24

iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die
Page 2: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

2 slingervel september 2013

3 Die redakteur skryf4 Verjaardaghoekie6 Bybelleesrooster vir

Oktober8 Oordenkings vir

laerskoolkinders10 Spreuke vir die

tiener verklaar11 Jona in die vis se

maag Wolke en

reëndruppels12 Tommie die spokie14 Vier vriendinne (1)16 Met die maan gepla

(1)18 Blokkiesraaisel 45119 Boekeblad22 Oordenkings vir

tieners24 Die mens besoek die

ruimteSlingervel, Jaargang 55

Nommer 950, September 2013

in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...

REDAKTEURDr Nico vd Merwe

e-pos: [email protected]

Tipografi e en uitlegJoey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERSDr. Nico van der MerweOordenkings vir tieners en

laerskoolkindersMarina Kotze

Junior Rubrieke en PenmaatsRiana Jonker

VerjaardaghoekieSusan Lourens

BoekebladTersia van der Merwe en Rina

Myburgh Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie Venter

Wetenskap-ArtikelsRika du Plessis en Sophia van der

WaltStories

Artikelskrywers dié uitgaweDr. Nico van der Merwe

Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

DrukkersV & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

IntekengeldR191,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

AdvertensietariefOp aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986

Die RedakteurPosbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewePosbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 55 Nommer 950,

September 2013

ISSN 0037 685 X

Slingervel JaJaarargagangng 5555

Page 3: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

slingervel september 2013 3

Die redakteur skryf ...

OOm in hierdie lewe dinge geestelik te kan onderskei, is die vermoë wat die Heilige Gees aan jou gee om tussen goed en kwaad te kan onderskei. Dié vermoë moet geoefen word. Iemand ontvang ’n mooi stem, maar oefen dit daagliks om te kan presteer. Iemand ontvang ‘n sterk liggaam maar hy

moet dit gereeld oefen om suksesvol te kan wees. ’n Kassier by die bank kry nie spesiale skoling om vals geldnote te kan raaksien nie. Hy voel ’n vals noot dadelik omdat hy dag vir dag geldnote hanteer.

Jý het ’n opdrag om nie enigiemand of enigiets te glo nie, maar om vas te stel of dit van God af kom. Paulus skryf: “Moenie uitsprake van dié wat die boodskap van God verkondig, geringskat nie, maar toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is” (1 Tess. 5:20-22). Met onderskeiding moet jy dit wat op jou lewenspad kom, toets of dit reg of verkeerd is volgens God se wil (Rom. 12:1-2).

Geestelike onderskeidingsvermoë het vyf kante:

Kennis : Jy moet kennis hê van waarmee jy besig is om tussen reg en verkeerd te kan onderskei. Daarom moet jy elke dag jou Bybel lees om kennis op te doen.Begeerte : Jy moet vasstel of jy werklik ’n begeerte het om geestelik te kan onderskei. Daar sal by jou ’n ywer moet wees om ter wille van God in onderskeiding te lewe.Vermoë : Jy sal oor die vermoë moet beskik om geestelik te kan onderskei wat goed en wat sleg is. God verwag van gelowiges egter niks wat Hy nie eers aan hulle gee nie.Tyd : Indien jy nie jou tyd indeel en vooraf bepaal watter tyd van die dag jy eenkant gaan sit om jouself te oefen in onderskeidingsvermoë nie, gaan jou pogings vrugteloos wees.Inspanning en toewyding: Jy sal nie sukses behaal as jy jou in die proses om onderskeidingsvermoë te ontwikkel nie inspan en toewy nie. Jy sal dit met oorgawe moet doen.

Paulus skryf aan Timoteus ’n brief waarin hy dit aan hom opdra: “Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe” (1 Tim. 4:8). Die skrywer van die Hebreërbrief skryf oor “mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei” (Heb. 5:14).

Dit sal vir jou baie beteken indien jy by die pastorale spreekkamer aanklop en om praktiese hulp vra vir jou poging om in onderskeidingsvermoë te groei. Jy moet geen middel nalaat wat kan bydra dat jy aan die opdrag van God, om geestelik te kan onderskei, voldoen nie. SV

Oefenprogram om Oefenprogram om geestelik te onderskeigeestelik te onderskei

Page 4: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

4 slingervel september 2013

verjaardagverjaardaghoekiehoekie

Die volgende Velliemaats verjaar gedurende SEPTEMBER 2013. Veels geluk en mag die nuwe jaar net vreugde en liefde bring. Geniet die dag saam met julle ouers en maats. As jy nog nie ingeskryf is as Velliemaat nie, skryf aan

my. My adres is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614, Paardekraal, 1752; of e-pos [email protected] Groete, Tannie Riana

1 Aldo Opperman (Potchefstroom Oos), Alexander Ser fontein (Port Elizabeth), Andrea Jansen (Be no-

ni), Anika Lubbe (Wolmaransstad), Christopher Turner (Randburg), Dian Bovill (Laeveld), Emile Ras (Benoni), Emmeren a Kruger (Messina), Evan van Schoor (Vander-bijlpark-Trinitas), Henco Potgieter (Boksburg), Leegre Horn (De Aar), Maar n Benadie (Magol), Mine e Myburgh (Boksburg-Suid), Ruben de Kock (Randburg), Tiaan Steene-kamp (George).

2 Almarie Snyman (Krugersdorp), Benjamin Ter blanche (Potchefstroom-Die Bult), Bianca Viljoen (Vander-

bijlpark-Trinitas), Chantell Malebye (Randburg), Daan Eras mus (Wolmaransstad), Gideon van Zyl (Kaapstad), Jo-han Adam Enslin (Welkom-Noord), Mar n Kruger (Vander-bijlpark-Trinitas), Rachelle Combrink (Secunda), Wihan Janse van Vuuren (Boksburg-Suid), Wilmarie Kruger (Kuru-man), Zander Venter (Randburg).

3 Anita du Plessis (Brackenhof), Bianca Nel (Benoni), Hans Marx (Randburg), Johané Senekal (Secunda),

Mia Kruger (Randburg), Tiaan Bylsma (Kathu), WJ van der Walt (Oudtshoorn).

4 Ajanke Nienaber (Secunda), Berinda du Toit (Lich-tenburg), Bernard van Krieken (Boksburg), Gerhard

Burger (Bethal), Katelyn Kruger (Randburg), Liam van Gass (Vaalpark), Marizelle Odendaal (Vanderbijlpark-Trinitas), Ruben Sliep (Messina), SP Malan (Randburg).

5 BJ du Plessis (Potchefstroom-Oos), Kamogele Kobedi (Randburg), Lisa Campher (Potchefstroom-Die Bult),

Marilie Reyneke (Kathu), Monique Albertse (Port Eliza-beth), NJ Wallace (Wolmaransstad), Palesa Mkhethani

(Randburg), Zanel Neser (Bloemfontein-Suid).

6 Albert Moleko (Randburg), Carli Kruger (Boksburg), Chané van der Heever (Krugersdorp), Christelle

Steyn (Kathu), Erika Visser (Warmbad), Hannes Hoogendyk (Welkom-Noord), Jean-Rique Senekal (Vanderbijlpark-Tri nitas), Leandri Fourie (Kuruman), Lisa van der Steen (Uping ton), Mansia Joubert (Randburg), Marienet Swart (Lich tenburg).

7 Anrika Pienaar (Buff eldoorns), Ben Swart (Vanderbijl-park-Trinitas), Chanri van Niekerk (Randburg), Chri-

sanle Boshoff (Heilbron), Jacques du Plessis (Magol), Ockert van Wyk (Waterkloofrand), Richelle van Kaam (Kru-gersdorp).

8 Johan Coetzee (Magol), Lauren Jansen (Elsiesrivier), Lihann Wolfaardt (Magol).

9 Carolize Buys (Bloemfontein-Suid), Dané Strydom (Ma gol), Elmien van Kaam (Krugersdorp), Ewald

Greyling (Secunda), Francois Vorster (Port Elizabeth), Han lou Coetzee (Magol), Itumeleng Lefoka (Randburg), Joaneque van Dyk (Secunda), Johan Grobler (Port Eliza-beth), Leighton Gouws (Vereeniging-Oos), Paige Erasmus (Rustenburg).

10 Amica Trennery (Warmbad), Andrea Cornelius (Nylstroom), Cara Strydom (Secunda), Elizra

Laufs (Randburg), Elmarie van Niekerk (Ly elton), Janco Coet zee (Laeveld), Nereus Potonas (Suidkus), Tjaart Steyn (Randburg), Zach Human (Rustenburg).

Page 5: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

slingervel september 2013 5

verjaardaghoekie

11 Anja Buijs (Potchefstroom-Oos), Chris aan Kru ger (Magol), Hannes Aucamp (Reitz), Kristé

Barnes (Alberton-Wes), Litany Viljoen (Vaalpark), Rinaldo Boersma (Krugersdorp), Suzanné Linde (Reitz).

12 André Lategan (Middelburg Mpumalanga), An-drea de Klerk (Rustenburg), Arancha Boshoff

(Lae veld), Johan (jr) Rosseau (Potchefstroom-Die Bult), Lean dré Roos (Vanderbijlpark-Trinitas), Nardus Mostert (Reitz), Orielia Miles (Warmbad), Patricia Groenewoud (Rand burg), Sian Raubenheimer (Boksburg), Veronica Botha (Secunda).

13 Altus van der Merwe (Nylstroom), Amce du Ples-sis (Lydenburg), Henko Erwee (Messina), Lourens

Parker (Kuruman), Luché Leach (Bloemfontein-Suid), Rikes de Villiers (Secunda), Robert du Toit (Lichtenburg), Thato Mo katse (Randburg), Thea Booysen (Gobabis), Wynand van Staden (Magol).

14 Bianca Pienaar (Potchefstroom-Oos), Frans Marx (Burgersdorp), Jaydene Wigge (Benoni).

15 Deoné Marx (Boksburg-Suid), Lihan Grimbeek (Ly den burg), NP Linde (Reitz).

16 Duan Homan (Messina), Gerrit Alberts (Benoni), Gideon Germishuys (Krugersdorp), Hannes Ma-

lan (Randburg), Lerato Mokaleng (Randburg), Petrus Vors-ter (Vanderbijlpark-Trinitas).

17 AJ Bekker (Oudtshoorn), Corlia Nortjé (Vanderbijl-park-Trinitas), Dané Bekker (Oudtshoorn), Es-

mari Rood (Potchefstroom-Oos), Jean-Pierre Re ef (Kru-gersdorp), Johane e Re ef (Krugersdorp), Jonathan Swa-ne poel (Secunda), Lourens Kruger (Boksburg-Suid), Marius van Vuuren (Reddersburg), Petro Coetzee (Lindley).

18 Carly-Allison Ha ngh (Krokodilrivier Brits), Chris aan van der Merwe (Waterkloofrand), De

Wet Denkema (Oudtshoorn), Ethel (jr) Coetzee (Water-kloofrand), Isabelle du Toit (Benoni), Morné (jr) Viljoen (Randburg), Ryan Willson (Kaapstad), Serika van Rensburg (Boksburg-Suid).

19 Anrie Geldenhuys (Vanderbijlpark-Trinitas), Ger-hard Jacobs (Welkom-Noord), Paula le Roux

(Ly den burg), Sharéll Hall (Bloemfontein-Suid), Stephanie Roodt (Bergbron).

20 Annerie du Toit (Lydenburg), Bella Plaatjies (Van-der bijlpark-Trinitas), Karli de Kock (Randburg),

M Victor (Nylstroom), Nico Vermaak (Oudtshoorn), O o Heine (Vanderbijlpark-Trinitas), Puleng Maseko (Rand-burg).

21 Erich Wiehahn (Hermanus), Leopold Combrink (Randburg), Manjé Erasmus (Duineveld), Rudolph

van Niekerk (Bergbron), Tjaart Venter (Randburg).

22 Adriaan Erasmus (Secunda), Ashley Snyman (Ma gol), Charlize Nortje (Buff eldoorns), Delien

Düsselberg (Randburg), Deon Botha (Magol), Ignes Jonker (Vanderbijlpark-Trinitas), Kayla van der Merwe (Lichten-burg), Marcell Kruger (Potchefstroom-Oos), Mellisa Breedt (Messina), Sarina du Plessis (Randburg), Viebke van Wyk (Krugersdorp).

23 Andre Friedrichs (Alberton-Wes), Bianca Els (Brackenhof), Eunice Anders (Magol), Henrie e

de Ridder (Magol), Ian Nel (George), Jeandré Steenkamp (Bergbron), Nalizeri Pretorius (Barberton), Rista Cilliers (Kuruman).

24 Antonie Lit (Rustenburg), Markus Venter (Van-der bijl park-Trinitas), Stephan Komlosy (Warm-

bad).

25 Arno Krüger (Benoni), Elizna Joubert (Magol), El-Rina Buys (Lichtenburg), Heino Hoff man (Ly-

den burg), Li-Marie Coetsee (Bloemfontein-Suid), Me-lis sa Kleynjan (Vanderbijlpark-Trinitas), Shané Blig naut (Messina), Willem Kurpershoek (Middelburg Mpuma-langa).

26 Adrijaen Riekert (S lbaai), Carissa du Plessis (Ma gol), Marlu Smit (Magol), Pieter-Jacob van

Zyl (Potchefstroom-Die Bult).

27 Anneke Faling (Vaalpark), JP Erasmus (Lyden-burg), Louis Steyn (Magol), Mariska van der Walt

(Nylstroom), Reinard du Plessis (Bergbron), Sello Ntshala (Randburg), Talent Ndiwoneyi (Randburg), Thomas Tren-nery (Warmbad), Tyler Keulder (Vanderbijlpark-Trinitas).

28 Aiden Prinsloo (Secunda), Jacques Kruger (Ma-gol), Janco Prinsloo (Bloemfontein-Suid), Kobus

Poolman (Kathu), Louis Buys (Nylstroom), Mia Smit (Be-noni), Rüdiger Düsselberg (Randburg), Wessel Pretorius (Alberton-Wes), Zaanri Smith (Vereeniging-Oos).

29 Alet Kotze (Kuruman), Beaulah du Plessis (Rand-burg), Ben-Louw Marais (Kaapstad), Deon van

der Walt (Oudtshoorn), Ewan Griffi oen (Randburg), Fran-cois Janse van Vuuren (Vanderbijlpark-Trinitas), Hennie Venter (Randburg), Kaylie van den Berg (Boksburg), Wes-sels Reitsma (Potchefstroom-Oos), Zeldene Pelser (Red-dersburg).

30 Bianca Moatshe (Warmbad), Chalista Strömbeck (Secunda), Leané Stahmer (Randburg), Stephan

du Plessis (Magol), Tristen Janse van Vuuren (Ermelo), Veronique Vorster (Upington).

Page 6: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

6 slingervel september 2013

Die gelowige behaal oorwinning o

Bybelleesrooster vir Oktober

1 Oktober – Lees: Matteus 6:9-13 (vs 13)Here, bewaar my asseblief van die kwaad.

2 Oktober – Lees: Johannes 17:6-19 (Matt. 6:13)Here, verlos my asseblief van die Bose magte.

3 Oktober – Lees: Jakobus 1:1-8 (vs 2)Die onbegryplike vreugde van beproewings.

4 Oktober – Lees: 1 Johannes 5:1-5 (vs 4)Die oorwinning oor die sondige wêreld.

5 Oktober – Lees: Genesis 3:1-7 (vs 6)As jy verkeerd kies, gaan jy alles verloor.

6 Oktober – Lees: Genesis 3:8-15 (vs 9)Die Here kyk hoe jy lewe en wat jy doen.

7 Oktober – Lees: 1 Korintiërs 10:1-13 (vs 13)God gee die uitkoms as die sonde jou wil oor-weldig.

8 Oktober – Lees: Job 2:1-10 (vs 2)Die geheime krag van die versoeking.

9 Oktober – Lees: Lukas 22:24-34 (vs 32)Petrus, Satan en Jesus Christus.

10 Oktober – Lees: Matteus 18:7-9 (Heb. 12:14)Die belangrikheid van 'n heilige lewe.

11 Oktober – Lees: Jakobus 1:9-18 (vs 13)Jy word nooit deur die Here God versoek nie.

12 Oktober – Lees: Matteus 7:15-20 (vs 15)Pasop vir die wolwe in skaapsklere.

13 Oktober – Lees: Galasiërs 5:16-26 (vs 19-20)Die versoeking van towery en bygeloof.

14 Oktober – Lees: Spreuke 16:16-25 (vs 18)Trots en hoogmoed verlei 'n mens tot sonde.

15 Oktober – Lees: Psalm 34:1-8 (vs 5)Satan verlei jou tot sonde deur jou vrees.

16 Oktober – Lees: 1 Timoteus 6:3-10 (vs 10)Satan gebruik geld om jou te laat sonde doen.

17 Oktober – Lees: Spreuke 20:1-5 (vs 1)Satan gebruik drank om die mens te laat sondig.

18 Oktober – Lees: Handelinge 5:27-32 (vs 29)Satan verlei jou selfs deur die owerheid van die dag.

19 Oktober – Lees: 2 Samuel 11:1-5 (Eks. 20:14)Wees waaksaam vir die sonde van onkuisheid.

20 Oktober – Lees: Levitikus 18:24-30 (vs 24)Pasop vir die sondes in die familiekring.

21 Oktober – Lees: Psalm 139:13-18 (vs 13)Aborsie is 'n sonde in die oë van die Here.

22 Oktober – Lees: Romeine 15:1-4 (vs 1)Moenie dat sukses jou verlei tot sonde nie.

23 Oktober – Lees: Handelinge 5:1-11 (vs 4)Skynheiligheid verlei 'n mens om sonde te doen.

Page 7: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

slingervel september 2013 7

oor die bose magte deur die geloof

Dr. Nico van der Merwe

24 Oktober – Lees: Romeine 10:1-4 (vs 2)Die sondeverleiding van vals godsdiens.

25 Oktober – Lees: 2 Korintiërs 12:7-10 (vs 9)Satan wil jou verlei deur sogenaamde “onverhoorde gebede”.

26 Oktober – Lees: Psalm 32:1-7 (vs 3)Jy kan verlei word om stil te bly in plaas van te getuig.

27 Oktober – Lees: Matteus 4:1-11 (vs 1)Jesus word ook deur die Satan versoek.

28 Oktober – Lees: Hebreërs 2:14-18 (vs 18)Christus kan jou help as jy versoek word.

29 Oktober – Lees: Efesiërs 6:10-20 (vs 18)Bid opreg tot God deur die Heilige Gees.

30 Oktober – Lees: Filippense 2:1-13 (vs 12)Dit is God wat in jou werk sodat jy verlos word.

31 Oktober – Lees: Jesaja 25:6-9 (1 Kor. 15:26)Die laaste vyand van die gelowige is die dood.

Page 8: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

8 slingervel september 2013

dr. nico van der merwe

97. God sorg vir allesLees in jou Bybel Psalm 104:13-17

Elke keer as jy by die huis aan die tafel eet, dan weet jy Mamma het die ete voorberei. Dit wat sy nodig gehad het, het sy by

die winkel gaan koop. Mamma sorg dat jy altyd iets het om te eet. Dit is seker so – maar iewers moet die kos vandaan kom. God sê vir ons in Psalm 104:14 dat die diere en die mense hulle kos van God kry. God het die aarde só geskep dat dit vrugbaar is vir die plante. God gee die reën en Hy sorg dat die seisoene ordelik verloop. Al wat die mens moet doen, is om die plante en diere op te pas en uiteindelik daarvan vir die ete op die tafel voor te berei. Daarom moet ons, voor ons eet, eers bid vir die seën van die Here, en ná die ete moet ons die Here dankie sê vir die heerlike kos. Nou kan jy ook met ander oë kyk na die reën wat val en die lekker warm son. Dit is nodig vir die plante en die diere sodat die mens genoeg kan hê om van te eet en so krag te kry om elke dag vir die Here te lewe.

98. God gee die tyd met ’n doelLees in jou Bybel Ps. 104:19, Gen. 1:14; Gen. 8:22

Omdat jy ’n horlosie het en ’n almanak en dalk selfs ’n dag-boek of ’n huiswerkboekie wat ingedeel is volgens die

dae van die jaar, is jy bewus daarvan dat ure, dae en jare kom en verbygaan. Dit kan jou dalk laat dink dat die tyd deur die mens uitgedink is, want jy sien hoe die tyd deur horlosies en almanakke bepaal word. Die Bybel leer ons egter dat God die tyd geskep het, want die tyd word bepaal deur die verhouding tussen die aarde en die son. Omdat God die Skepper is van alle dinge, is Hy die Skepper van tyd, minute, ure, dae, jare, eeue en ook die seisoene van somer tot winter. Jy, as ’n kind wat in die Here glo, moet jou lewenstyd tot eer van die Here gebruik. God gee vir elkeen tyd om alles te doen wat hy moet. Onthou jou skoolgaan, sport, kultuur, kuns, gesin is die verskillende ruimtes waarin jou lewenstyd gebruik moet word om God te eer. Kyk nou met ander oë na jou horlosie en die almanak.

99. God van huise en kamers Lees in jou Bybel Psalm 104:16-18

As jy in jou kamer sit, wat sien jy? Jy sien vier mure en ’n dak. Jou kamer is met ’n deur verbind met die res van julle huis,

wat ook uit mure en ’n dak bestaan. Julle is nie dakloses nie, julle het ’n dak om onder te bly. As jy aan julle huis dink, dan weet jy dit is van stene, sement, hout en glas gemaak. Iemand het gesorg dat julle ’n dak oor julle koppe het. Die digter van Psalm 104 kyk anders daarna. Hy sien die berge, die rotse, die klowe en die vlaktes. Hy sien die bome, die bosse en die plante waar die diere hulle tuismaak. Die arende en die klipbokkies teen die hoogste kranse. Die mossies en die dassies laer af tus-sen die dale en die skeure. Die velddiere en die visse. God sorg vir hulle. Hoeveel te meer sorg God as Vader vir jou. Hy gee die middele en die bekwaamhede sodat julle ’n huis kan hê om in te woon. Jou eie kamer en julle huis word nou vir jou ’n sigbare bewys van God se goedheid.

100. God is ook God van donkerte Lees in jou Bybel Psalm 104:19-23

Is jy bang vir donkerte? Moenie alleen voel nie: baie mense, ook volwassenes, voel so. Want die donkerte van die nag

hou vir ons gevaar in. Dit is asof die kwaad lê en loer totdat dit nag is en dan slaan dit toe. Die mense van die Bybel se tyd het onheilsmagte in donkerte gesien. In die nag voel die mens aan die onheil van die bose uitgelewer. God sê vir ons in Psalm 104 dat dit nie waar is nie (vs. 20). God sorg vir die diere ook in die duisternis van die nag. As die diere huil, blaf, brul, kwe er in die nag, dan is dit asof daar ’n gebed opgaan tot God vir sy versorging. So sorg God dag en nag vir sy skepping. En meteens verander die duisternis van inhoud. Dwarsdeur die duisternis is God met jou. Christus het die drie uur van donkerte aan die kruis verduur sodat jy as God kind altyd seker kan wees die Here is met jou. Selfs in die donkerste nag vou die Here jou toe in sy warm arms en hou Hy oor jou die wag.

101. God van werk en rus Lees in jou Bybel Psalm 104:19-23

Jy is nog op laerskool. Tog weet jy dat die 12 jaar van skoolgaan die eerste tree is om jou vir ’n beroep te bekwaam. Ná skool

gaan jy verder leer sodat jy ’n goeie werk kan kry. Elke dag sien jy dat Pappa en Mamma hulle werk gaan doen. Elke mens moet ’n werk hê sodat hy ’n inkomste kan kry om van te leef. Mense wat baie geld kry, het nie belangriker werk as dié wat minder verdien nie, want elke mens beoefen sy beroep in God se skep-ping. Werk en rus kom van God af. Werk en vakansie is ook ge skenke van die Here. Die beroep waarvoor jy jou voorberei, het ook te doen met jou verhouding tot die Here. Want in elke beroep is die mens besig in God se skepping soos God dit van die begin af wou gehad het (Gen. 1:28; 2:15).

Jy kan gerus met Mamma en Pappa gesels oor die beroepe wat God húlle gegee het. Dan kan julle vir God dankie sê daar-voor.

102. God van lewe en van dood Lees in jou Bybel Psalm 104:24-28

Psalm 104:24 sê elke ding het ’n plek in die skepping. Die son lig, die maanlig, die arend in sy kransnes, die dassies in

die klipskeure, julle huis met jou huisgesin, die seep in die bad-kamer en die koeldrank as jy baie moeg is, jou pennesakkie en jou kosblikkie in jou tas, die linte en kammetjies waarmee jy jou hare mooimaak. Elke ding het ’n plek in God se skepping. God het alles “in wysheid geskep”. God het aan die mens die nodige gawes gegee om die skepping te bewerk sodat daar le-wensmiddele kan wees. Daarin moet jy God ook sien.

As jy ’n blikkie koeldrank met ’n swoesjjj oopmaak, moet jy dit nie vanselfsprekend aanvaar nie. In elke dingetjie sien ons die goedheid van God. Dan sal jy ook jou eie plek in die skep-ping verstaan.

Van God se goedheid en genade moet jy nooit te min dink nie, want uit die hele lewe straal dit uit na ons as mense!

Page 9: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

slingervel september 2013 9

103. God is teenwoordig in alles Lees in jou Bybel Psalm 104:24-28

Die mense in die tyd van die Bybel was nie naastenby so goed ontwikkel soos in ons tyd nie. Daarom het hulle nog

nie goed verstaan hoe God se skepping inmekaarsit en werk nie. Daarom was hulle nog vir baie dinge bang. In baie dinge het hulle bonatuurlike en bose kragte gesien. ’n Groot deel van hulle lewe was vrees en bewing vir die geeste en die gode. Al het ons vandag só ver ontwikkel dat ons nie meer bang is vir monsters en gode en bose kragte nie, is ons lewe nie sonder vrese nie. Waarvoor is jy alles bang? En die grootmense wat jy ken, waarvoor het hulle elkeen ’n vrees? Dit is dan wanneer mense begin knak onder die las van die lewe. Dit gebeur omdat mense God nie meer raaksien in die skepping rondom hulle nie, dat allerlei vrese en bose magte hulle bang en bevrees maak. As jong kind van die Here moet jy jouself inspan om God raak te sien in alles van jou lewe. Dan verdwyn jou vrees.

104. God is jou toevlug in angs Lees in jou Bybel Psalm 104:22-28

As jy Psalm 104 lees, moet jy altyd in gedagte hou dat die men se in die tyd van die Ou Testament heeltemal anders

na die skepping gekyk het. Tog is daar ook ’n ooreenkoms. Die seemonsters van daardie tyd word in ons tyd angsmonsters wat ons bedreig. Die tyd waarin die mens na aan die natuur geleef het en oral gevare weggekruip het, is in ons tyd vervang met geboue van sement en glas, rekenaars en masjinerie, oor-logwapens en onhanteerbare siektes. In ons tyd is die mens nog steeds bang vir die moderne monsters en drake. As daar in jou lewe ook vrese en angste is, moet jy gerus met iemand daaroor gaan praat. As jy dit nie doen nie, kan dit maklik gebeur dat jou lewe sinloos en sonder doel word. Deur die geloof moet jy vas-hou aan die waarheid dat God “alles in wysheid geskep” het. As mensgemaakte dinge jou bevrees maak, gaan gesels gerus met jou dominee daaroor, hy sal verstaan en help!

105. God van lewe en dood Lees in jou Bybel Psalm 104:24-30

As ’n jong kind het jy dalk al met die dood te doen gehad. ’n Maatjie is dalk dood, of een van jou ouers, of ’n oupa of

ouma, of ’n oom of tannie. Dit is nie lekker om oor die dood te praat nie, want die dood is die ophou van jou aardse lewe. Daarom is ons bang vir die dood. Dit laat jou besef dat elkeen net een lewe het wat op die dood uitloop. Die dood is vir jou onbekend, daarom vrees jy. In Psalm 104 het jy geleer dat God as die Skepper van alle dinge ook vir elke kind van Hom sorg. Dit het beteken dat jy, wat elke dingetjie van jou lewe betref, van God a anklik is. Julle huis, die kos wat julle eet, die skool, al jou verplig nge, ja, alles het met God te doen. Dan beteken dit dat God ook in die dood by jou is. Jesus Christus het vir jou sondes betaal, daarom hoef jy nie vir God bang te wees nie, want Hy maak van die dood ’n poort waardeur jy die ewigheid ingaan. Praat met Mamma en Pappa as jy bang is.

106. God se roem is eindeloos Lees in jou Bybel Psalm 104:31-34

In Psalm 104 het die digter van die psalm daarop gewys hoe die hele skepping ’n getuie is van God se teenwoordigheid

en sy heiligheid. Stap vir stap is ons begelei om in alles die heer likheid van die Here te sien. Hy is die ewige en almag ge Skepper van alles. Deur al die eeue heen regeer en versorg die Here die ganse skepping. Ewe skielik gaan die digter daartoe oor om te bid: “Mag daar aan die roem van die Here geen einde wees nie” (vs. 31). Oor wat hier staan, hoef die digter van die psalm nie te twyfel nie. Dit sál gebeur. Aan die roem van God sál daar geen einde kom nie. Tot en met die wederkoms van die Here Jesus Christus sal die roem van die Here weerklink oor die ganse skepping. Hierin lees ons ook die opdrag aan elke gelo-wige. Ook jy as kind moet die roem van die Here uitdra. Met woorde en dade moet jy sorg dat die Naam van die Here geëer word waar jy ook al gaan.

107. Gods vreugde in die skepping Lees in jou Bybel Psalm 104:31-32

Nadat God alles geskep het, lees ons in Genesis 1: “Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie

goed” (vs. 31). God het alles geskep om sy Naam te verheerlik (Ps. 8:10; 19:1-7). Dit is die punt waarby die digter van Psalm 104 ook uitkom. Daarom sluit hy die gedeelte wat oor God as Skepper handel met ’n gebed af. Hy bid dat daar nooit ’n einde sal kom aan die roem van die Here nie. Dit is asof hy sê dat alles wat God geskep het ’n weerkaatsing van God se heerlikheid moet wees. As dit so is, sal die skeppingswerk vir God ’n vreugde wees. Hoor jy wat ’n geweldige opdrag het elke mens? Ons lewe nie sommer net van dag tot dag nie. Jou lewe het betekenis. Jou lewe moet ’n getuienis wees van God se liefde vir jou. Jy moet uit dankbaarheid vir wat God alles vir jou gee en doen, só lewe dat die Naam van die Here geprys sal word en dat God vreugde sal smaak uit jou doen en late.

108. Die respek wat God toekom Lees in jou Bybel Psalm 104:31-35

In vers 31 en 32 keer die skrywer terug na God, die Skepper van alle dinge. Nadat hy in digterlike taal geskryf het hoe

won derlik God se skepping is, kom hy terug by die wyse waarop God geskep het. Hy het ook vertel van hoe sorgsaam God die skepping onderhou en versorg. Maar toe God alles geskep het, was daar kragte wat gewerk het. “Hy wat na die aarde kyk, en dit bewe, wat die berge aanraak, en hulle brand.” Dink maar hoe bang was die Israeliete vir God toe Hy met hulle gepraat het by Sinaiberg. Daar was weerligte en dreunings en rook (Eks. 20:18). Van so ’n God wil die mens wegvlug! Voel jy ook so? Ont hou, die Here het jou deur die geloof aan Hom vasgebind. In Jesus Christus het Hy jou sy kind gemaak. Hy het jou lief, daarom sorg Hy vir jou. Daarom is dit nie nodig om vir God bang te wees nie. As jy gereeld Bybellees en bid, moet jy vir God dankie sê vir alles wat jy is en het.

Page 10: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

10 slingervel september 2013

dr. nico van der merwe

Spreuke se inhoud en die verskillende temas

Spreuke vir die tiener verklaar

Ons moet nou begin met die verklaring van Spreu-ke 10. Daarmee begin

ons met ’n nuwe hoofdeel in die boek. Ons moet in gedagte hou dat God met elke gedeelte in die Bybel ’n sekere doel het. As jy die boodskap van die Bybel wil hoor, moet jy alles in werking stel om die doel van God in die gedeelte wat jy lees, raak te sien. Jy moet jou ook ten doel stel om die hele Bybel te lees en nie net ’n paar troetelhoofstukke nie. Die boodskap van God word nie net in ’n sekere klompie hoofstukke of boeke gevind nie, maar in al die hoofstukke van die Bybel.

In verband met die ontstaan van die Bybel moet ons weet dat God die Bybel aan die mense gegee het om drie redes:

God vertel in die Bybel wie Hy 1. as God is. Die Bybel is God se openbaring (openbaring beteken bekendstelling).God het verder die Bybel aan 2. die mens gegee om ons van sy wonderdade te vertel. Hy vertel ons wat Hy doen.God het in die derde plek die 3. Bybel vir ons gegee sodat ons kan weet wat God wil hê ons moet doen.

As jy uit die boek Spreuke lees, moet jy in die eerste plek gaan soek na hierdie drie dinge in verband met God:

Wat sê God van Homself in • Spreuke sodat ons kan weet wie Hy is?Wat maak God in Spreuke • bekend ten opsigte van wat Hy doen?Op watter wyse sê God in • Spreuke vir ons wat Hy wil hê ons moet doen?

Die 1e hoofdeel van Spreuke (1:1 – 9:18) gee wysheid vir die jongmense.

Die 2e hoofdeel van Spreuke (10:1 – 22:16) gee wysheid vir alle mense.

Die Spreuke wat ons in hoofstuk 10:1-15:32 kry, han del oor ’n verskeidenheid onder-werpe. Die skrywer stel in elke spreuk teenstellende waarhede teenoor mekaar. Dit handel telkens oor die wyse mens en die dwase mens. Die regverdige mens en die goddelose mens word voortdurend teen mekaar afgespeel. Daar is 63 sleutelwoorde wat gebruik word om direk opeenvolgende

spreuke aan mekaar te verbind. Uitkenbare sleutelwoorde kom in ongeveer eenderde van die spreuke in hierdie afdeling voor. In die verklaring van die verse sal ons let op hierdie belangrike woorde. Die spreuke is losweg rondom ’n bepaalde onderwerp gegroepeer. In die verklaring sal ons op die kerngedagtes in die onderskeie dele let.

Hoofstuk 10:1-11:7 is spreuke wat handel oor verhoudings en die opregtheid wat God vra.Die spreuke in hoofstuk 10:1-5 vorm ’n eenheid en die tema daarvan is die regte en die verkeerde manier om te lewe.Spreuke 10:1 word herhaal in Spreuke 10:23-27.Spreuke 10:2 word herhaal in Spreuke 12:1-4.Spreuke 10:3 word herhaal in Spreuke 14:1-4.Spreuke 10:4-5 word herhaal in Spreuke 15:2-7.

In die verklaring van die verskil-len de spreuke sal ons let op die wysheid wat God deur hierdie gedeeltes vir ons wil leer. DK

Page 11: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

slingervel september 2013 11

MARINA

MARINA

Page 12: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

12 slingervel september 2013

Tannie Rika du Plessis

Tommie die spokieTommie die spokieIIn diereland is die koning van die diere baie streng wanneer

van die diere se kinders kwaad doen. Hy gee nie om vir die ondeundheid van die kleingoed nie, maar wanneer hulle

iets lelik aanvang, straf hy hulle. Hy wil hê die kinders moet voorbeeldig groot word.

Net laas week het die meerkat se seuntjie, Tienie, ’n baie ou meerkat se kos gaan steel. Nie omdat hy dit self wil eet nie, maar omdat dit vir hom lekker was om te hoor hoe die ou meerkat kerm oor sy kos wat weg is. Die meerkatjie het geweet die ou meerkat is amper heel blind en sukkel om kos in die hande te kry, so hy het ’n baie lelike ding gedoen om die oue se kos te steel.

Nou staan koning Leeu voor Tienie en sy ouers. Die ouers het van alles gehoor, en hulle stem heeltemal saam dat Tienie nou sal gestraf moet word. Hulle praat niks terwyl Leeu met Tienie praat nie.

“Tienie, jy weet dit wat jy gedoen het was baie lelik, nè?” vra Leeu.

Tienie boor koppig met sy toon in die sand. Hy het net ’n ou grappie gemaak en nou wil Leeu hom daaroor straf.

“Dit was net ’n grappie,” brom hy dan ook.

“O nee, Tienie, ’n mens maak nie sulke grappe nie. Dit was onvergeefl ik van jou om die ou meerkat se kos te steel en dan boonop weg te gooi. Kom saam met my. Vannag slaap jy in die bos,” beveel Leeu.

“O nee … nie die bos nie,” skud Tienie sy kop. Hy het al gehoor van die kinders wat so gestraf was wat in die bos moes slaap. Almal sê daar loop ’n spook rond wat jou rondjaag. Hy is baie bang vir spoke.

“Jy het nie ’n keuse nie, Tienie. Kom saam. Jy mag eers môre weer terugkom na jou ma-hulle toe. Vannag is jy op jou eie,” sê die leeu streng en stoot Tienie voor hom uit. Sy ouers is hartseer en kyk hoe hy saam met die leeu wegstap, maar hulle weet Tienie moet leer wat reg is.

Dit is amper donker toe Tienie saam met die leeu by die bos kom. Hy loer in alle rigtings, en die bos lyk skielik vir hom baie vyandig. Hy begin liggies bewe en vra: “As ek belowe om nooit weer so iets te doen nie, kan ek nie dan maar asseblief huis toe gaan nie?”

“Nee, Tienie, jy moet op dieselfde manier as die ander leer dat jy moet boet vir wat jy verkeerd gedoen het. Ek los jou nou hier in die middel van die bos. En onthou, ek sal weet as jy die bos verlaat en huis toe gaan. Hier is drie

Page 13: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

slingervel september 2013 13

uile wat jou sal dophou wat vir my sal kom sê. Ek hoop ná vannag sal jy besef jy kan nie net doen wat jy wil en daarmee wegkom nie.”

Tienie kan amper nie meer rondom hom sien nie, so donker is dit. Toe hy nie meer die leeu se voetstappe hoor nie, gaan skuifel hy styf teen ’n boomstam aan. Sy oortjies is gespits en hy probeer hard om om hom in die donker te kan sien, maar alles is pikswart in die digte bos.

“Hoooooo …” hoor Tienie ’n geluid wat soos sterk wind klink, maar daar waai nie ’n wind nie, so hy weet dis iets anders. Hy druk hom nog stywer teen die stam aan, en bewe nog meer.

“Hooooo …” hoor hy weer, en dan sien hy die yslike wit ding hier naby hom in die lug sweef. Die wit gedaante verander kort-kort in ’n ander patroon en tussendeur “hoooo” hy aaneen. Hy kom hang net bokant Tienie se kop in die boom en Tienie se ogies kyk wydgerek na die bewegende gedaante.

“Ek … ek sal nooit weer nie, ek belowe … moet my nie seermaak nie,” kerm Tienie.

Iets gryp aan Tienie se skouer en hy vlieg orent, maar sien niks. Dan pluk iets hom weer aan sy hare en hy klap vinnig na sy kop toe, maar daar is ook niks. Die wit gedaante is ook skielik nie meer te sien nie. ’n Takkie klap teen sy boude, en Tienie

spring rond in die donker, maar gewaar niks. Hy is nou baie bang. Hulle het vir hom gesê dit spook in die bos, maar hy wou mos nie luister nie. Nou ondervind hy dit self, en alles net omdat hy iets so lelik gedoen het.

Water spat in Tienie se gesig, en hy is nou seker hy het weer die “hoooo” gehoor. Dit moet die spook wees wat hom so met hom lol, hy is seker daarvan. Maar waar is hy dan nou? Hy sien niks wit gedaantes nie. Iets raps hom weer teen sy rug, en Tienie gaan nou bitter bang aan die huil toe hy maar weer teen die boomstam gaan sit. Hy was dom en stout, en hy weet hy sal nooit weer so iets doen nie, maar dit lyk nie of die spook hom wil glo nie. Sal hy maar weer probeer, wonder hy nou bibberend.

“Asseblief, ek weet nie wie jy is nie, maar ek is baie bang. Ek wil so graag huis toe gaan na my mamma-hulle toe, en ek sal regtig, égtig nooit weer so iets lelik doen nie. Ek het nou my les geleer,” roep hy hard, maar alles om hom bly nou doodstil. Niks raak of klap meer aan hom nie, maar niemand antwoord ook nie.

Saggies huil Tienie nog, maar toe alles om hom doodstil bly, begin hy ophou huil. Hy sal maar net stil sit en wag dat dit lig word. Hy is bang as hy beweeg en huis toe hardloop, gaan die uile sien en dan straf die leeu hom weer. Dit word ’n lang nag waarin Tienie niks slaap nie, want hy is te bang om sy ogies toe te maak.

En in so drie bome weg van Tienie af, sit en glimlag die grootste van die uile sag. Hy word Tommie genoem, en Tommie maak met die hulp van twee ander uile in die bos vir koning Leeu dat hy ’n spokie is wanneer daar kinders is wat gestraf moet word. Die ander uile gooi ’n wit doek oor hom en dan fl adder hy in die lug rond by die kind. Nooit sal hy die kinders seermaak nie, net toelaat dat die ander uile soms so liggies aan hom tik. Dit weet Tienie en die ander kinders mos nie, en na so ’n nag in die bos is hulle gewoonlik stroopsoet. Na daardie bos toe wil nie een van hulle weer teruggaan nie. SV

Page 14: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

14 slingervel september 2013

Vier vriendinne (1)

Tannie Marjorie Whatley

“Haai julle, wag vir ons!” Dis Jodi met Caitlin kort op

haar hakke wat soos gewoonlik weer eers hulle “ou” ’n totsiens-drukkie gaan gee het, en nou weer blosend en giggelend by hulle ander twee maats, Lisa en Nina, aansluit.

“Dis nou die laaste keer dat ons vir julle wag,” raas Lisa. “Dis eksamentyd en julle weet Nina moet haar boetie by die nasorg gaan haal.”

“Aag, ons kan nie help as julle twee nie ’n ou het nie,” verweer Jo, soos almal vir Jodi noem, haarself.

“Gmf! Dis uit eie keuse. Nie omdat ons nie ’n ou kan kry nie. Netnou tjank julle weer by ons omdat julle kamstige

ouens julle verkul. Soos laas jaar met Tim, Jo, toe jou skoolwerk swaar daaronder gely het en jy verklaar het jy is vir ewig klaar met seuns.” Lisa haak by Nina in en begin vinnig aanstap. Sy sien al weer daardie angstige trek op haar maat se gesig. Wat sou Nina so pla? wonder sy.

“Ek skiet julle vir ’n Coke”, nooi Caitlin. “Dis fl ippen warm en ek het nog sakgeld oor,” probeer sy die onderwerp verander, want sy sien Jo het haar vererg vir Lisa se teregwysing.

“Nie vir my nie, dankie. Ek moet nou regtig hardloop, anders is ek weer laat en die vrou by die nasorg kan baie kwaad word. Baai julle,” roep

Nina hulle toe en hardloop vinnig oor die straat.

“Drie cokes dan, dankie Caitlin, jy’s ’n pel.” ’n Coke maak altyd alles reg by Jo. Die drie maats haak by mekaar in, en loop vinnig na die Hoekkafee toe. Daar is nou weer vrede en hulle klik hulle koeldrank blikkies met ’n vrolike “cheers!”

By die volgende hoek draai elkeen af na hulle eie blyplek. Die warm woorde lank vergete, en stywe drukkies word weer uitgedeel.

Lisa se gedagtes is by Nina. Nina het in die begin van die jaar hier by Wagpos, hulle hoërskool, aangesluit. Dié stil, blonde meisie was

Page 15: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

slingervel september 2013 15

aanvanklik baie terughoudend, maar Lisa het dadelik aangetrokke tot haar gevoel en stadig haar vriendskap gewen, en haar een van hulle groep gemaak. Nina pas goed in, maar tog is sy terughoudend en praat nooit oor haar familie of enige iets persoonlik oor haarself nie. En behalwe dat sy beeldskoon is, is sy slim en ’n baie goeie atleet. Dan sing en speel sy ook nog klavier soos ’n droom. En tog? Waarom daardie veraf en hartseer trek om haar mond en in haar oë?

“Hallo Mams,” groet Lisa haar ma met ’n piksoentjie. “Wat’s hier wat lekker is om aan te kou?” Lisa soek orals in die yskas vir iets lekkers. “Hmm, ek maak vir my ’n kaas- en hambroodjie, wil Mams ook een hê?” praat sy met ’n mond vol roomys wat sy sommer met haar vinger geskep het.

“Nee dankie, ek het reeds te veel brood vandag geëet, maak maar vir jouself.” Mevrou Snyman kan haar so verwonder aan haar dogter se gesonde eetlus en dan bly sy maar so plankdun.

Met ’n toebroodjie, glas melk, ’n appel en piesang, skuif sy verby haar ma wat staan en stryk.

“Oo, voor ek vergeet Mams, dit was Nina se beurt volgende Vrydag vir ons gewone oorslaapparty, maar hulle kry glo kuiergaste en sy kan dit dus nie by haar huis hê nie. Gee Mams om dat ons dit weer hier hou?”

“Natuurlik nie, Lisa, julle moet tog net nie weer so laat opbly nie. Laas keer was dit ná twee in die oggend en julle slaap dan julle basse af tot amper twaalf in die middag. Maar ja, dis reg so, nooi maar jou maats. Pappa hou nogal van die geselligheid as julle hier kuier. Nou, weg kamer toe met jou sodat jy aan die leerwerk kom!”

Die volgende dag kom hulle almal “ kop in die boek” by die skoolhek in. Daar word vrae oor en weer gevra om nog so veel moontlik kennis in te palm. Engels is Jodi se beste vak. Haar ma is Engels en hulle praat beide tale vlot. Sy skiet vrae links en regs uit om haar maats se

kennis te toets.“So-ja, ek verwag ten minste 70% van elkeen

van julle!” skree sy vir hulle toe die oggendklok lui en hulle in hulle lyne moet inval.

Vrydag breek eindelik ná ’n vermoeiende week van leer en meer leer aan. Buite die skool is daar net een ding waaroor hulle kan praat. Vanaand se oorslaap by Lisa se huis … en die tema is? Pannekoek! Elkeen moet vier pannekoeke bak en self fl ip.

“O gonna! Ek het nog nooit self ’n pannekoek gebak nie, wat nog van een fl ip? Julle lag nie vir my nie, hoor. Om die waarheid te sê, ek het nog nooit enige iets gekook of gebak nie.” Nina besef nie dat sy vir die eerste keer iets oor haar huislewe uitlap nie.

“Dankie, tog, daar’s darem iets wat ons jou kan leer.” Jo gooi haar arms met haar gewone dramatiese gebare in die lug.

Sy gryp vir Nina om die nek. “Toemaar, staan net naby my, ek sal jou pannekoeke vang en in jou pan teruggooi. Oe! ons gaan lekker pret vanaand hê, meisies.”

Al vier is haastig om by die huis te kom. Hulle moet gaan inpak en ook iets lekker vir die aand saambring.

“Jo, Nina, amper vergeet ek. My pa het gesê hy sal sommer vir julle ook oplaai, dan hoef julle ouers nie vanaand te ry nie. Is dit oukei met julle?” bied Caitlin aan.

“NEE! Ek sal self kom.” Nina skrik self vir haar driftige antwoord. Die ander drie kyk oorbluf na mekaar.

“Nina dis oukei” probeer Lisa paai.“Wat’s haar probleem?” snip Jo.“ Ek het net goed bedoel,” snik Caitlin.

Sal Nina kom of nie? Lees Hoofst k 2 in die volgende uitgawe van SLINGERVEL. SV

Page 16: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

16 slingervel september 2013

Oom Attie Venter

Met die maan gepla (1)

Neil onthou ook dat die gelykte waarop hulle nou staan, die “See van Rus” deur sterrekundiges gedoop is. Hy

is natuurlik ook bewus daarvan dat daar nie regtig water in hierdie see is nie, maar as daar wel water op die maan was, dit moontlik een van die “seë” kon gewees het.

Maar wag, daar rus ’n takie op hom wanneer hy sy eerste tree op die vaste grond gee. Dan kom die woorde duidelik uit sy mond, sy ruimtepak en deur die ruimte tot by groep wetenskaplikes en miljoene aardbewoners wat in spanning daarop wag: “A small step for a man, but a giant leap for mankind.”

Dan wens hy dat Michael Collins ook daar kon wees. Op hierdie stadium het hy hom baie na aan die Skepper gevoel, en hy wou dit graag met altwee sy vriende deel. Maar Michael moes in die moedertuig om die maan bly wentel om ’n waaksame ogie oor die onderneming te hou.

FoutloosDie twee pioniere het dadelik begin om

die eksperimente uit te voer wat aan hulle opgedra is. Uiters fyn apparate moes opgestel word waarmee waarnemers op die aarde die afstand van die maan na die aarde noukeurig sou bepaal, dag- en nagtemperature moes gemeet en die rekking en krimping van die maanoppervlakte noukeurig vasgestel word. Daarby moes hulle ook monsters van rotse op verskillende plekke en dieptes versamel.

Terwyl hulle met hierdie en ander take besig

is, gaan hulle gedagtes terug na die maanvlug wat foutloos verloop het. Dit kan hulle met dankbaarheid getuig: die tegnici ken hulle werk. Die moedertuig, met die maanlandingstuig aan sy neus, het in ’n wentelbaan om die maan gegaan. Aldrin en Armstrong het in die “spinnekop”-vaartuig geklim en na die maan afgedaal. Hulle landing in die See van Rus was volmaak, en nadat hulle eers ’n paar uur gerus het, het Armstrong die eerste mens geword om op die maan te staan.

Ná ’n maanwandeling en ’n verblyf van meer as 21 uur, het hulle met die tweede stadium van die landingstuig na die moederskip

Neil Armstrong en Edwin Aldrin maak die luik van hulle ruimtekapsule stadig oop en staar vol verwondering na buite. Die enorme stofwolk wat hulle vaartuig met die landing opgeskop het, het weer net so gou gaan lê, aangesien daar geen lug is om die stofdeeltjies te laat sweef nie. Hulle het nog nooit so ’n verlate landskap gesien as dié een wat hier voor hulle uitgestrek lê nie! Armstrong verbeel hom dat hy al vantevore in ’n toergids foto’s gesien het van onder andere die “Maanlandskap” êrens in Suidwes-Afrika (nou Namibië), maar dáár was darem ’n bietjie lewe! Hier voor hulle sien hulle net kraters, skeure, rante en bergreekse, met hier en daar ’n gelyktetjie, met rotsblokke besaai, maar GEEN LEWE EN NIE ’N TEKEN VAN WATER NIE!

eil onthou ook dat die gelykte w

NsthlêhufoAfsigW

Page 17: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

slingervel september 2013 17

teruggekeer met waardevolle fotografi ese fi lm en monsters van maangesteentes. Die koppeling aan die moederskip, die terugreis na die aarde en die landing in die see (dié keer in ’n regte see!) het ook vlot verloop.

TerugslagDie vlug van Apollo 11 was só ’n sukses

dat Apollo 12 al ’n paar weke later, op 14 November 1969, gelanseer kon word. Hierdie tuig het met dieselfde welslae as sy voorganger na die maan en terug gereis.

Maar toe kom Apollo 13, waar dinge sommer uit die staanspoor skeefgeloop het. Een van die ruimtemanne het op die nippertjie siek geword en moes deur ’n ander vervang word. Toe word die vuurpyl twee keer op die lanseertoring deur weerlig getref – gelukkig sonder dat skade aangerig is.

Die lansering self het vlot verloop, maar nadat hulle uit hulle wentelbaan om die aarde geskiet is, het ’n brandstofsel in die dienseenheid ontplof. ’n Paar uur lank het die hele wêreld gevrees die drie mense is tot ’n aaklige dood in die ruimte gedoem. Die beheersentrum in Houston het egter

onmiddellik noodplanne in werking gestel. Die ruimtemanne moes in die maanlandingstuig skuil met ’n karige hoeveelheid suurstof om hulle aan die lewe te hou. Hulle moes noodgedwonge ’n draai agter die maan maak sodat dié se aantrekkingskrag hulle na die aarde met ’n slingervel-aksie terug kon “gooi.”

In een stdium het dit gelyk asof die ruimtemanne die aarde met etlike duisende kilometer sou mis, en asof hulle tuig vir ewig om die son sou wentel. Dié probleem is egter ook te bowe gekom en hulle het veilig na die aarde teruggekeer.

’n RydingToe word Apollo 15 in Julie 1971 gelanseer.

Vir die eerste keer is ’n “maanbakkie” (Moon Rover) saamgeneem waarmee die ruimtemanne op die maan se oppervlakte kon ry. Dié voertuig word deur vier wiele aangedryf, elk met sy eie elektriese motor. Daar is sitplek vir twee, en plek om maanmonsters na die maanlandingstuig terug te bring. Drie sulke voertuie staan nou op die maan – saam met al die ander toerusting en instrumente wat tydens die Apollo-vlugte daar gelaat is. Party daarvan is waarskynlik nog in werkende toestand! SV

RINA

Pas die plek in kolom B met 'n gebeurtenis wat plaasgevind het daar, in kolom A.

Page 18: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

18 slingervel september 2013

TERSIA

Pos julle antwoorde aan: Slingervel Blokkiesraaisel, Posbus 6433, Flamwood 2572

DWARS1. Die koning van Lakis (Jos. 10:3).3. Hierdie plek het bedrewe boogskutters

(Jes. 66:19).5. 'n Vrou wat van Tiatira afkomstig was

(Hand. 16:14).7. Menahem se pa (2 Kon. 15:14).8. “Uit ... voorvaderlike stam moet jy een

stuur” (Num. 13:2).10. Sabat se pa (1 Kron. 11:41).12. Elimelek was die ... van Naomi (Rut 1:2).13. Hierdie man was die hoof van Saul se

leër (1 Sam. 17:55).

AF1. Ten spyte van baie teëspoed het hierdie man nie gesondig nie (Job 1:22).

2. Kis se pa (2 Kron. 29:12).4. 'n Stad in Likaonië (Hand. 14:6).5. 'n Dorp naby Joppe (Hand. 9:38).6. 'n Israeliet uit die Bebai-familie (Esra 10:28).

7. 'n Arabier wat Nehemia uitgelag het (Neh. 2:19).

9. Die Here het hom in 'n stormwind in die hemel opgeneem (2 Kon. 2:11).

11. Besaleël se oupa (Eks. 31:2).

Page 19: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

slingervel september 2013 19

Wat kan ek lees?Wat kan ek lees?tannie susan

Dirks, Cor. 2012. Die Uile in die stad. 5e uitg. Pretoria: Protea Boekhuis. 158 p. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-565-6. (Die Uile-reeks, 10.)

Die Uile beleef weer ’n spannende avontuur toe hulle vir Wadda en sy gesin in Johannesburg gaan

kuier. Op pad daarheen in die trein al kruis hulle paaie per ongeluk met dié van gevaarlike dia mantrowers. Sonder dat hulle dit aanvanklik be sef, word hulle ontvoer en val in die hande van die ge vaarlike Lin Fu, en word hulle in die ondergrondse misdaadnetwerk ingetrek.

Die Uile is egter nie onder ’n kalkoen uitgebroei nie en besef gou wat aangaan. Hulle span al hulle vernuf in om hierdie gewetenlose misdadigers te troef en nog lewend deur alles te kom – selfs toe hulle in ’n ver late mynskag opgesluit word.

Tieners sal hierdie byderwetse, spannende jeugver-haal met sy reeds bekende karakters terdeë geniet en na ’n volgende avontuur in die reeks uitsien. Die teks en voorkoms van hierdie populêre jeugreeks is ge-moderniseer sodat die reeks vir die huidige geslag tie nerlesers net so boeiend en interessant is soos vir hulle ouers ’n dekade of drie gelede.

Van Daele, Henri. 2012. Sprokies vir ’n prinsessie. Illustrasies deur Dominique Mertens en uit

Nederlands vertaal deur Amelia de Vaal. Pretoria: Protea Boekhuis. 239 p. Prys: R220,00.

ISBN: 978-1-86919-446-8.

Sprokies vir ’n prinsessie is ’n bundel sprokies wat hulle herkoms uit ’n hele verskeidenheid lande

het. Die bundel is opgedra aan prinses Elizabeth van België wat in 2001 gebore is. Om haar geboorte te vier, het die outeur ’n spesiale bundel sprokies ver-samel – die sprokies moes kom uit die lande van her-koms van die ses koninginne en twee prinsesse van Bel gië. Sprokies uit Italië, Frankryk, Swede, Oostenryk Duitsland, Spanje, Waalse sprokies en ’n eie sprokie van die outeur is dus opgeneem.

Al die sprokies handel op die een of ander ma nier oor koninklikes. Sommige sprokies in hierdie boeien de versameling is bekendes soos “Jan en die Boontjierank” en die “Neutkrakerprins”, terwyl ander on bekend is, of

laat dink aan variasies van sprokies van die Grimm-broers. Die prettige kleurillustrasies vul die verhale prag tig aan en prikkel die verbeelding. Die vertaling is knap gedoen en dra by tot die lekkerlees van die bundel. Die hele aanbieding is keurig versorg en nooi kinders uit om dit te lees. Hierdie sprokiesbundel is ’n aanwins tot kinders se boekery.

Vanden Heede, Sylvia. 2012. Wolf, Hond en Kat. Illustrasies deur Marije Tolman en uit Nederlands

vertaal deur Daniel Hugo. Pretoria: Protea Boekhuis. 127 p. Prys: R110,00.

ISBN: 978-1-86919-530-4.

Wolf, Hond en Kat is ’n vervolg op Wolf en Hond. Hierdie kinderboek is bedoel vir be-

ginnerlesertjies en die skrifgrootte is daar voor geriefl ik gekies. Die sinne is aanvanklik kort en eenvoudig met baie herhaling, maar word geleidelik langer en effens moeiliker.

Wolf is siek en omdat Hond getrou is, gaan hy sy neef besoek en versorg. Kat is in die bos en sy is vreeslik kwaai. Wolf is baie bang vir haar, maar Hond nie. Kat hou daarvan om Wolf te terg en met hom te baklei, maar Kat is bang vir Hond, want Hond kan blaf.

Hond is die saggeaarde karakter, maar hy moet ge durig planne maak om Kat en Wolf uitmekaar te hou – hy moet selfs die gerief van sy eie slaapmandjie en die warmte van sy baas se huis ontbeer. Hy moes ook byna sy slaapbeertjie opoffer, maar kon gelukkig ’n slim plan beraam om almal gelukkig te hou.

Die kostelike, humoristiese kleurtekeninge dra by tot die atmosfeer van spanning en afwagting in die boek. Die taalgebruik is eenvoudig en jong kinders en beginnerlesertjies sal hierdie boeiende verhaal baie geniet.

McFarlane, Anniéria. 2012. Stories vir koningskinders. Vereeniging: Christelike

Uitgewersmaatskappy. Prys: R129,95. ISBN: 978-1-4316-0330-5.

Stories vir koningskinders is ’n dagstukkieboek vir kin ders. Daar is ’n dagstukkie vir elke dag van die

Page 20: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

20 slingervel september 2013

jaar waarin ’n kort, treffende ver-haaltjie, fabel of gedagte mee-gedeel word. Dit vind aansluiting by die bevatlikheid van jong kin-ders. Dit toon aan kinders hoe om probleme te hanteer waarmee hulle in hulle daaglikse lewe mag te doen kry, en verskaf aan hulle riglyne hoe om as kinders van God hierdie probleme of situasies reg te hanteer en die hoof te bied.

Die kerngedagtes word telkens op ’n gemaklike wyse, sonder om prekerig te wees, aan die einde van elke stukkie beklemtoon. As ge volg hiervan kan kinders maklik die lewensles of geloofswaarheid uit daardie betrokke dagstukkie onder woorde bring en onthou.

Die kernbybelvers wat verstrek word, knoop die hoofgedagte aan die Bybel vas, sodat kinders leer om hulle Bybels soekend en nou-keurig te lees. Die kort gebed aan die einde leer hulle ook dat enige saak voor God in gebed gebring kan word.

Aan die einde van die boek is ’n temaregister waarin dagstukkies oor spesifi eke onderwerpe mak lik opgespoor kan word. Die taal ge-bruik is eenvoudig en die dag stuk-kies lees maklik.

Von Wielligh, G.R. 2012. Dierestories 3. Hersiene

uitg. Illustrasies deur Dale Blankenaar. Pretoria: Protea

Boekhuis. 85 p. Prys: R125,00. ISBN: 978-1-86919-619-6.

Op die stofomslag van Diere-stories 3 staan die volgende:

“GR von Wielligh (1859-1932) het die dierestories by die Khoi-Khoi- en San-volksvertellers versamel. Dit was sy wens dat dié dierestories jong lesers sal vermaak en hulle lees lus opwek.”

Hierdie bundel verhale bevat allerlei variasies van ou bekende en

geliefde diereverhale, soos jakkals en wolf se skelmstreke, skilpad en bobbejaan (!) se resies, waar vler-muise vandaan kom, krokodil se koningskap, leeu se vrou wat siek is, en nog vele meer. Die verhale sal kinders laat skaterlag oor al die slim planne wat beraam word om mekaar te uitoorlê, en sommer die verbeelding stimuleer oor hoe hulle telkens die skelm sou kon uitoorlê of ontmasker.

Die boek is vir selfl ees, maar kan ook uitstekend vir voorlees en dramatisering gebruik word. Die illustrasies dra by tot die genot van die verhale.

Jacobs, Jaco. 2012. Basjan Blom en die gillende geraamte. Pretoria: LAPA Uitgewers. 56 p. Prys: R80,00. ISBN: 978 0 7993 5509 3. (Basjan Blom-reeks.)

Toe Basjan se pa die ou sakso-foon in die oudhede-winkel

inbring, het dit dadelik avontuur ge spel. Basjan het in die nag die saksofoon se treurige klank gehoor, gaan ondersoek instel en vir Max Beekman, ’n besoekende geraamte, onder in die winkel gekry. Hy was besig om hartseerliedjies op die sak sofoon te speel.

Toe Basjan Max se treurige ver-haal hoor, besluit hy terstond om die arme man te help om die liefde van sy lewe, Patella du Preez, se hart te wen. Basjan en Max beleef ’n interessante avontuur in die geraamtes se nagklub waar Fred-die en die Fibulas se orkes speel en Murg Myburg sy bes doen om Max belaglik te maak sodat hy self Patella se aandag kan kry.

Basjan help Max egter om sy Been-af-liedjie met selfvertroue aan Patella te sing en daardeur ’n ver liefde geraamtepaartjie geluk-kig te maak.

Die taalgebruik in hierdie boek

is vol woordspel en sal telkens vir ’n skaterlag en grinnik sorg. Die storie sal groot byval vind by jong tieners. Die humor in die taal-ge bruik word deur die kos te like illus trasies ondersteun en maak van hierdie reeks gewilde tie ner-leesstof.

Pedevilla, Pia. 2012. Merke, gereek, maak! Uit Duits vertaal deur Amelia de Vaal. Pretoria: Protea Boekhuis. 144 p. Prys:

R165,00. ISBN: 978-1-86919-700-1.

Merke, gereed, maak! is ’n handwerkboek wat “meer

as 300 handwerk-idees vir klein handjies (en grotes)” be vat. Die pro jekte in hierdie boek word ge-klassifi seer as maklik, middel matig en vir ervare kunstenaars. Enigeen, jong of oud, wat van knutselwerk hou, sal ure kan besig bly met die idees en stimulasie wat hierdie boek bied. Die duidelike aanwysings, foto’s en patroonblaaie in die boek sal kreatiewe denke sti muleer en hande laat jeuk om som mer dadelik weg te val en items te begin maak. Die boek bied won-derlike idees om in ’n vakansie aan te pak om die verveling hok te slaan of om geskenke en mooi-maakgoed te maak – gewone weg gooigoed en materiaal wat in die tuin of veld opgetel word, kan kunstenaarsmateriaal word met ’n bietjie verbeelding en kreatiwiteit.

Die boek noem oulike alter na-tiewe materiaalidees, benodigd-hede en goeie wenke om kreatiwi-teit aan te wakker. By elke projek word ook ’n lysie verskaf van be no dig de items. Hierdie boek sal byval vind by enigeen wat ’n hand werkprojek sonder sukkel en met groot pret wil aanpak en die tevredenheid en vreugde van gewaar borgde sukses wil smaak. SV

Page 21: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

slingervel september 2013 2121slingervel september 2013 slingervelel ssepe tember 2201013

Page 22: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

22 slingervel september 2013

dr. nico van der merwe

129. Volgens God se wil Lees: 1 Johannes 5:14-17 Teks: 1 Johannes 5:14

Jou gebed moet aan drie vereistes voldoen om deur God verhoor te word. 1. Jy moet in Christus bid. 2. Jy moet in ware geloof bid.

3. Jy moet vol gens God se wil bid (vs. 14). So het Jesus ook gebid die nag voordat Hy gekruisig is: “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied” (Luk. 22:42). God maak sy wil in die Bybel bekend. Om volgens God se wil te bid, moet jy God se Woord ken. As jy gereeld en getrou die Bybel met volle aandag lees, maak God deur die Heilige Gees jou gedagtes nuut. Dan sal jy weet hoe om vol gens God se wil te bid. Dan sal jy weet wat vir God belangrik is om in jou lewe te doen. Kom, span jou in en maak jou gebedslewe soos die Here dit van jou verwag, en God sal dan op jou gebede antwoord (Jes. 15:7).

130. Die ooreenstemming voor die gebed Lees: Matteus 18:15-20 Teks: Matteus 18:19

As jy tot God bid, moet jou gebed aan vier vereistes voldoen. 1.

Jy moet in Christus bid. 2. Jy moet in ware geloof bid. 3. Jy moet vol gens God se wil bid. 4. Jy moet met gelowiges saamstem oor die inhoud van die gebed. Dit wys op God se teenwoordigheid in die gemeente (vs. 19-20). Wanneer die gemeente in biddende af-hanklikheid van God na sondaars uitreik, het dit betekenis in die lewe van die sondaar en dra dit Christus se goedkeuring weg. Gebed maak dat gelowiges in pas bly met die wil van God. Gelowiges moet daarom onderling met mekaar oor hulle gebede praat, en deur ge-sprek tot insig kom oor wat in die gebed van God gevra sal word. Die Heilige Gees laat jou ook deur gesprekke met gelowiges tot die sekerheid kom van wat God se wil is. Om saam met ander te bid, laat jou gebedslewe groei.

131. Gebedsvolharding Lees: Lukas 18:1-8 Teks: Lukas 18:7

Die gelykenis wat Jesus hier vertel, is van die vrou wat nie opge-hou het om by ’n regter te pleit om haar reg nie. Die regter het

geen eerbied vir God gehad nie (vs. 2 & 4) en hy het hom ook nie juis aan mense gesteur nie (vs. 4). Derhalwe het hy ook nie geluister na die dringende versoek van die weduwee nie. Maar sy het nie te rug gedeins en opgehou nie. Later het die regter toe aan haar ver-soek toegegee en haar in haar regsaak gehelp. Christus pas die gelykenis toe op God die Vader. As God se kinders tot Hom bid om ’n sekere saak, en werklik met diepe geloof aanhou om die saak in die gebed voor God te bring, sal God hulle gebed verhoor en hulle help. Wat hier belangrik is, is die volhardende gebed van die ge-lo wige. Jy mag maar aanhou en aanhou om in geloof jou saak in ge bed voor God te bring.

132. Onderworpe aan God se wil Lees: Johannes 14:1-14 Teks: Johannes 14:13

Herodes was baie ingenome toe sy stiefdogter vir sy gaste dans. Hy sê vir haar: “Net wat jy my vra, sal ek vir jou gee” (Mark.

6:22). Herodes was vrygewig, maar terselfdertyd ook dwaas, want die dogter vra toe dat hy Johannes die Doper se kop sal afkap en vir haar gee (vs. 25). Sy dwaasheid het hom ingehaal. Jesus is ook vrygewig, maar glad nie dwaas nie. Hy sê: “Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen” (Joh. 14:13). Jy sal seker nou sê dat dit nie waar is nie. Hoeveel keer het jy dalk al tot God gebid en daar het niks van gekom nie.

Is jy teleurgesteld in die Here? Die geheim lê in die woordjie “wat”. God gee vir ons wat ons Hom vra in ooreenstemming met sy wil. Die wil van God bewaar ons teen dwase gebede, dat jy ook dalk in die dwaasheid van Herodes beland.

133. Wat van my onvolmaakte gebede? Lees: Matteus 6:5-8 Teks: Matteus 6:8

Jou gebedslewe is sekerlik vir jou belangrik. Daarom sal jy be-slis daaroor dink of jy dit reg doen soos wat die Here dit van

jou verwag. Het jy dalk ook die vraag gevra: Sê nou net ek bid nie soos die Here Jesus dit wil hê nie? Sê nou net my gebede is heel temal verkeerd; sal God my dan verlaat? Hoor en verhoor God onvolmaakte gebede? Kom ons vra ’n ander vraag: Red God onvolmaakte mense? Natuurlik! Daar is mos nie volmaakte mense op aarde nie! Ons word as onvolmaakte mense verlos, omdat Jesus wat volmaak is, vir ons sonde aan die kruis betaal het. Daar is jou antwoord: Jou onvolmaakte gebede word gehoor omdat Jesus vir jou intree by die Vader. Daarom kan die Here vir ons in die Bybel sê: “Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra” (Matt. 6:8).

134. Gebedsverlamming Lees: Klaagliedere 3:16-26 Teks: Klaagliedere 3:20

As jy lam word in jou bene, kan jy nie loop nie. As jou arms verlam is, kan jy hulle nie gebruik nie. Kinderverlamming is ’n siekte wat

kinders kry deur polio waardeur hulle bene grootliks verlam is. Maar het jy al ooit gebedsverlamming gehad? Dit is ’n toestand waarin jy nie kan bid nie. Jy weet jy moet, maar jy kan nie. Die rede daarvoor is dikwels depressie. Dit is waarvan ons teks praat. Die lyding van die lewe het vir hom te veel geword en toe “draai my gedagtes vas.” De pressie maak dat jy in jouself vasgedraai word. Gebed is ’n ak ti-witeit waarin jy na buite moet kyk.

As jy aan gebedsverlamming ly, moet jy jou inspan om aan God se liefde te dink en die wonderlike dinge wat die Here vir jou doen. Kyk na die kruis van Jesus Christus en sien daarin God se liefde in jou lewe. Bid dan uit dankbaarheid.

135. Fokus in die gebed Lees: Kolossense 1:15-20 Teks: Kolossense 1:15

’n Mens se gedagtes dwaal darem baie maklik af onder gebed. Mense erken dat hulle gedagtes onder die lang gebed in die

erediens gereeld afdwaal, sodat hulle nie weet wat die inhoud van die gebed was nie. Die vraag is nou: Dwaal jou gedagtes ook af as jý tot God bid? Jy probeer om te bid, maar jou gedagtes wil net nie gefokus bly op God en die gebed nie. Satan sal enigiets doen om jou van God te vervreem. Jy kan die dwaling van jou gedagtes keer deur positief op God te fokus. God kan nie gesien word nie (Kol. 1:15), maar jy kan jou gedagtes wel op God gerig hou. Voor jy bid, lees eers ’n gedeelte uit die Bybel en oordink dit. Rig jou ge dagtes direk daarop dat jy besig is om met God te praat in die gebed. Onderdruk dan enige ander gedagtes wat in jou mag opkom tydens die gebed.

136. As jy nie weet wat om te bid nie Lees: Romeine 8:26-32 Teks: Romeine 8:26

Het jy dit al ervaar dat jy wil bid, maar jy weet nie wat om te bid nie? Jou oë is toe, jou gedagtes wil die woorde van jou gebed

vorm, maar daar kom niks nie. Jy weet nie wat om te bid nie. Jy twyfel! Wat moet ek vir God sê? Watter woorde moet ek gebruik? Hoe moet ek my sinne inspan? In Romeine 8:26 leer die Here jou dat Hy in sulke oomblikke hulp verleen. “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees pleit vir ons.” Jy moet die Gees van God vertrou. Die Heilige Gees sal jou dom tong op die regte spoor kry. Die Gees sal jou woorde in jou gedagtes ordelik agter mekaar stel. As jou ge-bed vanweë jou sonde of die swaarkry van die lewe uitmekaar wil val, sal die Gees dit vorm in ’n aangename gebed. Vra in jou hart op reg en oorgegewe dat die Heilige Gees vir jou sal intree in jou ge bedswakheid.

Page 23: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

slingervel september 2013 23

137. God se Koninkryk en jou gebed Lees: Romeine 14:13-18 Teks: Romeine 14:17

Jesus Christus leer ons om ook te bid: “Laat u koninkryk kom” (Matt. 6:10). In die hele Bybel leer ons dat God Koning is. Die

ge bied waaroor God regeer, is die ganse heelal wat Hy geskep het. Die inwoners van God se Koninkryk is die mense op aarde. Satan het ook ’n koninkryk, die koninkryk van die sonde. Waar die sonde hoogty vier, is die koninkryk van Satan aktief teenwoordig. As jy bid dat God sy Koninkryk moet laat kom, bid jy dat die Here jou sal gebruik om die sonde en Satan te oorwin. Jy bid dus wel vir God om sy Koninkryk te laat kom, maar jy stel jouself beskikbaar in die koms van die Koninkryk.

Jy moet die stryd voer teen elke mag wat teen God in opstand kom en sy Woord wil vernietig. Jy moet nie net bid vir die Koninkryk nie, maar jou daadwerklik daarvoor beywer.

God se wil moet geskied Lees: Lukas 22:39-46 Teks: Lukas 22:42 en 44

Jesus leer ons om te bid: “Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel” (Matt. 6:10). Daar is seker nie nog ’n gedagte

wat so verkeerd verstaan en aangewend word soos hierdie een nie. Daar word gesê as jy die bede om God se wil bid, dan beteken dit “what will be, will be”. Dit is so verkeerd soos kan kom. Toe Jesus bid “laat u wil geskied”, het Hy bloed gesweet, so intens is hierdie bede. Baie mense se lewe is soos die liedjie lui: “I did it my way.” Jesus moes ons sondes, volgens die wil van die Vader, tot op die plek van teregstelling, Golgota, dra. Daar het Hy met sy bloed vir jou sondeskuld betaal. Jy moet bid dat God se wil in jou lewe waar word. Dat jy jou hardkoppige en sondige wil sal oorwin en gehoorsaam sal lewe volgens God se wil. Dit is wat God van jou vra.

139. Om met die aartappels te praat Lees: Matteus 6:25-34 Teks: Matteus 6:11

’n Man wat baie hard gewerk het en genoeg salaris verdien het dat sy gesin goed kan eet en leef, het sy vrou kwalik geneem

as sy bid voordat hulle eet. Hy het gesê so ’n gebed aan tafel is on nodig as ’n mens eerlik werk en jou kos kan verdien. Sy kan net sowel met die aartappels praat, het hy vir sy vrou gesê. Waarom moet ons dan vir God bid om ons daaglikse brood? Ons daaglikse kos is nie die resultaat van ons salaris nie. Jou daaglikse kos is eintlik “genadebrood”, want Christus het aan die kruis vir jou gesterf sodat jy God se genade kan ontvang – en dit is jou hele lewe, ook die kos wat jy eet. Dat God jou as sy kind in alles versorg, is net ge nade. Daarom moet ons nie oor ons kos kla nie. Dit is nie net ’n paar Rand nie, dit het Jesus die dood aan die kruis besorg. Bid om God se genadebrood.

140. Vergifnis Lees: Romeine 12:7-21 Teks: Matteus 6:12

Jy kan op twee maniere met jou verlede handel: a. Jy kan dit onder-druk, of b. jy kan dit verswyg. As dit by vergewing kom, is dit die

mak likste uitweg. In albei gevalle ignoreer jy die saak om iemand te vergewe.

Jesus leer ons nie net bid “vergeef ons ons oortredings” nie, want dit is vas en seker in Jesus Christus. Hy leer ons ook om te bid: “soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.” Jesus sê as jy nie ander mense hulle oortredings teen jou vergewe nie, kan jy nie daarop aanspraak maak om deur God vergewe te word nie. “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie” (Matt. 6:14-15). Hierdie is ’n saak waaraan jy elke uur moet werk.

141. Verlos ons van die Bose Lees: Kolossense 1:9-14, Psalm 91 Teks: Kol. 1:13

Jy moet nie dink dat Satan en sy duiwels net iets is waarmee jou ouers jou wil bangmaak nie. Satan en sy duiwels is in die lewe

van elke mens teenwoordig (Ef. 6:12). Daarom is die tyd waarin ons lewe so vol van boosheid en kwaad. Selfs in die geledere van jou skool of jou vriendekring ervaar jy die ellende van hoe mense diep in sonde val en dan geweldig ly daaronder. Jongmense wat jy ken se lewe is dalk al verwoes vanweë die sondekwaad waarin hulle beland het. Van God lees ons: “Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat ...” (Kol. 1:13).

Alleen sal jy nie die versoeking en die verleiding van Satan kan weerstaan nie. Daarom moet jy opreg en dringend tot God bid om jou van die Bose te bewaar en jou daarvan te verlos.

142. Die kern van die saak Lees: Matteus 6:5-13 Teks: Matteus 6:7

Die volmaakte gebed ken ons as die “Ons Vader” (Matt. 6:9-15). In hierdie voorbeeldgebed wys Jesus aan ons dat dit nie

die getal woorde is wat jy gebruik wat aan jou gebed betekenis gee nie. In die tyd van Jesus het die Fariseërs lang-lang gebede gebid, maar dit was valse gebede omdat hulle hulself daardeur wou verheerlik. Ook die heidene bid tot hulle afgode met ’n stortvloed van woorde en verbeel hulle dan dat dit die regte gebede is (vs. 7). Onthou, bid is ’n gesprek met God. Jy bid nie om iets te kry nie, maar om jou hart en gedagtes op God te rig en Hom te verheerlik. Jou hart en gedagtes moet op God gefokus wees, waardeur jy aan God wys dat Hy die middelpunt van jou lewe is. Dan sal God weet die woorde van jou gebed kom uit die diepte van jou hart en deur jou geloof in Hom.

143. Die Archimedespunt van die gebed Lees: Johannes 14:1-14 Teks: Johannes 14:14

Julle het seker al by die skool van Archimedes gehoor. Archimedes was ’n Griekse wiskundige wat gespog het dat hy die hele wêreld

sal kan beweeg met ’n hefboom, as hy net ’n steunpunt vir die hef-boom kan kry. Teoreties was hy reg. Die groot probleem was om ’n steunpunt, ’n Archimedespunt, te kry.

Ons kan Johannes 14:14 die Archimedespunt van die gebed noem. Waar moet jy staan om die Skepper van die ganse heelal te be weeg? Op watter steunpunt moet jy kniel as jy bid? Daniël 9:18 noem die steunpunt: “Ons pleit by U om ontferming, nie omdat ons regverdig is nie, maar op grond van u groot barmhartigheid.” Die Archimedespunt van jou gebed is die kruis op Golgota waar God se groot barmhartigheid aan jou gegee is. Daarom moet jy bid: Om Jesus wil ...

144. Jou geloof en jou gebede Lees: Markus 11:20-26 Teks: Markus 11:24

In die hitte van ’n oorlog het ’n man wat nie in God glo nie, in sy nood hardop geskree: “O God, as daar ’n God is, neem my he mel

toe, as daar ’n hemel is.” In hierdie uitroep weerspreek die man homself. Want so duidelik soos daglig is daar geen geloof in sy hart nie, waarom roep hy dan tot God? In jou geloof staan of val jou gebede.

Sonder geloof is gebed geen gebed nie. “Alles wat julle in die ge bed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees” (Mark. 11:24) – so het Jesus gesê. Jy moet glo dat God bestaan en glo dat Hy jou in Jesus Christus van jou sondes verlos en glo dat Hy almagtig en ewig is. Jy moet glo dat God jou gebed hoor en jy moet glo dat Hy jou gebed sal verhoor. Sonder geloof bid jy tevergeefs. Sonder geloof is jou gebed niks.

Page 24: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...4 slingervel september 2013 vverjaardagerjaardag hhoekieoekie Die

24 slingervel september 2013

Die sterrestelsels (galaksies)

Wetenskaplikes kon nog nie slaag om die omvang van die heelal te bepaal nie. Telkens as hulle dink dat hulle die einde

van die heelal bereik en gesien het, word hulle met nuwe tegnieke en verfynde teleskope bewus van nog verdere dele van die heelal. Onder andere bestaan die heelal uit ontelbare sterrestelsels (galaksies). Elkeen van die sterrestelsels bestaan uit miljoene der miljoene sterre. Die sterrestelsel waarvan die aarde ’n deel is, word die Melkweg genoem. Ons son is een van die sterre in die Melkweg. Om die son wentel ’n aantal planete in verskillende bane naby en ver van die son.

Die planete en hulle maneOns son het agt planete wat daarom wentel:

Mercurius is die planeet wat die naaste aan die son is. Dan volg daar nog agt ander planete al hoe verder van die son af: Venus, die Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, en Neptunus. Rondom van hierdie planete wentel mane. Die aarde het een maan wat ons baie maklik in die dag en die nag kan raaksien. Mercurius en Venus het nie mane nie.

Die planeet Mars het twee mane (Fobos en Deimos). Jupiter het 16 mane (Io, Europa en Ganimedes is die bekendste). Saturnus spog met

31 mane, waarvan 16 noemenswaardig groot is. Daar is ook sewe ringe rondom die planeet wat duidelik met ’n teleskoop van die aarde af sigbaar is. Uranus het 15 mane en nege ringe wat moeilik is om van die aarde af te sien. Neptunus het vier mane.

Die soektog tussen die planeteWetenskaplikes het al verskillende ruimtetuie

gelanseer wat ondersoek ingestel het oor die toestande van die planete van ons sonnestelsel. Ons weet van die volgende:

Mariner-ruimtetuie na Mars, Venus en • Mercurius.Pioneer-ruimtetuie tussen 1958 en 1973 na • verskillende dele van die sonnestelsel.Surveyor-maanlandingstuie tussen 1966 en • 1968.Viking, ’n Amerikaanse sending na Mars in • 1975.Voyager-ruimtesending na die buitenste • sonnestelsel.Galileo-ruimtetuig (1989) na Jupiter.• Magellaan-sending na Venus om die planeet te • karteer.Cassini-Huygens-ruimtetuig na Saturnus aan.• Die Cassini-ondersoektuig wentel om Saturnus.•

Die volgende ruimtetuie het al op Mars geland en opnames gedoen: Pathfi nder, Phoenix, Sojourner, Opportunity, Spirit en tans Curiosity.

God is die SkepperDit is wonderlik dat die mens se kennis en

vermoë so uitgebrei het dat die ruimtes tussen en op die planete ondersoek kan word. Oral word die getuienis gevind van God se heerlike skepping.

(Bronne: Astronomy & Space, Julie 2004; Focus, Julie 2004; Sky & Telescope, Julie 2004;

Astronomy, September 2004)

DDie sterrestelseselsls ( (gagalalaksksieies)s)etenenskskapplilikekes s kokon nonogg nie slaag omm diee

ddii h ll l b l il

31 manee,e, w waarvan 16 noemenennswaardig groot is. Daar is ooooookk sewe ringe rondoommm die planeet watd id lik t ’ l k dddi d f i b

Die mens besoek Die mens besoek die ruimtedie ruimte

TELLIE SKOOP