of slegs uitgebroei.In die meeste gevalle maak die mannetjie die bal en ook eers ná die eerste reën van die seisoen. Nadat die wyfie haar eiers daarin lê, word die bal tussen 20 cm en 50 cm diep begrawe. Elke bal lewer net een miskruier op.

Voordeel vir die boer“Wanneer die bal gerol word, sit allerhande grassade aan die klam mis vas. Die miskruier begrawe die bal dan en op hierdie manier plant hy gras vir die boer. Dus werk hy vir die boer, en dit sonder betaling!” vertel Anton. Hy verduidelik voorts dat die miskruier vlieë beheer. “Om-dat vlieë hul eiers in die mis begrawe, neem vlieg-getalle af as die mis ‘verwerk’ word. Australië het in die sestigerjare ʼn groot probleem gehad toe inheemse miskruiers nié die mis van ingevoerde beesrasse kon verwerk nie. Miskruiers is toe uit Suid-Afrika ingevoer, met baie positiewe resultate.”

Waarheen rol die miskruier?Van die interessantste navorsingswerk wat al op Bunde ge-doen is, was dié deur die Universiteit van Lund in Swede.Miskruiers is op ʼn hoop mis in die middel van ʼn oop terrein neergesit. Elkeen is vooraf genommer en rigtingaanwys-ers is rondom die miskoek geplaas. Elke miskruier het in ʼn bepaalde rigting begin rol. Nadat hulle ʼn ent gevorder het, is hulle weer in die middel neergesit. Elke miskruier het weer in dieselfde rigting as die vorige keer begin rol.Daaruit kon die afleiding gemaak word dat ʼn miskruier oor

ʼn ingeboude rigtingwyser beskik en as’t ware “geprogram-meer” is om sy balletjie in ʼn spesifieke rigting te rol. Daar is ook bepaal dat dit volgens die son en saans volgens die maan gedoen word.Hierdie is maar net enkele van die interessante navorsing waarby Anton betrokke was.

Bewaar die miskruierAnton sê jy koop ʼn bees maar jy kry die parasiete gratis. “Hoe jy hierdie parasiete gaan beheer is ongelooflik be-langrik,” sê hy. Hier is enkele wenke wat tot voordeel van die bees, jou sak en uiteindelik die miskruier is:• Vermy tuismengsels. Dit hou gevare vir die omgewing in en bou weerstandigheid in parasiete op. Dit word deur die miskruier opgetel in die mis van diere en is dus ge- vaarlik vir sy voortbestaan.• Hou by gebruiksaanwysings; boonop bespaar jy so- doende geld.• Hanteer chemiese produkte met groot omsigtigheid – veral die storting daarvan.• Werk saam met die natuur en nie téén die natuur nie.• Wees bewus van die omgewing.• Dip en doseer volgens ʼn program en nie te veel nie.• Wees versigtig om nie met ‘n voertuig oor miskruiers of hul bal te ry nie.• Respekteer lewe.

Ten slotteAnton van Amelsfoort is ʼn selferkende “natuur-freak”. Op Bunde maak jy seker jy ry nie per ongeluk oor ʼn miskruier nie. Hier trap jy liggies om nie grassade te versteur nie. As jy op Bunde is, respekteer jy die natuur. Hier is die miskruier net so belangrik soos die koedoe.

Natuur eerste

Van die miskruier se balle en ʼn mikroskoop027

Page 30: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Beskerm ooie en lammers hierdie somer teen inwendige parasiete Ronnie Dawson

Skade wat kan voorkom:• Laer melkproduksie – lei tot laer speenmassa• Vertraagde uitgroei van vervanging sooie – paar later• Laer vrugbaarheid by ooie en ramme – laer konsepsie en lamper- sentasie• Swakker benutting van beskikbare voeding – vermorsing• Verswakking in kondisie – swakker groei, moederseienskappe, repro- duksie en wolproduksie• Vrektes• Minder wins vanuit die skaapboer- dery

Soms kan die skade ooglopend gesien word, maar meeste van die tyd ly die boer skade sonder dat hy daarvan be-wus is en kom hy dit te laat eers agter. ‘n Goeie strategiese doseerprogram moet in plek gestel word vir die so-mermaande. Dit sal verseker dat die kringloop van ‘n hoë parasiet-uitdaging binne die skaap, met ge-paardgaande stygende besoedeling van die weiding met parasieteiers in die somer beheer word. Die program wat in werking gestel word, moet die skape beskerm om die bes moont-like produksie te verseker. Een haar-wurmwyfie (een van die vernaamste somerparasiete) lê tussen 5 000 en 10 000 eiers per dag. As daar slegs 10 000 haarwurms binne die hele kudde op een stadium sou wees, word die wei-ding potensieel met 50 tot 100 miljoen eiers per dag besmet!

OoieDie volgende strategie kan gebruik word om ooie tydens die somer-maande te beskerm:• Novembermaand: doseer ooie met ’n middel wat lang nawerking (vyf weke) bied teen haarwurm en wat ook neuswurm beheer• Omtrent agt weke later: doseer die ooie weer met ’n middel met lang nawerking (vyf weke) teen haar- wurm, en wat ook neuswurm beheer

Rede vir die strategie: dit sal verseker dat die skape beskerm word teen die vernaamste somerparasiete (haar-wurm en neuswurm), wanneer die uit-daging gewoonlik drasties toeneem. Die strategie sal ook die weidings skoner hou (minder volwasse para-siete wat eiers lê) en dus sal die uitda-ging later in die somer laer wees. Ooie wat min parasiete het, presteer beter en verseker dat die boer meer wins maak.

Droë tye:Daar bestaan ’n wanopvatting dat dit nie nodig is om skape in droër tye te ontwurm nie. In droë tye is die voedingswaarde van die weidings gewoonlik laag. Aangesien die skape onder druk is om in hul voedings-behoeftes te voorsien, verkeer hulle onder geweldige stres. Met stres word die skaap se immuniteit teen parasiete

verlaag en meer parasieteiers word dan uitgeskei. Dit lei daartoe dat die latere uitdaging, wanneer toestande weer gunstig raak, drasties verhoog. Sommige parasiete verswak ook die eetlus van die skape wat saam met die swak voedingsgehalte van die kos, ’n verdere negatiewe invloed op die skape het.Onafhanklike proewe is op skape tydens ’n droogte gedoen. Die groep wat behandel is, het agt weke ná behandeling 2,5% swaarder geweeg, terwyl die onbehandelde groep onder dieselfde omstandighede 3,2% ligter geweeg het! Dus is dit belangrik om selfs in tye van droogte, goeie doseerpraktyke toe te pas.

intensiewe stelsels en baie nat jare:In dié tipe omstandighede is dit van kardinale belang dat die boer meer aandag gee aan effektiewe para-

Toestande in die somermaande is ideaal vir die ontwikkeling en drastiese toename in die getalle van inwen-dige parasiete. Gevolglik sal skape oor ’n groot deel van Suid-Afrika ’n hoër uitdaging van parasiete onder-vind. Skaapboere lei elke jaar groot skade as gevolg van die hoër uitdaging van parasiete.

Skaapneuswurm

028

Page 31: Wat is jou VKB-aandeel werd?

sietbeheer. Die gereelde neem van mismonsters is ’n goeie hulpmiddel om vas te stel wat met die wurmpopulasie aangaan. Dit kan help om te bepaal wanneer die boer moet doseer. Wees net daarop bedag dat met ’n swaar besmetting van haarwurm, skape al kan vrek voordat die eiertellings ’n swaar besmetting aandui. Dit is weens die effek van die onvolwasse haar-wurm, voordat eiers gelê word.Die gebruik van ’n produk met die aktiewe bestanddeel Levamisool as ’n dosering tussen die langwerkende produkte in die somermaande, is ’n goeie praktyk in dié omstandighede. (Afwisseling van aktiewe en kontak-middel teenoor sistemiese middel).

LammersOptimale groei by lammers is van kar-dinale belang. Lammers wat goed groei, beteken:• Swaarder speenlammers = meer geld!• Jong ooitjies bereik vroeër kritiese paarmassa• Ontwikkel vinniger immuniteitVan alle produksiestadia by skape het inwendige parasiete die grootste invloed op die groei van lammers. Die vraag is, watter parasiete het ’n groot effek op die groei van lammers? As ’n boer sy lammers behandel met ’n produk wat net sommige van die belangrike parasiete beheer, sal die lam nie volgens sy potensiaal groei nie aangesien van die ander be- langrike parasiete oorleef en die lam se groei belemmer. Proewe het bewys dat rondewurms, lintwurms en neus-wurm almal ’n groot invloed kan hê op groei.

0

0.5

1

1.5

2

2.5

Effek vanRondewurms

Effek van Lintwurms Effek vanNeuswurmM

inde

r gro

ei (k

g) a

gv d

ie te

enw

oord

ighe

id

van

die

para

siet

Dus is dit uiters belangrik dat ’n produk gebruik word wat omvattende be-skerming bied teen hierdie parasiete om die beste groei te verseker.Met betrekking tot lintwurms, is die twee belangrikste spesies om te be-heer die melklintwurm en die geriffel-de lintwurm. Dit is ook belangrik dat die produk wat gebruik word, beide die kop én die segmente van die lint-wurms doeltreffend sal verwyder. As die koppe nie verwyder word nie, sal die lintwurm van die kop af verder groei en segmente produseer, wat die besmetting dadelik voortsit. Die ak-tiewe bestanddeel Prasikwantel word as die beste aktiewe middel vir lint-wurmbeheer beskou. Dit beheer die belangrikste lintwurms hierbo genoem en verwyder beide die koppe en die segmente deur middel van ’n kontak- sowel as sistemiese aksie.In die somermaande is dit selde dat lintwurm alleen by lammers voorkom. Haarwurm kan groot skade en veral vrektes tot gevolg hê. Uit die grafiek onder is dit duidelik dat neuswurm ook beheer moet word. Die gebruik van ’n kombinasiemiddel wat Prasikwantel (effektiefste lintwurmbeheer) en ’n kragtige aktiewe middel soos abamektien vir breëspektrum rondewurm en neuswurmbeheer bevat, word dus aanbeveel.Deesdae, met die kraal van skape snags, word al hoe meer probleme met die voorkoms van koksidiose by jong lammers ondervind. Maak seker as mismonsters vir ontleding inge- stuur word, dat daar vir die teenwoor-digheid van koksidia getoets word. Baie keer word dit eers uitgevind as lammers gedoseer is vir lintwurm en

rondewurms en die lammers nog steeds nie herstel nie. Teen daardie tyd is daar al groot skade aan die dermkanaal van die aangetaste lammers aangerig, wat selfs tot perma-nente skade kan lei. Doseer met ’n middel wat die aktiewe middel diklasuril bevat, wat koksidiose doeltreffend beheer.

Inwendige parasiete wat in die somermaande voorkom, kan tot groot finansiële verliese lei en moet met ’n plan beheer word en nie op “gevoel” nie. Maak seker dat middels met ’n bewese geskiedenis van effektiwiteit teen die teikenparasiete gebruik word vir maksimum resultate en waarde vir geld.

Roundwurm

Lintwurm

Skaap kwakkeel029

Page 32: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Beperk vlieë se impak op lewende hawe deur voorkoming en beheerdeur Corne Mostert

Vlieë is insekte wat aan ’n groot groep behoort en kom wydverspreid oor die land voor. Hulle veroorsaak groot ekono-miese verliese wat nie altyd in ’n boerderystelsel gemeet word nie.

Vlieë word in twee hoofgroepe ingedeel, naamlik:

Nematocera• Ceratopodonidae (bytende mug- gies)• Simuliidae (riviermuggies en swart vlieë)• Psychododae (sandvlieë en mot- vliegies)• Culididae (muskiete)

Brachycera• Tabanidae (perdevlieë en blinde- vlieë)• Oestridae (skaapneusvlieë)• Gasterophilidae (perdepapievlieë)• Muscidae (huisvlieë)• Glossindae (tsetsevlieë)• Calliphoridae (brommers)• Hippoboscidae (luisvlieë)

Die impak van vlieë op lewende hawe:

Die fisiese irritasie wat deur vlieë vero-orsaak word, lei daartoe dat:

• Diere saambondel en dit lei tot hitte stres en ‘n afname in groei en melk produksie.• 25 minute se irritasie van vlieë kan by melkbeeste melkverlies van 0,5 tot 1 liter melk per koei per dag ver- oorsaak.• Jong diere kan gewigsverlies van tot 22 kg per seisoen toon. • Tyd wat diere op die weiding of in die veld wei, word verkort as gevolg van die irritasie deur vlieë en dit lei daartoe dat die diere nie selektief wei nie en nié die gras met die hoër voedingswaarde uitsoek nie. • Proewe het getoon dat diere tot vier en ‘n halfuur se weityd per dag verloor as gevolg van die irritasie wat deur vlieë veroorsaak word. • Diere voer ekstra liggaamsbewe- gings uit om hulself teen vlieë te beskerm.

Proefresultate toon die volgende liggaamsbewegings onder beeste weens stalvlieg-irritasie: (Bewegings per minuut)

• Kopbewegings x 8• Optel van voorpote x 8

• Optel van agterpote x 3• Oorbewegings x 12• Stertbewegings x 69• Velrukkings x 25

Behalwe vir die fisiese irritasie is vlieë ook verantwoordelik vir die volgende :

• Vlieë versprei protosoïese- en bakte- riese siektes deur meganiese oor- draging - Siektes: Anaplasmose (galsiekte), mastitis, Corona-virus, Rota-virus, E.coli, Salmonella, olifant- velsiekte, tripanosomiase, miltsiekte, bindvliesontsteking (konjunktivitis), basillêre disenterie en Nagana • Vlieë veroorsaak ook pynlike en irriterende bytwonde (sere en rowe)• Hul speekselafskeidings veroorsaak toksiese reaksies wat ‘n afname in die dier se immunologiese reaksie teen siektes tot gevolg het.• Neuswurm by skape• Brommeraanvalle by skape• Spykerwurm by beeste (miase)

Vliegbeheer

Omdat vlieë so ‘n kort lewensiklus het, moet diere en die omgewing gereeld behandel word om vlieë te beheer. Implementeer ‘n omvattende vliegbeheerprogram aan die begin van die vliegseisoen (September/Oktober) om die vliegpopulasie te

verminder. Dit sal help om siekte-uitbrake weens vlieë te verminder wat gewoonlik vanaf November tot Mei voorkom. Geskikte habitat, wat kan dien as broeiplek van vlieë, moet sover moontlik beperk word. Beheer ook die onvolwasse stadia om die voorkoms van volwasse vlieë te beperk. Voorkom die aanpaksel van vermorste voer by krippe in melk- en voerkraalproduksietelsels deur gereeld (daagliks) skoon te maak. Beperk die onbeheerste verspreiding of opeenhoping van afloopmiswater by melkstalle. Kombineer die gebruik van meganiese vlieëvangers saam met chemiese beheer by melkstalle en kalwerbehuising. Behandel vee self met dippe en opgietmiddels wat een van die aktiewe bestanddele in die Peritroïed-groep (Sipermetrien, Deltametrien, Alfametrien) bevat. Effektiewe beheer van vlieë beperk die oordraging van siektes asook die impak op produksieverliese (gewigsverlies, melkproduksie, algemene gesondheid).

030

Page 33: Wat is jou VKB-aandeel werd?

BARCODE

ITEM NO

LABEL SIZE

REG DETAILS

LAYOUT

COLOURS

Colours: Pantone 347 C / 376 C / 320 C / 326 C

Job 0331 layout.indd 1 9/5/12 8:24:30 AM

Page 34: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Projekbestuur

EIPM kan regtig die volledige konstruksie van 'n pluimveehok hanteer en 'n suksesvolle projek lewer binne redelike tydskale, teen die regte prys en met uitstekende afwerking en die gehalte

wat EIPM van die res onderskei.

Ons is die geleentheid gebied om op

kontrakbasis aan Grain Field Chickens

te lewer. Dit was vir ons ‘n voorreg om

die projek saam met Echo aan te pak.

Goeie samewerking en gesonde

verhoudings is deur die hele projek

gehandhaaf. Die waardevolle raad en

oplossings wat gebied is, word

waardeer. Ons is ten volle tevrede met

die kwaliteit en vakmanskap en Echo-

huise. Die Echo-huis is goed geïsoleer,

netjies afgewerk en van die beste

gehalte. Baie dankie aan Echo-span,

jul werk is PUIK!

Echo wil van hierdie geleentheid gebruik maak

om vir Elna en Frikkie Oosthuizen te bedank dat

hulle op Echo-huise besluit het. Die

Oosthuizens het verskeie inligtingsdae van

Echo bygewoon en het besluit op die Echo 200

Smooth -huis. Elna is ‘n baie dinamiese

boervrou en het presies geweet wat sy uit die

projek wil hê, net die beste en netjieste produk

moontlik.

Namens al die Echo-personeel wil ek graag vir

Elna en Frikkie bedank vir hul gasvryheid en ‘n

baie professionele werksverhouding met al

Echo se personeel. Dit was vir Echo ‘n voorreg

om saam met die Oosthuizen-gesin te werk en

ons sien uit na toekomstige uitbreiding. Echo

wil vir Elna, Frikkie en hul gesin baie sterkte

toewens in die braaikuikenbedryf. Ons glo en

vertrou dat julle die braaikuikenbedryf sal

geniet en ‘n groot sukses daarvan sal maak.

Straatadres:Solidum-gebouMundtstraat 328, WaltooPretoria, Suid-Afrika

Posadres:Posbus 1860, Silverton0127, Suid-Afrika

Kantoornommers:+27 12 803 9490+27 12 803 0605

Faksnommer:+27 12 803 7621

www.echocoldrooms.co.za

Pieter BuitendagSel: 082 803 1104E-pos: [email protected]

Hannes NelSel: 082 808 8353E-pos: [email protected]

Projekbestuur

Echo Smooth 200 en 100 beide met chromadek-plafonne en afwerking van hoë gehalte afwerking toegerus.

As gevolg van ons uitstekende vakmanskap en goeie verwysings van bestaande kliënte, is ons voortdurend besig met die bou van nuwe hoenderhuise. Ons bou deur ons professionele en volhoubare diens goeie verwysings en vertroue in die hoendermark op.

Ook spesiale dank aan al ons voornemende kliënte wat so getrou ons unieke en baie suksesvolle opedae of bekemdstellings bywoon en met ons kwaliteit en diens spog saam met die voordurend groeiende tevrede kliëntebasis van Echo.

Page 35: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Projekbestuur

EIPM kan regtig die volledige konstruksie van 'n pluimveehok hanteer en 'n suksesvolle projek lewer binne redelike tydskale, teen die regte prys en met uitstekende afwerking en die gehalte

wat EIPM van die res onderskei.

Ons is die geleentheid gebied om op

kontrakbasis aan Grain Field Chickens

te lewer. Dit was vir ons ‘n voorreg om

die projek saam met Echo aan te pak.

Goeie samewerking en gesonde

verhoudings is deur die hele projek

gehandhaaf. Die waardevolle raad en

oplossings wat gebied is, word

waardeer. Ons is ten volle tevrede met

die kwaliteit en vakmanskap en Echo-

huise. Die Echo-huis is goed geïsoleer,

netjies afgewerk en van die beste

gehalte. Baie dankie aan Echo-span,

jul werk is PUIK!

Echo wil van hierdie geleentheid gebruik maak

om vir Elna en Frikkie Oosthuizen te bedank dat

hulle op Echo-huise besluit het. Die

Oosthuizens het verskeie inligtingsdae van

Echo bygewoon en het besluit op die Echo 200

Smooth -huis. Elna is ‘n baie dinamiese

boervrou en het presies geweet wat sy uit die

projek wil hê, net die beste en netjieste produk

moontlik.

Namens al die Echo-personeel wil ek graag vir

Elna en Frikkie bedank vir hul gasvryheid en ‘n

baie professionele werksverhouding met al

Echo se personeel. Dit was vir Echo ‘n voorreg

om saam met die Oosthuizen-gesin te werk en

ons sien uit na toekomstige uitbreiding. Echo

wil vir Elna, Frikkie en hul gesin baie sterkte

toewens in die braaikuikenbedryf. Ons glo en

vertrou dat julle die braaikuikenbedryf sal

geniet en ‘n groot sukses daarvan sal maak.

Straatadres:Solidum-gebouMundtstraat 328, WaltooPretoria, Suid-Afrika

Posadres:Posbus 1860, Silverton0127, Suid-Afrika

Kantoornommers:+27 12 803 9490+27 12 803 0605

Faksnommer:+27 12 803 7621

www.echocoldrooms.co.za

Pieter BuitendagSel: 082 803 1104E-pos: [email protected]

Hannes NelSel: 082 808 8353E-pos: [email protected]

Projekbestuur

Echo Smooth 200 en 100 beide met chromadek-plafonne en afwerking van hoë gehalte afwerking toegerus.

As gevolg van ons uitstekende vakmanskap en goeie verwysings van bestaande kliënte, is ons voortdurend besig met die bou van nuwe hoenderhuise. Ons bou deur ons professionele en volhoubare diens goeie verwysings en vertroue in die hoendermark op.

Ook spesiale dank aan al ons voornemende kliënte wat so getrou ons unieke en baie suksesvolle opedae of bekemdstellings bywoon en met ons kwaliteit en diens spog saam met die voordurend groeiende tevrede kliëntebasis van Echo.

Page 36: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Molatek se BACKgROUND 18 maak aanpassing van kalwers maklikdeur dr. Vlok Ferreira

Die “backgrouding” van kalwers is die uitgroei van kalwersop veld of dröeland- aangeplante weidings, asook die voorbereiding van kalwers vir maklike aanpassing in die voerkraal daarna.Speenkalwers word reeds op die weidings geprosesseer met die nodige oor-inplantaat en teen virus en bakteriese voerkraalsiektes geënt. Die kalwers leer om voer uit ’n krip te vreet. Kalwers wat vir minstens 45 dae voorberei word vir die voerkraal se siekteweerstand is baie beter, stres minder en hul rumens is reeds aangepas om produksieverliese te beperk.Backgrounding is veral voordelig wanneer:•voldoende weiding beskikbaar is en die boer meer buig- baarheid in sy stelsel wil hê met wanneer kalwers bemark kan word•voerpryse hoog en karkaspryse laag is•voerkraalaankooppryse by boere van speenkalwers laag is.

Kalwers van 160 tot 250 kg liggaamsmassa kan eers ge-background word voordat dit in die voerkraal afgerond word. Boere moet waak teen die aankoop van baie ligte kalwers, omdat ’n kalf van ligter as 200 kg stadiger groei tydens backgrounding en meer vatbaar is vir siektes. Die ligte kalwers van ’n groep kan ook ’n swakker groeipo-tensiaal hê. ‘n Vroegryp tipe kalf kan vir ’n lang tydperk op die weiding uitgegroei word en dan net vir ’n 40 tot 60 dae tydperk in die voerkraal afgerond word om die regte vetheidsgraad te bereik. Medium tot laatryp tipe kalwers benodig groter hoeveelhede aanvullende voeding om dieselfde raamgroei te verseker. Hoe langer die back-grounding-periode hoe swaarder sal die karkasse wees na die voerkraal-afronding, veral as Zilmax ook nog in die voerkraal gebruik word. Wanneer kalwers tussen 350 en 380 kg weeg, is dit ideaal om hulle vir ‘n kort voerperiode in die voerkraal te plaas.Kalwers se weidingsinname is 2,2% en 1,8% van liggaams-massa onderskeidelik op groen somerveld en dröe win-tersveld. Die kwaliteit van die weiding is die belangrikste faktor wat kalwers se groeiprestasie tydens backgrounding bepaal. ’n Verlaging van 1,5 MJ metaboliseerbare ener-gie/kg weiding en ’n 10% styging in die NDF% (vesel) wat die kalf vreet, het ‘n daling in GDT van 400 tot- 600g/dag tot gevolg. Beperk die mielie/hominy chop-inname van kalwers tot maksimum 1%, anders daal die rumen pH, wei- dingsvertering verswak en die aanvulling verminder wei-dingsinname. Op groen somerweidings kan ’n GDT van 800 tot 1200 g/kalf/dag behaal word met ’n aanvulling van 0,75% van liggaamsmassa. Om dieselfde groeitempo

te handhaaf op winterweidings moet die aanvullende voeding na minstens 1,5% van liggaamsmassa verhoog word.Geoeste mielielande waarvan die koppe nie opgetel is nie, kan ook met sukses vir backgrounding aangewend word. ’n Veelading van vier tot ses 220 kg kalwers/ha verseker dat die beter kwaliteit ruvoer geselekteer word. Die mieliepitte, -koppe en plantblare verteenwoordig 40% van die totale beweibare materiaal. Die blare en stam is onderskeidelik 67% en 45% verteerbaar. Molatek Background 18 kan teen 1,5 tot 2 kg/dag aan speenkalwers vir uitgroei en voorbereiding vir die voer-kraalafrondingsfase verskaf word. Indien die kwaliteit van die weiding nie optimaal is nie of verhoogde massatoe-names wil behaal word, vermeng Molatek Background 18 met gelyke hoeveelhede graan en verskaf teen 2 tot 4 kg/dag. Inname sal ook varieer afhangende van die massa van die diere. Verskaf daagliks of gee elke tweede dag ’n dubbele porsie aan die diere.

034

Page 37: Wat is jou VKB-aandeel werd?
Page 38: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Dis nou tyd om te besin oor somerlekaanvulling of lekaanvulling vir weidende diere op groen weiding. Groen weiding is hoog in proteïen, hoogs verteerbaar en diere op sulke weidings neem toe in massa. Maar met 'n minerale aanvulling (P6-lek) sal beeste sowat 130 g/dag vinniger groei as wanneer hulle geen lek sou ontvang nie. Fosfor (P) is dus beperkend om optimale gewigstoename te verkry.

Indien die GDT van weidende diere verder verhoog moet word, vorm energie die tweede beperkende voedingstof en sal energie dus saam met P aangevul moet word om 'n verdere respons in toename te verkry. Energieaanvulling is relatief duur en om die rede bevat 'n energie-aanvulling 'n ionofoor soos byvoorbeeld Salinomycin-Na. Die ionofoor verseker dat die energie beter benut word, gevolglik bespaar dit voer en is so 'n aanvulling koste-effektief.

PRODUKTE BESKIKBAARDie volgende produkte uit die Voermol-stal kan oorweeg word.

MINERALE-SUPPLEMENTE

VOERMOL SUPERMOL

Jou voerkraalin die veld

• Met Supermol is 'n daaglikse toename van tot 1.2 kg per dier per dag op groen-weiding moontlik

• Geen vermenging van graan is nodig nie

• Geen oorhoofsevoerkraal koste nie

• Verseker dat vervangingsverse goed uitgroei en teikenmassas bereik

• Uitstekende prikkellek vir verse en koeie

• Eenvoudig, prakties en winsgewend

SOMERTYD IS FOSFORTYD

Wat die natuur kort -sal Voermol voorsien

50 Jaar van Uitstaande Produkte & Diens

Voermol Supermol Reg. Nr. V 7267 (Wet 36/1947)

Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) BpkPosbus 13, Maidstone 4380.

www.voermol.co.za

Ulrich Müller, Tegniese BestuurderTel. 083 414 5928 • E-pos: [email protected]

Indien meer inligting verlang word, raadpleeg u naaste Voermolagent,(sien www.voermol.co.za) of stuur 'n e-pos aan [email protected]

Voermol SuperfosV17422

Hierdie is 'n smaaklike klaar-gemengde minerale lek. Aanbevole inname 120 g - 240 g/bees/dag.

Rumevite 6PV11995

Klaar-gemengde minerale lek. Aanbevole inname 110 g - 240 g/bees/dag.

Rumevite 12PV11994

Minerale-lekkonsentraat. Meng met gelyke dele sout om 'n P6-lek te gee. Aanbevole inname 110 g - 240 g /bees /dag.

Voermol FosfaatblokV10264

Fofaatblok gereed om te voer. Verwagte inname 110 g - 240 g/bees/dag.

Selfmeng minerale lek Meng 50 kg Rumevite 12P met 50 kg sout en met 50 kg Voermol Super 18. Hierdie mengsel is 'n smaaklike lek wat goeie resultate gee veral waar lekinname op P6-lekke laag is. Aanbevole inname 120g - 240 g/bees/dag.

ENERGIE- EN MINERALE-SUPPLEMENTEGroei kan verder verhoog word deur 'n energie-aanvulling. Die volgende produkte kan hier oorweeg word. Dit is egter belangrik dat die produkte slegs oorweeg word as aanvulling tot voldoene goeie kwaliteit groen weiding.

Voermol SupermolV7267

Energie- en mineraleaanvulling met 20 % proteïen vir diere op groenweiding. Geen vermenging is nodig nie. Aanbevole inname 1 000 g - 1 200 g/bees/dag.

Voermol EnergieblokV11456

Blok, gebruik as energie- en mineraleaanvulling vir diere op groenweiding. Aanbevole inname 1 400 g - 2 000 g/bees/dag.

Voermol MoloviteV10264

Energie- en mineraleaanvulling vir diere op top kwaliteit groenweiding. Geen vermenging is nodig nie. Aanbevole inname 1 000 g - 1200 g/bees/dag.

34625_Supermol VKB Nuus Ad 03.pdf 1 2012/08/13 9:00 AM

Page 39: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Dis nou tyd om te besin oor somerlekaanvulling of lekaanvulling vir weidende diere op groen weiding. Groen weiding is hoog in proteïen, hoogs verteerbaar en diere op sulke weidings neem toe in massa. Maar met 'n minerale aanvulling (P6-lek) sal beeste sowat 130 g/dag vinniger groei as wanneer hulle geen lek sou ontvang nie. Fosfor (P) is dus beperkend om optimale gewigstoename te verkry.

Indien die GDT van weidende diere verder verhoog moet word, vorm energie die tweede beperkende voedingstof en sal energie dus saam met P aangevul moet word om 'n verdere respons in toename te verkry. Energieaanvulling is relatief duur en om die rede bevat 'n energie-aanvulling 'n ionofoor soos byvoorbeeld Salinomycin-Na. Die ionofoor verseker dat die energie beter benut word, gevolglik bespaar dit voer en is so 'n aanvulling koste-effektief.

PRODUKTE BESKIKBAARDie volgende produkte uit die Voermol-stal kan oorweeg word.

MINERALE-SUPPLEMENTE

VOERMOL SUPERMOL

Jou voerkraalin die veld

• Met Supermol is 'n daaglikse toename van tot 1.2 kg per dier per dag op groen-weiding moontlik

• Geen vermenging van graan is nodig nie

• Geen oorhoofsevoerkraal koste nie

• Verseker dat vervangingsverse goed uitgroei en teikenmassas bereik

• Uitstekende prikkellek vir verse en koeie

• Eenvoudig, prakties en winsgewend

SOMERTYD IS FOSFORTYD

Wat die natuur kort -sal Voermol voorsien

50 Jaar van Uitstaande Produkte & Diens

Voermol Supermol Reg. Nr. V 7267 (Wet 36/1947)

Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) BpkPosbus 13, Maidstone 4380.

www.voermol.co.za

Ulrich Müller, Tegniese BestuurderTel. 083 414 5928 • E-pos: [email protected]

Indien meer inligting verlang word, raadpleeg u naaste Voermolagent,(sien www.voermol.co.za) of stuur 'n e-pos aan [email protected]

Voermol SuperfosV17422

Hierdie is 'n smaaklike klaar-gemengde minerale lek. Aanbevole inname 120 g - 240 g/bees/dag.

Rumevite 6PV11995

Klaar-gemengde minerale lek. Aanbevole inname 110 g - 240 g/bees/dag.

Rumevite 12PV11994

Minerale-lekkonsentraat. Meng met gelyke dele sout om 'n P6-lek te gee. Aanbevole inname 110 g - 240 g /bees /dag.

Voermol FosfaatblokV10264

Fofaatblok gereed om te voer. Verwagte inname 110 g - 240 g/bees/dag.

Selfmeng minerale lek Meng 50 kg Rumevite 12P met 50 kg sout en met 50 kg Voermol Super 18. Hierdie mengsel is 'n smaaklike lek wat goeie resultate gee veral waar lekinname op P6-lekke laag is. Aanbevole inname 120g - 240 g/bees/dag.

ENERGIE- EN MINERALE-SUPPLEMENTEGroei kan verder verhoog word deur 'n energie-aanvulling. Die volgende produkte kan hier oorweeg word. Dit is egter belangrik dat die produkte slegs oorweeg word as aanvulling tot voldoene goeie kwaliteit groen weiding.

Voermol SupermolV7267

Energie- en mineraleaanvulling met 20 % proteïen vir diere op groenweiding. Geen vermenging is nodig nie. Aanbevole inname 1 000 g - 1 200 g/bees/dag.

Voermol EnergieblokV11456

Blok, gebruik as energie- en mineraleaanvulling vir diere op groenweiding. Aanbevole inname 1 400 g - 2 000 g/bees/dag.

Voermol MoloviteV10264

Energie- en mineraleaanvulling vir diere op top kwaliteit groenweiding. Geen vermenging is nodig nie. Aanbevole inname 1 000 g - 1200 g/bees/dag.

34625_Supermol VKB Nuus Ad 03.pdf 1 2012/08/13 9:00 AM

Page 40: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Hendrik Botha van Ananiël Landgoed in Senekal en sy vrou, Janene, was vanjaar graag be-hulpsaam met die fondsinsameling vir Laerskool Senekal waar hulle seuns Hendro (9) en Wian (7) leerders is en Ermari (5) seker ook nog diep spore sal trap. Vir Hendrik is die boerdery sy passie. Op Ananiël boer hulle met mielies, sonneblom, sojabone, wolme-rinos en ’n kommersiële Angus-kudde, en hulle het ook ’n beesvoerkraal. Dit is juis die boerdery se daaglikse nuwe uitdagings wat dit vir hom so interes-sant maak. “Ek is lief daarvoor om na aan die natuur te leef, want dit is vir my ’n voorreg uit God se hande. Deur Sy genade wil ek ’n verskil maak daar waar ek is,” vertel Hendrik. “As jy ’n passie het vir dít wat jy graag wil doen, en as jy bereid is om hard te werk en elke dag te leer, kan jy ’n sukses maak van ’n boerdery. “Dit is net die administratiewe takies en personeelaangeleenthede wat my bietjie onderkry,” bieg Hendrik, “maar Janene is my regterhand en inspirasie. Sy help graag met al die boerderybedrywighede. “Sy en my kinders is my grootste rykdom. Daar-om is dit vir my lekker om saam met hulle ons eie land te verken wanneer ons verskeie plekke in die land besoek wanneer ons met vakansie gaan. Die ideale vakansie vir ons is tyd met me-kaar in die natuur.” Wanneer Hendrik nie deur plaasbedrywighede besig gehou word nie, is dit vir hom lekker om saam met sy swaer te gaan jag, of om saam met sy seuns te gaan vis-vang. “Fietsry en tennis speel is nog een van ons gesinsaktiwiteite,” vertel hy. “Die geboorte van ons kinders sal beslis altyd die hoogtepunt van my lewe bly. Dit is vir my lekker om my ges-in gelukkig te sien – dit is vir my lewens- vreugde! “En natuurlik om saam deur die beeste te ry, of te gaan kyk as die mielies mooi opkom!”

GunstelingeKos - ‘n Lekker Angus-steak met geroosterde groente en Crème Brûlée daarna.Sport - Tennis en fietsryBoek - Letters to my son van Kent NerburnFilm - Braveheart, Bourne IdentitySanger - Michael Buble, Josh Groban en Brian DoerksenSaterdag-tydverdryf - Sosiale tennis en gesinsuitstappies

Hendrik, Janene en Ermari

038

Page 41: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Dit is duidelik dat kalwers wat te lig in die intensiewe toestande van ’n kom-mersiële voerkraal ingebring word, nie dieselfde groeiresultate behaal as kalwers wat reeds meer as byvoorbeeld 240 kg weeg nie. Hierdie ligte kalwers haal ook nie die swaarder kalwers in nie. Die projek het duidelik gewys dat as kalwers van goeie gehalte voer van goeie gehalte (en met goeie bestuur) gegee word, dit uitstekende groei- resultate kan lewer. Uit die aard van

die projek, was dit kalwers van alle rasse en verskillende gewigte en plase. Verskeie voerkrale gebruik reeds die 1-Stop Vetmes Konsentraat van Nu-Pro Voere met die opsie om Zilmax addisioneel in te sluit in die afrond-ingsfase. Verdere resultate by verskeie Nu-Pro-voerkrale toon dat Zilmax tot 3% beter uitslagpersentasie kan lewer. Dit is ’n koste-effektiewe konsentraat met ’n relatiewe lae insluitingspeil.

Kontak gerus die Nu-Pro-kantoor vir advies en pryse by: 058 303 9587 of enige van die volgende bemarkers:Anton Loubser – 082 887 1125 (Suid van Bethlehem)George Delport – 073 255 0350 (Noord van Bethlehem)Henk Kemp – 083 388 5238 (Wes-Vrystaat)

Fase i: “Pre-Con” (ligte kalwers: 160 tot 240 kg, ongeveer 60 dae afhangende van die kwaliteit van die dier en natuurlike weidings) Persentasie-insluiting:Mieliemeel 20%Hominy Chop 20%1-Stop Vetmes Konsentraat 10%Mieliekuilvoer (nat, “as is”) 50% 100%

Die produk wat deur Nu-Pro Voere verskaf word, is 1-Stop Vetmes Konsentraat. Dit is ’n voerkraal-konsentraat van hoë gehalte proteïenbronne wat vir skape en beeste geregistreer is. Al die kalwers is op dieselfde dag gelewer waarna aan-passing en prosessering gevolg het. Die normale volledige voedingsprogram behels die volgende :

Fase ii: Aanvangsfase (± 240 kg lewende gewig tot 300 kg le-wende gewig, 40 dae) Persentasie-insluiting:NP 1-Stop Vetmeskonsentraat 120 kgMieliemeel/Hominy Chop 700 kg (verkieslik ’n 50:50-kombinasie van mielies en Hominy Chop)Mieliekuilvoer (nat, “as is”) 540 kgTotaal 1 360 kg

Die kalwers loop dan vir hierdie periode op natuurlike weiveld en/of aangeplante weidings. Die mengsel kan aangebied word teen 3% van die dier se lewendige liggaamsmassa (vog in kuilvoer in ag geneem).

Fase iii: groeigase (300 – 400 kg lewende gewig, 56 dae) Persentasie-insluiting:NP 1-Stop Vetmeskonsentraat 100 kgMieliemeel/Hominy Chop 750 kg (verkieslik ’n 50:50-kombinasie tussen mielies en Hominy Chop)Mieliekuilvoer (nat, “as in”) 450 kgTotaal 1 300 kg

Fase iV: Afrondingsfase (400 – 460 kg lewende gewig, 30 dae) Persentasie-insluiting:NP 1-Stop Vetmeskonsentraat + Zilmax 120 kgMieliemeel/Hominy Chop 750 kgMieliekuilvoer (nat, “as is”) 390 kgTotaal 1 260 kg(Totale aantal dae vanaf “pre-con” tot slagting = 186 dae)(Totale aantal dae “pre-con” uitgesluit = 126 dae)

039

Baie geluk aan Senekal Primêre Skool en alle betrokkenes met hierdie uitstekende projek!Baie dankie aan Hendrik en Janene Botha van Ananiël Landgoed vir julle ondersteuning aan Nu-Pro Voere en die akkurate verslagdoening in hierdie projek!

Page 42: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Afronding van speenkalwers in plaasvoerkrale is weereens ‘n groot suksesNiel Ungerer, besturende direkteur, Nu-Pro Voere

Nu-Pro Voere was baie bevoorreg om saam met die Senekal Primêre Skool en ’n Nu-Pro Voere-kliënt, Hendrik Botha en sy vrou, Janene, betrokke te wees by ’n projek wat jaarliks deur die ouers en ander betrokkenes van Senekal Laerskool aangepak word. Hierdie projek bring elke jaar uit- stekende inkomste vir die skool in.

Datum 13 Apr 12 15 May 12 19 Jun 12 18 Jul 12 2%.

11 189 234 5 279 3 323 1.6 380 1.2 3 .6 . R 7 602 40

38 399 474 R 9

8159 9601 11364 12961 15238 8985.3R 8 728.58

Groep: SKOOLPROJEK 2012 Getal 34NR PROS.+GEWIG 1 GEWIG 2 GDT GEWIG 3 GDT GEWIG 4 GDT LAAI GEWIG GDT TOTAAL Karkas UitslagDatum 13‐Apr‐12 15‐May‐12 19‐Jun‐12 18‐Jul‐12 3/Sep/12 2%.3/Sep/12Dae 1 31 34 28 46 142 34R        .00 59.0%Gemid 240 282 1.4 334 1.5 381 1.7 448.2 1.5 1.5 264.3 Karkas waarde

1 230 280 1.6 335 1.6 384 1.8 445 1.3 1.5 263.6 59.2% R 8 963.082 241 300 1.9 346 1.4 389 1.5 444 1.2 1.4 250.7 56.5% R 8 523.263 246 287 1.3 342 1.6 387 1.6 452 1.4 1.5 259.7 57.5% R 8 829.804 284 348 2.1 363 0.4 418 2.0 484 1.4 1.4 273.8 56.6% R 9 309.205 275 333 1.9 413 2.4 427 0.5 520 2.0 1.7 316.3 60.8% R 10 754.206 237 282 1.5 329 1.4 348 0.7 419 1.5 1.3 246.4 58.8% R 8 377.607 262 315 1.7 391 2.2 462 2.5 542 1.7 2.0 327.1 60.4% R 11 121.408 275 353 2.5 419 1.9 484 2.3 524 0.9 1.8 314.0 59.9% R 10 676.009 271 285 0.5 354 2.0 415 2.2 466 1.1 1.4 280.9 60.3% R 9 550.60

10 224 264 1.3 309 1.3 366 2.0 446 1.7 1.6 265.4 59.5% R 9 023.6011 189 234 1.51. 279 1.31. 323 1.6 380 1.2 1.3 21. 22323.6 5588.8% R 7 602.408% .12 148 185.5 1.2 227 1.2 261 1.2 309 1.0 1.1 180.1 58.3% R 6 123.4013 365 429 2.1 495 1.9 544 1.8 632 1.9 1.9 361.8 57.2% R 12 301.2014 168 193.5 0.8 224 0.9 264 1.4 312 1.0 1.0 177.2 56.8% R 6 024.8015 224 274 1.6 331 1.7 376 1.6 427 1.1 1.4 260.3 61.0% R 8 850.2016 220 278 1.9 329 1.5 380 1.8 442 1.3 1.6 261.3 59.1% R 8 884.2017 228 231 0.1 249 0.5 279 1.1 344 1.4 0.8 193.3 56.2% R 6 572.2018 226 252 0.8 267 0.4 313 1.6 400 1.9 1.2 223.8 56.0% R 7 609.2019 246 259 0.4 330 2.1 399 2.5 502 2.2 1.8 289.3 57.6% R 9 836.2020 258 327 2.2 391 1.9 454 2.3 526 1.6 1.9 323.6 61.5% R 11 002.4021 213 259 1.5 306 1.4 336 1.1 388 1.1 1.2 245.6 63.3% R 8 350.4022 278 341 2.0 410 2.0 426 0.6 482 1.2 1.4 297.1 61.6% R 10 101.4023 147 144 ‐0.1 160 0.5 203 1.5 257 1.2 0.8 142.3 55.4% R 4 838.20244 26060 3213 2.0.0 382 1.8.8 399 0.6 4740.6 1.6.6 1.5 2.5 83.0 583.0 59.7%9.7% R 9 622.006 .0025 265 305 1.3 341 1.1 398 2.0 459 1.3 1.4 277.7 60.5% R 9 441.8026 304 345 1.3 394 1.4 435 1.5 504 1.5 1.4 301.6 59.8% R 10 254.4028 219 255 1.2 287 0.9 344 2.0 398 1.2 1.3 233.6 58.7% R 7 942.4029 228 280 1.7 337 1.7 383 1.6 433 1.1 1.4 249.9 57.7% R 8 496.6030 228 236 0.3 314 2.3 379 2.3 463 1.8 1.7 269.5 58.2% R 9 163.0031 208 224 0.5 266 1.2 316 1.8 400 1.8 1.4 225.6 56.4% R 7 670.4032 245 254 0.3 317 1.9 376 2.1 467 2.0 1.6 264.0 56.5% R 8 976.0033 247 319 2.3 386 2.0 447 2.2 518 1.5 1.9 304.0 58.7% R 10 336.0034 252 311 1.9 377 1.9 435 2.1 506 1.5 1.8 310.5 61.4% R 10 557.0035 248 297 1.6 364 2.0 411 1.7 473 1.3 1.6 288.7 61.0% R 9 815.80

R 305 500.34

00

 

R

Aankoopsprys @ R18.50/kg lewendig

Gemiddelde aankoops gewig Aanvangswaarde per ka

Voedingskosttotaal Fase 1lf

e  Voedingskoste totaal Fase 2

Totale koste aan kalfen voeding

R 17.10 240kg R 4 172.40 R 1 212.46 R 1 967.63 R 7 352.49Inkomste per kalf  R 8 728.00Bruto inkomste/kop R 1 375.51Prossering/kop R 40.00O h f kOorhoofse koste R 355 355.00

Netto Waarde toegevoeg R 980.51

Aanname kan gemaak word wat betref oorhoofse koste wat infrastruktuur en mengkoste asook arbeid betref. Dit sal wesenlik verskil van kraal agv getalle.Rou materiaal bronne se pryse kan ook drasties verskil. Vir die doel van hier berekeninge is die volgende aanames gebruik:

* Mielies ‐ R 2,500/ton* Hominy Chop ‐ R 2,300/ton* Mieliekuilvoer (Nat) ‐ R 500/ton* Konsentraat ‐ R 3,095/ton (September prys siklus)Oorhoofse kostes wat insluit koste van kapitaal, mengkoste ens. ‐ R 2.50/kop/dag 

Die projek behels dat ouers en sake-manne kalwers skenk of koop op on-geveer speenkalfgewig en die kal- wers dan afgerond word in die goed toegeruste voerkraal van Ananiël Landgoed van Hendrik Botha. Dieselfde beginsels het gegeld wat betref die hantering, prosessering en voeding van die “projek-kalwers” as

wat toegepas word op Hendrik se kommersiële voerkraal, behalwe dat die projek-kalwers nie deur die “pre-con”-fase is nie, en daar was ook nie Zilmax in die afrondingsfase bygevoeg nie, soos wat die normale program hieronder aandui. Uit die aangehegte tabel kan daar baie belangrike afleid-ings gemaak word.

Tel: 058 303 9587

040

Page 43: Wat is jou VKB-aandeel werd?

SkaapboerderyEkonomiese volhoubaarheid van

‘n Ondersoek na die ekonomiese volhoubaarheid van semi-intensiewe en intensiewe skaapboerdery in die Oostelike Hoëveldstreek van Suid-Afrika

Manie Wessels en Hendrik van Pletzen

In hierdie studie is die ekonomiese volhoubaarheid van semi-intensiewe en intensiewe skaapboerdery in die Oos-telike Hoëveldstreek van Suid-Afrika ondersoek. Aangesien semi-intensiewe en intensiewe skaapboerdery redelik nuut in Suid-Afrika is, en die werklike omvang van die veran- dering nog nie bepaal is nie, was dit belangrik om vas te stel wat skaapboere in die Oostelike Hoëveld reeds doen om lam- en speenpersentasies te verhoog. ‘n Ondersoek is deur middel van vraelyste gedoen by boere wat ek-stensiewe, semi-intensiewe en intensiewe skaapboerdery bedryf. Altesaam 35 respondente het die vraelyste voltooi waarvan 29 vraelyste volledig was en dus vir die studie gebruik is. Mnr. Manie Wessels van die plaas Mamre in die Vrede-distrik het die studie gedoen as vereistes vir ‘n Magi- stergraad in die Sentrum vir Volhoubare Landbou, Lande-like Ontwikkeling en Voorligting (Fakulteit Natuur- en Land-bouwetenskappe), aan die Universiteit van die Vrystaat onder leiding van mnr. Hendrik van Pletzen van Voermol Voere. Volgens die ondersoek is daar geweldig baie druk op skaapboerdery weens diefstal en roofdiere. Dit blyk egter dat roofdiere die grootste faktor is wat verliese by lammers veroorsaak. Van die respondente het tot 20 % van hulle lammers aan roofdiere per jaar verloor. Ná die oorskakel-ing van ekstensiewe skaapboerdery na semi-intensiewe of intensiewe skaapboerdery, is hierdie verlies grootliks uitge- skakel. Die oorskakeling na ‘n semi-intensiewe of intensiewe stelsel verg onder andere meer arbeid en die koste-imp-likasie kan nie buite rekening gelaat word nie. Die voordeel van die verhoging in arbeidsinsette is dat beter toesig en beheer plaasvind wat verliese aansienlik laat daal, en dus die verhoging in arbeidskoste regverdig.

Infrastruktuur by die vestiging van ‘n semi-intensiewe en in-tensiewe stelsel kan ‘n groot finansiële impak op kapitale investering hê. Dit blyk egter dat die meeste respondente bestaande infrastruktuur teen lae koste omskep of infras-truktuur met ander funksies deel.Wat direk toedeelbare kostes betref, is voerkoste die groot-ste komponent en respondente met ekstensiewe skaapbo-erdery spandeer gemiddeld R217,60 per ooi. Responden-te in ‘n semi-intensiewe boerderystelsel spandeer R376,20 aan voeding, dus R158,60 meer as boere in ‘n ekstensiewe stelsel. Respondente met intensiewe skaapboerdery span-deer R448,20 aan voeding, dit wil sê R72 meer as semi-in-tensiewe boere en R230,60 meer as ekstensiewe boerdery.

Figuur 1. Voerkoste per ooi in die verskillende boerdery-stelsels

041

Page 44: Wat is jou VKB-aandeel werd?

In die semi-intensiewe en intensiewe stelsels is daar ‘n aan-sienlike verhoging in voerkoste. Al die respondente in die studie is dit eens dat die verhoging in voeding ‘n direkte verband hou met hoër produksie van lammers en van wol. Die studie bewys dat die implementering van ‘n semi-inten-siewe en intensiewe stelsel ‘n positiewe impak op die ver-hoging van lam- en speenpersentasies het. Speenpersen-tasies van kuddes by respondente wat van ekstensiewe na semi-intensiewe en intensiewe stelsels oorgeskakel het, het meer as verdubbel (van 65% na 140-220%). Die wins-gewendheid van skaapboerdery is direk gekoppel aan die speenpersentasie. Alhoewel daar ‘n verhoging in kostes is, is die wins as gevolg van die verhoging van speenpersen- tasie van so ‘n aard dat dit die toename in kostes regver-dig. Na aanleiding van die resultate wat verkry is uit die vraelyste, is die volgende berekening gemaak om die bru-to marge van verskillende stelsels te bepaal. ‘n Gemiddel-de speengewig van 32 kg met ‘n prys van R28/kg is aan-vaar. Produkpryse en insetkostes soos in Oktober 2011 is in berekening gebring. (Verwys na Tabel 1.)

Somer en wintervoeding bestaan uit plaasgeproduseerde voer en aangekoopte voer en lekke. Ekstra voeding word aan ooie voorsien voor en tydens dektyd om ooie te prik-kel. Tydens lamtyd word voedingsvlakke verhoog om vol-doende melkproduksie te verseker. In versnelde lamstelsels word hierdie voedingsvlakke aansienlik verhoog om ge-wigsverlies te voorkom om ooie in staat te stel om weer gouer gepaar te kan word. Die verhoging in direk toe- deelbare kostes van die ekstensiewe na die semi-inten-siewe stelsel beloop R200,85 (61%) per ooi en van semi-in-tensief na intensief R247,70 (47%). Die toename in kostes van ekstensief na intensief beloop R448,55 (136 %) per ooi. (Verwys na Figuur 2.)

Volgens die ondersoek is dit ekonomies volhoubaar om van ekstensiewe na semi-intensiewe en intensiewe skaap-boerdery om te skakel. Alhoewel die semi-intensiewe en intensiewe stelsels ‘n verhoging in winsgewendheid kan meebring, is die bestuur van die semi-intensiewe en inten-siewe stelsels verskillend en bring groot veranderinge mee.Bruto marge verbeter met R471,15 (186%) per teelooi van ekstensief na semi-intensief en met ‘n verdere R289,90 (40%) van semi-intensief na intensief. Die verbetering van ekstensief na intensief is R761,05 (300%) per ooi. Aangesien lammers vier tot ses weke vroeër markgereed is, bring dit ‘n besparing van kostes mee. (Verwys na Figuur 3.)

Die oorskakeling van ‘n ekstensiewe stelsel na ‘n semi-inten-siewe en intensiewe stelsel bring mee dat bestuur en be-heer beter toegepas kan word. Die respondente wat aan die studie deelgeneem het, is dit eens dat kuddebestuur in die semi-intensiewe en intensiewe stelsel meer effek-tief is. Rekordhouding ten opsigte van produksie van indi- viduele ooie is nou moontlik en probleme kan vroegtydig

Tabel 1. Beraamde bruto marge per teelooi van die verskillende stelsels

Figuur 2. Vergelyking van inkomste, uitgawes en bruto marge tussen die verskillende boerderystelsels

Figuur 3. Verbetering in bruto marge per ooi tussen die verskillende boerderystelsels

042

Page 45: Wat is jou VKB-aandeel werd?

geïdentifiseer en uitgeskakel word. Beter rekordhouding en die verhoging in lamfrekwensie dra ook by tot vinniger ge-netiese vordering. Wolinkomste speel ‘n belangrike rol om winsgewendheid van skaapboerdery te verhoog. Volgens die ondersoek beloop wolinkomste in ekstensiewe stelsels met ‘n 12-maande skeersel by dubbeldoelrasse soos die Merino en Dohne Merino R240 tot R300 per ooi per jaar, by vleis-wolrasse soos die SA Vleismerino R100 tot R150 per ooi per jaar en by die Dormer R70 tot R120 per ooi per jaar. In meeste semi-intensiewe en intensiewe stelsels word elke agt maande geskeer en wolinkomste is 15 tot 40% hoër as in ekstensiewe stelsels. Beter voeding en meer lammers dra by tot die verbetering in wolinkomste.

gevolgtrekking en aanbevelings uit die resultate van die ondersoek

• ‘n Stelselmatige oorskakeling van ekstensiewe skaap- boerdery na semi-intensiewe en intensiewe skaapboer- dery word aanbeveel. Op hierdie manier kry die boer die kans om die nuwe aanpassings te maak, sonder dat dit te veel energie en kostes verg en die arbeid word stelselmatig opgelei om by die nuwe stelsel aan te pas. Hier kan byvoorbeeld begin word om slegs die tweeling- of meerlingooie in lamkampies of lamhokke te laat lam, totdat die infrastruktuur van so ‘n aard is om alle ooie in lamkampies of lamhokke te laat lam.• Die gesondheidsprogram moet aangepas word om siek- tes te voorkom wat meer algemeen voorkom in semi-in- tensiewe en intensiewe stelsels. Skape wat op kleiner op- pervlaktes gekonsentreer word, is meer onderworpe aan parasiete en siektes en daarom moet ‘n veearts geraad- pleeg word om ‘n gesondheidsprogram uit te werk vir die spesifieke omgewing. • Met die oorskakeling van ekstensief na semi-intensief of intensief, moet die voerprogram aangepas word. Al die respondente in hierdie studie is dit eens dat voeding baie belangrik is om produksie en winsgewendheid te verhoog, met inagneming van die hulpbronne. Die bestuur van ooie met eenlinge en ooie met meerlinge moet aangepas word om voorsiening te maak vir ver- skillende behoeftes, daarom is dragtigheidsbepaling noodsaaklik. Hierdeur sal nie net verseker word dat die ooie presies die regte voer en aanvullings kry nie, maar

kostes word bespaar deur eenlinge en meerlinge heel-

temal apart te bestuur. • Die bestaande infrastruktuur van die boerdery moet so omgeskakel word, dat dit die minste kapitale uitgawe verg. Bestaande skure en afdakke kan vir die lamseisoen gebruik word en ná die lamseisoen weer vir ander ge- bruike aangewend word. Lamkampies moet so gespan word dat dit ook vir ander doeleindes op die plaas ge- bruik kan word. Dit word ook aanbeveel dat enige boer wat die omskakeling van bestaande infrastruktuur of die aanbou van nuwe infrastruktuur oorweeg, eers met an- der boere kontak maak, om inligting in te win oor wat werk en wat nie werk nie. Dit sal kostes bespaar en geen

onnodige infrastruktuur sal geskep word nie. Dit is belang- rik om te doen wat vir elke boer sal werk.

• Met die oorskakeling van ekstensiewe skaapboer- dery na semi-intensiewe of intensiewe skaapboerdery is dit ook belangrik om versnelde lamstelsels te gebruik. Op plase wat oor hulpbronne soos besproeide weidings en/ of graan beskik, is dit fisies en ekonomies baie makliker om die omskakeling te doen in vergelyking met skaap boerdery wat net op veld aangewese is. Keuse van die lamseisoene sal deur die voervloeibeplanning en wei- dingbeskikbaarheid bepaal word. Die verhoging van lampersentasie, speenpersentasie en bemarkingsper- sentasie is die belangrikste faktor wat winsgewendheid beïnvloed. Die semi-intensiewe en intensiewe stelsel kan vergelyk word met presisie-saaiboerdery. Hier kan bestuursaksies met “presisie” uitgewerk en beplan word. Dit vereis ‘n hoë vlak van bestuursinsette, maar bring mee dat winsgewend-heid verhoog word. Met die tegnologie wat ons vandag tot ons beskikking het, kan die omgewing sonder veel in- spanning verander word. Nuwe praktyke is slegs geregver-dig indien dit oor die langtermyn ekonomies volhoubaar is. Die uitdaging is om winsgewende praktyke toe te pas en produkte teen ‘n laer prys as wêreldmarkte te produseer, asook kwaliteit en volumes te verhoog om internasionaal te kan meeding. Die stryd in skaapboerdery teen roofdiere, diefstal en die natuurelemente sal nie gewen word om meer van dieselfde te doen en ander resultate te verwag nie. Volgens die ondersoek is daar boere wat reeds tot ‘n groot mate daarin slaag om die beperkinge te oorkom en winsgewendheid van skaapboerdery na ‘n ander vlak te neem.

043

Page 46: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Voersorghum is puik as veeldoelige somerweidingdeur Jan Coetzer

Produkbestuurder: Voergewasse: Pannar

Ten einde genoegsame voer te produseer, is voersorg-hum ʼn uiters waardevolle voergewas. Dit kan op verskeie maniere benut word, naamlik as kuilvoer, staandehooi, sny en voer of weiding. Die gebruik van weidings- en vo-ergewasse as hulpmiddel om veeboerdery te optimaliseer, is nie nuut nie. Die rol daarvan is op menige plaas onont-beerlik vir volhoubare en ekonomiese diereproduksie. Dit kan hetsy as intensiewe voergewasse, ʼn aanvullende voe-dingsbron tot beskikbare veldweiding, die oorwinter-ing van diere of as afrondingsvoer aangewend word. Dit geld vir ekstensiewe lae reënvalgebiede waar voerge-wasse grootliks as weiding en ʼn voerbank gebruik word, tot intensiewe diereproduksiestelsels waar die benutting van smaaklike voergewasse met hoë weidingskapasiteit vol-houbare produksie bevorder.Waar dit om die keuse van ’n geskikte voer- of weidings-gewas vir ’n spesifieke doel gaan, het die produsent nie tyd om met verskillende kultivars te eksperimenteer nie. Met ’n wye spektrum gewasse en kultivars, wat almal ’n plek in strategiese voervloeibeplanning binne verskillen-de produksiestelsels en onder uiteenlopende klimaats- en grondtoestande verdien, kan Pannar produsente help om

die keuse van voergewasse te vergemaklik sodat dit aan die produsent se behoefte voldoen. Omdat plase, boerd-erypraktyke, hulpbronne en die veefaktor op plase verskil, is daar geen enkele oplossing vir voervloeibeplanning wat oral ewe geslaagd toegepas kan word nie. Ook ander gewasproduksies wat deel van ’n produsent se gediver-sifiseerde boerderyvertakkings uitmaak (soos mieliepro-duksie) en waarvan oesreste deur vee benut word, het ’n invloed op voergewasse wat die beste by ’n stelsel sal in-pas.Met voervloeibeplanning is daar grootliks twee aan-plan-tingstye per jaar, naamlik in die lente en herfs vir somer- en winterweiding onderskeidelik . Per streek kan hierdie vestigingstye na weerskante strek om die tydperk wanneer voer benodig word te dek. Die tyd van aanplant-ing bepaal die tyd wanneer voer beskikbaar sal wees. Doeltreffende voervloeibeplanning bestaan daaruit dat vo-ergewasse wat onder spesifieke toestande gaan werk om die goedkoopste voerbron binne ʼn gegewe boerdery-stel-sel te gee, bepaal moet word. Met Pannar se volledige en bewese pakket produkte, van intensiewe groenvoer tot by hooigewasse, is dit moontlik om voervloeistelsels vir

Page 47: Wat is jou VKB-aandeel werd?

haas enige praktyk vir diereproduksie saam te stel. Onder meer ekstensiewe produksiepraktyke is dit meer gerig op die gebruik van veral voersorghum, basterbaba-la en subtropiese voergewasse wat onder semi-intensiewe toestande verbou word. Hierdie gewasse is veeldoelig. Deur die regte baster te kies, kan dit vir beweiding of aan-wending as dubbeldoelgewas waar dit een keer gesny of bewei word en dan gelaat word om uit te groei, om as staandehooi- of kuilvoerdoeleindes gebruik te word. Be-weiding geskied wanneer die weiding ongeveer 75 tot 100 cm hoogte bereik en behoort tot ongeveer nie korter as 25 cm hoogte bewei te word nie vir goeie hergroei.Hoë gehalte hooi is veral waardevol as voedingsbron vir die oorwintering van diere, maar vervul ook ʼn belangrike rol as voedingsbron en ruvoer by die afronding van vee/intensiewe veeproduksie. Onder hierdie reeks gewasse is tef (Eragrostis tef) sekerlik dié bekendste, maar dit sluit ook meerjarige subtropiese grasgewasse soos Oulandsgras (Eragrostis curvula), Smutsvingergras (Digitaria eriantha), Witbuffelsgras (Panicum maximum) en Rhodesgras (Chloris gayana) in.Die aanwending van voer- en weidingsgewasse kan groot-liks in twee kategorieë verdeel word. Die eerste is ten op-sigte van normale onderhoud en meer ekstensief van aard.

in hierdie geval gaan dit daarom dat na die algemene wel-syn van ʼn kudde omgesien word en waar die boer nie te veel geld hoef te spandeer om die diere in goeie kondisie vir optimale prestasie te behou nie.Tweedens gaan dit direk om intensiewe stelsels waarby hoogproduserende diere, soos by melkproduksie of die afronding van diere vir bemarking betrokke is. in laasge- noemde geval, mits hulpbronne voldoende is, kan diere meer intensief gevoer word om produksie en gevolgllik winsgewendheid te verhoog.

Kontak Jan Coetzer : 082 779 4535 vir meer besonderhede.

045

Page 48: Wat is jou VKB-aandeel werd?

PierreJacobs is soveel meer as net voorsitter

deur Delene Snyman ...................

Pierre Jacobs is in 2011 as voorsitter van NTK se direksie verkies toe Herman Vercueil die tuig na bykans 40 jaar neergelê het. Dit was ʼn pos wat hy met vertroue kon vul aangesien hy toe reeds etlike jare op die direksie gedien het, hy reeds jare lange lid van NTK was en omdat hy voorheen vir 23 jaar werksaam by NTK was, onder andere as hoofbestuurder: produkte en nywerhede. Pierre is sedert 1995 melkboer op sy plaas, Pontenilo, beskik oor ʼn B Com-graad wat hy by die destydse PU vir CHO verwerf het, en is getroud met Janet, wat vierkantig aan sy sy staan en saam met hom werk. ʼn Beter getuigskrif vir ʼn voorsitter vir NTK se direksie sal jy nêrens kry nie! Boonop het Pierre se seun Jan-Hendrik en dié se vrou, Hanlie, onlangs voltyds by die boerdery betrokke geraak. Dit beteken Pierre het tyd om aan NTK se sake aandag te gee. Gelukkig, sê hy, is dit nie te veel van sy tyd nie, want NTK word goed bestuur. Die goeie resultate wat NTK getoon het, is ʼn bewys daarvan.

BoerderyPontenilo is een van die min melkerye in die omgewing wat melk en self die melk verwerk. Hulle verkoop ook joghurt, room, maaskaas, botter en vrugtesap. Omdat die water van die plaas so suiwer is, gaan hulle binnekort ook water bottel en verkoop. Toe Pierre in 1995 besluit om melkboer te word, het hy nie veel van die bedryf geweet nie. Deur harde werk, ure en ure se opoffering het hy die bedryf leer ken. Kort voor lank was hy betrokke by die stigting van die Melkprodusen-teorganisasie, lid van Melk SA, betrokke by die Boer van die Jaar van MPO en het hy op verskeie komitees gedien.

Intussen moes daar twee maal per dag gemelk word op die plaas, moes die boerdery bestuur word, weiding geplant word en duisend en een ander dinge gedoen word.Gelukkig het hy vir Janet aan sy sy gehad. Sy studentelief-de, wat ook B Com studeer het, saam met wie hy drie seuns grootgemaak het en wat rotsvas langs hom gestaan het en ewe hard gewerk het. Die ure in die dag was te min vir al die werk, vertel hulle. Daarom was dit ʼn welkome verligting toe Jan-Hendrik en Hanlie by die boerdery aansluit. Nou woon Pierre en Janet by Die Oog op Naboomspruit, maar in die week boer Pierre nog volstoom saam. Die kwaliteit van Pon-tenilo se produkte is advertensie genoeg vir die Jacobse. Hulle lewer in Nylstroom, Warmbad, Naboomspruit en selfs wyer. Daar word geproduseer en verwerk vir die bestaande mark.

Die plaasDaar is ʼn ryke geskiedenis wat aan die plaas Modderfontein gekoppel word. Die plaas het behoort aan Gerhard Moer-dyk, argitek van die Voortrekkermonument. Die graf van hom

en sy vrou is ook op die plaas te vind. Gerhard Moerdyk het sy inspirasie vir die ontwerp van die Voortrekkermon-ument van Kranskop, die bekende berg van Modimolle, gekry. Van die voorstoep van die huis af het jy ʼn pragtige uitsig daarop en is die ooreenkoms ooglopend.

Van die marmer wat in die monument gebruik is en dalk in die proses gebreek het, is ook gebruik in die woonhuis waarin Pierre en Janet tot ʼn jaar gelede gewoon het en waar Jan-Hendrik en Hanlie nou woon.

Irma Joubert, bekroonde skrywer, se trilogie, waarvan die eerste Anderkant Pontenilo, speel juis in die omgewing af. Sy was ʼn nooi Moerdyk. Van Moerdyk se sonwysers om die opening in die dak van die Voortrek-kermonu-ment te bepaal wat op 16 Desember die son deurlaat, is steeds op die plaas te sien. Voorwaar ʼn ryke geskiedenis

Pierre en Janet Jacobs

Gerhard Moerdyk en sy vrou se graf is nog op die plaas.

046

Page 49: Wat is jou VKB-aandeel werd?

NTKPierre is vas oortuig dat dit die regte besluit was om die pad saam met VKB te stap. Juis omdat albei organisasies in die hande van die produsente is, en produsentebeheer die uit-gangspunt is, is daar sinergie.

Die volgende is ʼn aanhaling uit sy voorsittersverslag: “Die direksies van VKB en NTK het gedurende Februarie 2012 ʼn gesamentlike strategiese vergadering te NTK-hoofkantoor gehou. Die besture van beide ondernemings het vooraf hulle strategiese beplannings gedoen en voorgelê aan die direksies. “Baie interessante besprekings het plaasgevind wat absoluut aanvullend tot beide ondernemings was.

“NTK se gedifferensieerde boerderye en vyf verskillende bevolkingsgroepe verskil baie van dié van VKB. Dit was egter baie sinvol om die verskille tot voordeel van beide organisasies te beredeneer en te benut.

“Soos verwys deur mnr. Koos van Rensburg, hoof- uit- voerende direkteur van VKB, ‘VKB se betrokkenheid by NTK het ʼn kwantumsprong in terme van kritiese massa vir VKB beteken’.

“Daarom, word weereens beklemtoon, is ons nederig en afhanklik dankbaar vir die pas afgelope jaar se resultate en die vordering wat nou reeds ervaar word met die nuwe jaar se doelwitbegroting vir NTKLA tot 2013.”

Die mens Pierre was vir talle jare betrokke by die Waterberg-kom-mando, ook as bevelvoerder. Dit is miskien waarom hy dis-sipline so hoog aanslaan. Hy het ook stoei afgerig en was self ʼn befaamde stoeier. Sy seuns het provinsiale kleure in hierdie sportsoort verwerf.

Hy en Janet het drie seuns en ses kleinkinders. Behalwe vir Jan-Hendrik en Hanlie wat saam boer en drie kinders het, is Pierre jnr. bestuurder van NTK se meules. Hy is getroud met Natasha en het een seun. Sarel en Sonja het twee kinders en boer in Nieu-Seeland.

Maar by uitstek, bó alles en vóór alles is Pierre en Janet Christenmense wat daagliks in afhanklikheid voor die Here staan.

Die huis wat deur Gerhard Moerdyk, argitek van die Voortrekkermonument, gebou is.

ʼn Kunstenaarsvoorstelling van Kranskop047

Page 50: Wat is jou VKB-aandeel werd?

PlaasmoordeEk was bevoorreg genoeg om on-langs die bekendstelling van die do-kumentêr War of the Flea by te woon. Ek weet plaasaanvalle is nie iets wat onbekend is aan Suid-Afrikaners nie, maar om die impak van plaasmoorde en mense se stories só uitgebeeld te sien, was vir my skokkend.Die storie handel oor verskeie mense wat in plaasmoorde dood is. Dit begin en eindig met Willemientjie Potgieter (2) en haar ouers wat in Desember 2010 op die plaas Tweefontein in die Lindley-omgewing vermoor is. Ver-skeie bekendes en kenners gee ook in die dokumentêr hul mening oor die uitwerking van plaasmoorde op die samelewing. Teen die einde word die name gewys van die meer as 3 000 boere wat sedert 1994 in Suid-Afrikavermoor is. Baie mense in die gehoor het bevestig dat hulle mense op daardie lys geken het.Ernst Roets, uitvoerende adjunkhoof van Afri¬Forum, het die volgende gesê: “Dít wek die indruk dat boere se veiligheid nie vir die regering belangrik is nie, maar die regering is bereid om die diefstal van koperkabel, renoster- stropery en bendegeweld as misdade te prioritiseer. Die regering se houding is dat plaasmoorde nie ’n prioriteit is dat boere aangeval word, maar dit

moet steeds binne die breër beskry-wing van moord bly. Ons sê nie boere is meer spesiaal as ander mense nie. Maar daar moet gekyk word na die groot getal plaasmoorde, die geweld wat daarmee gepaardgaan en dat dit nie vergelyk kan word met die buit wat daaruit gekry word nie en die be-langrike rol wat boere het rakende werkskepping en die verskaffing van voedsel.” Rian van der Walt het gesê hy het die dokumentêr gemaak omdat mense die feite moet weet.Tog, het Van der Walt gesê, is dit asof mense nie wil weet nie.

Afriforum het reeds hulle “Een Dosyn Projekte teen Plaasaanvalle” bekend-gestel. Dit behels die volgende punte:1. Bewusmaking – plaaslik en interna- sionaal2. Betrek meningvormers onder wie kriminoloë, kunstenaars, akademici, ensovoorts3. Stig gemeenskaplike veiligheidsnet- werke en maak mense meer betrok- ke4. Doen navorsing oor plaasmoorde5. Werf steun onder ander instansies6. Regstrategie7. Stryd teen haatspraak8. Voorbereiding vir internasionale veldtogte9. ‘n Nasionale dag van protes waar- tydens ‘n memorandum aan min- stens 100 polisiekantore oorhandig sal word10. Skakeling met die SAPD11. Plaaslike betogings12. Verleen bystand aan slagoffers van plaasaanvalle

Daar is ook ‘n paar wenke wat ons as boere kan volg om ons veiliger te maak:

1. Indien jy troeteldiere het, maak seker jy sien hulle voor jy jou huis be- tree en laat die diere ook voor jou in die huis gaan.2. Ry altyd om die huis indien moont- lik (soms twee keer as jy nie dadelik tevrede is nie), en maak seker alles is in orde.3. Sluit jou hek op ‘n sekere manier

waarvan net jy en jou huisgesin weet. As daar byvoorbeeld ‘n ketting aan die hek gebruik word, besluit in watter ringe jy die slot gaan druk en maak se-ker dat die hele gesin dit elke keer so doen. As jy sien dat dit nié só gesluit is nie, bel iemand om op bystand te wees vir ingeval iets nie reg is by die huis nie.4. Buiteligte, veiligheidshekke en dief-wering en alarmstelsels is onontbeerlik vir julle veiligheid, ook as dit kom by diefstaleise. Sorg ook dat al hierdie veiligheidsmaatreëls gereeld nage-gaan word om te verseker dat dit nog funksioneel is. Kyk gereeld dat die ligte werk, die hekke en diefwering nog stewig is en toets die alarmstelsel van tyd tot tyd. 5. Vir vroue wat alleen by die huis of in die motor is, is ’n spuitkannetjie steeds ’n goeie wapen, maar dit gaan nie help as dit in jou sak of kas is nie. Hou dit te alle tye byderhand. ’n Skok- masjien is ook baie nuttig.6. Bêre jou messe op alternatiewe plekke; nie in die normale laaie in die kombuis nie.7. Hou altyd noodnommers heel bo-aan jou lys van kontakte op jou sel-foon.8. Hou deure gesluit al is dit in die dag.9. Dit is baie belangrik om goeie ver-houdinge tussen die werknemer en werkgewer te handhaaf. Aansporings-bonusse vir en billike behandeling van jou werknemers kan tot albei se voor-deel wees.10. Maak ’n gewoonte daarvan om as julle by mense of saam met mense gekuier het, af te spreek dat julle hulle sal bel as julle by die huis aankom. Hulle sal dan weet om julle oproep binne ’n bepaalde tyd te verwag en kan dan gaan ondersoek instel as hulle nie van julle hoor nie, of nie antwoord kry as hulle júlle bel nie.11. As julle wél oorval word, moenie probeer om julle teë te sit nie. Dit maak die aanvallers net nog meer aggressief en is amper ’n waarborg dat julle dan seerder gaan kry of selfs vermoor word vir julle voertuie, wapens of kontant. Jou aardse goed is in elk geval verse-ker en nié ’n lewe werd nie!

Hoe veilig is ons, en hoe beskerm jy jou gesin daarteen?deur Hannelie Cronjé

048

Page 51: Wat is jou VKB-aandeel werd?

PlaasmoordeBoodskap van Steve

Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was ... Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:

‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel omdat jy skelm is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volle-dig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie. Ons voorouers wat die oorlog en die konsentra-siekampe oorleef het, het na die doodse- lee-gheid van vernietigde plase teruggekeer - uit-gehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderduk-kers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skoleafgebrand en geweld gepleeg nie. Hulle het hard geleer, hulle eie CVO-skole gestig en uitein-delik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie. ‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik ge-noeg behandel nie - ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie. Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikaner-mynwerkers absoluut geen regte gehad nie en moes hulle hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uit-gemoor nie.

‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat ie-mand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie - ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in. En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as ag-terblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toe-koms los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie ...Steve.

Ma van 2 in plaasaanval doodgeskiet

Vrou op plaas doodgesteekVerdagte nog in hospitaal na plaasmoord

Plaasaanval: Regter sou doodstraf gee

Motief vir bejaarde boer se moord 'onbekend'

Boervrou dalk verlam na aanval

Jong vrou op plaas doodgeskiet

Boer vermoor, vrou kritiek na plaasaanval

Boer se verminkte lyk in plaashuis gevind

Boer se verminkte lyk in plaashuis gevind

049

Page 52: Wat is jou VKB-aandeel werd?

StinnieStinnie...is ‘n ware inspirasie vir almal rondom haar

geken het. “Ek het besef dat ek so gou moontlik by een of ander aspek van die boerdery betrokke sal moet raak. Ek het ’n skaapinseminasie- kurses bygewoon, by Unisa ingeskryf vir ’n boerderybestuurkursus, en sta-dig maar seker die naam ‘boervrou’ probeer waardig raak. Ek wou immers nie net die vrou van ’n boer gewees het nie. “Vir ongeveer vier jaar het ek al ons ooie geïnsemineer en so het my liefde vir skape ontstaan. Om lammertjies, wat vir een of ander van die baie oorsake wees raak, as hanslammers groot te maak, is baie tydrowend en geen boer het die tyd of geduld daarvoor nie. Ek het dit as ’n geleentheid gesien om my liefde vir skape uit te leef. Dit was ook ’n heerlike gemeenskaplike belangstelling van my en my kinders toe hulle klein was. Dit het hulle toegewydheid en verantwoordelikheid geleer, en ook hulle liefde vir diere ontwikkel.”Net soos wat sy vir haar kinders deur middel van die hanslammers met sorg en toewyding geleer het, het sy hulle ook die ander lewenslesse ge-leer. “Ek dink nie daar is regtig ’n resep om kinders groot te maak nie – dit sou ons taak as ouers te maklik gemaak het – maar ek dink daar is tog basiese pi-lare waarop enige verhouding gebou word. Ons het probeer om die belan-grikheid van aspekte soos we-der-sydse respek, liefde, eerlikheid te alle tye, liefde vir die natuur en ’n oop gesprekskanaal vir ons kinders (twee seuns, Orgie en Jannie) as onontbeer-like boustene in enige mens se lewe te beklemtoon. Ek weet dit klink na ‘n cli-ché, maar vir ons het dit gewerk – ons is ongelooflik trots op ons kinders.” Stinnie en haar man, Jannie, het twee kleinkinders, wat die appels van Oupa en Ouma se oë is.“Soos vir elke oupa en ouma is ons kleinkinders die diamante in ons kro-on. My vriendin sê nou die dag as sy geweet het dit gaan so lekker wees om kleinkinders te hê, het sy met klein-

kinders begin voor sy kinders gehad het!,” vertel Stinnie laggend.“Op ons ouderdom weet mens egter dat kwantiteittyd besig is om uit te loop en probeer ons om soveel moontlik kwaliteittyd met ons twee kleinkinders te spandeer. Ons is bevoorreg dat hulle net 20 km van ons af woon. “Ek hou met hulle piekniek langs die plaasdam waar die flaminke elke jaar vir ’n paar maande kom bly. Ons kyk graag saam voëls en ek het ’n spe-siale voëlvoerdertjie waar ek hulle voëltjies leer identifiseer. Ons hou ge-heel en al ’n lysie van elke voëltjie wat ons sien. Jannie, ons kleinseun, melk my Saanenbokke en braai lamsterte saam met sy oupa.” Stinnie se liefde vir haar skape en die hanslammers het ook nog nooit getaan nie. Sy voer steeds hierdie arbeidsintensiewe taak uit en vertel heel opgewonde oor die 84 hanslammers wat vanjaar onder haar versorgende hande deurgeloop het. “As mens ’n som maak, beteken dit 84 lammers wat drie keer per dag elkeen 500 ml melk per keer drink – dit beteken 125 liter melk per dag! Ons het halfsewe elke oggend begin melk. Roslina, my stalhandlanger, en ek het vir elke lam drie 500 ml Coke-botteltjies vol melk gemaak – vir die oggend middag en aand. Ek het so ’n raam laat maak waarin ons hulle ses-ses op ’n slag laat drink het. Dit het ons byna die hele dag besig gehou! Namate hulle groot geword het en goed begin vreet het, het ons hulle net twee keer per dag melk gegee. In die hele tyd het ek net drie lammertjies verloor. ”Nadat die lammers gespeen is en ek die botteltjies weggepak het, het hier weer 11 hansies aangekom huis toe. Half moedeloos het ek die proses herhaal – gelukkig dié keer net vir 11 lammers. Ek het hulle met Coke-botteltieties groot begin maak. “’n Jaar gelede het ek vier Saanen-bokooie en ’n ram gekoop (Zuma) met die uitsluitlike doel om hanslammers aan hulle groot te maak.

“Ek drink graag rooiwyn (té graag), ek is verlief op Theuns Jordaan en dus versot op sy musiek, ek luister baie graag na Chopin se ‘Polonaise’, ek kry hoendervleis as ek na Roger Federer se foto op my bedkassie kyk, ek merk elke oggend die dae af tot dit weer Kersfees is en ek leef vir my verjaarsdae met my vriendinne.” Dít is wat Stinnie du Plessis van Villiers sê as jy haar vra om haarself in ’n paar woorde op te som. Wat ‘n wonderlike CV is dit nie vir ’n mens nie? Ek ontmoet vir Stinnie op ’n wintersog-gend toe ek by Villiers op hulle plaas Gretna Green gaan kuier het. Ons kui-er heerlik saam op hulle plaas, en ek ry daar weg en dink dat dit een van daardie mense is vir wie ek graag as vriendin sou wou hê. Stinnie vertel toe sy as jong vrou – “byna 40 jaar gelede” – op die plaas gaan woon het, sy skaars die verskil tussen ’n skaapram en ’n skaapooi

050

Page 53: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Zuma het sy naam gekry omdat hy, sonder enige voor- of afkeure, vrouens tot sy harem bylas,” skater Stinnie. “Hy het kinders by Saanen-bokke en is nou besig om ’n splinternuwe geslag tot stand te bring onder die ango-rabokke. Jannie noem hulle Sango-ras – ’n mengsel van Saanen- en an-gorabokke! Die Saanen-bokke het gelam en twee het tweelinge gehad. Ek het egter die ooie verloor en moes die Saanen-bokkies tot my wees- huis toelaat. Daar het twee ango-ra-lammetjies ook kom aanklop asook nog een skaaplammetjie. Nóg twee Saanen-bokkies het gelam en ek het besluit om twee angoratjies en een hanslam aan die Saanens te laat drink, maar met die twéé tweelinge was ek met my hande in my hare.“Jannie het ’n Jersey-versie, wat pas gekalf het, stal toe gestuur om gemelk te word en gesê ek moet probeer om die vier Saanen-lammers aan haar

te laat drink aangesien sy kort, dun speentjies het. Die Saanens het onmid-dellik aan haar gedrink en sy het hulle sonder teëspraak aangeneem.” Dit lyk dus of die hele plaasgemeenskap – mens én dier – alles sal doen om me-kaar te help. Hier word die plaasdiere ook maar soos eie kinders behandel. Behalwe vir Zuma met al sy streke, is daar ook Margarite met ’n storie van haar eie.“Verlede jaar September het Jan-nie ’n kalfie huis toe gebring wat al ’n paar dae sonder melk was. Haar ma het haar as wees in die veld agtergelaat. Die werkers kon haar ma nie opgespoor kry nie en het haar vir my gebring om te probeer red. Ek het haar Margarite genoem en haar be-gin melk gee. Sy is nou een jaar oud, dragtig en drink steeds elke oggend haar tietie met 2 liter melk in. Sy rea-geer as ek haar roep en vir my lyk dit of sy vir my lief is!” Hoe dan anders met

’n mens-ma wat so mooi sorg?“Jannie ondersteun my ‘boerdery’ ten volle, en wanneer die dag van afre-kening kom (speendag), steek hy sy hand diep in sy sak!” vertel sy trots. Stinnie het net een stokperdjie. “Die léwe is vir my ’n stokperdjie. Ek LIEF die lewe!!!! Ek maak my eie botter, bak my huis se brood, doen laslappies, maak my eie tee met kruieblommetjies wat ek uit my kruietuin droog, kuier met my vriendinne en lééf die lewe. Dit is my stokperdjie. “En my man is my mentor – sy liefde vir sy boerdery, sy onvoor-waardelike lojaliteit, sy integriteit – ek bewonder hom!” Stinnie sluit af met hierdie mooi ge-dagte: “Ek hou daarvan om die vol-gende te lees wat Jeremy Nicholas skryf: ‘By the cigars they smoke, and the compossers they love, and the wine that they drink, ye shall know the texture of men’s soul’.”

Jy sê jy wil boer my seun ... Diets Meiring

Dan moet jy die insig hê van ’n profeetom van probleme wat gaan kom te weetvoorgevoel soos ’n reënvoël wat met sy kreetvertel van die reën voor jou FM dit weet ...

slim moet jy wees soos ’n geniewéét wie om te glo en wie nie,na agente te luister en daaruit te leeras wat hy sê reg is en te ignor-eer as dit maar net verkoopteg-niek is.

Rég om te besluit en uit te voer, dit my seun, maak ’n goeie boer.

Jy sê jy wil boer, my seun ...Dan moet jy goeie arbeid kan hou,hy vir jou en jy vir hom vertrouhy moet gelukkig wees om hard te werksy maag moet vol weessy spiere sterken al hoort hy ook aan ’n ander rasmoet jy hom goed oppas.

Jou mense moet op jou steun, as jy wil boer, my seun.

Jy sê jy wil boer, my seun ...dan moet jy alles doen en alles kanmielies plant en drade spanvroegdag al met ’n kennersoor die foute in jou trekkers hoorjou ploeë in kan stel en skape foutloos telkan stap oor berg en dalen beeste uit die modder haaljy moet kan begryp en leer van stel en kalibreer.

My seun, ’n boer moet alles kan en wil, moet handig wees en slim.

Jy sê jy wil boer, my seun ...dan moet jy soos ’n wonderw-erk, foutloos met geld kan werkom te geniet en ook te konsol-ideergoeddeurdag te beplan vir meersodat jy nie more agterbly om-dat jy onder ’n skuldlas ly.

Jy moet kan bid en hoop, kan belê en koopmet jou hoed in die hand jou goed gaan verpand ... as jy moet ...

en al voel jy lus om te skree na ’n misoes of tweemoet jy hoopvol blynog ’n oes in kan kry en weet hoe om te eet en te leef asof armoede nie kleef.

Jy moet bedrywe se winste kan meet en alles van alles af weetwanneer en wat om te koop en te verkoopwanneer om te spaar al is dit hoe swaar.Jy moet alles van geld af weet as jy wil boer, my seun.

Jy sê jy wil boer, my seun ...Dan moet jy ’n multikundige wees, plantkundige, deskun-dige, grondkundige en meerJy moet weet van plante en bemestingvan diere en vetmestingonkruid en onkruiddodersvan insekte en insektedodersvan gewasse en planttyevan nou- of wye ryevan siektes in diere en plantevan tekorte in al jou landeJy moet baie leer as jy wil boer, my seun.Jy sê jy wil boer, my seun ...dan moet jy lief wees vir die natuurna duiwe kan luister in die og-

genduurjy moet lief wees vir die reuk van grond,vir die gebulk van ’n beesvir windgolwe oor koringlandevir tarentale op die mielielande.

Jy moet lief wees vir die Skep-per en Sy SkeppingJy moet kan lag as die aarde juig en kan huil as alles om red-ding hyg.

Jy moet een wees met alles om jou, as jy wil boer, my seun.

Jy sê jy wil boer, my seun ...Dan moet jy kan bid, my seun ...As die hael oor jou lande dreunAs jou hoop op redding verd-wynAs jou veglus in jou kwynDan moet jy vol moed op kan kykBerustend, vol vertrou en verryk.

As jy dít kan doen, my seun ... is jy ’n boer in murg en been.

Ek het vir Jannie gevra of hy raad het vir jongboere:

051

Page 54: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Kweek jy dalk heel onwetend ’n giFPOT in jou tuin?deur Hannelie Cronjé

Met die lente in die lug is baie van ons weer begeesterd om in die tuin te gaan woel en die laaste winterkoue te verdryf met vrolike bosse blomme. Ons kry by mekaar steggies en plantjies, en ons kuier Saterdagoggende by die kwekerye, en ons vra raad oor plaag- en onkruidbeheer, maar hoeveel van ons dink daaraan dat daar soms in van die mooiste blomme en bome die grootste gif skuil?Volgens die webtuiste www.Mie-li-estronk.com is daar sowat 20 000 plantspesies in Suid-Afrika en meer as 300 daarvan is giftig en baie daarvan is tuinplante – plante waarmee jou kinders en troeteldiere in aanraking kan kom en wat hulle dood kan ver-oorsaak. Meeste van ons weet om versigtig te wees vir die selonsroos (Nerium oleander), wat ’n paar jaar gelede deur wetgewing verbied is, en ook vir seringbome se geel-oranje bes-sies, maar het jy geweet dat selfs aronskelke se sap jou keel kan laat toe- swel sodat jy kan versmoor? En sianied, wat in appelkoospitte en amandels voorkom, het al talle sterftes veroorsaak.Selonsrose is een van die giftigste plan-te wat ons ken. Dit is ook nie net die blomme van hierdie bome wat giftig is nie; elke stukkie van die plant kan jou dood veroorsaak. Selfs om vleis te braai met hout van die selonsroos kan jou dood veroorsaak as jy die rook inasem. Op Mieliestronk verwys hulle selfs na ’n geval waar heuning wat van die blomme gemaak is, mense se dood veroorsaak het. “Mense wat daardeur vergiftig word, ontwikkel dieselfde simptome as by ’n oordosering van digoksien, ’n be- proefde middel vir hartversaking,” sê die bron. Simptome waarna ’n mens moet oplet, is aptytverlies, naarheid, diarree, stadige pols en jou hartklop wat aangetas word. Daar is wel se-kere teenmiddels waarmee dit be-handel kan word as jy gou genoeg by ’n dokter uitkom en kan spesifiseer dat jy deur dié plant vergiftig is. By die se-ringboom (Melia azedarach) is die

bessies die giftige deel, maar nie alle seringbome is ewe giftig nie. Simp-tome wissel tussen ongesteldheid van die spysverteringskanaal of stuiptrek-kings. Die behandeling wat vir dié soort vergiftiging toegepas sal word, sal maagspoeling behels. Op vlooimark-te kry ’n mens soms sulke stringe in-gerygde rooi-en-swart saadjies, ook bekend as geluksbone. Dit is die saad- jies van die Abrus precatorius. As ’n mens hierdie saadjies kou, speel jy ook met jou lewe. “Nog ’n boontjie wat doodonskuldig lyk, maar blykbaar ’n wolf in skaaps-klere kan wees, is die wolfsboontjie, ook genoem lupine (of lupien),” lui dit op Mieliestronk. “Dit is ’n peuldraende jaarplant, waarvan die blou, geel, wit en pers blomme al menige blomtuin verfraai het, en as peulgewas is dit in-derdaad nuttig om vry stikstof te bind en sodoende die grond te verryk. Maar hoewel dit ook as veevoer ge-bruik word, het wetenskaplikes reeds in die 1960’s begin besef dat drag-tige koeie wat op lupines wei, ’n be- duidend groter risiko loop om kalwers te kry wat aan die ‘mismaakte-kalf-sin-droom’ ly. Hierdie kalwers word ge-woonlik op die regte tyd gebore, maar hulle het dan ’n aantal afwykings, soos vervormde skedels en gesplete verhe-meltes.” Wees dus maar versigtig vir hierdie kalant.Die olieboom, of stinkblaar (Datura stramonium) is die plant wat vir die meeste gevalle van vergiftiging sorg. Baie tradisionele genesers gebruik skynbaar van hierdie plant in hul muti en skryf dié medisyne vir verskeie kwale voor. Stinkblaar sal jou mond en vel droog laat voel, want hy droog jou spoeg en slym op. Jou gesig sal rooi en warm word en jou polsslag sal versnel. Jy sal ook later sukkel om te urineer. “As vermoed word dat iemand deur stink-blaar vergiftig is, moet hy of sy so gou as moontlik by ’n noodeenheid soos vir atropienvergiftiging behandel word,” waarsku Mieliestronk. By van die an-der giftige plante vind ons dat net se-

kere dele van die plant gif dra, soos die blare van rabarber, terwyl die stele vir konfyt, stroop en nagereg gebruik word. Ook die gifblaar waarvan die blare giftig is, maar die vrugte word gebruik om magou te maak. Selfs ’n aartappelstoel dra die dood met hom saam – in sy blare en die klein vruggies wat bo die grond aan die plant sit en soos tamatietjies lyk.

052

Page 55: Wat is jou VKB-aandeel werd?

‘n Swamdoder snoeiwondmiddel vir die gebruik op rose, wingerde, struike en vrugtebome na snoei.

KUMULUS®WG‘n Waterdispergeerbare korrel swam-en mytdoder vir die beheer van sekere swamsiektes asook sekere myte en blaaspootjies.

STERISEAL

Kliëntediens: Tel: 0861 EFEKTO (333586) [email protected] www.efekto.co.zaAgro-Serve (Pty) Ltd t/a EfektoTM Reg. Nr. 1973/000868/07 Posbus 652147, Benmore, 2010

Kumulus®WG (Reg nr: L2404, bevat Swael 800g/kg) Steriseal (Reg nr: L4231, bevat ‘Busan 1009’ 10g/kg & 8-Hidroksikinoliensulfaat 10g/kg). Skadelik.

0305_Diepadsaam_Steriseal_Kumulus_A4.indd 1 2012/05/30 5:58 PM

Page 56: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Die pitte van appels, perskes, pruime en appelkose en ook amandels moet maar liefs in matige hoeveelhede geëet word, want volgens hierdie bron kan die sianied in hierdie pitte in jou bloed opbou en oor die langtermyn jou dood veroorsaak. “Maar hoekom sou juis sekere plante dan nou giftig vir mens en dier wees?” stel Mieliestronk die vraag. “Dit is natuurlik ’n verdedigingsmeganisme. Plante bevat dik-wels gifstowwe om roofvyande van hul blare, stamme, stingels en dinge weg te hou. “Wilde diere weet gewoonlik instinktief of uit dure ondervinding watter plante vir hulle giftig is, maar van hierdie gif beland wel soms in hul pense wanneer hul bi-etjies-bietjies daarvan vreet. Dan kan dit selfs infeksies doodmaak wat in die pense van die diere voorkom en ’n nuttige mediese doel dien! Dit lyk selfs soms of sekere diere die medisinale waarde van bepaalde plante besef! “Só was daar die geval van ’n wyfie-sjimpansee van Afrika wat siek geword het maar haarself, volgens een navorser, bewustelik en suksesvol laat gesond word het deur die bas van ’n sekere boom te vreet wat gewoonlik nie deur die ander sjimpansees gevreet word nie. Boonop smaak die bas sleg, het dit geen voedings-waarde nie en is dit giftig as baie daarvan geëet word. “Maar die siek sjimpansee het gesond geword – dank-sy die bas van die Vernonia amygdalina, wat volgens navorsers bestanddele bevat wat malaria en diarree beveg. Mense regoor die vasteland van Afrika gebruik dit juis daarvoor.” Dit kom ook as ’n verrassing dat die gesogte en gewilde broodboom die dood in sy blare dra. “Die vroulike broodboom se keëls lê in die kruin van die plant soos in ’n blarebak, en dié saad is vir die mens baie giftig. Dit is egter interessant dat die naam broodboom eintlik nie afgelei is van die plant se keëls nie, maar te doen het met die stam waarvan sekere swart mense vroeër ’n soort brood gebak het. Hulle het dit veral tydens droogtes gedoen wanneer kos skaars was.

054

Page 57: Wat is jou VKB-aandeel werd?

“Benewens die giftige saad is die plant self egter ook giftig. Om van sy gif ontslae te raak, is die pit van die stam fyngestamp en gemaal. Daarna is dit in ’n sak gesit en ’n paar weke begrawe om te gis. Uiteindelik kon dit soos ’n deeg geknie en brood daarvan gebak word, en dit is daar waar die volksnaam ‘broodboom’ vandaan kom. “Nog ’n giftige Suid-Afrikaanse plant wat wel geëet kan word, maar eers nadat dit korrek behandel is, is die wil-de amandel. Die ou Nederlandse nedersetters aan die Kaap het agtergekom dat die wilde amandel ’n belan-grike voedselbron van die Khoi-bevolking was. Tog het ’n Hollander gesterf nadat hy ook daarvan geëet het. “Die Hollanders het nie besef dat die Khoi die amandels eers vir ’n paar dae in ’n stroom water laat lê het om van die giftige blousuur ontslae te raak nie,” lees ons op hierdie webtuiste. Wanneer dit gebeur dat kinders of troeteldiere giftige plante inkry, of simptome soos naarheid, bewerasie, ’n seer tong en lippe, swelling van die mond of die dier se bek, swakheid, swaar asemhaling of diarree voorkom, en jy vermoed dat die kind of dier dalk met ’n giftige plant in aanraking was, neem die kind of dier en ’n stuk van die plant saam na die dokter of veearts toe sodat die bron van die gif geïdentifiseer kan word, en die nodige teenmiddel – indien beskikbaar – toegedien kan word.“Plante wat naarheid veroorsaak, is asaleas, paradysvoël, olifantore, spinnekopblom, klimop en vingerhoedjies.“Plante wat die bek laat opswel, ’n pynlike tong of seer lippe veroorsaak, is klimop en filodendron.”Plante wat ’n uitslag meebring, is poinsettias en ook kris-misrose,” aldus www.mieliestronk.com. Die spreekwoord sê voorkoms kan bedrieglik wees. Ook in die planteryk is dit van toepassing. Doen dus eers jou huiswerk goed voordat jy goedsmoeds ’n mooi plant in jou tuin inbring. Identifiseer ook die plante wat reeds in jou omgewing groei en maak seker dat nie een van hulle een van die 300 giftige plante is nie.

055

Page 58: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Toets jou borste gereeld om die groot K te keerDié maand is borskankermaand: die ideale geleentheid om in die mooiste,

mooiste maand die mooiste, mooiste deel van jou liggaam te ondersoek én op te pas.Karen Bain

* Die meeste knoppe in die bors is nie kwaadaardig nie en sommige is selfs hormonaal van aard, m.a.w. dit kom en gaan as deel van jou menstruele siklus.*Borskanker is van die kankers wat die beste op behandeling reageer.*Die meeste kwaadaardige knoppe word deur die vrou self opgespoor.*Vroue wat bekend is met die voor- koms van hul borste, sal baie makliker en vinniger afwykings raaksien.*Borskanker kan ‘n gunstige uitkoms hê vir vroue wat mediese behandel- ing ontvang aan die begin van enige verandering.*Dokters verwyder deesdae nie som- mer jou hele bors nie, maar probeer om eers net die kwaadaardige ge- deeltes uit te sny – dit word behou- dende chirurgie genoem.

Daar is ‘n hele paar irrasionele re-des waarom vroue nie gereeld hul borste ondersoek nie – een daarvan is ‘n vrees vir kanker. Waarom daar só geredeneer word, is egter onver-staanbaar. Verder is dit ook ongeluk-kig só dat baie dogters nie van jongs af geleer word om self hul borste te ondersoek nie, hoofsaaklik omdat hul ma’s skaam is om hulle te wys, of selfs net daaroor te praat. ‘n Vrou se bor-ste word ongelukkig te dikwels slegs as ‘n seksuele objek gesien, en daarom word hulle net vir verleiding gebruik, of heeltemal weggesteek en nooit aangeraak nie.

Indien jy een van die vroue is wat ook so oor jou borste voel, mag die vol-gende feite jou dalk motiveer om jou borste maandeliks te ondersoek.

056

Page 59: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Wanneer om ‘n selfondersoek te doen:

Daar is ‘n beste tyd vir alles, en so ook vir jou eie borsondersoek. Meisies moet omtrent vandat hul 18 jaar oud is, hul borste maandeliks ondersoek. In die tyd- perk voor menopouse is dit die beste om sewe tot tien dae ná die eerste dag van jou menstruasie jou borste te ondersoek: dan is dit nie so teer en geswel nie. Tydens menopouse kan jy ‘n spesifieke dag hê wat jy jou borste ondersoek, byvoorbeeld die eerste of laaste dag van die maand. As jy ouer as 50 jaar is en ‘n hoë risiko vir borskanker het, moet jy een keer ‘n jaar vir ‘n mammogram gaan, omdat ‘n mammogram knoppe kan opspoor nog voordat jy hulle kan voel.

Doen dit sóDit help nie jy vat net sommer ‘n bie- tjie, of was net deeglik met seep nie. Indien dit vir jou ‘n vreemde gedagte is, kan jy wel só begin om aan jou bor-ste te voel sodat jy aan jou eie borste se tekstuur gewoond kan raak. ‘n Volledige borsondersoek behels dat jy na jou borste kyk en aan hulle sal voel. ‘n Mens voel of palpeer jou borste op ‘n spesifieke manier: Gebruik die vingerkussings van jou tweede tot vierde vingers met ferm drukking en vloeiende bewegings sonder dat jou vingers opgelig word. Die borsweef-sel moet op die oppervlak sowel as in die dieper weefsels ondersoek word. Ondersoek jou weefsel vanaf die

kante van jou bors tot in jou armholtes. Daar is drie maniere om jou borsonder-soek aan te pak: voor die spieël, in die stort en op jou rug.

Voor die spieël:Jy moet jou borste op drie verskillen-de maniere voor die spieël bekyk: eers met jou arms langs jou sye, dan met beide arms in jou sye en dan met jou arms bo jou kop terwyl jy jou borsspiere saamtrek. Wanneer jy dit doen, kyk jy of jou borste simmetries is in grootte en vorm. Jou tepels moet regoor mekaar wees. Die oppervlak van jou borste moet glad wees, met geen dimpels, swelsels, of induikings nie. Druk jou are-ola (die gekleurde kring om jou tepel) en kyk of daar enige afskeiding voor-kom.

In die stort: Voel vir moontlike knoppe in jou bor-ste. Terwyl jou een arm bo jou kop is, voel jy met jou ander hand eers in jou armholte, en dan in ‘n sirkelbeweging oor jou bors. Om te verseker dat jy jou borste volledig ondersoek het, verdeel dit in vier denkbeeldige dele. Voel ook of jou kliere geswel is. Kankergewasse word meestal aan die boonste buite-kwadrant van die bors aangetref.

Op jou rug: Lê op jou rug en ondersoek die mid-delste area asook reg rondom die areola met jou vingers deur plat op jou bors te druk. Voel in konsentriese

sirkels, vanaf die buitekant na die bin-nekant van jou bors – volg ‘n denk-beeldige wielspeekpatroon. Daarna voel jy oor die areola, op die tepels asook die area wat vanaf die boonste buitenste kwadrant van jou bors tot by die armholte strek.

Besoek dadelik jou dokter as jy enige van die volgende tekens teëkom:

* Verandering in die vorm of grootte van jou bors* Dimpels of afskilfering van die vel* ‘n Knop of verdikking in die bors of onder jou armholte* Uitslag rondom die tepel* Tepel wat ingedruk lyk (retraksie) of afskilfering van die areola* Onverwagte tepel-afskeiding* Verandering in die kleur of gevoel van die vel van die bors of rondom die tepel* Verandering in die tekstuur van die vel op jou bors, soos ‘n lemoenskil voorkoms* Swelling, rooiheid of ‘n gevoel van hitte in die bors

Onthou:* Maak van jou borsondersoek ‘n gewoonte, sodat jy enige moont- like probleme vinnig kan ontdek. * Raak vertroud en gemaklik met jou borste: hoe gouer jy abnormaliteite opspoor en ‘n dokter gaan sien, hoe beter is die resultate met be- handeling.* Begin dié maand nog: moenie daarvan net nóg ‘n Nuwejaarsvoor- neme maak nie.

Borskanker is voorkombaar(www.cansa.org.za)

90% van kankergevalle is die gevolg van omgewings- en leef-stylverwante faktore (en dus dik-wels voorkombaar)

Tabakrook 29 – 31%Dieet 15%infeksies 10 – 20%(bv. Virusse & bakterieё) Besoedeling 10 – 20%Son 5 – 7%Beroep 2 – 4%Onaktiwiteit 1 – 2%

057

Page 60: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Abraham Kriel-Kinderhuisis deel van die Nylstroom-gemeenskap

deur Delene StrydomDie Abraham Kriel-kinderhuis (AKK) bied al sedert 1959 ʼn veilige vesting vir kinders van Limpopo en selfs elders in die land wat vir welke rede ook al nié by hul ouers kan woon nie. Ná die Boereoorlog is heelwat kinders wees gelaat. Die Groot Griep van 1918 en die droogte van 1933 het hierdie situasie vererger. Die kinderhuis op Langlaagte kon nie meer in die toename van weeskindres voorsien nie en die NG Kerk van Nyl-stroom het die nood van die kinders raakgesien en deur onderhandelings met die oprigting van die kinderhuis begin. NTK was deur die jare die kinderhuis goedgesind met skenkings en donasies, en op sy beurt doen die kinderhuis ook besigheid met NTK. Abraham Kriel-kinderhuis is sedert 13 September 1965 ʼn lid van NTK maar die omstandighede waaronder hierdie lidmaatskap bekom is, is aan albei partye onbekend. Fanie Lombard is die huidige hoof van die kinderhuis. Hy word bygestaan deur sy vrou, Gezina, wat as bemarker van die kinderhuis optree om fondse aan te vul. Die kinders woon in 15 onderskeie huise, elk met ʼn versorger wat na hulle omsien binne die huise. Dit bied ʼn meer huislike atmosfeer aan die kinders. Die huise word pragtig onderhou en die tuine is goed versorg. Dit lyk regtig pragtig by die AKK op Nylstroom.

Wie bly in die kinderhuis?Kinders word deur ʼn hofbe-vel weens die volgende redes in kinderhuise ge-plaas: kindermishandeling, seksuele misbruik, alkoholmisbruik ,

dwelmmisbruik, gebrek aan ouerskap-vaardighede, gesinsgeweld en faktore wat die lewe van die kind in gevaar mag stel. Daar is slegs enkele kinders wat werklik wees is as gevolg van die dood van beide ouers. Al die kinders in die sorg van die AKK op Nylstroom is op een of ander wyse getraumatiseer. “ ʼn Mens raak nooit gewoond daaraan om kinders te kry wat deur ouers of familielede mishandel of selfs verkrag word nie”, sê Gezina. “Dit bly baie moeilik, maar ʼn mens moet besef dat die kinders wat by ons geplaas word, die gelukkiges is. Dit is eerder die kinders wat steeds in slegte omstandighede moet voortleef omdat niemand daarvan bewus is nie, wat jammer gekry moet word.” Afrikaans is die voertaal van die AKK hoewel daar ook Sotho-sprekende kinders is. Hulle is egter in die minderheid.

Skole en terapeute Kinders wat by die AKK kom woon, kom altyd getrauma-tiseerd daar aan. As gevolg van die omstandighede waaruit hulle kom, het hulle noodwendig ʼn agterstand. Daarom is terapie brood-nodig om hierdie kinders te help ontwikkel tot verant-woordelike volwassenes.Die Kinderhuis bied die vol-gende dienste:•Individuele terapie•Groepterapie•Sielkundige evaluering en terapie•Verpleegsorg•Pastorale sorg•Arbeidsterapie•Spraakterapie•Plasing in spesiale skole•Maatskaplike versorging

FinansiesAbraham Kriel Kinderhuis

ontvang ʼn subsidie van die staat. Hierdie subsidie dek ongeveer die helfte van die kostes van die kinderhuis. Om die res van die fondse te kry, is nie altyd maklik nie, maar soos Gezina tereg opmerk, “Die Here voorsien altyd”.Hoewel die kinder-huis van tyd tot tyd gelde-like donasies ontvang, is dit die skenkings van produkte wat onontbeerlik vir die kin-derhuis geraak het. Boere skenk groente en vrugte, vleis en meel, en jagters skenk karkasse. Dan is daar ook skenkings van toilet-ware en skoonmaakmiddels – alles goed wat baie goed aangewend word. Spesiale dae word gehou om finan-sies aan te vul en verskeie projekte word geloods. Een van die suksesvolste pro-jekte is die “wenslys” wat per e-pos uitgestuur word. Hiervolgens kan mense do-nasies maak van dinge wat verklik nodig is of wat die kinders baie graag wil hê. Hierdie wenslys is ook op hul webblad beskikbaar. Die resepteboek van die kinder-huis is steeds in aanvraag en beskikbaar teen R150 per boek.

Ten slotteAbraham Kriel Kinderhuis vul ʼn baie groot leemte in die

maatskaplike welstand van vele kinders, kinders wat nie een gevra het om in die kinderhuis te bly nie. Maar hierdie kinders het ʼn heen-kome gevind waar hulle belange op die hart gedra word deur die hoof en sy vrou, deur die res van die personeel van AKK en ook deur die breë gemeenskap.Daar is hartseer stories by AKK maar daar is ook won-derlike stories van sukses en prestasie. Gebroke kinders word hier begelei na vol-wassenheid – soms met beperkte fondse – maar AKK Nylstroom leef van dag tot dag in afhanklikheid van die Here.

Vir enige verdere inligting, kontak die uitvoerende hoof:Fanie Lombard014 717 5264 (uitbreiding 108), 014 717 1261 / 083 410 3833E-pos: [email protected].

Jy kan ook vir gezina Lom-bard kontak by:082 897 3877E-pos: [email protected].

Andersins, gaan loer na hul webblad: www.kinderhuisnylstroom.org.za.

058

Page 61: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Padstalletjies is algemeen in Limpopo. So ook sinkhuisies. Maar ʼn padstal in ʼn sinkhuis is beslis uniek en stilhou by die padstal, die moeite werd!

Alida en Johan van Heerden het byna drie jaar gelede by ʼn plaashuis tussen Naboomspruit en die minerale oor-de van die omgewing ingetrek. Hulle het naweek vir naweek gesien hoev-eel voertuie reg voor hul deur verby ry en daar en dan besluit om dit in ʼn sake-geleentheid te omskep. Hulle drie seuns het ingespring en ʼn sinkhu-isies opgerig as padstal. Alida het dames van die omgewing gekontak om handgemaakte produkte te ver-vaardig wat sy daar te koop aange-bied het.

Aanvanklik was die padstalletjie klein en beskeie maar gou het die woord versprei en kon Alida nie voorbly met voorraad nie. Nou lewer 40 mense hoofsaaklik handvervaardigde pro-dukte aan die winkel en moes die gebou ook verdubbel word.

Alida het nog nooit geadverteer nie, want mense kan nie anders as om aan te doen as hulle verby ry nie. Die inter-essante items wat oral rondstaan, nooi verbygangers in. In die winkel sal jy al-les en nog wat vind!

Van konfyte tot blikhoede, van kinder-klere tot outydse meubels. Maar bykans alles is handgemaak, elke item uniek en meeste daarvan nêrens anders te vind nie. Mense uit alle groeperings van die samelewing lew-er hulle produkte hier en so vind hul handgemaakte items huise dwars oor ons land.

Alida werk self in die stalletjie wat oop is van Vrydae tot Maandae. Sondae is dit toe behalwe oor langnaweke en vakansies. Sy is ʼn hartlike mens maar baie kamerasku. Sy lag ook net oor haar leidende rol in werkskepping in die gemeenskap.

Die padstal gaan beslis uitbrei met ʼn kiosk en moontlik ander produkte in die pyplyn. Wat as ʼn tydverdryf en stokperdjie begin het, is nou vir Alida van Heerden ʼn lonende bedryf. ʼn Padstal met ʼn verskil!

Padstal Met ‘n Verskil

Stuur nou foto’s van jou padstal of ‘n vriend of familie se padstal en vertel ons hoekom moet ons ‘n artikel doen oor die spesifieke padstal.

Epos: [email protected]

059

Page 62: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Almal trek voordeel uit dié verjaardag!VKB Landmark op Bethlehem vier vanjaar sy tiende verjaardag.

Tydens die week lange amptelike viering van hierdie groot geleentheid het kliënte talle produkte teen spesiale afslag-pryse gekry. Selfs ons nuwe projek, Grain Field Chickens, het vir groot opgewondenheid onder kliënte gesorg met hul

1,5 kg hoenderstukke, wat deur die kliënte opgeraap is. “Die dag was ‘n reuse-sukses” sê Japie Smit, bedryfsbestuurder. “Ek wil elke kliënt bedank, want sonder julle sou dit nie

moontlik gewees het nie.”Alle kliënte word vriendelik genooi om weer by VKB Landmark op Bethlehem op die hoek van Louw- en Naudestraat in

te loer, of hulle te skakel by 058 303 3200, want daar wag nog vele verrassings op kliënte.

10

Page 63: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Loslitdagis Suid-Afrika se grootste fondsinsamelingsprojek wat fondse vir per-

sone met gestremdhede insamel.

Suid-Afrikaners kry vir R10 per persoon die geleentheid om ’n pos-

itiewe verskil in iemand anders se lewe te maak, en neem jaarliks

ywerig aan hierdie projek deel. Vanjaar se tema was “Kom aan

boord” en skielik was die hele Vrystaat vol eenoog-seerowers en

skeepskapteine!

VKB se personeel het ook weer hulle bydrae gemaak deur aan die

dag deel te neem. Pryse is in verskillende kategorieë toegeken aan

spanne en mense wat die tema die beste verteenwoordig het.

Die kategorieë was:Beste bemanning, wat gewen is deur Finansies

Bes geklede kaptein, waar Corne Wessels met die prys weggestap het, en

Oorspronklikste toeris, waar Elmien Mostert skoonskip ge-maak het

Hoewel daar nie só ‘n kategorie was nie, is Jaqueline Loots as wenner aangewys vir die oorspronklikste kostuum.

Baie geluk aan al die wenners. Ons maak volgende jaar weer so!

061

Page 64: Wat is jou VKB-aandeel werd?

A PEERMONT RESORT

BEThlEhEM, FREE STATE

Johan Blignaut Drive (N5)BethlehemTel: (058) 307-6000E-mail: [email protected] www: www.frontiercasino.co.za

3 Star Metcourt Hotel Coachman’s Saloon Conference facilities

Gaming: Slots and Tables

Little Rascals Child Care Facility and Magic Company

Children’s Entertainment Dirty Down Car Wash

ALCOHOL NOT FOR SALE TO PERSONS UNDER THE AGE OF 18 YEARS. DRINK RESPONSIBLY.

Golden Gate Frontier In & Casino

BethlehemTel: 058 307 6072

Page 65: Wat is jou VKB-aandeel werd?

WEN MEER AS R10 000 SE PRYSE!NTK en VKB se fotokompetisie gee jou die kanns om meer as R10 000 se pryse met elke uitgawe te wen deur net vir ons te wys wat jy alles met jou kamera kan doen. Jou foto kan dalk ook nog verskyn in VKB of NTK se dagboek of kalender.

Totale prys per uitgawe:• R500 - eetbewys van Spur;• ‘n Naweek vir die hele gesin by Frontier Casino in Bethlehem;• Drie dae-wegbreek op ‘n jagplaas, Lubbeslust (tussen Alldays en Waterpoort)

Dei wenners van bogenoemde pryse van elke uitgawe kwalifiseer dan vir die finale beoordeling waar daar ‘n algehele 1ste, 2de en 3de plek aangewys sal word in Januarie 2013 waar die groot pryse losgeslaan word; onderskeidelik R1000, R500, R300 in kontant; asook ‘n eetbewys by die Spur op Bethlehem ter waarde van onderskeidelik R500,R330, R200; en ook ‘n naweek vir die hele gesin by Frontier Casino in Bethlehem, ingesluit aandete; of ‘n drie dae lange weg-breek op ‘n jagplaas genaamd Lubbeslust (tussen Alldays en Waterpoort).

Oktober/November se tema is “bejaardes”. Die sluitingsdatum is 15 November 2012. Oorspronklikheid sal beslis in jou guns tel.

Reëls:• ‘n Maksimum van 5 foto’s per persoon.• Die beroordelaars (Bethlehem Fotografieklub) se beslissings is finaal.• Geen ptyse mag omgeruil word vir kontant nie.• Stuur inskrywings voor 15 November 2012 aan [email protected]. Indien dit nie vir jou moontlik is nie gan na jou naaste Handelstak en vra die bestuurder om die foto te stuur via e-pos na hierdie e-pos adres.• Foto’s is VKB se eindom en kan gebruik word soos nodig.• Formaat van foto’s: dit moet ‘n JPEG wees en nie groter as 1MB• Wenners sal aangekondig word in die Januarie/Februarie-uitgawe• Verskaf asseblief jou naam, ouderdom, selfoonnommer en adres.

Page 66: Wat is jou VKB-aandeel werd?

Kampuitstappies behoort propvol avontuur, pret en opwinding te wees, maar julle moet ook só toegerus wees dat dit vir jou en jou gesin ‘n ontspanne en genotvolle ervaring is. Om ten volle voorbe-reid te wees vir jou buitelugavontuur het jy Basecamp nodig.

Die kombinasie van hoë gehalte, groot verskeidenheid en bekostig-bare pryse maak Basecamp se reeks buitelugtoerusting onweer-staanbaar.

Eksklusief beskikbaar by landboukoöperasies en VKB- en NTK-winkels.

Die AGPRO-handelsmerk bied ‘n reeks gehalteprodukte geskik vir gebruik in die landbou-bedryf en tuin.

Ons groot reeks grassnyers, druk- en rugsaksproeiers, kompressors, hoëdruk-skoonmaak-toerusting, pompe en brandblussers waarborg duursaamheid en werkverrigting – vir die boer én die huiseienaar.

AGPRO bied die mees omvattende reeks tuin- en buitelugtoerusting beskikbaar en bied ‘n volledige diensnetwerk regdeur die land.

Beskikbaar by jou naaste VKB- en NTK-winkels.