13
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 30 28 September 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR In memoriam: Jeanette Cornelius Vanaf 1 Maart 2011 was daar ‘n baie besonderse dame smiddae in ons skool se parkie by die naskoolsentrum. Haar naam was tannie Jeanette Cornelius. Op 22 Augustus het sy ons baie skielik laat weet dat sy vir ‘n heupvervanging moet gaan. Die operasie was suksesvol, sy het baie mooi herstel en in ons almal se gedagtes en planne sou sy weer op DV 9 Oktober by die naskoolsentrum aansluit. Maar God het anders besluit en op Dinsdag 25 September is sy stil-stil in haar slaap oorlede. Ons sal Jeanette altyd onthou as ‘n baie netjiese, ferm dame met ‘n hart propvol liefde vir elke gr. R- en ook gr. 1-leerder wat smiddae aan haar sorg toevertrou was. Sy het ‘n pad gestap saam met al ons ouers en baie diep in almal se harte ingekruip. Sy sal verseker baie gemis word hier by Laerskool Fairland. Ons betuig ons diepste meegevoel met haar familie. Rus in vrede. Na ‘n vinnige en besige derde kwartaal wens ek een en almal ‘n week van rus toe. Mag elke leerder, ouer en personeellid die vakansie gebruik om asem te skep voor die laaste kwartaal. Baie dankie vir elkeen se harde werk en insette gedurende die kwartaal. Laerskool Fairland Kunswedstryd Baie geluk aan ons toppresteerders met hul puik vertonings tydens die finaal op Donderdag 27 September. Ons is trots op elke leerders wat die afgelope 2 weke aan ons eie Kunswedstryd deelgeneem het. En as jy voel jy het nou nie na wense presteer nie, volgende jaar kan jy weer probeer. Aan elke personeellid wat Erika Joubert met die reëlings bygestaan het, baie dankie vir jul onbaatsugtige tyd en opofferings. Horlosies met ‘n bel-funksie Verskeie leerders dra nou daagliks horlosies wat kan bel en ook boodskappe kan stuur. Dit is reg so en ook binne die skool se selfoonbeleid, mits die toestel geen internettoegang het nie. Daar is egter sommige leerders wat nou oproepe asook boodskappe gedurende klastyd ontvang. Dit is ongelukkig nie toelaatbaar nie en is baie steurend in ‘n klassituasie. Leerders kan slegs na skool boodskappe en oproepe met dié toestel ontvang. Indien u baie dringend ‘n boodskap by ‘n kind/ers moet uitkry, kontak gerus die kantoor by 011 678 4591/2 en die sekretaresses sal u help met die oordra van die boodskap. Baie dankie vir u samewerking.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 30 28 September 2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

In memoriam: Jeanette Cornelius

Vanaf 1 Maart 2011 was daar ‘n baie besonderse dame smiddae in ons skool se parkie by die naskoolsentrum. Haar naam was tannie Jeanette Cornelius. Op 22 Augustus het sy ons baie skielik laat weet dat sy vir ‘n heupvervanging moet gaan. Die operasie was suksesvol, sy het baie mooi herstel en in ons almal se gedagtes en planne sou sy weer op DV 9 Oktober by die naskoolsentrum aansluit. Maar God het anders besluit en op Dinsdag 25 September is sy stil-stil in haar slaap oorlede.

Ons sal Jeanette altyd onthou as ‘n baie netjiese, ferm dame met ‘n hart propvol liefde vir elke gr. R- en ook gr. 1-leerder wat smiddae aan haar sorg toevertrou was. Sy het ‘n pad gestap saam met al ons ouers en baie diep in almal se harte ingekruip.

Sy sal verseker baie gemis word hier by Laerskool Fairland. Ons betuig ons diepste meegevoel met haar familie. Rus in vrede.

Na ‘n vinnige en besige derde kwartaal wens ek een en almal ‘n week van rus toe.

Mag elke leerder, ouer en personeellid die vakansie gebruik om asem te skep voor die laaste kwartaal.

Baie dankie vir elkeen se harde werk en insette gedurende die kwartaal.

Laerskool Fairland Kunswedstryd

Baie geluk aan ons toppresteerders met hul puik vertonings tydens die finaal op Donderdag 27 September.

Ons is trots op elke leerders wat die afgelope 2 weke aan ons eie Kunswedstryd deelgeneem het. En as jy voel jy het nou nie na wense presteer nie, volgende jaar kan jy weer probeer.

Aan elke personeellid wat Erika Joubert met die reëlings bygestaan het, baie dankie vir jul onbaatsugtige tyd en opofferings.

Horlosies met ‘n bel-funksie

Verskeie leerders dra nou daagliks horlosies wat kan bel en ook boodskappe kan stuur. Dit is reg so en ook

binne die skool se selfoonbeleid, mits die toestel geen internettoegang het nie. Daar is egter sommige

leerders wat nou oproepe asook boodskappe gedurende klastyd ontvang. Dit is ongelukkig nie toelaatbaar

nie en is baie steurend in ‘n klassituasie. Leerders kan slegs na skool boodskappe en oproepe met dié

toestel ontvang. Indien u baie dringend ‘n boodskap by ‘n kind/ers moet uitkry, kontak gerus die kantoor by

011 678 4591/2 en die sekretaresses sal u help met die oordra van die boodskap.

Baie dankie vir u samewerking.

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

2 Gr. 6-leierskamp

Baie sterkte aan al die personeel wat die gr. 6-leerders op hul opvoedkundige toer gaan vergesel. Die leerders gaan baie pret hê. SA-landloop

Baie sterkte aan ons 2 landloopatlete wat op 28 September in Bloemfontein deelneem. Ons hou vir jul styf duim vas.

Personalia Die volgende personeel gaan gedurende die vakansie voor die kansel staan. Baie sterkte met die finale reëlings:

Ansuné Malherbe en Wim van Eck Chantel Marais en Eckhardt de Kock Pierre Human en Danelle Nortje

Ons sien daarna uit om volgende kwartaal van jul troufoto’s in die Vinkie te publiseer.

Na 12 jaar en 9 maande van wonderlike diens aan Laerskool Fairland groet ons Joyce van der Berg vandag. Jy sal altyd onthou word as ‘n:

Formidabele netbalafrigter op die netbalbaan

‘n Goeie Afrikaanse onderwyseres vir ons gr. 5- en gr. 6-leerders

Iemand wat baie nougeset en pligsgetrou was in haar werk

‘n Persoon wat Afrikaans in haar klaskamer laat LEEF het. Joyce, ons gaan jou baie mis, maar geniet elke oomblik van jou aftrede saam met jou man, Bokkie. Toer die land plat, gaan kuier baie in die wildtuin en geniet ure se tuinmaak. Ons beste wense vergesel jou!

Ons groet ook vandag vir Thea Penberthy, assistent-opvoeder wat haar studies op ‘n ander vlak gaan hervat. Sterkte ook met jou lewenspad vorentoe!

Van die personeel

Mnr. Willie, ons wens jou ‘n heerlike paar dae van rus toe. Geniet die welverdiende vakansie saam met Mariëtte en die seuns.

Ons sien uit om dit wat oorbly van die jaar, onder jou leiding aan te pak.

BELANGRIKE DATUMS

DATUM AKTIWITEIT

ALGEMEEN 28 September Skool sluit

9 Oktober Skool open

11 Oktober Algemene Ouervergadering 19:00 in Skoolsaal (Kworum)

17 Oktober Lente-sokkie: Gr. 6- en gr. 7-leerders

30 Oktober Dankfees

SPORT 16 Oktober Atletiek: L/s Orion (weg)

18 & 19 Oktober Krieketfees: o/10’s (tuis)

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

3

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeellid wat in die gedurende die vakansie verjaar:

Peter Moatshe (algemene werker) - 29 September

Mag jou nuwe lewensjaar geseënd en voorspoedig wees.

REDAKSIE

Baie dankie!!

Aan die einde van nog ‘n kwartaal kan ons net met dankbaarheid (en ‘n sug van verligting) terugkyk! Ons het soveel om voor dankbaar te wees en ons dank die Here vir so ‘n wonderlike skool en gemeenskap. Ons is inderdaad geseënd.

Baie dankie aan elke siel wat die afgelope kwartaal bygedra het tot die welsyn van ons kinders en die vooruitgang van ons skool. Julle is uiters spesiaal en ons waardeer elke een van julle.

Lekker rus!

Erika

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Algemene Ouervergadering: 11 Oktober

Hiermee herinner ons ouers aan die Algemene Ouervergadering wat gehou gaan word op Donderdag 11 Oktober 2018 om 19:00 in die skoolsaal. Neem asb. kennis dat daar tydens dié vergadering ‘n kworum moet wees, m.a.w. 256 ouerlede moet teenwoordig wees.

ʼn Verkorte weergawe van voorgestelde begroting is aan u per e-pos gestuur.

Teken asseblief hierdie datum in u dagboek aan sodat u ook op hierdie manier u betrokkenheid by u kind en haar/sy belange kan uitleef.

Johan Kilian Voorsitter: Beheerliggaam

OUD-LEERDERS PRESTEER

Hoërskool Linden Baie geluk aan die volgende leerders wat tot die dagbestuur van Hoërskool Linden verkies is: Marig Engelbrecht (Hoofseun) Mila Botha (Onder-hoofdogter: Sport) Lily Dorfling (Onder-hoofdogter: Kultuur) Dawid Grünewald (Onder-hoofseun: Kultuur) Ons is baie trots op hulle.

AFRIKAANS HOëR MEISIESKOOL

Lea Simpson is tot die VLR vir 2019 verkies. Baie geluk!

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

4

KULTUUR

LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD

Toppresteerders Finaal

Die volende leerders het deurgedring tot die LFK-finaal wat gehou was op Donderdag 27 September: Die seniorkoor Die senior revuegroep Caiden Bouwer Liam Benade van Niekerk Jarik Engelbrecht Nelius van Graan Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe Isabella van de Venter Josiah Stroh Gustav Vorster Luané Human Lomé Robberts Simon Kilian Delané Potgieter Baie geluk aan al die finaliste! Ons is trots op julle mooi optredes!

SENIOR- en JUNIORKOOR

Oefeninge 9 Oktober : 15:30 – 18:00 beide kore 16 Oktober: 15:30 – 18:00 beide kore 18:00 – 20:00 seniorkoor hoofkarakters 19 Oktober: 13:30 – 16:00 beide kore 20 Oktober: tye sal volg 23 Oktober: 15:30 – 18:00 beide kore 25 Oktober: “Run” in skooltyd Optredes 25 Oktober 26 Oktober 30 Oktober – Dankfees Juniorkoor afsluiting: 6 November Seniorkoor afsluiting: 7 November

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

5

SPORT

HOKKIE

Ligawenners 2018

o/9A-dogters o/11A-dogters

o/13A-dogters o/11A-seuns

Northcliff High Hokkiefees

Ons gr. 6-seuns- en –dogters-hokkiespanne het op Woensdag 19 September aan die Northcliff High School

se Hokkiefees deelgeneem. Die uitslae was soos volg:

o/12-dogters wen 1 – 0 vs Northcliff Primary

wen 7 – 1 vs Cliffview Primary

wen 5 – 0 vs Blairgowrie Primary

Finaal verloor 0 – 1 vs NWCS

o/12-seuns wen 1 – 0 vs Northcliff Primary

verloor 1 – 6 vs Cliffview Primary

verloor 1 – 3 vs Blairgowrie Primary

gelykop 1 – 1 vs NWCS

KRIEKET

Oefentye (3de en 4de kwartaal)

Maandae: 14:10 - 15:40 Dinsdae en Woensdae: 13:45 - 15:15

Uitslae (ligawedstryde)

o/8-hardebalspan wen met 10 paaltjies vs Louw Geldenhuys (o/9B)

o/9A verloor met 6 paaltjies vs Jan Celliers

o/9C verloor met 95 lopies vs Randpark Primary (o/9A)

o/10A verloor met 2 paaltjies vs Jan Celliers

o/11C verloor met 53 lopies vs Louw Geldenhuys (o/11B)

2de span verloor met 6 paaltjies vs Jan Celliers (1ste span)

Spesiale vermelding: Zander Marais (2de span) teken 63 lopies van 70 balle aan.

Orion-aandreeks

Ons o/11A- en 1ste krieketspanne het die afgelope week in die Orion-aandreeks wedstryde gespeel. Die

1ste-span wen 1 uit hul 3 wedstryde. Die o/11A-span wen al 3 van hul wedstryde en tree dan ook as

algehele wenners van hierdie aandreeks uit die stryd.

o/11A wen met 5 paaltjies in die finaal vs Waterstone College

1ste span wen met 86 lopies vs Generaal Alberts.

Spesiale vermelding:

Rico Vosloo (o/11A) word in 2 wedstryde as die speler van die wedstryd aangewys.

Joof Enslin (o/11A) word in die ander wedstryd as speler van die wedstryd aangewys.

Jaden Bezuidenhout (1ste) word in die 3de wedstryd as speler van die wedstryd aangewys.

Geluk aan hierdie seuns.

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

6

MINI-KRIEKET

Oefentye

Maandae: 13:30 - 14:15 Dinsdae: 13:00 - 14:00

Wedstrydbepalings is nog nie ontvang nie.

o/6 - Gr. R

Oefentye: SLEGS VANAF 4de KWARTAAL – 16 Oktober

Dinsdae en Woensdae: 13:10 - 14:10

TENNIS

Uitslae

Seuns A verloor 31 – 50 vs Crawford, Sandton

Seuns B verloor 26 – 55 vs Jan Celliers A

Dogters A wen 57 – 24 vs Louw Geldenhuys

Seniortennis

Voorlopige JHB-ligawedstryde Dogters A: 10 Okt. Bryanston (weg) (gaan alternatiewe datum deurgee)

17 Okt. Jan Celliers A (tuis) 24 Okt . Bye 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Dogters B: 10 Okt. Trinity, Randpark (weg) (gaan alternatiewe datum deurgee) 17 Okt. Curro Aurora (tuis) 24 Okt. Curro, Wilgeheuwel (weg) 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Seuns A: 11 Okt. Louwtjies B (tuis) (gaan alternatiewe datum deurgee)

18 Okt. Heronbridge A (weg) 25 Okt. Fontainbleau B (tuis) 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Seuns B: 11 Okt. Unika (weg) (gaan alternatiewe datum deurgee)

18 Okt. Bryneven (tuis)

25 Okt. Trinity, Randpark (tuis)

31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Juniortennis – Rondomtalie

Die seuns se datums vir die rondomtalie is soos volg: Do. 1 Nov.; Ma. 5 Nov.; Di. 6 Nov. en Wo. 7 Nov.

Die seuns sal in 4 groepe verdeel word en leerders sal slegs een van die 4 dae speel. ‘n Brief met die

groepe, name van die spelers en wanneer leerders gaan speel, sal in die 4de kwartaal uitgedeel word.

Die dogters sal nie in die 4de kwartaal aan ‘n rondomtalie deelneem nie. Hulle sal in die 1ste kwartaal van

2019 een rondomtalie speel waarna die skoolspan gekies gaan word.

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

7

ATLETIEK

Middelafstande: (Gedurende vakansie)

Maandae – Donderdae 11:45 – 12:00

Oefentye: (4de kwartaal vanaf 9 Oktober tot 15 Oktober)

Maandag 14:10 - 14:40 14:40 - 15:10 15:10 - 16:10 15:45 - 17:00 Naellope: o/11 - o/12

Velditems: o/9 - o/10 Naellope: o/9 - o/10

Velditems: o/11 - o/12 Hekkies Middelafstande

Dinsdag & Woensdag

13:50 - 14:20 14:20 - 14:50 14:50 - 15:50 15:45 - 17:00 Naellope: o/9 - o/12 Naellope: o/9 - o/12 Hekkies Middelafstande Velditems: o/9 - o/10 Velditems: o/11 - o/12 Hekkies Middelafstande

Donderdag 14:00 - 15:00 Geen Geen Geen Middelafstande

SWEM

Galadatums: (4de kwartaal)

Vr. 12 Oktober (Bryneven Primary)

Vr. 19 Oktober (Constantia Kloof Primary) - gekanselleer

Vr. 26 Oktober (Monument Primary)

Vr. 2 November (TrinityHouse, Little Falls)

Algemene inligtingsbrief in verband met swem, sal voor die einde van die dag op die d6 Connect geplaas

word.

ALGEMEEN

VERE-KAS

Kom maak ‘n draai by ons in die ou administrasiegebou. * verlore klere en sporttoerusting * bekostigbare tweedehandse skoolklere * pragtige aanpaskamers * groter spasie

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige

navrae in verband met die Vere-kas.

Verlore klere

Ons versoek ouers om asb. verlore klere by die klerebank nie later as Vrydag 11:00 te kom afhaal. Die

verlore klere wat nie afgehaal word nie, gaan verkoop word.

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

8

STERRE VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Francois van Breda Gr. 1/22: Damian Correia Gr. 1/24: Lika Nel Gr. 1/25: Emma Slabbert Gr. 1/26: Duané Ferreira Gr. 1/27: Nika Böhmer Gr. 2/15: Emmari Henning Gr. 2/16: Matthew Demore Gr. 2/17: Zander van Blerk Gr. 2/18: Jayden Smith Gr. 2/21: Liam Clark Gr. 2/23: Rouxlé Pelzer Gr. 3/12: Marius de Beer Gr. 3/13: Jonathan Eilers Gr. 3/28: Brayden Maxwell Gr. 3/29: Kaelyn Grobler Gr. 3/45: Lizaan van den Heever Gr. 3/46: Carla Steyn

Uitblinkers

Blouklas: Rolanda Rooker en Jayden Swart

Groenklas: Eliseus Coetzer en Kaelyn Lubbe

Oranjeklas: Sion Moolman en Cari Passano

Persklas: Mia van Huyssteen en Juvan Scholtz

Geelklas: Jayden Carlse en Mileah Smit

Rooiklas: Ava Parry en Hendrik Kluyts

VRIENDE VAN FAIRLAND

Vandag wil ons met een van ons gr. 7-leerders spog.

Soos almal bewus is, het die gr. 7-leerders op Vrydag 21 September entrepreneursdag gehou.

Alexander Brits (gr. 7/01) het besluit dat hy ‘n persentasie van sy wins aan VRIENDE VAN FAIRLAND gaan skenk vir behoeftige leerders/ouers in ons gemeenskap. Alexander, jy is ‘n voorbeeld vir baie – ons is ongelooflik trots op jou en dankbaar vir jou onbaatsugtige voorbeeld.

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

AKADEMIE

WISKUNDE BRICMATHS-KOMPETISIE

Onthou om deel te neem as jy nog nie ‘n tydjie gekry het nie. Die kompetisie eindig op 30 September.

Tydens die kompetisie moet leerders wiskundige take binne 60 minute aflê en resultate is beskikbaar na afloop van die voltooiing van die taak. Dit behels slegs ‘n uur gedurende die tydperk waar leerders inteken en van die take voltooi. Dit is ‘n eenmalige taak.

Ons wil leerders wat wel sleutelwoorde ontvang het, aanmoedig om deel te neem aan die opwindende kompetisie. Stuur gerus u terugvoer aangaande die kompetisie, as u kind wel deelgeneem het, na [email protected] en merk die e-pos vir aandag: Leanie Taljaard, sodat ons kan besin oor deelname vir 2019. Leanie Taljaard

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

9

SPORT

SWEM Dawid Wiggett het die afgelope naweek tydens 'n Sentraal-Gauteng gala nog 'n Junior SA nasionale tyd

geswem. Dit was vir sy 400m vryslag. Kwalifiserende tyd is 5:16.65 en hy het dit in 5:14.46 geswem. Hy het

dus nou vier Vlak 3-tye en twee SANJ-tye.

KRIEKET

Dominic Tait gr. 3/13 het die naweek vir die NW-distrik aan ‘n kriekettoernooi deelgeneem.

Hy is aangewys as die kolwer van die reeks.

Wedstryd 1: 71 van 59 balle, Wedstryd 2: 70 van 49 balle nie uit nie, Wedstryd 3: 17 van 16 balle nie uit nie.

KARATE Op Saterdag 8 September tydens die SA-kampioenskappe, van die Tenshinkan Karatefederasie, het Jana Mulder (gr. 1), lid van die Tenshinkan-Suid karateklub, haarself baie goed van haar taak gekwyt. Jana behaal ‘n 2de plek vir haar kata vir dogters 6-7 jaar oranje/ groen belt . Baie geluk Jana!

KULTUUR

BALLET Lizé Greeff, Mieke Jonker en Jeanne-Marié Kitshoff het op 17 en 18 September aan die Gauteng Ballet Festival deelgeneem. Lizé het 'n A+ simbool vir beide haar demi-karakterdans en klassieke solodans verwerf. Mieke het 'n A simbool vir haar demi-karakterdans en 'n B simbool vir haar klassieke solodans verwerf. Jeanne-Marié het 'n A++ vir haar demi-karakterdans en 'n A+ vir haar klassieke solodansverwerf. Lizé het 'n algehele tweede plek behaal vir haar ouderdomsgroep en Jeanne-Marié 'n algehele eerste plek. Ons is baie trots op hierdie pragtige balletdansers!

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

10

BALLET Claudi Greeff het gedurende September aan die “Gauteng Ballet Festival” deelgeneem. Tydens die kompetisie neem sy aan verskeie solo’s en groepdanse deel en behaal altesaam 3 x A+ en 3 x A++. Sy word as die beste demi-character solo van die festival asook algehele wenner in haar ouderdomsgroep aangewys. Sy neem ook tydens dieselfde kompetisie deel aan die Prelim Championships en ontvang ‘n 1ste plek vir beide haar danse en word as die Prelim Champs 2018 wenner aangekondig. In die Gauteng Modern/Contemporary Festival behaal sy ‘n A+ vir haar solo en A++ vir groepdanse. Baie geluk Claudi!

ADVERTENSIES

RESONANZE MUSIEKSKOOL "MUSIEKLESSE te kies en te keur vir elke tipe musikant-in-wording! Skryf nou in vir sang, kitaar, drom, viool, klavier en marimbas. Resonanze Musiekskool, Berario Ontspanningsentrum, 081 351 7491, [email protected]". OP SOEK NA AU PAIR Ons gesin benodig ‘n Au Pair vyf dae 'n week vir twee kinders (12) en (6) tussen 14:00 en 18:00. Vereistes sluit vervoer van kinders vanaf skool na huis en hulp met huiswerk. Salaris R4500 per maand. Kontak asb. Monique (0760876954 of e-pos [email protected]) indien u sou belangstel. TUINWOONSTEL TE HUUR Ek is 'n jong onderwyseres wat op soek is na 'n jong student of werkende vrou wat saam met my in 'n huis kan woon. Dit is 'n 2-slaapkamer tuinwoonstel met 1 badkamer, kombuis, sitkamer en privaat tuin. Die huis is gemeubeleerd dus benodig die persoon net eie kamermeubels. Die koste is R3500 per maand en sluit in water en ligte, Wi-Fi, DSTV asook 'n bediende. As iemand belangstel kontak asb. vir Bianca (0824632183 of epos na [email protected]).

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

11

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

12

Col’Cacchio, L’Corro Sentrum

PETER RABBIT OUTDOOR MOVIE ON 29 SEPTEMBER AT L'CORRO SHOPPING CENTRE

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · Simone Swanepoel Cara de Wet Mia Marais Arielle van der Gugten Lenéla de Jager Nicole de Klerk Kiara Prall Landi Swart Lerise Botha Juan van der Merwe

13