8
STERRELIG Nuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging “…en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter” – D.J. Opperman Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief: Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk Donateurs JUNIE 2019 JAARGANG 1 UITGAWE 8 Jukskei Die Jukskei Sosiale Klub is besig om van krag tot krag te gaan. Die entoesiasme van die spelers het geensins getaan vandat hulle saam begin jukskei speel het nie. Elke oggend is almal gereed om vir 90 min of 2 ure, in goeie gees, met mekaar te kompeteer. Woorde soos “Andy, jy moet nou skeel kyk”, “jou rakker!” vir ’n goeie pen, of “dis ’n Kobus gooi” vir ’n skewe gooi, het spreektaal geword. Op Saterdag, 18 Mei 2019 het ons, ons tweede toernooi by Die Oog gaan speel, en die Negesterre het geskitter in die spanne waar hulle ingedeel was! Ons is ook genooi om op 25 Mei teen Naboomspruitklub te gaan speel; hierdie keer in spanverband en 2 spanne van 4 spelers elk, gaan Negester se naam daar hoog hou. Nog kompetisies/sosiale geleenthede is in die vooruitsig en ons sal mettertyd daaroor berig. Ander Negesterre is steeds baie welkom om saam met ons te kom skeie gooi. Terwyl almal hard werk om hulle jukskeivaardighede te verbeter, word ’n gees van same- horigheid geskep, vriendskappe word gesmee en komplimente en soms frustrasie word gedeel. Speeltye is: Somermaande (September tot April) – 07h00 Wintermaande (Mei tot Augustus) – 08h00 (indien Mei-maand steeds warm is, 07h30) Kontak gerus vir Flip Snyders indien meer inligting verlang word. Alida Meyer Voël van die maand Die bospatrys Dendroperdix sephaena Eng: Crested Francolin Die bospatrys kom algemeen voor in groot dele van Sub-Sahara Afrika en ook hier op Negester. In Suid-Afrika kom dit slegs noord van die Vaalrivier en in Mpumalanga, Swaziland en Noord-Natal voor. Hulle is ligbruin van kleur op die rug met donker driehoekige spikkels op die bors, ligte strepe op die pens, en het rooi bene. Hulle bereik ’n lengte van 30-35 cm en weeg 320–380 gram. Die mees uitstaande kenmerk is die duidelike wit streep bokant die oog, met swart op die kop. (Vervolg op p.2)

Sterrelig Junie 2019 Web - Negester Klein-Kariba · 2019. 5. 29. · Nou – so klink dit as een wildboer dit vir iemand anders sou vertel. ... Lekker deurmekaar! Dit bring my by

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Sterrelig Junie 2019 Web - Negester Klein-Kariba · 2019. 5. 29. · Nou – so klink dit as een wildboer dit vir iemand anders sou vertel. ... Lekker deurmekaar! Dit bring my by

STERRELIGNuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging

“…en mag die Suiderkruis en Negesterre

witter as die stedeligte in jou siel bly skitter”

– D.J. Opperman

Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief:

Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk

Donateurs

JUNIE 2019JAARGANG 1UITGAWE 8

JukskeiDie Jukskei Sosiale Klub is besig om van krag tot krag te gaan. Die entoesiasme van die spelers het geensins getaan vandat hulle saam begin jukskei speel het nie. Elke oggend is almal gereed om vir 90 min of 2 ure, in goeie gees, met mekaar te kompeteer. Woorde soos “Andy, jy moet nou skeel kyk”, “jou rakker!” vir ’n goeie pen, of “dis ’n Kobus gooi” vir ’n skewe gooi, het spreektaal geword.

Op Saterdag, 18 Mei 2019 het ons, ons tweede toernooi by Die Oog gaan speel, en die Negesterre het geskitter in die spanne waar hulle ingedeel was! Ons is ook genooi om op 25 Mei teen Naboomspruitklub te gaan speel; hierdie keer in spanverband en 2 spanne van 4 spelers elk, gaan Negester se naam daar hoog hou. Nog kompetisies/sosiale geleenthede is in die vooruitsig en ons sal mettertyd daaroor berig.

Ander Negesterre is steeds baie welkom om saam met ons te kom skeie gooi. Terwyl almal hard werk om hulle jukskeivaardighede te verbeter, word ’n gees van same- horigheid geskep, vriendskappe word gesmee en komplimente en soms frustrasie word gedeel.

Speeltye is:

Somermaande (September tot April) – 07h00

Wintermaande (Mei tot Augustus) – 08h00 (indien Mei-maand steeds warm is, 07h30)

Kontak gerus vir Flip Snyders indien meer inligting verlang word.

Alida Meyer

Voël van die maandDie bospatrys

Dendroperdix sephaena

Eng: Crested Francolin

Die bospatrys kom algemeen voor in groot dele van Sub-Sahara Afrika en ook hier op Negester. In Suid-Afrika kom dit slegs noord van die Vaalrivier en in Mpumalanga, Swaziland en Noord-Natal voor. Hulle is ligbruin van kleur op die rug met donker driehoekige spikkels op die bors, ligte strepe op die pens, en het rooi bene. Hulle bereik ’n lengte van 30-35 cm en weeg 320–380 gram.

Die mees uitstaande kenmerk is die duidelike wit streep bokant die oog, met swart op die kop. (Vervolg op p.2)

Page 2: Sterrelig Junie 2019 Web - Negester Klein-Kariba · 2019. 5. 29. · Nou – so klink dit as een wildboer dit vir iemand anders sou vertel. ... Lekker deurmekaar! Dit bring my by

2Junie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 8

Die mannetjie het ’n kuifie wat hy oplig saam met sy stert as hy pronk of alarm maak. Die mannetjie het ook ’n duidelike spoor agter aan sy bene. Dit is afwesig by die wyfie.

Hulle bly op die grond in bosagtige gebiede waar daar genoeg dekking en wegkruipplek is, maar slaap in die bome. Hulle beweeg altyd in pare of familiegroepe. In die somer bestaan die dieët uit sade, insekte en wurms en in die winter sal hulle ook ander plantmateriaal soos vrugte, bessies en blare eet.

Die broeiseisoen val saam met die reënseisoen. Die mannetjies veg gereeld oor die wyfies en maak dan lustig gebruik van die spore aan hulle bene. Die nes is ’n holte op die grond en word met blare en gras uitgevoer.

Daar word 3-7 eiers gelê, wat deur die wyfie uitgebroei word. Die inkubasieperiode is 19-26 dae.

Die mannetjie en wyfie sing ’n duet wat vroegoggend en teen skemeraand gehoor kan word.

Veiligheid en sekuriteitEerstens, baie dankie aan almal wat terugvoering gegee het oor die inskakeling by Kariba Buurtwag. Die terugvoer was oorweldigend; niemand het daarteen gestem nie en die handjievol inwoners wat getwyfel het, se vrese is hopelik teen hierdie tyd besweer. ’n Paar bekommernisse aangaande die buurtwag word egter weer uitgelig:

• Dit sal nie van enige inwoner verwag word om enigsins patrollie te ry nie. Sou enige inwoner by ’n situasie betrek word, sal dit net deur sy vrywillige bereidwilligheid wees.

• Geen buurtwaglid, wat vrywillig patrollie ry, sal toegelaat word om dit te doen binne Negester nie; hiervoor het ons ons eie sekuriteit.

• Die hoofdoel van die inskakeling by die buurtwag is om op kort kennisgewing ’n groot aantal persone in ’n kort tydperk bymekaar te kry om aan ’n spesifieke/probleem situasie aandag te skenk. Tweedens, om toegang te verkry tot die kamerastelsel wat in ons omgewing opgerig is, wat inligting van onskatbare waarde kan bied.

Onderhandelings is tans aan die gang om by die Bela-Bela Brandbestrydingsvereniging te affilieer, waardeur ons nog groter slaankrag kan bekom ingeval van ’n brand. Hierdie affiliasie is gratis. Skakel gerus met ons indien daar enige onsekerheid bestaan rakende veiligheid- en sekuriteitsaangeleenthede.

Wenk: Het julle wat ’n voertuig ry totdat sy brandstofnaald op leeg staan, of die waarskuwingsliggie aangaan, al daaraan gedink wat sal jou lot wees as die pad skielik gesluit is, vir watter rede ookal, en jy moet ’n ompad neem? Daar is dalk net nie genoeg brandstof om die volgende pompstasie te haal nie. Sorg liewer dat jy opvul so teen kwart; jy weet nooit wanneer jy vir ’n noodgeval skielik iewers moet heen gaan en jy kan nie dadelik ’n oop vulstasie kry nie.

Voël van die maand (vervolg)

Page 3: Sterrelig Junie 2019 Web - Negester Klein-Kariba · 2019. 5. 29. · Nou – so klink dit as een wildboer dit vir iemand anders sou vertel. ... Lekker deurmekaar! Dit bring my by

3Junie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 8

Toegangstye na Klein-Kariba(via die Kapelhek)

07h30 tot 17h00 (Ma tot Do)

07h30 tot 14h00 (Vrydag)

Gesluit tydens skoolvakansies en openbare vakansiedae.

Taalbrokkies – so praat onsLees die volgende stukkie hardop vir die een daar by jou of sommer vir jouself:

Die baas van die wildplaas het gesê: “Die wildehonde het gemaai onder die kalwers van die blouwildebeeste, toe het ons die perde opgesaal en hulle gaan verwilder”. Nou – so klink dit as een wildboer dit vir iemand anders sou vertel. “Die willehonne het gemaai onner die kallers vannie blouwillebeeste, toet ons die pêre opgesaal en hulle gaan verwiller”. Hierdie laaste deel is soos ons ook praat, en dit is reg! Geen Afrikaanssprekende praat van perDe of van wilDE- HONDe nie. Soms sal mense sê: “Maar daar is mos ’n D in perde, so mens moet dit uitspreek!” Verkeerd! Onthou, taal is eers gesproke taal en dan, baie later, geskrewe taal. En die regte uitspraak is soos die meeste min of meer beskaafde mense die taal praat.

Ik hebt gezegt.

Henk Kruger

Volksname vir plante en diere is ’n ou gebruik. ’n Ouer boer sou maklik gesê het dat ’n tier sy kalf gevang het. Vandag is dit ’n luiperd, want tiers kom nie hier voor nie. Ek het in die Verre Wes-Transvaal en in die Noord-Kaap die boom wat hier by ons in September so “lekker” ruik leer ken as die sandgeelhout, of sommer net geelhout. Toe ek later in die Bosveld begin jag het, het ek gehoor die boom is ’n vaalbos of ’n vaalboom. Maar die vaalbos wat ek ken noem die Engelse weer “camphorbush”. Lekker deurmekaar!

Dit bring my by die belangrikheid van wetenskaplike name vir plante, diere en voëls, en vir die dele van die menslike liggaam. Die wetenskaplike name is altyd in Latyn, omdat dit tradisioneel die taal van die wetenskap is. As jy vir die kweker sê jy wil ’n aalwyn koop, gee hy dalk vir jou ’n Aloe ferox in plaas van ’n Aloe marlothii, wat jy wou gehad het. Wetenskaplike naamgewing bestaan uit twee dele: die genusnaam, wat altyd met ’n hoofletter begin, omdat dit die belangrikste is; en uit die spesienaam, wat altyd met ’n kleinletter begin. Altwee name word kursief geskryf. Die wetenskaplike name in Latyn mag dalk vir ons “Grieks” klink, maar dit het altyd sinvolle betekenis. Die genusnaam dui die genetiese groep aan. Die spesie- naam verwys soms na die persoon wat die plant of dier die eerste keer geïdentifiseer en beskryf het, bv. Burchell se kwagga is Equus (perdagtig) burchellii.

Die Sweedse plantkundige, Carl Linnaues, is saam met ander wetenskaplikes verantwoordelik vir baie van ons plante- en dierename. So het hy bv. die naam protea aan ons nasionale blom gegee en die Griekse mitologie nader getrek. Net soos die Griekse seegod, Proteus, sy voorkoms na willekeur kon verander, so is daar ’n verskeidenheid proteas (proteus → protea). Dikwels verwys die spesienaam na een of ander aspek van die voorkoms van die dier of plant. Die blompeer, Dombeya rotondifolia se spesienaam verwys na die boom se ronde blare.

Ons mooie bosveld-rooibok, spog met ’n swaar naam: Aepyceros melampus. Gr: Ae = hoog en Ceros = horing Melan = swart en pus = sokkies of skoene, d.w.s. die bok met die hoë horings en swart sokkies.

Ons vaalboom is Terminalia cericea. Terminalia, omdat die blare aan die einde op die punte van die takkies voorkom, en cericea = cerium = silwerwit.

Ekskuus as dit vervelig was!

Henk Kruger

In Mei-maand se Sterrelig was daar ’n interessante bydrae van Leonora Visagie oor boomname en veral oor die aardse beskrywende name van ons ouer geslag. So was ons mooi Bosveld-blompeer tot onlangs in die beste geselskap bekend as die drolpeer. En die mooie koraalboom was polities inkorrek bekend as die k.ff.rboom, omdat die inheemse mense sy pale gebruik het om kraalheinings te maak.

BrieweDeur die genade van die Here het ons bybelstudiegroep so gegroei dat ons genoodsaak was om te verdeel in groepe.

Die bybelstudie word ook nie meer by die HEV-saal gehou nie, maar by verskillende huise. Enige een wat belangstel kan my skakel.

Annetjie Meets

Tel: 081 477 9136 of 014 736 2734

Page 4: Sterrelig Junie 2019 Web - Negester Klein-Kariba · 2019. 5. 29. · Nou – so klink dit as een wildboer dit vir iemand anders sou vertel. ... Lekker deurmekaar! Dit bring my by

4Junie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 8

Jou hart maak die verskil“Hond, neem jy die mens hier as jou enigste meester …?”

Hulle (die hond) kom in verskillende pakkette: die mooies, die brakke, die nat-snoete, die onhebbelikes, die soetes, die woeliges … Jou hart maak die verskil aan die manier hoe jy na die viervoetige-natneus-kamerade kyk, oor hulle voel en van of met hulle praat. Hier volg ’n paar lekker-lees-gedagtes deur verskeie persone. Lees dit en laat jou hart die verskil maak …

• Die grootste plesier van ’n hond is dat jy ’n gek van jouself by hom kan maak en nie net sal hy jou nie berispe nie, maar hy sal boonop van hom ook ’n gek maak. (Samuel Butler)

• As honde kon praat sou dit baie weggeneem het van die vreugde om een te besit. (Andrew Rooney)

• ’n Hond verteenwoordig alles wat die beste is in ’n mens. (Etienne Charlet)

• Die Allerhoogste wat die hond geskenk het om vir ons ’n metgesel te wees in ons plig en plesier, het vir hom ’n adellike inbors gegee; wat nie instaat is tot bedrog nie. (Sir Walter Scott)

• As jy ongetroud is, word jou hond soos jou meisie en as jy getroud is word hy deel van jou gesin. (Kapt. R.v.Zyl – Polisie-offisier)

• As ek enige geloof oor onsterflikheid het, is dit dat sekere honde wat ek geken het, sal hemel toe gaan. (James Thurber)

• Hoe meer ek van die mens sien, des te meer bewonder ek honde. (Madame Sévigne – Franse skryfster)

• As honde kon praat, sou ons dit dalk ewe moeilik vind om met hulle klaar te kom as met mense. (Karel Capek)

• ’n Hond is spesiaal vir kinders geskep. Hy is die god van rinkink. (Henry Ward Beecher)

• Die geskiedenis is voller van voorbeelde van honde se getrouheid as van vriende s’n. (Alexander Pope)

’n Seuntjie kniel by sy bedjie voordat hy gaan slaap: “Liewe Jesus, dankie vir die bababoetie, maar ek wou liewer ’n babahondjie gehad het.”

Dink van honde wat jy wil – oor een eienskap kan niemand stry nie – honde maak die lewe minder saai!

Stert-swaai-groete!

Woef jou!

Altra Juweliers & Sleutels

Page 5: Sterrelig Junie 2019 Web - Negester Klein-Kariba · 2019. 5. 29. · Nou – so klink dit as een wildboer dit vir iemand anders sou vertel. ... Lekker deurmekaar! Dit bring my by

5

Njala (Tragelaphus angasii)Verskeie wildsoorte kom op Negester voor waar onder njalas, rooibokke, bosbokke, grysduikers, en klipspringers. Kleiner roofdiere wat op Negester voorkom sluit in: tierboskatte, rooikatte, vaalboskatte, gebande muishonde, swartkwasmuishonde, ens. Primate sluit bobbejane en blouape (op ’n ongereelde basis), en nagapies in. Vlakvarke en bosvarke kom ook voor. Die Omgewingsbelangegroep sal oor die volgende paar maande kort artikels in Sterrelig plaas wat basiese inligting oor hierdie diere sal bevat.

Die njala word hoofsaaklik in die oostelike dele van Suider-Afrika asook in die Krugerwildtuin aangetref. Hul voortbestaan was in ’n stadium bedreig, maar vanweë gewildheid in die jagbedryf is die spesie buite sy natuurlike endemiese gebied versprei, soos die njalas op Negester.

Die njala word ook beskou as die diersoort waar die skeiding tussen bulle/ramme en koeie/ooie plaasvind. Die manlike njala is ’n bul en die vroulike njala ’n ooi. Manlike wildsbokke groter as njalas word bulle genoem en kleiner wildsbokke se mannetjies ramme. (Verlog op p.6)

Junie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 8

Rouel Beukes gesels met: Flip en Tessa SnydersFlip, vertel my van jou geskiedenis.

Ek is op Sanddrif gebore, so ongeveer 14 km noord-oos van Vaalwater. Daardie tyd was Vaalwater nog nie eintlik ’n dorp nie. Deesdae is Sanddrif ook nie meer ’n dorp nie. Byna alles is nou tot niet. Ek het op die plaas Sterkfontein, op die Vrymansruspad groot geword, waar my ouers geboer het. Ek is na die skool toe op Sanddrif (met die skoolbus). Nadat die spoorlyn Vaalwater toe gebou is, het Sanddrif eintlik geskuif na Vaalwater. Ek het verder op Vaalwater skoolgegaan. Op hoërskool was ek in Nylstroom.

En jy Tessa, waar kom jy vandaan?

Ek is in Pietersburg gebore. Toe ek 18 maande oud was, het my ouers Nylstroom toe geterk. Ek was in Eenheid Laerskool in Nylstroom, en standerd 6 en 7 in Nylstroom Hoërskool. Ek was daarna in die handelskool op Potgietersrus, vir standerd 8, 9 en 10. My ouers het die naaldwerkwinkel op Nylstroom bedryf. My pa het ook Singer naaimasjiene verkoop op die plase in die Bosveld. Die winkel bestaan nog steeds, en word deur my suster bedryf.

Waar het julle mekaar ontmoet?

Flip het by NTK gewerk. Ek het toe ook daar gaan werk. Ons was ook in dieselfde kerk en jeugvereniging. Hy het my op ons eerste “date” sirkus toe geneem op Warmbad. Ons is later getroud, en twee kinders, ’n seun en ’n dogter is uit die huwelik gebore. Ons seun, Kobus, is met Sarel en Annatjie Moore se dogter getroud. Ons het 4 kleinkinders; almal dogters.

Ons het op Nylstroom gebly en gewerk, maar ek het altyd deeltyds geboer. Toe NTK toemaak, het ek by hulle afgetree. Daarna het ek voltyds gaan boer, op ’n plaas naby Alma en Tessa in die winkel gewerk. Ons het ook plaas toe getrek. Nadat ons die plaas en die winkel ver- koop het, het ons weer permanent op Nylstroom gebly. Ons wou meer begin rondry, en was op soek na ’n veilige “basis” om na terug te kom. Trudie de Beer het ons van Negester vertel. Daarna het alles vir ons in plek geval.

Flip en Tessa Snyders

Njala-ooi

Page 6: Sterrelig Junie 2019 Web - Negester Klein-Kariba · 2019. 5. 29. · Nou – so klink dit as een wildboer dit vir iemand anders sou vertel. ... Lekker deurmekaar! Dit bring my by

Vroulike wildsbokke groter as njalas word koeie genoem en kleiner wildsbokke se wyfies ooie. Die groot verskil tussen njala-bulle en njala-ooie word geslagtelike dimorfisme genoem (twee voorkomste).

Die bul het lang, gedraaide horings wat tot 83 cm lank kan word. Die njala is ’n middelgroot wildsbok en die bul het ’n skouerhoogte van sowat 105 cm en weeg meer as 130 kg. Sy horings is in ’n spiraal gedraai en gemiddeld sowat 75 cm lank, hoewel horings van 83 cm lank ook al aangetref is.

Die bul het ’n growwe, grysbruin vel met kort maanhare langs die bokant van die nek en die ruggraat, en lang fraiings aan die onderkant van die nek en pens. Daar is ’n aantal wit strepe oor die flanke en rug en enkele wit vlekke aan die gesig. Die ooi is aansienlik kleiner, het nie horings nie en haar algemene velkleur is rooibruin. Maanhare en die fraiings ontbreek ook, terwyl die wit dwars strepe baie duideliker sigbaar is as by die bul.

Njalas het nie ’n bepaalde teelseisoen nie, maar kan enige tyd van die jaar lam en die ooi is ses maande dragtig, waarna ’n enkele lam gebore word. Njalas het ’n moontlike lewensduur van agt jaar.

Njalas hou van dig beboste gebiede naby water. Hulle vreet hoofsaaklik blare, lote en vrugte en suip gereeld water. Hulle is sosiale diere wat in klein familiegroepe wei, maar alleenloperbulle of ’n klein trop bulle word soms aangetref.

Arrie Schreiber

6Junie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 8

IndringerplanteHoekom word die arme lantanas so vreeslik afgekap en vergiftig hier by ons op Negester? Hulle is dan so mooi! Wel, omdat hulle indringerplante is!

Maar wat is indringerplante? Dit is, kortliks, plante wat die natuurlike inheemse ekologiese prosesse versteur en die biodiversiteit bedreig. Alhoewel daar heelwat uitheemse plante is wat nie indringers is nie, is die meeste indringers uitheems.

Wie besluit watter plante indringers is? Die Departement van Omgewingsake d.m.v. die “National Environmental Management: Biodivesity (NEMBA)” Wet van 2004. Die nuutste lys van indringerplante is in 2016 gepubliseer.

Volgens hierdie lys is lantanas (Lantana camara) wat van tropiese Amerika a�omstig is, kategorie 1b- indringers. Dit beteken dat alle plante uitgeroei en vernietig moet word. Trouens, lantana word as een van die ergste onkruide in die wêreld beskou.

Ons almal weet seker hoe die gewone lantana lyk. Sy vrugte is klein lekker bessies wat maklik deur voëls

versprei word; vandaar een van sy volksname “voël brandewyn”. Soos ons duidelik hier op Negester sien, vorm dit digte, ondeurdringbare ruigtes wat inheemse plante verdring. Dit is ook giftig vir wild en vee. Dit is dus verstaanbaar waarom Lantana camara as kate- gorie 1b verklaar is. Daar is ook 4 inheemse lantanas maar hulle is klein struikies met mooi pers blommetjies.

Wat nie so maklik is om te verstaan nie, is hoekom die mooie jakaranda (Jacaranda mimosifolia) as indringer verklaar is, boonop in kategorie 1b! As mens egter bietjie in ons omgewing rondry, sommer met die Groot Nylsoog- of De Nyl Zyn Oog-pad, dan is dit duidelik dat die jakaranda teen ’n ontstellende tempo versprei. Dis erg om te sien hoeveel van hierdie bome daar reeds in die veld (ook op Negester) en padreserwes groei. In ons eie tuine kom hulle natuurlik ook geil op. Langs paaie en waterlope word dit as uiters ongewenste plante beskou, omdat dit aggressief voortplant, die natuurlike plantegroei versteur en waardevolle grondwater gebruik. (Vervolg op p.7)

Njala-bul

Njala (Tragelaphus angasii) (vervolg)

Page 7: Sterrelig Junie 2019 Web - Negester Klein-Kariba · 2019. 5. 29. · Nou – so klink dit as een wildboer dit vir iemand anders sou vertel. ... Lekker deurmekaar! Dit bring my by

7

Belangegroepestruktuur

SOSIAAL

SameroeperDerek Grobler

BiblioteekRiana Viljoen

LyndansAnnette Swart

KampeerklubDawid Appel

SpeletjiesAnnemie Erasmus

Sosiale funksiesAnnemie Erasmus

SaamsingMari Hoogenboezem

HandwerkRita Coetzee

SwemoefeningeMa, Wo & Vry, 09h00Klein-Karibaswembad

LyndansMa & Do, 15h30Huis nr. 8

HandwerkDi, 14h00HEV-raadsaal

BiblioteekDi & Do, 14h00Versorgingseenheid

Vroue BybelstudieDo, 09h00 – 10h00

FietsryDaagliks, 06h45Huis nr. 222

JukskeiMa tot Sat, 8h00

GholfDi & Do, 07h00Koro Creek

AKTIWITEITE

ONDERSTEUNING

SameroeperVakant

Lief en LeedAnnetjie Meets

Maatskaplike DiensAnnatjie Moore

Geestelike Ondersteuning Herklaas Viljoen

OMGEWING

SameroeperArrie Schreiber

VoëlklubJan de Beer

PlanteJohan Heydenrych

DiereHenk Hoogenboezem

TerreinJan van Biljon

FINANSIES

SameroeperVakant

FondsinsamelingVakant

SPORT

SameroeperTino Erasmus

GholfCoenie Louw

TennisHannes Adendorff

RolbalHerklaas Viljoen

FietsryMarius Blom

WateroefeningeTino Erasmus

JukskeiFlip Snyders

HengelRassie Erasmus

KOMMUNIKASIE

SameroeperAngus Hughes

NuusbriefHenk Hoogenboezem

Nuusbriefplasings en advertensiesOns doen ’n beroep op alle belangstellendes, asook die organiseerders van die verskillende belangegroepe, om ons op hoogte van die aktiwi- teite te hou, sodat dit geplaas kan word in die nuusbrief en kalender. Berigte en foto’s oor aktiwiteite wat plaasgevind het, is ook welkom. E-pos dit aan [email protected]. Bydraes moet asb. voor of op die 20ste van elke maand ge-e-pos word vir die volgendemaand se plasing.

Junie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 8

Indringerplante (vervolg)

Jakarandas hoef darem nie voor die voet uitgeroei te word nie. In stedelike gebiede mag dit wel behou word. Op plase mag ’n boom behou word wanneer dit nader as 50 m aan die opstal is en boonop moet dit ’n deursnit van meer as 40 cm en ’n hoogte van meer as 1 m hê. Wanneer bome egter op die oewer van ’n dreinerings- kanaal groei, vanwaar die sade maklik kan versprei, moet dit uitgehaal word. Jakarandas mag ook nie meer aangeplant word nie.

Ongelukkig is hierdie nie die enigste indringerplante in ons omgewing nie, maar meer daaroor later.

Leonora Visagie.

Page 8: Sterrelig Junie 2019 Web - Negester Klein-Kariba · 2019. 5. 29. · Nou – so klink dit as een wildboer dit vir iemand anders sou vertel. ... Lekker deurmekaar! Dit bring my by

Junie 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 8

SONDAG MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG SATERDAG

1

6 7 832 4 5

13 14 15109 11 12

20 21 22

29

1716 18 19

27 28262423 25

VakansiedagJeugdag

Skole sluit

13h30 – 18h30BloedskenkNGK Warmb-Wes

18h00 – PinksterdiensNGK Warmb-Wes

18h00 – PinksterdiensNGK Warmb-Wes

18h00 – PinksterdiensNGK Warmb-Wes

18h00 – PinksterdiensNGK Warmb-Wes

18h00 – PinksterdiensNGK Warmb-Wes

Dopperfees –Gerf. Kerk Warmbad

NoodnommersRudi J v Vuuren 082 333 9635(Slange)Hoo�ek 072 213 2225

Ambulans 086 0112 911Medwell 072 312 3499Sekuriteit 060 751 8490

Hansie BoshoffSel: 082 419 4642E-pos: [email protected]

Carin BoshoffSel: 071 612 9129E-pos: [email protected]

KantoorSel: 076 791 3083E-pos: [email protected]

8

JUNIE 2019

30