17
OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 1 Kurrikulum: Algemene Onderwys en Opleiding Skeppende Kunste SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Die take is ontwikkel in die vorm van ‘n stap-vir-stap riglyn aan leerders. Die aktiwiteite word in die klas gedoen. Dit is belangrik dat onderwysers die verskillende stappe met die kinders behandel om aktiewe, kreatiewe en kritiese deelname deur die leerders te verseker. FOKUSAREA ONDERWERP 2: DRAMA-ELEMENTE IN TONEELSKEPPING UITKOMS: Om ’n begrip van aspekte van IMPROVISASIE as die fokus van TONEEL- SKEPPING in Onderwerp 2 (Kwartaal 1 en 3) te ontwikkel Toneelskepping word in Kwartaal 1 en 3 in Graad 7 – 9 verken. Dit vorder van baie informele klaskamerimprovisasies in Graad 7 tot beplande, gestruktu- reerde, afgeronde en gerepeteerde klaskameropvoerings in Graad 9. Wanneer TONEELSKEPPING in die Senior Fase benader word, is dit belangrik om kennis te neem hoe vordering plaasvind: kom ons raadpleeg die KABV! GRAAD 7 Graad 7 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Toneelskepping/groepimprovisasie (2 4 leerders). Kort geïmproviseerde dramas (2 4 leerders). Stimulus Gebruik leidrade van mekaar se reaksies, temas wat met leerders se lewens verband hou. Kulturele en sosiale geleenthede.

SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

  • Upload
    others

  • View
    26

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 1

Kurrikulum: Algemene Onderwys en

Opleiding

Skeppende Kunste

SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA

SENIOR FASE OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS

NOTA AAN DIE ONDERWYSER:

Die take is ontwikkel in die vorm van ‘n stap-vir-stap riglyn aan leerders. Die aktiwiteite

word in die klas gedoen. Dit is belangrik dat onderwysers die verskillende stappe met

die kinders behandel om aktiewe, kreatiewe en kritiese deelname deur die leerders te

verseker.

FOKUSAREA – ONDERWERP 2: DRAMA-ELEMENTE IN TONEELSKEPPING

UITKOMS:

Om ’n begrip van aspekte van IMPROVISASIE as die fokus van TONEEL-

SKEPPING in Onderwerp 2 (Kwartaal 1 en 3) te ontwikkel

Toneelskepping word in Kwartaal 1 en 3 in Graad 7 – 9 verken. Dit vorder van

baie informele klaskamerimprovisasies in Graad 7 tot beplande, gestruktu-

reerde, afgeronde en gerepeteerde klaskameropvoerings in Graad 9.

Wanneer TONEELSKEPPING in die Senior Fase benader word, is dit belangrik

om kennis te neem hoe vordering plaasvind: kom ons raadpleeg die KABV!

GRAAD 7

Graad 7 Kwartaal 1 Kwartaal 3

Toneelskepping/groepimprovisasie

(2 – 4 leerders).

Kort geïmproviseerde dramas

(2 – 4 leerders).

Stimulus Gebruik leidrade van mekaar se

reaksies, temas wat met leerders

se lewens verband hou.

Kulturele en sosiale geleenthede.

Page 2: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2

GRADE 8

Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3

Geskrewe skets of afgeronde

improvisasie – gegrond op

navorsing wat in die klas uitgevoer

is.

Afgeronde improvisasie gegrond

op enige gespesialiseerde styl met

geïmproviseerde en/of

selfgemaakte tegniese

hulpbronne.

Stimulus Sosiale of omgewingskwessie. Enige stimulus, verken style –

musiekblyspel, mimiek, poppekas,

ens.

GRADE 9

Graad 9 Kwartaal 1 Kwartaal 3

Afgeronde improvisasie wat

kulturele praktyke en prosesse

verken.

Afgeronde opvoering met

selfgemaakte en/of

geïmproviseerde tegniese

elemente.

Stimulus Kulturele praktyke en prosesse

(rituele, seremonies, simbole, ens.)

Enige stimulus, fokus op die

teikengehoor en doel.

Page 3: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 3

DRAMA

GRAAD 7 KWARTAAL 3

ONDERWERP 2: DRAMA-ELEMENTE IN TONEELSKEPPING

Fokus op karakterwaarneming, nabootsing en die verbeelding in verskeie kort

geïmproviseerde dramas in groepe van twee tot vier leerders

HULPBRONNE: Tromme/ tamboeryn

TYDSDUUR: 6 uur 30 minute per kwartaal

Instruksie: Ontwikkel in groepe ‟n paar kort geïmproviseerde tonele met ‟n

begin, middel en einde.

A. Ontwikkel ‟n bewustheid van BEGIN, MIDDEL en EINDE in ‟n improvisasie.

Aktiwiteit 1: Voltooiing van die aksie

Staan in „n sirkel van 6-7 leerders.

Een persoon loop by die sirkel in en begin „n aksie/handeling deur mimiek

uitbeeld wat kenmerkend van ‟n spesifieke plek is.

Hou aan met hierdie aktiwiteit totdat dit duidelik is WAT gedoen word en

WAAR dit gedoen word.

‟n Tweede persoon gaan die sirkel binne en dra tot die aktiwiteit by, sonder

woorde. Gebruik lyftaal en gebare duidelik om aan te dui WIE jy is en wat jou

verhouding tot die eerste persoon is.

Nadat dit vasgestel is, moet die tweede persoon een of ander soort

komplikasie/verwikkeling byvoeg.

‟n Derde persoon sluit by julle aan en vind ‟n manier om die komplikasie op te

los. Julle moet vries wanneer julle voel dat die toneel tot ‟n einde gekom het.

Bespreek of die toneel ‟n duidelike begin, middel en einde gehad het. Waar

was die klimaks van die aksie?

Aktiwiteit 2: Standbeelde

In groepe van vier: twee leerders is die beeldhouers en twee is die beelde.

Die beeldhouers maak twee interessante beelde/standbeelde deur hulle

maat se liggaam te vorm en dit in verhouding met mekaar te plaas.

(Oorweeg die afstand tussen elkeen, hoeke in verhouding met mekaar,

vlakke, ens.)

Die twee beeldhouers bespreek WAT gebeur en WAAR dit gebeur.

Die twee beelde/standbeelde word op ‟n sein lewendig en ontwikkel die

aksie/ handeling deur hul eie dialoog by te voeg.

Op ‟n volgende sein vries die beelde/standbeelde.

Die beeldhouers bespreek – is die toneel voltooi? Moet daar nog iets gebeur

om ‟n bevredigende storie te skep? Indien wel, wat?

Die beeldhouers gee weer ‟n sein vir die beelde/standbeelde om lewendig

te word.

Hierdie proses gaan voort totdat die natuurlike EINDE van die toneel bereik is.

Daarna word ‟n bespreking gehou – waar was die klimaks van die aksie?

Waarom het die einde soos ‟n einde gevoel? Ensovoorts.

Page 4: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 4

B. GROEPERING, VORMING VAN RUIMTE EN ONTWIKKELING VAN TONELE

Aktiwiteit 1: Kyk sport as ’n groep

Besluit in groepe van 6 tot 10 oor ‟n sport om te kyk en posisioneer julleself

soos by ‟n sportwedstryd.

Kyk saam na die spel sonder om te praat en gebruik leidrade in mekaar se

reaksies om die ervaring saam op te bou.

Probeer om terselfdertyd spanning te bou, te juig oor ‟n doel of punte wat

aangeteken word en julle span aan te moedig.

Doen eers die aktiwiteit sonder enige dialoog en herhaal dit daarna met

woorde.

Die oefening moedig eenheid in ruimte aan en daag leerders uit om nie-

verbale aanwysings te volg om realistiese toeskouers van ‟n sport te wees.

Aktiwiteit 2: Tablo’s

Leerders verdeel in groepe van 4 tot 6. Die onderwyser gee „n kaartjie aan

julle wqaarop ‟n ligging (plek) aangedui is wat julle moet uitbeeld in‟n tablo

(gevriesde prent/stilbeeld).

Skep ‟n stilbeeld van mense in die gegewe ligging (plek) op so ‟n manier dat

dit vir die kyker duidelik is.

Idees vir liggings: winkelsentrum, strand, park, taxistaanplek, bushalte,

vlooimark, ens.

Sodra die keuse gedoen en die tablo gebou is, kyk die res van die klas na

elke tablo om te bepaal of die ligging in elke geval duidelik aangetoon

word.

Ander faktore om in te sluit en bespreek:

nabyheid van mense in verhouding tot mekaar,

gebruik van vlakke,

fokuspunt in die prent,

ruimtelike plasing ten opsigte van waar/hoe die gehoor die prent sien

(aan die einde, in die rondte, in die hoek, ens.)

Wanneer julle die tablo uitgeklaar en daarop verbeter het, neem weer jul

posisie in en word lewendig in die toneel.

Die toneel kan vir ‟n paar minute verder ontwikkel voordat daar weer ‟n sein

gegee word om te vries.

Die kykers word nou gevra hoe die beeld in die tweede tablo verander het.

Is die ligging steeds duidelik? Hoe het die verhoudings tussen karakters

verander?

(Dieselfde oefening kan gedoen word waar foto‟s of ander visuele beelde as die

beginpunt vir die tablo gebruik word. Leerders moet die foto of skildery herskep

en besluite neem oor die WIE, WAT, WAAR en WANNEER van die toneel. Hulle

word lewendig, laat die toneel ontwikkel en vries dan in ‟n nuwe tablo. Die

keuses van karakters moet steeds duidelik aangetoon word.)

Page 5: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 5

C. KARAKTERS in ‟n bepaalde omgewing.

Aktiwiteit 1: Die ritueel van wakker word

Kies‟n karakter deur ‟n karakterkaart te neem.

Die kaart gee ‟n paar beskrywings van ‟n karakter, bv. streng onderwyser,

agterdogtige polisieman, senuweeagtige sakeman, lawaaierige tiener,

sorgsame moeder.

Verbeel jou dat jy in jou karakter se slaapkamer wakker word.

Voer die karakter se bekende oggendritueel uit.

Verken die manier waarop jou karakter moontlik sou aantrek, loop, praat en

interaksie met ander sou hê.

Jou onderwyser sal verdere voorstelle maak soos die proses vorder.

Bespreek daarna wat julle gedurende hierdie oggendritueel oor julle

karakters uitgevind het.

Aktiwiteit 2: Die Wagspeletjie

Besluit oor ‟n plek waar verskillende soorte mense kan wag, byvoorbeeld ‟n

bushalte, ‟n hospitaal, ‟n tandarts se wagkamer, by ‟n werksonderhoud, ens.

Neem beurte om die plek in karakter te betree.

Vokale en fisiese karakterkeuses moet duidelik wees.

Die karakters moet met mekaar kommunikeer.

Al die karakters vries op ‟n sein.

Die onderwyser gee ‟n instruksie soos “Wanneer julle weer ontvries, sal julle

karakters ‟n krisis in die gesig staar. Die gebou is aan die brand (of die bus

het gaan staan, of die persoon wat ‟n onderhoud met jou moes voer, is

afgedank, ens.).”

Laat die karakters in hierdie krisis lewendig word.

Hoe verander jul gedrag onder druk?

Bespreek na die tyd of al die karakters duidelik uitgebeeld is en watter

verhoudinge geskep is.

D. Verdere aktiwiteite om karakterisering te ontwikkel

Aktiwiteit 1: In die warm stoel.

Bou ‟n karakter deur die Warm Stoel-oefening:

Die leerder wat die karakter gaan skep, sit omring deur ander lede van die

groep. Sy/hy is in die “warm stoel”.

Die ander leerders vra een vir een vir hom/haar vrae.

Elke leerder moet dink aan ‟n verskillende vraag om te vra.

‟n Karakter kom geleidelik te voorskyn uit sy/haar antwoorde.

Die vrae word meer oorspronklik en kreatief en delf dieper soos die karakter

‟n vorm aanneem.

Die leerder in die warm stoel het geen vooropgestelde idees nie (buiten dit

wat hy/sy van die scenario of storielyn weet).

Die karakter ontwikkel slegs uit die vrae en antwoorde.

Sodoende help die hele groep om die karakter te bou.

Page 6: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 6

AKTIWITEIT VIR FISIESE KARAKTERISERING

Aktiwiteit 2:

Die fokus is op die fisiese eienskappe van die karakter. Elemente van die karakter

wat ontwikkel kan word, is:

Fisiese voorkoms

Ouderdom

Fisiese maniertjies

Beserings

Houding

Doel

Status

Kostuums

Rekwisiete

Name

Aktiwiteit 3:

Ten einde ‟n karakter se fisiese kenmerke uit te beeld, word leerders gevra om

hulle waarnemingsvermoëns te gebruik deur na mense rondom hulle te kyk en

sekere fisiese karaktertrekke na te boots wat moontlik gepas vir hul eie karakter

sal wees.

Staan in ‟n oop ruimte.

Neem ‟n karakter aan.

Die onderwyser stel aksies, emosies of situasies voor.

Reageer, in karakter, op die verskeie tekens wat die onderwyser gee.

Dit sal jou vanuit ‟n fisiese en emosionele oogpunt meer bewus van jou

karakter maak.

Onderwyser: Voer in karakter (of jy nou ‟n bekende popster, ‟n baie ou

dame, ‟n dinamiese politikus is) die volgende aksies uit:

Page 7: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 7

Bolyf: Neem ‟n koue stort, sukkel in ‟n haelstorm

Emosie: Wys wanhoop, selfvertroue, angstigheid,

ekstase

Kostuum: Loop asof jy te groot skoene, te klein

skoene, ‟n jas, aandrok/-pak dra

Voete en bene: Loop kaalvoet oor doringagtige gras, op ‟n

warm pad, kniediep in die see

Hande en arms: Raak aan pels, skraap koue pap uit ‟n pot

met jou hande, sny jou vinger, plaas jou

hand op ‟n jellievis

Gebare -druk in karakter uit “Bring dit hiernatoe”

“Hoe kon jy!”

“Ek is lief vir jou”

“Kyk daar”

“Kom dadelik hiernatoe”

Aktiwiteit 4: Die onderwyser fasiliteer die proses in die volgende

geïmproviseerde situasies

Toneel 1

Jy is in besige straat vol mense; jy is angstig om te sien wat in die

winkelvensters vertoon word.

Wys wat jy sien en of jy daarvan hou of nie.

Vind dan iets wat jy jare lank reeds wil hê – besluit of jy dit gaan koop – wys

wat dit is.

Toneel 2

Jy sit in ‟n sel in afsonderlike opsluiting. Jy is reeds ‟n geruime tyd daar en is

gewoond aan die stilte. Jou gemoed is een van wanhoop.

Jy hoor ver weg ‟n geklop. Spanning en opwinding groei soos jy luister, dit

raak stil, jy besluit dis net pure verbeelding.

Toneel 3

‟n Groep gaan op reis – wys die opgewonde afwagting, hoe hulle op die

trein klim, die aankoms, hoe hulle op ‟n boot klim, die beweging van die

boot, dit duik en rol, daar is ‟n storm en julle ly skipbreuk.

Wys julle avonture daarna en hoe julle uiteindelik veilig terugkeer.

Aktiwiteit 5: Die bou van ‟n standbeeld

Vorm ‟n standbeeld van jou karakter wat die oorheersende stemming van

die karakter uitbeeld.

Jou hele liggaam moet die karakter oordra – vanaf die gesig tot by die

voete.

Die res van die klas bespreek sommige van die ongewone of innoverende

standbeelde:

o watter soort karakter word uitgebeeld

Page 8: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 8

o wat is die geslag

o die ouderdom

o die stemming en die houding van die standbeeld.

Aktiwiteit 6: AKTIWITEIT VIR STEMKARAKTERISERING

Stemkarakterisering verwys na hoe jy jou stem gebruik om jou karakter te

karakteriseer.

Leerders verken die verskillende vokale aspekte van spraak en raak bewus van

spraak- en dramaterminologie. Hulle kies ‟n reël wat hulle karakter tydens die

opvoering sal sê, bv. “Wat doen jy?”

Sê hierdie lyn en fokus op:

projeksie

karakterisering

asemhaling

toonhoogte

artikulasie

stemming

gesigsuitdrukking

oogkontak

Leerders besin oor hoe hierdie elemente die karakter se spraak verander.

Aktiwiteit 7: Dialoog van toepassing op die karakter

pas die volgende aan na aanleiding van die karakter: stemtoon, die gebruik

van woordeskat en die manier van praat.

Kies een reël uit hulle drama.

„n Leerder staan in ‟n sirkel en beweeg oor na ‟n ander leerder deur sy/haar

karakter se lyftaal en postuur te wys.

Sê die reël vir hierdie leerder en gebruik die stemtoon en houding van die

karakter.

Die leerder moet fyn luister en dan herhaal wat hy of sy nou net gesien het

deur die postuur, lyftaal, houding, stem, dialoog, ens. na te boots.

Sy/hy verander dan terug na die oorspronklike karakter se lyftaal en postuur.

Sy/hy beweeg in die sirkel en kies iemand anders aan wie sy/hy die reël kan

opvoer.

Dit word herhaal totdat almal in die groep hul eie karakter gedemonstreer en

iemand anders in die groep se karakter nageboots het.

Page 9: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 9

Page 10: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 10

ONDERWERP 2: DRAMA-ELEMENTE IN TONEELSKEPPING

GRAAD 8 EN 9 KWARTAAL 3

Fokus op geskrewe skets of afgeronde improvisasie

HULPBRONNE: Tromme/ tamboeryn

TYDSDUUR: 6 uur 30 minute per kwartaal

LAAT ONS BEGIN VERKEN DEUR ’N BIETJIE NAVORSING TE DOEN!

1. Navorsing en bespreking

Leerders werk in groepe van ses tot agt en elke leerder kies en skryf ‟n sosiale,

omgewings- of politieke kwessie op ‟n stuk papier neer. Die kwessie wat deur

leerders gekies word, moet relevant en van belang vir hulle wees! Dit moet iets

wees wat hulle lewens of gemeenskappe direk of indirek raak .... Leerders neem

beurte om te verduidelik (en dit aan die ander te verkoop!) waarom die kwessie

vir hulle belangrik is. Elke groep besluit oor een kwessie wat hulle vir die drama sal

gebruik – hulle kan soortgelyke kwessies kombineer, maar dit is gewoonlik

makliker om by een kwessie te hou.

2. Visbak-aktiwiteit

Leerders in elke groep dink aan ten minste drie vrae oor die gekose kwessie. Elke

leerder skryf ‟n antwoord op die vrae en plaas dit in ‟n houer. Die houer word

dan in die groep aangegee en elke persoon neem ‟n stuk papier daaruit, lees

die antwoord hardop en gee sy of haar reaksie op die antwoord. Die reaksie

moet nie langer as een minuut duur nie. As ‟n groep, identifiseer waaroor julle

saamstem en verskil.

Leerders doen navorsing in groepe. Leerders moet die gekose kwessie in

onderafdelings verdeel. Elke leerder doen navorsing oor ‟n onderafdeling. Dit

sluit aspekte soos die oorsake, gevolge, impak, mense se ervarings en moontlike

oplossings in. Leerders moet verskillende bronne vir die drama raadpleeg, bv.:

statistiek oor enige relevante kwessie/s

anekdotiese navorsing

eie ervaring

artikels in koerante en tydskrifte

gedigte, liedere, slagspreuke

video‟s en rolprente

opnames van onderhoude met vriende, gemeenskapslede, ens.

Page 11: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 11

Leerders bied hulle bevindings na ‟n week vir die res van die groeplede aan.

Hulle skryf belangrike idees neer en luister goed na enigiets wat vir die drama

van belang kan wees – veral anekdotiese getuienis en ervaring in die werklike

lewe.

Na afloop van die navorsing, word ‟n dinkskrum oor ‟n moontlike scenario op

grond van onderstaande vrae gehou:

Wat: Wat gebeur, wat is my storielyn, hoe sal dit ontwikkel, wat sal die begin,

middel en einde wees? Wat sal die klimaks wees? Is die storie interessant, is daar

dramatiese spanning?

Wie: Wie is die karakters? Wat is hulle verwantskap aan mekaar? Hoe sal dit deur

liggaam en stem aangetoon word? Wat is die houding en funksie van elk van

die karakters? Hoe sal ‟n spesifieke rol gekarakteriseer word, het hy/sy enige

spesifieke maniertjies, spraakpatrone? Wat is die geskiedenis van die karakter?

Ouderdom? Fisiese eienskappe?

Waar: Waar vind die aksie plaas? Wat is die ligging? Watter uitwerking sal dit hê

op die manier waarop leerders optree? Is dit by die skool, in die kerk?

Wanneer: Wanneer vind die storie plaas? Is dit laat in die aand, in die verlede?

Aan wie: Wie sal die gehoor wees? Vriende en mense van ons ouderdom? Ouers

en bekende volwassenes? Jongmense? Skares op straat?

Op hierdie stadium teken die leerders hulle dinkskrum in hulle werkboek op as

opsommende notas of as ‟n teks sodat dit verder ontwikkel kan word.

3. As groeplede, vertel leerders die storie EEN SIN OP ‟N SLAG. Hulle maak in die

werkboeke aantekeninge waarin hulle die volgende vrae beantwoord:

Wat is die belangrike gebeure in die storie?

Wat gebeur aan die begin van die storie?

Hoe eindig dit?

Wat is die belangrike oomblikke of tonele met konflik in die storie?

4. Leerders maak in groepe drie tablo‟s (gevriesde standbeelde deur die

liggaam en gesigsuitdrukking te gebruik) – een vir die begin van die storie,

een vir die klimaks van die storie en een vir die einde van die storie.

Toon duidelik die aksiepunte (die begin, die klimaks en die einde van die

storie) deur die tablo.

Maak seker om uit te beeld waar die storie plaasvind. (As dit byvoorbeeld

in ‟n grot plaasvind, kan julle miskien almal saambondel omdat ruimte

beperk is, ens.)

Page 12: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 12

Ander faktore om in te sluit en te bespreek tydens die ontwikkeling van die

tablo, is:

o nabyheid van mense in verhouding tot mekaar,

o gebruik van vlakke,

o fokuspunt in die prent,

o ruimtelike ooreenkomste ten opsigte van waar/hoe die gehoor die

prent sien (aan die einde, in die rondte, in die hoek, ens.)

As ‟n groep, bespreek wat moet gebeur om die drama vanaf die eerste

tablo, dan na die tweede en uiteindelik tot die einde te ontwikkel.

Improviseer nou die aksie wat elkeen van die tablo‟s koppel. Maak seker

dat julle slegs die belangrikste elemente van die aksiepunte wys.

Skryf in leerderboeke neer wat elke tablo oordra.

Die onderwyser sal op hierdie stadium die leerders informeel assesseer

deur waar te neem wat hulle doen en kommentaar te lewer oor hoe hulle

dit beter kan doen.

6. Karakterontwikkeling

Aktiwiteit 1: Die ritueel van wakker word

Oorweeg die karakter in die klaskamerdrama.

Deelnemers verbeel hulle dat hulle in die karakter se slaapkamer wakker

word.

Hulle voer die karakter se oggendritueel uit.

Verken die manier waarop die karakter miskien sou aantrek, loop, praat

en interaksie met ander sou hê.

Onderwyser maak verdere voorstelle soos leerders deur die proses gaan.

Bespreek daarna wat hulle gedurende hierdie oggendritueel oor hulle

karakters uitgevind het.

Aktiwiteit 2: Die wagspeletjie

Besluit oor ‟n plek waar verskillende soorte mense kan wag, byvoorbeeld

‟n bushalte, ‟n hospitaal, ‟n tandarts se wagkamer, vir ‟n werksonderhoud.

Elke leerder neem beurte om die ruimte as sy of haar karakter te betree.

Vokale en fisiese karakterkeuses moet duidelik wees.

Die karakters kommunikeer met mekaar.

Al die karakters vries op ‟n sein.

Die onderwyser gee ‟n instruksie soos “Wanneer julle weer ontvries, sal julle

karakters ‟n krisis in die gesig staar. Die gebou is aan die brand (of die bus

het gaan staan, of die persoon wat ‟n onderhoud met jou moes voer, is

afgedank, ens.).”

Laat die karakters in hierdie krisis lewendig word.

Hoe verander hulle gedrag onder druk?

Page 13: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 13

Bespreek na die tyd of alle karakters duidelik uitgebeeld is en watter

verhoudinge geskep is.

Aktiwiteit 3: In die warm stoel.

Bou ‟n karakter deur die Warm Stoel-oefening:

Die leerder wat die karakter gaan skep, sit omring deur ander lede van

die groep. Sy/hy is in die “warm stoel”.

Die ander leerders vra een vir een vir hom/haar vrae. Elke leerder moet

aan ‟n verskillende vraag dink.

‟n Karakter kom geleidelik te voorskyn uit sy/haar antwoorde.

Die vrae word meer oorspronklik en kreatief en delf dieper soos die

karakter ‟n vorm aanneem.

Die leerder in die warm stoel begin sonder enige voorafgestelde idees

(buiten dit wat hy/sy van die scenario of storielyn weet).

Die karakter ontwikkel slegs uit die vrae en antwoorde.

Sodoende help die hele groep om die karakter te bou.

Aktiwiteit 4:

Ten einde ‟n karakter se fisiese kenmerke uit te beeld, word leerders gevra

om hulle waarnemingsvermoëns te gebruik deur na mense rondom hulle te

kyk en sekere fisiese karaktertrekke na te boots wat moontlik gepas vir hul eie

karakter sal wees.

Staan in ‟n oop ruimte.

Neem ‟n karakter aan.

Die onderwyser stel aksies, emosies of situasies voor.

Reageer, in karakter, op die verskeie tekens wat die onderwyser gee.

Dit sal jou vanuit ‟n fisiese en emosionele oogpunt meer bewus van jou

karakter maak.

Onderwyser: Voer in karakter (of jy nou ‟n bekende popster, ‟n baie ou

dame, ‟n dinamiese politikus is) die volgende aksies uit:

Bolyf: Neem ‟n koue stort, sukkel in ‟n haelstorm

Emosie: Wys wanhoop, selfvertroue, angstigheid, ekstase

Kostuum: Loop asof jy te groot skoene, te klein skoene, ‟n jas,

aandrok/-pak dra.

Voete en

bene:

Loop kaalvoet oor doringagtige gras, op ‟n warm pad,

kniediep in die see.

Hande en

arms:

Raak aan pels, skraap koue pap uit ‟n pot met jou

hande, sny jou vinger, plaas jou hand op ‟n jellievis.

Page 14: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 14

Gebare -druk

in karakter uit:

“Bring dit hiernatoe”

“Hoe kon jy!”

“Ek is lief vir jou”

“Kyk daar”

“Kom dadelik hiernatoe”

7. Style van tonele

Elke groep voer hulle toneel op verskillende maniere uit:

Beweging en verteller: die verteller vertel ‟n storie van die toneel in die derde

persoon, terwyl die karakters die aksie mimeer.

Slegs beweging: voer die toneel sonder enige woorde op. Bewegings kan

meer simbolies gemaak word: gebruik ‟n trom of gepaste musiek om te help.

Gebruik ‟n rekwisiet om fokus van bespreking aan te dui, gebruik verskillende

vlakke om ‟n verandering in status aan te toon.

‟n Gespesialiseerde styl: verander die toneel in ‟n sprokie, ‟n Viktoriaanse

melodrama, ‟n musikale sang- en dansvertoning, ‟n poppekasvertoning, ‟n

sepie op televisie, as ‟n televisie-animasie-strokiesboek!

Verander die ligging of tyd: voer weer jou storie op ‟n heeltemal ander plek

of tyd op, maar een waar dit kon gebeur het: die kliptydperk, Koning Shaka

Zulu se kraal, in die toekoms op ‟n verre planeet.

Verander die raamwerk: voer die storie op asof dit met terugflitse deur ‟n

sielkundige, maatskaplike werker, die skoolhoof vertel word; of hanteer dit as

‟n legende wat deur afstammelinge vertel word.

8. Taal: verken hoe dramatiese taal deur die situasie, die rolle en verhoudings

van die karakter gevorm word

Die gepaste stemregister van elke karakter bestaan uit:

o die woorde wat deur die karakters gesê word

o die manier waarop die woorde gesê word

o liggaamstaal en gebare

9. Verken dramatiese spanning (die krag wat drama dryf – jy kan nie daaraan

raak nie, jy kan dit slegs voel.)

Leerders identifiseer en ontwikkel enige van die volgende bronne van

dramatiese spanning deur die sleutelvrae te vra:

Page 15: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 15

Was daar ‟n ingewikkelde, moeilike, of belangrike taak wat in die drama

uitgevoer moes word (bv. om ‟n oplossing vir ‟n moeilike probleem te vind,

ens.)?

Is daar snaakse/ humoristiese aksie in die drama?

Is daar ‟n element van verrassing in die drama?

Is daar ‟n element van spanning in die drama?

Is daar misterie in die drama?

Is daar ‟n misverstand tussen die karakters?

Is daar ‟n seremonie (troue/prysuitdeling/begrafnis/verjaardagpartytjie) in die

drama?

Is daar konflik tussen die karakters?

Ervaar die karakters ‟n dilemma wat opgelos moet word?

10. Teikengehoor en doel van die drama:

Oorweeg die volgende terwyl die drama ontwikkel word:

Wie sal die gehoor wees? Watter konteks sal hulle verteenwoordig ten

opsigte van:

o Ouderdomsgroep / Ekonomiese agtergrond / Sosiale agtergrond /

Politieke agtergrond

Watter doel sal die klaskamerdrama vir die gehoor dien?

o Om op te voed / Om kennis te ontwikkel / Om te vermaak / Om te

mobiliseer / Om in te lig / Om bewus te maak

11. Simbole (voorwerpe kan simbolies wees en ‟n dieper betekenis van die

toneelstuk weerspieël)

Oorweeg hoe die gebruik van simbole opgevoer kan word om die dieper

betekenis in die teks oor te dra.

Verken die gebruik van rekwisiete, stelstukke, ens. as simbole om die

betekenis en boodskap van die klaskamerdrama te versterk.

12. Basiese verhoogkonvensies:

Verken verhoogruimte, bv. middelverhoog, boverhoog, onderverhoog, ens.

Gebruik van uitvoeringsruimte: plasing van akteurs, aanduiding van ‟n

fiktiewe plek in die drama, ontwerp van bewegingspatrone, ens.

Vaslegging: bewegingspatrone op die verhoog.

Page 16: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 16

AGTERVERHOOG AGTERVERHOOG AGTERVERHOOG

SY

VER

HO

OG

AGTERVERHOOG

REGS

AGTERVERHOOG

MIDDEL

AGTERVERHOOG

LINKS

SY

VER

HO

OG

MIDDELVERHOOG

REGS

MIDDELVERHOOG MIDDELVERHOOG

LINKS

VOORVERHOOG

REGS

VOORVERHOOG

MIDDEL

VOORVERHOOG

LINKS

VOORVERHOOG

Plasing van die gehoor in verhouding tot die tipe verhoog.

Oorweeg hoe die ruimte opgestel moet word sodat die gehoor die drama

ten beste kan geniet.

Onderwyser gee vir leerders verskillende voorstelle oor hoe om ruimte te

gebruik, bv.

o in die rondte (gehoor aan alle kante)

o in die hoek (gehoor aan twee kante)

o aan die einde (gehoor aan een kant)

Maak seker dat die leerders verstaan dat die gehoor die aksie duidelik moet

kan sien en dat belangrike oomblikke vir hulle aandag uitgelig moet word.

A. “Teater in die rondte” is waar die gehoor aan alle kante van die aksie sit.

Ten spyte van die bewoording, kan die uitvoeringsruimte rond, vierkantig

of enige ander vorm wees.

S

B

K

B. “In die hoek” is ‟n toneelkonvensie soortgelyk aan ‟n tongverhoog, waar

daar ‟n agterkant vir die uitvoeringsruimte is (die twee mure van die

hoek), sodat dekor daar geplaas kan word. Die gehoor sit aan twee of

drie kante van die aksie.

D. “Aan die einde” is soortgelyk aan ‟n prosceniumboog-verhoog, waar die

gehoor in rye sit en na die aksie kyk en daar ‟n divisie tussen die akteurs en

gehoor is.

Page 17: SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA SENIOR FASE ......OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 2 GRADE 8 Graad 8 Kwartaal 1 Kwartaal 3 Geskrewe skets of afgeronde improvisasie

OPLEIDING VIR LEIERONDERWYSERS IN SKEPPENDE KUNSTE: DRAMA 17