20
slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 1 1

Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 11

Page 2: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

22 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020

in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...3 Redakteursbrief

4 Verjaardaghoekie

8 2 Timoteus 1: Blokkiesraaisel

10 Paulus reis na Rome

12 Offers in die Ou Testament – 7

13 God is die Skepper – die

Eendbekdier (Platipus)

14 Paulus reis na Rome: oplossing

16 Oplossing: Blokkiesraaisel 2

Timoteus 1

17 Wat kan ek lees?

19 Op hierdie dag in AugustusAs julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of

oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle

baie welkom om vir my 'n sms te stuur of te whatsapp na 084 551 2107, of 'n e-pos te stuur na [email protected], of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660

REDAKTEURDr. Hennie van Wyk

e-pos: [email protected]

Tipografi e en uitlegJoey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERSMaryke CoetseeSusan LourensOom Abraham

Hamus Bornman

Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

DrukkersV & R Drukkery

Tel. 012 333 [email protected]

IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

IntekengeldR405,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)R146,00 per jaar

(elektroniese intekening)

Die RedakteurBydraes en briewe

Posbus 20008Noordbrug, 2522

Jaargang 62, Nommer 1020Augustus 2020

ISSN 0037 685 X

SLINGERVEL, JAARGANG 62 Nommer 1020, Augustus 2020

Lees meer oor die Eendbekdier op bl. 13L di

Page 3: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

3

Die redakteur skryf ...Maats

In Jakobus 4:14 lees mens die woorde: Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ’n damp wat ’n

oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Hoe waar is hierdie woorde wat amper 2000 jaar gelede geskryf is nie!

Die Korona-virus, om presies te wees Covid-19, het ons lewens heeltemal verander! Net in ons land is duisende mense al dood of baie siek. Ons kon vir lank nie die eredienste bywoon nie. Selfs al woon ons dit by, is daar baie dinge wat verander het.

In die tyd wat ons nie kerk toe kon gaan nie, het ek weer Psalm 84 gelees. Daar is ’n woord wat ons nie baie gebruik nie: smag. Hoe beskryf ’n mens hierdie woord? Dit beteken: Ek wil iets verskriklik graag hê. Kom ons maak dit prakties: Hoe lank kan jy jou asem ophou? Probeer bietjie. Kyk op die horlosie. Probeer weer. Probeer dit langer ophou. Weer! Langer!

Het jy nou gevoel hoe snaaks jou lyf gevoel het? Was dit nie lekker om die ou asem uit te blaas en nuwe lug in te trek nie? Nou: “smag” is daardie gevoel wat jy gehad het net voor jy

jou asem uitgeblaas het – jy het gesmag na asem.

’n Kind van die Here kry sy asem, sy krag, as hy in die kerk is en die Here sy seën daar uitspreek. Die ou asem van die week kan jy uitblaas en vars, nuwe asem intrek.

Daar is ook ’n verskil tussen die lug in die stad en die lug in die veld tussen die bome. Die maskers wat ons dra, help – maar as mens daardie vars lug inasem … ai, dis lekker! So kry ons met elke erediens God se vars lug!

Dit laat my dink aan wat ons kan doen om die natuur te help om al die koolsuurgas uit die lug te haal. Koolsuurgas is daardie ou asem wat jy uitblaas. Ek wil elke Vellie-maat vra om ten minste een spekboom in die tuin te plant. Dis die boom wat die Here geskep het wat die meeste koolstof uit die lug haal!

Kyk na die prente: jy kan hom as ’n potplant in jou kamer hou of in die tuin plant. Laas wat ek getel het, het ons 24 in die tuin gehad. Jy breek sommer ’n takkie af en druk hom in die grond. Maklik. Hoe meer son hy kry, hoe meer blom hy.

Groete! SV

33

Page 4: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

44 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020

verjaardaghoekieverjaardaghoekieOns is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al ons maats wat hier

op die stert van die winter verjaar. Baie, baie geluk aan elke Velliemaat wat in Augustus partytjie hou – mag jou verjaardag ekstra spesiaal wees! Wie van julle het al ’n seemonster

gesien? Bestaan seemonsters regtig? Vind meer uit oor hierdie legendariese seekreature elders in Slingervel.

As jy nog nie ingeskryf is as verjaardagmaat nie, stuur asb. vir my ʼn briefi e met jou besonderhede.

Vonkpos: [email protected]: Posbus 1233, Noordheuwel, Krugersdorp, 1756

Faks: 086 224 8748

GroeteTannie Maryke Coetsee

1 Abrie Geyer (Strand), Adriaan Bezuidenhout (Hartbeespoort), Andrea Botha (Nylstroom),

Audre de Kock (Magol), Dewan de Bruin (Bloem-fontein-Noord), Izelle van der Walt (Rooihuiskraal), Jean-marie Wentzel (Bloempark), Johan Venter (Tha bazimbi), Joshua Coetzee (Strand), Lariza Kotze (Pietersburg), Liesl van Eeden (Bloemfontein-Noord), Marloene Earle (Bultfontein), Nico Badenhorst (Red-ders burg), Rhuan Stander (Pietersburg), Stephan Venter (Rietvallei), Suzelle Loggenberg (Pretoria-Ma galieskruin).

2 Andy Katz (Benoni), Anja Boneschans (Bell ville), Christine Pienaar (Strand), Eben Blom (Ka-

meeldrift), Eliz-Mari Ferreira (Port Elizabeth), Emma

Eagar (Wapadrant), Fourie Fourie (Wapadrant), Hanru van der Hout (Pretoria-Brooklyn), Heinrich Smith (Benoni), Helene Fleming (Kathu), Harald Fiedler (Ka thu), Isabella van der Broek (Vereeniging), Karien Botha (Bergbron), Katelynn Diedericks (Kuruman), Madelein Visser (Krugersdorp), Mieke Conradie (George), Pieter van der Merwe (Rustenburg).

3 Anje Bodemer (Port Elizabeth), Dylan Willer (Ver eeniging), Elzaan van der Westhuizen (Cen-

turion), Fourie van Tonder (Rietvallei), Gerbrandt Harm se (Benoni), Hendrik Badenhorst (Zeerust), Ja-merie Lowings (Bloempark), Jandré Wilken (Aliwal-Noord), Joshua Cilliers (Wapadrant), Lodewyk van der Walt (Magol), Luca Marchand (Benoni), MJ van

Page 5: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 55

Tonder (Bloempark), Tinerie Krynauw (Centurion), Ruan Wilken (Aliwal-Noord), Thomas Kotzé (Bloem-park).

4 Adriaan Faber (Upington), Andrew Dauth (Lae veld), Danie Kruger (Gobabis), Deanna

van der Merwe (Krugersdorp), Dewald van Rooyen (Hartbeespoort), Gideon Bodenstein (Paarl), Janco Smit (Potchefstroom Die Bult), Johan Bossert (Hart-beespoort), Johandré Pelzer (Zeerust), Karla Gerber (Centurion), Lané Grové (Pretoria-Brooklyn), Linde Oe lofse (Potchefstroom-Oos), Ulrich Pelser (Riet val-lei), Zander Wilken (Rooihuiskraal).

5 Alexander Marx (Benoni), Amilie Coetzee (Riet-vallei), Aria Manley (Meyerspark), Barnabas

van der Walt (Potchefstroom Die Bult), Eva-Mari Grie be now (Oos-Moot), Gustav Jansen van Ryssen (Strand), Hanno Nel (Wilropark), Henk Esterhuizen (Riet vallei), Jaco van Tonder (Bloempark), Janica van der Walt (Kameeldrift), Kevin du Plessis (Windhoek-Suid), Kiliaan Schoeman (Kameeldrift), Leandri Gericke (Vaalpark), Leandri van der Bijl (Centurion), Lize Botes (Krugersdorp), Margot Barnard (Rooihuis-kraal), Pieter Venter (Klerksdorp), Ulrich Snyman (Wa padrant), Zander Fasen (Krugersdorp).

6 Ané Enslin (Kameeldrift), Charnel Pretorius (Der-depoort), Claire Holroyd (Bloemhof), Danielle

Malan (Stellenbosch), Elize Fourie (Rietvallei), Elsje Coetsee (Kuruman), Jacques Stander (Benoni), Juané de Lange (Nylstroom), Kayla Smit (Wapadrant), Luane Etsebeth (Centurion), Mine du Plessis (Wol-maransstad), Pieter Fourie (Rietvallei), Wilmé Muller (Frankfort).

7 André Scholtz (Bloempark), Andus Naudé (Bloem park), Deon Nolte (Vereeniging), JM

du Toit (Bloemfontein-Noord), Kihané Stapelberg (Hart beespoort), Miazelle Visser (Rietvallei), Ni co-la Holtzhausen (Heilbron), Riaan Janse van Vuu ren (Ermelo), Willem de Beer (Middelburg Mpuma lan-ga).

8 Amoré Vermeulen (Wapadrant), Cate Bull (Wa-padrant), Delaney Fouché (Pretoria-Magalies-

kruin), Déniel Roos (Klerksdorp), Elrie van Heerden (Burgersdorp), Gerrit-Jan Moolman (Krokodilrivier), Ilke Ackermann (Benoni), Isak Hitge (Potchefstroom Die Bult), James Stanton (Totiusdal), Jeandré Jansen (Oos-Moot), Leilah Snyman (Postmasburg), Margaux Conradie (Noordrand), Pieter Prinsloo (Thabazimbi), Reghard Grobbelaar (Upington), Steyn Muller (Riet-vallei), Wian Badenhorst (Kameeldrift), Willem Steyn (Potchefstroom Die Bult).

9 Dewaal van Heerden (Oos-Moot), Dezeré Por-ter (Bethal), Estian van der Walt (Paarl), Iliana

Fourie (Stellenbosch), Joshua Pieterse (George).

10 Albert van Rooy (Frankfort), Anri Janse van Rensburg (Bellville), Kayla Borman (Pieters-

burg), Marelize Viljoen (Rooihuiskraal), Marguerite Vermaak (Wapadrant), Mattheus Labuschagne (Lyt-telton), Ryno van Nieuwenhuizen (Centurion).

11 Charles Bodenstein (Wapadrant), Chirien Retief (Magol), Elzaan du Plessis (Pretoria-

Montanapoort), Hanru Lategan (Bloemfontein-Suid), Hedrich de Beer (Rietvallei), Heinrich van Heerden (Centurion), Hestie de Beer (Bloemfontein-Noord), Jano Scholtz (Bloempark), Juhné van den Heever (Centurion), Liam Pretorius (Daniëlskuil), Lizé-Marie Potgieter (Gobabis), Melize Venter (Bloempark), Mia Rheeder (Rietvallei), Pedrie Jacobs (Hartbeespoort), Rudi Hartzer (Wapadrant), Tarryn Edwards (Redders-burg), Tiaan Pretorius (Pietersburg).

12 Amelia Silvis (Centurion), Christopher Bow (Rooihuiskraal), Dian du Toit (Krokodilrivier),

Henko Pretorius (Benoni), Joshua Hall (Port Eliza-beth), Logan Blair (Bloemfontein-Noord), Matthew Koekemoer (Derdepoort), Simeon Coetzee (George), Zani Engelbrecht (Totiusdal).

13 Alienke van der Walt (Frankfort), Anzlin ter Haar (Paarl), Christiaan Odendaal (Bloem-

fontein-Noord), Janike Carstens (Pietersburg), Lam-bert van der Wath (Middelburg Mpumalanga), Lenè Janse van Rensburg (Rietvallei), Michelle Schutte (Magol), Petrea Kruger (Krokodilrivier), Phillip van den Heever (Gobabis), Wilmie Fourie (Welkom).

14 Ané Symington (Wilropark), Annika Steyn (Rietvallei), Emma Pretorius (Magol), Emily

van Wyk (Centurion), Henco Bronkhorst (Rietvallei), Juan Merkarnia (Bloemfontein-Noord), Michael Fou rie (Centurion), Milan Marx (Burgersdorp), Paul Schut te (Potchefstroom Die Bult), PJ Groot (Bell-ville).

15 Cara Boersema (Totiusdal), Chrizelda du Preez (Totiusdal), Erica Marais (Kaap stad),

Georgie Vorster (Bergbron), Isak Bekker (Hart bees-poort), Lienke Marx (Burgersdorp), Riaan de Kock (Pot chefstroom-Oos), Tristan Viljoen (Postmas-burg).

16 Armand Smith (Oos-Moot), Chris van Sta-den (Rooihuiskraal), Dané de Stoppelaar

(Krugersdorp-Wes), Dawid Cronje (Wapadrant),

Page 6: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

66 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020

Karlien Breed (Durban-Noord), Kyle van der Mer-we (Oos-Moot), Leon Lombard (Bellville), Liezel Ven ter (Wapadrant), Maarten van Heerden (Oos-Moot), Marnus Lombard (Bellville), Mieke Botma (Naboomspruit), Nia Schutte (Pietersburg), Paul de Bruyn (Windhoek-Suid), Roné Josling (Water-kloof rand), Sarna Smit (Rietvallei), Schalk Bessinger (Centurion), Theuns Visser (Klerksdorp), Wian Muller (Frankfort), Wilmi van Zyl (Wolmaransstad).

17 Annika Roos (Thabazimbi), Daniel Heystek (Alberton-Wes), Kruger Price (Burgersdorp),

Marius Olivier (Bloemfontein-Noord), Rikus van Schalk wyk (Krugersdorp), Rynhardt Retief (Nyl-stroom), Wian van Niekerk (Centurion).

18 Aneldri Nortje (Kuruman), Carla Groothof (Warmbad), Cherese Joubert (Krugersdorp-

Wes), Christelle Swanepoel (Centurion), Christiaan Lessing (Pretoria-Montanapoort), Desi Fourie (Noord rand), Harm Marx (Burgersdorp), Herman van Heerden (Burgersdorp), Janrich Schoeman (Ka thu), Liany Barnard (Potchefstroom-Oos), Nico-Niel Raath (Barberton), Philip du Plessis (Rietvallei), Rikus Jansen van Rensburg (Port Elizabeth), Ru ben Venter (Centurion), Stefan Erwee (Messina), Tha-rien van Straten (Oos-Moot), Tiné van Tonder (Pre-toria-Magalieskruin), Zanette van der Merwe (Rus-tenburg).

19 Alta van Ree (Pietersburg), CJ van der Walt (Stilbaai), Cronje Potgieter (Rooihuiskraal),

Diné Oosthuizen (Wapadrant), Elizna Buys (Oos-Moot), Ethan Boersema (Totiusdal), Hardus Russel (Christiana), Ilke Potgieter (Rooihuiskraal), JD Pot-gieter (Lydenburg), JP Labuschagne (Welkom), Rainar Kruger (Windhoek-Suid), Stian Kotzé (Bloempark).

20 CA Muller (Frankfort), Carmi van Niekerk (Centurion), Caylin Judels (Noordrand),

Daniel van den Berg (Stellenbosch), Gary Marx (Bur-gersdorp), Joney Muller (Frankfort), Lea-Lee van Ton der (Hartbeespoort), Lealij Wood (Oos-Moot), Ma rione Sander (Lyttelton).

21 Alida Buys (Oos-Moot), Donald McNicol (Klerksdorp), Emke Peens (Olifantshoek),

Lamont von Holtzhausen (Hartbeespoort), Leah Erasmus (Centurion), Leen-Mari Verhoef (Oos-Moot), Lenicke Venter (Rietvallei), Liani Mostert (Oli-fantshoek), Marius Smuts (Messina), Marius Venter (Rietvallei), Mia Janse van Rensburg (Be noni).

22 Aiden Parkes (Wilropark), Alandre Steen-kamp (Windhoek-Suid), Anja-Mari van

der Merwe (Windhoek-Suid), Anmari Schutte (Paarl), Clayton van Niekerk (Krugersdorp-Wes), Da niël Goede (Pretoria-Magalieskruin), Ewald Nel (Kameeldrift), Jan-Pieter Goede (Pretoria-Maga-lies kruin), Juan-Luc Sofi anos (Bergbron), Lani Briel (Naboomspruit), Leah de Lange (Wapadrant), Megan Maré (Wapadrant), Riaan Jansen van Rensburg (Wapadrant), Ruben Smidt (Centurion), Stephnie van Wyk (Potchefstroom Die Bult).

23 Chloe Maclean (Kameeldrift), Christiaan Ja-cobs (Centurion), Julia Conradie (Wapad-

rant), Liandri van der Steen (Upington), Lusinda van der Westhuizen (Oos-Moot), Megan Weber (Rooi-huiskraal).

24 Anna van Rooyen (Kaapstad), Carina van Ree nen (Oos-Moot), Christiaan Kleynhans

(Benoni), Elri Breedt (Ermelo), Hanke Opperman (Kathu), Hanno Havenga (Rietvallei), Jolene Bothma (Koster), Kian Abrie (Waterberg), Malan le Roux (Wapadrant), Micayla Swart (Hermanus), Mieke Pre-torius (Magol), Pieter Mulder (Centurion), Tewie Bar nard (Benoni).

25 Emieke le Grange (Frankfort), Eric Smith (Ma gol), Eswee du Plessis (Centurion),

Ewert du Preez (Koster), Imone Steenkamp (Wind-hoek-Suid), Izaan Steyn (Hermanus), Jariska Ströh (Benoni), Lambert van Tonder (Potchefstroom Die Bult), Lourissa van der Vyver (Rooihuiskraal), Me-lindi Venter (Centurion), Mickayla Tromp (Wa-padrant), Ruben Hayes (Wapadrant), Stehan Borman (Pietersburg), Steph-Mari Swanepoel (Bloemfontein-Noord), Tjaart Snyman (Rietvallei), Wompfuna Mu-swubi (Potchefstroom Die Bult), Wynand Britz (Klein mond).

26 Anshia Oudtshoorn (Paarl), Antonie van der Walt (Pretoria-Brooklyn), Daniel Kruger

(Cen turion), Donovan Saayman (George), Eben Pouwels (Wilropark), Hanru Venter (Lydenburg), Jana Pie ters (Heilbron), Lize-Marié Fick (Vereeniging), Marko Jansen (Oos-Moot), Sunita Katz (Benoni).

27 Abigail Erasmus (Krugersdorp-Wes), Alicia Venter (Kameeldrift), CW Hooneberg (Pre-

toria-Montanapoort), DJ Opperman (Olifantshoek), Elzmay van Niekerk (Heilbron), Imke van Niekerk (Rietvallei), John Potgieter (Centurion), Khani Ma-hlangu (Bronkhorstspruit), Lukih Ferreira (Wa-padrant), Mia Coetsee (Bloemfontein-Suid), Paul Kruger (Stellenbosch), Sian Bronkhorst (Wapadrant), Zaanlie Blignaut (Bloempark), Zené Osler (Totius-dal).

Page 7: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 77

28 Amaia Lourens (Frankfort), Dylan du Plessis (Port Elizabeth), Evert Venter (Potchefstroom

Die Bult), Kemieke Coetzee (Rustenburg), Leander Strauss (Koster), Liane van der Walt (Bloempark), Mia van Rooyen (Lyttelton), Stefan Buys (Wapadrant).

29 Andries Venter (Thabazimbi), Carmi Bergs ma (Pretoria-Montanapoort), Charlotte Bergs-

ma (Pretoria-Montanapoort), Cylin Reinecke (Kathu), Danielle Bantjes (Paarl), Dean Grove (Noordrand), Dineke Hamersma (Waterkloofrand), Elri van Niekerk (Waterberg), Harm Brink (Potchefstroom Die Bult), Ian Prinsloo (Oos-Moot), Kayla van Hoolwerff (Messina), Kean Vorster (Benoni), Layne Wendt (Bellville), Mia Erasmus (Magol), Morné Manuel (Hermanus), NJ Long (Kathu), Shané von Mollendorff (Derdepoort), Zane Williams (Bergbron).

30 Ané Labuschagne (Wapadrant), Arno de Ru (Wapadrant), Jani van Rooyen (Lyttelton),

Jurica Winter (Rustenburg), Karla Roos (Boksburg), Lené Kruger (Bloemfontein-Suid), Lindrie Theron (Wa padrant), Sebastian Botha (Windhoek-Suid), SJ van Vuuren (Kathu), Tshontswikisaho Muswubi (Pot-chefstroom Die Bult).

31 Amé Badenhorst (Kathu), Jayden van Dyk (Derdepoort), Jeandre van Aswegen (Cen-

tu rion), Jeanré Vorster (Lyttelton), Kruger Hat-tingh (Klerksdorp), Mia Moss (Port Elizabeth), Nico Breytenbach (Wapadrant), Nicola van der Mer-we (Klerksdorp), Nikla Jansen van Vuuren (Na-boomspruit), Pietricia du Plessis (Kameeldrift), Roelof Buys (Naboomspruit), Ruan van Niekerk (Aliwal-Noord), Ruwan Retief (Pretoria-Montanapoort), San draedean Erasmus (Oos-Moot).

teken in op Slingervel!teken in op Slingervel!Individuele intekeningR405.00 – 10 uitgawes [posgeld + BTW ingesluit]

Afhaal by BuroR285 – 10 uitgawes

Elektroniese intekeningR146.00 – 10 uitgawes

Om in te teken: Kontak Angie Mokobi by [email protected] of tel. 018 297 3986

Page 8: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

88 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020

2 Timoteus 1Maats, koms ons lees bietjie Paulus se tweede brief aan Timoteus – 'n jong dominee.

OPLOSSING OP BLADSY 16

Page 9: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 99

Dwars

1. Paulus is aangestel om hierdie taak te verrig. (7)

3. Hierdie deel vir die evangelie gee jou krag. (10)

5. Paulus is gestuur om dít te verkondig. (7)8. Paulus dien God saam met hulle. (9)10. Paulus is aangestel om hierdie taak te

verrig. (6)11. Só moet die prediking wees wat Timoteus

by Paulus gehoor het. (7)15. Dit het Christus met die mag van die dood

gedoen. (7)17. Die Gees vul ons hiermee. (4)18. Hiertydens dink Paulus aan Timoteus. (6)19. Paulus is aangestel om hierdie taak te

verrig. (8)21. Die Gees vul ons hiermee. (6)23. Dit moet jy nie wees as jy die evangelie

verkondig nie. (5)24. God red ons op grond hiervan. (6)25. Timoteus se ouma. (4)

26. Timoteus moet dit soos vuur aanblaas. (10)

Af

2. Hy het Paulus dikwels kom opbeur. (10)4. Die tipe lewe wat Christus vir ons gee.

(13)6. Hierdie inwoner van die provinsie Asië het

Paulus in die steek gelaat. (7)7. Hierdie inwoner van die provinsie Asië het

Paulus in die steek gelaat. (10)9. Dit maak die Gees van God nie met ons

nie. (9)12. Aard van Timoteus se geloof. (7)13. Die Gees vul ons hiermee. (14)14. So ontvang ons die verlossing van God.

(7)16. Hier het Onesiforus en Paulus gesoek.

(4)20. Hier het Onesiforus baie vir Paulus

gedoen. (5)22. Timoteus se ma. (6)

Page 10: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

1010 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020

Paulus reis

Maats, toe Paulus sien dat die Jode hom wou doodmaak, het hy hom op die keiser beroep. Dit was ’n voorreg wat Rosoos ’n appèlhof of die konstitusionele hof). Lees Handelinge 27 en 28. Vul die plekke in waar hy aangedoen het. Op

28:1

28:12

28:13

Page 11: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 1111

s na Rome omeinse burgers gehad het as hulle voel dat hulle deur ’n uitspraak van ’n hof of goewerneur benadeel word (amper plossing op bl. 14

27:5

25:13

27:3

27:8

28:13

Page 12: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

1212 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020

Oom Abraham

Nog offersDaar is nog off ers waarvan ons in die Ou Testament

lees, maats. Ons lees nog van Beweegoff ers, Drank off ers en Dankoff ers. Dit is nie afsonderlike off ers nie, maar is gewoonlik saam met die Maaltyd- en Brandoff ers gebring.

Die Beweegoff erDie naam sê wat dit is. ’n Deel van ’n off er, gewoonlik die maaltydoff er waarvan ons in Levi kus 7:28-34 lees, is in die lug geswaai of beweeg voor die Here. Dit is die deel van die Maaltydoff er wat die pries ters moet kry. Daarmee is gewys dat die hele off er aan die Here behoort. Die priesters het mos nie ’n deel van die land gekry waar hulle kan boer om vir hulle-self te sorg nie. Hulle het voltyds in die tempel ge-werk. Daarom het die Here gesê dat die hele volk vir hulle moet sorg. Die beweegoff er was een van die maniere waarop die Here gesorg het dat die pries-ters genoeg kos kry. Daarom is dit eintlik die Here wat self die deel van die off ers vir hulle gee om te eet. Ons lees die eerste keer in Eksodus 29:19-28 van ’n beweegoff er. Die off er is gebring toe Aäron en sy seuns as priesters aangestel is. Dit is die enigste keer waar ons lees dat ’n deel van die beweegoff er deur vuur verbrand is (Eks. 29:25). Die res van die be weegoff er is toe vir Aäron en sy seuns gegee. Die Here het gesê dat hulle altyd die bors en die boud van die ram wat geoff er word, moet kry (Eks. 29:27-28).

Die Drankoff erOns lees die eerste keer in Genesis 35:14 van ’n drank off er. Jakob het ’n drankoff er aan die Here ge-bring nadat die Here sy naam verander het. Drank-off ers is later ingesluit by veral die brand- en maal-tydoff ers. Dit was ook deel van die oggend- en aand-off ers wat die Israeliete elke dag moes bring (Eks. 29:40). Drankoff ers het bestaan uit een liter wyn wat saam met elke brand- en maaltydoff er op die al taar uitgegooi moes word (Num. 15:1-10). As die

brandoff er ’n ram is, moes ’n derde liter wyn (dit is ongeveer soveel soos ’n blikkie koeldrank!) op die altaar uitgegooi word. As die brandoff er ’n bul was, moes ’n halwe liter wyn geoff er word. Met die drankoff er het die Israeliete bely dat die Here nie net sorg dat hulle kos het om te eet nie. Hy sorg ook dat hulle genoeg het om te drink en hulle dors te les.

Die Dankoff erDie dankoff er was ook nie ’n afsonderlike off er nie. Gewoonlik is die maaltydoff er vir ’n dankoff er gebruik (Lev. 7:12, 13, 15). Soms kan die woord “maaltydoff er” met “dankoff er” vervang word (Lev. 3). Die dankoff er is gebring om vir die Here dankie te sê vir al die seëninge en goeie dinge wat Hy vir sy volk gee.

Waarom bring ons nie meer sulke off ers nie?Ons bring nie meer beweeg-, drank- en dankoff ers soos die Israeliete dit gedoen het nie. Al die off ers het vorentoe gewys na ons Here Jesus. Toe Hy aan die kruis gesterf het, het Hy ons Beweeg- en Drankoff er geword! Sy liggaam is aan die kruis stukkend gebreek en sy bloed het uitgeloop om vir ons te sê: Hy sorg vir ons, nie net met kos en drinkgoed vir ons lewe op die aarde nie. Hy sorg vir ons vir die ewige lewe. In Johannes 6 het Hy gesê dat ons sy liggaam moet eet en sy bloed moet drink. Jy doen dit wanneer jy glo dat hy vir al jou sonde betaal het. Hy het die honger en dors wat jou sonde in jou hart gebring het, weggevat. Eintlik, maats, moet ons nog elke dag dankoff ers bring! Ons het mos baie waarvoor ons vir die Here dankie moet sê. Maar ons off er nie meer diere en brood en roosterkoeke nie! Ons off er onsself, soos ons in Romeine 12:1 leer. Dit beteken dat ons elke dag met alles wat ons dink en doen en sê, vir die Here dankie moet sê vir al die goeie dinge wat Hy verniet vir ons gee. Wanneer jy so lewe dat almal kan sien jy is ’n kind van die Here, dan is jou lewe ’n dankoff er! SV

Page 13: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 1313

Hamus Bornman (Met erkenning aan dr. Werner Gitt: Wenn Tiere reden könnten)

Die Eendbekdier (Platipus)Maats

As jy my die eerste keer sien, sal jy dink ek is ’n kruising tussen

’n eend en ’n jakkals – groter as ’n eend en kleiner as ’n jakkals. Sien – my pels lyk soos dié van ’n jakkals, maar my bek lyk soos ’n eend s’n – en ek lê eiers. Daar is nog meer! Ek het gifkliere aan my agterpote wat so giftig is soos ’n adder en tussen my tone het ek webbe soos dié van ’n padda en my stert lyk soos ’n bewer s’n. Is ek familie van ’n jakkals? Nee. Is ek familie van ’n eend? Nee. Is ek familie van die adder? Nee. En ’n padda? Ook nie! Die bewer? Ook nie! Ek is uniek! In die diereryk pas ek eintlik nêrens in nie.

Is dit belangrik? Verskriklik! Sien – die wetenskapboeke leer mos dat die een spesie onder die ideale toe stande verander het en iets an-ders geword het. Hulle praat van evolusionisme: ’n ketting in die ont staan van die aarde. Behalwe vir my. Daar is nie plek vir my nie! Hoewel die wetenskaplikes beweer dat ek die dier is tussen die reptiele en die soogdiere van so 150 miljoen jaar gelede, kan dit net nie waar wees nie – my ontwikkeling is diere en reptiele ver voor! Kom ek vertel meer … Die wetenskaplikes het nie van my geweet tot so amper 300 jaar ge lede nie. Ek leef net in die ooste van Australië, nêrens anders in die wêreld nie. Toe hulle mense in Europa vertel het van my, het hulle gedink iemand probeer hulle ʼn poets bak.

Kom ek vertel jou nou van my

eetgewoontes. Ek is ’n nagdier en leef van waterdiertjies. Ek swem met my oë toe, want ek het iets soos ’n ingeboude radar in my bek sodat ek teen niks vasswem nie, en tog klein garnaaltjies kan hap en in my kieste bêre wat ek later geniet. My bek het meer tegnologie in as wat julle slim mense met hulle rekenaars kan bou.

’n Verdere unieke eienskap is die gifkloue wat die manne aan hulle agter-pote het. Waarvoor? Selfverdediging! Aan die pote? Wys my ’n ander dier wat dit het. My stert is meerdoelig. Ek gebruik dit as my spens waar ek vet stoor, ek gebruik dit as ’n roer as ek swem, en as ek op land loop, vou ek dit onder my maag in en gebruik dit vir ’n mandjie. Uniek! Dis nie al nie – ek het nog ’n verrassing of twee! Soos ek gesê het: ek bou nes en lê eiers. Ek gee toe, baie reptiele en voëls doen dit ook, maar as my kleintjies uitbroei, gee ek hulle melkies soos soogdiere! Terwyl die kleintjies in die eier is, ontwikkel een tandjie. Net een. Ek hou die eiertjies op my stert teen my lyf waar dit lekker warm is om uit te broei. Hulle gebruik die tandjie om die dop te breek – en dan verdwyn die tandjie, want ons het dit nie weer nodig nie. Ek het gesê ek gee hulle melkies, maar ek het nie tepeltjies soos soogdiere nie – dit sypel deur my vel en pels.

Jy moet onthou dat God alles weet. Hy het, toe hy die aarde en die diere geskep het, my ook geskep. Hy het geweet dat die mense Hom gaan ignoreer en dink dat alles nie in ses dae geskep is nie. Toe steek Hy my weg in Australië – sodat die mens eers met hulle navorsing probeer bewys dat Hy nie die Skepper is nie – en toe word ek ontdek net sodat die wetenskap nie antwoorde kan hê as hulle God ignoreer nie.

Maats – God het my uniek geskep, sodat jy kan weet: Hy is almagtig en kan enigiets doen wat Hy wil! SV

Page 14: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

1414 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020

Paulus reis

Maats, toe Paulus sien dat die Jode hom wou doodmaak, het hy hom op die keiser beroep. Dit was ’n voorreg wat Rosoos ’n appèlhof of die konstitusionele hof). Lees Handelinge 27 en 28. Vul die plekke in waar hy aangedoen het.

28:1

Malta

28:12

Sirakuse

28:13

Regium

Page 15: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 1515

s na Rome omeinse burgers gehad het as hulle voel dat hulle deur ’n uitspraak van ’n hof of goewerneur benadeel word (amper

27:5

Mira

25:13

Cesarea

27:3

Sidon

27:8

Mooi Hawens

28:13

Rome

Page 16: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

1616 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020

oplossing: blokkiesraaisel 2 Timoteus 1

Page 17: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 1717

Tannie Susan

Wat kan ek l s?Dr. Seuss (ook illus.). 2019. Hoe die Grons Kersfees gesteel het! Uit Engels vertaal deur Philip de Vos. Pretoria: Protea

Boekhuis. Prys: R160,00. ISBN: 978-1-4853-1079-2.

Terwyl almal in Hoe-ville opgewonde voorbereidings getref het om Kersfees te vier, het die Grons alles en almal verwens, want hy het

Kersfees gehaat. Hy wou niks weet van versierings, Kersbome, verspotte prente en persentjies, singery, Kersfees-etes en vrolikheid nie. Hy het toe ’n bose plan gemaak. In die nag voor Kersfees het hy met sy slee en sakke gegaan en alles in Hoe-ville gaan steel wat iets met Kersfees te make gehad het: Kersbome, versierings, persente, Kersfeeskos en nog wat. Hy was nou baie in sy nopppies, want hy het gedink hy het nou uiteindelik Kersfees by die Hoe’s gevat en kan nou rustig die dag deurbring. Toe hoor hy iets ontstellends: ’n vrolike gesingery! Hy het mettertyd besef dat Kersfees nie werklik in die uiterlike dinge gelê het wat hy gesteel het nie. Dit was die blydskap en innerlike vreugde wat in die Hoe’s se harte was wat Kersfees vir hulle belangrik gemaak het. Net daar het sy ommekeer gekom – hy het al die gesteelde goedere teruggegee en die Hoe’s selfs by hulle ete bedien.

Die mooi insig, eenvoudige taalgebruik en skattige, humoristiese illustrasies sal aan hierdie prente-boek ’n spesiale plekkie op elke kleuter se boekrak besorg.

Brandt, Marianna. 2018. Die Stoutsterte: Van Texel tot Tafelbaai. Illustrasies deur Tanya Joubert. 5e dr. 174 p. ISBN:

978-0-4981-4280-9.

Die twee muisgesinne, Pieta en Leentjie van Sterten en Koot en Ellie Kaas, het gehoor dat die Vereenigde-Oos-Indiese Kompanjie vir Jan van

Riebeeck met vyf skepe na ’n nuwe land, Kaap die Goeie Hoop, gestuur het. Hy moes daar ’n verversingspos gaan stig wat vars groente, vrugte en water aan verbygaande skepe kon lewer. Die muisgesinne het ook gehoor dat die nuwe land aan die suidpunt van ’n groot kontinent heerlik warm is – nie so koud soos Texel in Nederland waar die muisfamilies toe gebly het nie. Daar en dan het hulle besluit om die geleentheid aan te gryp en saam te gaan na die nuwe vaderland.

Hulle het op 25 Desember 1651 op die skip, die Dromedaris, geklim vir hulle avontuur na ’n nuwe vaderland. Daar was baie gevare op die skip soos die Gemmerkat en die rot Vasco. Pollie Papegaai het hulle teenwoordigheid ook altyd luidkeels geopenbaar wanneer hy hulle in die kombuis gewaar het. Dan moes hulle ook oppas om nie onder die voete van die kok of die matrose te beland nie.

Ellie se 8 babamuisies is op die skip gebore. Sou hulle hierdie gevaarlike omstandighede kon oorleef? Allerlei interessante inligting oor die skeepsreis, wie dit almal meegemaak het, inligting oor alles rondom die volksplanting van Jan van Riebeeck en nog meer word storiegewys deur die muise se waarnemings en ervarings aan die lesers meegedeel. Hierdie boek vertel oor die seereis tot hulle op 6 April 1652 op die nuwe vasteland voet aan wal gesit het. Op ’n speelse interessante manier word inligting oor Suid-Afrika se wordingsgeskiedenis aan jong lesers oorgedra. Die boek

ees nie werklik in die

Ta

ieK

Riebhet.watdat – ninie.te g

Hulle het op 25 Desember

Page 18: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

1818 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020

lees maklik en die taalgebruik is byderwets en eenvoudig. Om geskiedenisfeite baas te raak, was nog nooit soveel pret nie!

Die tweede boek wat hiermee saamgeskryf is, is Poot aan wal. Dit vertel deur die oë van die muisgesinne van die pioniersgeskiedenis ná die volksplanting. Die boek is ongelukkig op die oomblik uit druk uit. Ek hoop dat die uitgewers gou sal besluit om hierdie kosbare boekie te herdruk.

Hergé (ook illus.). 2019. Die 7 kristalballe. 2e Afrikaanse dr. Vertaal deur Sonya van Schalkwyk-Barrois. Pretoria: Protea

Boekhuis. 62 p. Prys: R130:00. ISBN: 978-1-4853-0993-2. (Avonture van Kuifi e-reeks).

In hierdie afl ewering van die strokiesverhaalreeks kry Kuifi e te make met ’n reeks gebeure wat lyk asof dit iets met die ou antieke Inkas se wraak

te make moet hê. Sewe ontdekkingsreisigers het in Peru die mummie van die Inka-koning, Raskar Kapak, gevind en dit teruggebring Amerika toe. Toe het die een na die ander van die ontdekkingsreisigers ’n geheimsinnige slaapsiekte opgedoen. By elke ontdekkingsreisiger is ook glasskywe van ’n kristalbal gevind. Kuifi e, professor Sonneblom en kaptein Sardijn het hierdie eienaardigheid begin ondersoek, maar toe verdwyn professor Sonneblom

spoorloos. Al Kuifi e en kaptein Sardijn se leidrade wou egter niks oplewer nie, maar loop dood – totdat dit tot ’n Peruaanse vragskip lei. Kuifi e, Spokie en kaptein Sardijn moes dus na Peru in Suid-Amerika gaan om hierdie geheimenis op te los en professor Sonneblom weer te vind.

Vir die uiteinde van hierdie avontuur, sal lesers egter die volgende Kuifi e-strokiesverhaal, Die tempel van die Son, moet lees. Kuifi e-liefhebbers sal die humor in die teks sowel as die strokiesprente van die “7 kristalballe” baie geniet!

Ahlers, Nerine. 2020. Die Rietrotte en die rowers. Pretoria: Protea Boekhuis. 118p. Prys: R150,00. ISBN: 978-1-4853-1001-3.

(Die Rietrotte, 2).

Daniël en sy maats Antonie, Malebo en Giovanni, beleef in hierdie tweede afl ewering van die avonture van Rietvallei Hoër se koshuisseuns weer

heerlike pret en ook baie spanning. Dit is die maats se beurt om vir die betrokke week juff rou Faure se African Grey-papegaai te versorg terwyl sy nog nie terug is by die koshuis nie. Dit is hier waar hulle probleme (en avonture) begin toe die “easy-peasy”-opdrag in ’n nagmerrie ontaard. Die spraaksame papegaai kom uit sy hok en laat hom nie so maklik weer vang nie. Almal is doodbang vir juff rou Faure en die maats probeer enigiets om die papegaai weer te vang – ten einde raad sit hulle ’n ander African Grey in die hok en hoop sy gaan dit nie agterkom nie. Sal hulle plan slaag, of sal juff rou Faure hulle uitvang? Die skool se groot skole-atletiekbyeenkoms vind in Johannesburg plaas en almal is baie opgewonde om deel te neem en wil graag dat hulle skool wen. Die kinders word met busse na Johannesburg aangery. Alles loop glad volgens hulle verwagting, maar dan stuur Peet Pretorius – die matriekseun wat sy mes vir Daniël en Malebo in het – hulle teen die einde gou snoepie toe om aandete te gaan koop. As gevolg daarvan ry die busse onwetend sonder hulle terug Rietvallei toe. Boonop maak ’n motordiefstalsindikaat hulle opwagting in die nag by die sportveld en hulle neem Giovanni as gyselaar. Sal die maats weer vir Giovanni uit hulle kloue kan red en daarin slaag om die polisie betyds te kontak om tot hulle reddng te kom en die diewe te vang?

Leser sal hierdie tweede boek oor die Rietrotte se avonture in die kosbuis net so baie geniet soos die eerste boek. Die taalgebruik val heerlik op die oor, die spanningslyn loop op ’n hoogtepunt uit en die aandag van die lesers word voluit geboei. ’n Heerlike spanningsavontuur! SV

HV

n ’n

te mdie Toeslaakriseien

l Al K ifi k

n Johannesburg plaas

Page 19: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

19

Op hierdie dag in Augustus

Tannie Maryke

Seemonster-dag

19

Seemonsters of seedrake (sea serpents) word al vir baie eeue in verskillende fabels (stories) be -

skryf. Die stigter of oorsprong van Seemonster-dag is nie bekend nie, maar op 7 Augustus word jaar liks erkenning gegee aan die waarneming van dié be-roemde seekreature.

Seemonsters is mitologiese (iets wat onwaar is of nie bestaan nie) en legendariese (iets wat baie be-roemd is en waaroor daar baie verhale vertel word) seewesens wat volgens mense se beskrywings soos enorme slange lyk. Mense wat baie jare terug geleef het (in die antieke wêreld), het vas geglo dat hierdie groot monsters in die dieptes van die see gewoon het.

Die matrose en offi siere van die skip HMS Daedalus het in Augustus 1848 na die eiland Sint Helena in die Suid-Atlantiese Oseaan gevaar. Tydens die reis het die bemanning glo ’n 18-meter-lange kreatuur in die see gesien, met ’n eienaardige kop wat gelyk het soos dié van ’n man.

Waarnemings van seemonsters is al vir honderde jare aangeteken en baie stories word vandag nog oorvertel. Die kripto-soöloog (’n wetenskaplike wat ondersoek instel oor diere wat, sover ons weet, nie bestaan nie) Bruce Champagne het glo al meer as 1200 waarnemings van seemonsters aangeteken.

Daar word geglo dat hierdie waarnemings eerder

Page 20: Slingervel Augustus 20204 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020 vverjaardaghoekieerjaardaghoekie Ons is reeds in die agtste maand van die jaar en baie opgewonde oor al

2020 slingervel augustus 2020 slingervel augustus 2020

aan meer bekende diere soos die massiewe sneesvis (oarfi sh), walvisse, reuse-inkvisse of haaie (veral die frilletjieshaai) toege-skryf kan word.

Daar is ’n paar kripto-soöloë wat voorgestel het dat die see-monsters plesiosourusse of ander Mesosoïese see-reptiele is wat van die dinosourus-tyd oorleef het. Hierdie idee word ook dik wels met meermonsters soos die baie bekende Loch Ness-monster van Skotland verbind. Dit was die gevolg van baie on-dersoeke, maar tot vandag toe nog kon niemand die bestaan van dié varswatermonster bewys nie.

Alhoewel verhale van seemonsters deur die eeue heen voortduur, is daar tot dusver nog geen dier gevang wat kon bewys dat die stories waar is nie. ’n Groot aantal van die verhale van mon-steragtige seediere wat goed ondersoek is, lyk of dit eerder ver-keerde waarnemings is van diere wat alreeds bekend is.

Byvoorbeeld, ’n aantal bruinvisse of tornyne (klein getande wal-visse wat familie van dolfyne is) wat in ’n ry agter mekaar swem en gereeld om die beurt opkom vir lug, kan soos ’n slangagtige wese lyk wat deur die water beweeg deur ’n ketting van op-en-af golwings.

Groot, donker stukke drywende seegras wat half verdwyn en dan weer in die water verskyn soos dit op en af op die deining van die see beweeg, is al dikwels verkeerdelik as ’n reusagtige see-monster aangesien.

Daar word ook geglo dat reuse-inkvisse (familie van seekatte) meestal as seemonsters aangesien word, want hierdie diere, wat ’n totale lengte van 15 meter kan bereik, kom in die streke voor vanwaar baie van die stories vertel word – Skandinawië, Dene marke, die Britse Eilande en die oostelike kusgedeeltes van Noord-Amerika.

Wanneer een van hierdie inkvisse op die oppervlak swem, met twee enorme langwerpige arms wat saam deur die water sleep, lyk dit sommer heel vreemd en baie soos die beskrywing van ’n seemonster: ’n silindriese vorm met ’n afgeplatte kop, aanhangsels aan die kop en nek, ’n donker kleur bo en ’n ligter skaduwee

onder, dit beweeg rustig en eenvormig deur die water met ’n reguit liggaam wat wel kan buig, en dit kan water spuit.

Verder is dit ook bekend dat potvisse (die grootste tandwalvis) reuse-inkvisse doodmaak en eet. Een van die verhale vertel egter hoe ’n seemonster (moontlik ’n reuse-inkvis) sy twee tentakels (lang arms) oor ’n walvis gegooi het en dit uit-eindelik onder die water ingetrek het.

Op die Sweedse skrywer Olaus Magnus se seekaart verskyn baie mariene mon-sters van verskillende vorme, waaronder ’n reusagtige seeslang. In sy werk, History of the Northern Peoples uit 1555, gee Magnus die volgende beskrywing van ’n Noorse seeslang:

Diegene wat langs die kus van Noor-weë vaar as handelaars of om vis te vang, vertel almal die merkwaardige verhaal van hoe ’n slang van vrees-aanjaende grootte, ongeveer 60 me-ter lank en 6 meter breed, in skeu-re en grotte buite Bergen (stad in Noor weë) woon. Op helder somer-nagte verlaat hierdie slang die grotte om kalwers, lammers en varke te vang, of dit gaan na die see en vreet jellievisse, krappe en soortgelyke see diere. Dit het ellelange hare wat aan die nek hang, skerp swart skub be, vlammende rooi oë en kan hom self soos ’n kolom uit die water oplig.

Sjoe! Wanneer ek van seemonsters lees, is ek sommer baie verlig dat hulle nie regtig bestaan nie. En, al wys die on dersoeke en gebrek aan bewyse dat daar geen seemonsters in die dieptes van ons oseane woon nie, kan mens steeds nie help om te wonder wat dit was wat al die mense oor die eeue heen in die diepsee gesien het nie. SV

[Aangepas en vertaal vanaf:https://www.britannica.com/topic/sea-

serpent; https://en.wikipedia.org/wiki/Sea_serpent;

https://nationaldaycalendar.com/days-2/national-sea-serpent-day-august-7]