8
STERRELIG Nuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging “…en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter” – D.J. Opperman Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief: Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk Donateurs MEI 2019 JAARGANG 1 UITGAWE 7 Uit die HEV-kantoor Die HEV-direksie het op 4 April vergader en ’n paar belangrike besluite geneem. Ons deel ’n paar van die sake met Sterrelig se lesers: Na ’n indringende evaluering van die waternetwerk en die redes vir die onlangse lekkasies, het die ontwikkelaar ingestem om drukmeters op strategiese plekke te installeer en sodoende die netwerk beter te monitor en te bestuur. Die ontwikkelaar gaan die beoogde gedenkmuur skuif, vanaf die terrein naby die kapel, na die hoek wat gevorm word deur die teerpad, voor die hooek (naby die sorgsentrum). Die kontrak vir die konstruksie van die klubhuissaal is toegeken aan Apex en die klubhuissaal sal voltooi wees teen einde November 2019. Ons wens Apex ’n geseënde konstruksietyd toe en sal die vordering met groot belangstelling volg. Die groot nuus is egter dat ons ’n ooreenkoms met Medwell bereik het om die sorgsentrum so gou as moontlik ten volle in bedryf te stel. Ons is ook dankbaar dat die sentrum nou geregistreer is by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en bedank Dr. Annatjie Moore en Hennie de Wet vir hul waardevolle insette en leiding wat gesorg het vir hierdie spoedige registrasie. As eerste stap sal Medwell ’n voltydse geregistreerde verpleegkundige aanstel wat die sentrum daagliks van 08h00 tot 17h00, Maandag tot Vrydag, sal beman en bestuur. Die taak van hierdie persoon sal wees: Primêre gesondheidsorg (basiese sorg). Bestuur en implementering van tuisverplegings- dienste. Beperkte gratis tuisverpleging word beplan vir onmid- dellike implementering. Die beperking moet nog gedefinieer word. Beplanning en implementering van aanvullende dienste en aktiwiteite. 24 Uur-noodgevalle bystand in samewerking met HEV-bestuur. Ons is oortuig daarvan dat hierdie verwikkelinge groter gemoedsrus vir inwoners sal skep en beter waarde vir ons geld sal bied. Medwell doen hul bes om die aanstelling vanaf 1 Junie 2019 te finaliseer. Groetnis Frikkie, Roelf & Angus

Sterrelig Mei 2019 Web - kleinkariba.negester.co.zalandgoed voor en kan uitgeken word aan sy groot vier- vlerkige vrugte en sy stam wat lyk of dit met ’n hamer ... Uitgebreide navorsing

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

STERRELIGNuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging

“…en mag die Suiderkruis en Negesterre

witter as die stedeligte in jou siel bly skitter”

– D.J. Opperman

Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief:

Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk

Donateurs

MEI 2019JAARGANG 1UITGAWE 7

Uit die HEV-kantoorDie HEV-direksie het op 4 April vergader en ’n paar belangrike besluite geneem. Ons deel ’n paar van die sake met Sterrelig se lesers:

Na ’n indringende evaluering van die waternetwerk en die redes vir die onlangse lekkasies, het die ontwikkelaar ingestem om drukmeters op strategiese plekke te installeer en sodoende die netwerk beter te monitor en te bestuur.

Die ontwikkelaar gaan die beoogde gedenkmuur skuif, vanaf die terrein naby die kapel, na die hoek wat gevorm word deur die teerpad, voor die hoo�ek (naby die sorgsentrum).

Die kontrak vir die konstruksie van die klubhuissaal is toegeken aan Apex en die klubhuissaal sal voltooi wees teen einde November 2019. Ons wens Apex ’n geseënde konstruksietyd toe en sal die vordering met groot belangstelling volg.

Die groot nuus is egter dat ons ’n ooreenkoms met Medwell bereik het om die sorgsentrum so gou as moontlik ten volle in bedryf te stel. Ons is ook dankbaar dat die sentrum nou geregistreer is by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en bedank Dr. Annatjie Moore en Hennie de Wet vir hul waardevolle insette en leiding wat gesorg het vir hierdie spoedige registrasie. As eerste stap sal Medwell ’n voltydse geregistreerde verpleegkundige aanstel wat die sentrum daagliks van 08h00 tot 17h00, Maandag tot Vrydag, sal beman en bestuur. Die taak van hierdie persoon sal wees:

• Primêre gesondheidsorg (basiese sorg).

• Bestuur en implementering van tuisverplegings- dienste.

• Beperkte gratis tuisverpleging word beplan vir onmid-

dellike implementering. Die beperking moet nog gedefinieer word.

• Beplanning en implementering van aanvullende dienste en aktiwiteite.

• 24 Uur-noodgevalle bystand in samewerking met HEV-bestuur.

Ons is oortuig daarvan dat hierdie verwikkelinge groter gemoedsrus vir inwoners sal skep en beter waarde vir ons geld sal bied.

Medwell doen hul bes om die aanstelling vanaf 1 Junie 2019 te finaliseer.

Groetnis

Frikkie, Roelf & Angus

2Mei 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 7

In ons omgewing is daar ’n groot verskeidenheid boom- en struiksoorte wat die omgewing na my mening baie besonders maak. Die genus combretum kom die algemeenste hier voor, en die soorte kan maklik met mekaar vergelyk word om die verskille uit te ken.

Die raasblaar (c. zeyheri) kom wyd verspreid op die landgoed voor en kan uitgeken word aan sy groot vier- vlerkige vrugte en sy stam wat lyk of dit met ’n hamer geslaan is.

Naas die raasblaar is die fluweelboswilg (c. molle) die algemeenste boom op Negester. Soos die spesienaam aandui, het dit ’n fluweelagtige blaar. Sy vrug is heelwat kleiner as die raasblaar s’n en ook heelwat donkerder van kleur.

Die waterbergboswilg (c. nelsonii) kom uitsluitlik in die Waterberg voor. Dié boom het 'n kenmerkende groei-wyse: Dit het nie ’n enkele hoofstam nie, maar vorm verskeie stamme wat na buite oorhel. Die stamme is vaal en glad en die blare is kleiner as dié van die raas-

blaar en fluweelboswilg. Die vrugte is omtrent dieselfde grootte as dié van die fluweelboswilg, maar dit word ligrooi tot rooi wanneer dit ryp word, ’n baie mooi gesig is as die tros vrugte ryp is.

Die rooiboswilg (c. apiculatum), wat by baie mense bekend is as "rooibos", is ook redelik volop hier. Hierdie boom sal maklik met die waterbergboswilg verwar kan word, maar die rooiboswilg het gewoonlik net een stam wat donkerbruin van kleur is. Die vrug is ook klein soos dié van die vorige twee soorte, maar is geel tot ligbruin van kleur.

Die riviervaderlandswilg (c. erythrophyllum) word algemeen op Negester aangeplant en aard baie goed hier. Sy blare is meer langwerpig as dié van die rooibos- wilg en die vrugte is ook die kleinste van die soorte wat hier voorkom.

Johann Heydenrych

Veiligheid en sekuriteit’n Aantal vergaderings is gedurende April gehou en die belangrikste inligting word hiermee aan inwoners deurgegee:

• Noodplan: Die noodplan is hersien en aangepas en bykomende versamelpunte wat beter geleë is, is aangebring. Die plan sal binnekort deur die HEV-kantoor met u gedeel word. Bykomende versamelpuntborde is bestel en sal opgerig word.

• Deurgang na ATKV-Klein-Kariba: Die nuwe stelsel word geïmplementeer en behoort reeds in werking te wees wanneer u hierdie nuusbrief lees.

• Buurtwag: Ons wag nog vir die finale plan van die buurtwag, met ’n aanduiding van wat die finansiële implikasie sal wees.

• Sekuriteit: Die grensdraad is verder geëlektrifiseer, wat groter gemoedsrus te weeg sal bring.

Bykomende maatreëls in die vorm van beheerpunte word in die vooruitsig gestel met die oog op beter doeltreffendheid van die sekuriteitspersoneel. ’n Nuwe kontrak word tans beding met die sekuriteitsmaatskappy, wat nuwe maatreëls teweeg sal bring (volgens HAT), en bestaande maatreëls afdwingbaar sal maak. Indien u in die toekoms met verskerpte of nuwe maatreëls te doen kry, hou in gedagte, dit is tot ons voordeel en ter uitbreiding van ons veiligheid. Bring asseblief enige veiligheidsaspek onder ons aandag. Hoe gouer ons aan ’n aangeleentheid aandag kan gee, hoe doeltreffender kan ons dit oplos.

Ben 071 203 1414

Neville 073 711 6989

Lood 078 226 1239

Veiligheidswenk: Moenie enige selfone, sleutels, rekenaars, kontant, handsakke, beursies en dergelike waarde- volle items sigbaar in u voertuig of huis los nie.

3

Tuinbou–terapieWanneer ’n mens deur Negester se strate beweeg, lyk dit asof die inwoners besef dat tuinwerk gelyk is aan gesondheid. Afgesien daarvan dat so ’n stukkie tuin waarde tot die mens toevoeg, het dit ook ’n goeie uitwerking op die omgewing. George Gordon, ’n ge- sondheidskorrespondent by die Daily Mail, skryf dat tuinwerk ’n belangrike faktor is in die verbetering van gesondheid. Tuinwerk kikker nie net jou tuin op nie, maar dit verhelder jou lewe en verbeter jou welstand. Uitgebreide navorsing ondersteun hierdie stelling en noem dit “tuinbou-terapie”. Dit word ook gebruik om hospitaalpasiënte te behandel, stede te beplan en selfs om gevangenes te kalmeer. Adam Griffin, ’n arbeids- terapeut, beweer die inspanning van spit, bossies uittrek, plant en snoei, hou voordele in vir beide die liggaam en gees.

Daar is volgens kundiges sielkundige en fisieke gesondheidsvoordele wanneer jy jou hande vuil maak:

• Dit oortref draf, fietsry, stap en swem: Weten- skaplikes aan die Kansas State University het bevind (in die joernaal HortScience gepubliseer), dat gereelde en redelik intensiewe tuinwerk dieselfde gesondheidsvoordele as draf en swem inhou. Tuintake soos grassnyer stoot, gate grawe, bome ronddra, potplante plant en onkruid uittrek (omdat dit inspanning vereis) sorg dat jou hele liggaam oefening kry, net soos swem! Ouer mense wat gedraf het, is geneig om op te hou draf, want tuinwerk bly interessant en die take verander saam met die sei- soen. Voorts sal mense wat tuinwerk as matig intensiewe oefening doen, waarskynlik 40 tot 50-minute gemiddeld langer “oefen” as die mense wat stap en fietsry.

• Fisiese voordele: Tuinwerk gee jou ’n doel om buite in die son, wind en vars lug te wees en om te beweeg. Wanneer jy strek en buk om ’n sak kunsmis op te tel, of buig om saad te saai, verbrand jy heelwat kalorieë. Dit is ook ’n aktiwiteit wat jou toelaat om die nie- dominante hand te gebruik wat natuurlik ’n goeie oefening is vir jou brein én dit stel jou bloot aan die immuniteitbouer, vitamien D, asook die “vriendelike allergie bestrydende bakterie” genaamd mycobac- terium vaccae, wat in grond gevind word.

• Verlig depressie en angstigheid: Tuinwerk is ’n realistiese, effektiewe en praktiese manier om aan die beweeg te kom, veral in die wintermaande. Volgens

Kathryn Rossiter van Thrive, een van Brittanje se vooraanstaande liefdadigheidsorganisasies, help tuinmaak om mense met mekaar in kontak te bring en daardeur ook gevoelens van isolasie te verminder. Tuinwerk versnel nie net die vrylating van endorfiene deur fisieke inspanning nie, maar lei ook tot ’n gevoel van doelgerigtheid en prestasie omdat jy (en jou bure) jou handewerk kan bewonder. Tuinmaak het ook estetiese waarde – ’n uitkyk op ’n mooi tuin help mens om te herstel na ’n siekbed. Blomme is byvoorbeeld rustig om na te kyk en volgens Freud, het hulle nie emosies nie en veroorsaak nie konflik nie. Net soos om ’n troeteldier aan te hou, help tuinwerk om kontak te maak met ander lewende dinge – die groei van plante.

• Dit bevorder hartgesondheid: Volgens ’n uitge- breide studie in Stockholm is bevind dat gereelde tuinwerk die risiko van beroerte en hartaanvalle tot 30% vir mense bo 60 jaar kan verlaag. Been- en armoefeninge word juis aanbeveel vir die voorkoming van hartsiektes en wat is dan beter as tuinwerk! Op Eartheasy.com skryf Robin Jacobs dat mense met ’n vitamien D tekort ’n hoë risiko het om aan hart- en ander siektes te sterf – dus, gereelde blootstelling aan die son gedurende tuinwerk, vir so min as 10 minute, kan hierdie risiko verlaag.

• Dit het (nog) fisieke gesondheidsvoordele: Behalwe vir die sielkundige impak is tuinwerk goed vir die versterking van spiere om beweeglikheid te bevorder en het ’n reeks ander voordele wat met oefening gepaard gaan. Tuiniers se hande is ratser en sterker as dié van mense wat nie tuinwerk doen nie.

• Dit laat ons toe om versorgers te wees: Dit maak nie saak hoe oud ons is nie, tuinmaak beklemtoon dat ons almal versorgers is.

• Dit herinner ons aan die siklus van die lewe: Rituele kan help om deur moeilike emosies soos droe�eid en smart te werk. Tuinmaak is deel van ’n ritueel wat beide “lewe skenk” deur die aanplanting van saad en erkenning gee aan die einde daarvan (seisoen): Dit is simbolies van herlewing en hernuwing. Dit is dalk juis om hierdie rede dat ons tuine van herinneringe skep.

Laetitia Ludwick

Erkenning aan Solidariteit: Tuinwerk laat jou gesondheid blom

Mei 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 7

4

Voël van die maandDie natuur se alarm! Jy weet dadelik wanneer hulle in jou tuin is! ’n Kakofonie van geraas breek uit, want hierdie outjies beweeg nie in stilte nie. Dié swerm raas egter nie net saam nie, hulle bou saam nes en help mekaar selfs om eiers uit te broei. Hulle lewe saam en beweeg saam in groepe van tot 15 voëls. Hulle soek saam kos en lig blare op om te kyk of daar iets eetbaar skuil. Hulle eet meestal op die grond en vreet insekte, spinnekoppe, slakke en soms vrugte.

Die Pylvlekkatlagter kry sy naam van die wit pylvlekke op sy kop, keel en bors. Sy vere is gryserig bruin aan die bokant met ligter vere aan die onderkant. Hulle is ± 22-25 cm lank en weeg ongeveer 56-85 gram. Die geslagte lyk dieselfde, beide mannetjies en wyfies het ’n rooi rand rondom ’n geel oog, maar onvolwasse voëls se oë is bruin. Hulle roep is ’n harde ‘tjou-tjou-tjou-tjou’ en almal raas saam. Die mannetjies is veelwywers met meer as een wyfie en hulle broei dwarsdeur die jaar. Die broeiseisoen bereik ’n hoogtepunt van September tot April. Twee tot vyf blou-groen eiers word gelê en elke lid van die swerm maak beurte om op die eiers te sit. Die kuikens broei tussen 13 tot 17 dae uit en hulle word deur al die swermlede versorg. Die kuikens verlaat die nes na omtrent 18 tot 21 dae.

Taalbrokkies – ditjies en datjies Ditjie: Eintlik meer oor die groot "dit". Ek hou van jou skoene. Hou jy van dit? (daarvan). Ja, hoeveel het jy vir dit betaal? (daarvoor). Ek gaan dit omruil, oor dit te klein is (omdat). Hier is die boks. Sit die skoene in dit (daarin). Luister maar hoe baie word "dit" verkeerd gebruik.

Datjie: "Die man wie daar loop is ’n nuwe intrekker". Nee, die man wat daar loop ... die “wie” word gewoonlik gebruik as daar besitlikheid ter sprake is. Die man wie se huis nou gebou word (vervolg op p.5).

Hulp met Sterreligadvertensies Ons is opsoek na ’n persoon of persone wat behulpsaam kan wees met die werf en administrasie van adver- tensies vir Sterrelig. Indien julle belangstel, kontak vir Henk Hoogenboezem (huis nr. 7) by 083 652 1999, of stuur ’n e-pos aan [email protected].

Mei 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 7

Pylvlekkatlagter (turdoides jardineii)Arrow-marked babler

Boomname Die oumense het nie geskroom om beskrywende name aan bome te gee nie. Die nuwe geslagte is egter ’n bietjie meer bedees met hul naamgewing. Gaan kyk gerus in ’n ou boomboek (Google sal ook werk) wat hierdie Bosveldbome eers genoem was: Die kiepersol (cussonia spicata) met sy dik knoetserige wortels; die perdebos (clausena anisata) met sy sterk, onaan- gename reuk; die kleinknophout (zanthoxylum capense) met sy netjiese doringpuntige knobbels op die stam; die blompeer (dombeya roundifolia) met sy klein donker sade en die bekende koraalboom (erythrina lysistemon) wat dikwels deur die ou inheemse mense vir beeskraalheinings gebruik is.

Leonora Visagie

5

OmgewingInwoners sou dalk opgemerk het dat daar ’n populasie-ontploffing was van bont tarentale op Negester. Ter agtergrond, en ter wille van goeie kommunikasie, moet ons besef dat die voëls nie bevorderlik is vir ander grondvoëls soos wilde tarentale, Natalse fisante en bosveldpatryse nie, bloot aangesien hulle deur hul getalle oorheers.

’n Geruime tyd gelede (2017) is daar deur die HEV besluit om van die voëls ontslae te raak om sodoende die natuurlike en endemiese voëls ’n beter kans te gee.

Tarentale (numididae) is ’n familie van hoenderagtige voëls. Die familie bestaan uit 6 spesies. Tarentale kom

inheems in die droë gebiede van Afrika voor. Hulle het kaal koppe met lelle en wit kolletjies op die vere. Twee tarentaalsoorte kom in Suid-Afrika voor, naamlik die gewone tarentaal en die kui�optarentaal.

’n Tarentaal word ook soms, veral in geselstaal, poelpetaat, poelpetater, koelmetat en poelpetaan genoem. Dit is a�omstig van die Franse woorde poule (hoender) en pintade (gespikkeld).

Mak tarentale kom oorspronklik uit Afrika en is wel verwant aan wilde tarentale (numida meleagris). Hoe lank terug met die makmaak van tarentale begin is, is nie heeltemal duidelik nie, maar daar is wel bewyse dat mak tarentale reeds bestaan het in die Griekse era ongeveer 500-jaar v.C. Hulle maak gewoonlik effense hol neste in die grond en lê tussen 25-30 eiers. Die eiers is nogal klein, donker gespikkeld met dik doppe. Hulle inkubasietyd is ongeveer 26-28 dae. Dit blyk ook dat hulle, anders as wilde tarentale, ’n verlengde broei- seisoen het vanaf September tot einde Maart – vandaar die populasie-ontploffing op Negester. Die voorkoms van kleurvariasies is ingeteelde mutasies en kan die volgende variasies insluit: wit, pers, sjokoladebruin, koraalblou, brons, blond, verskeie bontes, ens.

Dit sal eties onverantwoordelik wees om toe te laat dat hierdie voëls ons eie en endemiese wilde tarentale se genepoel besoedel. Hulle kan wel “kruisteel” of uitbaster met wilde tarentale en dit sal onverant- woordelik wees. Gewone wilde tarentale is pragtige voëls en moet net so bewaar word.

Hierdie beginsel geld ook ten opsigte van die rondloperkatte op die landgoed wat met inheemse en ook endemiese vaalboskatte kan kruis. Daarom sal die diere ook gevang word en aan die plaaslike DBV oorhandig word.

Taalbrokkies – tarentaal (vervolg)

Die naam tarentaal volgens die Afrikaanse Etimologiese woordeboek is reeds in Jan van Riebeeck se tyd vir dié voëls gebruik. Dit is ’n samestelling van twee woorde: terra en Natal, omdat die voëls ten ooste van die Kaap – in die rigting van Natal waargeneem is. Dus, terra deNatalse voëls, kortweg, ternataal = tarentaal.

Engels: Guinea fowl. Engelse ornitoloë het die voëls aanvanklik in die Afrikastaat, Guineë, waargeneem en die voëls na die land vernoem.

Henk Kruger

Mei 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 7

Volwasse bont mak tarentaal

Wilde tarentaal

6Mei 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 7

Hierdie is ’n tweeledige skrywe: Eerstens: Dankie vir positiewe inspirasie en waardering aangaande ons viervoetige dierevriende. My troeteldier meer as net ’n vriend, gepubliseer in die Sterrelig, April 2019, Laetitia Ludwick. Tweedens: Die oproep deur Henk Kruger in sy skrywe in die briewekolom van bogenoemde nuusbrief: “... dat Negesterre die nuusbrief moet gebruik...” Ek stem volmondig saam met Rudyard Kipling wanneer hy tereg sê: “Hy (die hond) sal ons vriend wees vir altyd, en altyd, en altyd”. Lees gerus die “Hondegebed” hieronder, en dink maar 2 maal voor ons, ons viervoetige dierevriende versaak. Dalk is ’n paar lewenslesse vir ons as mense hierin opgesluit.

God van mense maak my eienaar getrou aan sy medemens soos ek is aan hom. Gee dat hy so toegewyd is aan sy vriende en familie soos ek aan hom. Mag hy betroubaar en eerbaar wees. Mag my swaaiende stert hom herinner om positief, opgewek en vol lewenslus te bly, en my lekkende tong hom herinner aan dankbaarheid. Seën hom met geduld, goeie waarnemingsvermoë, dapperheid om sy gemak en selfs lewe op te offer in diens aan sy gemeenskap. Hou hom jonk van gees sodat hy altyd ’n tydjie sal inruim om te speel en die lewe te geniet. Mag hy ’n goeie eienaar wees, vir my, sy hond, so goed soos ek vir hom.

Ek woef ♥jou!

Gusta Hoare

BrieweBaie dankie aan elkeen wat deel was van die Lantanaprojek. Die veld lyk 100 maal beter met die onkruid wat verwyder is.

Dit is lekker om so diep in die veld in te kan sien.

Ben Meyer

7

Belangegroepestruktuur

SOSIAAL

SameroeperDerek Grobler

BiblioteekRiana Viljoen

LyndansAnnette Swart

KampeerklubDawid Appel

SpeletjiesAnnemie Erasmus

Sosiale funksiesAnnemie Erasmus

SaamsingMari Hoogenboezem

HandwerkRita Coetzee

SwemoefeningeMa, Wo & Vry, 08h30Klein-Karibaswembad

LyndansMa & Do, 15h30Huis nr. 8

HandwerkDi, 14h00HEV-raadsaal

BiblioteekDi & Do, 14h00Versorgingseenheid

Vroue BybelstudieDo, 09h00 – 10h00HEV-raadsaal

FietsryDaagliks, 06h45Huis nr. 222

JukskeiMa tot Sat, 8h00

GholfDi & Do, 07h00Koro Creek

AKTIWITEITE

ONDERSTEUNING

SameroeperVakant

Lief en LeedAnnetjie Meets

Maatskaplike DiensAnnatjie Moore

Geestelike Ondersteuning Herklaas Viljoen

OMGEWING

SameroeperArrie Schreiber

VoëlklubJan de Beer

PlanteJohan Heydenrych

DiereHenk Hoogenboezem

TerreinJan van Biljon

FINANSIES

SameroeperVakant

FondsinsamelVakant

SPORT

SameroeperTino Erasmus

GholfCoenie Louw

TennisHannes Adendorff

RolbalHerklaas Viljoen

FietsryMarius Blom

WateroefeningeTino Erasmus

JukskeiFlip Snyders

HengelRassie Erasmus

KOMMUNIKASIE

SameroeperAngus Hughes

NuusbriefHenk Hoogenboezem

Mei 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 7

Nuusbriefplasings en advertensiesOns doen ’n beroep op alle belangstellendes, asook die organiseerders van die verskillende belangegroepe, om ons op hoogte te hou van die aktiwiteite, sodat dit geplaas kan word in die nuusbrief en kalender. Berigte en foto’s oor aktiwiteite wat plaasgevind het, is ook welkom. Om te adverteer of bydraes te plaas in Sterrelig, e-pos dit aan [email protected]. Bydraes moet asb. voor of op die 20ste van elke maand ge-e-pos word vir die volgendemaand se plasing.

Mei 2019 | Jaargang 1 | Uitgawe 7

SONDAG MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG SATERDAG

43

9 10 1165 7 8

21

16 17 181312 14 15

23 24 252019 21 22

30 31292726 28

Werkersdag

Hemelvaartdag09h00– Geref. Warmbad18h00 – NGK Wes13h00 – Bloedskenk NGK Wes

07h00 – DopperontbytGerf. Kerk Nylstroom

NoodnommersRudi J v Vuuren 082 333 9635(Slange)Hoo�ek 072 213 2225

Ambulans 086 0112 911Medwell 072 312 3499Sekuriteit 060 751 8490

Hansie BoshoffSel: 082 419 4642E-pos: [email protected]

Carin BoshoffSel: 071 612 9129E-pos: [email protected]

KantoorSel: 076 791 3083E-pos: [email protected]

8

MEI 2019