13

Self Fone

  • Upload
    ekerk

  • View
    221

  • Download
    4

Embed Size (px)

DESCRIPTION

'n Ekerk tendens verslag

Citation preview

Page 1: Self Fone
Page 2: Self Fone

Selfoon en internet tegnologie het die wêreld op loop geneem soos nog nooit voorheen nie. Daar is amper nie ‘n sfeer van die lewe, hetsy in kuns, kultuur, besigheid of elders, wat nie deur die rippel effek van selfone en hulle aanhangsels beïnvloed word nie.

Omdat ons in ‘n geïntegreerde samelewing leef, waar alles verbind is met mekaar, is dit belangrik dat ons vir ‘n wyle stilsit en nadink oor hoe hierdie massiewe tegnologiese en kulturele skuiwe ons gemeenskap, ons land, die wêreld en die kerk beïnvloed.

Geskiedenis wys telkens dat as daar ‘n tegnologiese sprong in die wêreld plaasvind, dit nie net die berging en bekombaarheid van inligting beïnvloed nie, maar dat daar ook groot veranderinge plaasvind in hoe mag en outoriteit versprei word. Dink maar aan die invloed wat Gutenberg se drukpers op die Rooms-Katolieke

Kerk se alleenreg op die Bybel gehad het. Deesdae is die Bybel nie net in druk nie, dit is selfs elektronies beskikbaar in jou sak! In elke vertaling moontlik, met verduidelikings, en Bybelstudies, en dis als gratis.Hierdie is maar net een

manier hoe die rewolusie van mobiele tegnologie ons samelewing vorm.

Die stroom van mobiele tegnologie regoor die wêreld is propvol interessante, en partykeer verwarrende, paradokse. Vir die eerste

keer in menslike heugenis sien ons ‘n globale gemeenskap wat meer gekonnekteerd is as ooit, maar wat ook meer individualisties leef, werk en aanbid as ooit tevore.

Vandaar die titel van hierdie verslag: SELF FONE.

In hierdie verslag wil ons saam met jou kyk na die stygende invloed van mobiele tegnologie. Ons wil vir jou in alle besonderhede nie net die internasionale tendense uitwys nie, maar ook al die plaaslike maniere hoe selfone en tablet rekenaars Suid-Afrikaners se lewens beïnvloed.

Daarna wil ons ‘n rukkie stilstaan by die praktiese implikasies hiervoor vir die kerk in die breë, sowel as by ‘n paar praktiese riglyne vir hoe hierdie tendens kerklike bedieninge kan versterk, en hoe óns meen dit kan bydra tot die volgehoue uitbreiding van God se koninkryk op aarde.

INLEIDING

Page 3: Self Fone

INTERNASIONALETENDENSEWanneer ons na die globale situasie kyk wat tegnologie en die toekoms daarvan aanbetref, dan bevind Afrika haarself op ‘n baie interessante plek in vergelyking met veral die Westerse wêreld. Saam met die twee ander hoof ontwikkelende kontinente, Asië en Indië, is Afrika aan die voorpunt in die wêreld wat die verbruik van mobiele tegnologie aanbetref.

Die gemiddelde persentasie data wat vanaf mobiele apparate soos selfone en tablet rekenaars bygekom word, omvat tans bykans 10% van alle wêreldwye data verbruik. Van alle kontinente is Asië eerste op die lys van mobiele data met 17.85% [192% toename sedert 2010]; tweede is Afrika met 14.85% [155% toename sedert 2010]. Wat mobiele data verbruik aanbetref, stof ons die ontwikkelde kontinente soos Noord-Amerika en Europa by verre uit.1 Gevoglik is Afrika eerstens ‘n mobiel-gesentreerde internet gemeenskap, met gemiddeld 92 selfone vir elke rekenaar.2

Die ontwikkelde wêreld laat natuurlik nie op hulle wag wat hierdie tendense aanbetref nie. Ons sien reeds in meeste Westerse lande is daar 20% meer selfone as mense. Dit wil sê, soveel as 20% van mense het meer as een selfoon! In Europa en die VSA besoek bykans die helfte van selfoon eienaars die internet via hulle fone, byvoorbeeld om iets op die web te soek, te lees, te besoek of te deel, of om ‘n app af te laai of toegang te gee tot aanlyn data. Regoor die wêreld is die aantal selfoonkontrakte ook reeds vyf keer meer as landlynkontrakte.3

Behalwe vir oproepe en sms boodskappe, is fotografie die derde gewildste gebruik van selfone wêreldwyd, met met meer as 50% gebruikers wat hulle fone daagliks vir hierdie doel aanwend.

Wat die besigheidswêreld betref, verdubbel elektroniese transaksies tans jaarliks. Anders gestel, dit groei teen 100% per jaar. Hierdie kan vergelyk word met Latyns-Amerika se 50%, en Indië en Sjina se 30%.4

In al die lande waar daar ‘n hoë persentasie mobiele internet verkeer gelys word, is die gewildste elektroniese apparaat Nokia se Symbian bestuurstelsel. Beide die positiewe en negatiewe reaksies op Apple Computers se nuutste weergawe, die iPhone 5, dui op verbruikers se behoefte aan nog meer innovering, asook op vervaardigers se onvermoë om aan hierdie onredelike, snelgroeiende behoeftes te voldoen.

Ook die internet reus Facebook sien hierdie tendense raak. Dié sosiale netwerk maatskappy het onlangs agtergekom dat gebruikers gemiddeld 441 minute per maand op die mobiele weergawes van die blad spandeer, in vergelyking met 391 minute per gebruiker per maand op die volgrootte webblad.5

1 http://royal.pingdom.com/2010/11/23/mobile-web-usage-highest-in-asia-and-africa/2 http://businesstech.co.za/news/it-services/14736/africa-the-mobile-centric-society/3 http://mobithinking.com/mobile-marketing-tools/latest-mobile-stats/4 Volgens KK Park, CEO van Samsung SA: http://vodacom.digitalmag.co.za/issue/9/#3/15 http://techcrunch.com/2012/05/11/time-spent-on-facebook-mobile/

Page 4: Self Fone

Die projeksies van Microsoft voorspel op hulle beurt dat selfone en tablet rekenaars se internet verbruik wêreldwyd dié van gewone rekenaars sal oorskry teen 2014.6 Adobe Digital Index dui ook aan dat tablet internet verbruik dié van selfone sal verbyskiet teen 2013.7 Die implikasie is dat oor twee jaar van nou af, selfone en tablet rekenaars die vernaamste manier sal wees hoe mense die internet besoek. Dit sal op intenasionale vlak ook mense se eerste keuse wees van hoe hulle virtueel met mekaar kuier, inkopies doen, inligting uitvind, en op hoogte van gebeure bly.

6 http://liesdamnedliesstatistics.com/2012/05/stats-that-show-why-you-need-a-mobile-first-approach-now.html7 http://memeburn.com/2012/05/web-traffic-from-tablets-to-beat-smartphones-by-2013-report/

Page 5: Self Fone
Page 6: Self Fone

PLAASLIKE INTERNETSITUASIEOns sien dat internet toeganklikheid in Suid-Afrika besig is om drasties toe te neem. Bandwydte en konneksies is meer geredelik beskikbaar, en goedkoper as ooit. Ten einde die plaaslike mobiele internet ontploffing te verstaan, moet mens ook die konteks verstaan waarbinne dit gebeur, wat uit die aard van die saak aanleiding gee hiertoe.

Die Suid-Afrikaanse internet bevolking groei tans gemiddeld teen 25% per jaar, en dit neem steeds elke jaar toe.

Plaaslike internet gebruikers was 6.8 miljoen in 2010, 8.5 miljoen teen 2011, en ons vermoed dat ons die 10 miljoen grens sal oortref teen die einde van 2012.

Van die totale Suid-Afrikaanse populasie is sowat 20% bedrewe op die internet, waarvan 7.9 miljoen gebruikers die internet op hulle selfone gebruik. 2.48 van daardie gebruikers het geen toegang tot ‘n “laptop” of ander rekenaar nie. Bandwydte van die buiteland na Suid-Afrika is gemeet op 2.69 terabytes per sekonde (Tbps) teen die einde van 2011. Aan die einde van 2012 behoort die invloeiende spoed van data 11.9 Tbps te wees, terwyl daardie kapasiteit na verwagting weer sal verdubbel teen die einde van 2013.

Bogenoemde tendense maak mobiele internet toenemend bekombaar en bruikbaar vir alle Suid-Afrikaners. Plaaslik begin mense van alle kulture en inkomstegroepe meer en meer op mobile internet toegang staatmaak vir hulle daaglikse doen en late.

Ons woon in ‘n land waar die waarde wat die internet en toegang tot informasie en ander mense bied, raakgesien word. Dit is egter nie vir almal beskore om internet toegang op ‘n rekenaar by die huis te hê nie. Vir die rede is mense in Suid-Afrika, en ook die res van Afrika soos wat Toby Shapskack skryf 9, se internet toegang en gebruik baie meer mobiel.

Die selfoon is die antwoord.

Suid-Afrika is derde op die lys van lande vir die aantal mense wat die mobiele web gebruik en wat nooit by ‘n gewone rekenaar toegang tot die internet het nie10. Ghana, Kenia en Nigerië is die ander lande van Afrika wat die top tien maak. Dit beteken dat meeste mense in Suid-Afrika se eerste ervaring met die internet op ‘n twee-duim selfoon skermpie is, alles in teks, en bes moontlik ook in swart en wit.

Ons sien dat van alle aanlyn selfoon bestemmings, Facebook by verre die gewildste is. Van alle plaaslike mobiele webdata in 2011, het Facebook 38% van die mark opgeraap, Whatsapp 26%, Mixit 23% en Blackberry Messenger 17%. Twitter was vyfde in die ry met ‘n skamele 12%.

Wanner dit by die ekonomiese sy van sake kom, sien ons dat internet tansaksies tans 2% bydra tot die totale bruto binnelandse produksie [BBP] van ons land.11 Dit styg tans teen 0.2% per jaar, en sal 2.5% bydra teen die jaar 2016. Totale internet verwante

8 Data afkomstig van World Wide Worx | http://www.worldwideworx.com/9 http://www.cnn.com/2012/10/04/tech/mobile/africa-mobile-opinion/index.html?c=&page=310 http://mobithinking.com/mobile-marketing-tools/latest-mobile-stats/b#mobile-only11 http://www.internetmatters.co.za/

Page 7: Self Fone

uitgawes [wat koop en verkoop, infrastrukture en toegang insluit] het die afgelope finansiële jaar R59 biljoen beloop!

Navorsing toon ook dat 150,000 Suid-Afrikaanse klein tot medium besighede totaal en al afhanklik is van die internet vir hulle finansiële welstand. Meeste van hierdie besighede integreer selfoon en internet data in hulle inligtingstegnologie sisteme. Altesaam verteenwoordig hierdie besighede 156 miljoen werksgeleenthede.

Van alle selfoon en mobiele data gebruikers, skakel omtrent die helfte by die Vodacom netwerk in, terwyl 35% by MTN, en 14% by CellC inskakel.12 Dis laastens ook interessant om te sien dat van alle Vodacom kliënte, slegs 4% van selfoon kontrakte gebruik maak, terwyl ‘n verstommende 96% kliënte van pay-as-you-go pakkette gebruik maak.13

12 http://mybroadband.co.za/news/cellular/53101-surprising-mxit-user-statistics.html13 http://vodacom.digitalmag.co.za/issue/9/#3/2

Die vraag is dan, hoe stuktureer ons ons inligting, gemeenskappe en kommunikasie, sodat ons nie mobiele gebruikers bloot net akkomodeer nie, maar eerder prioritiseer?

Hoe skep ons ‘n mobile-first kultuur in ons strategiese kommunikasie planne?

Page 8: Self Fone
Page 9: Self Fone

‘N NUWE WERKLIKHEID MET NUWE MENSENêrens in die wêreld het ons al so ‘n stroom van verandering gesien soos wat ons tans in die tegnologiese sfere ervaar nie. Dinge verander deurlopend en ook teen so ‘n vinnige spoed dat selfs die “verandering-fikstes” sukkel om by te bly. Natuurlik kan so ‘n magtige krag nie op ‘n kultuur of plaaslike gemeenskap inwerk sonder dat daar ook daadwerklike gevolge te siene is nie.

Vir ons as voltydse studente van God se handelinge in die wêreld, is dit belangrik om hierdie gevolge raak te sien en te verstaan. Ons moet besef wat die implikasie daarvan op die kerk gaan wees, en ons moet gepaste toepassings uitlig wat geloofsgemeenskappe effektief kan aanwend in die uitbreiding van die koninkryk van God.

‘n Wêreld wat aanmekaar gebind word deur mobiele tegnologie is….

1. ‘n Wêreld wat deurlopend aan die verandering is, en konstant in ‘n staat van omwenteling verkeer.

2. Gemeenskappe en individue wat voortdurend onderling verbind is, met toenemende samewerking en samesmelting regoor verskillende platforms.

3. ‘n Verwagting dat alles onmiddelik en vinnig moet gebeur, soos op ons fone, so ook in ons lewens.

4. ‘n Werklikheid waar mobiele tegnologie ons dwing in ‘n meer geïntegreerde vorm van bestaan waar alles met mekaar

ineengeskakel is en die grense van tyd en plek al hoe meer onduidelik word.

5. Verhoudings die mees belangrikste komponent is van enige menslike interaksie, besigheid of ontspanning.

6. Alle inligting onmiddelik weetbaar en bekombaar is, en in ‘n oogwenk gestoor of aangestuur kan word.

7. ‘n Wêreld wat deurentyd onderbreek word, met ontelbare mini-onderbrekings wat ons fokus en deurlopende take beïnvloed.14

Navorsing wys dat langdurige blootstelling aan hoofstroom mobiele tegnologie selfs op ‘n biologiese vlak ons breine kan omvorm, tot op ‘n punt waar ons brein nuwe sinapses vorm wat om die beurt inligting op radikaal nuwe maniere prosesseer, en gevolglik nuwe maniere van dink tot gevolg het!15

Kortom, nuwe koppe wat op nuwe maniere dink, reflekteer en inligting prosesseer, is een van die gevolge van ons nuwe era.

Ons moet onthou ontluikende mobiele tegnologie is ‘n menslike uitvindsel. In daardie mate wat mense nuwe tegnologie vervaardig en op die mark plaas, word dit ‘n eietydse verskynse en skep dit om die beurt weer “nuwe” mense. Dit beteken voorts dat net so vinnig as wat tegnologie verander, net so vinnig verander mense wat direk en herhaaldelik daaraan blootgestel word wat betref hul denkprosse, waardes en maniere van omgang met die werklikheid. Gevolglik moet ons dan vra: wat is die implikasies en moontlike toepassings vir die kerk van Christus, in die lig van immer snelgroeiende tegnologieë en vinnig veranderende mense?8.

14 http://mashable.com/2012/09/24/social-media-work-distractions/15 http://www.amazon.com/The-Shallows-Internet-Doing-Brains/dp/0393339750/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1348810734&sr=8-1&keywords=the+shallows

Page 10: Self Fone

IMPLIKASIES VIR DIE KERK

Hoe is die tendens van mobiele tegnologie van toepassing op die koninkryk van God, en hoe kan ons die kerk voorberei en toerus om die golf van verandering te ry op so ‘n manier wat ons liefde vir God en omgee vir mense, steeds voorop sal stel en selfs sal laat toeneem?

As ons sorgvuldig na die gevolge van mobiele tegnologiese verskynsels kyk, en die moeite doen om dit te verstaan, is dit nie te moeilik om die implikasies daarvan op die kerk te identifiseer, en bepaalde toepassings voor te stel nie. Gegewe die gevolge soos hierbo genoem, is hier ‘n paar ooreenstemmende implikasies en toepassings wat van hulp kan wees.

Page 11: Self Fone

NUWE WERKLIKHEID TOEPASSING

Verandering is aan die orde van die dag, in alle areas van menslike bestaan.

Kweek geloofsgemeenskappe sonder vrees vir vinnige verandering. Skep ‘n kultuur waar verandering aanvaar word as ‘n gegewe, en risikod deel vorm van ons geloofsreis saam met Christus.

Inter-gekonnekteerde gemeenskappe, met samewerking op verskillende elektroniese platforms.

Vermy ‘n geïsoleerde bestaanswyse as kerklike eiland of geïsoleerde godsdienstige aktiwiteite. Soek enige verskoning om saam te werk met buur gemeentes en gemeenskappe. Reik uit oor die grense van kultuur, taal, ras of geografie. Skep gedurig koninkryk-aangedrewe aksies

Onmiddelikheid en spoed bepaal aksies en interaksies.

Verminder alle administratiewe rompslomp en enige ander burokratiese vermorsing tot die absolute minimum. Skep nuwe weë waarlangs twee-rigting kommuniksaie en daaropvolgende aksie so vinnig as moontlik kan geskied. Ontplooi mense so gou en effektief moontlik in die koninkryk van God.

Gemeenskappe verstaan integrasie en samewerking en het ‘n hoogs ontwikkelde globale wêreldbeskouing.

Besef dat die plaaslike geloofsgemeenskap 24/7 internasionaal gekonnekteer of verbind is. Neem mense se globale bewustheid in ag as tema’s, bedieninge en boodskappe beplan en in werking gestel word.

Verhouding-aangedrewe omgewings is nou tweede natuur vir mense.

Omskep elkeen in die kerk in makelaars of voltydse fasiliteerders van kwaliteit verhoudings in Jesus se naam. Kliniese inligting, kopkennis of geykte studie durf nie die “hoofbesigheid” van die kerk wees, ten koste van God-geïnspireerde verhoudingsnetwerke nie. Gelowiges moet weer mense van die Pad wees, nie mense van die Gebou of die Dogma nie.

Inligting is meer bekombaar en goedkoper [selfs gratis] as ooit tevore.

Omskep die kerk in ‘n platform vir die vinnige en effektiewe ontdek en gratis verspreider van lewenstveranderende inligting. Godsdiens is nie geklassifiseerde inligting wat slegs op kerklike terrein tuishoort nie; dit moet wyd en syd in die koninkryk van God versprei word met alle beskikbare media.

Mense is ingeoefen in die kuns van onderbrekings-bestuur.

Bou afwisseling en spoed in enige kerklike bediening of aktiwiteit in. Oppas vir lewenslange vasbyt aan bekende seremonies, aksies. Verwissel gedurig ratte sonder om afbreek te doen aan fokus op Christus en doelgerigtheid om God se koninkryk telkens vars, nuut en eietyds te laat grondraak.

Page 12: Self Fone

MEER OOR EKERK NAVORSINGEkerk het ten doel om leiers van kerke, nie-winsgewende organisasies en besighede te help om 'n groter impak in die koninkryk te maak. Deur middel van navorsing, opnames, publikasies en seminare, fasiliteer ons leer- en ervaringsgeleenthede waar leiers versigtig kan luister na die wêreld waarin hulle leef, vinnig kan leer hoe om hulle impak te vergroot, en uiteindelik hulleself en hulle organisasies kan begelei om voluit te leef.

Om deel te word hiervan kan jy:

1. Meer gaan lees op die ekerk webblad.2. Inskryf op die maandelikse ekerk navorsing nuusbrief.3. Die nuutste tendens verslae gratis aflaai.4. Registreer vir ons volgende leergeleenthied saam met David Kinnaman.5. Deelneem aan ons meningsopname vir hierdie maand.

As jy meer betrokke wil raak, of as jy enige vrae of voorstelle het, kan jy direk vir Mynhardt kontak by [email protected], of by 082.853.6483.

Page 13: Self Fone

© Ekerk Vereniging 2012

Saamgestel deur Dries Cronje, Pierre Engelbrecht, Mynhardt van Pletsen & Stephan Joubert.

Vir meer inligting oor Ekerk Navorsing, besoek gerus www.ekerk.org. Om hierdie inhoud in seminaar vorm te laat aanbied, kontak gerus vir [email protected].

Dankie dat jy gelees het!