14
1 SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE Om Shavuot te verstaan moet ons heeltemal teruggaan na die Aartsvaders in Genesis en sien hoedat dit opbouend ‘n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na “Israel” verander is, het die 12 stamme van Israel gekom wat as ‘n hele volk ontpop het in Egipte. Vanaf “Jakob” na “Israel” behels hoedat ‘n fisiese Israel getransformeer het na ‘n geestelike Israel wat die Skriftuurlike Israel is, weens die feit dat JaHUsha die takkie was wat voortgespruit het uit die afgesaagde stomp van fisiese Israel en net deur Hom as Oorblyfsel van die fisiese was daar ‘n voortsetting van Israel, maar in ‘n geestelike hoedanigheid. Dit is Skriftuurlike Israel en belangrik is dat dit die GEES behels. Dis waaroor Shavuot gaan, die Gees. In Lev. 23 was JaHUsha se opstanding uit die dood gesimboliseer deur die Eerstelinggerf, want Hy was die eerste om uit die dood uit op te staan. Wuif is beweging en beweging is lewe en lewe is deur die Gees/Asem van JaHUaH. Deur die Gees is JaHUsha opgewek en het Hy ‘n getransformeerde geestelike liggaam gekry. Shavuot is die Fees van Eerstevrugte wat hulle moes vier as hulle in die Beloofde Land sou kom, soos ook met die Eerstelinggerf (Lev. 23:10). Ons kan ook nie die Geestelike Beloofde Land betree sonder die Gees nie. ‘n Deel van die voorgeskrewe offer was 2 gesuurde brode wat weereens GEWUIF moes word. Weereens ... wuif is beweging en beweging is lewe en lewe is deur die Gees/Asem van JaHUaH. Dus, net soos wat JaHUsha opgestaan het uit die dood, sò sal die wat “in Hom is” ook opstaan uit die dood deur Sy Gees of Asem (1 Thes. 4:14) met ons ingang in die Beloofde Land van die Hemelse Koninkryk. Die 2 gesuurde wuifbrode stel die Eerste Opstanding voor van Geestelike Israel en die suurdeeg wat ‘n aktiewe en lewende “onsigbaarheid” in die brood is, is verteenwoordigend van die Gees wat ons sal opwek, sien Die Brood van die Lewe en Suurdeeg. Hoe fisiese Israel in geestelike Israel getransformeer word, is uitgebeeld in Eseg. 37:1 - 11. Dis wanneer die lewendmakende Gees/Asem van JaHUaH die dooie bene as oorblyfsel van die fisiese, lewend maak. Joël 2 het dit geprofeteer en in Hand. 2 was die eerste stadium van die proses in die Nuwe Testament. Dit was deel van die sporte van die leer om vanaf die fisiese na die geestelike te kan klim. Soos daar 2 gesuurde brode was, was daar as ‘n oorblyfsel van fisiese Israel mense teenwoordig uit die 2 Huise van Israel in Hand. 2. Hulle was afkomstig uit die verskillende nasies waarheen hulle versprei is en word geëien as Juda in vers 5 en 14 en Israel (soos wat Efraim genoem is) in vers 22. So word die vereniging bevestig in vers 22 met die woorde: “Laat die HELE huis (enkv.) van Israel sekerlik weet dat Elohiem Hom Meester en die Gesalfde (Messias) gemaak het, hierdie JaHUsha wat julle gefolter het.” Die vereniging van die 2 Huise het dus reeds daar al plaasgevind met die Oorblyfsel en dit word net verder uitgebou deur JaHUsha te volg soos wat Hy die geestelike Koninkryk van die Hemel verkondig het, wat die fisiese koninkryk opgevolg het wat Jesaja as ‘n afgesnyde stomp gesien het.

SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

1

SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE Om Shavuot te verstaan moet ons heeltemal teruggaan na die Aartsvaders in Genesis en sien hoedat dit opbouend ‘n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na “Israel” verander is, het die 12 stamme van Israel gekom wat as ‘n hele volk ontpop het in Egipte. Vanaf “Jakob” na “Israel” behels hoedat ‘n fisiese Israel getransformeer het na ‘n geestelike Israel wat die Skriftuurlike Israel is, weens die feit dat JaHUsha die takkie was wat voortgespruit het uit die afgesaagde stomp van fisiese Israel en net deur Hom as Oorblyfsel van die fisiese was daar ‘n voortsetting van Israel, maar in ‘n geestelike hoedanigheid. Dit is Skriftuurlike Israel en belangrik is dat dit die GEES behels. Dis waaroor Shavuot gaan, die Gees. In Lev. 23 was JaHUsha se opstanding uit die dood gesimboliseer deur die Eerstelinggerf, want Hy was die eerste om uit die dood uit op te staan. Wuif is beweging en beweging is lewe en lewe is deur die Gees/Asem van JaHUaH. Deur die Gees is JaHUsha opgewek en het Hy ‘n getransformeerde geestelike liggaam gekry. Shavuot is die Fees van Eerstevrugte wat hulle moes vier as hulle in die Beloofde Land sou kom, soos ook met die Eerstelinggerf (Lev. 23:10). Ons kan ook nie die Geestelike Beloofde Land betree sonder die Gees nie. ‘n Deel van die voorgeskrewe offer was 2 gesuurde brode wat weereens GEWUIF moes word. Weereens ... wuif is beweging en beweging is lewe en lewe is deur die Gees/Asem van JaHUaH. Dus, net soos wat JaHUsha opgestaan het uit die dood, sò sal die wat “in Hom is” ook opstaan uit die dood deur Sy Gees of Asem (1 Thes. 4:14) met ons ingang in die Beloofde Land van die Hemelse Koninkryk. Die 2 gesuurde wuifbrode stel die Eerste Opstanding voor van Geestelike Israel en die suurdeeg wat ‘n aktiewe en lewende “onsigbaarheid” in die brood is, is verteenwoordigend van die Gees wat ons sal opwek, sien Die Brood van die Lewe en Suurdeeg. Hoe fisiese Israel in geestelike Israel getransformeer word, is uitgebeeld in Eseg. 37:1 - 11. Dis wanneer die lewendmakende Gees/Asem van JaHUaH die dooie bene as oorblyfsel van die fisiese, lewend maak. Joël 2 het dit geprofeteer en in Hand. 2 was die eerste stadium van die proses in die Nuwe Testament. Dit was deel van die sporte van die leer om vanaf die fisiese na die geestelike te kan klim. Soos daar 2 gesuurde brode was, was daar as ‘n oorblyfsel van fisiese Israel mense teenwoordig uit die 2 Huise van Israel in Hand. 2. Hulle was afkomstig uit die verskillende nasies waarheen hulle versprei is en word geëien as Juda in vers 5 en 14 en Israel (soos wat Efraim genoem is) in vers 22. So word die vereniging bevestig in vers 22 met die woorde:

“Laat die HELE huis (enkv.) van Israel sekerlik weet dat Elohiem Hom Meester en die Gesalfde (Messias) gemaak het, hierdie JaHUsha wat julle gefolter het.”

Die vereniging van die 2 Huise het dus reeds daar al plaasgevind met die Oorblyfsel en dit word net verder uitgebou deur JaHUsha te volg soos wat Hy die geestelike Koninkryk van die Hemel verkondig het, wat die fisiese koninkryk opgevolg het wat Jesaja as ‘n afgesnyde stomp gesien het.

Page 2: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

2

‘n Leer is soos ‘n brug, dit verbind twee verwyderde punte met mekaar. Die Tabernakel as ‘n Huis van Elohiem was ‘n afbeelding van die Hemelse Tabernakel en het so ‘n “leer” of oorbrugging gevorm tussen die aarde en die hemel, die fisiese en die geestelike. JaHUsha het as vervulling van die aardse Tabernakel gekom en so as “tabernakel” ons in JaHUaH se teenwoordigheid gebring. Hy het tussen ons kom tabernakel/woon (Joh. 1:1, 14) as ‘n leer of MIDDELaar tussen ons en JaHUaH. FISIESE EN GEESTELIKE

Hand. 2 is die geestelike van wat in Ex. 19 gebeur het toe die nageslag van Jakob/Israel as ‘n hele groot volk by Sinai bymekaar was en in direkte KONTAK was met JaHUaH. Voordat ons nog by Ex. 19 en Hand. 1 – 2 kom i.v.m. Shavuot, kan ons nog bietjie verder teruggaan vir ‘n fondasie, nl. Gen. 28 en Gen. 35. Ons lees in Ex. 19:10:

“…. Gaan na die volk en sonder hulle af, vandag en more, en laat hulle hul klere was..” Hierdie vers neem ons terug na Gen. 35:2 – 3:

“Toe sê Jakob aan sy huisgesin en aan almal wat by hom was: Verwyder die vreemde gode wat onder julle is, en reinig julle en trek ander klere aan; en laat ons ons klaarmaak en optrek na Bet-El; en ek sal daar ‘n altaar bou vir Elohiem wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die weg wat ek gegaan het.”

Hoekom Bet-El, wat het daar gebeur? BET-EL Jakob was op pad na Haran om daar by sy familie vir hom ‘n vrou te gaan soek, maar hy het terselfdertyd ook gevlug vir Esau nadat hy diè se eersgeboortereg gekry het in ruil vir ‘n pot lensiesop. Hy het by ‘n plek gekom om te slaap en daar die ervaring gehad dat die plek die Poort van die Hemel is.

Gen 28:11 Daarop kom hy by ‘n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek. Gen 28:12 En hy het gedroom—daar is ‘n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van Elohiem daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het. Gen 28:13 En kyk, JaHUaH het bo-aan gestaan en gesê: Ek is JaHUaH, die Elohiem van jou vader Abraham en die Elohiem van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee; Gen 28:14 en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.

Page 3: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

3

Gen 28:15 En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het. Gen 28:16 Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, JaHUaH is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie. Gen 28:17 En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as ‘n huis van Elohiem nie, en dit is hier die poort van die hemel. Gen 28:18 Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ‘n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet. Gen 28:19 En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus. Gen 28:20 En Jakob het ‘n gelofte gedoen en gesê: As Elohiem met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek, Gen 28:21 en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal JaHUaH my Elohiem wees. Gen 28:22 En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal ‘n huis van Elohiem wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan.

By Bet-El was daar dus ‘n kontakpunt tussen Hemel en Aarde, ‘n plek waar die mens met JaHUaH kon kontak maak. Dis daar waar ons die belofte kry van ‘n “gemeente van Nasies”. In Ex. 19 was Israel die Gemeente en dit is opgevolg deur Hand. 1 – 2, as ‘n vervulling van Gen. 28:3 m.b.t. die gemeente van nasies vanuit verskillende volke.

Gen 28:3 En mag Elohiem, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ‘n menigte (H6951) van volke (H5971) kan word.

Menigte (multitude) H6951 = Kahal (gemeente wat in Grieks “Ekklesia” is). Volke (people) H5971 = Amim (Meervoud van “am”).

Net nà hierdie belofte in Gen. 28:3 volg die droom toe Jakob met sy kop op ‘n klip gaan lê. Klip is “even”, wat saamgestel is uit “Av” + “Ben”, Vader + Seun. Daar droom hy van die leer wat tot aan die hemel reik en noem dit Bet-El, wat beteken “Huis van El” en hy rig ook ‘n Gedenksteen op terwyl hy ‘n gelofte maak dat as Elohiem getrou aan hom sal wees, hom sal versorg met brood, en klere en as hy behoue sal terugkom, JaHUaH sy Elohiem sal wees. Toe JaHUaH hom weer terugstuur na sy geboorteland, word hy aan hierdie gelofte herinner.

Gen 31:13 Ek is die Elohiem van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ‘n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland.

Maar Jakob is vreesbevange om weer vir Esau in lewende lywe te ontmoet en hy worstel en bid weer terwyl hy pleit op dit wat JaHUaH hom beloof het oor sy nageslag.

Gen 32:7 Toe het Jakob baie bevrees en benoud geword, en hy het die mense wat by hom was, sowel as die kleinvee en beeste en kamele in twee laers verdeel; Gen 32:8 want hy het gedink: As Esau op die een laer afkom en dit verslaan, sal die laer wat oorbly, vryraak.

Page 4: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

4

Gen 32:9 En Jakob het gesê: o Elohiem van my vader Abraham en Elohiem van my vader Isak, o JaHUaH, wat my beveel het: Gaan terug na jou land en na jou familie, en Ek sal aan jou goed doen— Gen 32:10 ek is te gering vir al die gunste en al die trou wat U aan u kneg bewys het; want ek het met my staf oor hierdie Jordaan getrek en nou twee laers geword. Gen 32:11 Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam met die kinders. Gen 32:12 U het tog self gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie.

Verder aan in Gen. 32 het hy dan die ervaring by die Jabokrivier waar hy met die Man tot dagbreek worstel en oorwin, en sy naam daarop na Israel verander word wat beteken “om te oorwin met El”. Vergelyk Israel en ... “Die wat oorwin”.

Gen 32:28 Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met Elohiem en met die mense en het oorwin.

Nou kan hy Esau tegemoet gaan, en dit gebeur in Gen. 33. JaHUaH bewaar hom en red hom uit sy benoudheid (Jacob’s trouble), en hy kan weer in vrede verder trek nadat die ontmoeting sonder daadwerklike probleme afgehandel is. So kry hy weer die opdrag om na Bet-El te gaan en daar te gaan woon met almal wat by hom is, maar hulle moet eers afgesonder en gereinig word om na die Huis van Elohiem (Bet-El) te gaan (Gen. 35:1 – 2). Hy moet ‘n altaar daar gaan bou omdat Elohiem hom teen Esau bewaar het (Gen. 35:1, 3).

Gen 35:3 en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar ‘n altaar bou vir die Elohiem wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die weg wat ek gegaan het.

“By my was” ... hou in gedagte dat toe JaHUsha gebore is, is Hy “Emmanuel” genoem (Mat. 1:23) wat beteken “Elohiem met ons”.

DIE BET-EL VAN SINAI EN SION In Egipte het Jakob en sy seuns ‘n volk geword met die naam Israel, soos wat hy ontvang het in Gen. 32:28. Met die Volk se uittog beleef hulle ook die benoudheid wat Jakob ervaar het toe hulle dreigend deur Farao en sy ruiters agtervolg is. JaHUaH bring hulle wonderbaarlik veilig deur die Rooi See, met “arendsvlerke”, terwyl Farao en sy ruiters verdrink. Dit was ‘n bonatuurlike uitredding en so koppel ons “arendsvlerke” aan bonatuurlike uitredding deur JaHUaH en dan kom ons by Exodus. By Sinai het die Volk die belewenis van die “Poort van die Hemel” wat weer oop is, soos daar by Bet-El. Daar herinner Hy die Volk weer hoe Hy hulle bewaar het en wil met hulle ‘n Verbond sluit soos wat Jakob destyds ‘n gelofte aan Hom gemaak het.

Ex 19:3 Maar Moses het opgeklim na Elohiem toe, en JaHUaH het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:

Page 5: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

5

Ex 19:4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het. Ex 19:5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. Ex 19:6 En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n afgesonderde nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel. Ex 19:7 En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat JaHUaH hom beveel het. Ex 19:8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat JaHUaH gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan JaHUaH oorgebring. Ex 19:9 En JaHUaH het met Moses gespreek: Kyk, Ek sal in ‘n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook vir altyd aan jóu kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan JaHUaH meegedeel. Ex 19:10 Verder het JaHUaH aan Moses gesê: Gaan na die volk en sonder hulle af vandag en môre, en laat hulle hul klere was Ex 19:11 en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal JaHUaH voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal.

Dit herinner aan hoe Jakob JaHUaH op die leer gesien het toe die Poort van die Hemel oop was by Bet-El, maar hierdie keer gaan Hy afdaal. Tot hiertoe het die priesterorde in families geopereer volgens al die eersgebore seuns, en die Volk word ook dan hier JaHUaH se “eersgebore seun” genoem. Dit is wat kenmerkend is van die Melgisèdekorde, dit opereer deur Eersgeborenes.

Hos 11:1 Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep. Hierdie profesie in Hos. 11:1 is tweeledig van toepassing. Eerstens op die fisiese volk Israel soos wat ons nou net gesien het en dan ook op JaHUsha as geestelike Israel. Deur die jarelange geskiedenis van Israel het daar van die Volk Israel egter net ‘n Oorblyfsel oorgebly waaruit JaHUsha as diè Saad gekom het, waaruit Skriftuurlike Israel tot stand gekom het, Rom. 9:25, Rom. 11:5, 7, Gal. 3:16. Dat Israel nou uit een Saad, naamlik uit JaHUsha sou wees, word bevestig volgens Hos. 11:1 in Matt. 2:15 en dit handel oor JaHUsha, toe Hy bewaar was van die agtervolging van Herodus, soos wat die Volk bewaar was van die agtervolging van Farao. Die Skrif sê van albei: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.

Mat 2:14 Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek. Mat 2:15 En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat JaHUaH gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.

Ons weet dat die Melgisèdekorde wat deur eersgeborenes geopereer het onderbreek is deur die Goue Kalf aanbidding waar eersgeborenes toe met Leviete omgeruil is, en die hele Levitiese stelsel ingestel is as ‘n tydelike onderbreking van die Melgisèdekorde (Num. 3), maar dat die transaksie weer omgekeer is deur JaHUsha se Versoeningsdood (1 Pet. 1:18 – 19, 1 Pet. 2:9).

Page 6: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

6

Daarom gebeur dit wat by fisiese Sinai gebeur het (Ex. 19:16 – 20), nou by die geestelike Sion (Heb. 12:18, 22).

Ex 19:16 En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en ‘n swaar wolk op die berg en die geluid van ‘n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het. Ex 19:17 Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om Elohiem te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg. Ex 19:18 En die hele berg Sinai het gerook, omdat JaHUaH in ‘n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ‘n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe. Ex 19:19 Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en Elohiem het hom telkens hardop geantwoord. Ex 19:20 Terwyl JaHUaH op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het JaHUaH Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.

Vergelyk dit met Heb. 12:18 – 29 i.v.m. Sion.

Heb 12:18 Want julle het nie gekom by ‘n tasbare berg nie en ‘n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm Heb 12:19 en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie— Heb 12:20 want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as ‘n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ‘n pyl neergeskiet word. Heb 12:21 En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder. Heb 12:22 Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende Elohiem, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, Heb 12:23 by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by Elohiem, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges, Heb 12:24 en by JaHUsha, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel. Heb 12:25 Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde ‘n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek. Heb 12:26 Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. Heb 12:27 En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. Heb 12:28 Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so Elohiem welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Heb 12:29 Want onse Elohiem is ‘n verterende vuur.

Die fisiese of wankelbare word getransformeer na die geestelike wat onwankelbaar is, dis ewig. Die tydelike Levitiese orde word verander terug na die Melgisèdekorde (Heb. 7:12), omdat JaHUsha se dood vir eens en vir altyd die offer was en hy ook opgestaan het uit die dood. Ons leef nou reeds geestelik in die onwankelbare Koninkryk van die Hemel, totdat JaHUsha sal kom en die fisiese aarde terugneem vanaf Satan wat dit van Adam en Eva gekaap het toe hulle heerskappy oor die aarde gekry het en aan

Page 7: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

7

Satan gehoorsaam was, eerder as aan JaHUaH (Heb. 7: 21 – 25). Op daardie stadium sal die aarde van die vloek ontslae wees en as Nuwe Aarde (Open. 21:1) deel wees van die onwankelbare Koninkryk van die Hemel (Rom. 8:19 – 22, Open. 22:3). In Heb. 12 sien ons die eersgeborenes is weer herstel as ‘n Gemeente van Eersgeborenes, en dit bring ons terug na die belofte aan Jakob in Gen. 28:3, ‘n gemeente van nasies.

Heb 12:23 by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by Elohiem, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges

HANDELINGE SE BET-EL Ons moet egter na Hand. 1 – 2 gaan om te sien dat die Gemeente van Eersgeborenes, afkomstig was uit verskillende nasies. In Hand. 2 sien ons ook weer die vuur wat by Sinai was, en waarvan Heb. 12 ook getuig. Dit was dus ook ‘n Poort van die Hemel, en die vuur van die Afgesonderde Gees het op die mense geval wat vanuit verskillende nasies daar in Jerusalem was. Diè op wie die vuur geval het was verteenwoordigend van die Gemeente van Eersgeborenes want hulle was bymekaar vir Shavuot wat ook genoem word die “Fees van Eerstevrugte”. Die vuur en wind was die “Gees” of “Asem” van JaHUaH.

Hand 2:1 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. Hand 2:2 En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Hand 2:3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. Hand 2:4 En hulle is almal vervul met die Afgesonderde Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. Hand 2:5 En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is. Hand 2:6 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; Hand 2:7 en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? Hand 2:8 En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? Hand 2:9 Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië, Hand 2:10 Frigië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, Hand 2:11 Kretense en Arabiere—ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van Elohiem spreek.

Daar is daardie dag 3 000 gered om uit te balanseer met die 3 000 wat gesterf het a.g.v. die aanbidding van die Goue Kalf. Mens kan die omkering van die priesterordes ook hierin raaksien, Ex. 32:28 en Hand. 2:41.

Page 8: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

8

So sien ons dat daar in Lev. 23 die amptelike instelling van die feeste was, maar daar was ‘n “ritme” van die feeste vir die Aartsvaders nog voordat dit in Lev. 23 ingestel was, omdat die feeste JaHUaH se Plan geopenbaar het wat gefundeer is op die lewens van die Aartsvaders. In die geval van Shavuot, is dit gebou op dit wat plaasgevind het vanaf Gen. 28. Dis die Huis van El, Bet-El, waar die Poort van die Hemel oop is, waar ons direkte kontak waarneem tussen Elohiem en die mens. Dit gaan dus oor die geestelike en gaan gepaard met uitstorting van die Gees, soos wat JaHUsha sy dissipels beloof het.

Joh 14:16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: Joh 14:17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

Joh 14:26 maar die Trooster, die Afgesonderde Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Joh 15:26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.

JaHUsha is die Gesalfde (Messias) en dis Sy salwing wat ons ontvang as Skriftuurlike Israel en so word ons deel van die Olyfboom want as die Gesalfde is Hy Die Olyfboom van Rom. 11. Maar as ons Hom as Gesalfde, as Olyfboom, verloën ...!!

1 Joh 2:20 En julle het die salwing van die Afgesonderde en weet alles. 1 Joh 2:21 Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie. 1 Joh 2:22 Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat JaHUsha die Gesalfde/Messias is? Dit is die Antimessias wat die Vader en die Seun loën. 1 Joh 2:23 Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie. 1 Joh 2:24 Wat julle dan van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly. 1 Joh 2:25 En dit is die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik die ewige lewe. 1 Joh 2:26 Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot die wat julle mislei. 1 Joh 2:27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.

Soos ons van die begin af JaHUsha raakgesien het as Verlosser, so moet ons in ons groei ook steeds in Hom bly, anders verloor ons die salwing van Sy Gees, want Hy is die Gesalfde (die Messias). JERUSALEM AS BET-EL Dan sê JaHUsha vir oulaas vir sy dissipels om in Jerusalem te gaan wag vir die Afgesonderede Gees se uitstorting.

Page 9: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

9

Hand 1:4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Hand 1:5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Afgesonderde Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

Dit was om hulle toe te rus om Sy Getuies te wees.

Hand 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Afgesonderde Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Hulle moes in Jerusalem gaan wag. Van daar af was ook JaHUsha se uitgang uit hierdie wêreld, Luk. 9:31. Daar was ‘n oorgang vanaf fisiese Jerusalem na geestelike Jerusalem soos wat Die Betabara van Jerusalem dit verduidelik. Fisiese Jerusalem is in 70 na Messias vernietig. Dit is ook simbolies van ‘n geestelike waarheid, want die Skrif waarsku ons om nie te fokus op die fisiese Jerusalem nie, maar op die Jerusalem van daarbo.

Open 11:8 en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Meester gekruisig is.

Gal 4:22 Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. Gal 4:23 Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. Gal 4:24 Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar; Gal 4:25 want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. Gal 4:26 Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal. Gal 4:27 Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat ‘n man het. (vgl. Jes. 54) Gal 4:28 Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; Gal 4:29 maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook. Gal 4:30 Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie. Gal 4:31 Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.

Gal. 4:27 verwys na Jes. 54 wat ook ‘n beskrywing is van die Nuwe Jerusalem of die Jerusalem daarbo. Ons is nog in fisiese liggame maar opereer reeds geestelik (waak om dit voortdurend te doen, want daar is baie misleiding t.o.v. profesieë wat verkeerdelik op ‘n fisiese Israel toegepas wil word in hierdie dae). Soos wat die Israeliete deur ‘n woestyn moes reis voordat hulle die Beloofde Land bereik het, so is ons in hierdie fisiese wêreld, dis ons woestyn. Ons kan geestelik daarin omkom soos wat hulle fisies omgekom het in die woestyn.

Page 10: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

10

In die Boek van Openbaring reis ons deur die Hemelse Tabernakel waarvan Moses ‘n afbeelding moes maak totdat daar geen Tabernakel meer is nie, want dis die “leer” om ons eindbestemming mee te kan bereik, naamlik die Hemel wat Jakob geopend gesien het. DIE REIS DEUR DIE TABERNAKEL AS BET-EL As mens die Tabernakel kop en punt sou draai sodat dit ‘n leer vorm tussen die hemel en die aarde soos by Bet-El, sou die Buitehof met die aarde kontak maak en die Allerheiligste met die Hemel. Dus, in Openbaring begin JaHUsha met ons deur die Tabernakel reis vanaf die Binnehof waar die Kandelaar is, tot by die Allerheiligste waar die Ark van die Verbond is, m.a.w., alles wat onder dak is. Die reis begin met die 7 gemeentes (Kahal/Ekklesia/Gemeente van Eersgeborenes) wat vergelyk word met 7 kandelare, soos wat daar ‘n kandelaar in die Afgesonderde deel was waar die priesters hulle dienswerk gedoen het. Daarna lees ons ook ‘n paar maal van die Reukofferaltaar en laastens die Verbondsark wat in die Allerheiligste was/is.

Open 1:12 Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars Open 5:8 en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die afgesonderdes is. Open 6:9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. Open 8:3 En ‘n ander engel het gekom en met ‘n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die afgesonderdes op die goue altaar voor die troon te lê; Open 9:13 En die sesde engel het geblaas, en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor Elohiem is Open 11:19 En die tempel van Elohiem het in die hemel oopgegaan, en Sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

Die “weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael” herinner ons dadelik aan Sinai. Ons weet wat in hierdie Verbondsark is, nl. die Tien Woorde van die Verbond, soos dit by Sinai gegee was, met die vinger van Elohiem geskrywe. Dit sal ‘n Getuienis wees teen die mens voor die Regterstoel, maar ons het ‘n Voorspraak vir diegene wat JaHUsha se Versoening omhels (1 Joh. 2:1) en Hom nie langs die pad verloën vir die “ander een” van 2 Kor. 11:4 nie.

Open 15:5 En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen. Open 15:6 En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels.

Page 11: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

11

Open 15:7 En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee, vol van die grimmigheid van Elohiem wat leef tot in alle ewigheid. Open 15:8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van Elohiem en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

En dan uiteindelik word daar gearriveer en is die “brug” of “leer” van ‘n tempel nie meer nodig nie ...

Open 21:22 En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want JaHUaH Elohiem, die Almagtige, is Sy tempel, en die Lam.

So betree ons as die Bruid uiteindelik die Stad van Open. 21 – 22, die Nuwe Jerusalem, nadat ons deur ‘n gedeelte van die Groot Verdrukking behoue deurgekom het as Verseëldes. DIE GROOT VERDRUKKING BRING ONS NA DIE UITEINDELIKE BET-EL Die benoudheid van Jakob en die Israeliete se benoudheid toe hulle vasgekeer was by die Rooi See, is voorbeelde van die Groot Verdrukking wat ons sal deurgaan, maar vir elkeen wat verseël is met die seël van die lewende Elohiem volgens Open. 7, 14:1 – 5, sal daar ‘n behoud wees, soos wat daar vir Jakob ‘n behoud was en vir die Israeliete by die Rooi See, wat ook as “arendsvlerke” beskryf is in Open. 12.

Open 12:13 En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het; Open 12:14 maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd.

Die basuine van Openbaring, basuine een tot sewe, herinner aan die basuine in Ex. 19:19 wat al sterker en sterker word (een tot sewe).

Ex 19:19 Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en Elohiem het hom telkens hardop geantwoord.

Soos by Sinai, het ‘n basuin ook die geopende Poort na die Hemel ingelei.

Open 4:1 Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.

Is dit JaHUaH se gedagte om Skriftuurlike Israel van vandag ook weer deur Arendsvlerke tegemoet te kom met die geklank van die laaste basuin, al moet ons gedeeltelik deur die Verdrukking gaan, 1 Kor. 15:52, Open. 12:14, 1 Thess. 4:16? SHAVUOT WAS DIE OES VAN DIE KORING Waar JaHUsha se opstanding vergelyk is met die wuif van die Eerstelinggerf van die garsoes, het ons met Shavuot te doen met die koringoes en daar kry ons al die lering wat JaHUsha gegee het oor die koringkorrel wat in die grond moet val en sterf. Dit dui ook op JaHUsha maar ook op gelowiges in Hom. Daar is ‘n

Page 12: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

12

sterwe om te sterf sodat ons kan lewe as ons Hom wil volg en getuies vir Hom wil wees. Vergelyk Ek en jy, die Saadkoring. SLOTGEDAGTE Soos in Gen. 35:2 – 3 en Ex. 19:10 word van ons ook verwag om gereinig en afgesonder te wees voordat die Poorte van die Hemel vir ons oopgemaak gaan word. JaHUsha het gebid dat sy dissipels en diè wat deur hulle woord in Hom sal glo (soos byvoorbeeld ons), afgesonder moet word in die waarheid en uitgestuur word in die wêreld (Joh. 17:17 – 20).

Joh 17:17 Sonder hulle af in u waarheid; u woord is die waarheid. Joh 17:18 Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. Joh 17:19 En Ek sonder Myself af vir hulle, sodat hulle ook in waarheid afgesonder kan wees. Joh 17:20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo—

Petrus beaam dit ...

1 Pet 1:15 Maar soos Hy wat julle geroep het, afgesonder is, moet julle ook in jul hele lewenswandel afgesonder word, 1 Pet 1:16 omdat daar geskrywe is: Wees afgesonder, want Ek is afgesonder.

As gereinigdes deur die bloed van die Lam (1 Joh. 1:7 – 9) waar sal ons ons gaan afsonder en wag vir ‘n geopende Poort sodat ons die salwing kan hernu wat JaHUaH gereed is om uit te stort op hierdie tydslot van Sy Plan met Shavuot? Hier is ons nou by die berg Sion volgens Heb. 12. Waar is ons Bet-El, ons Huis van Elohiem, waar Jakob die gedenksteen opgerig het en dit gesalf het as ‘n afgesonderde plek? Gaan ons by fisiese Jerusalem (wat Sodom en Egipte is, Open. 11: 8) wag of by die geestelike Nuwe Jerusalem van daarbo? Waar ons fokus is, is waar ons wag en waar ons wag gaan bepaal van watter gees of Gees ons ‘n salwing gaan kry. Diè van JaHUsha Messias of diè van die messias wat hom voordoen asof hy ons messias is, naamlik die Antimessias. Dit is maklik om ‘n fout te maak en die breë pad te volg waarop die meeste gelowiges is. Maar selfs die uitverkorenes kan mislei word (Matt. 24:24). Mag ons elkeen ‘n ontmoeting hê met JaHUaH wat verlos, JaHUsha, en opnuut Sy salwing ervaar om Getuies vir Hom te wees. VISUELE OPSOMMING Kom ons som laastens die sporte van die leer wat hier behandel is kortliks op deur verskillende kunstenaars se uitbeeldinge, soos wat dit stappie vir stappie die verskillende fases van die ontwikkeling uitbeeld vanaf die fisiese na die geestelike. So maak Jakob se leer en Joh. 1:52 se leer baie meer sin en ons begin by Jakob se droom en eindig by Open. 21 – 22 waar die bestemming bereik is waarna ons “geklim” het.

Page 13: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

13

Page 14: SHAVUOT EN DIE FEES VAN EERSTEVRUGTE...opbouend n verband het met Gen. 28, 32, 35, Ex. 19, Hand. 2 en Open. 21 – 22. Vanuit Jakob wie se naam na ^Israel verander is, het die 12 stamme

14

0-0-0-0-0-0-0

AndriYaH Junie 2017