12
NG LYNNWOOD www.lynnwoodng.org.za Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Derde kwartaal 2009 KLEIN KRONIEK 1 Die wysheid van die grysheid Johann Voges dag sy wysheid as ’n geskenk van die liewe Here ontvang... eintlik nog voor- dat hy dit gekry het, was daar al ’n stuk wysheid by die jongeling. As die Here vir hom sê jy kan vra net wat jy wil... lees ’n mens van hierdie stuk grysheid van die wysheid by die jongman wat jy eintlik by ’n grysaard sou verwag het... (1 Konings 3) 7 Here, U het my in die plek van my pa koning gemaak, maar ek weet nie altyd hoe om goed te regeer nie, want ek is nog jonk. 8 Ek moet oor ’n volk regeer wat U vir Uself gekies het, en daar is so baie van hulle dat ek hulle nie eens kan tel nie. 9 Daarom vra ek u wysheid om goed oor u mense te regeer. Gee vir my die insig om regverdig te wees en tus- sen goed en kwaad te kan onderskei. Hoe kan ek sonder u hulp hierdie groot volk van U regeer?” Aangehaal uit Die Boodskap, CUM Boeke. Op die ou end het die Here vir hom baie meer as net die wysheid gegee waarvoor hy gevra het. Salomo word tot vandag nog aangehaal as die spreekwoordelike voorbeeld van die grysheid van die wysheid. Maar baie min van ons lees die storie van Salomo klaar... tot daar by die laaste bladsy waar hy veronderstel was om in die wysheid van sy grysheid te wees... lees ’n mens van ’n patetiese entjie mens wat op sy oudag die domste dinge denkbaar aan- vang. Toe hy na al sy ervaring moes, het hy nie meer geweet tussen die reg en ver- keerd van godsdiens en dat jy nie almal in die lewe met alles te vrede kan stel nie. Hierdie wyse koning wat die Here se tempel gebou het... was toe besig om die een na die ander afgodstempeltjie te bou volgens die behoefte van al die verskil- lende heidense vroue met wie hy getroud was... teen die tyd dat hy ’n ou man was, het hy lankal reeds ’n spul vreemde gode aanbid. Salomo het toe nie meer die Here so liefgehad soos sy pa, Dawid, nie 1 Konings 11:4. Waar het Salomo se wysheid sy grysheid verloor... Baie honderde jare later sê Paulus in sy eerste brief aan die Korintiërs... daar kom ook ’n dag dat al jou wysheid jou nie die groter prentjie van die liewe Here se hoekom en waaroms uitgerafel kan laat kry nie... dat jy eenvoudig moet glo dat die manier waarop God mense ver- los net kan wees soos Hy dit bedoel het al kan ek dit verstaan of uitgeredeneer kry nie (1 Korintiërs 1:18vv). Overgeset- synde... dat ek soms ’n dom ding moet kan doen om slim te kan wees... veral as dit met glo te make het. Maar Salomo se oudag dom was iets anders as hierdie glo storie... wat het met sy wysheid toe geword. My raai is dat hy in al sy wysheid nie verstaan het dat met die jare se er- varing saam ontdek ’n mens dat wysheid beteken dat ek al meer begin weet dat ek nie weet nie. Dat hoe groter my insig / wysheid in die lewe, hoe meer raak ek bewus van my afhanklikheid van die Here se voorloop en ander se voorbeeld. Hier- oor het William Cowper (1772 – 1800 ) eenkeer gesê... kennis is die trots oor die baie wat jy soms weet... wysheid is die Die wysheid van die grysheid ...of is dit dalk die grysheid van die wys- heid. Soos die dogtertjie wat op ’n dag in die kombuis sit en kyk na haar ma wat besig is om skottelgoed te was… ‘hoe- kom word ma se hare dan al gryser’... wou sy in haar gryse wysheid weet. Wel, elke keer as jy iets verkeerd doen en dit my ongelukkig of hartseer maak, word een van my hare grys... antwoord die ma vanuit haar wyse grysheid. Sjoe, dis darem erg, nou hoekom dink ma is ouma dan so spierwit grys... oeps, vir wysheid of is dit dalk eerder vir die grysheid. Dis Anthony de Mello1931 – 1987 wat op ’n keer gesê het dat ’n mens se wysheid in die lewe in direkte verhouding tot jou insig in jou eie onkunde groei. Dat as jy vandag kan insien dat jy nie so slim is as wat jy gister gedink het nie, is jy vandag wyser as gister. Die meeste gesegdes oor wys- heid... dink dis iets wat so met die grysheid saam kom. Maar ek beleef dat hoe ouer ek raak, is daar al meer goeters wat ek nie verstaan kry nie... veral nie dat die liewe Here al meer be- sig is om my nou te wil staan en goeters leer wat ek voel ek op skool al moes geleer het. Soos iemand gesê het… dis nie my IK wat vir my ’n probleem is nie, maar eintlik my OK... dis nie die intellegensie-kwosiënt waarmee ek suk- kel nie... maar die onnoselheids ene. Wat is wysheid. As ek deur die bladsye van die Bybel blaai dan sê die meeste Ou Testament skrywers dat wys- heid eintlik ’n geskenk van die Here is wat ek as mens nodig het om die lewe reg te kan benader. Maar dis juis hier in die Ou Testament wat ek sukkel om hieroor verder geblaai te kry... asof my vingers loop vashak by die storie oor die man wat bekend was vir sy groot wys- heid. Die einste Salomo het ook op ’n vervolg op p2 Die eerste digbundel van ons gemeente.

Kleinkroniek [3e kwartaal]

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kleinkroniek [3e kwartaal]

Citation preview

Page 1: Kleinkroniek [3e kwartaal]

NG LYNNWOODwww.lynnwoodng.org.za

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood

Derde kwartaal 2009

KLEINKRONIEK

1

Die wysheid van die grysheidJohann Voges

dag sy wysheid as ’n geskenk van die liewe Here ontvang... eintlik nog voor-dat hy dit gekry het, was daar al ’n stuk wysheid by die jongeling. As die Here vir hom sê jy kan vra net wat jy wil... lees ’n mens van hierdie stuk grysheid van die wysheid by die jongman wat jy eintlik by ’n grysaard sou verwag het... (1 Konings 3) 7 Here, U het my in die plek van my pa koning gemaak, maar ek weet nie altyd hoe om goed te regeer nie, want ek is nog jonk. 8 Ek moet oor ’n volk regeer wat U vir Uself gekies het, en daar is so baie van hulle dat ek hulle nie eens kan tel nie. 9 Daarom vra ek u wysheid om goed oor u mense te regeer. Gee vir my die insig om regverdig te wees en tus-sen goed en kwaad te kan onderskei. Hoe kan ek sonder u hulp hierdie groot volk van U regeer?” Aangehaal uit Die Boodskap, CUM Boeke. Op die ou end het die Here vir hom baie meer as net die wysheid gegee waarvoor hy gevra het. Salomo word tot vandag nog aangehaal as die spreekwoordelike voorbeeld van die grysheid van die wysheid. Maar baie min van ons lees die storie van Salomo klaar... tot daar by die laaste bladsy waar hy veronderstel was om in die wysheid van sy grysheid te wees... lees ’n mens van ’n patetiese entjie mens wat op sy oudag die domste dinge denkbaar aan-vang.

Toe hy na al sy ervaring moes, het hy nie meer geweet tussen die reg en ver-keerd van godsdiens en dat jy nie almal in die lewe met alles te vrede kan stel nie. Hierdie wyse koning wat die Here se tempel gebou het... was toe besig om die een na die ander afgodstempeltjie te bou volgens die behoefte van al die verskil-lende heidense vroue met wie hy getroud was... teen die tyd dat hy ’n ou man was, het hy lankal reeds ’n spul vreemde gode aanbid. Salomo het toe nie meer die Here so liefgehad soos sy pa, Dawid, nie 1 Konings 11:4. Waar het Salomo se wysheid sy grysheid verloor...

Baie honderde jare later sê Paulus in sy eerste brief aan die Korintiërs... daar kom ook ’n dag dat al jou wysheid jou nie die groter prentjie van die liewe Here se hoekom en waaroms uitgerafel kan laat kry nie... dat jy eenvoudig moet glo dat die manier waarop God mense ver-los net kan wees soos Hy dit bedoel het al kan ek dit verstaan of uitgeredeneer kry nie (1 Korintiërs 1:18vv). Overgeset-synde... dat ek soms ’n dom ding moet kan doen om slim te kan wees... veral as dit met glo te make het. Maar Salomo se oudag dom was iets anders as hierdie glo storie... wat het met sy wysheid toe geword. My raai is dat hy in al sy wysheid nie verstaan het dat met die jare se er-varing saam ontdek ’n mens dat wysheid beteken dat ek al meer begin weet dat ek nie weet nie. Dat hoe groter my insig / wysheid in die lewe, hoe meer raak ek bewus van my afhanklikheid van die Here se voorloop en ander se voorbeeld. Hier-oor het William Cowper (1772 – 1800 )eenkeer gesê... kennis is die trots oor die baie wat jy soms weet... wysheid is die

Die wysheid van die grysheid...of is dit dalk die grysheid van die wys-heid. Soos die dogtertjie wat op ’n dag in die kombuis sit en kyk na haar ma wat besig is om skottelgoed te was… ‘hoe-kom word ma se hare dan al gryser’... wou sy in haar gryse wysheid weet. Wel, elke keer as jy iets verkeerd doen en dit my ongelukkig of hartseer maak, word een van my hare grys... antwoord die ma vanuit haar wyse grysheid. Sjoe, dis darem erg, nou hoekom dink ma is ouma dan so spierwit grys... oeps, vir wysheid of is dit dalk eerder vir die grysheid. Dis Anthony de Mello1931 – 1987 wat op ’n keer gesê het dat ’n mens se wysheid in die lewe in direkte verhouding tot jou insig in jou eie onkunde groei. Dat as jy vandag kan insien dat jy nie so slim is as wat jy gister gedink het nie, is jy vandag wyser as gister.

Die meeste gesegdes oor wys- heid... dink dis iets wat so met die grysheid saam kom. Maar ek beleef dat hoe ouer ek raak, is daar al meer goeters wat ek nie verstaan kry nie... veral nie dat die liewe Here al meer be-sig is om my nou te wil staan en goeters leer wat ek voel ek op skool al moes geleer het. Soos iemand gesê het… dis nie my IK wat vir my ’n probleem is nie, maar eintlik my OK... dis nie die intellegensie-kwosiënt waarmee ek suk-kel nie... maar die onnoselheids ene.

Wat is wysheid. As ek deur die bladsye van die Bybel blaai dan sê die meeste Ou Testament skrywers dat wys-heid eintlik ’n geskenk van die Here is wat ek as mens nodig het om die lewe reg te kan benader. Maar dis juis hier in die Ou Testament wat ek sukkel om hieroor verder geblaai te kry... asof my vingers loop vashak by die storie oor die man wat bekend was vir sy groot wys-heid. Die einste Salomo het ook op ’n

vervolg op p2

Die eerste digbundel van ons gemeente.

Page 2: Kleinkroniek [3e kwartaal]

2

RedaksioneelHierdie uitgawe van die Kleinkroniek kan saamgevat word met die woorde: Nederigheid, Dankbaarheid en Diensbaarheid. Die artikels sê iets van ’n styl van kerkwees wat die fokus plaas op dit wat binne-in ons gebeur en in die gemeenskap gebeur.

Dit klink nogal soos ’n verhaal wat by die pas afgelope Ringsit-ting vertel is, dat iemand na die dominee toe gegaan het met dié sin: “Ek het na julle toe gekom, omdat ek gehoor het julle werk sag met mense”. Is dit nie ’n wonderlike getuienis nie?

Eenheid is ook een van ons kernwaardes. Eenheid veronder-stel ook diversiteit. Ons vind ons eenheid juis daarin dat ons diversiteit vier. Kyk byvoorbeeld net na die groot verskeiden-heid berigte en verhale in dié uitgawe van Kleinkroniek.

Mag elkeen wat die Kroniek van ons lewens lees, ook nederig-heid, dankbaarheid en diensbaarheid sien!Immanuel van Tonder

’n Doktor agter die orrel!Ja, die gerugte is toe waar. Riaan Steyn, ons or-relis se harde werk word op 1 September 2009 be-loon met ’n Doktorsgraad in Uitvoerende Kuns. Na drie orreluitvoerings wat in 2007 afgehandel is, het hy pas ’n proefskrif voltooi oor metodes om orrel-onderrig meer toeganklik te maak vir die jonger leerder wat selfs oor geen vorige musiekervaring beskik nie. Orrelonderrig neem tradisioneel eers op sekondêre skool ’n aanvang met ’n gevorderde klawerbordvermoë as voorvereiste. Riaan se liefde vir musiek het al op ’n jong ouder-dom begin. In graad twee het hy begin met klavier-les, maar was van jongs af gefassineerd deur die pyporrel. Op dertienjarige ouderdom het hy reeds sy eerste orrelpos beklee.

Na sy voorgraadse studies aan UP verwerf hy ook ’n Onderwyslisensiaat, ’n Voordraerslisensiaat (met lof), MMus (Uitvoerende Kuns) cum laude, die HOD Nagraadse diploma en nou ’n DMus (Uitvoerende Kuns). Hy het ook die geleentheid gehad om vir ’n jaar in Frankryk te studeer onder die wêreldbe-roemde Franse orreliste, Mariè-Claire Alain waar hy ’n Eerste prys-toekenning in sy afdeling aan die Konserwatorium ontvang het. Deur die jare het hy op besondere wyse ’n bydrae gelewer in verskeie gemeentes, as orrelis en koorleier. In 2007 het hy die pos as Departementshoof van die Akademie vir die Kunste by

Pro Arte Alphen Park verruil om voltyds in diens van ons gemeente te tree as Uitvoe-rende Beampte.

Ek dink egter dat dit sy menswees is, wat die grootste invloed in die gemeente en

gemeenskap uitoefen. Riaan se lewe en musiek is stylvol en met volle toewyding. Elke detail van sy persoon en spel is goed deurdag en afgerond. Sy werk as Uitvoerende Beampte van die gemeente weerspieël hierdie professionele toewyding. Ons is so bevoorreg om Riaan in ons midde te hê! Mag hierdie besondere toekenning jou aanspoor tot selfs gro-ter ontluiking van jou potensiaal, Riaan!Immanuel van Tonder

GEMEENTEKAMP: 16 – 18 OKTOBER!Verlede jaar se kamp was vet pret. Hierdie jaar vind dit plaas by Buffelspoort. Vir meer inligting-

kontak Phillip Hattingh by 083 234 4917 of Ds Peet Crous 079 893 5572.

Lynnwood het hierdie jaar twee Kerssangdienste!8 November 18:306 Desember 09:00

skaam dat jy nie meer weet nie. Om met hierdie kwesbaarheid te kan saamleef van ek kan dit nie verstaan of regmaak of beheer nie... dis waar jy leer wat wysheid beteken. Miskien het Salomo se wysheid hom hieroor gelos... dat jy by ’n punt in jou lewe kom dat jy keuses maak nie in wysheid nie... maar omdat jy kan. Soos Bill Clinton op ’n stadium bely het dat ek ’n onverantwoordelike ding gedoen het omdat ek die mag gehad het om te kán.

Confucius 551 – 479 vC het op ’n keer gesê dat ’n mens wys-heid op drie maniere leer... eerstens deur nadenke, dis die edele manier. Tweedens deur navolging, dis die maklikste om te doen. Derdens deur ondervinding, dit is die bitterste een van almal.

vanaf p1

Lynnwood VriendekringOns het ’n interessante foto-vertoning bygewoon wat aangebied is op 19 Mei deur Riana Mun-nik. Dele van Namibië deur die Kaokoveld tot by die Kunene is aan ons bekend gestel, om nie eers te praat van die ongebegaanbare paaie nie. Op die foto is Riana Munnik, Babs Griesel en Lettie Ueckermann

Page 3: Kleinkroniek [3e kwartaal]

3

GASVRYHEIDBEDIENING

– WINTERTEE!

Ekurhuleni Jeugkoor konsert

Page 4: Kleinkroniek [3e kwartaal]

‘Die doel van ware mentorskap is nie net om mense te leer om die regte ding te doen nie, maar ook om dit te geniet; om nie net fluks te wees nie, maar om verveeld te wees met niksdoen; om nie net boekgeleerdheid te bekom nie, maar om kennis lief te hê en lewenswysheid te ontwikkel; om nie net regverdigheid volgens die letter van die wet te beoefen nie, maar om waarlik te honger en dors na geregtigheid’ – John Ruskin

Sewe maande van my praktiese jaar is al verby, en as ek moet dink wat ek ge-leer het in hierdie ses maande, kan ek nie wag om te sien wat hou die volgende vyf maande vir my in nie!

Die finalejaar studies van ’n teologie student bestaan uit ’n praktiese en aka-

demiese gedeelte. Om te begin vertel van die praktiese ervaring wat ek reeds opgedoen het in NG Lynnwood, gaan ek eerder ’n boek nodig hê. Maar as deel van die akademiese gedeelte het ons slegs vier weke klas deur die jaar, waar die finale jaargroep in kontak met mekaar kom om ons ervarings en prak-tiese onderrig met mekaar te deel.

Na die afgelope drie kontakweke wat afgehandel is, kyk ek met ander oë en waardering na ons gemeente. Daarom kan ek nie anders as om hierdie berig te moet skryf en elkeen in ons gemeente bewus te maak watter bevoorregte ge-meenskap ons is nie. Ek het na al my klasmaats se verhale en ontevreden-heid geluister oor wat hulle belewenis is in hulle gemeentes en ek kan met ver-

NuweGenerasieNuwePikkie Pinkster Karla van Straaten

4

Markus 9:37 ‘Elkeen wat so ’n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elk-een wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My ges-tuur het.’

Hierdie pragtige versie oor kinders, is verseker die motivering agter Pikkie Pinkster! Geen kind word van die reg ontneem om ook te leer waaroor Pink-ster gaan en watter wonderlike geskenk God vir ons gegee het om die Heilige Gees na ons te stuur om in ons midde te kom woon.

Na verlede jaar se sukses met Pikkie Pinkster, het die Gesinsbediening die belangrikheid van kontinuïteit besef en seker gemaak dat die geleentheid weer daar is vir die kinders van ons gemeente. Die Pinksterreeks het op Sondagaand 24 Mei begin met die tema: Ontmoet God. Vir die kinders het ons elke aand dieselfde tema gebruik, maar die bood-skap in hulle eie taal gebring.

Sondagaand het Willie en die Wenspan ons kom besoek en vermaak. Hy het aangepas by ons tema en die belangrik-heid van die Heilige Gees vir ons op ’n nuwe, spontane en kreatiewe manier ge-

leer. Ons het baie lekker saam met hom gesing. Een van sy eie liedjies was so ’n groot treffer dat ons dit nou omtrent elke Sondag tydens kategese-opening sing. Elke kind wat daar was sal vir jou kan sê: ‘I don’t wanna be a Rock star, I don’t wanna be a Pop star, I don’t wanna be Punk star, I just wanna be a star for Je-sus!’

Maandagaand het ons net soos die ‘grootmense’ God ontmoet in die nat-uur. Ons het ’n gedeelte uit die fliek Ice Age gekyk, wat ons geleer het hoe om die aarde nie te hanteer nie! Maar verbasend genoeg is die kinders se natuurbewustheid uitstekend en kan ek met vertroue sê dat hulle weet hoe om God in die natuur te ontmoet! Dinsdag-aand het ons geleer hoe ons God ook in mense kan ontmoet. Ons het deur speletjies, sport en ‘airobex’ besef hoe belangrik mense is en watter waarde God aan mense heg, net soos ons ook die belangrikheid van elke mens moet waardeer. Woensdagaand het ons God in stilte ontmoet. Met kinders kan ’n ding óf werk óf dit flop totaal – die kinders bepaal gewoonlik die sukses van ’n aand! Vir my persoonlik was dit dié spe-siaalste oomblik van die hele week om

te kon sien hoe die kinders in absolute stilte van een stasie na die volgende be-weeg. Hulle het die geleentheid gekry om ’n kers aan te steek, om mekaar se hande simbolies te was en dan by ’n kruis te gaan sit en bid. Elke kind het op sy eie die geleentheid gebruik om werk-lik God in die stilte te vind en dit was ongelooflik om deel te kon wees hiervan en om dit te kon sien.

Donderdagaand het ons die Pikkie Pinkster-reeks afgesluit met die tema: Ontmoet God nou. Met ’n vasvra het ons vlugtig hersien wat ons die week geleer het. Daarna het ons ’n video Stetho-scope van ‘You tube’ gekyk, wat gaan oor ’n man wat ’n stetoskoop in die pad optel en dit teen verskillende voorwerpe druk en elke keer speel daar ’n liedjie. Wanneer die man dit heel laaste teen sy hart druk speel ‘Halleluja’, en hierdeur leer ons die kern – God is nou en altyd by en in ons.

Die springkastele, groot balle en ‘hot chocolate’ en marshmallow was soos altyd ’n treffer onder die kinders. Maar die sukses van die week lê in die feit dat daar ’n geleentheid vir die kinders was om ook in Pinksterweek God in hulle taal te kon ontmoet!

PRAKTIESE GEMEENTE JAAR troue sê dat ek nie kon saamgesels het nie, aangesien dit nie die geval is in ons gemeente nie.

Die voorreg om saam met die ongeloof-likste span predikante te kan werk, kan nie geregverdig word in woorde nie. Om te sien hoe spontaan al die bedieninge funksioneer, met al die vrywilligers wat getrou diens lewer nie net aan die kerk nie, maar aan die mense wat die kerk vorm, is iets wat soos ’n waardevolle skat bewaar moet word!

My wens vir elkeen wat hierdie berig lees is: dat jy soos ek met liefde en dankbaar-heid na hierdie gemeente kan kyk. Mag jy vandag besef hoe gelukkig en ges-eënd ons is om omring te word deur die spesiale mense wat ons KERK noem!

Karla van Straaten

Page 5: Kleinkroniek [3e kwartaal]

NuweGenerasieNuweDie pragtige foto van Ds. Peet en klein Pieter wat die seën uitspreek na die erediens, is ’n ware spieëlbeeld van die ervaring en atmosfeer wat jy sal vind in die Gesinsdiens.

Elke Sondag stroom die kinders in om te kyk wie eerste kan wees in die kerk, sodat hulle ’n kollektebordjie of -mandjie kan kry om die dankoffers op te neem. Dit is ook nie die enigste geleentheid vir die kinders om betrokke te wees nie! Tydens die preek word die kinders se hulp op ’n gereelde basis benodig en word hulle vorentoe geroep. Die kere wat daar lekkers betrokke is, is daar natuurlik meer gewilliges!

Die musiek en die begeleidingsgroep vir die sang in die erediens het ’n paar ve-randeringe ondergaan die afgelope jaar. Dié begeleidingsgroep het so uitgebrei dat hulle nou al op ’n rotasiestelsel werk, waar daar net met ’n paar gereël word om voor by die mikrofone te kom staan.

Gesinsbediening - daar’s plek vir kindersKarla van Straaten

Soms gebeur dit so dat slegs kinders die sang tydens die diens lei en selfs die Sondae wanneer die verantwoorde-likheid in die kinders se hande geplaas word, gebeur die dinge!

Wolgang, Tannie Maggie, Sunette en Herna is die ‘celebs’ van die Gesins-diens. Enige kind sal vir jou in detail kan vertel wie hulle is. Die poppekas na die preek, lê die boodskap vir die kinders vas van die betrokke dag. Maar laat daar net ’n belofte gemaak word of ’n ‘to be continued...’, dan word ons op ons hoede gehou en deur die kinders herin-ner wat nog in poppekas moet gebeur!

Die hoogtepunt van die Gesinsdienste is met Nagmaal. Al die kinders wat hulle pa’s help uitdeel aan die brood en die wyn of sap, en die gesinne wat in kringe na mekaar gedraai is, met bababoetie wat nog onderdeur die stoele moet klim en klouter om by sy ma uit te kom, is alte gesellig. Wanneer daarna gedink word

oor wat die betekenis van die brood en die wyn is, kry die kinders eers die ge-leentheid om woorde wat voor op die skerm verskyn, aan almal in die kring te herhaal. Hierdie een groot familie, wat in klomp klein kringetjies sit, is deur en deur die moeite werd vir elkeen in die gemeente om te ervaar en te beleef.

Die Gesinsbediening verwelkom ge-sinne van alle ‘shapes and sizes’, want:

‘Die gesin is die plek waar kinders se le-wenspad vorentoe begin. Dáár word die rigting en die aard van die pad bepaal.’ – T.S. Elliot

Ontvang hiermee ons HARTLIKE dank vir die skenking van die pragtige kniekombersies vir die bejaardes, asook die mooi kinderkombersies.

Die bejaardes van Harmonie Oord het laat weet dat dit ’n lekker warm bederfie was!! So ook die kinders by die Kinderterapiesentrum en ander CMR sen-trums, wie se gesigte gestraal het van blydskap oor die kleurvolle kinderkombersies!

Dra asseblief ons opregte dank en waardering oor aan Bettie Hamman en die groep dames van Lynnwood NG gemeente, wat sulke pragstukke geskenk, gebrei of gehekel het. Dit is nie net die warmte van die komberse wat ontvang is, waaroor daar vreugde heers nie, maar oor die wete dat die bejaardes en kinders se plek in die gedagtes van ander- ’n werklikheid is...

Daar is soveel moeite en tyd ingesit in hierdie kom-bersies maak- en net soos die wol die mense wat dit ontvang het, warm hou, net so voel hul omvou deur die liefde van dié wat dit gemaak het.

Ons is dankbaar dat ons die geleentheid gegun is om ’n verskil te kan maak in die lewens van mense wat nie so baie voorregte het nie. En dat ons die kanaal kon wees waardeur ander, wat ook ’n verskil wil maak, kon bydra.

CMR - dankie! Anja le Cornu

Huis te Huur: Monicaweg 456 Lynnwood Ruim, beveilig en gerieflik geplaasR10 000 pm onderhandelbaar Tel 082 450 5114

Boomsloping en snoei van bome en struike. Kontak Ernst - 083 656 4992

l ADVERTENSIES l ADVERTENSIES l ADVERTENSIES l ADVERTENSIES l

5

Page 6: Kleinkroniek [3e kwartaal]

6

Dis snaaks hoe ‘kla’ eintlik die nasio-nale sport in Suid-Afrika geword het. Die ekonomiese resessie wat ons eers on-langs getref het, armoede, HIV, korrup-sie, geweld, regstellende aksie - dis alles ‘hot topics’ om die etenstafel en langs die braaivleisvuur. Ons eie stukkie swaarkry maak dit vir ons regverdigbaar om verby ander se swaarkry, wat in meeste gevalle heelwat groter as ons eie is, te kyk en glad nie sleg te voel nie.

En dan dink ek aan die mense in Bula-wayo. Party van hulle het plase verloor. Hulle het almal gesien hoe die astro-nomiese hoeveelheid Zim Dollars in hulle bankrekening maand vir maand nulle verloor het totdat daar niks van hulle spaargeld oorgebly het nie. Baie van hulle kry nou slegs ’n pensioen van 10 Amerikaanse Dollar en moet daarop oor-leef. Maar hierdie mense is nie gefokus op hulself nie. Daar is soveel mense in Bulawayo wat die klein bietjie wat hulle in die hande kan kry gebruik om die mense wat nog slegter af is as hulself, te ver-sorg.

Gewone mense uit die gemeenskap gee kos vir die mense in die hospitaal se Bart-ley Block en vir die 300 mense in die Ingutsheni Mental Hospital. Dis mense met hulle eie seer en bekommernis wat die moeite doen om Bybelstudie te hou saam met die bejaarde mense van Ral-stein Home. Die cliché uitdrukking: ‘Die uitreik was toe eintil ’n inreik’ kom by my op. Dit bly cliché, maar hoe stap mens uit so ervaring weg en laat nie toe dat dit jou verander nie?

Van 27 Junie tot 5 Julie het 19 jongmense van NG Lynnwood af vertrek na die NG gemeente in Bulawayo. Ons enigste vaste plan was om hulle te gaan help deur die kerksaal se dak te verf. Verder was ons oop om in die plaaslike gemeenskap te gaan uithelp en te gaan waarheen God ons wou stuur in Bulawayo.

So het dit gekom dat die manne (met so bietjie hulp van die dames) die kerksaal se dak in rekordtyd afgeskuur en geverf het. Die dak staan nou vir die plaaslike gemeente soos ’n simbool van hoop. ’n Ruk gelede het dit vir hulle onmoontlik

gelyk om ’n toekoms in Bulawayo te kan maak en nou is hulle reeds weer besig om dit wat hulle het weer op te knap dat hulle dit nog lank kan gebruik.

Deur die week het ons gaan help om pasiënte in die Edith Duly Nursing Home te skuif. Ons het gaan sing en middagete gegee by die Salvation Army se Ralstein Home. En ons het gaan besoek aflê by die Abandoned Babies Home, Ingutsheni Mental Hospital en King George IV skool vir gestremde kinders. By die skool het ons in die klasse gekuier en tydens afslui-ting ’n paar liedjies gesing en ’n opvoering vir die hele skool gedoen. Ons het by die hospitaal se Bartley Block, wat eintlik maar funksioneer soos ’n hospice, saam met die pasiënte gaan kerk hou en toe gehelp om middagete te bedien.

Ons was nou wel net 19 mense wat gaan besoek aflê het in Bulawayo, maar ons sou nie naastenby so groot verskil kon maak as dit nie vir al die skenkings uit Lynnwood was nie. En daarom sê ons opreg dan-kie vir almal wat ons op ’n manier gehelp het om ander te kon help. Dis onmoontlik om hierdie belewenis in woorde, foto’s en video te probeer vasvang, maar lees gerus die volgende refleksies oor van die plekke wat ons besoek het.

30 Junie – Edith Duly Nursing Home

Dis ’n koud en triestige dag in Bulawayo. Die wind waai die blare in die onversorgde tuin deurmekaar, maar darem val daar ’n flou strepie winterson deur die kamer se glasdeur. Ons sê vir die tannie:

‘Look how nice and sunny your new room is, M’am. And see the lovely view you have on the garden!’

Sy was die eerste dame wat ons moes help skuif na ’n ander vleuel van die Edith Duly Nursing Home. Die vorige dag het ek by die matrone gaan hoor hoe ons hulle kan help en verwag dat ons nie veel meer sal kan doen as om maar bietjie met die be-jaarde dames te gesels nie. Ek kon regtig God se hand daarin sien toe sy sê dat hulle die volgende dag al die pasiënte in een van die vleuels moet skuif, maar eintlik nie die personeel daarvoor het nie.

Die volgende dag daag ons onseker daar op om amper 30 bejaarde dames te help skuif. Een na die ander help ons die pasiënte om hulle besittings op te pak, haal die linne van hulle beddens af en gaan maak die bed aan die anderkant weer op sodat hulle weer kan inklim om hulself teen die koue te beskerm. Wit, swart, die hulpeloses en die wat nog vasklou aan wie hulle is – almal moet skuif want pype het in die vleuel gebars en dit sonder water en elektrisiteit gelaat.

Een tannie raak kwaad vir ons want sy dink ons het van haar rolle toiletpapier laat wegraak. ’n Ander tannie is verontwaardig omdat ons die sakkie ou, droë brood wat tussen haar ander goed is wil weggooi, want dis dan een van haar besittings. Een tannie vra ons om haar blomme water te gee en ons doen dit, want niemand van ons het die hart om vir haar te sê dat die blomme lankal reeds dood is nie.

Dis hartseer om te sien hoe die jare hierdie dames van hulle menswaardig-heid gestroop het en hoe hulle vasklou aan die skynbaar nuttelose, want hulle het so min. Tog gee die verpleegsters vir die tannies ’n stukkie menswaardigheid terug deur die goeie versorging en respek waarmee hulle die dames behandel.

1 Julie – Ralstein Home

Ons staan buite die deur van die eetkamer by die Salvation Army se Ralstein Home vir bejaardes. Al die inwoners kom groet en bedank ons soos wat hulle uitstap. Ek glimlag en hulle glimlag terug. Elke keer is ek geskok oor die toestand van die oom of tannie se tande. Ek kan nie help om te dink dat ’n tandarts sakke vol geld sal kan maak in Bulawayo nie, behalwe dat hierdie mense nie sakke vol geld het om aan tandesorg te bestee nie – hulle het skaars genoeg om aan die lewe te bly. En daar is waarskynlik nie meer eers ’n tandarts in Bulawayo nie, want mond-higiëne is nou maar net nie heeltemaal ’n saak van lewe en dood nie. Snaaks hoe ons wêrelde verskil, ek sou doodgaan as my tande so gevrot was, maar dis die minste van hierdie mense se probleme.

Ons het sopas vir die inwoners van Ral-stein Home middagete bedien. Terwyl ons ruim porsies van die pasta gereg en brood met ‘baked beans’ op ingeskep

NuweGenerasieNuweGenerasieNuweGenerasieNuwe

Zimbabwe Uitreik Valize Scholtz

Page 7: Kleinkroniek [3e kwartaal]

7

NuweGenerasieNuweGenerasieNuweGenerasieNuwe

het, het ek aan my eie ouma en oupa gedink en vinnig die gevolgtrekking ge-maak dat hierdie mense nooit die borde kos sal opeet nie. Minute later stap ek in die eetkamer in om ’n klomp leeg geëete borde voor my te sien.

Terwyl ons vir almal tweede porsies in-skep besef ek net hoe swaar kry hierdie mense en hoe honger is hulle. Maar hulle is die gelukkiges, want hulle klim vanaand in ’n bed in ’n kamer met ’n dak.

1 Julie – Ingutsheni Mental Hospital

(Dankie aan Simoné Marinus vir die uit-treksels. Ek sou dit net nie so goed soos sy kon stel nie!)

My eye catches a man sitting next to what appears to be his wife. She hugs herself while swaying back and forward. Her face is blank. Tears shining in his eyes.

The shrieking and howling of an animal fills the hallway of the institution and snaps me out of my own thoughts... But, it’s not an animal making the vicious sounds...It’s a child.

The little boy’s lips quiver constantly as if he is very cold...he scratches in fran-tic protest at the bandages around his wrists, where the stitches keep every-thing in place. The boy howls again...he is the size of a seven year old but his face is distorted with lines and twists like a person of 120...Smeagle? I wait for him to mutter ‘my precious’ but he doesn’t.

I don’t want to look, but I can’t help but stare...This is a human being...

A train of four woman walk by our group. They seem as if in a drug trance, like Hypnotised zombies....slow even move-ments, dead expressions...

It’s the drugs. Drugs they have to drink to keep them from being violent, from acting out the pain and imbalance they feel... Drugs that keep them empty.

In that place, that cold lonely mental in-stitution slam dunk in the middle of Bu-lawayo, Zimbabwe, where the patients have to sleep on the icy cold floor with a single blanket, because they don’t have enough funding, where there are no

working toilets, only pee pots lined next to where those people have to sleep, where they have no hot water, only icy cold, where they have to be kept heav-ily drugged, because they don’t have the necessary staff for therapy, where they have nothing to do all day but wander around, where they have lost their dig-nity, where they have lost their choice, those people who will most likely never ever be able to really live and laugh and love...

Page 8: Kleinkroniek [3e kwartaal]

As jy nie daar was op die oggend van 23 Mei nie, het jy iets gemis! Danksy ’n paar flukse vroue se harde werk die 22ste al, was die saal pragtig in herfskleure ge-tooi met koperpotte vol blomme; lemoene en suurlemoene op die tafels in die voue van die syige tafeldoeke. Die geleentheid was die ‘breek-’n-broodjie’ funksie vir die gemeentevroue van Lynnwood. Joan het almal by die deur verwelkom met ’n herfsblaar, ’n Bybelvers en ’n plakkertjie met jou naam wat jou dadelik welkom laat voel het!

Nerine het almal verwelkom en Ds Im-manuel Van Tonder het die verrigtinge ge-open met ’n kort, maar inspirerende boodskap wat aangesluit het by Lukas 5 : 27. As ysbreker het Nerine elke tafel gevra om saam ’n kort gedig te skryf wat veel pret besorg het!

Petro Barnard, die sosiale werkster vir die Oostelike voorstede het ons kom inlig in verband met die nood in ons eie ge-meenskap. Sy wys daarop dat ons ge-meente betrokke is by hulpverlening ver van ons af, terwyl daar ook hier om en by ons geweldige nood bestaan. Net in Lynnwood is daar selfs dwelmgebruik deur, behalwe kinders, ook deur volwas-senes; daar is ook finansiële probleme, nie net as gevolg van die swak eko-nomie nie, maar ook in eenouer-gesinne waar bv. die vorige huweliksmaat nie die onderhoud vir die kinders betaal nie; daar is ook verhoudingsprobleme in gesinne wat groot ongelukkigheid tot gevolg het. Daar is selfs gevalle van gesinsgeweld wat aangespreek moet word. Sy versoek dus die gehoor om betrokke te raak by die nood.

Petro het ’n kantoor by ons kerk en sy is altyd per afspraak beskikbaar om hulp

te verleen. Dikwels is mense te skaam om hulp te vra, gevolglik weet ons nie van die probleme nie, wat miskien in die straat waar ons woon, bestaan.

Die algemene gevoel was dat ons almal meer betrokke moet wees in ons omge-wings en dadelik moet optree om mense in nood by te staan.

’n Verrykende ervaring vir almal was die besoek van Dr. Cival Mills. Hy is algeheel verlam en sy toestand staan bekend as ‘inkluissindroom’, hy kan nie praat of be-weeg nie, is intellektueel normaal, en kan met een vinger tik op ’n klein rekenaar wat voor hom op die rystoel gemonteer is; dit stel hom in staat om met mens te kommunikeer, baie van ons het met hom gaan praat nadat sy toespraak aan ons voorgelees is deur ’n vriendin van hom. Sy boodskap was besonder inspirerend alhoewel aandoenlik. Dis ’n verhaal van moed en volhar-ding. As jong medikus het die wêreld vir hom ‘oop’ gelê voordat die katastrofiese motorongeluk gebeur het. Ten spyte van die feit dat hy so baie verloor het, het hy besluit om positief voort te gaan met sy lewe; daar het reeds een boek van hom verskyn, met die ti-tel This too will pass, ’n aangrypende outobiografie. Hy tree baie by verskil-lende instansies op waar hy inspirerende boodskappe bring, hy bly dus ongelooflik produktief!

Hierna het ons gesellig saam gekuier en van die heerlike brode, kase, patees, kof-fie en tee geniet. Almal is huis toe met ’n gevoel van genoegdoening en dank-baarheid vir veel seëninge wat ons weer eens ontvang het en vir die besondere verrykende ‘breek-’n-broodjie’ oggend!

Met vriendelike groeteRykie Snyman

Breek ’n BroodjieLiewe Gemeentevrou van NG Gemeente Lynnwood,

8

Joyce Maboe (vrywilliger), Bettie Hamman, Heléne Coetzer en Wilhelma van der Merwe besig om sop aan die kinders te bedien)

GEMEENTEVROUE UIT LYNNWOOD

MAAK ’n VERSKILVan 6 – 10 Julie 2009 het die Christelik-Maatskaplike Raad Roodeplaat ’n skole vakansieprojek georganiseer vir 200 be-hoeftige kinders afkomstig uit informele nedersettings in die Roodeplaat om-gewing. Hierdie kinders verteenwoordig die armste van arm kinders en groei op in baie moeilike omstandighede. Ge-durende vakansies is die kinders op hulle self aangewese, terwyl die ouers, mees-tal enkelma’s, gaan werk. Die kinders ly honger omdat die plaaslike skole arm kinders daagliks van ’n kospakkie voor-sien, wat vanselfsprekend nie tydens skoolvakansies moontlik is nie.

Die vakansieprojek het daagliks vanaf 09:00 – 14:00 plaasgevind en die kinders het aan ’n stimulerende lewensvaardig-heidsprogram deelgeneem. Vrouens uit NG Gemeente Lynnwood het twee ag-tereenvolgende dae die kinders bederf met heerlike groentesop, broodjies en lemoene.

CMR Roodeplaat sê baie dankie aan Bet-tie Hamman, Wilhelma van der Merwe en Heléne Coetzer vir hulle groot bydrae!

Dr Elsa NelBestuurder van CMR Roodeplaat

Mary Khwebane leer ons huishulpe lees en skryf, elke aand van Maandag tot Donderdag van 18:00 tot 20:00 in die kategese-lokale. In April, toe hulle begin het, was daar 32 in-geskrewe leerlinge, nou het hulle aangegroei tot soveel dat hulle nog ’n klaskamer benodig. Hulle bied ’n ‘Grade I’, ’n ‘Level I’ en ’n ‘Level II’ aan en leer Engels, Noord-Sotho en ’numeracy’, met ‘Life Skills’ wat ’n prominente rol speel. Maar basies is dit mense wat so ’n groot agterstand in die lewe het mense wat nie kan lees en skryf nie.

Mary het drie helpers, Sheila Makgobo, Nora Malakwane en Lulu Malema. Mary en Sheila het ’n diploma in Adult Educa-tion van Unisa. Oorsronklik het hulle die kursusse in Mame-lodi aangebied, maar het toe besef dat hulle hiernatoe moet

GELETTERDHEIDSKLASSE verskuif, waar hulle bedags as huishulpe werk.

Die materiaal word voorsien deur Kha Ri Gude, ’n NGO wat geregistreer is by die Departement van Onderwys. Die onderwyseresse ontvang geen vergoeding nie en die leer-linge het onderneem om R100 inskrywingsfooi te betaal.

Ons dank die Here vir die wonderlike onbaatsugtige werk wat Mary en haar drie helpsters elke aand so getrou en liefdevol doen. Hulle dank ook die Here vir ’n heerlike ruim, warm en veilige lokaal waar hulle kan bymekaarkom. Hulle lewens getuig van die liefde vir Christus om so te kan uitreik na hulle medemens.

Mary Khwebane 083 498 1240Selma du Preez 082 448 6413.

Page 9: Kleinkroniek [3e kwartaal]

9

REIS NA POLE, PRAAG, OOSTENRYK

EN DIE PASSieSPeL 2010

Glenwood Reisburo bied van 2-15 Augustus 2010 ’n toer aan

na Pole, Praag, Oostenryk en die Passiespel in Oberammergau.

Ds Barry van der Merwe sal die toerleier wees. Hierdie beloof om ’n hoogtepunt in 2010 vir die

Christenreisiger te wees!

Ons sal, o.a. die geboorteplek van Chopin in Warskou besoek, die stad Krakow, Praag, een van die mooiste stede in Europa, Wene bekend vir sy vele komponiste en pragtige musiek! Ons gaan

ook na Salzburg en dan na Oberammergau om die Passiespel by te woon.

Indien u belangstel om die toer mee te maak en die volledige toerplan te ontvang,

skakel Magda by 012 348 8131 of laat weet per e-pos na: [email protected]

PRISMA WATER

l Gesuiwerde, mineraal verrykte water!

l Vry van bakterieë en skadelike chemikalieë.

l Hervul vir net 70c per liter.

l Gebottelde water ook beskikbaar.

Joan Kriek Lynnburnstraat 69,Lynnwood Manor

012 [email protected]

Gemeentevroue bedank huishulpe

Gemeentevroue het in Augustus ’n middag saam met huishulpe gehou waar hulle met ’n mooi boodskap, lekker eetgoed en pragtige musiek bedank is vir hulle werk. Die koektafel was so keurig. Die dames het ook spontaan lekker saamgesing. Almal het met ’n lied in die hart huis toe gegaan.

Page 10: Kleinkroniek [3e kwartaal]

ONS EERSTE DIGBUNDEL!Lynnwood se eerste digbundel is gebore uit die oortuiging dat kuns ’n vorm van gebed kan wees. Egte gebed maak jou oop om te luister na binne, buite en Bo. Digkuns is die kwas waarmee jy die indrukke van alles om jou met gebroke hale skilder. Ons poësie hoef nie ’n geestelike tema te hê om spiritueel te wees nie.

Die diepste motief vir die bundel is om elke leser uit te nooi om digkuns, jou eie of dié van ander, deel van jou geestelike oefeninge te maak. Saam met die Bybel langs jou bed, kan jy gerus ’n digbundel of pen en papier laat lê. Kuns is die gawe van God aan jou. Moet jou nie laat afsit as jy voel “ek’s geen digter” nie. God ontmoet jou in die proses.

Gemeente-wees beteken veral dat ons na mekaar se stories en prentjies van God luister. Wanneer jy jou wese oop maak om deur die reënboog kleure van mense om jou verryk te word, word jou eie eenkleurige bestaan deur die prisma van diversiteit oopgebreek.

Die digbundel is beskikbaar teen R50 by die kerkkantoor

10

KUNSTEWEEK11 Aug - jesus in die kuns

deur ds danie du Toit 12 Aug - Vrystelling van

digbundel

Twee foto’s geneem deur fotografie klublede:

13 Aug - Fotografie kursus

Koinonia stoele deur Piet van der Merwe Dankbaarheid deur Hendrik Kotze

Page 11: Kleinkroniek [3e kwartaal]

11

KUNSTEWEEK

14 Aug - koskuns!

16 Aug -kunsteweek

Afsluitingsdiens

15 Aug - nuwe generasie

Musiek

Page 12: Kleinkroniek [3e kwartaal]

12

Dankie aan ons DEELNEMERS EN BORGEAUTO SELECT / BASIE PRINSLOO / 083 300 7705Handelaar in puik gebruikte motors

ELMOR KONSTRUKSIE / ANTON LOMBARD 083 325 3516Kundiges in boukonstruksie

MOOLMAN, MATTHEE EN DE BEER / CHRIS DE BEER 082 579 8174Prokureurs, Notarisse en Akte-vervaardigers

ANDERS INC PROKUREURS / STEFAN VD WALT 082 454 8604Eiendomstransaksies, opstel / nagaan van kontrakte liti-gasie aangeleenthede.

Lynnwood Gholfdag 2009

EHLCON / HENNIE EHLERS / 076 958 5667Een-stop diens vir samestelling van projekte en projekbestuur

M D M ARGITEKTE / FRANCOIS MARAIS / 083 600 0463 Argitekte, ontwikkelaars en projekbestuurders

ROSS EN JACOBSZ / STEPHAN JACOBS / 083 381 6554Prokureurs

KONTANT EN ANDER PRYSE:Johan Kriek, Tom Winterboer, Tienie Cronje, Louise Prinsloo, Danie Behr, Willem Theunissen, MC du Toit, The Pro Shop Menlyn, Cynthia’s, Uitkyk Slaghuis, Drayman’s Brewery, Oasis Water

Hennie Ehlers en Zander van der Westhuizen

Johann Voges slaan af!

LYNNWOOD SE FINANSIESGemeentelede sal hulle daaraan herinner dat daar in die Kleinkroniek van Oktober 2008 berig is van die verwagte te-kort op die begroting wat ge-eindig het 28 Februarie 2009 en is daar ook in die berig gemeld van mikpunte wat gestel is om die finansiële posisie reg te ruk.

Dit is dan met groot dankbaarheid dat die Finansiële Bedie-ning kan berig dat die verwagte tekort nie net uitgewis is nie, maar omskep is in ’n oorskot en dat die jaar afgesluit is met ’n oorskot van R73,240.00!

Die verdere mikpunt soos gestel om minstens R2m in te vorder as rentevrye lenings om die druk te verlig op die kon-tantvloei as gevolg van die bouprojek, was inderdaad net so suksesvol en is die eerste mikpunt van R2m reeds behaal soos voorheen berig, maar bo en behalwe die rentevrye le-nings, is daar ook spesiale bydraes van gemeentelede tot die bouprojek ontvang wat grootliks bygedra het om ook die druk nog verder te verlig.

Die gemeentelede het ten spyte van die huidige ekonomiese tye ook met oop harte en beursies gereageer op ons versoek om hul maandelikse bydraes te heroorweeg en is die dankof-fers nou hierdie jaar maandeliks konstant ongeveer 20% hoër as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar! Hierdie ver-hoging in bydraes stel ons as gemeente nie net in staat om die finansiële druk op die gemeente se uitgawes te verlig nie, maar ook om in die verskillende bedienings, aksies te loots om ons waardes as 24/7 Christen-wees te kan uitleef.

Ons wil dan net weer eens baie dankie sê vir al ons gemeen-telede wie ten spyte van die moeilike tye, hul rentmeesterskap as 24/7 Christen-wees uitleef en kan ons met opgewonden-heid die res van die jaar tegemoet gaan.

Ons mikpunt bly nog steeds om net die uitstaande boukoste so spoedig as moontlik te delg nie, maar ook om in die lig van die nood in en om Pretoria, werklik ’n verskil te kan maak deur ons verskillende uitreikbedieninge. Ons vertrou dat elke gemeen-telid nog steeds sal bly besin oor sy bydrae in hierdie tye om ons as gemeente te help om ’n verskil te kan maak in die nood van die wêreld deur ons betrokkenheid. Sakkie BurgerVoorsitter: Rentmeesterbediening

Lynnwood se eerste Gholfdag het op 2 Junie by Wingate Buite-klub plaasgevind. Die doel van die Gholfdag is om fondse vir die gemeente te genereer. Dit bied egter ook die geleentheid om gesellig saam te kuier en die gemeente wyer te bemark. ’n Heerlike warm, sonskyn wintersdag en ’n pragtige veld het die spelers ingewag. Oud en jonk, fiks en onfiks, ernstige en

minder-ernstige gholfspelers het deelgeneem en almal het dit baie geniet! Elkeen van die 120 spelers het ’n prys ontvang. Baie geluk aan die algehele wenners: Stefan van der Walt en Werner Barnard.

Baie dankie aan elke speler en borg wat gehelp het om van dié dag so ’n sukses te maak. Oefen solank, want volgende jaar maak ons weer so!