11
Suid-Afrikaanse Familieregisters 2018 A AAB tot AZOR SAF.2018.almal

Suid-Afrikanse Familieregisters 2018 · Web viewDie SAF 2018 weergawe word opgedra en erken met dank die diens deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (1998 – 2018) gelewer

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Suid-Afrikanse Familieregisters 2018 · Web viewDie SAF 2018 weergawe word opgedra en erken met dank die diens deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (1998 – 2018) gelewer

Suid-Afrikaanse Familieregisters 2018

AAAB tot AZOR

SAF.2018.almal

Page 2: Suid-Afrikanse Familieregisters 2018 · Web viewDie SAF 2018 weergawe word opgedra en erken met dank die diens deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (1998 – 2018) gelewer

Suid-Afrikanse Familieregisters 2018Vrygestel Januarie 2019

Die SAF 2018 weergawe word opgedra en erken met dank die diens deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (1998 – 2018) gelewer

aan die Suid-Afrikaanse genealogiese gemeenskap

Die Suid-Afrikaanse Familieregisters 2018 A-Z is ‘n versameling van meer as 12 000 geslagsregisters van Suid-Afrikaanse families. In die 2018 versameling is ‘n totaal van 372 registers aangevul met addisionele inligting en/of korreksies. Daar is ook ‘n aantal nuwe registers geskep met hierdie uitgif.

Twee bundel-versamelings is beskikbaar. Die volledige bundel van ongeveer 12 400 familieregisters (SAF2018.almal) of ‘n bundel van slegs die bygewerkte registers (SAF2018.nuut)

Terugvoering, korreksies en aanvullings vir die volgende weergawes (wat onder die vaandel van die Genealogies Gemeenskap van Suid-Afrika sal verskyn) moet gerig word aan [email protected]

South African Family Registers 2018Released January 2019

The South African Family register 2018 A-A is a collection of approximately 12 400 South African family registers. A total of 372 of the register were updated for the 2018 version. A number of new registers were also established.

Two collections are avaialble with the 2018 release. A full bundle of all 12 400 registers (SAF2018.almal) or only the 372 updated registers for the 2018 version (SAF2018.nuut).

Feedback, corrections and additions to be included with subsequent releases (under the stewardship of the GGSA – Genealogical Society of South Africa) must be submitted to [email protected] .

Page 3: Suid-Afrikanse Familieregisters 2018 · Web viewDie SAF 2018 weergawe word opgedra en erken met dank die diens deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (1998 – 2018) gelewer
Page 4: Suid-Afrikanse Familieregisters 2018 · Web viewDie SAF 2018 weergawe word opgedra en erken met dank die diens deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (1998 – 2018) gelewer

‘n Terugblik oor die Suid-Afrikaanse familie registersDie eerste navorsing, sover bekend, wat dit ten doel gehad het om die ou Kaapse families uit te lê, is in 1894 deur C.C. de Villiers gepubliseer in die Geslacht-register der oude Kaapsche Familiën. Dit het die gelagsregisters van die oorspronklike Afrikaanse families van 1652 tot ongeveer 1810 bevat.

In 1959 is Driehonderd jaar nasiebou; stamregister van die Suid-Afrikaanse volk deur D.F. du T. Malherbe gepubliseer. Die boek het ook nuwe stamvaders vanaf Brittanje en ander Wes-Europese lande, wat tot ongeveer 1950 in Suid-Afrika aangekom het, ingesluit. In 1966 is dr. C. Pama se bywerking van De Villiers se oorpronklike Geslacht-register, met aanvullings verkry van geskiedenis- en familienavorsers soos Theal, Colenbrander, Moritz, Schmidt, Hoge, Franken en ander, gepubliseer. Nieteenstaande die bywerkings en opdaterings het altwee hierdie publikasies nog steeds grotendeels inligting van die oorspronklike Kaapse families tot en met 1810 bevat.

In 1971 is dr. J.A. Heese se boek Die herkoms van die Afrikaner, 1657-1867 uitgegee. Na die publikasie van die boek is die genealogiese inligting wat hy tydens sy navorsing ingesamel het, gebruik om geslagregisters op te stel van al die “nuwe” stamvaders van Afrikaanse families wat hulle tussen die jare 1807 en 1867 in Suid-Afrika gevestig het en wat ondertrou het met die “ou” Afrikaanse families. Hierdie werk is op aanbeveling van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) en met dr. Pama se toestemming gekombineer met die oorpronklike De Villiers-werk en het die grondslag gevorm vir die publikasie-stel, die Suid-Afrikaanse Geslagregisters, (alombekend as SAG), waarvan die eerste volume in 1987 gepubliseer is. Die boeke het genealogiese inligting tot om en by die 1830’s bevat. Die Afdeling Genealogiese Navorsing in die Instituut vir Geskiedenisnavorsing van die RGN het die eerste vier volumes uitgegee.

Teen 1997 is genealogiese navorsing by die RGN gestaak en die Afdeling Genealogiese Navorsing gesluit. Op 30 Julie 1998 is die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA) gestig met hul hoofkantoor in Stellenbosch en die Afdeling Genealogiese Navorsing van die RGN se bates is na GISA oorgedra. Die onderhoud, aanvulling en publisering van die SAG is deur GISA oorgeneem. GISA het die publikasie van die SAG-stel in boekformaat voltooi. Dit het 17 volumes beslaan. GISA het in 2009 die digitale era ingelei met die publisering van ’n digitale weergawe van die SAG.

Page 5: Suid-Afrikanse Familieregisters 2018 · Web viewDie SAF 2018 weergawe word opgedra en erken met dank die diens deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (1998 – 2018) gelewer

In 2011 het GISA begin met die eerste aangevulde familieregisters. Die familieregisters is opgedateer tot en met die eerste deel van die 20ste eeu (om en by 1930-1940) en is uitgegee as die Suid-Afrikaanse Familieregisters (alombekend en verwys na as SAF). ‘n Tekort aan befondsing lei daartoe dat GISA aanvanklik net die opgedateerde families met vanne tot en met die letter “L” publiseer. Die reeks, slegs beskikbare as digitale media, uitgegee op CD, het uiteindelik 23 volumes beslaan en is tot en met 2013 vrygestel. Teen 2017 het GISA ongeveer 12 400 afsonderlike van-registers onder hulle voogdyskap.

‘n Groeiende gebrek aan familie-navorsing befondsing lei daartoe dat GISA se opdatering van die registers moes begin steun op die werk van toegewyde individue en/of persoonlike navorsers met ‘n belang in spesifieke vanne of families gehad het. Hierdie tydperk val dan ook saam met die groeiende globale belangstelling in eie familie-navorsing tot so ‘n mate dat familienavorsing in die vroeg 21ate eeu beskou is as die snel-groeindste ‘stokperdjie. GISA het die genealogies gemeenskap van Suid-Afrika in 2017 genader om hulle navorsing te deel met GISA en so beskikbaar te stel aan die breër gemeenskap. Die SAF 2018 weergawe van die SA Familie-registers is dan ook die resultaat van hierdie inisiatief. ‘n Totaal van 372 registers is aangevul deur die genalogies gemeenskap.

Die gebrek aan finansiele steun en borgskap aan GISA noodsaak die sluiting van GISA in Desember 2018. Met die sluiting is ooreengekom dat die familie-inligting en bates oorgedra sal word na die GGSA (Genealogies Gemeenskap van Suid-Afrika) voortaan.

Andrew Dippenaar ([email protected])

Oorhofse koordineerder (namens GISA) vir SAF 2018

Page 6: Suid-Afrikanse Familieregisters 2018 · Web viewDie SAF 2018 weergawe word opgedra en erken met dank die diens deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (1998 – 2018) gelewer

A B C D EACKERMAN BADENHORS

TBEUGGER CADDY DALLAS EDWARD(S)

ADELAAR BAKKIS BEUKES CALITZ DANEEL EGLINALLWRIGHT BALDWIN BEZUIDENHOU

TCAMPH(F)ER DANZFUSS EHRKE

AMBROSE BALES BIEL CARR DARVALL EILERDANKIEWICZ BALMFORTH BLOMERUS CAWOOD DE BEER EKSTEENANNEVELDT BAM BODENSTEIN CERONIO DE FORTIER ELKANARNOLD(I) BARNARD BÖHLER CHADINHA DE JONG(H) ELLISAUCAMP BARRISH BOS CHALMERS DE KOCK ELOFFAUSSERHOFFER

BARRY BOSMAN CLOETE DE LA ROSA ENDEMANN

BARTLEMAN BOTES CLUNIE DE LANGE ERASMUSBARWISE BREITENBACH COETSER DE LEEUW EV(B)ERHAR

DBASSON BRENT COETZ(S)EE DE LETTRE EVABAUSER BROCKMANN COLESKY DE MAKER EVERESTBECKER BROOKS COLYN DE SWARDT EVERETTBECKLEY BROOKSHAW COOMANS DEMPSTERBEER BRUMFIELD COQUI DETTMARBEESLAAR BRÜSSOW COR(R)EEJES DEXTERBEHRENS BRUYN COX DIPPENAARBENDIXEN BUDLER CRAFFORD DOMANBERESFORD BURGESS CRAVEN DÖNGESBERMAN BURKE CREMER DOS SANTOSBERNHARDI BURNESS CROWTHER DOYLEBERRINGTON BUTT CRUICKSHANK

SDU BUISSON

BEST BUYS CRUYWAGEN DUCKWORTH

BESTER DUMINYDUNN

9 49 24 26 14

Page 7: Suid-Afrikanse Familieregisters 2018 · Web viewDie SAF 2018 weergawe word opgedra en erken met dank die diens deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (1998 – 2018) gelewer

F G H I J KFAIHST GALLOWAY HABLÜTZEL IMMELMANN JAKINS KEETFECHTER GARBUTT HARRIS JOUBERT KELLERMANFERREIRA GEORGE HASSE KELSEYFIELD GERDENER HATTINGH KEYSFISHER GERRIT HEESE KEYTELFLETCHER GERSBACH HENDRIKS KIKILLUSFLYNN GILDENHUIZEN HESSE KINGHORNFORD GLASS HEY(IJ)MAN(N) KLERCKFORDRED GOLDING HEYNS KOENFORREST GORDIMER HICKMAN KOKFORRESTER GORVALLA HODGSON KOLBEFOURIE GRAAFF HOFFMAN KOORTSFRANKIM GREEN HOLLIDAY KRULLFRANSEN GREYLING HONIBALLFYNN GRIESEL HOPPE

GRIFFIN HUMANGRIMBEEK HUMPHREYSGROBLER

15 18 17 1 2 13

Page 8: Suid-Afrikanse Familieregisters 2018 · Web viewDie SAF 2018 weergawe word opgedra en erken met dank die diens deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (1998 – 2018) gelewer

L M N O PLAKE MAARSCHALK MCEVOY NIEUWOUDT OPENSHAW POLSONLAMBRECHTS MAARTENS MCLACHLAN POSTMALANDSBERG MAAS MCMASTERLANGENHOVEN MADDISON MEINTJESLANGFORD MAGSON MEIRINGLEPPAN MAHNE MENDELSKILIEBENBERG MALAN MEYERLIER MALHERBE MICHAULINDE MANDELA MIDDLETONLINDEMANN MANS MINNAARLINDEQUE MARAIS MINNIELOEDOLFF MARÉ MITCHELLLOESCH MARITZ MOERDYKLOTTRIET MARNITZ MOLLERLOXTON MARQUARD MOODIE

MARSCHALK MOOLMANMARSHALL MORGENROODMARTIN MORKELMARTINS MORRISMARX MOSERMASKEW MOSSMASSYN MOSTERTMASUREIK MOUTONMATTHAM MUIRMATTHEE MULLERMATTHES MURRAYMCCLEL(L)AND MYBURGHMCDONALD MYNHARDT

15 56 1 1 2

Page 9: Suid-Afrikanse Familieregisters 2018 · Web viewDie SAF 2018 weergawe word opgedra en erken met dank die diens deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (1998 – 2018) gelewer

R S T U V WROSELT SPREETH TAYLOR UITENWEERDE VAN BREDA WEHRMANNRUPERT STARKER THECK VAN BUUREN WILHELM

STODART TREURNICHT VAN DEN HEEVER

WORTLEY

SWART VAN DER BEYLVAN DER HORSTVAN DEVENTERVAN ECKVAN GENDVAN HELSDINGENVAN MARSEVEENVAN SCHALKWYCKVAN WIELLIGHVAN WYMEERSCHVAN ZYLVIOLAVREY

2 4 3 1 16 3